Breederivier Gazette 31 Augustus 2012

Page 1

Breederivier

Year 16 • 31 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212

Lees binne

Brand ondersoek: Die historiese huis op die hoek van Paul Krugeren Van Reenenstraat op Robertson het Vrydagoggend (27 Julie) gebrand. Die Robertson-polisie ondersoek ’n saak van brandstigting. Lees meer op bl. 3. Foto: Daleen Fouché

Hospice hou Kersfees in Julie. BLADSY 2

New approach to housing delivery announced.

DALEEN FOUCHÉ

A

PAGE 3

Openbare verhore oor Robertsonse skole kom gou. BLADSY 5

Verligting ná ongeluk ANVANKLIK skok, toe verligting. Twee laerskoolhoofde van die Vallei het verlede Dinsdag (24 Julie) ’n emosionele dag beleef toe hulle die nuus ontvang het dat ’n taxi wat van hul leerlinge vervoer het, in ’n ongeluk was. Leerlinge van die Laerskool Ashton en die H. Venter Primêre Skool was in die privaat bussie ten tyde van die ongeluk. Twaalf van die kinders asook die bestuurder van die bussie is na die Montagu-hospitaal geneem. Niemand is egter opgeneem nie en slegs drie leerlinge is vir ligte be-

Weer • Weather

serings behandel, aldus Jo-Anne Otto, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Kaapse Wynlanddistrik. Een meisie het haar been gebreek en die bestuurder is nie beseer nie. Ao. Sylvester Josephs, woordvoerder van die Ashton-polisie, sê die ongeluk is veroorsaak deur die bussie se remme wat ingegee het toe dit die R62 uit Zolani se rigting genader het. Volgens Josephs het die bestuurder die Toyota Venture van die Swellendampad af gestuur om ’n ongeluk by die T-aansluiting te vermy. Die voertuig het omgeslaan en op sy dak te lande gekom. ’n Saak van roekelose en nala-

tige bestuur word ondersoek. Jakkie Burger, hoof van die Laerskool Ashton, sê agt leerlinge van die skool was in die taxi. “Ek het baie groot geskrik.” Die ongeluk het gebeur slegs ’n week ná ’n ongeluk buite Cradock waarin Wimpie van der Merwe, hoof van die Laerskool Cradock, en een leerling dood is. Volgens Burger was hy met Van der Merwe bevriend en die Cradock-ongeluk nog vars in sy geheue toe hy die nuus van die ongeluk gehoor het. “Ek het met ’n knop in my keel na die ongelukstoneel gery.” Burger sê hy is baie verlig dat daar geen ernstige beserings

DINSDAG / TUESDAY

WOENSDAG / WEDNESDAY

DONDERDAG / THURSDAY

VRYDAG / FRIDAY

Maks 17ºC

Maks 12ºC

Maks 19ºC

Maks 25ºC

was nie. Hy vertel dat van die kinders begin huil het toe hy op die ongelukstoneel aangekom het. Een het selfs na hom gehardloop vir ’n drukkie. “Hulle het baie groot geskrik.” Charles Pretorius, ’n onderwyser by die H. Venter Primêre Skool, wat ook op die toneel was, sê hy het groot geskrik toe hy by die hospitaal sien hoe geskok die kinders was. “Ons moes net help troos.” Hy sê hy is baie beïndruk met die nooddienste. “Hulle het uitstekende werk gedoen.” ’n Personeellid van die onderwysdepartement se Veilige Skole-projek het bevestig dat ’n berader na die skole gestuur word.

Naweek: Gedeeltelik bewolkte weer met reënbuie word voorspel. Temperature sal na verwagting tussen 15 en 22 °C wissel.

Smart Savings

PLUS EARN POINTS

Serving Suggestions

1599

1599

2 Beef Burgers & Chips

2 Chicken Burgers & Chips

Per meal

Per meal

1599

2999

Gatsby Assorted

Large Fish & Chips per meal

Each

Savings that go beyond your till slip. Always there for you. www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

9263M/E

PRICES VALID 31 JULY - 4 AUGUST 2012 PICK N PAY ROBERTSON STORE ONLY


2

Breederivier Gazette

Nuus/News

Dinsdag 31 Julie 2012

Local post offices rewarded T

HE Montagu Post Office received a Customer Service Excellence Award. The SA Post Office group, which held its bi-annual Operational Excellence and Customer Service Excellence Awards on July 21, gave this award to the Montagu branch based on the staff’s willingness to “go the extra mile”. “We are thrilled with our award,” says Gerda van Wyk, branch manager. “The achievement is thanks to my team putting in that extra effort with our customers.” In addition, two employees from the Bonnievale Post Office, Abrey April and Percy Prince, each won an individual excellence

award. In a press release the SA Post Office says it strives to put their customers first and therefore encourages employees across the branch network to embrace that practice. Also emphasised is that quality service is about the little things, offering efficient service with a smile, always responding to a customer’s needs more quickly in order to ensure ongoing business. “This award is about recognising customers’ branch experience and rewarding those branches, along with their staff, which go the extra mile.” “The awards were established to acknowledge and reward outstanding service,” says Noluvo Dlulane,

regional retail manager for the SA Post Office. She continued: “We hope that these awards will inspire those working for the SA Post Office to continue to provide service with a smile and go that extra mile for the communities within which they operate. The awards also act as an essential tool to gauge customers’ experience within the various branches and show where improvement is needed.” Winners for the customer service awards are identified by customers who complete the form available in branches. The number of acknowledgements and complaints are also taken into consideration.

Mmapula Kgari (second from left), the Post Office’s general manager of retail financial services with the Montagu staff. From left are Isaac Mketsi, Adam Plaatjies, Gerda van Wyk (branch manager) and Samatha Jaftha.

Hospice stel ambassadeur bekend )) Gaste kan elke laaste Vrydag van die maand ’n koppie koffie of tee en ’n sny melktert by die Jouberthuis op Montagu geniet teen net R20. )) The Montagu Village Market is held every Saturday morning from early until 12:30 at the Euvrard Park, Bath Street, opposite the Tourism Bureau. For more information, phone Mareletta van Zyl-Wohlfarter on 0 023 614 1895 or send email to mareletta@loudadvertising.co.za. )) The McGregor Market takes place every Saturday from 08:45 on the corner of Voortrekker and Church Street. )) Die ACVV Jakaranda Dienssentrum bied op 3 Augustus om 19:00 vir 19:30 ’n musiekfees in die NG-gemeente Robertson-Oos se kerksaal in Van Zylstraat aan. Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R15 vir kinders en is by die deur beskikbaar. )) Daar sal op 4 Augustus ’n teetuin en oggendmark by die Robertson Museum wees. )) Nuwe Lewe in Montagu bied van 10 tot 12 Augustus ’n persoonlike finansies-seminaar oor Goddelike rentmeesterskap aan. Met Danie Voster. Die seminaar word by AGS Nuwe Lewe in Joubertstraat gehou en kos R120 per persoon of R200 per egpaar. Vir meer inligting, bel past. Lourens du Plessis by 0 023 614 2260. )) Robertson Slow word van 10 tot 12 Augustus in die Robertson Wynvallei gehou. Besoek www.robertsonslow.com vir meer inligting.

