Breederivier
Year 17 • 5 Februarie 2013 | Tel. 023 626 5212
Regering kondig nuwe minimumloon vir plaaswerkers aan – bladsy 3
Cape Town musicians invest in local talent MASTERING MUSIC: Members of the Cape Philharmonic Orchestra, and its youth orchestra, performed at the Graham and Rhona Beck Skills Centre on Tuesday 29 January to kickstart a partnership in which these top musicians will mentor local instrumentalists. Read more on page two. PHOTO: DALEEN FOUCHÉ
Protests cause R’son crime hike
DALEEN FOUCHÉ
Crime in Robertson increased by 63,6% in January 2013, compared to the crime statistics for January 2012. This is according to the Robertson police, who attribute the rise in crime to the protests that erupted in the Langeberg last year. Captain Marchel Klaasten, spokesperson for the Robertson police, says crime has increased since November last year when protests about farmworker wages first started in the Langeberg. While the local police focused on keeping protests peaceful and under control, opportunistic criminals targeted businesses, cars and houses. Crimes such as burglaries in residential and non-residential areas, and theft out of motor vehicles, were especially rife. A new trend in housebreaking has also sur-
faced in Robertson and is catching homeowners unaware. Klaasten says Robertson houses, especially those situated between Van Zyl and Victoria Streets, are being targeted and broken into during the day. This also is a result of the police being occupied during protests, coupled with efforts by the Robertson police to halt night-time burglaries. Children and teenagers are used as scouts to determine when people leave their homes to go to work and when the houses are empty. Klaasten says people tend not to be as vigilant during the day, because they do not expect to be burgled then. He warns residents to take precautions to ensure houses, cars and valuable possessions are secure. One Robertson resident, whose house was broken into on 13 January, posted the footage from his security camera on the internet. The video shows how one man enters the property
Three suspects were captured on a security camera while breaking into a Robertson house. and leaves with a grocery bag. He then returns with two more men, who leave the property with bicycles, a computer and all manner of valuables. One man can be seen taking off his
socks and pulling it over his hands. Attie Stemmet, owner of the house, says it is the first time that his home has been burgled, and adds that two other houses in the street were broken into in January. He and his family were not at home when their house fell prey to burglars. Stemmet quips that the thief “obviously” has a sweet tooth, because apart from their valuables, he also stole their syrup. A neighbour whose house was broken into also reported that the burglars had stolen his syrup. Klaasten says local police cannot identify the suspects in the video, but the footage has been sent to experts in Cape Town to clarify the images. The police have arrested five other suspects for burglary and have re-aligned their strategy to combat the crime hike. “We are confident that we will combat crime in Robertson.” )) To watch the video of the burglary, visit www.bolandgazette.co.za.
2
Breederivier Gazette
News - Nuus
Music partnership for L’berg DALEEN FOUCHÉ Imagine lazing on the lawns of the Graham and Rhona Beck Skills Centre, with a delightful picnic basket and relaxing to the harmonic sounds of a truly South African orchestra. This is but one of the many goals which the partnership between the Skills Centre and the Cape Philharmonic Orchestra (CPO) will try to achieve. The partnership was launched last week Tuesday, when members of the orchestra treated locals to a world-class performance. The performance concluded a day-long course, attended by many of the Langeberg’s music professionals. The workshop brought together many local music teachers, many of whom have never met each other. “There is so much talent in the Langeberg,” says Laurika Steenkamp, outreach and education manager for the Cape Philharmonic Orchestra. She says its youth orchestra is running several classes and workshops throughout Cape Town, but cannot travel to the Langeberg to present training to the local youth. This dilemma is the reason for the partnership. Steenkamp explains that the partnership will see local teachers trained through workshops, so that this knowledge can be passed on to the local youth. “The long-term plan is to establish a music academy at the Skills Centre.” Magda Vorster, chief executive officer (CEO) of the Skills Centre, says she is very excited by the possibilities of this partnership. The evening concert was an appropriate conclusion to the day’s events, with the five wind instruments used to play various genres of music. Wind instruments were chosen as only a limited number of musicians could be accommodated in the Skills Centre auditorium, and Robertson has “a tradition of wind instruments”, Steenkamp said.
