Breederivier
Year 17 • 30 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Hartseer Maandag op die R60
Nooddienswerkers het gister (Maandag) ure lank onverpoosd gewerk om insittendes van die wrakke van ’n Isuzu-bakkie en Toyota-motor te bevry ná ’n trompop-botsing op die R60 wat tot die dood van die bestuurder van een van die voertuie gelei het. Lees die berig op bl. 3. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Uiteindelik nog huise VERSLAGSPAN
Inwoners van McGregor het die nuus verwelkom dat daar ná jare van struikelblok na struikelblok moontlik weer laekostebehuising in dié dorpie ontwikkel kan word. ’n Kennisgewing vir openbare deelname aan ’n voorgestelde Aslaprojek is voorverlede week in die Breederivier Gazette geadverteer. Volgens dié kennisgewing word laekostebehuising op ’n stuk grond van 17,41 ha aan die oostelike grens van die dorp beplan, teenaan Buitekantstraat en Meyersingel. Terselfdertyd beplan die munisipaliteit om die bestaande informele behuisingsperseel te sluit en inwoners van daar af
te verskuif, hoewel besonderhede daaroor nog nie duidelik is nie. Die nuus is deur verskeie inwoners verwelkom, aangesien vorige planne vir behuising in McGregor groot teenkanting ontvang het en ’n droogte van 15 jaar in enige ontwikkeling meegebring het. Die Gazette het in Januarie 2008 reeds berig oor ’n brief wat deur die McGregor Ontwikkelingsforum aan die koerant geskryf is onder die titel “Tensions at breaking point in McGregor”. Inwoners was sover vasgestel kan word verdeeld oor moontlike persele. Die munisipale bestuurder, Soyisile Mokweni, het in sy reaksie op dié brief gesê McGregor is ’n erg verdeelde gemeenskap wat meebring dat
daar geen verenigde mening is oor laekostebehuising in die dorp nie. Maar kommentaar oor die nuutste planne word nou weer ingewag. Die munisipaliteit het volgens Mokweni in Desember verlede jaar grond vir behuising aangekoop, hoewel die vruggebruik nog tot 7 Desember aanstaande jaar by die vorige eienaar is. Mokweni sê daar was net een moontlike plaas binne die stedelike rand waarop die huise ontwikkel kon word en dat ’n lang proses die aankoop van die grond voorafgegaan het. “Daar is ’n groot gebrek aan grond in McGregor en die munisipaliteit het ook gesukkel met besware van die publiek omtrent die grond.” Die McGregor-erfenisgenootskap,
wat ook die voorgestelde projek steun, het intussen die hoop uitgespreek dat hy betrokke sal kan wees ter wille van estetiese en omgewingsvriendelike aspekte, aangesien McGregor bekend is vir sy geskiedkundige kleimuur-en-rietdakhuise. Myrna Robins, ’n komiteelid van die McGregor-erfenisgenootskap, sê hoewel dit te lank geneem het, is dit goed dat daar uiteindelik nuwe verwikkelinge is. “Ons is nog nie amptelik in kennis gestel nie, maar die afgelope sowat twee weke is daar ’n kennisgewing teen die heining, van die eiendom van ’n omgewingskonsultant, wat geinteresseerde en geaffekteerde partye vra om te registreer sou hulle wou bydra tot die estetiese ontwerp
van die ontwikkeling op die rand van hierdie historiese dorpie.” Yvonne Arendorff, ’n gemeenskapsleier in McGregor, sê sy is baie bly oor die moontlike verwikkeling, want sommige mense is al 30 of 40 jaar op die waglys. “Ná 21 jaar kom daar ’n huis vir die mense. My hart se begeerte is dat al die politiek uit die weg geruim word. By ander plekke staan mense saam. Ek doen ’n beroep op die mense om hande te vat en saam te staan, dan sal ons baie dinge regkry.” Meer besonderhede en ’n tydraamwerk is nog nie beskikbaar nie. ’n Opedag word vir September beplan. Die begunstigdes van die nuwe huise sal ook in ’n later stadium vasgestel word.
2
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 30 Julie 2013
KFC wil plaaslike helde vereer ) ’n Vroueoggend word op 3 Augustus van 10:00 af by die Robertson NG gemeente gehou met Ymile Kennedy van Juig-tydskrif as gasspreker en Kenny Pritchard as gaskunstenaar. Kaartjies kos R100. Bel Maggie le Roux by 023 616 3333. ) The next meeting of the Robertson Literary Society will be on Monday 5 August at 19:00 for 19:30. The topic will be “The Trapping Truth: Leopards, People, Everything – the story of the local leopards and the impact of our modern lives on top trophic level species”. It will be presented by Bool Smuts and Carolyn Devens from The Landmark Foundation. ) Die VinPro/Winetech Streeksinligtingsdag word gehou op Woensdag 7 Augustus by die Outdoor Arena Lodge, Bonnievale. ) The annual Montagu Music, Art, Dance and Drama Festival (M.M.A.D.D.) takes place in the picturesque town of Montagu from 7 to 17 August. For more information, visit www. radfoundation.co.za. ) The next Robertson Farmers’ Market will take place on 10 August. ) Geniet melktert en tee of koffie die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe moet ’n week voor die tyd bespreek by 023 614 1774. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand van 09:00 by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke en snuisterye te koop is. ) Send event details to gazette@ breede.com.
In ’n poging om die gemeenskap te ondersteun, wil KFC Robertson weer plaaslike helde wat ’n verskil in die gemeenskap maak met die opwindende KFC Robertson Local Hero-kompetisie vereer. Enigeen is welkom om ’n nominasie in te dien van mense wat daartoe verbind is om ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak, hetsy klein of groot. KFC Robertson glo dat elke bietjie ’n verskil maak. Nominasievorms is beskikbaar by KFC Robertson en die sluitingsdatum vir nominasies is Woensdag 21 Augusts. Die wenner sal gedurende die eerste week van September deur KFC Robertson aangewys word en sal R5 000 kontant asook toerusting ter waarde van R10 000 ontvang om hul werk voort te sit.
Gerrie Pretorius will perform at The Golden Valley Casino on Women’s Day (Friday 9 August).