STORMERS-ondersteuners was in hul noppies toe daar op 18 Julie by Breederivier Hospice se Christmas in Julyfunksie aangekondig is dat die speler Nick Köster hul plaaslike ambassadeur is. “As sportman sukkel ek tans met ’n besering en vir ons ouens is dit nogal iets erg wat met ’n mens kan gebeur in jou loopbaan,” het hy vertel. “Maar toe ek saam met ’n suster uitgegaan het op tuisbesoeke by pasiënte, het ek besef dat ek eintlik niks het om oor te kla nie. “En daar het ek werklik die impak van Hospice besef, en ook hoe noodsaaklik hulle in die gemeenskap is.” Nick, ’n gebore Robertsonner wie se ouers nou op Bonnievale woon, het sy skoolopleiding by Bishops voltooi, waarna hy sy Curriebeker-debuut op 19-jarige ouderdom, en sy Super 14-debuut ’n jaar later gemaak het as flank vir die Stormers. Nick hou die rekord vir die meeste duikslae teen die Bulls (24). Volgens suster Jane Phillips, Hospice-bestuurder, het Breederivier Hospice die voorbeeld van hul nasionale assosiasie gevolg met die aanstelling van Nick. Jacques Kallis, Lukas Radebe en Bongani Khumalo is almal deur Hospice-instellings geraak met die verlies van familielede, en daarom getuig dié drie

Op die foto is (agter, van links) San Mari Burger, Riëtte van der Westhuizen, Tobie van Schalkwyk, Jacqui Hannabuss, Nick Köster, dr. Shane Cornelius, Jane Phillips, Penny Retief, Sandy Struckmeyer en Charmaine Little. Voor is Michelle Haai, Rose Capaima en Magdal Louw. Foto: Laresa Perlman sportsterre oral oor Hospice. “Net so hoop ons dat Nick vir ons sal deure oopmaak en ons diens van kwaliteit van lewe sal promoveer,” het sy gesê. Sowat 180 gaste is by Christmas in July op stylvolle dekor en ’n tradisionele Kersspyskaart getrakteer. Die funksie word as ’n groot sukses bestempel weens die ondersteuning van die gemeenskap en heelwat donateurs. Hospice bedank graag vir

Flamboijant, Anna van der Merwe en Lindra Joosten vir hulp met die dekor, asook vir Wynand Retief, Viljoensdrift, Graham Beck, Roodezandt, Excelsior en Wonderfontein vir die donasie van wyne. Hospice bedank spesiaal vir Di Doms en haar span wat die ete voorberei en bedien het, Strictly Coffee vir die koffie en ook Laresa Perlman wat gratis as fotograaf opgetree het. Verder bedank hulle Gabriel Shai wat vir die musiek ver-

antwoordelik was, en John Köster, vrywilligers en personeel wat gehelp het, gaste wat die funksie bygewoon en donasies beloof het, asook die eregas, Nick. Indien enigeen Hospice wil besoek vir meer inligting oor die dienste wat Hospice lewer, of oor hoe om by te dra tot die versorging wat hulle bied, bel Riëtte van der Westhuizen by 0 023 626 5710 of besoek die Facebook-blad of webwerf by hospicebreederiver.org.za.


Dinsdag 31 Julie 2012

Nuus/News

Breederivier Gazette

3

Minister plans new housing approach ANNETTE THERON

M

ORE serviced erven, fewer completed houses. This is the crux of the Western Cape government’s new housing approach which was explained to residents during a road show last week. Western Cape Human Settlements Minister Bonginkosi Madikizela, who visited the Theewaterskloof Municipality last Tuesday (24 June) and plans to travel to more municipalities soon, told residents the perception that the government has stopped building houses is unfounded. The prioritisation of serviced erven to more people across the province will, however, result in fewer top structures being built. Madikizela explained that the subsidy for a completed house is up to R100 000, including around R55 000 for the top structure and R45 000 for infrastructure and legal and administration costs. But instead of

automatically building the house after servicing the site, money in the set housing budget will now be prioritised for more serviced sites. “This way, more basic services and serviced sites will be provided each year, and fewer top structures. Some top structures will still be built, just not as many each year. “Once everyone has services or serviced sites, the building of top structures will be prioritised again.” As an example, Madikizela explained that if there were R1 million to spend, the government could either build ten houses with services, or around 30 serviced sites. He aims to do the latter. “This means that the waiting period, which is up to 30 years in the Western Cape, will be reduced, and even though people may not get a house, they will at least get access to basic services and possibly a piece of land with services on it, much quicker than they would have gotten a house.

Western Cape Minister of Housing Bonginkosi Madikizela (front) spoke to residents of Grabouw and Villiersdorp last week and plans to visit more Western Cape municipalities soon. Behind him is Cllr Isaac Seleku, who acted as interpreter. Photo: Annette Theron “This way more people can wait for their houses under more decent conditions, and instead of a few people getting a lot, many people get something. This is seen as a more fair way to distribute a limited resource.” The minister said this approach is in line with national

Historiese huis brand af

policy, which allows some leniency to provinces as to how they prioritise the stages of housing delivery. Madikizela admitted there may be some resistance to this approach. “But the purpose of the road show is to communicate the prioritisation of services and serviced sites to the communities, and also that there is a limited budget that needs to be best distributed.” He said residents will be given a serviced site and title deed, giving them ownership of the land. This is different from before, since people historically built their informal structures with no security of tenure. “People living in informal settlements who don’t have their own piece of land will be given access to shared services, according to the national minimum standards.” According to the MEC land will be made available through government entities and municipalities who own large pieces of land. “Land can also be bought from farmers or other landowners to provide for the

Departement vier padveiligheid

DALEEN FOUCHÉ

DALEEN FOUCHÉ

’n SAAK van brandstigting word deur die polisie op Robertson ondersoek nadat ’n historiese huis in Paul Krugerstraat afgebrand het. Die huis, bekend as Sovereign Gardens, op die hoek met Van Reenenstraat, het Vrydagoggend (27 Julie) omstreeks 06:00 begin brand. Volgens lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, het ’n inwoner die polisie in die vroeë oggendure gebel omdat hy vermoed het daar was iemand op die huis se dak. Die polisie is na die huis, maar kon niemand vind nie. Die inwoner het kort daarna weer geluide op die dak gehoor en is na buite om ondersoek in te stel. Mngcele sê ’n buurman het toe die inwoner in kennis gestel dat die huis se dak aan die brand is. Die polisie en die brandweer is na die brandende huis ontbied. Die oorsaak van die brand is steeds onbekend. Mngcele sê daar is voorheen by die huis ingebreek en kragdrade is uit die huis gesteel. Phil Curtis, visepresident van die Vriende van die Museum, sê die huis was ’n belangrike historiese gebou omdat dit een van die oorspronklike volstruispaleise was. Hy vermoed dat die huis uit die vroeë 1900’s dateer. “Dit is ’n baie groot verlies vir Robertson.” Curtis meen dat die eienaar die huis laat verwaarloos.

