Drakenstein
Year 2 • Vrydag 10 Augustus 2012 | Tel. 021 870 4600
In Paarl Post Dié week in Paarl Post: ) Gim knip Boishaai se vlerke ) Paarliet is ’n finalis vir Top Billing ) Onderhoof van La Rochelle skryf boek oor sy jeugdae ) Moorde in Groenheuwel skok
Vroue bring hul kant
Trail run on 3 mountain
Derbystryd 3 skop af
8
BIBBERWEER
IN WIT GETOOI. Die berge rondom die Paarlvallei het verlede week met die eerste groot sneeuneerslae van die jaar gespog. Eerskomende naweek voorspel die weerburo groot reën vir die omgewing van tot 100 mm. Ondersteuners van Klein Nederburg en New Orleans Sekondêr moet hulle dus gereed maak vir ’n waternat-derbystryd Saterdag op Faurestraat-stadion. Foto: Sieb Sieberhagen
2
|
DRAKENSTEIN GAZETTE
E n t e r t a i n m e n t Ve r m a a k
Vrydag
|
10 Augustus 2012
Pret met die Gazette!
DIE Drakenstein Gazette is vanjaar een jaar oud. Om dit te vier wil ons graag teruggee aan lesers met ’n Pret-met-Gazette Plakkompetisie waarin die gelukkige wenner R1000 kan wen. Sorg dus dat jy volgende week die Gazette in die hande kry, om die plakvorm uit te knip.
Vir ses weke daarna moet ’n plakstuk elke week uitgeknip word, en op die vorm geplak word. Aan die einde van die kompetisie word die vorm ingedien by Paarl Post en die wenner getrek, waarna sy/haar foto geplaas word.
Talent competition THE Global Spotlight Talent Search Competition invites singers, dancers and actors to enter and stand the chance to win great prizes. The entry fee for solo acts is R25 per act and R40 per member for duos and groups. Everyone between the age of 15 and 25 years can enter. Auditions with Sidwell Beziek will take place on 18 August at the Old Mill Theatre, with registration from 09:00. From 10:00 to 12:00 auditions for the dancers will be held, from 13:00 to 15:00 the singers will audition and from 16:00 till 18:00 auditions for drama will take place. For entry forms and more information, contact Adri on 073 503 9753 or Angela on 076 970 0351. Entry forms are also available at the Paarl Post office at 1A New Street.
Eve of music THE St Stephen’s Church presents an evening of music with Loren Erasmus and friends on 17 August at 18:30 at New Orleans Secondary School. There will be a live band. Tickets at R50 per person can be booked at 021 862 0320 or admin.ststephens@telkomsa.net.
GLANS. Hierdie matrikulante van Noorder-Paarl Hoërskool het hul onlangse matriekafskeid in die Paarl Stadsaal terdeë geniet. Foto: John Martin Studio
Win a stay away from home LOOKING for a chance to get away from your normal surroundings? This week’s competition on our website (www.bolandgazette .co.za) might just be for you. The Golden Valley Casino in Worcester is offering one night’s mid-week stay for two adults, including breakfast, at its Golden Valley Lodge. The Golden Valley Casino, in the picturesque Breede Valley, has 220 slot machine games and six tables. Its popular Winners Action Bar offers regular live entertainment, and Kuipers Restaurant serves delicious home cooking-styled meals and dishes from the à la carte menu appealing to all tastes. The 98-room Golden Valley Lodge offers
comfortable accommodation in spacious, tastefully decorated rooms and a breakfast dining area. It also boasts Body Devine, a beauty spa. Visit www.suninternational.com for more information, or phone 023 348 7200. ) Moving on to Robertson, the Viljoensdrift farm and winery offers one online reader the chance to win a boat trip for two on the beautiful Breede River. Viljoensdrift can be visited for a taste of its distinctive wines, a slow and enjoyable river cruise, a taste adventure from the deli, a gourmet picnic on the banks of the river and a shopping spree with a vintage twist. Visit www.viljoensdrift.co.za or phone 023 615 1901 for more information.
What’s happening Saturday 11 Augustus
) A special service will be held by the Prophetic Invasion with Prophet Goodnews Paschal from Nigeria on Saturday 11 August at 19:00. Contact Chantal Paschal on 083 496 6484 for enquiries. ) Alle vroue word uitgenooi na die Hervormde Rehobot Kerk se vrouediens op Saterdag 11 Augustus om 14:00. Sr Naomi Niemand is die spreker. Die kerk is geleë op die hoek van Simfonielaan en Bartolomeusstraat in Groenheuwel. Skakel Ophelia Pedro by 072 818 7336.
