Drakenstein
Year 3 • Friday 24 May 2013 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365
Stasie vier fees
In the latest Paarl Post: ) Murder suspect in court ) Toll roads stopped ) Franschhoek toddler dies of burn wounds ) College lecturer attacked
Gazette gee om
3
Eat healthy in winter
4
Young Peoples wen
8
Die Konsternasie op die Stasiefeesvieringe om die Wellington-stasie se 150ste bestaansjaar te herdenk, is verlede Saterdag op luisterryke wyse by Wellington Wyne gevier. Martelize Brink van RSG-faam was die seremoniemeester van die dag. Daar was verskeie geskiedkundige stalletjies, en ’n reuse-melktert wat spesiaal deur die AKTV-lede gebak was, is later die dag teen R10 per stuk verkoop. Die opbrengs van R2 700 sal aan die Wellington-gemeenskap geskenk word. Hier is die uivoerende burgemeester van Drakenstein-munisipaliteit, Gesie van Deventer, by die Atlantic Stars, Hillcrest Starlights en Young Starslights wat haar by die Wellington-stasie met hul kleurvolle passies verwelkom het. Saam met haar is Jayden Williams, Benade Boltman en Rodwill Claasen. Sien nog foto’s op bl.5.
FOTO: DEVIDEAN MOSES
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
2
Entertainment - Vermaak
Drakenstein Gazette
Friday 24 May 2013
Stories vertel ter viering van Museumdag Stories uit Drakenstein is ’n opwindende storie-vertel projek wat ter viering van Internasionale Museumdag deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in samewerking met Paarl Museum bekendgestel is. Dié projek het reeds vroeër vanjaar afgeskop met die insameling van stories toe inwoners van Drakenstein, van gr. 10-leerlinge tot studente en volwassenes, genooi is om deel te neem. Die plaaslike skrywer Petro Rhode het gehelp om die beste stories uit te kies, wat op Internasionale Museumdag (18 Mei) tydens ’n storievertel-program by die Taalmuseum aan die publiek bekendgestel is. Sewe vertellers het aan die program deelgeneem terwyl nog drie deelnemers se werk deur ander voorgelees is. Die deelnemers was Flora Tielingse, Mercia May, Merle Danhouse, Sheree Juries, Amelia Solomons, Joyce de Villiers, Gerhard de Villiers, Johan Constable, Jacques Basson en Johan Perold. Stories het gewissel van oorlogstories, “rondloperstories”, liegstories, ware stories en skinderstories tot kinderstories. Mercia May het vertel van haar mense wat
Voor is Elsa Olivier, Glemorene van Rooyen en Amelia Solomons. Agter is Petro Rhode, Eddie Williams, Mercia May, Johan Constable en Merle Danhouse. toentertyd kerk toe gegaan het om te gaan luister wat die ander mense bid om so die nuutste skindernuus te kry. Ander het stories opgediep uit die dae van tiekies, terwyl Johan Constable vertel het van ’n kind met die naam Diploma, “want dis nou wat sy ma van die kollege af huistoe gebring het”. Daar was ook bangmaaksto-
ries oor Antjie Somers en ’n ware storie oor ’n fiets wat ’n lang pad afgelê het om ’n ring na die Paarl terug te bring (die fiets is vandag te siene in Mosselbaai se museum). Die talentvolle Glemorene van Rooyen van Wellington het gedigte voorgedra en ’n verwerking van ’n gedig van Breyten Breytenbach ge-
sing. Volgens Catherine Snel, bestuurder van opvoeding en erfenisprojekte by die Afrikaanse Taalmuseum, bestaan daar baie stories in die volksmond wat nog nie geboekstaaf is nie. Die doel van die projek is dus juis om oud en jonk bymekaar te bring om hul stories te vertel en dit vir ons nageslag te bewaar. “Ons wil hierdie mondelinge oorlewerings vaspen sodat die stories vir toekomstige navorsers toeganklik sal wees. Die bewaring van hierdie stories is dus van onskatbare waarde.” “Stories ken geen perke van ouderdom nie. Die jonger geslag hoor dalk ’n goeie storie by ’n ouer persoon en gee weer hul eie interpretasie daaraan. Wanneer inligting per mond gehoor en oorvertel word, kry dit dikwels ’n stertjie en dit is wat dit so interessant maak.” Hierdie stories sal ook in ’n boek opgeneem word wat op Taaldag 14 Augustus, bekend gestel en aan deelnemers, museums en biblioteke versprei sal word. Elke deelnemer sal ook ’n boekprys ontvang. Belangstellendes kan vir Catherine Snel by die Taalmuseum kontak by 021 872 3441 of erfenis@taalmuseum.co.za of vir Elizabeth Bowes by Paarl Museum by 021 872 2651 of paarlmuseum@telkomsa.net.
