Breederivier
Year 17 • 26 Februarie 2013 | Tel. 023 626 5212
Wyn en musiek vloei deur Vallei Die Robertson Wynvallei se lede het die afgelope naweek ’n verskeidenheid opwindende aktiwiteite tydens die Hands-on Harvest-fees aangebied. Hier tree Riana Nel by Excelsior op. Meer foto’s op bladsy 7. FOTO: DEON VAN DEVENTER
‘Bemarking is wat werklik tel’ DALEEN FOUCHÉ Hoewel die Hands-on Harvest-fees die afgelope naweek op die oog af vir plaaslike inwoners stil kon voorkom, sê organiseerders die fees se sukses hang nie noodwendig af van die hoeveelheid “voete” wat dit lok nie. Van die kelders bestempel die fees as ’n groot sukses wat betref bemarking en wynverkope, terwyl ander rapporteer dat daar vanjaar heelwat minder besoekers was. Platform 62 in Ashton het verskeie kelders genooi om by die lokaal wynproeë aan te bied. Leon Steenkamp, eienaar van Platform 62,
sê hoewel daar byna 20% meer mense in vergelyking met verlede jaar was, is dit steeds minder mense as wat hy verwag het. Volgens Steenkamp beïnvloed die R60, wat tans gesluit is vir herstelwerk, die hoeveelheid verkeer wat deur Ashton beweeg en ook die hoeveelheid kliënte. Ashton Kelder het vanjaar Tapas saam met wyn bedien en volgens Shantel Beetge wat verantwoordelik is vir die proelokaal, was die inisiatief ’n sukses omdat dit mense ’n rede gee om rustig tyd te spandeer by die kelder. Beetge sê hoewel daar minder besoekers by die kelder se Vrydag-konsert was, was die wynverkope Saterdag beter as verlede jaar. Weltevrede, wat besoekers gehelp het om hul eie Cap Classique te maak, rapporteer dat hul
aktiwiteite vol was en hulle altesaam 120 besoekers gehad het. “Die naweek was fantasties.” Jan Kannemeyer, eienaar van Wolfkloof, sê die musikant Jo-Martin het meer as 58 besoekers gelok wat die piekniek-konsert bygewoon het. Kannemeyer sê amper 50% van die besoekers was plaaslike mense. Lidelle Rheeders, proelokaal-bestuurder by Bonnievale Kelder, sê dit was baie stil by dié kelder tydens die Hands-on Harvest. Verlede jaar het 40 mense op die bootrit op die Breederivier gegaan, vergeleke met slegs 22 vanjaar. Elizma Botha, bestuurder van Robertson Wynvallei wat die Hands-on Harvest organiseer, meen die fees se waarde lê nie noodwendig in die hoeveelheid besoekers nie, maar in
die hoeveelheid bemarking wat die Wynvallei ontvang gedurende dié tyd. Sy sê sy het uitstekende terugvoering ontvang van veral joernaliste wat die fees bygewoon het. Dít blyk ook uit die hoeveelheid positiewe twiets oor die Hands-on Harvest wat deur besoekers wat Twitter gebruik gestuur is. Botha sê dit is hoekom die Hands-on Harvest steeds relevant en nodig is. Volgens Botha is besoekers aan die Handson Harvest gewoonlik meer geïnteresseerd in die tegniese aspekte van wyn. Hoewel sy die fees as ’n sukses bestempel, meen sy die deelnemers aan die fees kan nie nou op hulle louere rus nie, omdat besoekers altyd op soek is na ’n nuwe ervaring.
2
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Dinsdag 26 Februarie 2013
Museummark vier herfs Die somer is feitlik verby en die herfs breek eersdaags aan. Inwoners word genooi om die koms van dié seisoen te vier met ontbyt in die tuin van die Robertson Museum. “Kom geniet die Saterdagoggend onder die eikebome met pannekoek en koffie terwyl die voëls in die bome baljaar.” Benewens die teetuin, is daar ook stalletjies waar tuisgebak en ander lekkernye verkoop word. Dan is daar die gewilde
NUWE BRIL: Herbert Leigh Steyn is die gelukkige wenner van ’n Polaroid-sonbril ter waarde van R600. Die kompetisie waarin hy die bril gewen het, geborg deur Darren Kelly Oogkundige, is aangebied as deel van die Gazette se onlangse fokus op oogkundiges. Hier oorhandig Darren Kelly die sonbril. FOTO:
Langeberg health care workers were honoured at a Long Service Awards ceremony. In the back row are Edith Pengelley, Timothy Nondala, Zacharai Siavhe, Johanna Eyssen and Naomi Liebenberg. In the middle are Beauty Mabombo, Dr Lizette Phillips (Director Cape Winelands District), Christina Steyn, Gerda Erasmus and Anita Metelerkamp. In the front are Dr Joey Cupido (Deputy Director General: District Health Services), Dr Luise Lunnon (Medical Manager: Robertson and Montagu Hospitals) and Theuns Botha (Western Cape Minister of Health).
Passion for health care
The Western Cape Department of Health in the Cape Winelands celebrated and honoured members of staff with 20, 30 and 40 years of service at a Long Service Awards ceremony. Western Cape Minister of Health, Theuns Botha, together with Dr Joey Cupido, Deputy Director-General for District Health Services, presided over the ceremony. A total of 37 staff members received awards According to the department these staff members have developed a specialised set of skills, enabling them to contribute effectively to the delivery of health care to the community in which they serve. “The group of employees who had received awards, including cleaners, professional nurses, specialised nurses, administrative clerks and a dentist, proved that delivering an effective health service require a diverse and unique set of caring skills.” The longest serving candidate, Charles Neff,
has been serving the community of Cloetesville in Stellenbosch in his capacity as Postbasic Pharmacy Assistant since his employment on Valentine’s Day in 1972. “It is so difficult for me to find words that describe the quality of the people who work for the Department of Health. The majority of the staff does their work with passion and compassion,” said Botha. “As important as the individual patient’s experience is to the Department as a service provider, so too is the individual staff member’ s experience to us as an employer.” The Cape Winelands District is divided into five subdistricts – Stellenbosch, Drakenstein, Breede Valley, Witzenberg and Langeberg. The diverse population, which numbers around 750 000, is served by 2 000 staff members at four district hospitals, one specialist TB hospital, 50 clinics and 35 mobile units. The biggest strains on the delivery of health services remain HIV and Aids, TB, diabetes, hypertension and injuries related to alcohol consumption.
boeketafel met Afrikaanse romans, kookboeke, tuinboeke en nog baie meer, asook die museumtafel met allerhande snuisterye. Die teetuin open om 09:00 en duur tot 12:00 en word elke eerste Saterdag van die maand aangebied. Mense wat daarin belangstel om hul handwerk of produkte by die mark te verkoop, kan Liesbeth Curtis by 023 686 6622 of die museum by 023 626 3681 bel. Hulle sal die nodige inligting verskaf.
