Breederivier
Year 17 • 4 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Koue eis twee Langebergers
Dié foto van die sneeubedekte Langeberg is Maandag vanuit Johan de Jongrylaan geneem. FOTO: DALEEN FOUCHÉ
DALEEN FOUCHÉ Die naweek se kouefront het die lewe van twee plaaslike inwoners geëis. Die lyk van ’n plaaslike man (46) is vroeg Maandagoggend (3 Junie) in die wingerd tussen Môreson en Droëheuwel gevind, terwyl die lyk van ’n vrou (39) ook vroeg dieselfde oggend agter die Masonic Hotel in Robertson gevind is. Albei het vermoedelik verkluim. Die Robertson-polisie het die voorvalle bevestig, maar kon nie voor druktyd die name van die slagoffers bekend maak nie. Die Ashton-, Montagu-, Bonnievale- en McGregor-polisie het be-
vestig dat geen ander soortgelyke gevalle oor die naweek voorgekom het nie. Die sterftes volg ná twee ysige kouefronte die Wes-Kaap die naweek getref het. Teen vroeg Maandagoggend het die kwik tot 6 °C gedaal en sowat 52,6 mm-reën het oor Robertson geval. Die Langeberge was Maandag bedek met sneeu. Vincent Andries van die Doulous Trust, ’n plaaslike organisasie wat met haweloses werk, sê hawelose mense kry baie swaar in die koue en nat weer. Hy sê daar is geen skuiling vir plaaslike haweloses om heen te gaan wanneer dit so koud is nie. Hy vra dringend die hulp van die publiek om komberse te skenk vir hawelose mense
wat geen ander skuiling teen die koue het nie. Soyisile Mokweni, bestuurder van die Langeberg-munisipaliteit, sê die munisipaliteit het geen berigte ontvang van enige grootskaalse probleme ná die naweek se gure weer nie. “Die stand van die riviere lyk in hierdie stadium nog laag, maar word gemonitor aangesien die afloop, veral met die oog op die sneeu, nog op pad is.” Mokweni sê daar is geen reddingspanne oor die naweek aangevra nie. Mokweni meen die beste voorsorgmaatreëls wat mense kan tref, veral in die informele gebiede, is om versigtig te wees met verwar-
mingstoestelle en vure. Kosbare lewensmiddele moet ook so hoog as moontlik gestoor word, veral kos en komberse. “Die munisipaliteit is altyd op gereedheidsvlak en word gereeld op hoogte gehou van enige probleme in die area.” Henning Grobler, weerkundige van die Suid-Afrikaanse Weerburo, voorspel dat die weer gaan opklaar gedurende die week, maar dat nog ’n kouefront die Wes-Kaap gaan tref teen Saterdag. Om komberse en warm klere aan hawelose mense te skenk, bel Andries by 072 668 8245 of laai die komberse by die Breederivier Gazette-kantoor in Kerkstraat in Robertson af.
Terwyl die koue vir sommige inwoners hartseer meegebring het, kon inwoners van Moui Maandagoggend dié uitsig aanskou. FOTO: SARIE MYBURGH
2
General - Algemeen
Breederivier Gazette
) Geniet ’n heerlike stuk melktert met tee of koffie die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe is welkom, maar slegs met ’n bespreking minstens ’n week voor die tyd. Bespreek nou by 023 614 1774. ) The next Robertson Farmers’ Market will take place on Saturday 8 June and Sunday 9 June during the Wacky Wine Weekend. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke en snuisterye vanaf 09:00 verkoop word. ) The annual Wacky Wine Weekend takes place from Thursday 6 to Sunday 9 June. ) On Friday 7 June, the film Life of Pi will be shown at Wahnfried in McGregor (27 Bree Street) from 18:00. ) On Sunday 9 June Die Meistersinger von Nürnberg will be shown at Wahnfried in Mc-
Gregor. There is no entry fee and wine are by voluntary donation. For more details send an email to wahnfried27@gmail.com ) Die Vroue Landbouvereniging (VLV) se Worcester-sirkel nooi u na ’n kuieroggend saam met Dave Pepler. Kom luister hoe hy vertel van die toere wat hy aanbied na Ysland op 12 Junie om 09:00 by die Prins Alfred Hamlet-kerksaal. Vir meer inligting, bel 023 626 2474 of 023 626 4080. ) Emil Minnie will perform with the Minnie Montagu Mass Choir at the Montagu Country Hotel from 12:00 on 15 June. Tickets cost R50. ) The RAD Foundation will host a Youth Day celebration at the King Edward stadium in Montagu on Sunday 17 June from 10:00 to 14:00. For more information about the event, visit www.radfoundation.co.za. ) The McGregor Poetry Festival will take place from Friday 21 June to Sunday 23 June in McGregor. Poetry readings, debates, movies, entertainment are but some of the listed activities. Visit www.temenos.org.za for more information. ) Send the details of your events to Daleen Fouché via e-mail at gazette@breede.com. The deadline for all diary items is 10:00 on Fridays.
Droom kry internasionale hulp Die Droom Projek het onlangs ’n internasionale ondersteuner bygekry wat bome skenk. In ’n sameloop van omstandighede het Mark Heistein, direkteur van die Wes-Kaap-biosfeer, Charles Frank, die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger van ICE, ’n sagtewaremaatskapy van Luxemburg, en Theuns Coetzee van Bonnievale om dieselfde tafel beland. Die uiteinde van die vergadering was dat Ettelbruch, ’n dorp in Luxemburg, ’n onderneming geteken het om bome aan dorpe te skenk waar die Droom Projek van stapel gestuur is. Die dorp het onderneem om vir elke skoolgaande kind op Ettelbruch ’n boom aan SuidAfrika te skenk met die hulp van ICE. “Die volgende stap is om te verseker dat al die ander munisipaliteite Ettelbruch se voorbeeld navolg en dan die Droom SA-netwerk gebruik om
die bome te versprei,” sê Coetzee. Bonnievale se informele behuisingsgebied was as proeflopie gebruik. Coetzee sê die idee was om vrugtebome in informele nedersettings te plant. “Deeglike studies is uitgevoer om te verseker dat bome nie siekte- of plaagoordraagbaar is nie en gehard genoeg is vir die omgewing.” Die Bonnievale-gemeenskap is betrek en meer as 400 bome is reeds geplant. Die Langeberg-munisipaliteit het kompos aan die gemeenskap voorsien. Coetzee sê inwoners het self gate vir die bome gegrawe en sodoende eienaarskap oor die bome geneem. Die bome bied nie net estetiese waarde nie, maar ook koelte en kos. “Daar is nog baie uitdagings, maar tot dusver is dit ’n groot sukses met baie moontlikhede.”