Woensdag 15 Augustus
) Die Depressie-ondersteuningsgroep se volgende byeenkoms is op Woensdag 15 Augustus om 19:15 by die Marthasaal, Jan van Riebeeckstraat, Wellington. Die spreker is Adéle Brink, maatskaplike werker in privaatpraktyk, wat sal praat oor hoe om elke dag se besige lewe te hanteer.
Donderdag 16 Augustus
) Die Reik na Herstel Borskankerondersteuningsgroep vergader op 16 Augustus vanaf 10:00 tot 12:00 by die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan, Paarl. Alle persone wat al met borskanker gediagnoseer was of is, word vriendelik uitgenooi na dié byeenkoms.
Skakel 072 523 0650 of 021 862 6733. ) Die VLV Wellington en Hermien van Sash Boutique bied ’n oggend van modes en bykomstighede aan asook praktiese naaldwerkwenke op 16 Augustus om 09:30 by die Wellington-Noord NGkerksaal. Vir navrae, skakel Karen by 082 448 0690.
Vrydag 24 Augustus
) Die vermaaklikheidskunstenaar Emo Adams tree op Vrydag 24 Augustus om 19:00 by Klapmuts Primêr op. Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by die skool by 021 875 5471.
Thursday 30 August
) The Wellington Autism Centre will present their August support meeting on 30 August at 19:00 at their office at 1 Roos Street. Discussion points are adult ASd, relationships and sexuality. They will present a BBC documentary by Louis Theroux at 18:00, not be be missed.
Saterdag 1 September
) Die Paarl Landbouvereniging bied ’n Lentedans aan op 1 September te Diemerskraal-plaas. Kaartjies is R150. Skakel Ilse by 082 225 9728 of Jan by 082 324 8372.
Vrydag
|
News Nuus
10 Augustus 2012
DRAKENSTEIN GAZETTE
|
3
Skolesluiting bespreek
VROU WEES. Julie Hook meen ’n vrou moet altyd haar uiterlike versorg. Foto’s: Devidean Moses
WERK. Evelyn Klaasen sê sy werk net so hard soos haar man en bring haar kant.
HANDIG. Sorita Theron meen vroue kan hulself help en hul eie motorbande omruil.
MAG. Connie Lepita sê vroue bring deesdae hul kant in alle beroepe, net soos mans.
SPRANKEL. Cameron Andrews meen dat elke vrou positief en sprankelend moet wees.
DIE drie skole in die Drakenstein-distrik wat moontlik aan die einde van die jaar moet sluit weens krimpende leerdergetalle, gaan volgende maande publieke verhore hou om die meriete van sluiting al dan nie, te bespreek. Die vergadering by Bosplaas Primêr te Hermon is op 29 Augustus om 19:00. Die vergadering by Bergrivier Primêr buite Wellington is op 28 Augustus om 19:00.
Die vergadering by LK Zeeman Primêr in die Paarl is op dieselfde tyd, ook 28 Augustus om 19:00. Mense kan by die vergaderings insette lewer, of dit vooraf skriftelik indien by die direkteur van onderwys in die Kaapse Wynland-gebied, Clifton Frolick, per faks 023 342 4138 of per epos cfrolick@pgwc.gov.za. Vir navrae, skakel Frolick by 023 348 4602.