Kom dans saam Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou ’n dans met die Kaapse Affodille Dames-orkes by Laerskool Noord-Eind. Die dans vind plaas op Vrydag 31 Mei. Toegang is R35 (R45 vir nie-lede). Vir besprekings en meer inligting bel Ciceel Wentzel by 083 346 7083.
HULLE MAAK HOSPITAALVERBLYF ’N VREUGDE: Bollie, Snaffels die hond, Pokkels en Lizzie het onlangs die kinders by Paarl-hospitaal besoek en vermaak. Hier is hulle saam met Kay-Leigh Wilson waar sy aansterk ná ’n heupoperasie.
FOTO: LIEZL DAVIDS
Vrolike winteraand in Wellington Wellington-Oos Gemeente bied jou ’n vrolike winteraand op 31 Mei met ’n heerlike aandmark vol pure lekkerte - van handgemaakte produkte en geskenke vir die hele gesin. Daar sal heerlike boereworsrolle, jafels, pannekoek, poeding, smaaklike koffie, pragtige kolwyntjies en veel meer te koop wees. Daar is ook tafels waar jy die lekker eetgoed rustig kan kom eet saam met
jou familie en vriende. Vermaak sal ook verskaf word aan die kinders terwyl ma en pa kuier en eet. Die aandmark begin van 17:00 tot laat in die kerksaal van die NG Kerk Wellington-Oos. Bespreek jou uitstaltafel betyds teen R100 by Elize. Vir meer besonderhede bel Rone Sills 082 2903 114 of Elize by die kerkkantoor by 021 873 2690.
Vier Afrikadag by Taalmonument Die Afrikaanse Taalmonument bied op Saterdag 25 Mei ’n spesiale program ter viering van Afrikadag. Besoekers kan op dié dag die Afrika-herkoms van Afrikaans ontdek tydens ’n begeleide toer van die Taalmonument. ’n Musiekprogram word van 12:00 tot 14:00 aangebied.
26 May )The Zion Fellowship Cogic choir presents a Gospel concert at the church hall in Wellington at 17:00. Tickets cost R20 (R10 for children). Everyone is welcome. For more details, phone Christopher on 060 370 3133.
28 May
SMS AND WIN: Wild animals number fun and Farm animals shapes and sizes have lots of fun activities for kids to do. One lucky Drakenstein Gazette reader stand the chance to win these two educational books. The books include write-on dab-off marker pens and have fold-out pages and a turning wheel. The Publisher of the books is Human & Rousseau and the illustrator is Sarah Pitt. To win the books, SMS your name and the name of the illustrator to 32365. An SMS costs R1,50.
)The crowning of Miss Mary Help of Christians Primary School will take place at 19:30 at the Huguenot Community Hall. Tickets are R20 (R10 for kids) and can be bought at the school. Performing at this event are Loren Erasmus (singer), Paul Junior (singer), Charitia (singer) and dance groups FBI’s and Breaking Point.
31 Mei )Ligstraal Skool hou ’n debutantebal by die Paarl-Oos Thusong-saal. Die Newtonians-orkes sal sorg vir die musiek. Kaartjies is R150 en is te koop by die skool. Vir navrae, bel 021 862 7182. )Die Boland Skool vir Outisme hou ’n hamburger-verkoping as deel van hul geldinsamelings-
Toegangsgelde beloop R20 vir volwassenes, R10 vir Suid-Afrikaanse studente, R5 vir kinders en gratis vir kinders onder ses jaar. Die Taalmonument sal oop wees van 08:00 tot 17:00. Vir meer inligting, skakel 021 863 4809/0543 of besoek www.taalmonument.co.za.
projek. Die burgers teen R20 elk sal op aanvraag afgelewer word tussen 10:00 en 13:00. Plaas jou bestelling voor 28 Mei by braamdt@telkomsa.net of 082 746 4427. )Weltevrede Sekondêr hou op Vrydag 31 Mei hul kroning van Mej Weltevrede in die Bergrivier-skoolsaal. Toegang is R20 en kaartjies is by die skool of saal beskikbaar. Met die tema: Carnival Xtravanga, word almal uitgenooi om die spoggeleentheid te kom bywoon. Die skool vier ook hierdie jaar hul 30ste bestaansjaar. Vir nadere besonderhede, skakel 021 873 1559.