ZELDA KLOPPERS
Skeer dit, sproei dit, stensil dit Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) vier vanjaar die tiende Kansa Shavathon en moedig elkeen aan om daaraan deel te neem. Die Shavathon vind op 2 Maart van 09:00 tot 15:00 op Robertson by die R62 Inkopiesentrum voor SuperSpar plaas. Mense kan hul hare laat skeer, sproei, stensil of nou vir die eerste keer ook laat jel, teen ’n donasie van R50 (R25 vir kinders jonger as 12). Shavathon is vir die eerste keer in 2003 in die Oos-Kaap aangebied om die geleentheid vir mense te skep om ondersteuning te bied aan diegene wat geraak is deur kan-
ker. Die verlies van hare is juis ’n algemene newe-effek van die behandeling van kanker. As bewys van hul ondersteuning skenk Shavathon-deelnemers ’n donasie om hul hare te laat skeer of in verskillende kleure te laat sproei. Stensils in die vorm van ’n ster, skoenlapper, sokkerbal, weerligstraal en die woord “warrior” word gebruik om hare te sproei. Die donasies word deur Kansa gebruik om ’n diens te lewer aan die publiek en aan alle mense wat geraak word deur kanker. Vir meer inligting, bel Jurene Horne van die Kansa-kantoor by 023 342 7058.
Gazette gaan binnekort Mobi! Net meer as agt maande nadat die Gazette-groep aanlyn gegaan het, kan jy ook ons nuus in die palm van jou hand hê. Van 12 Maart af sal die Boland Gazette-webwerf in Mobi-formaat vir selfoongebruikers beskikbaar wees, wat beteken jy kan die nuus van al ses Gazette-streke lees waar jy jou ook al bevind! Só hoop ons om aanlyn-nuus vir meer mense beskikbaar te stel. Volgens die internasionale Mobi-kennisagentskap mobiThinking verkry 57% van Suid-Afrikaners met internettoegang dit slégs deur hul selfone.
Nuus van die Swartland, Breederivier/Langeberg, Theewaterskloof, Helderberg, Stellenbosch en Drakenstein word weekliks bygewerk, maar daar sal veel meer as dít beskikbaar wees. Jy kan na video’s en fotogalerye kyk, toegang tot speletjies en musiek kry, die weervoorspelling volg en aan kompetisies deelneem. So van kompetisies gepraat, ons sal op 12 Maart weer die afskop vier met ’n kompetisie waarin ’n groot prys op die spel is. Hou dus jou koerant dop vir die Mobi-adres wat daardie Dinsdag jou eerste besoek behoort te ontvang!
) Die eerste Vino Donnas-wynproe vir 2013 vind plaas op Donderdag 28 Februarie by Van Loveren se nuwe proelokaal. Opwindende wynproe-geleenthede gaan vanjaar aangebied word met spesifieke lande as tema, wat dan met die Langeberg se beste wyne gekombineer sal word. Die tema vir dié wynproe is Frankryk. Vir meer inligting, bel Sandra van Zyl by 082 925 1183. ) Geniet ’n heerlike stuk melktert met tee of koffie op die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe is welkom, maar slegs met ’n bespreking minstens ’n week voor die tyd. Bespreek nou by 023 614 1774. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar
tuisgebak, boeke en snuisterye verkoop word. Die volgende mark en teetuin is Saterdag 2 Maart vanaf 09:00. ) The Salt and Light night market takes place on the last Friday of every month at the KWV courtyard on the corner of Long and Kohler Street, Montagu. The next market will take place on Friday 22 February. ) The next Robertson farmers’ market will take place on Saturday 9 March next to the tourism office in Reitz Street. ) Die Hervormde Konferensie Pinksterkerke bied ’n gesamentlike konferensie in die Barnard-saal, Ashton, aan van 29 tot 31 Maart. Lede van die publiek, asook alle kerke word uitgenooi om die konferensie by te woon. Gassprekers is Apostel Siegelaar (voorheen van Bonnievale) en Apostel Kiro Willemse (boorling van Ashton). Vir meer inligting bel Siegelaar by 082 579 0671 of Willemse by 076 935 7643. Send the details of your events to Daleen Fouché via e-mail at gazette@breede.com. The deadline for all diary items is 10:00 on Fridays.
Dinsdag 26 Februarie 2013
News - Nuus
Breederivier Gazette
Geldinsameling ná kind se moord lei tot onmin DALEEN FOUCHÉ
Onsekerheid bestaan by die Prins-familie van Bonnievale oor die besteding van die geld wat deur die Beter Bonnievale Inisiatief (BBI) ingesamel is ná die grusame moord op die sesjarige Franklin Prins verlede jaar (“Moord op seuntjie skok”, 29 Mei 2012).
NATUURRESERVAAT IN VLAMME: ’n Brand het op Donderdag 21 Februarie in die Dassieshoek-natuurreservaat uitgebreek. Die brand het om 15:00 begin. Danie Wilds, bestuurder van die brandweerdiens van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het gesê drie helikopters en 25 grondspanne is ontplooi. Die brand is teen 22:00 onder beheer gebring. Wilds sê die grondspanne, wat die brand te voet bestry, is eers Vrydagoggend 22 Februarie van die toneel af weg. Die oorsprong van die brand is nie bekend nie. FOTO: DALEEN FOUCHÉ
’n Helikopter laat val water op die brand wat Donderdag buite Robertson ontstaan het. FOTO: DEON VAN DEVENTER
Bonnievale-rowers kry tien jaar Vier mans wat in 2009 in hegtenis geneem is, is skuldig bevind aan huisroof en gevonnis tot tien jaar tronkstraf elk. ’n Gesin van Bonnievale is op 25 Junie 2009 by hul woning met ’n vuurwapen gedreig, aangerand en beroof van sowat R50 000. Juan Williams, Francesco de Bruyn, Antonius Mdhluli en Enock Witbooi is op dieselfde dag in hegtenis geneem. Al vier is op 21 Januarie vanjaar in die Worcester-streekhof skuldig bevind aan huisroof
en is tot tien jaar tronkstraf elk gevonnis. Williams en Mdhluli is ook skuldig bevind op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en is tot ’n addisionele twee jaar tronkstraf gevonnis. Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, sê die twee vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Die gesin wat aangerand en beroof is, wou nie kommentaar op die uitspraak en vonnis lewer nie.
