Breederivier
X1PN5JCD-BZ270115
Year 19 • 27 Januarie 2015 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za
Goeie druiwe stroom vroeg in
Dit is parstyd in die Langeberg! By Rooiberg Kelder het André Scriven (senior wynmaker), André van Dyk en Pieter Rossouw (wynmaker) seker gemaak alles verloop seepglad met die aflaai van dié vrag sauvignon blanc. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER HILDERINE SCHRÖDER Parstyd is in volle swang en alle tekens dui daarop dat dit opnuut ’n uitstekende seisoen gaan wees. Volgens Hennie Visser, Vinprowingerdboukundige in die Robertson-area, word ’n goeie opbrengs verwag, hoewel dit dalk effe kleiner kan wees as dié van verlede jaar.
Die kwaliteit van die streek-oes, voeg hy by, was tot nou toe uitstekend. “Die druiwe is baie gesond. Daar was feitlik geen siektes nie en geen vrot om van te praat nie. “Dit is regtig van ’n baie goeie gehalte.” Die hoë gehalte van die druiwe, sê Visser, behoort vanjaar uitstekende wyne tot gevolg te hê, met veral rooiwyne wat moontlik vanjaar sal uit-
staan. “Die kleur van die rooi druiwe is oor die algemeen beter as verlede jaar,” sê Visser. Die streek het die afgelope drie jaar uitstekende oeste beleef met 2012 wat die grootste oes nóg in die streek gehad het. Hoewel vanjaar se oes waarskynlik nie dié rekord sal ewenaar nie, aldus Visser, behoort dit min of meer dieselfde te wees as dié van verlede
jaar. Hoewel dit tans lyk of die eerste druiwe wat tot nou toe geoes is minder is as verlede jaar, is daar heelwat nuwe aanplantings wat nou in produksie is, wat dus tot die totale oes van vanjaar sal bydra, sê Visser. “Dit wil dus lyk of die oes soortgelyk sal wees as dié van verlede jaar.” Produksieverlies is verlede jaar deur ’n baie hoë siektedruk en groot
haelskade in die Bonnievale-gebied meegebring, maar dié faktore het vanjaar geen rol gespeel nie. Volgens Visser behoort die afgelope tyd se hoë temperature weinig impak op die oes te hê, solank besproeiing effektief toegepas word. “Die lower is gewoond aan die hitte want hulle kom deur ’n warm seisoen. Daar is nog nie eintlik sonbrand in die area opgemerk nie.”
VALID FROM 27 JANUARY - 01 FEBRUARY 2015 X1PN1GRH-BZ270115
2
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Vars produkte te koop Die NG kerk Robertson-Oos se Vars Produkte-mark vind op 5 Februarie vanaf 17:00 by die Robertson-Oos-gemeentesaal plaas. ’n Groot verskeidenheid vrugte, groente en ander produkte sal beskikbaar wees. Verversings sal ook te koop wees.
Dinsdag 27 Januarie 2015
Time to bring in the harvest When the sun rides high in the heavens, it is time to bring in the harvest, a time when, in days of old, the whole community came together. Family, neighbours and friends gathered to work from sunrise to sundown to bring in the crop. Our sense of community may have changed, but it is still a time for people, who are passionate about the potential within a humble bunch of grapes, to come together. With the 2014 event being such a huge success, the Robertson Wine Valley will once again welcome the public with open arms for a magical two months of harvesting from 7 February until 29 March with its Hands-on Harvest festival. Traditionally this festival was held annually during only one weekend but due to popular demand the festival has been extended. Feast your eyes on the intricate art of wine making, stomp grapes to your heart’s content or take a leisurely trip through the vineyards by tractor or on horseback,
ELKE DINSDAG ) Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) vergader om 19:00 by die Thusong-sentrum. Navrae: 0 082 666 9884 of 023 626 1337.
ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem 19:30 in die Eeufeessaal op Robertson.
EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND The Hands-on Harvest festival is one event you do not want to miss! Make sure you visit the festival’s official website and join in the fun.
PHOTO: LARESA PERLMAN
followed by a scrumptious picnic. As some of the region’s wineries are not traditionally open to the public, the focus is on hosting a series of intimate events, ensuring that visitors are treated to a unique hands-on experience. Come for the day, a weekend or week or stay the entire two months of harvest and experi-
ence all that this beautiful valley has to offer during its Hands-On Harvest festival. For a full programme of activities (which includes contact details for participating wineries), visit www.handsonharvest.com. For enquiries, call Elizma Botha on 023 626 3167 or send an email to manager@robertsonwinevalley.com.