SEDERT die begin van die jaar is meer as 600 taxi’s deur die provinsiale regering gekonfiskeer en permanent van die pad gehaal, hoofsaaklik omdat bestuurders nie oor voldoende permitte beskik het nie. Dié inligting is in ’n persverklaring van die departement van vervoer en openbare werke op Dinsdag 24 Julie bekend gemaak by die viering van sy sukses met padveiligheid. Die bekendmaking was op dieselfde dag as wat 12 laerskoolleerlinge in ’n taxiongeluk betrokke was (lees meer op bl. 1). Robin Carlisle, minister van vervoer en openbare werke, het by dié geleentheid aangekondig dat ongeluksterftes met 29% gedaal het in vergelyking met dié van 2009, ’n ekwivalent van ’n 1 000 lewens. Volgens die departement is dit te danke aan verskeie inisiatiewe. Vanaf Januarie vanjaar is 88 992 motors ondersoek. Daarvan was 812 as onpadwaardig verklaar. Tussen Maart 2011 en April 2012 is 631 000 motors wat oorlaai was van die pad

Die brandweer blus die laaste vlamme by die huis bekend as Sovereign Gardens. Foto: Lt. Cynthia Mngcele Maar Tony Quickelberge, eienaar van die huis, meen dit was nie verwaarloos nie. Quickelberge sê die huis was in die mark en het reeds ’n koper gehad. Die oorbetaling was egter nog nie gedoen nie. Hy meen die huis kan weer opgebou word, afhangend van hoeveel skade aangerig is en die koste om dit te herstel. Quickelberge het aan die Gazette vertel dat hy die nuus van die brand eers verlede Vrydagmiddag gehoor het toe ’n kerk hom gebel het om komberse aan die inwoners van die huis te gee. Hy sê hy was Vrydagoggend nog van Namibië af onderweg na Robertson. Quickelberge sê hy is teleurgesteld dat hy nie deur die polisie óf die brandweer gekontak is nie. Volgens hom is was daar agt huurders in die huis, maar almal het reeds alternatiewe verblyf gekry.

settlements.” In many cases, informal settlements themselves can be upgraded. “The community will always be consulted with in any development and their preferences will be accommodated where possible. However, this is not always possible.” When asked if government will continue with its plan if people strongly oppose it, the minister said the voices of the people will be taken into account. “However, there will always be a much greater demand for houses than supply, and the government is limited by resources and how much money can be spent on each stage of incremental delivery. This means that the communities can’t always have exactly what they want. At no point is violence or any attempt to force the government to meet demands condoned, and the law will always be upheld.” Madikizela’s spokesperson, Bruce Oom, could not yet confirm whether the minister plans on visiting the Langeberg Municipality soon.

gehaal. Sedert Oktober 2010 het die departement ’n program geloods wat fokus op die veiligheid van skoolkinders en skoolvervoer. Sedertdien is skoolbusse op ’n daaglikse basis deur verkeersbeamptes ondersoek. Van Oktober 2010 tot April 2012 is 7 409 busse in padblokkades voorgekeer waarvan 462 busse sonder operasionele lisensies was, 534 passasiers is oorgelaai en 99 bestuurders het nie rybewyse gehad nie. Altesaam 112 busbestuurders was sonder professionele bestuurspermitte. Siphesihle Dube, woordvoerder vir die departement, sê daar word op padwaardigheid gefokus en voertuie word gereeld getoets. Hy meen dat daar voldoende bewusmaking is, maar sê terselfdertyd dat dit nooit werklik genoeg sal wees nie. Hy sê daar gaan ’n groter fokus op bewusmaking wees vanjaar. Dube moedig die publiek aan om oortreders van padreëls te rapporteer op die departement se webtuiste by safelyhome.westerncape.gov.za.


4

Breederivier Gazette

Briewe/Letters

Dinsdag 31 Julie 2012

Die heerlikheid van die platteland Vir die veiligheid van ons kinders DIE veiligheid van veral skoolkinders is weer op almal se lippe nadat twaalf plaaslike laerskoolleerlinge in ’n motorongeluk by Ashton betrokke was. Volgens die polisie het die privaat taxi, wat die leerlinge vervoer het, se remme ingegee. Die onderwysdepartement verskaf vervoer na die skool en terug aan leerlinge slegs as die leerling verder as vyf kilometer van die skool af woon. Dus is die kinders afhanklik van openbare vervoer wat nie altyd betroubaar is nie. Die ouers word in die moeilike situasie geplaas om te kies tussen hul kinders se opvoeding of om hul kinders met openbare vervoer te laat reis wat deesdae in SuidAfrika ’n minder goeie reputasie het. En in sommige gevalle is dit die opvoeding wat prysgegee word. Met dit in gedagte pla dit ouers dat die provinsiale regering dalk 27 skole gaan sluit. Plaaslik is daar twee skole wat moontlik gesluit sal word en die laerskoolkinders sal forseer om etlike kilometers verder te reis vir ’n opvoeding. Die departement het vervoer na die naaste skole belowe, maar die nuus word skepties begroet deur ouers en skole. Die Demokratiese Alliansie het verlede week in die parlement gesê hulle is tevrede dat die regte prosedure gevolg word om die skole te sluit en dat dit wettig is. Maar dit is eers tydens die openbare vergaderings wanneer die ouers en onderwysers hul stemme kan laat hoor en die gemeenskap sal kan bepaal of die besluit deurgevoer kan word of nie. Hopelik sal ouers in groot getalle kom sê wat húlle as die regte besluit beskou.

E

K ry nou die dag McGregor toe om iemand te gaan sien. Net buite Robertson, voor ek die brug oor die Breederivier moet oorsteek, word ek gestop sodat ’n klomp koeie en hul kalwers oor die pad kan loop. Terwyl ek wag vir die prosessie om oor die pad te loop, dink ek skielik daaraan hoe anders die lewe hier in die Vallei is in vergelyking met die stadslewe. Toe ek sowat agt jaar gelede hierheen gekom het, was een van die eerste dinge wat my getref het die “vreemde” voertuie in Robertson se strate – trekkers, stropers en ander landboumasjienerie. Vir iemand wat gewoond was aan taxi’s, motors en spitstydverkeer, was dit byna onwerklik. Ek was verstom om te besef hier is geen parkeermeters of verkeersligte nie. Jammer, daar is een verkeerslig in Barrystraat, maar hy werk nie! Parkeerplekke is groot en selfs vir iemand

wat nog altyd gesukkel het om parallel te parkeer, kon ek dit hier regkry. By die melkery loop daar hoenders rond en daar is gereeld mense wat te perd deur die dorp ry – tot groot konsternasie van my honnekind wat nie soiets ken nie en hulle pal wil bestorm. Aan die begin was ek altyd te vroeg vir alles. Ek was gewoond om minstens ’n halfuur tot ’n uur voor die tyd te vertrek om betyds vir ’n afspraak te wees. Ek het vinnig aangepas by die verandering.