Franklin Prins se naakte lyk is in die Breederivier gevind. Hy is met ’n gordel verwurg. ’n Sestienjarige seun is in hegtenis geneem op aanklag van moord en na ’n plek van veiligheid geneem. Franklin se moord, op 25 Mei verlede jaar, het skokgolwe deur die Bonnievale-gemeenskap gestuur en die BBI het dadelik ’n geldinsamelingsprojek van stapel gestuur. Fransiena Prins, Franklin se ma, het verlede week gesê sy het byna ’n jaar ná haar kind se dood steeds nie die geld of kos wat deur die BBI ingesamel is, ontvang nie en geen kommunikasie oor die geldinsameling is met haar gedeel ná die begrafnis van haar kind nie. By haar huis op ’n plaas buite Bonnievale het sy aan die Gazette vertel dat lede van die gemeenskap haar gereeld vra of sy al die kos en geld ontvang het wat die BBI ingesamel het. Fransiena het wel R1 000 van haar werkgewer ontvang, wat sy gebruik het om klere vir haar man te koop vir die begrafnis en nagklere vir Franklin waarin hy begrawe is. Die begrafnis is gratis deur ’n Robertsonse begrafnisonderneming onderneem. “Ek wil net ’n grafsteen vir my kind se graf koop,” het Fransiena gesê. Dit is vir haar moeilik om weekliks dorp toe te reis na haar kind se graf om dit netjies te hou. Die onsekerheid maak dat die moord op haar kind “onafgehandel” voel. “Na my kind se begrafnis het ek niks van die fondsinsameling gehoor nie, nie eers ’n oproep nie.”
3
Lionel Adendorf, bestuurslid van BBI, het egter aangevoer dat die bedoeling nooit was om die geld aan die familie te oorhandig nie. Volgens Adendorf is al die kos wat by die begrafnis bedien is, geskenk en die “klein bietjie” wat wel oorgebly het, ís aan die familie oorhandig. Die totale kontantbedrag van die geldinsameling is R2 000, waarvan R1 000 deur Lynne Brown, voormalige premier van die Wes-Kaap, geskenk is. Volgens Adendorf het BBI met deur- tot-deur insamelings R862 ingesamel, wat hy afgerond het tot R1 000. Hy het gesê die BBI het reeds in September 2012 besluit dat die geld gebruik sou word om by die eenjaar-herdenking van Franklin se dood ’n grafsteen op te rig. Voor dit het BBI oorweeg om vir die Prins-gesin meubels te koop, maar die moontlikheid dat Fransiena sou trek, het hulle van plan laat verander. Prins beweer sy is nie in kennis gestel van die besluit nie. Volgens Adendorf is die besluit geneem ná Franklin se ouma ’n behoefte aan ’n grafsteen uitgespreek het. Die ouma is ingelig oor die besluit, maar nie die ma van die kind nie. “Ons het aangeneem die ouma sal die boodskap aan die ma oordra.” Adendorf het gesê BBI beplan om nou die geldinsameling te hervat, aangesien R2 000 nie genoeg is om ’n grafsteen te koop nie. Die kwotasies wat aan BBI gegee is, is tussen R4 000 en R5 000 vir ’n grafsteen. “Ons beplan om die grafsteen op te rig by ’n openbare seremonie op die eenjaar-herdenking van Franklin se dood.” Wat Adendorf betref was die BBI deurentyd eerlik oor die geld wat ingesamel is en is die saak by twee openbare BBI-vergaderings bespreek. BBI het die geld ingesamel om vir Franklin ’n “waardige begrafnis” te gee, om die familie se omstandighede te verbeter en om die dood van Franklin te herdenk en sodoende die “lesse” uit die tragedie te onthou.
4
Breederivier Gazette
News - Nuus
Dinsdag 26 Februarie 2013
Hip hop spreads good vibes
Badisa vier tien jaar diens aan broses
DALEEN FOUCHÉ
Badisa, die NGK- en VGK-organisasie vir maatskaplike dienste, vier op 2 Maart sy tiende bestaansjaar in die STIAS-konferensiesentrum op Stellenbosch waar die One More-veldtogdinee sal plaasvind. As organisasie sonder winsbejag voorsien Badisa jaarliks maatskaplike dienste aan bykans 700 000 minderbevoorregtes in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap. Plaaslik val die Herberg Kinderhuis en maatskaplike werkers in Bonnievale onder sy vaandel. Al die operasionele kostes word gedek deur toelaes van die staat en donasies deur besighede en individue, maar die organisasie beleef tans ook die uitmergelendste ekonomiese uitdagings sedert sy ontstaan. Die afgelope jaar het kindersorg en ’n beskermende hand oor broses en bejaardes in sy 170 sentrums in alle uithoeke van die drie provinsies hom R340 miljoen uit die sak gejaag. In die jaar wat pas begin het, gaan die organisasie sowat R75 miljoen aan donasies en deur fondsinsamelings moet inkry om sy verpligtinge na te kom. “Met die Badisa-dinee beoog ons dus ook om besighede en individue bymekaar te kry en vriendskapsbande met hulle te snoer. Ons vertrou dat hulle ons sal help om ons finansiële mikpunt te bereik. En natuurlik gaan ons ook ’n lekker aand saam geniet,” verduidelik Badisa se direkteur van bemarking en fondsinsameling, Annemarie Bezuidenhout. Die dinee is oop vir die publiek en vir meer inligting oor die aankoop van ’n tafel, besoek gerus die Badisa-webwerf vir meer inligting. “Met hul bydraes gaan besighede en individue ons bystaan om die lewe van ons kwesbare mede-Suid-Afrikaners makliker te maak en om veral ons kinders, behoeftige gesinne en ouer en gestremde persone tot selfontwikkeling aan te spoor, asook om voorstanders van hul regte te word,” sê sy. Die dinee vorm ook deel van Badisa se One More-veldtog. Dr. Michael Mol, wat die veldtog onderskryf, sê Badisa beskou die geleentheid as nie slegs nóg ’n geleentheid vir mense om bymekaar te kom en hul steun vir ’n bepaalde doel te beloof nie. Dit moet gesien word as ’n deurlopende poging om die lot van ander te verlig. “Die One More-veldtog moet die effek van ’n groter wordende sneeubal hê, waar ieder en elk van ons help om nog ’n gesin te help voed, nog ’n persoon by te staan om sy of haar rug op dwelms te draai, nog een brose of ou persoon van verwaarlosing te red en nog ’n kind of vrou teen verkragting te beskerm.”