Toptalent by Kabaretmania sentiment te trek. Die Suidoosterfees het Zanne Stapelberg en die geen bekendstelling nodig pianis, Albie van Schalknie en as voorloper tot die wyk, betower die gehoor op fees is dit van 28 tot 30 Ja30 Januarie in Kunslied, nuarie weer tyd vir KabaKabaret en Eie Kontrei. retmania. Kom geniet ’n aand van Kabaretmania skop op alternatiewe repertorium 28 Januarie in Welgesoos uitgevoer deur hierdie meend by die Hoërskool stemtowenaar en haar piaJan van Riebeeck af, waar nis. mense kan kom luister na Die befaamde internasiodie Jaloersbokkies met Janale fotojoernalis Cloete waahier en Ashur PeterBreytenbach se versamesen (kinders van die legendariese Taliep Petersen) Die Jaloersbokkies sal tydens hul vertoning by Kabaret- ling ikoniese foto’s van Distrik 6, wat tussen 1960 en en ook die sangeres Nedi- mania liedjies sing wat een en almal ken. 1966 geneem is, gaan dien ne Blom. Izobell neem sy gehoor op ’n as agtergrond vir die KabaretmaDie Jaloersbokkies sing Afrikaanse piekniek- en saamsing- reis met die hipnotiese kwaliteit nia. Kaartjies vir Kabaretmania van sy stories en stem. Hy is die is R120 (insluitend versnapeliedjies wat almal ken. en beskikbaar by Op die tweede aand van Kaba- poppemeester van emosies en rings) retmania (29 Januarie) is Alistair weet presies hoe om die toutjies 0 021 406 4007 ( kantoorure). Alle Izobell in Kontrei aan die beurt. van kommentaar, komedie en vertonings begin om 19:00.
X1PN5M71-BZ270115
X1PLHLF5-BZ270115
X1PN1GVM-BZ270115
) Teetuin en oggendmark by die Robertson-museum se anneks.
SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.
SATERDAG 7 FEBRUARIE ) Logos Gatsby-gholfdag by die Robertson-gholfklub, Silwerstrand. Inskrywings: R1 600 per vierbal. Navrae: Proshop, 0 023 626 1090
SATERDAG 14 FEBRUARIE )Valentine’s Sunset met verskeie kunstenaars, waaronder Piet Botha en Faraway George, om 18:00 by Wolfkloof. Kaartjies: R100. Piekniekmandjies opsioneel. Navrae: 0 074 339 5008. ) Valentine’s Sunset Picnic Concert from 17:30 at the KWV Gallery/Museum Courtyard, Montagu. Tickets: R50. Available from Burgundy Gherkin: 0 023 614 3734 or Montagu-Ashton Tourism office: 023 614 2728. ) McGregor Valentynsete. Koste: R150 per persoon. Navrae: 0 023 6265 1685.
SATERDAG 28 FEBRUARIE ) Relay For Life vanaf 18:00 by die Robertson-skouterrein. ) Herberg Kinderhuis se kermis.
SUNDAY 1 MARCH ) Car boot sale and flea market from 10:00 – 13:00 at the KWV Art Gallery, Montagu.
X1PN21FW-BZ270115
AAAAAA-BZ270115
Dinsdag 27 Januarie 2015
News - Nuus
3
Breederivier Gazette
R5,2 m vir hingsvul
’n Verskil deur rehabilitasie
HILDERINE SCHRÖDER
ANNELDA GROOTBOOM
Die Robertsonstreek lewer nie net uithaler wyne nie, sy renperde se gehalte is ook van só aard dat een verlede week alle rekords by die Cape Premier Yearling Sale in Kaapstad laat spat het.
Dwelm- en tikmisbruik het so ’n groot probleem geword in ons gemeenskappe dat gesinne en families opgebreek word. Dis om dié rede dat Joe van den Berg, inwoner van Worcester en stigter van die Cornerstone Rehabilitasiesentrum, besluit het om verlede jaar ’n sentrum in Worcester te open en uit te reik na dorpe soos Robertson, Ashton, Bonnievale, McGregor en Montagu, waar die Die Cornerstone Rehabilitasiesentrum op Worcester wil alles in die stryd werp om dwelmmisgebruik van dwelms ’n bruik in die streek aan te pak. kopseer word. Dienste wat by die sentrum gele- ne vandaan kom, verwys Van der Van der Berg, wat jare lank ’n maatskaplike werker is en eers vir wer word sluit in die hantering van Berg na die teks in die Bybel wat die departement van maatskaplike gedragsprobleme, emosionele en lees dat dié steen wat deur die boudienste gewerk het, het in Mit- sielkundige effek van dwelmmis- ers verwerp is, die hoeksteen gechell’s Plain ook ’n rehabilitasie- bruik, geestelike opheffing, le- word het. Juis hiervoor glo hy dat verslaafsentrum geopen, maar sy hart was wensvaardighede, familie-berahier by sy eie mense, sy tuisdorp ding, groeps- en individuele bera- des ná rehabilitasie weer terug in hul gemeenskappe geplaas moet waar hy die vervalle toestand ge- ding. Die sentrum het toegewyde per- word met die regte toerusting, sosien het waarin jongmense is en het besluit om deur dié sentrum soneellede soos maatskaplike wer- dat hulle op húl beurt by ophefkers, beraders, professionele ver- fingsprojekte kan inskakel en as mense te help. Die sentrum bied aan dwelmver- pleegsters, sielkundiges, program- motiveerders gebruik kan word. Volgens van den Berg sukkel slaafdes wat graag opgeneem wil fasiliteerders en nagsekuriteit. Die sentrum mik nie net daarna baie van die verslaafdes met selfword ’n ses-weke-tydperk waarin hul met die individue werk. Moni- om verslaafdes aan die hand te vat vertroue maar, voeg hy by, hy glo tering word eers gedoen om te be- nie, maar hou ook ouervergade- hulle sal ná die program baie meer wys dat die individue wel dwelms rings om ouers te leer hoe om ’n selfvertroue hê en sodoende ook vir werk kan aansoek doen. gebruik het en vandaar word die verslaafde te hanteer. Indien mense meer oor die rehaDít omdat gesinne dikwels deur assessering begin. Die individue word ook nie ge- dwelmmisbruik en ’n onkunde om bilitasiesentrum se dienste asook dwing om deel te word van die pro- dit reg te hanteer, uitmekaar ge- die fooie vir die program wil weet, kan hulle die kantoor by 023 342 gram nie, maar uit eie wil toege- skeur word. Gevra waar die naam Cornersto- 4025 skakel. laat.
