Breederivier Gazette 28 Mei 2013

Page 1

Breederivier

Year 17 • 28 Mei 2013 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

BOEKWURMS BY DOSYNE: Die Eseltjiesrus-boekefees was die afgelope naweek weereens ’n reuse-sukses met boekwurms wat van heinde en ver na McGregor gestroom het om boeke te koop ter ondersteuning van die Eseltjiesrus-donkieskuiling. ’n Rekordbedrag van meer as R100 000 is vanjaar ingesamel, wat vir heinings, besproeiing en skuilings by Eseltjiesrus se nuwe perseel aangewend sal word. FOTO: DALEEN FOUCHÉ

Wacky­gaste spandeer miljoene DALEEN FOUCHÉ ’n Finansiële inspuiting van meer as R31 miljoen is moontlik Robertson en sy buurdorpe se voorland tydens volgende naweek se Wacky Wine Weekend. Robertson Wynvallei, sy kelders, en plaaslike besighede skud hul vere reg vir die tiende Wacky Wine Weekend (WWW) en hoop om volgende naweek minstens 18 000 besoekers in die vallei te verwelkom. Elizma Botha, bestuurder van Robertson Wynvallei, sê verlede jaar het sowat 16 800 besoekers die WWW bygewoon en R31 miljoen se inkomste aan die dorp besorg.

Die bedrag is vasgestel deur ’n groep nagraadse toerismestudente aan die Noordwes Universiteit wat elke jaar die navorsing tydens die WWW doen. Botha sê die groep het bevind besoekers bestee geld plaaslik aan brandstof, verblyf, geskenke, kos en wyn. George Joannou, eienaar van Robertson Pick n Pay, meen die finansiele inspuiting kan nie op ’n beter tyd kom nie, aangesien dit die begin van die koue seisoen is en tradisioneel finansieel ’n moeilike tyd vir dié streek. Volgens Joannou word die inkomste uit die fees weer plaaslik bestee, aangesien besighede op hul beurt ook plaaslike dienste en besig-

hede ondersteun. Byna al die dienste wat ’n besigheid benodig is nou in Robertson te kry en die dae dat produkte en dienste van Kaapstad af ingevoer moes word, is verby. Joannou sê ter voorbereiding van die fees ondersteun kelders ook plaaslike besighede wanneer hulle aankope doen. “Pick n Pay koop op groot skaal vleis, kaas en gumboots aan voor die Wacky Wine Weekend.” Hy meen die Langeberg-streek kan nie net op vrugte en wyn staatmaak vir ’n inkomste nie en behoort meer op feeste soos die WWW te fokus. Willem Kruger, voorsitter van die Robertson Sakekamer, is van mening plaaslike besighede ondersteun

wel die Wacky Wine Weekend, maar besighede kan selfs meer betrokke raak deur winkels te versier en ’n feestelike atmosfeer te skep. Kruger sê daar is ’n groot tekort aan verblyf gedurende die feesnaweek, maar dit is nie noodwendig volhoubaar om nog verblyf-ondernemings in die dorp te vestig nie. Die Langeberg se inwoners kan maklik ekstra inkomste genereer deur kamers vir die naweek te verhuur. “Besoekers sal selfs in die sitkamer slaap en soek net slaapplek en ’n badkamer.” Botha sê daar is wel plaaslike inwoners wat so ver gaan as om die naweek met vakansie gaan en hul huise verhuur, maar in dié stadium word

enige beskikbare verblyf addisioneel hiertoe verwelkom. Verblyf vir die Wacky-naweek is tot so lank as ’n jaar vooruit bespreek en daar is op dié tydstip bykans geen verblyf meer beskikbaar nie. Botha sê die reënweer het wel die bywoning van verlede jaar se WWW beïnvloed en, hoewel reën altyd dié tyd van die jaar verwelkom word vir die boere, sal sy dankbaar wees vir ’n paar sonnige dae tydens die WWW. Joannou is baie dankbaar vir al die plaaslike kelders wat die fees ’n sukses maak maar nie noodwendig ’n wins daaruit maak nie, terwyl Botha die plaaslike gemeenskap bedank vir hul ondersteuning van dié beroemde wynfees.


2

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 28 Mei 2013

Robertson word pienk DALEEN FOUCHÉ

de stappe soos selfondersoek beklemtoon. Sy meen dat die Pink Drive, ’n geregivroue wat ondersoek streerde niewinsgeis op hul beurt die wende organisasie, boodskap sal oordra het Donderdag 23 Mei aan ander vroue. “Dit gaan tent opslaan by is hoe vroue netPick n Pay in Robertwerk.” son. Van der Merwe het plaaslike vroue en inDie organisasie wil woners bedank vir bewustheid skep oor hul gasvryheid en die die gevare van borswarm ontvangs wat kanker en die stappe die Pink Drive-span wat vroue kan neem ontvang het. om die risiko van borsSy het Pick n Pay kanker te verminder. Robertson bedank Pink Drive het hul tent by die ingang van Anne Sthamdiely, Ursula Reynolds en Ibrahim Osmand vir die voorbereiding Pick n Pay opgeslaan is die vriendelike Pink Drive-lede wat inligting aan die wat hulle getref het en pienk parafernalia gemeenskap verskaf het en die stalletjie beman het. en dat die Pink Drive verkoop om geld in te FOTO: DALEEN FOUCHÉ ’n private gedeelte in die winkel kon gesamel. Teen 10:30 was daar byna 30 bruik om die ondersoeke te Maar die hoofrede waarom hulle tent opgeslaan het, vol- plaaslike vroue wat in die ry doen en ’n bewusmakingsfilm gens Freda van der Merwe gestaan het vir ’n gratis onder- te wys. Vir meer inligting oor Pink projekbestuurder van Pink soek. Van der Merwe het die be- Drive, besoek www.pinkdriDrive, was om vroue ’n gratis langrikheid van voorkomen- ve.co.za. borsondersoek te bied.

