Breederivier Gazette 4 September 2012

Page 1

Breederivier

Year 16 • 4 September 2012 | Tel. 023 626 5212

Lees binne

Neem die sprong - vir renosters DALEEN FOUCHÉ

R

Montagu se Vrou van die Jaar aangekondig BLADSY 7

Polisie fnuik die diefstal en uitvoer van skrootmetaal BLADSY 3

Plaaslike kelderwerker vereer BLADSY 5

OBERTSON sal in September ’n string bekende gesigte op die dorp verwelkom wat beplan om uit vliegtuie te spring as deel van ’n nasionale geldinsamelingsprojek. Plaaslike inwoners word genooi om te deel in dié dag. Die Skydive for Rhinos beplan om hul finale geldinsamelingsveldtog op 22 September by die Robertson-vliegveld aan te bied. Die inisiatief val op dieselfde dag as Internasionale Renosterdag. “Ons wil ’n groot geraas maak op dié dag om sodoende mense bewus te maak van die onwettige jag op renosters,” sê Mike Rumble, ’n organiseerder en lid van Robertson se valduikklub. Die inisiatief, wat in 2011 begin is om die onwettige jag van renosters, olifante en ander wild te bekamp, het tot nou toe meer as R5,5 miljoen ingesamel. Meer as 45 mense beoog om op dié dag ’n tandemvalduik te doen en organiseerders sal ’n vliegtuig vir dié doel na Robertson bring. Valduikkeners van regoor Suid-Afrika sal die dag bywoon om saam met beginners ’n tandemsprong uit te voer. Verskeie openbare figure, insluitend sportsterre, akteurs, modelle, TV- en radiopersoonlikhede, kunstenaars, aktiviste en bestuurders van organisasies is by die inisiatief betrokke. Sheelagh Antrobus, ’n organiseerder van die inisiatief, sê van

Weer • Weather

Keenan Arrison, aanbieder van The Wild op M­Net is hier besig met ’n tandemsprong saam met Fred Potgieter. Foto: Karen Fourie die bekende gesigte wat op Robertson verwag kan word, sluit onder andere ’n Wes-Kaapse minister en ’n aanbieder van SABC-TV in. Chris Evens, die aanbieder van ’n internetprogram op televisie wat op die omgewing fokus, beoog om die sprong halfnaak aan te durf. Dene Botha, wat in 2009 aangewys is as Suid-Afrika se begeerlikste man, sal ook die sprong aandurf. Die dag sal lewendig op televi-

sie uitgesaai word. Maar ten spyte van die pret en lawwe natuur van die dag, sê Rubble dat die geld dringend benodig word in die “voorste linies” teen onwettige jag. Die totale bedrag wat ingesamel word, word aan die African Conservation Trust geskenk. Die afgelope vyf weke is daar geldinsamelings op Rustenburg, in Polokwane, KwaZulu-Natal en Port Elizabeth gehou. Individue, organisasies en sa-

DINSDAG / TUESDAY

WOENSDAG / WEDNESDAY

DONDERDAG / THURSDAY

VRYDAG / FRIDAY

Maks 18ºC

Maks 17ºC

Maks 22ºC

Maks 29ºC

keondernemings word uitgenooi om te deel aan die dag en aan die pret. Antrobus sê die koste van ’n gewone valskermsprong is R1 500, maar omdat dit ’n geldinsamelingsprojek is, word mense wat ’n tandemsprong wil uitvoer, gevra om hierdie keer R5 000 per sprong te betaal. Vir meer inligting, besoek www.skydive4rhinos.org. Om te registreer, stuur ’n epos na micah@projectafrica.com.

Naweek: Saterdag sal sonnig wees met ‘n maksimum van 30°C en op Sondag is daar ‘n 30% kans vir reën met ‘n maksimum van 16°C


2

Breederivier Gazette

Algemeen/General

Dinsdag 4 September 2012

A renewed focus on collaboration DALEEN FOUCHÉ

Engelstemme:

Leerders van die Logos Christian School op Robertson het ’n lied saam met Lizette Janse van Rensburg vir haar nuwe CD Weet jy opgeneem. Lizette het haar dank teenoor die kinders uitgespreek. Die leerlinge op die foto is (van links) Kaylee-Jade Meiring, Uphile Goba, Matthys de Wet en Tiaan Swanepoel.

THE annual general meeting (AGM) of the Montagu Ashton Tourism Association held at the Montagu Springs Conference Hall on Wednesday (August 29) kicked off with a jam-packed chairman’s report from Mareletta van Zyl-Wohlfarter. The past year was a busy time for the association, detailed with the various activities in tourism. The theme for the AGM and the year ahead is collaboration. Van Zyl-Wolfarter emphasized the importance of collaboration and The newly elected committee members of the Montagu Ashton Tourism teamwork with various stakehold- Assocoation are (from left) Nelda Wiese, Kathy Sutherland, Fida Hess, ers like the Langeberg Municipali- Ronel Preston, Petrus Jansen en Mareletta van Zyl-Wohlfarter. Absent: ty, businesses and the other four Gert Lubbe and JP Viljoen. Foto: Daleen Fouché towns in the municipal area. She announced that Montagu had three finalists South African visitors made up 22% and 22% was in the prestigious annual District Municipality’s from the United Kingdom. A discussion on the recent flood revealed that Mayoral awards. The statistics of the past year for the Montagu in- most Montagu residents where kept informed, beformation office was shared with the meeting. It re- cause of the sterling effort of the local authorities vealed that 47% of visitors (whom visited the infor- and local websites. A member remarked how a dimation office in Montagu), is from Europe, while sater brings the community together.

Plaaslike skool vereer vir groentetuin The Hospice staff at a previous Mad Hatters event.

Put your mad hat on for Hospice THE Breede River Hospice will be hosting its annual Mad Hatters lunch on Thursday, September 9 at the Robertson Riding School at the Klipdrift farm at 12:00. Set your watch, you don’t want to miss this important date. Come join in on the fun and festivities for the entire family. Wear a mad hat and

you could win a great prize. There will also be a donation bar and a silent auction. For only R95 per person and R45 for children under 12, you can join in on all the madness and spend a wonderful Sunday with the family. Support Hospice and help share the care.