this culture is limited because there is a lack of space and venues for hip hop sessions. Simmz describes a session as an opportunity A young hip hop musician from Zolani is about to release his first album, titled Rap for people to perform, not just with music, but Scriptures, through which he hopes to in- in other mediums within the hip hop culture like beat boxing and break dancing. “It is a fluence his peers in a positive way. healthy way for people to express themselves.” Simthandile Jantjies, better In order to promote freeknown as Simmz, says he hopes to dom of expression and local promote the hip hop and youth culartists, Simmz started a supture in rural areas like Ashton in port group for artists of any order to inspire and educate the kind in Zolani. Fat Brain Proyouth to stay away from drugs and ductions aims to create a platto deter them from negative social form for local artists and to behaviour. “I try to focus my music encourage upcoming artists on social issues in townships.” to pursue their art. Simmz completed his diploma in Simmz believes Fat Brain graphic design at the Cape PeninsuProductions can have a posila University of Technology (CPUT) tive influence on the commuwhere he was also surrounded and nity. His debut album, Rap inspired by the positive effects that Scriptures, was recorded youth culture and especially hip with the help of his friends in hop can have on people. Simmz says although he believes Simthandile Simmz Jantjies Cape Town and Simmz dethat it would be easier to promote will release his debut album at signed the CD cover. The album will be available at the his musical career in Cape Town, the end of the month. end of February and can be he decided to return to Ashton to from Simmz via Facebook help his family earn an income and to spread ordered (Simthandile Simmz Jantjies) or through the the hip hop youth culture in the area. He says the local youth’s interaction with music website Reverb Nation.
Simmz designed the cover of his debut album.
Bekende pastoorpaar verhuis na Saldanha ANNELDA GROOTBOOM Pastoor José Hill en sy vrou, Elmarie, jarelange inwoners van Robertson, het Maandag na Saldanha verhuis, waar hulle aangestel is as die nuwe pastoorpaar van die AGS-bediening. Hill is in die wolke oor sy aanstelling. “In my hart het ek geweet die Here sal my op sy tyd in ’n bediening plaas.” José se visie is om ’n sielewenner te wees en ’n impak te maak op ander mense se omstandighede en lewens. Hy sê sy geestelike vaders soos pastoor Hennie Rezandt en Ferdinand Benting het hom geïnspireer. Hy is lief vir dienswerk en sy droom is om heeltyds in die bediening te werk. Die Robertson-paartjie se bevestigingsdiens in die AGS Saldanha is Saterdag 9 Maart en José se intreepreek is op Sondag 10 Maart. Hy wil sy mentor, dr. Barbara Matthyssen, die gemeenskap, sy familie, die AGS Loopstraat en AGS Sentrum en almal wat ’n positiewe invloed op sy lewe uitgeoefen het, bedank. Hy sê spesiaal dankie aan Robertson Toyota se direksie, bestuur en personeel waar hy die afgelope jaar en agt maande gewerk het, en wat hom “deel van die span gemaak het”.
Pastoor José Hill en sy vrou, Elmarie.
Dinsdag 26 Februarie 2013
Meet a local Bly te kenne
Elna Jones , Wat is jou naam en van? Elna Jones , Op watter dorp woon jy en hoe lank woon jy al hier? Ek woon nog my hele lewe lank op Robertson. , Wat maak die Langeberg vir jou spesiaal? Die mense se vriendelikheid en die feit dat mense hier omgee vir mekaar. Die omgewing is ook baie mooi. Ek is mal oor die berge. , Wat sou jy in die Langeberg wou verander? Ek sou die tik-probleem wou hokslaan deur die jeug te waarsku en verslaafdes ’n plek te gee om te rehabiliteer. , As jy nie hier gewoon het nie, waar sou jy wou woon? Ek sou by ’n lekker rustige plek naby die see wou woon. , Watter soort werk doen jy en waarom geniet jy dit? Ek doen administrasie by Prime Landmark. Ek geniet my werk, want dit is stimulerend en bied my altyd nuwe uitdagings. , Watter drie mense sou jy graag vir ete wou nooi (hede of verlede) en waarom? Ek sou graag vir Nelson Mandela wou nooi, omdat hy so baie vir ons land gedoen het. Ek sou ook vir Michael Bublé wou nooi omdat ek ure lank na hom kan luister. Laastens sal ek vir Morgan Freeman nooi – hy is my gunstelingakteur. , Wat is die beste raad wat jy al ooit gegee of ontvang het? Volg jou hart en doen wat jou gelukkig maak ten spyte van wat ander mense sê.
