Drakenstein
Year 3 • Friday 7 June 2013 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
In the latest Paarl Post: ) Municipal worker dies on pass ) Rugby rumpus at Gimnasium ) Man held for wife’s murder ) Shoplifter caught with meat
Pret vir kinders
2 Skenking vir Thinus
3 Blues pluk Violets
‘Los ons buurt uit!’
Inwoners van Lovers Lane in Paarl-Oos is ontsteld omdat meer informele huise vir die area beplan word, maar die munisipaliteit sê hy het geen keuse as om ontwortelde inwoners ’n heenkome te gee nie. Lees die volledige storie op bl. 3. FOTO: DEVIDEAN MOSES
8
2
Drakenstein Gazette
Entertainment - Vermaak
Friday 7 June 2013
8 Junie ) Drakenstein Kunsvereniging bied tussen 10:00 en 12:00 ’n werksessie aan oor vertikale groentetuine. Sue Kingma sal demonstreer hoe om jou eie vertikale groentetuin te skep wat ook ’n pragtige kunswerk sal wees. Die werksessie word met visuele beeldmateriaal aangevul. Bring saam leë 2F, 1,5F en 5F plastiek koeldrankbottels, klein groente- of kruieplantjies (saailinge), skerp mes, skêr en ’n sakkie grond. Bespreek by Esther Kotzé by 021 873 7376 of drakensteinkunsvereniging@gmail.com.
WEN EN LEES: Derrick Hartnick van PaarlOos is die gelukkige Drakenstein Gazettewenner van die boek, Prima Tyd.
9 Junie
Drakenstein
Drakenstein Gazette word versprei na 21 000 huishoudings in Paarl, Wellington en Mbekweni.
Om hier te adverteer, kontak: 021 870 4600
PRETTIGE LEER VIR DIE KINDERS: Kanoeksie en Kadoeksie is twee elfies wat vir kindertjies help om basiese vaardighede te leer met die hulp van prettige aktiwiteite. Hulle dek onderwerpe soos wiskunde, kleure, die alfabet, maniere, gesondheid, higiëne en meer. Hierdie twee karaktertjies het baie unieke persoonlikhede wat net so kleurvol soos die reënboog is. Kanoeksie hou van ballet en klassieke musiek, sy hou ook van leer en slim wees. Kadoeksie hou van sport, speel, bou en dinge ontdek. Hulle deel ook die verhoog met hulle beste maatjie Pippie, ’n sesjarige dogtertjie. Die produksie is te sien op Saterdag 8 Junie om 10:00 by die Breytenbach-sentrum. Kaartjies is R40 (gratis vir kinders jonger as twee). Bespreek by Karin by 071 672 3090 en Caro by 083 570 4765.
Geniet jou aftrede so Aftrede bring dikwels alleenheid, afsondering en leë ure. Verder is daar verminderde horisonne op fisiese, verstandelike en emosionele gebied. Eensaamheid tree dikwels in weens die verlies van geliefdes. Afgetredenes ervaar ook dikwels probleme rondom onder andere pensioen-aangeleenthede, mediesefondse en subsidies. Die Bergriviervallei-forum vir afgetredenes bedien die gebiede van Paarl, Wellington, Newton, Pniël, Simondium en Franschhoek. Lidmaatskap is oop vir afgetredenes en hul gades. Die huidige ledetal beloop 92 en vier komitees koördineer die aktiwiteite. Aan die einde van elke kwartaal word ’n sosiale geleentheid byvoorbeeld vleisbraai, karaoke, ensovoorts gereël om die kwartaal af te sluit. Op Dinsdae reël die ontspanningskomitee ’n verskeidenheid aktiwiteite wat wissel van
verskeie dans vorme, kaartspeel, veerpyltjies, domino’s, bingo, boülle en so meer. Praatjies en demonstrasies word ook ingepas. Uitstappies reeds onderneem sluit in: besoeke aan Tafelberg, Kirstenbos Botaniese Tuin, Robbeneiland, Sun City, Benede Breë Riviervallei, Herberg te Arniston, Caledon, Langebaan, Grand West en die Dennebos-vakansie-oord te Ceres. Vier spanne het reeds aan die Bordeaux Boülle-toernooi deelgeneem en hulle A-span is as kampioene gekroon. Deelname aan boülle-toernooie te Hermanus, Stellenbosch en Sutherland word binnekort beoog. Hulle beoog om hul 15-jarige bestaan op feestelike wyse te herdenk met ’n algemene vergadering op 26 November, ’n dinee-dans op Woensdag 4 Desember in die Thusong-saal en ’n kerkdiens op 8 Desember (Bethel). Vir navrae bel Sammy Andrews by 021 862 6513 of 082 305 1643.