Locals at the launch of the partnership between the Skills Centre and the Cape Philharmonic Orchestra were (from left) Odwa Mvunge, Marvin Booysen, Devan de Koker, Michelle Haai and Jahan Jagers.
Dinsdag 5 Februarie 2013
MUSIKANTE VAN FORMAAT: Die Robertson Harmonic Youth Band wil AH Marais Seuns op Robertson bedank vir die FAK Sangbundel II wat dié onderneming aan hulle geskenk het. Die groep het ook op 17 Januarie hul tweede verjaarsdag gevier. Hulle bestaan uit 13 musikante. Hulle bedank ook die kinders se ouers, lede van die gemeenskap en veral die borge van Robertson vir al die ondersteuning en gebede. Om ’n optrede te bespreek, bel die groepleier, Bazil Malgas, by 079 395 2929. FOTO: ELANA HUMAN
AHI-hoof by sakekamervergadering Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, kom op Woensdag 13 Februarie om 19:00 die Bonnievale-sakekamer saam met die president van die AHI, prof. Carolina Koornhof, toespreek in die Outdoor Arena se Lodge. Tydens die geleentheid gaan hulle kom vertel wat die AHI alles vir sakekamers en hul lede kan beteken en daar gaan ook gratis entrepreneursopleiding
van vyf dae bekend gestel word. Omdat die sakekamer dit as so ’n groot voorreg en geleentheid beskou om Van der Rheede en Koornhof daar te hê, nooi hulle die sakekamers van Robertson, Montagu en Riviersonderend en hulle lede uit om die aand te kom bywoon. Bel Hansie Wolfaardt, voorsitter van Bonnievale-sakekamer, vir meer besonderhede by 083 386 6183.
STOLEN GOODS: The Robertson police request residents who recognise these goods to identify them at the police station. They were found abandoned or in possession of suspected criminals. Anyone who recognises any of these items, can phone Warrant Officer Henrico Naudé on 072 514 8737.
Magda Vorster, chief executive officer (CEO) of the Graham and Rhona Beck Skills Centre, Laurika Steenkamp, outreach and education manager for the Cape Philharmonic Orchestrak, and Brandon Phillips, conductor of the youth orchestra. PHOTOS: DALEEN FOUCHÉ
Sassa beneficiaries need to re-register The South African Social Security Agency’s reorganisation of all bank beneficiaries and outstanding cash/post office beneficiaries will take place at the following Langeberg locations: ) Robertson Community Hall: Residents who’s last ID digit is 0 to 4 can register from 18 to 27 February, and those with last digits 5
to 9, from 28 February to 9 March. ) Montagu Community Hall: 4 to 16 February ) Zolani Community Hall: 11 to 13 March. ) Barnard Hall, Ashton: 14 to 16 March. ) Bonnievale Community Hall: 18 to 23 March.