Vroue bring hul kant DEVIDEAN MOSES VROUEDAG is die herdenking van 9 Augustus 1956 toe sowat 20 000 vroue na die Uniegebou in Pretoria gemarsjeer het om beswaar te maak teen die paswet. Dit het nou ontwikkel tot ’n nasionale vakansiedag wat die bydrae van merkwaardige vroue tot die gemeenskap vier en dít wat hulle vir vroueregte vermag het. Daarmee word ook erkenning gegee aan die probleme en vooroordele waarmee baie vroue steeds vandag mee moet saamleef. Vroue in die Paarlvallei meen ook dat hulle glad nie hoef terug te staan vir hul mans nie. Julie Hook (59) sê vrouens is goeie kokke en kan ook goed met hul finansies werk. “Ons kan selfs nutsmanne wees as dit moet.” Sy besoek elke jaar op vrouedag ’n ouetehuis saam met vroue van haar kerkgemeente om aan hulle kos te skenk. Sy meen dat mans maklik ’n kortpad kies om dinge gouer te doen, waar die vrou weer ekstra moeite sal doen om dit perfek te voltooi. “Mans dink ons is gekompliseerd, omdat hulle nie vroue werklik verstaan nie,” vertel sy. “Dit is belangrik dat vroue hul uiterlike moet ver-
sorg - dan hoef hul mans nie na ander vroue te kyk nie,” glimlag Julie. Evelyn Klaasen (43) is van plan om op Vrouedag huiswerk te doen wat sy gewoonlik oor naweke moet doen. “Ons vroue kan net so hard werk as mans en is boonop beter kindersversorgers. Sorita Theron (50) wag nie vir ’n man om haar motorbande te ruil nie. “Ek doen dit sommer self - ook met rekenaarwerk spring ek self in en vra nie hulp nie. Vroue doen eintlik alles beter as die manne. “My voorkoms is vir my baie belangrik. Ek eet gesond en oefen elke dag en dit maak dat ek goed voel oor myself.” Connie Lepita (29) meen dat mans nie vroue verstaan nie omdat vrouens meer emosioneel is. “Ek hou van goed voel en mooi lyk vir myself,” sê sy. Op Vrouedag moet sy werk, maar daarna sal sy tyd met haar seuntjie spandeer. Cameron Andrews (24) gaan Vrouedag saam met haar familie spandeer, in die tuin vroetel en huis skoonmaak. Haar raad aan vroue is om hulself mooi te maak, positief en sprankelend te wees.
VISIT. The Samaritan’s Feet founder and president, Manny Ohonme (right) of Nigeria, and the Georgia State University Panthers basketball team from the USA visited Paarl on an outreach to underprivileged schools. They visited Paarlzicht Primary with the learners of Dalweide Primary and Berg-en-Dal Primary attending. They also had outreaches at Paulus Joubert Primary, Charleston Hill Primary, Imboniselo, Klapmuts, Groendal Primary, Northern Paarl High, Franschhoek High, Klein Nederburg, Paulus Joubert Secondary, Ihlumelo, Desmond Tutu, Weltevrede High and Charleston Hill Secondary.
TRAIL RUN. Race number 3 of the Cape Winter Trail Series 2012 took place on Sunday on Paarl Mountain, with 544 competitors braving the weather to hit the trails. The rain lifted just after the start of both 15,3 km and 7,8 km courses, leaving muddy trails in its wake. Runners had a fun time slipping and sliding down the rocks and making the most of the puddles and pools. Bernard Rukadza crossed the finish line first, with Kane Reilly four seconds behind him. Rukadza is now in first place overall. Jan Ham secured his first win of the Series on the Challenge Course. The final is at the Kogelberg near Kleinmond in two weeks’ time.
4
|
DRAKENSTEIN GAZETTE
Lifestyle Leefstyl
Vrydag
|
10 Augustus 2012
Blommetoer DIE Wellington ATKV-tak bied hul bekende Blommetoer na die Weskus aan op Saterdag 1 September. Die bus vertrek om 08:00 vanaf die NG Kerk WellingtonOos. Op Darling stop hulle by die Orgideeskou, daarna gaan die bus na Langebaan waar die lenteblomme bekyk kan word. Daar word ook ’n draai gemaak in Saldanha waar die Saldanha ATKV-tak vir hulle wag by Hoedjiesbaai Hotel. Die bus sal teen 17:00 terug wees in die dorp. Kaartjies kos R190 per persoon en is beskikbaar by die ACVV-dienssentrum op Wellington en Musiklood in Paarl. Kontak Hentas Kotze by 083 309 7411.
PANNEKOEKE. Vroue in Paarl-Oos het Dinsdag as deel van Badisa Paarl en Monte Christo Miqlat Ministries se Vrouedag verskeie vaardighede aangeleer. Hier is Jureen Cupido, Lee-Astrid Solomons, Rowena Mayekiso en Eleanore Francke besig met pannekoek bak en vul. Ander aktiwiteite het ingesluit blommerangskikking en kerse maak. Die vroue is ook bederf met ’n ete. Foto: Liezl Davids
Onderwys bekyk DIE tiende Marie Luttig-gedenklesing word op Vrydag 17 Augustus om 18:30 aangebied by die Hugenote-gedenkskool op die plaas Kleinbosch in die Daljosafat-vallei buite die Paarl. Die aktuele onderwerp van Moedertaal en die stand van die onderwys word deur ’n deskundige op hierdie gebied, dr Theuns Eloff, bespreek. Hy is rektor van Noordwes Universiteit en voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut. Bespreek jou plek by Laetitia Badenhorst by 021 868 2481.
