Drakenstein gazette 19 sept 2014

Page 1

Drakenstein

Year 4 • Friday 19 September 2014 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

In the latest Paarl Post ) Cavaliers coach axed ) Geweld neem toe by skole ) Local boy shines with Cheetahs ) Kerkman van geld beroof

Twee beseer in botsing

2

Huis bly kopseer

3

Uitklop rugby-aksie

DERBY­VREUGDE

Die jaarlikse derby-kragmeting tussen Dalweide Primêre Skool en Groenheuwel Primêre Skool het verlede naweek by Boy Louw-veld plaasgevind. Dalweide se o. 13-rugbyspan het die wedstryd met 10-7 gewen. Die o. 13–seunssokkerspan van Dalweide het ook hulle stryd met 5-1 gewen. Hier baljaar die pom-pom-meisies van Dalweide. FOTO: ERNEST KILOWAN

8


2

News - Nuus

Drakenstein Gazette

Reddingswerkers op die ongelukstoneel op die R44.

FOTO: FRANS LE ROUX

Twee beseer in R44­botsing Twee mense is ernstig beseer ná ’n botsing tussen twee motors op Donderdag 11 September op die R44 naby die Wellington Industriële gebied. Volgens ’n woordvoerder van Wellington-polisie was polisielede en verkeersbeamptes omstreeks 07:30 besig met ’n misdaadvoorkomingsaksie in Oude Brugstraat in die industriële gebied toe ’n Toyota Corolla op die R44 voor aankomende verkeer ingedraai en met ’n wit Fiat Uno gebots het.

Friday 19 September 2014

Die bestuurder van die Uno was in die motor vasgekeer en moes deur reddingstegnici uit die motor bevry word. Haar passasier het ook ernstige beserings opgedoen. Albei is na Paarl-hospitaal geneem vir behandeling. Die insittendes van die Toyota is, volgens inligting, op die toneel vir ligte beserings behandel. ’n Klag van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. Enigiemand met inligting kan kap. Kulukazi Balivet bel by 021 864 9600.

Twee mense is verlede Vrydag in hegtenis geneem nadat Wellington-polisie in samewerking met die blitspatrollie op groot hoeveelhede mandrax, dagga, glasbuisies en kontant in ’n huis in Klaasenstraat beslag gelê het. Die waarde van die dwelms beloop R120 000. Die polisie bedank die publiek vir inligting wat gelei het tot die beslaglegging en inhegtenisnemings.

Vyf gewapende mans het verlede Donderdag (11 September) by die Orleans Off Sales in Paarl-Oos toegeslaan. Die vermeende rowers wat sedert Desember 2013 deur die Paarl-Oos-polisie gesoek word, is enkele minute daarna in hul spore gestuit. Die verdagtes het op Maandag 15 September in die Paarl-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof. Hulle verskyn volgende week weer in die hof en bly intussen in aanhouding. Hier is ao. Russel Roux (voor naasregs) en sy trotse span wat die rowers in Jan van Riebeeckweg help vasgetrek het. Die publiek word aangemoedig alle misdaad aanmeld deur 021 877 5900 te bel. FOTO: DEVIDEAN MOSES

Taxi owner robbed at gunpoint A taxi owner was robbed at his house in Mbekweni on Monday night. The 40-year-old man told police that three men came to his house in Project 2 at about 22:30, asking to hire his taxi for a trip to the Eastern Cape. He invited them inside to negotiate the price and ask them a few questions. Two of the men pulled out firearms and demanded the keys to the taxi and money. One suspect stabbed the owner with a knife, who then handed the keys to his assailants.

Sergeant Nceba Vanqa, a spokesperson for the Mbekweni Police, said the suspects drove off with the complainant’s taxi – a white Toyota Hi Ace to the value of R22 000 and R8 000 in cash. No shots were fired. Police later found the taxi in the Stellenbosch area. A case of carjacking is under investigation. Police are looking for the suspects. Anyone with information can contact the Mbekweni Police’s detectives on 021 868 9900.

) Diefstal uit motorvoertuie en huisbrake in Wellington bly ’n bekommernis vir die polisie. Die afgelope week het huisbrake hoofsaaklik gedurende die dag en diefstal uit motorvoertuie gedurende die nag plaasgevind. Voertuie se klein ruitjies word gebreek en items soos radio/CDspelers en ander waardevolle items word uit die voertuie geneem. Inwoners word daarop gewys om waardevolle items uit sig te bêre en items duidelik te merk.

Bel ao. Eugene Munnik met enige inligting oor misdaad, dwelms of gesteelde goedere by 021 864 8450. ) On Friday morning 12 September, law officials attended an accident scene on the corner of Jan van Riebeeck Road and Addison Street. Upon their arrival they found that two vehicles had collided with each other. The complainant told police he suspected the driver (42) of one vehicle to be under the influence of alcohol. The driver was taken to Paarl Hospital for blood samples. A case of drunk driving was registered. He was arrested and later released on a warning to appear in the Paarl Magistrate’s Court on 14 September 2015. Blood results are still awaited.