Ontmoet ’n sakeman ) Wat is jou naam en van? Anton Conradie. ) Wat is jou besigheid se naam en waar is dit geleë? ACV Diesel, Adderleystraat, Robertson. ) Watter tipe besigheid besit jy? Ek besit ’n depot waar ons diesel, paraffien en olie teen uiters mededingende pryse direk aan die publiek voorsien. ) Wat is jou gunsteling produk of diens? Om diesel, paraffien en olie teen mededingende pryse te bied.
) Wanneer en hoe het jy jou besigheid begin? Ek het die besigheid in Februarie 2013 begin. Ná 20 jaar in die vervoerbedryf was ’n diesel-depot ’n natuurlike uitvloeisel. Om diesel teen die laagste moontlike prys in grootmaat aan te koop en dan hierdie besparing aan die publiek deur te gee, was ’n bonus. ) Waar sien jy jou besigheid in vyf jaar? ACV Diesel wil oor vyf jaar die grootste verskaffer van diesel, paraffien en olie teen die laagste pryse in die Langeberg wees.
Dinsdag 4 Junie 2013
BAND OF ACTORS: Percy Speelman, Prof Jimmie Earl Perry (organiser), Ralston Oliphant, Zenani Mithi, Olivia Adams, Christy-Ann Julies and Ricardo de Ruiter are all involved in the Africa Centre for HIV and Aids performances. PHOTO: RONEL PRESTON
Theatre shows educate and tackle HIV issues
The Breede River Winelands Rotary Club hosted several special guests from the Africa Centre for HIV and Aids Management at a special event at Platform 62 in Ashton on 28 May.
The Africa Centre promotes HIV and Aids community interaction initiatives and has developed a fresh approach through their educational theatre productions. Filled with humour and popular music these theatre models are proving to be powerful intervention vehicles. Research done on farms in the Boland has revealed that HIV and Aids-related awareness and knowledge levels are alarmingly low. The shows create a general awareness, increased knowledge about HIV and Aids and, importantly, they promote HIV testing. They also promote responsible and safer sex-
ual and moral behaviour aimed at preventing infection. The shows tackle discrimination and stigma issues as well. The feedback after performances shows that audiences are better informed, more motivated to change behavioural patterns regarding safer sex, being faithful and treating people with compassion and respect. These concerts have been enthusiastically received on farms, schools, churches and businesses alike. If any employer, farmer, school, church, or other organisations would like to invite the Africa Centre and the travelling concerts to come and present a concert at their premises, they can phone Burt Davis or Jane Abrahams on 021 808 3006 or send and email to burt@sun.ac.za or janea@sun.ac.za. There is no cost involved.
Dinsdag 4 Junie 2013
News - Nuus
Welsynsorganisasies kan nie bestaan sonder die onbaatsugtige hulp van vrywilligers nie, maar plaaslik is daar ’n tekort aan mense wat tyd wil skenk. Só sê Charmaine Little, bemarker van die Breederivier Hospice. “Daar bestaan nie ’n vrywilligerkultuur in Suid-Afrika, soos in Europa, nie.” Sy sê die vrywilligers wat wel die welsynsorganisasies help, is ouer mense wat nie altyd die fisieke krag het om te help met sekere take nie, of Europeërs wat verhuis het na Suid-Afrika. Die grootste afdeling waar vrywilligers se hulp ingeroep word, is met geldinsamelingsprojekte, soos byvoorbeeld ’n stalletjie by die Wacky Wine Weekend. Geraldine van Deventer, hoof-administrasiebeampte van Robertson ACVV, beaam hierdie stelling. Sy meen welsynsorganisasies kan nie voortbestaan sonder die hulp van vrywilligers nie. Sy verduidelik dat Robertson ACVV wel vrywilligers het, maar dat hulle almal afgetrede mense is, wat nie altyd die nodige take kan verrig nie. Sy sê baie mense skram weg daarvan om tyd af te staan, omdat hulle self nie baie tyd het vir hul eie gesinne nie. Sy verseker mense dat welsynsorganisasies nie misbruik maak van vrywilligers nie. Sy sê die
3
Gesinsgeweld by imbizo’s bespreek
Plaaslike vrywilligers yl gesaai, maar broodnodig DALEEN FOUCHÉ
Breederivier Gazette
ideale situasie sal wees dat welsynsorganisasies ’n klomp vrywilligers het wat elk net ’n uur of twee van hul tyd hoef te skenk. Little sê vrywilligers is ook nodig om administratiewe take te doen, waarvoor personeel nie tyd kry nie. “Dit is take wat van die huis af gedoen kan word.” Sy meen die situasie kan verander word indien kinders al op skool aangemoedig word om tyd te skenk aan welsynsorganisasies. Sy sê ouers en skole moet begin om ’n kultuur van vrywilligerwerk by kinders te skep, om sodoende die voortbestaan van die vele welsynsorganisasies te help verseker. Die neiging is tans dat slegs afgetrede mense en vroue hul tyd skenk. Judie van Wyk, maatskaplike werker by Montagu ACVV, sê die organisasie is baie afhanklik van vrywilligers om hul oë en ore in die gemeenskap te wees. Sy verduidelik dat die Montagu ACVV tans ’n projek bestuur wat steun op inligting van die gemeenskap. Eye on the Child behels om te reageer op inligting wat vrywilligers aan die ACVV verskaf oor gesinne wat dalk hulp benodig. Sy sê op Montagu is daar tans 15 vrywilligers vir die projek en twee op Ashton. Die vrywilligers is meestal seisoenwerkers wat ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap wil lewer. “Ons sou nie ons werk kon doen sonder hulle nie.”
