Breederivier
X1PRTGJD-BZ240215
Year 19 • 24 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212
Rugbyman in aanval beseer
HILDERINE SCHRÖDER
www.bolandgazette.co.za
Die Robertson-polisie en plaaslike verkeersdepartement moes verlede Maandagmiddag (16 Februarie) verkeersbeheer toepas ná ’n vragmotor wat ’n vrag bier vervoer het ’n groot gedeelte van sy vrag verloor het. Die kratte met bottels het uitgeval ná ’n gedeelte van die vragmotor se seil losgekom het terwyl dit vanuit Reitzstraat in Voortrekkerstraat gedraai het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Die bekende Robertsonse televisie-rugbyskeidsregter Shaun Veldsman sterk tans in die Mediclinic Stellenbosch aan ná hy Saterdagaand in ’n mislukte kapingspoging met ’n mes beseer is. Veldsman was op pad terug na Robertson ná die kragmeting tussen die Stormers en die Blues op Nuweland toe die ruit aan die bestuurderskant van sy bakkie op die N2 uitgegooi is. In die struweling wat gevolg het, is Veldsman met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek. Sy long is in die proses raakgesteek. Volgens Andy Colquhoun, die Suid-Afrikaanse rugbyunie se hoof van korporatiewe aangeleenthede, kon Veldsman daarin slaag om uit die voertuig te vlug. Iemand langs die pad, sê Colquhoun, het hom later te hulp gesnel. Hy is aanvanklik in ’n ernstige toestand in die hospitaal se waakeenheid opgeneem. Hy is steeds in die hospitaal, maar sy toestand het intussen verbeter na stabiel. Volgens Veldsman se vrou, Marie, is haar man steeds geweldig moeg en verduur hy baie pyn. “Vandat ek die nuus gekry het van wat gebeur het, het dit nog nie werklik ingesink nie. Ons kinders is geweldig getraumatiseer.” Volgens Marie het Veldsman aanvanklik nie besef hy is raakgesteek nie. “Dit was eers toe hy probeer weghardloop dat hy ongemaklik gevoel het.” Veldsman was bykans twee uur langs die pad voor hy gevind is. “Die barmhartige Samaritaan (die man wat hom gehelp het) het sy eie baadjie vir hom gegee toe hy sien Shaun
Shaun Veldsman bloei.” Sy het al vroeër die aand begin bekommerd raak toe haar man nie by die huis opdaag nie. “Ek het sy foon verskeie kere gebel, maar dit was toe al af. Ek was rasend van kommer. Ons is almal net baie dankbaar dat ons hom nog het.” Veldsman sou eerskomende naweek die televisieskeidsregter in die Sesnasieswedstryd tussen Ierland en Engeland in Dublin wees, maar sal nie meer dié verpligting kan behartig nie, aldus Colquhoun. “Ons was baie geskok toe ons gehoor het wat gebeur het,” voeg hy by. “Shaun is ’n wonderlike karakter, baie bekend en gerespekteerd. Ons is baie verlig dat dit nie baie erger uitgedraai het nie.” Veldsman het versoek om nie gesteur te word nie.
Bier beland in hoofstraat
X1PRQXMH-BZ240215
2
Entertainment - Vermaak
Breederivier Gazette
Dinsdag 24 Februarie 2015
PIEKNIEKPRET: Die Ashton Kelder hou op 1 Maart vanaf 11:00 ’n speeldag vir boere, wynmakers, kelderwerkers, plaaswerkers en hul vroue en kinders. Daar gaan verskeie aktiwiteite vir oud en jonk wees met onder meer druiwetrap, ’n springkasteel en glibberige glybaan, kroukie, skaak, jenga, wynproe en heerlike tuisgemaakte piekniekmandjies. Piekniekmandjies kos R100 per persoon en Rooikappie-mandjies R50 vir kinders onder 12. Piekniekmandjies moet vooraf bespreek word by info@ashtonkelder.co.za of 023 615 1134. Ashton Kelder-wyne en -druiwesap sal beskikbaar wees. Geen ander etes en drankies sal toegelaat word nie.
ELKE DINSDAG ) Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) vergader om 19:00 by die Thusongsentrum. Navrae: 0 082 666 9884 of 023 626 1337.
ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:30 in die Eeufeessaal (ingang by parkeerplek agter stadsaal) op Robertson.
EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND
Moenie Herberg-kermis mis Met ’n bietjie geluk aan jou kant staan jy dalk ’n kans om een van ses wonderlike pryse los te slaan by vanjaar se Herberg-kermis. Dís nou mits jy ’n lootjie koop en ’n valskermspringer se landingsplek korrek kan voorspel. Twee valskermspringers van die WesKaapse sportvalskermklub gaan hierdie jaar vir die eerste keer by die kermis op 28 Februarie met hul valskerms op die Herberg se sportterrein land. Die drie lootjies die naaste aan elk van die springers sal almal vir ’n trekking in aanmerking kom waarvolgens die ses pryse toegeken sal word.
Die kermis is al lank ’n hoogtepunt op die Valleikalender. Bekend vir sy sakpakpryse by veral die vleistafel, sowel as ’n reuse-verskeidenheid vars vrugte en groente, sowel as heerlike eetgoed, is dit nét die plek om ’n heerlike gesinsdag deur te bring. Vir die kleingoed sal daar oudergewoonte meer as genoeg aktiwiteite wees, van perdekarritte tot gesigverf en nog veel meer. Hierdie jaar sal daar ook wegneemetes (braaivleis en slaai) teen R40 beskikbaar wees. Bestel vooraf by Petro Uren by 023 626 3140 of stuur ’n e-pos na petro@herberg.co.za. Lootjies, teen R50 stuk, is ook by dié nommer beskikbaar.
) Teetuin en oggendmark by die Robertsonmuseum se anneks. Gebruik Le Rouxstraatingang. Navrae: 0 023 626 3681.
SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimers Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.
FEBRUARIE – SONDAG 29 MAART ) Hands-on Harvest. Volledige program by www.handsonharvest.com.
SATERDAG 28 FEBRUARIE ) Die Herberg Kinderhuis-kermis. 09:00. )CANSA Relay For Life vanaf 18:00 by die Robertson-skougronde. Toegang: R50. Navrae: Franchonet Tredoux, 0 072 545 1920 of Anne-Marié du Plessis, 0 086 163 2200. ) James Mundey at Mulligan’s, Montagu. Entry: Free. Enquiries: 2 janeym@hotmail.co.za or James or Janey at Mulligans, 0 023 614 3013.
SUNDAY 1 MARCH ) Car boot sale and flea market from 10:0013:00 at KWV Art Gallery, Montagu. Enquiries: Mareletta van Zyl (082 444 3927) or Jannie Uitlander (073 030 7240).
SATURDAY 7 MARCH ) Alf Boyley at Mulligans, Montagu. Enquiries: 2 janeym@hotmail.co.za or James or Janey at Mulligans: 0 023 614 3013.
SATERDAG 21 MAART
NOT TO BE MISSED! The well-known singer Wendy Oldfield and a collection of other fine musicians will be performing at Christina Sophia’s Farm (7 km outside Robertson on the Bonnievale Road) on 7 March. The show will start at 16:00. Tickets cost R100. To book tickets, call or SMS 073 735 7621 or send and email to christinasophias1@gmail.com.
X1PLHLF5-BZ240215
X1PRQWRD-BZ240215
X1PRR0P5-BZ240215
)Frank Opperman se eenmanvertoning Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benade om 18:30 by die Janeza Privaatkelder, Bonnievale. Kaartjies: R175 vir volwassenes (sluit ’n bottel wyn in) en R90 vir kinders. Tafels van vier of meer. Besprekings: Eza Wentzel, 0 082 978 7020 of eza@janeza.co.za.
SATURDAY 28 MARCH )Singer song writer Forest plays rock, folk, country and blues from 14:00 to 15:30 at Mountain Mill Mall Amphitheatre.
X1PRQXXW-BZ240215
Dinsdag 24 Februarie 2015
News - Nuus
Vermiste se liggaam gevind HILDERINE SCHRÖDER Die Ashton-polisie moes verlede Vrydag (20 Februarie) die hulp van die Langeberg brand- en reddingsdiens inroep om die liggaam van ’n man wat vermoedelik sy eie lewe geneem het vanuit ’n boom te verwyder. Omstanders het in groot getalle saamgedrom buite die toneel wat met forensiese skeidings vir nuuskieriges afgesper is. Volgens ao. Sylvester Joseph, woordvoerder van die Ashton-polisie, het die oorledene reeds Saterdag vermis geraak maar is hy aanvanklik nie as vermis by die polisie aangegee nie. Daar is eers Vrydagoggend op sy liggaam, wat reeds in ’n gevorderde stadium van ontbinding was, afgekom. Hy het hom in ’n ruie boom digby die ingang
van die plaas Zandvliet, agter Ashton Canning, gehang. Sy liggaam is deur die digte blare en takke verskuil. Volgens Joseph moet die oorledene se identiteit en ouderdom nog deur ’n nadoodse ondersoek bevestig word.
