Stellenbosch gazette 18 nov 2014

Page 1

Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 16 • Tuesday 18 November 2014 | Tel. 021 853 0211

www.bolandgazette.co.za

Kayamandi in ligte laaie ’n Verwoestende brand het verlede Woensdag Sone A, Kayamandi, uitgebreek. Volgens Ncumisa Siko, een van Kasi Vision en Stellenbosch Gazette se korrespondente, is die oorsaak van die brand nog onbekend. Tasso Steyn, assistent brandweerhoof: operasioneel, sê die Stellenbosch-brandweer het die oproep omstreeks 16:41 ontvang. “Aanvanklik is daar gesê dat slegs 23 plakkershutte afgebrand het, maar agterna het ek gehoor dat dit dalk 25 kan wees. “Die brand het sommer teen die teerpad, naby die Corridor gebeur.” Hy sê dat niemand beseer is nie, en daar is geen oorledenes aangemeld nie.

of dood rand beseer rig. b ie d in is aange Niemand rge skade is nie, maar e

Rookwolke hang hoog in die lug in Kayamandi. FOTO’S: DANIE KEET


2

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

Tuesday 18 November 2014

Vol sypaadjies skep gevaar vir voetgangers en gestremdes “Dit is tyd dat ons ons dorp se sypaadjies terugneem. Die skynbare onbeheerste gebruik van die sypaadjies deur restaurante en winkels, maak dit gevaarlik vir Stellenbossers en besoekers van buite om hier te probeer loop”.

The kids who attended The Early Education Centre during a remembrance ceremony for Nelson Mandela.

Children’s Day celebrations To celebrate Universal Children’s Day on Thursday 20 November, The Early Education Centre (TEEC) with the Department of Sport and Cultural Affairs will host a fun day at Rietenbosch Primary School. The programme will run from 14:00 to 17:00 and will consist of an interactive talk to inform the kids what Universal Children’s Day is

about. The children will also be informed about what their responsibilities are in their family and community structures. Universal Children’s Day has been celebrated since 1954 on 20 November to promote international togetherness, awareness and to acknowledge an understanding of children’s rights.

TEKEN IN EN WEN

HIERDIE Kersseisoen.

So sê Karen Coetzee, ’n arbeidsterapeut van Stellenbosch wat ook betrokke is by die identifisering van vakansie- en kuierplekke wat toeganklik is vir gestremdes. Coetzee het ’n geruime tyd gelede reeds begin om aksies te inisieer om te verseker dat voetgangers veiliger gebruik van sypaadjies in die dorp het. “Alhoewel ek as arbeidsterapeut baie met gestremdes en mense wat rehabilitasieprogramme volg, gewerk het, het ek die wêreld Stellenbosch se sypaadjies word op baie plekke deur restaurante vanuit ’n heel ander hoek oorgeneem en dit skep ’n gevaar vir voetgangers en gestremdes. uit my rolstoel beskou en besef dat dinge werklik nie maklik is as tree teen diegene wat toegang op sypaadjies versper. jy aan ’n rolstoel gebonde is nie. Volgens Piet Smit, bestuurder van eien“Op Stellenbosch is daar baie uitdagings om gestremdes tuis te laat voel en domsbestuur van die Stellenbosse stadsraad, het die stadsraad besliste riglyne en hulle die dorp te kan laat geniet. “Die sypaadjie-restaurante is goed en bepalings vir die benutting van sypaadwel en help om ’n sekere atmosfeer in die jies deur restaurante en ander winkels. “Die bouregulasies bepaal onder meer dorp te skep, maar in die proses is daar mense wat benadeel word,” verduidelik dat ’n sypaadjie 1,5 m veilige ruimte moet voorsien vir voetgangers en kan wissel sy die probleem. Karin was self vir drie maande in ’n rol- na gelang van die breedte van die sypaadstoel nadat sy haar been in ’n ski-ongeluk jie. Heffings wat wissel van R54 per m² gebreek het en eerstehands ervaar het tot R91 per m² sal ook gehef word by besighede wat sypaadjies benut,” het hy gesê. hoe gestremdes oor die weg moet kom. “Die munisipaliteit kan regsaan“Daar is tientalle besighede wat munisipale regulasies oortree. Nie net is hul spreeklik gehou word vir beserings en aktiwiteite op die sypaadjies onwettig verminking van voetgangers wat genie, maar hulle benadeel ook die dorp, dwing word om die pad te gebruik, soos veral as gestremdes na toegang in die wat al in ander dorpe gebeur het,” was Coetzee se waarskuwing oor hierdie prodorp verwys,” sê sy. Coetzee sê die munisipaliteit moet op- bleem.

