Breederivier Gazette 5 Mar 2013

Page 1

Breederivier

Year 17 • 5 Maart 2013 | Tel. 023 626 5212

Cogmanskloof upgrade will be ‘worth the wait’ DALEEN FOUCHÉ

The upgrade of the Cogmanskloof Road has been approved, although it will take two years to complete. The project by the Western-Cape Department of Transport and Public Works to upgrade the road between Ashton and Montagu, which is a provincial road, was given environmental authorisation on 25 February by the Western Cape Department of Environmental Affairs and Development planning. Freek van Renssen, project director and engineer for Aecom SA (Pty) Ltd, says the tenders will go out in June and the project is planned to commence in November this year. He says that motorists will have access to the road at all times during the upgrade through various systems, including stop-and-go systems. The project will see the current single carriageway road with gravel shoulders transformed into an aesthetic tourism attraction that will rival Meiringspoort, says Mareletta van Zyl-Wohlfarter, chairperson of the Montagu Ashton Tourism Association. The road has been damaged by several floods. The project will aim to make the road and its bridges more resistant to flooding. The Voortrekkers Bridge will be replaced by a new, more hydraulically efficient bridge.

A section of the road is set to be broadened to 3,7 m with a 2 m surfaced shoulder while another section will be broadened to 3,4 m with a 1,5 m surfaced shoulder. The intersection to the Swellendam turn-off, outside Ashton, will be upgraded by adding turning lanes to the three approaches. Although the request for a bicycle lane along the road was denied, a 1,5 m walkway for pedestrians between the two rest areas close to the tunnel was improved. Rob Brunnings, a Montagu resident who has been involved with the public participation process, says the road upgrade is a welcome and long-awaited addition to Montagu. He says he is especially happy that the road surface of Long Street will also receive attention. Van Zyl-Wohlfarter of the Montagu Ashton Tourism Association says the end product will be a tourism attraction of its own. She says the proposed landscaping for the project looks beautiful. She says that although the project will take longer than anticipated, it will be “worth the wait”. “A road upgrade will always have its frustrations.” Residents who wish to appeal the environmental authorisation can contact the office of the Minister of Environmental Affairs and Development Planning on 021 483 3721or send an email to Jaap de Villiers on jaap.devilliers@pgwc.gov.za.

Met dapper en stapper

Onderwysers van Hoërskool Robertson het deelgeneem aan die plaaslike Kansa Relay for Life wat Saterdagaand by die Robertson-skouterrein gehou is. Hul span, die Boet en Saartjies-span, het gestap ter ondersteuning van hul kollega Susara Stemmet, wat tans behandel word vir kanker. Nog foto’s op bladsy 4. FOTO: VERSKAF


2

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Robertson-skrywer put inspirasie uit Vallei Quintin Ellis van Robertson stel in Maart sy eerste boek bekend aan die publiek. Die Gazette het ’n paar vrae aan hom gestel. Vertel ons asseblief meer van jouself. Ek is in 1968 gebore in Springs, Gauteng. Vir jare lank het ek as vrywilliger by verskeie organisasies werk gedoen. In 2012 het ek begin skryf aan Die Oplossing Valhalla. Ek het twee dogters wat woonagtig is in Pretoria. Wanneer het jy jou passie vir skryf ontdek en hoe het dit ontwikkel? Quintin Ellis Op laerskool het ek ontdek dat ek ’n gawe het om te skryf en het opstelle en kortverhale begin skryf. Ná talle mislukte manuskripte het ek ’n deurbraak gemaak met my boek. Waaroor gaan jou boek? Dit is my eerste fantasieverhaal en gaan oor die mens se innerlike stryd. Dit speel af in ’n wêreld van dwerge, trolle en ander wesens. Die hoofkarakter gaan op ’n ontdekkingsreis deur die wêreld, op soek na mense wat sy familie vermoor het. Hy beland in baie gevegte en help ’n groep dwerge om uiteindelik hul land terug te wen. Wat of wie inspireer jou stories? A: Die berge, bosse en oop ruimtes in en om die vallei het ’n groot invloed op die verhaal gehad. Ek het ook baie van J.R.R. Tolkien, C.S. Lewis en Stephen King se Dark Tower-reeks gebruik as invloed. Wat het jy geleer uit die skryfproses? Ek het geleer almal het stories wat hulle ver-

tel, maar nie almal het die tyd om hul stories te vertel nie. Het jy raad vir aspirantskrywers? Soos ek genoem het, probeer ek amper 30 jaar lank al ’n boek op die rakke kry. Een uit elke 500 manuskripte word wel gekies vir publikasie. Ek was gelukkig om ’n uitgewershuis te kry wat op soek is na fantasieskrywers. Kry ’n reeds gepubliseerde skrywer om jou werk saam met jou na te gaan. Ek gaan binnekort ’n aanlyn skryfskool vir aspirantfantasieskrywers begin. Wanneer en waar word die boek vrygestel en hoe kan mense jou boek in die

hande kry? A: Die Oplossing Valhalla word Saterdag 16 Maart om 09:30 by die Worcester-biblioteek bekend gestel. Daar sal ook boeke te koop wees. Die boek is tans ook by Amazon.com beskikbaar.