Please investigate

’n Verbod op swaar voertuie ANONIEM, Robertson, skryf: Ek sal graag wil weet hoekom niks gedoen word aan die groot vragmotors wat in die residensiële gedeelte van die dorp se strate ry nie. Sypaadjies word beskadig, wat met belastingbetalers se fondse herstel word, bome word beskadig wat nie kan herstel word nie en daar word orals onwettig geparkeer wat ’n mens se sig belemmer. Ek was onlangs amper in ’n botsing as gevolg van ’n vragmotor wat so gestaan het dat ek nie aankomende verkeer kon sien nie. Behalwe laasgenoemde is daar geraasbesoedeling ook. Hierdie voertuie se bestuurders is slegs op soek na kos of drank en het geen ander besigheid in die dorp nie. Ek weet nie van enigiemand wat grain carriers of hierdie massiewe loskop-tenkervoertuie se dienste benodig in die dorp nie. Ek voel sterk daaroor dat daar langs Voortrekkerweg borde opgesit moet word wat hierdie reuse-vragmotors belet om in ander strate te mag ry, behalwe as hulle na die Shell-vulstasie toe moet gaan. Die vulstasie is só ontwerp dat vragmotors by Barrystraat opry en regs indraai by die vulstasie. Ek vertrou dat die verkeersdepartement hierdie versoek ernstig sal opneem. SOYISILE MOKWENI, munisipale bestuurder, lewer as volg kommentaar: Die voorstel dat daar ’n verbod geplaas moet word op swaarvoertuie in die dorp is nie moontlik nie aangesien dit noodsaaklik is dat vragmotors sommige van die strate moet benut om aflewerings te doen, noodsaaklike werk te verrig en herstelwerk te laat verrig. Indien daar probleme ondervind word met moontlike verkeersoortredings wat deur vragmotorbestuurders gepleeg word, kan die 24 uur-oproepsentrum van die munisipaliteit gekontak word by 0 086 088 1111 en die klagte geregistreer word vir ondersoek en optrede indien ’n oortreding wel begaan is.

ANONYMOUS, Robertson, writes: It is a tragic shame that the beautiful Sovereign Gardens house has burned down. This ostrich palace was still a monument to a more refined era and its demise is a loss for the town, even though it had been allowed to fall into disrepair. The circumstances surrounding the fire should be investigated very carefully! – Read more about the fire on page 3.

Ope brief aan Kosie Burger ANONIEM, Robertson, skryf: Ek skryf ’n ope brief aan raadslid Kosie Burger, Wyk 1, Robertson. Ek verwys na u skrywe wat op 26 Junie geplaas is. Betroubare bronne bevestig egter die teendeel en wel dat dit eintlik raadslede Daniel September en Eva Turner is wat van meet af betrokke was. In stede daarvan om u eie beuel te blaas, sal u soveel verder kom as u ons as lesers volledig inlig oor aktuele aangeleenthede wat almal van ons raak. ’n Uitstekende begin sal wees die onlangse verlenging van die dienskontrakte van die munisipale bestuurder en sy vyf (of is dit ses) sogenaamde direkteure. Na wat verneem word is die poste nie geadverteer nie (want dit was nooit vakant nie) en benewens aansienlike aanpassings aan die vergoedingspakette word daar nou ook voorsiening gemaak vir stewige skeidingspakette indien die dienskontrakte van diegene nie verder verleng word nie. Vertel ons asseblief meer hiervan en maak asseblief ook melding daarvan dat die ANC-lede teen hierdie besluit gestem het (altans so word beweer). Met die lees van u brief soos in die uitgawe van 26 Junie gepubliseer, het daar darem een merkwaardige ligpunt na vore gekom en dit is die feit dat u (in skrille kontras met die oorblywende raadslede) darem een dag se vergoeding as raadslid verdien het en wel op 10 Junie. Tog is u vergoed asof u die volle 30 dae aktief was. Wees eerbaar genoeg en deel die toelae wat u ontvang het met 30 en neem een dag se loon vir u. Wend nou die oorblywende deel aan vir iets te ete en iets warms vir daardie mense wat in Kerkstraat onder die brug oor die Hoopsrivier en elders moet bly. Anders as die gesin

Anders as my vriende in die stede staan ek nou eers so teen 08:00 op, trek aan, drink koffie en so teen 09:50 klim ek in my motor, gaan koop die koerant en teen die tyd dat ek die museum oopsluit, het ek nog so ’n minuut of twee ekstra te spaar. Robertson het die afgelope paar jaar van ’n rustige, slaperige dorpie verander in ’n besig dorp waar veranderinge en uitbreidings aan die orde van die dag is. Die verkeer en geraasvlakke (veral oor naweke) het erger geword en parkering in Kerkstraat is ’n gesukkel, maar aan die einde van die dag is die rustigheid van die dorp, die stilte in die nag, die mis teen die berge en die feit dat ek elke aand kan gaan stap sonder om bang te wees, steeds genoeg om dankbaar te wees. )) Anita de Kock is ’n lid van die Breederivier Skrywersburo.

waarna u verwys wat deur “omliggende huise” met huisvesting gehelp is, het hierdie mense nie ’n raadslid of “omliggende huise” wat in hulle nood belang stel nie. In hierdie proses kan u u mederaadslede uitdaag om dieselfde te doen. Dit is so jammer dat bogenoemde enkele ligpunt ongedaan gemaak word deur u verwysing na swak dienslewering. U bevestig dat dit vyf dae geneem het om die erf op te ruim. Ek wil my verstout en glo dat die tempo waarteen die puin opgeruim is, wel vir u ’n pyn was. Tog, so ken ons dit. Ek het geen rede tot twyfel dat die redakteur van die Gazette wel bereid sal wees om voldoende ruimte aan u beskikbaar te stel om ons as lesers breedvoerig te kan inlig aangaande die dienskontrakte en dit daaraan gekoppel soos waarna hierbo verwys word. Ons het immers die reg om die volle waarheid te weet. Ons word deur wetgewing verplig om net met Langeberg Munisipaliteit sake te doen en kan dus nie ons eie munisipaliteit bedryf nie, ondanks die voordele wat dit vir ons sal inhou. – Die brief is aan Kosie Burger en die Langeberg Munisipaliteit voorgelê om kommentaar te lewer. Albei het die gleentheid om kommentaar te lewer van die hand gewys. – Red.

Is the trophy ours? WITH the Stormers and Sharks ending up in the same Super Rugby semifinal, South Africa was guaranteed a spot in the final. Do Gazette readers think the trophy will come to South Africa? Absolutely! Everyone who voted in our online opinion poll said yes. But only time will tell when the match on August 4 gives the final verdict. Visit www.bolandgazette.co.za to vote in this week’s poll.

Readers are invited to send their comments about any issue in the newspaper, or in their community, to the Gazette. SMSes that contain the name of the sender will have a better chance of being published. Publication remains at the discretion of the editor.


Dinsdag 31 Julie 2012

Nuus/News

Breederivier Gazette

5

New schools do not affect closures DALEEN FOUCHÉ

Die Hoopsrivier NGK Primêre Skool.

Foto: Daleen Fouché

Gemeenskap wil veg vir skole DALEEN FOUCHÉ

V

ERVOER en die veiligheid van kinders bly steeds die grootste bekommernis vir plaaslike ouers nadat aangekondig is dat 27 skole, insluitend die Hoopsrivier NGK Primêr en Wansbek NGK Primêr, moontlik gesluit gaan word. Hoewel Donald Grant, provinsiale minister van onderwys, daarop aandring dat die departement van onderwys die nodige vervoer sal voorsien vir leerlinge, sê ouers hulle is skepties, omdat hulle kinders in landelike gebiede tans geen vervoer na skole het nie en ver moet stap om by die skool te kom. Grant het in Junie vanjaar aangekondig dat hy beplan om 27 skole in die Wes-Kaap te sluit (“Skole veg om bestaansreg”, 26 Junie 2012). Volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet, lê die finale besluit by die provinsiale minister, maar moet daar openbare verhore gehou word om sodoende ouers en die groter gemeenskap ’n kans te gee om vertoë te rig. Die openbare verhoor vir die moontlike sluit van die Wansbek Primêre Skool vind op 20 Augustus plaas en dié vir Hoopsrivier Primêr op 22 Augustus. Indien die minister besluit om die skole te sluit, sal skole met ingang van Desember hul deure toemaak. Carrin Fluks, waarnemende hoof van Hoopsrivier, sê die ouers van huidige en vorige leerlinge van die skool het ’n bestuursliggaamvergadering bygewoon op Woensdag 26 Julie. “Die ouers is baie ongelukkig oor die besluit om die skool te