5 Junie )ACVV hou hul jaarvergadering om 10:00 in die Kapel by Huis Vergenoegd in die Paarl. Die spreker is Rayne Stroebel. Bespreek jou plek by Isobel by 021 872 3487 of admin@ acvvnp.org.za.
8 Junie )Drakenstein Kunsvereniging bied tussen 10:00 en 12:00 ’n werksessie aan oor vertikale groentetuine. Sue Kingma sal wys hoe om jou eie vertikale groentetuin te skep wat ook ’n pragtige kunswerk sal wees. Die werksessie word met visuele beeldmateriaal aangevul. Bring saam leë 2F-, 1,5F- en 5F-plastiekkoeldrankbottels, klein groente- of kruieplantjies (saailinge), skerp mes, skêr en ’n sakkie grond. Bespreek by Esther Kotzé voor of op 3 Junie by 021 873 7376 of drakensteinkunsvereniging@gmail.com.
Friday 24 May 2013
News - Nuus
Drakenstein Gazette
3
DBV Paarl- en Wellington benodig hierdie items Die Paarl DBV (Diere Beskermingsvereniging) is in 1960 gestig. Hoewel dit ’n niewinsgewende organisasie is, word dit soos ’n besigheid bestuur. Die DBV het sy eie konstitusie maar word bedryf onder die Dierebeskerming Wet 169 van 1993 en is ’n lid van die nasionale raad van DBV’s. Die Paarl DBV bestaan uit gekwalifiseerde en opgeleide personeel. Die DBV spesialiseer in die behandeling en vertroeteling van diere en veral mishandelde diere. Paarl DBV het die afgelope tyd sowat 30 katte en 30 honde by hulle ingeneem nadat die Worcester DBV sy deure gesluit het. Volgens hulle is dit altyd ’n vreugde om ’n dier aan iemand te gee wat hom baie liefde en aandag sal gee en waar hy ’n tweede kans op ’n gelukkige lewe kan kry. Maar hulle is nog steeds streng as dit kom
by die aanneem van ’n dier. Dis belangrik dat jou huis en erf geskik is om die troeteldier te huisves. As jy ’n dier wil aanneem sal jy ’n aansoek vorm vir aanneming moet invul by die DBV. ’n Inspekteur sal dan uitgestuur word na jou woning om seker te maak dat dit geskik is vir die troeteldier wat jy wil aanneem. Jou troeteldier sal gesteriliseer en ingeënt word en ook ’n DBV-naamplaatjie ontvang waarvoor jy sal moet betaal. Die rede hoekom hulle streng moet wees, sê die DBV, is omdat baie van hul diere reeds uit huise kom waar die eienaar/s nie voldoen het aan al die vereistes nie. Wellington DBV is in die 1950’s tot stand gebring en het baie klein begin. Hulle het intussen ’n inspekteur bygekry wat klagtes wat van dieregeweld ondersoek. Hulle spog ook met ’n kliniek by die Weltevrede-sportgronde waar ’n veearts elke Dinsdag tussen 12:00 en 14:00 uitkom.
Hulle vat wegloopdiere (strays) en diere wat se eienaars hulle nie meer wil hê nie of wat mishandel word in. Hulle het sowat tien hondehokke, sowat vier kampe en vier kat hokke. Sedert 1 April 2012 tot 31 Maart 2013 het hulle 876 katte, 1 371 honde en 29 ander diere ingevat. Wellington DBV nooi die publiek om met die diere te kom speel en ’n hand te kom bysit by die DBV. Geldelike bydraes is ook altyd nodig. Albei DBV’s benodig onder meer kos, komberse, skoonmaakmiddels en kantoorbenodigdhede. Die publiek kan skenkings (geen kontant nie) vir die Paarl DBV en Wellington DBV tot 1 Augustus 2013 na die Drakenstein Gazette (Paarl Post) se kantoor in Newstraat 1A, Paarl (langs Virgin Active) bring. Vir navrae en nadere besonderhede, bel gerus 021 870 4600.
