Breederivier gazette 4 nov 2014

Page 1

Breederivier

X1PDEBDM-BZ041114

Year 18 • 4 November 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Sowat ’n 1 000 inwoners van Plakkerskamp buite Bonnievale het verlede Woensdag na die munisipale kantoor opgeruk waar hulle ’n memorandum met griewe aan munisipale amptenare oorhandig het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Plakkerskamp­protes lê Bonnievale lam HILDERINE SCHRÖDER

Sakeondernemings in Bonnievale se hoofstraat is verlede Woensdag lamgelê toe sowat 1 000 inwoners van die nabygeleë Plakkerskamp in ’n onwettige betoging na die kantoor van die Langeberg-munisipaliteit opgeruk het. Tientalle ondernemings het hul deure gesluit gehou uit vrees vir moontlike vandalisme terwyl die twee hoofingange na die dorp ook

vir ure lank vir verkeer gesluit is. Vier mense is vir openbare geweld in hegtenis geneem nadat sommige betogers klippe na polisiebeamptes geslinger het. Die polisie het met rubberkoeëls gereageer wat hulle die woede van die betogers op die hals gehaal het. Betogers het vroegoggend al by die dorp se ingang saamgedrom, maar, sê Theuns Coetzee, voorsitter van die Bonnievale-gemeenskapspolisiëringsforum, hulle verdien wel krediet dat hulle busse vol skoolkinders sonder voorval deur-

gelaat het. Volgens Johan Els, hoof van die Hoërskool Bonnievale, het die betoging nie ’n wesenlike impak gehad op matriekleerders wat verlede week hul eksamenvraestelle moes aflê nie. “Al die kinders het vir hul vraestelle opgedaag. Die polisie se hulp in dié verband was uitstekend,” sê Els. Tóg, sê hy, is daar wel ’n moontlikheid dat die dag se gebeure leerders se aandag van hul eksamenvraestel kon aftrek. Volgens Hansie Wolfaardt, voorsitter van die Bonnievale-sakeka-

mer, is die omvang van die ekonomiese impak van die staking nog nie vasgestel nie, maar, sê hy, dit is waarskynlik enorm. Die betogers, sê hy, het geweier om werkers deur te laat wat talle plaaslike ondernemings en fabrieke sonder personeel gelaat het en produksielyne só tot stilstand gedwing het. Betogers het ure lank voor die munisipale kantore gesit ná hulle geweier het om ’n memorandum met hul griewe te oorhandig alvorens hul makkers wat in hegtenis geneem is nie vrygelaat word nie.

Die groep, almal inwoners van Plakkerskamp, dring onder meer aan op behuising, gratis kragbokse, verbeterde paaie, sportfasiliteite, ’n kliniek en meer werksgeleenthede. Die munisipaliteit het onderneem om binne sewe dae te antwoord op die vraagstukke wat binne sy beheer is. Betogers het met verdere optrede gedreig indien hulle nie bevredigende antwoorde kry nie. “Ons gaan dit nie so los nie. As ons nie antwoorde kry nie, brand ons die dorp,” het een gedreig.

X1PDEC3H-BZ041114


2

Entertainment - Vermaak

Breederivier Gazette

Dinsdag 4 November 2014

R’son reg vir raakrugby Valleiers kan dié Saterdag uitsien na gróót pret wanneer die jaarlikse Robertson Touchies weer op die Laerskool Robertson se sportterrein gehou word.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Robertsonmuseum se anneks (gebruik Le Rouxstraat-ingang). Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

SATERDAG 8 NOVEMBER ) Die Metodistekerk in Loopstraat, Robertson, hou ’n musiek- en sangaand. Kaartjies: R30. Navrae: 0 023 626 2634. ) Robertson Touchies by die Laerskool Robertson. Inskrywings: R175 per span. Navrae: ds. Ken Pritchard, 0 072 431 0343.

VRYDAG 14 NOVEMBER

Dié gewilde geleentheid wat vanjaar vir die vierde keer aangebied word het geen bekendstelling nodig nie. Die vorige drie geleenthede was ’n reuse sukses met Valleiers wat nog lank daarna gepraat het oor die heerlike gees wat onder deelnemers sowel as toeskouers heers. Hierdie jaar se geleentheid gaan weer vir hope vermaak sorg met selfs meer spanne wat teen mekaar gaan meeding. Met altesaam 32 Bekerspanne, vier Oukrokspanne (35 jaar en ouer), vier Superkrokspanne (45 jaar en ouer), vier vrouespanne en vier o.13-spanne wat elk gaan aantree om die wisseltrofee in hul afdeling omhoog te hou, gaan daar beslis geen saai oomblik wees nie. Vir die spanne wat nie die paal haal nie, is daar die darem die troos dat hulle verder aan die plaat- en skildkompetisie kan deelneem. Daar is vanjaar selfs ’n Troosbeker ingestel vir die ligter spanne wat ook in die

Skild-kompetisie uitgeskakel word. Afgesien van al die trofeë wat op die spel is, ontvang die spelers van elke kampioenspan ook elkeen ’n medalje wat as aandenking gehou kan word. Daar is ook ander pryse te wen. Verskeie plaaslike ondernemings sowel as spanne uit alle oorde het reeds ingeskryf. Die konings van strand-touchies, die Living Legends, het ook twee spanne ingeskryf en sal ’n ware toets vir plaaslike spanne bied. Kom geniet die dag saam met die deelnemers en kuier saam langs die veld onder ’n gazebo of strandsambreel. Toegang is gratis en wedstryde skop reeds om 08:30 af met die hoogtepunt van die dag, die beker-eindstryd, wat om 16:00 sal plaasvind. Alle uitdunne, veterane- en vrouewedstryde vind deur die loop van die oggend plaas, terwyl die kwarteindstryde vanaf 13:00 gespeel word. Sou die honger deur die loop van die dag begin knaag, sal daar ’n wye verskeidenheid verversings soos Spur-burgers en skyfies, worsbroodjies, pannekoek en koeldranke te koop wees. Bel ds. Ken Pritchard by 072 431 0343 vir enige navrae.

Stuur jou foto’s vir ons kalender

) Die film Zorba the Greek word om 18:30 vir 19:00 by die Robertson-museum se anneks vertoon. Verversings sal vooraf bedien word. Navrae: 0 023 626 6622.

SATERDAG 15 NOVEMBER

Hier is ’n gulde geleentheid vir die Langeberg se fotografie-entoesiaste. Fotograwe staan die kans om een van hul foto’s op die Gazette se kalender verewig te sien. Die foto moet iets van die Langeberg – sy mense, natuur of besienswaardighede – uitbeeld. Twee wenfoto’s sal gekies word om op die kalender te verskyn. Om in te skryf, stuur hoëresolusiefoto’s, met jou naam, na zelda@breede.com. Deelnemers mag hoogstens twee foto’s inskryf. Die wenfoto’s sal in die Gazette aangekondig word.

) Klub 8 hou sy jaarlikse dans in die Robertson-stadsaal. Navrae: 0 084 626 1193.

DONDERDAG 27 NOVEMBER ) Flowers@Work by die Robertson-stadsaal. Navrae: 0 079 517 1852.

WOENDAG 3 DESEMBER ) Herleef wyle Koos du Plessis se musiek met Jannie du Toit se optrede by Wolfkloof. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies: R120 (sluit ’n ligte ete in). Navrae: 0 074 339 5008 of 2 info@wolfkloof.co.za.

VRYDAG 5 DESEMBER ) Buitelug Kerskonsert met Francois en Elizabeth Fourie by Robertson Voorbereidingskool.