Paarl-Oos-sektore hou vergadering Die Paarl-Oos-polisie nooi die gemeenskap om hierdie maand die openbare sektorvergaderings by te woon. Tydens die vergaderings kan inwoners van die verskeie sektore hul insae lewer oor misdaad en veiligheid in hul omgewing. Die sektore is in vier gebiede verdeel om sodoende alle areas te bedien ) Sektor 2 bestaan uit Chicago, New Orleans, Sonstraal en Hugenote en Klippiesdal en inwoners word genooi om op Dinsdag 23 September om 19:00 by Orleansvale Primêr die maandelikse vergadering by te woon. Vir navrae bel ao. Akram Hammers by 079 894 1411. ) Sektor 3 bestaan uit Klein Nederburg, Lantana en New

York. Hierdie sektor-vergadering word op Donderdag 18 September om 19:00 by Paulus Joubert Sekondêr gehou. Bel vir ao. John Bresley, sektorbestuurder by 079 894 1412. ) Sektor 4, bestaande uit Amstelhof, Langvlei en Bloomsbury, hou op Donderdag 18 September om 19:00 hul vergadering by LK Zeeman Primêre Skool. Bel ao. Shaun Ruiters, by 082 522 2065. *Sektor 1, wat uit Groenheuwel, Fairyland, Milky Town, Hillside en Greenhills bestaan, se vergadering is op Woensdag 17 September gehou. Die sektorbestuurder is ao. Charles Van der Westhuizen, 079 894 1351.


Friday 19 September 2014

Gesin moet woon op houtpalette DEVIDEAN MOSES

News - Nuus

het steeds besluit om voort te gaan met die bouery,” vertel die moedelose Reyne’n Inwoner van Nkuleveld. lukekostraat, Greenhills “Op 19 November 2013 het is baie ontsteld oor die verskeie munisipale amptefeit dat die Drakensteinnare toe my woning, wat munisipaliteit haar nie weereens oorstroom het, bewil help nie, terwyl haar soek. Hulle het verskeie fohuis elke winter deur die to’s geneem en sou ’n oploswinterreën oorstroom sing vir my probleem vind, word. maar steeds is niks gedoen nie.” Getruida Reyneveld (57) Met die onlangse reënen haar kinders en kleinweer het dit weer skade by kinders het hierdie prodie huis aangerig. bleem sedert hulle die eer“Wanneer gaan die muniste dag op 9 September 2002 sipaliteit help en luister, naby die huis ingetrek het. dat ek as ’n enkel-ouer reeds Volgens Reyneveld het sy vir 12 jaar lank met die protalle kere die probleem by bleem sukkel,” vra Reynedie Drakenstein-munisipaveld. liteit aangemeld. Johann Mettler, Draken“Die amptenare by die Ná 12 jaar sukkel Gertruida Reyneveld munisipaliteit het elke (53) van Nkulelulekostraat, Greenhills stein-munisipaliteit se mukeer leë beloftes gemaak en in Paarl-Oos nog steeds om die Draken- nisipale bestuurder, antmy belowe dat hulle ’n op- stein-munisipaliteit te oorreed om haar woord: “Mev Reyneveld het lossing vir my probleem sal wateroorvloed-probleem op te los. die titelakte vir erf 26271 vind. Daar het nooit niks FOTO: DEVIDEAN MOSES ontvang in 2002 en dit is op haar naam geregistreer in van gekom nie,” vertel Rey2010. Die eiendom het behoort aan die provinneveld ontsteld. Intussen moes die gesin verskeie planne be- siale departement van menslike nedersetraam om nie elke keer hul meubels te vervang tings.” Verder het hy gesê die inwoner se 90 dae vennie, en het begin om hul huis se vloer met houtster-periode, waartydens ’n begunstigde propalette uit te lê. Volgens Reyneveld het die bouer en inspek- bleme by die munisipaliteit moet aanmeld soteur aan haar vertel dat daar nie ’n huis op dat die kontrakteur dit moet herstel, het reeds verstryk. “Die munisipaliteit gaan egter onhaar erf gebou moes gewees het nie. “Hulle het gesê dat die huis bo-op ’n aar ge- dersoek instel om te verseker dat geen onafgebou sou word en dat ek vir my hele lewe lank handelde klagtes agterweë gebly het ten tye met die probleem sou sukkel. Maar die munisi- van die oorhandiging nie en wat binne die 90 paliteit het hulle nie daaraan gesteur nie en dae periode val,” sê Mettler.

