2713 EW 1CAKF505L
Breederivier
ROBERTSON 023 626 6171 MONTAGU 023 614 3332 BONNIEVALE 023 616 2598
Year 17 • 2 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi GIFT TO BABY ELIZABETH JORDAAN TRUST: The Robertson Radio Flyers recently gave R8 000 to the Baby Elizabeth Jordaan Trust after a successful radio-controlled fly-in in May. Elizabeth, now in her second year, was diagnosed with spinal muscular atrophy with respiratory distress (SMARD1) shortly after she fell ill at the age of three months. Here are (back from left) Flippie Jordaan, Jeanne van Zyl, Johan Bruwer, Morne Swanepoel (chairman), Koenie Bothma, Sanet Jordaan, Elizabeth Jordaan, Migael Jordaan, Derick Jordaan and Jaco Enslin and (front) Tiaan Swanepoel, Daniél Swanepoel, Jansen Enslin, Christiaan Enslin, Mark de Beer and Vivian Kuiper. Read a short article on page 7. PHOTO: WANDA SWANEPOEL
Boere dink ál meer volhoubaar
DALEEN FOUCHÉ
Plaaslike boerderye en wynkelders is al hoe meer geneig om die skuif na volhoubare praktyke en omgewingsvriendelike boerderye te maak. Elizma Botha, bestuurder van die Robertson Wynvallei, is van mening die wynbedryf het oor die algemeen reeds groot vordering met omgewingsvriendelike praktyke gemaak. Botha sê haar ervaring is dat plaaslike boerderye en kelders positief is oor volhoubare praktyke op plase, omdat die meeste plase familieplase is. Produsente beoefen volhoubare
praktyke so ver moontlik om sodoende ’n nalatenskap vir die volgende geslagte te kan bewaar. Malcom Human, assistent-wynmaker by Van Loveren, beaam dié stelling en sê Van Loveren se boerdery is volhoubaar en vermy skadelike praktyke deur veral te let op die gebruik van water, en waterbesparing, asook die verantwoordelike gebruik van spuitstowwe. Hy meen dit is juis weens die feit dat Van Loveren ’n familiebesigheid is dat aandag aan volhoubaarheid gegee word. Volgens Human gee Van Loveren ook aandag aan die invloed wat verpakking op die omgewing het. Met die Tangled Tree-reeks het
Van Loveren beoog om hul koolstofvoetspoor te verminder deur bottels van PET (poli-etileen-tereftalaat) en Tree Free-papier, gemaak van suikerriet, te gebruik. Mossie Basson, instandhoudingsen bewaringsbestuurder van Graham Beck, meen die kelder probeer so ver moontlik “sensitief” boer. Hy sê Graham Beck het die Robertson-plaas gekoop om ’n groot deel daarvan vir bewaring vir die volgende geslagte te oormerk. Basson meen dat Graham Beck, aan wie kampioenstatus deur die Biodiversity and Wine Initiative (BWI) toegeken is, ’n holistiese aanslag tot volhoubaarheid en bewaring beoefen.
Graham Beck het hul gebruik van insekgif in die afgelope vyf jaar met 75% verminder. Hulle beskik ook oor ’n stelsel wat die plaas se riool self suiwer en sodoende water bespaar. Vir elke hektaar waarop geboer word, bewaar Graham Beck 4,5 hektaar. Volgens Basson kos bewaring egter geld en om hierdie rede het Graham Beck ’n nuwe reeks, Game Reserve, vrygestel om met die finansiering van sodanige bewaringsprojekte te help. Volgens Michelle du Preez van Bon Cap word dié plaas reeds jare lank op ’n “natuurlike” wyse bestuur. In 1990 is egter besluit om Bon Cap by die internasionale owerheid as ’n
organiese plaas te laat registreer. “Dit het ons die geleentheid gebied om na alle lande uit te voer as ’n geregistreerde organiese produsent.” Sy verduidelik dat geen chemiese stowwe soos gif in die produksie van die wyn gebruik mag word nie. Du Preez sê Bon Cap stuur twee keer per jaar grond-, water- en wynmonsters om getoets te word en sodoende te bevestig dat chemikalieë nie gebruik is nie. Sy meen dat hoewel organiese produkte wel ’n spesifieke mark bereik deur chemikalieë uit die produksieproses uit te haal, dit slegs “die kersie op die koek” is en dat die produk self steeds van die hoogste kwaliteit moet wees.
