Breederivier Gazette 7 Mei 2013

Page 1

1913 EW 1C6WXC540

Breederivier

ROBERTSON 023 626 6171 MONTAGU 023 614 3332 BONNIEVALE 023 616 2598 Year 17 • 7 Mei 2013 | Tel. 023 626 5212

Drumline warm­up

Music groups from Robertson, Bonnievale, McGregor and Montagu took part in a follow-up workshop to the Drumline Outreach Programme, first held early in April, in collaboration with the RAD Foundation, Ashwin Willemse Orient Group and Western Cape Marching Band. Young people of the Langeberg met at the Robertson Show Grounds and started with warm-ups before hitting the drums. For more information on the Drumline Outreach Promgramme, visit the RAD Foundation webpage on www.radfoundation.co.za. PHOTO: RAD FOUNDATION

Inwoners móét polisie help DALEEN FOUCHÉ Robertson se gemeenskapspolisieforum (GPF) is tans in ’n benarde posisie met slegs drie dienende bestuurslede. Verder het Robertson slegs een aktiewe buurtwag – vir die hele Bergsig-omgewing. Vincent Andries, ondervoorsitter van die Robertson GPF, sê die meeste bestuursposte is tans vakant met selfs die voorsittersposisie wat nie beklee is nie. Andries vervul tans die rol van die voorsitter, ondervoorsitter en bestuurder. Die vorige voorsitter van die Robert-

son GPF het verlede maand bedank en beroepsverpligtinge as redes aangevoer. Andries sê ander bestuurslede het “belangstelling verloor”. Andries hoop dat die situasie binnekort sal verander wanneer Robertson GPF op 12 Mei by die polisiekantoor vergader. Volgens die Polisiewet is dit ’n GPF se doelwit om verhoudinge tussen die gemeenskap en die polisie te bevorder en operasioneel aktief betrokke te wees by polisiëring deur buurtwagte en straatkomitees. Hy sê ’n goeie voorbeeld van die gebrek aan belangstelling in gemeenskapspolisiëring, is die feit dat die polisie nie eers een oproep ont-

vang het in reaksie op ’n versoek aan die gemeenskap om ’n straatkomitee vir die sentrale besigheidsgebied te stig nie. Die versoek is twee keer in April in die Breederivier Gazette gepubliseer. Kort ná die versoek was daar oor die naweek van 27 April vyf inbrake in die sentrale besigheidsdistrik, onder meer by twee besighede. Lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, sê daar was geen inbrake in die sentrale besigheidsgebied oor die afgelope naweek nie. “Die polisie is aktief besig om misdaad te bekamp.” Maar Andries meen die gemeenskap moet ei-

enaarskap neem vir hul eie veiligheid. Hy sê die GPF het al “alles probeer” om die gemeenskap meer betrokke te kry. Een van die stappe wat die GPF gedoen het, is om elke Vrydag die “kwelpunte” te patrolleer. “Ek wag elke Vrydag van 13:00 by die gemeenskapsaal in Hospitaallaan, maar ons is gewoonlik maar twee mense wat patrolleer.” Mngcele doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by gemeenskapspolisiëring. Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak by die Roberston GPF, skakel die polisiekantoor by 023 626 8340.


2

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 7 Mei 2013

Breederivier se kamerkoor

Dié groep jeugdiges was almal betrokke by die pretdag op McGregor.