People - Mense
Breederivier Gazette
5
6
Breederivier Gazette
Leader - Hoofartikel
Dinsdag 26 Februarie 2013
Montagu mense word aanbeveel Gedurende Februarie het ons gesin ’n heerlike twee weke toer deur die Kaap provinsie aangepak. Alles was voorspoedig tot in Montagu, waar ’n onderdeel in my voertuig die gees gegee het. Moedeloos het ek my voertuig (nie ’n Toyota nie) na Willem Sadie, die diensbestuurder te Montagu Toyota, geneem. Willem het uit sy pad gegaan om die onderdeel in die hande te kry en my nog voorkeur bo ander kliënte gegee om my uit te help. Hulle het my selfs by my oornagplek kom haal nadat die voertuig herstel was. Vir Willem en sy span, baie dankie – dit maak dat ons weer op Montagu sal kom kuier. Toyota – julle kan trots wees op jul mense! Ons sal Montagu definitief aan al ons vriende en familie adverteer as ’n pragtige en vriendelike dorp wat verseker besoek moet word. En julle Kapenaars kan ook maar ’n draai in die Vrystaat kom maak. Vrystaat-groete
Laat hulle terugkeer vir ons vriendelikheid Toerisme en die wynbedryf maak die grootste deel van die Langeberg se ekonomie uit. Daarom bly dit belangrik dat die twee bedrywe geïntegreer bly en deurentyd bemark word. Feeste, soos die afgelope naweek se Handson Harvest, speel ’n belangrike rol om dié wêreld aan potensiële besoekers bekend te stel. Besoekers aan die Hands-on Harvest het hulle gewend tot media soos Twitter om hulle ervaring van die Vallei aan die res van die wêreld oor te dra. Uitstekende produkte het vir seker ’n rol te speel, maar dit is die vriendelikheid en uitmuntende diens wat mense teruglok na die Langeberg. Enige positiewe terugvoer mag nóg gaste lok na die Langeberg en sodoende dalk nog ’n werk skep of ’n plaaslike besigheid ’n hupstoot gee. Daarom is dit belangrik dat nie net die toerisme- en wynbedryf op kliëntediens fokus nie, maar ook die nie-toerismebesighede – en inwoners – sodat besoekers selfs kan spog oor hulle besoek aan ’n plaaslike koswinkel, of ’n wandeling die straat af.
VERSET: Die personeel van die Bonnievale-hof het op Vrydag 15 Februarie swart aangetrek as deel van die Black Friday-veldtog waartydens mense in opstand kom teen geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. Sarah Nobel, Brenda Tshona, Patricia Nciya, Una Van Rheede en Lorinda Prince het deelgeneem aan die veldtog. Dié personeel het ook trofees ontvang van Lorinda Prince, kantoorbestuurder, vir getroue diens.
BEN EN ALTA VAN ASWEGEN, Vrystaat
Die stryd teen die groot K ’n Vrees pak jou beet wanneer jy aan die anderkant van die foon se gehoorstuk hoor: Jammer, meneer/ mevrou, dis kanker wat jy het! Jy voel asof ’n emmer koue water in jou gesig gegooi word, want in jou menswees het jy dit nooit verwag nie. Dit is die reaksie wanneer die gevreesde siekte en die hoofletter “K” by jou of selfs ’n geliefde na aan jou gediagnoseer word. Rooi ligte flikker in jou kop en jou brein werk oortyd, want jy berei jou voor vir die ergste. Só onthou ek soos gister die woorde van die dokter toe die nuus van my Pa se siektetoestand oorgedra is. ’n Traan rol oor my wang en al wat ek kon uitkry, is “Ek glo dit nie”. Vir ’n oomblik staan en staar ek na die dokter asof hy ’n fout gemaak het met die toetse, maar net om my beter te laat voel en die hartseer te verlig, vra ek weer: “Hoe op aarde kan dit wees?”. So begin ek stelselmatig vrede daarmee maak, maar kon dit nie regkry om daaroor te gesels nie.
Die moeilikste tye was wanneer hy gekla het van erge pyn in sy bors en ek hulpeloos moes toekyk. Dis asof my hande afgekap was en ek niks regtig kon doen om die pyn te verlig nie. En om ’n lewenslustige volwassene te sien lê, is nog erger om te aanskou. Maar steeds maak hy ’n grappie met sy besoekers en nooit wys sy sorge en bekommernisse op sy gesig nie. So dink ek aan geliefdes wat saamleef met iemand na aan hul wat die stryd met kanker moet deurmaak. Die seer, trauma en die trane wat vloei. Dit is nie maklik nie, daarom moet ons as familie ondersteuning bied en die persoon bemoedig.
Vandag wanneer mense praat oor geliefdes wat hulle verloor het deur kanker, kan ek saampraat want ek weet dis ’n donker siekte. Dié een dag is die kankerpasiënt vrolik en gesels hy/sy land en sand, die volgende dag is hul stil en eenkant. En aangesien Kansa gereeld veldtogte hou om geld in te samel vir kankernavorsing moet ons almal betrokke daarby raak, want kanker is die een siekte wat baie mense se lewens radikaal verander. Ons betrokkenheid en hulp aan organisasies soos Kansa en Hospies kan help dat ander kankerpasiënte beter hulp ontvang. En so salueer ek ook al die kankerpasiënte wat die stryd teen kanker dapper gestry het en met waardigheid verloor het.
Dinsdag 26 Februarie 2013
Sosiaal - Social
Breederivier Gazette
7
Besoekers word bederf by Hands-on Harvest
Shantel Beetge en Robin-Lynn Siljeur van Ahston Kelder spog met dié kelder se wyn.
Josias en Fredine le Roux van Caledon proe van die plaaslike wyn by Platform 62 tydens die Hands-on Harvest.
Robertson Wynvallei se Hands-on Harvest-fees het die afgelope naweek by verskeie deelnemende kelders in die vallei plaasgevind. Hier maak Danie Bezuidenhoud en Gerrit Saaiman van Ashton Kelder seker die balie vol druiwe is reg vir die gaste om te pars.
Riana Nel het die naweek opgetree by Excelsior as deel van die Hands-on Harvest-feestelikhede. FOTO: DEON VAN DEVENTER
Elistine Williams en Eandi Botes in Van Loveren se nuwe proelokaal. FOTO’S: DALEEN FOUCHÉ
Yvone Douglas en Robyn-Anne Wood-Callander van Robertson Wynkelder bemark dié kelder se wyn by Platform 62 op Saterdag 23 Februarie tydens die Hands-on Harvest.
Tallies Taljaart, bestuurder van Platform 62, braai wors vir gaste wat ’n worsbroodjie wou geniet.