2
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 2 Julie 2013
Three Rs are here! Up until mid-2012 the Anna Foundation was primarily based in the Boland, implementing their three Rs – “Reading, Running, Right-ing” – programme after school hours for rural children in the area.
YOUNG MUSICIANS UNITE FOR MASS EVENT: The Ashwin Willemse Orient Group and the Rural Arts Development (RAD) Foundation joined forces this year to present a spectacular Youth Day celebration at the King Edward Stadium in Montagu. It was the first time that the 88 Langeberg children from Drumline Outreach performed together. With them, the Ashwin Willemse Orient Group, Western Cape Marching Band and Minnie Mass Choir with Emile Minnie, united in artistic and cultural expression through the arts. Pictured here is the Blikkies Band from Montagu performing at the Youth Day celebrations.
Tebaldi’s at Temenos in McGregor Do you have a taste for contemporary Italian country cuisine, traditional breakfasts and specials with a twist? Then Tebaldi’s Restaurant in McGregor is the place to be. Here you can also enjoy excellent coffee and luncheons with a choice of pizza, gourmet sandwiches and burgers, fresh homegrown salads and the speciality Caesar salad for which Tebaldi’s is renowned. Also on offer is Italian pasta, risotto, smoked salmon blini, fresh line fish and the ribs and sirloin which are speciality house dishes.
Tebaldi’s also caters for weddings, either in the restaurant or on the lawn, where feasts are prepared under the trees in a beautiful garden atmosphere. Conventions and speciality wellness packages are also on offer, where the food is prepared with love and attention to cater to your specific needs. Tebaldi’s is fully licenced and has three dining options – either the private poetry room catering for up to 20 people, or the main restaurant area which seats 36, or the patio and front garden for 40 people. Take a break from Robertson and come and experience a jewel in McGregor! Opening hours: on Tuesday through to Sunday Tebaldi’s is open for breakfast, lunch and dinner. Reservations for dinner are recommended. Phone 023 625 1115 or 023 625 1871.
But this non-profit organisation (founded in 2007) has spread its wings and in addition to taking on new projects throughout the Western Cape, is now benefiting more than 170 disadvantaged children in the Breede River Valley. Children of the farmworkers of Arabella Wines and Graham Beck, as well as the children at Riverside Primary (sponsored by the Cape Town-based company Frika) make use of the 3 Rs programme each afternoon. This professionally-designed, holistic programme incorporates education, sports and life skills activities with the aim of building positive self-worth, self-esteem and to equip each child with skills for lifelong learning. The Anna Foundation also trains women from farming communities, equipping them with the necessary skills to manage their after school centres and successfully implement the 3 Rs programme. By addressing the needs of rural children, a huge step is taken towards alleviating poverty in these communities, states
Children from Arabella do a maths review. a press release by the foundation. “Without education, these children will not reach their full potential and will not be able to take advantage of opportunities to improve their position. The intended purpose of the Anna Foundation programmes is to build positive self-worth in each child. Without self-worth and self-confidence a child will not perform optimally at school or see the need to improve him/herself and will not have a future vision towards which to aspire.” For more information go to www.annafoundation.com
Children who are included in the Anna Foundation project recently ran in the Vineyard Run at Arabella during the Wacky Wine Weekend.
) Winelands SPCA AGM on Tuesday 2 July from 17:30 for 18:00 at the Robertson Bowls Club. Refreshments and snacks will be served. ) Die Breyten Breytenbach Boekefees vind plaas van 5–7 Julie in Montagu. Vir meer inligting, besoek radculturezone.com. ) The next Robertson Farmers’ Market will take place on 13 July. ) Eseltjiesrus Donkey Sanctuary will host their sixth AGM on Wednesday 17 July at 18:30 in McGregor (venue to be confirmed).
For more information, send e-mail to admin@donkeysanctuary.co.za. ) Bok van Blerk en Peter Mitchell is te sien in die komiese produksie Die Boer en die Skot op 20 Julie by Janeza Plaasteater (op die Rooibrugpad). Bespreek by eza@janeza.co.za of bel 082 978 7020. ) Geniet melktert en tee of koffie die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe moet ’n week voor die tyd bespreek by 023 614 1774. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke en snuisterye van 09:00 af verkoop word. ) Send event details to gazette@ breede. com by 10:00 on Fridays.