Protect your employees’ lives during a robbery

Gedurende die maand van November ontvang elke leser wat vir ‘n jaar inteken op Eikestadnuus twee bottels Welmoed Sauvignon Blanc asook ‘n gratis wynproe! Dit is nie al nie, een van die gelukkige intekenaars staan ook ‘n kans om die gelukkige wenner te wees van ‘n spesiale kersfeesgeskenpakkie ! Die geskenkpakkie bestaan uit uitgesoekte plesiertjies van ons wonderlike borge: Een nag vir twee by die asemrowende Roosenwijn Gastehuis. Een groep van 4 vriende kan ‘n komplimentêre Delheim-wynproe en keldertoer gevolg deur ‘n luilekker piekniek op die gras langs die rivier by hierdie legendariese wynplaas A guided trip for two in Jonkershoek with Zee’s Cape Tours Two tickets to enjoy an authentic AmaZink Live music and dinner experience in Kayamandi. Avontuur Landgoed – ‘n bottel Sarabande Sauvignon Blanc 2013 en Dominion Royale Shiraz 2011 asook ‘n geskenkpak met 3 bekroonde rooiwyne naamlik die baie gewilde Cabernet/Merlot-versnit asook die Cabernet Sauvignon en een van Avontuur se bestes, die Cabernet Franc plus ‘n gratis proe-koepon vir 4 vriende ter waarde van R120 Wyn- en Olyfpakke van Yonder Hill Wyne 2 bottels vrugtige Y Merlot 2012, perfek vir die Somer met ‘n Olyfberg Olyfolie en bottel olywe asook twee van Olyfberg se splinternuwe olyfolietroetelprodukte vir die hele lyf.

Faks die onderstaande vorm asook bewys van betaling na 021 883 9538 of e-pos na heidi.martin@eikestadnuus.com Naam en Van: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Identiteits nommer: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Tel:. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Adres, . . . . . . . . . . . . . . . . ............................. ..................... Afleweringsadres: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Intekentarief: 50 weke teen R275 Ons bankbesonderhede: Newspapers BKG Circulation, Standard Bank, rekeningnommer 070643199, tak Thibault Square kode 020909. Die gelukkige wenner sal in die 4 Desember-uitgawe van Eikestadnuus aangekondig word. X1PE6701-ES111114

A robbery at a business can leave employees traumatised, injured or, in the worstcase scenario, dead. “Injuries or death during an attack are a business owner’s worst nightmare,” says Grant Dunnington, CEO of SBV Services. “By nature, robberies are terrifying and unpredictable and, while no-one knows exactly what will happen during an attack, it’s crucial that your employees are empowered to reduce the chances of people being killed. Beyond cash management solutions, we believe in protecting human life and strive to empower the business community with knowledge about how to save lives when under attack.” How staff respond to an unexpected, potentially violent, situation can literally mean the difference between life and death – and the better prepared a workforce is, the less likely it is that somebody is going to be hurt or killed. Preparing your employees for a robbery sounds easier said than done but it is possible. “The first step is to ensure that all employees have been taught how to use all of the security features at a business’s premises. While this is done as a preventative measure, it is imperative that the training doesn’t create a sense of unease or panic.” During a robbery, employees should remember the following: ) Stay calm. Resistance could provoke the attackers to become aggressive and can result in tragedy; ) Follow the perpetrators’ instructions. It’s human nature for people to volunteer

to do more than has been asked of them, just to get the ordeal over with as quickly as possible. But robbers often interpret such behaviour as a trap, causing them to panic; ) Should your employees need to move around in response to the attackers’ instructions, they must vocalise every action while keeping their hands in open sight. If they tell the robbers exactly what they are about to do, the robbers won’t think they are being uncooperative; ) Stay alert. Mentally recording everything you can about the robbers – their races, ages, clothing, eye colour or distinct features such as tattoos and piercings, as well as everything they touch (should they not be wearing gloves), will help to catch the perpetrators after the event; ) When the robbers are about to leave or are leaving, don’t look them in the eye or try to run after them; ) As soon as they leave, ensure that everyone at the premises is safe; go into a secure location or lock up the premises to call the police – just in case the robbers come back; ) Ask everyone who witnessed the incident to stay put until the police arrive and have taken statements; ) While waiting for the police, leave the crime scene exactly as it was left by the robbers. V To speak to an SBV representative, please contact Grace Kadzere of Continuum Studios on 0 073 317 6581 or 2 grace@continuumstudios.co.za.


Tuesday 18 November 2014

18 November ) AA Stellenbosch-Sentraal kom om 20:15 by die Van der Stel-sportklub in Du Toitstraat byeen. Meer inligting: 0 084 293 3967. ) Anna Foundation Year-End Showcase. Time: 09:00 – 10:30. Venue: Le Pommier Restaurant, Banhoek, Stellenbosch. Entry is free.

20 November ) Alkoholiste Anoniem (AA) en Alanon (vriende en familie van verslaafdes) kom om 20:15 by die Van der Stel-sportklub byeen. Navrae en inligting: 0 084 293 3967/021 887 1924/ 083 280 2602.

26 November-6 Desember ) Stellenbosch Kersmark. Unieke Kersgeskenke. Toegang gratis. Tye: Maandag – Vrydae: 10:00 – 20:00, Saterdae: 10:00 – 17:00. Plek: Martinsonstraat, Uniepark. Rig navrae aan Wendy: 0 021 883 3850.

28-29 November ) Lanquedoc Gemeenskapskarnaval. Plek: Lanquedoc-sportterrein. Tye: Vrydag: 17:00, Saterdag: 12:00. Koste: R20 (volwassenes), R10 (kinders). Gregory: 0 071 551 7792.