Belangrike aspekte vir entrepreneurskap ’n Entrepreneur word gewoonlik as suksesvol gesien as hy geld maak. Daar is drie belangrike geld aspekte in ’n besigheid wat na gekyk moet word. Eerstens moet die besigheid se laste (skuld) nie meer wees as die bates (besittings) nie. Met meer bates as laste is die besigheid solvent. In die tweede plek moet ’n onderneming se inkomste groter wees as die uitgawes want dan maak dit ’n wins. ’n Werker se salaris of loon is sy vergoeding David Malherbe vir die werk wat hy of sy doen en wins is die besigheidseienaar se vergoeding vir die werk wat hy of sy doen en vir die risiko wat hulle loop. Die belangrike vraag is dus of die besigheid ook winsgewend is? Maar ’n besigheid kan solvent en winsgewend wees en nog steeds in die moeilikheid beland. Die rede is dat produkte of dienste wat op krediet verkoop word, ook gereken word as inkomste wat reeds verdien is, al het die besigheid nog nie die geld vir die transaksie ontvang nie. “Die derde, baie belangrike geld aspek, van besighede is kontantvloei of likiditeit. Dit is juis hier waar baie besighede se grootste kopsere elke maand lê. Aan die einde van die maand moet besigheidsuitgawes soos huur, lone en sa-
larisse, telefoon en vele ander betaal word. Dan het jy kontant nodig,” verduidelik David Malherbe, ’n besigheids- en loopbaan konsultant van Wellington. Miskien was daar nie genoeg verkope gedurende die maand nie of te veel is op skuld (krediet) verkoop en jy sukkel om jou geld van die debiteure af in te kry. Indien jy nou boonop die nuus moet kry dat die persoon wat vir jou die meeste skuld, bankrot is, kan dit jou ook sink. “Om dus ’n gesonde besigheid te hê moet dit nie net solvent en winsgewend wees nie, maar is ’n goeie kontantvloei uiters nood-
saaklik. “Wees dus versigtig met sowel die aangaan en die toestaan van krediet, want kontantvloei probleme kan beide winsgewendheid en solvensie tot niet maak en jou besigheid sluit.” Malherbe en Dewald Scholtz gesels Maandagaand vanaf 19:00 tot 20:00 op Radio KC 107.7FM tydens die program Jy die Entrepreneur verder oor hierdie onderwerp. Vir navrae, skakel David Malherde by 021 873 0262. ) David Malherbe is ’n besigheids- en loopbaankonsultant en woon in Wellington. Hy kan gekontak word via sy webblad www.jedidiah.org.za of by 021 873 0262.
GELUKKIGE WENNER: Dorinda du Plessis van Klein Drakenstein-weg is verlede week se gelukkige wenner van die boek, Nie van Hoorsê nie, Here. Du Plessis het gesê dat sy nie kan wag om te begin lees nie, veral op die koue dae wat voorlê.
FOTO: LIEZL DAVIDS
MINISTER BESOEK GROENHEUWEL: Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant (naaslinks), het onlangs ’n welwillendheidsbesoek afgelê aan Groenheuwel Primêre Skool. Linda Marais (hoof-onderwyskundige van Kaapse Wynland Onderwysdistrik Kring 2), skoolhoof Desmond Ceaser en Edward Daniels (adjunkhoof-onderwyskundige) het hom te woord gestaan. FOTO: DEVIDEAN MOSES
4
Drakenstein Gazette
Recipes - Resepte
Friday 24 May 2013
Healthy made easy The winter chill has definitely set in and so too has the traditional bouts of colds and flu and respiratory complications which can cause havoc during the winter months.
All vegetables by definition are cholesterol-free and for all practical purposes, fat-free. Over 95 percent of vegetables contain less than a gram of fat per serving, and even that insignificant gram is mostly unsaturated fats.
