Drakenstein Gazette 22 Feb 2013

Page 1

Drakenstein

Year 3 • Friday 22 February 2013 | Tel. 021 870 4600

In the latest Paarl Post ) Child savaged by dog ) Liquor giant almost conned ) Rape epidemic ) Zille’s gown designed in Paarl

10de Kansa Shavathon 3 Gazette gee om

5 Deur die lug

Klopse het laat waai!

Rowan Feeke van die Klopse-troep Atlantic Stars wat Saterdag derde geëindig het by die ATKV Klopse-kompetisie, het behoorlik sy beuel kliphard geblaas tydens die kleurvolle verrigtinge. Die wenners aan die einde van hierdie skouspelagtige dag was die Superstars, gevolg deur die Caledonian Roses en die Atlantic Stars het derde geëindig. FOTO: LISE BEYERS

8


2

Entertainment - Vermaak

Drakenstein Gazette

Friday 22 February 2013

Komedie by die Ou Meulteater

LYNELLE BEKOOR: Die Paarlse sanger Lynelle Kenned, wat laasjaar deurgedring het tot My Top Billing Dream se topdrie en gehore bekoor met haar operasang, tree Sondag 24 Februarie om 15:00 saam met die Nuwe Apostoliese Koor en Orkes by die Nuwe Apostoliese Kerk in Springbokstraat, Chicago op. Op 21 Maart tree sy op as sanger en gasspreker as deel van Menseregtedag-vieringe in die parlement. Lees meer oor Lynelle en haar optredes op haar webtuiste www.lynellek.co.za.

Op 22 en 24 Februarie is dit tyd vir skerpskertsery (stand-up komedie) met Lee Roodt en Hein Poole. Lee Roodt, ’n boorling van Paarl wat tans in Kaapstad woon, het al op verskeie professioneleverhoë opgetree en met groot regisseurs van die bedryf gewerk. Verlede jaar het hy in Hein Poole se komedie Fietna lekke Jy die rol van Edgar vertolk. Dis toe dat Hein en Lee aan hierdie nuwe skerpskerts-program begin werk het. Mense was behoorlik gek oor die grappige materiaal en uitbeeldingstyl van Lee en Hein. “Ons twee sien regtig daarna uit om opvoerings in Paarl te doen omdat ons mense van Paarl en Wellington is. Hulle vang ons jokes,” sê Lee. Kaartjies is beskikbaar teen R30 en kan bespreek word by Lee by 073 3814 986.

ADAGIO BLINK UIT: Met vanjaar se Suidoosterfees by die onlangse ATKV/RAPPORT Kore-kompetisie, is die sanggroep ADAGIO van Wellington as die algehele wenner in die sanggroep-kategorie aangewys. Hier is Rodger Adams, Franco Lovember, Graham Hendricks en Jovan-re Cupido.

Borg ’n Woord

Lee Roodt (links) en Hein Poole gaan sorg vir lekkerlag by die Ou Meulteater.

23 Februarie )Boland Bonsai Kai vergader om 09:00 in die botaniese tuin op Stellenbosch. Freddie Smit gaan almal toespreek oor inenting en hoe om ’n tak te kry waar daar nie een is nie. Bring asseblief bome saam vir bespreking. Vir navrae, bel Willem Pretorius 083 260 5696.

24 Februarie )Amstelhof Primêre Skool se oudstudente hou op Sondag 24 Februarie in die skoolsaal vanaf 14:00 hul vergadering oor die skool se 50ste bestaansjaar vir 2014. Vir navrae, bel Derick Cloete by 084 243 0023 of André Philander by 078 33 46534.