Dinsdag 2 Julie 2013
News - Nuus
Breederivier Gazette
Wacky-fees lok wéér meer as 16 000 gaste Hoewel die bywoningsyfer vir vanjaar se Wacky Wine Weekend op 70 na dieselfde as verlede jaar s’n was, is Robertson Wynvallei, die organiseerder, steeds baie tevrede met die geslaagdheid van die fees, omdat wynverkope vanjaar toegeneem het. Volgens Elizma Botha, bestuurder van Robertson Wynvallei, het 16 630 mense die fees bygewoon, en het die slegte weer Saterdag nie juis feesgangers afgeskrik nie. Dit was egter opmerklik dat die meeste kelders hul besigste Donderdag en Vrydag tot nog toe ervaar het. Dit is volgens Botha moontlik ’n aanduiding dat besoekers probeer om die fees te geniet vóór die groot Saterdag-stormloop begin. “Dit beteken ook dat mense langer in die Vallei is.” ’n Ander hoogtepunt was volgens Botha die sementsakke waarvan die feessakke gemaak is. “Mense was mal oor die sakke,” het sy gesê. Hawelose mense is deur die Langeberg Doulos Trust betrek om oor ’n tydperk van drie maande die sakke met die hand te maak. Daar was op die besigste tye
tot 22 haweloses wat daagliks daaraan gewerk het. “Ons was meer as verras met die kwaliteit van die werk.” Botha sê vanjaar se liefdadigheidsprojek sal beslis volgende jaar herhaal word. Feesgangers kon vanjaar komberse en warm klere skenk in ruil vir wyn van dieselfde gewig as die klere. Dié projek was so suksesvol dat die wyn wat daarvoor geoormerk was, teen die Vrydag reeds op was en nuwe wyn aangekoop moes word. Besoekers het altesame 110 kg se komberse, klere en skoene geskenk (’n vrugtekrat tot oorlopens toe vol) en volgens Botha was die sukses en die reuse-behoefte in die Vallei ’n aanduiding dat hulle volgende jaar met die projek sal móét voortgaan. Die Gazette het na afloop van die Wacky Wine-naweek berig dat geen groot voorvalle aangemeld is nie. Botha het Vrydag bevestig dat die polisie geen groot probleme aan haar deurgegee het nie, hoewel sy nog nie meer besonderhede uit die volledige polisieverslag kon deurgee nie.
OOR DIE WAL: Dié motor het op Donderdag 27 Junie teen ’n skuinste langs die pad af gery by die R60 se aansluiting by die R62 buite Ashton. Die polisie het bevestig dat niemand in die ongeluk beseer is nie. Die rede vir die ongeluk is onbekend. FOTO: DALEEN FOUCHÉ
Noue ontkoming by Huis Le Roux ’n Klein brand het personeel van Huis Le Roux verlede Vrydag (21 Junie) groot laat skrik toe een oond in die vroeë oggendure in vlamme uitgebars het. Volgens Martha van Deventer van die tehuis was personeel van 04:00 af besig om vetkoeke voor te berei vir geldinsameling toe hulle ’n harde ontploffing hoor en vlamme sien uitkom by die een oond. “Danksy hul flink optrede is die brand vinnig geblus en is ’n moontlike ramp afgeweer. As die personeel nie daardie oggend toevallig aan diens was nie, kon dit ’n baie ander situasie gewees het.” Ongelukkig het die oond in die slag gebly en is dit ’n geweldige verlies vir die tehuis. Volgens
Van Deventer kos die spesifieke oond sowat R65 000 om te vervang. Dit word onder meer gebruik vir beskuit bak, geldinsameling en voorbereiding vir basaars. Nou word beskuit teen R30 per pakkie by die tehuis se ontvangs verkoop om geld in te samel om die oond te vervang en inwoners word aangemoedig om dié poging te ondersteun. Die tehuis hou ook op 26 Julie basaar en vra die gemeenskap om dit te ondersteun. Geldelike bydraes vir ’n nuwe oond kan gemaak word deur geld in te betaal by Absa, tjekrekening 1200 150 682, rekeningnaam Huis Le Roux, verwysing Oondfonds.
