Drakenstein
Year 3 • Friday 29 March 2013 | Tel. 021 870 4600
In the latest Paarl Post
) Skoolhoof bekyk oor skoolfondse ) Mall shop owners left in the dark ) Boland festival
Klopse groet pres. Zuma
Polisie in ongeluk
3 Paaswenke
4 YP wen 7’s
8
Verskeie Wellington Klopse-troepe het verlede Donderdag die gehoor vermaak wat by die Mbekweni binnenshuisesportsentrum gewag het vir Pres. Jacob Zuma om hulle toe te spreek. Hierdie vieringe was deel van Menseregtedag wat landwyd gevier is. Sowat 300 mense asook ’n reuse teenwoordigheid van veiligheidsmagte, het die hitte getrotseer in afwagting op die president se verskyning. Na sy aankoms het verskeie politieke leiers eers die gehoor toegespreek oor hul sieninge van Menseregtedag. Pres. Zuma het die polisie geprys en gesê die meerderheid polisiebeamptes doen hul werk, terwyl dit die minderheid is wat verantwoordelik is vir afgryslikhede, soos onlangs in die pers berig. Verder het hy xenofobiese aanvalle op buitelanders veroordeel en vir die mense gevra om op te hou om sleg te praat van die land en die ekonomie.
FOTO: LISE BEYERS
2
Entertainment - Vermaak
Drakenstein Gazette
Friday 29 March 2013
Global Spotlight talent search
Woesterfees in April
Global Spotlight is again taking place this year and singers and actors between the age of 15 and 25 have until 30 April to enter this exciting talent search competition. To enter the competition, entrants need an ID document, entry fee of R40 per solo singer/actor and R40 per person per Duet/Group singers/actors, entry form and backtracks /tracks on two separate CD’s for backup. Singers must prepare a three minute performance and actors must prepare a nine minute performance. Auditions will be 18 May and 20 July at the Frank Petersen Music Centre and registration will take place at 08:00. For more details on how and when to get your entry form contact Sydwell Beziek (071 404 5169) or Adri Francke (073 503 9753). Entry forms as well as proof of payment and a copy of the entrant’s ID must be faxed to 021 872 8285 before or on 30 April.
FINALISTE: Hoërskool Noorder-Paarl het ’n familiedag-saamtrek gehou waar oudleerlinge, vriende en familie potjiekos en die Super 15-rugby geniet het. Kennisse wat jare gelede die skool se groen uniform gedra het, kon gesellig oor “die ou dae” saamgesels en 12 finaliste is ook gekies is vir Mej Noorder-Paarl, wat later gekroon sal word. FOTO: SAMMY DAVIDS
OESFEES: Plaaswerkers, plaaseienaars en wynliefhebbers was almal vrolik by die ATKV Solms-Delta Oesfees buite Franschhoek die afgelope naweek. Tafels vol smullekker Kaapse disse en goeie wyn het bygedra om dit ’n baie feestelike dag en ’n groot sukses te maak. Dié geleentheid bring elke jaar ’n verskeidenheid van mense saam om ’n suksesvolle oes en die wynlande se ryke erfenis te vier. Kunstenaars wat die skare vermaak het, het ingesluit die Delta Valley Entertainers, Die Heuwels Fantasties, Tribal Echo, Emo Adams en Mango Groove. FOTO:
MARGOT SLABBERT
29 Maart )Die St Petri Lutherse Gemeente het tydens Paasnaweek die volgende dienste: Vrydag 29 Maart (09:30) is die Goeie Vrydag-diens deur Pastor Peter met liturgie in Afrikaans en preek in Duits; Sondagoggend om 08:45 sal die Begraafplaas-aandag plaasvind, gehou deur Pastor Peter; en om 09:30 lei Pastor Peter die Paassondag-erediens met die liturgie in Duits en preek in Afrikaans. Daarna sal gesellig verkeer word met koffie en koek. )Apostel & Juffrou TD Pedro van die Hervormde Rehobot Kerk in Groenheuwel, Paarl, nooi graag almal uit na hul jaarlikse Paasnaweek-konferensie om 10:00 op 29 Maart en ook 10:00 op 31 Maart. Gassprekers sluit in Pastore Graham Taff, Eben Maurice, Eric Hofmeyer en Eunice Meyers. Vir verdere navrae skakel Pastoor Dean Pedro by 082 223 2757.