Rolstoelpretdag OP 1 September om 08:30 skop die jaarlikse rolstoelpretdag af by die Rusoord-ouetehuis in die Paarl. Afstande waaraan deelgeneem kan word, wissel van pretritte (met rolstoele of kinderwaentjies) vanaf 2,5 tot 7,5 km. Daar is pretstappe van 5,5 km en 7,5 km. Verversings sal ook te koop wees Inskrywingsgeld tot 30 Augustus om 16:00 beloop R50 (R60 vir laatinskrywings). Skakel vir Lorraine by 021 872 1982.
Wenk van die week VIS is ryk in noodsaaklike voedingstowwe, maar die kwik in sekere vissoorte kan babas en jong kinders se ontwikkelende senustelsels beskadig. As ’n basiese voorsorg behoort kinders, verwagtende vroue (of vroue wat beplan om verwagtend te raak) tot twee keer ’n week vis te eet, maar moet hulle groot roofvisse soos swaardvis vermy, aangesien dit dalk hoë kwikvlakke kan bevat.
Vrydag
|
10 Augustus 2012
Pe o p l e M e n s e
INTERSKOLE. Gim-ondersteuners het kant en wal agter hul span gestaan Saterdag by Interskole op Faurestraat-stadion. Gimnasium het Saterdag met skitterverdediging Boishaai se aanvalle gestuit en as oorwinnaars van die veld gestap. Die eindtelling was 16-9 in die guns van die Gimmies.
DRAKENSTEIN GAZETTE
|
5
VASBERADE. Hierdie Boishaai-ondersteuners was Saterdag vasberade en oortuig dat Boishaai se rugbyspan vanjaar die Gimmies die loef sou afsteek. Dit het egter nie gebeur nie, ten spyte van die Boishaaers se verbete aanvalle op die Gimmies se doellyn. Foto: Frans le Roux
Foto: Frans le Roux
MAAK KERSE. As deel van Vrouedag, het Badisa Paarl in samewerking met Monte Christo Miqlat Ministries Dinsdag vroue van die gemeenskap bederf en ook nuwe vaardighede geleer. Van die vroue het geleer hoe om kerse te maak en te versier, blomme te rangskik en hoe om pannekoek te bak. Hier is van links Maria Abrahams, Elizma Titus (gemeenskapsontwikkelaar by Badisa), Jane Jacobs en Jacquelene Geduld besig om kerse te maak. Foto: Liezl Davids
SHOWJUMP. Aviwe Jackson Molose (second right) and his mentor Penny Lazarus (second left) visited Paarl Rotary and spoke about Jackson’s journey as a jobless youth from the former Transkei to one of South Africa’s most promising young show-jumpers. Penny took him in as a trainee at her groom training school near Stellenbosch and spotted the potential that would catapult him to Germany earlier this year. He trained with one of the world’s greatest show-jumpers, Ludger Beerbaum, in Munster, the home of international show-jumping. With him are, from left, Paarl Rotarian Gerald Truter and Paarl Rotary President June Kroukamp.
DERBY. New Orleans Sekondêr het hul derbyfunksie aangebied en het twee Springbok-eregaste Handré Pollard (naasregs) en Natasha Hofmeester (middel) as sprekers genooi. By hulle is (van links) Dennis von Willingh (skoolhoof van New Orleans Sekondêr), Aslam Abrahams (Vinyards Rugby Klub) en Mary Banda (skoolhoof van Klein Nederburg Sekondêr).
SPRINGBOKKE. Breyton Paulse (naasregs), voormalige Springbok en deesdae Supersport-aanbieder, was ’n gas by Gimnasium Hoërskool op die vooraand van vanjaar se interskole. By hom is (van links) Jeanette Gersbach, waarnemende skoolhoof van Gimnasium Hoërskool, Handré Pollard (kaptein van die Gimmies en ’n Junior Bok) en Cassie Carstens (skoolhoof van Laerskool Gimnasium).Foto: Ernest Kilowan
SORG. Die welsynsorganisasie SA Sorg reik uit na minderbevoorregte kinders by landelike laerskole. Hulle het onlangs mussies en serpe oorhandig aan leerders van Soetendal Primêr. Hulle het ook skooluniforms aan enkele leerders oorhandig en die res bederf met warm sop en brood. SA Sorg kan gekontak word by 021 873 5305.