MONTAGUER MAAK DIT NET-NET NIE: Toitnette du Toit (regs), wat die afgelope twee maande saam met haar spanmaat, Magda Johnstone van Bloemfontein, op kykNET se realiteitsprogram Kokkedoor verskyn het, het verlede Donderdag uit die televisiereeks geval en só die eindronde misgeloop. Sy beskryf die ervaring as lewensveranderend. “Wat die kos betref, is ’n nuwe wêreld vir my oopgemaak. Ons aanvaar die onthou-kosse as ’n gegewe, maar die agtergrond behels soveel meer. Dit was ongelooflik.” Sy beskryf haar deelname as ’n voorreg en sy sê sy sal weer aan so ’n uitdaging deelneem. Inwoners van haar tuisdorp keer haar gereeld op straat voor om vrae te vra en hul opinie met haar te deel. “So iets gebeur net een keer.” Du Toit het gister Barrydale Karoo Hotel se kombuis oorgeneem waar boerekos met ’n verskil gemaak sal word.
Wykskomitees hou beraad ANITA DE KOCK Lede van die vyf wykskomitees van die Langeberg Munisipaliteit het verlede naweek ’n beraad van twee dae in Robertson bygewoon om probleme wat in die wyke ervaar word te bespreek. Raadslid Davin Hull, die speaker, het ná sy verwelkoming aan wykslede verwys na die gedragskode wat almal in 2011 onderteken het en het benadruk dat wykskomitees ’n platform is waar lede die taak waarvoor hulle verkies is moet nakom. “Om die wykskomitee te gebruik vir eie gewin, of ter bevordering van ’n politieke party of kerkverband, is ’n oortreding van die kode en val buite die raamwerk waarvoor u aangestel is.” Hy het beklemtoon dat lede deur die gemeenskap verkies is en derhalwe ’n mandaat van die kiesers het om hulle belange te verteenwoordig. Lede is in diens van die munisipaliteit en moet integriteit, objektiwiteit, onpartydigheid en deursigtigheid aan die dag lê en moet veral konsekwent wees in hulle optrede teenoor die gemeenskap. In haar rede het Buyiswa Jack van die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering begin deur ’n video van ’n man te wys wat, ondanks erge gestremdheid, daarin geslaag het om ’n normale lewe te lei. Sy het gesê dat, soos gestremdheid nie ’n verskoning is om te presteer nie, kan die gemeenskap nie aanhou om
apartheid en ander mense en amptenare verantwoordelik te hou vir probleme nie. As mense ongelukkig is, moet hulle met die plaaslike owerhede kontak maak en die owerhede moet daadwerklik optree. Wanneer mense ongelukkig is oor dienslewering, moet hulle nie strate toe hardloop nie, maar saam met die munisipaliteit werk. “’n Samelewing wat wag op die regering en plaaslike owerhede om alles te voorsien is ’n gemeenskap in gevaar. Wat kan die wykslid doen vir sy gemeenskap? Verantwoordelik wees, en mense kan begin deur byvoorbeeld hulle strate en omgewing skoon te hou. Wykslede moet hier ’n voorbeeld stel”. Kommunikasie tussen die gemeenskap, die wykslede en die munisipaliteit is belangrik om kwelpunte op te los. Sy is van mening ’n gebrek aan verantwoordelikheid en terugvoer tussen wykslede en die gemeenskap is ’n groot probleem waaraan dringend aandag gegee moet word. Sy het aangekondig dat 20 wykslede uit agt munisipaliteite gekies gaan word vir deeglike opleiding vir beter dienslewering en die lede sal op hulle beurt weer ander oplei. Hierna het Lucrecia Esau, kliëntediensbeampte by die munisipaliteit, die Batho Pele-inisiatief verduidelik. Batho Pele beteken “mense eerste”, is jare reeds in werking en moet ook deur wykslede uitgeleef word. Dit behels dat korrekte inligting na die gemeenskap deurgegee word en
die verandering van die ingesteldheid van die gemeenskap. Daar word gekonsentreer op punte soos konsultasie, diensstandaarde, toeganklikheid, beleefdheid, korrekte inligting, openlikheid, terugvoering en waarde vir geld. Esau het ook verwys na die nooddiens vir dienslewering, ’n 24 uur-inbelsentrum waar mense probleme en klagtes met betrekking tot dienslewering kan indien. Daar word daarna gestreef om die probleme so gou moontlik op te los en direkte terugvoer aan die gemeenskap te gee. Daar is ook ’n daaglikse kliëntedienssentrum waar klagtes ingedien kan word. Die nommer is 0860 88 11 11. Hierna het Dirk Steyn, bestuurder: vaste afval, verslag gedoen oor die verwydering van afval en die herwinningsisteem. Kobus Brand, bestuurder: stadsbeplanning, het die kwessie van hoe behuisingsgebiede geteiken en geïdentifiseer word bespreek. Saterdag se program het hoofsaaklik bestaan uit groepbesprekings of werksessies van die vyf komitees waarin probleme soos stormwater en rioolstelsels, dienslewering in landelike areas, werkskeppingsprojekte, maatskaplike en ander probleme bespreek is ten einde oplossings daarvoor te vind. Ná lewendige terugvoersessies is die beraad afgesluit met ’n verslag oor die plaveiselbestuur- en stormwaterstelsel. Geen beleids- of ander besluite is tydens die beraad geneem nie.