Wen kaartjies vir KKNK se Huisgenoot-konsert Die Huisgenoot-musiekplaas se 2013-program by die KKNK beloof om onvergeetlik te wees . . . en ’n gelukkige leser van die Breederivier Gazette, of ’n aanlyn-leser by www.bolandgazette.co.za, kan ’n dubbelkaartjie na een van die konserte wen! Drie fantastiese konserte word beplan. Die afskopkonsert, Treffer na Treffer op 29 Maart om 19:00, bring Kurt Darren, Nicholis Louw, Heinz Winckler, Elizma Theron, Adam Tas, Fredi Nest, Monique, Ray Dylan, Gerrie Pretorius, Romanz, Louis Loock, Snotkop, Thys die Bosveldklong, Wicus van der Merwe, Manie Jackson, Pierre Rossouw, Silwer en Goud, 4Werke en A-men op die verhoog byeen. Vir die eerste keer is daar vanjaar ’n orkes op die verhoog om die kunstenaars te begelei. ’n Dag later, op 30 Maart om 19:30, sing nóg sterre die verhoog aan die brand by die Trots Afrikaans-konsert. Dit is vir hierdie konsert wat ’n dubbelkaartjie deur die Gazette op die spel is en hier kan jy jou Afrikaans-wees vier saam met Jay, Lianie May, Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld en Karlien van Jaarsveld. Die trio Huisgenoot-konserte word op 31 Maart om 19:30 op ’n hoë noot afgesluit met Duette Treffers. Lianie May en Jay, Elvis Blue en Andriëtte Norman, Karen Zoid en

Zolani, Sarah Theron en Pierre Rossouw, Emo Adams en Crushanda, Corlea en Tobie Jooste, Christo en Cobus, Jannie Moolman en Nádine, Snotkop en Monique, en Amoré en Waldo Lotz is die sangpare wat sal optree. Al die vertonings vind plaas by die Huisgenoot-musiekplaas, geleë by die Oudtshoorn-sportterrein in Voortrekkerweg. Konsertgangers kan ook ’n spesiale konsert nóg lekkerder maak deur ’n piekniekmandjie te bestel. Kaartjies en piekniekmandjies vir al die vertonings is by Computicket beskikbaar. Kaartjiepryse per konsert is R120 vir bespreekte sitplekke (volwassenes en kinders), en R90 vir volwassenes en R60 vir kinders onder 15 as sitplekke nié bespreek word nie. Daar is ook spesiale familiepakkette beskikbaar op onbespreekte plekke. )) Om vir die Gazette se kompetisie in te skryf, SMS die woord KKNK, asook jou naam en van, na 35405 teen Vrydag 13 Maart om 20:00. Elke SMS kos R1,50. Indien jy op ons webwerf registreer, kan jy ook aanlyn inskryf deur na www.bolandgazette.co.za te gaan, op die Competitionsskakel te klik en die instruksies te volg.

AHI besoek Sakekamer

Art-CAN-Win for students Tertiary students have until the end of March to enter Collect-a-Can’s Art-CANWin competition by designing a print advert for Collect-a-Can. Not only do students stand a chance to win an Apple MacBook, iPad or iPhone, but the winning entry will also form part of Collecta-Can’s national advertising campaign. “The competition encourages entrants to become cognisant of the important work that Collect-a-Can is doing through the recovery of used cans, not only by benefiting the environment, but also by creating jobs and building environmental awareness,” says Zimasa Velaphi, Public Relations and Marketing Manager of Collect-a-Can. The ad must have a headline, visual, body

Dinsdag 5 Maart 2013

copy and a pay-off line. All entries must be original in concept, design and execution. The competition launched, will run until 31 March. It is open to tertiary level students only. Entry forms are available on the Collect-aCan website www.collectacan.co.za. Entries can either be mailed to Collect-a-Can at PO Box 30500, Kyalami, 1684, for attention Janette Kruger or emailed to jenette@collectacan.co.za. For more information about Collect-a-Can contact the Collect-a-Can head office on 011 466 2939. Collect-a-Can is also on Facebook (http://www.facebook.com/CollectaCan) and Twitter (http://twitter.com/CollectaCan).

Die Bonnievale-sakekamer het ’n besoek van Christo van der Rheede, uitvoerende bestuurder AHI, ontvang op 13 Februarie. ’n Baie insiggewende praatjie is gelewer waarin Van der Rheede die teenwoordiges vertel het van die ekonomiese situasie in die land asook die stand van sake in meeste munisipaliteite. Die rol van sakekamers in die opbou van gemeenskappe is ook bespreek. By die vergadering het hy ook ’n gratis entrepreneurs-kursus aangekondig wat deur die AHI in samewerking met die sakekamer van Bonnievale aangebied sal word indien daar genoegsaam belangstelling is.

Lourens Jonker (Weltevrede), Christo van der Rheede (AHI) en Hansie Wolfaardt (voorsitter Bonnievale-sakekamer) geniet versnaperings ná die praatjie.

AGS PRESIDENT BESOEK KERK: Dr. Izak Burger, president van die AGS, besoek die Montagu Nuwe Lewe Sentrum in Joubertstraat op Sondag 17 Maart om 09:30. Dit is die eerste keer in meer as 15 jaar dat hy die kerk besoek. Vir meer besonderhede, bel vir past. Lourens du Plessis op 023 614 2260. SKRYWER VAN FORMAAT: Megan Janse van Rensburg van Hoërskool Robertson is een van vyf leerlinge van regoor die land wat vir die LitNet SkryfNet-aanlynpoësieslypskool gekwalifiseer het. Hierdie program bied aan die vyf kandidate die geleentheid om hul skryfvaardighede met die hulp van twee bekende digters te slyp. Danie Marais en Jasper van Zyl sal terugvoer en raad gee om deelnemers te help om hul skryfwerk te verbeter in ’n slypskool wat geheel en al in die kuberruim plaasvind.