WENNER: Elma Sacco is die wenner van die Breederivier Gazette se Moedersdag kompetisie. Haar prys sluit ses maande se gratis aflewering van die Kuier-tydskrif, twee bottels parfuum en twee stortjels asook ’n room van Fragrance Boutique in. Sy wen ook ’n was en droogblaas by Cathy en Sarah se Haarsalon en ’n geskenkbewys vir ’n nekmassering van Isabeau.

Poisoned owl recovering quently, its legs A Spotted Eaare not as stiff gle Owl, beand it reacts lieved to have more defensivebeen poily towards husoned, is now mans. well on the Busch says road to recovthere are far ery with the fewer owls on help of two lohis property cals. now than there Pat Busch were a few years found the ago, but he canSpotted Eagle not give a reaOwl more son for the dethan a week cline in their ago when he spotted it on Pat Busch with the Spotted Eagle Owl numbers. He, however, the side of the urged people not to use rat poison, road. Busch says the owl was weak, but to investigate alternative soits legs were stiff and it did not lutions to rodent problems. “We seem to mind being handled by a have noticed a dramatic reduchuman. He took the owl to a local tion in the owl population and vet, who suspects that the owl had urge everyone to rethink the way eaten a rodent that was poisoned. they approach pest control. “Our everyday decisions really Busch says the owl is now doing much better than when he found do have such far-reaching conseit. It is flapping its wings more fre- quences,” said Busch.

ANN JANGLE AT WACKY WINE WEEKEND: The Cape Town based band, Ann Jangle, will perform during the Wacky Wine Weekend on Friday 7 and Saturday 8 June at Wolfkloof. Tickets are R150 and include a light meal. Ann Jangle describe themselves as a slightly folk band, dipped in the 40s, with a touch of Rockabilly, darker shades of the Blues, driven by powerful vocals and solid basslines. For more information phone Wolfkloof on 074 339 5008.

) Geniet ’n heerlike stuk melktert met tee of koffie die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe is welkom, maar slegs met ’n bespreking minstens ’n week voor die tyd. Bespreek nou by 023 614 1774. ) The next Robertson Farmers’ Market will take place on Saturday 8 June and Sunday 9 June during the Wacky Wine Weekend. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke en snuisterye vanaf 09:00 verkoop word. ) Die Herberg Kinderhuis hou ’n heerlike pannekoek-oggend op Woensdag 29 Mei van 09:00 tot 12:00 by die kinderhuis. Bestellings vir aflewering in Robertson (meer as tien pannekoeke) kan geplaas word by Nelmarie op 023 626 3140. ) The Baroque Trio, featuring three Cape Town-based artists performing a programme of trio works for violin, horn and piano will perform at Wahnfried, 27 Bree Street in McGregor on Friday 31 May at 19:00. Tickets cost R80 and booking is essential. Send an e-mail to wahnfried27@gmail.com or call 072 601 1616. ) The annual Wacky Wine Weekend takes place from Thursday 6 to Sunday 9 June. ) Emil Minie will perform with the Minnie Montagu Mass Choir at the Montagu Country Hotel from 12:00 on 15 June. Tickets cost R50. ) The RAD Foundation will host a Youth Day celebration at the King Edward stadium in Montagu on Sunday 17 June from 10:00 to 14:00. For more information about the event, visit www.radfoundation.co.za. ) The McGregor Poetry Festival will take place from Friday 21 June to Sunday 23 June in McGregor. Poetry readings, debates, movies, entertainment are but some of the listed activities. Visit www.temenos.org.za for more information. ) Send the details of your events to Daleen Fouché via e-mail at gazette@breede.com. The deadline for all diary items is 10:00 on Fridays.


Dinsdag 28 Mei 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

Stockwell in begroting, nog nie goedgekeur Die omstrede Stockwellstortingsterrein is weer eens ’n besprekingspunt ná daar vir dié projek begroot is sonder dat die projek al goedgekeur is. Die voorgestelde vullisstortingsterrein buite Bonnievale op die Stockwellperseel het sedert die projek se bekendstelling sterk teenkanting van Bonnievale-inwoners gekry (“Landfill plans questioned”, Breederivier Gazette, 13 December 2011). Hansie Wolfaardt, voorsitter van die Bonnievalesakekamer, sê dit lyk “verdag”, want in die voorgestelde begroting word daar spesifiek verwys na die vullisstortingsterrein by Stockwell. Maar Anton Everson, waarnemende munisipale bestuurder, sê hoewel die voorgestelde Stockwellvullisstortingsterrein nie goedgekeur is nie, moet hierdie projek in die begroting opgeneem word omdat daarvoor begroot moet word ten einde voorsiening te maak vir uitgawes daaraan verbonde in die

