Breederivier gazette 24 03 2015

Page 1

Breederivier Beacon Mallow Egg 48’s

R59 99 VANAF DINSDAG 24 MRT - SON 29 MRT

T: 023 626 1552 | F: 023 626 1554 Trading hours: Mon - Sun: 7 am - 8 pm X1PW6W79-BZ240315

Year 19 • 24 Maart 2015 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Top tourism entities The Langeberg region can hold its head high after receiving three runner-up awards at the recent Cape Winelands Mayoral Tourism Awards. From left are Petrus Jansen (Kogman & Keisie Guest Farm), Elizma Burger (manager: Robertson Wine Valley) and Simon and Wendy Burnstein (Four Oaks Guest House and Simply Delicious Restaurant). Read the full article on page 3. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Speletjie lei tot seun se mesdood ANNELDA GROOTBOOM

Leerders en onderwysers van die Ashbury Primêre Skool in Montagu is in rou gedompel ná een van hul leerders verlede Sondag (15 Maart) na bewering deur ’n 13-jarige leerder van dieselfde skool met ’n mes doodgesteek is.

Juan Afrika

Juan Afrika (14), die slagoffer, was die aand op pad huis toe, toe hy en ’n ander seun ’n speletjie om mekaar se kragte te meet begin speel het. Volgens

sy tannie, Aletta Bailey, by wie Juan gebly het, het sy verneem dat Juan die anderseunopgetelenhomopdiegrond laat val het. Toe dit die ander een se beurt was, kon hy glo nie vir Juan optel nie en was hy na bewering woedend, waarna hy na bewering ’n mes uit sy sak gepluk en Juan in sy arm en rug gesteek het. Hy het op die toneel beswyk. Juan se ma, Maria Braaff, sê haar seun was ’n baie gehoorsame kind en ’n terggees wat vir niks geskrik het nie. “Hy het altyd net voor sy duiwehok ge-

sit en met sy draadkar gery,” voeg sy by. Dit was Juan se eerste jaar by dié skool. Volgens Braaff was die skool se hoof, Johnny Pekeur, destyds haar onderwyser en wou sy graag hê dat haar seun ook onder sy leiding moet wees. Volgens Danfred Booysen, veiligheidsbeampte van die skool, was Pekeur die Sondagaand toe hy van die voorval hoor by Juan se familie. Booysen beskryf Juan as ’n baie rustige, teruggetrokke seun wat altyd sy skoolwerk gedoen het en geen probleem-

kind was nie. Aangesien die voorval ’n groot skok vir die onderwysers en leerders was, is daar verlede week sielkundige berading gegee aan die kinders en veral vir twee van die slagoffer se niggies, wat die voorval sien gebeur het. ’n Roudiens vir Juan sal môre (25 Maart) by die skool gehou word. Hy word Sondag 29 Maart om 10:00 begrawe by die Concordio-skoolsaal in die Koo-distrik buite Montagu. Die Montagu-polisie het ’n saak van moord geopen en die beskuldigde is na ’n plek van veiligheid geneem.

24 - 29 MARCH 201 GGGGGG-BZ240315


2

Entertainment - Vermaak

Breederivier Gazette

Dinsdag 24 Maart 2015

bertson-museum se anneks. Gebruik Le Rouxstraat-ingang. Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ELKE DINSDAG ) Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) vergader om 19:00 by die Thusong-sentrum. Navrae: 0 082 666 9884 of 023 626 1337.

ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:30 in die Eeufeessaal op Robertson.

EVERY THURSDAY ) Duplicate bridge at 13:30 at Airlies Guesthouse in Bath Street (opposite the post office). Enquiries: Tielman de Villiers, 0 023 614 2943.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Ro-

) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

23 TOT 25 MAART ) ’n Reeks dienste deur die Ebenhaeser Restourasiebediening word om 19:15 in die Robertson-gemeenskapsaal gehou. Navrae: 0 082 969 3643 of 081 344 3651 (Georgette).

SATURDAY 28 MARCH ) Singer-song writer Forest plays rock, folk, country and blues from 14:00 to 15:30 at Mountain Mill Mall Amphitheatre. ) James Mundey at 19:00 at Mulligans Irish Pub and Restaurant, Montagu. Entry free. Lewer Valleikalender-bydraes by: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.

REÜNIE: Die Langeberg Sekondêre Skool se matrikulante van 1995 hou op 24 en 25 April hul 20 jaar reünie. Enige oudleerders wat belangstel om deel van dié naweek te wees kan Meagan Williams of James Filander bel by 071 491 9187 of 084 587 7465.

Kurt Darren tree op

Suid-Afrika se prins van Afrikaanse popmusiek en die land se geliefde seerowerkaptein, Kurt Darren, sal Vrydag 3 April in Worcester wees vir ’n spesiale Paasnaweekkonsert.

Dié gewilde sanger sal by Golden Valley Casino Markiestent liedjies van sy nuwe album, Lied vir die Vrou, aan plaaslike aanhangers bekend stel. “Ons is verheug om te bevestig dat Kurt Darren sy landwye albumtoer vandeesmaand na Golden Valley bring. Aanhangers kan daarna uitsien dat hy liedjies van sy nuwe album op die verhoog gaan uitvoer,” sê René Scholtz van Golden Valley. Lied vir die Vrou is ’n fees van lirieke, melodie en ritme in ware Kurt Darren-styl. Die album bestaan uit 14 uiteenlopende liedjies wat hulle leen tot voetestamp en heupswaai, ’n lekker sokkiejol of sommer net om gemaklik na te luister. Snitte op die album sluit die titelsnit in, asook Cowboys & Crooks, Dans op die tafels, Saggies praat, Laat die poppe dans, Hart van glas, Ek is jou skaduwee, Oooh la la en ’n klompie ander.

SANGMIDDAG: Die oorspronklike Gospel Bells-mannekoor hou Sondag 29 Maart om 14:00 ’n sanggeleentheid in die Robertson-gemeenskapsaal. Toegang vir volwassenes kos R15 en R8 vir kinders onder 12. Vir navrae, bel Simon Eyssen by 078 305 6895.

Moenie SA Kaasfees misloop nie Kurt Darren Die lekkerluister Bicycle sonder ’n slot (medley) is ook op die album en bevat kleurvolle nuwe verwerkings van Koos Kombuis se Bicycle sonder ’n slot en Kruidjie roer my nie, Klein bietjie wyn deur Anton Goosen en Stuur groete aan Mannetjies Roux waaraan Laurika Rauch trefferstatus verleen het. Die vertoning begin om 20:00, maar die deure open reeds om 19:00. Kaartjies kos R100 stuk en kan by die Golden Valley Casino Cash Desk gekoop word.

As jy ’n kaasliefhebber is moet jy sommer nou jou kaartjies bespreek vir hierdie jaar se SA Kaasfees wat van 26-29 April by Sandringham buite Stellenbosch gehou word. Benewens ’n enorme verskeidenheid kase, gaan daar ook ’n wye verskeidenheid watertand-produkte wees om te geniet. Buiten kaas proe bied die fees hierdie jaar ook ’n rits aktiwiteite wat in ’n wye verskeidenheid smake sal val. Die Afrox Kookpot gaan uit sy nate bars met optredes deur RSG se kuberkok Nina Timm, die MasterChef-sussies, Leandri en Seline van der Wat én Kokkedoor se sjef Nic van Wyk, saam met 2013 se wenners Mynhardt en Tiaan. Hestelle Pretorius, een van Seisoen 2 se deelne-

mers, sal ook haar vaardighede ten toon stel. Vir die leergieriges wag daar ’n vurige proe-debat tussen bierghoeroe Lucy Corne en wynliefhebber Cathy Marston. Die Checkers Kaasemporium sal besoekers vanjaar ’n splinternuwe ervaring bied waar bekendes soos Nataniël, Giggling Gourmet Jenny Morris, Herman Lensing en koffiefoendi David Donde jou sal begelei langs ’n doolhof-tipe gourmet-reis van kaas, biefstuk, whisky, wyn, koffie en meer. In die Pinotage Teater sal Suid-Afrika se eiesoortige wynkultivar se diversiteit met verskeie kos- en wynparings gevier word. Vir die kleingoed wag daar ook meer as genoeg vermaak. Daar sal springkastele en speletjies wees

water boys

en ’n lekker-sing melkliedjie, terwyl die DStv Cartoon Network hulle in die Fair Cape Kinderhoekie sal vermaak. ’n Draai by die Melkfabriek se plaasdiere sal ook ’n glimlag op menige gesiggie bring. Kaartjies is teen R130 beskikbaar by Computicket en in alle Shoprite-, Checkers-, Checkers Hyper- en House & Home-winkels (geen kaartjies by die hekke nie). Seniors betaal R100 en kinders 13 jaar en jonger het gratis toegang. Die hekke is daagliks oop van 10:00 tot 18:00 en op die laaste dag van 10:00 tot 17:00. Wynproeglase is by die hekke beskikbaar teen R15. Vir meer inligting, besoek www.cheesefestival.co.za of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za.