FOTO: GEOFF NEIL

Pret vir McGregor­jeug ’n Groep plaaslike kinders van McGregor is op 27 en 28 April bederf met ’n dag vol pret. Die dag is gereel deur Hettie Knapp, wat die Rangers, Rovers and Scouts van Kaapstad uitgenooi het om die dag te fasiliteer. Knapp sê sy het die inisiatief gereël om kinders van die strate af te hou deur pret-aktiwiteite aan te bied. Die groep van 30 tussen die ouderdom van 10 en 12 jaar, het toegang tot die munisipale swembad verkry en ’n dag in die water geniet

waar hulle basiese noodhulp geleer het. Daarna is die groep na die gemeenskapsaal waar hulle aan nog pret-aktiwiteite deelgeneem het en ’n heerlike maaltyd genuttig het. Knapp bedank die borge van die dag, insluitend Robertson Superspar, Ashton Canning, Ceres Fruit Juices, Robertson Pick n Pay, Mannie Delgado en lede van die gemeenskap wat ’n bydrae gemaak het. Knapp nooi mense uit om ook betrokke te raak by aktiwiteite wat kinders van die strate af kan hou. Bel Knapp gerus by 023 625 1806.

Cantique Kamerkoor het op 1 April deelgeneem aan Alleluia! Lofliederekonsert op Oudtshoorn as deel van die Absa KKNK-program. Cantique se sangers is inwoners van die Robertson-, Montaguen Bonnievale-area en staan onder leiding van Jaco Beeslaar. Linelle van der Merwe het die koor op die klavier begelei. Die koor gaan in Augustus deel wees van Haydn se Nelson Mass in Oudtshoorn, as deel van die Klein Karoo Klassique-program. Voor (van links) is Sindi Hansen, Lourenda Augustyn, Rozanne Kloppers, Estelle du Toit, Hanlie du Plessis en Gabri van Zyl. Agter is Anrie Uys, Alma Hanekom, Fanus Bruwer, Corné Wolfaardt en Heinrich Gunter.

Carnival fun in Swellendam The highlight of this year’s Swellendam Carnival is a Bob Marley Tribute and a laser light and music show on Saturday 11 May. The carnival will start at 09:00 on Saturday at the Swellendam show grounds. The funfair will have an array of rides and activities, including an extreme gladiator obstacle course and a giant climbing wall. Your ticket allows you to ride as many times as you want on whatever you want.

The laser light and music performance and Bob Marley tribute show, performed by Jimmy Anderson, start at 19:00. Tickets to the funfair and music show cost R100 while tickets to the music show only cost R55 each. For more information on the Swellendam Carinival, phone Vicky Bezuidenhout on 071 190 1627 or e-mail to vickybezuidenhout@gmail.com.

Plaaslike sakeman gesels oor sy werk ) Wat is jou naam en van? Leon Gilomee ) Wat is jou besigheid se naam en watter dienste bied julle? Electrical Motor Overhaul Centre (EMOC). Ons herstel en bedraad elektriese motors en elektriese pompe. Ons herbedraad stowe en herstel wasmasjiene, skottelgoedwassers en tuimeldroërs. Ek het 32 jaar se ondervinding in elektriese motors, pompe en elektriese hoogspanning. ) Wat is jou gunstelingproduk of -diens?

Om met trots motors of pompe te herstel en om te sien en te hoor dat die kliënt baie tevrede is met die eindproduk. Ons wil die elektriese toerusting wat elders gaan, plaaslik hou en na die kliënt se behoeftes omsien. ) Wanneer en hoe het jy jou besigheid begin? Toe ek vir Sasol gewerk het, was ek in beheer van elektroniese motors en toerusting in die werkswinkel. So vier jaar terug het ek besluit om van die Vrystaat af huis toe te kom. Ek het begin met navorsing in die Robertson-area en vasgestel daar is ’n behoefte hier aan die taak

wat ek wil verrig. Vier maande gelede het ek hier beland. My werkswinkel was eers in Ashton, maar is nou in Adderleystraat, Robertson. Tot my verbasing het die werk vinnig opgetel. ) Waar sien jy jou besigheid oor vyf jaar? Oor vyf jaar sien ek myself ingeburger in die pragtige plek. Ek wil my kliënte tevrede stel en ook oor al die voorraad beskik wat my kliënte moontlik sal benodig. ) Wat is jou besigheid-slagspreuk? Diens is ons trots, ’n gelukkige kliënt is ’n goeie kliënt.