29 November ) Cloetesville Senior Secondary School: Matrics of 2004, 10-Year

News - Nuus Reunion. Fee: R150. Heinrich “Heint” Arrison: 0 082 298 7887 or Carlene Petersen (Noble): 0 062 035 0207. ) Lutherse Gemeente van Stellenbosch en Somerset Wes hou Kersbasaar. Plek: Lutherse kerk, Hofmeyrstraat 26. Tyd: 08:00 – 13:00. Lekker Kersgebak, Kersversierings, handwerk, plante en boeke is beskikbaar.

5 December ) First under 18 Festival of Colour. Entertainment: Casto, Chris Taylor, Jak Skandi and Sama-award winning duo LCNVL. Venue: Rhenish Girls’ High School. Tickets at www.uparty.co.za, Rhenish Girls’ and U-PROMOTERS.

Stellenbosch Gazette

Wyk 5 se bejaardes bederf Raadslid Donovan Joubert en inwoners van Wyk 5 het op 8 November ’n formele ete met plaaslike vermaak vir bejaardes in die omgewing aangebied. Die funksie het by die VGKsaal plaasgevind en die tema was My beker loop oor met goedheid en guns. Daan Williams het die funksie bygewoon en die foto’s geneem.

Van links is John en Flora Jonathan en Valentia Moses.

Van links is Caroline Adonis, Constance Adonis, Pamela Adams en agter staan Donovan Joubert.

Kom bekyk kerk se blomfees

6 Desember ) Junk en Vintage Mark. Tyd: 09:00 – 13:00. Plek: NG kerk Stellenbosch-Wes, Alexanderstraat. Stalletjies teen R150 elk beskikbaar. Tema: Een persoon se ou goed is ’n ander een se skatte. Michelle: 0 079 380 2004 vir meer inligting. ) VGK Kerk - Kylemore se jaarlikse basaar. Tyd: 10:00. Vermaak: hip hop dansers. Kindervermaak: springkasteel, gesigverf, waterglybaan. Onder 19, 7’s Rugbytoernooi.

Die jaarlikse blommefees van Pniel Congregational Kerk vind plaas van 15 tot 18 November in die Pniel Congregational-kerksaal. Die blommefees vier sy elfde bestaansjaar en beloof om selfs beter as die vorige jare te wees. Deure open om 09:00 en die openingseremonie begin om 10:00. Toegang is gratis, maar ’n dankseg-

gingsdonasie sal by die deur opgeneem word. Gaste word uitgenooi na die teetuin in die kerk op Saterdag 15 November van 11:00 tot 18:00 en Sondagmiddag 16 November van 14:00 tot 18:00. Besigtiging van blomme is op Maandag 17 November en Dinsdag 18 November van 10:00. Vir inligting bel Noleen Rose by 0 021 885 1300.

Library offers various programmes for holidays It is almost time for the schools to close, people go on vacation and everyone is in a festive mood. So, what is there to do with the children this coming holiday season? From Wednesday 10 to Friday 19 December there will be some activities at the Plein

3

Street Library Hall. ) 10 December: 11:00 - Christmas Theme Story Hour with Delia van Wyk. ) 12 December: 10:00 - Magic Pick a Box. ) 17 December: 10:00 - Learn to make Bead by Please Book. ) 18 December: 10:00 - Make Christmas decora-

tions for the Christmas Tree by Please Book. ) 19 December: 10:00 - Christmas themed Costume Parade, prizes for the best dressed costume. Ages 5-13. All programmes are free. Booking for crafts and enquiries at 0 021 808 8385/7.

DOROTHEA SPECIAL SCHOOL Pre-school · Ages: 5-6yrs (2009/2010) · Children with special educational needs Autism Unit Class · ASD learners · Assessments will be arranged Contact details: 021 889 5463/1 Mrs.L.Erasmus

X1PFJHEM-ES181114


4

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

Tuesday 18 November 2014

Stellenzicht vereer toppresteerders Stellenzicht Sekondêr het onlangs hul topleerders met sertifikate vereer.

Skoolhoof Lester Allies (links) wens die toppresteerders van Stellenzicht geluk. Van links is Andre Hendricks (graad 12), Leoné Deysel (graad 10), Marsha Cloete (graad 9) en Dorné May (graad 8). Daniel Solomons (regs) was die gasspreker.

Leoné Deysel (links) is as Stellenzicht Sekondêr se beste leerder van die VOO (Verdere Onderwys en Opleiding, graad 1012)-fase en Marsha Cloete is as die beste leerder van die AOO (Algemene Onderwys en Opleiding, graad 8-9)-fase, vir 2014 aangewys. FOTO'S: NOLAN POOL

Sintu Quza, Pippa Shaper, Jacquie Spies and Nils Heckscher during the handing over ceremony on 13 November.