AAAAAA-BZ270115
X1PNBR0M-BZ270115
For a love affair worth toasting Book your Valentine’s Buffet today at Golden Valley! Saturday 14 February 2015 | R165 per person Free welcome drink on arrival. Contact 023 348 7200 or goldenvalleyinfo@suninternational.com for details.
X1PN418H-BZ270115
REDWORKS 75799/E
Die jaaroue Die hingsvul Shining Knight, van die stoetplaas Maine Chance, hingsvul, Shi- het verlede week rekords laat spat by die Cape Premier Yearling ning Knight, van Sale in Kaapstad. FOTO: CAPETHOROUGHBREDSALES.COM die stoetplaas Maine Chance buite Robertson, het die room van die stoeterye met perde die kwik onder bieërs hemelhoog op- op die veiling met verskeie perde wat gejaag op die uiteindelike bod op vir meer as R1 miljoen verkoop is. Volgens John Slade, bestuurder R5,2 miljoen te staan te bring. Die meeste nóg vir ’n jaaroue van die Maine Chance-stoet, is hulle hingsvul. Dié bod van ’n Rustenburg- in die wolke oor die prys wat Shining se wildboer, Piet du Toit, het alle vo- Knight losgeslaan het. Dié prestasie, sê hy, kan deels toegeskryf word aan rige rekords aan flarde laat spat. Du Toit, wat vir die eerste keer tot die hingsvul se uitstekende bloedlyn die volbloedmark toegetree het, het sowel as goeie bieërs en eerste koper. Shining Knight is uit die kampiook R2,5 miljoen opgedoek vir ’n merrievul van die Avontuur-stoet buite oenhings Dynasty en merrie Shina, wat uit Duitsland ingevoer is, geteel. Somerset-Wes. Die Langeberg-streek het bene- Shina is ’n volsuster van verlede jaar wens die topbod, ook gespog met die se kampioenhings, Silvano. Altesaam 200 jaaroud-vullens is instoet wat die meeste vullens verkoop het. Die Klawervlei-stoetery van geskryf vir die Cape Premier YearBonnievale het altesaam 53 vullens, ling Sale in die Kaapstadse Internasiteen altesaam R34,9 miljoen, van die onale Konferensiesentrum. Sowat hand gesit met Highlands wat die die helfte van dié vullens is verlede tweede plek met 21 vullens, teen Donderdag (22 Januarie) opgeveil, terwyl die res Vrydagaand onder die R19,5 miljoen, losgeslaan het. Die streek se stoetplase was onder hamer gekom het.
4
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Dinsdag 27 Januarie 2015
KFC (Kids Fighting Cancer) is een van die groepe wat volgende maand aan die Relay For Life op Robertson gaan deelneem.
Stap deurnag vir kanker Kanker het ’n geweldige impak. Nie net op die persoon waarby dit gediagnoseer is en daarteen moet veg nie, maar ook op dié persoon se familie en vriende. Dié impak kom jaarliks onder die vergrootglas wanneer gemeenskappe nader staan vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Relay For Life, een van dié instansie se grootste geldinsamelingsgeleenthede. Op 28 Februarie vanaf 18:00 gaan Valleiers, oud en jonk, oudergewoonte op die Robertson-skouterrein toesak vir die plaaslike Relay For Lifegeleentheid. ’n Hele paar spanne, waaronder KFC (Kids Fighting Cancer), PwC en Giants of Faith, het reeds ingeskryf vir hierdie jaar se deurnag-geleent-
heid waaraan kankeroorwinnaars ook deelneem. Diegene wat nog nie hul spanne gefinaliseer het nie, het egter steeds tyd om in te skryf. Spaninskrywings kos R650 met spanne wat uit 10 tot 15 lede bestaan. As jy nie genoeg mense vir ’n span byeen kan bring nie, het jy geen rede tot kommer nie. Individue is welkom om ook aan die aflos deel te neem. Hierdie jaar word die streek se wynplase uitgedaag om ook almal ’n span in te skryf. Moenie dié kans om ’n bydrae te lewer vir die stryd teen kanker laat verbyglip nie! Dié wat bekommerd is dat hulle dalk gaan sukkel om deurnag wakker te bly, kan maar ontspan. Wicus van der Merwe, wat ook die geleentheid gaan ondersteun, sal sonder twyfel met al sy kwinkslae sorg dat energievlakke heeltyd hoog bly.