DALEEN FOUCHÉ
Die Robertson-polisie het die afgelope maand drie imbizo’s (gemeenskapsvergaderings) in die Robertson-plaasgebiede gehou. Die polisie was op 21 Mei by die De Hoop-gemeenskapsaal, op 23 Mei by die Danie De Wet-saal in La Chasseur en op 29 Mei by die Madeba-saal op die Madeba-plaas. Lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, sê die vergaderings is goed bygewoon deur die inwo- Inwoners van plase buite Roberston het by die Danie De Wet-saal byeengekom ners. vir ’n imbizo wat deur die Robertson-polisie gehou is. Sy verduidelik dat dit uiters belangrik is dat lede van die gemeenskap sê dat gesinsgeweld en aanranding die twee misdie imbizo’s bywoon, omdat dit die gemeenskap dade is wat in die plaasgebiede om Robertson dan ’n geleentheid gee om terugvoering te ver- voorkom, “veral ná die naweek”. Mngcele sê die polisie deel misdaad-statistiek skaf aan die polisie oor hul dienslewering. “Die doel van die vergaderings is om uit te met die gemeenskappe, sodat inwoners kan vind wat die gemeenskap van die polisie beno- weet hoeveel inbrake en ander misdade plaaslik gebeur. dig.” Al drie gemeenskappe het ’n behoefte uitgeMngcele sê die polisie het by die vergaderings met die gemeenskappe gepraat oor gesinsge- spreek aan vakansieprogramme vir kinders tyweld, en vroue en kinders ingelig oor waar hulle dens die skoolvakansie om die jongklomp sohulp kan kry indien gesinsgeweld voorkom. Die doende besig te hou, weg van dwelms en drank. Mngcele sê die polisie is reeds besig om die boodskap aan die mans was dat gesinsgeweld programme saam te stel. Sy sê dit bewys imbinie aanvaarbaar is nie. Die polisie het ook die gebiede se misdaadsta- zo’s het waarde, want ’n behoefte is nou geïdentistiek met die gemeenskappe gedeel. Mngcele tifiseer wat aangespreek gaan word.
Langeberg budget gets the green light
2213 EW 1C8SJMV4T
The Langeberg Municipality will spend R9 million on major projects including the rebuilding of roads in various wards, R18 million on replacements and repairs to water networks in various wards, R28,8 million on the planned new landfill site, and R2,5 million on the building of the Nkqubela Library. Tariff increases Residents within the Langeberg municipal area can also expect tariff increases of 7,5% for residential and business property rates and water tariffs. A 7,8% increase will be added to sanitation while a 7% increase is expected for electricity costs and 8,5% for refuse removal.
2213 EW 1C8SJK04T
The Langeberg municipal budget 2013/14 – 2015/16 was approved by Council on Tuesday 28 May. The budget, which was open for public comment, was approved for the new financial year which commences on 1 July. Operational expenditure The budget highlights amounts attributed to each municipal directorate for operating expenditure, including Corporate Services (R35,9 million), Engineering Services (R305 million), Executive and Council (R26 million), Finance Directorate (R18,9 million), Service Integration (R46,2 million), and Strategy and Social Development (R24 million). Capital expenditure
4
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 4 Junie 2013
Health advice on hand during Rotary project More than a 115 people were treated in three days during the Rotary Family Health Project that took place in Robertson in May. The project had a preliminary session on 13 April, when the Breede River Hospice in conjunction with the Rotary Club set up a tent at the showgrounds. The day was sponsored by the Langeberg Municipality. Hospice provided blood tests, gave advice about TB and healthy living. On 9, 10 and 11 May, which was also Hospice week, the Breed River Hospice decorated their offices for the project. Rotary Family Health Project was done in partnership with Karin Duncker, the PR chairperson for the Angola, Namibia and South African Rotary International District and Dr Luise
Lunnon, medical manager Robertson and Montagu Hospitals. A hospice sister and two health workers, worked from the hospice training room to deliver health services to the community. The trees in front of the Breede River Hospice were wrapped in blue material and balloons attracted people who had not heard or seen the advertisements at the local clinic. Dr Shane Cornelius, a director for hospice and a member of the local Rotary club, was the doctor on duty. His Rotarian compatriots assisted as volunteer marshals for the duration of the project. Dr Shane provided HIV counselling and any other consultations that was required. Clients with problems that could not be addressed on location were referred to the local clinics.
Residents receive health advice during the Rotary Family Health Project in Robertson.
Vriendelike vrywilliger van Robertson oorlede Die vriendelike gesig van Anna de Kock sal baie gemis word by Robertson se Hospieswinkel. So sê Cecile Claasen, bestuurder by die
Anna de Kock
hospies-winkel. Anna de Kock, ’n Robertson-inwoner wat al meer as tien jaar vrywilligerwerk by die hospies-winkel op Robertson verrig het, is Maandag 20 Mei op die ouderdom van 72 oorlede. Haar roudiens het Vrydagoggend 24 Mei plaasgevind. Claasen, wat “ ’n leeftyd” saam met De Kock gewerk het, sê sy was ’n aanwins vir die dorp. Claasen beskryf De Kock as ’n “vrolike en opgewekte” mens wat lief was vir alles wat mooi is. De Kock het gereeld blomme gerangskik vir die hospies-winkel en het ’n goeie sin vir humor gehad. “Sy was vreeslik lief vir haar blomme en tuintjie buite hul woonstel.” Sy het die liefde vir plante gedeel deur steggies vir mense uit te deel. “Anna was ons nar by die winkel. Ons kon altyd verwag dat iets snaaks sou gebeur het. Anna het altyd ’n grappie of storietjie te vertel gehad.” Claasen sê Robertson sal altyd die prentjie van De Kock en haar man, Migiel, onthou wat hand aan hand in die dorp rond stap. Claasen sê sy is dankbaar vir al die jare van vrywilligerwerk wat De Kock uit haar hart geskenk het. “Sy sal deur een en almal gemis word.”