Op die spoor van haasbekkies DIE Breederivier Gazette soek die oulikste haasbekkie in die Vallei. As jy reken jóú haasbekkie is ouliker as alle ander, skryf dan dadelik in vir die Gazette se Haasbekkie-kompetisie en wen lieflike pryse vir jou kind. Bring ’n foto van jou kind na die Gazette se kantoor by Kerkstraat 22, tesame met die inskrywingsfooi van R55. Kinders moet tussen die ouderdom van vyf en nege jaar wees. Inskrywings moet Vrydae vóór 14:00 ingelewer wees sodat die foto’s betyds is vir plasing in die koerant. Lesers kan dan vir hul keuse stem deur haasbek, gevolg deur die kind se naam, na 35405 te SMS. Die haasbekkie wat aan die einde van die kompetisie die meeste stemme kry, is die wenner. SMSe kos R1,50 elk.Die kompetisie sluit om 14:00 op 2 April. ’n Groot aantal borge wat lieflike pryse borg het tot die kompetisie toegetree. Dit is nie net die wenners wat pryse gaan wen nie, maar vir hul ouers of dié wat hulle inskryf wag daar ook lekker pryse. Vir meer inligting, bel Annelda Grootboom by 023 626 5212.


Dinsdag 5 Maart 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Proposal to replace aliens with indigenous fish DALEEN FOUCHÉ A proposal to replace alien fish species with indigenous fish in the Vrolijkheid Nature Reserve dams was discussed with the Friends of Vrolijkheid on Thursday 28 January. Dean Impson, an aquatic scientist specialising in fish from CapeNature’s scientific division, addressed the Friends to explain the proposal and to engage with stakeholders of Vrolijkheid on the specifics of the proposal. There are three dams with varying conditions in the Vrolijkheid Nature Reserve, which are managed by CapeNature. Impson, however, said it is unlikely that all

three dams will be targeted for this project. The Friends asked Impson various questions on how this project would affect other aspects of the nature reserve after he explained that the alien fish species will be killed with a chemical called Rotenone. He said that before the dam is treated with the chemical, most of the fish will be caught and removed. However, because all fish need to be removed from the eco-system for the project to succeed, the chemical will be used. Dam levels will be lowered significantly to keep other amphibians’ exposure to a minimum. Impson said the chemical will not be harmful to animals who drink the water or who eat fish and insects that have been exposed to the chem-

ical. However, amphibians like tadpoles and frogs that are in the water during the treatment, will be affected, but Impsom justified the losses because the dams are man-made. The first phase of the project will be the building of the screens to remove fish from November this year to March next year and to execute the project in April 2014, when the water level in the dams is relatively low. A Friend proposed that the dams be given sufficient time to recover and build up food for fish before it is stocked with indigenous fish. Most of the Western Cape river systems are inhabited by fish which did not occur naturally in these systems, but were introduced to the rivers for angling and other purposes. These species include sharp tooth catfish

(barbel), trout, blue gill sunfish and small- and large-mouth bass. Indigenous fish, like red fins, are small in size and inherently curious, with no defence against larger predatory fish. According to Impson, this is an important reason as to why 16 of the 24 fish species that are indigenous to the fynbos region are on the International Union for Conservation of Nature (IUCN) endangered species list. He says the river systems of the Western Cape and more specifically the fynbos areas, are under a “serious ecological threat”. Other contributing reasons include the negative effect that the bulldozing of riverbeds have on fish habitat and the inappropriate use of pesticides and fungicide.

Vinpro sien goed én sleg in aksyns-styging )) Die Robertson-polisie versoek motoriste om hul motors te alle tye te sluit om sodoende misdaad in die dorp te vermy. Luitenant Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, sê in Januarie was daar 11 gevalle van diefstal uit motorvoertuie en in Februarie was daar 12 sake van diefstal uit motorvoertuie. Sy het motoriste versoek om te alle tye hul besittings, asook hul motorvoertuie, te beveilig. )) The Robertson police will host an imbizo (community meeting) in the Nkqubela community hall on Wednesday 20 March from 19:00. Residents are invited to attend and to raise questions about local policing.

Katriena Lawak van Môreson is sedert 20 September 2012 vermis. Sy is laas by die Masonic Drankwinkel in Reitzsraat gesien. Indien jy enige inligting het oor Lawak, bel die Robertson-polisie by 023 626 8340.

Hoewel die verhoging in aksynsbelasting hoër is as inflasie, is dit verblydend om te sien dat daar vanjaar groter begrip deur die regering was vir die unieke uitdagings in die volhoubaarheid van die wynbedryf. Vinpro, die verteenwoordigende liggaam vir Suid-Afrikaanse wynprodusente, het ’n persverklaring uitgereik waarin hy dié ligpunt maar ook teleurstelling uitgewys het. “Die verhogings is egter steeds hoër as inflasie, wat nie bydra daartoe om die huidige kostedruk van meer as 20%, grootliks gedrewe deur loonaanpassings, jaar op jaar te verlig nie,” lui die verklaring. ’n Aksynsverhoging van 8% op wyn en 10% op brandewyn is in sy jaarlikse begrotingsrede deur die minister van finansies, Pravin Gordhan, aangekondig. “Die verhogings sal, gegewe weerstand deur kleinhandelaars om pryse te verhoog, waarskynlik in die praktyk afgewentel word na die

BEHOORT DIT AAN JOU? Dié items, insluitend ysteren houtpale, ’n lig en sleutels is deur die Robertsonpolisie by verdagtes gekonfiskeer en word tans by die polisiestasie geberg. Die Robertson-polisie versoek van die eienaars om hul besittings te identifiseer.