’n PLAASLIKE skool buite Montagu is een van 60 finaliste landwyd in die EduPlant-kompetisie. Die kompetisie moedig skole aan om hul eie groentetuine aan te lê en te onderhou. Wardia Primêr, ’n multigraadskool, 20 km van Montagu af, het tans 80 leerders, almal vanaf die omringende plase. Al 80 leerders het aan die projek deelgeneem en versorg van tyd tot tyd die drie tuine by die skool. Die hoofdoel van die tuine is om hul voedingsprogram aan te vul. Wardia Primêr is uit 450 inskrywings as finalis aangewys. Andrew Valentine, skoolhoof, sê die leerders is almal opgewonde oor die kompetisie, “veral die drie leerders wat my na Johannesburg gaan vergesel”.

Hy sê dit sal die eerste keer wees dat hulle buite die Wes-Kaap se grense gaan. “Die kompetisie is vir my as skoolhoof baie belangrik. “Enersyds omdat die leerders leer wat die waarde van voedselverbouing is en Annelisia Smit, Raydalon Ockers en Denver andersyds omdat Smith van Wardia Primêr staan hier in die skool ons die leerders se groentetuin. op hierdie manier selfversorgend wil maak.” sie sal gekies word gedurende Hy sê die kompetisies waar- ’n weeklange byeenkoms in Joaan die skool deelneem, voeg hanesburg in Oktober. waarde by die kurrikulum, omDie finaliste sal dan hul prodat die tuine ook as opvoedkun- jekte aan die beoordelaars moet dige hulpmiddel dien. voorlê sodat dit beoordeel kan Die wenner van die kompeti- word.

Celebrating spring with trees SPRING is in the air, and it’s a South African tradition to welcome the new season by planting trees. From September 1 - 7 is National Arbour Week and accredited garden centres around the country are committed to stocking a wide selection of healthy, indigenous and environment-friendly specimens. There usually is space in the garden for another tree, whether its one that will grow to be a forest giant, or something much smaller to attract birds. Trees don’t live for ever so now is a good time too to look carefully

at older specimens and any lingering alien invaders and consider making a replacement. Syzygium cordatum is the Tree of the Year for 2012. It bears fragrant flowers followed by red-purple fruits enjoyed by birds and humans, and is great for gardens in need of a natural screening or a tall hedge. Trees are for everyone, even for those who don’t have a patch of garden. Many species are happy living in a container on a balcony, and the ancient art of bonsai makes it possible to accommodate a tree in even the tiniest of apartments.

Syzygium cordatum is the Tree of the Year for 2012. Share your stories, photos and thoughts with the rest of the Langeberg community, by submiting it to Daleen Fouché at the Gazette on email: gazette@breede.com, or phone the office at 0 023 626 6299.


Dinsdag 4 September 2012

Nuus/News

Breederivier Gazette

3

McGregor-behuising ‘’n prioriteit’

Die Robertson-polisie het onlangs die uitvoer van ’n groot hoeveelheid skroot gefnuik. Op die foto is ao. Aubrey Setera (links) en Julian Stevens (die ondersoekbeeampte in die saak) by die skrootmetaal.

“BEHUISING op McGregor is hoog op die agenda van die Langeberg Munisipaliteit en die aangeleentheid is ook ’n prioriteit van die Wes-Kaapse departement van behuising.” Die uitvoerende burgemeester van die Langeberg Munisipaliteit, rdl. Diana Gagiano, sê, in aansluiting by dié stelling, was daar sedert 1994 geen nuwe behuisingsontwikkeling op McGregor nie. Die behoefte aan behuising is verskeie kere deur die gemeenskap geopper. Om dié rede het sy en speaker Davin Hull op 21 Augustus met verskeie provinsiale ministers (Ivan Meyer, Anton Bre-

dell en Bonginkosi Madikizela) in Kaapstad vergader. Gagiano sê Madikizela het praktiese voorstelle oor die beoogde behuisingsprojek bespreek. “Daar is verder ooreengekom dat Madikizela later vanjaar ’n verklaring sal uitreik in verband met die verdere beplanning van ’n beoogde behuisingsprojek op McGregor. “Intussen bly die Langeberg Munisipaliteit en die Wes-Kaapse departement van behuising verbind tot die voorsiening van behuising op McGregor en werk saam met die Wes-Kaapse regering om die projek te help realiseer.”

Diefstal gekeer

HILDERINE SCHRÖDER

V

INNIGE reaksie deur die Robertson-polisie, in samewerking met hawe-owerhede in Kaapstad en Nelson Mandelabaai, het onlangs daartoe gelei dat die uitvoer van gesteelde toerusting van bykans R100 000 gefnuik is. Dié sukses volg ná die polisie ’n voertuig met sowat 900 kg staalballe, wat in die kalkvervaardigingsproses by Cape Lime naby Robertson gebruik word, afgetrek het ná die diefstal by die Robertson-polisie aangemeld is. Volgens ao. Aubrey Setera van die Robertson-polisie is die voertuig, ’n Datsun Stanza, op pad na Worcester voorgekeer waarop dit na Cape Lime teruggeneem is. Hiér het eienaars van die fabriek die inhoud daarvan as hul eiendom uitgeken. Die polisie, sê Setera, het verdere inligting opgevolg en uitgevind dat ’n besending gesteelde goedere, óók van Cape Lime, reeds in die Kaapse hawe wag om verskeep te word. Hierop het die polisie hawe-owerhede in Port Elizabeth gekontak om die vrag, wat na dié hawe onderweg was,

te onderskep. Intussen het Setera hom na die Oos-Kaapse hawe gehaas. Die verdagte krat is met die hulp van ao. Etienne Prinsloo van die antismokkeleenheid in die hawe van die skip verwyder en ’n groot hoeveelheid staal, asook ’n groot hoeveelheid toerusting, waaronder meer staalballe, is in die krat gevind. Die gesteelde items het altesaam sowat 6,5 ton geweeg. Stephen Bauer, ’n voorman by Cape Lime, het kort hierna na Port Elizabeth gereis waar hy die items as die fabriek se eiendom uitgeken het. Volgens Setera was die krat vir die Verenigde Arabiese Emirate bestem. Dit het later aan die lig gekom dat sowat vyf ton staal, toerusting en staalballe die afgelope paar maande by die kalkfabriek gesteel is. Die gesteelde goedere is vermoedelik etlike weke gelede in ’n skeepskrat in Kaapstad gelaai. Twee verdagtes, Ricardo Phillips (35) van Worcester, en Danvern Titus (29), is in verband met die diefstal in hegtenis geneem. Stappe gaan ook gedoen word teen ’n skroothandelaar op Worcester wat by die saak betrek word.