sluit.” Die rede wat deur Grant aangevoer word vir die moontlike sluiting van dié twee skole, is dat die leerlingtal onder 25 is. Daar is tans 21 leerders in Hoopsrivier Primêr. Fluks sê die ouers en bestuursliggaam meen dat die minister die skool nog ’n kans moet gee, omdat die getalle van die skool volgende jaar moontlik baie meer kan wees. Fluks verduidelik dat die beheerliggaam op dieselfde vergadering besluit het om ’n graad R-klas te begin. Sy sê die ouers en beheerliggaam het die behoefte vir ’n graad R-klas geïdentifiseer. Sy sê verder dat ’n graad R-klas meer leerlinge vir die skool sal beteken. Die Gazette het voorheen berig dat Melanie Rossouw, hoof van die Wansbek Primêre Skool, wat tans sewe leerlinge het, sal bly veg vir die skool om oop te bly. Fluks sê die naaste skool is die Vergesig Primêre Skool, en dit sal ouers R80 per kind per week kos vir vervoer. Volgens haar het die skool ’n lang en trotse geskiedenis en bestaan dit al vir meer as 60 jaar. “Baie professionele mense het die skool bygewoon. Daar is baie suksesstories.” Die saak is op Donderdag 26 Julie in die provinsiale parlement gedebatteer en terwyl die ANC sterk gekant was teendie sluit van enige skole, het die DA die besluit gesteun en aangevoer dat die regte proses gevolg is. Tydens die debat het die DA aangevoer dat die Wes-Kaapse departement van onderwys, onder leiding van die DA, tussen 2009 en 2012 15 skole gesluit het, maar terselfdertyd 33 nuwe skole geopen het.

THE provincial Department of Education announced last week that it is the first province in the country to be “entrusted” with money from the National Government as part of its “massive” infrastructure upgrade programme. In addition to the annual budget allocation of approximately R770 million for educational infrastructure, the Department of National Education has made available a further R750 million in terms of the Accelerated Schools Infrastructure Delivery Initiative. Thus the total educational infrastructure expenditure for the financial years 2012-13 to 2014-15 will exceed R3 billion. When asked how this will affect the possible closure of 27 schools in the Western Cape, Bronagh Casey, spokesperson for the Western Cape Department of Educa-

Mylpaal:

tion, said the funding will not affect the decision to possibly close the 27 schools. “The shape and size of the education system is dynamic and needs to adapt to the constantly evolving environment within which our schools operate.” She says the Western Cape faces a number of development challenges, including population shifts, improved learner retention and a greater demand for skills development. “As some communities expand and oth-ers contract in size and density in the province, as more learners are retained throughout the system and as the need for up-skilling our learners intensifies, we need to be prepared to adapt the shape and size of the education system and apply our resources effectively and efficiently to accommodate the many realities that exist in the Western Cape. This includes building new schools, closing others and merg-ing some.”

Gemeentelede van die All Saints Kerk op Robertson het oom Andrew Sebonicke (middel) verlede Woensdag verras met ’n biduur en partytjie op sy 104 de verjaardag. Oom Andrew, soos hy bekendstaan, is in 1904 gebore en woon nou op die plaas Goedemoed buite Robertson. Hy sê hy het sy hoë ouderdom aan gehoorsaamheid aan sy ouers en sy God te danke. Hier is oom Andrew saam met sy vrou, Willemiena, of Anty Spaas soos sy ook bekend is, en sy groot boesemvriend van baie jare, oom Landman Chalewa.


6

Breederivier Gazette

Nuus/News

Dinsdag 31 Julie 2012

Hipnose vir ophou rook? DAVID ENGELBRECHT

N Iain and Margaret Buchholz’s long-awaited Zenzele farmhouse was finally completed in 2008.

Cost­efficient, eco­friendly With so many Langeberg residents trying to live a green lifestyle, some might wonder what their next contribution to a cleaner earth could be. Nick Yell writes about one couple who tried their hand at a different way of building in the countryside. NEEDING a change of scenery after his divorce, Iain Buchholz decided to move into Cape Town from the Overberg and restart his old career in the hospitality business. Yet, after 26 years of making pottery and sauces in peaceful country surrounds, he found it hard to embrace his new highpaced city lifestyle, so he and new girlfriend Margaret decided to head back to the hills. Having found a small-holding in Tesselaarsdal, Iain and Margaret shacked up together in a large Wendy house on their 31 hectares of pristine Overberg countryside. But after surviving four very cold and rainy winters, the couple decided it was time to expand their cramped living quarters. But money was tight in the Buchholz household, so Iain and Margaret needed to look for a very cost-effective way of building on their new farm. Also being eco-conscious and preferring adobe building methods, they turned to the Zenzele construction method primarily for its apparent ease of construction, but also due to the local availability of clay. Deciding to start small to see how it suited them, they added a Zenzele bedroom to the existing structure and also tacked on

a small Zenzele lean-to at the back — a place for Iain to re-establish his earlier potted sauce business. With the business growing, a large Zenzele pottery studio and kitchen facility was added some time later, then a double garage and, eventually, their own dream farmhouse which they finally completed in 2008. “The Zenzele method really suited our tight budget,” reminisced Iain, “it came in at around a quarter of traditional building costs, and, as far as I’m concerned, the insulation is superior to conventional bricks and mortar”. As one of the pioneers in this form of building in the Overberg region, a number of locals are now asking them about this ecoand budget-friendly method. Especially seeing it requires no foundations and makes use of easily available materials such as treated poles, galvanized mesh and clay. The mesh, which is fixed to either side of the poles, is filled with gravity compressed clay while 30 cm of conventional plaster finishes the wall off on either side. Another major benefit of this building method is the fact that it only requires unskilled labour – a resource most farmers have easy access to.

A meer as 19 jaar van gewoond wees aan ’n sigaret in die hand, het die Gazette-groep se advertensiebestuurder vir die Swartland-, Drakenstein- en Breederivier-streek, Marijke van Bosch, glad nie meer ’n lus vir rook nie. Hoe is dit moontlik, wonder ’n mens onwillekeurig. Marijke het nie die normale roete van plakkers of kougom gevolg nie. Sy was ’n proefkonyn in ’n alternatiewe manier van soek na ’n rookvrye leefstyl: hipnose. Na Elsie Britz, ’n hipnoterapeut van Durbanville, ’n netwerkbyeenkoms vir sakemense bygewoon het waar Marijke ook was, het die nuuskierigheid hoog geloop oor hierdie vreemde vorm van terapie. Elsie sê sy spog met ’n suksessyfer van 96% om ’n roker binne een sessie te laat ophou rook. Sy spesialiseer ook daarin om dwelmverslaafdes weer “skoon” te kry en haar spreekkamer spog met talle koerantuitknipsels van sukesverhale. Sy is ook vol vertroue dat, indien jy sukkel ná die eerste sessie, jy weer kan teruggaan vir ’n gratis konsultasie om die terapie te versterk. Marijke vertel dat sy al sedert 1993 ’n roker is en dat dit begin het by die restaurant waar sy destyds gewerk het. “Ek was een aand verskriklik kwaad gewees oor iets en ek kan onthou hoe een van die kelners vir my ’n sigaret gegee het.” Sy erken dat sy nog nooit spyt was dat sy nie eerder “nee” gesê het vir die sigaret nie. Voor die terapie het sy sowat R1 100 ’n maand aan sigarette spandeer teen sowat R33 ’n pakkie. “Vandat my dogtertjie, Mieke, gebore is, rook ek net by die werk. Dit is selde dat ek by die huis sal rook. Ek hou nie eers tred van hoeveel sigarette ek by die werk rook nie, maar ek weet ek rook baie.” Voor die hipnose was Marijke oortuig dat die terapie kan