Gerrie Pretorius to wow women on their day Exciting news for Gerrie Pretorius fans: he has a brand new album out and he will be performing at The Golden Valley Casino on Women’s Day, Friday 9 August. With his good Latin looks, charming stage presence and vocal allures, this multiple platinum award-winning singer promises an evening of musical delight. He says he is especially looking forward to wooing his lady visitors on Women’s Day. His new album, “Onthou die Goue Oues”, has Gerrie singing in a nostalgic mood, with 19 timeless jewels like “Home isn’t home any more”, “Come what may”, “Tiny bubbles”, “Adios amigos”, “Picking up pebbles” and
many more. The album contains a mix of Afrikaans and English songs, even one in French and another in Spanish. Guests can expect to hear many of these new songs in Gerrie’s repertoire, and they will most likely not have to beg him to sing a Bles Bridges tribute or even his Stormers song, especially in Worcester! So, readers who enjoy good music, should not miss Gerrie Pretorius live and singing beautiful new songs as well as favourite hits. The show starts at 21:00 and tickets are R80 each. Buy tickets at the casino’s cash desk or book by phoning Golden Valley on 023 348 7200. Book early, as tickets are limited and seats are likely to sell out quickly.
Siektes, plae en onkruid bekyk Wynprodusente en wingerdboukundiges kan op 7 Augustus by VinPro en Winetech aansluit vir ’n inligtingsdag wat fokus op die effektiewe beheer van sekere siektes, plae en onkruidsoorte in die wingerd. Kundiges van LNR Nietvoorbij, Villa Crop, Terason, Rovic & Leers en Syngenta gaan onder meer gesels oor die beheer van witroes, riglyne vir die toediening van siektebeheermiddels, asook die bestuur van hardnekkige onkruide en die effek van suierwonde en duisendpote op die verspreiding van patogene. Die dag word aangebied by die Outdoor Arena Lodge, Bonnievale. Inskrywingsgeld is R170 per persoon. Kontak Marie-Louise Janse van Rensburg by 023 626 3017 vir meer inligting.
Ontmoet vir Jeanre Wat is jou naam en van? Jaenre Botha Wat is jou besigheid se naam en waar is dit geleë? My besigheid se naam is Jaenre Botha Prokureur en is geleë by Kerkstraat 56. Watter tipe besigheid besit jy? Ek besit ’n prokureurspraktyk. Ek behartig siviele en kriminele sake, kommer-
siële werk, skuldinvordering, egskeidings en eiendomsoordragte. Wanneer en hoe het jy jou besigheid begin? Ek praktiseer sedert 2000 in ’n privaatpraktyk in Pretoria en Kempton Park. Voor dit was ek ’n regsadviseur by die Padongelukfonds. Ek is sedert 2004 in Robertson woonagtig.
Jaenre Botha
Dinsdag 30 Julie 2013
News - Nuus
Breederivier Gazette
3
Flippie kry nuwe hande CHARLOTTE LESCH
Die R60 buite Robertson is gister (Maandag) vir etlike ure gesluit ná ’n trompop-botsing tussen twee voertuie sowat 10 km buite die dorp. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Een dood in R60-botsing HILDERINE SCHRÖDER ’n Man is dood en ’n tweede ernstig beseer gelaat in ’n trompop-botsing vroeg gisteroggend (Maandag) op die R60. Die ongeluk het omstreeks 06:30 digby die afdraai na die Rooiberg Kelder plaasgevind. Volgens lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, word die omstandighede van die ongeluk steeds ondersoek. Inligting só ver dui daarop dat die bestuurder van ’n grys Isuzu-bakkie ’n voertuig voor hom – wat padgegee het tot in die noodbaan – verbygesteek het toe hy teen ’n wit Toyota gebots het. Volgens getuies op die toneel, sê Mngce-
le, was die Toyota se ligte nie sigbaar nie en die gebied baie mistig toe die ongeluk gebeur het. Die bakkie het met die impak van die botsing omgeslaan en in ’n sloot langs die pad tot stilstand gekom. Die 30-jarige bestuurder is met veelvuldige beenbreuke na die Worcester-hospitaal gehaas. Die bestuurder van die Toyota, ’n 41-jarige man van Hermanus, is op slag dood in die botsing. Nooddienswerkers was lank op die toneel om die oorledene uit die wrak van sy motor te bevry. Die pad, wat met wrakstukke van die twee voertuie besaai was, is vir etlike ure gesluit vir verkeer. Verkeer is gedurende dié tydperk langs alternatiewe roetes herlei. Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.
IN VLAMME: Een man is dood en twee ernstig beseer toe hul sinkhuis in Langstraat, McGregor, afgebrand het. Volgens die McGregor-polisie het die sinkstruktuur op 20 Julie omstreeks 22:00 vlamgevat. Die omstandighede wat tot die brand gelei het, is nog onbekend.
Gazette also on Facebook The Breede River Gazette has a Facebook page where readers can comment, like and link to stories on our web page. To keep up-to-date with the latest Breede River Gazette news, like our page at www.facebook.com/ Breederivier Gazette.
Daar kom binnekort ’n tikkie goeie nuus vir Flippie Engelbrecht (19) van Robertson wie se hande geamputeer is weens ’n ernstige brandongeluk in 2009. Richard van As, ’n skrynwerker van Randburg in Gauteng, wat self in 2007 vier vingers in ’n werksongeluk verloor het, het ingestem om nuwe “hande” vir Engelbrecht te maak. Die Gazette het verlede week berig oor Engelbrecht wat ’n reeks ernstige mediese gevolge moet verduur na ’n beweerde aanranding in 2008 op die Rietvallei-wynlandgoed. Hy is blind, kry epileptiese aanvalle en het albei hande verloor toe hy tydens so ’n aanval in ’n vuur beland en erge brandwonde opgedoen het. Hy sê die aanvalle het begin ná die aanranding. ’n Operasie om bloeding op sy brein te stop, het glo sy blindheid veroorsaak. Die twee mans wat hy van sy aanranding beskuldig, moet môre (Woensdag) in die hof verskyn. Die organisasie The Freedom Trust, wat hom beywer vir die regte van plaaswerkers, het Van As onlangs genader vir hulp omdat hy bekend is vir die maak van kunshande. Van As het kort ná sy eie ongeluk in 2007 vir iets op die internet gesoek om sy vingers mee te vervang.
Die idee van ’n kunshand het ontstaan toe Van As op die internet op ’n reuse-hand wat met toue en katrolle beweeg, afgekom het. Van As gebruik volgens sy webblad, Robohand, ’n 3D-drukker om die vingers van die hand te vorm en talle prototipe-hande het gevolg. Wanneer die persoon se handgewrig na onder buig, trek die toutjies korter en die vingers saam om ’n voorwerp vas te hou. Rekkies aan die teenoorgestelde kant van die toutjies trek die vingers weer reguit as die handgewrig reguit gemaak word. Van As het aan die Gazette gesê geen batterye is nodig nie. “As jy ’n gewrig het – of dit nou die elmboog of skouer is – wat werk, is dit moontlik om die kunshand te maak. Die liggaam stuur die kunshand.” Sy nie-winsgewende organisasie, Robohand, het tot dusver al sowat 100 gratis kunshande gemaak. Die materiaal vir een hand kos sowat R5 000. Hy beplan om Engelbrecht op 11 Augustus te besoek. “Ek hoop regtig ek kan hom help.” Carina Papenfus, aktivis van The Freedom Trust, sê Engelbrecht is ongelooflik opgewonde oor die nuus. “Hy is klaar besig om hard te oefen met stokkies en rekkies wat ons vir hom gemaak het om aan die nuwe lengte gewoond te raak,” voeg Papenfus by.