StreetSmart donates R220k StreetSmart SA, an organisation dedicated to helping street children rebuild their lives through donations from restaurants in the Western Cape and Gauteng, has donated R220 000 to their Franschhoek and Stellenbosch beneficiaries for 2015 – The Kusasa Project and Home from Home. The Kusasa Project offers educational opportunities to vulnerable children from the informal settlement outside Franschhoek. The funds raised by StreetSmart Franschhoek will go towards paying for a salaried social worker as well

as an auxiliary social worker. Home from Home provides supported and supervised foster care for abandoned and vulnerable children in small family homes in their own communities. The money raised by StreetSmart will fund the partial salary of a social worker, transport, communication and family reunification services in support of the foster mothers in Kayamandi and Cloetesville. “Home from Home is thrilled once again to be the recipient of funding from StreetSmart for our Stellenbosch-based homes. “The challenges we face when

Charde Bickerstaff, ‘n graad 4 Afrikaanse leerder by AF Louw Primêr, het aan die Wes­Kaapse Spel­olimpiade deelgeneem en het ’n tweede plek vir Engels as eerste addisionele taal behaal.

Daar was hope vermaak vir oud en jonk.

Gospelfees was een groot plesier Die negende Plaaswerker-gospelfees wat deur Waterval-bediening gereël word, het op 8 November by die Kanonkop-sportterrein plaasgevind. Duisende plaaswerkers het die fees bygewoon – sommiges het van so ver as Calvinia, Klawer, Vredendal en Citrusdal, Piketberg, Porterville en Malmesbury gekom. Vir ’n hoogtepunt het die kameraspan van Kollig op KykNET, die fees bygewoon en vir uitsending op die betaalkanaal opgeneem. Daar was hope vermaak en die hoofkunstenaars, Chosen Family, het die skare met gehalte musiek vermaak. Met al die sang en dans het die manne (en vroue) lekker gebraai in die 45 braaidromme wat voor-

Die feesgangers het heerlik saam gebraai. sien is. Die kinders se gesiggies is geverf en selfs die mediese beroep was by die fees teenwoordig om

gratis mediese sorg te verleen in die vorm van ’n verskeidenheid gratis bloeddruk-, TB-, cholesterol- en HIV-toetse.

working with children who have been living on the streets are complex. Thanks to StreetSmart’s support of Home from Home’s projects in the Winelands area, our social work team are able to work alongside the foster mothers and children to ensure they receive the appropriate support, guidance, counselling and care,” said Home from Home’s development director, Pippa Shaper. Leading the Winelands Restaurants to become StreetSmart, was Susan Huxter, who started running StreetSmart in Le Quartier Français and Bread & Wine, in November 2007.

Edwin Anthonie, ’n leerder van die Hoërskool Cloetesville, is onlangs as die skool se sportman van die jaar aangewys. Hy is ’n doelskieter vir die skool se eerste sokkerspan. FOTO: DAAN WILLIAMS

Hier is ideale geskenke vir jou vriende en familie Wonder jy wat jy vir jou familie of vriende vir Kersfees of ’n verjaardag gaan koop? Ons het die antwoord – teken in op Eikestadnuus! Voornemende intekenare op Eikestadnuus kry boonop die geleentheid om ’n hele paar lekker pryse te wen as hulle voor 4 Desember vir ’n jaar op die koerant inteken. As jy ’n nuwe intekenaar is, kry jy onmiddellik twee bottels wyn van Welmoed-kelder. Intekenare wat hul inskrywings hernu, kan ’n reuse-gelukspakkie wen. Die kompetisie het op 1 November begin en duur tot 4 Desember. Die wenners van die geskenkpak sal deur ’n trekking bepaal word. ’n Intekenvorm vir Eikestadnuus verskyn op bl. 9, maar jy kan ook by ons kantoor by Alexanderstraat 44 kom inteken. Pryse wat gewen kan word, is:

V ’n Aand se vermaak, insluitend musiek en ’n ete by Amazink in Kayamandi, vir twee mense; V ’n Begeleide toer van Jonkershoek deur Zee’s Cape Tours en ’n nag se verblyf vir twee by Roosenwijngastehuis; V ’n Groep van vier vriende kan elk ’n gratis Delheim-wynproe en -keldertoer gevolg deur ’n luilekker piekniek op die gras langs die rivier by die legendariese wynplaas wen; V ’n Wyn-en-olyfpak van Yonder Hill, insluitend ’n bottel vrugtige Y Merlot 2012 met ’n Olyfberg-olyfolie en bottel olywe, ter waarde van R200; en V ’n Geskenkpak met ’n bottel vrugtige Yonder Hill Y Merlot 2012 en twee van Olyfberg se splinternuwe olyfolie-troetelprodukte vir die hele lyf.


Tuesday 18 November 2014

News - Nuus

Leerders help uitdeel Leerders aan die Hoërskool Lückhoff het onlangs handjie bygesit toe raadslid Donovan Joubert van Wyk 5 sop en broodjies aan inwoners uitgedeel het. Elke Woensdag en Saterdag is die inwoners van die wyk nie net gelukkig om iets in hul maag te kry nie, maar ook sommer klere om hulle warm te hou teen die koue, of bietjie verligting in die warm sonskynweer.

Shandre Pietersen, Nadene Hendrickse, Chinuke Adams en Michaela Vermeulen sit hand by.

Van links staan Ivan Kroukamp, Ashley Adams, Cameron Appolis, Waylin Wenne en Jay-Dee Adams.

