Breederivier gazette 23 sept 2014

Page 1

Breederivier

Year 18 • 23 September 2014 | Tel. 023 626 5212

Syfers styg vir dwelms HILDERINE SCHRÖDER Owerhede se vrese dat dwelms ’n impak op misdaad in die Langeberg-streek het, is weerspieël in die misdaadsyfers vir die afgelope boekjaar wat verlede Vrydag bekendgestel is. Verskeie polisiehoofde tesame met ander rolspelers het vroeër vanjaar tydens ’n veiligheidsvergadering met die WesKaapse departement van gemeenskapsveiligheid en ander rolspelers, hul kommer uitgespreek oor die hoë vlakke van dwelmmisbruik en -handel in die gebied. Naas die Kaapse metropool het die Worcester-polisiëringsgebied, waarvan die Langeberg deel is, die hoogste vlakke van dwelmverwante misdade. Volgens Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, dra dwelmmisbruik by tot verskeie ander misdade, waaronder huisbraak. Hoewel die syfers vir die 20132014-boekjaar toon dat die polisie regoor die Langeberg betreklik suksesvol is met sy pogings om veral ernstige misdade te bestry, bly dwelmverwante misdade soos huisbraak steeds ’n kopseer. In Ashton het huisbrake by residensiële eiendomme van 81 voorvalle in die vorige boekjaar na 103 in die nuutste boekjaar toegeneem. In Robertson het dié tipe huisbrake van 61 voorvalle in die vorige boekjaar na 80 in die nuutste boekjaar toegeneem.

In Montagu het huisbrake by residensiële persele ’n afname van 114 in die nuutste boekjaar getoon teenoor die 124 wat in die vorige boekjaar aangemeld is. Ook in Bonnievale en McGregor was daar ’n effense afname in dié misdade. Gereelde klopjagte deur die polisie, tesame met inligting uit die gemeenskap wat suksesvol opgevolg is, het deur die bank gelei tot goeie dwelmverwante inhegtenisnemings in die Langeberg-streek. Op Robertson is daar gedurende dié boekjaar 535 inhegtenisnemings gedoen, teenoor 486 in die vorige boekjaar. Op Montagu was daar 224 inhegtenisnemings teenoor 207 in die vorige jaar, op Ashton is 242 verdagtes in hegtenis geneem teenoor 195 in die vorige jaar, op Bonnievale 150 teenoor 139 en op McGregor 96 teenoor die 84 van die vorige jaar. Met die uitsondering van Bonnievale en McGregor is meer moorde regoor die streek aangemeld. In Ashton was daar die afgelope boekjaar nege moorde teenoor die vorige jaar se vyf. McGregor en Montagu het elk een moord meer as die vorige boekjaar, terwyl Robertson se moordsyfer van nege in die vorige boekjaar na 13 in die nuutste boekjaar gestyg het. Met die uitsondering van McGregor, waar een voorval meer as die vorige boekjaar aangemeld is, het seksuele misdrywe deur die bank in die Langeberg-streek afgeneem.

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Suksesvolle Christusfees gehou

CHRISTUSFEES: Die Robertson Christusfees, wat van 7 tot 14 September by die NG kerk Robertson-Oos gehou is, was ’n reusesukses met groot getalle Valleiers wat die wye verskeidenheid feesaktiwiteite bygewoon het. Die fees is op ’n hoogtepunt afgesluit met die loslaat van 500 heliumbalonne wat elk motiveringsboodskappe in drie verskillende tale bevat het. FOTO: DEON VAN DEVENTER


2

Entertainment - Vermaak

Breederivier Gazette

Dinsdag 23 September 2014

Fun-packed Montagu Makiti The 2014 Montagu Makiti Festival is on your doorstep with 26 September announcing the kick-off of this annual festival.

Enjoy a weekend of fun and laughter with the Montagu Makiti, which kicks off this Friday.

Those enjoying live music are spoiled for choice, with items like the Sunset concert with Zolani Choir at the Museum Gallery, Pieter Combrinck at the Kloof Padstal and James Mundey at Mulligans. Heritage, cultural and arts exhibitions will be on display at the Montagu Museum gallery, Ibis gallery and Hicks gallery.

)New Superman Healing weekend.

7 – 11 OKTOBER ) Robertson Lenteskou. Navrae: Chresna Schoonwinkel, 0 023 626 2512.

WEDNESDAY 24 SEPTEMBER

SATERDAG 11 OKTOBER

) Mutts March at 10:00 at Montagu Nature Garden. Cost: R50 per person. Enquiries: 0 023 615 2241.

) Steve Hofmeyr tree by die Robertson Lenteskou op. Navrae: 0 023 626 2512.

DONDERDAG 25 SEPTEMBER

17 – 19 OKTOBER

) Lollos by die NG kerk RobertsonOos. Navrae: 0 082 221 6653.

) Robertson Wine on the River. Navrae: 0 023 626 3176.

SATERDAG 27 SEPTEMBER

SATURDAY 18 OCTOBER

) JC Project bied om 18:00 ’n gospelvertoning by die Langeberg Sekondêre Skool se saal aan. Toegang: R20 per persoon. Navrae: James Combella, 0 078 199 8719.

) Joe Martin plays Led Zeppelin at 19:30 at Wolfkloof. Tickets: R90 (meal optional). Bookings: 0 023 626 3911 or 074 339 5008.

3 – 5 OCTOBER

23 OKTOBER – 1 NOVEMBER )Robertson-Oos Kersmark.

The popular Makiti Mime Time Show will again be a celebration of locals taking to the stage on Friday 26 September, in true Montagu style, an event not to be missed! Other favourites include the Cabrieres Love Olive showcase of Langeberg food and wine (with tastings, live music and potjie competition in spectacular setting), Heita Hello Heritage Carnival, Great Gatsby-themed dinner at the Montagu Country Hotel and family golf day. Traditional fare will be on offer at Ye Olde Tavern (South African), Mulligans (Irish), Burgundy Gherkin (pizza and pasta) and various choices at Ava-

A new restaurant recently opened it doors in Voortrekker Street, Robertson. With a hospitality background Stefanie offers the perfect meeting place to enjoy the company of a friend, or meeting a client. The restaurant gives you a fresh and relaxed atmosphere to unwind. Unique ranges in clothing and gifts await you on entering, from home-made organic products to art. ) What is the name of the restaurant? Roots Lifestyle ) Who is the owner or chef? Stefanie Kruger ) What is your restaurant’s unique selling point? Roots Lifestyle is a place to meet, eat, live and play. We offer meeting space, kids’ products and lifestyle items and gifts while the deli offers something wholesome, different along with something for the kids on the menu. Roots Lifestyle is an extension of our home. Every-

lon Springs. Outdoor enthusiasts can look forward to a 15 km mountain bike challenge at Doringlaagte on Saturday and Sunday as well as some amazing rock climbing. Mimosa Wines will offer tasting at Mimosa Lodge, with muscadel and many other wines on offer at Platform 62, Montagu Kelder, Montagu Wine and Spirit and Zandvliet. For more information, please visit www.montagumakiti.co.za. The Montagu Makiti festival-can, which includes your ticket and many other goodies, costs R70.

thing is made with home-style love and care. We also offer “Take me Home Meals” and cater for any special occasion. ) Who will enjoy visiting your restaurant? The entire family or anyone looking for a special dining experience and environment. ) What item on the menu is definitely worth a try? The 100% lamb, bacon and cheese burger ) Do you serve alcohol? Yes. We are just waiting for our Liquor License (coming soon!). ) Are children and pets welcome? Yes, only children. However no pets unfortunately. ) In what price range are the main courses? R45 – R65 ) Business hours: 8:30 – 17:00 during weekdays and 9:00 – 15:00 on Saturdays and public holidays. ) Contact details and address: 0 023 626 3498 or 082 542 7566 or 2 stef@rootslifestyle.co.za.