Dinsdag 5 Februarie 2013
News - Nuus
Breederivier Gazette
Lotto-geld tot hospies se redding DALEEN FOUCHÉ
BETOGINGS: Plaaswerkers betoog met plakkate wat ’n R150-dagloon eis vroeër vanjaar. FOTO: DALEEN FOUCHÉ
Boere agterdogtig oor R105, moontlike werksverlies kom VERSLAGSPAN Boere moet van 1 Maart af hul werkers minstens R105 per dag betaal. Dit is 52% meer as wat boere tans voorgeskryf word om te betaal. Die nasionale minister van arbeid, Mildred Oliphant, het gister dié nuwe minimumloon vir plaaswerkers aangekondig nadat stakings vir ’n minimum-dagloon van R150 die WesKaap sedert November verlede jaar sporadies onder erge geweld en vandalisme laat deurloop het. Boere het die aankondiging met agterdog begroet, terwyl plaaswerkerverteenwoordigers die besluit verwelkom het. Grant Smith, eienaar van Lucern, ’n plaaslike groente-en-vrugte-plaas, glo daar is nie genoegsaam navorsing oor die nuwe minimumloon gedoen nie en die navorsing wat wel gedoen is, is moontlik nie in ag geneem nie. Hy verduidelik dat hy agterdogtig is oor die bedrag omdat dit voorheen genoem is tydens onderhandelinge in Clanwilliam. Smith sê die minimumloon gaan heel moontlik ’n negatiewe impak om boerderye hê. “Indien ons nie meer produktief kan wees en uitgawes sny nie, gaan daar werksverliese wees.” Smith meen die meeste boere sal R200 per dag betaal indien die ekonomie dit sou toelaat, maar sê boerderye kan nie die hoë lone bekostig nie. Hy sê daar word nie altyd in ag geneem dat permanente werkers baie voordele kry wat nie deur die loonooreenkoms ge-
noem word nie, soos behuising en vervoer. Nog ’n boer, wat anoniem wou bly, sê hy gaan die helfte van sy permanente werkmag op die plaas afdank. “Ek kan dit net nie bekostig nie.” Die plaas het meer as 70 permanente plaaswerkers. Cosatu het die aankondiging verwelkom. “Die nuwe minimumloon is beslis ’n stap in die regte rigting. Maar navorsing het bewys dat mense nie hulself kan onderhou met minder as R150 per dag nie. “Daarom sal ons oor die volgende 12 maande voortgaan om hoër lone by boere aan te moedig,” sê Cosatu se sekretaris-generaal in die Wes-Kaap, Tony Ehrenreich “Die nuwe minimumloon is meer as wat ons gehoop het,” sê Porchia Adams, woordvoerder vir Agri Wes-Kaap. Die drastiese styging in toetreevlaklone gaan volgens die organisasie ’n effek hê op die ander loonvlakke van beter besoldigde poste op plase. “Die totale loonrekening vir landbou in die land was reeds R14 miljard en gaan met hierdie aankondiging skerp styg. Die verhoogde minimumloon gaan ’n baie groter effek hê op arbeidsintensiewe vertakkings soos die vrugte- en groentebedrywe.” Adams meen produsente gaan te midde van ander stygende kostes soos brandstof, wateren elektrisiteitstariewe en nou die verhoogde lone wat oor ’n maand in werking tree, moet herbesin oor ekonomiese oorlewing binne hierdie beperkende raamwerk.
Peuter verdrink in swembad in Montagu ’n Vierjarige kind het op Saterdag 2 Februarie in Montagu verdrink. Die kind van Mitchells Plain was saam met sy gesin op vakansie in Montagu toe die voorval plaasgevind het. Volgens sersant Suria Meyer, woordvoerder van die Montagu-polisie, het die gesin met vier kinders gaan swem om 01:00 die oggend. Om 04:00 het die ouers die kinders uit die swembad gehaal en hulle opblaas-swemarms afgehaal en gebêre.
Nadat hulle die swemarmpies gebêre het, het die ouers gesien dat die vierjarige Arafah Arendse nie by die ander drie kinders is nie. Hulle het dadelik na hom begin soek en op hom afgekom in die swembad. Mond-tot-mond-asemhaling is dadelik op hom toegepas en die vakansie-oord se personeel is in kennis gestel. Die seun is na die Montagu-hospitaal vervoer en is met sy aankoms dood verklaar. Hy is op dieselfde dag begrawe.