3
4
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Dinsdag 2 Julie 2013
Nuwe bib ‘is wonderlik’ Laerskool De Villiers in Robertson het vir die eerste keer in die skool se geskiedenis ’n toegewyde biblioteek. Die boeke is voorsien deur die Wes-Kaapse departement van onderwys en ’n ou klaskamer is verander in ’n leser se droom. Tog is daar nog plek vir baie boeke op die rakke en die skool versoek dat mense ou tydskrifte en boeke aan die nuwe skoolbiblioteek sal skenk. Die Breederivier Gazette het by leerlinge gaan hoor wat hulle van die nuwe biblioteek dink.
Breyton Hendriks, Laerskool De Villiers se topleerling, is bly omdat hy nou navorsing by die skool kan doen en beter projekte kan doen. Sy gunstelingboeke is strokiesprente en die Trompie-boeke.
Chanté-lee Muller is baie opgewonde oor die nuwe biblioteek omdat sy lief is vir lees. Sy doen ook voordrag en prosa en kan nou nuwe materiaal in die biblioteek kry.
Hoofmeisie Abroline Marthinus is baie opgewonde oor die nuwe biblioteek omdat dit die leerlinge gaan help met navorsing vir hulle projekte. “Ek is ook baie lief vir die Saartjie-boeke.”
Sean Scholtz is baie opgewonde oor die nuwe biblioteek omdat dit leerlinge sal help om hul leesvaardighede te verbeter.
DONASIE: Robertson Wynvallei het op Donderdag 13 Junie besoek afgelê by Trippel Toontjies, die ACVV se dagsentrum vir kinders met gestermdhede, en ’n skenking van klere en kinderpaspoorte vir die Wacky Wine Weekend oorhandig. Die skool sorg bedags vir 18 kinders. Hier (agter van links) is Geraldine van Deventer, hoof-administrasiebeampte van Robertson ACVV, Elmaré de Lange, juffrou by Trippel Toontjies, Marylize Mouton van Robertson Wynvallei en Elana Bruwer, voorsitter van Robertson ACVV, by leerlinge van Trippel Toontjies.
FLINK VRYWILLIGERS: Breederivier Hospice se winkel, Hotspice, het op 20 Junie ’n ete gehou vir al die vrywilligers wat in dié winkel diens doen of help om vir hulle funksies te reël. Twee van die vrywilligers het ook toekennings ontvang – Joy Howard (links) vir die tweede kwartaal en Brenda Hendrick (regs) vir die eerste kwartaal. Dit is toegeken op grond van hul gewilligheid om te werk, stiptelikheid, eerlikheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid wanneer hulle in die winkel werk of help om funksies vir die winkel-afdeling te reël. Saam met hulle op die foto is Cecile Claassen van Hospice. FOTO: ZELDA KLOPPERS
Hoofseun Davian Carolus sê hy het gehelp om die boeke op die rakke te pak. Sy gunstelingboeke is wetenskap-boeke, maar hy is ook lief vir storieboeke. FOTO’S: DALEEN FOUCHÉ
Voordele van volhoubare energie Met die toenemende kommer oor beperkte natuurlike hulpbronne en die mens se voetspoor op die planeet, word mense aangemoedig om slim met hulle energieverbruik om te gaan. En met die donker wolk van beurtkrag wat oor die land hang, is daar nóg meer rede vir huishoudings en besighede om eienaarskap oor elektrisiteitsverbruik, sowel as elektrisiteitsvoorsiening, te neem. Voorheen was verbruikers afhanklik van verskaffers om in hul energiebehoeftes te voorsien, maar met die vooruitgang in die tegnologie van hernubare energiebronne, soos sonpanele en windlaaiers, is dit nou moontlik vir verbruikers om self in hulle energiebehoeftes vir huishoudings en besighede te voorsien. Energiebesparingsmaatreëls is nie net omgewingsvriendelik nie, maar ook ’n groot finansië-
le besparing vir verbruikers wat reeds sukkel om by te bly met stygende lewenskostes. Met die plaaslike munisipale kostes wat vandeesmaand in werking tree, is dit nou die ideale tyd om ander bronne van elektrisiteit te oorweeg. Die skuif in energievoorsiening van verbrui-