Make your work fun says owner If you love making your own pizza, then Prime Pizza Ovens is just the placetovisittogetyourveryownpizza oven. ) What is your name? Mike Hammond ) What is the name of your business and where is it situated? Prime Pizza Ovens. We are situated in Sedgefield in the Western Cape. ) What kind of business do you run? We manufacture and sell wood fired pizza ovens using fireclay type materials, ideally for home market and placed alongside the braai outdoors. Many are in use in commercial situa-

tions like golf clubs and beach restaurants, bed and breakfast establishments, as well as domestic applications. ) What makes your product special and what is your unique selling point? It works as well as any commercial pizza oven and adds new dimensions to outdoor cooking and entertaining. It is fun because there is nothing you cannot cook in a wood fired pizza oven, from bread to a leg of lamb, casseroles and of course pizzas. ) When and how did you start your business? Our family first started marketing

the ovens in Gauteng in 1986 with the help of a very clever friend who makes a range of fireclay type materials, which are now top secret. So it is a tried and tested product with thousands of units already in use in Gauteng and the Cape. Back-up service, recipes and marketing are our speciality. Call us, you wont regret it! ) Where do you see your business in five years? We hope to have outlets all over the Western Cape, from Knysna to Cape Town, and build a trusted brand. ) What is your business motto? Make your work fun!

Mike Hammond with one of the wood fired pizza ovens available at Prime Pizza Ovens.


Dinsdag 23 September 2014

News - Nuus

Gesondheidstrein bedien Ashton-area

Breederivier Gazette

Moordenaar(s) nog op vrye voet HILDERINE SCHRÖDER

Bheki Mendlula, ’n optometris, toets ’n pasiënt se oë. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER HILDERINE SCHRÖDER Honderde inwoners van Ashton en sy omliggende omgewing het onlangs toegang tot ’n wye reeks mediese dienste op hul voorstoep gehad. Die Transnet Phelophepa-gesondheidsorgtrein was onlangs vir ’n week op Ashton waar dit mediese dienste gebied het waarvoor inwoners andersins groot afstande tot op buurdorpe sou moes aflê. Onder die dienste wat op die gesondheidsorgtrein beskikbaar was, tel basiese gesondheidsdienste soos bloeddruk- en suikertoetse, ’n oogkliniek, tandheelkunde-afdeling en beradingsdienste. Volgens die bestuurder van die Phelophepagesondheidsorgtrein, Anna Mokwena, was dit veral die oogkunde- en tandheelkunde-afdeling op die trein wat oorval was met pasiënte. By die oogkunde-afdeling is tot soveel as 200 stelle brille per dag na afloop van oogtoetse uitgedeel.

Pasiënte het reeds vroegoggend gesit en wag om deur mediese personeel gesien te word. Die trein het 20 waens wat ook akkommodasie- en eetgeriewe vir die inwonende personeel – wat 20 mediese personeellede van regoor die land sowel as oorsese lande insluit – en konsultasiegeriewe insluit. Die doel van die gesondheidsorgtrein is om die departement van gesondheid by te staan om dienste te bied wat nie by klinieke beskikbaar is nie, aldus Mokwena. Gedurende die week wat die trein op Ashton gestaan het, het pasiënte, insluitend leerders van omliggende skole, reeds vroegdag begin wag om van die trein se uitgebreide dienste gebruik te maak. Volgens Mokwena het mediese personeel dikwels tot omstreeks 20:00 gewerk

OEPS! Toe ’n haastige klant onlangs per ongeluk veroorsaak het dat Roelou Barry ’n brandstofpomp armer geword het, was dit eintlik ’n bedekte seën. Die klant, wat hiér kom brandstof ingooi het, het klaarblyklik heeltemal vergeet die pomp se tuit sit nog in die bek van die brandstoftenk toe dié persoon besluit dit is tyd om te ry. In die proses is die hele brandstofpomp uit die grond geruk. Dit was egter ’n geluk by die ongeluk aangesien die vulstasie binnekort nuwe-generasie pompe sou kry. Danksy dié ongeluk is die vervangingsproses nou bespoedig en kan klante nou uitsien na splinternuwe tegnologie wanneer hulle dié vulstasie besoek. FOTO: ZELDA KLOPPERS

om al die pasiënte te sien. “Ons het eers van diens af gegaan as ons elke pasiënt wat gewag het gehelp het.” Volgens van die pasiënte wat gewag het om mediese personeel te spreek, is hulle geweldig dankbaar vir die diens wat die gesondheidsorgtrein na hul area bring. Hulle sou andersins, het een gesê, óf baie geld moes uitgee om na ’n buurdorp te gaan vir dienste soos dié, óf dit glad nie gehad het nie omdat hulle dit nie kan bekostig nie. Die meerderheid van die dienste op die trein was gratis, insluitend oogtoetse en tandondersoeke, terwyl ’n minimale fooi vir brille gevra is.

Hoewel alle leidrade opgevolg word, is daar steeds niemand in hegtenis geneem in verband met die aanval wat die lewe van ’n boer van die Bonnievale-distrik geëis het nie. Helmut Wohlfarter (73) is op 11 September oorlede na hy sedert die aanval op 4 September in ’n koma was. Hy is die afgelope naweek ter ruste gelê. Hy word deur sy vrou, Waltraut, en seuns, Martin en Jurgen, oorleef. Die aanval op Wohlfarter, wat in die Drew-distrik geboer het, het inwoners van dié area geskok en is skerp uit verskeie oorde veroordeel. Volgens Josua Joubert, voorsitter van die plaaslike landbouvereniging, is baie mense, veral die landbougemeenskap, bekommerd dat Wohlfarter se aanvaller(s) steeds op vrye voet is. “Die mense is maar ongemaklik,” sê hy. Tydens ’n vergadering wat ná die aanval op Wohlfarter belê is, het die kollig fel op die veiligheid van inwoners van die landelike gebied geval, sê Joubert. “Ons moet alles moontlik doen om onsself te beveilig.” Dít, sê Joubert, sluit nie net die beveiliging van eiendom in nie, maar ook ’n wysiging in die gewoonte om byvoorbeeld kontant vir lone te gebruik. “Mense moet daarna begin kyk om lone elektronies in hul werkers se rekeninge in te betaal in stede daarvan om kontantuitbetalings te doen.” Intussen doen die Bonnievale-polisie opnuut ’n dringende beroep op enigiemand wat enige inligting oor die voorval het om na vore te kom. Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Enigiemand met inligting kan die Bonnievale-polisie by 023 616 8060 bel.

