Breederivier gazette 23 julie 2013

Page 1

Breederivier

Year 17 • 23 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Mandeladag-pret Montagu Foods het Ashton Primêr op Vrydag 19 Julie vir Mandeladagvieringe besoek. Om die dag spesiaal te maak vir die leerlinge, was daar verskeie aktiwiteite vir die jongklomp, insluitend ’n rit op Thomas Train. Die leerlinge het boereworsrolle, koeldrank, springmielies en skyfies gekry terwyl die narre van Montagu Foods lekkers uitgedeel het. Nog Mandeladagfoto’s op bl 6.

Omstrede aanrandingsaak weer in hof DALEEN FOUCHÉ Vyf jaar ná ’n beweerde aanranding op ’n 15-jarige seun, is twee senior werknemers van ’n bekende wynlandgoed buite Ashton gedagvaar om op 31 Julie in die Ashton-landdroshof te verskyn op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Nuus van die dagvaarding, en ’n beroep om die wynlandgoed Rietvallei te boikot, is op Vrydag 19 Julie internasionaal uitgereik in ’n emosiebelaaide persverklaring per e-pos

wat soos ’n veldbrand versprei het. In die persverklaring beweer Carina Papenfus van die organisasie Freedom Trust dat Flippie Engelbrecht (nou 19) in Januarie 2008 deur die twee werknemers van Rietvallei aangerand is en dat die aanranding die begin van ’n reeks tragiese mediese gevolge was. Maar die werknemers, wie se name nie hier genoem word nie omdat hulle nog nie in die hof verskyn het nie, het in ’n persverklaring die beweerde aanranding ontken. “Die venyn van die ongetoetste, valse beskuldigings, en die doelge-

rigte manier hoe dit elektronies versprei is aan die pers, kliënte van Rietvallei Wynlandgoed en andere, dui op ’n doelgerigte beswadderingspoging aan die kant van Carina Papenfus, ’n welbekende kwaadstoker met ’n politieke bymotief,” lui die persverklaring. Maar Papenfus ontken dat sy ’n po-

litieke agenda het. “Ek is nie betrokke by politiek nie.” Volgens die persverklaring van Rietvallei was daar ’n vorige poging in 2008 om die twee mans aan te kla. “Daardie klagte is laat vaar deur die staatsaanklaer, ’n onafhanklike regsgeleerde wat destyds volle insae in die polisiedossier en alle getuienis gehad het.” Tog meen Papenfus dat daar tans ’n “sterk saak” teen die twee mans is. Die klaer se ma, Katriena, het in November verlede jaar, tydens die betogings oor plaaswerkerlone, ’n plaaslike organisasie, Mawubuye

Land Rights Forum, genader vir hulp. Die organisasie het toe vir Papenfus betrek. Sedertdien het Papenfus die provinsiale polisie genader om die saak weer te ondersoek. Papenfus het Saterdag aan die Gazette gesê dat die Freedom Trust reeds vir Cosatu genader het om te help met die mediakonferensies tydens die verhoor, aangesien sy groot mediadekking rondom die saak verwag. Sy sê Freedom Trust ondersoek baie soortgelyke sake. “Daar is duisende sulke slagoffers daarbuite.”


2

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Huis le Roux nooi u na sy basaar – raak so betrokke Huis le Roux, Tehuis vir Ouer Persone in Robertson bied hul jaarlikse basaar aan op Vrydag 26 Julie. Die basaar dien as Huis le Roux se jaarlikse geldinsameling. Maar Piet Venter, hoof van Huis le Roux, sê vanjaar, meer as in vorige jare, wil Huis le Roux ’n beroep op die gemeenskap doen om die basaar te ondersteun. Venter vra dat veral mense wat voorheen nog nie die basaar bygewoon het nie, ’n draai kom maak. “Ons is seker u sal aangenaam verras wees.” Venter verduidelik dat die finansiele uitdagings toenemend meer raak. “Kostes styg byna daagliks en die noodsaaklikheid van geldinsameling en ons afhanklikheid van donateurs en skenkers raak al hoe meer ’n werklikheid.” Venter sê Huis Le Roux is “bevoorreg” om ’n tuiste en ’n veilige hawe vir net so oor die 90 inwoners te wees. Hy sê as deel van Huis le Roux se gereelde geldinsamelings sal daar vir drie maande voor die basaar Vrydag-verkope plaasvind, waartydens pannekoek, vetkoek en kerrie-enrys aan besighede in die dorp verkoop sal word. “Ons is so opreg dankbaar aan al

) Huis le Roux, Tehuis vir ouer persone in Robertson, bied hul jaarlikse basaar aan op Vrydag 26 Julie. ) The next Robertson Farmers’ Market will take place on 27 July. ) ’n Vroueoggend word op 3 Augustus van 10:00 af by Robertson NG gemeente gehou met Ymile Kennedy van Juig-tydskrif as gasspreker en

Kenny Pritchard as gaskunstenaar. Kaartjies kos R100. Bel Maggie le Roux by 023 616 3333. ) Geniet melktert en tee of koffie die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe moet ’n week voor die tyd bespreek by 023 614 1774. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand van 09:00 af by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke en snuisterye te koop is. ) Send event details to gazette@ breede.com.