24 and 25 February

Wil jy die voortbestaan van Afrikaans help verseker? Teen R100 kan jy ’n woord borg. Teen R5 000 per woord behoort dié woord nét aan jou. Jy sal ’n sertifikaat ontvang en in aanmerking kom vir die prystrekking vir ’n Absa-belegging van R25 000. Stuur ’n tjek of bewys van direkte inbetaling met Borg ’n Woord en jou naam as verwysing saam met jou woord of woorde, e-posadres en telefoonno. na WAT Trust, Posbus 245, Stellenbosch, of wat@sun.ac.za, of faks dit na 021 8839492. Bankbesonderhede is: WAT Trust, Absa rekno. 4078244585, takkode 632005. Sluit: 28 Februarie; prystrekking: 8 Maart. )Hike through the Renosterveld Conservancy to the top of Klapmutskoppie and enjoy picturesque views of the Winelands and Table Mountain in the distance while enjoying your picnic on top of Klapmutskoppie. Arrive between 17:00 and 17:30 at Dirtopia Trail Centre, Delvera Farm (R44, between Klapmuts & Stellenbosch) to start the hike. On Sunday the sunset is at 19:27 (moonrise: 18:25) and on Monday the sunset is at 19:27 (moonrise 19:00). Tickets are R60 per person (R25 for kids under 10) and includes the conservancy permit, shuttles, marked trails & map. The total distance is 9.75 km, 5 km option with farm vehicle assistance to half-way mark. Booking is essential, call 021 884 4752 or email info@dirtopia.co.za for more information. Wear hiking shoes and don’t forget to bring something warm to wear after dark as well as a torch.

27 Februarie )Sunfield Home bied aan Stoepstories om 19:00 vir 19:30 by No.6 Restaurant op Welbedachtlandgoed teen R 200 per persoon. Vir meer besonderhede, bel 021 873 5038 of 021 873 3838.

Worship under the stars Enjoy a night of worship on Klein Drakenstein farm on 23 February from 19:00 – 21:00. Tickets R50 and available at Musieklood and Lig en Lewe Centre in Paarl. No tickets sold at the gate. Bring picnic basket, blanket and flashlight. No children u.12. For information, contact Erik Marais at 074 101 2279 or Triveno Smith at 082 484 2416. Directions: Take the Drakenstein Rd towards the Huguenot Tunnel, turn left at Sonstraal Rd and turn left into Klein Drakenstein after the Palmiet Valley Estate.

1 Maart )As deel van Weltevrede Sekondêre Skool se 30 ste bestaansjaar hou die oudstudente-vereniging van 19:30 af ’n back to school-piekniekdans by die skool. Vir navrae bel J.C le Cordeur by 082 820 2198.

2 Maart )Paarl DBV hou ’n fondsinsamelingsdans met die tema boemelaarsdans (nie verpligtend nie). Die dans begin om 19:30 by Laerskool Noord-Eind en kaartjies, by die hek beskikbaar, kos R 30 per persoon. Gaste kan hul eie eet- en drinkgoed saambring. Vir navrae besonderhede, bel 021 863 2720.

6 Maart )Anna Davel se nuwe musiekproduksie, In jou arms, kan gesien word by Die Boer in Durbanville om 20:30. Sy doen ’n program van meesal splinternuwe musiek en ook ’n paar bekende liedjies uit haar repertoire. Vir besprekings, bel 021 979 1911.


Friday 22 February 2013

News - Nuus

Skeer, sprei, stensil of jel dit! Die Kankervereniging van SuidAfrika (Kansa) vier vanjaar die tiende Kansa Shavathon en moedig een en almal aan om deel te neem. Shavathon word vanjaar aangebied op 25 Februarie tot 2 Maart by die werksplek of by winkelsentrums, waar mense hul hare kan laat skeer, sproei, stensil of vir die eerste keer hul hare ook kan laat jel vir ’n donasie van R50 (R25 vir kinders jonger as 12). Shavathon is vir die eerste keer in 2003 in die Oos-Kaap aangebied om vir mense die geleentheid te skep om solidariteit te betoon en ondersteuning te bied aan diegene wat geraak is deur kanker. Die idee spruit uit die feit dat pasiënte se verlies van hare ’n algemene newe-effek van die behandeling van kanker is. As bewys van hul ondersteuning skenk Shavathon-deelnemers ’n donasie om hul hare te laat skeer of in verskillende kleure te laat sprei. Stensils in die vorm van ’n ster, skoenlapper, sokkerbal, weerligstraal en die woord “warrior” word gebruik om hare te sproei. Die donasies word deur Kansa gebruik om ’n diens te lewer aan die publiek en aan mense wat geraak word deur kanker (http://goo.gl/H0pJP). Kansa het die aftelling na die 10de Shavathon begin deur gasheer te speel vir ’n mini Shavathon wat onlangs gehou is. Onder die spesiale gaste was die 13-jarige Matthew Moffet, ’n hoë funksionerende outistiese student. Matthew het sy hare vir ’n jaar lank gegroei sodat sy hare geskeer kon word as ’n bewys van sy ondersteuning van kankeroorwinnaars. Matthew se hare is geskeer deur Kansa se uitvoerende hoof, en nog ’n kanker