) Die veelbekroonde Tygerberg Kinderkoor, onder leiding van Hennie en Theresa Loock, bied om 16:00 hul eerste konsert van die jaar aan in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Pictonstraat, Parow. Werke wat gehoor kan word sluit in Surrexit Pastor Bonis (Mendelssohn), A Fisherman’s Song of Praise (Klatzow), Talieta Koemi (Lamprecht), Raindance (Karl Jenkins), asook Tjeggiese liedere en Java Jive van The Manhattan Transfer. Kaartjies is R90 en is beskikbaar by Computicket. ) The team from Bakgat Promises will host the popular Bakgat Country Opskop at the GrandWest Grand Arena at 15:00 on Sunday. Tickets between R120 and R150 can be booked through Computicket. ) Die oudsoldate (CCMVA) vergader om 14:00 in die Colibri-saal op Wellington. Vir navrae, bel Charles Pietersen by 084 284 7768.
11 June ) German master piano builder, Martin Witzel, offers a free lecture on the operations of pianos on 11 June at 2 Church Street, Wellington, at 15:00. Call 021 864 3781 for more information.
13-16 June ) Fietna Lekke Jy, an Afrikaans comedy can be seen at Artscape. The play is set in the Boland in the 1980’s. It is about the true friendship of three boys who grew up in a rural environment where culture and politics had a huge influence on their upbringing. These boys share similar identity crises that were ignored in the community. The “Fietna” stories, (gossip or trouble stories) still prevails in communities today. Tickets cost R60. Book at Artscape Dial-A-Seat at 021 421 7695 or Computicket.
30 Junie ) Die Tulips-klopse vergader om 14:00 by die huis van Moos du Toit in Pelikaanstraat 44 in Weltevrede. Belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon.
Kom lag saam Op Saterdag 8 Junie om 20:00 is Marion Holm in die produksie HOLM: geMARIONneer by die Ou Meul-teater te sien. Dit is haar tiende eenvrou-vertoning. Dié keer gesels sy oor hoe die gang van die lewe ’n mens kan marineer tot jy sag (en geurig) is. Holm bly getrou aan haar styl van komiese
storievertelling en Chris Vorster is weer medeskrywer en regisseur. Soos altyd word sy die karakters in elke storie en die gehoor identifiseer lag-lag met elkeen van hulle. Die gehoor word genooi om saam te reis deur die magdom van stories en karakters wat hulle sal laat lag, laat dink, miskien ’n
traan laat pink en uiteindelik laat wegstap met ’n wonderlike gevoel van lekkerkry. Die teks is deur Chris Vorster en Marion Holm en die regisseur is Chris Vorster. Kaartjies is R105. Bespreek kaartjies vir albei vertonings by Vicky Stemmet by 083 564 0056 of vicky@oumeulteater.co.za.
DIE HEEL EERSTE SOEN: Sommige sê dit laat hulle lekker warm voel, ander sê weer dit laat hulle sweef. Die boek, Die heel eerste soen, is ’n oulike kleurvolle boek vol liefde, soentjies en drukkies. Hierdie boek is perfek vir ouers en kinders om saam te lees. Die boek is geskryf deur Guido Genechten en word uitgegee deur Human & Rousseau. ’n Drakenstein Gazette-leser kan dié boek wen deur hul naam en die naam van die boek te sms na 32365 voor Maandag 12:00.