X1PMWQQW-BZ270115
Buiten die joligheid wat al sinoniem is met Relay For Life, kan deelnemers ook uitsien na die luminariaseremonie waartydens kankeroorwinnaars, sowel as dié wat die stryd teen dié gevreesde siekte verloor het, onthou sal word. Luminaria-sakkies is reeds beskikbaar teen R10 stuk. Kankeroorwinnaars gaan oudergewoonte ook gehuldig word. Dié geleentheid sal om 16:00 plaasvind. Oorwinnaars word egter versoek om voor 16 Februarie te bevestig of hulle dié geleentheid sal bywoon. Vir navrae of meer inligting, bel Franchonet Tredoux by 072 545 1920 of Anne-Marié du Plessis by 086 163 2200, of besoek die Facebookgroep CANSA Relay For Life Langeberg. Toegangsfooie vir Valleiers wat graag die Relay- For Life wil bywoon, beloop R50 per persoon.
X1PN41M1-BZ270115
KERSBEDERF GEE KINDERVREUGDE: Sowat 380 minderbevoorregte kinders van Droë Heuwel en Môreson in Robertson is verlede jaar met ’n Kersfeespartytjie by die Robertson-skouterrein bederf. Gian Groen en sy gesin het dit ’n gesinsuitstappie gemaak en het die kinders en toesighouers vermaak met Kersliedere en sy Afrikaanse treffers. Twee plaaslike inwoners, wat beide ’n hart het vir minderbevoorregtes, het saamgespan om die dag ’n sukses te maak. Karin Crous en Solly Sollomon het met behulp van plaaslike ondernemings en weldoeners borge en donasies ontvang wat dit moontlik gemaak het om vir die kinders op ’n fantastiese ervaring te trakteer: van met sokkerballe speel, musiek luister en saamsing en dans saam met Gian, tot heerlike kerrie en rys en yskoue koeldrank en ’n Kersboom- koek van amper 2x2 m wat Loretta’s gebak het. Die dag se sukses word toegeskryf aan bereidwilligheid van mense om te gee sowel as kos kook, sowel as hulp op die dag. Karin en Solly wil graag elkeen bedank vir hulle bydraes.
X1PN5J99-BZ270115
X1PN5MRR-BZ270115
Dinsdag 27 Januarie 2015
Toppresteerder ANNELDA GROOTBOOM Sy gesig straal van opgewondenheid en ’n glimlag wat spreek van harde werk wat beloon word en iemand wat nederig is ondanks die feit dat hy die topleerder is van sy skool. Henri Beyers, topmatrikulant van Langeberg Sekondêre Skool, het gedink dat hy dalk tweede of derde Henri Beyers is die Langeberg Sekondêre Skool se topleerop die top drie der. FOTO: ANNELDA GROOTBOOM presteerderlys sou wees. Hy het nooit kon droom matriekjaar geslaag het, beteken dat hy, met ’n gemiddeld van allermins dat hy nét agter sy boe62,5%, die skool se beste presteer- ke gesit het. Volgens Henri het hy ook heelder sou wees nie. Harde werk is geen nuutjie vir wat tyd saam met sy vriende deurHenri nie maar, verklap hy, sy gebring en het hy ook graag rugeintlike suksesresep was om bywedstryde gekyk. Met matriek agter hom het Hendeurlopend vooruit te leer in al sy vakke en dan in die eksamen slegs ri sy oog op self groter hoogtes en beoog hy om medies aan die Uniop hersiening te fokus. Dít, en die feit dat hy fyn opgelet versiteit van die Wes-Kaapland te het in die klas en sy vakonderwy- studeer. Hiérvoor het hy op eie sers se lesaanbiedinge in die klas stoom reeds begin voorberei deur baie geniet het, het bygedra tot sy gedurende die September-vakansie as vrywilliger by die Robertsukses, vertel hy. Die feit dat hy sewe vakke in sy son-hospitaal te werk.