oorwinnaar, Sue Janse van Rensburg. (http:// goo.gl/GIE0I) Sizwe Lawrence Ndlovu, Suid-Afrika se Olimpiese goue medalje-wenner vir roei in 2012, het ook die mini Shavathon ondersteun. Sizwe se ma is oorlede aan kanker. “Ek neem deel aan Shavathon tot eer van my ma wat vir my ’n steunpilaar was. Ek wil seker maak dat ander – veral ander ma’s – bewus word van kanker om ander te help en te ondersteun,” het hy verduidelik. (http:// goo.gl/GIE0I) Die korporatiewe wêreld, werkplekke en skole kan hulle steun wys van 25 Februarie – 1 Maart 2013. Registreer en bestel voorraad by (http://www.shavathon.org.za/your-ownevent-step-1/. Die publiek kan ook Shavathon landswyd ondersteun by die naaste winkelsentrum op Saterdag 2 Maart 2013. Janse van Rensburg sê: “Dit is ons tiende Shava- Besoek www.shavathon.org.za vandag nog om aan te tethon en ons daag alle Suid- ken of om ’n veilige aanlyn-skenking te maak. Afrikaners uit om te wys hulle ondersteun ons en kankeroor- Suid-Afrika om deel te neem as aanwinnaars in die stryd teen kanker. lyn- kampioene om geld in te samel en Ons is opgewonde om vir die eerste om ’n kans te hê om baie pryse te wen. Sluit aan deur op die “like” knoppie keer gekleurde jel bekend te stel vir diegene wat met ’n meer uitdagende op Kansa se Facebook bladsy te klik. (https://www.facebook.com/CANen funky haarstyl wil spog.” Wys “virtuele” ondersteuning – SAShavathon) en word deel van Kansa se aanlyn-gemeenskap om te help word ’n aanlyn-kampioen. Kansa het ’n aanlyn-platform ge- om die boodskap wyd en syd te verskep vir vrywilligers en korporatiewe sprei.

Back to school campaign Nedbank Back to School campaign has reached the Western Cape Province where the bank donated school amenities such as uniforms, shoes, stationery and bags to 150 disadvantaged pupils at Groenheuwel Primary School in Paarl. The campaign serves as a demonstration of Nedbank’s ongoing commitment to address the challenges of education and poverty in South Africa. In 2012 the bank made an investment of R 2,5 million in education for the Western Cape region for projects such as SEED Educational Trust and Western Cape Primary Science Programme Trust. “We at Nedbank are committed to supporting and giving back to the communities in which we operate and we are excited to be in the position to help underprivileged pupils in the Western Cape. The commitment to improve access to and the quality of our education is the responsibil-

ity of all citizens and as an organisation, we have made it our priority to invest in ensuring a prosperous future for our kids and the country,” said Edwin Mosesi, Nedbank Business Banking’s public sector manager for the Western Cape. This year, the bank is encouraging individuals and organisations in South Africa to donate uniforms, shoes, bags and stationery to Nedbank branches. Since the official introduction of the campaign in 2011, Nedbank has invested over R4 million, which has benefited more than 4 000 primary and high school pupils across the country. This campaign forms part of Nedbank’s Fundisa holistic programme, which is a twopillar education intervention model, with the first pillar focusing on education across an individual’s life stages, starting from early childhood development right through to tertiary education.

Nedbank’s R2,5 million Back to School campaign has reached the Western Cape where the bank donated school amenities such as uniforms, shoes, stationery and bags to 150 disadvantaged pupils from Groenheuwel Primary School.