Friday 7 June 2013
News - Nuus
Nie nóg opslaanhuise nie, vra Lovers Laners DEVIDEAN MOSES ’n Besluit van die Drakenstein-munisipaliteit om nog grond vir informele huise in Lovers Lane beskikbaar te stel, het inwoners warm onder die kraag. Hulle het ’n optog gehou, die munisipaliteit gaan sien en ’n petisie teen dié besluit opgestel. Volgens Maritza Peceur, voorsitter van die Lovers Lane-gemeenskapsforum, het die munisipaliteit inwoners belowe om nie nog opslaanhuise op ’n oop stuk grond in dié PaarlOos-woongebied te laat bou nie, maar om eerder daar ’n speelpark en ontspanningsarea vir kinders in te rig. “In die verlede het ons na die munisipaliteit gegaan om te vra of ons ons erwe kan groter maak, maar dan het hulle geweier. Nou wil hulle vir wildvreemde mense dié grond gee om opslaanhuise te bou, en nou gaan ons reeds piepklein erwe nog kleiner word sodat ons hulle kan inpas,” vertel Peceur ontsteld. Charmaine Roelfse, sekretaris van die gemeenskapsforum, sê munisipale werkers het voorheen selfs opslaanhuise afgebreek nadat inwoners dit self vergroot het. Een bejaarde inwoner moes ook sy erf aan ’n nuwe intrekker afstaan nadat sy vriendin oorlede is. Die 200 gesinne wat hier woon en elk ’n gratis koopkragmeter van die munisipaliteit ontvang het, asook 30 toilette gesamentlik, meen dat dit nie regverdig is dat hulle so beknop moet leef nie. “Wat die munisipaliteit doen, is verkeerd teenoor ons. As nog opslaanhuise hiér gebou word, gaan die huise te na aan mekaar wees en ’n veiligheidsrisiko wees indien ’n brand ontstaan,” sê Caren Alexander, ondervoorsitter van die gemeenskapsforum. Ook sy sal haar erf moet kleiner maak.
“
’n Munisipale beampte het glo twee weke gelede die gebied besoek om afmetings vir die opslaanhuise te doen wat later vanjaar opgerig sal word. By navraag het die munisipale bestuurder, Johann Mettler gesê hulle is deeglik bewus van die behuisingsbehoeftes van die inwoners van dié gebied, maar dat die munisipaliteit heeltemal reg is om inwoners by die behuisingsreëls te laat hou. Volgens hom is die munisipaliteit ook genoodsaak om die grond vir behuising aan te wend weens talle wettige uitsettings, veral uit landbougebiede. Munisipaliteite is volgens die konstitusionele hof verantwoordelik vir basiese skuiling aan mense wat uitgesit is en geen ander heenkome het nie. “Wanneer ons met so ’n situasie sit, het die munisipaliteit nie ’n ander opsie nie as om sulke ontwortelde mense te akkommodeer.” Die munisipaliteit kan andersins ’n hofbevel ontvang wat hom verplig om ’n heenkome aan sulke mense te verskaf. “Die ontwikkeling van byvoorbeeld speelparke, uit noodsaak, speel tweede viool in so ’n geval.” Mettler sê die skuilings wat in Lovers Lane opgerig gaan word, voldoen aan die basiese vereistes van die Behuisingskode, soos aanvaar deur die nasionale regering. “Hierdie munisipaliteit sal poog om te verseker, binne sy administratiewe en finansiële hulpbronne, dat basiese skuiling gebied word aan sy inwoners.” Hy vra lede van die plaaslike gemeenskap om begrip hiervoor te hê en die munisipaliteit te ondersteun. * The community of Lovers Lane in Paarl East is up in arms about the Drakenstein Municipality’s decision to utilise a public open area for more informal housing structures instead of converting it into a playground for children.
Nou gaan ons reeds piepklein erwe nog kleiner word...
”
SKENKING AAN OUDLEERLING: Paulus Joubert Sekondêre skool het ’n skenking van R2 000 en ’n skool reënbaadjie aan oudleerling Thinus Linee (middel) gegee. Linee is onlangs gediagnoseer met motorneuron-siekte en word fantasties deur die gemeenskap ondersteun. Hier staan van links, Tommy Kearns (skoolhoof), Sammy Andrews (oudonderwyser en mentor), Athol Ontong en Ivor Collins (onderwysers). FOTO: ERNEST KILOWAN
Drakenstein Gazette
3
Two in court on charges of rape Two men appeared in the Paarl magistrate court on Tuesday morning facing charges of rape. In the first incident, in the early hours of Saturday morning, a woman was walking home after visiting a friend at the new Drommedaris housing complex in Mbekweni, when a man allegedly assaulted and repeatedly raped her. It is alleged that the victim was under the influence of alcohol when the incident occurred. In a second incident a case of rape was registered against the father of a 12-year-old girl.
According to information received, the victim’s mother became suspicious when her daughter visited her. After questioning her, the daughter burst in tears and said that her father had been raping her for the past year. She has been living with her father since her parents had separated. Both cases have been postponed and the accused will remain in custody. Their names cannot be released since they have not pleaded yet.