8
General - Algemeen
Breederivier Gazette
CWDM celebrates top achievers The Cape Winelands District Municipality CWDM), in partnership with the Western Cape Education Department (WCED), held a ceremony in honour of the province’s top matriculants for 2012 on Friday 8 February. The event, held at the Western Cape Education Department, hosted the top pupils of the 59 high schools in the Cape Winelands municipal area together with their proud parents and several mayors and councillors from the five local municipalities within the Cape Winelands region. The executive director for Community and Developmental Services, Claude Schroeder, said parents should be applauded for the tireless efforts, dedication and commitment that they pour into their children’s academic careers. He confirmed that education is regard-
ed as a top priority in the CWDM, hence this collaboration with the WCED that will be hosted on an annual basis. The Executive Mayor, Alderman Neels de Bruyn, acknowledged the achievements and accomplishments of the pupils. He urged the students to further their studies and to return to the Cape Winelands area to invest in the children of the area. “We need your knowledge and skills to make us not only the breeding ground for past leaders, but the nursery of future ones.” The top achievers each received a certificate as well as a gift to put them on their educational road ahead. The event was concluded by a networking session amongst the learners, their parents and the dignitaries attending the event.
The top achievers from Langeberg are (back row, from left) Lizaan Viljoen, Gqobana Sizamile, Richard Smith, Sithole Portia, Carol-Ann Johannes and Dehné Peters. Front from left are Kobus Marais LP; councillor Davin Hull, Speaker, Langeberg Municipality; Alderman Diana Gagiano, executive mayor of Langeberg Municipality; executive mayor of the Cape Wine District Municipality, Alderman Neels de Bruyn; and executive deputy mayor for the CWDM, councillor HM Jansen.
It’s time for the World Education Games For the second consecutive year, South African pupils and schools will be able to compete in the global World Education Games taking place from 5 to 7 March. Individual pupils or classes will be able to test their spelling, maths and science skills and compete in live challenges in real time against learners from around the world using the online World Education Games websites. Sydney will host the competition again this year which involved over 5 million students from over 200 countries and territories, making the World Education Games what is now the world’s larg-
Electric Earth has been selling air-conditioners for several years and has chosen to stock HiSense air-conditioners as they offer the best combination of value for money and after-sales back-up. HiSense air-conditioners are a joint venture between Hitachi and HiSense and guarantee both high levels of technology and at the same time, keeping production costs to a minimum. HiSense is represented in South Africa by GMC air-conditioners, who maintain a high level of spare part availability and are able to provide local technical support. Electric Earth’s sister company, Vinelands Electrical, can carry out the installation in a professional manner, ensuring the final installation will be safe and compliant with SABS-approved electrical regulations.
est online education event. Entries close on 5 March. Pupils and teachers can go to www.worldeducationgames.com to register and take part. Registered pupils (4 to 18 years of age) already have the opportunity to start practicing. “The practice rounds are aimed at getting participants excited about learning and the upcoming challenge and to also give students in each school an opportunity to see how they measure up against the best,” says Rob Masefield, African CEO of Mathletics. World Literacy Day os on 5 March, World
Maths Day on 6 March and World Science Day on 7 March. These three combine to form the World Education Games All that pupils require is internet access. Entry is free. Entrants will compete on different levels depending on their varying ability levels. Pupils and classes are divided into four age categories: 4 to 7 years, 8 to 10 years, 11 to 13 years, and 14 to 18 years. There are lots of exciting prizes up for grabs including minted gold medals, special awards and certificates for the top performers. There is an adult category for educators and parents as well.
Dinsdag 26 Februarie 2013
Herberg Kinderhuis-kermis Die Herberg Kinderhuis op Robertson hou op 2 Maart hul jaarlikse kermis. Daar word met groot opgewondenheid uitgesien na hierdie dag omdat daar vanjaar ook ’n vleistafel gaan wees waar vleis, wors en maalvleis van goeie kwaliteit gekoop kan word. Produkte is vars en teen baie billike pryse beskikbaar. Olyfprodukte, poeding, pannekoek, groente en vrugte, roosterkoeke, gemmerbier, jaffels, tamatiebredie, varsgebak, koekies en beskuit is van die vele produkte wat te koop aangebied gaan word. Dit is ’n dag waar die hele familie saam kan kuier met hope pret vir die kinders soos perdry ritte, gesigverf en skyfskiet. Verrigtinge begin om 09:00 by Die Herberg Kinderhuis. ’n Pretstap word ook aangebied (5.2 km) waar pryse gewen kan word met gelukkige prystrekkings. Inskrywings vir kinders is R10 en volwassenes R15. Inskrywings is oop van 07:00 tot 07:40 by Herberg Kinderhuis, vanwaar die pretstap dan ook begin. Vir nadere besonderhede bel vir Petro Uren op 023 626 3140.
If you know of an interesting person in the Langeberg area, please send us their details, and they can become the next Meet A Local. Send details to gazette@breede.com
Cool Core, spesialiste in verwarmingstoestelle en lugversorging, sorg reeds vir agt jaar dat besighede, wonings en motoriste in die Langeberg koel bly gedurende die somer se snikhete. NJ Rossouw en sy span lewer gehalte en professionele diens. Cool Core spesialiseer ook in die herstel van motors se verkoelingstelsels en die hervul van lugversorging. Multishade op Worcester oorskadu letterlik die bedryf as dit kom by dakkappe, skadunette en louvres. Hulle produkte is duursaam en stylvol omdat Multishade se eerste prioriteit hulle produk is. Kontak hul gerus vir n kwotasie wat in u smaak en behoeftes sal voldoen.
Kwaliteit handelsname in elektriese toebehore en meubels is maar net ’n paar items wat verkoop word by Montspa. Hulle dienste sluit in die lê van volvloermatte en gelamineerde houtvloere, asook die installering van blindings en LG-lugversorging. Montspa bied kwaliteit produkte teen bekostigbare pryse.
Dinsdag 26 Februarie 2013
General - Algemeen
Montagu-tieners vier Valentynsdag Op Vrydagaand 15 Februarie het die jaarlikse Valentynsbal van die Hoërskool Montagu in die skoolsaal plaasgevind. Kaartjies was vroeg reeds uitverkoop en die aand was ’n reuse sukses. Die tema was “Red Door Event” en dit het leerlinge die geleentheid gebied om in hul mooiste uitrustings te pronk. Danica van de Merwe en Juwayne Alcaster is as die Mej en Mnr Valentyn aangewys en Fabiola Jumat en Claudwight Joe is gekies as die Valentynspaartjie van die aand. Dank is betuig teenoor die Verteenwoordigende Raad van Leerlinge (VRL) en die leerlingraad wat die saal so mooi opgemaak het en al die onderwysers wat toesig gehou het.