Stellenbosch). Kids will be invited to visit the chicken coup to collect freshly laid eggs, which they’ll get to paint and decorate, followed by a traditional Easter egg hunt. For lunch guests will enjoy a five-course Food Treasure hunt that starts at the Spier Hotel and each course will be served at a different venue on the farm. The children’s Easter egg hunt starts at 10:30 and the Food Treasure Hunt starts at 12:30. The day will cost R295 for adults (includes a welcome drink, five courses and three glasses of wine) and R100 for children 4–12 years old (children aged 0–4 free). Bookings can be made at 021 809 1100 or reservations@spier.co.za.
3 April )Elvis Blue tree om 20:00 op by die Bôrdienghuistetater in Wellington. Kaartjies is R120 per persoon.
11 April )An Autism support group meeting will take place at the Wellington Autism Centre office in Rose Street, Wellington, at 19:00.
31 Maart
13 April
)Celebrate Easter in the surrounds of Spier’s magical farmyard (Baden Powell Road outside
)Paulus Joubert Primêr saam met Gracecard Management bied aan die Rocket Picnic Show
Die Woesterfees, ten bate van die Pionierskool vir Blindes op Worcester, sal op 19 en 20 April by die Kleinplasieskouterrein op Worcester plaasvind. Die hele gesin kan antieke uitstallings van onder meer veteraanvoertuie, asook demonstrasies van items wat aan die jonger geslag onbekend is, besigtig. Die Instituut vir Blindes gaan hul werksaamhede ten toon stel en die mond- en voetskilders gaan hul vaardigheid met ’n kwas demonstreer. Die vreemde stokperdjies, moderne tegnologie en tuisteskeppers se vindingrykheid sal nie agterweë gelaat word nie. Daar sal heerlike eetgoed wees en plaaslike ondernemings en boere gaan hul produkte uitstal. Kunstenaars soos Jakkie Louw, Anton Myburgh, Tiro, Ruben Lennox, Chris Else, Amore en ’n Duitse Umpahorkes saam met Valiant Swart sal sorg vir vermaak regdeur die naweek. Die Loslippige eenmanvertoning van Ian Wessels van RSG is ’n hoogtepunt Saterdagaand. Hekke open Vrydag om 14:00 en Saterdag om 08:00 en is oop tot laat. Kaartjies is beskikbaar by die hek teen R50 vir volwassenes en R10 vir skoolgaande kinders. Bel Johan Horn by 083 635 3301 of stuur ’n e-pos aan hecticb2@polka.co.za of aan Mauritz Meyer by mauritz.meyer@gmail.com vir meer inligting oor die Woesterfees.
om 19:30 op die skoolgrond. Hekke open 17:30 en toegang is R50 vir volwassenes en R15 vir kinders bo 6 jaar. )Kom deel in die oop gespreksdag by De Poort Erfenisdorpie in Turkstraat, Suider-Paarl, van 09:30 tot 14:30. Kom deel jul verwagtinge vir De Poort en bring die gesin vir ’n lekker bring-enbraai en pret aktiwiteite. Vir meer inligting, bel 082 577 1213. )Die Abyron depressie- en angsondersteuningsgroep Paarl vergader 10:00 by die Drakenstein-biblioteeksaal in Paulusstraat. Wynand Theron sal optree as gasspreker en Taila Barends as motiveringspreker. Kom geniet ’n koppie tee en gesels saam oor gebeure in ons daaglikse lewe. Vir meer besonderhede bel Louisa Leon by 078 018 2529.
17-20 April )Kom maak ’n draai by die Bien Donné Agri Cape Week Woensdag tot Vrydag 09:00-17:00 en Saterdag 08:00-16:00 op die ARC Bien Donné Navorsingsplaas op die R45, Simondium/Paarl. Die tema is Landbou vir die Verbruiker en gaste kan uitsien na vele insiggewende toesprake, uitstallings, werkswinkels, kompetisies en vermaak. Toegangsfooie is R50 vir volwassenes, R30 vir pensioenarisse en R10 vir kinders. Vir die volledige program, besoek www.bdacw.gov.za of skakel 021 863 0397.