3


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Tuintjie ’n lushof vir verbygangers HILDERINE SCHRÖDER Staan lank genoeg met jou oë toe langs die kleurryke tuintjie op die hoek van Hoop- en Barrystraat in Robertson en die kans is goed dat jy ’n stuitige kabouter of feetjie sal hoor giggel. Die bedding is ’n baldadige palet van elke kleur van die reënboog, ’n kolletjie aarde waar verbygangers nie anders kan as om ’n oomblik te verpoos en die prag in te drink nie. Dié blomtapyt is alles te danke aan ure se harde werk deur Rita Truter (67) wat in die woonstel op dié straathoek woon. Sy het sowat vier jaar gelede dié tuintjie aangelê, vertel Truter. Dit was nie ’n maklike taak nie. “Hier was niks. Net onkruid,” vertel sy. Boonop was daar nie juis grond nie. “Jy het skaars die graaf ingesteek, dan tref jy die gebou se fondament.” Truter het haar egter nie hierdeur laat afskrik nie en het stuk-stuk vragte grond en klip ingery. Dit was nie lank voor die tuintjie op die straathoek begin vorm aan-

Rita Truter se tuin op die hoek van Hoopen Barrystraat is ’n lus vir die oog.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

neem het nie. Dit het kort voor lank ál meer begin groei tot dit nou tot teen die volgende eiendom strek.

“Ek het dit gemaak om vreugde te gee aan mense wat hier verbyry of -stap,” vertel Truter. Dít kry sy beslis reg. Haar tuin het selfs die joernaalprogram Mooiloop gehaal. Hieroor lag sy egter net kopskuddend. “Waar hulle daarvan gehoor het weet nugter!” Tóg, wil dit voorkom, het nie almal ewe veel waardering vir die harde werk wat in die tuin ingaan nie. Vandale het nou al by verskeie geleenthede die pragtige beeldjies, wat Truter boonop ook self gemaak het, in die tuin verniel. Ook die bedding loop dikwels deur met mense wat die blomme afpluk, sommige plante heeltemal uit die bedding pluk en rommel strooi. Truter laat haar egter nie hierdeur onderkry nie. Waar plantjies uitgepluk word plant sy bloot iets anders; dít alles uit haar eie sak. Sy sal beslis nie in die afsienbare toekoms haar tuinmakery staak nie – sy het ook ’n pragtuin agter haar woonstel. “Ek vind dit verskriklik ontspannend. Dit is amper meer soos kerk as kerk,” verklap sy met ’n laggie.

Fine & Country now in Robertson Riaan Kruger, a well-known personality in the hospitality circles of Robertson, has partnered with the chief executive officer of Fine & Country International Realty to open Fine & Country in Robertson. With a wealth of experience in the hospitality and lifestyle industry, he chose the real estate industry due to the synergies between the hospitality industry and real estate. Kruger believes service is key and that there’s always scope for better service. The office is in Voortrekker Road, part of the R60 which leads to the R62 as well as back to the N2 at Swellendam. “We decided to open Fine & Country inside a lifestyle shop as it suits the brand perfectly. I can now establish potential buyers’ and sellers’ requirements and needs over a cup of coffee in an environment which is less formal and I can get to know our clients’ needs on a more personal level,” says Kruger

Chief executive officer of Fine & Country International Realty, Linda Erasmus, with Riaan Kruger, at the opening of the Robertson branch of this estate agency. He continues: “In the beginning it will be just Linda Erasmus and me until we show growth. We will cover the Robertson Wine Valley, Montagu, Bonnievale, Ashton and McGregor and we hope to open a secondary office in Montagu and home agents in the other areas within four to 12

months. “We will concentrate on residential, agricultural and lifestyle living, as well as short- and long-term rentals. We could also even consider holiday letting for the Robertson Wine Valley. There is huge scope for thinking out of the box. Any other property listing would be a possibility as my expertise lies in tourism and hospitality. “As Robertson is known as the Valley of Wine and Roses, the upper quartile of our market would be smallholdings, lifestyle farms, or even just people from elsewhere who want to invest in a weekend cottage. “With travel and tourism as my background, I still do assist lodges and boutique hotels with operational issues, marketing and sales on a consultative basis. I am also co-founder of a gourmet tour operator called Foodroutes.co.za. “I look forward to this new chapter in my life and hope to make a positive contribution to the brand.”

Dinsdag 23 September 2014

Hier is kompetisie se laaste bruidfinalis ANNELDA GROOTBOOM

Sondag sê ons trou die volgende week kon ek dit nie Joan Jones (née glo nie. Ek Snyman) van moes hom twee Robertson is die keer vra: maak laaste finalis jy ’n grap of is van die Gazette jy ernstig?” se bruidskomWant die nuus petisie. was vir haar te Die paartjie oorweldigend, het mekaar in lag sy en verAugustus 1989 klap sy het ook ontmoet waar gedink dat sy hul saam met nooit sou trou vriende gekuier nie. Binne die het en Joan lag bestek van ’n nou nog oor hul week moes ontmoeting. Ná die kuier Joan Jones is die Gazette se laaste fina- Joan haar troureëlings tref en het hy aange- lis in sy Bruidskompetisie. bied om haar FOTO: ANNELDA GROOTBOOM was sy baie opgewonde. huis toe te neem Volgens Joan is dit baie lekker en van daar af het dinge vir hulle begin werk en het hulle meer tyd om getroud te wees, want haar begin maak om mekaar te sien. man is die beste persoon. Hy beJoan is op 9 Augustus vanjaar derf haar en die kinders en dra hul getroud met haar vriend van 27 op die hande. Sy beskryf haar man jaar, Jo-Peter. As sy begin vertel as ’n liefdevolle mens wat boonop van haar troue glimlag sy soos ’n ’n goeie kok is. Gevra hoe sy die huwelik sien tienermeisie wat vir die eerste sê sy dat die Here twee persone bykeer verlief is. Hoewel sy haar pa en broer die mekaargevoeg het om absolute afgelope jaar aan die dood moes eerlikheid en liefde en respek afstaan, was haar troue vir haar teenoor mekaar te betoon. Sy en haar man is baie gelukkig baie spesiaal want dit het so bietjie van die hartseer weggeneem. saam met hul twee dogters, Bria “Toe Jo-Peter my die vorige (20) en Mira (15).

Piekniek met Gazette Die winter is ál meer besig om sy wyk te neem met die lente wat besig is om die Langeberg-area in blomme- en bloeiselprag te tooi. Is daar dan ’n beter manier om die lente te begroet as ’n heerlike piekniek op die oewer van die Breederivier? Maak seker jy bespreek sommer nou al vir die Breederivier Gazette se Piekniekdag op 25 Oktober. Dié piekniek is die ideale geleentheid vir die hele gesin of vir groepe vriende om ’n bietjie gehaltetyd saam in die natuur deur te bring.