Die Oorspronklike

plumbing cc

SKAKEL 083 603 1920 023 347 8833

hou op Sondag 29 Maart 2015 om 2nm ’n Sangmiddag in die Robertson Gemeenskapsaal (Civic).

Deurgelde vir volwassenes beloop R15 en vir kinders 0/12 R8 Kontak Simon Eyssen by 078 305 6895 vir meer inligting.

GGGGGG-BZ240315

I am a real lady, with a beautiful fluffy coat. I just don't like having my photo taken. Please come and visit me.

GGGGGG-BZ240315

Winter special:

Winelands SPCA

Join for 3 months in March and get

Phone us on 023 615 2241 or 083 275 8101

2 extra months for free.

Joining fee: R200

X1PWCB81-BZ240315

Fees for 3 months: R229.95 p/m or pay once-off and get 15% off (R586) School children, pensioners, police, correctional services, paramedics and firefighters pay R159.95 p/m or pay once off and get 15% off - R408 Off peak special R99.95 p/m (trainings hours are restricted from 09:00 to 14:00) for a 12 month membership.

47b Church Street, Robertson (behind Sheet Street) • Tel: 023 626 4706 Cell: 071 372 5692 X1PLHLF5-BZ240315

GGGGGG-BZ240315

AAAAAA-BZ240315


Dinsdag 24 Maart 2015

News - Nuus

Langeberg shines at tourism awards HILDERINE SCHRÖDER The Langeberg region shone at the recent Cape Winelands District Municipality Mayoral Tourism Awards, which took place last Wednesday in Worcester. Three local destinations took the runnerup spots in their category at this prestigious annual event. Awards went to The Wacky Wine Festival in Tourism Related Event/Festival of the Year category, Kogman & Keisie Guest Farm in the Sustainable Development category and Four Oaks Guest House and Simply Delicious Restaurant in the Entrepreneurs/ SMMEs (small, medium and micro enterprises) of the Year category. Taking into consideration that the Wacky Wine Festival has to compete against a number of larger festivals, this award is a tremendous honour, says Elizma Botha, festival organiser. “It leads to the realisation that even small

Breederivier Gazette

3

Help polisie om verdagte op te spoor

towns can have a big impact leading to festival goers attending in great numbers. It is wonderful that this festival is still going from strength to strength each year.” Petrus Jansen, owner of the Kogman & Keisie Guest Farm outside Montagu, says passion and perseverance played a big role towards earning an reward. “Receiving an award such as this means a lot, not only for myself but also other smaller guest farms. It shows that you don’t have to be big to get your dreams and vision noticed.” Simon Burnstein, co-owner of the Four Oaks Guest House and Simply Delicious Restaurant in Montagu is equally delighted with this establishment’s achievement. “We’ve only been open for two years, so to get this reward is a huge honour.” He contributes this success to the fact that he and his wife, Wendy, are extremely handson in each aspect of the business. “This leads to consistency when it comes to both our food and service. We also strongly believe in using only locally sourced fresh produce.”

Die Robertson-polisie soek na enige inligting wat kan lei tot die opsporing van Khotso Mahope (42). Mahope kan die polisie help in verband met ’n moord op 10 Maart 2013 in Nkqubela.

Hy kan nie by sy tuiste in Enkanini, Nkqubela opgespoor word nie. Enigeen met inligting oor waar hy hom bevind kan speur-ao. Francois Hoffman by 023 626 8353 of 079 894 1780 bel.

Gratis 2de bril Promosie

Kry ‘n tweede paar afstand, lees of sonbril GRATIS met die aankoop van ‘n voorskrif bril* *Terme & voorwaardes geld.

Sien die Verskil... See the difference... Route 62 Centre (Spar Centre), Piet Retief straat, Robertson t 023 626 3803/5 e robertson@biermangroup.co.za 50 Bath street, Montagu t 023 614 2011 e montagu@biermangroup.co.za Swellen Mark Shopping Centre, Voortrek straat, Swellendam t 028 514 2726 e swellendam@biermangroup.co.za Besoek ons webtuiste: www.biermangroup.co.za

Aanvaar alle mediese skemas Ons aanvaar alle mediese fondse! Deel van Discovery Netwerk met 20% afslag vir Discovery lede. Veskeie betaal opsies beskikbaar! X1PW6T6D-BZ240315

X1PUYE7M-BZ240315

MAD!/8157/WCPRAL4001

Suid Afrika se 2015 Groot Pampoen Kampioen is gekroon! Pinkie Swart van Heidelberg, die huidige Suid-Afrikaanse rekordhouer, het met sy 483,6kg pampoen vir die tweede agtereenvolgende jaar weggestap as die wenner, slegs 13,5kg kort van sy rekord. Die wenpampoen het R12 000 losgeslaan, terwyl Karel Robertson se 474,5kg en Johan du Plessis se 456,5kg onderskeidelik R7000 en R3500 gewen het vir hulle 2de en 3de plekke. Vir verdere inligting oor vanjaar se kompetisie of hoe om deel te neem, besoek: www.grootpampoen.co.za



Dinsdag 24 Maart 2015

News - Nuus

Vrae oor ‘polisie’-rooftog HILDERINE SCHRÖDER Die polisie soek steeds na die gewapende rowers wat onlangs op Raimondi’s Wholesalers toegeslaan het. Die Gazette het op 10 Maart berig oor dié voorval waarin vyf mans hulle as polisiebeamptes voorgedoen het en werknemers in ’n inloopkluis toegesluit het ná hulle die werkers van hul selfone, kontant, juweliersware en ’n handwapen beroof het. Twee van die mans het koeëlvaste polisiebaadjies gedra, terwyl ander polisieglimbaadjies aangehad het. Hulle was gewapen met handwapens en ’n aanvalsgeweer. Een het ook ’n polisiedossier by hom gehad. Die mans het voorgegee dat hulle ’n onwettige vuurwapensaak ondersoek. Intussen het die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, gesê voorvalle waar kriminele hulle voordoen as polisiebeamptes nie as geïsoleerd beskou kan word nie en dat daar daadwerklik teen dié soort misdade opgetree moet word. Voorvalle van dié aard, sê Plato wek vrae wat beantwoord moet word. Die eerste is of die misdadigers polisiebeamptes is. Die tweede is hoe hulle hul hande op vals of egte polisietoerusting kry en, meer kommerwekkend, waar hulle die vuurwa-

pens kry. Plato het ook verwys na mediaberigte wat ’n onafhanklike navorsingsbron getiteld Broken Line 2, aanhaal. Die verslag wat in Februarie vanjaar vrygestel is, sê hy, dui op ekstensiewe polisiebetrokkenheid by ernstige en gewelddadige misdade. “Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt. gen. Arno Lamoer, het reeds verskeie beamptes in dié provinsie vir korrupsie en kriminele gedrag in hegtenis laat neem en ek vertrou dat hy sal voortgaan om die vrot appels te verwyder wat die goeie naam aantas van knap, hardwerkende beamptes wat daagliks hul lewe op die spel plaas,” sê Plato. Wetgewing, sê Plato, stel dit duidelik dat enige polisiebeampte wat enige toerusting verkoop vervolg kan word. Net so kan enige lid wat in die besit van polisietoerusting betrap word of hom of haar as ’n polisiebeampte voordoen, ’n boete of tronkstraf ontvang. “Hoewel ek die Wes-Kaapse polisie se raad waardeer dat lede van die publiek beamptes moet vra om hulself te identifiseer, moet die polisie ook beheer van die situasie neem deur behoorlike opnames van hul toerusting en vuurwapens te doen,” sê Plato. Enigeen met enige inligting oor die Raimondi’s-roof word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Bertus Basson, by 023 626 8355 of 083 335 5019 te bel.