Peter Jordan, principal officer of Fedhealth says that there are numerous ways that “healthy can be made easy” during this change of season. Anti-oxidants are the multi-task fighters found in the body. They keep us young, fight off infection, repair any weak spots in the veins and arteries, supply elasticity where needed and protect us against carcinogens and ultimately cancers. Inspired by the abundance of rich autumn colours, Jordan says that the sheer goodness can be found in rich anti-oxidant foods such as blueberries, fiery red tomatoes, red cabbage, avocados, papinos, red, green and yellow peppers, red wines, red kidney beans, green teas and rooibos teas which are all bursting with a variety of rejuvenating anti-oxidants. “Wine lovers will also be pleased to know that certain wines such as Merlot have the highest Resveratrol (the anti-oxidant that triggers the anti-aging gene), content. Dark and good quality chocolate are also rich in anti-oxidants and when eaten in frequent, small quantities can actually benefit health,” he says. One can also improve immunity during the winter months by adding extra garlic to soups and stews and drinking freshly squeezed orange juice or eating citrus food that are high in Vitamin C and low in calories. “Vitamin A is also a vital nutrient which can be used to boost immunity. Found in pumpkin, carrots, butternut, mango and papino, these are all good sources which assist in protecting the sinus membranes making them more effective when fighting off viruses and bacteria. Most people enjoy snacking during the colder months especially at night while watching television. Instead of snacking on fatty foods such as milk chocolate, biscuits or crisps, try snacking on healthy food options such as: walnuts and almonds, steamed or air-popped popcorn, pretzels dipped in humus, lean biltong (no dried wors), dates, steamed or tinned unsweetened apples with custard or frozen yoghurt, dried figs (which are high in fibre), apple rings, apricots, dried or fresh coconut and low fat crackers with mozzarella or ricotta cheese.” Other healthy snippets to keep in mind: ) The most nutritious part of broccoli is the stem, not the florets. ) Mineral zinc is absolutely essential for memory and attention span. We find zinc in red meat, oysters and wholegrain, but this may need to be supplemented with other nutrients to get the required dose. ) Zinc is also vital for healthy skin, healing and is often used for the treatment of acne. Even though we live in such a sunny country, we still might have low levels of vitamin D as not enough is produced by sunlight. Also contributing is the fact that we wear lots of sun block (which reduces vitamin D production) or stay out the sun completely. ) Vitamin D is essential for bone strength but also for many other functions in the body. We find vitamin D in all tinned fish, also in mushrooms or available in supplement form.
Friday 24 May 2013
People - Mense
LEERLINGE INGELIG OOR FETALE ALKOHOL-SINDROOM: Fast Facts se Herchell Barron (links agter) het verlede week tydens ’n inligtingsessie die leerlinge van Magnolia Primêre Skool ingelig oor fetale alkohol-sindroom. Saam met Barron agter is Elizma Titus (Badisa Paarl gemeenskapsontwikkelingswerker) en Janine Groenewald. FOTO: LIEZL DAVIDS
Mercia Ritter en haar eggenoot Derek het seker gemaak dat besoekers lekker aan hul konfyt, ingemaakte groente en vrugte en ander lekkernye kon smul by die Konsternasie by die Stasie-feesvieringe op Wellington.
Drakenstein Gazette
5
NOODHULP-KURSUS: ’n Noodhulp-kursus is deur EHS Agri aangebied. Hier pronk die kursusgangers met hul sertifikate: (voor) Dorrie Pietersen (Limietrivier) en Melissa Stigling (EHS Agri); (agter) Cornel Willemse (Specialities Pet Food SA Pty Ltd), Tyron Heffenaar (Specialities Pet Food SA Pty Ltd), Shaheed Lagadien (instrukteur), Winston Abrahams (Specialities Pet Food SA Pty Ltd), Marcelino Albertus (Van der Spuy Strukture) en Aneska Davids (EHS Grean Leaf Consultancy).
MOEDERSDAG-TEE: LK Zeeman Primêre Skool het onlangs hul Moedersdag-oggendtee gehou. Die vroue, Elizabeth May (links), Grace Adriaanse, Grethal van Rooy, Mariaan Pietersen, Sue-Ann Benjamin, Faith Lawrence (gasspreker) en Dawn Williams was gasvroue by die geleentheid.
FOTO: DEVIDEAN MOSES
Daar was baie om te sien en te doen by die Stasie-feesvieringe, onder meer dié outydse vierwiel-perdekar, Queen Victorian Spider, wat nog in ’n uitstekende toestand is. Hier is Ritha (links) en Carel Smuts (regs) by die eienaar van die outydse perdekar, Herman Burger. Die Queen Victorian Spider is maar een van die talle antieke perdekarre in Burger se versameling. FOTO: DEVIDEAN MOSES
Wellingtonners het hul Saterdag terdeë geniet by die 150ste Stasiefees-vieringe. Baie van die besoekende kinders het ook hul eerste treinrit beleef. Hier is Tyrique Fisher, Xander Allies, Keasha Allies en Hope Fisher saam met die AKTV-feëtjie, Roné Sills, voor die trein. FOTO: DEVIDEAN MOSES
6
Classifieds
Drakenstein Gazette
Wear your tekkies for a good cause
Noodhulp: help ’n baba wat verstik Knip dié nuttige noodhulpwenk uit en raadpleeg dit tydens ’n noodgeval.
Stappe om te neem 2
Plaas die baba met sy/haar gesig na onder op jou voorarm en hou die kop laag (kniel op die vloer).
5
6 Plaas twee
vingerpunte op die laer deel van die baba se borsbeen, een vingerbreedte onder die tepel, en gee vyf skerp stote in die borskas in.