High tea with singing sensation Nianell Tafels vol snuisterye by Huis le Roux se 2012-basaar. die individue en besighede wat ons hierin so mooi ondersteun, sommiges al etlike jare! En natuurlik sonder ons wonderlike vrywilligers wat hier help met die uitry kan ons dit nooit aanpak nie.” Soos gewoonlik sal die Huis le Roux-basaar tuisgebak en tuisgemaakte snuisterye verkoop. Daar sal

ook ’n gesellige teetuin wees waar inwoners rustig ’n koppie tee kan geniet. Kyk gerus uit vir die Vrydag-verkope. Kerrie-en-rys en boereworsrolle word teen R15 verkoop en by die besigheid afgelaai. Bel Huis le Roux op 023 626 3163 om bestellings te plaas.

Veritas­inskrywings nou oop Inskrywings vir Suid-Afrika se mees prominente wynkompetisie, die Veritas Toekennings, is nou oop. Diegene wat hoop op ’n toekenning of twee moet gerus die dagboek nadertrek: wyn- en brandewynmeesters het kans tot 21 Augustus om hul bestes in te skryf. Laat inskrywings word teen ’n verhoogde fooi tot 29 Augustus aanvaar. Brandewyninskrywings word op 13 September beoordeel en die magdom wyne word van 16 tot 20 September geproe. Die sluitingsdatum vir inskrywings, sowel as die beoorde-

Dinsdag 23 Julie 2013

lingsproses vind vanjaar twee weke later plaas, wat kelders addisionele voorbereidingstyd gun. Vanjaar se wyne en brandewyne wat ’n dubbelgoud, goud, silwer of brons medalje waardig is, word gedurende ’n glansdinee op 5 Oktober by die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) bekend gemaak. Besoek www.veritas.co.za vir volledige inligting en inskrywingsvorms, of kontak Elsabe Ferreira by 021 863 1599, faks 021 863 1552 of via e-pos na admin@veritas.co.za.

In celebration of Women’s Day, women are invited to enjoy a special opportunity to meet and have High Tea with singing superstar Nianell at the Golden Valley Casino on Friday 9 August from 11:00. The three-times Platinum, two-times Gold winning, singing and songwriting sensation, Nianell has released her compilation album Who Painted the Moon in the United States and her album ’n Duisend Drome – Romanz & Nianell went Gold in just six weeks. She re- Nianell leased her sixth album Sand and Water last year and followed it up with a DVD. With a dazzling four-octave voice, her unique musical style is fused with elements of folk, pop, country, R&B, classic and even Celtic music. Nianell’s repertoire showcases her broad vocal range and breadth of styles, and she accompanies her vocals with piano and acoustic guitar. Nianell is an astute business person and the mother of triplets,

and recently authored her first book Knowing Who I Am. She is an inspiration to all who meet her, she exudes love and inspiration and when she sings her passion for music is contagious. For a chance to hear Nianell sing and to be inspired by meeting her in person, contact the Golden Valley Casino marketing department on 023 348 7200 to book your ticket for High Tea with Nianell. Tickets cost R80 each.


Dinsdag 23 Julie 2013

News - Nuus

Inkopiesentrum beplan vir Robertson se Kaktustuin DALEEN FOUCHÉ

Planne is in die pyplyn om die Robertson erf wat bekend is as die Kaktustuine op die hoek van Kerkstraat en Johan de Jongrylaan, in ’n inkopiesentrum te omskep. Die beplande inkopiesentrum, wat bekend staan as Robertson Quarter, sal volgens openbare dokumente wat beskikbaar is by die munisipale kantore, moontlik bestaan uit een ankerwinkel, 18 lynwinkels, ‘n vulstasie en ‘n brandweerstasie. David Silks, direkteur van die konsortium Bluegrass Trading Pty (Ltd) wat die inkopiesentrum ontwikkel, sê Bluegrass Trading het die munisipale tender vir die erf gewen in Oktober 2012 en die koopkontrak geteken. Soyisile Mokweni, bestuurder van die Langeberg munisipaliteit, sê die twee koevert tender proses is toegepas met die Kaktustuin tender en die aanbod wat mees voordelig is vir die Langeberg Munisipaliteit, is gekies. Die aansoek om die erf te hersoneer is van onbepaalde sone na algemene sakesone en plaaslike owerheidsone (vir die brandweerstasie), is tans in die publieke deelname proses en die publiek het tot 2 Augustus tyd om kommentaar op die versoek te lewer. Volgens Mark Berry, die omgewingskonsultant, is geen omgewingsimpakstudie no-