4
News - Nuus
Breederivier Gazette
Dinsdag 30 Julie 2013
) ’n Man wat aangekla word van motordiefstal word deur die Montagu-polisie gesoek. Volgens sers. Suria Meyer is Francois Marais (ook bekend as Boefie) daarvan aangekla dat hy oor die naweek van 12 tot 15 Oktober 2012 ’n voertuig gesteel het by Montagu Toyota in Langstraat. Hy is deur lede van Montagu-polisie in hegtenis geneem. Hy het in die hof verskyn en is aangehou in die Robertson-aanhoudingselle, maar het op 20 Maart ontsnap. Marais is 36 jaar oud, 1,81 m lank, het donker hare en is skraal gebou. Hy het tatoeëermerke op sy voorarms. Verskeie woorde verskyn op sy arms en hande. Enigiemand met inligting oor waar Marais hom bevind moet vir ao. Inus van Huyssteen bel by 079 894 1784 of vir sers. Suria Meyer by 082 499 3860.
Staff from the Robertson Correctional Facility and Joseph Matwa retirement home are here with two residents in their brand-new wheelchairs. PHOTOS: DALEEN FOUCHÉ
New wheelchairs for the elderly DALEEN FOUCHÉ
The Joseph Matwa retirement home in Nkqubela received lots of attention last Wednesday when the Department of Correctional Services visited residents to hand over eight wheelchairs.
Die Montagu-polisie is op soek na Francois Marais.
Residents of the retirement home were treated to beautiful songs sung by the Correctional Services staff choir. This event formed part of Correctional Services’ attempts to uplift poor communities as part of the Mandela Day celebrations. The Robertson staff had a busy month of repairing, cleaning and giving which culminated in this last
event for the month. The day was attended by high ranking officers, including Nontsikelo Jalingana, chief executive officer for the Department of Correctional Services. The Hillsong Foundation, who also attended the event, donated the frames for the wheelchairs which were ingeniously fitted with plastic chair seats by the inmates of the Robertson Correctional Facility. The chairs are suitable for use in showers. Lulama Nentsa, manager of the Joseph Matwa retirement home, was overjoyed by the donation and said now every single resident had a wheelchair which would make their daily chores a lot easier.
These wheelchairs were fitted with plastic chair seats by the inmates of the Robertson Correctional Facility and donated to the Joseph Matwa retirement home.
Robertson-boorling by VinPro Hy was onder meer by Suid-Afrikaanse wynAbsa op nasionale bekelders het ’n nuwe stuursvlak en het daarna tuiste in die pas gevesop die direksie van twee tigde VinPro Wynkelprivaatorganisasies in ders-divisie, met Pretoria gedien. Christo Conradie as Sy passie vir die landbestuurder. bou-omgewing, en meer Conradie het op 15 spesifiek die wynbedryf, Julie by die VinProhet hom egter nooit ontspan aangesluit en sogroei nie. doende beslag gegee Die Wynkelders-diviaan die nuwe afdeling sie spreek die spesifieke wat spruit uit die samebehoeftes van sy kelderlesmelting van VinPro de aan deur onder meer te en Wynkelders Suidfokus op die verspreiding Afrika (WKSA). van relevante bestuursDie 56 produsenteen markinligting, effektikelders van die voorwiteitsverbetering in die malige WKSA, wat kelder- en logistieke om75% van die totale wyndruifoes verwerk, Christo Conradie is aangestel as bestuurder van gewings, koördinering van kelderpersoneel-opvorm dus nou deel van die nuwe VinPro Wynkelders-divisie. leiding en tegniese aspekVinPro se ledebasis van meer as 3 600 wynprodu- ringsveld wat landbou-ekono- te in die verwerkingsomgemie (in die wynbedryf), bank- wing. sente en kelders. Dié divisie sal namens kelAs ’n boorling van Robert- wese, kleinhandel asook strason en gegradueerde van die tegiese sake- en prosesbestuur ders met rolspelers soos die reUniversiteit Stellenbosch in verskeie poste en maat- gering skakel oor beleids- en wetgewingsaspekte. (US), het Christo ’n wye erva- skappye insluit.
VOLLE VERTROUE: Die eienaar van dié lemoenstalletjie in Montagu se Langstraat het volle vertroue in sy kliënte se eerlikheid en het hierdie selfhelpstalletjie geopen. Vir R10 kan kliënte ’n sak lemoene vat.
Dinsdag 30 Julie 2013
Wen groot as ’n wynskrywer Suid-Afrika se grootste en mees gevestigde wyninstansie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereniging (SANWSV), het ’n nuwe inisiatief aangekondig wat daarop gemik is om die kuns en belangrikheid van goeie gehalte wynjoernalistiek te versterk. Die nuwe Jong Wynskrywers-kompetisie is oop vir wynskrywers tussen 18 en 35 jaar. Om in aanmerking te kom vir die eerste prys van R15 000 of tweede prys van R7 500, word skrywers genooi om ’n artikel of blog-pos in te stuur. Die kompetisie moedig ’n nuwe generasie skrywers aan om hulle kennis en begrip van wyn, die bedryf en spesifiek hul wynskryfvaardighede te verskerp om verantwoordelike wynverbruik aan te moedig en om die dialoog in en oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf lewendig en relevant te hou. Belangstellendes moet ’n 800 woordeartikel in enige van Suid-Afrika se 11 amptelike landstale oor een van die volgende onderwerpe instuur: • die rol van wyn in die alledaagse lewe of; • die verskil tussen wyn vir pure drinkgenot en wyne wat sekere tipes cuisine komplementeer. ’n Blog-pos van 300 woorde oor die mees uitsonderlike wyn wat die skrywer nog ooit geproe het, moet ook die inskrywing vergesel. Inskrywings sal deur ’n paneel ervare en erkende Suid-Afrikaanse wynskrywers beoordeel word. Geen persone wat voltyds as wynskrywers werk, kan inskryf nie. Inskrywings moet vergesel word van ’n kort CV met spesifieke besonderhede oor vorige ervaring/ aktwitieite as wynskrywer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 September en die wenners sal op 30 Oktober aangekondig word. Verdere besonderhede is beskikbaar by die Veritas-kantoor, admin@veritas.co.za of tel 021 863 1599.