Personeel en pasiënte van die Breederivierhospies slaak ’n sug van verligting nadat die nasionale lotery ingestem het om ’n bedrag geld aan die instansie te skenk. In Augustus verlede jaar het die hospies aangekondig dat hy in finansiële moeilikheid is en slegs genoeg fondse het om tot Desember 2012 aan te gaan. Maar Jane Phillips, algemene bestuurder, sê die krisis is afgeweer en die hospies nie meer in gevaar om te sluit nie. Phillips sê dit is grotendeels te danke aan die goedkeuring van ’n aansoek tot finansiering deur die nasionale lotery. Die aansoek is reeds aan die begin van 2011 ingedien en sal as ’n enkele bedrag aan die
einde van Februarie uitbetaal word. Die geld sal gebruik word vir salarisse en ’n nuwe stasiewa om pasiënte mee te vervoer. Phillips is ook optimisties oor goeie terugvoer wat die hospies van instansies soos Vinpro en die Rotariërs gekry het oor die hospies se aansoek vir finansiering. Sy is vol lof vir die Langeberg- gemeenskap wat nie net die hospies finansieel ondersteun het nie, maar ook hul tyd opoffer. “Die vrywilligers het regtig deurgekom vir ons.” Phillips meen die hospies is steeds kwesbaar vir finansiële agteruitgang, aangesien die instansie tans slegs genoeg fondse in reserwe het om een maand se uitgawes te dek. Sy bedank almal wat gehelp het om die instansie se deure oop te hou.
3
4
Promosie - Promotion
Breederivier Gazette
Robertson Dance Studio bestaan sedert 2007. Die ateljee is geleë in Adderleystraat. Marcelle Rosser is die dansonderwyseres. “My missie is om ’n liefde vir dans by al my dansers aan te kweek wat blywend sal wees vir die res van hul lewe.” Die dansskool groei steeds jaarliks en daarvoor is sy dankbaar. ’n Jaarlikse konsert sluit gewoonlik die jaar af en dit is ’n hoogtepunt vir elke danser en hul ouers. “Dans is my passie en om die glimlagte van elke kind te sien as hulle dans, is ’n ongelooflike voorreg.”
By Mini Mense woon mammas of familielede een keer ’n week ’n klas by saam met hul baba. Ouers ontvang opleiding en idees tydens die werkswinkels oor hoe om hul kind volgens hul eie ontwikkelingsvlak te stimuleer sonder om sekere fases van ontwikkeling uit te laat. Dit is groot pret vir mamma en kind. So leer ouers om van kleins af ’n spesiale band van vertroue met hul kind te vorm en elke oomblik te koester. Hoe lekker vir ’n ouer om week ná week self te sien en te ervaar hoe hul kind groei, ontwikkel en vorder. Besoek die Mini Mense-webwerf by www.minimense.co.za vir meer foto’s en inligting.
B.r.e.a.d is an NPO committed to developing emotional awareness amongst youth, by providing accessible consulting and psychological support services in the Breede River Valley. Rene Best, Cate Doms and Julia Warren have more than 25 years experience in career consulting, play therapy and educational psychological services respectively. Daleen Sheasby provides right-hand support and takes care of most of the administration duties.
Dinsdag 5 Februarie 2013
Die Monkeynastix-program leer kinders verskillende bewegings aan deur middel van spel. Daardeur word hul fynmotoriese spiere, hand-oog-koördinasie, krag, spoed, soepelheid, algehele fiksheid, asook goeie balvaardighede ontwikkel. Monkeynastix lê ook die grondslag vir vaardighede in verskillende skoolsporte.
Elmien van Deventer is al ’n bekende onder die jong klomp vir wie sy fisiese ontwikkeling aanbied. Sy bied tans SportSlimontwikkelingsprogramme aan wat fokus op voorskoolse kinders tot graad 1-leerlinge wat hul skoolgereed maak op ’n fisiese en emosionele vlak en volwassenheid in terme van alle ontwikkelingsareas kweek. SportSlim werk nou saam met die skole se jaarprogramme aangesien hul deur herhaling vinniger leer.
Ballet bevorder goeie postuur en sorg dat spiere lank en lenig ontwikkel. Dit stabiliseer balans en houding en sorg so vir meer selfvertroue. Ballet is ’n kreatiewe dansvorm en een van die beste vorms van oefening om jou soepel te hou en jou spiere te versterk. Dit is Karlien Kriel, ballet-onderwyser, se visie om kinders te leer om hulle potensiaal te ontdek en te ontwikkel deur ballet as dansvorm.