Breederivier Gazette

5

Groot welslae teen dwelms HILDERINE SCHRÖDER Die Robertson-polisie het die afgelope maand groot welslae in die stryd teen dwelmmisbruik behaal ná verskeie dwelmverwante inhegtenisnemings. In die eerste van die voorvalle is ’n 33-jarige vrou en 23-jarige man deur die polisie se misdaadvoorkomingseenheid in Ekuphumleni, Nkqubela, in hegtenis geneem ná hulle ’n wenk opgevolg het. Die verdagtes, wat van dwelmhandel aangekla word, is met 80,3 g tik, 10 sakkies tik en 123 Mandrax-tablette in hul besit betrap. In nog ’n voorval is ’n vrou van Robertson vas vir die besit van derduisende rande se dwelms danksy die skerp oog van ’n Worcesterse polisiebeampte. Ao. Aubrey Setera het ’n verdagte voertuig in Robertsonstraat opgemerk, waarop hy dié voorgekeer het. Hy het die voertuig, wat verskeie pakkies bevat het, in die teenwoordigheid van die insittende deursoek sê lt. Cynthia Ndabeni, woordvoerder van die Robertson-polisie. Volgens Ndabeni het die verdagte geweldig senuweeagtig begin raak, wat Setera genoop het om die pakkies te deursoek. Hy het op altesaam 3 000 Mandrax-tablette, verpak in drie pakkies en versteek in ’n wynboks, sowel as ’n plastieksak vol tik afgekom. Die verdagte (31) is op die plek in hegtenis geneem. Sy het reeds op aanklag van die besit van dwelms in die hof verskyn. Die waarde van die Mandrax-tablette is sowat R150 000 terwyl die tik ’n straatwaarde van sowat R20 000 het.

Ao. Aubrey Setera, van die Worcester-polisie, by die Mandrax-tablette wat hy by ’n vrou van Robertson gevind het.

Die Robertson-polisie het in nog ’n dwelmvonds op ’n groot hoeveelheid tik en Mandrax beslag gelê.

VOORGESTELDE VERVREEMDING VAN `N GEDEELTE VAN RESTANT VAN ERF 1 AANGRENSEND TOT ERF 5329 (±7 400M²), MONTAGU Kennis geskied hiermee dat die Raad van voorneme is om munisipale grond, gedeelte van restant van erf 1 aangrensend tot erf 5329 (±7 400m²) Montagu te vervreem aan Mnr JP Viljoen vir besigheidsdoeleindes.

BOENDOEPRET: Die Breederivier-hospies se onlangse 4x4-dag wat as deel van ’n geldinsamelingspoging op die plaas Zevenfontein aangebied is, was ’n reusesukses en 4x4-entoesiaste het in groot getalle deelgeneem om hul vernuf te toets. Terwyl die manne in onder meer die Hilux-, Landrover- en Ford-kampe onderling probeer vasstel het watter voertuig nou eintlik die beste in ruwe terrein vaar, kon diegene wat nie wou saamry nie heerlik langs die braaivleisvure ontspan. Vir baie van die deelnemers was die roete nie genoeg nie en het hulle die adrenalien verder by die speelgate laat pomp. Die hospies bedank Derik Prins, van Zevenfontein, wat dié geleentheid moontlik gemaak het. Ander borge wat bedank word is Kosie van Deventer, Caravan Publications, Autacs Robertson, Wynand Malan, Hentie le Roux, Van Zyl de Wet, Kosplus Montagu, Gerrit le Roux, Willem Viljoen en RT Tarworks.

Besonderhede insake die voorgenome vervreemding is gedurende kantoorure beskikbaar by Me S Rossouw (Tel. 023 – 615 8023) by dieAshton Kantoor. Regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, soos van toepassing, moet skriftelik en nie later as 30April 2015 by die Munisipale Bestuurder ingedien word nie. PROPOSED ALIENATION OF A PORTION OF REMAINDER OF ERF 1 ADJACENT TO ERF 5329 (±7 400M²), MONTAGU Notice is hereby given that Council intends to alienate a portion of remainder of erf 1 adjacent to erf 5329 (±7 400m²) Montagu to Mr JP Viljoen for business purposes. Details regarding to the proposed alienation will be available at the Ashton Office during normal office hours at Ms S Rossouw (Tel. 023 – 615 8023). Legal and fully motivated comments/objections, as applicable, must be submitted in writing to the Municipal Manager not later than 30April 2015. SA MOKWENI MUNICIPAL MANAGER/ MUNISIPALE BESTUURDER Municipal Office/ Langeberg Munispaliteit

Private Bag X2/ Privaatsak X2 ASHTON 6715 AAAAAA-BZ240315


6

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 24 Maart 2015

Afgetrede verpleegster nou weer daar vir pasiënte ANNELDA GROOTBOOM

basis gaan werk. En nou is sy die afgelope paar jaar die nuwe gesig en klinieksuster by Robertson Apteek wat na die pasi’n Passievolle vrou, ieente se gesondheid omsien. mand met deernis vir Die moeilike en emosionele haar gemeenskap, ons eie tye in haar beroep was, sê sy, Florence Nightingale en om die hartseer te sien op kanbeter bekend as Suster kerpasiënte se gesigte wanneer Visser. hulle met kanker gediagnoseer word. “Dit laat jou magteloos Marietjie Visser van Roen jy kan op die spesifieke oombertson is een van vele inblik niks doen nie,” sê sy. woners wat ’n groot verskil Tienerswangerskappe is ’n maak in elkeen met wie sy kwessie wat baie na aan haar te doen kry se lewe. Visser hart lê. Volgens haar praat sy is gebore in Worcester en baie met jong meisies dat hulle het ná matriek haar basiese gebruik moet maak van voorverpleegopleiding by die behoedpille en inspuitings om destydse Eben Dönges-hospitaal gedoen en by Tyger- Suster Marietjie Visser FOTO: ANNELDA GROOTBOOM swangerskappe te verhoed. Maar sy glo ook ouers moet met berg-hospitaal gaan werk. hul jong kinders praat. Sy en haar man, Piet, het Vir haar kom mense se gesondheid Sy is self die ma van ’n seun en dogin 1981 na Robertson verhuis waar hy eerste en stap sy die ekstra myl met ter en is versot op haar vyf kleinkinby die munisipaliteit gewerk het en haar pasiënte. Sy skroom nie om uit ders, asook haar skoondogter en sy ’n paar jaar later by Robertson-hoshaar pad te gaan om te help nie. skoonseun. pitaal begin werk het. Daarna het sy Hoewel sy in 2012 afgetree het uit Ter afsluiting sê sy met ’n glimlag vir 22 jaar by die distriksraadkliniek die verpleegdiens, kon sy dit nie regop haar gesig, dat mense moet onthou en 15 jaar by die Bergsig-kliniek as kry om by die huis te sit en haar afdat hul gesondheid eerste kom en dat verpleegster gewerk. Dit is juis by treejare te geniet nie. Sy het weer ’n hulle mooi na hulself moet omsien, laasgenoemde dat sy dié gunstelingjaar lank kontrakwerk by Bergsigwat jou tog laat besef dat verpleging verpleegster deur baie pasiënte gekliniek aanvaar en daarna ook nawedié vrou se roeping is en in haar are noem is. Almal wou deur suster Viske by Huis le Roux-tehuis op kontrakvloei. ser gehelp word.

BELANGRIKE KENNISGEWING

A recent cultural show in Nkqubela, Robertson, showcased the talent of local artists. PHOTOS: HILDERINE SCHRÖDER

Show of local talent HILDERINE SCHRÖDER Local talent took centre stage at a cultural show recently held at the Nkqubela community hall. The event, hosted by the Langeberg Municipality, captivated the more than 100 strong audience with performances by a number of local artists, drama groups, dancers and drummers. Performances on the day included the Gumboot Dancers, Drummer Boys, a Hip Hop Group from the New Generation Arts and Development Studio, the Abahlo Be Tahla Lencwadi Traditional Dance Group, the Khoisan Riel Dancers Group and the Langeberg Mixed Drama Group. The municipal manager, Soyisile Mokweni was also welcomed by the praise singer Septimus Sogiba.

A wide variety of arts and crafts, all by local artists, was also on display. The event highlighted the municipality’s efforts to use culture to keep children busy and off the streets.

DIE DEPARTEMENT VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID NOOI GODSDIENSTIGE ORGANISASIES UIT OM AANSOEK TE DOEN OM BEFONDSING VIR VEILIGHEIDSBEVORDERINGSPROGRAMME VIR DIE JEUG TYDENS DIE JUNIE- EN DESEMBER-SKOOLVAKANSIES Die Departement van Gemeenskapsveiligheid nooi godsdienstige organisasies (geregistreerde OSW’s) uit om voorstelle in te dien vir veiligheidsbevorderingsprogramme vir jeug wat in gebiede met hoë misdaadsyfers woon. Die Department onderneem om hierdie aktiwiteite te ondersteun teen ’n tarief van tot R50 per dag per deelnemer. Die enigste voorwaarde is dat hierdie aktiwiteite ten minste 8 uur per programdag in beslag moet neem en ten minste een maaltyd moet elke programdag aan elke deelnemer voorsien word. Aansoeke moet op die voorgeskrewe aansoekvorm ingedien word en vergesel word van ’n PowerPointaanbieding (maksimum 5 skyfies). Hierdie aanbieding moet jou organisasie, sy prestasies tot dusver in gemeenskapsveiligheid, die program wat jy beplan, programdoelwitte, ’n begroting en ’n gedetaileerde skedule van voorgestelde aktiwiteite bekendstel. Aansoekers moet hul voorstelle voorlê by ’n Departementele Evalueringspaneel-vergadering. Die Departement mag versoek dat aansoekers deelneem aan verdere veiligheidsbevorderingsaktiwiteite. Organisasies wat daarin belangstel om veiligheidsbevorderingsaktiwiteite te fasiliteer tydens die Junie- en Desembervakansies moet ’n aparte aansoek voltooi op die voorgeskrewe vorm vir elke tydperk. Aansoeke word ingewag vir die volgende: • •

Junie-skoolvakansie, 27 Junie – 19 Julie 2015. Desember-skoolvakansie, 10 Desember 2015 – 10 Januarie 2016.