Die leerlingraad was verantwoordelik vir die versierings. Hulle is Cudine de Koker, Danica van de Merwe, Talitha Myburgh, Stephany Wiese, Herman le Roux, Danel Dreyer, Fabiola Jumat, Ronald Brown en Odelia Mills. Voor is Pieter Booysen, Hannelie Zulch en Agnethea Daniels.
2013-LEIERS: Die prefekte van Laerskool Dagbreek vir 2013 is (agter van links), Mondré De Beer, Carol-Dean, Herling (onderhoofseun), Mhlali Mhambi, Landl Padiachy, Noël Mouries, Crousin Hartsenberg, Keagen Conradie, Junail Fortuin (hoofseurn) en Gillmore Brown. Voor is Zané Windwogel, Elzaan Esland, Lizaan Adams, Lindray Flicks, Sadé Wilgers, Sune Beukman, Britney, Courtney Goliath, Carly Carolus (onderhoofmeisie) en Madré Johann (hoofmeisie).
NEW LEADERS: The RCL (representative council of learners) of Masakheke was recently elected. The learners had their first training session with the theme “Change and making a difference”. Siphosethu Ntsomi is the chairperson of the group and promised that 2013’s RCL will definitely make a difference in the school and community.
WENNER: Jolene Muller van Robertson was die gelukkige wenner wat die dubbele Valentynsete-kaartjie gewen het. Jolene was die wenner omdat sy die eerste leser was ingebel ná sy die Cupid in die Gazette-uitgawe van 12 Februarie gesien het.
Breederivier Gazette
9
10
Geklassifiseerd
Breederivier Gazette
08
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES
11 Sterfgevalle Death Notices
In Memoriam
07 Gelukwensing Congratulations
KAMMIES, DANCEL RAAI wie is 1 jaar oud op VAN STADE CATHERINA JACQUES Geb. 02/03/1979 26/02/2013? (Aunt Katy). Gest. 12/11/2012 Reg geraai dit is Geb. 15/8/1931 Dancel, dit sal jou eerste Martaiyoh America. Baie Gest. 21/02/2013 verjaarsdag wees in die geluk ons groot seun, jy's We celebrate the passing hemel. Ons sou so graag vandag ’n volle 1 jaar oud. on of our mother, geluk wou sê, die verlange Mag die Here jou nog baie grandma, aunt and dear na jou is so groot. Ons mis jare vir ons spaar sodat ons sister . She was an jou nog elke dag. Jou stem dit saam met jou kan inspiration, example and a is stil, jou laggie sal ons geniet. Lekker verjaar. Ons outstanding lady in is lief vir jou. Van: oupa Robertson. We treasure her nooit weer hoor, maar weet dat ons jou altyd sal Ivan en ouma Rien, oupa fond memories and thank lief hê en in ons harte beMartin, jou ooms en God for her life. She waar. Jou mooi herinnetannies, Mammie en Daddy. deserves the rest with ringe sal ons altyd bybly. Jesus. Funeral will takes place on Saturday, March 2, Met liefde van Mammie, RAAI wie is 3 jaar oud op 2013 at 09:00, Loop Street Hennie, Wenice en die 27/02/2013 ? and at 10:00 VGK Moeder- kinders, asook Daddy en Reg geraai: Dit is die Monique. gemeente. From: Children, tweeling Jarren en Jaydah grandchildren and the Cloete-America. KAMMIES, DANCEL whole family. Baie geluk Oupa en Ouma JACQUES se engeltjies. Mag die Geb. 02/03/1979 Here julle nog sommer Gest. 12/11/2012 baie jare vir ons spaar. Dancel, dis jou eerste Julle het vreugde en blydverjaarsdag weg van ons, skap in ons huis en in ons maar ons weet dat jy veiharte kom bring en daarlig is by Jesus. Ons mis jou om hoop ons dat julle ’n baie. Al die lag en terg is wonderlike dag sal hê en van ons weggeneem, maar altyd so soet sal wees. dit is hierdie herinneringe Lekker verjaar. Ons is lief wat die verlange ligter vir julle. Van : oupa Ivan, maak. Ons sal jou altyd ouma Rien (Elsarien), lief hê. Met liefde van: nanna Andrea, uncle Kofi OBED GRACE THAANE Sien, Meagan en Genieve, en uncle Heinari, asook al Geb. 14/10/1928 asook die Paulse en die Paulse en Bruiners Gest. 18/02/2013 America-families. families. Obed has worked at Grand hotel, Commercial hotel and Montagu hotel. Funeral take place on March 2, 2013 at Burwana street, Nkqubela, Robertson. Let him rest in peace. (Laat hom rus in vrede).
PIETERSEN LEE-MUR Raai wie word 1? op 28 Februarie Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: Daddie Cornall, ooms, aunties, ouma Anna, sussie Courtney.
MANEUL, MERCIA GELUK met jou verjaarsdag, 28 Februarie 2013. Stap hierdie dag in met ’n huppel in jou voet, ’n blom in jou hare, sing ’n lied uit jou hart. God is in beheer en niemand kan hom keer. Ek weet God is met jou en sal altyd wees. Geniet jou dag. Van: Mammie en gesin.
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES KRAUKAMP KATRIENA Geb. 15/6/1938 Gest. 23/02/2012 Mamma, 23 Februarie was jou eerste jaar weg van ons, die seer in ons harte is onbeskryflik. Trane rol oor my wange as ek dink aan jou. Van jou 2 dogters Katie & Koekie, seuns en kleinkinders.
102
Allerlei Miscellaneous Services GROOT leerstoel R1 300, kinderfiets R500, goue horlosie R400. Skakel 083 886 9804.
1141
PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 22 Persoonlik/Personal
OP 28 Februarie 2013 verlaat verpleegsuster, Marietjie Visser die verpleegdiens op haar verjaarsdag. Ons wens haar alle voorspoed toe met haar aftrede en glo dat sy haar welverdiende rustyd tuis gaan geniet. Ons sal jou nooit vergeet. Van: Daleen Botes en Elize Stevens (Nkqubela kliniek).