Friday 29 March 2013
News - Nuus
Drakenstein Gazette
Polisielede beseer in botsing JOHAN NEL Twee Wellingtonse polisiebeamptes is onlangs ernstig beseer toe die voertuig waarin hulle gery het, tydens ’n reënbui op die nat pad gegly en ’n boom getref het. Ná verneem word was twee konstabels van die blitspatrollie op pad na Bainskloof om ’n gesteelde voertuig te gaan voorkeer wat in die
rigting van Wellington op pad was. Op die draai in Kerkstraat, regoor die Fergusson-gebou, het die voertuig waarin hulle gery het gegly en teen ’n boom langs die straat gebots. Reddingspersoneel het lank gesukkel om die twee beseerde polisiemanne uit die wrak te bevry. Albei is na Mediclinic Paarl geneem waar hulle tans bevredigend aansterk.
TRAINING AS BEAUTICIANS: The Community Development Section of Drakenstein Municipality recently had a beautician training workshop for unemployed youth residing in the Drakenstein municipal area. The purpose of this skills training workshop was to empower unemployed youth to better access job opportunities. Here at the workshop with the students are (from left) councillor Noël Adams (portfolio holder: Social Services and Community Development), Athena Hendricks (beautician training facilitator) and councillor Aidan Stowman (portfolio holder: Sport, Culture, Youth and Student Affairs).
Die motor waarin twee polisiebeamptes verlede Vrydag ernstig beseer is toe dit ’n boom getref het.
FOTO: JOHAN NEL
Taking charge of your bank charges Having the wrong type of bank account can cost you a small fortune and using the account in the wrong way can cost even more. “Consumers often complain of high banking costs, unaware that having the wrong bank account and their own banking behaviour contributes to these unnecessary fees,” says Eunice Sibiya, Head of Consumer Education at FNB. If you hardly use your bank account, a pay as you go account with minimum monthly fees, but with charges on each transaction ,may be suitable. However, if you transact regularly, various banks offer unlimited accounts where you do not pay per transaction. This allows you to fix banking costs for a monthly fee. Take a few moments to call your bank, look online or even go into a branch to find out what you are paying for your account, and what transactions this fee gives you. “Once you are happy that you have the right bank account, you need to take control of your transactional behaviour,” says Sibiya. There are many common mistakes consumers make driving up their banking costs. “If your pricing option allows six ATM withdrawals a month, and you are withdrawing every
few days, this is going to not only cost you a lot more, but is also a waste of time,” added Sibiya. Frequent withdrawals are just one of the common mistakes made that push up bank charges. Withdrawing money at an ATM that does not belong to your bank is costly because you pay SASWITCH fees, which is a fee charged for that bank to recover that money from your bank. There are ways to reduce your bank charges. Most banks offer electronic channels of banking that are cheaper, safer and more convenient than going into a branch frequently. These include online or Cellphone Banking and Automatic Deposit Tellers (ADT). Withdrawing cash at tills is another way to cut down on costs. Participating retailers will allow you to withdraw an amount not exceeding your daily withdrawal limit. In most cases, this is lower than the usual ATM withdrawal fee. “Look at your bank statement often and take note of when you have been charged over and above your monthly bank fees because of extra transactions you have made. If you can change your habits you can save money,” concludes Sibiya.
ENERGY VISIT: The Deputy Minister of Energy, Barbara Thompson (centre), visited Mbekweni on Tuesday 12 March as part of a symbolic switching on of lights ceremony at the Drommedaris housing project. She engaged with the community regarding concerns which community members have relating to electricity and shared some tips with the community on saving electricity. Here Minister Thompson (middle) switches on the lights of a resident in Drommedaris. With them is Drakenstein Municipality Mayor, Gesie van Deventer.
GESOEK: Die polisie benodig inligting oor Hillroy Adonis wat vermoedelik betrokke was by ’n inbraak in Augustus 2012. Indien iemand meer inligting het skakel speurder Craig Truter op 083 641 1951.
3
4
Drakenstein Gazette
Recipes - Resepte
Friday 29 March 2013
Eiers vir die onthou
Die eier, wat so eie aan ons moderne Paasfees is, kan gebruik word as ’n simbool en hulpmiddel om die ou verhaal van Jesus se opstanding vars, kreatief en nuut met kinders te deel. Daarvoor het jy 12 plastiekeiers nodig wat kan oopmaak. As jy nie eiers kry nie, sal 12 klein boksies ook geskik wees.