Op soek na dié mans Die Robertson-polisie soek na die volgende mans wat hulle moontlik kan bystaan in misdaad-ondersoeke in die area: ) Elcardo Prins (25) kan die polisie bystaan in ’n dwelmverwante saak. Prins moes op 23 Augustus 2011 in die hof verskyn en het glo ’n vals adres (Hoogstraat 4, Worcester) vir die polisie gegee.

) Die polisie soek ook na Simo Wilberforce Mkhetsu (48) van Ashton of van Chris Hanilaan, Nduli in Ceres. Mkhetsu word gesoek in verband met ’n saak van dronkbestuur. Enigeen met inligting oor waar die mans hulle bevind, kan speur-ao. Quinton Williams by 023 626 8349 of 079 894 1674 bel.

Elcardo Prins

Simo Wilberforce Mkhetsu

Aansoekvorms kan afgelaai word by: http://www.westerncape.gov.za/dept/community-safety. Die program word geïmplementeer in hoë-prioriteit gemeenskappe. Hierdie gebiede is: Nyanga, Gugulethu, Khayelitsha, Mitchells Plain, Atlantis, Elsiesrivier, Kraaifontein, Manenberg, Belhar, Ravensmead, Wesbank, Delft, Retreat, Dysselsdorp, Vredenburg, Malmesbury, Villiersdorp, Paarl-Oost, Zwelethemba in Worcester, De Doorns, Touwsrivier, Laingsburg, Prins Albert, Hermanus, Kleinmond, Stanford, Heidelberg, Albertinia, Riversdale, Clanwilliam, Citrusdal, Paarl-Oost (Smartie-Town en Chicago) Stellenbosch, Macassar, Strand en Lwandle/Nomzamo. Aansoeke vir veiligheidsprogramme vir jeug wat in ander gebiede woon, sal op meriete beoordeel word. Aansoeke vir befondsing vir die Junie-skoolvakansie moet nie later as Dinsdag 15 April 2015 ingedien word nie. Aansoeke vir die Desember/Januarie-vakansie moet nie later as 31 Julie 2015 ingedien word nie. Tree asseblief in verbinding met Amelia Pieterse by 021 483 3971 of Amelia.Pieterse@westerncape.gov.za indien u enige navrae het.

12047M/A


Dinsdag 24 Maart 2015

Faraway George

Robertson se eie ster HILDERINE SCHRÖDER

Bedags is hy ’n webontwerper, maar as hy saans op die verhoog aantree betower sy meesleurende lirieke konsertgangers. Robertson se Faraway George het al vertonings vir groot name soos Elvis Blue geopen, skryf sy eie musiek en lirieke en is passievol oor musiek. Die Gazette het ’n bietjie met dié man, wie se regte naam aan ons bekend is maar op sy versoek verswyg word, gaan gesels. Breederivier Gazette (BG): Van waar is jy oorspronklik en hoe het jy op Robertson beland? Faraway George (FG): Ek is oorspronklik van Polokwane (voorheen dalk beter bekend as Pietersburg) in Limpopo (die eertydse Noord-Transvaal). Ek woon al sowat drie jaar op Robertson. Die natuurskoon het beslis ’n groot invloed op my dorpskeuse gehad, ek sou sê dit was ’n seisoen van verandering op daardie tyd. BG: Wat aan dié dorp is vir jou besonders? FG: Die dorp word omring deur berge en is gekamoefleer deur wingerde en mooi natuur vir kilometers. Ek sou nie vir meer kon vra nie. BG: Hoe lank sing en skryf jy al musiek? FG: Ek skryf al vandat ek baie jonk was, maar het in 2011 begin om te sing BG: Waar kom die liefde vir musiek vandaan? FG: My ouers vertel dat my oupagrootjie enige instrument kon bespeel. Ek is al van baie jonk af gefassineer deur akoestiese klanke. BG: Beskryf jou musiekstyl. FG: Altyd groeiende “Folk Rock”. BG: Sing jy net jou eie skeppings, of leen jy nou en dan iemand anders se songs? FG: Ek leen graag elke nou en dan ’n liedjie. Dit is wel iets anders om dit jou eie te maak. BG: Hoe het jy aan jou verhoognaam gekom? FG: My tweede naam is George. Toe ek Kaap toe getrek het was ek maar half ver van alles en almal en het Faraway George opgeduik. Dit het vasgesteek. BG: Het jy enige stokperdjies? FG: Ek hou van die natuur, stap graag. Ek hou van ’n avontuur en om nuwe plekke te besoek. BG: Wat was jou lekkerste vertoning ooit en hoekom? FG: My lekkerste vertoning was definitief toe ek onlangs die verhoog geopen het vir Elvis Blue by die Paul Cluver-amfiteater. Dit was ’n mooi aand en ’n fantastiese geleentheid! BG: En die grootste verleentheid op die verhoog? FG: Ek het al ’n grappie vertel waar net ek en twee ander vriende gelag het. Tog was dit heel snaaks. BG: Wat inspireer jou lirieke? FG: Persoonlike ervarings, die waarde van vriendskap, die mallemeule van die lewe en natuurlik die liefde BG: Hoe balanseer jy ’n besige optredeskedule met jou persoonlike lewe? FG: Ek glo dat mens jou drome kan bereik as mens bereid is om te werk daaraan en dit met energie na te jaag. BG: As jy enige groep of sanger kon kies saam met wie jy kan optree? FG: As ek, my broer en suster in een band kon saam speel sou dit ’n fees wees, want ek weet dat hulle net so ’n liefde vir musiek het as ek. BG: Beskryf jouself in drie woorde. FG: Hoopvol, rustig, aanpasbaar. ) Belangstellendes kan Faraway George op sy Facebook-blad, Faraway George, kontak.

People - Mense

Breederivier Gazette

7


8

Letters - Briewe

Breederivier Gazette

Dinsdag 24 Maart 2015

Moeilik om polisie te bly vertrou

Kinders: belê ons genoeg? Enige ouer wat omgee, sal weet dat dit nie so eenvoudig is om ’n kind “reg” groot te maak nie. Van kleins af is dit byna minuut vir minuut nodig om ferm te wees oor kleiner dingetjies soos asseblief en dankie, hárd te praat oor gevaarlike dinge soos elektriese muurproppe en stoofplate, en op die tande te kners as ’n kleintjie se trane jou wil-wil verlei om ja te sê vir iets waarvoor netnou nog nee gesê is. Want kinders word nie met ’n outomatiese kompas gebore wat hulle help navigeer tussen reg en verkeerd, veilig en gevaarlik, gesond en ongesond nie. Wat hulle sien en ervaar, is wat hulle vorm vir die toekoms. Die frekwensie waarmee jong kinders in ons land misdaad pleeg, is dus ’n vinger wat na ons as volwassenes wys. Wat doen ons verkeerd dat ons kinders só gewoond is aan verkeerde dinge, dat dit ’n alledaagse verskynsel geword het? Waarom is iets wat ’n mens met afgryse behoort te vervul, ’n “maklike” opsie vir ’n kind wat nog nie eers ’n motor mag bestuur nie? Ons het baie sosio-ekonomiese en maatskaplike probleme wat daartoe bydra dat ons kinders nie gelukkige kinders is en gesonde grootmense word nie. Die meeste van dié probleme is te groot vir individue om alleen op te los. Wat wél op individuele vlak gedoen kan word, is verantwoordelike ouerskap, al is dit bitter harde werk. Ons kan nie beheer wat ons kinders daarbuite raakloop nie, maar ’n goeie opvoeding binne-in die huis gee hulle ’n beter kans vir ’n goeie toekoms.