Kobus Wiese (links) oorhandig die opbrengs aan Petro Uren van Herberg Kinderhuis. Agter van links is Francois Willemse (organiseerder namens Vryburgers), Hanro Liebenberg (kaptein van HTS Drostdy se eerste rugbyspan), Carl Heydenrych (kaptein van Worcester Gimnasium se eerste rugbyspan) en Kenan Cronje (kaptein van Hoërskool Montana se eerste rugbyspan). FOTO: KEN MC INTYRE
Herberg baat by skolerugby 2313 RC 1C8SJQQ4T
DALEEN FOUCHÉ
Om gees te vang vir die FNB Classic Clashes Derby verlede naweek tussen Worcester Gimnasium en Hoër Tegniese Skool Drostdy, het die Vryburgers van Worcester Vrydagoggend 24 Mei ’n manne-ontbyt by Café Dulcé op Worcester gehou. Die rugbykommentator en oud-Springbok-
rugbyspeler, Kobus Wiese, was die gasspreker. Hy is ook die franchisehouer van Café Dulcé in Suid-Afrika. Sowat 120 gaste het die geleentheid bygewoon. ’n Gedeelte van al die kaartjies wat verkoop is, is geskenk aan die Herberg Kinderhuis.
Dinsdag 4 Junie 2013
Entertainment - Vermaak
Four days of wacky celebration ahead With 48 wineries showcasing their wines and myriad key attractions, both old favourites and novel delights, the Wacky Wine Weekend is a “must-do” on the annual social calendar. In celebration of the 10th anniversary, festivalgoers at this weekend’s wine festival will be pleasantly surprised to find a variety of vouchers and special offers from various wine farms inside the Wacky programme in their goodie bags. Some of these vouchers and special offers will be valid during the Wacky Wine Weekend, and others only after the weekend. The Wacky Wine Weekend will include four festive days, with each day boasting its unique signature wine theme, to cater for all palates. Happy faces at the Wacky Wine Weekend. Scenes like this one are once again expected at this year’s festival. Whether you are a funseeker, novice or a wine connoisseur, there is cheese and olive tastings, a simulated rodeo bull, cy is implemented towards drinking and driving. something for everyone with: “Seriously Wine a mountain bike challenge, a fresh goods market Visitors are requested to make use of the Buddy Bus or appoint their own designated driver. The Thursday”, “Wine Up Friday”, “Full On Wacky and local performing artists. The Valley will also be presenting a gastronomic Buddy Bus facility enables groups of seven or Saturday” or “Wine Down Sunday”. “Seriously Wine Thursday” promises to inspire extravaganza, with visitors spoilt for choice with more visitors to hire a chauffeur-driven mini-bus. Wacky Wine Weekend Bus-In Packages are also wine aficionados with a range of tailor-made activ- gourmet delights such as oysters, perlemoen, suities, like master wine-tastings, wine and food shi, riverside picnics, braaivleis and potjiekos. available. A2B Charters will be offering one-day packages, pairings, educational wine presentations and pri- And while the adults are revelling in all the above, vate tastings with the Valley’s most esteemed win- there will, as always, be a wide range of children’s with transport departing from the V&A Wateractivities including fishing, farmyard tours, front, Tygervalley, Stellenbosch (Butterfly World) emakers. The Wacky Wine Weekend will embrace the usu- jumping castles, pony rides, a treasure hunt and and Paarl, to Robertson, and Buddy Bus transport between the participating wineries. al line-up of fun-filled activities like “meet the win- face-painting. For more information, visit www.wackywinewAs part of the Robertson Wine Valley’s commitemaker” tastings, brandy tours and tastings, fun wine competitions, river cruises, tractor trips, ment to ensure a safe festival, a zero tolerance poli- eekend.com.
Breederivier Gazette
5
Klip Inni-Bos propvol topvermaak Klipdrift bied besoekers aan die Wacky Wine Weekend ’n unieke musiekfees met ’n propvol program van vermaak. Die Klip Inni-Bos-musiekfees bied vermaak vir die hele naweek met topkunstenaars. Die volgende kunstenaars sal Vrydag 7 Junie optree: ) Chrizel speel om 15:00. ) JJ Strydom verskaf country-musiek om 16:00. ) Die Many Walters Band speel om 17:00. ) Waldo Lotz speel om 18:00. ) Die Pluk Band speel om 19:15. ) David Fourie speel om 20:10. ) Nic Stevens speel om 21:15. ) Fredi Nest speel om 22:15. Die volgende kunstenaars tree Saterdag 8 Junie op: ) Jeandre Odendaal speel om 15:00. ) Hugo Niewoudt speel om 16:00. ) Leonard Lang speel country-musiek om 17:00. ) Waldo Lotz speel om 18:00. ) Rooies speel om 19:15. ) Desmond Wells speel om 20:15. ) Maroelaboom speel om 21:15. ) Jakkie Louw speel om 22:15. Nadat die laaste kunstenaar opgetree het, sal dansmusiek tot 24:00 gespeel word. Vir meer inligting oor die Klip InniBos-musiekfees, bel Klipdrift by 023 626 3027.
6
Leader - Hoofartikel
Breederivier Gazette
Dinsdag 4 Junie 2013
Dankie vir almal se bystand en hulp
ACVV gaan haar mis
Koue bring hartseer en hopelik deernis Die afgelope naweek het die eerste ernstige winterkoue oor die Wes-Kaap gebring, met talle berge wat bedek is met sneeu. Vir talle Suid-Afrikaners is sneeu ’n wonderlike seëning met prentjiemooi landskappe en hope pret vir kinders wat die koue, wit wonder vir die eerste keer beleef. Familie-uitstappies word beplan en daar word gespeel en baljaar en selfs ’n sneeuman of twee gebou. Maar die lelike waarheid is dat die koue nie net familiepret meebring nie, maar ook die hartseer afsterwe van weerlose mense. Die afgelope naweek-koue het reeds die lewens van twee plaaslike mense geëis. En ons is nog aan die begin van die ysige seisoen met ’n groot kans vir nog koue wat voorlê en talle hawelose mense se lewens bedreig. Maar die Langeberggemeenskap kan ’n verskil maak en self lewens red deur ’n kombers en warm klere te skenk. Mag die winter nie net koue bring nie, maar ook deernis vir al die Langeberg se inwoners. Komberse kan by die Gazette-kantoor in Kerkstraat, Robertson afgegee word.