Die piekniek word by Viljoensdrift aangebied en buiten ’n heerlike piekniekmandjie wat jy op die lowergroen gras onder ’n koelteboom kan geniet, sluit jou piekniekkaartjie ook ’n bootrit vir vier mense in. Boonop word jou piekniekmandjie namens jou gepak. Maak seker jy bespreek nou al vir dié heerlike piekniek. Kaartjies vir die dag, wat die bootrit en piekniekmandjie insluit, kos R250. Vir besprekings of meer inligting, bel Annelda Grootboom by 023 626 5212.

DWELMVONDS: Die Ashton-polisie het onlangs op ’n groot hoeveelheid dwelms beslag gelê tydens ’n klopjag by ’n huis in Olienlaan. Tydens dié operasie is daar op 151 strooitjies tik sowel as 5,6 g los tik beslag gelê. ’n Agtienjarige verdagte is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem en het reeds in die plaaslike landdroshof verskyn. Die polisie doen opnuut ’n dringende beroep op jongmense om nie by dwelms betrokke te raak nie. By die dwelms waarop beslag gelê is, is konst. Dawie Windvogel.


Dinsdag 23 September 2014

Community members in the Montagu area recently had access to a number of government services thanks to the Thusong Mobile Project.

Project brings services to residents More than a 1 000 residents from the Montagu area recently had access to a number of key government departments thanks the Thusong Mobile Project. The Thusong Mobile Project is an integrated service delivery vehicle initiated by the Western Cape Government through the Department of Local Government, in partnership with the GCIS, to bring government information and services closer to where people live. Through the mobile project, various governmental departments visit an area which does not have government offices and where people would otherwise have to travel long distances to access such services. This is an ongoing initiative that focuses on rural and under-serviced areas with the following key objectives: . Bringing government information and services closer to the people. . Promoting access to opportunities as a basis for improved livelihoods. . Creating a platform for greater dialogue between citizens and government; and . Promoting cost-effective, integrated, efficient and sustainable service provision to better serve the needs of citizens. The Department of Labour, Department of Local Government, the South African Revenue Service, the Department of Health and SASSA were among the service providers present at the mobile project. For more information on the Thusong Mobile Project, contact Linda Booi or Lee Ann Holland on 021 483 0642 or 082 377 4491.

) Die Montagu-polisie ondersoek ’n saak van huisbraak ná daar gedurende 8-11 September by ’n huis in Le Rouxstraat ingebreek is terwyl die eienaars van die eiendom met vakansie was. Met die inwoners se terugkeer het hulle gevind ’n venster in die eetkamer is gebreek. Die volgende items word vermis: ’n 40 cm Samsung-televisie ter waarde van R7 000, ’n goue mansring met die letters TG gegraveer. ter waarde van R9 500, ’n goue ketting van R24 800, goue oorbelle van R1 950 en ’n armband van R900. Enigeen met enige inligting word versoek om speuroa. André van Eeden by 023 614 8306 of 079 804 1784 te bel. ) Die Robertson-polisie het onlangs sonpanele in die besit van ’n verdagte gevind. Die vermoede bestaan dat dié sonpanele moontlik gesteel is. Enigeen wat vermoed dat die sonpanele sy eiendom is, word versoek om speurao. Jupiter Smith by 023 626 8349 of 084 749 1742 te bel.

News - Nuus

Breederivier Gazette

5


6

Letters - Briewe

Breederivier Gazette

Dinsdag 23 September 2014

Wees positief: waar ’n wil is, is ’n weg

Veg saam Dit is soos ’n ou plaat wat vasgehaak het: dwelms is een van die grootste kopsere, nie net vir die polisie nie, maar ook vir talle rolspelers wat gemoeid is met die bestryding van die grootskaalse gevolge van middele-misbruik. Die gevolge van dwelmverslawing en -handel loop soos ’n goue draad deur hierdie week se koerant: van die voorblad waar dwelms die skuld gegee word vir ’n verhoging in misdade soos huisbraak, tot die nuus dat dwelms die oorsaak is vir kinders se leerprobleme op skool. Volgens syfers wat deur die polisie vrygestel is, het die Wes-Kaap die hoogste vlakke van dwelmverwante misdade in die land. Dít behoort vir elke inwoner van die provinsie én die Langeberg ’n wekroep te wees. Middele-misbruik is ’n probleem wat nie op sy eie gaan verdwyn nie. Om dit suksesvol aan te spreek gaan samewerking verg, soos wat verskeie rolspelers nou saam met die oorkoepelende instansie, Langeberg Action Group Against Drug Abuse, wil doen. Ons as Valleiers kan egter nie terugsit en van ander instansies verwag om die probleem te hanteer nie. Elkeen van ons behoort ons deel te doen. Of dit nou hulpverlening aan ’n verslaafde is – selfs al help jy net só iemand om hulp te kry – tot inligting wat die polisie kan help om dwelmhandelaars vas te trek. Die tyd om ’n blinde oog te draai vir dié siekte in ons streek – en ’n siekte is middele-afhanklikheid gewis – is verby. Ons kan dit nie bekostig nie. As ons nie hande vat en iets drasties doen nie, verloor ons almal en is ons aan die genade van dwelmsmouse oorgelaat.

Ek weet nie van ander mense nie, maar ek geniet die positiewe stories in ons Gazette geweldig. Daar was die laaste paar maande sommer ’n hele paar inspirerende stories in die koerant. Dink maar aan die een van die Bonnievaler wat deur loutere wilskrag van ’n rakpakker tot ’n streeksaanklaer gevorder het. Meer onlangs was daar die storie van Johan Smit. Dat iemand van ’n volslae alkoholis só ’n ommekeer kan maak dat hy deesdae ’n raadgewer kan wees vir ander mense wat in alkoholisme vasgevang is regtig bewonderingswaardig. In verlede week se koerant was daar ’n berig oor Leana Stevens wat ’n groot toekenning gekry het. Ook sý het hard gewerk vir hierdie prestasie. Dit is mense soos dié drie na wie ons as gemeenskap gerus kan opkyk. Hulle is veronderstel om ons rolmodelle te wees, nie die sogenaamde film- en sangsterre nie. Hierdie is mense wat deur deursettingsvermoë iets bereik het. Niks het in hulle skoot geval nie. Ons ou mensdom is tog so geneig om net

in die negatiewe vas te kyk. Daarvan is daar meer as genoeg, jy hoef nie eens daarvoor te soek nie. Die hartseer is dat dit lyk of die negatiewe deesdae ál is wat ons oral in die lewe, ook die media, gevoer word. Slaan jy ’n koerant oop of skakel die televisie aan, is dit moord en doodslag. Dit is om van naar te word. Geen wonder ons mense is deesdae so negatief nie! Ons kan gerus almal bietjie meer op die positiewe konsentreer. Dat daar mooi en opbeurende stories is, is al ’n hele paar keer bewys. Daarvan getuig stories soos dié van Greg, Johan en Leana. Ek het besluit om van nou af my bes te probeer om elke dag by mense soos dié te leer en eerder die negatiewe in iets positief te probeer verander. As hulle dit kon regkry, kan ander mos ook. Hoe sê die spreekwoord: waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. As ons almal hierdie mense se positiewe ingesteldheid en deursettingsvermoë het kan ons land net beter word.