3
Breederivier Gazette
om 19:00 ’n Imbizo by die gemeenskapsentrum in Hospitaallaan. Misdaadstatistieke van die gebied tel onder die onderwerpe wat bespreek sal word. Alle belangstellendes is welkom.
) Die Robertson-polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur ná ’n botsing op 13 Februarie om 14:00 op die hoek van Piet Retief- en Whitestraat. Volgens lt. Cynthia Ndabeni, polisiewoordvoerder, is dit onduidelik wat presies tot die botsing tussen die bakkie en motor gelei het. Twee mense het ligte beserings in die voorval opgedoen. ) Die Robertson-polisie hou op 12 Maart
) Die Montagu-polisie benodig die gemeenskap se hulp met betrekking tot ’n ondersoek van huisbraak en diefstal. Die saak spruit uit ’n voorval 3 Februarie om 13:00 en 4 Februarie om 08:00 toe daar by ’n huis in Montagu-Suid ingebreek is. Die eienaar van die huis het nie onmiddellik agtergekom dat daar by die huis ingebreek is nie en het eers op 6 Februarie ontdek twee vuurwapens en ammunisie is uit die kluis gesteel. Enigeen met inligting kan speurkonst. Avin Appels bel by 079 894 1784.
Verskeie mense het verlede Vrydag saamgedrom op ’n toneel waar die liggaam van ’n man wat homself vermoedelik gehang het, deur die Ashton-polisie, die brandweer en die polisie se forensiese eenheid verwyder is. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
X1PRQWYM-BZ240215
X1PRQWG1-BZ240215
X1PRR0T9-BZ240215
STAND THE CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF
REDWORKS 77785/E
X1PRQW9R-BZ240215
LIVE LIKE ROYALTY. SIMPLY EARN POINTS BY PLAYING SLOTS AND TABLES AND YOU COULD WIN YOUR SHARE OF R200 000. Weekly cash only draws will take place between 27 January and 3 March. Rules with complete offer available at the MVG Desk and suninternational.com
GOLDEN VALLEY CASINO SUPPORTS RESPONSIBLE GAMBLING. GAMBLING FOR PERSONS 18 YEARS AND OLDER. WINNERS KNOW WHEN TO STOP. NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING TOLL-FREE COUNSELLING LINE 0800 006 008. SUN INTERNATIONAL CASINOS ARE LICENSED CASINOS.
4
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Dinsdag 24 Februarie 2015
Beloning vir inligting oor moord HILDERINE SCHRÖDER Die Bonnievale-polisie bied ’n beloning van R50 000 aan vir enige inligting wat kan lei tot ’n inhegtenisneming in verband met ’n moord op ’n plaas buite dié dorp verlede jaar. Die moord op Helmut Wohlfarter (73) op sy plaas in die Drew-distrik in September het skokgolwe deur die landbou- en dorpsgemeenskap gestuur.
Hy het ’n week ná die aanval aan ernstige kopbeserings beswyk. Sedert die wrede aanval soek die polisie steeds onverpoosd na die aanvaller(s). Niemand is egter nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Wohlfarter was ten tyde van die aanval alleen by die huis. Sy vrou was op ’n besoek aan die buiteland. ’n Buurman het op ’n erg beseerde Wohlfar-
ter afgekom ná werkers bekommerd begin raak het toe hy nie uit die huis kom om opdragte aan hul uit te deel nie en by die buurman om hulp aangeklop het. Wohlfarter was vir sowat ’n week in die Tygerberg-hospitaal in ’n koma voor hy dood is. Enigiemand met inligting wat lig op die ondersoek kan werp, kan die plaaslike polisie by 023 616 8060 bel.