)) WO Richard James, the Central Business District (CBD) sector manager, requests residents to join the Neighbourhood Watch for this area in order to effectively combat crime. Anyone interested in joining , is requested to phone James on 0 079 894 1350.

Kol. John Alexander, stasiebevelvoerder van die Robertson-polisie, het op 30 Augustus verjaar. Die Robertson-kantoor het vir hom ’n verrassingspartytjie gehou. Die kantoor wens hom ‘n gelukkige verjaarsdag toe. Op die foto is Alexander saam met lt. Cynthia Mngcele.

The Robertson police is looking for the owner of the above pictured item. It was found in Pollack Street, Robertson. The owner is requested to come forward to identify the item. For more information, phone the station on 0 023 626 8354.


4

Breederivier Gazette

Briewe/Letters

Dinsdag 4 September 2012

Lente ’n tyd vir skoonmaak Eer vir plaaslike helde MET die Suid-Afrikaanse atlete wat uitmuntend presteer by die 2012 Olimpiese en Paralimpiese Spele, word ons weereens daaraan herinner hoe belangrik helde en goeie rolmodelle vir ’n samelewing is. Prestasies word erken en sportmense word tot die status van nasionale helde verhef. Tog het plaaslike gemeenskappe hul eie helde nodig. Iemand wat ons in die winkel kan raakloop en erken as iemand wat hard werk, eerlik is en uitstyg bo die gewone mens. Daar is die afgelope week erkenning gegee aan besondere mense in die Langeberg. Dié week se uitgawe van die Gazette is propvol plaaslike helde. Uitmuntende vroue is op Montagu tydems die swierige Vrou van die Jaar-funksie vereer vir hul onbaatsugtige bydrae tot die dorp. Die Robertson polisie het goeie arrestasies gemaak en ’n plaaslike kelderwerker is erkenning gegee vir sy besondere kwaliteit werk. Tog het elke mens die potensiaal om ’n rolmodel te wees en uit te blink in een of ander veld. Plaaslike helde help om, met die goeie kwaliteite waaroor hulle beskik, ander in die gemeenskap tot groter hoogtes te inspireer.

SOOS gewoonlik was die afgelope Lentedag taamlik koud en reënerig en gister (Maandag) was ook nie veel beter nie. Gelukkig het inwoners van die Langeberg ’n voorsmakie van die komende lente op Sondag gekry met die son wat uitbundig geskyn en ons vir ’n wyle toegelaat het om dit in ’n kortmouhemp te waag. Op so ’n dag tref die behoefte vir ’n lente- skoonmaak my tussen die oë. Ek raak kriewelrig en gryp na die besem. Ek bekyk my huis met nuwe oë en begin die stof op die vensterbanke en boekrak raak te sien, die vensters lyk skielik vuil en die geute vol blare. My groot lenteskoonmaak het die afgelope naweek afgeskop. Manlief is in die werk gesteek en ek het my gunsteling treffers van die tagtigerjare uitbundig gespeel terwyl ek die skottelgoed takel. Maar ek het nie altyd die groot skoonmaaktaak met soveel entoesiasme aan-

gedurf nie. Soos vir meeste mense, was dit ’n opdraande stryd om die huishouding in stand te hou. In ’n besige week is skoonmaak soms die heel laaste taak op ’n lang lys van dinge om te doen. Ek het besef dat ek take soos skottelgoedwas ongelukkig nie weg kan wens nie. Ek het toe besluit om my houding te verander en het ’n houding van dankbaarheid aangeneem. Die transformasie was verbasend. Deesdae sien ek daarna uit om my borde, messe en vurke en self die olierige panne te skrop, omdat ek dankbaar is

A sad day for Bonnievale THEUNS COETZEE from Bonnievale writes: August 20 will be known by the ratepayers of Bonnievale as the day that the Langeberg Municipality and its political bosses, the DA, failed a very important test. For a very long time, we in Bonnievale believed that we lived in a kind of utopia, compared to other municipalities in the rest of South Africa. For the past decade, we endeavoured to improve our town and upgrade the facilities and services, only to discover that we are saddled with a municipality and political system that have very little interest in our wellbeing or general requirements. We therefore conclude that our utopia is no more. We came to realise that matters we as ratepayers, members of the ward committee and concerned citizens deemed as being important, are merely regarded as a nuisance factor to them. They seem to think that these factors would disappear if they ignored our suggestions for long enough, or gave us meaningless answers. They try to bamboozle us with quotes from municipal and national rules and regulations, but only to justify their actions and refusal to comply with reasonable requests from us. They hide behind these rules and regulations to allocate themselves huge benefits like bonuses and pay increases and are reluctant to consider the possibilities of better methods to run and administer our municipality. They adopt a very paternal attitude of always knowing what is good for us and that they would decide what is appropriate and what is not, treating us like school children that cannot decide for themselves and must be prescribed to at all times. A case in point was the recent debate on the 2012-2013 budget. An analysis of the budget was attempted and it proved to be a tedious and difficult exercise, due to the many conflicting figures in the report. When these discrepancies where pointed out to them, it was again treated as one of those nuisance factors. Needless to say, the budget was passed by our “masters” in political positions and in the municipality.

om die items in my kombuis te hê en bewus te word van die oorvloed waarmee ek geseën is. So ook het wasdag in vreugde verander, en verkyk ek my aan die kas vol klere terwyl ek die skoon klere netjies probeer opvou. My groot skoonmaak is nog ver van verby en word die komende naweek voortgesit. Een van die hoofitems op my lenteskoonmaaklys is om ’n boom te plant. Die eerste week van September, waarin ons onsself nou bevind, is Nasionale Boomplantweek en word ons aangemoedig om ’n boom te plant en die wêreld ’n groener en mooier plek te maak. Deur ’n boom te plant, dra ons almal by om ons omgewing te verfraai en die lenteskoonmaak te laat uitkring na ons woonbuurte toe. Vir my is dit ’n klein gebaar vir dankbaarheid en om ietsie klein terug te gee aan die natuur wat soveel opoffer sodat ek gemaklik kan lewe.