General - Algemeen
Breederivier Gazette
5
Groot drome word waar vir evangelis ANNELDA GROOTBOOM Wat net eers ’n droom was om mense met ’n honger en dors vir die Woord van die Here byeen te bring, het vroeer die maand ’n werklikheid geword toe talle Robertsonners in die Robertson-gemeenskapsaal byeengekom het. Volgens Willem Mouries, ’n gebore Robertsonner en gekwalifiseerde evangelis, het hy ’n droom gehad waarin hy homself in ’n veld bevind waar mense die mooiste gesange sing, maar waar hy ook bejaarde en siek vroue, asook mense met ’n honger op hul gesigte na hom sien staar het. Hoewel hy verlede jaar al die droom gehad het, moes hy eers deur gebed seker maak dat dit wel die regte ding is om te doen. Mouries het ook in Oktober verlede jaar ’n vergadering gehad met die leiers van sy vorige gemeente om sy droom en visie oor sy roeping met hulle te deel. Met die eerste kerkdiens twee weke gelede kon hy skaars glo hoe die droom stukkie vir stukkie soos ’n legkaart in mekaar pas. Die feit dat die kerk stampvol was het hom laat besef watter honger mense vir die Woord van die Here het. Vir Mouries gaan dit egter nie bloot om ’n kerk of denominasie en mense te akkommodeer nie. Sý visie is om mense toe te rus met die Woord en van hul dissipels te maak sodat hul die Woord verder kan verkondig en só dissipelskap te bevorder én, voeg hy by, “om die goeie nuus te versprei aan duisende inwoners in die Vallei en soveel moontlik lidmate in die arms van ons kerkfamilie te verwelkom en in harmonie lief te hê, te leer, te lag en te leef”.
X1PN5LWM-BZ270115
Willem Mouries, ’n plaaslike evangelis, koester groot drome om die Woord van die Here in die Robertson-area te versprei. FOTO: ANNELDA GROOTBOOM Die mikpunt van die bediening is om, deur deelname van die gemeenskap, ’n naam te kies en te registreer en ook stukkende en verworpe mense te huisves en deel te maak van die liggaam van Christus. Gevra oor hoe hy dié bediening sien sê Mouries hy wil oor vyf jaar ’n kerkgebou hê om mense te vestig. Sy wens is om samewerking tussen die kerke en maatskaplike organisasies in die dorp en Vallei te bevorder om daardie ekstra myl saam met mense te stap. Mouries sê kwessies soos tik-, dwelm- en drankmisbruik moet aangespreek word deur huisgesinne te bemagtig deur aan hulle leiding te gee om die euwel te identifi-
seer en met wortel en tak uit te roei. “Werkssessies moet ook begin word om mense te bemagtig, maar bo alles moet liefde gegee word aan diesulkes wat vasgevang word in die misbruik van dwelm- en drank.” Daar is reeds sedert gister (Maandag) ’n deur-tot-deur veldtog in Robertson se Dorpsig-wyksgebied begin om bietjie meer met die inwoners te deel en honger siele te voed. Sodra almal in Dorpsig bereik is, sal daar met ’n opelugdiens in die area afgesluit word. ’n Kerkdiens word Sondag (1 Februarie) om 10:00 in die gemeenskapsentrum in Hopleylaan gehou. Belangstellendes kan Mouries by 060 870 4921 of 072 482 6899 bel.
X1PN41Q5-BZ270115
6
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Dinsdag 27 Januarie 2015
Kleingoed verklap hul drome HILDERINE SCHRÖDER Kleingoed in die kusprovinsies het Woensdag aangetree vir die eerste dag van hul nuwe skoolloopbaan. Die trane ná hulle Ma en Pa vir oulaas
Nicolaas Bruwer (7) van die Laerskool Ashton sê hy wil ’n polisieman word sodat hy eendag al die skelms kan vang.FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER
Waycia Eyberg (6), van die Laerskool Montagu: “Ek wil ’n polisie word. My Ninnie (tannie) is in die polisie en sy vang baie skelms.”
moes groet, het gou plek gemaak vir opwinding oor al die pretaktiwiteite in die klaskamer. Die Breederivier Gazette het by ’n paar skole gaan kuier en by van die kleingoed gaan hoor wat hulle eendag wil word as hulle groot is.
Juwaydan van Niekerk (6), van die Laerskool Ashton wil ook ’n polisieman word. “Ek wil die skelms optel en as iemand iemand doodskiet, gaan ek hom vang. Ek wil ook mense help.”
Kihano Munnik (6), van die Ashton Publieke Gekombineerde Skool, wil ’n brandweerman word, maar hy is nie heeltemal seker hoekom nie. “My ma het gesê,” vertel hy.
Onele Phango (6), Ashton Public Combined School, wants to become a policeman. “I want to catch the people who are selling drugs.”
Monja Stemmet (6), Laerskool Ashton: “Ek wil ’n juffrou word. Ek wil die kinders slim leer.”
Joël Gorden (6), van die Laerskool Montagu: “Ek wil ’n zookeeper word want ek wil net diere red.”
Rasmika Matthys (6), van Ashbury Primêr, sê sy wil ’n juffrou word. “Dit lyk vir my lekker.”
Emmerentia Pike (6), van Ashbury Primêr, wil ook ’n juffrou word. “Ek wil kinders leer slim word.”
Someleze Mangele (6), Ashton Public Combined School: “I want to be a prison warder and look after the prisoners.”
Elsebeth van Staden (6), van die Hoërskool Bonnievale: “Ek wil ’n veearts word. Ek hou daarvan om diere te dokter.”