primêre produsent van wyndruiwe, aangesien hy uit die aard van sy besigheid noodwendig ’n prysnemer is. “Brandewyn, ’n belangrike hoeksteen van die bedryf, beleef juis tans ’n ongekende laagtepunt in verkope, wat regdeur die bedryfsketting gevoel word.” Vinpro sê die regering het reeds voor die verhoging R4,7 miljard uit die bedryf verdien teenoor die produsente-inkomste van R3,7 miljard. “Dít bring ’n groter dringendheid van staatsondersteuning binne die beleidsraamwerk mee as ooit tevore ten einde die wanbalans tussen ekonomiese realiteite en sosio-ekonomiese druk te verlig.” Volgens Rico Basson, uitvoerende direkteur van Vinpro, werk dié verteenwoordigende organisasie vir sowat 3 600 wynprodusente aktief saam met ander wynbedryforganisasies daaraan om sy vennootskap met die regering te versterk. Hy neem ook deel aan jaarlikse gesprek-

ke met die Tesourie rakende aksynsbelasting op drankprodukte. Die wynbedryf het ’n vertoë aan die Tesourie gerig vir verhogings nader aan inflasie. Dit is in die lig van bedryfsnavorsing wat aandui dat aksynsvlakke op veral brandewyn reeds heelwat hoër as die internasionale norm is. Volgens Vinpro het wesenlike aksynsverhogings verdere, onbeplande gevolge, soos ’n toename in onwettige handel. “Ons beraam dat die ontduiking van aksynsbelasting op spiritus sowat R432 miljoen per jaar beloop. Verder word meer as 100 miljoen liter “ales” elke jaar verkoop. Navorsing toon volgens Vinpro verder dat elke 1%-verhoging bo inflasie in kleinhandelpryse sal lei tot ’n verlies van 2 005 werksgeleenthede in die wyn- en brandewynbedryf. Die wynbedryf is die naasgrootste uitvoerder van landbouprodukte en die bydrae tot die bruto binnelandse produk is meer as R26 miljard. Sowat 279 000 mense werk in dié bedryf.


4

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 5 Maart 2013

Trade ties with China strengthened On Friday, Gerrit van Rensburg, Western Cape Minister of Agriculture and Rural Development hosted Zhang Jian Guo, Shandong Province’s Vice-Governor, in Cape Town. The purpose of the meeting was to strengthen trade ties between the two regions and to showcase some of the Western Cape’s finest wines. Van Rensburg said the wine industry plays a vital role in the Western Cape economy, both as earner of foreign revenue and as a source of employment. The wine industry contributes R26 billion to the South African economy and provides more than 275 000 jobs throughout the economic value chain. Van Rensburg said that for each R1 million generated through wine exports, 46 job opportunities are created in the economy. An increase in demand for R1 million

of grapes will create an additional 113 job opportunities. He emphasised the importance of at least maintaining, but preferably increasing, our agricultural export profile. Both the Western Cape and Shandong Provinces belong to the Regional Leader Grouping. This diplomatic platform gives Western Cape wine business access to the annual Yantai International Wine Festival in Shandong Province. This year will be the third time Van Rensburg leads the Western Cape official and business delegation to the Festival. Western Cape wine exports to China have increased significantly in the past years, growing at 50% per year for the last three years. Van Rensburg believes there is still much potential to explore for wine, but also for other agricultural produce, such as fresh fruit, in the Chinese market.

GRIEPINSPUITINGS NOU BESKIKBAAR: Moenie die gevaarlike virusse wat dié winter die ronde gaan doen onderskat nie. Of jy nou in die hoërisiko-kategorie val of nie – griep is lewensgevaarlik en dié inspuiting bied jou die beste beskerming daarteen. Die apteker, Hennie van Dijk het besluit om geen kanse te vat nie en het reeds sy griepinsputing by suster Gretha McCallaghan van Wynland Apteek gekry.

STAP VIR BEWUSMAKING: Die plaaslike Kansa Relay for Life het op Saterdag 2 Maart plaasgevind by die Robertson Skougronde. Deelnemers het geld ingesamel vir Kansa deur vir ’n hele nag lank om die veld te stap en stalletjies te beman. Hier stap die Golden Oldies-span om die baan. FOTO’S: ZELDA KLOPPERS

STAP VIR ONDERSTEUNING: Dié span het vrolike geel kleure aangehad tydens die Kansa Relay for Life-staptog om hulle ondersteuning vir Kansa en kankerpasiënte te wys.

PUIK TANDESORG: Dr. Werner Brümmer, plaaslike tandarts en Carin Brümmer, mondhigiënis, is hier saam met hul span by hul Robertson-tak. Hulle sorg vir ’n ontspanne atmosfeer in die spreekkamer en is ook kinder-vriendelik. Daar word persoonlike aandag aan elke pasiënt met goeie resultate gegee.

FIKSHEID-GHOEROE: Wian Gerber is vir meer as ’n dekade lank by oud en jonk bekend vir professionele advies as dit kom by fiksheid. Spesiale programme word uitgewerk volgens elke lid se behoeftes. Spinningklasse en boot camps is maar net ’n paar van sy programme.

LEKKER RUIK: Fragrance Boutique spog met meer as 200 parfuums vir mans en dames teen ’n fraksie van die prys van ander parfuums. Fragrance Boutique se parfuums word van Grasse, Frankryk, die hart van die parfuumbedryf, ingevoer. Hier sal u groot name soos Chanel, Dior, DKNY, Gucci en veel meer kry. Besoek gerus die toonbank by Isabeau Velsorg op Robertson.

TOP-FASILITEITE: Club Activ (stet) hou reeds vir ses maande lank kliënte fiks deur bekostigbare pakkette aan te bied. Dié moderne gimnasium van 500 m2 bied onder meer ’n kardio-afdeling, ’n oefenbaan, gewigs-afdeling en ’n ateljee waar stepping, joga, pilates, spinning en rek-oefenklasse aangebied word. Daar is ook ’n WiFi-afdeling en ’n delikatesse waar gesonde smoothies bedien word. Stortgeriewe is beskikbaar sodat lede direk van die gimnasium werk toe te gaan.