SATERDAG 6 DESEMBER ) Die Breederivier Gazette bied om 17:00 ’n gospelkonsert met plaaslike kunstenaars en die Dumisani-gospelgroep as gaskunstenaar in die Langeberg Sekondêre Skool se saal aan. Deure maak reeds om 16:15 oop. Kaartjies: R40 vir volwassenes, R20 vir kinders. Beskikbaar by die Gazette se kantore. Navrae: Annelda Grootboom, 0 023 626 5212 of 076 677 5686.

DONDERDAG 25 DESEMBER ) Kersfees-buffet by Bon Cap. Navrae: 0 023 626 6622. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.

X1NR0U3W-BZ041114

Die jaarlikse Robertson Touchies vind dié Saterdag op die Laerskool Robertson se sportterrein plaas. Maak seker jy mis nie dié gewilde geleentheid nie!

Gee ’n bietjie verjaardagvreugde vir ’n kind by Herberg Kinderhuis deur deel te neem aan die Herberg Skoenboksprojek.

Maak hul verjaardag spesiaal Valleiers het steeds die kans om die verjaardag van ’n inwoner van die Herberg Kinderhuis spesiaal te maak deur deel te neem aan die Herberg Skoenboksprojek. Die projek is daarop gemik om aan elk van die 122 kinders wat by Herberg woon sy of haar eie geskenk op hul verjaardag te gee. Deur Herberg te kontak kan weldoeners die besonderhede van een van die kinderhuis se kinders kry. Dié besonderhede sal allerhande feite, waaronder die kind se naam en ouderdom, kleregrootte en belangstellings insluit. Wat jy in die geskenkpak-

X1PDG2VM-BZ041114

kie sit is jou keuse, sê Petro Uren, bemarker by die Herberg Kinderhuis. “Jy kan enigiets insit behalwe bederfbare produkte.” Die geskenkpakkies, met elke kind se naam op, word nou reeds bymekaargemaak en gebêre tot dié kind se verjaardag. Om seker te maak daar is genoeg geskenke vir al die kinders moet belangstellendes die pakkies voor of op 5 Desember by Herberg afgee. Vir meer inligting oor dié projek, of om die besonderhede van ’n kind te verkry, bel Petro by 023 626 3140 of stuur ’n e-pos na petro@herberg.co.za.

X1PDG3JH-BZ041114

X1PDG361-BZ041114


Dinsdag 4 November 2014

News - Nuus

Jeugdiges wat op vragmotors spring om vrugte te steel is ’n groot kopseer vir verskeie rolspelers.

Vrugtediewe ’n groot kopseer vir kontrakteurs HILDERINE SCHRÖDER

Die plukseisoen is op hande en kommer neem opnuut toe oor hoë vlakke van vrugtediefstal vanaf vragmotors wat perskes en appelkose by depots op Robertson en Ashton lewer. Die Gazette het vanjaar al by verskeie geleenthede berig oor dié groot kopseer wat al selfs tot die dood van ’n inwoner van Nkqubela gelei het nadat hy onder die wiele van ’n vragmotor beland het ná hy na bewering probeer vrugte steel en van die vragmotor afgeval het. Volgens Frikkie Kriel (63), wat al vir jare vrugte na Langeberg & Ashton Foods se depot op Robertson aan-

ry, besorg vrugtediewe kontrakteurs groot hoofbrekings. Kontrakteurs wat wag om die depot binne te gaan, sê hy, is ’n sagte teiken vir diewe wat hulle in sommige gevalle tot geweld wend indien hulle aangespreek word. Kriel self is al by geleentheid met ’n mes en klippe gedreig en is ook vanjaar met ’n perske teen die kop gegooi. Die depot is digby Nkqubela geleë en vrugtediewe vlug bloot tussen die huise in ná hul strooptogte waarin hulle sake vol vrugte vanaf vragmotors buit, sê Kriel. “Hier gaan lelike dinge kom as dinge op dié trant voortgaan. Iets drasties gaan gedoen moet word om kontrakteurs te beskerm. Ons kan dit nie voor die deur van die polisie lê nie, want hulle het reeds hulle hande vol.”

Die diewe vlug dikwels in die rigting van die nabygeleë Nkqubela.

Chris Hanekom, landboubestuurder by Langeberg & Ashton Foods se Robertson-depot, beaam dat vrugtediefstal ’n reuse kopseer is. Konserwatief bereken, sê hy, is sowat R100 000 se vrugte van vragmotors afgesteel. Die maatskappy het vanjaar reeds twee vergaderings met rolspelers en gemeenskapsleiers van Nkqubela gehou in ’n poging om die probleem aan te spreek. “Ons het tot die slotsom gekom dat ons inwoners van Nkqubela se samewerking moet kry,” sê Hanekom. As deel van sy pogings om dít te vermag kyk nie maatskappy na die moontlikheid om sekerheid by die Robertson-depot aan inwoners van Nkqubela uit te kontrakteer, aldus Hanekom. “As hulle (inwoners van die nedersetting) inkoop hierin, sal dit tot wedersydse voordeel van alle partye strek.” Volgens Kriel en Hanekom, sowel as die plaaslike polisie, is die vrugtediewe meesal jeugdiges, daarom is dit van kardinale belang dat daar ook opvoeding onder die jeug moet plaasvind om die diefstal hok te slaan, voel Hanekom. Hiervoor, sê hy, gaan die hulp van gemeenskapsleiers nodig wees. Volgens lt. Cynthia Ndabeni, woordvoerder van die Robertson-polisie, is vrugtediefstal ’n probleem wat gedurende elke plukseisoen kop uitsteek. Die polisie, sowel as Hanekom, doen ’n dringende beroep op Valleiers om nie vrugte langs die pad te koop nie. Deur dít te doen, sê Hanekom sowel as Ndabeni, word vrugtediewe in hul kwaad gestook.

X1PDG3C9-BZ041114

Breederivier Gazette

Roelof Rossouw

3

FOTO: ANNELDA GROOTBOOM

R’son kunstenaar vereer in VSA ANNELDA GROOTBOOM

Nie net is sy skilderye deur die akteur Clint Eastwood van Hollywood op die filmstel van Invictus raakgesien en gekoop nie, maar hy het ook die drie eerste plekke losgeslaan en is vereer met die Amerikaanse Top-skildery-toekenning vir sy kunswerke in menslike impressionistiese styl. Roelof Rossouw, ’n Robertsonner, is deur ’n akteur, Phillip Chancellor III, wat in die sepie The Young and the Restless speel, genader. Hy is ook president van Amerikaanse kunstetoekennings wat talentvolle kunstenaars wêreldwyd werf om betrokke te raak by die 25 galerye in Amerika. Hoewel Rossouw nie wou inskryf vir die kunskompetisie nie, het hy dit tog ’n kans gegee. Die kompetisie was in 50 kategorieë verdeel, met 51 deelnemende lande, en daar is eerste tot sesde plekke toegeken. Rossouw het vier foto’s ingestuur, waarvan drie van sy foto’s eerste, tweede en derde plek gekry het. Rossouw, ’n bekroonde skilder wat van 1994 voltyds skil-

der, sê hy gedenk hierdie jaar sy 20ste jaar in die bedryf en dié jaar was beslis een van sy beste jare. Baie van sy skilderye word in topgalerye uitgestal in Suid-Afrika sowel as in ander lande. Hy sal egter graag ook sy werke in topgalerye in Amerika wil uitstal, verklap Rossouw. Sy werke is meestal tradisionele landskappe in ’n klassieke impressionistiese styl. Volgens sy vrou, Zelda, is sy baie opgewonde oor haar man se toekenning, want sy weet waar hy op ’n nederige manier met sy loopbaan begin het en sy glo hy verdien die toekenning vir sy harde werk en toegewydheid. Rossouw sê ná hy vir die kompetisie ingeskryf het, het twee tot drie maande verby gegaan voor hy iets van die beoordelaars gehoor het. Tot in September toe hy weer ’n e-pos ontvang het en gehoor het hy is die wenner. “Ek is baie opgewonde oor die feit dat my werke raakgesien is deur mense in Amerika en gekies is,” het Rossouw gesê wat al skilder vandat hy 14 jaar oud is.