Phiwokuhle Fanele (6), from the Ashton Public Combined School, wants to be a nurse one day. “I want to help the people who are sick, specially ones with Aids.”
Jacobus Beukes (6), van die Laerskool Montagu, sê hy is nog nie seker wat hy eendag wil doen nie. “Maar ’n brandweerman is lekker!”
Guan Daniels (6), van die Hoërskool Bonnievale: “Ek wil ’n bewaarder word. Ek wil keer dat mense weghardloop uit die tronk.”
Hannelo Viljoen (6), van die Hoërskool Bonnievale, sê sy hou baie van diere en wil graag ’n veearts word.
Danelle Danster (6), van die Laerskool Dagbreek op Robertson, wil graag ’n dokter word. “Ek wil mense inspuitings gee.
Frederico Stallenberg (6), van Ashbury Primêr: “Ek wil ’n army man word. Dit lyk baie lekker!”
Nicole Adendorff (6), van die Laerskool Dagbreek: “Ek wil ’n polisievrou word. As mense baklei wil ek hulle stop.”
Kizaan Steenkamp (7), van die Laerskool Dagbreek, wil ook ’n dokter word. “Ek wil mense gesond maak.”
HEALTH INTERNSHIP OPPORTUNITIES DATACAPTURERS CAPE WINELANDS HEALTH DISTRICT REMUNERATION: INTERNS WILL RECEIVE A STIPEND OF R2 200.00 PER MONTH DURATION OF CONTRACT: 12 MONTHS ONLY CLOSING DATE: 13 FEBRUARY 2015 REFERENCE NO: DC 15/16 (CWHD)
DATACAPTURER INTERNS WILL:
• Capture data on various Health Information Management systems • Provide accurate reports to Supervisors.
NOTE: please specify which facility is closest to you, i.e. hospital or clinic To be considered, you will need: • To be between ages of 18 – 35 years • A National Senior Certificate(Grade 12) with the following subjects: • English • Mathematics level 3(40-49%) or Mathematics literacy 4(50%-59%) • Life Science or Biology in your final year.
Directions to applicants: • Applicants are encouraged to apply online via our simple and user friendly website: www.westerncape.gov.za/HealthEPWP and follow the instructions carefully. • Hard copies of the Z83 application forms which are obtainable at your nearest police station, health facility or at the Cape Winelands District Office in Worcester can be posted to: The Director, Cape Winelands District Office, Private Bag X3079, Worcester 6849, for attention of Human Resource Development. Please submit this form together with your concise CV and certified copies of your South African ID and Matric Certificate. • Only completed applications will be considered, therefore ensure that all requested documentation is attached and certified. • Only shortlisted applicants will be contacted. Please ensure all contact numbers are current. PLEASE UTILISE ONLY ONE OF OUR APPLICATION OPTIONS, EITHER ONLINE OR THE HARD COPY.
CONTACT PERSONS: Please refer all enquiries to Fernando Rangolie on tel. 023 342 1339 or Sid Fass on tel. 023 482 8806 Equity profiles are applicable. Disabled candidates are encouraged to apply. 121677 ayandambanga.co.za
Dinsdag 27 Januarie 2015
) Die Ashton-gemeenskapspolisiëringsforum hou vanaand (27 Januarie) om 18:00 sy algemene jaarvergadering. Tydens dié geleentheid sal daar ook ’n nuwe bestuur verkies word. Alle instansies word versoek om kandidate te nomineer om op die forum te dien. Instansies soos skole, kerke, sportklubs en bejaardesorg word versoek om ’n bydrae te lewer om misdaad effektief hok te slaan en saam ’n oplossing te kry vir probleme in die plaaslike gemeenskap. ) Die Bonnievale-gemeenskapspolisiëringsforum hou 29 Januarie om 19:00 sy algemene jaarvergadering en verkiesing in die Bonnievale-dienssentrum oorkant die polisiekantoor. Alle belangstellendes is welkom. ) Die McGregor-polisie ondersoek ’n saak van voertuigdiefstal ná ’n onbekende verdagte verlede week ’n wit Opel Corsa-bakkie vanuit Loopstraat gesteel het. Die voertuig is vermoedelik tussen Maandagnag (19 Januarie) en Dinsdagoggend gesteel. Die voertuig is later verlate op die hoek van Meulstraat gevind. Geen verdagtes is tot dusver in verband met die voorval vasgetrek nie. Enigeen met enige inligting word versoek om die McGregor-polisie by 023 625 8000 te bel. ) Die McGregor-polisie het vyf verdagtes vir die besit van dwelms in hegtenis geneem op sy E-skof verlede Dinsdag (20 Januarie), ná ’n wenk van die publiek. Daar is op 10 strooitjies tik en vyf stoppe dagga by ’n woning in die informele woongebied beslag gelê. ) Met die nuwe skooljaar wat verlede week afgeskop het, gaan die McGregor-polisie sy sigbaarheid by skole aansienlik opskerp. Dít vorm deel van sy stryd teen dwelms in die area aangesien dit aan die lig gekom het dat kinders dikwels deur dwelmhandelaars geteiken word om hulle te help om middele te versprei. Patrollies by skole sal veral soggens en smiddae, wanneer leerders die perseel verlaat, opgeskerp word.