Drakenstein Gazette

Eerste Neville Alexander-gedenklesing Taalbeleid te baseer op veeltaDie eerste jaarlikse Neville ligheid en drie amptelike tale Alexander-gedenklesing word – die eerste sodanige taalbeleid op Donderdag 25 September in Suid-Afrika. As sulks was hy deur die Afrikaanse Taalmuse’n pionier wat sy tyd ver voorum en -monument (ATM) in uit was, en daarom beskou ek die Paarl aangebied. hom as die vader van veeltaligVolgens dr. Michael le Corheid en moedertaalonderrig in deur, ondervoorsitter van die Suid-Afrika,” sê Le Cordeur. raad van die ATM en voorsitDie gasspreker, prof. Ernst ter van die Afrikaanse TaalKotzé, sal ’n referaat lewer met raad, is hierdie prestige-gedie tema “Om ’n taal te besit – leentheid ’n inisiatief om Afriis daar iets soos ‘eienaarskap’ kaans op die voorgrond en Neville Alexander van Afrikaans?” Kotzé is emeonder die publiek se aandag te bring ten tyde van Suid-Afrika se nasionale ritusprofessor in sosiolinguistiek aan die Nelson Mandela Metropolitaanse UniversiErfenisdagvieringe. Le Cordeur sal ’n kort oorsig bied oor Alex- teit. Die lesing vind om 19:00 in die Historiander se lewe en werk as voormalige politie- um Konferensielokaal langs die Afrikaanse ke aktivis en struggle-held, asook bekroonde Taalmuseum plaas. Bywoning is gratis. Belangstellendes moet bespreek by linguis, opvoedkundige en akademikus. “Alexander was in sy rol as voorsitter die 021 863 4809/0543 of kommunikasie@taalargitek van die konsep om die Wes-Kaapse museum.co.za.

3


4

General - Algemeen

Drakenstein Gazette

Friday 19 September 2014

Jy die entrepreneur: Het jy ’n plan? DAVID MALHERBE

’n Vriend van my wat in die Swartland boer, sê altyd: “As ’n entrepreneur wil geld maak, moet hy elke oggend opstaan met ’n plan van hoe hy dit wil doen.” Nou lees ek in Die Burger dat Sir Ernest Oppenheimer van Anglo American blykbaar in die oggende as hy by die werk ingestap het, altyd sou sê: “Good morning, gentlemen. How are we going to make money today?” In my vrou se Rooi Rose tydskrif lees ek in ’n artikel Klein begin, Groot sukses van dr. Fannie Sebolela, skoolhoof van Khensani Primêre Skool in Soshanguve, se resep vir sukses. Hy reken jy moet

in die eerste plek weet wat jy in die lewe wil hê. Dan voeg hy by, “En sodra jy weet, moet jy begin werk daarvoor. ’n Mens is vir jouself verantwoordelik. Jy, en net jy, dryf jou visie.” Daarom is my vraag; het jy ’n plan of ’n doel van wat jy wil bereik, of hoop jy maar vir die beste? Glo jy wat dr. Sebolela sê dat jy vir jouself verantwoordelik is? Of vestig jy jou hoop op die staat van iemand anders om vir jou te sorg en jou ryk te maak? Niemand dra jou belange beter op die hart as jy self nie en die beste helpende hand is aan die einde van jou eie arm. Ek glo God het elkeen van ons die vermoë gegee om planne te maak. Ons doen dit maklik as ons ’n partytjie wil hou, maar is ons regtig bereid om onsself af te vra, “How

are we going to make money today? Is ons bereid om tyd te neem om te dink en planne te beraam of sit en wag ek in die hoop dat ’n “genie” sal kom en my drie kanse om te wens sal aanbied? Die Apostel Paulus sê in Efesiërs 4:28 ’n mens moet “... deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien.” En ja, jy kan. God het in my en jou die wil geplaas om te oorleef en vooruit te gaan. As jy nie ’n werk het nie, maak, dink en beplan van hoe jy vir jouself “op ’n eerbare manier” kan sorg. Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Wil jy? (David Malherbe is ’n besigheids- en loopbaan konsultant en woon in Wellington. Hy kan gekontak word via sy webblad www.jedidiah.org.za of by T/F 021 873 0262 of op Facebook by “Jy die Entrepreneur.”)

Storievertel-fees in die Paarl Erfenisweek is vanaf 22 tot 27 September en die tema is “Twintig jaar van demokrasie: vertel jóú storie wat Suid-Afrika vooruit laat beweeg”. Die eerste Storievertel-fees sal gedurende Erfenisweek gehou word, waartydens die vallei se inwoners – van Saron en Gouda verby Wellington en die Paarl tot by Simondium – hulle stories op unieke wyse gaan vertel. Die stories en vertellings sal mense meer leer oor die streek se geskiedenis. Die Storievertel-fees word aangebied deur Radio KC, in samewerking met gemeenskapsorganisasies, op verskillende wyses en platforms. Dit sluit in daaglikse gesprekke om 10:00, 15:00 en 20:00 in Radio KC se nuwe ateljee in Bredastraat in die Paarl. Dit kan deur enigiemand bygewoon word en sal regstreeks uitgesaai word. Bekende inwoners sal hul eie stories sowel as interessante staaltjies oor gebeurtenisse en mense vertel. Deelnemers sluit in die Paarlse media-ikoon Lambert Retief, oud- Springbokafrigter Peter de Villiers, regter Chantel Fortuin en die uitvoerende burgemeester van Drakenstein-munisipaliteit, adv. Gesie van Deventer. Danie Nel, besturende direkteur van Afriplex, sal gesels oor sy passie vir wetenskap, sport en die gemeenskap. Volgens medeorganiseerders Harlan Cloete,