ker na verskaffer is reeds te sien regoor die Suid-Afrikaanse landskap in die vorm van sonpanele vir warmwatertoestelle. Dié gewilde produk bespaar warm water en die koste wat daarmee gepaard gaan. Ander verbruikers het reeds volhoubare energiebronne ingespan om hulle huishoudings en besighede totaal onafhanklik van die kragnetwerk te maak. Om volhoubare energie meer toeganklik te maak vir verbruikers, is daar nou ook opsies beskikbaar aan verbruikers om volhoubare energiebronne maandeliks af te betaal. Verbruikers kan verskeie maatreëls in plek stel om krag te bespaar, onder meer om ’n isolerende kombers om hulle geisers te vou. Verbruikers kan ook gewone gloeilampe met energiebesparende ligte vervang.
Dinsdag 2 Julie 2013
Locals graduate to become pastors The River Academy in Robertson recently held their annual graduation ceremony. The academy is a faculty of Calvary Life University, an internationally and nationally accredited theologic seminary. This year the academy had seven first years and three third year students who received their qualifications, and two students who received their Bachelor’s degree in Christian Ministry (B.Min). Three of the first year students are from the local Department of Correctional Services and one of the third year diploma students has been an offender in the local correctional centre and has fully completed his sentence. Dr Aré van Eck says the River Academy sees this as a definite sign that the local correctional facility received the award as best centre in South Africa for a reason.
The first year students are Mark Strydom, Freddy Africa (Department of Correctional Services), Hennie Arendse (Department of Correctional Services) and Lionel Philander (Department of Correctional Services).
Pastor Tertius Malan, who received his Bachelor’s degree in Christian Ministry, is seen here with Dr Aré van Eck.
Pastor Jan McCalagan, who received his Bachelor’s degree in Christian Ministry, is also seen here with Dr Aré van Eck.
Computer course bursaries available Logika Computers, in collaboration with Stellenbosch Entrepreneur and Enterprise Development (SEED), has received funding from the HCI Foundation and now offers 25 bursaries to deserving Langeberg candidates. The HCI Foundation is the corporate social investment arm of HCI, a black empowerment company with its origins in the Southern African Clothing and Textile Workers’ Union. The courses at Logika Computers cover the basic computer skills required to make people employable. They are ICDL (International Computer Driver’s Licence) and MICTSETA (the government training body for media, information and communication technologies) accredited courses. Application forms will be available at Logika Computers, and the closing date for the HCI Foundation applications will be 12 July. Another sponsor, Refresh Sparkling Mineral Water, will sponsor one student per month for a full e-Learner Platinum course. Applications will open every month, so keep an eye on the Facebook page http://www.facebook.com/LogikaComputers.
News - Nuus
Breederivier Gazette
5
6
Breederivier Gazette
Geklassifiseerd
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07
Dinsdag 2 Julie 2013
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141
Gelukwensing Congratulations
RAAI WIE'S 1 JAAR OPUD VANDAG?
Algemene Dienste General Services
ABRAHAMS, AVALEIGH Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: mammie Des, Nicky, Oupa, JayDean, Chris-Lyn, Octavan, Ouma Maggie, Devonique, ouma Derra, niggies en nefies.
11
In Memoriam
PIETERSE PETRUS Geb.15/05/1958Gest.01/07/2012 ‘n Jaar weg van ons, die verlange en gemis is groot. Van jou vrou, kinders en kleinkinders.
KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.