Indien nie, gee tot vyf borsstote.
7 Herhaal die stappe tot die versperring losgekom het of hulp opdaag.
During April and May, five different stickers each representing a beneficiary will be available at a cost of R10 each, which will be donated to the chosen beneficiary. The Tekkie Tax campaign will give you the option of donating to a welfare sector of your choice which includes animals, children, education, disability or basic community welfare.
3
Gee tot vyf skerp slae, tussen die skouerblaaie, op die baba se rug.
Draai die baba om met sy/ haar gesig na bo op jou voorarm.
relevant sticker )Wearing your tekkies and sticker on Friday (31 May) to show your support For more information visit www.tekkietax.co.za or email tekkietax@mweb.co.za.
Koejawelfees beloof twee dae van lekker kuier
4 Kyk
of die versperring al losgekom het.
Die tweede Koejawelfees vind plaas op 25 en 26 Mei by Augusta Kleinbosch Gasteplaas. Dit is tyd dat die koejawel wat dikwels in verskeie vorme deel was van ’n goeie Suid Afrikaanse ete weer tot sy regmatige plek herstel word. Dit is daarom dat ’n koejawelfees nodig is en sommer ook op die plek waar die eerste koejawel pitbome in die land aangeplant is. Nie net is die koejawel in eie reg ’n lekker en gesonde vruggie vol vitamiene C nie maar die koejawelfees gaan sommer nog baie meer vir almal vanaf ouma en oupa tot kleinkinders bied. Musiek van Anke Petrangeli ’n Idols-wenner, Tony en Lana met Rock and Roll, Die Parlementbroers orkes, Heidi van Wyk met Jazz en strykorkeste maak alles deel uit van die vermaak. Vir die avontuurlustige is daar rotsklim en vierwielmotorfietse asook trekkerritte, ’n springkasteel en gesigverf vir die jongspan. Kunsuitstallings is in die Kleinbosch herehuis en jy kan ook kom kyk na ’n nuwe boekvrystelling.
8 Indien die baba sy bewussyn verloor, begin met kardiopulminêre resussitasie .
Bron: Netcare-opvoeding: Fakulteit van Nood- en Kritieke Sorg
It’s as easy as: )Getting permission from relevant parties (such as your office, school) to participate in the campaign )Promoting the campaign with free publicity material such as posters and brochures )Choosing the beneficiary of your choice by purchasing the
Friday 31 May, will see the first Tekkie Tax annual fundraising campaign kick off, where participants will wear their tekkies in support of a good cause.
Wanneer ’n baba verstik is die luggang gedeeltelik of heeltemal versper. Dié versperring moet so gou as moontlik verwyder word.
1
Friday 24 May 2013
SALOMÉ NOURSE, Grafika24
Vir ’n blaaskans kan almal iets te eet kry by die verskeie kosstalletjies, gaan wynproe of rustig in die bier en wyntuin sit. Die koejawel word natuurlik nie vergeet nie en almal kan kom kyk wat alles met ’n koejawel gedoen kan word. Kry sommer jou eie koejawel resepteboek. Daar is natuurlik ook mooi koejawels te koop. Die fees beloof om twee lekker dae op die plaas aan almal te bied en terwyl jy op Kleinbosch is kom trap jou voetspoor in Afrikaans. ’n Persoonlike sertifikaat sal uitgereik word om te bewys dat jy geloop het waar van die eerste Afrikaanse boeke geskryf is, Totius en DF Malherbe grootgeword het en ook waar die eerste amptelike Afrikaanse skool (Die Hugenote Gedenkskool) vandag nog staan. Die hekke sal om 11:00 oopmaak. Sien jou by die koejawelfees op die plaas Kleinbosch in Dal Josafat, Paarl. Besoek www.augustakleinbosch.co.za of bel Laetitia of Francois by 021 868 2481 of 082 390 8190.
105
TE KOOP FOR SALE 71
Algemeen Miscellaneous 1ml SAND, klip, kompos & bogrond (topsoil) sowel as bourommel, vullisverwydering, tuindienste en skoonmaak van erwe. Skakel Neels 021 872 9397 of 083 412 8810.
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 102
Allerlei Miscellaneous Services
Binnenshuisdienste Home Services Interior
APPLIANCE Speed Queen, Whirlpool speicalist
Ons naam is u waarborg Vir die beste diens, skakel 083 556 6359
115
Vervoer en Berging Moving & Storage
E-pos: premierblind@mweb.co.za
MOVING? TREK?
Gratis kwotasies & installasies. Asook herstelwerk.