Ek het grootgeword in ’n era toe almal, kinders sowel as grootmense, die wêreld se ontsag gehad het vir polisiebeamptes. Dit was manne en vroue na wie mens opgekyk het. Ná die berig oor die rooftog by Raimondi’s op Robertson (Gazette 10 Maart) en só baie ander wat deesdae gereeld in koerante en op die TV verskyn, is ek egter nie meer so seker nie. Hoe is ons as weerlose lede van die publiek veronderstel om ons vertroue in diegene in uniform te stel as hulle self betrokke is by misdade? Mens hoor van voertuigkapings deur mense wat voorgee hulle is verkeersbeamptes en mense onder dié voorwendsel voorkeer, maar behoede jou as jy die dag nié stop nie. Hoe is jy veronderstel om die wolwe in skaapklere van die ware Jakob te onderskei? Dieselfde geld vir polisiebeamptes. Ek sal beslis daarvoor val as iemand in uniform met ’n dossier in die hand by my opdaag. Daar word groot gewag daarvan gemaak dat lede van die publiek beamptes kan vra om hulself te identifiseer, maar daar is so ’n klein probleempie sou jy dit doen: die skurk wat hom voordoen as ’n beampte gaan óf vir jou lieg, óf heel moontlik ’n vuurwapen uitpluk en jou skiet. Hoe moet mens nou weet wanneer jy ’n kans kan vat? Ek lê die skuld vierkantig voor die deur van die owerhede.

Wie se verantwoordelikheid is dit om toe te sien dat amptelike uniforms en toerusting (en veral vuurwapens!) nié in die verkeerde hande beland nie? Dis nie asof enige Jan Rap en sy maat by ’n kettingwinkel kan instap en ’n polisie- of verkeersuniform van die rak kan afhaal nie. Toerusting soos aanvalsgewere en die koeëlvaste baadjies wat polisie gebruik is mos nie vryelik beskikbaar nie, so hoe beland dit in die hande van skurke?! Dit beteken mos dit is ware beamptes wat hulle aan misdaad skuldig maak, óf dat kriminele die items by polisiebeamptes in die hande gekry het, wat in elk geval óók ’n misdaad is! Deesdae sukkel ek regtig om enige wetstoepasser te vertrou. Mens hoor oral van korrupsie, onbevoegdheid en, in my boek, pleinweg luiheid. Hoeveel groot hofsake het al ’n verkeerde draai geneem omdat beamptes byvoorbeeld drooggemaak het op ’n toneel? Ek kan aan ’n hele paar hoëprofielsake dink! Iewers gaan iemand drasties moet ingryp om iets aan die probleem te doen. Ek voel glad nie gerus om my lewe in die hande van beamptes te laat soos sake deesdae lyk nie. Mens kan nie veralgemeen nie en ek weet daar is beamptes wat hulle alles en selfs meer vir hul werk gee. Ongelukkig maak die vrot appels dat ek niemand vertrou nie.

G’N VERTROUE, Robertson

Leser dra Cassidy se gesin in haar gebede My hart gaan uit na die familie van klein Cassidy Timmers (“Dogtertjie van nege deur skerpioen doodgesteek,” Breederivier Gazette 17 Maart 2015). Ek is kinderloos en kan my dus julle lyding nie indink nie, maar ek kan my daardie verlies net voorstel. Ek dra julle hele gesin in my gebede aan die Hemelse Vader op, dat Hy julle sal versterk en vertroos. By Hom alleen sal julle berusting vind. Baie dankie ook vir die Gazette vir die foto’s van die skerpioen. Nou weet mens waarvoor om uit te kyk en versigtig te wees. Ek is my lewe lank nog baie bang vir goggas, nou gaan ek beslis nog versigtiger wees.

K. VAN DER MERWE, Bonnievale

My eiendom nou ook baie meer werd Ek is ook een van die inwoners wie se eiendom nou skielik BAIE meer werd is na die onlangse waardasies. Ek besef mens kan protes aanteken, maar as dinge uit die staanspoor reg gedoen is, was dit nie vir my nodig om dít te doen nie. Nie almal van ons het tyd vir hierdie klas van ding nie. Wat van dié wat baie besig is?

KITTED OUT: The Western Cape’s community works programme reached out to local youngsters when its Operative Governance and Traditional Affairs Cooperative donated sport equipment to the Nkqubela Primary School. The kits contained tennis, rugby, soccer and volleyball equipment. A few brooms also formed part of the donation. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Gereelde aankondigings oor misdaad-afname is ‘loutere twak’ Dis met belangstelling wat ek Retha van Robertson se brief in die nuutste Gazette (“Siek om gevangenes te onderhou,” Breederivier Gazette 17 Maart 2015) gelees het. Ek stem 100% saam! Die feit dat misdadigers deur wetsgehoorsames onderhou moet word, stuit my vierkantig teen die bors! Dit is eintlik om van naar te word. Ek dink die regering moet sy wetgewing ernstig bekyk en planne begin maak om die misdaad in hierdie land aan te spreek tesame met sy strafmetodes. Mens hoor gereeld dat daar aangekondig word dat misdaad in die land aan die afneem

is. My gevoel hieroor is dat die loutere twak is! Elke dag lees mens van moord, aanrandings en diefstal, selfs in ons plaaslike koerant. Daar gaan amper nie ’n week om wat daar nié een of ander misdaad is nie. Skakel die nuus aan en die meerderheid van die bulletin word deur hierdie soort nuus oorheers. En dan reken hulle misdaad raak minder!?! Hoeveel keer hoor mens nie van misdade wat deur mense op parool gepleeg word nie. Ek weet nie van andere nie, maar vir my sê dit een ding: die lewe agter tralies is só gerieflik dat kriminele sonder skroom daarna sal

terugkeer. Mense gaan my nou seker kruisig, maar ek is ’n groot voorstander van die doodstraf vir misdade soos moord en verkragting. En vir dié wat vir ander misdade gestraf moet word moet die lewe in die tronk nie ’n luilekker partytjie wees nie. Hulle moet in die werk gesteek word om hulself te onderhou. As ek elke dag my rug moet breek om liggaam en siel aan mekaar te hou, kan hulle ook. Hulle verdien beslis nie dat ék en ander wetsgehoorsames hulle moet onderhou nie!

P. SMIT, Robertson

Rubriek

Geweld: baie het te doen met respek Ons lewe vandag in ’n samelewing wat gekenmerk word deur geweld. My vraag is, word ons só daardeur gekondisioneer dat baie van ons ook met woede en geweld reageer? Dink byvoorbeeld hoe mense reageer op ons paaie – die sogenaamde padwoede – maar waardeur word dit veroorsaak? Is dit die frustrasie met toestande in die land, of reken ons maar net as ander so reageer, kan ek ook! Ek dink baie daarvan het te doen met respek. Nie net respek vir ander nie, ook selfrespek, asook respek vir jou omgewing. Niks jaag ’n mens se stresvlakke hoër

as wanneer jy voel jy word nie met respek behandel nie en sommige mense reageer onmiddellik woedend, dikwels tot hulle eie nadeel en dikwels ook met ernstige nagevolge. Wat ons dink beinvloed ons aksies. Dit is dus noodsaaklik dat ons gereeld ons eie gedrag ondersoek en uitvind of ons optredes respek verdien. Respek kweek respek. Ons moet somtyds tyd neem en nadink

oor ons optrede en die negatiewe dinge wat ons as Christene kan verhinder om reg op te tree. In die speurverhaal, A Study in Scarlet deur Arthur Conan Doyle sê Sherlock Holmes: “I consider that a man’s brain originally, is like an attic. You have to stock it with such furniture as you choose.” Die keuse van waarmee jy jouself vereenselwig en hoe jy optree, bly dus joune. Gegroet tot volgende keer.