Marais vir die uitstekende diens en die ekstra myl wat hy stap vir klante. Anoniem. )) ’n Suurpruim vir almal wat hulle vullis in die strate neergooi. Anoniem. The feedback meeting on 20 August was a total waste of time. It was clear to see that it was decided beforehand how it was going to be managed and by who. It was the second time that our ward committee members were told, in no uncertain terms, what we can and cannot do, who we can speak to and who we are forbidden to engage in conversations. Respected members of our community expressed their disgust in the way that the meeting was conducted, the restrictions placed on members and the replies given to certain questions. The sad part was that our chosen representatives were completely absent in decisive action to intervene and to rectify the sad state of affairs. One can only hope that they realise what they are doing to themselves and their chances for future elections. The citizens of Bonnievale are far wiser now than before August 20. We do not trust our municipal officers or our elected representatives as blindly as before. One good thing that stemmed from this meeting is the bigger audience and participation it attracted. A public apology from the politicians and municipal officials for the way in which the meeting was conducted, would go a long way to smooth the ruffled feathers. We can only hope that citizens of the other four towns in our municipality will also join us in trying to get back to the utopia we once knew. )) The Langeberg municipality did not respond to this letter before the time of going to press.

Soetwyn en Suurpruim )) ’n Groot suurpruim aan die groot 4x4-voertuie wat veral Saterdagoggende bo-oor twee parkeerblokke in die onderdakparkering by die Route 62-winkelsentrum parkeer. Gee almal ’n kans op parkering, asseblief! Rina )) ’n Soetwyn aan Johan van A.H.

Local is lekker ONLINE readers of the Boland Gazette voted unanimously that they prefer to shop at local businesses. The question of last week’s online opinion poll was: “Do you support local businesses?” 100% of voters said Yes, local is lekker. No votes were cast for options “No, chain stores has more variety” or “I only buy specific items from local businesses”. To view this week’s online opinion poll, visit www.bolandgazette.co.za to vote, or to suggest a question to Boland readers.

)) I would like to respond to the SMS published in the Gazette of 28 August“Will Mrs Jane Phillips of BRH also volunteer some of her hours for free.” My response is “yes” like all the remaining staff I will only be paid for 6 hours per day and volunteer the rest. Jane Phillips )) Sies Gazette, jul gooi ons taal weg! Anoniem )) Ek wil graag die twee dames met die wit Toyota motor bedank wat hulle ontferm het oor drie klein wit hondjies wat Maandagmiddag in n baie besige Markstraat in Montagu rondgehardloop het. Die honde kom vermoedelik uit die woonbuurt noord van Buitekantstraat in Montagu. Dankie dames. ’n hele wynkelder vol soetwyn vir julle. Gatvol - vir - mense - wat - nie - omgee. )) Mrs. Jane Phillips will only be paid for half days volunteering many hours late into the night and weekends as usual. A Breede River Hospice employee.


Dinsdag 4 September 2012

Nuus/News

Breederivier Gazette

5

Van links is Gerrie Grootboom (Roodezandt), Gert Booysen (Neethlingshof) wenner van die Paul Jooste-trofee, Joseph Phiri van De Grendel Wines (wenner) en Gladys Jafta van Vergelegen (finalis).

Plaaslike kelderwerker vereer

Betogers sing en dans voor die Robertson NG Kerk verlede Donderdag.

Foto: Daleen Fouché

Betogers vat kerke aan DALEEN FOUCHÉ

D

IE NG Kerk (NGK) Robertson was die bestemming van ’n wettige optog deur Kerkstraat verlede Donderdag (30 Augustus). Die betogers, ’n groep van om en by 60 vroue van Nkqubela, onder leiding van Johan Abrahams, het om 11:00 deur Kerkstraat tot by die historiese kerkgebou gesing en gedans waar ’n memorandum aan ds. Pieter Steyn, leraar van die gemeente, oorhandig is. In die memorandum word die kerk daarvan beskuldig dat nie genoeg geld aan armes gegee word nie, maar eerder spandeer word op die instandhouding van geboue en die betaal van salarisse. Abrahams beklemtoon dat die memorandum nie slegs aan een gemeente op Robertson oorhandig word nie, maar dat hy beoog om die memorandum aan elke kerk op die dorp te stuur. Abrahams sê hy het al sy besittings verkoop en die geld gebruik om vir behoeftige mense in Nkqubela kos te koop. Hy het ook ’n huis in Nkqu-

bela gekoop. “Mooi kerkgeboue word gebou, terwyl ons mense sukkel. Ons moet deel.” In reaksie op die optog, het Steyn aan die Gazette gesê dat die kerk die memorandum ernstig sal opneem. “Dit is die taak van die kerk om na barmhartigheid om te sien, en dit is

wat ons doen.” Tog sê Steyn dat die NGK Robertson baie barmhartigheidsprojekte bestuur. Kospakkies word elke tweede week aan behoeftige mense uitgedeel, en, voeg Steyn by, die kerkantoor probeer altyd help wanneer iemand vra vir hulp. Verder bestuur die kerk ’n sopkombuis uit die Checkers-gebou en is betrokke by die Langeberg Sekondêre Skool. Steyn sê verder dat die kerk elke maand ’n bedrag geld aan die ACVV skenk en gemeentelede gee gereeld donasies aan plaaslike welsynsorganisasies.