Stellenbosch Gazette

5

New library for preschoolers The executive mayor of Stellenbosch, Conrad Sidego, recently opened the Graceland Library for preschoolers in Devonvalley, Stellenbosch. Residents, community leaders and the enthusiastic preschoolers joined in the excitement of opening their new library. The library provides a beautiful and creative reading space with a range of books suitable for children in the ECDC phase of education. Opening the library are mayor Conrad The Graceland Li- Sidego (right) and left, Frank Christie (chairbrary is part of a pre- man, Thembalitsha) and Simone van der school project of the Berg (school teacher at Graceland). Thembalitsha Foun- Simone was once a scholar at Graceland The mayor read, Mia se Ma’ to dation, situated on and has returned to be the teacher at the the children of Graceland. the Devonvalley school. Road in Stellenneeds of our society. bosch. The library is a centre where reading can Thembalitsha offers hope by providing quality preschool education to vulnerable contribute to developing these future giants children. The preschool programme aims to of our valley. A place where each child of the prepare and stimulate these preschoolers to Graceland school can not only learn to read but experience the magic of imagination, maximise their future success. Sidego said in his address that this library knowledge and books. Founder of Thembalcreates a space for preschoolers to learn, itsha, Frank Christie, explained that human read and dream. He also highlighted that the learning takes place primarily via sight; 83% library also becomes an innovation centre of learning takes place via this channel. He explained that reading creates the abilwhere the community can come together to grow the minds of this future generation and ity to learn and that reading further creates discuss ideas to create and develop this val- patterns in the neuropathways that enhancley of opportunity and address the pressing es the expansion of the learning process.

NOTICE OF PUBLIC MEETING

Die inwoners maak gereed om klere te ontvang.

Baie gelukkig met die klere in hul hande is (van links) Lisakhanya Doko, Bulelwa Sbhidla en Xolani Mzamo by raadslid Donovan Joubert.

ABBA-Sorg kroon skoonhede ABBA Sorg Cloetesville het ’n modeparade gehou, en die kleintjies wat deelgeneem het, is gekroon in hul onderskeie kategorieë. Daan Williams het foto’s geneem.

In die junior seunskategorie is Aiden de Vries (middel) as wenner gekroon. Links is Robenio Jacobs (2de prins) en Logan Scheepers (1ste prins).

FOR: Koelenhof Area BY: Marutleng Safety Health & Environmental Services DATE: Wednesday, November 26, 2014 TIME: 13:00 P.M. – 15:00 P.M. PLACE: Koelenhof RC Primary School – near Koelenhof Station Koelenhof, Stellenbosch 7600, 021 882 2404 Dear Residents, Notice is hereby given in terms of the Environmental Impact Assessment Regulations published in Government Notice No.R. 543, and No.R. 544 of 2010, under Section 24 (5) of the National Environmental Management Act (Act No 107 of 1998), of the intention of City of Cape Town to apply to Western Cape Government Department of Environmental Affairs and Development Planning to carry out the following activity: PROPOSED KOELENHOF LEVEL CROSSING ELIMINATION THROUGH THE CONSTRUCTION OF A BRIDGE, CAPE TOWN, WESTERN PROVINCE Passenger Rail Agency of South Africa (PRASA) has embarked on eliminating high risk level crossings around the country. These level crossings are considered high risk as a result of the amount of fatal incidents that have occurred at this level crossing. The Kromme Rhee Road Level Crossing is on the Northern Line of the Cape Metrorail Network between Koelenhof and Muldersvlei Station. PRASA have recorded 21 incidents at this crossing during the period 1994 to 2011. It is therefore proposed that the level crossing be eliminated through the construction of a grade separation structure (bridge). This will include associated road layout changes. The public meeting has been scheduled to present proposed modifications and to discuss the impacts they have on Koelenhof level crossing these modifications. Public comments will be taken during the meeting or written comments. Thank you for participation and interest in Marutleng Safety Health & Environmental Services. Miss Lucy Mohlala Marutleng Safety Health and Environmental Services P O Box 2656, Vereeniging, 1930 Tel: 016 423 3260; Fax: 016 423 7625 E-mail: lucy@marutlengholding.co.za

Die wenners in die peuterseuns-kategorie is van links Inglesole Davids (2de prins), Angelo Wessels (wenner) en Sergio Pienaar (1ste prins).

Die junior meisies-kategorie is deur Kaylen Jacobs (middel) gewen. Links is Tyra-Lee Morris (2de prinses) en Chandré Samuels (1ste prinses).