Dinsdag 24 Maart 2015

General - Algemeen

Geliefde inwoner sterf aan kanker ANNELDA GROOTBOOM Sy was vol grappe, ’n mensemens en almal se vriend tot haar dood wat verlede Dinsdag (17 Maart) skokgolwe deur die gemeenskap gestuur het. Drenna Calvin (née Mazeta), ’n gebore Robertsonner, was ’n ikoon, enig in haar soort met haar sin vir humor en vriendelike geaardheid. Volgens haar suster, Lizzie Calvin, is sy verlede jaar in Maart met kanker gediagnoseer en moes sy in Mei ’n operasie in Tygerberg-hospitaal ondergaan. Ná die operasie moes sy vir ses weke in die hospitaal herstel en het sy ook haar spraak verloor, maar wonderbaarlik kon sy binne drie weke weer praat. Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, was sy by Lizzie aan huis wat na haar omgesien het. Drenna was ’n ongelooflike mens sê Lizzie voor sy in trane uitbars. “Sy kon mens laat lag. Die mooiste van alles was Saterdae wanneer ons mooimaak-sessie

Drenna Calvin was. Dan is ons hare en grimering gedoen en ná alles het sy gaan uitstap. Voor haar siekbed het sy altyd vir ons koffie gemaak en op gereelde basis mense in die gemeenskap se pille by die kliniek gaan afhaal. Orals was sy sigbaar en veral by Panorama Fruits-winkel was sy altyd ’n gereelde kliënt.” Gedurende die CANSA Relay For Life, wat in Februarie gehou is, het Drenna ook as ’n kankeroorwinnaar om die baan gestap, maar ’n dag daarna het sy baie siek ge-

word. Haar bene en sig het aansienlik verswak. “Almal was haar “horinkie” gewees en sy het altyd genoem dat daar ’n groot werk in die toekoms vir my wag, min wetend dat ek later na haar sou omsien tydens haar siekte,” sê Lizzie. Drenna se dood laat ’n groot leemte in haar huis en gesin asook in die gemeenskap, voeg sy by. “Dis baie hartseer, maar elke keer as mense aan huis kom om te simpatiseer dan vergeet ons van die pyn, want almal het ’n staaltjie om te vertel van haar en die impak wat sy gemaak het.” Lizzie wil die Breederivier-hospies bedank vir die hulp wat hulle verleen het gedurende Drenna se siekbed, sowel as die gemeenskap wat so baie omgee en liefde aan haar bewys het. Drenna word oorleef deur haar drie kinders, drie susters, twee broers en verdere familie. Die roudiens vind Donderdag (26 Maart) om 19:00 in die AGS-sentrum, Coetzeestraat, plaas. Die begrafnisdiens is Saterdag (28 Maart) om 08:30 by die huis en 10:00 in die Nuwe Apostoliese kerk in Kloofstraat.

Breederivier Gazette

9

Support Earth Hour Make sure you switch off all your lights between 20:30 and 21:30 this Saturday and join in the worldwide celebration of Earth Hour. Earth Hour is a global campaign that raises awareness about climate change on the last Saturday of March every year. Founded by the World Wide Fund for Nature (WWF) in 2007, it encourages hundreds of millions of people in over 160 countries to voluntarily turn off their lights for an hour as a synchronised global gesture of concern about the devastating consequences of climate change, which are already affecting each and every one of us. A number of well-known landmarks, such as the Eiffel Tower and Colosseum, will be cloaked in darkness during Earth Hour. Climate change is the biggest threat humanity has ever faced. Due mostly to the burning of fossil fuels (coal, oil and natural gas), the average global atmospheric temperature is escalating and affecting the habitats upon which our lives depend. The global Earth Hour movement focuses on the positive things each person can do to stop climate change. Although you are asked to switch

off your lights for a full hour, this does not mean you have to sit around without anything to do. Try some of these activities to keep boredom at bay: ) Invite your friends over for a candlelit dinner. ) Get those board games out and have some fun seeing how easily you can swap your scrabble counters in the dark! ) Lie down outside and look at the stars. ) Do something “crafty” by candlelight: paint, mould, stick, knit, quilt, or paint. ) Got kids? Get out the camping gear! Set up a tent and tell fantastical stories of a time when the earth had no artificial lights and strange things went more than just BUMP! in the dark, or plan a few harmless April Fool’s Day pranks in advance. ) Play a real game of hide and seek. Now there’s a challenge doing it in the dark! ) Since your lights are off, it is the perfect time to change any old bulbs for a few new energy saving ones. For more information, visit www.earthhour.org. Sources: www.earthhour.org and wwf.panda.org.

Safeguarding your property against crime Crime is a reality all property owners are very familiar with. With crime all around, you need to do what you can to safeguard your property. Here are a few ways to do just that: ) Always leave some lights on, as well as a television or radio, to give the impression that someone is at home when you’re out, even during the day. Even better, invest in external floodlighting that is linked to a passive infrared detector that automatically activates lights when someone enters its field of vision. ) Secure your home internally. There are a wide range of security devices available to secure your home, and most locksmiths, security companies and insurance companies will willingly pro-

VEILIG IN HI-TECH SE HANDE: Hi-Tech Sekuriteit bedien die Langeberg-area reeds vir 12 jaar – en nou ook die 0verberg – met topgehalte sekuriteitsdienste. Die onderneming se eerste prioriteit is die veiligheid van die gemeenskap en om aan sy klante se sekuriteitsvereistes te voldoen. Hi–Tech Sekuriteit spesialiseer in verkoop en installering van alarmstelsels met ’n 24 uur beheerkamer en 24 uur reaksie-eenheid wat reageer op alarmseine vanaf beheerkamer. Die onderneming bied ook die plasing van 24 uur wagte wat patrollering doen op sakepersele. Bewusmaking van veiligheid onder die gemeenskap is ook ’n groot prioriteit. Danksy die onderneming se eienaars, Hennie en Anna Lowe (sien foto), se passie vir hul onderneming, het hul takke verder uitgebrei na Grabouw, Swellendam, Stellenbosch en Caledon.

vide information on the most suitable device for your home. In addition, it is easy and cheap to fit locks to your windows, which is where most burglars gain access. Good quality steel security doors at your entrances are also good to have. ) Garden tools left lying about may provide an offender with the means to break into your home. Ensure all tools are locked away in the garden shedor garage.The shedor garageshould befitted with a strong lock or a chain and padlock. ) Ladders, wheelie bins and large items can give easy access to the roof. Do not leave these around the yard as someone else may use them for that purpose. Source: www.women24.com

• 24h site monitoring • selling and installing of alarms and CCTV cameras

Robertson, Swellendam, Caledon, Montagu, Ashton, Bonnievale, Grabouw, Strand, Stellenbosch

• 24h guards on premises • 24h response vehicles

24hr Tel: 086 111 4263 20 Voortrekker Street, Robertson AAAAAA-BZ240315


10

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

Dinsdag 24 Maart 2015

Onderhoudsbeampte Montagu Wynkelder is ’n gevestigde kelder en het ’n uitstekende loopbaan geleentheid vir ’n gemotiveerde persoon met goeie meganiese vaardighede om die onderhoud en instandhouding van die kelder te behartig.

FAMILIEKENNISGEWINGS

VOERTUIE

STERFGEVALLE

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

1005

AANBOD AAN BAKKIE EN MOTOR eienaars. Lopend en nie-Lopende voertuie welkom. Kontak/SMS/Pcm/Whatsapp 084 844 0000.

Die suksesvolle kandidaat rapporteer direk aan die Wynmaker en is verantwoordelik vir * onderhoud en herstelwerk aan die toerusting en geboue * netheid en instandhouding van die werkswinkel * kelderveiligheid en kwaliteit standaarde * aanwending van toerusting * om te assisteer tydens die wynmaakproses * die daarstel en uitvoer van ‘n onderhoudsplan * administrasie en die inskakeling tydens lede aangeleenthede, wynproë en promosies. Kennis van nywerheidsveiligheid en kwaliteitstandaarde sal voordelig wees. Toepaslike kwalifikasies en verwante ondervinding sal in die aansoeker se guns tel. In ruil vir jou bydrae bied die kelder ’n markverwante vergoedingspakket wat onderling onderhandel kan word. Aansoeke moet vergesel word deur ’n gedetailleerde CV en ’n aansoekbrief. Rig aansoeke voor 10 April 2015 aan Die Bestuurder, Montagu Wynkelder, Posbus 29, Montagu, 6720. Faks: 023 614 1793. Epos: admin@montaguwines.co.za Diensaanvaarding: Na Pars of so spoedig moontlik.

DRENNA CALVIN (MAZETTA) Geb: 10/05/1965 Gest: 17/03/2015 Die roudiens vind plaas Donderdag 26 Maart 2015 om 7nm in die AGS-sentrum, Coetzeestraat. Besigtiging van die liggaam Saterdag 28 Maart 2015 om 08h30 vm te Richterstraat 2, uitbreiding 15 en die diens by Nuwe Apostolisie Kerk om 10vm te Kloofstraat, Robertson. Ons gaan jou baie mis. Jou plek is leeg, jou stem is stil. Van: jou familie, vriende en sommer almal wat jou lief het veral Lizzie, Harold en gesin. PERSOONLIKE DIENSTE

DIENSTE 2420

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitings datum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Established in 1949, HGM continues to be a leading manufacturer and supplier of FOOD PROCESSING machinery, worldwide.