X1PDG3MM-BZ041114


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 4 November 2014

Roodezandt­kelderwerker se harde werk beloon ANNELDA GROOTBOOM Die 2014 SA Kelderwerker van die Jaar-kroon is Vrydag 31 Oktober by ’n aan Gerrie Grootboom van Roodezandt Wines toegeken. Die doel van die SA Kelderwerker-program, wat gesamentlik deur VinPro en Winetech geborg is, is om erkenning te gee vir bydraes deur permanente kelderwerkers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf en om terselfdertyd rolmodelle vir kelderwerkers te vestig. Die drie finaliste wat deurgedring het na die finale ronde, wat by Goudini Spa gehou is en deur Old Mutual en Nedbank geborg

X1PDMX05-BZ041114

het vir sy harde werk en gepaardgaande is, is al drie Robertsonners. Grootentoesiasme oor die produk waarmee hy boom, Petrus Prins van Robertson werk,” het Steytler gesê. Koöp en Marius Stevens van GraVolgens Santi Basson, projekleier van ham Beck Wines het om die titel die SA Kelderwerker van die jaar-promeegeding. gram, is Grootboom ’n inspirasie vir Die manne is uit 14 finaliste uit baie ander. Sy toegewydheid, leergierigverskeie deelnemende streke geheid en die feit dat hy aandag aan kleiner kies. Kandidate moes onder meer besonderhede gee het haar veral beïn’n toets skryf om hul kennis te druk. Volgens haar was Grootboom ’n toets en ook ’n blinde proe doen waardige wenner en rolmodel van die waar hulle sekere kultivars en kompetisie omdat hy telkemale homself foutwyne moes identifiseer. in sy voorleggings en deurlopende evaVolgens Christie Steytler, proluasies, asook in die eksamen bewys het. duksiebestuurder van RoodeGrootboom het homself op sy eerste zandt Wines, het Grootboom in werksdag by Roodezandt belowe dat hy 1996 as kelderwerker by Roodenie wil stagneer as ’n gewone werker zandt begin werk. nie, maar elke kans wil aangryp en die “Oor die jare het hy homself bewys as iemand wat leiding kan Die drie finaliste in die VinPro Kelderwerker van die Jaar-kompetisie was beste daarvan maak. Volgens hom wou neem. Hy wou altyd by die wyn- vanjaar almal van Robertson. Van links is Marius Stevens (Graham Beck hy altyd leer en uitvind oor alle aspekte makers weet hoekom sekere ak- Wines), die kompetisiewenner Gerrie Grootboom (Roodezandt Wines) en Pe- daaromtrent. “Die kursusse wat jy bywoon gee jou ook ’n hupstoot,” sê hy. sies op wyne uitgevoer word, trus Prins (Robertson Wineries). Hy sien homself oor vyf jaar as ’n asdaarom het ons hom geoormerk Dit is die eerste keer dat ’n werker van Roode- sistentwynmaker. Hy glo sy ouers sou baie trots om inleidende wynkursusse te volg.” Grootboom het ook aan die kelderwerkers- zandt só ’n toekenning ontvang. Grootboom is gewees het oor sy prestasie, veral sy ma wat hom tudiegroep deelgeneem en is in 2012 gekies om boonop ook die eerste persoon wat die nuwe wis- altyd moed in gepraat het. “Ek wil net vir myoor parstyd in Frankryk by ’n kelder te gaan seltrofee ontvang, sowel as ’n kontantbedrag. self, familie en kollegas wys dat deur opoffe“Ons is baie trots op Gerrie se prestasie en rings, toewyding en harde werk kan jy sukseswerk. Grootboom is tans hooftoesighouer by is bly dat hy op so ’n manier erkenning gekry vol wees,” het Grootboom gesê. die kelder.

Beurtkrag gaan jou so raak HILDERINE SCHRÖDER Beurtkrag is dié week Valleiers se voorland en sal waarskynlik tot die einde van die week voortduur. Dít volg nadat ’n steenkoolsilo by die Majuba-kragsentrale naby Volksrust, Mpumalanga, die afgelope naweek inmekaar getuimel het. Eskom moes sedert dié voorval inderhaas landwyd beurtkrag instel wat baie mense onkant betrap het. Inwoners van die Langeberg kan dié week beurtkrag te wagte wees. Die Langeberg is tans in Fase 1 (1 000 MW se kragverbruik moet bespaar word) met betrekking tot beurtkrag. Met die Gazette se ter perse gaan is moontlike beurtkragtye as volg aangedui: Dinsdag: 20:00 tot 22:30 (Fase 1) – Robertson; 10:00 tot 12:30 (Fase 2, meer ernstig) – McGregor, Ashton,

Bonnievale, Montagu, Barrydale en Noree. Woensdag: 10:00 tot 12:30 (Fase 1) – Robertson, Ashton, Bonnievale, Montagu, Barrydale en Noree; 16:00 tot 18:30 (Fase 2) – McGregor. Donderdag: 10:00 tot 12:30 (Fase 1) – Robertson; 16:00 tot 18:30 (Fase 1 en 2) – McGregor, Ashton, Bonnievale, Montagu, Barrydale, Noree. Vrydag: 06:00 tot 08:30 (Fase 2) – McGregor; 14:00 tot 16:30 (Fase 2) – Robertson. Saterdag: (Fase 1) 06:00 tot 08:30 – McGregor; 16:00 tot 18: 30 – Ashton, Bonnievale, Montagu, Barrydale, Noree; 20:00 tot 22:30 – Robertson; Fase 2: Fase 1: 06:00 tot 08:30 – McGregor; 16:00 tot 18: 30 – Ashton, Bonnievale, Montagu, Barrydale, Noree; 20:00 tot 22:30 – Robertson, Ashton, Bonnievale, Montagu, Barrydale, Noree. (Kyk loadshedding.eskom.co.za)

X1PDN3F5-BZ041114

X1PDP2L1-BZ041114

X1PDJ690-BZ041114

X1PDKG2D-BZ041114


Dinsdag 4 November 2014

General - Algemeen

Vraestelle sover ‘heel billik’ HILDERINE SCHRÖDER Matrieks het verlede Vrydag (31 Oktober) hul eerste wiskunde- en wiskunde geletterdheid-vraestelle afgelê. Die Gazette het by die Hoërskool Robertson ingeloer om te hoor hoe dit gegaan het.

“Die vraestel was heel billik,” sê Dehan Stipp. “Al ons kennis is getoets.” Hy was goed voorberei danksy die vraestelle wat hulle gedurende die jaar gedoen het, voeg hy by.

Breederivier Gazette

5

Waarskuwing oor vervalste donasievorms Die Robertson-polisie waarsku inwoners om op die uitkyk te wees vir individue met vervalste donasievorms met kerkstempels op.

Inwoners word gemaan om eers kerkleiers van die betrokke kerk te nader voor hulle enige geld aan dié individue oorhandig.

Volgens Toshief Momin was dié Wiskunde-vraestel moeiliker as dié van September. “Daar was party goed wat hulle op ’n vreemde manier gevra het,” sê hy. Yolandé Vermeulen sê haar wiskunde geletterdheid-vraestel was baie lekker, hoewel daar sommige vrae was waarvoor daar nie ’n duidelik antwoord was nie. Hoewel die vraestel makliker was as dié in September, voeg sy by, was tyd ’n bietjie van ’n probleem.