Drakenstein Gazette

Herregistreer vir pensioene Staatspensioenarisse moet hiervoor heraansoek doen. Die heraansoek proses vir Paarl-Oos is nog tot Saterdag by die Hugenote-saal. Alle persone moet hul identiteitsbewyse, brief van bewys van adres asook telefoonnommer saam neem. Alle registrasies vind plaas van 07:00 tot 19:00. Inwoners wat hul toelaes by die Bessieboord in Klein Drakensteinweg ontvang, moet by die Ebenezer Mission Kerk

herregistreer. Paarl-Wes inwoners sal by die Posduifklub van 18 Februarie tot 2 Maart kan herregistreer. Vir Wellingtonners sal die registrasie van 18 Februarie tot 28 Maart in die Wellington Stadsaal plaasvind. Inwoners wat moet herregistreer het almal briewe ontvang en moet dus die kennisgewing daarop volg. Vir navrae, bel die Sassa kantoor by 021 871 1682.

3


4

Drakenstein Gazette

Recipes - Resepte

Friday 22 February 2013 BITTERSOET: Die bekroonde dramaturg Deon Opperman se Sweet Sorrows met Wilna Snyman was in die negentigerjare ’n wegholsukses. Bittersoet, die Afrikaanse vertaling deur Hanli Rolfes, met Elsabé Daneel as aktrise en vervaardiger, het reeds landwyd groot welslae geniet. Die eenvrou-vertoning duur 80 minute en is toeganklik vir mans sowel as vroue, maar nie vir kinders onder 14 jaar nie. Tydens Woordfees 2013 in Stellenbosch het Bittersoet die volgende nege vertonings in die Klein Libertas Teater op Stellenbosch: 1 Maart (14:30 en 17:00), 2 Maart (17:30), 3 Maart (19:00), 4 Maart (20:30), 5 Maart (11:00 en 14:30), 6 Maart 14:30 en 8 Maart (10:00). Vir nadere besonderhede kontak Elsabé Daneel by 082 558 4397.

Hypertension the silent killer Statistics released by Fedhealth indicate that hypertension is the top chronic condition prevalent amongst its members, with 13,7% of Fedhealth members currently registered on the chronic medicine programme suffering from hypertension. “The average authorised cost of medication for hypertension per patient for the 2012 benefit year amounted to R1 806 per patient per annum. This amounts to an annual chronic medication cost for this particular disease category of R 36 648 319 per annum which accounts for 24,0% of the overall chronic medication spend,” said Peter Jordan, Principal Officer of Fedhealth. He emphasised that these figures are conservative, as there are likely a number of undiagnosed members who are unaware that they even have hypertension and are therefore not contributing to these statistics. “Although we can account for overall chronic medication costs for hypertension, it is difficult to assign an exact amount to the overall costs of hypertension as the complications resulting from this condition also contribute greatly towards annual costs. “Hypertension very often leads to hospitalisation where the member will require treatment for complications such as renal failure, dialysis, coronary artery disease, amongst others. By getting blood pressure under control, a myriad of subsequent complications and costs could be reduced or avoided,” said Jordan. He urged members to know their blood pressure numbers even if they are in seemingly good health, as early treatment may prevent severe related complications such as a heart attack, stroke or kidney failure. “Hypertension is often referred to as the ‘silent killer’ as people may have the condition for years without knowing it. During this time, the condition can cause irreparable damage to your heart, blood vessels, kidneys and other parts of your body. Adopting a healthier lifestyle can greatly assist members in maintaining an acceptable and healthy blood pressure range.” Jordan emphasised the need for members to adopt healthier lifestyles, and urged those already on medication for the condition, to take it as prescribed and have the necessary medical check-ups or tests.

BLOOD PRESSURE: Everyone should checked their blood pressure.