Kinderkinetika/Remediëring is aangepaste, individuele programme wat kinders met agterstande, uitvalle en probleme help om te herstel of verbetering te bewerkstellig. Dit sluit programme in vir kinders met aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteit-sindroom (ADD/ADHD), lae spiertonus, lompheid, ontwikkelingskoördinasieversteuring, motoriese agterstande, motoriese beplanning, en lees- en leer-agterstande, fyn-motoriese, skoolgereedheids- en visueel-motoriese uitvalle. Lesse word spesifiek saamgestel vir ’n bepaalde individu se uitvalle en behoeftes.
Ad Libitum Musiek Akademie bied opleiding in ’n verskeidenheid musiekinstrumente en leer jong musikante hoe om in ’n orkes saam te speel. Die Akademie bied ook musiekteorie aan en fasiliteer ook die skryf van musiekeksamens. Instrumente is beskikbaar vir verhuring en finansiële behoeftes sal op aansoek oorweeg word.
Playball stel kinders bloot aan ’n verskeidenheid sportsoorte wat kinders ’n goeie hupstoot gee in ligaams- en sport-ontwikkeling. Klasse is klein en ouderdom-spesifiek, om vaardighede individueel te bevorder. Die afrigters word met sorg verkies en word voortdurend opgelei. Playball word wêreldwyd as ’n suksesvolle sportprogram aanbeveel en aangebied.
The Helen O’ Grady Drama Academy is successfully entering its third term of operation in Robertson, Montagu and Worcester. The aims of the Academy are achieved by involving the students in a highly stimulating, creative theatre arts programme, designed to develop ongoing confidence and self-esteem, skills in verbal communication, effective social interaction and creativity. Alex Gibaud, owner and teacher of the Academy in the Breede River Valley, is amazed and delighted at the increase in confidence already shown by students after just two terms with the Academy!
Dinsdag 5 Februarie 2013
News - Nuus
Breederivier Gazette
5
Kruispad vir wynbedryf – ‘wees slim en pas aan’ Aanpasbaarheid, entrepreneurskap en vernuwing was die trefwoorde tydens die Nedbank VinPro-inligtingsdag wat onlangs vir wynprodusente in die Wes-Kaap gehou is. Dit is op 24 Januarie vir die agste agtereenvolgende jaar gehou waar topsprekers van uiteenlopende velde hul menings met sowat 570 afgevaardigdes vanuit die hele wynbedryfwaardeketting gedeel het. Dít volg na ’n wisselvallige jaar vir wynbesighede, met lae winsmarges, dalende gebottelde wynverkope en ’n krimpende wingerdoppervlak wat steeds heers. Nicky Weimar, ’n senior ekonoom van Nedbank wat die program afgeskop het, is van mening dat die 2013-ekonomie na verwagting soortgelyk sal wees aan dié van 2012, aangesien produksie oor die algemeen onder druk is, en binnelandse verbruik aan die groei. Die feit dat die land se totale invoere uitvoere oorskry, sorg vir ’n onvolhoubare ekonomie en die rand is weer eens onder ernstige druk. Die onlangse stakings was nie alleenlik die oorsaak van plaaslike probleme nie – produksie het nie bygehou met binnelandse verbruik nie en hoewel skuld 76% van verbruikers se inkomste verteenwoordig, neem verbruikersbesteding steeds toe. Scenario-beplanner Clem Sunter het drie “rooi vlag”-scenario’s geskets, die eerste waar-
Sprekers by die VinPro-inligtingsdag was dr. John Purchase, HUB van die Landboubesigheidskamer; Rico Basson, uitvoerende direkteur van VinPro; Carolyn Barton, nasionale wynaankoper by Makro; Clem Sunter, voorsitter van die Anglo American Chairman’s Fund; Daneel Rossouw, afdelingsbestuurder: Landbou by Nedbank Besigheidsbanksake; dr. Johan Bruwer, WineValueChain Insights; Francois Viljoen, VinPro-konsultasiediensbestuurder, en Abrie Botha, VinPro-voorsitter. FOTO: BARRY LAMBRECHT in die wêreldekonomie plat is oor die volgende tien tot 15 jaar; die tweede waarin die wêreld se houding jeens Afrika verander het en die ekonomie drie keer vinniger as die normale tempo groei, en die finale vlag is verteenwoordigend van oproer en geweld. Sunter se raad is: “Hou die meerderheid en minderheid bymekaar. Hiervoor is ’n inklusiewe leier noodsaaklik. Skep ’n gebalanseerde ekonomie, skep werk deur in innovasie en entrepreneurskap te belê. En laastens, skep ’n klimaat wat sal help om klein besighede te stimuleer.”