6
|
Adver tensie
DRAKENSTEIN GAZETTE
12 10 CASH LOANS: Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goed keuring in 5 min. 021 762 7079. AFFORDABLE loans up to R15 000. No ITC checks. Blacklisted and garnishee welcome. Send pls call me to: 082 437 8679/073 029 0549.
BRIDGING CASH
while waiting for PENSION/ PACKAGE Payout (lump sum only) Same day pay out PROPERTY
021-949-0930
LOAN PROVIDERS We provide: • Quick cash loans From R200 - R8 000 • Friendly service with a smile
@ 387 Main St, Paarl Opposite Novel Ford 021-872-2114 / 021-871-1812
Your financial heartbeat
Smarti Parti We cater for all your kiddies’ party needs! You call us to arrange everything or just hire all your kiddies’ party essentials! Also jumping castles, slippery slides, gazebos.
Mary Zwaan 083 261 1360 Carl Zwaan 083 598 3366 maryzwaan@yahoo.com or 021 862 1443
WINDOW TINTING: Winter specials. Phone Johan 082 301 5724 for free quotation. jjsj@telkomsa.net /www.rsawindowtint.co.za
WELLINGTON: 3 Slpk. woning. Oopplan sitkamer/ kombuis in stil omgewing met swembad en lapa. R7000p.m. Skakel 074 816 8208.
1ml SAND, klip, kompos & bogrond (topsoil) in klein areas afgelewer, sowel as bourommel en vullisverwy dering. Skakel Neels: 021 872 9397 of 083 412 8810.
PAARL PETS & HENGEL
vir hengel- & troeteldierprodukte Montego | Rogz Daiwa | Shimano Marltons | Tetra Berkley | Okuma
BESTE KWALITEIT
Hoofstraat 397, Paarl Tel: 021 872 6756 | 021 872 9972
INK • INK • INK
Ink and laser cartridge refilling + new and reconditioned cartridges at affordable prices. Laser cartridge from R120 Canon Cli with reset chip R40 Quick printer repairs. New express laser delivery 32 MAIN STREET (Behind Oak Tree Lodge opp. KWV) PHONE: 021 863 3951 GERD: 082 774 4098
SONSTRAAL: 4Slpk, 1½badk, 2 leefareas, dringende verkoop. Prys verlaging. 5Slpk, 2½badk, 2 kombuise, R760 000, dringende verkoop. 076 169 3260.
Mon - Fri 08:00 - 17:00/ Sat 09:00 - 13:00
Jumping Jacks
FUN! FUN! FUN! FOR HIRE Slip 'n Slide Jumping Castles Dalmatian Slide at side with pond. Playstation !! For the best party ever CONTACT TANYA 082-480-6872
No one can beat our low rates. Phone Sharon at
021-870-4600
Be Wise, Advertise
Vrydag
|
10 Augustus 2012
Vrydag
|
10 Augustus 2012
S c h o o l s S ko l e
LOF. Deelnemers van Hugenote Hoërskool het weer eens puik presteer in die Afrikaanse voordragafdeling van die jaarlikse Paarlvallei Eisteddfod. In sestien items is leerders van die skool met die hoogste lof bekroon. Van links is Anja de Bod (poësie), Daniëlle Malan (poësie), Erwin Smith (poësie, monoloog, redenaars), Charné Carstens (poësie, prosa, monoloog, redenaars), Jeandré Lambrecht (redenaars), Merike Germishuys (poësie, monoloog) en Inge Augustyn (monoloog). Afwesig: Mikyla Passerini (poësie, prosa, monoloog).
NUWELAND. Hierdie leerders van Blouvlei Primêr is onlangs getrakteer op ’n uitstappie na Nuweland waar hulle die wedstryd tussen die Stormers en Sharks gekyk het, danksy ’n borgskap van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit.
DRAKENSTEIN GAZETTE
|
7
FLAG. The hostel prefects of La Rochelle High have introduced a new tradition, a hostel flag. The motto, Un Second Chez-soi (home from home) reflects the unifying pride and sense of belonging amongst the boarders. The design, initiated by Suzaan du Toit (right), resembles the school flag signifying the bond and shared identity of the school and the hostel.
BALONNE. Twee van Boishaai se hokkie ondersteuners kyk hoe Gimnasium se balonne opstyg. Foto: Sieb Sieberhagen
Foto: Christine Siebrits
MANDELADAG. Dalweide Primêr het onlangs Mandeladag gevier en ’n muntlegging gehou.