• FRIDGES • FREEZERS • TUMBLE DRIERS • DISHWASHERS • WASHING MACHINES • RE-GAS R170 Jan 076 919 0596
1146
Teëlwerk/Vloere Tiling/Flooring
083 708 4950
108
ANYTHING ENIGE IETS FURNITURE MEUBELS TRANSPORT VERVOER
Geld/lenings Money/Loans
CASH
4
GOLD ONS KOOP TELEVISIE DAEWOO 54 cm te koop. R400. Skakel asseblief 021 863 1944.
GOUE
JUWELIERSWARE
112
Gordyne/Matte/ Stoffering Curtains/Carpets Upholstery
HEEL OF GEBREEK
BESTE PRYSE No one can beat our low rates. Phone Sharon at
021-870-4600
JOBS
REPAIRS
Eilandstr 3, Paarl (oorkant SASKO)
021 872 2913
140
Elektriese Herstelwerk Electrical Repairs
REGAS FRIDGES
ELECTRICAL REPAIRS & AIRCONS 083 708 4950
Be Wise, Advertise
MULLER HERSTELDIENSTE: Yskaste, stowe, droërs, wasmasjiene, ens. Skakel Arnold 083 339 8886.
EIENDOMME PROPERTIES 167
Huise te Koop Houses for Sale PAARL - WELLINGTON: 1, 2, 3 & 4 Slpk - R140000, R195000, R235000, R445000, R655000. Kontant of finansiering kan gereël word. 072 805 3574.
401
Algemeen General Vacancies AVON. Earn extra money. Sell Avon. Sms name & area to 083 759 0364. CLEANER NEEDED!!! In Paarl area. Men with forklift licence. CV & copy of ID. Call 073 844 9868.
Friday 24 May 2013
Schools - Skole
VISIT BUTTERFLY WORLD: Here are Mattaeo St Leger and Estelle Kitshoff from La Rochelle Girls’ Primary posing at the giant spider on their outing to Butterfly World.
NUWE NETBALDRAG: Die o.13-netbalspan van Laerskool Drakenstein het by hul onlangse jaarlikse sportdag waaraan 11 skole deelgeneem het, in hul nuwe netbaldrag gespeel. Hier (van links) is: Kelly Carlse, Leatitia de Bruyn, Courtney Francke, Marli Marais, Ree-Sha Whatney, Taryn Alexander, Almé Mans, Jenique van Niekerk; (voor) Jonandi Solomon.
WELLINGTON EISTEDFODD: Dié groepie leerlinge van Wellington Primêre Skool het sertifikate ontvang vir voordrag tydens die onlangse Eisteddfod wat deur die Wellington Kultuurvereniging gereël is. Heel agter is Ashcke Cloete, Sharenay Burger, Amy-Rose Coetzee en Migail Tryskey. In die middel is Alicia Isaacs, Jaydon Ross, Linn Elias en Jobelian Boesak, en voor staan Cindy Jardine, Lorean Willemse en Kyra Bird. FOTO: JOHAN NEL
LANDLOOPATLETE: Klein Nederburg Sekondêre Skool se landloopatlete het goed gevaar tydens die Safari Halfmarathon-aflos wat in Wellington gehou is. Hier (van links) is Gerald Ricketts (spanbestuurder), Salomé Davids, Maxine Julies, Ashleighano Hans, Daven van Niekerk, Denrico Julies, Peter Walters en Timo Arendse (afrigter).
UITSTAPPIE VIR GR. 4’S: Laerskool WA Joubert se gr. 4-leerlinge het onlangs ’n opvoedkundige uitstappie na Le Bonheur-krokodilplaas geniet. Hulle het baie interessanthede oor krokodille geleer en kon elkeen ’n driemaande oue krokodil vashou. Hier is die groep saam met hul onderwyser, Lista la Grange (heel agter).
Drakenstein Gazette
7
POETRY AT EISTEDFODD: Pauw Gedenk Primary took part in the Eidstedfodd for poetry. Here are the proud pupils with their certificates. Zoë Cameron and Mischa Kisting were awarded with Cum Laude certificates.
LEIERSKAP-KONFERENSIE: Die Hoër Meisieskool La Rochelle het vir die vierde agtereenvolgende jaar ’n leerlingleierskonferensie aangebied. Altesame 280 leerlinge van 46 skole van die Wynland-, Weskus- en Overberg-distrikte het die geleentheid gehad om na verskeie leiers soos die rektor van Universiteit van die Vrystaat, prof Jonathan Jansen, voorsitter van Associated Media Publishing, Jane Raphaely, en motiveringspreker, Pieter Geldenhuys (middel) te luister. Saam met Pieter is Raphaela Böhmer, links, (onderhoofmeisie) en Mari Hanekom (hoofmeisie).