Friday 22 February 2013

People - Mense

Drakenstein Gazette

Skenkings vir Kindersorg Paarl Kindersorg Paarl in Paarl-Oos wat reeds 60 jaar maatskaplike dienste aan die gemeenskap bied, is geleë op die hoek van Solomon en Mackierstraat. Kindersorg Paarl bedien Amstelhof, Langvlei, Boland Park, Lustgan Village, Klein Drakenstein korrektiewe sentrum, Riverside, New York, Nederburg Hoogte, Nederburg (Mackier tot Maystraat), Mountain View, Klein Drakenstein Plase (25) en Du Toitskloof Plase. Daar is ook ’n maatskaplike kantoor op die hoek van Solomon en Mackierstraat. Dienste word gelewer deur twee maatskaplike werkers, ’n gemeenskapsontwikkelings werker sowel as ’n administratiewe klerk. Maatskaplike dienste sluit in; statutêre dienste, pleegsorgtoesig dienste, huweliksberading, aansoek van hulptoelae en wanbesteding, kinderverwaarlosing, bejaardes, gesinsgeweld, pleegouerkeuring, gedragsprobleme en privaatreëlings. Die gemeenskapsontwikkelingswerker behartig projekte soos nasionale vrouedag, 16dae van aktivisme, kinderdag, Vigsdag, kinderbeskermingsweek, geldinsameling, voorkoming en bewusmakingsprogramme. Drakenstein-bewaarskool, wat ook in Mackierstraat geleë is, is ’n projek van Kindersorg waar daar daagliks na ongeveer 70 kinders omgesien word.

Kindersorg behartig ook die Amstelhof-nasorgsentrum. Leerlinge van verskillende skole in die omgewing meld in die middae ná skool aan sodat daar toesig oor hulle gehou kan word. Die departement van maatskaplike ontwikkeling help met finansiering vir die nasorg. Finansies bly ’n kopseer en dit is moeilik om kop bo water te hou. Die maatskaplike kantoor benodig ’n kleinkashouer, rekenaar trollie, skootrekenaar, selfoon, lugtyd, drukker en ink, ongedrukte papier, witbord en witbordmerkers, inkleurboeke, inkleurpotlode, vetkryt, balle, springtoue, balonne, karton, potlode, legkaarte, penne,kospakkies, nie bederfbare produkte, suiker, koffie, tee en melk (vir die gebruik van projekte). Die Kindersorg Bewaarskool benodig onder meer komberse, lakens, opvoedkundige speelgoed, opvoedkundige DVD’s, skottels met deksels, skoonmaakmiddels, strykyster, potte en panne en kis vrieskas. Die Nasorg-sentrum benodig inkleurboeke, potlode, opvoedkundige speletjies, handdoeke, waslappies en toiletware. Die publiek kan donasies bring tot Vrydag 3 Mei na die Drakenstein Gazette (Paarl Post) se kantoor by Newstraat 1A, Paarl (langs Virgin Active). Geen kontant. Vir enige verdere navrae of skenkings bel 021 870 4600.

LOUIS JANSE VAN VUUREN STAL UIT: Die bekende Suid-Afrikaanse skilder Louis Janse van Vuuren (naaslinks) se uitstalling van skilderye is in die Breytenbach Galery op Wellington deur Marilyn Martin (links) geopen. Saam met hulle is die Wellingtonse skrywer Riana Scheepers (regs) en die akteur Chris van Niekerk (naasregs). Van Vuuren, wat in Frankryk woon en werk, se uitstalling duur tot 5 April in die Breytenbach Galery. FOTO: JOHAN NEL

SKOENE KRY VOETE: Petronella Ephraim van die Breytenbachsentrum hou ’n paar rooi seilskoene vas wat deel was van ’n Valentyndag-uitstalling by die sentrum en amper-amper aan die verkeerde voete beland het. Volgens haar was die seilskoene deel van ’n spesiale Valentyn-uitstalling in die digterstuin by die sentrum. Die skoene het egter skielik verdwyn en iemand het die sentrum kort daarna in kennis gestel dat ’n jong man besig is om die skoene op die trappies voor die Wellingtonse biblioteek aan te trek. Toe Petronella die skoene gaan “red” wou die verontwaardigde jongman weet waar hy nou skoene gaan kry- sy eie seilskoene is volgens hom deurgeloop en hy het dringend nuwe skoene nodig. FOTO: JOHAN NEL

VALENTYNSDAG: Delia Weideman (heel regs voor) is die voorsitter van die groep bejaardes van die Hillcrest-dienssentrum wat spesiaal bymekaar gekom het om op feestelike wyse Valentynsdag te vier. Die feestelikhede is gekenmerk deur sang, spesiale voorlesings en die tafels het gekreun onder die eet- en drinkgoed wat aan die bejaardes voorgesit is. FOTO: JOHAN NEL

5


6

Geklassifiseerd

Drakenstein Gazette

Friday 22 February 2013

108

Geld/lenings Money/Loans

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES

EIENDOMME PROPERTIES

37

167

Vermaak Entertainment

140

Elektriese Herstelwerk Electrical Repairs

KARAOKE with Mr A. I'm available for any kind of function + DJ. Come sing along!!!