Valleiers sal hul geliefdes wat die stryd teen kanker verloor of oorwin het tydens die Luminaria-seremonie by dié Saterdag se CANSA Realy For Life kan huldig. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Kansa-aflos dié naweek
HILDERINE SCHRÖDER
Dit is gewyde oomblikke. Daardie kort tydjie wanneer die donker jou omsluit en die kerse in individueel versierde sakkies een na die ander aangesteek word en die donker verlig. Dít is wanneer diegene wat die stryd teen kanker verloor of oorwin het gehuldig word en daar gedink word aan dié wat steeds teen dié gevreesde siekte veg. En dán is daar die ure van pret, plesier en lag. Die oomblikke wanneer een span na die ander aantree, elk in hul prettige uitrustings, om deurnag te begin stap. Nét by die CANSA Relay For Life sal jy dié uiteenlopende emosies in een aand kan beleef en nét diegene wat al dié deurnag aflosgeleentheid bygewoon het sal verstaan hoekom die gees van samehorigheid wat jy hiér ervaar een is wat jy nêrens anders sal vind nie. Spanne van regoor die Vallei sal dié Saterdag (28 Februarie) om 18:00 by die Robertson-
X1PRQX2R-BZ240215
skougronde aantree vir die jaarlikse aflosgeleentheid. Die baan sal oudergewoonte deur kankeroorwinnaars geopen word voor die spanne aan die beurt kom. As jy nog nie jou span ingeskryf het nie, beter jy spring; die tyd raak min! Spaninskrywings kos R650 met spanne wat uit 10 tot 15 lede bestaan. As jy nie genoeg mense vir ’n span byeen kan bring nie, het jy geen rede tot kommer nie. Individue is welkom om ook aan die aflos deel te neem. Betaal jou R50 hekgeld en stap saam met die res van die deelnemers. Benewens die kans om heerlik saam met vriende te kuier, kan deelnemers ook uitsien na vermaak deur Wicus van der Merwe, wat ongetwyfeld sal sorg dat daar nie ’n enkele saai oomblik by vanjaar se aflosgeleentheid is nie. Vir navrae, meer inligting of Luminariasakkies (teen R10 stuk), bel Franchonet Tredoux by 072 545 1920 of Anne-Marié du Plessis by 086 163 2200, of besoek die Facebook-groep CANSA Relay For Life Langeberg.
X1PRQXC5-BZ240215
Dinsdag 24 Februarie 2015
Jahiem Laidoo
FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Hy maak ’n verskil HILDERINE SCHRÖDER Die dag toe hy sy ma aan die dood moes afstaan het baie mense gedink hy gaan die pad byster raak. Maar toe vind Jahiem Laidoo dans en drama en daarmee saam ’n passie wat hom daagliks dryf om ander jongmense op die smal pad te hou. “Ek was platgeslaan toe my ma dood is,” vertel Jahiem (23). In dans en drama het hy egter ’n uitlaatklep gevind. “Ek het die verskil gesien wat dit in jongmense se lewe te weeg bring en dít het my laat besluit om jongmense positief te probeer beïnvloed.” Jahiem het in die bendegeteisterde buurt Roodewal, in Worcester, grootgeword. Die slypproses aan sy dans- en dramatalent het by die Worcester Sekondêre Skool begin waarna hy dit aan ’n verskeidenheid dansskole verder ontwikkel het. Sy droom om ander jongmense te help het in Roodewal, waar hy vyf kinders gehelp het om húl talent te ontwikkel, vorm aangeneem. “Ek het gedink as ek net een kind kan help, het ek al baie in die gemeenskap gedoen,” vertel hy. Juis om dié rede het Jahiem, wat intussen in Robertson kom woon het, sowat vier maande gelede die nie-winsgewende organisasie New Generation Arts Development Studio op die been gebring. Dié organisasie is daarop gemik om plaaslike jongmense met behulp van drama en kuns toe te rus om versoekings soos dwelm- en alkoholmisbruik en bendebedrywighede te systap. Met New Generation, sê Jahiem, wil hy nie net hoër- en laerskoolkinders van die strate hou nie, maar wil hy hulle ook help om hul talent te ontwikkel. “Deur hulle aan die kunste bloot te stel, maak dit hulle meer gefokus op ander belangrike en positiewe dinge. Dit gee hulle ’n doel vorentoe en help hulle om persoonlik te ontwikkel. Dít help dat kinders voel hulle behoort.” Hoewel hy die organisasie alleen op die been gebring het, het hy intussen twee bondgenote gekry om hom by te staan. Saam gee die drietal opleiding in onder meer sang, drama, moderne danse, uitvoerende kunste, kletsrym, hip-hop en moderne danse. Hulle bied ook kitaarlesse aan en help jongmense om hul talent in die digkuns te ontwikkel. Baie van die klasse is gratis, terwyl ander teen ’n minimale koste aangebied word. Volgens Jahiem wil hy ook graag sien dat ouers meer by hul kinders , wat by die organisasie inskakel, betrokke sal wees. Hy hoop ook om uiteindelik regoor die Langeberg klasse te gee. Hy wil ook graag laerskole van die streek betrek. Intussen, sê Jahiem, sukkel New Generation soms met sy finansiering, maar van kinders wegwys, voeg hy by, is daar nie sprake nie. “Die kinders het geweldig baie talent en word dikwels genooi om iewers op te tree, maar dan kan ons die vervoer nie bekostig nie.” Benewens die lesse wat hy gee, sorg Jahiem ook dikwels dat kinders iets te ete kry. “Sommige kom oefen op leë mae,” vertel hy. Dié kos koop hy tans uit sy eie sak. Enigeen wat belangstel om by die organisasie in te skakel of wat dit wil ondersteun kan Jahiem by 083 962 7675 bel.