Sy wiskunde geletterdheidvraestel was supermaklik, sê Navan Padiachy. “Ek was seker ’n uur voor die tyd klaar. Ek dink ’n mens sal goed doen as jy die vrae goed gelees het.”

Renské Oosthuizen sê die vraestel was aansienlik makliker as die oefenvraestel wat hul onderwyser vroeër aan hulle gegee het. “Daar was net so een of twee vrae wat taai was en ek kon alles klaarkry.” Sy voeg by dat die vraestel ook makliker was as dié wat hulle in die Septembereksamen afgelê het.

Volgens Dian Beyers was sy wiskunde geletterdheid-vraestel baie maklik. “Ons het genoeg tyd gehad,” voeg hy by. Die vraestel was ook nie moeiliker as dié wat hy in September afgelê het nie, sê hy. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Matriekeksamen op koers HILDERINE SCHRÖDER Daar was so ver nog geen haakplekke met vanjaar se matriekeindeksamen nie. Só sê hoofde van verskeie skole met wie die Gazette verlede week gesels het. Altesaam 590 matrieks van die Langeberg-gebied het verlede week agter die banke ingeskuif om die finale vraestelle van hul skoolloopbaan af te lê. Volgens Johan Els, hoof van Hoërskool Bonnievale, was leerders se terugvoering tot nou toe goed, hoewel die Afrikaans eerste taal- en Wiskunde-vraestel redelik uitdagend was. Volgens dr. Japie Spies, hoof van Hoërskool Montagu, het die vraestelle tot nou toe nie veel verrassings ingehou nie, hoewel die rooster vir sommige, afhangend van hulle vakkeuse, veral aan die begin nogal vol is. Alle vraestelle, sê Adriaan Landman, hoof van Langeberg Sekondêr, het tot nou toe glad verloop. “Die leerders klink redelik positief,” voeg hy by. Dít word deur Joseph Carelse, hoof van Ashton Sekondêre beaam. “Die kandidate het heelwat ingesit,” voeg hy by. Volgens Carelse word die eksamensentrum goed bestuur en is daar planne in plek sou enige onvoorsiene om-

standighede opduik. Volgens John Goliath, bestuurder van die Kaapse Wynland Onderwysdistrikkantoor, het die departement alles in sy vermoë gedoen om te verseker dat die eksamen glad verloop. Dit sluit onder meer opleiding aan toesighouers in. “Moniteerders is opgelei en moniteer by verskillende sentrums. Deurlopende ondersteuning word deur bestuur- en beheerbeplanningbestuurders gegee,” voeg hy by. Volgens Goliath is die departement positief dat matrieks in die streek hul goeie uitslae in verlede jaar se eksamen sal handhaaf. “Opvoeders en leerders was deur bestuurders en raadgewers ondersteun. Namiddaeklasse was gereël. Kampe (studie en voorbereiding deur byvoorbeeld vraestelle) was selfs vir sekere skole ingestel. Winter en lenteskole was wydverspreid oor die distrik aangebied. Voorbeeldvraestelle is versprei en opvoeders en kandidate kon selfs ander provinsies se vraestelle bestudeer,” sê hy oor die voorbereiding wat die departement getref het. Volens Goliath was die slaagsyfer in die streek die afgelope paar jaar uitstekend en het dit in sommige gevalle selfs die nasionale en provinsiale gemiddelde oortref.

X1PDEBKW-BZ041114


6

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 4 November 2014

SLIM SPEEL: Afrikaanse kinders kan ook nou in hul moedertaal hoëkwaliteit toepassings geniet en hul kennis en tegnologiese vaardighede uitbrei. Moedertaalonderrig kry deesdae meer aandag ná afleiding van studies wat die bates daarvan vir jong leerders uitlig. Die Slimkop Apps is ’n voorbeeld van toepassings wat vir ouers gemoedsrus kan gee vanweë die hoë gehalte en ouderdomsgeskiktheid daarvan. Die oulike karakters en jong stemmetjies kan kinders vir ure lank vermaak.

STIMULEER ONTWIKKELING: By Mini Mense woon ouers een keer ’n klassie saam met hul baba of peuter by. Ouers ontvang opleiding en deel idees by die werksessies oor hoe om hul kind volgens sy of haar ontwikkelingsvlak te stimuleer sonder om sekere fases van ontwikkeling uit te laat. Só leer ouers om van vroeg reeds ’n spesiale band van vertroue met hul kind te vorm en elke oomblik te koester. Vir foto’s en meer inligting, besoek die Mini Mense-webtuiste by www.minimense.co.za.

X1PDMXJW-BZ041114

KLEINGOED LEER SPEEL-SPEEL: Kleuter Kampus, onder leiding van Marlise Marais, is nie net enige kleuterskool wat na kinders kyk nie. Hulle bevorder die kind se holistiese ontwikkeling deur om alle ontwikkelingsfasette te integreer. Nie net word jou kind se ontwikkeling in ag geneem nie, maar ook jou kind se welstand, veiligheid en gesondheid. Opvoeders is opgelei in vroeëkinderontwikkeling en het die nodige kennis om jou kind se ontwikkeling te bevorder. Kinders is in ouderdomsgerigte klasverband en word aan gepaste aktiwiteite blootgestel. Kleuterkampus bied ’n verskeidenheid pakette aan van vol- of, halfdag, twee of drie dae per week en 09:00 tot 12:00. Die kurrikulum is gebalanseerd aangesien akademie en spel hand-aan-hand loop. Plekke vir 2015 is beperk so bespreek so gou as moontlik om teleurstelling te voorkom. Daar is elke dag ’n opedag ,so kom loer gerus in. Besoek gerus ook die Kleuter Kampus-Facebookblad vir meer inligting.

X1PDG3QR-BZ041114

X1PDL9EW-BZ041114

X1PDP6WH-BZ041114

SLIM MET DIE HULP VAN SPORT: Beweging of motoriek vorm die sentrale fokus van ’n kind se totale ontwikkeling. Dit is die sleutel om kognitiewe ontwikkeling te bemeester. Deur vaardighede soos ruimtelike oriëntasie, hand-, voet- en oogkoördinasie, balans, lokomotief, stabiliteit, middellynkruising, ouditiewe en persepsie-oriëntasie te ontwikkel, gee jy jou kind ’n voorsprong in die lewe. Dié vaardighede is noodsaaklik vir alle kognitiewe benaderings soos leer, logiese denke, probleemoplossing ensovoorts. Dit vorm die regte fondasie om jou kind optimaal te laat ontwikkel om sy of haar volle potensiaal te bereik. Sien dit as die eerste stap na die algehele positiewe ontwikkeling van jou kind. Vir gr. R-klasse word basiese tegnieke van die skoolsporte aangeleer. Daar is nou gr. 1 tot 3 beginners-hokkieklasse op Dinsdae- en Woensdaemiddae by die Robertson-skougronde. Dit berei die kinders voor sou hulle aan die begin van hul gr. 4 jaar besluit om aan dié sport begin deel te neem. Sportslim is ’n program wat die nodige vaardighede bevorder en word aangepas volgens u kind se skoolprogram. Gee jou kind ’n voorsprong en wees Sportslim.


Dinsdag 4 November 2014

Tiffany Present is deel van die Suid-Afrikaanse span wat volgende jaar aan die Dance Star World Dance Masters-kompetisie in Kroasië gaan deelneem.