Breederivier Gazette

3

Rapporteer kinders wat klippe gooi HILDERINE SCHRÖDER

Die planne vir die beplande inkopiesentrum, Robertson Quarter. FOTO: WWW.ROBERTSONQUARTER.CO.ZA dig vir die ontwikkeling van die perseel nie. Maar Silks sê Bluegrass Trading beplan om aansoek te doen vir toestemming om ’n vulstasie te bou en indien die aansoek goedgekeur word, sal daar vir die vulstasie ’n omgewingsimpakstudie gedoen moet word. Die brandweerstasie sal deur die Lange-

berg Munisipaliteit bestuur word. Silks sê onderhandeling met moontlike huurders word deur ’n eiendomsgroep hanteer. Hy sê indien als goed verloop, kan konstruksie in April volgende jaar begin en die projek teen April 2015 voltooi wees.

“Klipgooiende kinders moenie dink hulle kan skuil agter hul jeug nie.” Só sê kol. Willis Smith, hoof van sigbare polisiëring op Worcester, oor probleme wat langs die Robertson-pad met klipgooiers ondervind word. Kinders wat klippe na verbygaande voertuie slinger, sê Smith, is vir die polisie ’n groot kopseer. Dít in reaksie op navrae oor voorvalle wat onder die Standard se aandag gebring is. Ondanks hul jeug, sê Smith, kan kinders wat klippe na padgebruikers gooi van opsetlike saakbeskadiging aangekla word. “Waar iemand deur ’n klip getref word kan hulle selfs van strafbare manslag aangekla word.” Smith was al sélf die prooi van klipgooiers, maar gelukkig het die kinders misgegooi. Voorvalle van klipgooiery het veral tydens die onlangse skoolvakansie opgevlam. “Hulle is veral aktief in die oop area tussen die Roodewal Primêre Skool en die provinsiale verkeersdepartement,” sê Smith. Volgens ’n werknemer by ’n versekeringsfirma in Robertson het drie van hul kliënte in ’n relatiewe kort tydperk onder klipgooiers deurgeloop. “Ons het net gedink dis belangrik om mense te waarsku,” sê sy. Die polisie het die afgelope weke patrollies in die gebied opgeskerp in ’n poging om dit hok te slaan. Smith maan padgebruikers om stadig te bestuur in dié gebied. “As mense vinnig ry in ’n poging om klipgooiers te vermy, kan dit baie ernstige gevolge hê indien hul wel raak gegooi word,” sê hy. Smith raai padgebuikers aan om voorvalle van klipgooiery by die polisie aan te meld. ) Die artikel het is oorspronklik in die Worcester Standard gepubliseer.


4

Breederivier Gazette

Ontmoet ’n ma van McGregor Wat is jou naam en van? Nadia Naudé In watter dorp woon jy en hoe lank woon jy al hier? Ek woon vir die afgelope agt jaar in McGregor. Wat maak die Langeberg vir jou spesiaal? God se wonderlike natuur en die mens-mense wat hier woon. Wat sou jy in die Langeberg wou verander? Jaloesie en begeerlikheid As jy nie hier gebly het nie, waar sou jy wou bly? Blom waar jy geplant is, en dis net hier. Nadia Naudé is hier saam met haar twee Watter soort werk doen kinders, Tharien (links) en Jani. jy en waarom geniet jy dit? Ek bied Mini Mense stimuleringsklasse aan vir baba’s opsigte van ouderdomsgepaste van vyf maande tot vier jaar. aktiwiteite. Wie sou jy graag vir ete wou Ek het B-Ed Graad is dit my passie om met kinders te werk. nooi (hede of verlede) en waarEk weet hoe belangrik stimula- om? Vir Moeder Teresa – vir haar sie gedurende die eerste vier jaar is en wat ’n voorreg dit vir nederigheid. Wat is die beste raad wat jy al mamma’s is om die klasse saam ooit gegee of ontvang het? met jou kind te kan bywoon. ’n Mens lewe net een keer en My hoofdoel is om ’n band tussen pa en kind te smee en om as jy dit behoorlik doen, dan is mamma’s opleiding te gee ten een keer genoeg!