Die ACVV Robertson neem afskeid van Paula Hess, wat gaan aftree na 24 jaar se getroue en toegewyde diens by die ACVV en ook aan die gemeenskap van Robertson. Mev. Hess is oral bekend, selfs tot by die verste plase buite Robertson en word deur almal erken met die groet: “Middag Aunt Paula.”
Dit is die bewys dat sy baie bekend, gewaardeer en bo alles geliefd is by elkeen met wie haar lewenspad kruis. Van die bestuursraad se kant wil ons dankie sê vir al die jare se onbaatsugtige diens en die personeel gaan jou “moederlike” benadering tot elkeen werklik mis.
ROBERTSON ACVV BESTUURSPAN
Ek wil graag die Breederivier Hospice bedank vir die hulp wat hulle aan my vrou, Jeanetta (Netta) Nel, wat onlangs afgesterwe het, gegee het. Baie dankie vir die bystand en die diens wat julle gelewer het. Ek wil ook dankie sê vir ds. Ken van die gemeente NG Oos vir sy besoeke en gebede. Dan wil ek dankie sê vir my suster, Bettie van Rooyen, wat bystand aan my vrou deur die dag gegee het.
Paula Hess
Op soek na eerlike man van Robertson Ek wil graag ’n man op Robertson opspoor. Op 15 Maart het ek ontbyt genuttig by Wimpy in Riversdal. ’n Inwoner van Robertson het met sy groen motor langs my silwer Corolla geparkeer. Die wind het sy deur teen my motor gewaai en dit ietwat beskadig. Hy het my kom opsoek en aangebied om die
herstelkoste te dra. Ek waardeer dit opreg. Meneer, nou ’n groot toets vir eerlikheid. Ek het u besonderhede verlê. Bel my asseblief by 082 782 3851 sodat ons die transaksie kan finaliseer.
LOURENS SWARTS, Riversdal
WILLEM NEL, Robertson
Skaam jou, morsjors ’n Kas suur pruime vir die persoon wat drie buisligte in die Van der Stelstraatleiwatersloot gegooi het. Dit is baie onverantwoordelik!
ANONIEM, Robertson
HIER OM TE HELP: Die personeel van Robertson Voorbereidingskool het op 23 April in Rapid River Spur die leerlinge en ouers van die skool bedien. Dit is ’n jaarlike instelling van die skools. Hier is die onderwysers wat vir die dag kelner gespeel het en lede van die Spur-personeel.
Rubriek
Raad vir hondekinners se bolle
Het so ’n ruk gelede ’n bietjie in die Kaap gaan kuier. Die Sondagmiddag sit ons daar in Canal Walk by ’n koffiewinkel en ontspan ná die baie rondloop. Daar kom toe ’n man na ons en vra of ons honde het. Almal knik en toe deel hy hierdie pamfletjies uit. Met die eerste lees het ons gelag, want dit was so net voor 1 April. Ons het weer na die stukkie papier gekyk. Skies nou vir die Ingils, maar ek kan dit nie in Afrikaans vertaal nie: So onder ’n prentjie van ’n gesin op ’n groen grasperk staan daar: “Dog’s Business – They Poop, We Scoop!” Klaarblyklik is die maatskappy – getiteld Professional Pet Waste Removal Service – bereid om, as jou honnekinners hul bolle op die grasperk gelos het en jy nie lus is om dit op te tel nie, dit teen betaling vir jou te kom doen. Siedaar! ’n Gesonde en sanitêre tuin vir jou en jou gesin, en hulle waarborg 100% satisfaksie.
Wat meer is, hulle gee redes hoekom jy hulle moet huur. Jy sal nie weer in die bolle trap nie. Geen argumente in die huis oor wie die bolle moet optel nie. Jy hoef nooit weer skaam te voel as vriende kom kuier nie. Dit verseker dat minder kieme jou huis sal binnekom. Ja well, no, fine. So met die lees van die pamflet, kom daar toe later ’n paar vragies by my op. Eerstens: moet jy nou jou honde leer om op ’n spesifieke tyd van die dag hul besigheid te doen sodat jy die mense kan bel vir diens? Gaan daar iemand so elke halfuur by die tuin verbyloop om te sien of daar enige bolle lê? Hoe bereken hulle hul prys – sê maar R20 ’n bol of R100 vir een keer per dag? Wat gaan jy maak as jy ’n verwoede Rottweiler het en jy is nie daar as die skoonmaakdiens daar opdaag nie?
Dit is die eerste keer dat die diens in SuidAfrika aangebied word. Moes gedink het dis net Amerikaners wat met so iets vorendag sal kom. Wat meer is, hulle is ook op Facebook (en jy kan daar ’n gratis diens wen) sowel as ’n webwerf. En dan, as ’n openingsaanbod, is daar ’n “Poopon Voucher” waarmee jy 25% afslag kry vir die eerste besoek. Nou ja, waar is my honnekind? Hy het ’n nuwe roetine om aan te leer.
Dinsdag 4 Junie 2013
KERSE OM TE ONTHOU: Robertson-polisielede het op 28 Mei om 11:00 ’n oomblik van stilte afgestaan en kerse aangesteek ter nagedagtenis aan die slagoffers van die MI-virus en die uitwerking wat die virus plaaslik en wêreldwyd het.