Skote ’n raaisel in Noorder-Paarl Inwoners van Retiefstraat in NoorderPaarl was Sondagmiddag in rep-en-roer nadat skote van onder in die straat geklap het. Sowat vier skote is vermoedelik afgevuur. Polisie-sirenes het kort ná die derde klapgeluid deur die straat geloei. Volgens kapt. Louise du Plessis, polisiewoordvoerder, het die polisie ’n klag ontvang van skote wat op ’n nabye plaas afgevuur word. Hulle het gaan ondersoek instel en die plaas is gefynkam. Inwoners van die plaas het egter volgehou dat hulle van niks weet nie en geen verdagte persone is op die plaas
gekry nie. Dit is dus steeds nie seker vanwaar die verdwaalde skote geskiet is nie. Intussen kla inwoners van NoorderPaarl letterlik oor slapeloosheid weens ’n alarm wat deurnag vanuit die rigting Daljosafat lui. Die polisie en sekuriteitsmaatskappye kon steeds nie die oorsprong van die sirene vasstel nie. * Residents of Retief Street in Northern Paarl were alarmed when they heard shots being fired from a nearby farm late Sunday afternoon. Police investigated the matter, but couldn’t establish where the shots came from.
Woman speeds away from police A resident of Mbekweni appeared in the Paarl Magistrate’s Court on a charge of reckless and negligent driving. A police official spotted Pamela Mjandana (33) driving recklessly in Jan van Riebeeck Drive this past weekend. According to the police report, the official attempted to pull her vehicle
over, when she allegedly increased speed and subsequently skipped several traffic lights whilst driving in the direction of Mbekweni. She parked her vehicle at her house in Mbekweni, where she allegedly hid herself. She was arrested, but later released on warning.
4
Drakenstein Gazette
Recipes - Resepte
Friday 7 June 2013
Milk promotes healthy growth abolic syndrome, diabetes, cardiovascular disease and hypertension) that affect South Africans of all ages. In-depth investigations both locally and internationally have shown that the nutrients in milk, maas and yoghurt, namely high-quality protein, comWorld Milk Day is an opbined with vitamin A, riportunity to focus attention on the importance of milk in Milk is good for you. boflavin, zinc, vitamin B12, and bio-available calrespect of the well-being of cium, not only promote healthy all societies in the world. The introduction milk and dairy growth and development in children products in the daily diet, particularly and adolescents, but also reduce obesmilk, maas and yoghurt, can play such ity and its associated spectrum of disa unique role in correcting dietary de- eases. Without the inclusion of dairy prodficiencies and addressing the double burden of malnutrition and chronic ucts, it is difficult to achieve the daily diseases of lifestyle (like obesity, met- recommended intakes of calcium. A
On 1 June World Milk Day was celebrated as an initiative by the Food and Agriculture Organisation (FAO) of the United Nations to raise awareness regarding the nutritional and health benefits of milk.
lack of calcium in the diet can result in poor development of the skeleton and dentition during the foetal period and increased weight gain, hypertension, osteoporosis, and cardiovascular diseases in adulthood. Studies have shown that the calcium intake of the South African population at all ages tends,to be low. In addition, most people do not consume 500 ml (2 measuring cups) of milk a day as recommended internationally. These are the primary reasons why the Department of Health formulated this new dietary guideline to encourage the use of milk and dairy products every day. Find out all you need to know about the health and nutritional benefits of dairy by visiting www.rediscoverdairy.co.za. Teens can visit www.dairygivesyougo.co.za.
Needs of Full Circle Ministries Full Circle Ministries (A Heart for the Street People), one of Monte Christo Miqlat’s focus areas, is moving to Paarl East (Old Police Station) on the corner of Klein Drakenstein and Solomon Street. They will soon start with new projects and programmes, but in order to do this they are in need of the following things: ) Second hand clothing (jeans, shirts, shoes, skirts etc.); ) food (to sell in small portions in the shop); ) toiletries (deodorant, soap, toothpaste, toothbrushes); ) creative and writing materials (pens, paint, paper, writingbooks, pencils, clay etc.). They are hoping you can help them by donating one or more of the above-mentioned items to help them help people on the street. For more detail, call 021 872 5580.
Royal Stars gaan Tuinroete toe Royal Stars Kersfees Orkes onderneem vanjaar ’n toer na die Tuinroete. Die toer sal duur van 22 September tot 29 September en R2 300 per persoon vir bed en ontbyt kos. Port Elizabeth en Mosselbaai sal onder meer besoek word. Kaartjies is verkrygbaar by lede. Enige nuwe lede van so jonk as drie jaar oud is welkom om by die groep aan te sluit. Belangstellendes kan die sekretaris Stephen Jephthas by 071 065 3537 of na-ure by 021 862 1130 bel.