IS THIS YOURS? The Montagu Police need information regarding a Super Sonic Music Player that was recently found in the possession of a suspect. If anyone recognises the player and can confirm ownership, please contact Detective Sergeant Elizma Rayners on 079 894 1784 or 023 614 8317.
News - Nuus
Breederivier Gazette
7
8
Breederivier Gazette
News - Nuus
Dinsdag 27 Januarie 2015
X1PN5MA5-BZ270115
Dinsdag 27 Januarie 2015
News - Nuus
Breederivier Gazette
9
X1PN5MA6-BZ270115
10
Geklassifiseerd
Breederivier Gazette
FAMILIEKENNISGEWINGS
STERFGEVALLE 1005
BARON SHARNEIGH Geb: 28/01/2000 Gest: 07/01/2014 Die 28 Januarie 2015 jou 2de verjaarsdag weg van ons. Wanneer die verlange kom maak dit so seer. Jou uurglas het leeg geloop en tot hier het God ons gedra. Ons berus ons in jou mooi herinneringe. Van ouers, Julia, Ashley, Jacquin, Ryan en Elzano.
WINDVOGEL LENIE None can fill you void, but rest in peace Mamma. From Esmè, Nicol and children.
WINDVOGEL LENIE Hulle vir wie jy lief was, leef altyd voort in jou hart. Rus sag liewe Mamma tot ons weer ontmoet. Van June, Andy en kinders.
Dinsdag 27 Januarie 2015
TE KOOP
ELEKTRONIES & DIGITAAL 1625
WINDVOGEL LENIE Mom you are in a better place. Rest in peace. We will always love and miss you. From Andrew, Ann and children. WINDVOGEL LENIE Dankie Mamma vir die mooi nalatenskap. Rus sag. Van Selwyn, Clara en kinders.
IN MEMORIAM
COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577. MASJINERIE & TOERUSTING 1650
OPEL CORSA TOWBAR te koop. Skakel: 079 395 3355.
BIELIE VAN ’N UI: Dié reuse-ui is onlangs uit ’n tuin in McGregor geoes. Die ui, net soos die res aan die tros, het ’n omtrek van 11,5 cm gehad en is sonder bemesting gekweek.FOTO: ZELDA KLOPPERS
BETREKKINGS 3600
1015
ALGEMEEN 3680
HONDE GROOMER met goeie ondervinding gesoek in Worcester. Faks CV na 086 730 5692 of Kontak 082 075 6001. KAREN NIEMAND Geb: 27/08/1965 Gest: 24/01/2014 Sag val die blare van verlange. Diep vloei die wonde van rou. Tog, deur die hartseer moet jul onthou. Droog jul trane en moenie ween. Karen, was maar net aan ons almal geleen. Sal met liefde onthou word deur haar man, kinders & familie.
WINDVOGEL LENIE Rus sag Mamma. Lief jou altyd. Van Sharon, Carlo en kinders.
ALGEMENE STOORWERKER met kode 10 lisensie benodig. Handig volledige CV af by Bemchem Marketing Langstraat 4A, Robertson.
DIENSTE 2420
WINDVOGEL LENIE We know you are in a better place. R.I.P. From Eben, Anver and Vernley. CATHERINE (AUNT KATRINA) AFRICA. Gest: 29 Desember 2004 Reeds 10 jaar van ons WINDVOGEL LENIE weggeneem. Die verlange Ons harte is seer en die is steeds groot en die gemis is alreeds groot, gemis sal altyd daar wees. maar ons gun jou die rus Mamma. Van Claudette en Van Eddie, Caylene, Newton, O'ryan en Grantham. kinders.
X1PNA1PW-BZ270115
X1PN6AYW-BZ270115
X1PN5JY5-BZ270115
Dinsdag 27 Januarie 2015
Schools - Skole
Breederivier Gazette
11
Selected products on this page have been styled for photography
SAVE R14
49
95
E R O M NUUT BY HOËRSKOOL ROBERTSON: Die Hoërskool Robertson het ’n nuwe toevoeging tot sy personeel. Nadia du Toit is in die plek van Tineke van Zyl, wat die skool verlede jaar vaarwel toegeroep het, aangestel. Du Toit is ’n kranige tennisspeler en die skool sien uit na die bydrae wat sy op dié gebied tot die skool gaan lewer.