Dwarsoor die land sien kinders baie uit na die lekker familietyd en paaseiers wat Paasfees inhou. Hier is Dwergiebos-kleuterskool in Wellington se kleuters slaggereed om hul Paaseiers te soek. Nommer die eiers van 1 tot 12 en skryf onderstaande skrifgedeeltes afsonderlik op ’n klein stukkie papier en plaas dit en die bypassende voorwerp binne in een van die eiers: Eier 1 – ’n Stukkie materiaal wat die intog van Jesus in Jerusalem op die donkie simboliseer (Mattheus 21:1-11); eier 2 – ’n Stukkie brood of ronde koekie wat die laaste maaltyd wat Jesus saam met sy dissipels in die bovertrek gehad het in herinnering roep (Mattheus 26:2630); eier 3 – ’n Stukkie seep wat die geleentheid waar Jesus die dissipels se voete gewas het simboliseer (Johannes 13:1-17); eier 4 – Drie tiensentstukke wat die 30 stukke silwer verteenwoordig wat Judas vir sy verraad van Jesus ontvang het (Johannes 13:18-30); eier 5 – ’n Veer wat ons aan die haan laat dink wat gekraai het nadat Petrus Jesus verloën het (Johannes 18:15-27); eier 6 – ’n Doring wat die kroon wat Jesus moes dra simboliseer (Markus 15:16-20); eier 7 – ’n Dobbelsteen wat vertel van die lot wat die soldate oor Jesus se klere gewerp het (Markus 15:21-24); eier 8 – ’n Klein houtkruis en spyker om die dood van Jesus aan die kruis te simboliseer (Markus 15:21-32); eier 9 – ’n Stukkie swart papier wat die duisternis wat die aarde oorval het in herinnering roep (Markus 15:33-41); eier 10 – ’n Stukkie wit lap wat ons herinner aan die lappe waarmee Josef van Arimatea Jesus se liggaam toegedraai het (Markus 15:42-47); eier 11 – ’n Stukkie klip wat die klip waarmee Jesus se graf verseël was simboliseer (Mattheus 27:62-66); eier 12 – Los hierdie eier leeg om Jesus se opstanding uit die dood en die leë graf te simboliseer (Mattheus 28:1-15). Plaas ’n klein tafeltjie in die hoek van die eetkamer. Versier dit kreatief en plaas die gevulde plastiekeiers op die tafel. Kom as gesin ooreen om vir 12 dae aan tafel te sit en saam te eet. Vier fees saam met mekaar omdat die graf leeg is en Jesus uit die dood opgestaan het. Lees elke dag die Skrifgedeelte wat in die eier is en praat daaroor. Ouers kan iets oor die voorwerp of simboliek sê om die gedeelte aan die kinders te verduidelik. Hierdie is maar net ’n praktiese manier om nuut te dink oor die betekenis van Paasfees. Die bedoeling van hierdie besondere Paaseiers is om jou gedagtes aan die gang te sit; dink nuut en vars en vertel die kinders in jou gemeente en huis hoekom Paastyd so anders as enige ander tyd in die geskiedenis van die wêreld is, was en sal bly wees.
Friday 29 March 2013
People - Mense
HOSPITAL HOSTS SUMMER FESTIVAL: Paarl Hospital hosted a Summer Festival to engage with one another and enjoy the company of colleagues, family and the community as well to improve breast cancer services at the hospital. Here are sisters Jacoba Nel and Nellie Steyn, Tammy-Beth Finnis, Bettie Finnis, Christal Jeneke, sister Eunice van der Westhuizen, Susan Kriel, matron Sharna Syster, sister Vanessa May-Smith and Mercia Theart. PHOTO: DEVIDEAN MOSES
STRYD: Die lewensverhaal van Tommy Prins (naaslinks) en sy moedige stryd om weer te kan loop het vir Lean Immelman (voor regs) aangegryp. Hy het sy klasmaats en onderwyser Ronel Grobbelaar (agter regs) geïnspireer om ’n gebedsgroep te vorm. Tommy en dr. Gert Jordaan (links) het onlangs die gr. 3- en 4-leerlinge van die Laerskool Noord-Eind ontmoet en bedank vir al hul gebede en briefies.