Drakenstein
Year 3 • Vrydag 24 Mei 2013 | Tel. 021 870 4600
Blues verniel Windmeul behoorlik Laer Paarl (Blues) het Saterdag vir alle toekomstige teenstanders ’n sterk boodskap uitgestuur toe hulle vir Windmeul 94-3 geklop het. Ná afloop van die wedstryd gaan dit moeilik wees om die span van hul derde agtereenvolgende titel weg te hou. Blues is nou die voorlopers op die punteleer nadat Vineyards teen Allandale vasgeval het. Windmeul het alles in die stryd gewerp, maar kon nie daarin slaag om die blou golf te stop nie. Blues het van die begin af druk op Windmeul toegepas en reeds in die eerste helfte hul bonuspunt ingepalm toe hulle met rustyd met 36-0 voorgeloop het. Blues het die skare getrakteer op op-
windende hardlooprugby en Windmeul se verdedigers telkemale in die lug laat gryp. Daar is egter baie ruimte vir verbetering aan die kant van Blues en veral hul skrumwerk is ’n bron van kommer. Blues se Garth Thomas en Charl Hendricks het elk drie drieë gedruk, terwyl Bjorn Wicklow suksesvol was met tien doelskoppe. Blues kom Saterdag teen Rangers op Daljosafat te staan. Driedrukkers was Garth Thomas (3), Charl Hendricks (3), Charlin Williams, Ryan Jordaan, David Pick, Donnie Fredericks, Dudley Jonathan, Bjorn Wicklow, Christopher Mouwers en Kempton Kika. Doelskoppe: Bjorn Wicklow (10) en Kempton Kika (2). Die derde span verloor 24-31 terwyl die 2de span 22-10 wen.
OP VOLLE VAART: Young Peoples het Saterdag teen Franschhoek gespeel op Faure-stadion. Peoples was net te sterk vir die manne van Franschhoek en het die wedstryd 38-18 gewen. Hier wys Jerome Demas net hoeveel vaardighede hy het. FOTO: ERNEST KILOWAN
CPUT snoei Grabouw Roses
RUGBY-SKAKELBEAMPTE: Peter Lakey is vir die derde agtereenvolgende jaar gekies as skakelbeampte by die WP Rugby-unie. Sy hoogtepunt vanjaar sal wees dat hy vir die Queensland Reds as skakelbeampte sal optree vir hul wedstryd teen die Stormers op 25 Mei.
Die eerste rugbyspan van CPUT het Saterdag in Grabouw daarin geslaag om die span van Spring Roses met 31-0 die loef af te steek. Met dié oorwinning het CPUT die alleen voorlopers in die Plattelandse afdeling van die Presidents Liga geword. Dít ná die ander twee onoorwonne spanne, Grabouw en SAFCOL, gelyk gespeel het. Die wedstryd teen Spring Roses het teen ’n geweldige vinnige pas begin en binne die eerste vyf minute het CPUT reeds met 12-0 voorgeloop. Eers het die haker Xander Kuys en toe die vleuel Sakkie Hanse agter die doellyn gaan kuier. Losskakel Chezlin Lamini het dit verdoel. CPUT het die bal baie lug gegee, terwyl hulle plekplek baie gevaarlik gelyk het, het hul gesukkel met die afronding. Voor rustyd het die senter Danie Osche (kleinseun van Springbok Chum Osche) gaan druk. Lamini het verdoel. Daylin Johnson, sy sentermaat, het ook ’n onverdoelde drie gedruk. Teen rustyd was die telling 24-0. Ná rustyd het die studente ’n insinking beleef. Spring Roses het ook baie negatief en geniepsig begin speel. Regis Daniels, bul-vaskopstut, het tog daarin geslaag om oor die doellyn te bars wat op ’n goeie rolmaalbeweging gevolg het. Lamini het weereens suksesvol verdoel om die eindtelling op 31-0 te staan te bring. Hierdie naweek speel die Tekkies van CPUT tuis teen Napier. Wedstryde begin om 13:30 en alle belangstellendes word uitgenooi.
SEVENS: Klein Nederberg Secondary School hosted their annual Sevens Rugby tournament recently. Here Cheslin Nero (Paulus Joubert) gets tackled hard by a Kylemore player.
PHOTO: ERNEST KILOWAN