voorsitter van Radio KC, en Isabeau Botha, bestuurder van die Afrikaanse Taalmonument, is Suid-Afrika in wese nog ’n verdeelde gemeenskap en daarom bestaan daar ’n behoefte vir almal om hul stories van hoop vir mekaar te vertel en met mekaar te deel. “Ons is vas oortuig daarvan dat ons deur die oorvertel van ons gemeenskaplike stories ’n sterk sosiale samesyn kan bou. Ons glo die Storievertel-fees sal dit regkry en almal uit al die gemeenskappe in ons pragtige vallei help om mekaar beter te leer ken en te verstaan.” Buiten die gesprekke op Radio KC, is een van die interessante byeenkomste op 23 September om 17:00, wanneer besoekers oor ’n glasie wyn op die skoolwerf van die Paarl First Class Public School kan kuier en gesels. Dit is in dié skool waar die joernalis, digter, kortverhaalskrywer, dramaturg, hipnotis, regsgeleerde, waarnemer van dieregedrag en kindervriend, Eugène Marais, in 1887 gematrikuleer het. Marais is die skrywer van die bekende Winternag, allerweë beskou as die eerste Afrikaanse gedig. ’n Ander hoogtepunt is Ton Vosloo, nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, wat op Woensdag 24 September om 11:00 ’n praatjie lewer by die Afrikaanse Taalmonument. Prof. Ernst Kotzé, emeritus-professor in toegepaste taalkunde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, sal op 25 September om 19:00 die eerste Neville Alexandergedenklesing by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl lewer. Daar is storietoere wat ’n historiese staptoer insluit op 23 en 26 September om 10:00 vanaf die Paarl se Hoofstraat en begeleide toere daagliks van 22 tot 26 September vanaf die Anglo Boereoorlog-monument. Die volledige program met tye en kaartjiepryse is beskikbaar by www.radiokc.org.za en www.taalmuseum.co.za. Navrae: Amira Clayton by kommunikasie@taalmuseum.co.za of 021 863 4809/0543 of Harlan Cloete by Harlan@siyakhana.co.za of 082 925 5212.

Do you want to be the next Drakenstein Gazette Entrepreneur? Drakenstein Gazette wants to find out more about entrepreneurs who operate their unique businesses from their homes, making interesting products whether it is place mats, handbags or fancy cakes or cookies. In today’s tough economy, starting your own business is the solution. Not only do you create work for yourself, but for others as well. Send us a description of your business, or come and tell us about it. Once a month the Gazette Entrepreneur of the Month will be selected. The winner will receive a free promotional article in the Drakenstein Gazette and a free advertisement to boost his or her business. To enter or for more information, call 021 870 4614; email drakenstein@media24.com or visit our office at 1a New Street, Paarl.


Friday 19 September 2014

People - Mense

Drakenstein Gazette

5

Die Wellingtonse ouditeur, Dawie Theron, het die Angs- en Depressie-ondersteuningsgroep van Wellington verlede week toegespreek oor finansiële depressie. Saam met hom verskyn Jos Desodt, Jevonne Joubert en Coert Slabbert. Agter is Alta Cloete. FOTO: JOHAN NEL

Kommunikasie tussen mense is belangrik ) Liewe Antie Klara, ek het ’n skoonsuster en haar dogter wat in ’n woonstel agter in my huis verniet bly, alhoewel hulle altwee werk. Ek het al gestry en gekla, maar hulle wil nie eers ’n R10 se krag koop nie. Dit veroorsaak wrywing tussen my en my vrou en ek voel om my goed te vat en te loop, want ek werk vir twee gesonde mense wat elke naweek in die haarsalon sit en ’n manikuur en pedikuur kry. Gee raad asseblief. George Liewe George Wat ek vir jou sal voorstel is dat jy en jou vrou eers moet sit en praat oor die situasie. Daarna praat julle twee saam met jou skoonsuster hieroor en verduidelik aan haar wat julle van haar en haar dogter verwag. Indien hulle êrens anders sou woon, sou hulle huur moes betaal en self hul eie elektrisiteit moes koop. Die ander opsie is om ’n koopkragmeter in hul woonstel te laat installeer wat hulle dan verantwoordelik sal maak om hul eie krag te koop. ) Dear Antie Klara, I have been dating someone for three years. We are very happy together and have been wanting to take our relationship to the next level. He wants to get

Op Dinsdag 11 September is ongeveer 200 kinders van Bosbok, Chicago (wyk 22) getrakteer op ’n worsrolletjie en sap. Die kinders het elke oomblik geniet en is gehelp deur ouers van die groep. Van links is Irene Bouwers, Sady Klaasen, Lily Petersen, raadslid Lutisia Daries, Nadie Titus en Gerty Moses.