KANSA: Mediclinic Paarl se Kansa-span het vanjaar aan die Kansa Relay For Life deelgeneem wat by die Boy Louw-sportterrein gehou is. Hier is Wilma Smith en Susan Jansen. FOTO: TANIA KNOETZE
PRETLOOP: Blouvlei Primêre Skool wat hul 50ste bestaansjaar vier, het as deel van die vieringe ’n pretloop gehou. Ouers en leerlinge het die Perdeskoen-roete gestap.
Drakenstein Gazette
5
OP ’N DRAFSTAP: Ses onderwysers van die Hoër Meisieskool La Rochelle, Elmeri van Deventer, Thana Hancock, Frans Botha, Corrie Herman, Anél Bergh en Marianna Schoeman, het die Spar Ladies’ 10 km Challenge in Kaapstad saam aangedurf, terwyl die hoof, Amanda Lochner die 5 km-stap voltooi het.
6
Geklassifiseerd
Drakenstein Gazette
Friday 29 March 2013
Skenkings vir Kindersorg Paarl Kindersorg Paarl in Paarl-Oos wat reeds 60 jaar maatskaplike dienste aan die gemeenskap bied, is geleë op die hoek van Solomon en Mackierstraat.
112
Gordyne/Matte/ Stoffering Curtains/Carpets Upholstery
TE KOOP FOR SALE
JOBS
401
71
Algemeen General Vacancies
1ml SAND, klip, kompos & bogrond (topsoil) sowel as bourommel, vullisverwydering, tuindienste en skoonmaak van erwe. Skakel Neels 021 872 9397 of 083 412 8810.
GESOEK: 2 Hardwerkende Huisvroue vir deeltydse werk bedags. Bestuurslisensie 'n vereiste. Skakel 082 967 4580 vir onderhoud.
115
Vervoer en Berging Moving & Storage
MOVING? TREK? 24/7 CASH FOR YOUR Bakkie or Car. Just SMS or PHONE 072 620 1126.
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 102
Allerlei Miscellaneous Services
083 708 4950
105
Binnenshuisdienste Home Services Interior
Ons naam is u waarborg Vir die beste diens, skakel 083 556 6359
E-pos: premierblind@mweb.co.za Gratis kwotasies & installasies. Asook herstelwerk.
108
Geld/lenings Money/Loans
ANYTHING ENIGE IETS FURNITURE MEUBELS TRANSPORT VERVOER
140
Elektriese Herstelwerk Electrical Repairs
Wednesday 10:00
Algemeen Miscellaneous
Hulle bedien Amstelhof, Langvlei, Boland Park, Lustgan Village, Klein Drakenstein Gevangenis Huise, New York, Nederburg Hoogte, Nederburg (Mackier tot Maystraat), Riverside, Mountain View, Klein Drakenstein Plase (25) Du Toits Kloof Plase (5) areas en beskik oor ’n maatskaplike kantoor op die hoek van Solomon- en Mackierstraat. Dienste word gelewer deur twee maatskaplike werkers, ’n gemeenskapsontwikkelings werker sowel as ’n administratiewe klerk. Maatskaplike dienste sluit in; statutêre dienste, pleegsorgtoesig-dienste, huweliksberading, aansoek vir hulptoelae en wanbesteding, kinderverwaarlosing, bejaardes, gesinsgeweld, pleegouerkeuring, gedragsprobleme en privaat reëlings. Die gemeenskapsontwikkelingswerker behartig projekte soos nasionale Vrouedag, 16 dae van aktivisme, Kinderdag, Vigsdag, Kinderbeskermingsweek, geldinsameling, voorkoming en bewusmakings programme. Drakenstein Bewaarskool, wat ook in Mackierstraat geleë is, is ’n projek van Kindersorg waar daagliks na sowat 70 kinders omgesien word.