2013/2014-finansiële jaar. “Die behoefte aan ’n nuwe vullisstortingsterrein is jare gelede reeds geïdentifiseer en verskeie omgewingsimpakstudies is in die area uitgevoer. “Ná konsultasie is die Stockwell-terrein geïdentifiseer as die mees geskikte terrein vir die nuwe stortingsterrein.” Everson verduidelik die gebruik van die naam in die begroting maak dit maklik om na die voorgestelde projek te verwys. Maar Wolfaardt hou vol dat die Bonnievale-sakekamer nie verstaan waarom die voorgestelde stortingsterrein beplan word vir die dorp wat die kleinste persentasie vullis genereer nie. Ander bekommernisse wat die Bonnievale-sakekamer oor die voorgestelde begroting gehad het, is die beperkte toegang tot die voorgestelde begroting en die formaat (“Openbare insette verwelkom”, Breederivier Gazette, 21 Mei 2013). Everson sê die voorgestelde begroting is beskikbaar op die munisipale webtuiste, by alle biblioteke in die munisipale area, sowel

as by al die munisipale kantore op al vyf dorpe. “Die begroting word in ’n bepaalde formaat, soos vereis deur nasionale regering, opgestel en plaaslike munisipaliteite het nie beheer oor hierdie formaat nie.” Hy verduidelik dat lede van die publiek geleentheid gehad het om vrae aan die munisipale amptenare te rig en sodoende alle onduidelikheid op te klaar tydens die sewe openbare vergaderings oor die voorgestelde begroting. Nog ’n kwelpunt vir die Bonnievale-sakekamer was die 7,95%-verhoging in munisipale salarisse. Wolfaardt meen dit is “teleurstellend” dat munisipale salarisverhogings teen hoër persentasies as die inflasiekoers aanbeveel word. Everson sê egter salarisverhogings word vasgestel ná onderhandelinge tussen die werkgewer en werknemerpartye in die Nasionale Bedingingsraad. Die voorgestelde munisipale begroting vir 2013/2014 sal vandag (Dinsdag 28 Mei) vir oorweging voor die raad dien.

MUSKADELMEESTERS: Rooiberg en Mooiuitsig het goed presteer by die Muskadel SA-toekennings wat op Donderdag 23 Mei in die Paarl gehou is. Rooiberg Wynkelder Red Muscadel 2012 en Mooiuitsig Wynkelder se Oude Rust Red Muskadel 2012 het goue medaljes ingeoes. Hier is Henri Swiegers (Muskadel SA), Paul de Villiers (Mooiuitsig) en Andrè Scriven (Rooiberg). FOTO: JULIAN KRÜGER PHOTOGRAPHY

2213 RC 1C8BWZA4L

DALEEN FOUCHÉ

WolfKloof

DATE: 7 & 8 June TIME: 19:30 - 22:00 PRICE: R150 p.p. - Light meal included Bookings essential - 074 339 5008 E-mail: info@wolfkloof.co.za

3


4

Letters - Briewe

Breederivier Gazette

Om te kla of nie te kla nie, dit is die vraag Diegene wat my ken, weet dat ek gewoonlik ’n persoon self konfronteer, maar hierdie keer moet ek ongelukkig die media gebruik. Ek as Bonnievaler is nou al goed keelvol vir Theuns Coetzee se negatiewe houding, veral teenoor die munisipaliteit. Of dit nou gaan oor die finansiële bestuur, die salarisse van die verkose lede of die bouplan-afdeling, daar is net altyd iets waarmee hy probleme het, veral as hy nie sy sin kry nie. Met die sloping van die stasie staan hy op die dak. Elke keer tokkel hy op dieselfde snaar: “Waar is ons verkose lede wat moet toesien dat ons streek vooruitboer?” ’n Paar dinge wat ek wil aanraak: ) U vergelyk Bonnievale se hoofstraat met ’n toneel uit ’n Mad Max-fliek (Huisgenoot, 24/5/2012). Daar word goed geploeg met Hansie Wolfaardt se kalwers en “Die Droom” word waar. Feit bly, die ekonomie het kop opgetel en die besighede was in ’n beter finansiële posisie om te kon vernuwe. Al u aanbevelings het beslis nie in almal se smaak geval nie. ) “Waar is ons verkose lede wat moet toesien dat ons streek vooruitboer?” U stem alleen het nie die lede in die posisie gekry nie. Daar is honderde ander wat ook dink en voel dat hul belange die belangrikste is. Al het u vir hulle gestem, beteken dit nie dat hulle moet spring elke keer as u ’n voorstel of ’n probleem het nie. Hulle sit beslis nie en niks doen nie. Hulle loop net nie te koop met alles wat

PORTALS 42: Attie Nel is reeds jare lank in die boubedryf. Hy vervaardig vensterrame, deure en vensterhortjies uit herwonne Oregon-dennehout. Die eindproduk is mooi en karaktervol. Hy spesialiseer ook in die onderhoud van hout en die verwydering van verf op hout. Hy herstel en vervaardig ook boekrakke. ’n Kwotasie is gratis.

hulle doen net om hul naam daaraan gekoppel te kry nie. ) Om die stelling te maak dat juis die boubedryf die lewensaar van jou verskaffers op Bonnievale is, is lagwekkend. Landbou is die lewensaar van die hele Langeberg munisipale gebied. Moenie ander mense afkraak om uself te laat beter lyk nie. Verander ’n slag u attitude teenoor mense en u kan dalk heelwat verder kom. Los enige persoonlike vendetta by die huis wanneer besigheid ter sprake is.