KLA BY KLARA Auditions at music centre Skryf gerus vir Klara by antieklara@gmail.com,

SMS 32365 faks 086 559 9644 of lewer ’n brief af by Newstraat 1A, Paarl. married but I am not sure if this is the right thing to do. I am 24 and he is 26. Both our parents approve of this decision but I still feel that I am too young. Is it normal for me to feel this way? Jade Dear Jade It is normal for anyone your age to feel anxious about this. Marriage is a big step and if you feel you are not ready, there is no need to feel pressure into going through with it. If your boyfriend has not proposed already, then it might be necessary to sit down and tell him how you feel, to avoid disappointing him. Communication is key in any relationship.

The Frank Pietersen Music Centre’s annual auditions for placement in 2015 will take place on 25, 26 en 29 September. Learners interested in playing a musical instrument or wanting to sing, can make an appointment at the centre’s office on 021 872 2123/4. Office hours are from 10:00 – 13:00 and 13:30 – 18:00 from Mondays to Thursdays. On Fridays the centre is open from 08:00 – 12:00 and 12:30 – 16:30.

Tuition is offered in these symphony orchestra instruments: violin, viola, cello, double bass, flute, oboe, clarinet, saxophone, bassoon, trumpet, trombone, French horn, tuba and orchestral percussion, as well as piano, recorder and classical guitar. Tuition is also offered in singing as well as in African percussion and jazz, with instruments such as keyboard and electric guitar. One can audition for the children’s choir, youth choir or adult choir.

Cupcakes for kids with Cancer

Roze Pietersen was recently crowned Mrs Bling, which was hosted by the Mickey Mouse play group.

FOTO: WILLIE CUPIDO

September is Childhood Cancer Awareness Month. In celebration of this, cupcakes will be sold on Friday 26 September at 100 Cecilia Street, Cecilia square, Southern Paarl (across the Paarl Mall) in the GrainCo office on the first Floor. All proceeds will be donated to Cupcakes of Hope. Cupcakes of Hope is a nonprofit organisation which has been established with the aim to

raise awareness and money for families in need of medical assistance. Cupcakes will also be sold at various malls in the Western Cape. Contact Gerranda Möller on 082 441 2291 or send an email to gerranda.moller@grainco.co.za if you would like to place an order. For more information about the foundation visit www.cupcakesofhope.org

Die twee gewilde karakters, Tjiff en Tjaff, ’n kinderprogram wat op KykNET uitgesaai word, is nou te sien in ’n nuwe vertoning op die verhoog. Tjiff en Tjaff 2 is ’n vertoning van die geliefde groen outjies met nuwe speletjies en ook bekende liedjies en danse. Hier is Tjiff en Tjaff saam met lede van die gehoor tydens ’n vertoning by die Ou Meul-teater op 13 September. FOTO: MARYKE LOURENS


6

Geklassifiseerd

Drakenstein Gazette

Friday 19 September 2014

Vermaak by Ou Meul Helene Bester, wat al 12 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf haar bestaan voer, deel tydens haar vertoning op Saterdag 20 September om 19:00 die verhoog by die Ou Meul-teater met haar broer, Cobus.

PERSOONLIKE DIENSTE

TE KOOP

LOODGIETERS

KINDERVERMAAK

ALLERLEI

1405

1655

ROMMELVERWYDERING 1860

GESOEK OM TE KOOP 1675

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP 3025

2003 OPEL ASTRA CLASSIC 1.6 CDE 213 000km. Full house R43 500. Kontak 082 878 6069.

DAGSORG & CRÈCHES 1410

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

ALGEMENE & HUISDIENSTE MATTE/GORDYNE/ STOFFEERWERK 1803

KRUIEKENNER 1435

I RE-UPHOLSTER and repair, lounge suites, ottomans, wing back chairs and antiques. Please contact me for a free quote on 073 000 3410.

BAKKIES/MOTORS gesoek om te koop. Ons "pawn" ook voertuie vir kontant. Mark 084 247 4726 / 021 975 6166. BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN 3680

ELEKTRIES 1810

CODE 14 DRIVER NEEDED WITH PDP in Klein Draknestein. Requirements: Code 14 lisence with PDP. Minimum 2 years experience with own transport Fax CV to 021 862 0055 GENERAL WORKERS Needed in Klein Drakenstein. Fax CV to 021 862 0055.

LENINGS 1445

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

Wednesday 10:00

1855

ALLE LOODGIETERWERK 24/7 Geysers; Geblokte dreine; Instandhouding; Badkamer renovasies. Geen werk te klein/groot. Quinton 084 564 2451.