JOBS
400
Betrekkings Gevra Jobs Wanted PLAASBESTUURDER soek werk in Robertson, Worcester, Ceres en Paarl omgewing. Onmiddellik beskikbaar vir indiensneming. Skakel 074 898 6722
Dinsdag 2 Julie 2013
News - Nuus
E-sentrum maak oop Dié sentrum is deel van die Cape Access-projek, ’n inisiatief van die Wes-Kaapse regering, gelei deur e-Regering vir die Burgers, ’n direktoraat in die departement van die premier van die WesKaap. Cape Access fokus op die plasing van e-sentrums in arm en landelike gemeenskappe, waar toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologie beperk is.
Rekenaars met internetverbindings word geplaas in openbare biblioteke, skole, veeldoelige sentrums en ander toegangspunte vir gebruik deur enigeen. Gebruik is gratis, maar tyd beperk tot 45 minute per sessie. Elke rekenaar bied basiese sagteware (soos Word-prosesseringsprogramme), en die gebruikers kan hul eie e-pos-adresse skep met die hulp van die personeel. Daar is tans 34 e-Sentrums in die Wes-Kaap. Robertson e-Sentrum is op die hoek van Paddy- en Wesleystraat in die Thusong-sen-
7
Radio Flyers help Jordaans
trum geleë. Dit bied skandering, drukwerk (tot en met agt bladsye per dag per persoon), hulp met die tik van CV’s en dekbriewe, hulp met die skep van e-pos-addresse, hulp met werksoek op die internet, hulp met studente se aanlyn-aansoeke vir beurse, die gebruik van die internet en navorsing deur skoliere vir skooltake as dienste aan. Die sentrum is ook besig met ’n basiese rekenaarkursus, wat reeds vol is. Weens dié kursus is die sentrum-tye vir die publiek 10:30 tot 16:00 van Maandag tot Donderdag, en 08:00 tot 14:00 Vrydag.
The Robertson Radio Flyers recently made an impromptu donation to the Baby Elizabeth Jordaan Trust. Baby Elizabeth, now just over 18 months old, was diagnosed with spinal muscular atrophy with respiratory distress (SMARD1) after falling ill at three months old. She needs 24-hour care. The donation was possible thanks to the gate takings at a radio controlled fly-in in May, which were better than they had budgeted for. They also auctioned a 5 litre bottle of wine
for R7 600, which they rounded off to R8 000. The Jordaan family were invited to the clubhouse at the beginning of June, where club members presented baby Elizabeth’s mother, Sanet, with a cheque for R8 000. Anyone keen to make further donations to cover Elizabeth’s medical expenses, can make a payment to The Baby Elizabeth Jordaan Trust, Standard Bank cheque number 242260926, branch code 050213 (Montagu). The club says it is grateful towards local businesses and the Langeberg community for their support.
2713 RC 1CAMGH55L
Die splinternuwe Robertson e-Sentrum is op 22 Junie amptelik bekend gestel.
Breederivier Gazette
Die lint word geknip om die amptelike opening van die Robertson e-Sentrum aan te dui. Van links is D. Hull, speaker van die Langeberg Munisipaliteit, S. Kotze, bestuurder van administratiewe ondersteuning, L. Benting van die kantoor van die premier en K. Pockpas, bestuurder van die Robertson e-Sentrum.
2713 RC 1CAMH7V5L
2713 RC 1CAMH255L
Die gesigte wat gebruikers van die Robertson e-Sentrum daar sal sien. Van links is Andie Adams, bestuurder van ontwikkeling by die sentrum, Elizma Jansen, administratiewe en gebruiker-assistent, en Klaus Pockpas, bestuurder van die sentrum.
Breederivier
Year 17 • 2 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212
Skaakklub skitter in Oudtshoorn Robertson Skaakklub (RCC) het ná ’n langverdiende stilte weer vir ander klubs gaan wys waar Dawid die wortels gegrawe het. Hulle het van 21 tot 23 Junie gaan deelneem aan die onlangse Oudtshoorn-sportnaweek, een van die grootste sportnaweke op die WesKaapse kalender. Daar was onder
meer tennis, tafeltennis, yshokkie, hokkie, boks, skopboks en nog vele meer op die program. Met die samewerking van, en broodnodige borgskap deur die departement van kultuur en sport, kon Robertson Skaakklub as een van die ontwikkelende klubs na Oudtshoorn reis vir sewe rondes intensiewe skaak in die ope toernooi. Elke ronde
Op die foto (van links) is George Daniëls (departement van kultuur en sport), Heinrich Bothman (RCC-president), Henrico Meyer, Adrian Januarie, Johney Mouries (al drie RCC) en Jacqueline Fritz (departement).