VAT VLAM. Die 2012 interskole was reeds Donderdagmiddag goed aan die gang toe die laerskool-rugbyspanne mekaar op die Faurestraat-stadion gepak het. Een van Paarl Primêre Seunskool se dirigente spoor sy mede-leerders aan. Foto: Sieb Sieberhagen
GOUD PLUS. Tydens die Paarl Eisteddfod het die graad 5-spreekkoor van Paarlzicht Primêr goud verower.
EXPO. Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans Sekondêr se graad 8- en 9-leerders het deelgeneem aan die ‘Fun Science’ werkswinkel wat by KN aangebied is deur die Instituut van Wiskunde- en Wetenskap-onderrig van die Universiteit van Stellenbosch (IMSTUS). Hier is Fernito Mehl (links) en Tylor April van NOSS ’besig met ’n eksperiment.
Foto: Devidean Moses ALLEENMANDAAT
PAARL
OP SKOU
R640 000
Web ref: 265140
Bied volledige kombuis, aparte waskamer, ekstra groot leefarea met binnebraai. Naby N1 en Paarl Mall. Sat, 11 Aug, 11h00-13h00
OUR OFFICES MOVING TO 195 MAIN ROAD OPPOSITE OPEL MOTORS. HOU SAKE DOP. Boishaai se gelukbringer, Aiden McFarlane, hou sake dop terwyl sy span Saterdag aan die toeskouers voorgestel word. Foto: Sieb Sieberhagen
BERENICE 072 423 1455 / 021 872 2223
Drakenstein
Year 2 • Vrydag 10 Augustus 2012 | Tel. 021 870 4600
Derby begin
OP AANVAL. Elmeriesa Alkaster van New Orleans Sekondêr is op die aanval in die eerste meisiespan basketbal se derbywedstryd wat New Orleans Dinsdagmiddag met 38-12 gewen het.
ONDERSKEP. Feraldo Frankfort van Klein Nederburg Sekondêr onderskep ’n bal in Dinsdag se derbystryd op New Orleans se bane. Die eerste skote het geklap en Klein Nederburg het die seuns basketbalwedstryd 21-7 gewen. Die rugbywedstryde begin môre om 10:30 op die Faurestraat-stadion. Die hoofwedstryd begin om 16:00. Foto’s: Sieb Sieberhagen
Erasmus is spreker by Peoples-funksie EEN van Suid-Afrika se bekende krieket toetsskeidsregters, Marais Erasmus, is die spreker tydens SR Radiators Young Peoples-krieketklub se bekeruitdelingfunksie. Die funksie vind plaas op 31 Augustus (19:00) in die Rotariër-saal in Kleinstraat, Noorder-Paarl. Kaartjies is by die bestuur beskikbaar.
Dié klub is reeds volstoom aan die oefen vir die nuwe seisoen wat op 29 September afskop. Oefeninge is elke Dinsdag vanaf 18:00 in die binnenshuise nette by Bolandpark, en ook elke Donderdag vanaf 17:30 op Daljosafat. Alle spelers word versoek om dit by te woon. Nuwe spelers is ook baie welkom.
Sportbrokkies * Hillcrest-rugbyklub speel Saterdag sy ’n laaste wegwedstryd teen Langebaan. Die busse vertrek 13:00 vanaf Mannies en die koste beloop R50 per persoon. * Paarl Action Sport bied ’n skoleliga (o.11-o.18) in krieket, hokkie en netbal aan. Stuur ’n SMS na 072 253 3054 vir meer inligting. * Drakenstein-krieketunie se juniors het die afgelope naweek kragte gemeet. Top View teken 90 lopies aan met Underdogs wat 79 vir 8 paaltjies aanteken. Smokeys teken 54 aan met Striker wat 46 vir 9 aanteken. In die mini-krieketliga wen Smokeys vir Rooiland Crusaders.
* Boland Atletiek se hoogspring akademie wil hoogspringers blootstel aan nuwe afrigtingmetodes en skole-afrigters bemagtig. Skole word versoek om hulle inligting te stuur aan die eposadres bolandhighjump.paarl@gmail.com, of posbus 7018 Noorder-Paarl of hulle kan ook vir die koördineerders kontak by 071 113 1723. *Young Stars van Wellington is nog steeds aan die wenkant. Hulle het Saterdag vir Seven Rivers van Klapmuts met 24-0 afgeransel. * Verlede Saterdag het Gardens vir Young Standards met 21-15 geklop.
GENERAAL. Gardens se losskakel soek ondersteuning in Saterdag se wedstryd teen Young Standards. Gardens het met 21-15 gewen. Foto: Ernest Kilowan