ELZETH MATTHEE, Bonnievale

Theuns Coetzee reageer: Ek vind dit ongewoon dat ons as gemeenskap so maklik ons misnoeë kan uitspreek oor swak diens in die privaat sektor, maar sodra iemand in verband met munisipale sake ontevrede is, dan is die gort gaar. Dan word die probleme afgemaak as politiekery, persoonlike vendetta en kwaadstokery. Die werklikheid is dat die munisipaliteit ons grootste diensverskaffer is en juis daarom moet ons as gemeenskap ons demokratiese reg opeis. Om raadslede te bel oor probleme, wat dit net weer deurgee aan die amptenare, is net ekstra, bykomende oproepe. In die meeste gevalle is hulle net reaktief betrokke, en min items word proaktief opgelos. Ek verwys hier na ons politieke partye, want albei vind dit makliker om die ander se foute uit te wys as om na ons

VAN DER WESTHUIZEN BAKWERKE: Dertig jaar gelede is Van der Westhuizen Bakwerke deur Andries (Oubaas) van der Westhuizen begin. Sy seun Handré het as vennoot saam met hom in die besigheid getree. Van der Westhuizen Bakwerke word gekontrakteer deur alle groot versekeringsmaatskappye en beskik oor ’n groot industriële “spray booth”. Hulle doen ook duikklopwerk en verskaf ’n 24-uur-insleepdiens. KLEIN KAROO MOTORS: Klein Karoo Motors beskik oor ’n opgeleide werktuigkundige wat alle meganiese werk aan motors, bakkies en vragmotors verrig. Klein Karoo Motors versien en verkoop voertuie, installeer nuwe en goeie tweedehandse motoronderdele, en lewer uitroepdiens ná werktyd.

Dinsdag 28 Mei 2013

gemeenskap se behoeftes om te sien. Ek werk lekker saam met diegene binne die munisipaliteit wat hul bes doen om beter diens aan die gemeenskap te lewer. Ek het selfs verlede week die voorreg gehad om saam met amptenare te vergader wat probleme wil oplos, en kyk net hoe maklik was dit. My probleem lê egter by diegene wat jou kommer summier afmaak as kwaadstokery en politiekery, sodat die aandag afgelei word van die werklike probleem. Sal ’n kettingwinkeleienaar jou klagtes teregwys as kwaadstokery? Nooit gesien nie! Die bestuurder sal dadelik iets konstruktiefs probeer doen om jou as kliënt te behou. Die gemeenskapslede wat nog betrokke is by munisipale sake in die Langeberg doen dit nie as ’n stokperdjie nie. Inteendeel, gesinstyd word opgeoffer, want bedags moet daar gewerk word. Deelname aan instansies soos wykskomitees, gemeenskapspolisiëringforums (GPF), buurtwagte, sakekamers, Droom, estetiese komitees, burgerregtegroepe en sportklubs maak jou bewus van munisipale sake oor ’n wye spektrum. Moenie kla oor jou munisipaliteit as jy nie betrokke is nie. As jy wel op verskillende fronte betrokke is en as ingeligte getroef word met swak bestuursbesluite en dienslewering, dan het jy die volste reg om jou mening te lug. Ek maak nie staat op my enkele stem nie, maar probeer eerder om myself te bemagtig met betrokkenheid en kennis van munisipale sake. Die aanname dat ek negatief is teenoor Bonnievale vind ek vreemd. Daar is nou 64 dorpe in Suid-Afrika wat Bonnievale se Droom nastreef, wat juis gaan oor trots binne jou gemeen-

skap. Daar is al selfs ’n website SADogood en Droom SA Facebook wat geskep is met mense wat ek nie eens persoonlik ken nie. Dat ek aanbevelings gemaak het wat nie in almal se smaak val nie, is heeltemal korrek. Smaak is nie ’n formule nie en jy gaan nooit almal tevrede stel nie. Elke individu en streek was die geleentheid gegun om met hul eie idees na vore te kom, en die reaksie, soos ons nou almal weet, was oorweldigend. Vandag sit ons met meer as 5 000 bome wat ons gemeenskap self geplant en betaal het. Op die dorp het elkeen na goeddunke met eie geld sy perseel opgegradeer. Dit het bygedra tot vandag se trotse Bonnievale. Die Gazette-brief (“Munisipaliteit antwoord op kritiek oor bou-afdeling”, Breederivier Gazette, 30 April 2013) is genoodsaak nadat alle kanale oor ’n tydperk van twee jaar gevolg was, met geen oplossings. Die brief het ook reaksie ontlont van mense in soortgelyke omstandighede binne en buite die munisipaliteit, wat dit van dag tot dag ervaar. Wat die stasie betref, natuurlik het ek betrokke geraak. Dit is ons dorp en ons kan nie toelaat dat elke Jan Rap en sy maat sonder ’n slopingsertifikaat en toestemming van die erfeniskomitee kom maak wat hulle wil nie. Hoekom moet ons as inwoners voldoen aan al die munisipale regulasievereistes, maar staatsinstellings maak soos hulle wil in ons eie agterplaas? Ek is seker die skrywer het nie ’n vendetta teen byvoorbeeld die bankbestuurder as sy ontevrede is oor die lang rye in die bank nie. So, hoekom word ek dan gekoppel aan ’n vendetta as ek ontevrede is oor ’n diens? Wat is die verskil?

KLEIN KAROO ONTWIKKELING: Klein Karoo Ontwikkeling verhuur selfstooreenhede in die Montagu-nywerheidsgebied. Die eenhede is omhein en die huurders sit ook twee van hul eie slotte aan die deure vir verdere beskerming.

MONTAGU FOODS: Montagu Foods was established in 2001 by a local entrepreneur, JD van Deventer. It is now a very successful business that has become the leading private label supplier of chutney, sauces and other condiments to all major retailers. Montagu Foods employs up to 50 people and prides themselves on the quality of their products and staff.

WYNLAND TOOL HIRE: Wynland Tool Hire was started ten years ago, due to the lack of tools and building equipment. Today they are a well-known, service-orientated tool hire service accommodating builders, DIY handymen and farmers. They even provide half-day rates. Their tools include grinders, sanders, cement mixers, jackhammers, scaffolding and generators. Left are Andries Louw of Wynland Tool Hire with his dog Seun and his wife Janine (right).