Tiffany reik na die sterre HILDERINE SCHRÖDER Waar sy jou in die gesellige kantoor van die Herberg-kinderhuis kom groet, lyk die fyngeboude Tiffany Presens aansienlik jonger as haar 16 jaar, maar moenie dat haar tingerigheid jou mislei nie want as sy op die dansvloer optree is sy formidabel. Haar vlugvoetige danspassies het haar onlangs ’n plek in die Suid-Afrikaanse span besorg wat aanstaande jaar in Kroasië aan die Dance Star World Dance Masters-kompetisie gaan deelneem en dan dans sy boonop maar nog net sowat twee jaar. Haar enorme prestasie het nog nie werklik ingesink nie, erken Tiffany. Sowat 500 dansers van regoor die land het aan die Suid-Afrikaanse been van Dance Star, wat in die Kunstekaapteater in Kaapstad gehou is, deelgeneem. “Ek kon dit nie glo toe hulle my naam uitroep nie,” vertel sy. Haar talent word by die Robertson Dance Studio geslyp waar sy danksy ’n borg haar afrigting kry. “Ek was nog altyd lief vir dans maar het nie voorheen die geleenthede gekry wat ek nou het nie. Ek is ongelooflik dankbaar vir die geleentheid om my talent ’n bietjie te gebruik.” “Bietjie” is dalk sagkens gestel as Tiffany se prestasies ter sprake kom. Sy het immers al ’n ellelange rits prestasies agter haar naam en was het al telkemale in die Gazette gepryk. Sy het onder meer vroeër vanjaar aan die SuidAfrikaanse danskampioenskappe deelgeneem waar sy uitstekend presteer het. Tiffany se sukses het nie bloot in haar skoot geval nie en sy oefen elke dag urelank om haar passies te vervolmaak, maar, sê sy, dié harde werk is vir haar ’n vreugde. “As ek dans kan ek enigiemand wees wat ek wil wees. Ek leef my in elke karakter in. Ek kan ontvlug.” Sy het reeds die groen lig van Herberg gekry om aan die kampioenskappe in Kroasië deel te neem, maar voor dan moet daar nog heelwat water in die see loop. Tiffany moet sowat R35 000 vir haar vliegkaartjie en verblyf insamel. Volgens Elsa Telle, bestuurder van Die Herberg-kinderhuis, is hulle almal geweldig trots op Tiffany. “Sy het hard gewerk en verdien haar sukses. Die bestuur (van Herberg) is ook geweldig ondersteunend ten opsigte van haar reis.” Tot sy aanstaande jaar teen van die wêreld se beste dansers gaan meeding, leef Tiffany vir nou elke dag volgens haar motto: “Hoe verder ek vandag kan gaan, hoe verder kan ek môre gaan.” Valleiers wat ’n bydrae wil maak tot Tiffany se reiskostes kan Petro Uren, bemarker by Herberg, by 026 626 3140 bel.

General - Algemeen

Breederivier Gazette

7


8

Letters - Briewe

Breederivier Gazette

Dinsdag 4 November 2014

As jy op jou knieë is, bly daar en bid

Praat betyds Ons is bevoorreg genoeg om in ’n land te woon waar vryheid van spraak ’n voorreg is wat in ons grondwet vervat word. Inwoners van Bonnievale se Plakkerskamp het verlede week hul grondwetlike reg gebruik om stem dik te maak oor ’n rits probleme wat hulle al jare lank grief. Op ’n positiewe noot het hulle skynbaar aanvanklik vreedsaam betoog, selfs al was die betoging onwettig. Die hartseer was dat enkele individue hulle tot klipgooiery gewend het, wat op sy beurt tot polisieoptrede gelei het. Talle werkers is verhoed om te gaan werk en winkels het hul deure gesluit gehou. Die ekonomiese impak is sonder twyfel verrykend, dít in ’n streek waar geld altyd ’n faktor is wat vooruitgang pootjie. Dat daar probleme is wat aandag moet kry is gewis, maar daar moet sekerlik beter maniere wees om jou griewe te lug as ’n betoging wat verskeie onskuldige partye ontwrig. Die ondernemings wat deur betogings soos dié geraak word is juis dié wat vir ’n inkomste op plaaslike vlak sorg tesame met verskeie werksgeleenthede, júís een van die eise van diegene wat betoog het. Dit is dikwels verstommend dat die bom eers moet bars voor probleme bespreek word en daar daadwerklik na ’n oplossing gesoek word. Is voorkoming nie beter as kuur nie? Kan die betrokke partye nie vroeër eerder as te laat saam om ’n tafel sit en saam na oplossings vir probleme soek nie? Indien probleme vroegtydig aangespreek word kan betogings soos dié van verlede week heel moontlik vermy word, tot voordeel van die hele gemeenskap.

Ek het in die lewe geleer dat dit nie altyd die moeite werd is om moed op te gee in jou stryd nie, ook help dit maar min om jou nood by mense te bekla. Die antwoord lê op jou knieë. In ons elkeen se lewe kom daar ’n tyd wanneer dinge net vir ons te veel raak. Ons daaglikse omstandighede is soms so sleg dat ons amper nie kop bo water kan hou nie. Maar ek’t geleer dat as ons geloof in Jesus geanker is, dit van ons oorwinnaars maak. As die lewe jou platslaan – en dit sal moontlik – staan net weer op. As dit jou weer op jou knieë dwing – en dit sal – bly daar. Dis die beste posisie om in te bid.

Gebed is ons kreet van hoop. Die lewe is soos ’n konsert waarvan niemand die program ooit sal kry nie. Dit maak nie saak watter stryd op jou pad mag kom nie,solank jy weet waar jou hulp en krag vandaan kom. Sien jou omstandighede nie meer as swaarkry nie, maar as ’n leerskool, want daardeur word ons sterker en kom as oorwinnaars bo uit. Jou knieë is jou antwoord in elke stryd. Die geheim is om te midde van jou stryd steeds positief te bly. Onthou daar is geen hopelose situasie nie, net mense wat moed verloor het in hulle situasies. Die keuse is vandag in jou hande.

ETTIENE

Wat het geword van al die sportbeloftes? My hart het in my skoene gelê toe ek verlede week se voorbladberig (No funds for Nkqubela fields) gelees het. Op al wat ’n platform is, of dit nou nasionaal of provinsiaal is, word daar al jare lank groot gewag gemaak van die belang van sport om misdaad hok te slaan. Dit is nogal ironies want as mens so na die land kyk, gebeur daar maar min om aandag aan die uitbou van sport te gee. Reuse-sportstadions is destyds met die Sokkerwêreldbeker gebou. Hoeveel van dié stadions word gereeld gebruik, veral vir sport? En dan is daar die plaaslike gemeenskappe wat maar met velde sonder enige toerusting tevrede moet wees terwyl regeringslui die wê-

Dagbreek se situasie lê na aan die hart Ek was van 1981 tot 1996 die opsigter van Dagbreek Primêr op Robertson. Almal noem my sommer Frekie. So ’n tyd gelede het ek gelees van die sanitêre agteruitgang van ons gesiene skool (“Stank oor skool se toilette”, 26 Augustus 2014). Ek het nie lekker gevoel nie, want dit raak my tot op hede. Niemand kan ons huidige hoof die skuld gee nie. By die vorige model C-skole gaan dit finansieel baie beter want daar is rolspelers wat baie bydra tot die finansiering van daardie skole. Die staat finansier ons skole tot ’n minimum. Vandag sê ek persoonlik dankie aan daardie besoekers wat ingegryp het om die sanitêre nood van Dagbreek te verlig. Ek wil ’n beroep doen op die skoolhoof en beheerliggaam om voort te gaan met die bestuurstyl van Dagbreek.