Toename in huisbraak ) Volgens die Bonnievale-polisie is daar ’n toename in huisbrake, asook inbrake by besighede. Hulle versoek inwoners om meer veiligheidsbewus te wees en besittings te bewaar. Merk besittings soos skootrekenaars, indien moontlik. Dit vergemaklik die polisie se taak met opsporing sodat dit maklik geïdentifiseer kan word. ) Lt. Cynthia Mngcele, spokesperson for the Robertson police, urges locals not to drink and drive during the Wacky Wine Weekend. She says residents should plan their weekend in advance and organise for a designated driver if they intend to drink wine, so that residents can return home safely. She says many people were arrested last year during the Wacky Wine Weekend for drunken driving.
Reünie vir Welkom Gim Die reüniebestuur van die 1965 Welkom Gimnasium-matrieks soek na 1965 Welkom Gimnasium-matrieks. Die bestuur beplan ’n reünie van 26 tot 28 Julie in Welkom en vra lede van hierdie klas met wie daar nog nie in verbinding getree is nie, om ’n e-pos te stuur aan Wilna Buter na drbuys@gmail.com.
MOOIE MEISIES: Mej. BAR-Vallei is onlangs by Langeberg Sekondêr vir Bonnievale, Ashton en Robertson gehou. Daar was tien deelnemers van verskeie plaasskole. Natalie Jansen van Hugenoot VGK Primêr is aangewys as eerste prinses, Tiffany Prins van Boesmansrivier Primêr as Mej. BAR-Vallei en Jolanda Pienaar van Klaasvoogds Primêr as tweede prinses.
General - Algemeen
Breederivier Gazette
7
8
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 4 Junie 2013
Spotlight on child bullying
Altogether fifty-seven percent of school children in South Africa claim to have been bullied at school, according to a recent survey conducted by Pondering Panda among 3 079 teenagers and family members between the ages of 13 and 21.
This high number is a concern, especially in the light of Child Protection Week which was held from Monday 27 May to Sunday 2 June. If a child claims to have been bullied at school, it should be taken seriously. It can make a child depressed and fearful. Bullying is a one-sided action and aimed at hurting or belittling someone. Pondering Panda conducted the
survey over a three-day period in January this year through the social network, Mxit. The survey reveals that 57% felt they had been bullied at school. Fiftytwo percent of the abuse was verbal, 26% physical abuse and 16% cyber abuse. “These statistics reveal a culture of bullying that permeates South African schools. Two out of three learners are worried about being bullied at school,” says Shirley Wakefield of Pondering Panda. If parents suspect their child is being bullied, they should speak to their child about the situation. Parents can enquire about anti-bullying policies at their child’s school. Childline South Africa recommends that
parents do the following: ) Encourage your child to tell someone. ) Ask the bully to stop. They may not be aware that their behaviour is hurting your child. ) If the bullying doesn’t come to an end, the victim should avoid being alone with the bully by being in a group or around other people. Bullies often have been bullied or abused themselves and try to deal with their own situation to regain their power by taking it out on someone else. Childline South Africa advises that bullies need to understand the consequences of their actions and practice self-discipline and empathy for others.
Stellenbosch University wants your food waste The Stellenbosch University is looking for school hostels, feeding schemes, or community gardens in the Boland that want to dispose of their large volumes of garden refuse or leftover food in a “green” way, and in addition also wish to reap the economic rewards of their efforts. Agricultural researchers at Stellenbosch University (SU) are currently evaluating various methods to produce compost in large quantities. So says Dr Elmi Lötze, a researcher from Hortgro. She is researching ways to sensibly recycle refuse from the University’s gardens, fruits that were used in studies in the evaluation lab-
oratory of Horticultural Science, and leftover food from the Matie hostels. It is part of an initiative by the Dean’s Office of the Faculty of AgriSciences to manage the Welgevallen Experimental Farm in a more environmentally friendly way, and to develop sensible large scale recycling solutions for the agriculture sector. “Municipal dumping sites lack the capacity to process all the waste being generated by people, and thus we need to deal with it much more sensibly and effectively,” believes Dr Lötze. “For house gardens there are already many effective products on the market with which
one can make compost on a small scale, but we need to find an adequate solution for farmers, producers and community gardens that need to do so on a large scale,” she adds. Dr Lötze has been examining the effectiveness of various composting methods over the past few months, including bokashi, the use of static compost heaps and various containers in which compost can be made. Colleague Dr Elsje Pieterse of the Department of Animal Sciences runs a project at the Mariendahl Experimental Farm in which leftover food and fruit are fed to the maggots of soldier flies. The food is then digested and ulti-
mately converted into compost. Additionally, the maggots are used as protein rich chicken feed. Dr Pieterse’s team recently received an award from the African Innovation Foundation for their endeavours. For Dr Lötze it’s not just about converting plant material or food into compost, but how it can also give farming or community projects an economic boost. “Working your own compost into your community garden not only increases the quality of the soil, but also decreases the input cost needed for expensive fertilizers, and thereby increases yield,” explains Dr Lötze.
15 jaar van smullekker kos Lourens de Villiers, eienaar van Café Rosa restaurant, een van die Langeberg se gunsteling restaurante, sê uitmuntende diens en lekker kos is hul hoofprioriteite ná 15 jaar se uitstekende diens en smullekker kos. Lourens is sedert Februarie 2012 eienaar van Café Rosa en het sedertdien probeer voortbou op die gevestigde tradisies wat Leandri Smith (née Van zyl), die vorige eienaar van Café Rosa, daar gevestig het en is dankbaar vir haar wat so ’n uitmuntende restaurant in Robertson gevestig het. Café Rosa bedien ontbyte, ligte middagetes en vars gebak, maar Lourens is veral trots op die restaurant se pizzas. “Ons legendariese pizza, veral die Ryperd, is wyd bekend en mense kom spesiaal na Café Rosa daarvoor.” Komplimente vir al die smulgeregte word gereeld uitgedeel in Café Rosa se besoekers-
boek. Ook spog hy met die toegewyde personeel van Café Rosa wat keer op keer komplimente van kliënte ontvang vir hul vriendelike en knap diens. Die gesellige restaurant en koffiewinkel is ideaal geleë in Voortrekkerstraat, langs Robertson Tuinsentrum. Café Rosa bied ’n gesellige atmosfeer binne en spog met ’n pragtuin buite waar kliënte met hulle families kan ontspan. De Villiers sê Café Rosa en Robertson Tuinsentrum het ’n wonderlike verhouding wat voordelig is vir albei besighede. Die kliënte van die tuinsentrum geniet graag ’n ete ná hulle inkopies en so ook besoek kliënte van Café Rosa die pragtige kwekery. Lourens bedank vir Willie en Hilda le Roux, eienaars van Robertson Tuinsentrum, asook Café Rosa-kliënte vir hul ondersteuning.