91A General Hertzog Three Rivers Vereeniging 1930 X1PFGNJ9-ES181114


6

Classifieds

Stellenbosch Gazette

Tuesday 18 November 2014

Jy moet soms ‘nee’ sê Volgens Brett Johnson in sy boek Lemon Leadership is entrepreneurs mense wat na die wêreld kyk deur die lens van geleenthede. Hulle sien geleenthede raak hoe om in mense se behoeftes te voorsien, benut dit en omskep dit in ’n besigheid om daardeur geld te verdien. Ongelukkig is dit ook so dat hierdie besondere gawe terselfdertyd kan aanleiding gee tot die entrepreneur se ondergang. Wanneer die aangryp van nuwe geleenthede geskied ten koste van die uitbou van jou bestaande besigheid, dra jou verdeelde aandag dikwels by tot ’n gevaarlike gebrek aan fokus. In sy boek How the Mighty Fall waarsku Jim Collins dat een van die redes hoekom besighede dikwels ondergaan, die “ongedissiplineerde najaag van meer” is. Dit wil sê hulle jaag daarna om meer produkte / dienste of meer besighede daar te stel. Alhoewel daar niks verkeerd is met die uitbou van jou besigheid nie, lê die probleem by die ongedissiplineerde najaag van meer geleenthede. Dit is beter om te fokus op dit waarin jou

besigheid werklik goed is en dit uit te bou. As jou besigheid bv. motoronderdele verkoop, is dit ’n goeie opsie om die reeks motoronderdele te vergroot en moontlik nog ’n tak op ’n buurdorp oop te maak. ’n Minder goeie opsie sal wees om te begin om vragmotor- en trekkeronderdele ook te verkoop. Die groter verskeidenheid produkte wat jou besigheid dan verkoop, maak dat jou aandag baie meer verdeeld raak. John L Mason sluit hierby aan in sy boek An Enemy Called Average en beweer dat ’n besliste resep vir mislukking is om te probeer om almal tevrede te stel. Hy reken dat dit daarom belangrik is om te leer om “nee” te kan sê. Hy sê dit is belangrik om te kan onderskei tussen goeie geleenthede en die regte geleenthede. Dit is eerstens nodig om uitnemend te wees in minder, maar die regte goed. Dit is raadsaam om versigtig te wees om te gou te wil diversifiseer. As jy weet wat die “regte” besigheidsaktiwiteite vir jou is, is dit makliker om nee te sê vir “goeie” geleenthede maar wat nie by jou pas nie. V David Malherbe is ’n besigheids- en loopbaankonsultant en woon in Wellington.

DEATH NOTICES

GELEENTHEDE 2415

VERKOOP PARFUUM EN MAAK GELD. Verkoop 2 bottels per dag en maak R4 000 per maand. Geen vooraf kostes. Ons voorsien alles om te begin gratis. Ons het ongeveer 160 geure ingesluit DKNY, Gucci, Issey Miyake en nog baie meer. Skakel 074 589 8110. PERSOONLIKE DIENSTE

ALGEMENE & HUISDIENSTE

EIENDOMME

SPYSENIERING & LOKALE

ELEKTRIES

STUDENTEAKKOMMODASIE

1401

Ons Gee Om. Die Stellenbosch Gazette vra Stellenbossers om hierdie welsyns- en gemeenskapsorganisasies te help. Hier is ’n lys van hul grootste behoeftes: ) Stellenbosch-nagskuiling: Ingemaakte (blikkies-) of vars groente, enige droë sopbestanddele, macaroni, spaghetti, koffie, suiker, poeiermelk, smeergoed vir brood, badseep en handdoeke. Daar is ook ’n behoefte aan vrywilligers om daagliks sop te skenk. Dit kan bevrore of vars wees. Skakel 0 021 886 6173. ) Huis Horison: Toiletrolletjies, dun lint, geskenkpapier (kleiner stukkies ook), naaldwerkbenodigdhede soos katoenmateriaal, lint, gare, wol en bestanddele vir kermis (meel, suiker, kondensmelk en olie), asook wit kerswas vir die maak van vlamvatters, stewige vulsel, houthangers, borduurgare, groterige stukke effe linne en wol. En dan, is daar ook ’n behoefte aan twee spinning bicycles, wat in ’n goeie toestand is, vir die gimnasium. Skakel 0 021 887 5080. ) Safe House Stellenbosch: Benodig dringend babaweggooidoeke, babaseep, -sjampoe en -klere, vroue- en kinderklere, pajamas en sokkies. Vir die kombuis: rys, melkpoeier of langlewemelk, kookolie, suiker, pasta, koffie en tee. Algemeen: waspoeier vir outomatiese wasmasjien, Handy Andy, Jik, Domestos en opwasmiddel vir skottelgoed. Vaardigheidsklasse: hekelpenne, hekelgare, asook skryfbehoeftes soos verf, skêre, Pritt, gekleurde papier en inkleurpotlode vir kreatiewe projekte. Vroue van die gemeenskap word versoek om asseblief hul talente, stokperdjies, kennis en vaardighede met die inwoners te kom deel. Skakel 0 021 883 2574. ) Stellenbosch Voedingsaksie: Droë bestanddele soos rys, pasta, mieliemeel, stampmielies en sopmengsel, asook bruikbare produkte vir kospakkies. Skakel 0 021 886 8986 of 071 322 0747. ) Kindersorg SA Stellenbosch: Ons soek tweedehandse klere, nie-bederfbare voedsel, meubels en huishoudelike ware. Skakel 0 021 887 2816. ) Jeuguitreik: kinder- en jeugsorgsentrum: Brood, suiker, pasta, broodsmeer, ingemaakte (blikkies-) kos, gordyne en ou DVD’s wat oor naweke vir die kinders gewys kan word, asook skryfbehoeftes en skoolklere. Skakel 0 021 886 6216. ) Abba: ’n Maatskaplike werker van Abba se rekenaar het ná sowat agt jaar diens opgepak. Daar is ook ’n behoefte aan ’n eksternegeheueskyf as deel van risikobestuur om te verseker dat data nie verlo-