Kindersorg behartig ook die Amstelhof Nasorgsentrum. Leerlinge van verskillende skole in die omgewing meld in die middae ná-skool aan sodat daar toesig oor hulle gehou kan word. Die departement van maatskaplike Ontwikkeling help met finansiering vir die nasorg. Finansies bly ’n kopseer en dit is moeilik om kop bo water te hou. Die maatskaplike kantoor benodig ’n kleinkashouer, rekenaar trollie, skootrekenaar, selfoon, lugtyd, drukker en ink, ongedrukte papier, witbord en witbord merkers, inkleurboeke, inkleurpotlode, vetkryt, balle, springtoue, balonne, karton, potlode, legkaarte, penne, kospakkies, nie-bederfbare produkte, suiker, koffie, tee en melk (vir die projekte). Die Kindersorg Bewaarskool benodig asseblief komberse, lakens, opvoedkundige speelgoed, opvoedkundige DVD’s, skottels met deksels, skoonmaakmiddels,strykyster, potte en panne en kis vrieskas. Vir die Nasorgsentrum sal inkleurboeke, potlode, opvoedkundige speletjies, handdoeke, waslappies en toiletware baie handig te pas kom. Die publiek kan donasies tot Vrydag 3 Mei bring na die Drakenstein Gazette (Paarl Post) se kantoor by Newstraat 1A, Paarl (langs Virgin Active). Geen kontant. Vir navrae, bel 021 870 4600.
APPLIANCE REPAIRS
Speed Queen, Whirlpool speicalist • FRIDGES • FREEZERS • TUMBLE DRIERS • DISHWASHERS • WASHING MACHINES • RE-GAS R170 Jan 076 919 0596
COMMUNITY LUNCH: On 24 February Monte Christo Miqlat (MCM) held their strategic retreat. Board members, steering committee members and managers at Lukhanyo Community Care Centre in Mbekweni, presented the MCM Strategy for 2013–2016. After the strategic retreat, 200 beneficiaries (specifically families) were invited to a sit-down lunch, served by the board and staff. Conrad Poole, deputy mayor of Drakenstein Municipality, and his wife were honorary guests. MCM would like to thank all their sponsors for making the event possible.
REGAS FRIDGES
ELECTRICAL REPAIRS & AIRCONS 083 708 4950
SAFETY: Serg. Neba Vanqa of Mbekweni police station this week addressed youngsters of Nomzamo Pre-School on their rights and safety as part of the National Children’s Week campaign.
Friday 29 March 2013
Schools - Skole
WATERWEEK: By Drakenstein-munisipaliteit se jaarlikse Waterweek-kompetisie is Charleston Hill Primêre skool se leerlinge aangewys as naaswenners van die plakkaat-afdeling en het hulle R3 500 gewen vir hul inskrywing. By hulle is onderwysers Mario Williams (agter links) en Allan Matthee. FOTO: DEVIDEAN MOSES
GALA: Here are the members of the Aquarius Swimming Club who participated in their Fun Gala which was held at the Drakenstein swimming pool in Paarl-East recently. PHOTO: ACHMAT PATEL
KASKAR: Dwergiebos in Wellington het onlangs hul jaarlikse kaskarresies by Laerskool Hugenote aangebied.
Drakenstein Gazette
7
SPORTDAG: Little Stars Kleuterskool in Newton het onlangs hul jaarlikse sportdag gehou ten bate van ’n geldsinsamelingsprojek. Hier is die wenners, Tammy-Leigh Maart (middel), An-Shune Hendricks (tweede) en Lisakhanya Mncedesi (derde) op die podium.
DERDE PRYS: Blouvlei Primêre Skool wat vanjaar hul 50ste bestaansjaar vier, het aan die jaarlikse Waterweekkompetisie van Drakenstein-munisipaliteit deelgeneem en die derde prys van R3 000 losgeslaan in die sangafdeling. Hier saam met die opgewonde leerlinge is Drakenstein-munisipaliteit se personeel (agter van links) Shaun Reece, Danny le Roux, Andre Kowalewski, Harold Hendricks en hul onderwyser Leonida Sain.
KRIEKET: Magnolia Primêre Skool se leerlinge het deelgeneem aan die KFC-mini-krieketfees by CPUT se rugbyvelde. Saam met hulle is hul onderwyser Charmaine Anderson.
STAPTOG: Blouvlei Primêre Skool wat vanjaar hul 50ste bestaansjaar vier, het ’n pretloop gehou. Hier staan die ouers, onderwysers en leerlinge gereed om die staptog om die Perdeskoen aan te pak.