Algemene Dienste General Services HOUSE OF BEAUTY. (Worcester). Lash extensions R250, bring vrindin saam en sy betaal slegs R150. Skakel 023 347 7364.
Dinsdag 26 Februarie 2013
DATA entry workers needed. Own hours, easy step-by-step instructions. Work with a registered company . For full ifo visit www.iosonline.co.za or send your email or postal address to: SMS 072 694 3982 (std rates apply) or email ino@iosonline.co.za
KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.
EIENDOMME PROPERTIES 163
Eiendomme te Huur Property to Let HUIS te huur in Ashton. 3 slpkm, R2 200 per maand. Skakel Kitty 076 902 5588 of 084 236 2235.
Dinsdag 26 Februarie 2013
BOBAAS-VISVANGERS: Willem Buchholz Primêr het op 15 en 16 Februarie ’n visvangkompetisie aangebied. Die wenner van die eerste prys is Mcniel Malgas (links). Hy het ’n swartbaars van 31 cm gevang en wen ’n damvisstok ter waarde van R150 asook visvang-toebehore. Andries de Bruin (middel) het die tweede prys gewen met sy vangs van ’n 29 cm-swartbaars. Hy wen ’n vlekvrye staal-fles, -beker en visvangtoebehore. Andrico de Bruin het die derde plek verower met sy swartbaars en hy is die wenner van visvang-toebehore ter waarde van R30.
General - Algemeen
Breederivier Gazette
11
POTSPEL: Die Hillside Juniors-potspelklub van Robertson het die Young Shooters verslaan met 13 punte teenoor nul in ’n onlangse potspelkompetisie. Spelers van Hillside Juniors het elk volpunte vir hul span behaal. Die span is Lee-Roy Maas, Jacquin Joseph, Gerovan Otto, Brendon Kouter en Domano Jansen. FOTO: ZELDA KLOPPERS
TOP ATHLETES: Two pupils from Masakheke High School were selected to take part in the North Boland championships on Saturday, 23 February in Worcester. Here are (left) Masithembe Mhobo (u. 17 – 1 500 m) and Asonele Khonco (u. 14 – 1 500 m).
CONGRATULATIONS: Two students from Robertson Logos Christian School, Altus (u. 14) and Armand Cilliers (u. 12) received their Northern Boland colours for chess.
Breederivier
Year 17 • 26 Februarie 2013 | Tel. 023 626 5212
Take flight at Swellendam festival Flyers in action.
PHOTO: SUPPLIED
Swellengrebel Flying Club outside Swellendam is hosting its annual Flying Festival from 1 to 3 March. This year the festivities, sponsored by Prosperian Capital, will showcase dozens of pilots flying in from all over the country. The organisers say they have gone out of their way to ensure entertainment for everyone, including pilots, flying enthusiasts, family members and anyone looking for a fun weekend. Activities kick off on Friday afternoon when planes and pilots of all feathers arrive at Swellengrebel Airfield. The organisers have invited classic car owners, pilots flying vintage planes and bikers with bikes of all ages to join in the festivities. Pilots are invited to fly to De Hoop Nature Reserve for lunch on Saturday, while other visitors can go on game drives in Bontebok
National Park, or boat trips on Buffeljags Dam or visit the Drostdy in Swellendam. There will also be helicopter trips and other entertainment in and around Swellendam. Live bands will perform at the airfield on Saturday evening. There will be a full bar and restaurant open from Friday afternoon until Sunday morning after breakfast. On-site accommodation is provided by Zulu Overland, an expert in the field who offers adventure excursions all over Southern Africa. They offer two-man tents with mattresses at R120 per tent per night. Those who prefer to stay in hotels or guesthouses can contact Swellendam Tourism on 028 514 2770 or send an e-mail to swellendam@gsto.co.za. Full information is available on www.swellendamairfield.co.za and on its facebook page.
Robertson wen derby-trofee Die jaarlikse Robertson Build-It-wisseltrofeederby is die afgelope naweek aangebied waartydens die Robertson Rugbyvoetbalklub (RVK) en die Robertson Rangers kragte gemeet het. In die eerste helfte het Robertson RVK die oorhand gehad en met 22-3 voorgeloop. In die tweede helfte het die Rangers egter hard teruggeveg en vyf minute voor die eindfluitjie was die telling gelykop. Robertson RVK het egter die wendrie gedruk en verdoel om die wedstryd 29-22 te beklink. Robertson RVK se tweede span het ook hul wedstryd teen die Rangers se tweede span met 8-6 gewen, terwyl die Rangers se veterane-span vir Robertson RVK veterane met 27-20 geklop het. ) Robertson RVK hou hul jaarvergadering op 5 Maart om 19:00 by die Van Zyl-sportterrein. Vir meer inligting, bel Steve Jones by 083 555 4620.
Mitchel Eyssen van Build-It oorhandig die derby-trofee aan Johan Stefanus, kaptein van Robertson RVK. By hulle is Pieter Pieters van Build-It.
Logos went big on golf The Logos Golf Day presented by Breedenet was held on Saturday 16 February and was hailed a success by all involved. The on-course sponsor banners were gaily highlighted against the immaculate greens and fairways of the Robertson Golf Club. Each golfer received a Pick n Pay hamper and a Breedenet camping bag. Golfers were treated to a Strictly Coffee cuppa and a Steers burger and chips at the Halfway, and a Robertson SuperSpar platter after the game. The most hotly contested hole was the third, seeing that the first to hit a hole in one on this 131 m would win a car from Robertson Toyota. With a crowd watching from the clubhouse veranda the pressure got to several of the golfers. A well-known Robertson farmer landed his drive just
over the ladies tee box and another fished his second shot out of the river. A third cleared the green, fortunately missed the caddies, and drove the ball into the cloakroom. Sadly, no-one hit a hole in one on the third. But Elmar de Groot, owner of WEBelieve IT and the winner of the La Verne Boutique hamper, came so close that a breath of wind would have been helpful to roll the ball into the hole. Several holes in one during the AH Marais putting competition resulted in a nail-biting finish. In a determined effort, Michael Joannou won the mountain bike in the wedge competition sponsored by Van Tonder Fietswinkel. Runner-up Willem Nel also received a Pro Tour fairway wood. The overall winners of the day were Nico Marais and Lodewyk Noble.