Friday 7 June 2013
People - Mense
Drakenstein Gazette
5
Jý die entrepreneur DAVID MALHERBE Ons word deesdae so oorval met nuwe tegnologiese aanbiedinge, dat dit moeilik raak om by te bly. Mense reageer gewoonlik hierop deur te probeer bybly, óf hulle stel net nie belang om dit te leer gebruik nie.
“
Om in jou besigheid weerstand te bied teen nuwe tegnologie veroorsaak dat jy jouself later al hoe meer uit die mark uitsluit. Verbeterde tegnologie kan besighede help om beter gehalte produkte of dienste in ’n korter tydperk te lewer. Aangesien kliënte die beter gehalte produkte en dienste verkies, is dit nodig om saam met tegnologiese ontwikkeling te beweeg sodat jou besigheid mededingend kan bly. Aan die ander kant is daar weer diegene wat ly aan FOMO – “Fear of missing out”. Dit wil sê, as daar iets nuuts op die mark is, kan jy nie rus voor jy dit nie ook het nie. Dit is ’n baie duur opsie, want dit is onmoontlik om by te bly met al die nuwe tegnologie. Ons moet onthou tegnologie is slegs deel van die gereedskap wat ons gebruik. Voor die industriële revolusie het mense handgereedskap gebruik om produkte mee te vervaardig; daarna grotendeels masjien gereedskap. Vandag word baie masjiene se werking beheer deur vooraf geprogrammeerde re-
kenaars. Dit bly egter nog steeds net gereedskap en al is goeie gereedskap belangrik, is dit nie die tegnologie in die eerste plek wat die sukses van ’n besigheid bepaal nie. Ons sien gereeld advertensies in koerante van veilings wat gehou word waar van die beste masjinerie en toerusting verkoop word. Goeie leierskap en bestuur is steeds die belangrikste aspek wat die sukses van ’n onderneming bepaal. Tegnologie is ’n hulpmiddel wat sukses kan aanhelp, of ’n gebrek daaraan kan sake bemoeilik, maar dit is nie dié bepalende faktor vir sukses nie. ’n Gebalanseerde benadering ten opsigte van tegnologie is dus baie belangrik. ’n Ander realiteit van die vooruitgang in tegnologie is dat sekere poste of tipes werk uitgefaseer kan word en aanleiding gee tot werksverliese. Dit is een van die redes hoekom ons mense aanmoedig om entrepreneurskap as loopbaanopsie te oorweeg. Die beste manier om te verseker dat jy werk het, is om vir jouself werk te skep. David Malherbe en Dewald Scholtz gesels Maandagaand van 19:00 tot 20:00 op Radio KC 107.7FM tydens die program Jy die Entrepreneur verder oor hierdie onderwerp. (David Malherbe is ’n besigheids- en loopbaan konsultant en woon in Wellington. Hy kan gekontak word via sy webblad www.jedidiah.org.za of by 021 873 0262)
Die beste manier om te verseker dat jy werk het, is om vir jouself werk te skep.
INWYDING VAN KLASKAMERS: Ligstraal Skool het onlangs hul vier nuwe aangeboude klaskamers met swier ingewy. Die inwyding is gehou saam met die vieringe van die skool se 30ste bestaansjaar. Die funksie is bygewoon deur amptenare van die Wes-Kaapse onderwys departement en plaaslike onderwyskantore, plaaslike skoolhoofde, hoofde van skole met leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes, stigterslede van die skool, ouers, beheerraadlede en personeel. Hier is onderwysers Jolene Adams (links), Merna Davids en Natalie Sheldon. FOTO: DEVIDEAN MOSES
”
LEADERSHIP EXPERT IN PAARL: Rev. Leroy Joseph from America, the founder of Jethro International Leadership Seminars, recently spoke at a men’s breakfast held at the Manyano Centre in Paarl. He spoke on the topic of male leadership in society and in the home. He believes his message is relevant at a time “when many men have lost sight of their role”. Here are some of the people who attended the seminar enjoying a breakfast beforehand. PHOTO: MARYKE SWART
WINTER WARMTH: As part of their Winter Warmth Project, RIWA (Rural Islamic Welfare Association) handed out several blankets to the De Pêrel Safe House for Substance Abuse in Vlakkeland. Accepting the blankets are those receiving treatment and with them from left, Majied Moerat (counsellor), in the middle are RIWA members, Amiena Slamdien, Toheerah Joseph, Farieda Essop, Ameer Moerat (counsellor) and right, Kashief Moerat. PHOTO: ACHMAT PATEL
6
Geklassifiseerd
Drakenstein Gazette
Friday 7 June 2013
Reduce the risk of burn accidents during winter Burn wounds can be some of the most painful and lethal wounds.