re gaan nie. Mense wat hierdie items kan skenk, kan Abba se kantoor bel by 0 021 883 8030. Abba is ’n program van Badisa, die maatskaplikedienste-organisasie van die VGK (Kaapland) en die NGK (Wes- en Suid-Kaap). Abba lewer dienste in Stellenbosch ten opsigte van alkohol- en dwelmafhanklikheid. ) Ikhaya Trust Centre: Vrywilligers wat leerders in die nasorgsentrum op Vrydae van 15:00 tot 16:00 kan leer viool speel, word gesoek. Skakel 0 021 889 8774. ) Marcelino Singh-stigting: Brood, broodsmeer, vars groente, tweedehandse klere en meubels. Skakel 0 021 889 9555 of 072 888 7188. ) ACVV Stellenbosch: Nie-bederfbare kos, toiletware, skoolskoene, -hemde en -broeke, weggooidoeke vir babas en volwassenes, rugsakke vir skoolgaande kinders en ou klere vir ons klerewinkel om te gee aan diegene wat kom vra. Skakel 0 021 887 6959. ) Kayamandi-traumakamer: Matrasse (driekwart- en enkelbed), waaier, verwarmer, beddegoed, gordyne, komberse, eetgerei, tweedehandse klere en onderklere, kos, toiletware en skoonmaakmiddels. Bel me. Bakubaku, 0 074 717 9676 of 021 889 7686, of Mary, 0 083 945 5811. ) Stellenbosch-hospies: Koffie, tee en warmsjokoladepoeier (hot chocolate), skryfbehoeftes (verf, skêre, Pritt, gekleurde papier en inkleurpotlode vir kreatiewe projekte), opvoedkundige en ander speletjies soos ’n domino-, damborden skaakstel, “stresballe”, rekbande en wolnaalde of breipenne, asook manspajamas en -skoene, kinderklere, komberse en kussings met kussingslope. Used plastic packets or bags for distribution of food to hungry patients, children’s toys/books/clothes to use as a small Christmas gift to our 700 plus children of our Hospice patients, donations of furniture and kitchenware to our shop in Borcherd Street. Do you need material for a school project? Find relevant cheap material in our great selection of books and pictures in our many magazines at the Hospice Shop in Borcherd Street, open weekdays until 16:45 and on Saturdays. Your purchases help fund the caring services Stellenbosch Hospice provides for over 1 000 patients every month. Contact 0 021 886 5994. ) GreenDoorProjek@Jamestown: Babaklere (0 – 3 jaar) en bababenodigdhede vir 13 tienermammas in hul sorg, asook meisieklere (9 – 10 jaar). Bel Chanene van As, 0 082 890 8616.

SAKE 1005

DECKSTER'S CATERING, DéCOR / HIRING. Menu's from R130.00. Includes: crockery, cutlery, white tablecloths, white chair covers, organza backdrop, arch & red carpet. (Ielaahm or Rene.) 021 371 4507 / 082 324 9486. www.decksterscatering. co.za TE KOOP

ALLERLEI 1655

CASH PAID FOR used clothing, crockery, Linen, etc. I collect. Ph/sms/whatsapp Patricia 0798414016

1810

3323

ALLE HERSTEL VAN yskaste, vrieskaste en alle tipe wasmasjiene. Gas hervul vanaf R150. Skakel 076 919 0596.

KAMER VIR manstudent beskikbaar vanaf Jan. tot Des. 2015. Gemeubileerd met huisgeriewe se gebruik. Huur R3 000 p.m. W&E ingesl. Tel. 082 577 4660

SWEMBADDENS 1867

RIPPLE POOLS.Nobody can beat our prices. Complete reinforced concrete pool with marble plaster finish. 079 160 6812. Web: ripplepoolscape.co.za

Spesiale dienste


Dinsdag 18 November 2014

News - Nuus

Sout en wyn? Ja lekker.... Die Fleur du Cap-span by Die Bergkelder het pas hul eie eksotiese soutreeks bekendgestel. Dié versameling fynproewersoute kom van heinde en verre en is nou by hierdie bekende kelder in Stellenbosch beskikbaar. Die soute is ’n besonderse aandenking ná ’n besoek aan die Stellenbosch-wynlande, as geskenke aan vriende of om Kerskouse mee te vul. Elkeen van die agt eksotiese soute kom in sy eie geskenkboksie. Kies uit ’n verskeidenheid van inheemse soute soos Khoisan- en Oryxwoestynsout. Daar is ook meer eksotiese opsies soos kaviaarsout of rooi alaea- en swartlavasout van Hawaii, pienk Murray River-sout van Australië of skaars Persiese blousout van Iran. Een van die interessantste soute in die reeks is beslis Kala Namak-sout met sy kenmerkende swaelgeur. Fleur du Cap se daaglikse wyn- en soutproeë wat by Die Bergkelder