Dinsdag 7 Mei 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

Boerboelteler in die hof DALEEN FOUCHÉ

fout een klag se uitkoms beïnvloed het. “Die verkeerde artikel is gebruik om skuld te pro’n Boerboelteler van Robertson is skuldig beer bewys.” Hy sê daar is wel ’n artikel in die bevind op een aanklag van dieremishande- Dierebeskermingswet wat in só ’n geval geling nadat die teler se honde sowat twee en bruik kan word. Bevis-Challinor sê die afsit van sterte by se’n half jaar gelede deur die Dierebeskerkere honde is ’n baie sensitiewe saak. Volgens mingsvereniging (DBV) gekonfiskeer is. die getuienis van ’n bekende veearts mag veeLesley Beviss-Challinor, inspekteur van die artse sedert 2008 nie meer die sterte van honde Wynland DBV, sê sy het in Desember 2010 vier amputeer nie, tensy dit om gesondheidsredes gaan. Kosmetiese amputasie ses weke oue hondjies gekonword nie meer toegelaat deur fiskeer ná hulle gevind is met die Raad van Veeartse in Suidrekkies om hul sterte wat Afrika nie, “aangesien dit die weens gangreen afgevrot het. natuurlike gedrag van honde “Die toestande waaronder hulbeïnvloed”. “In baie lande geld le moes lewe, was sorgwek’n algehele verbod op die ampukend.” tasie van sterte en honde waarDie saak het op 12 April vanvan die sterte afgesit is, mag nie jaar in die hof voorgekom, meer op hondeskoue vertoon waar Yvonne Fourie op een van word nie,” sê Bevis-Challinor. drie aanklagte van dieremis“Die publiek moet weet ons sal handeling skuldig bevind is, te voortgaan met die vervolging make met parasiete. Volgens van oortreders in enige gevalle Beviss-Challinor is die beskulvan die afsit van sterte waarvan digde weens ’n tegniese fout nie ons bewus is.” skuldig bevind nie op die klag Die Gazette het die beskuldigoor die sterte wat afgesit is. Francois van Deventer, die Een van die boerboelhondjies wie de om kommentaar genader, landdros wat die saak beslis se sterte afgevrot het ná rekkies maar geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie. het, het bevestig dat ’n tegniese om hul sterte geplaas is.

)) Two laptops were stolen in separate incidents in Montagu on 30 April. A grey Fuji Siemens laptop was stolen from the Victorian Hotel, while a Samsung laptop with a Samsung external hard drive and a laptop carry bag was stolen from a car parked outside of Shoprite. If you have any information regarding these laptops, phone Sergeant Brendon Moses on

023 614 8316 or on 079 894 1784. )) The Montagu police need the assistance of the public in finding Stoffel Wakkerman, also known as Stokkies. Police have been searching for Wakkerman since November 2012. He can possibly assist them with information regarding a housebreaking and theft on the farm Rietrivier in Montagu on 27 November 2012. Anyone with information about Wakkerman’s whereabouts is kindly requested to contact the investigating officer, Warrant Officer Inus van Huyssteen, on 079 894 1784 or 023 614 8300, or alternatively call Crime Stop on 08600 10111.

MUSEUM BESOEK: Langeberg se uitvoerende burgemeester, Diana Gagiano, en burgemeesterskomiteelede het die Robertson Museum besoek om die toestand van die museum te bepaal. Die Gazette het voorheen berig dat die museum dringende restourasie nodig het (“Museum in bouvallige toestand”, 8 Mei 2012). Van links is raadslid Kosie Burger, Phil Curtis van die museumkomitee, Willem Scott, voorsitter van die museumkomitee, Diana Gagiano en Kobus van Zyl. FOTO: ANITA DE KOCK