General - Algemeen
Breederivier Gazette
5
6
Geklassifiseerd
Breederivier Gazette
Dinsdag 24 Februarie 2015
Skool hou marathon ZELDA KLOPPERS
FAMILIEKENNISGEWINGS
DANKBETUIGINGS
PERSOONLIKE DIENSTE
Laerskool Robertson is in rep en roer met die beplanning van die jaarlikse nagmarathon wat dié Vrydag (27 Februarie) gehou word.
VAKANSIE & REIS
1020
IN MEMORIAM 1015
BESSEL MARTIN MUNNIK. Op 26 Februarie 2015 is dit jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Die gemis en verlange is nog so groot, maar ons koester nog al die mooi herinneringe in ons harte. Gelukkige 71ste verjaarsdag Martin. Met baie liefde en verlange van jou vrou Amelia, kinders en kleinkinders.
ZANINE WAGENAAR Jy leef voort in ons harte vol liefde vir jou. Ons herinneringe is kosbare skatte weggebêre in ons harte. Uit die oog maar diep binne ons harte tot ons weer ontmoet. Ons mis jou verskriklik. Baie liefde: mammie, susters, broer, eggenoot en jou spruite.
GRAAG WIL ONS as Stephanus-familie elkeen bedank wat ons broer Karel Stephanus (Kallie) ondersteun en bygestaan het in die moeilike tyd. Dankie vir u gebedes, sms'e en telefoonoproepe dit word opreg waardeer. Ook aan pastoor Martin Jansen (AGS Coetzeestraat), vader Joseph (Anglikaanse kerk), werkgewers van Karel en profeet wat vir hom gebid het baie, baie dankie! ALGEMENE KENNISGEWINGS
VERLORE/VERMIS 1225
VERMIS greys kat met geel oë en greys vlooiband. Reageer op naam Zara, weggeraak in Klaasvoogds omgewing. Kontak asb 082 894 1349 of 023 626 1037 indien jy haar sien. "Groot beloning"
KRUIEKENNER
AKKOMMODASIE
1435
- PROF JAMIL R100 • MAGIC WALLET • FINANCIAL PROBLEMS • LOST LOVER BACK 2HRS • DELAYED PACKAGE/FUNDS •CASH IN ACCOUNT • CLEAR DEBTS • BONDS TO QUICK SALE OF PROPERTIES • MAN HOOD CREAM. % 063 117 3044 LENINGS
2635
BLUE MOUNTAIN LODGE Longstreet 48, Montagu. Accomodation from R150 per person per night. Day visitors adults R30 pp and children R20 pp. Braai facilities & swimming pool. Contact details Michael Spencer 023 614 2873. Cellnr Angela Alexander 071 519 0150 email address: angelaalexander3001@gma il.com faxnr: 023 614 2873.
Die Laerskool Robertson se nagmarathon vind Saterdag plaas. Moenie dié pretgeleentheid misloop nie!
1445
LENINGS!! LENINGS!! tot R200 000. Benodig bankstate, payslip en ID. 5 min pre-approvals. Fiona: 082 422 2271.