OUD-OPSIGTER VAN DAGBREEK PRIMÊR, Robertson

reld vol rondrits en al hul aandag daaraan wy om hulself te verryk. Dis dalk ’n veralgemening, maar as mens na die landelike gebied kyk sien jy min vordering. Die plaaslike regerings soos munisipaliteite doen wat hulle kan, maar hulle het ook maar beperkte geld wat ’n groot aantal gate moet toestop. Kan ons plaaslike gemeenskap nie dalk op ’n manier iets doen nie. Wat van ’n reusegeldinsameling om geld in te samel vir die dorp se sportgronde? Dit kan tog seker nie so moeilik wees nie (ons dorp het mos al gewys hy kan saamstaan as dit nodig is) en uiteindelik baat die hele gemeenskap indirek daarby.

CASSIE, Robertson

GRADUATION CELEBRATIONS: Breede River Winelands Rotary Club sponsored a Heritage Day celebration with a difference at the Civic Hall in Montagu. Some 102 parents and 27 teachers from two Montagu schools, three farm schools and two Bonnievale crèches came to celebrate their graduation day after completing a seven-week course called the Home School Partnership Programme. This is run by Wordworks, an non-governmental organisation based in Cape Town, that aims to improve literacy by showing parents and caregivers how to help young children learn. One parent from each school gave a short but impassioned talk, saying how much they had benefited from and enjoyed the programme. The director of the Cape Winelands Educational District, Juan Benjamin, Vyv Deacon (the chairman of the Rotary District Literacy Committee) and Willem Scott (the president of the Breede River Winelands Rotary Club) also attended the event.

Rubriek

Toeka se wegkruipertjie in die koringlande “Die tuinroete laat regtig reg aan sy naam geskied,” dink ek terwyl ek en my man op pad is Knysna toe. Oral langs die pad is daar vrolike blomgesiggies wat ons op ons reis toelag. Voeg daarby die pragtige aangeplante woude en die glimmende blou see wat ons land se strande omsoom, en jy het ’n idilliese prentjie van die tuinroete. Maar die ding wat my gedagtes op ’n memory trip sit is die pragtige koringlande wat vir kilometers ver oor die vlaktes en heuwels strek. Dit tref my dat, alhoewel koring op sommige lande al begin ryp raak, dit maar net kniehoogte hoog is. Ek onthou hoe ons as plaasskoolkinders tussen koringlande deur skool toe moes loop. Ek onthou die soet geur van die koring en hoe ons koringare in ons handpalms uitgevryf het en dan die pitte gekou het tot die melkerigheid uitgekou was en die koring soos kougom in

ons mond was. Die koring het so hoog gegroei dat dit ons heeltemal verdwerg het wanneer ons daarin gespeel het. Miskien was ons maar net klein, ek weet nie, maar ons spelery in die koring het vir groot frustrasie en ook woede vir die plaasboer sowel as vir ons ouers gesorg om nie eens van die ouers se verleentheid te praat nie! Natuurlik was die roede nie gespaar nie, en het ons goed “riem gespring” by die huis. Asof dit nie genoeg was nie, het die skoolhoof volle ondersteuning van al die ouers gehad om ons by die skool ook goed deur te draf omdat ons die skool ook in die verleentheid

gebring het. Dit het immers langs die skoolpad gebeur. Daardie tyd was jy nie geslaan nie, maar jy het pak gekry! Kan ek dit dan ooit vergeet? Die storie wat ons die grootmense wou laat glo dat dit die werk van ystervarke was wat die koring so plat gerol het, het toe helaas nie gewerk nie. Ons het baie gou die loesing vergeet as die koringhalms die volgende jaar vir ons uitdagend in die wind wuif om te kom wegkruipertjie speel. Loesing of nie loesing nie, ons kon nooit die uitdaging ignoreer nie. Die hoogte van die koring wat ek egter deur die motorruit sien, sou nie vir ons gewerk het nie, veel eerder miskien vir die ystervarke.


Dinsdag 4 November 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

Bonnievale bars uit sy nate Besoekers het die afgelope naweek in hul massas op Bonnievale toegesak vir die jaarlikse Bonnievale Bonanza. Met ’n volgepakte feesprogram wat iets vir elke smaak gebied het, was daar nie ’n enkele saai oomblik by dié fees wat vanjaar sy 20ste bestaansjaar gevier het nie. Oud en jonk het hulle verlustig in die wye verskeidenheid aktiwiteite en stalletjies. Die Gazette was daar om ’n paar oomblikke te verewig.

BANDANAPRET: Dié groepie vroue by Robertson Winery het besluit om kankermaand af te sluit met hul kleurvolle bandanas. Hulle probeer om dit ’n jaarlikse instelling te maak. ’n Groepie van vyf vroue het gegroei tot ’n groep van 13 dié jaar en hulle hoop om aanstaande jaar selfs meer mense in hul groep te hê. Hiermee glo die vroue dat hulle bewusmakingspoging ’n verskil kan maak.

Joernaliste verken Vallei se juwele HILDERINE SCHRÖDER Wanneer laas het jy ’n slag jou eie streek verken en kuier-kuier by sy besienswaardighede getalm? Dít is presies wat die Gazette en nog ’n aantal verslaggewers van ’n keur publikasies onlangs saam met die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) en plaaslike toerismekantoor gedoen het. Toere soos dié is ’n gereelde instelling van die KWDM en is daarop gemik om blootstelling te gee aan die toeristeaantreklikhede in die dorpe onder sy bestuur. Die toer het op Robertson afgeskop met ’n besoek aan Klipdrift waar die groep nie net met ’n brandewynparing bederf is nie, maar ook ’n toer waar die brandewynvervaardigingsproses in diepte verduidelik is. Hierna het Strictly Coffee, wat sy eie koffiebone invoer en rooster, gevolg. Dalk ’n goeie roep ná ’n knertsie brandewyn! Van hier is die groep na Excelsior waar almal die geleentheid gekry het om hul eie versnit rooiwyn te maak. Myne sal nou nie ’n Michelangelo-toekenning losslaan nie, maar wie gee om as dit soveel pret is om die uiteindelik versnit te bottel?! ’n Ligte middagete by Graze@Excelsior het die hol kol in die maag

Die Langeberg spog met ’n rits aantreklikhede wat beslis ’n besoek of wat werd is, soos dié mediatoergroep onlangs besef het. Van links is Ilse Zietsman (vryskutverslaggewer: Die Burger), Anesca Arendse en Abel Sando (albei van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit), Lise Beyers (Paarl Post), Vania Jooste (Weg!), Rassie Ras (Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit), Juan Locke (Queer Eye Tours) en Hilderine Schröder (Breederivier Gazette). blitsig gevul waarop die groep na Marbrin verkas het om olywe en bekroonde olyfolies te proe. ’n Besoek aan La Montanara buite Ashton het hierna gevolg. Vir ’n kaasliefhebber is ’n besoek aan dié kaasmakery beslis ’n moet. Die dag is afgesluit met ’n mondwater viergangete by Mimosa Lodge op Montagu waar die groep ook oorgeslaap het. Dag twee het ook vir ’n volgepakte program gesorg met ontbyt by Rambling Rose gevolg deur ’n besoek aan

Montagu Droëvrugte om, wel, droëvrugte te proe en sommer ’n paar pakke vir die huis te koop. Weggesteek in Vulindelastraat, Nkqubela, is ’n huis wat beslis ’n besoek werk is. Hiér is die groep behoorlik bederf deur Nolu Roman wat nie net ’n gekwalifiseerde sjef is nie, maar ook al poste in die konstruksiebedryf beklee het. Die toer het by Saggy Stone buite Robertson tot ’n einde gekom waar dié brouery se biere beproef is en ’n heerlike middagete geniet is.