Stoffel Wakkerman

3


4

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 7 Mei 2013

Groep ondersteun die jeug ANNELDA GROOTBOOM

Ellen Pakkies (voor) hier saam met past. Rosy en Martin Jansen, Henry Jansen (onderburgemeester Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit), Georgina Jansen, Audrey Purcell, Kernay Malgas, Anne Malgas, Maureen Sameuls, Anthea Pikaan, Lea Booysen en Barbara Janse (raadslid van wyk 6). FOTO: ANNELDA GROOTBOOM

Pakkies praat met jeug ANNELDA GROOTBOOM Ellen Pakkies het op Werkersdag 1 Mei as gasspreker opgetree in die Madiba-saal in Robertson om haar eie ervaring as ’n ouer van ’n tikverslaafde met plaaslike ouers en jongmense te deel. Pakkies het in 2007 haar seun Abé Pakkies, ’n tikverslaafde, uit selfverdediging vermoor. Die hof het haar skuldig bevind aan moord, maar sy is nie gevonnis tot tronkstraf nie. Sy het wel 280 ure gemeenskapsdiens verrig. Sy vertel dat ná jare se mishandeling deur haar seun het sy geen hulp en ondersteuning van die polisie of maatskaplike werkers ontvang nie en selfs ’n interdik teen haar seun het nie gekeer dat hy haar aanrand en besteel nie. Trane het vryelik in die gehoor geloop toe sy vertel van haar moeilike ervarings as ouer en hoe sy moes toekyk hoe haar kind dag na dag agteruit gaan, stukkende klere dra en vuil is. “Dit het my ouerhart in stukkies laat breek.”

Voorheen:

Haar pleidooi aan ouers was om nie aanmerkings teenoor hul kinders nie te maak nie. Probeer verhoudings bou en luister na jou kind. Moenie jou kind uit die huis vervreem sodat hy op straat moet gaan bly nie – probeer sy hand vat en hulp bied. Met ’n ferm, ernstige stem het sy jongmense gevra om weg te bly van dwelms en tik. “Dit verwoes en vernietig lewens.” Sy het gevra dat kinders hul ouers moet respekteer. “Wees lief vir jouself en aanvaar jou vir wie jy is.” Op Donderdag 2 Mei het Pakkies die leerlinge van Riverside en Hugenoot VGK Primêre Skool in Goree toegespreek om aan hulle oor die gevare van tik in te lig aangesien kinders op ’n jong ouderdom aan dwelms blootgestel word. Sy het ook met Langeberg Sekondêre skool se leerlinge en ouers gaan praat. Daar was ’n goeie opkoms. Inwoners van wyk 6 het hul dank uitgespreek teenoor Dave Purcell van Graham Beck Enterprise vir die skenking wat Ellen Pakkies se besoek moontlik gemaak het.

verpleegpersoneel op wie se skouer hulle kan leun. Betrokkenes soos Janico Mckay (kliniese sielkundige), Sampie van Staden en sy kollegas van die apteek by Robertson-hospitaal, Devon de Koker (maatskaplike werker betrokke by dwelmverslawing), personeel van Bergsig-kliniek en Elizabeth Thompson van die Langeberg Substance Abuse Action Group, bied baie ondersteuning aan die groep. Graag wil die organiseerders vir dokter Sue Wildish van Positive Heroes HIV + Hero in Johannesburg bedank vir die T-hemde wat sy aan die groep geskenk het. Indien nog jong mense by die Lean on Mejeuggroep wil aansluit, kan hulle vir Jagers of Lawrence by 073 455 1221 of 072 415 9245 bel.