Wat die 2013-wyndruifoes betref, het Francois Viljoen, VinPro se konsultasiediensbestuurder, aangedui dat die buitengewone warm en winderige weerstoestande in Desember verlede jaar ’n effek op die groei van wyndruifwingerde gehad het, maar dat minimale sonbrandskade aangeteken is. “Danksy die uitsonderlike 2012-winter en gunstige weerstoestande voor pars, verwag ons ’n baie belowende oes van 1 379 352 ton – die derde grootste in die geskiedenis en slegs 1% kleiner as die 2012-oes,” het Viljoen gesê. Rico Basson, uitvoerende direkteur van Vin-
Pro, het bygevoeg dat, van die top 10-bedrywe, die wynbedryf die grootste werkgewer van permanente werkers is. “Dit moet in ons guns tel. Ons het ’n nouer vennootskap met die regering nodig. Ons het die vermoë om buitelandse valuta te verdien, asook om produktiwiteit op te stoot en om as vermenigvuldiger van werk in die waardeketting te dien. “Ons skep werk en dra by tot ekonomiese ontwikkeling. Ons sal ook aanhou om op transformasie en sosiale verantwoordelikheid te fokus. Maar dit is nodig dat die regering toetree deur veiligheid te voorsien, ’n omgewing vir investering te skep, handelstrategieë en programme vir opleiding en verhoogde produktiwiteit te fasiliteer, asook deur belegging in navorsing, watervoorsiening, infrastruktuur en hulpbronne.” Die boodskap van dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, was dat geïntegreerde, allesomvattende en bewysgebaseerde beleidsontwikkeling nodig is in Suid-Afrika. “As jy wil voortgaan om ’n bestaan te maak deur landbou en jou besigheid te groei, is ’n ‘besigheid-soos-normaal’-benadering nie volhoubaar nie. “Ons het ’n kruispad bereik met betrekking tot breër transformasie in die sektor. Landboubesighede sal vanjaar tawwe uitdagings moet oorkom. Daar is vir seker geleenthede in landbou en spesifiek in die wynbedryf – wees net slim en pas aan.”
BIELIE VAN ’N TROS: Nicklaas James het dié massiewe tros druiwe by Royal Superette laat weeg en gevind dat dit ’n stewige 2 kilogram swaar is. Die druiwe kom uit sy eie tuin in Môreson en hy moedig mede-Môresonners aan om tuine aan te lê.
WISKUNDE-FOENDIES: Drie leerlinge van Hoërskool Robertson het puik presteer in die Onafhanklike Eksamenraad se Admaths 2012-eksamen. Adoré du Plessis (82%), Clarice du Plessis (86%) en Tiffany Schwegmann (80%) het veral beïndruk omdat hulle dit deur middel van afstandonderrig reggekry het om die raad se toppresteerderlys te haal.
6
Breederivier Gazette
Geklassifiseerd
Dinsdag 5 Februarie 2013
AJ QUALITY air conditioning and refrigerating and repairs. Installation of aircons. From door to door, mobile services. Arno Johnson 073 750 4487.
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 08 Sterfgevalle Death Notices
BOOYSEN, CHRISTOPHER JOHN Geb. 13/5/1998 Gest. 30/01/2013 Christopher is deur die koue hand van die dood van ons weggeneem. Sy dood word diep betreur deur die Regue, Booysen en Carelse-families.Jou gehoorsaamheid teenoor ons sal altyd onthou word.Roudiens sal plaasvind op Donderdag, 7 Februarie 2013 om 7nm te De Villiers skoolsaal. Begrafnisdiens Saterdag 9 Februarie om 9vm by die huis in Sweetpealaan 15, Môreson en 10vm in Langeberg Skoolsaal. Rus in vrede, Christopher.