EET GESOND: Het jy gedink dieetkundiges help net oorgewig mense? Riekie van der Vyfer en Mareli Conradie is registreerde dieetkundiges en verrig ’n verskeidenheid van dienste aan volwassenes sowel as kinders. Hulle gee raad en werk diëte uit vir mense met diabetes, cholesterol, spastiese dikderm, hardlywigheid en sportvoeding asook mense wat riglyne soek vir ’n gesonde lewenstyl. Riekie lewer ook hul diens elke Woensdag by Wynland-apteek op Robertson en binnekort op afspraak in Montagu


Dinsdag 5 Maart 2013

General - Algemeen

Robertson groet ’n juweel ANNELDA GROOTBOOM

’n Inwoner van Bonnievale plant sy nuwe vrugteboom as deel van die Mensewoudeprojek van Droom SA.

‘Mensewoud’ vir Bonnievale Een van die vele definisies van droom is om iets te sien wat nog nie bestaan nie en dit dan ’n werklikheid maak. Droom SA, wat begin het as die Bonnievale Droom, ’n droom oor ’n beter omgewing, het ’n nuwe projek om dit in werklikheid te omskep. Die projek, Mensewoude, word in samewerking met die Kaapse Wynland Biosfeer-reservaat en ICE, ’n eko-tegnologiese maatskappy van stapel gestuur en beoog om vrugtebome in Bonnievale se plakkerskampe te plant. Bome word gebruik om skadu te skep, koolstof te absorbeer, die grond te verbeter en erosie te beveg. Die bome sal ook bydrae tot ’n mooier omgewing en die vrugtebome sal ingespan word om in die armste gemeenskappe bietjie vrugte te gee. Daar is besluit op vyebome, sitrusbome en avokado bome. Ná baie beplanning en versoeke om fondse, is dié droom bewaarheid op Saterdag 23 Februarie toe Droom SA en sy medewerkers be-

gin het om die eerste mensewoud te vestig. ’n Klein stowwerig en baie arm plakkerskamp aan die uithoeke van Bonnievale is gekies vir die projek. Met behulp van gemeenskapsvrywilligers en die Biosfeer en ICE is ’n wavrag lemoenbome verkry. Die Toyota Ridders, wat uitnemende werkers by Toyota verteenwoordig, is die donateurs van die eerste 50 vrugtebome. Lekker Kampplekke het ook bome gebring. Eers is die boompies almal netjies uitgepak terwyl die inwoners die nuwigheid en die besoekers gade geslaan het. Vir die volgende vier ure lank is gate gegrawe dat die stof letterlik draai. Boompies is ingesit met handevol kunsmis wat geskenk is deur die Langeberg-munisipaliteit en water is aangedra in swaar wit kanne om die boompies nat te gooi. Altesame 55 bome is Saterdag geplant, met nog 230 wat in die volgende twee weke geplant sal word.

baie kleuters is deur haar onderrig. Volgens haar seun, Oliver Adams, was sy ma ’n ’n Seder van Anneliefdevolle, omgee-mens Fredericks-kleuterwat altyd ’n goeie en bemoeskool en die gemeendigende woord vir ander geskap van Robertson had het. Sy was baie betrokhet geval. Juffrou ke in die gemeenskap en Adams, oftewel Lokerk. Gebed het ’n groot rol retta Adams (68), die in haar lewe gespeel en sy skoolhoof van Annehet geglo daar is ’n oplosFredericks, is verlesing vir elke probleem. de Maandag (25 FeHaar jarelange vriendin, bruarie) ná ’n kort Hellen Visser, het haar opsiekbed oorlede. gesom as ’n baie private Adams was een van mens, besonders netjies en die eerste pasiënte van die voormalige Loretta Adams is op 25 Februa- as iemand wat ’n groot liefde gehad het vir haar skool hartchirurg, Chris rie oorlede. en kerksake. Sy het nooit Barnard, wat ’n ope hartoperasie ondergaan het, en het vier gekla oor haar siekte nie en was altyd jaar gelede ook ’n klepvervanging deur moedig en dankbaar teenoor diegene dokter Susan Vosloo ondergaan. Verle- wat haar ondersteun en besoek het. Sy laat haar twee kinders, Oliver en de jaar in September en Oktober het sy meer chroniese hartprobleme onder- Astrid, skoonseun Allister, skoondogvind en is sy 15 Februarie van daardie ter Valencia, asook haar sewe kleinkinjaar opgeneem in Vincent Palloti-hos- ders en twee agterkleinkinders agter. Die begrafnisdiens is reeds Saterdag, pitaal, waar sy baie siek was. Sy was die eerste skoolhoof in die 23 2 Maart in die Anglikaanse kerk in Wesjarige bestaan van die kleuterskool en leystraat gehou.

Breederivier Gazette

5

Besoek Rooiberg se rooi stoel Rooiberg Wynkelder nooi inwoners uit om die hoogste stoel in Afrika te besoek. Die publiek word uitgenooi om op 27 Maart vanaf 10:00 tot 17:00 die kelder se nuutgeboude indrukwekkende rooi stoel te besoek. Die eerste twee wyne van die nuwe “Red Chair”-wynreeks word ook die dag vir die eerste keer bekendgestel, so elke lid van die publiek wat ’n bottel van dié reeks koop, kan saam met die drie kunstenaars op die stoel klim, hulle ontmoet, hul wynbottels laat teken en saam met hulle foto’s neem op die stoel. Die gaskunstenaars is Danie Niehaus en Christo en Cobus Snyman.

Christo en Cobus Snyman


6

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 5 Maart 2013

Oldest trophy awarded One of the oldest and most popular golf trophies on the Boland Women’s golf calendar, the annual Major Wolhuter Trophy, was up for grabs at the Robertson Golf Club on Saturday.

SOOS FILMSTERRE: Landbouskrywers van regoor Suid-Afrika het Vrydag 1 Maart die Boer van die Jaar 2012-2013, Van Loveren, buite Robertson besoek. Hier poseer die Retief-familie soos regte filmsterre saam met vorige wenners vir die fotograwe. FOTOS: KEN MC INTYRE

Bonita Malherbe (staande) het tydens die geleentheid ’n kaas-en-wynproe aangebied.