’n Noodkreet deur jong mense dat ouers nie meer tyd het om te gee nie, het meegebring dat ’n plaaslike jeuggroep op die been gebring is. Die Lean on Me-jeuggroep wat in September verlede jaar gestig is by die Bergsig-kliniek, het met 28 jong mense begin en tot 52 lede gegroei. Dié groep skep ’n platform vir kinders om hul probleme te deel met ander en spog met die leuse “Jy praat, ons luister”. Die groep bestaan uit kinders tussen die ouderdomme van 12 tot 21 jaar met laer- en hoërskoolleerlinge asook nie-skoolgaande kinders. Die programkoördineerders van Bergsig is Johan Jagers (berader), Adrian van Esland (senior klerk) en Sandra Lawrence (kliniese verpleegpraktisyn). Ashwin Hartnick en Daniell Adendorff, albei apteekassistente by Robertson-hospitaal, is ook betrokke. Vir dié koördineerders is dit ’n voorreg en ’n passie om met die jong mense te werk. Die gospel-liedjie van Kirk Franklin, “Lean on Me”, se woorde het groot impak op die groep, want hulle word ondersteun deur bekwame mense soos beraders, maatskaplike werkers, sielkundiges en Lean on Me, ’n plaaslike jeuggroep, met hul nuwe T-hemde.

Nou:

ROBERTSON GYM PERSONAL TRAINING STUDIO

KERKSTRAAT 03 (AGTER PRICE WATERHOUSE COOPERS)

• BOOTCAMP • SPINNING • VERSLANK • KARDIO • INDIVIDUELE OEFEN/EETPLANNE • SUSPENSION CORE TRAINING WIAN GERBER (Personal Fitness Trainer-E.T.A.) CELL: 082 974 2556 E-mail: wiancg@gmail.com

1913 EW 1C6XSYK40

To be your best, you have to train with the best.

CLUB ACTIV: Raynaldo Simpson (25) het 83,6 kg geweeg, maar weeg nou 61 kg. Die drastiese verandering het gekom ná sy besluit om Herbalife te probeer. Hy het sy eetgewoontes verander en ’n gesonde leefstyl aangeneem. Raynaldo het begin oefen by Club Activ en was beïndruk met die vriendelike personeel wat altyd bereid is om te help.

WYNLAND APTEEK: Wynland Apteek bied nou gratis immunisasie vir kinders aan wat deur suster Gretha McGallaghan gedoen word. Masels-inspuitings vir kinders tussen nege en 59 weke sal tot 17 Mei gedoen word. Poliodruppels word vir kinders van 0 tot 59 maande tot 17 Mei en weer van 17 tot 28 Junie uitgedeel. Besoek Wynland Apteek tydens kliniek-ure vir meer inligting.

ROBERTSON GYM: Wian Gerber is vir meer as ’n dekade bekend vir sy professionele advies as dit kom by fiksheid. Spesiale programme word uitgewerk volgens elke lid se behoeftes. Wian bied, onder meer, spinning klasse en bootcamps aan.


Dinsdag 7 Mei 2013

RAFFLE WINNER: The winner of the Friends of CARE (Care for Animal Rights and the Environment) raffle for a pet portrait by Worcester artist Johanna Hall, was drawn on Saturday 27 April at Cafe Rosa by owner Lourens de Villiers. He was helped by ticket sellers Val Wilson, Lenore Wilmot and her Irish wolfhound, Finnegan. The winner was Francois Holmes of McGregor. Proceeds boost CARE’s current spaying campaign among farm workers’ animals.

General - Algemeen

Breederivier Gazette

5


6

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

Dinsdag 7 Mei 2013

11

In Memoriam

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07

1913 EW 1C6WW1F40

Gelukwensing Congratulations

ALETTA J JACOBS Geluk met jou 61ste verjaarsdag 11 Mei 2013. Mammie sal altyd onthou word en in ons gedagtes wees op Moedersdag. Van: Pappa Henry en seun Ricardo en familie.