Kliënte geniet die heerlike kos en gesellige atmosfeer van Café Rosa.
Dinsdag 4 Junie 2013
Schools - Skole
Breederivier Gazette
9
BOLAND-NETBAL: Na afloop van die Boland-proewe op 17 Mei is vyf Hoërskool Montagu-spelers in Boland-netbalspanne opgeneem. Agter is Lauren Adendorf, Jeanne Joubert en Henolee Plaatjies; voor sit Deborah Brown en Courtney du Toit
BOK ONDERSTEUN PLAASLIKE JONGES: ’n Toerspan van Curro Privaatskool op Langebaan het teen Laerskool Robertson se o. 13-rugbyspan uitgedraf. Die legendariese Springbokslot, Kobus Wiese, het die wedstryd bygewoon. Laerskool Robertson het die stryd gewen met ’n eindtelling van 3-0.
NETBALSPELERS NA PROEWE: Thea Stemmet, Adri Tamboer, Nereen Goodman en Chameron Hansen van Hoërskool Bonnievale gaan aan die Wes-Kaap netbalproewe deelneem. Kaitlin Kortjé was afwesig.
RUGBY-TALENT: Ludwig Bruwer, ’n rugbyspeler van Laerskool Robertson, is in die o. 13-rugbyspan van Langeberg opgeneem. BOLAND-TENNIS: Dié twee graad 3-leerlinge van Robertson Voorbereiding Skool is gekies vir die Boland-tennisspan. Kelli McMahon is as reserwe gekies en Arabella Winshaw vir die Bolandspan.
BOLAND-RUGBY: Brand Taljaard, ’n leerling van Hoërskool Robertson is gekies vir die o.18 Boland Cravenweek-span.
JONG FEDERER? Balthazar Kloppers, ’n graad 2leerling van Robertson Voorbereiding Skool is gekies vir die Noord-Bolandtennisspan
TOP-REDENAAR: Carli Prins, graad 2-leerling van Robertson Voorbereidingskool is een van twee leerlinge wat gekies is om die Wes-Kaap by die nasionale redenaarskompetisie in Augustus op Hartenbos te gaan verteenwoordig.
10
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 4 Junie 2013
Rentevrye studielening vir kleuteropleiding Ses rentevrye studielenings is hierdie jaar deel van die Kosblikkieprojek se belegging in kleuters en hul versorgers se lewens. “Die versorgers is baie keer self behoeftig en tog so gretig om meer te leer en persoonlik te ontwikkel,” sê Lindie Strydom, die organiseerder van die Kosblikkieprojek. “Ek glo dat om mense in die vervulling van hulle roeping te ondersteun, beteken soveel meer as net die insameling van kennis of om ’n vaardigheid te bekom. Dit is ’n innerlike vervulling en lewensvreugde wat saam met die leer van taal, wiskunde en hoe om ’n potlood of skêr vas te hou, op kleuters geprojekteer word. Die impak wat ’n onderwyser op ’n kind se lewe het, moet nooi onderskat word nie.” In 2010 het Helpende Hand ’n groep van 30 ma’s oor 30 weke in Danville, Pretoria, as dagmoeders opgelei. Lucie Bouwer was deel van hierdie eerste groep. Tydens die opleiding het sy geleer hoe om kleuters konstruktief besig te hou sodat hulle skoolgereed is wanneer hulle klaar is met kleuterskool. Bouwer het sedert haar seun se geboorte gereeld tydelike werk gedoen, maar steeds gesukkel om die pot aan die kook te hou. Nadat sy die dagmoederopleiding ontvang het, het Booysens Beertjies Kleuterskool in die weste van Pretoria haar ’n pos as kleuterskool-assistent aangebied. “Ek wou nog altyd met kinders werk,” sê Bouwer oor dié geleentheid. “Hierdie is nie ’n werk nie, dis eerder ’n roeping. Ek het baie hard en lank hiervoor gebid.” In 2011 is nog groepe vrouens oor’n tydperk van 30 weke as dagmoeders in Pretoria, Bloemfontein en Edenpark opgelei. In samewerking met Hettie Britz en haar span Immergroen Ouerskap-fasiliteerders, kon Helpende Hand in 2012 ouers, onderwy-
sers en versorgers van 36 kleuterskole met praktiese opleiding en ouerleiding bereik. Elke kursusganger het ’n werkboek en ’n sertifikaat na afloop van die opleiding ontvang. “Die Immergroen-program stel die Helpende Hand Kosblikkieprojek in staat om’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak,” sê dr. Danie Brink, die uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. Altesaam 2 500 ouers, onderwysers en versorgers (waarvan ongeveer 550 onderwysers is) in 74 kleuterskole regoor Suid-Afrika sal vanjaar bereik word. Daarby gaan 148 fasiliteerders van die Immergroen Kleuterkursus opgelei word om die kursus te kan aanbied – dit is 148 werksgeleenthede wat geskep word. “Deur een mamma te bemagtig ten opsigte van praktiese ouerleiding, haar kind se karakterontwikkeling en die verstaan van God se gesag wat aan haar gedelegeer is, raak ons twee of drie en soms selfs vier kinders in haar gesin se lewens,” sê Strydom. “Deur een juffrou of versorger toe te rus met kennis van kinders se unieke temperamente en kreatiewe dissipline wat haar kan help in die uitdaging van oorvol klasse en emosioneel en geestelik arm kinders, raak ons 30 en selfs 40 kinders se lewens op een slag. Deur mammas en juffrouens gelyktydig te bemagtig, bereik ons kleuters van twee kante en net soveel meer effektief.” Opvoedkundige materiaal van Immergroen Ouerskap word ook weer in 2013 aan hierdie 74 kleuterskole geskenk. Aansoeke vir die ses rentevrye studielenings vir kleuteronderrig het sopas geopen en sluit op 15 Junie. Vir meer inligting besoek www.helpendehand.co.za.