GROEN KAROO AGRI: Groen Karoo Agri se elektriese afdeling doen installering- en instandhoudingswerk. Die besproeiingsafdeling voorsien opmetings, ontwerpdienste en asbesproeiingskeduleringsdiens.


News - Nuus

Breederivier Gazette

Robertson supports challenge

Bridge ‘can’t be left out’

DALEEN FOUCHÉ

DALEEN FOUCHÉ

A gang of cyclists dressed in red rode into Robertson on Thursday 23 May as part of their epic challenge in aid of charity.

“The Ashton bridge will constrict development if it remains in its current form.” This was the reason given to the Breede River Gazette by the Department of Transport and Public Works as to why the Ashton road and bridge upgrades are only being added to the Cogmanskloof upgrades as an afterthought. The Cogmanskloof Pass trunk road upgrades received environmental approval in February but an amendment was recently proposed to include the Ashton Main Road and bridge over Cogmans River (“Ashton facelift on the table”, Breede River Gazette, 21 May 2013). Al-Ameen Kafaar, spokesperson for the Department of Transport and Public Works, says the rehabilitation of Cogmanskloof has been on their maintenance programme for “a number of years”, but funding constraints

The Unogwaja Challenge follows the footsteps of Masterton-Smith who, in 1933, travelled from Cape Town to Pietermaritzburg by bicycle in order to compete in the Comrades Marathon. The Unogwaja team, made up of 12 cyclists, departed from Cape Town on Thursday morning and arrived in Robertson at about 16:00. The group met up with the Gazette for a photo opportunity at the Pink Drive tent, situated in front of Pick n Pay (read more about the Pink Drive on page 2). The team labelled the Langeberg as a magical space, “a quintessential reminder of the beauty and diversity that South Africa has to offer”. The team then departed to Robertson Backpackers which sponsored their stay in Robertson for the second

WHITE & SONS: Frans White lewer die afgelope 16 jaar kwaliteit duikklop- en spuitwerk in die Ashton- en Montagu-omgewing. White & Sons word deur die meerderheid versekeringsmaatskappye en besighede gebruik. White & Sons gebruik die 2k “baked enamel”-tegniek met die oorspuit van voertuie. White & Sons werk aan trokke, motors of enige ander bakwerk en bied ’n 24-uur insleepdiens.

The Unogwaja Challenge stop over in Robertson on their way to Pietermaritzburg to take part in the Comrades Marathon. PHOTO: DALEEN FOUCHÉ year. The Unogwaja Challenge team was treated to a chicken potjie and tickets to the Wacky Wine Weekend.

MONTAGU DROËVRUGTE: Montagu Droëvrugte, ’n gevestigde besigheid in Montagu, produseer en verpak droë vrugte, neute en verwante produkte. Montagu Droëvrugte streef na kwaliteit verskeidenheid teen bekostigbare pryse. Montagu Droëvrugte is verkrygbaar in plaaslike winkels en het ook ’n fabriekswinkel op die perseel wat aanklank sal vind by enige gesondheidsbewuste mens.

JUMPING JELLY BEARS: Jumping Jelly Bears, your one-stop shop for children’s parties and other occations, has jumping castles and water worms for hire at great prices and also supplies Candy Floss and ice.

The highlight of the evening was the Robertson Community band, which had every-one up and dancing.

MONTAGU AUTO ELECTRIC: Montagu Auto Electric specialises in repairs of most parts – from alternators to starters. Montagu Auto Electric also does wiring on trucks, tractors and trailers. They are the exclusive agents of Deltec batteries in Montagu. Montagu Auto Electric is a family owned business. Val and Brad Duggett and their son Pieter take pride in their business and provide quality work to clients. CC TOOLS AND TRAILERS: : CC Tools and Trailers is ’n gevestigde besigheid waar kwaliteit toerusting soos Makita, uitverhuur word. Die toerusting is in ’n goeie toestand en word gereeld nagesien om goeie resultate en diens te verseker.

BEST BUY GAS: Best Buy Gas is ’n gevestigde onderneming in Montagu wat vir inwoners ’n alternatiewe opsie tot duur elektrisiteit bied. Johan Burger is reeds een jaar en twee maande al die nuwe eienaar van dié besigheid. Best Buy Gas behartig die vul van gassilinders, insluitend die 9 kg-, 19 kg- en 48 kg-silinders asook Cadac- silinders. Hulle herstel ook gassilinders. Best Buy Gas doen aflewerings in Montagu enige tyd van die dag asook in Ashton na 17:00 uur. Besoek hulle gerus vir vriendelike diens

5

caused the delay of the project. “The road through Ashton especially carries a large number of heavy vehicles every day and this flow of traffic causes considerable damage to the road.” Kafaar says the planned upgrade fits in “perfectly” with the Langeberg Municipality’s plans for upgrading the roads in the area and the municipality fully supports the project. “Initially the widening of the bridge over the Cogmans River in Ashton was excluded from the project, but it was decided to widen the bridge as it would cause constriction in its current form if the road is widened and rehabilitated.” He says the existing bridge has shown to have capacity problems and will be removed when the new four-lane single-span bridge is constructed. “The existing bridge has been widened previously and is also too old and difficult to extend. It will have to be replaced.”

MONTAGU TREKKERDIENS: Montagu Trekkerdiens is gestig in April 2000, nadat (WPK) Kaap Agri hul werkswinkels gesluit het. Andre Rossouw is ’n gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige. Hy is al 31 jaar by die landbou betrokke en spesialiseer in die herstel van trekkers, spuitpompe en plaasimplemente. Fabrikate waaraan Montagu Trekkerdiens werk is Massey Ferguson, Foton, Ford, Fiat en Turbmatic-spuitpompe. “Ons is Massey Ferguson- en Foton Greenfields-handelaars.” Oelof Rossouw is sedert 2006 by die werkswinkel betrokke.