General - Algemeen

Dinsdag 23 Julie 2013

Ashton upgrade scheduled for January 2014 DALEEN FOUCHÉ The proposed upgrade to the Ashton Main Road, which includes a 20 m bridge to replace the current concrete bridge, has been approved by the Provincial Department of Environmental Affairs and Development Planning. The upgrade will form part of the much anticipated Kogmanskloof road upgrades between Ashton and Montagu that will start in January 2014. An amendment to the Kogmanskloof Road upgrade was submitted in May, to include the Ashton Main Road and the bridge. The original Kogmanskloof road upgrade was given environmental approval by the provincial government in February this year. This upgrade will see the road between Ashton and Montagu broadened as well as an upgrade of the R60 intersection, general beautification of picnic sites and measures to prevent flood damage as far as possible. According to Al-Ameen Kafaar, spokesperson for the Western Cape Department of Transport and Public Works, construction will start at various sections of the road. “Work on the Ashton bridge will start first, as well as in the Kogmanskloof.” Kafaar explains that it is a contractual requirement that construction will

A schematic presentation of the proposed 20 metre bridge that will be built in Ashton’s Main Road.

The Kogmanskloof tunnel will be left untouched during the upgrade process due to its heritage status. be confined to only one town. The contract for the upgrade of the entire project is estimated to take up to two and a half years. During the construction period, there will be two-way traffic in Ashton at all times, but in Kogmanskloof (between the Swellendam intersection and the Van Riebeeck

Street intersection in Montagu) there will be a stop/go system, and one-way traffic. Kafaar says the only time that the road between Ashton and Montagu will be closed, is when blasting is required in Kogmanskloof. “This will be done by closing the road for two hours during weekdays.” He said that the public will be well informed about blasting in the Kogmanskloof and that they will be updated on a regular basis. “It will be at the same time every day, and only between Mondays and Thursdays.” “The road through Ashton will also be closed to all traffic during the launching of the new bridge, but this will only be for a 24-hour period.” Kafaar says the Western Cape Government is “investing” in this project, which will enhance the economies of these two towns as well as the scenic route.

Eseltjiesrus trek binnekort “Daar lê opwindende tye voor vir Eseltjiesrus.” Dit is volgens Annemarie van Zijl, een van die stigters van die Eseltjiesrus Donkieskuiling, ná die organisasie se jaarvergadering op Woensdag 17 Julie. Sy sê bywoning van die jaarvergadering was “uitstekend” met meer as 60 mense wat dit bygewoon het en ewe veel mense met verskonings. Daar is veral opgewondenheid oor die nuwe plaas wat die organisasie onlangs aangekoop het. Van Zijl sê dat hulle verwag om teen einde November na die nuwe plaas te verskuif wat op die pad tussen McGregor en Robertson geleë is. Die nuwe plaas is gedeeltelik betaal deur Eseltjiesrus se reserwegeld en die res sal gefinansier word deur ’n banklening wat oor 12 jaar terugbetaal moet word. Van Zijl sê hoewel die plaas se ontwikkelingskoste –

Cher en Rob Graham skrop die drinkwaterbaddens by Eseltjiesrus Donkieskuiling op Donderdag 18 Julie vir Mandeladag. soos die oprig van heinings, besproeiing en skuilings, sowel as die gewone lopende uitgawes van Eseltjiesrus – bygebring moet word, is die raad en lede positief dat alle finansiële verpligtinge nagekom sal word. Volgens Van Zijl is die donkies se behoeftes die eerste prioriteit in die ontwikkeling van die nuwe plaas. Dan volg die restourasie van die ou plaashuis vir ’n besoekersentrum wat “hopelik” voor die einde van 2013 voltooi

sal wees. Vanjaar se Boekefees, Eseltjiesrus se jaarlikse geldinsamelingsprojek, was ’n reusesukses met oor die R108 000 wat ingesamel is. Die bestaande raad vir Eseltjiesrus is tydens die jaarvergadering herverkies. Die raad bestaan uit Anthony Coombe, Nomvula Dlamini, Johan du Preez, Geoff Everingham, Sarah Kvalsig, Carole Hambleton-Moser, Mariana Rabie, Samantha Sharkey, Ton Vosloo en ex officio Johan en Annemarie van Zijl en Tony Saddington. “Ons is baie dankbaar vir die wonderlike ondersteuning wat Eseltjiesrus gehelp het om tot in hierdie stadium te groei. Ons hoop werklik die volgehoue belangstelling en insette van die publiek verseker dat hierdie unieke aanwins vir die Vallei net sterker en sterker sal word!” “Die publiek kan bydra deur skenkings of deur ’n donkie te borg en deel te word van die Eseltjiesrus-familie! Enige vlak van finansiële ondersteuning word verwelkom: elke druppel help om die emmer vol te maak.”