CASH
4
TE KOOP FOR SALE
GOLD ONS KOOP
GOUE
71
JUWELIERSWARE
Algemeen Miscellaneous
HEEL OF GEBREEK
1ml SAND, klip, kompos & bogrond (topsoil) sowel as bourommel, vullisverwydering, tuindienste en skoonmaak van erwe. Skakel Neels 021 872 9397 of 083 412 8810.
BESTE PRYSE Eilandstr 3, Paarl (oorkant SASKO)
021 872 2913
140
Elektriese Herstelwerk Electrical Repairs MULLER HERSTELDIENSTE: Yskaste, stowe, droërs, wasmasjiene, ens. Skakel Arnold 083 339 8886.
REGAS FRIDGES
ELECTRICAL REPAIRS & AIRCONS 083 708 4950
1142
Houtwerk Carpentry EASY CUPBOARDS Maak van kombuis -en slaapkamer kaste. Billike pryse. Herstelwerk aan kaste en alle houtwerke. 082 345 3952.
EIENDOMME PROPERTIES 167 112
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES
Gordyne/Matte/ Stoffering Curtains/Carpets Upholstery
Huise te Koop Houses for Sale 2 SLAAPKAMER HUIS te koop. Nederburg Heights R550 000 onderhandelbaar. Skakel 081 494 2750 of 082 854 9136. PAARL/WELLINGTON: 1, 2 & 3 Slpk. R165 000; R185 000; R220 000; R285 000; R385 000; R445 000; R540 000 kontant of finansiering kan gereël word. 072 805 3574.
102
Allerlei Miscellaneous Services
Binnenshuisdienste Home Services Interior
Ons naam is u waarborg Vir die beste diens, skakel 083 556 6359
E-pos: premierblind@mweb.co.za Gratis kwotasies & installasies. Asook herstelwerk.
108
Geld/lenings Money/Loans
Your chance to be a winner, don’t delay advertise today!
Contact Sharon at 021-870-4600
115
Vervoer en Berging Moving & Storage
MOVING? TREK? 083 708 4950
ANYTHING ENIGE IETS FURNITURE MEUBELS TRANSPORT VERVOER
Be Wise, Advertise
Wednesday 10:00
105
These simple precautions can reduce the chances of burns in your home: ) Put child-safety covers on all electrical outlets ) Keep matches, lighters, chemicals and paraffin out of children’s reach ) Fix appliances or get rid of it if there is frayed cords and extension cords that looks damaged ) Check bath water temperature before putting your child in the bath ) Always first fill the bath with cold water and then add hot water until correct ) Turn children away from tap inlets when bathing so that they cannot open the hot water tap ) Don’t let children play in the kitchen while cooking ) Be extra careful when using candles, heaters, iron and fire when children is around ) Keep children away from hot drinks and boiling water ) Install smoke alarms in your house ) Choose sleepwear for kids
that is cotton and labelled as flame retardant ) Turn the thermostat of your geyser down ) Turn pot handles to the back if cooking on stove ) Place kettle and cord out of reach of children ) Never drink hot beverages or soup with a child on your lap ) Never hold baby or small child while cooking ) Screen fireplace or wood burning stove/cooking area off ) Teach your children about safety around fireplaces ) Remove child’s safety seat and seatbelts from sun in parked car – these can become extremely hot! ) Always apply and re-apply sunscreen when outside – sunburn is a second degree burn! Source: Medhealthkits
Friday 7 June 2013
Schools - Skole
SayXchange builds bridges between communities The Southern Africa Youth Exchange nurtures leaders for the future through exchanges between talented and socially committed young people across the countries of the Southern Africa region.
It promotes civic participation by young people across borders, exposes young leaders to development challenges and workable solutions in the different Southern African countries, and promotes a shared Southern African regional identity amongst next generation leaders in different fields.
SayXchange builds bridges between communities across the region and boosts intercultural understanding amongst the citizens of Southern Africa. The 2013 exchange between Mozambique, Zambia, South Africa, and Malawi is now open for applications for young people from these countries who qualify. The closing date for applications is 10 June. Go to www.sayxchange.org for more information or contact Katiana Ramsamy on 011 318 1012 or kramsamy@southernafricatrust.org.