Montagu Auto Elect

Repairs to alternators - starters Wiring on trucks, trailers, tractors, vehicles, etc. Deltec battery agent

94 Bath Street, Montagu, 6720 Tel/fax: 023 614 3781 Cell: 071 248 7061 or 079 352 3900

2213 RC 1C8D0C54L

Dinsdag 28 Mei 2013


6

Breederivier Gazette

Classifieds

Dinsdag 28 Mei 2013

RAAI WIE WORD 1?

MAFIA-BAL: Hoërskool Robertson se jaarlikse herfsbal op Vrydag 17 Mei, wat hierdie jaar ’n “Mafia”-tema gehad het, is aangebied deur die gr.10’s wat ook hul borge wil bedank. Hier is van die gr.10’s by die “mafia-motor”. Van links is Lindie Marais, Stephanie Kriel, Zelda Adams, Jan-Willem Bruwer, Francois Swart, Millie Knapp en Carla Hanekom. FOTO: VERSKAF

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

RAAI WIE IS 7 JAAR OUD?

PIETERSE ANRICHIA LYNN Geluk met jou verjaarsdag, Sondag 2 Junie. Liefde Mammie, die Koert- familie, Davids- en Pieterse familie.

11

In Memoriam

FORTUIN, BRIGETTE Geluk met jou verjaarsdag gister (27 Mei). Van ouma, oupa, Ma, suster en broer, ooms en familie. RAAI WIE WORD 1 ?

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.

1141

Algemene Dienste General Services

JOBS

400 LEONARD IVAN Saterdag, 1 Junie 2013 is jou 3de verjaarsdag weg van ons. Jou plek is leeg, ons mis jou stem, jou lag. Ons sal jou nooit vergeet. Jou vrou en dogters.

12 Dankbetuigings Thanks

PAGE WAYRIN Baie geluk met jou 1ste verjaarsdag op 31 Mei 2013. Van Mammie, Daddy, ouma’s, oupa’s en al die familie.

WALLABY ondersteuners groep wil graag die volgende persone bedank wat hul uitstappie na Nuweland moontlik gemaak het. Alridge Mercuur, Arthur Temmers, Cosy Cove, Panorama Fruits en Aubin Kraukamp.

HIERMEE wil die spelers Johene Fortuin en Gail Slingers die borge bedank vir die bydrae wat gelewer is. M4 winkel, Bobsie (groente), Johan Martin, Gregory Fortuin, Beryl Slingers en alle spanmaatjies.

Betrekkings Gevra Jobs Wanted LOOKING for job as gardener or guest house assistant. Contact 078 622 2270.


Dinsdag 28 Mei 2013

General - Algemeen

Hier speel Laerskool Montagu (wit en groen) teen Laerskool Swellendam (rooi en blou).

HOKKIESTER: Nina-Lari Brewis van Laerskool Robertson is opgeneem in die Pinotage hokkiestreekspan vir o.13’s.

Monties se jaarlikse sportfees op dié dag was weereens baie goed. Elke deelnemer, van die kleinste o.7 tot die skeidsregters en elke ondersteuner, het bygedra tot dié suksesvolle dag.

VLUGVOETIGE BONNIEVALER: Atleet Donovan Kawula van die Hoërskool Bonnievale het aan die SA Junior en Jeugbyeenkoms in Pretoria deelgeneem. Hy het meegeding in die 200 m-hindernisitem en ’n 13de plek behaal.

KENNIS GESKIED HIERMEE INGEVOLGE ARTIKEL 19 VAN DIE WET OP PLAASLIKE REGERING: MUNISIPALE STELSELS, 2000 (WET 32 VAN 2000) DAT DIE STATUTêRE RAADSVERGADERINGS VAN DIE MUNISIPALE RAAD VAN DIE LANGEBERG MUNISIPALITEIT GESKEDULEER IS OM AS VOLG GEDURENDE 2013 PLAAS TE VIND: Statutêre vergaderings van die RAAD te Raadsaal, Munisipale Kantore, Robertson

LANGEBERG MUNICIPALITY Robertson Office MN NO. 42/2013

LANGEBERG MUNISIPALITEIT Robertson Kantoor MK NR. 42/2013

PROPOSED DEPARTURE OF ERF 386, 51 LE ROUX STREET, ROBERTSON (Ordinance 15 of 1985, Land use planning)

VOORGESTELDE AFWYKING VAN ERF 386, LE ROUXSTRAAT 51, ROBERTSON (Ordonnansie 15 van 1985, Grondgebruikbeplanning)

Notice is hereby given in terms of Section 15(1) of the Land Use Planning Ordinance, 1985 (Ordinance 15 of 1985), that the Council has received an application from PJ van Eck for a departure to erect a Second dwelling unit on erf 386, Robertson.

Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 15(1) van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) dat ‘n aansoek ontvang is van PJ van Eck vir ‘n afwyking ten einde ‘n Tweede wooneenheid op te rig op erf 386, Robertson.

The application will be open for inspection at the Robertson Office during normal office hours. Written legal and fully motivated objections/comments, if any, must be lodged with the Municipal Manager, Private Bag X2, Ashon, 6715, before or on 28 June 2013. Further details are obtainable from Mr Jack van Zyl (023 - 614 8000) during office hours.