BAASSPEURDER IN ROBERTSON: Brigadier Piet Byleveld, afgetrede inspekteur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, sal vanaand (30 Julie) om 19:00 ’n praatjie aanbied by die Bon Cap Bistro. Die praatjie, wat beloof om uiters interessant te wees aangesien hy betrokke was by baie hoëprofiel-misdaadondersoeke, word aangebied as ’n geldinsamelingsprojek vir die Instituut vir Blindes op Worcester. ’n Ligte ete en kontantkroeg is beskikbaar, en kaartjies kos R150. Drag is semiformeel. Bel Annemarie Bruwer by 083 600 1976 of Izanne de Wet by 023 347 2745 vir navrae oor besprekings.
General - Algemeen
Breederivier Gazette
5
6
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 30 Julie 2013
Montagu, a destination that appeals to all the senses Montagu is the eco, adventure, and wellness destination in the Langeberg, that appeals to all the senses of the tourist, which makes them linger longer. Presenting the tourist and all visitors with a lifestyle they envy. When you come through the amazing “hole in the wall” in Kogmanskloof, that closely resembles a giant Dassie, you know you’ve entered a magical place where anything is possible. So stop off on the side of the road and take a good look at the Old English Fort on top of the tunnel. Proceed towards the town and drink in the amazing rock formations of the unique Cape Fold Mountains Look out for climbers scaling the rock face at Leggo Land, one among many world famous rock-climbing spots in Montagu. Then you enter one of the most amazing, well-preserved historical towns in the Western Cape. In Long Street, visitors can stop over at the Montagu Museum and Joubert house, to get better acquainted with the heritage that is still a big part of Montagu. Listen, learn and take home some herbal teas from the Klein Karoo plants and healing advice from the locals Mareletta van Zyl-Wohlfarter, chairperson of Montagu Ashton Tourism, recommends het top-ten destinations in Montagu: ) Take a drive to the African Game Lodge,
a walk on their fossil trail, interacting with the cheetahs and a game drive at noon. ) Go for a drive in the Old Lady, the wellknown Caddilac of Montagu Country Hotel. ) A tractor trip in the Koo, accompanied with great potjiekos. ) Chilling on the stoep of Die Stal and indulging in their great food. ) Dried fruit and More Dried fruit. Try out the deli at Montagu Dried Fruit, stock up and taste some wine. ) Coctails next to the pool at Avalon Springs. ) Open Mic Night at the Burgundy Gherkin every last Wednesday of the month, or a vinyl night on Saturday. ) Visit the most-happening little gallery in Montagu, The Ibiz Gallery, and while you’re at it, check out the Ibiz Bird tree across the road. ) Take a drive through the lovely Keisie and Koo Valley, taking a turn on the road less travelled and ending up at the end of there road where you can do some great hikes on Simonskloof. ) Enjoy a special shopping experience at the Church Corner shop, a collaboration of some great locals and their special offerings and products (take a good smell of the homegrown, home-distilled and home-made products of Provenance, all with rose geranium, lavender and other amazing organic products).
Contestants at last year’s Montagu Youth Arts Festival pose for a group photo.
The arts find a welcome home in Montagu From 7 to 17 August, the annual Montagu Music, Art, Dance and Drama Festival (M.M.A.D.D) will place in the picturesque town of Montagu in the Klein Karoo.
M.M.A.D.D draws talent mainly from primary, high school and tertiary education institutions in Cape Town and the surrounding areas, including Port Elizabeth, Mossel Bay, Worcester and George. The festival categories are Music, Art, Photography, Dance, Literature, Poetry, Drama and Puppetry, with the latter being a newly introduced Arts section for 2013. The theme for the Art entries this year is “Woman”, in keeping with Women’s Day on 9 August and celebrations that happen throughout the month. The Festival event was started in 1995 by local teachers, the local tourism office and volunteers and has grown in strength over the past 17 years. In 2011, Helen Gooderson took over the reins as festival director and renamed it as the Montagu Music Art Dance and Drama (M.M.A.D.D) Festival. She simultaneously registered the Rural Arts Development programme (R.A.D) as an NPO. The festival works closely with R.A.D and offers an excellent opportunity for talented youth in the rural communities to have a performance platform and gives developing talent the chance to network
with artists and professionals from all over the Province. Last year the festival attracted close to 1 000 participants from 65 schools including the first international competitors, the Zeynep Okcu Ballet School from Turkey. The adjudicators in the various categories this year are Victor Honey, Ronel Preston for Art, Dr Loftus Heunis, Emile Minnie for Music, Fahruq Valley-Omar, Danelle de Vries for Drama, Laresa Perlman, Hassner Pepler for Photography, Anita de Kok (Skrywersburo) for Literature, Danellle de Vries for Puppetry and Fiona du Plooy and Allison Foat for Dance. Trophies will be awarded to individuals and groups in their respective sections. Other prizes include master classes with Emile Minnie, Laresa Perlman, and Graham Lea-Cox as well as a Zabalaza workshop for the winning drama group and tickets to performances by Cape Town Opera and Cape Town City Ballet.The prize giving event that includes guest performances by various trophy winners takes place on Saturday 10 August from 16:00 at the Montagu Primary Hall. Entrance is free and donations to RAD Foundation are welcome. Daily tickets are available at the door or via Computicket (086 191 58000) and cost R20 for adults and R10 for children or R50 for a four day pass. Call 082 886 8023 (BBM Pin 2897439E) or visit the RAD Foundation Facebook page.
Dinsdag 30 Julie 2013
Advertisement - Advertensie
Breederivier Gazette
7
8
Breederivier Gazette
Advertisement - Advertensie
DIE BOORD: Met ’n besoek aan Die Boord voel dit of jy weer in jou ouma se kombuis sit met die heerlikste tradisionele disse soos afval, bobotie, skuinskoek en hoenderpastei. Die Boord is gelisensieer en het ’n speelarea waar kinders kan baljaar. MONTAGU SPAR: Montagu Spar se gewildheid en sukses lê by die hoë standaarde wat hulle handhaaf. Vir drie jaar in ’n ry het hulle geslaag met die hoogste lof vir higiëne-toetse van verwerkte produkte, asook vir algehele higiëne van die perseel en personeel. Dit is net ’n bewys dat kliënte en standaarde eerste gestel word. Die bakkery is ook gewild vir hul heerlike gebak en is al aangewys as een van die wenners in die Wes-Kaap. Parkering is altyd beskikbaar en wees verseker van eersteklas diens en volop spesiale aanbiedinge!