Contact Mr A: 073 844 9868.

Huise te Koop Houses for Sale KOPERS/VERKOPERS Wellington/Paarl. 2/3 Slpk R165 000; R195 000; R495 000; R595 000; R895 000 Enkel en dubbel motorhuis, rustige areas. 072 805 3574.

APPLIANCE REPAIRS

JOBS

Speed Queen, Whirlpool speicalist

TE KOOP FOR SALE

• FRIDGES • FREEZERS • TUMBLE DRIERS • DISHWASHERS • WASHING MACHINES • RE-GAS R170 Jan 076 919 0596

71

Algemeen Miscellaneous 1ml SAND, klip, kompos & bogrond (topsoil) in klein areas afgelewer, sowel as bourommel en vullisverwydering. Skakel Neels 021 872 9397 of 083 412 8810.

PERSOONLIKE LENINGS

REGAS FRIDGES

ELECTRICAL REPAIRS & AIRCONS 083 708 4950

tot R120 000 Huislenings

401

Algemeen General Vacancies GESOEK: 2 Hardwerkende Huisvroue vir deeltydse werk bedags. Bestuurslisensie 'n vereiste. Skakel 082 967 4580 vir onderhoud. REACH TRUCK DRIVER. Needed in Klein Drakenstein. Fax CV to 021 862 0055.

Navrae Sel: 082 707 9169 Kantoor: 087 805 7724 Faks: 086 758 6359 Terme en voorwaardes geld.

112

Gordyne/Matte/ Stoffering Curtains/Carpets Upholstery 105

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

Binnenshuisdienste Home Services Interior

EERSTE KEER SKOOL TOE My naam is:……………………........... Ek is …………………............jaar oud. Ek is in Graad 1. My Juffrou se naam is …………………………………............. in ........................................................ laerskool.

102

Allerlei Miscellaneous Services

As ek eendag groot is gaan ek ’n ………………………………….....word. Vir slegs R100 kan u die foto van ’n leerling in graad 1 inskryf elke week tot einde Februarie 2013 om in Drakenstein Gazette te verskyn onder die hofie “Eerste keer skool toe”. Voltooi die bogenoemde inskrywingsvorm en u kontakbesonderhede onderaan tesame met ’n kop en skouers foto en handig tesame met R100 in by Paarl Post se kantore te Newstraat 1A voor Woensdae om 10:00. Of skakel Sharon of Zeta om ’n elektroniese foto te stuur en ’n internetbetaling te doen.

115

Vervoer en Berging Moving & Storage

No one can beat our low rates. Phone Sharon at

021-870-4600

MOVING? TREK? 083 708 4950

ANYTHING ENIGE IETS FURNITURE MEUBELS TRANSPORT VERVOER

OUERS SE BESONDERHEDE: Naam: ................................................ Van: ................................................... ID: ...................................................... Posadres:........................................... Tel no werk: ........................................ Huis of sel: .......................................... Drakenstein

Newstraat 1A, Paarl, 7646 • 021 870 4600

Onderwysers wat die bekendstellingsfunksie van die Pick n Pay Wellington Skoleklub bygewoon het.

PnP W’ton help skole Die Pick n Pay Skoleklub het nou na Wellington ook gekom en beoog om ’n fundamentele impak te maak op skole in die omgewing. Pick n Pay Wellington het 13 Februarie hul Wellington Skoleklub van stapel gestuur met ’n heerlike geselligheid vir onderwysers. Twintig skole in die Boland-kring, wat klein plaasskole ook insluit, is deel van die projek. Hierdie broodnodige, innoverende projek behels die bystand van Pick n Pay deur die verskaffing van opvoedkundige materiaal. By die bekendstelling van die projek het die betrokke skole se onderwysers ’n boks ontvang met onder meer plakkate, plakkers, en boeke met oefeninge, wat volgens die kurrikulum opgestel is om nie net die onderwysers en leerlinge te help nie, maar ook om klaskamers op te kikker. In die derde kwartaal sal hulle weer ’n boks ontvang met die materiaal vir die derde en vierde kwartaal. Nelia Kirsch, mede-eienaar van Pick n Pay Wellington, is baie betrokke by hul skolepro-