VOERTUIE
MOTORS TE KOOP
Hierdie is ’n jaarlikse instelling en groot pret kan verwag word vir die jonges. Dit beloof egter ook heerlike samesyn vir ouers en besoekers. Deel van hierdie verrigtinge sluit speletjies soos doelgooi, waterballone en hoefyster in asook die gewilde stalletjie wat gloei-in-die-donker-speelgoed sal verkoop. ’n Wye verskeidenheid eet- en drinkgoedstalletjies, waaronder hamburgers, pizzaskywe, roosterbroodjies, spookasem en kondensmelkspuitetot’nuitgebreidesnoepiemetkouedrinkgoed, sal sorg dat niemand by die nagmarathon honger of dors word nie. Voorafbestellings vir ’n heerlike hoenderete met ’n rolletjie en slaai word geneem om te sorg vir aandete, maar ouers is welkom om die braaigeriewe te gebruik om ’n vleisie te braai. Kaartjies is vooraf beskikbaar vir veilige binneparkering. Die marathon skop Vrydagmiddag om 12:00 af en duur tot 22:00. Om by te dra tot die opwinding sal daar deurentyd ook gelukkige trekkings gedoen word. Die gr. 7-leerders sal ook sorg vir bietjie spanbou onder mekaar met die potjiekoskompetisie. Vir meer besonderhede en kaartjieverkope, kontak die skool 023 626 3060.
3025
SILWER TOYOTA CAMRY 2001 model, 2.2 GX outomaties. Kontak: 082 378 8540.
X1PRXWN1-BZ240215
X1PRQW0D-BZ240215
Dinsdag 24 Februarie 2015
Schools - Skole
Breederivier Gazette
7
VALENTYN-WENNERS: Die Hoërskool Montagu het onlangs sy jaarlikse Valentynsbal gehou. Tydens dié geleentheid is Jaco Joubert en Marekè Conradie as die Paartjie van die Aand aangewys (voor links op foto) met Rubin Venter en Gionè de Koker as mnr. en mej. Valentyn. Saam met hulle is die beoordelaars (van links) Aurè Metelerkamp, Marianza Theron en Marna Otto.
VALENTYNSBAL: Die Hoërskool Robertson het onlangs sy jaarlikse Valentynsbal aangebied. Niel Mulder en sy metgesel Mieke Matthyser is as paartjie van die aand aangewys.
ATLETIEK: Dié leerders van die Laerskool Robertson is in die Langeberg-atletiekspan opgeneem.
TWEEKAMP: Dié leerders van die Hoërskool Bonnievale het aan die Interprovinsiale Tweekamp-byeenkoms in Oudtshoorn vir die Boland-span gaan deelneem. Van links is Nelius Möller, Ruach Wessels, Jana Wessels, Mia Beukes, Elton Mfundisi en Constant Tamboer.
Jobs available for
Packers, Cashiers, Bakers, Fruit & Veg, Deli, and Bakery Assistants
To apply you need to have: Grade 10-12 or equivalent qualification, attention to detail and a South African ID. Successful candidates must be willing to work retail hours, including weekends and public holidays.
To apply, visit www.shoprite.jobs OR dial *120*446# OR hand your CV in at
Shoprite Montagu.
If you do not hear from us within 30 days, please accept that your application was unsuccessful. The Shoprite Group promotes and applies the principles of Employment Equity and additionally, reserves the right not to make an appointment. Any personal information you provide will remain confidential and will be used only in the processing of your application. The Shoprite Group reserves the right to conduct employee verification checks.