Die aansoek lê ter insae gedurende kantoorure in die Robertson Kantoor en skriftelike regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige moet nie later as 28 Junie 2013 skriftelik by die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X2, Ashton, 6715, ingedien word nie. Navrae kan gerig word aan mnr Jack van Zyl by telefoonnommer 023 - 614 8000.

Any person who cannot write may come to the office mentioned above, during office hours where a staff member of the municipality will assist that person to transcribe his/her comments or representations.

‘n Persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende kantoorure na bogenoemde kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit daardie persoon sal help om sy/haar kommentaar of vertoë af te skryf.

28 Mei 2013 (08h30) 30 Julie 2013 (14h00) NOTICE IS HERBY GIVEN IN TERMS OF THE PROVISIONS OF SECTION 19 OF THE LOCAL GOVERNMENT MUNICIPAL SYSTEMS ACT 2000 (ACT NO 32 OF 2000), THAT THE STATUTORY MEETINGS OF THE COUNCIL OF THE LANGEBERG MUNICIPALITY FOR 2013 ARE SCHEDULED TO TAKE PLACE AS FOLLOWS: Statutory meetings of Council at the Council Chamber, Municipal Offices, Robertson 28 May 2013 (08h30) 30 July 2013 (14h00) UYAZISWA NGOKWESIQENDU 19 SOMTHETHO WOMASIPALA WASEKUHLALENI KA 2000 (ACT NO 32 OF 2000) OKOKUBA INTLANGANISO ZEBHUNGA ZOMASIPALA WASE-LANGEBERG Iintlanganiso Eziqhelekileyo Zebhunga Zenyanga Kwi-Ofisi Ka Masipala E-Robertson Eholweni Elisecaleni 28 May 2013 (08h30) 30 July 2013 (14h00) SA MOKWENI MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER

2213 RC 1C8DLWF4L

Privaatsak X2 Private Bag ASHTON 6715

Privaatsak X2 Private Bag ASHTON 6715

2213 RC 1C8DM7V4L

SA MOKWENI MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER

LANGEBERG MUNISIPALITEIT VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK: ERF 1327, McGREGOR

LANGEBERG MUNICIPALITY PROPOSED CONSENT USE: ERF 1327, McGREGOR

Kennis geskied hiermee ingevolge die Skemaregulasies uitgevaardig ingevolge Artikel 8 van op Grondgebruikbeplanning, 15 van 1985 (PK 1048 van 1988) dat ‘n aansoek om voorgestelde vergunningsgebruik soos hieronder uiteengesit by die Raad voorgelê gaan word en dat dit gedurende kantoorure ter insae lê by die Raad se Afdeling : Stadsbeplanning (Montagu) te Piet Retiefstraat 3, Montagu. Nadere besonderhede is gedurende kantoorure by T Brunings (023 - 614 8000) beskikbaar.

In terms of the Scheme Regulations in terms of Section 8 of the Land Use Planning Ordinance, 15 of 1985 (PN 1048 of 1988), notice is hereby given that an application has been received for the proposed consent use as set out below. This application is to be submitted to Council and will be available for scrutiny at Council’s Section : Town Planning (Montagu) at 3 Piet Retief street, Montagu. Further details are obtainable from T Brunings (023 - 614 8000) during office hours.

Aansoeker Eiendom Eienaar Grootte Voorstel

:::::-

Huidige sonering :-

Vodacom Erf 1327, McGregor DAMillet 143.7279ha Vrystaande BasisTelekommunikasiestasie Landbousone I

Skriftelike, regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige, kan by die ondergemelde adres of enige van die Langeberg munisipale kantore ingedien word voor of op 28 Junie 2013. ‘n Persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende kantoorure na bogenoemde Montagu kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit, daardie persoon sal help om die persoon se kommentaar of vertoë af te skryf. Geen laat besware sal oorweeg word nie. SA MOKWENI MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER

Applicant Property Owner Size Proposal

:::::-

Existing zoning

:-

Vodacom Erf 1327, McGregor DAMillet 143.7279ha Freestanding Base Telecommunication Station Agricultural zone I

Written, legal and fully motivated objections/comments, if any, against the application must be lodged in writing with the undersigned or at any Langeberg municipal office on or before 28 June 2013. Any person who cannot write may come to the Montagu office during office hours where a staff member of the municipality, will assist that person to transcribe that person’s comments or representations. Late objections will not be considered. Privaatsak X2 Private Bag ASHTON 6715

7

2213 EW 1C8DMGF4L

rugby- en netbalwedstryde het vroeg begin en dit was ’n ware sportfees. Die stalletjies was vrolik opgemaak en die heerlikste eetgoed is verkoop. Reëlings

2213 RC 1C8DM504L

Die 16de Montie -sportdag, geborg deur Montagu Spar, is op 11 Mei gehou en was soos gewoonlik ’n groot sukses. Tien skole van sover as Riversdal het deelgeneem. Die

Breederivier Gazette

LANGEBERG MUNISIPALITEIT VOORGESTELDE ONDERVERDELING VAN GEDEELTE 13 VAN DIE PLAAS BOSJESMAN’S PAD NR 173, SWELLENDAM

LANGEBERG MUNICIPALITY PROPOSED SUBDIVISION OF PORTION 13 OF THE FARM BOSJESMANS’ PAD NO 173, SWELLENDAM

Kennis geskied hiermee ingevolge die bepalings van artikel 24 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) dat ‘n aansoek om onderverdeling by die Raad voorgelê gaan word en dat dit gedurende kantoorure ter insae lê by die Departement Stadsbeplanning (Montagu) te Piet Retiefstraat 3, Montagu. Nadere besonderhede is gedurende kantoorure by Jack van Zyl (023 - 614 8000) beskikbaar.