Success driven growth has created two exciting learnership opportunities in Paarl:

2 Fitter & Turner Apprenticeships

We are seeking two energetic, hard working and enthusiastic matriculants. To qualify the successful candidates MUST meet the following criteria: • NB Must have successfully completed matric in 2014 • Have the following two matric subjects: 1. Mathematics (Not Maths literacy) 2. Physical Science

All applications must reach us no later than Wednesday 25 March 2015 Interested candidates should e-mail their CV’s, for the attention of Johan Keyser to: johan.keyser@hgmolenaar.com or fax 021 868 2209 Foot note: HGM reserves the right to not fill these posts at this time. If you have not been contacted within 21 days, please assume you have been unsuccessful.

X1PVGLPA-BZ240315

000000-BZ240315

VOEDSELNAVORSER EN ONTWIKKELAAR * Persoonlike- en huishoudelikeversekering * Besigheidsversekering * AgriKorttermynversekering

Tel: 023 626 6818

’n Goedgevestigde maatskappy in Montagu is op soek na ’n geskikte, innoverende persoon om die volgende take te kan verrig in 'n HACCP-geakkrediteerde aanleg: * Marknavorsing van sekere voedselkategoriee * Ontwikkeling van produkte * Uitvoering van fabrieksproewe * Navors van rou en pakmateriaal verskaffers vir nuwe produkte Hierdie take is alles insluitend in die posbeskrywing van 'n Voedselnavorser en Ontwikkelaar, maar nie beperk daartoe nie. Posvereistes: * ’n Graad / Diploma in Voedseltegnologie of relevante kwalifikasie * Relevante ondervinding * Uitstekende kommunikasie-, administrasie-, beplanning- en organiseringsvermoë * Moet gemaklik in 'n span kan saamwerk

Makelaar ABRIE SENEKAL

Indien u aan die vereistes voldoen, kan u 'n omvattende CV met kontakbare verwysings asook u salarisverwagting, stuur aan faksnommer: 023 614 3183 of epos eben@montfoods.co.za Sluitingsdatum: 31 Maart 2015

Indien u nie binne een week na sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, was u aansoek onsuksesvol.

LENINGS

X1PW6NV5-BZ240315

1445

LENINGS!! LENINGS!! tot R200 000. Benodig bankstate, payslip en ID. 5 min pre-approvals. Fiona: 082 422 2271.

JAN, HENDRICKS Gest.: 14/8/1973

NPO & Finance ADMINISTRATOR Bemarkings Assistent CARINA BURGER

U GEMOEDSRUS …IS ONS PASSIE Lisensie nr. 34909

FILA, HENDRICKS Gest.: 28/3/1997

X1PW6WT1-BZ240315

In mooi herinneringe dink ons aan ons ouers. Dit voel soos gister dat Ma & Pa van ons weggeneem is, maar in ons Harte en gedagtes sal hul altyd voortleef. Van: Koekie, Koos, Freek en Meraai. X1PW8F79-BZ240315

GET ON TH

E

Y A D H T R I B TRAIN

As jy deel van Birthday Train wil wees kontak Ricardo voor 27 Maart om in die laaste uitgawe van die maand 31 Maart 2015 te wees. Breederivier

Our client is a non-profit organisation (NPO), an Intermediate Care Facility, working closely with the Dept. of Health and based in Ashton, Western Cape. They are currently looking to employ an Administrator, who can fulfil the following requirements:- This is a 5/8 post. • Athorough understanding of the processes and functionality of a NPO. • Administration and control of all aspects of the NPO (not Medical) including finances, fund raising, human resources and compliance with all connected governmental agencies. Monthly reporting to the Dept. of Health etc. in accordance with their requirements is essential. • Payment and control of accounts, salaries inc. SARS easyfile and e-filing. Bookkeeping to trial balance. • At least 3 years’ experience in general and financial management. • Fluent in English andAfrikaans. • Computer literate including Microsoft Office (Excel, Word, Outlook) and an electronic accounting programme. • Must have a clean driving license (Code 8) and transport to and from work. Reporting to the Board of Directors the ideal applicant should have the following qualities:• Apassion for community based work. • Be an innovative and self-motivated person. • Be prepared to work flexi-time and participate in meetings with the Dept. of Health, the Board of Directors and others concerning the work of the organization. • Be prepared to performAd Hoc duties. Please Email your CV along with a certified copy of your identity document and driving license to bestselection.bram@gmail.com. Applications close 31 March 2015. X1PW6KU9-BZ240315

E: ricardo.khulwa@media24.com

0861 76255 237

0861 small ads

10

YEARS/JAAR

Tel: 023 626 4567

X1PVNHVD-BZ240315

X1PM55J9-BZ200115


Dinsdag 24 Maart 2015

Sport

Breederivier Gazette

11

Nomineer ’n sportster Plaaslike skole en sportklubs en organisasies het nog tot Donderdag (26 Maart) kans om hul sportsterre vir hierdie maand te nomineer.

KRIEKETSTERRE: Die Ashton Sekondêre Skool se o. 19-krieketspan kan terugkyk op ’n onvergeetlike kwartaal ná hy sy wedstrydseisoen onoorwonne afgesluit het. In die proses het die span afgereken met spanne van die Hoërskool Robertson, Swellendam, Bonnievale, sowel as Montagu. Dié prestasie word meer merkwaardig gemaak deur die feit dat die skool oor geen krieketfasiliteite beskik nie, maar sommer op die plaaslike rugbyveld oefen. Hulle moes ook al hulle wedstryde weg speel omdat die plaaslike krieketveld nie in ’n bruikbare toestand is nie. Die span se grootste oorwinning was oor Bonnievale toe hy dié vir ’n skamele 26 lopies uitgeknikker het. Vier lede van die span, Brendon Plaatjies, Raven Jaftha, Jean-Pierre Pekeur en Fernandes Wagenaar, is in Noord-Boland-spanne opgeneem. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

KOLSKOOT! Boland Rolbal het onlangs proewe op Bonnievale gehou om sy o. 25’s en o. 19’s te kies wat van 7 tot 10 April aan die jaarlikse Bowls South Africa Interdistrikte-toernooi in Bloemfontein gaan deelneem. Dié spelers van die Robertson-rolbalklub het aan die proewe deelgeneem. Van links is Marshall Smith, Clinton Blaauw, Edmond de Bruyn, Percvill Jansen en Franklin Nel. Percvill, ’n leerder aan Langeberg Sekondêr, is by die o. 19-span ingesluit. Hy is tans besig om sy toergeld in te samel. Enigeen wat ’n bydrae wil lewer kan die Robertson-rolbalklub se tesourier, Piet Sadie, by 082 908 5515 bel.

Die Breederivier Gazette en SuperSport se Let’s Play-kompetisie, wat daarop gemik is om die streek se sportsterre van skoolgaande ouderdom te vereer, het vroeër vanjaar afgeskop en het reeds sy eerste maandwenner, Mikela Sinovich, ’n sportklimmer van Montagu, opgelewer. Om in te skryf is maklik. Stuur bloot die presteerder se besonderhede met ’n kort opsomming van sy of haar prestasies aan die Gazette. Leerders kan aan enige sportkode deelneem. Presteerders wat nie as ’n maandwenner aangewys word nie, kan weer genomineer word. Hulle sê

nie verniet aanhouer wen nie! Die maandwenners sal elk ’n Let’s Play-geskenkpak (met komplimente van SuperSport) losslaan tesame met ’n onderhoud en foto in die Gazette. Die maandwenners sal almal teen die einde van die jaar teen mekaar meeding om die titel van Sportster van die Jaar. Dié persoon sal by ’n geselligheid waar SuperSport met hul televisiekameras sal wees, aangewys

word. Stuur sommer vandag nog nominasies vir Maart na hilderine@breede.com of gazette@ breede.com. Nominasies kan ook by die Gazette se kantoor ingedien word. Vir navrae oor die kompetisie, skakel die Gazette by 023 626 5212.

SPEKE SING: Dié Robertsonse gesin was onder die 31 946 deelnemers wat die speke in die onlangse Cape Town Cycle Tour, beter bekend as die Argus, laat sing het. Hoewel die roete vanjaar drasties weens die onlangse brande in die omgewing verkort moes word, het hulle dit terdeë geniet. Van links is Verdi, Jano, Arne en Isna Venter. Hulle was almal deel van die Nedbank-peleton. Jano (’n student aan CPUT) het met 01:18 oor die wenstreep gejaag met Arne, ’n leerder aan die Hoërskool Robertson, wat sy eerste Argus in 01:37 voltooi het.