To learn more about the group, visit www.shopritebemore.com
X1PRXYTR-BZ240215
120550
ayandambanga.co.za
X1PRR0AM-BZ240215
8
FLAVOURS TO CHOOSE FROM
200g Diced Bacon
BULK Stewing Beef
36
.99 p/kg
14.99 each
500ml Assorted St.Louis Sauce (Excludes Creamy Chip Sauce)
3 36.00 for
DELI Frankfurters
49.99 p/kg
1kg Frozen French Fries
11.99 each
Breederivier
Year 19 • 24 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212
Viv to ride for Elizabeth HILDERINE SCHRÖDER
vation to finish the race.” Viv will be competing in his 29th Argus this When cyclists from year. “When I first around the world line started taking part, I up in Hertzog Boulewanted to continue unvard to participate in til I reached 21 races. the world’s largest That became 25 and timed cycling event, then I just decided the Cape Town Cycle ‘what the heck’,” he Tour (formerly known laughs. as the Cape Argus Pick In the past he rode for n Pay Momentum Cythe Francois Pienaar cle Tour), Robertson’s MAD Foundation. “RidViv Kuiper will be ing for charity gives among the 35 000 you an incentive to take strong group. part and complete the race,” Viv says. This This year Viv (58), will year, he adds, will be be doing the gruelling even more so the case ride for a very special after his decision to cause: to raise funds for ride for Elizabeth. little Elizabeth Jordaan. Anyone who would The Gazette has on like to contribute to many occasions written Viv’s cause can make a about Elizabeth (3) who was diagnosed with Spi- Viv Kuiper with Elizabeth Jordaan for whom he will be doing donation into the following bank account: nal Muscular Atrophy the Cape Town Cycle Tour on 9 March. The Baby Elizabeth with Respiratory DisJordaan Trust, Standard Bank, Branch code: tress shortly after her birth. “She needs all the support she can get. It’s not 050213 (Montagu), Account number: 242260927, IT her fault that she’s in the predicament she’s in,” number: 2398/2012, Reference: VKACT 2015. Two collection boxes are also available at till no. Viv says about his reason behind riding for Elizabeth. “Doing it for Elizabeth will give me the moti- 2 and 3 at Robertson Pick n Pay.
Ons soek sportsterre Die Gazette vat vanjaar opnuut hande met SuperSport om die Vallei se jong sportsterre te vereer. Die SuperSport Let’s Play-kompetisie word al ’n paar jaar met groot sukses in samewerking met verskeie Bolandse koerante aangebied. Elke skool in die streek kan nou reeds begin om hul sportsterre te nomineer. Die Gazette en SuperSport se beoordelaars kies dan elke maand ’n wenner. Om in te skryf is maklik. Stuur bloot die presteerder se besonderhede met ’n kort opsomming van sy of haar prestasies aan die Gazette. Leerders kan aan enige sportkode deelneem. Presteerders wat nie as ’n maandwenner aangewys word nie, kan weer genomineer word. Hulle sê nie verniet aanhouer wen nie! Stuur sommer vandag nog nominasies vir Februarie na hilderine@breede.com of gazette@breede.com. Nominasies kan ook by die Gazette se kantoor ingehandig word.
Robertson vaar goed in krieketkragmetings Die Robertson-krieketklub se eerste en tweede span het die afgelope naweek uitstekend gevaar in hul onderskeie kragmetings nadat hulle in al hul wedstryde koning gekraai het. Robertson se tweede span het die naweek se kragmetings afgeskop toe hy Saterdag teen Victorians van Worcester te staan gekom het. Victorians het eerste gekolf in dié kragmeting wat weens reën tot 16 boulbeurte verkort is. Die besoekers kon slegs 77 lopies aanteken. Tydens sý beurt voor die penne bereik Robertson laglag die wentotaal met nog vier boulbeurte oor. Vir Robertson doen G. Adams en W. Matthys goed met die kolf, terwyl I. Matthys vyf paaltjies laat kantel het in Robertson se boulbeurt. In die tweede wedstryd teen Robertson se eerste span kolf Van der Stel, van Stellenbosch, eerste en bereik 115/8 in sy 20 boulbeurte. J. van Rensburg (31) en Z. Stoop (18) doen goed met die kolf. B. Erasmus (3/24), J. Hopp (1/12) en I. Lekay (1/5) doen goed
met die bal. Robertson, op sy beurt, bereik 120/4 in die 16de boulbeurt. W. Abrahim (63) en D. Philmon (38) staan vir die tuisspan uit met die kolf. S. Packman (3/25) het tevergeefs probeer veld wen. Sondag (22 Februarie) het Robertson se eerste span na Brackenfell gereis vir sy laaste wedstryd in die groepwedstryd wat ook bepaal het wie aanbeweeg na die volgende ronde van die T20kompetisie. Robertson kolf eerste en bereik 130/4 met D. Philmon (49), W. Abrahim (40) en Y. Abrahim (25*), wat met die kolf uitblink. F. Grantz (3/29) veg goed vir die tuisspan met die bal. Brackenfell op sy beurt word almal uitgeboul vir ’n skamele 77 lopies. W. Abrahim (3/17) en B. Erasmus (2/21) doen goed met die bal vir Robertson. Robertson se eerste span speel dié Sondag in die semifinaal teen Victorians (Maties II), terwyl sy tweede span Saterdag na Worcester reis vir sy tweede wedstryd in die Noord-Boland T20-kompetisie.