ANONIEM, Robertson

Leer by die armes en word geestelik ryk Dis weer die middel van die maand en my banksake lyk beroerd. In die winkel loop ek tussen die rakke deur en raak ek ál meer beswaard oor die items wat ek maar weer terug op die rak moet sit omdat my begroting, wat nog tot betaaldag moet hou, nie toelaat dat ek dit koop nie. Buite, met my inkopiesak in die hand en handsak onder my arm vasgeklem, beur ek verby die besige ingang na die winkel. Op pad na my kar probeer ek diégene wat vir ’n paar sente vra vermy. Tot ’n man wat ’n deuntjie op ’n mondfluitjie speel my in my spore stuit. Hy is ooglopend arm. Sy klere is oud en stukkend, maar skoon. Ek kry skielik skaam. Dit is verby dié mense wat ons dikwels so vinnig moontlik probeer kom, dikwels met ’n afjak as hul vir iets vra. Om iemand met menslikheid te behandel kos niks. Ons kan baie by hulle oor dankbaarheid leer. Voor jy volgende keer oor jou duur inkopies kla, dink aan dié wat niks kan bekostig nie.

Sal hoop beskaam?

A HELPING HAND FOR FOUR-LEGGED FRIENDS: The Edna Fourie Gallery in McGregor along with the Robertson Small Hotel put its ticket sales at the recent mmm..McGregor Festival to good use by donating it to Friends of CARE outside McGregor. This voluntary organisation raises funds for the treatment and care of injured, neglected and needy animals in the McGregor area. The Edna Fourie Gallery, in collaboration with the Robertson Small Hotel, hosted an art and food pairing event during the mmm..McGregor Festival. From left are Edna Fourie (artist and gallery owner), Del Jones (Friends of CARE animal inspector) and Charmaine Haig (Robertson Small Hotel). PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Dit was met ’n gevoel van volslae magteloosheid dat ek die berig op verlede week se voorblad van die Gazette gelees het (“Boer sterf ná wrede aanval”). Ek sukkel om voorvalle soos dié te verstaan. Waar is ons land besig om heen te gaan. Dit lyk of mense se lewens ál minder werd is in dié reënboogland. In dieselfde berig word daar gemeld dat daar hierdie jaar al 92 plaasaanvalle en 43 plaasmoorde in die land was. Dié syfers laat mens se hare rys. Wat meer kommerwekkend is, is die feit dat plaasaanvalle en -moorde dikwels met uitermatige wreedheid gepaard gaan. Wat, kan ek nie help om te wonder nie, is die rede hiervoor? Ek was al diep in my 30’s toe ons land in 1994 met trots kon aankondig dat hy nou ’n demokratiese land is waar almal nou gelyke regte geniet. Ek het sóveel hoop vir die land en sy toekoms gehad, maar daardie hoop is lankal iets van die verlede. Sit jy die televisie aan, of maak jy ’n koerant of tydskrif oop, lees jy deesdae byna net van korrupsie, moord en doodslag. Waar gaan dit uiteindelik stop? Berigte soos dié op verlede week se voorblad maak my hartseer. Sê van die landboubedryf wat jy wil, maar dié bedryf verskaf nie net die kos op jou tafel nie, maar ook ongelooflik baie werksgeleenthede. Wat kan ons nóg in dié land doen om moord, misdaad en korrupsie uit te roei? Eers dan sal ons die reënboognasie kan wees wat ons so graag wil wees. Sal dit nie wonderlik wees as ons almal sonder vrees in ons eie huise in die land wat ons as ons eie beskou, kan woon nie. Ek weet ek hoop hier vir iets wat waarskynlik onmoontlik is, maar dit is darem beter as geen hoop . . .

BULKALF, Bonnievale

Rubriek

Speel is die bousteen van gesonde kinders As plaaskind het ek die voorreg gehad om my grootwordjare in die natuur deur te bring. Dit is iets wat ek nie maklik sal verruil nie. Saam met maats, niggies en nefies is daar naweke en vakansietye kleilat gespeel, in die plaasdam geswem – modderwater, visse en talle ander kreature ten spyt – en soms, as Ma en Pa nie kyk nie, kalwers gery. Koshuisbrak wat ek was, kon ek naweke nie vinnig genoeg by die huis kom om my blouskimmel op te saal en ure in die veld deur te bring nie. Dit was ’n sorgelose tyd; só anders as dié wat kinders vandag die hoof moet bied. Daardie jare was rekenaarspeletjies net sommige gelukkige kinders – dié se ouers met die vetter beursies – beskore en tyd voor die kassie het aansienlik minder gevare ingehou as vandag, waar kinders aan allerlei booshede blootgestel word. Vakansies in die laeveld het die kleingoed in ons familie ’n passie en waardering vir die natuur geleer. Daar is min dinge

so mooi soos ’n koedoebul wat trots met sy kronkelhorings spog, of ’n laeveld-sonsondergang met sy palet van amber, rooi en pienk. Met alles wat die moderne samelewing bied, is dit tog asof kinders en jongmense deesdae armer daaraan toe is, of is dit my verbeelding? Die dae waar kinders sonder vrees gou na die winkel kan draf is verby.’nDie versoekings wat hulle die hoof moet bied is soveel meer as dié ’n paar dekades gelede. Dwelms en pornografie is vryelik beskikbaar. Die internet met sy vrye toegang tot ’n magdom kletskamers waar talle roofdiere skuil, is binne bereik van alle kinders, kundig of te nie. Soms, wanneer ek smiddae huis toe ry,

sien ek kinders wat steeds in die strate speel. Kaalvoet. Uitbundig. Hulle het nie duur speelgoed nodig nie. ’n Bal word sommer van saamgerolde plastieksakke gemaak. En dit laat ’n sprankie hoop iewers weifel. Hoop dat die gevare van ’n moderne samelewing nog nie heeltemal die sorgloosheid van kindwees hier op die platteland vernietig het nie. Kinders het nodig om te kan speel. Dit is die bousteen van gesonde kinders wat weet hoe om met ander om hulle te kommunikeer en, as hulle ouer is, die slaggate van versoekings te vermy. Modernisering kan nie gestuit word nie. Nuwe tegnologie nog minder. En met kinders se ingebore nuuskierigheid is nuwe tegnologie juis iets wat hulle sal verstrik. Wat ’n jammerte dat hul kindwees juis hierdeur dikwels in die slag bly.