TOTSIENS: Die gemeenskap van Robertson het by ’n onlangse wyksvergadering ’n oomblik van stilte gehandhaaf om eer te betoon aan twee van die land se ontslape sportsterre, Mbulaeni Mulaudzi en Senzo Meyiwa. Albei sterre se onlangse dood het skokgolwe deur die land gestuur. Die atleet Mulaudzi het sy lewe in ’n motorongeluk verloor terwyl die Bafana Bafana-kaptein Meyiwa gedurende ’n gewapende roof by sy vriendin se huis doodgeskiet is. Albei sportsterre is die afgelope naweek ter ruste gelê.

9


10

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

Dinsdag 4 November 2014

Montagu groet ‘juffrou’ Die Hoërskool Montagu sê totsiens aan een van sy onderwysers wat die afgelope paar jaar diep spore by dié skool gelaat het.

FAMILIEKENNISGEWINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

SAKE

GELUKWENSINGS

LENINGS

DIENSTE

1030

DIENSTE 2420

1445

2420

LENINGS:tot R200 000. Konsolidasie. Dieselfde dag uitbetaling. Skakel Fiona 084 222 271. TE KOOP

JORDAAN CAMERON Baie geluk met jou 2de verjaarsdag, 5 November 2014. Jy moet jou dag geniet. Van mamma, pappa en jou boeta.

WENDY HUISE 1677

Ná tien jaar roep Riëtte Neethling die skool, waar sy hoofsaaklik verantwoordelik was vir lewensoriënteringonderrig vir gr. 10 tot 12, vaarwel. Dié veelsydige onderwyser, wat onthou sal word as iemand wat baie meer gedoen het as wat van haar verwag is, was ook op sportgebied baie aktief en was betrokke by Riëtte Neethling atletiek-, meisieshokkieen netbalafrigting. Onder haar entoesiastiese afrigting het die skool se eerste netbalspan nie net vir heelwat opwinding gesorg nie, maar ook groot hoogtes bereik. Baie spelers het die Boland en Wes-Kaap in netbal verteenwoordig en die skool het selfs ’n Suid-Afrikaanse speler opgelewer. Neethling is ’n Suid-Afrikaanse netbalskeidsregter en was die afgelope paar jaar ook die afrigter van die Wes-Kaap se net-

balspanne. Neethling was ook aan die stuur van die skool se landsdiensbeweging Dié bedrywige tak is die afgelope jare gereeld by die Nasionale Landsdienskamp verteenwoordig en verskeie landsdienslede het hul Springbok-toekennings vir landsdiens ontvang. Leerders het gereeld kampe bygewoon en verskeie projekte onderneem. Ten spyte van ’n baie bedrywige buitemuurse program het Neethling ook verlede jaar haar nagraadse BEd-kwalifikasie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Voordat sy by Hoërskool Montagu begin skoolhou het, het sy in ’n stadium in Engeland skoolgehou en later vir vyf jaar haar eie gimnasium op Montagu bestuur. Hoewel sy die ontspanne atmosfeer by die skool en die kinders baie geniet het, sien Neethling baie uit na die nuwe uitdagings wat op haar wag. Sy beplan om aanstaande jaar in Taiwan te gaan skoolhou.

VOERTUIE

PSALM HENRY RICHARD. Raai wie word 60 op 9 November? Baie geluk met u 60ste verjaarsdag. God's rykste seën word u toegewens. ALGEMENE KENNISGEWINGS

MOTORS TE KOOP 3025

24/7 CASH FOR your Bakkie or Car. Just SMS or phone 072 620 1126. ELEKTRONIES & DIGITAAL 1625

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577.

X1PDECG1-BZ041114

DIENSTE 2420

ATLETIEK: Dié leerders van die Laerskool Ashton het onlangs presteer in die Top 10-atletiekbyeenkoms op Bredasdorp. Van links is Michaélli Angers (verspring: silwermedalje), Jayden Matthys (hoogspring: silwermedalje), Marais Brink (100 m: goue medalje, verspring: bronsmedalje) en Johané Cockrell (diskus en gewigstoot: goue medaljes). Johané is ook aangewys as die beste o. 12-meisiesatleet van die dag.

WOORDSMID: Nina Ellis van die Robertson Voorbereidingskool het onlangs aan die Radikale Redenaars in Pretoria deelgeneem. Sy is as die wenner in die gr. 2-afdeling aangewys. Die skool is baie trots op haar prestasie.

TENNIS: Hesta Bruwer en Carli Prins (albei in gr. 3) van die Robertson Voorbereidingskool het Noord-Boland verteenwoordig by ’n tennistoernooi. Hul span het derde geëindig en die meisies het elk ’n bronsmedalje gekry.


Dinsdag 4 November 2014

Schools - Skole

Breederivier Gazette

11

KUNSTIG: Dié leerders aan die Laerskool Koo het by die onlangse Montagu Jeugkunstefees 12 goue en 13 silwer diplomas sowel as ’n brons diploma in die kunsafdeling ontvang. Die skool het ook ’n silwer en drie brons diplmas in die fotografie-afdeling losgeslaan. BESTE VOETJIES VOOR: Dié leerders aan die Hoërskool Robertson het eerste plekke in die finale ronde van die nasionale danskompetisie Dance Star, wat onlangs by die Artscapeteater in Kaapstad gehou is, behaal. Hulle is gekies vir die Suid-Afrikaanse dansspan wat die land aanstaande jaar by die Dance Star World Dance Masters-kompetisie in Kroasië sal verteenwoordig. Agter (van links) is Manisha du Plessis, Anke Nielsen van Reizig, Jana van Staden, Marezé de Kock en Stephanie Kriel. Voor is Liné Fernhout, Chané Visser, Tiffany Presens en Nina-Lari Brewis.

PRESTEERDERS: Dié leerders aan die Hoërskool Robertson is by die skool se toekenningsaand vereer. Agter (van links) is Chané Visser (trofee vir die mees veelsydige o. 16 meisie op sport, kulturele en akademiese gebied), Raquel September (trofee vir beste o. 19-ligaspeler: netbal), Ludwig Bruwer (trofee vir veelsydigste o. 16 seun op sport, kulturele en akademiese gebied), Francois Conradie (onderhoofseun 2015), Joshua Macdonald (trofee vir beste verdedigende speler: seunshokkie), Edna Smit (wenner van die Marietjie Barry-beurs), Johan van Molendorff (trofee vir beste seunstweekampatleet en Victor Lodorum), Engela Smit (trofee vir veelsydigste sportvrou), Simoné Gatt (trofee vir ruiterkuns), Ashwin Swanepoel (trofee vir skaakspeler van die jaar), Malan Gouws (trofee vir beste o. 15 speler), Zelda Adams (trofee vir meisieshokkie-speler van die jaar en beste stokwerk) en Anke Basson (trofee vir beste o. 14-ligaspeler: meisieshokkie). Voor is Toshif Momin (trofee vir beste bouler), Anke Barnard (onderhoofmeisie 2015), Almo Brewis (trofee vir beste voorspeler), Dehan Stipp (trofee vir beste agterspeler), Louis Wentzel (hoofseun 2015), Sumari Naudé (hoofmeisie 2015), Féroll-Jon Davids (trofee vir beste senior instrumentalis by die Montagu Jeugkunstefees).

LEIERS: Die Laerskool Robertson se leerderraad vir die laaste kwartaal is onlangs aangewys. Agter (van links) is Emma Rheeder, Linde Rabie en Leandra Janse van Rensburg. In die derde ry is Eon Wolfaardt, Jade Benton, Lezaan van Zyl en Albert Bruwer. In die tweede ry is Getha Kloppers, Rianca Lotter en Christof Viljoen. Voor is Carla Visser (hoofmeisie) en Liam Louw (hoofseun).