Dinsdag 30 Julie 2013
THE RAMBLING ROSE: The Rambling Rose has been awarded a certificate of excellence in 2013 by Trip Advisor and is named one of the top-20 restaurants in the Klein Karoo. The farmshop boasts a selection of homemade jams, preserves, rusks, biscuits and chocolates. The restaurant has both indoor and outdoor seating with a warm fire going in the chilly winter. All cakes, croissants and muffins are hand made on site and are worth a try. Coffee is their thing – they only serve Origin Coffee and have five trained Baristas on site. Food and service is their passion. Rambling Rose looks forward to welcoming you.
KLOOF KWEKERY: Moenie die Kloof Kwekery onderskat as jou alledaagse planteverkopers nie! Dié geskenken dekorwinkel met ’n baie unieke reeks sal sorg dat jy nie met leë hande daar uitstap nie. Hulle is alleen-verspreiders van McClouds se 100%-wolduvets en -kussings. Hulle bied ook egte wolkomberse, sokkies en serpe van Cape Mohair, die nostalgiese meelsakklerereeks en pragtige Karoostyl-meubels. Besoek ook die tuinsentrum vir allerlei plante, potte en vars snyblomme elke Donderdag. Kloof Kwekery het ook ’n tegniese span, wat spesialiseer in tuinuitleg, plaveisel en besproeiing. Vir seker jou een stop vir huis en tuin!
Dinsdag 30 Julie 2013
Advertisement - Advertensie
OUDE KOMBUIS: Die Oude kombuis, ’n gerestoureerde wynkelder, bly een van die mees nostalgiese eetplekke in Montagu en is bykans wêreldbekend vir hul heerlike plaasbrood-toebroodjies en tuisgemaakte disse en pasteie. Net soos in hulle Robertson-restaurant, Affie Plaas-padstal, behou Oude Kombuis steeds die plaaslike geselligheid en skep dit ’n ouderwetse atmosfeer. Geniet u maaltyd voor die kaggel of buite onder die bome op ’n Montagu-somersdag! Ook die perfekte plek vir u volgende funksie! KLOOF PADSTAL: Kloof Padstal has already become a famous landmark on Route 62. The farmstall is licensed and offers a choice of scrumptious breakfasts and light lunches. Their famous Dutch apple tart and cream cakes are served all day and the cappuccinos are rated the best among many visitors and locals. Kloof Padstal has a safe play area for kids and is wheelchair friendly. The farmstall offers a wide variety of products like dried fruit, jams preserves and gifts.
Breederivier Gazette
9
VIR MADIBA: Vrywilligers van Media24 het op Woensdag saam met die personeel en leerlinge van Ashbury Primêr, 30 vrugtebome geplant. Personeel het ook boksies vol koekies aan elke leerling uitgedeel. Vrywiligers het die personeel bietjie bederf met ’n vingerete van die Bistro by Montagu Droëvrugte. NB Uitgewers het lekker-lees storieboeke aan die Entrepreneursklas geskenk. FOTOS: DALE FOURIE
MONTAGU TOYOTA: Montagu Toyota is reeds vir 30 jaar een van die voorste motorhandelaars in die omgewing. Buks van Zyl het die handelaarskap in 1988 bekom. Vandaar het sy seun Attie dit in 1998 oorgeneem. Sedertdien het Montagu Toyota uitgebrei. In 2012 kry Montagu Toyota erkenning van Caltex vir uitstekende kliëntediens. In 2009 is die nuwe verkooplokaal ingewy en daar word tans ’n nuwe werkwinkel aangebou.
BOOMPLANTDAG: Leonie Jacobs van Media24 is hier saam met Michael Pietersen, Cornay Evertson, Qutonio Wilskut, Juandre Pieteren, Mina Plaatjies, Tracy-Lee Williams, Jeremy Baartman en Ryno Pokwas by die boom wat hulle geplant het.
3113 RC
3113 RC
FOUR OAKS GUESTHOUSE: Four Oaks Guesthouse portrays the character of Montagu. A warm and inviting staff, with Simon and Wendy as hosts. From healthy light lunches to a two- or threecourse-dinner menu is served. The guesthouse, very popular among tourists, consists of four unique rooms.
10
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Dinsdag 30 Julie 2013
M. Delgado Vissery vier 20 jaar se welslae ’n Passie vir wat hulle doen, goeie, betroubare werknemers en uitstekende kliëntediens – dit is van die redes hoekom M. Delgado Vissery na 20 jaar steeds op ’n daaglikse basis vars vis aan die vallei se inwoners en winkels kan verskaf. Wat in 1981 begin het as ’n viswinkeltjie in McGregor, het intussen gegroei tot ’n visverspreidingsdepot wat vis en aartappels aan kliënte in ’n radius van 250 kilometer voorsien. Die eienaars en stigters, Manuel en Maria Delgado, het gou ’n behoefte aan die lewering van vars vis in die vallei raakgesien. “Ek het die behoefte raakgesien om ’n visleweringsdepot te begin. “Ek het dit maar stap vir stap gevat en die besigheid het stadig maar seker gegroei tot waar dit vandag is. “Ons beleid is dat ons direk vanaf die vissersbote koop. “Daar is geen middelman wat die kostes laat styg nie. “Ons gaan haal self die vis by die bote, verwerk dit en versprei dit self aan besighe-
de. “Daar is geen tussengangers nie en ons klante weet dat ons varsheid en kwaliteit waarborg. “Van ons gereelde kliënte voel al byna soos familie”. Die gewildste item op die spyskaart is snoek. Die winkel is al drie keer verander om by die moderne neigings in te pas en dit het daartoe gelei dat hulle ook ’n wegneem-etekafee begin het. Delgado’s is trots daarop dat hulle permanente personeel reeds jare by hulle werk en dat hulle gedurende seisoentyd – as die snoek begin loop – ook seisoenwerkers veral uit Nkqubela in diens neem. Hulle klante is vir hulle baie belangrik, want “sonder hulle sal ons nie kan bestaan nie, en ek wil hulle bedank vir hulle ondersteuning,” sê mnr. Delgado. “Alleen kon ons dit nie doen nie. Alle eer gaan aan ons Hemelse Vader vir sy genade en sy seën. “Ons streef daarna om ook in die toekoms die beste diens moontlik te lewer en dat die besigheid in die familie sal bly.”