Die twee se musiekstyle verskil breed, maar juis die saamsmelting van hulle wêrelde maak die produksie ’n sukses. Cobus is die hoofsanger van die groep Ice Project, wat die voorprogramme van die Parlotones in Suid-Afrika behartig het. Helene en Cobus sing van hul eie musiek, asook gunstelinge soos 1000 years en Say something. Kaartjies is R100 per persoon. Op Sondag 21 September om 16:00 is Elzabe Zietsman te sien in haar produksie, Elzabe Zietsman skitter Agter Glas. Die kabaret Agter Glas met Zietsman en Janine Neethling is soos glas – verleidelik, helder en skerp. Die hoofbestanddele is korrels sand in die vorm van sosio-politieke kommentaar wat in skitterende glas kristalliseer met Elzabe se unieke byblywende stem en Janine se meesterlike komposisies en verwerkings. Die koppelteks en lirieke, geskryf deur Emma Bekker, bestaan uit fyn deurdagte sketse en lirieke met ’n sterk subteks. Getrou aan die Zietsman-handelsmerk bevat die vertoning ook twee Kramer-liedjies. Kaartjies is R120. Kaartjies vir beide vertonings kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056.

Elzabe Zietsman te sien in haar produksie, Elzabe Zietsman skitter Agter Glas.

Church will host healing service The church of the Annunciation will be having a healing service on Sunday 28 September at 08:00, which will be conducted by Reverend

Grant Walters. Everyone is welcome. For more information contact John Lewin on 073 837 0689.


Friday 19 September 2014

Schools - Skole

Drakenstein Gazette

7

Eating healthy can help you ace those exams When you’re studying for finals, good nutrition often slides way down on the priority list. It is easy to get into the habit of glugging coffee and gobbling take-out pizza, because you don’t want to waste time on food preparation. But, actually, good nutrition should be part of a study plan because it is going to help ace those tests. The better the fuel the brain gets, the better it will allow one to study. It is a no-brainer. Here are 10 tips for eating right during exams: ) Meeting daily vitamin and mineral requirements will make doing the best much easier. Iron and B vitamins are especially important to maintaining the physical and mental energy necessary to study well. Iron-containing foods include red meat, cereals and spinach; one good meal idea is chili because it contains ground beef and kidney beans. Foods that contain B vitamins include whole-grains, wheat germ, eggs and nuts. Fish and soy are other foods that are said to help boost the brain by providing the nutrients it needs. ) Dude, chewable Vitamin C is not a meal. Dietary supplements are good, but real food is better. An orange contains not only Vitamin C, but also fiber, beta carotene and other minerals - so it cannot be replaced by a pill. When heading for the library, pack whole-food items like apples, bananas, clementines, carrot sticks or dried apricots.

Eat at regular intervals. Eating regular meals helps keep nutrient and energy levels more stable, curbing the temptation of empty-calorie snacks in the vending machine. ) Big meals keep on turning in the stomach. Eating the standard threebig-meals-a-day slows one down mentally and physically. Consider 5 or 6 well-balanced, smaller meals, like toast spread with peanut butter, hummus or tuna, or a piece of cheese with fruit. ) Meet breakfast, a new study buddy. While much is said about the reasons to eat breakfast, less known are the best ways to eat smart in the morning. Coffee and a donut just do not cut it. The idea is to get some protein, calcium, fibre and a piece of fruit or a vegetable in . So, a bowl of cereal with milk and a piece of fruit would do the trick or try a cereal bar with milk. ) Going bananas? Good. Fruit ranks high among the best foods to eat for your brain. Blueberries (which can be bought frozen in bags) get a lot of attention because they contain powerful antioxidants and other nutrients. The natural sugars in fruit offer clean energy, so the crash that

follows the s consumption of refined sugar is absent. ) Choose powerful vegetables. Not all vegetables are created equal. The darker the colour, the higher the concentration of nutrients. For example, spinach has more to offer the mind and body than iceberg lettuce. Other great vegetable choices include bell peppers, broccoli and sweet potatoes. ) Smart snacking can enhance studying. Snack smart while studying and you may find that you retain more. Try to get two food groups into to balance the nutrients and keep the blood-sugar level stable. Some smart snack examples are banana with peanut butter, a small baked potato with cottage cheese, or an English muffin pizza. ) Gather simple recipes for nourishing foods. It is easy to feed the brain well. No-fuss recipes let you eat to succeed, without taking too much time. Here are four ideas: ) Combine scrambled eggs with toast and cheese. Spend 15 minutes preparing chilli and continue studying while it simmers for two hours ) Go Tex Mex with quesadillas, adding whatever veggies on hand. A little chopping is all it takes to construct a hearty Chef’s Salad Stay well hydrated and choose beverages carefully. Caffeine and sugar should be kept to a minimum. Since too much caffeine can make one jittery, try to drink moderate amounts: 400 mg to 450 mg per day, the equivalent of 2/2,5 cups, (500 ml to 625 ml). Better choices include water, fruit juice, milk, and anti-oxidant-rich green tea. Source: Google

God’s Little Angels Daycare bied ’n sportdag aan op 27 September by Wellington Primêr se sportgronde. Die dag begin om 09:00. Vir enige navrae bel Sharon Van Wyk by 078 851 5330 of Leonida Saim by 073 840 2058.