Drakenstein Gazette
7
Helpende Hand stel entrepreneurskompetisie vir hoërskoolleerlinge bekend Die probleem van werkloosheid onder die jeug is regoor die wêreld aan die toeneem. Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) is meer as 75 miljoen jeugdiges regoor die wêreld op soek na werk. Solidariteit Helpende Hand verstaan die realiteit rondom beperkte werksgeleenthede wat jongmense in die gesig staar. Daarom stel Helpende Hand ’n unieke entrepreneurskompetisie vir leerlinge bekend. Die kompetisie behels dat deelnemers ’n sake- en bemarkingsplan vir hul beplande besighede opstel. Deelnemers sal met behulp van opleidingsvideo’s gelei word om dié planne op te stel en sodoende die kans te hê om hul besigheid ’n finansiële hupstoot te gee. Ná registrasie kry die deelnemers toegang tot die eerste ses opleidingsvideo’s wat fokus op die opstel van ’n goeie sakeplan. Sakeplanne word dan voorgelê, waarna 50 deelnemers landwyd deurdring na die tweede ronde van die kompetisie. Tydens hierdie ronde sal die deelnemers met die hulp van die volgende reeks van ses video’s leer hoe om ’n bemarkingsplan saam te stel. Die tien beste kandidate kry dan die geleentheid om hul volledige sakeidee aan ’n paneel voor te lê, waarna die wen-
ners aangekondig sal word. “Deur ons unieke entrepreneursopleiding wil ons elkeen die geleentheid gee om ’n entrepreneurs-ingesteldheid te ontwikkel, hul vaardighede op te skerp en meer oor die besigheidswêreld te leer,” vertel dr. Danie Brink, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. “Met die aanleer van entrepreneursvaardighede vanaf ’n vroeë ouderdom, sal jongmense beter toegerus wees om die toekoms aan te pak. Hierdie vaardighede sal ook verseker dat ’n agterdeur oop is as dinge in die werksplek skeefloop.” Die prysgeld beloop R50 000 in totaal. Die wenner ontvang R15 000 om in sy of haar beplande besigheid te belê. Die leerling se skool ontvang ook R15 000 om vir entrepreneursontwikkeling aan te wend. Die kompetisie word vir gr. 8 tot 12-leerlinge aangebied en is gratis. Die sluitingsdatum vir deelname is 5 Julie. Belangstellende leerlinge kan op die webwerf by www.helpendehand.co.za registreer. Vir meer inligting bel Karin Venter by 012 644 4390, of stuur ’n e-pos aan karin@helpendehand.co.za.
GEBEDSKETTING GEVORM VIR EKSAMEN: Leerlinge van die Hoër en Laer Meisieskool Paarl het ’n gebedsketting rondom die skool vir hul eksamen gevorm.
PRETLOOP: Die leerlinge van William Lloyd Primêre Skool het onlangs ’n massa-pretloop gehou. Dit was ’n prettige affêre wat baie aandag getrek het. FOTO: SAMMY DAVIDS
LEARNING BUSINESS SKILLS: Young entrepreneurs were selling freshlymade lemonade at Carnegie House Montessori Preparatory School’s Autumn Fun Fair last Saturday. Here busy cutting the lemons is Zac Draper (8), and assisting him is Jasmine Howie (11), on his left. PHOTO: ACHMAT PATEL
SKOOL VIER BESTAANSJAAR: Met die onlangse viering van die 49ste bestaansjaar van Nederburg Primêre Skool het hulle ’n muntlegging gehou om noodsaaklike benodigdhede aan die Paarl-Oos-polisiestasie se trauma-eenheid te skenk. Agter (van links) is onderwysers Karin Adams, Anita Cupido, Maria de Wet en Marjorie Dampies (trauma-eenheid). Voor is Diego Benjamin, Amilca van Niekerk, Shaiden Cecils, Shanica Fischer, Leethin Singh, Ethan Jonathan, Requelle Mentoor en Leschen Philander. Die skool vier in 2014 sy 50ste bestaansjaar. Alle oud-leerlinge en -onderwysers word uitgenooi na ’n byeenkoms op 10 Junie om 19:00 by die skool om die feesjaar te beplan. Bel die skool by 021 8621900 vir nadere besonderhede.