Marijke van Bosch saam met hipnoterapeut Elsie Britz. Foto: David Engelbrecht werk. “Ek hoop regtig dit werk uit, want hierdie vrou het oor my pad gekom – en hierdie sameloop van omstandighede kan dalk net die antwoord wees.” Elsie verduidelik dat baie mense ’n geweldige groot wanopvatting oor hipnose het. “Baie mense sal hier aankom en sommer vir ons sê: ‘Sit my diep weg! Ek wil van niks weet nie!’ Dit is nie so nie. Hipnose is eintlik maar net ’n ontspanningsfase waarin jou liggaam en jou brein beweeg.” Elsie se man, Chris, wat ook bekend is vir sy vertonings waar hy hipnose vir pret gebruik, vertel dat daar nie so iets is soos hipnose waar jy niks kan onthou nie. “Daar bestaan glad nie so iets nie. Jy is gedurende die hele sessie bewus van wat om jou aangaan.” Marijke beskryf haar sessie met Elsie as ’n vreemde, dog interessante, ervaring. “Eers het sy my gemaklik op die bank gemaak en met my gesels. Daarna het sy musiek aangesit en haar stem het in ’n baie laer en diep toon verander. “Later het dit half begin saamsmelt met die musiek, sodat dit half klink sy sing saam met die musiek. Daarna het sy die voorstelle in my onderbewussyn begin plant. “Dit was alles voorstelle soos

hoe sleg rook vir ’n mens is, asook hoe gevaarlik dit is, die gesondheidsrisiko’s soos emfiseem. Snaaks genoeg, toe sy emfiseem noem, toe het ek half die emfiseem gesien en vreeslik naar geraak.” Na haar sessie was Marijke baie ontspanne en het sy selfs gespot oor hoe vaak sy is. Elsie verduidelik dat die kruks van hipnose in die stem is en dat hulle daarheen werk om die pasiënt ontspanne te kry en in die stadium tussen wakker en net aan die slaap. Dan begin hulle werk met die onderbewussyn. “Ek probeer om mense in staat te stel om in beheer te wees sonder ’n sigaret. Dit moet vir hulle, na die terapie, ’n motivering wees om nie te rook nie.” Terug op kantoor, het die meeste kollegas skepties gelyk oor Marijke se nuwe aanslag oor rook. Tot dusver het sy nie ’n sigaret opgesteek nie en sy vertel dat sy nie eers eintlik meer daaraan dink nie. Sy is van plan om nou die geld wat sy nie meer op sigarette gaan uitgee nie, te spaar vir haar dogter se toekoms. En sy beveel enigeen aan om hierdie alternatiewe opsie te oorweeg. “Dit mag dalk nie vir almal werk nie, maar as dit vir ’n hele paar ander, soos vir myself kan werk, dan het hulle tog iets beet.”


Dinsdag 31 Julie 2012

)) The Robertson police are looking for Flip October from Iglohuis 11 in Robertson. He was arrested on April 3 for the possession of dagga and was due to appear in court again on May 8, but did not show up. Any information on October can be given to Const. (F) Annie Rossouw on 0 023 626 8372. )) On Monday, July 16 at approximately 23:00 the Robertson police received a complaint about a robbery in Peperbos Street. The complainant explained that he was at his house when two men wanted to borrow money from him. However, they already owed him money from a previous occasion and he demanded that they pay him back before he give them more money. According to the police, one of the suspects then hit the complainant with a panga, while the other suspect searched him and took R400. Both suspects were arrested on July 17 and appeared in court two days later. The suspects are 24 and 28 years old. Anyone with information regarding the incident, can contact WO Clive Stemmet on 0 023 626 8346. )) Members of the Robertson police and members of the Community Policing Forum (CPF) spent their 67 minutes on Mande-

Nuus/News

la Day at different places. They handed over scarfs to children at the Wansbek and Die Hoop primary schools. Members also gave the children soup and bread. At the home for the aged in Nkqubela police members cleaned the home and gave the residents foot massages as well as soup and bread. The station commander of the Robertson police, Col. John Alexander, thanked the police, the CPF and Spar, who sponsored the food items. )) Op Dinsdag 17 Julie teen 14:30 het die oplettendheid van ’n polisiebeampte van Montagu gelei tot die arrestasie van drie inbrekers by ’n woonhuis. Die polisiebeampte, ao. K. Matthysen, was op pad huis toe en merk toe op dat daar ’n man by ’n woning inloop en nog twee onbekende mans buite die woning in die straat staan. Die polisie is na die woongebied in MontaguSuid ontbied. Terwyl die polisielede die huis genader het, het hulle opgemerk hoe drie mans gelyktydig by die huis se venster uitspring. Ao. Kevin Butler het een van die mans in hegtenis geneem met ao. Cornè van Wyk en ao. Andrew Lagerwall wat die twee ander mans wat probeer weghardloop het, gearresteer het. By nadere ondersoek is opgemerk dat die huis se diefwering voor die venster weggebuig is. Die polisie het ook deur ’n venster gesien dat die huis baie deur-

mekaar is en die eienaar is in kennis gestel. Die eienaar van die huis het van die eiendom, wat in die besit van die vermeende inbrekers gevind is, as hare uitgeken. Drie mans, Ayanda Moni (27), Mziwamadoda September (28), en Xolani Simayile (35), is in hegtenis geneem en het reeds in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal. )) Op 7 Augustus gaan die Montagu-gemeenskapspolisieforum ’n pretloop oor vyf en tien kilometers by die Bistro in Badstraat 102 hou. Die afskop is om 09:00. Registrasie begin om 08:30. Kaartjies kos R50 vir ’n paar en R30 vir individue. Inskrywings kan vooraf by die Bistro of die oggend van die pretloop om 08:30 gedoen word.

Dié gesteelde artikels is deur die Robertson-polisie gekonfiskeer. Dit sal vernietig word indien dit nie deur die regmatige eienaars afgehaal word nie.

Breederivier Gazette

7

Lede van die Robertson-polisie saam met die inwoners van die Nkqubela-tehuis vir ouer persone.

Members of the Robertson police with primary school children who received scarfs on Madiba Day (July 18).

FOKUS OP BESIGHEDE in industriële gebied

Rent a Tool, wat as ’n klein besigheid begin het, word nou deur vooraanstaande boukontrakteurs gebruik. Rent a Tool bied afleweringsdienste en indien ’n masjien onklaar raak terwyl dit in gebruik is, sal Rent a Tool dit vervang of herstel op die perseel waar dit gebruik word. Johan en Manda bedank hulle kliënte vir die lojaliteit deur die jare.