Maar ten spyte hiervan, sê Steyn, “kan ons altyd meer doen”. Hy sê die beste praktyk is om organisasies te identifiseer wat werk in areas waar daar nood is en die organisasies te ondersteun. “Ons moet sensitief wees teenoor ander se nood.” Steyn verduidelik dat hy ’n “skuif” in gemeentes sien waar gemeentelede meer fokus en klem lê op diensbaarheid teenoor ander en die gemeenskap. In reaksie op die betogers se kommentaar oor die instandhouding van die kerkgebou, sê Steyn dat moderne gemeentes ’n bepaalde “verstaan” van die kerk het. Hy sê alhoewel daar gemeentes is wat kies om nie ’n kerkgebou te hê nie, voel baie gemeentes dat hulle ’n plek nodig het om bymekaar te kom. “Die NG-gemeente het die kerkgebou geërf wat reeds in 1905 gebou is.” Badisa, gesamentlike statutêre welsynsliggaam van die NG- en VG-kerke se gekonsolideerde begroting vir 2012 beloop R360 miljoen. Die gesamentlike barmhartigheidsbegroting van sinodes van die NGK verlede jaar was R722 m.

’n PLAASLIKE kelderwerker van Roodezandt, Gerrie Grootboom, is as een van drie finaliste aangewys by die Kelderwerker van die Jaar-funksie op Vrydag 24 Augustus. Die SA Kelderwerker van die Jaar-program wat deur Wynkelders Suid-Afrika befonds word, se doel is om erkenning te gee aan alle permanente kelderwerkers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die doel van die projek is om rolmodelle vir kelderwerkers te vestig en om sodoende nie net produktiwiteit nie, maar ook gesonde verhoudings aan te moedig en ook die oordrag van kennis en opleiding te bevorder. Gedurende die 2012-program was daar ’n totaal van 102 deelne-

mers aan die eerste rondte van die program. “Ek het verskeie kursusse voltooi en dit kos harde werk. Harde werk het nog nooit iemand doodgemaak nie en vandag pluk ek die vrugte van daardie harde werk,” sê Grootboom. Hy vertrek Sondag na Frankryk vir vyf weke as deel van ’n uitruilprogram en gaan verskeie wynplase besoek en ook daar werk. Grootboom sê dit is belangrik dat kelderwerkers hulle moet bemagtig met kennis. “Die kompetisie was baie straf, maar die ondersteuning wat ek van my gesin, administrasie, die wynmaker en kollegas ontvang het, was baie goed en iets waaroor ek baie dankbaar kan wees.”

Skole bemagtig deur kursus LEER EN LEEF bied vanjaar ’n opleidingskursus aan vir vroue van hoofsaaklik kleuterbewaarskole op plase. Die kursus word deur die departement van sosiale ontwikkeling befonds. Die kursus bestaan uit twaalf voldag kontaksessies asook ’n besoek aan elke bewaarskool. Alle leermateriaal, Die deelnemers aan die kursus wys plakkate, skryfbe- trots hulle sertifikate by die Graham en hoeftes, klasapparate Rhona Beck Opleidingsentrum. vir lesaanbieding, musiekinstrumente en CD’s, asook benodigdhede Langeberg, Breederivier en vir leerders en opvoedkundi- Witzenberg wat deur die departement geïdentifiseer is, ge speelgoed, word verskaf. Altesaam vyftig skole in die was deel van die kursus.


6

Breederivier Gazette

Nuus/News

Dinsdag 4 September 2012

Bonnievale se ‘Mamma’ kry besoek van e.tv OP 27 Augustus het die Clover Mama Afrika-projek besoek van e.tv ontvang wat verskeie projekte in Ashbury op Bonnievale opgeneem het vir uitsending. Die Clover Mama Afrika-projek het ook die dag geïdentifiseer om pensioenarisse met pret en vermaak te bederf. Terwyl die pensioenarisse by die Ashbury-gemeenskapsaal onthaal is, het die kameraspan die bakkery-projek besoek waar daar daagliks brood deur vrywilligers gebak word. Daar is onderhoude gevoer met Selestien Moses, die Clover Mama Afrika. Die kamera-span is daarna na die saal waar die program vir pensioenarisse voortgegaan het. Granny Griet Jones het die gehoor vermaak met

Capital Security in Reitzstraat op Robertson bied ’n verskeidenheid dienste wat die veiligheid van hul klante verseker. Piet Cleghorn, besturende direkteur, glo aan eersteklas-diens by die handhawing van sekuriteit. Capital Security se hoofkantoor is op Worcester gevestig.

grappe uit die ou dae. Prof. Elaine Vlok wat by die Clover Mama Afrika-projek betrokke is, het spesiaal uit Johannesburg gevlieg om in die dag te deel. Vlok en Moses het onderskeidelik hul dank en waardering teenoor al die bejaardes uitgespreek wat verantwoordelik was vir die sukses van die projek. Die groep ouer persone het ná die dag se vieringe besluit om ’n sosiale groep vir ouer persone te stig. Ná ’n vol program het almal saam koffie, tee en varsgebakte produkte van die bakkery geniet. Die kameraspan se laaste stop vir die dag was om saam met die Clover Mama Afrika-projek sop uit te deel in die strate van Ashbury.

Die kameraspan van e.tv is hier besig met ’n onderhoud met Selestien Moses van Bonnievale op te neem.

Secunet, onder leiding van Frans Malan (regs), het reeds ’n reputasie as die firma wat groot sekuriteitkontrakte behartig. Secunet het ’n vloot voertuie wat voltyds werk en behartig ook nagpatrollies. Secunet spesialiseer ook in sekuriteit vir wingerde en verhoed dat drade, pale, wingerde en vrugte weggedra word.

Electric Earth is tans die grootste verspreider van Centurion-produkte in die Boland. Die reeks bied die nuutste tegnologie in sekuriteitstelsels soos alarmstelsels, afstandbeheerde motorhekke asook sekuriteitbeheer vanaf jou selfoon. Bel hulle gerus vir meer inligting oor die reeks. Electric Earth is onder meer verskaffers van elektriese kragtoerusting en beligtingsprodukte.

Hi Tech Security is ’n huishoudelike naam in die Langeberg-area. Die span se eerste prioriteit is om na klante se veiligheid en sekuriteit om te sien. Hi Tech Security spesialiseer in die verkoop en installering van alarmstelsels, plasing van wagte asook patrollievoertuie. Onder die leiding van Christiaan Olivier, glo die Hi Techspan aan professionele en goeie diens, asook die bewusmaking van veiligheid by inwoners.