MN NO. 31/2015 PROPOSED SUBDIVISION OF ERF 309, 18 KEEROM STREET, ROBERTSON Ordinance 15 of 1985 Land Use Planning Notice is hereby given in terms of Section 24 of the Land Use Planning Ordinance, 1985 (Ordinance 15 of 1985) that Council has received an application from LD Churr for the subdivision of erf 309, Robertson into 2 portions (Portion A – 512m² and Portion B – 576m²). The application will be open for inspection at the Robertson Office during normal office hours. Written legal and fully motivated objections/comments, if any, must be lodged with the undersigned before or on 30 April 2015. Further details are obtainable from Mr Jack van Zyl (023 - 614 8000) during office hours. Any person who cannot write may come to the office mentioned above, during office hours where a staff member of the municipality will assist that person to transcribe his/her comments or representations. MK NR. 31/2015 VOORGESTELDE ONDERVERDELING VAN ERF 309, KEEROMSTRAAT 18, ROBERTSON Ordonnansie 15 van 1985 Grondgebruikbeplanning

ANNUAL REPORT Notice is hereby given in terms of regulation 26(1) of the Local Government: Municipal Budget and reporting regulations, 2008, as well as section 121 and 129 (3) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act no. 56 of 2003) read together with section 21A of the Local Government: Municipal system Act, 2000 (Act no.32 of 2000) that Council at its meeting held on 24 February 2015 under item A3093, respectively, approved the following: • 2013/2014 Annual Report • Oversight Report on the 2013/2014 Annual Report • 2014/2015 Adjustment Budget The said Council resolution and all other relevant documents are made public at the under mentioned offices of the Langeberg Municipality during normal office hours and are also displayed on the Langeberg Municipal website at www.langeberg.gov.za. • 28 Main Road, Ashton • 52 Church Street, Robertson • 03 Piet Retief Street, Montagu • Main Road, Bonnievale • 24 Voortrekker Road, McGregor

JAAR VERSLAG Kennis geskied hiermee ingevolge regulasie 26(1) van die Plaaslike Regering: Munisipale Begroting- en Verslagdoeningsregulasies, 2008 asook artikels 121 en 129(3) van die Wet op Plaaslik Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) saamgelees met artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsel, 2000 (Wet No.32 van 2000) dat die Raad by sy vergadering gehou op 24 February 2015 onder item A3093 en , onderskeidelik, die volgende goedgekeur het: • 2013/2014 Jaarverslag • Oorsigverslag van die 2013/2014 Jaarverslag • 2014/2015 Aansuiweringsbegroting Die gemelde Raadsbesluite en alle ander tersaaklike dokumente word openbaar gemaak by die ondergemelde kantore van die Langeberg Munisipaliteit gedurende gewone kantoorure, en word op die Langeberg Munisipaliteit webwerf by www.langberg.gov.za vertoon. • Hoofweg 28, Ashton • Kerkstraat 52, Robertson • Piet Retiefstraat 03, Montagu • Hoofweg, Bonnievale • Voortrekkerstraat 24, McGregor SA MOKWENI MUNICIPAL MANAGER/ MUNISIPALE BESTUURDER Municipal Office/ Langeberg Munispaliteit

Private Bag X2/ Privaatsak X2 ASHTON 6715 AAAAAA-BZ240315

Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 24 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) dat die Raad ‘n aansoek ontvang het van LD Churr vir die onderverdeling van erf 309, Robertson in 2 gedeeltes (GedeelteA – 512m² en Gedeelte B – 576m²). Die aansoek lê ter insae gedurende kantoorure in die Robertson Kantoor en skriftelike regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige, moet nie later as 30 April 2015 skriftelik by die ondergetekende ingedien word nie. Navrae kan gerig word aan mnr Jack van Zyl by telefoonnommer 023 - 614 8000. ‘n Persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende kantoorure na bogenoemde kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit daardie persoon sal help om sy/haar kommentaar of vertoë af te skryf. Robertson Office MN NO. 32/2015 PROPOSED DEPARTURE OF ERF 2686, CNR ALMERIA- AND BARLINKA STREET, BONNIEVALE (Ordinance 15 of 1985, Land use planning) Notice is hereby given in terms of Section 15(1) of the Land Use Planning Ordinance, 1985 (Ordinance 15 of 1985), that the Council has received applications from Umsiza Planning on behalf of L & YE Kortje for a departure from the height restriction to permit 25m high Freestanding Base Telecommunication station on erf 2686 (Business zone II), Bonnievale. The applications will be open for inspection at the Robertson, Bonnievale and Ashton Offices during normal office hours. Written legal and fully motivated objections/comments, if any, must be lodged with the Municipal Manager, Private Bag X2, Ashton, 6715, before or on 30 April 2015. Further details are obtainable from Mr Jack van Zyl (023 - 614 8000) during office hours. Any person who cannot write may come to the office mentioned above, during office hours where a staff member of the municipality will assist that person to transcribe his/her comments or representations. Robertson Kantoor MK NR. 32/2015 VOORGESTELDE AFWYKING VAN ERF 2686, H/V ALMERIA- EN BARLINKASTRAAT, BONNIEVALE (Ordonnansie 15 van 1985, Grondgebruikbeplanning) Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 15(1) van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) dat ‘n aansoek ontvang is van Umsiza Planning namens L & YE Kortje vir afwyking van die hoogtebeperking om ‘n 25m hoë Vrystaande Basis-Telekommunikasie stasie te bedryf op erf 2686 (Sakesone II), Bonnievale. Die aansoek lê ter insae gedurende kantoorure in die Robertson, Bonnievale en Ashton Kantoor en skriftelike regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige moet nie later as 30 April 2015 skriftelik by die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X2,Ashton, 6715, ingedien word nie. Navrae kan gerig word aan mnr Jack van Zyl by telefoonnommer 023 - 614 8000. ‘n Persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende kantoorure na bogenoemde kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit daardie persoon sal help om sy/haar kommentaar of vertoë af te skryf. SA MOKWENI MUNICIPAL MANAGER/ MUNISIPALE BESTUURDER Municipal Office/ Langeberg Munispaliteit

Private Bag X2/ Privaatsak X2 ASHTON 6715 AAAAAA-BZ240315


Breederivier

Year 19 • 24 Maart 2015 | Tel. 023 626 5212

Laerskool hou eerste gholfdag Gholfentoesiaste kan dié naweek die stokke vir ’n goeie doel kom swaai by die Laerskool Robertson se eerste gholfdag. Dié geleentheid word Saterdag (28 Maart) by die Robertson-gholfklub aangebied. Dié vierbal beterbal Stableford beloof om groot pret te wees vir elke deelnemer. Met altesaam vyf natgate, ’n heerlike halfweg-ete, aandete en groot pryse op die spel is dié dag ’n geleentheid wat nie gemis kan word nie. Inskrywings kos R1 200 per vierbal. Volgens Gher Rabie, een van die organiseerders van die gholfdag, is dié geleentheid ’n inisiatief van die Laerskool Robertson se beheerraad om geld in te samel ter aanwending van die bestuur van die skool. “Ons het reeds geweldig baie belangstelling en die ouers en plaaslike ondernemings ondersteun ons baie goed,” voeg hy by. Die eerste spelers sal reeds om 07:15 afslaan. Vir navrae of inskrywings, skakel die ProShop by 023 626 1090.

R’son verloor

Die Robertson-krieketklub se eerste span moes, ná hy die afgelope seisoen uitstekend gevaar het, die afgelope naweek die knie voor Maties buig in die finale ronde van die Boland Premierliga T20-kompetisie. Robertson het die loot gewen en eerste gekolf. Die span kon slegs 122 lopies vir die verlies van vyf paaltjies in sy toegelate aantal boulbeurte aanteken. Met sy beurt voor die penne het Maties behoorlik die wilgerlat ingelê om 126 lopies aan te teken. Die Stellenbossers het slegs een paaltjie verloor en met nege paaltjies gewen. In die voorafgaande halfeindronde het Robertson na die Paarl gereis waar hy Victoriane die stryd aangesê het. Ook hiér het Robertson die loot gewen en eerste voor die penne ingeskuif. Hy het 148/3 in sy 20 boulbeurte behaal. Met sy beurt met die kolf in die hand mis Victorians die wentelling naelskraap met sy telling van 142/7.

SPEKE SING: Martin Vos van Montagu het die afgelope jaar uitstekend in die saal gevaar. Hy het die eerste plek in die 45+ ouderdomskategorie van die Suid-Kaap (SWD) Padkampioenskappe, wat vroeër vanjaar in Oudtshoorn gehou, is losgeslaan. Hy het die 100 km-roete in 02:41 voltooi. Hy het ook aan die onlangse Cape Town Cycle Tour (beter bekend as die Argus) deelgeneem. Hy het die roete, wat vanjaar drasties verkort is, in ’n tyd van 01:14 voltooi. Die Laerskool Robertson hou dié Saterdag sy eerste gholfdag.

FOTO TER ILLUSTRASIE: HILDERINE SCHRÖDER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.