Wolhuter voorsien ’n wye verskeidenheid meganiese onderdele, landbou-implemente en spuittoerusting. Wolhuter doen ook ’n verskeidenheid herstelwerk en diens toerusting vir landbou- en verwante industrieë, asook staalkonstruksiewerk en nog baie meer.

Robertson Print Media (sedert 1995) is ’n drukkersmaatskappy wat daarop ingestel is om Robertson, Ashton, Bonnievale, McGregor, Montagu en die hele Breederiviervallei te dien. “Wat ookal u drukwerkbenodigdhede – van etikette tot plakkate en van boeke tot persoonlike foto’s, hetsy in klein of groot hoeveelhede – ons is bly om u te help en raad te gee vir die mees koste-effektiewe oplossing om u te pas.”

Hi way Bande is reeds jare bekend vir professionele diens en flink diens na-ure. Hulle lewer ’n wye verskeidenheid dienste en produkte soos bekende handelsname in bande, batterye, ruitveërs en skokbrekers. Hul dienste is gerig op motors, vragmotors, trekkers en groot plaasimplemente. Besoek hulle gerus!


8

Breederivier Gazette

Nuus/News

Dinsdag 31 Julie 2012

Geluk, Madiba:

Leerlinge van die Laerskool Montagu het vroeg die oggend van 18 Julie ’n verjaarsdaglied vir Madiba gesing. Die Monties het ook plakkate en bundels van Mandela gemaak om hulde aan hom te bring. Die graad 6-leerlinge het hul verjaarsdagboodskappe en inligting oor sy lewe in twee bundels gebind, sodat dit vir die toekoms bewaar kan word. Op die foto is Dawieda Krüger met ’n groep graad 6-leerlinge. Hulle hou die verjaarsdagbundels vas.

Die maatskaplike werkers saam met die 16 finaliste by die Rapid River Spur.

Leerlinge wen met tekenkompetisie D IE departement van maatskaplike ontwikkeling het Kinderbeskermingsmaand (28 Mei tot 28 Junie) met onder meer bewusmakingsveldtogte gevier. Dié veldtogte, wat kindermishandeling en veral seksuele mishandeling en kinderregte uitgelig het, is by plaasskole op Bonnievale, Robertson, Ashton en McGregor aangebied. Uit die bewusmakingsveldtogte is ’n tekenkompetisie van stapel gestuur waarin kinders hul regte en verantwoordelikhede moes uitbeeld.

Die departement het vier finaliste op elke dorp gekies. Die 16 finaliste is op ’n middagete by die Rapid River Spur op Robertson getrakteer. Drie wenners is uit die sestien gekies en Robertson Superspar het opvoedkundige speletjies as pryse vir die drie geborg. Estelle Adams en Chanelle Claassen het die borge namens die departement bedank. Die maatskaplike werkers in die area is Othelia van Eck op Ashton en Gladys Nltai op Bonnievale, Adams op Robertson en Charnelle Scheepers op McGregor.

Staff members of Nedbank visited House Malherbe on Madiba Day.

Locals spend Madiba Day with the elderly ON Wednesday, July 18 Nedbank Robertson joined forces to give something back to the community for 67 minutes for Madiba Day. The staff donated nicely wrapped

food and toiletries. After work the staff had the privilege to visit House Malherbe with its 11 elderly occupants. They each receive a state grant monthly on which to live.

Win your way to an outdoor adventure LISTEN up if you’re up for an outdoor adventure. Online readers who enter this week’s competition on www.bolandgazette.co.za, have the chance to win a zipline tour for four people in the Overberg, worth R1 200. SA Forest Adventures is offering four people the unique chance to see the world outside Caledon from above as they glide on ziplines from treetop to treetop amidst lush vegetation. Towering above the ground, the zipline slides range from eight to 15 metres high, allowing adventurers to enjoy the sounds of a variety of birds and animals. The twelve platform slides vary in distance from a short 20 m to an astonishing 200 m - and can be enjoyed by children as well. The treetop slides feature a safe breaking system so gliders can control the speed at which they travel. Apart from the zipline tours, SA Forest Adventures also offers gokarting, paintball, air-gun shooting and other fun teambuilding activities under expert guidance. For bookings, phone Clint or Christo on 0 083 517 3635 or 082 787 2002, or email christo@saforestadventures.co.za or bookings@saforestadventures.co.za. Also visit www.saforestadventures.co.za.


Dinsdag 31 Julie 2012

Skole/Schools

Breederivier Gazette

Jong skrywer se opstel gepubliseer

Musikaal: Leerlinge van die Hoërskool Robertson wat vanjaar die skool by die Montagu Jeugkunstefees verteenwoordig het, is (van links) Megan Janse van Rensburg, Marishan Veldsman, Féroll-Jon Davids, Terche Wentzel en Ingrid Visagie. Inlas: Adoré du Plessis. Terche het 72% vir haar klavieruitvoering ontvang en Marishan 77,5% terwyl Megan en Marishan 84% vir hul klavierduet en Féroll-Jon en Adoré 74% vir hul fluitduet ontvang het. Ingrid het 84% vir blokfluit en Adoré 87,5% vir dwarsfluit ontvang. Féroll-Jon het ook in klarinet (90%) en dwarsfluit (92,5%) presteer.

SHANI RETIEF, ’n graad 11-leerling aan die Hoërskool Robertson, se opstel (prosa) is onlangs in Die Poort 2012 opgeneem. Bydraes vir Die Poort word deur die Letterkundekommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns gekies. Die beste opstelle word uit ’n menigte ander opstelle gekies om in dié bundel opgeneem te word. Die bundel bevat poësie, asook prosa, en word jaarliks uitgegee. Die kommissie adviseer ook die Akademie oor die toekenning van literêre pryse, waaronder die Hertzog-en Eugène Marais-prys. Die Letterkundekommissie probeer om jongmense deur middel van Die Poort-kompetisie aan te moedig om hul

Afrigter van formaat

Reg vir ’n noodgeval:

Dié leerlinge van die Hoërskool Montagu het op 20 en 21 Junie die volledige Emergency Medical Training-kursus (EMT) voltooi. Leerders wat twee jaar gelede die Vlak 1-kursus gedoen het, het vanjaar die gevorderde Vlak 2-kursus voltooi. Agter (van links) is Hannelie Zulch, Aike-Mari van Dijk, Franelle Kriel, Beanca Pieterse, Lani Alberts en Jacqui Kriel. Voor is Heleen Kriel, Arina Kriel, Karla van Rensburg en Agnethea Daniels.

Kunstig:

Hierdie leerlinge van die Hoërskool Montagu het almal goue toekennings vir kuns of fotografie by die Montagu Jeugkunstefees ontvang. Van links is Elma Burger (fotografie), Lourens Strauss, Peter-James van den Berg (dubbelgoud) en Liza Joubert. Foto: Verskaf

Karate:

Karateka van Robertson het op 21 Julie aan die Goju Kai Boland-kompetisie deelgeneem en dring nou deur na die Suid-Afrikaanse toernooi in Port Elizabeth op 1 en 2 September. Agter (van links) is sensei Nico Drake, Miles Borsony, Wayne Marais, Inus van Huyssteen, Hanelien Swart, Esrick Elbregt en Halo Malherbe. In die middel is Javon Jacobs, Harry Gilson, Hestia Botha, Liza-Marie Beyers, Oliver Ward, Louie Drake, Conrad Prins, Alwyn Burger, Nicola Drake en Gerhard van Schalkwyk. Voor is Josh Riddle, Patrick Gilson, Camaron Esaw, Johandre Damons, Jaden Davidoff, Christofer Ward, Conrad Prins, Ethan Jacobs, Emmilie Martin en Conrad Weber.