AC Security maak dit hul daaglikse plig om betroubare sekuriteit en beskerming aan kliënte te bied. AC Security se reaksiespan is onlangs aangewys as die sesdebeste span uit 25 deelnemers aan die nasionale Reaction Man-kompetisie. AC Security se hoofkantoor is op Worcester.


Dinsdag 4 September 2012

Gemeenskapsnuus/Community News

Breederivier Gazette

7

Voorwaar ’n waardige wenner V

ANJAAR se wenner van die titel Montagu se Vrou van die Jaar, Helen Goooderson, is deur die 130 gaste wat die glansryke Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se Vrouetoekenningsgeleentheid verlede Donderdagaand bygewoon het, as ’n waardige wenner bestempel. Gooderson, wat vroeër vanjaar die Breytenbach-fees georganiseer het en ook die nuwe organiseerder van die Montagu Jeugkunstefees is, het onder luide toejuiging en ’n staande ovasie die trofee ontvang van die vorige wenner, Cheronica du Preez, en JD van Deventer, besturende direkteur van Montagu Foods en hoofborg vir die aand. Dit was die tweede keer dat die funksie aangebied is (die eerste keer was in 2010), en behalwe vir die gesogte toekenning as Vrou van die Jaar, vereer die GPF ook plaaslike vroue van Montagu en omgewing in tien ander kategorieë. Nominasies is sedert Junie-

maand deur die gemeenskapingedien vir voornemende wenners. Drie finaliste per kategorie is tydens die swierige funksie op die Cabriéres-landgoed buite Montagu bekend gemaak. Die bekende sanger Gerrie Pretorius het as seremoniemeester die gaste met sy kwinkslae vermaak. Hy het deur die loop van die aand ook ’n paar liedjies gesing. Montaguers het nie verniet hul aandrokke en swart pakke afgestof nie - die aand was voorwaar ’n glansryke geleentheid. Die organiseerders het dit telkens beklemtoon dat die toekennings nie ’n kompetisie is nie, maar ’n manier is om die vroue te bedank wat meer as net hul deel doen, asook om mense in die gemeenskap bewus te maak van projekte waarby hulle betrokke kan raak. Beoordelaars Gert Lubbe van Montagu Country Hotel, Cheronica du Preez (Vrou van die Jaar 2010), en Jack Friedman, operasionele bestuurder by Montagu Foods, het die moeili-

ke taak gehad om die uiteindelike wenners bekend te maak. Daar is ook ’n spesiale erepenning aan ’n Formidabele Montaguvrou, Yvonne Bussell (93), oorhandig wat in haar leeftyd diep spore in Montagu se geskiedenis getrap het. Die ander toekennings was: Plaas- of Boervrou van die Jaar: Hannetjie Augustyn; Vasvatter in die gasvryheidsbedryf: Jacomi van Rooyen; Vriendelikste ontvangsdame: Samueleen Bezuidenhout (Montagu Country Hotel); Sportvrou van die Jaar: Ilze Esterhuyse; Besgeklede dame: Ina van Heerden; Ouma van die Jaar: Cecile van Wyk; Beste Opvoeder: Elna Nel (W.A. Rossouw Primêr); Beste Fabriekswerker: Gertruida Scheepers (Montagu Foods); Voorvatter by Gemeenskapsdiens: Gwen du Toit (Montagu-hospitaal) en Beste Sakevrou: Lizbé Viljoen (Montagu Droëvrugte Padstal). Alle opbrengste van verlede Donderdagaand se geleentheid word aan Montagu se traumakamer geskenk.

Bederf jou sekretaresse NASIONALE sekretaressedag word op Vrydag 7 September gevier en is die perfekte geleentheid om jou kantoor se sekretaresse te bederf. Die waarheid is dat meeste kantore inmekaar sal tuimel as daar nie ’n bekwame sekretaresse aan die stuur van kantooradministrasie staan nie. Sekretaressedag is in 1952 in die Verenigde State van Amerika begin om mense aan te moedig om ’n loopbaan in administrasie te volg. Die beroep is uitdagend en vereis sekretaresses om te alle tye vriendelik en georganiseerd te wees. Hoë vereistes word aan die professionele sekretaresse gestel, aangesien dit direk reflekteer op die onderneming waar sy werk. Hier is ’n paar idees vir kantoorperso-

Die wenners in die verskillende afdelings in die Montagu se Vrou van die Jaar-toekenning saam met Gerrie Pretorius. Agter (van links) is Sammy Bezuidenhout (beste ontvangsdame), Lizbé Viljoen (beste sakevrou), Elna Nel (beste opvoeder), Jacomi van Rooyen (gasvryheid), Cheronica du Preez (Vrou van die Jaar 2010) en Gertruida Scheepers (fabriekswerker). Voor is Ilze Esterhuyse (beste sportvrou), Helen Gooderson (Vrou van die Jaar 2012), Hannetjie Augustyn (beste plaasvrou), Pretorius, Cecile van Wyk (beste ouma) en Gwen du Toit (gemeenskapsdiens). Foto: Jolanda Rall

Bederf jouself op sekretaressedag

AS jy ’n sekretaresse is en jou bestuurder is nie bewus van Sekretaressedag nie, is neel om hul sekretaresses te bederf: daar ’n paar maniere hoe jy hom subtiel )) Gee haar die dag af. bewus kan maak van dié dag en hoe die )) Bring vir haar ’n bos blomme met dag vir jouself spesiaal te maak. ’n mooi kaartjie, onderteken deur al die )) Stuur vir jouself blomme na jou kantoorpersoneel. kantoor met ’n groot kaartjie daarby. )) Hou vir haar ’n teepartytjie in die )) Neem jou volle middagete-uur om kantoor. saam met ander sekretaresses by ’n res)) Koop vir haar twee kaartjies na ’n musiekkonsert. )) Kry die baas van die kantoor om die sekretaresse se werk vir die dag oor te neem en kyk of hy die taak net so professioneel kan afhandel. )) Gee vir haar ’n geskenkbewys vir ’n skoonheidsessie by ’n haarkapper of ’n naelsalon. )) ’n Goeie bottel wyn is altyd ’n mooi geskenk. )) Neem haar uit vir ’n sjampanje-ontbyt.

taurant te gaan vier. )) Vra of jy die middag kan af kry en bederf jouself met koek en tee. )) Gebruik jou middagete om vir jou ’n nuwe uitrusting by jou gunsteling winkel te gaan koop. )) Wens ander sekretaresses hardop oor die telefoon geluk met die dag sodat jou bestuurder dit kan hoor.