Dinsdag 23 September 2014

General - Algemeen

Breederivier Gazette

7


8

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Robertson Kunsgalery vier tien jaar Een van die stylvolste bakens in Voortrekkerweg Robertson, die Robertson Kunsgalery, se bestaan vandag is te danke aan ’n droom en die liefde vir kuns. Pat en Elaine Paulsen vier nou 10 jaar van sukses met hierdie droom. Hulle deel ’n fyn aanvoeling vir die kunste en het gespesialiseerde handelaars in dié bedryf geword. “Sonder die hulp van ons Hemelse Vader, lojale personeel en al ons kliënte sou ons dit nie kon doen nie,” sê hulle. Vir ’n klein dorpie met ’n groot hart, is die Robertson Kunsgalery een van die groot hartkloppe wêreldwyd. Skilderye word regoor die wêreld gestuur aan nuwe en bestaande kliënte. Die wat nie die galery kan besoek nie, plaas bestellings deur hulle webwerf. Die galery verteenwoordig meer as 60 bekende Suid Afrikaanse kunstenaars, waaronder Adriaan Boshoff, Christiaan Nice, Daniël Novela, Hennie Niemann, Francois Gerber, Makiwa Mutomba, Pieter van der Westhuizen, Derric van Rensburg en Maria, om maar ’n paar te noem. Dan is daar ook die gesogte en bekostigbare 925-silwer juweliersware. Indien jy nie die spasie het om jou gunsteling-kunswerk teen die muur te hang nie, is daar unieke

geskenke soos yskasmagnete, drupmatjies (coasters), plekmatjies, afdrukke en verjaarsdagkalenders wat vervaardig word deur kunstenaars soos Maria, Frans Groenewald en Ann Gadd. Geskenkbewyse is beskikbaar en is baie gewild, hetsy vir kuns of enige ander produk in die galery. Die galery het ’n raamafdeling wat spog met ’n groot verskeidenheid rame. Professionele advies, goeie diens en top-gehalte raamwerk word hier gelewer.

Hier word alles geraam, van kuns, foto’s, prente tot messe, baadjies en enige herinnering wat jy wil bewaar. Die galery bedank graag hulle lojale kliënte vir hul ondersteuning oor die afgelope 10 jaar. Ter viering van 10 jaar in die kunsbedryf bied die galery 10% afslag op alle kunswerke (uitgesluit Meesters), asook 10% af op silwer juwele vir aankope van ’n R1 000 of meer vir die maand van September.

Dinsdag 23 September 2014


Dinsdag 23 September 2014

General - Algemeen

Fokus in September op FAS

By die Universiteit Stellenbosch se Fetale Alkoholsindroom Navorsingstudie se kantore op Robertson word die gevare van drankgebruik tydens swangerskap met bome vol bottels uitgebeeld. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER HILDERINE SCHRÖDER Gedurende September val die kollig wêreldwyd op Fetale Alkoholsindroom (FAS) en die bekamping van dié toestand wat regoor die wêreld kommerwekkende afmetings aanneem. Op plaaslike vlak word daar tans gegons oor ’n boekie, Dit is nooit te laat om op te hou drink nie! Jy kan ’n gelukkige en gesonde baba hê, wat ingespan word as bewusmakingshulpmiddel ten opsigte van die gevare van drankgebruik tydens swangerskap. Die Gazette het onlangs berig oor dié boekie wat die produk is van ’n samewerkingspoging tussen die Langeberg Substance Abuse Action Group en die Universiteit Stellenbosch se Fetale Alkoholsindroom Navorsingstudie. Die strokiesverhaal, waarvan die karakters deur plaaslike inwoners vertolk word, is deur Graham & Rhona Beck Ontwikkelingstrust gefinansier en is reeds ’n wenner onder inwoners, sê Sumien Roux van die Universiteit Stellenbosch se Fetale Alkoholsindroom Navorsingstudie se plaaslike kantoor. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasio-

nale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels (Sanra) is Suid-Afrika een van die lande met die hoogste voorkoms van fetale alkoholsindroom in die wêreld, met die meeste gevalle wat in die WesKaap aangeteken word. Hoewel FAS die mees algemene vorm van intellektuele gestremdheid is wat maklik voorkombaar is, is dit steeds ’n geweldige gesondheidsprobleem in die Wes-Kaap. Die toestand word veroorsaak wanneer vroue tydens swangerskap drink en kan voorkom word indien vroue nie tydens hul swangerskap drink nie. Die gevolge van FAS is onomkeerbaar. Buiten intellektuele gestremdheid, kan babas wat met FAS gediagnoseer word ook verskeie ander geboortedefekte hê, soos beperkte groei (dié babas is al by geboorte korter en kleiner), terwyl hul kopomtrek kleiner as normaal is en die middelste derde van die gesig nie behoorlik ontwikkel is nie. Hulle kan ook klein ogies, ’n

lang, gladde bolip, plat neusbrug en wipneusie hê. Kinders met FAS sukkel dikwels met gedragsprobleme en om te konsentreer en toon soms ontoepaslike sosiale gedrag. Hulle is ook meer geneig tot verslawing. Vir meer inligting oor fetale alkoholsindroom en hoe dit voorkom kan word of om uit te vind waar hulp vir alkoholverslawing beskikbaar is, bel 023 626 5669.

Breederivier Gazette

9

Misbruik onder jonges HILDERINE SCHRÖDER Die misbruik van alkohol en dwelms is het ’n reuse-impak op baie leerders se prestasie en vermoë om te leer en is iets wat daadwerklik aangespreek moet word. Dít is een van verskeie bronne van kommer wat laasweek op ’n vergadering van Langeberg Substance Abuse Group (LSAAG) en ander rolspelers geopper is. Drank- en middelmisbruik word beskou as een van die groot bydraende faktore tot onder meer dissiplinêre probleme op skoolvlak en het ook ’n uiters negatiewe effek op leerders se prestasie. Kommer is uitgespreek oor dié probleem wat dikwels lei tot die skorsing van leerders. Skorsing is dikwels nie ’n suksesvolle manier om wangedrag wat aan middelemisbruik gekoppel word aan te spreek nie aangesien kinders wat tuis sit groter toegang tot drank en dwelms het. Rolspelers is dit eens dat intervensieprogramme sowel as tienerswangerskapprogramme dringend by skole uitgerol moet word. As deel van dié intervensieprogramme moet ook van leerders wat uit die greep van dwelms

ontsnap het as sprekers gebruik gemaak word aangesien medeleerders eerder by húlle as volwassenes aanklank sal vind. Die gebrek aan programme wat dwelmmisbruik vroeg reeds identifiseer is een van die struikelblokke. Nog ’n probleem is ’n gebrek aan vaardigheidskole wat leerders met spesiale onderrigbehoeftes kan akkommodeer. Baie van dié leerders is tans in hoofstroomskole wat daartoe lei dat hulle, omdat hulle meer as ander leerders sukkel, minderwaardig voel. ’n Verdere probleem is die tekort aan maatskaplike werkers en lang wagperiodes voor kinders met leerprobleme assesseer en gehelp kan word. Met die fokus wat gedurende September op die stryd teen Fetale Alkoholsindroom val, is dié probleem ook uitgewys as een van die grootste bydraende faktore wat lei tot dwelmmisbruik onder kinders wat met dié sindroom gediagnoseer is. ’n Daadwerklike poging gaan aangewend moet word om die oorsake van fetale alkoholsindroom hok te slaan. Dit sluit ’n verskeidenheid voorkomingsprogramme en groter samewerking tussen rolspelers in.