Bussell Retief verduidelik aan die groep besoekers die proses om vonkelwyn te maak.

TIMBYLYTE TOT U DIENS: Timbalyte Robertson Begrafnisondernemer in Van Reenenstraat reël nie net begrafnisse nie, maar bied ook ander dienste soos begrafnispolisse, grafstene en verassings. Agter van links is Zelda Marais en Wouter Marais (eienaar). Voor is Maruis Geduld, Hildeguard Eksteen en Alwyn Vlok.

A field of 60 women from both the Boland and Western Province teed off in perfect conditions to mark the 50th anniversary of this historic event. The trophy was donated in 1963 by a former mayor of Robertson, and president of Robertson Golf Club at the time, Major Cassie Wolhuter, also a veteran of the Anglo Boer War. The Wolhuter Trophy has afforded women golfers from all clubs in the Boland and Wes-

tern Province the opportunity to compete annually at Robertson as couples in a Better-Ball Stableford Competition over 18 holes. Amongst those who competed on Saturday included the president of the Boland Women’s Golf Union, Lol Jones of Stellenbosch, and also Gilly Tebbutt, South Africa’s most capped Springbok from Rondebosch in Cape Town. This year’s winners, on a score of 45 Points, were Jane Grey and Bev Burchell of Robertson. The women’s section of Robertson Golf Club, under the captaincy of Nina Kriel, as well as the golf manager of Robertson GC, Ludwig Vercuiel, are to be commended for the success of the day, and it is hoped that a field of 120 golfers will participate at Robertson next year.

The 50th Anniversary of the Major Wolhuter Trophy for women’s golfers was held at Robertson Golf Club (Silverstrand) on Saturday. Here are (from left) Leonie Nell, who presented the prizes, the winners on a score of 45 Points, Jane Grey and Bev Burchell of Robertson, and Dudley Wolhuter, grandson of Major Cassie Wolhuter, who had initially presented the trophy.


Dinsdag 5 Maart 2013

Advertisement - Advertensie

Breederivier Gazette

7


8

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 5 Maart 2013


Dinsdag 5 Maart 2013

Letters - Briewe

Waar begin Route 62? Volgens verskeie advertensies en berigte wat van tyd tot tyd in die Gazette verskyn blyk daar ’n misverstand te wees oor waar presies Roete 62 nou eintlik is. Die pad tussen Worcester en Swellendam oor Ashton heet die R60 (Roete 60), terwyl die pad vanaf die T-aansluiting na Montagu tot by De Rust oor Barrydale, Ladismith, Calitzdorp en Oudtshoorn die R62 (Roete 62) is. Vele berigte sinspeel daarop dat Roete 62 by Worcester begin, wat uiteraard foutief en misleidend is. Hopelik klaar hierdie die saak op.

JAMES THOMSON

Surene Bruwer, woordvoerder van Route 62, gee terugvoer:

Die fisiese pad, die R62, is vanaf Montagu, soos James Thomson sê. Maar vir bemarkingsdoeleindes word die toerismeroete omskryf as ’n Hawestad-tot-hawestad-roete. Die model is gebaseer op die bekende Route 66 van die Verenigde State van Amerika wat regoor die land se breedte strek en van hawestad tot hawestad strek. Daarom begin die Cape Route 62 vanaf Kaapstad en eindig dit in Port Elizabeth Die Cape Route 62 begin dus in Kaapstad en sluit dorpe soos die Paarl, Wellington, Tulbagh, Ceres, Wolseley, Rawsonville, Worcester, Robertson, McGregor, Bonnievale, Ashton en Montagu in, waar die roete dan aansluit by die R62-pad.

Die beheptheid met bekendes en skandale Die afgelope twee weke het ek weer eens bewus geraak van watter beheptheid ons ou landjie het met bekende persoonlikhede en hulle wel en weë. Ek het myself al voorheen die woede van baie mense op die hals gehaal omdat ek geskryf het oor hierdie tendens om gewone mense te verhef tot “gode”. Wanneer hulle dan die dag struikel en ’n fout maak, spring daardie selfde mense op en braak gal. Dan is die heldeverering verby en word alles wat sleg is oor daardie persoon geskryf. Vir koerante en tydskrifte is sulke sensasionele stories baie goeie nuus, want dit verkoop, maak nie saak wat hulle skryf nie. Hoe meer sensasioneel hulle dit aanbied, hoe beter verkoop die produk. In die media-wêreld is daar niks so winsgewend as slegte nuus nie. Verlede maand het die paralimpiese atleet Oscar Pistorius hom geskaar by mense soos Jurie Els, Steve Hofmeyr, Louie Fish, Joost van der Westhuizen, Hansie Cronje en andere wat van hulle ivoortorings geval het. Die feit dat dit ’n tragedie is waarin iemand dood is en waardeur twee families se lewens onherroeplik verander is, is nie ter sprake nie. Dit is ’n skandaal en dit moet ten alle koste gemelk word totdat die speen droog is, en dan

sal daar steeds geskrop en gekrap word om iets in die hande te kry. Die mediaberigte en hofverrigtinge om Pistorius het die afgelope paar weke alles oorheers (dit het selfs pres. Jacob Zuma se staatsrede na bladsy 2 verskuif). Hy is deur die staat aangekla, maar ook deur die media aangekla en veroordeel. My vraag is nou: Is dit nou omdat hy ’n bekende persoonlikheid is dat die klag teen hom ernstig is? Niks is egter nog bewys nie. Hy moes deur hel gaan om borgtog te kry, maar aan die anderkant kry ander moordenaars en veral plaasmoordenaars, verkragters en aanranders borgtog, maak nie saak wat die klag teen hulle is nie. Die saak word op die hoogste vlak hanteer en die beste ondersoekers word aangestel. My vraag is weer: Hoekom nou skielik? Hoekom word dit nie gedoen in alle voorvalle van moord en verkragting nie? Is boere wat wreed gemartel en vermoor word of jong kinders, meisies en vroue wat wreedaardig aangerand, verkrag en vermoor word se lewens minder werd as dié van Oscar Pistorius? Ek vra maar net . . .