Die personeellede en die eienaars van M. Delgado Vissery vorm ’n gedugte span wat almal bydra tot die sukses van hierdie onderneming wat vanjaar sy 20ste bestaansjaar vier.
3113 RC 1CCIDNK6E
Manuel en Maria Delgado is die trotse eienaars van M. Delgado Vissery.
Dinsdag 30 Julie 2013
By South Coast Café word die wegneemetes flink voorberei.
General - Algemeen
South Coast Café is waar klante van M. Delgado watertand-wegneemetes kan bestel.
M. Delgado Vissery se visverkope-afdeling waar klante altyd vriendelike en vinnige hulp kan verwag.
Breederivier Gazette
11
In die verwerkings-werkwinkel word varsheid met erns, en ’n glimlag, nagejaag.
12
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Dinsdag 30 Julie 2013
Die hospitaal kamer vir die slagoffers van verkragting wat nou opgeknap gaan word deur vrywilligers.
MONTAGU SE NUWE LEIERS: Die finale leerlingraad vir 2013 is die verlede week by Laerskool Montagu aangewys. Agter van links is Nathan Blacklaws, Engela Nienaber, Ankia Burger, CJ van Rensburg, Jayden Johnson, Larissa Vosloo, Nicole van Zyl, Leandrey Koch en JD Stofberg. Voor is Julia Joubert, Zéann Sauer, Christie Crafford.
Wakkerstroom hou koerant-vasvra Leerlinge van Wakkerstroom- Wes Primêr moet elke Saterdag Die Burger koop en die koerant van hoek tot kant lees. Dan word ’n vasvrakompetisie gehou en vrae word gevra oor inligting wat in Die Burger verskyn het. Die aksie is van stapel gestuur om Wakkerstroom-Wes-leerlinge se algemene kennis uit te brei en om ouers meer betrokke te maak by hul kinders se leerproses. Die hele skool vanaf gr. 1 tot 9 word betrek by dié projek.
Projek wil slagoffers se lot só versag ’n Groep vroue van Montagu en Nederland span kragte saam om die Montagu Hospitaal se kamer vir verkragtingslagoffers op te knap. Hulle vra die plaaslike gemeenskap om ook te help. Die behoefte om dié kamer op te knap is geidentifiseer deur vrywilligers wat ook reeds hulself beywer om nuwe mammas te help deur die “Hug a Baby Project”. Dié projek kry finansiering van die Bethlehem-kerk in Helmond in Nederland, in samewerking van die NG gemeente Montagu. Hulle koop items soos tandepasta, tandeborsels, seep, Vaseline en waslappies en brei ook mussies, baadjies en sokkies. Nog borge sorg vir doeke en ander benodigdhede. Als word verpak in 40 babasakke en tien noodsakke wat maandeliks aan die Montagu Hospitaal oorhandig word. Onlangs het van die Nederlanders wat betrokke is by die projek besoek afgelê aan die Montagu Hospitaal en
Die eerste vasvra-wenners met hul sertifikate is (van links) Melissa Cupido (gr. 4), Mark-Junior Hendricks (gr. 5), Jerado Adonis (gr. 6), Michael Fortuin (gr. 7), Wickea Jakobs (gr. 8), Brandon Rooi (gr. 9).
POLISIE GEE OM: Die Bonnievale-polisie se vroue-netwerk het op Donderdag 18 Julie ter herdenking van Mandeladag die Herfsvreugde Tehuis vir bejaardes besoek. Die polisievroue het hul 67 minute spandeer deur die inwoners van die tehuis te masseer. Die polisie het ook gesels oor veiligheid. Daarna het hulle lekker beskuit uitgedeel en met die inwoners gesels.
besluit om aandag te skenk aan die kamer vir verkragtingslagoffers. Sanja van der Sande, ’n Montaguinwoner wat ook betrokke is by die projek, sê sy het verneem van ’n ander plaaslike projek waar die Montagu-polisie se traumakamer opgeknap is. Dit het haar geïnspireer om die hospitaal se kamer ook op te knap. Sanja sê hoewel daar reeds begin is met geldinsameling, nog finansiering nodig om die projek te finaliseer. Sy doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak. “Kom ons help nou die hospitaal om hul verkragting-slagofferkamer te verander in ’n gerieflike en veilige plek.” Items soos sagte speelgoed, inkleurpotlode en -boeke, komberse, nagklere vir mans en vroue, sweetpakbroeke en truie word benodig. “Ook skoene en toiletware sal van groot waarde vir die pasiënte wees.” Om betrokke te raak, bel vir suster Gwen Du Toit by 023 614 8103.
SPCA to the rescue The Winelands SPCA team and volunteers visited the Koo for the SPCA’s effort for Mandela Day. Blankets, cushions and food were distributed and staff spent the entire day checking animals, giving advice and booking sterilisation for pets. Sarah Ford, chairperson of the Winelands SPCA said warnings were given for chained and undernourished dogs and for pigs in muddy, inadequate shelters. She said that although visits to farm areas are part of the SPCA’s regular work, the team went the extra mile by donating bedding and food and going from house to house. “Generally the visits were well received by the community.”
SPCA staff and volunteers fit this drum with blankets and bedding to make it a comfortable home for a local dog.
Dinsdag 30 Julie 2013
Advertisement - Advertensie
Breederivier Gazette
13
Bed & Pine City vier eerste jaar “’n Mens bring ’n derde van jou lewe deur in ’n bed en as jy goed geslaap het, dan het jy ’n goeie dag.”
MEUBELS TE KIES EN TE KEUR: Bed & Pine City verskaf beddens en ander meubels van hoë gehalte waaroor klante gemoedsrus kan hê.
KOM BESOEK ONS: Lê besoek af by Bed & Pine City in Kerkstraat om seker te maak dat die produk wat jy wil hê, die een is wat jy gaan kry.