NUWE MOTHS: Die organisasie Moth, Staaldak Shellhole Montagu het onlangs vir Leon Rosser (links) en Wouter Brewis as nuwe lede van die Moth ingewy. Hier verskyn hulle saam met Wessel Fourie, Old Bill van Staaldak Shellhole. Oudweermaglede wat belangstel om by Moth aan te sluit, kan Leon Rosser bel by 082 920 2304 of Wouter Brewis by 072 133 2943.
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141
Gelukwensing Congratulations
GUESS who’s turning 17 on 5 June?
MOMIN TASHIEF Happy birthday, have a super day. Stay as sweet, caring as always and may all your dreams be fulfilled. Remember we all love you Always. From: Mommy, Daddy, Omer& Afreen not forgetting auntie Poppie.
LAKEY, CHADLIN Baie geluk met jou 9de verjaarsdag vandag (4 Junie). Ons is baie lief vir jou. Van Mammie, Daddy, Natasha en Kerwin.
11
In Memoriam
MALGAS ELSIE Geb.08/06/1948Gest.30/06/2012 Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Die gemis en verlange is groot maar ons berus ons daarin. Ons mis daardie sagte stemmetjie, liefde en geduld. Mamma sal altyd in ons gedagtes wees. Van jou man, kinders, klein-en agterkleinkinders.
Algemene Dienste General Services
KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.
BESIGHEID BUSINESS 194
Sake Geleenthede Business Opportunities LUTEA PARFUUM 154 geure om te bemark. Uitstekende kommissie. Skakel 083 6550445/ madrigrobbelaar@gmail. com/ www.luteaperfume.co.za
JOBS
400
Betrekkings Gevra Jobs Wanted LOOKING for job in restaurant, ladies with experience. Sibongile 084579 3300 Memory 0610245009 LOOKING for job as forklift driver, have experience & cerificates and a Zimbabwean passport. Johnson Ngwenya 074 271 2268
Dinsdag 4 Junie 2013
Advertisement - Advertensie
Breederivier Gazette
11
Breederivier
Year 17 • 4 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212
De Wet skiet sy pad oop na eerste plek in SA DALEEN FOUCHÉ
Tobie de Wet het weereens Robertson se naam hoog gehou by die SA Olympic Trap-kampioenskap waar hy as SA kampioen in kleiduifskiet aangewys is. Die kampioenskappe was gehou by Wattlespring Gun Club in Johannesburg op 11 en 12 Mei. De Wet sê hy het baie goed gevaar met konstante goeie rondes van die eerste tot die laaste uitdunrondes. Na die eerste dag se 75 kleie was De Wet twee punte voor die naaste teenstander en vol selfvertroue.
Op die laaste dag met 50 uitdun kleie voordat deelnemers vir die finaal kan kwalifiseer, het De Wet ’n voorsprong van ses kleie gehad. Die beste ses skuts het ná die uitdunrondes deurgedring na die finaal. “Hier het ek met gemak ook gewen.Die kompetisie was redelik straf maar die moeilike lig en weersomstandighede was die grootste uitdaging.” De Wet was ook in 2011 SA kampioen en was vierde in 2012. “Ek voel goed oor my prestasie en weet dit was ’n goeie uitdaging.” De Wet het die sport in 2001 begin
beoefen. Hy vertel hy het baie geoefen en “met my oë en ore geleer” om sy talent te ontwikkel. De Wet se toekomsplanne is om in 2014 vir die Wêreld kampioenskap te kwalifiseer. De Wet oefen by die skietbaan, Valley Gun Club in die Paarl, wat die sport by skole ook bevorder. Die klub het die nodige toerusting vir beginners. “Kleiduifskiet is ’n baie goeie sport om veral jongmense dissipline en uiterse konsentrasie aan te leer.” Vir meer inligting, besoek www.valleygunclub.co.za. Die klub is van Dinsdae tot Saterdag van 09:00 tot laat oop.
Tobie de Wet is vir die tweede keer as SA Kampioen vir kleiduifskiet aangewys.
Uitslae: muurbal
Jukskei-spanne kompeteer tydens Robertson Jukskei Klub se opedag.
Robertson-jukskeidag sorg vir goeie kompetisie Robertson Jukskei Klub se opedag op Saterdag 25 Mei was ’n reusesukses Ses spanne het deelgeneem en oor en weer teen mekaar kragte gemeet. Pryse, wat deur verskeie besighede geborg is, is reg deur die dag uitgedeel.
Die wenners van die dag was die Laslappie Span, met die Klare Span in die tweede plek en die Awsome Four’s in derde plek. ACV Diesel het die vierde plek beklee, met Immelmans Elektries vyfde en Boksom Bende in sesde plek.
Die 2013-muurbalseisoen het onlangs afgeskop met die eerste ronde-wedstryde in die Sentraal-Suid Koöperasie (SSK) Muurbal Liga. In die tweede liga het Bonnievale tuis gespeel teen Montagu. Dit was veral die wedstryd tussen Jean Aubry (Bonnievale) en Mornè Fourie (Montagu) wat in ’n taai stryd ontwikkel het, met Mornè die uiteindelike wenner met 3-2. Die besoekers klop Bonnievale met 10 potte teenoor 6. Wilhelm de Wet verloor teen Cobus Stander met 1-3. Nicolaas Jonker verloor teen Jack Friedman met 0-3. Jean Aubry verloor teen Mornè Fourie met 2-3 en Gustav Swanepoel klop LP Stander met 3-1.
Tobie De Wet maak gereed om ’n teiken te skiet.