Breederivier Gazette

9

Trucks disrupt suburban peace in Robertson’s streets This topic (trucks in suburban areas) has been in the Gazette before with apathetic response from the municipal manager. Weak excuses are made about not being able to put up signs prohibiting heavy duty vehicles as the municipality also needs to move through these area. We are talking about unauthorised vehicles that drive through town just to pick up take-aways or do shopping. I have photos (not published -Ed) of how the road is damaged by turning trucks, especially off Barry Street into Konstitusie and Victoria Streets. Apart from the road damage that we have to pay to have repaired, trees are damaged and noise pollution levels are becoming intolerable. Window panes literally vibrate in their frames. Many elderly people live in the bottom section of Barry Street who are really finding this uncomfortable, to say the least. I think the solution is very simple: place signs on Voortrekker Road forbidding entry to unauthorised heavy duty vehicles. The lorries that turn up Barry Street for diesel simply turn into the garage and then exit into Voortrekker Road once diesel has been put in. This makes sense. Why are 60 ton trucks driving through the residential area when they are not delivering

goods? These trucks often park in Piet Retief Street opposite the park area for easy access to the shopping centre. To get there, they use Barry, Konstitusie and Victoria Streets. Once parked in Piet Retief Street , they obscure views of oncoming traffic and therefore pose a danger to our drivers. Obviously municipal vehicles and lighter delivery trucks servicing shops higher up have to use the roads, but what is a “grain carrier” (truck weighing 30 tons) with a 36 ton load or a 40 ton tanker services truck doing in Barry, Konstitusie or Victoria Streets? These are just a few of the lorries without any business in residential areas that are ruining our streets and trees.

ANONYMOUS, Robertson

Soyisile Mokweni, municipal manager responds: We are unable to prohibit trucks from entering the Robertson residential area via Barry Street as this would have significant economic repercussions for our area. The trucks that enter Robertson via Barry Street more than often have to make deliveries within the area to all big grocers, including Spar, Pick n Pay and Shoprite. The same trucks also serve many smaller shops, not to mention the hotels (there are two hotels in

Barry Street) and B-and-Bs. We cannot opt to satisfy one and inconvenience another. If, for example, we do put up signs to prohibit trucks from entering Barry or surrounding streets, our own garbage collection trucks would not be able to collect the garbage on given days in those streets. With regard to obscuring the views of oncoming traffic and posing a danger to drivers: according to the Road Traffic Act, it is illegal for any vehicle to park five metres from an intersection. Should this occur, I would urge the complainant to report this traffic violation immediately. The issue of damaged roads is an engineering matter. This incident is not specific to the mentioned streets as it occurs at most busy intersections. The damage to the road only occurs in the summer months when the heat softens the bitumen which melts the upper layer of the tar. The municipality has had to re-tar and repainted most of the intersections within the area on a continuous basis during summer months. The area could face significant job losses should we prevent trucks from driving down the mentioned streets. It is thus not economically sustainable. Residents are requested to call our 24hour call centre at 086 088 1111 should they detect any traffic violations


10

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 5 Maart 2013

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES GEREED OM TE HELP: Altesame 52 leerlinge van Hoërskool Montagu het op 21 en 22 Februarie hul jaarlikse BokSmart mediese opleiding ontvang. Die seniors het Vrydag ook ’n kursus in meer gevorderde noodhulp, asook ’n kursus in die verbinding van ou beserings by sportlui. Dit is aangebied deur Gunther von Bentheim van Worcester. Hier is ’n groepie beginners besig om te oefen om iemand met ’n nekbesering op ’n draagbaar te plaas: (van links) Maren Pekeur, Tasneem LeKay, Kirsten Bruintjies en Karla van Rensburg met (regs) Von Bentheim wat instruksies gee.

07 Gelukwensing Congratulations

HOPP, BREDLEY FENEDéL Geluk met jou verjaarsdag, mag God jou baie jare spaar. Van jou ouma Lea, aunties Gusseline en Julene.

11

In Memoriam

MANEUL DENIS Baie geluk met jou verjaarsdag, 10 Maart. Mag daar nog vele geseënde jare vir jou wees. Dankie dat jy ’n goeie man is vir my dogter en ’n goeie Pa vir my kleinkinders. Jy moet jou dag geniet. Van jou skoonma Ella.

SAAYMAN JOHANNA Geb.6/3/1942Gest.13/07/2012 Mamma, dis jou eerste verjaarsdag (6 Maart) weg van ons. Ons mis jou geweldig, maar wat God gedoen het is welgedaan. Maar die kosbare en waardevolle herinneringe sal ons altyd met ons saamdra. Jy word gemis deur die Pelgrims van Christusgemeente, 4 kinders, 14 kleinkinders en 7 agterkleinkinders.

1141

Algemene Dienste General Services KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.


Dinsdag 5 Maart 2013

Reën stuit nie Robbe se atlete Tydens die sone-atletiekbyeenkoms wat op 9 Februarie by die Van Zylstraat-sportterrein plaasgevind het, het Hoërskool Robertson goed presteer, ten spyte van die reënerige toestande. Jacques Jordaan is as die beste seuns-presteerder van die dag aangewys. Esteban van der Merwe is as die victor ludorum gekroon en Carla Mulder as die victrix ludorum. Daar is hierdie jaar ook 55 leerlinge van Hoërskool Robertson in die sone-span opgeneem.