8

Breederivier Gazette

Skole/Schools

Dinsdag 4 September 2012

Kunstefees:

Dié leerders van die Laerskool Koo het aan die Montagu Jeugkunstefees deelgeneem. Hulle het altesaam vier brons-, agt silwer-, ses goue en een dubbelgoud-toekennings vir hul kunsinskrywings ontvang. Agter (van links) is Merize Burger, Janke Burger, Cindy Anger, Bianca Nortjé, Jana Groenewald, Ingrid Jordaan en Willie Kriel. In die middel is Sylvie Beukes, Kristian van Dyk, Enrike Groenewald, Liz Heyns, Wilrien de Kock, Celven Plaatjies en Roelien Kershoff. Voor is me. Rose-Marie Fourie, Anneka Rossouw, Michael du Preez, Donavan Butler, Júan Rossouw en Petro Rossouw. Wilrien de Kock het die trofee vir die beste graad drie-inskrywing ontvang, Jana Groenewald die trofee vir die beste graad sewe-inskrywing en Enrike Groenewald het die Beoordelaarstrofee vir beste kunsinskrywing by die fees ontvang.

Rooi tapyt:

Die jaarlikse matriekafskeid is Vrydagaand (24 Augustus) in die skoolsaal van die Hoërskool Montagu gehou. Die tema van die aand was “Hollywood” en elke matriekleerder is soos ‘n ware bekende behandel. Die aand was ’n reusesukses, met heerlike kos en lekker dansmusiek wat die gaste tot lank na middernag laat dans het. Op die foto is Anlu Brand en haar metgesel, Brahm Burger.

‘n Klompie matrieks by die skemerkelkie voor die matriekafskeid. Van links is Lani Alberts, Sunelle Esterhuyse, Charlonè van Rensburg, Casper van der Merwe, Inge Scholtz, Berna Joubert en Jenine van der Merwe.

Graad 11 se gasheer en gasvrou by die matriekafskeid, Herman le Roux en Fabiola Jumat.

Pryse:

Dié musiekleerlinge van Liesa Nieuwenhuis het aan die klavieren sangoptredes van die Montagu Jeugkunstefees deelgeneem. Hulle het altesaam sewe goue en sewe silwertoekennings ontvang. Agter (van links) is Janke Burger, Jana Groenewald en Maryn du Toit. Voor is Petro Rossouw, Merize Burger, Enrike Groenewald en Liz Heyns.

Sterkte:

Die Robertson Voorbereidingskool se o.7Arugby- en natbalspanne het op Vrydag 25 Augustus na die Hoërskool Robertson gestap om hulle alle voorspoed toe te wens vir die interskole teen Ceres. Op die foto is die spanne saam met H. Gonzales, hoof van die hoërskool.

Hoog skop: Hierdie karatekas van die Robertson Voorbereidingskool is in die Bolandspan (karate) opgeneem. Van links is Louie Drake, Nicola Drake, Conrad Prins, Conrad Weber, Emmilie Martin, Carli Prins en Patrick Gilson.


Dinsdag 4 September 2012

Ten food must-haves, part 3 BY DANIQUE FULLARD THERE are some ingredients your grocery cupboard or fridge simply cannot do without, especially when you desire meals that are a tad more exciting than jam on toast. These are the last two food items on my “must have” list, which consists of garlic, mushrooms, sweet potatoes, lean mince, extra virgin olive oil, chicken fillets, onions and ginger. All of these ingredients are not only versatile and delicious, but they also add to a healthy, balanced diet. Be courageous with food; break out of your normal trends and get creative. When you think about the next meal that you have to prepare and you’re on the verge of opting for the easy way out, consider these profound words Virginia Woolf once wisely stated: “One cannot think well, love well, sleep well if one has not dined well.” Courgettes – a popular vegetable that is easy to prepare and adds colour, texture and a healthy element to many dishes, also known as baby marrows or zucchinis, can be added in pastas, used on pizzas or sautéed, grilled or baked as a side dish. Why not add thick slices to a roast vegetable mix of onions, green and red peppers, cubes of butternut, whole white mushrooms and whole cloves of garlic tossed with a tablespoon of thyme and rosemary and a splash of olive oil? Cook uncovered for about 40 minutes, gently turning and tossing every 10 minutes to make sure all the veggies are well coated and cooked through, but not mushy. Chocolate – an obvious essential on any must-haves list. Have fun on your own or get the children involved in making these chocolate delights. If you happen to run out of time, a chocolate bar thankfully needs no preparing, one can simply unwrap and enjoy. Easy chocolate brownies (makes 16) 1 cup water 125 g margarine ½ cup oil ¼ cup cocoa 2 cups sugar 2 cups flour ½ tsp salt ½ tsp bicarbonate of soda 1 tsp vanilla essence 2 eggs 1 cup pecan nuts, finely chopped Melt and blend the water, margarine, oil and cocoa in the microwave. Add the sugar, flour and salt. Whisk together. Add the bicarbonate of soda, vanilla essence and eggs. Beat with an electric beater for about three minutes. Add the chopped nuts and mix throughout. Pour into a large greased oven dish and cook for 20 - 30 minutes at 180° C. To make the icing melt 62,5 g margarine, 2 tablespoons cocoa and 2½ tablespoons milk in the microwave, then add 2½ cups icing sugar. More milk may be needed if icing is not runny enough. Cut the cake when cold, after spreading icing when hot.