Dinsdag 23 Julie 2013

General - Algemeen

Canola­fees skuif na November Die Canola Karnaval-feeskomitee se hoofborg, B-well Canola Olie, het verlede week ’n nuwe datum vir die Swellendam “B-well Canola Carnival” aangekondig. Met dié verandering kry die fees ook ’n nuwe logo, nuwe formaat en selfs ’n nuwe tema. Die skuif van die Canola Karnaval tot die laaste naweek in November (29 November tot 1 Desember 2013) is volgens die organiseerders ’n strategiese skuif om Swellendam verder te bemark as ’n buitelug-bestemming. JC Smit, woordvoerder van die fees, sê die besluit word ondersteun deur die hoofborg, Southern Oil. Smit meen die somerseisoen bied die perfekte agterdoek vir ’n verskeidenheid sportaktiwiteite. “Die Canola Karnaval was nog altyd bekend vir sy buitemuurse aktiwiteite, maar in die verlede was dit nie altyd haalbaar nie weens die nat weer.” Smit verduidelik dat met die besluit om die fees na November te skuif, die Canola Karnaval se tradisie en oorsprong in ag geneem is. “Die vanselfsprekende keuse was dus om die kanola-oes te vier, wat oor die algemeen plaasvind aan die einde van November. ’n Ware oes-af-viering om die reuse poging deur plaaslike boere te vier en die positiewe impak wat dit het op ons gemeenskap.” As jy wil aansluit by die Canola Karnaval-komitee en deel wees van die organisering van die fees, kontak Ilze Olivier by 082 547 8803 of ilze@ capnpc.co.za Besoek www.canolakarnaval.co.za vir meer inligting.

Kontak Caren Feuth vir ‘n afspraak of navrae by:

082 745 6616

Eikelaan 50, Rouxpark, Worcester

3013 EW 1CBX7LF

Health & Skincare Therapy

Breederivier Gazette

5


6

People - Mense

Breederivier Gazette

Dinsdag 23 Julie 2013

Hande is fluks op Mandeladag Dagbreek sit ook hand by Laerskool Dagbreek het ook deelgeneem aan Mandeladag op Donderdag 18 Julie. Elke graad het ’n projek aangepak: vuilgoed is opgetel, vrugte is geneem vir bejaardes by Skoongesig en kospakkies is uitgedeel in Droë Heuwel. Be-Nice het die skool se gr. 2-klas besoek en vir 33 leerlinge lekker warm blou musse gebring. Die kinders het die musse vreeslik geniet en dadelik opgesit as beskerming teen die koue winterdae.

Laerskool Dagbreek se leerlinge met hul nuwe musse.

GIFT OF GIVING: The Frienship ministry of the Apostolic Faith Mission from Robertson Central, handed out hoodies and toys to the children of the Siyakhuthaza Educare Centre in Nkqubela on Wednesday 17 July. PHOTO: DALEEN FOUCHÉ

Maria Oostendorff, chairperson of the McGregor Community Policing Forum (CPF) receives the Madiba birthday cake from Hester Schutte who baked it.

McGregor celebrates Mandela Day Residents of McGregor gathered in front of the police station on Thursday 18 July for Mandela Day to make sandwiches. The sandwiches were handed out at several local schools by the McGregor police. Mira Weiner, who helped to organise the event, says Spar donated 70 loaves of bread, while Tebaldi’ Restaurant contributed towards sandwich ingredients and support, while Lord’s Guest House donated a big pot of soup. The McGregor Community Policing Forum (CPF) co-ordinated the event. Lord’s Guest Lodge suggested that donations boxes be put up in restaurants and the tourism office collect money towards an on-going feeding scheme for the local McGregor community. Weiner says McGregor celebrated Nelson Mandela’s birthday to “inspire change, take action and strive to make every day Mandela Day”.

GOEIE DADE: Robertson-polisie het op Donderdag 18 Julie vir Mandeladag-vieringe verskeie plekke besoek en take verrig. Die polisie het eers Vrolike Vinkies-kleuterskool in Bergsig besoek en die perseel skoongemaak. Daarna is die Robertsonpolisie se Vrouenetwerk na Ladia Primêre Skool in Le Chasseur waar brood, sop, lekker en tjips uitgedeel is. Laastens is polisielede na die Joseph Matwa-tehuis vir bejaardes in Nkqubela waar sokkies, wat polisielede self gebrei het, oorhandig is. Die brandweerspan van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het die Robertson-polisie vergesel en bystand gegee met die projekte.