FOTO: DEVIDEAN MOSES
Drakenstein
Year 3 • Vrydag 29 Maart 2013 | Tel. 021 870 4600
Paastoernooi begin vanaand
Young Peoples is tops!
Die jaarlikse Paasnaweek-rugbytoernooi wat deur die Boland Rugbyunie aangebied word, begin vanaand (28 Maart) om 18:00 wanneer Hillcrest en Young Gardens mekaar op die Newton Sportgronde gaan pak. Al die wedstryde word by Newtons gespeel. Om 19:15 is dit Evergreens (P) teen Villagers, om 20:30 is dit Newton teen Black Vultures en om 21:40 is dit Roses teen Young Good Hopes. Op Saterdag (30 Maart) begin die wedstryde om 15:10 en op Maandag (1 April) om 14:00. Die bekerfinaal is om 17:45. Die trofees word om 19:00 oorhandig.
Young Peoples het verlede Woensdagaand as oorwinnaars van die veld gestap in Young Gardens se jaarlikse sewe-aan-’n-kant-toernooi wat by die Faurestraat-stadion beslis is. FOTO: ERNEST KILOWAN
Record field for Two Oceans A record field of over 26 500 runners are expected to line up for the 2013 Old Mutual Two Oceans Marathon on Easter Saturday, 30 March. This year, the half-marathon has attracted another maximum field, with just over 16 000 participants taking part - more than half
of them women. The ultra-marathon has attracted a record field of over 10 000 entrants for the 2013 event, making it the biggest-ever entry field for the ultra marathon in the event’s 44 year history, a testament to its global reputation as the world’s most beautiful marathon.
Young Stars in klipharde stryd HINDERNIS: Henrico Rooi land in die waterhindernis tydens die 3000 m hindernis-item tydens die Boland Senior Atletiekkampioenskappe wat verlede naweek op Daljosafat aangebied is. Rooi, wat dié item gewen het, neem deel vir die Nedbank Boland klub. FOTO: ERNEST KILOWAN
Saterdag was die voorspelers van Young Stars van Wellington en Oceans United in ’n titaniese stryd gewikkel in ’n wedstryd wat uiteindelik deur Young Stars met 2018 gewen is. Stars se agterspelers het hul kanse die beste gebruik en Keanon Booysen, Calvin Harogh
en Mario Jacobs het agter die doellyn gaan kuier. Christopher Johannes het met een doelskop en een strafskop geslaag. Stars se tweedes moes die aftog blaas met 11-0. Young Stars se volgende wedstryd is 29 Maart by die Nieuwedrift-velde.
)Riverstones oefen Dinsdae en Donderdae op Daljosafat (18:00) met die juniors wat om 16:00 begin. )Young Peoples RVK oefen Maandae tot Donderdae op Daljosafat (18:00). Alle spelers en voornemende spelers is welkom om aan te sluit. )Young Gardens speel oefen Dinsdae en Donderdae om 18:30 op Daljosafat B. )United Stones se oefeninge is Dinsdae en Donderdae op die Primêre Skool Daljosafat se veld. Skakel 021 873 1307 vir meer inligting. )Violets oefen elke Dinsdag tot Donderdag om 18:00 by Paulus Joubert Sekondêr. Bel Ashley by
078 786 1999 vir meer inligting. Hul juniors oefen elke Dinsdag en Donderdag om 17:00 by Paulus Joubert. Almal, asook nuwe spelers, is welkom. Bel Roger Uren, 082 228 0470. )Paarl Rangers onderneem die Paasnaweek ’n toer na Hawston. Busgeld beloop R180 per persoon en hierdie toer sal die vorm van ’n tentkamp aanneem. Vir meer inligting oor die toer, kontak sekretaris op 083 286 7761. )Albions oefen Dinsdae en Donderdae op Daljosafat vanaf 18:00. Hierdie Sondag is daar vanaf 10:00 ’n familiedag by die New Orleans Park. )Belangstellendes wat ’n skeidsregterskursus in die Paarl wil bywoon asook hoërskoolleerlinge wat in die vakansie ‘n skeidsregterskursus by die Jan Kriel Skool in Kaapstad wil bywoon, kan vir Aslam Abrahams by 083 234 3988 bel.