STOEI: Maxwell Willemse van die Laerskool Robertson het die Boland verteenwoordig by die SA Stoeikampioenskappe in Pretoria. Hy het ’n silwer- en ’n bronsmedalje verower.

TENNIS: Merize Burger, Enrike Groenewald en Ingrid Jordaan van die Laerskool Koo het vanjaar die Noord-Bolandtennisspan gehaal. Dit is ’n besondere prestasie vir só ’n klein skooltjie. In hul wedstryde teen die ander streke het Merize en Ingrid se spanne medaljes losgeslaan. X1PDEBW9-BZ041114


Breederivier

Year 18 • 4 November 2014 | Tel. 023 626 5212

Montagu rider claims Enduro race The Montagu motorcyclist Altus de Wet has claimed the National Enduro E2 Championship for the second consecutive year for Team Cargo-Tac Husqvarna Factory Racing.

Altus de Wet in action at Matatiele where he won the E2 class and finished second overall. PHOTO: DIRTRACING

Tweekuns vir Robertson Die Robertson-krieketklub stoom steeds voort op sy suksespad na albei sy spanne die afgelope naweek koning gekraai het in hul onderskeie wedstryde. Die klub se eerste span het Saterdag ( 1 November) tuisveldvoordeel geniet in die eerste van sy Boland tweedagwedstryde toe hy Worcester United in die Callie de Wet-stadion die stryd moes aansê. Robertson het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die span het 239/10 aangeteken met D. Philmon (80) en B. Erasmus (50) wat uitgeblink het met die kolf. Vir die besoekers het J. Albany (4/49) en J. Gregg (4/62) die boulaanval gelei. Hierna het Robertson die besoekers behoorlik laat les opsê met die bal met Worcester United wat almal vir ’n skamele 98/10 teruggestuur is kleedkamer toe. Vir die besoekers het C. Fransman (28) en W. Spies (22) hard probeer om hond haaraf te maak met die kolf. Robertson se boulers A. Philander (4/44), Z. Abrahim (3/9) en A. Pekeur (3/29) het United met hul verbete

boulwerk egter weinig ruimte gegun om lopies aan te teken. In sý wedstryd moes Robertson se tweede span Saterdag na Touwrivier reis vir sy Noord-Boland-kragmeting teen dié span. Die tuisspan het eerste gekolf en kon daarin slaag om 224/7 aan te teken met H. Rooi (39) en E. Sass (32) wat met die kolf uitgeblink het. Vir Robertson het F. (9-2-26-3) en D. Michaels (10-1-42-3) met die bal uitgeblink. Met sý beurt voor die penne teken Robertson die wentotaal van 227/4 om die wedstryd met 6 paaltjies te beklink. Die span se uitblinkerkolwers was S. Snyman (61), M. Smith (58) en F. Matthys (38*) terwyl B. Smith (10-1-39-2) en M. Okkies (3-0-19-1) hard met die bal vir die tuisspan probeer hard veg het. Robertson se eerste span reis dié Saterdag (8 November) na die Paarl vir sy tweede Boland-wedstryd, terwyl sy tweede span ook moet reis om Ceres op dié se tuisveld die stryd aan te sê.

This is De Wet’s fifth national enduro championship title and his sixth national title since he started competing on national level in 2006. De Wet (29) clinched the title after winning the E2 Class five times during the 2014 Liquorland National Enduro Championship season’s six events. He drummed the final nail in the coffin at the final event, the Liquorland Matatiele WFO National Enduro that took place at Matatiele

in the Eastern Cape and his fifth runner-up result this year was enough for him to secure the second place on the overall standings for 2014. The Matatiele event consisted of four special stages with a total of 15 stages which counted towards the total results. The route took competitors though rocky hills and sandy tracks with a motocross section thrown in for good measure. De Wet will compete in the International Six Days Enduro (ISDE) from 3 to 8 November as part of the South African Trophy Team. It will be his first ISDE experience. He will then tackle the Roof of Africa in Lesotho which will take place from 4 to 6 December.

Marlon is ’n top fiksheidsmodel ANNELDA GROOTBOOM Marlon Michaels (24) van Robertson is by die SA Liggaamsboukampioenskap as die vierde beste manlike fiksheidsmodel in SuidAfrika gekies en gaan die span volgende jaar in Australië verteenwoordig. Ná Marlon die afgelope 10 jaar gereeld oefen het hy dié jaar besluit om deel te neem aan liggaamsbou kompetisies. Hy het by ’n byeenkoms in Kaapstad vierde geëindig en het Marlon Michaels. FOTO: ook derde by die Westelike Pro- ANNELDA GROOTBOOM vinsie-kampioenskappe geëindig. Hy is ook in die WP-span opgeneem. Volgens Michaels is hy baie trots op homself omdat hy altyd ’n instrukteur en model wou wees. Sy suksesse is beslis die vrugte van sy toegewydheid en sy harde werk. Michaels, wat tans ook ’n instrukteur by Robertson Gimnasium is, studeer nou deeltyds om ’n persoonlike afrigter en fiksheidsinstrukteur te word. Sy rolmodel is sy pa, Marius, wat hom baie touwys gemaak het en vir die afgelope 10 jaar saam met hom in die gimnasium deurgebring het. Sy mentor en instrukteur, Wian Gerber, eienaar van die gimnasium is baie trots op Michaels se prestasie. Volgens hom is hy ’n baie toegewyde, georganiseerde persoon met ’n mooi persoonlikheid. Michaels se boodskap aan jongmense is om gebruik te maak van dit wat jy in jou hande het en jou trots in jou sak te steek want dan sal alles die moeite werd wees. “Dit is gewoonlik diegene wat nie tou opgooi nie wat hul drome sien waar word.” Indien mense belangstel vir persoonlike afrigting en liggaamsbou kan hulle Michaels by 074 811 7803 kontak.

STYWE LYNE! Jan Filander van Weltevrede Wynlandgoed het hierdie bielie van ’n grootbek swartbaars met ’n lewendige erdwurm uit die Breederivier naby Bonnievale getrek. Die vis van 4,08 kg is waarskynlik ’n rekord swartbaars vangs in die Breederivier en het Jan se bamboesstok gebreek. Jan het grootgeword op Weltevrede en vang al die jare nog vis. Sy vrou, Elizabeth (Bettie), het die vis in meel en eier gedoop en in die pan gebak vir hulle kinders Nonnie, Miela en Talies en kleinkinders, Oubaas, Stefan, Lisbet en Maxwell. Volgens Jan sal jy nooit sê dis ’n varswatervis as jy sy vel aftrek en bak nie. Dan proe dit nes stokvis, sê hy.

Gholfuitslae

X1PDPQG1-BZ041114

Bonnievale (72): Enkel-Stableford – L. Wentzel 36, W. van Zyl 35, M. Botha 34, C. van Zyl 34, K. Esterhuyse 33, J. Lockem 30. Montagu (72): Enkel-Stableford – T. Plunckett 42, J. Williams 40, J. Spangenberg 40, H. Bruintjies 38, J. Spangenberg 37. Robertson (72): Samespel-Stableford – J. van Molendorff en G. Schwegmann 49, P. Siebertz en G. Roelofse 49, H. Carolus en N.

Marais 49, W. Conradie en R. Conradie 47, F. Theron en C. Swanepoel 46, J. Baard en A. Gelderblom jr. 46, S. Matthysen en J. Klopper 46. Worcester (72): Vierbal-samespel – B. Strydom, W. Malan, B. Snyman en T. Jonck 93, E. Nortier, J. de Klerk, P. Rosseau en I. de Villiers Viljoen 93, A Crofford, K. du Toit, K. Cloete en G. Groenewald 92.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.