10

Schools - Skole

Breederivier Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

Dinsdag 23 September 2014

DIENSTE 2420

STERFGEVALLE 1005

EXPERIMENTAL FUN: Maths and science can be fun and Robertson Logos Christian School has proven that these subjects can provide hours of entertainment and enjoyment. The school’s students, dressed as nutty professors, participated in a maths quiz and wonderful prizes were won. High school science students and staff members performed numerous experiments that amazed their audience. READIEN LENA Geb.30/10/1968 Gest.15/09/2014 Die Roudiens vind plaas Dinsdag 23 September om 18.30 te Langeberg Sekondêre skoolsaal. Sy laat 2 susters Charmaine en Vanessa, 2 broers Charles & Michael en haar geliefde familie agter.

GELUKWENSINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

1030

LENINGS 1445

LENINGS tot R200 000. Konsilidasies beskikbaar, 5 minute goedkeuring. Fiona 082 422 2271 TE KOOP

ELEKTRONIES & DIGITAAL READIEN LENA Geb.30/10/1968 Gest.14/09/2014 Die Roudiens vind plaas Woensdag, 24 September om 10vm in die All Saints kerk (Anglikaanse). Sal met liefde onthou word deur haar skoonouers (Barney en Katriena Readien), Victor en Revah, familie en vriende. IN MEMORIAM 1015

NOOTVAS: Christine van Zyl van die Laerskool Robertson het by die onlangse Montagu Jeugkunstefees die trofee verower vir die beste junior solo-instrument speler.

1625

COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577. STEVENS IDA Baie geluk met Mamma se verjaarsdag, 21 September. Ons wil net die Hemelse Vader bedank vir nog ’n jaar wat Hy by u lewe gevoeg het. Dankie vir u liefde en ondersteuning. Met liefde van u kinders, skoonseuns, skoondogters,kleinkinders en agterkleinkinders.

SAKE

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP 3025

DIENSTE 2420

HYUNDAI ELANTRA 1995 GLS. Engine just overhauled. Great runner. Tyres good. Elec windows and mirrors. Aircon, power steering. Contact Janine 082 576 3816 R25 000

ALGEMENE KENNISGEWINGS

FILANDER KOOS Geb.20/09/1956 Gest.29/04/2014 Saterdag 20 September 2014 was dit jou eerste verjaarsdag by jou Hemelse familie. Ons wou so graag geluk sê, maar God wou dit anders hê. Waar jy nou is, ken jy nie meer pyn en lyding nie. Rus sag my man en ons Dadda. Van verlangende vrou, kinders en kleinkinders.

UNIFORMS FOR NUY STASIE: The Robertson Logos Christian School put their previous school uniforms to good use by donating them to Nuy Stasie Primary School. The Nuy students stand proud with their school emblem embroidered onto their newly acquired uniforms. Pictured here are Logos head prefects, Allan de Jager and Liezl Naudé, together with Sophia Karriem, principal of Nuy Stasie Primary School, and a few pupils from this school.

VERLORE/VERMIS 1225

DIENSTE 2420

STEVENS CATHERINE Geb.22/04/1974 Gest.22/09/2013 Gister, was dit jou eerste jaar weg van ons. Die gemis en verlange is groot. Ons sal altyd aan jou dink en jy sal onthou word. Van: jou Ma & Pa, 2 broers, kinders Justin, Don Carlos, Emile, Monique, Byron en die Stevens-familie.

TWEEKAMP: Chris Redelinghuys van die Hoërskool Bonnievale het die Wes-Kaap by die SA Tweekampbyeenkoms in Durban verteenwoordig.


Dinsdag 23 September 2014

Schools - Skole

SEWES: Die Hoërskool Robertson het onlangs aan die Bredasdorp-sewestoernooi deelgeneem. Elke skool kon ’n groep van 12 spelers neem. Robertson het ná die groep-rondes na die semi-finaal van die skild-kompetisie deurgedring, waar hulle ongelukkig in die doodsnikke van die wedstryd met 12-14 die knie voor De Kuilen moes buig.

KRIEKET: Mayin Kuhn, Hayden Meyer, John Broodryk en Furlo Uithaler van die Hoërskool Bonnievale is almal opgeneem in Boland-krieketspanne.

Breederivier Gazette

11

UITNEMEND: Die Hoërskool Montagu het rede om breëbors te loop na sy hoof, dr. Japie Spies, wat by die onlangse Kaapse Wynlandonderwystoekenningsgeleentheid die toekenning vir uitstaande leierskap in ’n sekondêre skool losgeslaan het.

Antjie Krog gee klas by Montagu Die matrieks van die Hoërskool Montagu het onlangs die voorreg gehad om insiggewende werksessies by te woon wat deur die bekende Suid-Afrikaanse skrywer en digter, Antjie Krog, by die skool aangebied is.

GOLDEN GIRL: Hannah Powell, a top dancer in our Valley and a Grade 11 learner at the Robertson Logos Christian School, recently participated in the Montagu Arts Festival. She won a double gold for her solo performances. She also received three gold, two silver and one bronze for trio and group performances. This photo was taken at the Rustenburg SA Championships where she obtained 11 medals: five gold, (two for solo performances), three silver and four bronze.

MUSIKAAL: Cari van Eeden van die Hoërskool Bonnievale het as lid van die Adlam Jeugorkes by die Kunstekaapteater in Kaapstad opgetree.

LANGASEM: Jana Wessels van die Hoërskool Bonnievale is opgeneem in die Boland-landloopspan.

Die eerste werksessie is vir die geskiedenisleerders aangebied. As destydse leier van die SAUK-joernaliste wat die Waarheid- en Versoeningskommissie-verhore moes dek, kon Krog, ook ’n professor aan die Universiteit van die Wes-Kaap, aan dié klas interessante inligting gee oor die werking en die aard van die hele proses. Die volgende twee werksessies was spesifiek gemik op die Afrikaanse vraestelle. Tydens die tweede werksessie is die hele gr. 12-groep touwys gemaak oor die beantwoording van die onbekende gedig in Vraestel 2 en in die laaste werksessie het leerders wenke gekry om hul stelwerkpunte te verbeter. Van hul vorige opstelle is bespreek en aan die leerders se entoesiasme was dit duidelik ’n baie sinvolle ervaring. Vir Morné van Wyk en Stephan van Rensburg (gr. 12-leerders) was dit ’n eer om by Krog te kon leer en praktiese wenke te kry om in die eksamen toe te pas. Volgens Jeanne Joubert, nog ’n leerder, kon Krog selfs die verveligste gedig interessant maak en so goed verduidelik dat hul nie anders kon as om te luister nie.

KOLSKOOT! Adia Willemse (o. 16), Annelie Wessels (o. 18) en Ansa van der Merwe (o. 16) van die Hoërskool Bonnievale het die Boland by die netbal-interstreekstoernooi verteenwoordig. Die spanne het in Worcester teen WP en SWD meegeding.