In terms of section 24 of the Land Use Planning Ordinance, 1985 (Ordinance 15 of 1985), notice is hereby given that an application for subdivision will be submitted to Council and will be available for scrutiny at the Town Planning Department (Montagu) at 3 Piet Retief Street, Montagu. Further details are obtainable from Jack van Zyl (023 - 614 8000) during office hours.

Aansoeker Eiendomme

::-

Eienaars Grootte Ligging Voorstel Huidige sonering

:::::-

TPS Grondgebruik Beplanners Gedeelte 13 van die Plaas Bosjesman’s Pad Nr 173, Swellendam Zelpy 2221 (Pty) Ltd 521.4838ha ±13km Suid-Oos vanAshton Landbou onderverdeling Landbousone I

Skriftelike, regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige, kan by die ondergemelde adres of enige van die Langeberg munisipale kantore ingedien word voor of op 28 Junie 2013. ‘n Persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende kantoorure na bogenoemde Montagu kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit, daardie persoon sal help om die persoon se kommentaar of vertoë af te skryf. Geen laat besware sal oorweeg word nie. SA MOKWENI MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER

Applicant Properties

::-

Owners Size Locality Proposal Existing zoning

:::::-

TPS Land Use Planners Portion 13 of the Farm Bosjesman’s Pad No 173, Swellendam Zelpy 2221 (Pty) Ltd 521.4838ha ±13km Suid-Oos vanAshton Agricultural Subdivision Agricultural zone I

Written, legal and fully motivated objections/comments, if any, against the application must be lodged in writing with the undersigned or at any Langeberg municipal office on or before 28 June 2013. Any person who cannot write may come to the Montagu office during office hours where a staff member of the municipality, will assist that person to transcribe that person’s comments or representations. Late objections will not be considered. Privaatsak X2 Private Bag ASHTON 6715


Breederivier

Year 17 • 28 Mei 2013 | Tel. 023 626 5212

Draf met ’n glimlag Die Robertson-atletiekklub bied Saterdag 8 Junie die Miles of Smiles Halfmarathon aan. Daar sal ’n 21.1 km, 10 km en 5 km-pretdraf wees. Die 21.1 km-resies begin om 08:00 en kos R90 vir nie-klublede en R60 vir klublede. Die 10 km begin om 08:00 en kos R70 vir nie-klublede en R40 vir klublede. Die 5 km-resies spring 08:05 weg en kos R10 per atleet. Die roete van die halfmarathon begin en eindig by Langeberg Sekondêr in Paddy-

straat. Van die skool loop die roete na die De Hoop-pad, sirkel om met die grondpad tot terug by Paddystraat. Dan hardloop atlete weswaarts na Dassieshoek en terug tot by Langeberg Sekondêr. Die roete van die 10 km is ’n korter weergawe van dié roete. Die 21.1km wedloop dien ook as die Boland-proewe vir 2013 Bolandspan na Atletiek Suid-Afrika kampioenskap vir 21.1 km. Die wedloop het verlede jaar 1 226 atlete gelok en beloof om vanjaar weer ’n op-

windende wedloop te wees. Die wedloop verskaf hope pret vir atlete, stappers, skoliere en families. Daar is pryse ter waarde van R20 000 vir die verskillende kategorie-wenners en hope geluktrekkings. Elkeen wat die wedloop voltooi, kry ’n medalje. Mense wat wil inskryf vir die wedloop kan aanlyn by www.enteronline.co.za registreer. Bel vir Edward Salies vir meer inligting by 071 632 2346 of stuur ’n epos na edwardsalies@gmail.com.

Bonnievale se tweekampers spog met hoogste eer Die Tweekamp-seisoen is afgesluit met die Boland-jaarvergadering. Vir Hoërskool Bonnievale het dié seisoen weereens op ’n hoogtepunt geëindig met verskeie toekennings en trofeë. Dié skool is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as Boland se Tweekamp Skool van die Jaar (iets wat toegeken word nie net op grond van die aantal atlete wat deelneem nie, maar ook op prestasies wat deur daardie groep behaal is). ’n Baie groot prestasie is ook die o.17-trofee wat die seuns verower het. Dit is die eerste keer sedert 2007 wat dié trofee nie deur Paul Roos gewen word nie. Constant Tamboer het ’n toekenning ontvang vir die beste vordering, terwyl Marco Olivier en Jana Wessels erekleure ontvang het omdat hulle drie agtereenvolgende jare Boland by die SA’s verteenwoordig het.

Hoërskool Bonnievale se o. 17-tweekampatlete is Leon Bester, Dirkie Marais, TK Hamersma, Chris Redelinghuys en Tristan Roseveare. Philip Jonker was afwesig met die neem van die foto.

Constant Tamboer, Jana Wessels en Marco Olivier

Montagu top-netbalskool in Noord-Boland Veertien skole van die Noord-Boland het op 15 Mei aan die top-skolenetbaltoernooi wat op Montagu plaasgevind het, deelgeneem. Die doel van dié toernooi is om die beste netbalspanne in die streek te bepaal wat later teen ander streke in die Boland moet meeding. Daar is meegeding in die o. 14, o. 16 en o. 19-ouderdomsgroepe. Die Hoerskool Montagu se spanne het uitstekend gevaar deur eerste te eindig in al drie die ouderdomsgroepe. Die volgende ronde vind plaas op 1 Junie in die Paarl waar die beste spanne in die Boland gekies sal word.

Montagu teken ’n suksesvolle doel aan teen Bonnievale tydens die o. 19 A-spanne se wedstryd. Montagu se o. 19A-span klop Bonnievale met 21-7.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.