MN NO. 38/2013 PROPOSED SUBDIVISION OF ERF 3709, BATH STREET, MONTAGU Ordinance 15 of 1985 Land Use Planning Notice is hereby given in terms of Section 24 of the Land Use Planning Ordinance, 1985 (Ordinance 15 of 1985) that Council has received an application from Arnold Theron on behalf of Roete 62 Bandediens BK for the subdivision of erf 3709 (Central Business zone), Montagu into 2 portions (PortionsA- ±441m² and Remainder - ±3045m²). The application will be open for inspection at the Montagu Office during normal office hours. Written legal and fully motivated objections/comments, if any, must be lodged with the undersigned before or on 7 June 2013. Further details are obtainable from Mr Jack van Zyl (023 - 614 8000) during office hours. Any person who cannot write may come to the office mentioned above, during office hours where a staff member of the municipality will assist that person to transcribe his/her comments or representations.

RAAI WIE IS 7? Baie geluk Jay-dean Carelse met jou kroonverjaarsdag vandag (7 Mei). Jy moet ’n soet meisie en dogter wees vir jou Ma, ouma en juffrou. geniet jou dag en lekker verjaar. Van Mammie, ouma en almal wat lief is vir jou.

MK NR. 38/2013 VOORGESTELDE ONDERVERDELING VAN ERF 3709, BADSTRAAT, MONTAGU Ordinansie 15 van 1985 Grondgebruikbeplanning Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 24 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) dat die Raad ‘n aansoek ontvang het van Arnold Theron namens Roete 62 Bandediens BK vir die onderverdeling van erf 3709 (Sentrale Sakesone), Montagu in 2 gedeeltes (Gedeelte A - ±441m² en Restant ±3045m²). Die aansoek lê ter insae gedurende kantoorure in die Montagu Kantoor en skriftelike regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige, moet nie later as 7 Junie 2013 skriftelik by die ondergetekende ingedien word nie. Navrae kan gerig word aan mnr Jack van Zyl by telefoonnommer 023 - 614 8000. ‘n Persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende kantoorure na bogenoemde kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit daardie persoon sal help om sy/haar kommentaar of vertoë af te skryf. Private Bag X2 ASHTON 6715

08 Sterfgevalle Death Notices 1913 EW 1C6WW4A40

SA MOKWENI MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER

MN NO. 39/2013 PROPOSED REZONING, SUBDIVISION AND CONSOLIDATION OF ERVEN 2251 & 1103, ROBERTSON Ordinance 15 of 1985 Land Use Planning Notice is hereby given in terms of Section 24 of the Land Use Planning Ordinance, 1985 (Ordinance 15 of 1985) that Council has received an application from Arnold Theron on behalf of JD Stemmet for the subdivision of erf 2251, Robertson, into 7 portions (Portion A1 - A6 (±815m² each – Single Residential zone and Remainder - ±1.89ha), the consolidation of the Remainder with erf 1103, Robertson and the rezoning thereof toAgricultural zone. The application will be open for inspection at the Robertson Office during normal office hours. Written legal and fully motivated objections/comments, if any, must be lodged with the undersigned before or on 7 June 2013. Further details are obtainable from Mr Jack van Zyl (023 - 614 8000) during office hours. Any person who cannot write may come to the office mentioned above, during office hours where a staff member of the municipality will assist that person to transcribe his/her comments or representations. MK NR. 39/2013 VOORGESTELDE HERSONERING, ONDERVERDELING EN KONSOLIDASIE VAN ERWE 2251 & 1103, ROBERTSON Ordonnansie 15 van 1985 Grondgebruikbeplanning Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 24 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) dat die Raad ‘n aansoek ontvang het van Arnold Theron namens JD Stemmet vir die onderverdeling van erf 2251, Robertson, in 7 dele (Gedeelte A1 – Gedeelte A6 (±815m² elk – Enkel Woonsone) en Restant – ±1.89ha), die konsolidasie van die Restant met erf 1103, Robertson en die hersonering daarvan na Landbousone. Die aansoek lê ter insae gedurende kantoorure in die Robertson Kantoor en skriftelike regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige, moet nie later as 6 Junie 2013 skriftelik by die ondergetekende ingedien word nie. Navrae kan gerig word aan mnr Jack van Zyl by telefoonnommer 023 - 614 8000. ‘n Persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende kantoorure na bogenoemde kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit daardie persoon sal help om sy/haar kommentaar of vertoë af te skryf. SA MOKWENI MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER

Private Bag X2 ASHTON 6715

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141 KRAUKAMP MOSES JOHANNES HENRY Op Donderdag, 9 Mei 2013 is dit reeds Pappa se derde verjaarsdag weg van ons. Ons onthou Pappa se heengaan asof dit gister was en ons koester die mooi herinneringe wat u vir ons nagelaat het. Van: jou eggenote, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

RAAI WIE WORD 9? op 9 Mei 2013 ISAACS FARéN Geluk ouma se blom met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën en als wat mooi is. Baie lief vir jou ouma Lenda en Torian, Isaacs& Lovelot families.

WINDVOGEL CHRISTIAN (LONKIES) Geb.12/03/1946Gest.30/04/2013 Ons geliefde Man, Pa en oupa het sag heengegaan in die ouderdom van 67 jaar. Sal gemis word. Roudiens vind plaas Donderdag, 9 Mei 2013 om 7nm in die Emmaneul Pinksterkerk, Sonneblomstraat . Begrafnisdiens Sondag 12 Mei om 9vm te Irisstraat 36 en 10 vm in Emmaneul Pinkster Sendingkerk, Sonneblomstraat, Panorama.

JACOBS ALETTA (Let) Ons dink op Moedersdag aan jou my vrou vir wat jy vir ons beteken en dit wat ons geleer het by jou. Baie dankie vir al die goeie dinge. Ons mis jou baie. Van jou Man Henry, kinders en kleinkinders.

MARTHINUS JUAN (Hannie) Geb.3/12/1960Gest.9/05/2012 Reeds 1 jaar weg van ons. Ons mis jou baie. Maronica, Lance en Serge.

Algemene Dienste General Services

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.


Dinsdag 7 Mei 2013

Advertisement - Advertensie

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 17 • 7 Mei 2013 | Tel. 023 626 5212

Montagu racer does it again Altus de Wet, Montagu’s racing legend, has proved once again that he is one of South Africa’s top off-road motorcycle competitors as he bagged more points towards the extremely competitive OR1 (Open Class) Championship of this year’s national series.

Altus de Wet in action.

He finished in a respectable fourth place in OR1 at the recent Rock Blend Off-road, the second round of the championship that took place in the Balmoral area in Mpumalanga. Next up is the Kei National Enduro. Altus is also busy preparing for the Erzberg Rodeo in Austria. After two rounds of the National Off-road Championship, Altus is sharing the third place in the OR1 Championship while he is sixth on the overall standings. When Altus is not racing in other parts of the country, he trains in Montagu and also trains young (and older) riders.

JUKSKEI-KAMPIOENE: Die jukskeispan van Robertson het ’n tweede plek los gegooi in die Robertson-klubkampioenskap. Voor van links is Reneé van Ass en René van der Vyver. In die middel is Garcia April, Hilda Barnard, Hester Maritz en Rosny le Roux. Agter is Willem Kruger en Elise van Zyl.

Rugbyuitslae Robertson Rangers Rugbyvoetbalklub het die afgelope naweek teen Touwsrivier gespeel en uiteindelik met 19-14 geseëvier. Die rustydtelling was 9-7 in die Rangers se guns.

MONTAGU SE LANGASEMS: JC Dryer, Danzel Minnaar en Whito Mouries van Montagu-atletiekklub het op 13 April aan die Boland-kampioenskappe vir 10 km deelgeneem waar hulle al drie silwermedaljes verower het. Danzel en Whito is genader deur afrigter Kosie Koopman van die Worcester-atletiekklub om vir Worcester te kom deelneem.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.