Residents of McGregor preparing sandwiches for Mandela Day.

GIVING TIME: The Bonnievale Wines team dedicated their 67 minutes of service for Mandela Day to upgrading the entrance to the Gelukshoop Primary School in Bonnievale.

PAYING RESPECT: Pupils from Nkqubela Primary School wished Nelson Mandela a happy birthday on Thursday 18 July. Pupils sang the National Anthem, followed by a birthday song. Teachers opened the day with scripture and prayer and two pupils read a short history of Mandela’s life. PHOTO: DALEEN FOUCHÉ


Dinsdag 23 Julie 2013

General - Algemeen

Breederivier Gazette

7


8

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 23 Julie 2013


Dinsdag 23 Julie 2013

General - Algemeen

Breederivier Gazette

9

‘Passie vir lees is aansteeklik’ Die Robertson-biblioteek het onlangs vir Christa Joubert as bibliotekaresse aangestel. Die Breederivier Gazette het aan haar ’n paar vrae gestel om meer uit te vind oor dié boekwurm. Vertel ons kortliks waar jy vandaan kom en jou geskiedenis in biblioteekkunde. Ek het BBibl aan die Universiteit van Pretoria studeer en direk ná ek my graad ontvang het as hoofbibliotekaris van Gesamentlike Katalogus by die Staatsbiblioteek in Pretoria begin werk. Ek en my gesin verhuis na Pongola in KwaZulu-Natal waar ek as bibliotekaresse van Pongola se openbare biblioteek aangestel word. Ons verhuis in 1998 na Montagu waar ek vier jaar bibliotekaresse by Laerskool Montagu was. Hoekom het jy biblioteekkunde as beroep gekies? Ek het die wonderlike geleentheid gehad om met fantasie en boeke groot te word en het die waarde daarvan besef. Ek wou deel word van die proses om dit vir almal moontlik te maak om hierdie wonderwêreld te ontdek. Is biblioteke nog relevant in die tegnologiese era?

Christa Joubert is Robertson-biblioteek se nuwe bibliotekaresse. Biblioteke het juis weer relevant geword. Tegnologie is nie ’n bedreiging vir biblioteke nie. Dit werk wonderlik as aanvulling en motivering om te lees. Mens moet dit net reg aanwend. Wat is jou indrukke van die Robertson-biblioteek? Die biblioteek is vir 32 jaar puik versorg deur die vorige bibliotekaresse, Anita Claassen. Ek hoop om

daarop voort te bou. Die biblioteekgebruikers is almal ondersteunend en vriendelik, so ek glo ek sal met hul hulp in dié doel kan slaag. Het jy enige planne wat jy sal wil implementeer by die Robertson-biblioteek? Ek glo passie steek aan. Ek hoop om almal aan te steek om die waarde van lees vir oud en jonk te besef en so ’n leeskultuur te skep tot voordeel van die hele gemeenskap. Wat is jou gunsteling boek? Alice in Wonderland deur Lewis Carroll. Wat is jou gunsteling deel van die Robertson-biblioteek? As ek vroegoggend die deur oopsluit sien ek hoe skarrel al die storieboekkarakters terug na hul boeke toe. Dis goed om te weet hulle is nog almal hier. Ek het sowaar een oggend die Goorgomgaai vas aan die slaap op die mat aangetref! Wat is jou boodskap aan Gazette-lesers? Ek herinner myself gereeld aan ’n gedeelte uit Alice in Wonderland. Alice sê vir die koningin: “But that’s impossible!” Waarop die koningin antwoord: “Why, I’ve believed as many as six impossible things before breakfast!”

Anita Claassen en Christa Joubert, die bibliotekaresse van Robertson-biblioteek, het op Donderdag 18 Julie gratis pannekoeke by die biblioteek uitgedeel. Hier is George jnr Harris (links) en Tylor Harris is hier saam met hulle tannie, Gussie Carolus, elkeen met ’n gratis pannekoek in die hand.

Biblioteek wil uitreik met skenkings Die Robertson-biblioteek het elke maand ’n tema waarvolgens die biblioteek-personeel funksioneer en uitstallings skep. Hierdie maand se tema is Close your eyes and see. Dit val saam met Mandela-dag en Ubuntu-beginsel. Die biblioteek nooi almal uit om

klere, komberse en blikkieskos te skenk. Dit sal dan later oorhandig word aan die maatskaplike werker by die gemeenskapsforum en sal aangewend word om mense in nood te help. Vir meer inligting, bel die Robertson-biblioteek op 023 626 2972.