het drie ure geduur. Johney Mouries en Adrian Januarie het aan die hoërskool-ope deelgeneem. Januarie het 3 uit 7 gewen en het algeheel 17de geëindig uit ’n totaal van 32 hoërskoolleerlinge. Mouries het toeskouers verbaas en die wenkbroue laat lig met sy puik vertoning van 4 uit 7 en het algeheel 8ste uit die 32 hoërskoolleerlinge geeindig. Aan die senior kant het Heinrich Bothman 4 uit 7 gewen en Henrico Meyer 3 uit 7. Hulle het onderskeidelik 17de en 31ste geëindig uit 50 opeskaakspelers. Die kompetisie was baie sterk en het provinsiale meesters soos Kenneth Willenberg, Craig Willenberg en Frederick Odendaal ingesluit. SWD-, WP-, Boland-, Oos-Kaap- en Weskus-spelers het deelgeneem. As kersie op die koek het RCC ’n verdere borgskap van sweetpakke van die departement ontvang, waarvoor die klub Jacqueline Fritz vir haar organisering bedank. Enigiemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan e-pos stuur aan robertsonchessclub@gmail.com of www.robertsonchessclub.weebly.com besoek. Die klub sê hy is nie net afhanklik van broodnodige skenkings vir toerusting nie, maar ook van die ondersteuning van die gemeenskap sodat hulle skaak kan gebruik om plaaslike jongmense se toekoms te help verseker.
BERGFIETS-AKSIE: Ruohan Cronje het onlangs by die Wacky Wine Weekend vir Robertson Winery aan die Wacky Wine Bergfietsrit deelgeneem. Hy het die 42 km in 2 uur en 7 minute voltooi. Hier is hy in aksie tydens die wedren.
VOORSLAG OP DIE HOKKIEVELD: Britney Wentzel van Laerskool Robertson is in die o. 13 Pinotagestreekspan vir hokkie opgeneem.
SKOLENUUS – SCHOOL NEWS Skole spog met kultuur
REDENAAR: Katinka Ellis, Laerskool Robertson, is een van twee leerlinge in die intermediêre fase wat deelneem aan die finale ronde van die ATKV Redenaarskompetisie.
Laerskool Montagu het weer sy jaarlikse Grondslagfase Kultuurmiddag aangebied. Laerskool Bredasdorp, Robertson Voorbereidingskool asook die Monties het met hul redenaars, junior kore en vasvra-spanne deelgeneem. Worcester Primêre Skool is ook deur twee redenaars verteenwoordig. Die redenaars se toesprake was van hoogstaande gehalte en het die beoordelaars behoorlik laat kopkrap. Die wenners was Carli Prins
(Robertson Voorbereidingskool) in eerste plek, Lia du Plessis (Laerskool Montagu) in die tweede plek en Nina Ellis (Robertson Voorbereidingskool) in die derde plek. Die vasvra-spanne het mekaar behoorlik opgekeil. Die wenner was Robertson Voorbereidingskool met Laerskool Montagu tweede en Laerskool Bredasdorp derde. Die drie kore het ’n pragtige bydrae gelewer tot die sukses van die middag.
Robertson Voorbereidingskool se koor tree op tydens die kultuurdag.
Nina Ellis en Carli Prins van Robertson Voorbereidingskool het onderskeidelik die derde en eerste plek behaal vir redenaars by die kultuurdag.
Modeparade met ’n kinkel
FLINK GEDINK: Hierdie drie leerlinge van die Wakkerstroom-Wes Primêre Skool is as wenners van die Kaapse Wynland Onderwysdistrik se Korrek Spel- en Vasvra- kompetisie aangewys. Hier (van links) is die trotse meisies Feron du Toit (derde prys-wenner), Abygale Syster (eerste prys-wenner) en Leelin Standfliet (finalis). FOTO VERSKAF
Dié graad 7-leerlinge van Laerskool Robertson het op 24 Mei gewys hoe kreatief hulle is deur klere uit rommel te maak en dit aan te trek. Van links is Mané Martin, Jana van Zyl, Zahné-Marie van Rensburg en Britney Wentzel.
Hier is (van links) Candice Piedt, Brithney Snyman, Mieke Matthyser, Monika Viljoen en Sinalo Mayekiso in hul rommeluitrustings.