Tweede minikongres vind plaas Die Paarlvallei Prinsipale-vereniging hou op Vrydag 19 September en Saterdag 20 September hul tweede mini-kongres, wat deur prinsipale van Paarl, Wellington en die Weskus bygewoon sal word. Sessie een sal op die Vrydag plaasvind vanaf 16:30 – 22:00, Saterdag sessie twee vanaf 09:00 – 10:50, sessie drie 10:50 – 12:35 en sessie vier 12:35 – 13:30. Vir navrae, bel Claude de Jager by 021 862 5466.

Manreez Jacobs van Magnolia Primêr het ’n derde plek losgeslaan by die Wow-spelfees (distrik kringkompetisie) vir gr. 1.

Colin April van Hoërskool Labori weer sy opponent af tydens hul onlangs interskole- stryd teen Hoërskool Bosmansdam.

Auret Street Kids turn 50 Auret Street Kids will be celebrating their 50th birthday on 2 October with a concert. The concert will take place at the Strooidak Church hall at 18:30. The crèche started as a play group of Auret Street United Church in 1964. Today they have nine different groups at the crèche. Principal Hannalie Vergottini, says that seven years ago they also started a baby care centre.

Newton Primêre Skool se o. 11-rugbyspan het ’n stel nuwe truie by hul onlangse derby teen Klapmuts Primêr ontvang. Die truie is geborg deur Isipani boukontrakteurs. Newton Primêr het die derby-stryd met 48-0 gewen. Saam met die opgewonde leerders is Gizelle Clayton van Isipani (agter van links) en skoolhoof Linley Truter (agter regs).

Arbeidsbediening het in samewerking met die Bybelgenootskap gratis Bybels aan kinders oorhandig. Die kinders kom Donderdae by NG kerk Denneburg bymekaar vir Bybelstudie en is in gr. 8 en 9 by verskeie skole. Die Bybelstudie word aangebied deur Danny Arendse (links agter) en die Bybels is oorhandig deur Christo Prins (agter regs,) van Arbeidsbediening.

Cassidy Pietersen (left) and Nicole Petersen, learners at New Orleans Secondary School, recently took part in the WOW-Spelfees in Stellenbosch. Nicole came in 7th place and Cassidy finished 3rd. Both have qualified for the provincial competition after they competed in the districts competition. Cassidy will also be participating in the national competition on 19 October in Stellenbosch. PHOTO: TANDY-LEE MARINUS

Vergottini said that, after all these years, Auret Street Kids is still situated in the same building and children still swing on the beloved rope in the tree in the play area. They would like to call on all exAuret Street Kids to contact them. Tickets for the concert at R40 (R15 for children) can be booked at 083 336 8695 or email auretstreetkids@gmail.com.


Drakenstein

Year 4 • Vrydag 19 September 2014 | Tel. 021 870 4600

Klubrugby: uitslae en bepalings ) Uitslae van die naweek se wedstryde: DieuitslaevandiePaarlstreekseeer­ ste ronde­uitkloptoernooi is: Allandale 36 Pêrel United 15 Rangers 37 Windmeul United 13 Simondium 33 Young Gardens 8 Riverstones 18 Albions 17.

) Die spelrooster vir hierdie na­ week (20 September) is: 13:30 15:00 stones 16:30 18:00

Violets vs. Simondium Young Standards vs. River­ Laer Paarl vs. Allandale Vineyards vs. Rangers

Tydens die Top 6 uitklopronde-wedstryde het Pêrel United teen Allandale gespeel. Die klipharde stryd het Saterdag op Faurestraat plaasgevind en die manne van Allandale was net te sterk vir hul opponente. Die eindtelling was 36-15 vir Allandale. Hier word Pêrel United se Dean Cyster deur sy opponente geduik. FOTO: FRANS LE ROUX Dalweide Primêr het oor die naweek hul jaarlikse derby-stryd teen Groenheuwel Primêr gehou. Hier is die seëvierende o. 13A-rugbyspan van Dalweide wat hul kragmeting 10-7 gewen het. Op die sokkerveld het Groenheuwel gemaklik die o. 13A-stryd met 5-1 gewen. FOTO: ERNEST KILOWAN

RUGBY ) Die Paarl Rangers-rugbyklub hou 23 September ’n “Big Brag” by die Thusong-sentrum. Toegang is R30 p.p. Op 4 Oktober is daar ’n derby by Daljosafat-stadion. Toegang is R10 p.p. Op 24 Oktober is die klub se bekeruitdeling by die Thusong-sentrum. Die kaartjies is R150 p.p. ) Albions hou 23 September ’n gesamentlike “Big Brag” saam met Rangers by die Thusong-saal. Lede kan voorsitter Edgar Arendse by 079 082 2866 bel vir kaartjies. Albions is druk besig om voor te berei vir die derby teen Rangers wat 3 Oktober plaasvind. Alle “kroks” en veterane moet nader staan om spanne te finaliseer. Almal wat wil speel, kan die voorsitter of Stevie Williams by 079 874 0300 bel. Albions-vrouelede wat vir die vrouespan wil speel, kan Ryan Dirks by 079 183 6048 bel. ) Roses United se ondersteuners sal eersdaags bederf word met ’n fees van Boland Premierliga-rugby. Saterdag 20 September pak die Rose die onvoorspelbare span van Hawston op Pelikaanpark in Wellington. Die Rose se ondersteuners kry daarna weer op 24 September (Erfenisdag) die geleentheid om hul span in aksie te sien. Op daardie dag sal die Rose die span van Never Despair op Newtonpark in Newton pak in nog ’n Boland Premierliga-wedstryd. Die Rose het nog ’n realistiese kans om in aanmerking te kom vir die uitspeelwedstryde vir 2015 se Gemeenskapsbekerwedstryde. Dit is dus belangrik vir die manne om goed te vaar in die wedstryde teen Hawston en Never Despair. Die Rose se ondersteuners is welkom om 24 September hul braaigereedskap (en eetgoed!) saam veld toe te bring, ten einde “Nasionale Braai-