10

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

Dinsdag 23 Julie 2013

Ruben se app is die beste vir gemeenskap Ruben Prinsloo van Hoërskool Robertson het tydens die vakansie Die Burger se Media-Lab-naweek by die Universteit van Stellenbosch se Ingenieursfakulteit bygewoon. Leerlinge moes onder meer in groepe van twee ’n selfoonprogram (app) beplan en voorlê aan ’n groep beoordelaars wat bestaan het uit ’n verteenwoordiger van Blackberry, Die Burger en ’n professor in elektroniese ingenieurswese. Die program wat Ruben en sy spanmaat beplan het, kan gebruik word om ’n koppelvlak te skep tussen ’n pasiënt, sy dokter en ’n mediese instansie. Hul program is uiteindelik aangewys as die een wat die grootste waarde vir die gemeenskap inhou.

Ruben Prinsloo, leerling van Hoërskool Robertson.

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07

1141 Gelukwensing Congratulations

HERFSBAL: Op 18 Junie het Hoërskool Montagu ’n Herfsbal in die skoolsaal aangebied met die tema, “Winter Wonderbal”. Die saal was pragtig versier en die kaartjies het baie vinnig uitverkoop. Timothy Terreblanche, Alexa Esterhuyse, Jana den Engelsman en Janco van der Westhuizen het die aand bygewoon.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES Algemene Dienste General Services

VISSER, LETTIE Baie geluk met jou verjaarsdag ons hoop dat daar nog baie jare sal wees en dat Mamma die dag geniet, al is dit laat, maar ons het die nie vergeet nie. Van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

Yanico Conradie en Courtney du Toit het ook die Herfsbal bygewoon.

08 Sterfgevalle Death Notices

JANSEN ANDREW (Giffies) Geb.27/03/1964Gest.16/07/2013 Begrafnisdiens Saterdag 27 Julie 2013 om 9vm te Aalwynbos 1, Droëheuwel Robertson. Hy laat sy susters agter. God het sy mooiste skilderkuns kom pluk.

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.

MOTORS VEHICLES

LANDSDIENS: Die landsdienslede van die Hoërskool Montagu is tydens die Streekkamp gekies om die WesKaap by die Nasionale kamp tydens die Desembervakansie te verteenwoordig. Hulle is (agter van links) Cameron Shaw, Rudolf Snyman, Jacqui Kriel en Marco Zachariasse. Voor is Anita Swart en Olivia Bruinings.

VAN ROOI, PETRUS JOHANNES Geb.19/04/1965Gest.18/07/2013 Begrafnisdiens Saterdag 9.30 by die huis in Irisstr. 24 en 10vm in die Rooms Katolieke kerk. Sal onthou word deur broers, susters en familie.

PRINSESSE GEKROON: Highway of Holiness Apostolic Fellowship (HOAF) het onlangs ’n skoonheidskompetisie gehou om geld in te samel. Die wenners van die kleuterafdeling is Shellwinicia van Rooi (tweede prinses), Corneshia Kicks (wenner) en Anika Tiras (eerste prinses). Agter staan S. Jansen, die organiseerder. Daar was ook ’n junior, senior en seuns-afdeling.

159

Motors te Koop Vehicles for Sale 24/7 Cash of your bakkie or car. Just SMS or PHONE 072 620 1126.

EIENDOMME PROPERTIES 176

Dorpshuise te Koop Townhouses for Sale MONTAGU-SUID. Ruim 4-slaapkamer huis naby die hoërskool, 3 en ’n half badkamers, plaaskombuis met spens en opwas area, 3 leefareas, eetkamer, kantoor, pakkamer en dubbel garage. Goeie area. Gevestigde mooi tuin met swembad. Prys: R1.73 miljoen. Skakel 082 553 4760 of 082 3489900


Dinsdag 23 Julie 2013

Sport

Gholfwenk vir die week Vandeesweek se gholfwenk van plaaslike professionele gholfspeler Jacquin Hess is om op ’n konstante wyse te oefen. “Gholfspelers moet probeer om konstant goeie houe te slaan. Spelers moet konstant sethoue kan speel en inslaan, moet konstant kort sethoue (putts) kan inslaan en moet konstant die skoonveld (fairway) kan raak slaan. “Spelers moet konstant die setperk

kan raak slaan en hul laaste tellings verbeter. “Dus moet spelers nie net houe oefen nie, maar spelers moet goeie houe opeenvolgend kan speel,” is Hess se raad. ) Hess bied professionele gholflesse aan om geld in te samel wat hom in staat sal stel om aan die Sunshinereeks deel te neem. Vir meer inligting, bel hom by 076 629 6390.