Algemeen/General

Breederivier Gazette

9


10

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 4 September 2012

Robertson se eerste Christusfees ’n CHRISTUSFEES word van 21 tot 23 September by Robertson se skouterrein aangebied. Op Vrydag 21 September word ’n Jeugaand van 19:00 af met die musiekgroep Pneumatrix gehou. Op Saterdag (22 September) is daar ’n manne-ontbyt van 09:00 af saam met Andre du Preez en Even

van Lill. ’n Jesus-stap word van 11:00 op Saterdag aangebied en om 17:00 is daar ’n lofprysingsaand. Sondag is daar ’n massadiens van 09:00 af deur ds. Dirkie van der Spuy. Vir meer inligting, skakel 0 083 299 3838, 083 632 7367 of besoek Robertson Christusfees op Facebook.

DU TOIT, ANNA Geb.20/03/1953 Gest.27/08/2012 Skielik heengegaan op 27/08/2012. Hartseer, maar met mooi herinneringe neem ons afskeid van ons geliefde vrou, ma, ouma en vriendin. Ons gaan jou ongelooflik baie mis, maar gun jou die ewige rus. Van jou man Freddie, kinders, kleinkinders en vriende.

MEYER, MARTHA (Barbie) Geb.30/08/1956Gest.30/08/2012 God het besluit om die mooiste roos vir sy tuin te pluk. Begrafnisdiens Saterdag om 10vm by die huis, Jubelstraat 34, en 11vm in die Langeberg skoolsaal.

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en groomense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.

47-year old Housemaid/babyminder looking for job in Robert-son or anywhere. Clarah 073 387 4049.

Kennisgewings KEES, AMY-LEIGH Geluk met jou "crown birthday" gister (3/09/2012). Ons is baie lief vir jou, jy's die sonstraal in ons lewe. Van: Mammie, Daddy, Mamma, Pappa, Nanna, Austin, Ju-Neil, Cobin en ouma Lena. Ps.119 vers 105 "U woord is die lamp, wat my die weg wys die lig op my pad".


Dinsdag 4 September 2012

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

11


Breederivier

Year 16 • 4 September 2012 | Tel. 023 626 5212

Tango Boys re-branded THE Football Club Linda Mase (FCLM), also known as the Tango Boys, announced a major change during its annual awards ceremony held in the Zolani Community Hall on Saturday, September 1. The club was renamed Leeds United Football Club (LUFC) following a lengthy process of rebranding which focused on reviving the club and mobilise the community to rally behind the players and take ownership of the club. Addressing the guests, including parents, sponsors and football officials, the club president Linda Mase said: “After five years, it was necessary to review our brand and see if it is still effective and living up to its expectations. “ The process led us to the consultative exercise of re-branding, re-naming and re-launching. “The new brand will boost the club’s image and enhance the players’ commitment and position the club well in the community. This was a very consultative process which involved players and the community to suggest the new name. We are very excited with the re-launching of the club and have already informed SA Football Association (SAFA) Cape Winelands and Langeberg Football

Association (LFA) of our intentions,” commented Wankie Ndongeni, football manager. The following players were awarded for their outstanding performances in the previous season: Junior Team – Langeberg LFA Promotional League: )) Player of the season: Akhona Nel; )) Consistent player of the season: Athenkosi Walaza; )) Moment of Brilliance: Siviwe Kewana; )) Most improved player of the season: Lizwi Sibunzi; Senior Team: SAB Regional League 2011/12; )) Player of the Season: Abel Ndinisa; )) Top Goal Scorer: Monde Ncapayi; )) Consistent Player of the season: Xolisa Kewana; )) Moment of Brilliance: Ernest Shudula; )) Most improved player of the seaon: Zuko Tyundyuthwa. The club teams will campaign in various SAFA Cape Winelands leagues in the next season: SAB Regional League, LFA Promotional League, u.13 and u.15 Junior LUFC Leagues.

Robertson-interskole

Sportdag:

Die Hoërskool Robertson het op Saterdag 25 Augustus teen Charlie Hofmeyr van Ceres in die interskole meegeding. Charlie Hofmeyr het die meeste wedstryde gewen. Op die foto is Elanca Goosen, Edlin Tiemie en Jossi­Mari Swart op die verdediging in ’n netbalwedstryd.

K2 Champs take off from Robertson THE 45th edition of the Breede River Canoe Marathon from Robertson to the Kambati Resort outside Swellendam on September 8 and 9 will have extra importance as it will also decide the SA K2 River Marathon titles. It is sure to attract the best crews available to this popular race through the winelands at the foot of the Langeberg Mountains. Entries have already started streaming in. The pair that dramatically won the title last year when they took a sneak channel in the final few hundred metres of the race, Heinrich Schloms and Lance King, have confirmed that they will be back to defend their title. King has been forced to take time off to recover from a wrist injury that plagued him during the Berg River Canoe Marathon. He confirmed last weekend that he has bounced back from that problem by finishing third overall in the Gouda to Bridgetown race, powering through the field to finish with the best of the K2s. “I am excited about it being SA K2 as well,” said King. “Like any top paddler I love competition and it sounds like the top crews are all going to be there for the race. “It is also a chance for us to put to rest any debate about our win last year,” said King. Hosts Milnerton Canoe Club are en-

thusiastic that a big field will enter the event. They have wasted little time in implementing tweaks and changes to the popular 72 km marathon that will add value and contribute to a safe and rewarding race for the hundreds of doubles crews and the hardy K1 and K3 entries. The heavy late winter rainfalls have left the Breede River running full ahead of the annual pre-Breede season of K2 racing. Paddlers are bullish that the two-day marathon that has been awarded the rights to hold the SA K2 River Championships for 2012 will enjoy the thrills of a full and fast flowing river. Last year paddlers had to deal with a a schizophrenic race as the first stage was raced on a lowish river, despite reports of floodwaters just upstream of Robertson. The water came through overnight and the field raced the final stage into the new finish at the Kambati Resort on a full river. The Breede River Canoe Marathon starts with a 37 km first stage from Robertson to Bonnievale on Saturday, September 8 and ends with a 34 km final stage from Bonnievale to Kambati the next day. For more information regarding theK2 championship and results of the race, visit www.breedemarathon.co.za.

Die Hoërskool Robertson se pom­pommeisies is hier in aksie. Van links is San­Mari Joubert, Lauren McCue en Elanca Goosen.

Die Hoërskool Robertson in ’n rug­ bywedstryd teen Charlie Hofmeyr.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.