HELPING HAND: Mannarelief visited the Sinotemba Pre-primary in Mbekweni where the toddlers drew prints of their hands on a banner. Mannarelief is a non-profit organisation which aims to provide proper nutrition to undernourished children around the world.FOTO: MARYKE SWART
Drakenstein
Year 3 • Vrydag 7 Junie 2013 | Tel. 021 870 4600
Blues pluk Violets in nat weer Ondanks die naweek se gure weer, het meeste rugby wedstryde steeds voortgegaan. Een van die grotes op die plaaslike klub-rugby kalender was die van Voilets teen Blues (Laer Paarl) wat op Faurestraat gespeel is. Blues moes egter hard werk om die wedstryd met 20-17 te wen. Violets gaan druk vroeg in die wedstryd nadat hulle swaar pak voorspelers mooi met die bal gedryf het om die telling 5-0 te maak. Albei spanne maak ongedwonge foute en die nat weer maak dit moeilik om die bal te hanteer. Blues se Audin Carolissen gaan druk met Bjorn Wicklow wat nog twee punte byvoeg om die telling 7-5 in Blues se guns te maak. Violets se swaarder voorspelers neem beheer oor die wedstryd en dryf hulle opponente telkemale terug. Ná ’n blaps deur Gueron Kulsen wat nie die nat bal kan beheer nie, buit Violets die fout uit en gaan druk hulle om die telbord 10-7 te laat lees. Die doelskop is egter mis. Met rustyd wat aanbreek is die telling steeds 10-7 in Violets se guns.
Ná rustyd plaas Blues baie druk op Violets en dwing hulle om foute te maak om sodoende ’n strafskop te kry. Bjorn Wicklow klits dit oor om die telling 10-10 te maak. Na ongedissiplineerde spel deur Violets skop Wicklow nog ’n strafskop oor om Blues met 13-10 te laat voorloop. Blues begin beheer oor die spel neem en plaas Violets onder groot druk. Nadat Violets nie die nat bal onder beheer kon bring nie skop Blues se Ryan Jordaan die bal deur en gaan druk onder die pale. Wicklow verdoel dit om die telling na 20-10 te bring. Violets verras egter en druk weer en die telling is nou 20-17. Met die eindfluitjie wat blaas, wen Blues met 20-17 om sodoende vier belangrike punte in te oes. Vir Blues het Bjorn Wicklow ’n barshou gespeel en hy verdien om as speler van die wedstryd aangewys te word. Blues se derde span verloor met 15-0 terwyl die tweede span ook vasval met 10-8. Blues speel Saterdag op Daljosafat teen Riverstones en sal op hulle allerbeste moet wees om hulle te klop.
HIER KOM JY NIE UIT NIE! Blues (Laer Paarl) het Saterdag in gure weer teen Violets gespeel. Die wedstryd het gesukkel om te vloei weens die deurdringende reën – hier stuur Ryan Jordaan die bal na Kallie Hefca. Blues wen toe uiteindelik 20-17. FOTO: ERNEST KILOWAN
COCA COLA-TOERNOOI: Tydens die onlangse Coca Cola-rugby-toernooi wat op Wellington by Bolandstadion gehou is, het talle skole teen mekaar kragte gemeet. Hier speel New Orleans Sekondêr teen Weston. Warren Williams dra die bal sterk. Hy is ook gekies vir die Boland Cravenweekspan.
FOTO: ERNEST KILOWAN
Villagers troef Young Eagles in eendeweer Villagers het Saterdag ten spyte van die koue, moeilike omstandighede daarin geslaag om hul wegwedstryd teen Young Eagles van Malmesbury met 22-3 te wen. Nie eers die reën kon Villagers weerhou van hul bonuspunt nie. Die reën en wind het egter gekeer dat die agterspelers gemaklik kon beweeg. Die span van Recardo Williams se pak voorspelers was die helde van die dag. At Solomons het eerste gaan druk ná goeie samespel van die voorspelers. Met die halftydtelling op 5-0 in Villagers se guns het die reën weer uitgesak. Ná rustyd het die manne van Villagers
heeltemal beheer oor die wedstryd geneem. Goeie dryfmaalbewegings het aan Solomons sy tweede drie besorg. Puntemakers vir Villagers was Solomons (2 drieë), Ashley Hollenbach (2 drieë), Bjorn Hollenbach (doelskop). Hollenbach is ook aangewys as speler van die wedstryd. Villagers se tweede span verloor egter 10-6. Saterdag speel Villagers weg teen Mbekweni. Die aand hou die klub ’n dans by Serengeti in Newton. Navrae kan by Jannie Japtha gedoen word by 078 147 3082.
LANDLOOP-KAMPIOENE: Hierdie Boland Landloop-span is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die voorlopers in die spankompetisie van die Boland Landloopliga. FOTO: CHRIS DAVIDS