jek en sê trots dat 2 500 skole landwyd (750 in die Wes-Kaap) al geregistreer is by die Pick n Pay Skoleklub. Vanjaar is die tiende bestaansjaar van die projek en dit bereik reeds meer as 1,8 miljoen onderwysers. Maureen Hendricks, prinsipaal van Rondeheuwel Primêr op Hermon, is baie dankbaar vir die enorme bydrae wat die projek tot haar skool gemaak het en het die ander onderwysers passievol toegespreek. Sy sê dat ’n magdom mense baatvind by die projek, die WKOD, plaaseienaars, onderwysers, ouers en leerlinge. Sy beskryf die Skoleklub as ’n agent vir verandering, ’n baken van hoop wat help om die skool ’n plek te maak waarop alle partye trots is. Kirsch het beklemtoon dat Pick n Pay nie net wil bokse uitdeel nie, maar aktief wil deel word van die skole. Daarom het hul verskeie inisiatiewe en opvoedkundige kompetisies wat deel vorm van die Skoleklub, soos die “Onnies Verdien ’n Ruskans” en die Hero Awards vir die leerlinge. Besoek gerus www.schoolclub.co.za vir inli


Friday 22 February 2013

Schools - Skole

Drakenstein Gazette

7

Skerpskryf-kompetisie

Senior leerlinge van skole in Drakenstein kan nou hul nuusberigte inskryf vir die Hugenote Gedenkskool en Afrikaanse Taalmuseum en Monument se jaarlikse Skerpskryf-kompetisie.

PRETLOOP: Onder Weltevrede Sekondêre Skool se leerlinge is ’n hele aantal klopse-lede. Hierdie groepie het Vrydag met hul blaasinstrumente dié skool se pretloop deur die strate van Weltevrede en Van Wyksvlei gelei. Die geld wat deur die leerlinge ingesamel is, sal gebruik word vir noodsaaklike herstelwerk by die skool. FOTO: CHRISTINE SIEBRITS

MODELLE: LK Zeeman Primêr het onlangs hul eerste Mnr en Mej Valentyn gehou. Hier is van die deelnemers wat op die planke verskyn het. Van links is Beronique Adams, Monique Horn en Rush-Dieyah abrahams. FOTO: FRANS LE ROUX

VALENTINE’S DAY: The gr.2 pupils of La Rochelle Primary school celebrated Valentine’s Day in style last week. Here are pupils Sonia Christensen (left), Caitlin Cupido, Tanika Cloete and Chloë Creamer with their teacher, Elna Theunissen.

PERSONEEL BEDERF: Op Valentynsdag het die studenteraad van Hoërskool Gimnasium die personeel bederf met lekker eetgoed wat in pousetyd bedien is. Die tema van die ete was ’n piekniek. Hier is van die studenteraad Lianda du Plessis, Jan-Willem Mouton, Brendon Nell, JD du Toit, Amoré Conradie, Bridget van Zyl, Luné Carstens, Deandi van de Vyver en Lana du Plessis.

Die kompetisie word vanjaar vir die derde keer aangebied en leerlinge kan groot pryse wen met hulle skeppende skryfwerk. Die finaliste sal ook ’n Skerpskryf-skool saam met hul onderwysers by die Hugenote Gedenkskool bywoon. Alle Drakenstein-leerlinge in gr. 10, 11 en 12 wat Afrikaans neem, kan inskryf. Al wat hulle moet doen is om ’n nuusberig van tussen 400 en 500 woorde in Afrikaans oor enige onderwerp van hul keuse te skryf. Dit kan wees oor ’n sportwedstryd, skoolfunksie, konsert, basaar, toespraak waarna geluister is of enige ander gebeurtenis binne of buite skoolverband wat bygewoon is. Die skrywers van die skerpste nuusberig-