Jacques Jordaan, Esteban van der Merwe en Carla Mulder het goed presteer by die sone-atletiekbyeenkoms.

Uitnodiging aan alle kore Suid-Afrika se oudste skoolkoorkompetisie, ATKV-Applous, nooi alle skoolkore om daarvan deel te word. Laer- en hoërskoolkore kan inskryf vir dié kompetisie wat vanjaar vir die 36ste keer aangebied word. Laerskole kan inskryf in die kategorieë vir meer en minder ervare senior kore, asook junior kore. Skole wat nie Afrikaans as moedertaal het nie, kan inskryf in die afdeling vir senior en/of junior kore. Die hoërskole-afdeling bestaan uit meer en minder ervare kore, wat insluit seuns-, meisies- en gemengde kore. Die afdeling vir nie-Afrikaanse skole bestaan nou ook uit ’n meer en minder ervare afdeling, wat insluit seuns-, meisies- en gemengde kore. Skole en koorleiers het tot 15 Maart om hul skoolkore in te skryf vir ATKVApplous. Vir meer inligting, besoek www.atkvprojekte.co.za of kontak Bessie Keun by 082 454 6060 of Johan Esterhuizen by johane@atkv.org.za.

Johan van Molendorff, Sumari Naudé, Melissa Knapp, Johann van Dyk en Matt Louwrens.

Robbe swem rits medaljes los Leerlinge van Hoërskool Robertson het tydens die Hopefield-uitnodigingsgala 12 medaljes huis toe gebring. Johan van Molendorff (seuns o.16) het drie goue medaljes verwerf in vlinderslag, borsslag en individuele wisselslag en ook een silwermedalje vir vryslag. Johann van Dyk (seuns o.15) het drie goue medaljes gewen vir vlinderslag, rugslag en vryslag, asook een bronsmedalje vir borsslag. Matt Louwrens (seuns o.15) het ’n silwermedalje gewen vir borsslag en Melissa Knapp (dogters o.16) ’n silwermedalje vir vlinderslag asook ’n bronsmedalje vir rugslag. Sumari Naudé het ’n bronsmedalje vir vryslag gewen. Die seuns-aflosspan wat bestaan het uit Johan van Molendorff, Johann van Dyk, Matt Louwrens en Du Toit Cilliers het brons verower by die hoërskole-swemaflos.

General - Algemeen

Breederivier Gazette

11


Breederivier

Year 17 • 5 Maart 2013 | Tel. 023 626 5212

Rugby-uitslae en bepalings )) Die Robertson-rugbyklub het op Saterdag 2 Februarie teen die Young Hamiltons van Worcester gespeel. Die eerste span het hulle wedstryd verloor terwyl die twee-

de en derde spanne hulle wedstryde gewen het. )) Die Robertson-rugbyklub speel op Saterdag 9 Februarie teen Swellendam in Swellendam.

Robertson-krieketklub-spelers.

Robertson-krieket wil nog hoër mik Die Robertson-krieketklub vaar uitstekend hierdie seisoen ondanks die baie uitdagings wat die klub in die gesig staar. Die A-span, wat in die Premierliga B-kompetisie speel, is tans derde op die punteleer, maar kan steeds ’n hoër posisie bereik indien Boland Krieket hierdie week die finale uitslag gee oor ’n betwiste wedstryduitslag. Indien die uitslag positief is vir Robertson, sal die klub nog ’n wedstryd moet speel om te promoveer na die topliga in die Boland. Die span het 13 wedstryde weg gespeel en slegs drie verloor. Spelers wat goed presteer het en opgeneem is in die onderskeie verteenwoordigende spanne, is Ismael Lekay, Warrick Abrahim en Danico Philmon wat van 19 Februarie tot 27 Februarie deelgeneem het aan die nasionale plattelandse krieketweek in Limpopo. Danico en Ferisco Adams is ook deel van die Boland en Cape Cobras se provinsiale spanne. Die B-span het ook die tweede ronde goed afgeskop deur van die 12de plek na die sewende plek op te skuif. Hierdie span speel egter minder wedstryde as gevolg van spanne wat nie opdaag nie. Jonger spelers soos Clayton Malgas, Ryan

Engelbrecht en Clinton Fisher het ook onlangs die geleentheid gekry om in die A-span te speel. Dié span het ’n oorwinning in die Pro 20kompetisie behaal deur Worcester Moslems met 23 lopies te klop. Die beste speler was Jupiter Hopp, wat 41 lopies gekry het en twee paaltjies vir nege lopies geneem het. In die tweede wedstryd het die span vir Worcester Victorians met vier lopies gewen danksy goeie boulwerk aan die einde deur Zahir Abrahim, Brendon Erasmus en Marnay Beukman. Die klub is ook deur Krieket Suid-Afrika uitgesonder as een van die beste klubs in die land wat in ’n plattelandse gebied geleë is. Die Robertson-krieketklub se verhaal kan binnekort gelees word in die sporttydskrif SA Cricket. Die klub wil die gemeenskap, sakeondernemings, raadslid Davin Hull en veral die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit en die kantoor van die onderburgemeester, raadslid Henry Jansen, bedank vir hul ondersteuning. Die bestuur nooi alle jong krieketspelers van alle demografiese groepe uit om lid te raak van die klub wat die hele gemeenskap van Robertson en omgewing verteenwoordig.

LID VAN BOLAND-BESTUUR: Die voorsitter van die Robertson-rugbyklub, Stephen Jones, is op 28 Februarie verkies as ’n uitvoerende lid van die Boland-rugbyunie tydens die unie se jaarvergadering by die Boland-stadion in Wellington. Jones is hier by vorige bekerseremonie as verteenwoordiger van die Robertson-rugbyklub.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.