Breederivier Gazette

11

Ashton behaal tweede oorwinning

Jacquin Hess

Die rugbyvoetbalklub Ashton United het sy tweede agtereenvolgende oorwinning behaal toe hy Hamlets van Ceres op Saterdag 20 Julie tydens ’n tuiswedstryd naelskraap met 28-26 geklop het. Die rustydtelling was 19-11 in Hamlets se guns. Die besoekers se ligter voorspelers was baie beweegliker en het goed met hul vlugvoetige agterspelers gekombineer. Die Ceresiete het Ashton met die een aanval ná die ander onder groot druk geplaas. Die

besoekers het vier keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier terwyl Ashton self drie drieë gedruk het. Die belangrikste een was ongetwyfeld die oorstootdrie wat hulle in die doodsnikke van die wedstryd behaal het. Dit het die telling gelyk gemaak (26-26), waarna die losskakel met die baie moeilike doelskop vanaf die kantlyn die wedstryd in die tuisspan se guns beklink het. Ondanks die nederlaag het Hamlets egter twee ligapunte uit die wedstryd gekry.


Breederivier

Year 17 • 23 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212

MTB rides during Robertson Slow The scenic landscapes of Van Loveren Family Vineyards will be the setting for this year’s exciting Java Mountain Bike (MTB) Challenge.

ROBERTSON BAAS: Hoërskool Robertson het op Saterdag 20 Julie teen Hoërskool Stellenbosch rugby gespeel by die Stellenbosch- gronde. Robertson se eerste span het die Stellenbosch-span geklop met 19-17. Al die netbal- en hokkiewedstryde vir die dag is afgelas omdat die bane en velde te nat was. Slegs die rugbywedstryde het voortgegaan. FOTO: EUNICE VISAGIE

Muurbalstryd word voortgesit Wedstryde in die Sentraal-Suid Koöperasie-muurballiga is die afgelope week gespeel. In ’n wedstryd tussen Montagu en Bonnievale, het Montagu met nege potte teenoor agt gewen. 1. Cobus Stander verloor teen Wilhelm de Wet met twee stelle teenoor drie.

2. Jack Hardy klop Gustav Swanepoel met drie teenoor een. 3. Mornè Fourie verloor teen Jean Aubry met stel teenoor drie. 4. LP Stander klop Jacques le Roux met 3 teenoor 1. In die tweede liga het Bredasdorp teen Swellendam kragte gemeet en wen Bredasdorp met nege teenoor

drie 1. Gert van Niekerk klop Neels Marais met drie teen nul. 2. Leon Binneman klop vir Andries Stephan met drie teen nul. 3. Johan Stassen verloor teen Herman Swart met nul tenoor drie. 4. Sam Rossouw klop JC Smith met drie teen nul.

Comprising a series of mountain bike rides accommodating riders of all skill levels and age groups, the family-friendly event takes place as part of the Robertson Slow festival during the long weekend from 9 to 11 August. Topping the list for avid mountain bikers is the Java MTB Challenge on Saturday 10 August. The event offers three circular trails, including a fun 8 km route along the Van Loveren vineyards, ideal for children from seven years of age and families. There is also a 30 km route aimed at the rider of average skill who will love the climbing, single-track and jeep-track sections. The third is the white-knuckle 70 km ride along undulating hills and rocky terrain through portions of the Langeberg Mountains. The latter route is an all-new trail which will see riders travel through farmlands and join up with sections

of the 2012 ABSA Cape Epic route, climb 1 450 meters and return to be welcomed home by the Van Loveren team. For enquiries about the Java MTB Challenge, visit www.vanloveren.co.za/java or send an email to java@vanloveren.co.za or call Vera or Sanri on 079 520 4441 or 082 6426 303. Online entries can be made with the Pedal Power Association at www.ppa.org.za. All proceeds of the day will be donated to Robertson Preparatory School. Robertson Pick n Pay and HiQ Robertson are sponsors of the event. Van Loveren itself will be a hive of activity on the day with food stalls, music and activities for the whole family. Van Loveren has put together eight exciting food and wine pairings – including a non-alcoholic pairing for children. For more information about Van Loveren Family Vineyards, visit www.vanloveren.co.za. For more information about Robertson Slow, visit www.robertsonslow.com.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.