te en hulle onderwysers sal genooi word om by die Hugenote Gedenkskool deel te neem aan die werk- en gespreksessie waar bekende skrywers en nuusjoernaliste teenwoordig sal wees. Drie wenners sal by die Skerpskryf-skool vir die finaliste aangewys word. Hulle sal onderskeidelik R2 000 kontant en ’n koopbewys van R1 000 vir ’n Afrikaanse boek; R1 000 kontant en ’n koopbewys van R1 000 vir ’n Afrikaanse boek; en R500 kontant en ’n koopbewys van R500 vir ’n Afrikaanse boek wen. Elkeen van die drie skole van die drie wenners ontvang ook ’n koopbewys van R500 vir ’n Afrikaanse boek. Die sluitingsdatum is 30 April 2013 en leerlinge kan hulle inskrywings vir hul Afrikaanse onderwysers gee of inhandig by Catherine Snel of Janine September by die Taalmuseum in Pastoriestraat. Hulle kan ook vir besonderhede gekontak word by 021 872 3441 of vakkundige@taalmuseum.co.za.

VALENTYNSDAG: Klein Girls High se gr.3-leerlinge het saam met hul onderwyser Mariette Hugo rooi en pienk aangetrek om Valentynsdag te vier.


Drakenstein

Year 3 • Vrydag 22 Februarie 2013 | Tel. 021 870 4600

International stars run in Paarl

The 4th Track and Field league meeting of the 2013 athletics season took place at the Dal Josaphat Stadium in Paarl.

KAMPIOENSPAN: William Lloyd Primêr se atletiekspan was vir die vierde agtereenvolgende jaar aangewys as die Paarl-streek se toppresteerders van die dag. Hier is die span saam met Pieter Lourens (skoolhoof), Ashraf Baxter en Adrian Thomas (afrigters). FOTO: ERNEST KILOWAN

Several athletes who represented South Africa in the past participated at the meeting. One of the athletes that performed well at the league meeting was Leigh Julius from Maties Athletics Club (AC) who represented South Africa in the 100 m and 200 m several times over the past 10 years. He ran the 200 m in an excellent time of 21.76 in the 200m men. Marise Malherbe from Paarl Girls High School, who represented South Africa in 2012 in the 800 m, also showed that she is back in shape by

finishing the 400m G/19 in an excellent time of 57.70. Jaden Flagg from Maties athletics club, who was a member of the 4x400m relay team who won gold with a Boland record at the South African Junior championships also ran in the league competition and clocked an excellent 400m time of 49.37. Justine Palframan from Maties AC, and one of the best junior 400m athletes in the world in 2012, also showed good form in the 200m with a time of 24.41. Shaun de Jager from Maties AC who represented South Africa at the 2012 Olympic games in the 4x400m relay, also ran an excellent time of 47.48.

Entries open for junior Boland track and field The 2013 Boland Youth, Junior and u/23 Track and Field Championships, incorporating Boland High Schools and LSEN Track and Field Championships, will be held at the Dal Josaphat Stadium in Paarl on 1 and 2 March. Th

20/20 starts

GRASIEUS DEUR DIE LUG: Kyle Green van New Orleans Sekondêr vlieg deur die lug om die seuns o.14-verspring te wen. Hy het deelgeneem aan die Paarl Hoërskole Sone 3 atletiekbyeenkoms. FOTO: ERNEST KILOWAN

EERSTE OOR WENSTREEP: Lian van Wyk van Hoër Landbouskool Boland het verlede Vrydag die 400 m vir seuns o.15 tydens die PMW-atletiekbyeenkoms gewen. Met dié eerste plek en ’n derde plek in die 200 m is hy as die victor ludorum (o.15 seuns) van die byeenkoms aangewys. FOTO: SIEB SIEBERHAGEN

This coming weekend the local and exciting 20/20 cricket series kicks off. Paarl’s 20/20 fixtures for Saturday are as follows: 1st XI vs Mbekweni at the Cput grounds in Wellington, 2nd XI vs Young People’s at Parys grounds , 3rd XI vs Paarl East at New Orleans, and on Sunday 3rd XI vs Wellington at the Parys grounds.

This championship will cater for the age groups under 14 to under 23. Athletes who wish to compete can email office@bolandsathletics.com or phone 021 868 0007. Entries close 27 February.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.