Toe ’n bed wat hulle uit ’n katalogus gekoop het, nie is wat hulle verwag het nie, het Eben en Ronel van Tonder besluit om ’n meubelwinkel te begin waar klante presies kan kry waarna hulle soek. Bed & Pine City in Kerkstraat, Robertson is nou ’n jaar oud en hulle voorsien dennehoutprodukte soos beddens, bedkassies, bedkopstukke en verskeie ander unieke produkte wat net hier beskikbaar is. “Ons het die onderneming begin sodat mense kan kom kyk na produkte voordat hulle dit koop. Daar was regtig ’n groot behoefte in die mark omdat mense baiekeer teleurgesteld is as hulle produkte vanaf katalogusse koop en wanneer dit afgelewer word, is dit nie wat hulle verwag het nie.” Hulle het ’n stap verder gegaan en kan selfs ’n bed of ander meubelstuk volgens mense se spesifikasies maak. Die produkte word dan meeste van die tyd binne ’n week gemaak en
aan die klant gelewer. Goeie diens en tevrede klante het dan ook gesorg dat Bed & Pine City oor sowat twee maande ’n tweede vertoonlokaal in Paul Krugerstraat open (op die perseel waar die ou sentrale slaghuis voorheen gehuisves is). Die spasie in die bestaande winkel het te klein geword. “Ons sal graag na ander dorpe ook wil uitbrei en ’n tipe franchise begin. Ons streef daarna om die beste kwaliteit produkte teen die beste pryse te verskaf. Alle mense het ’n goeie nagrus nodig om daagliks optimaal te presteer.” Dennehout word gebruik omdat dit lig van kleur is en dit ’n vertrek ligter laat lyk. Vir mense wat donkerder meubels wil hê, kan die hout vernis word totdat dit die regte kleur verkry. Hulle kan ook “old trend”-meubelstukke vir klante kry, en daar is niks wat nie met vernis of verf gedoen kan word nie. Goeie nasorgdiens is ook een van hul prioriteite en hulle het gereeld spesiale aanbiedinge op van die beddens in die winkel. Hulle is ook bereid om, as jy jou ou bed wil inruil vir ’n nuwe, afslag te gee by die aankoop van die nuwe bed.
14
Breederivier Gazette
Geklassifiseerd
Dinsdag 30 Julie 2013
GRAAD 4: Laerskool Montagu se akademiese toppresteerders in die tweede kwartaal is vir hul harde werk en toewyding beloon. In gr. 4 is die toppresteerders (agter van links) Antjie van Rooyen (1ste), Jacobus Esterhuyse, Cobus Nel en Tiaan Viljoen. Voor is Antuan Nel, Ankia Ellis, John Wright, Liné Stemmet, Anton Jordaan en Dirk-Louw van der Westhuizen.
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations
GRAAD 5: Die gr. 5-toppresteerders is (van links) Tia Esterhuyse, Caitlyn Kingon, Franco Hugo, Pieter Visser, Stefan Bruwer en Anke le Grange (1ste).
EVERTSON SIMON DANIëL Geluk met jou 60ste verjaarsdag, mag die Here jou nog vele jare uitspaar. Ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar en geniet jou dag. Van jou vrou, kinders en kleinkinders.
ARENDSE SIMON (Siempie) Geb.07/07/1959Gest.24/07/2013 In liefdevolle herinneringe neem ons afskeid van ’n eggenoot, Pa, broer en vriend wat heengegaan het. Die roudiens vind plaas Woensdag, 31 Julie om 7nm in die VGK - Oos. Begrafnisdiens Sondag 4 Augustus om 12nm by die huis in Jasmynstraat 64, Panorama en 1nm in AGS -kerk, Coetzeestraat. Sal onthou word deur Arendse en Mouries families.
1141
Algemene Dienste General Services
MANEUL MOREESCHA Geluk met jou kroon verjaarsdag. Mag die Here jou seën en vele jare spaar. Jy moet jou dag geniet. Van Mammie, Daddie, jou 2 ouma’s, oumagrooitjie, aunties, jou Nanna en Boeta en al die familie.
08 Sterfgevalle Death Notices
11
WENNERS: Kampioene van Wakkerstroom-Wes Primêr se geletterdheid- en syfervaardigheid-kompetisie word elke Maandag beloon met ’n aansteekspeldjie. Die wenners is (agter van links) Pieter Sauls (gr. 9), Brandon Rooi (gr. 9), Jaqueline Konstabel (gr. 8), Feron du Toit (gr. 7), Soraya Cupido (gr. 8), Wickea Jakobs (gr. 8), (in die middel) Rouan Arendorff (gr. 5), Valentino Tromp (gr. 6), Dillan George (gr. 6), Mark-Junior Hendricks (gr. 5), Lin-Ann Gertse (gr. 3), Donovan du Preez (gr. 3) en (voor) Tasneen Pretorius (gr. 1), Lorenzo Meintjies (gr. 2), Amour February (gr. 2), Jonathan du Preez (gr. 2), Ecnetha van der Berg (gr. 2) en Mellisa Cupido (gr. 4).
SKAAKKONING: Jess Rheeder van Hoërskool Robertson het gedurende die Julie-vakansie aan die Boland Ope-skaaktoernooi in Wellington deelgeneem waar hy drie van sy vyf wedstryde gewen het.
Motors te Koop Vehicles for Sale 24/7 Cash of your bakkie or car. Just SMS or PHONE 072 620 1126.
400
In Memoriam
Betrekkings Gevra Jobs Wanted LOOKING FOR JOB as driver or any other job. Code 10 and 14. Contact 071 085 4623.
DANIëLS TRUDIE Geb: 02 Augustus 1958Gest. 18 Mei 2013 Vrydag, 2 Augustus 2013, sal dit jou eerste verjaarsdag wees weg van ons. Hoe graag sou ons geluk wil sê, maar God wou dit anders hê. Ons sal al die mooi herinneringe van jou altyd in ons harte bewaar. Geluk Mamma, rus in vrede. Van jou man Freddie, kinders (Hennie, Christell en Marlene), jou kleinkinders (Ferman, Nathan, Brandon & Henzil), die Arendse, Daniëls, October en Eyssen families.
GRAAD 7: Die gr. 7-toppresteerders is (agter van links) Engela Nienaber, CJ van Rensburg, Shaun Batt, Jayden Johnson, Nicole van Zyl (1ste) en JD Stofberg, en (voor) Zéann Sauer, Julia Joubert, Christiaan Boshoff en Christie Crafford.
ADRIAAN RICHARD CHRISTOFFEL Geb.04/10/1935Gest.23/07/2013 Begrafnisdiens vind plaas Saterdag 3/08/2013 om 9vm by die huis in Saintsburystr 6 en 10vm in Methodiste kerk , Robertson. Sal met liefde onthou word deur kinders, kleinkinders en familie.
159
JOBS
RAAI WIE WORD 3?
GRAAD 6: Die gr. 6-toppresteerders is (van links) Joa Theron, Kyra Conradie, Requelle Johnson, Jacobus Uys (1ste), Isobel Telford, Michelle Isaacs en Henry Viljoen. Voor is Joshua Crouwcamp.
MOTORS VEHICLES
JULIES DAVID (Davy) Jou 3de verjaarsdag weg van ons, die seer in ons harte is onbeskryflik. Stil en ongevraagd het die tyd verbygegaan. Die huis is stil en leeg sonder jou. Soms sit ek met trane in my oë as ek dink aan jou, en die verlange is nogsteeds so groot. Maar ek weet waar jy is, is jy veilig. Van jou vrou Bettie Julies, Felicity en Michael Adendorff, die Adendorff familie van Robertson en Julies familie van Wellington.
KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.
Dinsdag 30 Julie 2013
Blackout tips A power failure can cause some serious security risks, especially if a building’s security system is highly dependent on electricity. Thys van Niekerk from Dial Direct Insurance says South Africans have to be extra vigilant during blackouts, as criminals can use the dark to their advantage. He offers the following safety and security tips to apply during a blackout: • Make sure all doors and security gates are locked during a power failure. • Make sure that windows and other access points to your home are closed. • Check that your gate, electric fence and other electrically powered security systems are receiving power from the back-up power supply (such as batteries). • Notify your security provider that there is a blackout in your area and ask them to increase patrols. • Invest in a few SABS approved gas lamps for lighting. • Keep your phone or cell phone nearby, especially if you need to call your security provider or the police. • While on the road, be alert to suspicious characters hovering on street corners and intersections. • . Don’t pull into your driveway until your gate is open. Stay on the street so that you can easily drive off if someone suddenly jumps up in your driveway. • Once you are inside, watch until your gate has closed completely.
Advertisement - Advertensie
Breederivier Gazette
Do you require CCTV cameras on your premises? For 24-hour monitoring and recording, LifeStyle Technology Solutions (LTS) is a company that was established to integrate security and technology. It encompasses all spheres of modern technology, with the aim of saving costs and finding innovative solutions for their customers. The LTS team is committed to delivering a high level of service that is reliable, inno-
vative and customer driven. Their protection and safety portfolio will enable their clients to control and Victor Ashley Johan Venter eradicate risk in their the Western Cape. They spebusiness environment. They have great experience cialise in solar products, in installing CCTV cameras guard services, gates and fencon farms and warehouses in es and electric fences and prothe Koue Bokkeveld, Ceres, De vide alarm installations with Doorns and Worcester areas. 24/7 live monitoring. They are They cover a large area and registered with the Private Secan do installations all over curity Regulatory Authority.
Jonty Victor
Mark Pelteret
15
Breederivier
Year 17 • 30 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212
Die potspelspelers wat aan die SA Kampioenskaptoernooi gaan deelneem, is (agter van links) Ryan van de Heyde (Tigers), Dimetri Spannenberg (Young Shooters), Lorenzo Plaatjies as reserwe (Young Shooters) en Pravan Jagers (Hillside). Voor is Gerovan Otto (Hillside) en Cassidy Peters (Cheetahs). Brendon Kouter, reserwe (Hillside), was afwesig met die neem van die foto.
Plaaslike potspelspelers dring deur na SA’s Robertson se potspelklubs (pool) het op Saterdag 21 Julie deelgeneem aan die provinsiale o. 18-potspelkampioenskaptoernooi op Worcester. Altesaam 32 deelnemers het die stryd aangepak, van wie ses plaaslike spelers deurgedring het om van 22 tot 27 September aan die SA Kam-
pioenskaptoernooi deel te neem wat by Kleinplasie op Worcester gehou word. Robertson het tien klubs wat oor die afgelope jaar ontstaan en gegroei het. Dit sal die eerste keer wees dat plaaslike spelers deurdring tot die SA Kampioenskaptoernooi.
TWEEDE SOKKER-OORWINNING: Die sokkerklub Golden Strikers het met 11-0 in ’n wedstryd teen die sokkerklub Bon Courage gewen. Dit was Golden Strikers se tweede wedstryd. Die klub het sy eerste wedstyd ook met 2-1 gewen.
Bonnievaler maak Super Rugby-debuut vir Bulls ANNELDA GROOTBOOM
Sampie Mastriet (22), boorling van Bonnievale wat grootgeword het op die plaas Maraisdal, is nou ’n kranige vleuel vir die Blou Bulle. Hy word wyd beskryf as ’n nederige man en glad nie ’n grootprater as dit kom by sy talente en prestasie nie. Volgens hom het hy altyd die Stormers ondersteun, maar sy droom was om eendag die Bulls-trui oor sy kop te trek. By Bonnievale Primêre Skool het hy reeds op laerskoolvlak homself bewys en was hy op alle vlakke in die Boland-span ingesluit. Verder het hy op hoërskoolvlak by HTS Drostdy sy talent verbeter. Hy het elke jaar sportprestasies ingeryg. Die hoogtepunt van sy loopbaan is
dat hy vanjaar sy Super Rugby-debuut gemaak het vir die Bulls. Hy was ook deel van die SA sewesspan wat in Junie 2013 aan die Wêreldbeker Sewestoernooi in Moskou, Rusland in die kwarteindwedstryd gespeel het. ’n Oud-onderwyseres sê Mastriet is sowaar ’n motivering vir inwoners van sy dorp en skool weens die feit dat hy verby sy agtergrond gekyk en gefokus het op sy talent. Mastriet sê dis harde werk om die ekstra myl te stap wat hom gebring het waar hy vandag is. Hy verduidelik dat jy nie moet wag dat dinge vir jou gebeur nie, maar jou moue moet oprol en dit self laat gebeur. Geloof is een van sy steunpilare. Hy glo dinge waarvoor jy bid en vra nie altyd onmiddellik gebeur nie.
Sampie Mastriet in aksie tydens ’n wedstryd tussen die Bulle en die Lions.
Krieketklub raak betrokke Tydens die afgelope winterskoolvakansie kon die Robertson Krieketklub weekliks sowat 500 kinders aan verskeie sportprogramme betrek en besig hou. Dié klub het op Mandeladag, 18 Julie, ’n 1 000 pakkies skyfies onder kinders in Dorpsig, Droëheuwel, Panorama en Môreson uitgedeel. Krieketspelers word uitgenooi om by die klub betrokke te raak. Die kluboefening is Maandae en Woensdae om 17:30 by die Callie de Wet-sportterrein. Bel Jeremy Lucas by 082 397 7773 vir meer inligting en enige navrae.
WENNERS: Die Bonnie Burgers van Mooivallei Dienssentrum op Bonnievale het op Donderdag 25 Julie by die Rawsonville Dienssentrum aan ’n speletjiesdag deelgeneem. Hulle het teen 12 ander spanne van verskeie dorpe soos Ceres, Worcester, Wolseley en Robertson gewen. Agter van links is Johan Smit, Koepie Smit, Koos Dippenaar, Koba Dippenaar, Harry Coetzee, Elna Gerber en Gert Gerber. Voor is Marietta Oosthuizen, Loamie Olivier en Magda Conradie.