dag” behoorlik te vier. Diegene wat nie self wil braai nie kan by die klub se braai-stalletjie aandoen vir bekostigbare braai-etes, worsrolle en sosaties. Die hekke vir die Never Despair-wedstryd in Newton op 24 September open reeds om 11:00. Die hoofwedstryd begin om 16:00. ) Laer-Paarl (Blues) se bekeruitdeling vind Saterdag 11 Oktober om 19:00 by die Thusong-saal plaas. Kaartjies is R80 p.p. Bring jou eie piekniekmandjie en XYZ. Derby Laer-Paarl (Blues) vs. Young Peoples is 24 September te Faurestraat in aksie. Program: 08:30: Juniors o. 11, o. 13, o. 15, o. 17. 11:50: Seniors o. 20, derde en tweede span, vrouespan en veterane. Voorwedstryd – juniors o. 9 en 16:30 hoofwedstryd. Meer inligting: Thomas du Plessis by 074 602 7381. SPORT WORKSHOP ) The Drakenstein Municipality’s Sports Development Office in conjunction with the Paarl Sport Forum (PSF) will be having a Sports Policy workshop at the Boland Park Auditorium on Saturday 20 September, from 08:00 until 13:00. All sports codes are invited to send representatives to the workshop. Sports codes and clubs need to forward names and details of their representatives by 13 September to Alan Julies, alan.julies@unitrans.co.za, or Maawyah Moerat, Maawyah.Moerat@drakenstein.gov.za. For further enquiries, phone chairperson Yusuf Patel on 084 435 1076, secretary Kevin Benjamin on 082 731 4879, or Maawyah Moerat on 082 308 4786. Workshop material will be emailed to all representatives. ROLBAL ) 20 September Die opening van die rolbalklub se 2014 – ’15-seisoen. Spel begin om 14:00. Almal wat belangstel is welkom om te kom kyk en meer inligting van die bestuur te kry. ) 27 September Bewusmakingsdag: Mense wat belangstel in die sport of graag wil weet waaroor die sport gaan, kan die mid-

dag om 13:00 by die klub aanmeld en saam met die klublede die spel leer speel. Bel Avril Darlew by 083 708 4904 vir verdere besonderhede. ) 4 en 5 Oktober: Paarl-rolbalklub se tweede “Classic” vind die naweek plaas. Besoekers is welkom om te kom kyk hoe ding spanne van die Westelike Provinsie en Boland mee om die groot pryse. KRIEKET ) Young Peoples-krieketklub vier vanjaar sy 65ste bestaansjaar en die spelers is reeds kliphard aan die voorberei onder die bekwame leiding van afrigter Marco Walters vir die komende seisoen. Maandae oefen die Tiere op Daljosafat van 19:00 af en Woensdae op Boland Park van 17:45 af. Nuwe spelers is welkom en kan by die oefeninge aansluit. ) Paarl-Oos-krieketklub * Saterdag 20 September hou die klub ‘n seisoensbekendstellingsdag op die New Orleans-veld van 10:00 af. Almal is welkom. * Die klub se vriendskaplike wedstryde is Saterdag 27 en Sondag 28 September teen Kuilsrivier-krieketklub en Mitchell’s Plain-krieketklub op die New Orleans-veld. TENNIS ) The first men’s team of Paarl Huguenot Tennis Club won the league game on Saturday with a 3-2 win over Malmesbury B. The women’s team won 3-2 against Bottelary B. Maliek Cassiem and Darrel Hendricks made a welcome return to league tennis. Club practices are Tuesday and Thursday 17:00 – 19:00. On Fridays children get free coaching from 15:00. For more information phone Aiden Demas on 079 644 2373. LANDELIKE SPORT ) Belangstellendes word uitgenooi na ’n openbare vergadering om ’n amptelike struktuur en raamwerk te vestig sodat landelike krieket en netbal op georganiseerde wyse beoefen kan word. Die vergadering is Maandag 22 September om 18:00 by die Thusong-sentrum in Paarl-Oos. Bel Shedrick Klein-Schmidt by 073 847 5056 vir meer inligting.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.