DIE Hoërskool Robertson het aangekondig dat die oudleerling Karin le Roux, wat in 2005 gematrikuleer het, aangewys is as die hamergooiafrigter van die Paralimpiese span van Suid-Afrika. Karin het op skool ook onder leiding van Charles Faasen hamergooi beoefen en merkwaardige prestasies behaal. Karin het Suid-Afrika reeds by verskillende byeenkomste verteenwoordig. Die skool wens haar sterkte en alle sukses toe met die prestasie en groot uitdaging.

Shani Retief kreatiewe energie in literêre tekste uit te druk. Die kompetisie bied ook aan jongmense die geleentheid om hul skryfwerk voor te lê vir beoordeling deur kenners op dié gebied om sodoende nuwe talent in die Afrikaanse letterkunde te ontwikkel.

9


10

Breederivier Gazette

HESKWA JOHN, PASTOOR (Voorsitter van AGS kerk, Boland streek.) Sag heengegaan in die ouderdom van 57 jaar. Sal met mooi herinnerringe onthou word. Begrafnisdiens vind plaas Saterdag 4 Augustus 2012, om 8vm by die huis in Paarl en 9vm in die kerk (sal aangewys word). Belangstellendes wat wil saamgaan kan oudl. D. Mouries skakel by 079 500 8244. Vervoerkoste is R60 p.p. vir navrae skakel André Koert 073 392 8270 of Travonia 073 702 5719/0713498201.

Geklassifiseerd

WEITZ DIMITRI (Meyer). Veels geluk met jou 3de verjaarsdag, 3 Augustus. Mag jy nog vele sonskynstrale in ons lewens skyn. lief vir jou, mammie, Daddie el al die Weitz-familie.

NEEM KENNIS. Die bevestigdiens van Past. Martin Jansen, toekoms-tige pastoor van AGS Sentrum, Robertson is verskuif tot 11 Augustus 2012. Weens die afsterwe van past. John Heskwa wat die bevestigdiens sou waarneem.

ROODEHOOGTE Boerboel hondjies te koop. opreg, nie-registreer. Ingespuit, R2 000. Beskikbaar 15 Augustus 2012. Skakel M. Rossouw 082 60 60 687

WEBERS, KATRINA Geb.23/06/1939Gest.24/07/2012 Begrafnsidiens vind plaas op Sondag 5 Augustus 2012 om 9.30 by die huis in Jasmynstraat 42 en 10vm by die kerk. Sal onthou word deur jou man, kinders enn kleinkinders.

GRAAG wil ek dankiesê vir die persoon wat my gehelp het, Saterdag 14 Julie toe ek van die begrafnis gekom het van wyle Johanna Saayman. Nogmaals dankie en weet dat ek dit waardeer het. Joey Alexander.

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088. NEED cash??? R1 000 R100 000. Blacklisted and garnishee welcome. Contact Wendy at 076 6822 723. PERSONAL LOANS. Loans from R1 000 R120 000, permanent and contract workers.Bring Id, payslip and bankstatement and also proof of adress. Contact serene Readien 023 626 7035/084 344 5127.

LOOKING for a part time job with very good money. You can join me for a free intodruction to the product at the following places; Monday @17h00 in Bonnievale, Tuesday, Wednesday, Friday & Saturday eve 19h00, 5 Aalwyn Avenue, Montagu, Thursday eve 19h00 2 Tindall street, Robertson. A not too miss opportunity!!!. Contact me on 071 263 9096 (after 4pm only) or facebook Elma Jass elmajass@yahoo.com LUTEA PARFUUM . 146 geure om te bemark. Uitstekende kommissie. Skakel 083 655 0445 madrigrobbela ar@gmail.com / www. luteaperfume.co.za

JONGDAME soek datawerk, diploma in rekenaarwese. Skakel 079 0411858

JENEKE, CLUSELYN (1 jaar oud) Geluk met jou verjaarsdag, vandag 31 Julie. Jy verryk ons lewens elke dag, met jou laggies en jou 'oulikgeit"!. Ons is baie lief vir jou. Van: Mammie, Dadda, oupas, oumas, oumagrootjies, ousus Natalie, tannies, ooms, niggies, neefs en almal wat jou liefhet.

Dinsdag 31 Julie 2012

OM TE ADVERTEER SKAKEL:

Annelda Grootboom Tel: 023 626 5212 annelda@breede.com

Faks: 023 626 5800

Kennisgewings


Dinsdag 31 Julie 2012

Kennisgewings

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

11


Breederivier

Year 16 • 31 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212

Bokskliniek vir Happy Valley DALEEN FOUCH

K

INDERS van Happy Valley op Bonnievale is die eerste groep in die Wes-Kaap wat baat sal vind by die Wêreld Boksorganisasie se Dwelmvrye Kinders-projek. ’n Bokskliniek is Saterdag 21 Julie tot groot vreugde van die gemeenskap deur die Valley and Mountains Development Foundation hier geopen. Andrew Smale, Afrika se vise-president van die Wêreld Boksorganisasie, het die kliniek amptelik geopen. Smale het vertel dat die kliniek deel van die Kids Drug Free-program is en die eerste van sy soort bui-

te Johannesburg. Smale wou oorspronklik die kliniek in Kaapstad open, maar is deur sy mentor, Melvin Cross van Robertson, genader om ’n bokskliniek in die Langeberg te open. Ná ’n artikel in die Gazette oor die beplande kliniek (“Boxing programme to be launched in Langeberg”, March 20), het die Valley and Mountains Development Foundation vir Smale genader. Hy beoog om die program na al die dorpe langs Roete 62 uit te brei en om die klinieke teen mekaar te laat kompeteer. Smale het verder gesê hy is oortuig dat die volgende wêreldkampioen uit die Langeberg kan kom.

Muurbal: Heidelberg klop Montagu Op die foto is (van links) Abraham Pokwas van die Valley and Mountains Development Foundation, Andrew Smale, Petro McDonald, uitvoerende direkteur van die Valley and Mountains Development Foundation, en Lynn-Joy Isaacs, projekbestuurder. Foto: Daleen Fouché

Andrew Smale, Afrika se vise-president van die Wêreld Boksorganisasie, leer vir Gershin September ’n paar boksbewegings.

DIE afgelope week het Heidelberg se muurbalspan tuis kragte gemeet teen Montagu in Overberg Muurbal se tweedeliga. Die spanne het baie goed teen mekaar opgeweeg en dit was Heidelberg wat naelskraaps die knoop deurhak met 8 potte teenoor 7. Die tellings verloop as volg: 1. Endri Uys verloor teen Jack Friedman met 0 - 3; 2. Martin Gildenhuys verloor teen P.J. Basson met 2 - 3; 3. Gerhard Groenewald klop Mark Hardy met 3 - 1; 4. Ben Coetzee klop Mornè Fourie met 3 - 0. Heidelberg se span speel sy volgende wedstryd weg speel teen Bonnievale. Montagu wat tans die huidige voorloper op die tweedeliga se punteleer is, speel tuis teen Swellendam.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.