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141
Algemene Dienste General Services KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool. * Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters * Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae * Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.
Dinsdag 5 Februarie 2013
Advertisement - Advertensie
Breederivier Gazette
7
Breederivier
Year 17 • 5 Februarie 2013 | Tel. 023 626 5212
Krieketklub goed op dreef Ondanks die feit dat Robertson Krieketklub slegs weg-wedstryde speel as gevolg van die baanblaaie wat nou oorgedoen word by die Callie de Wet-sportgronde, is die span tans in die tweede posisie in die Boland Premierliga B-kompetisie. Robertson het reeds ses wedstryde gewen en twee verloor. Young Peoples van Paarl is tans die voorlopers met 26 punte.
Robertson het verlede Saterdag die Derby teen Worcester United met vier lopies gewen. Robertson het eerste gaan kolf en 159 lopies behaal. Worcester United is almal vir 156 lopies uitgehaal. Robertson speel nog agt wedstryde weg. Indien iemand geldelike hulp wil aanbied, bel vir Jeremy Lucas, voorsitter van die klub, by 074 371 4195.
Tydens Hoërskool Robertson se kleure-“brag”, die aand voor die kleure-atletiek wat Vrydag 28 Januarie plaasgevind het, het die Blouspan met oortuiging gewen. Die blou seerowers het die silwer Footloose-dansers se droom om te wen behoorlik oorboord gegooi. Hoewel die Silwerspan ’n indrukwekkende voorstelling van hul spog-atlete gemaak het, het die onblusbare gees van ’n entoesiastiese Blouspan duidelik die oorhand gehad. Voor ’n stampvol saal het hulle die skoliere opgesweep en was almal begeesterd vir die kleure-atletiek die volgende dag.
Hier spog (van links) Karla van Rensburg, Mornè van Wyk, Annabelle du Plessis, Jaco Joubert en Wilmien Uys met hul trofeë.
Montagu-leerlinge blink uit Hoërskool Montagu se jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms het Vrydag 25 Januarie plaasgevind. Wilmien Uys is as die senior victrix ludorum aangewys en Mornè van Wyk as senior victor ludorum. Mornè het ook die trofee vir die veelsydigste seunsatleet verower. Karla van Rensburg is as die veelsydigste meisie-atleet aangewys en is ook as die junior victrix ludorum gekroon. Die junior victor ludorum was Jaco Joubert. Die beste prestasie van die dag (volgens die Atletiek Suid-Afrika-tabel) is deur Annabelle du Plessis vir gewigstoot gelewer. Dit was na verneem word ’n heerlike dag vir atletiek en die nuwe grasbaan van die skool is goed ingelyf – die dag het nege nuwe rekords opgelewer. Die groenspan is as die wenspan aangewys en hulle het ook die paviljoenbeker vir samewerking en dissipline op die paviljoen gewen.
Mornè van Wyk, wat as die senior victor ludorum aangewys is, is hier in aksie by die hoogspring-stasie.
Blouspan kraai koning by Robertson se kleuresport By Hoërskool Robertson se jaarlikse kleureatletiek het die Blouspan met die beker weggestap. Jacques Jordaan het die beste prestasie in ’n velditem deur ’n seun behaal.Die prestasie het altesame 886 punte vir sy span verdien. Die beste prestasie deur ’n meisie in die
velditems is gelewer deur Carla Mulder, wat 791 punte vir haar span verdien het. Thayne Jones en Simoné Abrahams was gesamentlik die beste baanatlete en het albei 808 punte vir hul span verdien. Erika Nel was die beste veldatleet onder die meisies en het 845 punte vir haar span verdien.
Die junior en senior victor en victrix ludorums is Bradley van As en Alegra Michaels (junior) en Juan van Rensburg en Carla Mulder (senior).