Per kg
SAVE R5
56
R
PnP Fresh Chicken Breast Fillets 4s or 18s
FRESH
Bulk Country Classic Boerewors Per kg
Fresh Fruit
Deli
6
BUY 3 FOR
R
20
Bakery
PnP Mangoes
90
15
90
PnP Sandwich Ham Per 100g
1 6 59 90
SAVE R5
15
90
Nescafé Classic 200g Dawn Jar
SAVE R1
80
13
90
All Gold Tomato Sauce 700ml
Coca-Cola Regular 2 Litre
9
Rama Original Margarine 500g Brick
40
B Blue Ribbon White Toaster W Bread 700g B
SAVE 2.20
NUWE BLOED: Die Robertson Voorbereidingskool het vanjaar ’n nuwe onderwyser verwelkom. Simoné Wentzel, wat op Wellington studeer het, sal vir die gr. 3’s klasgee.
PnP Hot Dog Rolls 12s
17
70
SAVE R7
PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre Each
SAVE 4.70
18
70
39
S kk Spekko Parboiled Long Grain Rice 2kg
25
80
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
90 SAVE R46
49
Mama’s Frozen Pies Assorted 6s Per Pack
90
Ariel Auto Washing Powder 3kg, Power Capsules 21s or Washing Liquid 2.25 Litre Each
89
R
Purina Vitagen Dog Food Assorted 6/8kg Each
SAVE R7
42
90
Twinsaver 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Don’t pay a cent more than you have to. See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch
PRICES VALID 27 JANUARY - 1 FEBRUARY 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY
Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. smart shopper points will still apply in Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop. Some products may not be available in all stores. Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1188213_390x198
Breederivier
Year 19 • 27 Januarie 2015 | Tel. 023 626 5212
Chennai verpletter New Orleans Die Chennai Superkids het die afgelope Saterdag die Robertson-sagtebal-krieketunie se 20 boulbeurte-liga met ’n sege begin toe hy New Orleans lag-lag met nege paaltjies die loef afgesteek het. New Orleans het eerste gekolf maar kon slegs 41 lopies opstapel . Chennai se verwoede boulaanval is deur sy twee jongelinge, Inzamam Matthys en Ashwin Sauls, gelei. Om verdere sout in die wonde van New Orleans te vryf het Chennai boonop die wenteiken
SPORTUITSLAE Krieket: Premierliga: Robertson t. Hermanus: Hermanus 112 (Jupeter Hopp 5/24, Eldré van Staden 2/22). Robertson 115/3 (Danico Philmon 70). Robertson
in ’n skamele vier boulbeurte aangeteken met sy nuwe aanwins, Bren Joseph (17) en PeterJohn van Niekerk (21*), wat as aanvangskolwers in hul eerste wedstryd saam behoorlik uitgeblink het. Chennai se volgende wedstryd is 8 Februarie wanneer hy teen All Stars sal kragte meet. Vuurwerke word verwag vir dié stryd, waarin Chennai beoog om nie net al sy sterspelers nie, maar ook die Cape Cobras-speler Fersico Adams in te span. wen met 7 paaltjies. Worcester United t. Stellenbosch & Distrikte: Stellenbosch en Distrikte 200/6 (Robin Petersen 61, Brandon Layman 45, Ashley Dhelmini 26; Warren Nimrod 3/32). Worcester 182/7 (Danwill Pienaar 45, Jean Gregg 33*, Byron Buys 26; Dhelmini 3/18, Nathan Cornelissen 2/31). Stellenbosch & Distrikte wen met 18 lopies.
Die afgelope naweek se Jacquin Hess-uitnodigingstoernooi was ’n reusesukses. Op die foto is (van links) Clinton Kayser, Hess, en die Springbok rugbyspeler Earl Rose.
Hess-toernooi reusesukses Die afgelope naweek se Jacquin Hess-uitnodigingstoernooi wat op die Robertsongholfbaan plaasgevind het, was ’n reusesukses met altesaam 135 spelers wat aan dié geleentheid deelgeneem het. Deelnemers het, saam met Springboklegendes Breyton Paulse en Earl Rose, alles in die stryd gewerp om, te midde van versengende temperature, met die louere weg te stap. Die Robertson-gholfbaan is in ’n uitstekende toestand met die setperke vinnig en egalig. Met temperature wat tot 40 °C gestyg het, het spelers wat vroegoggend afgeslaan het, ’n effense voordeel geniet nadat dié wat later afgeslaan het boonop, benewens die hitte, ook ’n sterk westewind wat speeltoestande verder bemoeilik het, die hoof moes bied.
X1PN5H3R-BZ270115
Spelers kon nogtans goeie tellings op hul telkaarte invul. Hierdie jaar se kompetisie het ook heelwat beginners gelok wat vir die eerste keer hul geluk op die gholfbaan beproef het. Húlle vaardigheid is met sethoue – hulle moes elkeen 10 balle probeer sink – op die proef gestel. Onder die juniors het J. Rabie, met ses balle in die gat, met die titel weggestap, terwyl V. Hendriks, met drie balle, die vrouetitel losgeslaan het. C. Newell, met ses balle, het die mansafdeling gewen. Die uitnodigingstoernooi is deur P. du Toit en N. Baard gewen. Jacquin Hess, organiseerder van die toernooi, bedank al die deelnemers en borge van die toernooi waarin daar vanjaar altesaam 18 pryse op die spel was.