WOORDWYS: Dié leerders aan die Laerskool Robertson het onlangs aan die Bonnievale Redenaars- en Vasvra-aand deelgeneem. Agter (van links) is Katinka Ellis, Johannes van der Walt en Teané Bezuidenhout. Voor is Kiehte van Zyl, Christof Viljoen en Henriette de Villiers. Kiehte het die redenaarskompetisie gewen.

Matrikulante aan die Hoërskool Montagu het onlangs werksessies aan die hand van Antjie Krog (middel) bygewoon. By hulle is Susan Samuel (gr. 12 Afrikaans onderwyser en dogter van Antjie Krog).


Breederivier

Year 18 • 23 September 2014 | Tel. 023 626 5212

Waaghalse gaan staal wys

BLITSE: Hoewel drie van die Bloublitse se oorspronklike spelers nie kon deelneem aan die wedstryd by die Robertson Christus-fees se raakrugbytoernooi nie, het dié span nietemin met 3-2 met die Sweet Sixteens afgereken. Agter, van links is: Elzaan van Niekerk, Anja de Kock, Angelique Prinsloo en Rene Liebich. Voor is Jeanmari Roux, Chantelle Rossouw en Bianca Neethling.

ANNELDA GROOTBOOM Die lug wat gevul word met die reuk van brandende bande, motors wat oor die teer skuif en die manne wat gevul met adrenalien rondstaan. Dit is die gesig wat aanskou kan word by die Spinning and Drifting-byeenkoms wat sal plaasvind op Saterdag 27 en Sondag 28 September by Langeberg Sekondêre Skool. Volgens die organiseerder, Mullen Jones van Robertson, is dit die sesde keer dat die geleentheid op Robertson aangebied word. Dit is deel van ’n geldinsamelingspoging en daar word veral uitgesien na die bekende meesterwaaghals Eddie Rasta van Eersterivier, wat die skare vasgenael gaan hou met sy toertjies op die baan. Spinning is ’n baie gewilde motoren vermaak-sportsoort wat mense behoorlik bymekaar bring en een van die redes is waarom Jones beplan om aanstaande jaar ’n klub te

Adrenalienslawe kan uitsien na ’n adrenalienbelaaide geleentheid wanneer waaghalse eerskomende naweek hul vernuf agter die stuur ten toon gaan stel. stig waaraan mans, wat ’n liefde het vir dié sportsoort, kan deelneem. Sowat 40 motors asook verskeie klubs van onder meer Hawston, Mosselbaai, Worcester en Kaapstad sal aan die naweek se geleentheid deelneem. Die skole wat voorheen by dié geldinsamelingsgeleentheid gebaat het was Laerskool Dagbreek, Ashton

Sekondêre Skool en Langeberg Sekondêr. Volgens Jones wil hy graag ’n kwartaallikse byeenkoms aanbied om ander nie-winsgewende organisasies te help met geld, maar daar is in dié stadium ongelukkig nie die nodige ruimte en baan hiervoor nie. Vir navrae, bel Jones: 076 556 6117.

Ruohan hou streek se naam hoog HILDERINE SCHRÖDER Om Ruohan Cronjé te kry om oor sy prestasies in die saal te praat is nie ’n maklike taak nie. Dit kos mooipraat om dié man te kry om meer te vertel van sy passie vir bergfietsry. Ruohan (33), van McGregor, en sy spanmaat, Gideon van den Berg, het onlangs die tweede plek losgeslaan in die langafstand-afdeling van die Ride2Nowhere wat verlede naweek in die McGregor-omgewing gehou is. Ruohan is die afgelope jaar weer stewig in die saal ná hy vir bykans 10 jaar opgehou fietsry het. Deesdae neem hy aan al wat ’n bergfietsuitdaging is deel, maar dit is veral dié wat in die Vallei gehou word wat hom lok. “Ek hou daarvan om die plaaslike uitdagings te ondersteun. Ons het absoluut ongelooflike roetes in die area,” sê Ruohan. Die Ride2Nowhere, wat deelne-

Ruohan Cronjé (regs) en sy spanmaat, Gideon van den Berg, in aksie tydens die onlangse McGregor Ride2Nowhere. mers oor verskeie plase in die McGregor-omgewing neem, is ’n goeie voorbeeld van die streek se uitstekende uitdagings, sê Ruohan. Die uitdaging het hierdie jaar meer as 200 inskrywings gelok. “ ’n Mens moet dankie sê vir die grondeienaars oor wie se plase die

roete gegaan het,” sê Ruohan. “Geleenthede soos dié is ’n groot finansiele inspuiting vir die hele streek,” voeg hy by. “Ons is ook baie dankbaar vir ons borg, Roelou Barry Motors, vir sy steun.” Dit is veral die ongereptheid, natuurskoon en geleentheid om weg te kom van die stadsgewoel wat plaaslike roetes so gewild maak onder besoekers, meen Ruohan. En moenie ’n fout maak nie, verseker hy jou gou, die plaaslike roetes steek beslis nie af teen dié nader aan die stad nie. Ruohan het op skool al uitgeblink in fietsry en het nie net twee keer sy Springbokkleure in dié sportkode gekry nie, maar ook in sy matriekjaar aan die wêreldkampioenskappe in Nederland gaan deelneem. Deesdae ry hy egter net vir die liefde vir dié sport. Hy slyp hoeka nou reeds sy tande vir die Van Loveren Java Bergfietsuitdaging op 4 Oktober.

ROLBALKONINGS: Bonnievale het onlangs koning gekraai by ’n interdorp-rolbaltoernooi tussen dié dorp, Robertson en Montagu. Dit was die eerste toernooi van sy aard in die streek en die mededinging was besonder straf. Tong in die kies word daar deesdae ook gespot dat die jong talent vinnig besig is om die ouer garde opdraende te begin gee. Die wenspan was (agter, van links) Evert van der Bank, Riaan van Eeden, Victor Herbert, Henk Wentzel, Koos Wentzel en Josua Joubert. In die middel is Chud Roach, Hennie van der Merwe, Tobie Louw en Louis Joubert. Heel voor is: Hennie van der Merwe en Vaughn Thomas.

Skryf nou in vir Van Loveren-rit Begroet die lente met ’n uitstappie in die vars lug deur in te skryf vir die opwindende Van Loveren Java Bergfietsuitdaging. Dié geleentheid, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, vind op 4 Oktober by Van Loveren Familiewingerde in die Robertsonvallei plaas. Die Java is nie tot fietsryers beperk nie. Drawwers kan ook deelneem deur in te skryf vir ’n nuwe

10 km-wingerdroete oor die plaas. Ryers kan kies tussen vier verskillende bergfietsroetes wat wissel in afstand, terrein en tegniese moeilikheidsgraad, geskik vir alle vlakke – van kinders en beginners tot die mees ervare bergfietsryers. Vir meer inligting oor die Java en vir inskrywings besoek www.javamtb.co.za. Vir navrae, bel Bonita by Van Loveren by 023 615 1505.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.