aangebied word, bied die ideale geleentheid om meer van hierdie eksotiese soute te leer. Fleur du Cap se Unfiltered-wyne word in pas met die natuur gemaak en verleen hulself perfek tot kombinasies met onverfynde soute – geskenke van Moeder Natuur. Deur gebruik te maak van plaaslike verskaffers wat heerlike, handgemaakte versnaperings voorberei, met tradisionele metodes soos insouting, beklemtoon hierdie proepare die unieke geure eie aan Fleur du Cap se uitstekende gebalanseerde wyne. Hierdie proeë word daagliks aangebied van Maandae tot Vrydae tussen 09:00 en 17:30 en Saterdae tussen 09:00 en 15:30. Die nuwe Fleur du Cap eksotiese soutversameling is uitsluitlik by Die Bergkelder in Stellenbosch beskikbaar en verkoop teen R30 vir ’n boksie van jou keuse. V Vir meer inligting, skakel Die Bergkelder by 021 809 8025 of stuur ’n e-pos aan Nadia Ferreira by nferreira@distell.co.za.

Stellenbosch Gazette

7

Opskop by Flamingo’s Lance James, Barbara Ray en Jody Wayne. Dié drie country-legendes het diep spore getrap in die geskiedenis van Suid-Afrika se omvangryke musiekbedryf. Vandag is hul musiek steeds gewild onder die ouer sowel as jonger geslag. Moenie die kans misloop om dié bekendes in lewende lywe te sien by Weslander se Country Legends-opskop op 28 November by Flamingo’s dansklub in Langebaan nie. Maar wag, daar kom nog!

Van Suid-Afrika se beste country-kunstenaars uit die nuwe geslag – soos Wynand Strydom, Chereé en Deon Terblanche – sluit by Barbara, Lance en Jody aan om van dié sterbelaaide aand ’n onvergeetlike geleentheid te maak. Gaste mag piekniekmandjies bring en drankies sal beskikbaar wees by die kroeg. Kaartjies kos R100 per persoon. Bespreek ’n tafel of enkelkaartjies by Arita Agenbag, by 0 022 713 1251.

Sout en rooiwyn gaan goed saam - vra maar die kenners by Fleur du Cap.

Boet se kunswerke nou in boekvorm Boet se Goet, woorde en beelde deur Boet van der Hoven, is by die Klein Karoo Klassique 2014 op Oudtshoorn bekendgestel. Die volkleurboek bevat sowat 70 kunswerke en 30 kleurryke verse van die Klein Karoo-skilder wat nog nooit vantevore gepubliseer is nie. H.J van der Hoven (1942-2003) oftewel “Boet”, was bekend in Oudtshoorn-omgewing en sy geboortedorp, Prins Albert. Boet was eers kunsonderwyser gedurende die laat sestigerjare in Kaapstad, en het daarna vanaf 1974 tot 1975 by Hugo Naudé Kunssentrum in Worcester saam met kunshoof, Timotheus Smuts (1944-1999) gewerk. Smuts was later hoof van die Departement Beeldende Kunste aan die Universiteit Stellenbosch. Boet en Timo het lewenslank vriende gebly. Al Boet se skilderye is vandag in privaat besit, plaaslik en oorsee. Tot dusver is daar 200 skilderye op rekord. Indien daar lesers is wat van Boet se kunswerke besit, kan hulle met Boet se dogter, Adri van der Hoven – wat die boek saamgestel het – in verbinding tree. Meer inligting: Adri 0 071 933 4364 of 2 info@boetvanderhoven.co.za, facebook/BoetseGoet.

Kranslegging: Franklin Adams, ’n Umkhonto we Sizwe-veteraan, Christie Jooste, ’n afgetrede wapen-

smid, en afgetrede SANW-majoors Koos Lötter en dr. De Wet Strauss by die kransleggingseremonie. FOTO’S: SHAWN VALENTINE

Boet se Goet, is nou beskikbaar.

Burgemeester Conrad Sidego tydens die kransleggingseremonie.

Herinneringsdag gedenk

LET’S BRAAI: Braai Ve’Note is a business that was recently started by former Idols winner Heinz Winckler (right) and his associate Charl ‘Braai’ Bruwer (middle). Braai Ve’Note aims to provide entertainment and music, Heinz’s job, while Charl prepares the food. With them is Jaco Carstens of Novel Ford Paarl where Charl received a new bakkie as a sponsored vehicle.

Stellenbosch het vanjaar ook deel geneem aan die Herinneringsdagvieringe wat jaarliks op 11 November wêreldwyd gevier word. Tydens die dag word gevalle veterane uit verskillende oorloë, asook die lewende helde, vereer. ’n Kransleggingseremonie is in die Stellenbosch-stadsaal gehou. Dit herdenk die dag in 1918 waarop die Eerste Wêreldoorlog beëindig is. Vier Stellenbosse veterane, Franklin Adams, ’n Umkhonto we Sizwe-veteraan, Christie Jooste, ’n afgetrede wapensmid, en afgetrede majoors Koos Lötter en dr. De Wet Strauss, het die kransleggingseremonie saam met ander bekende Stellenbossers onder leiding van die onderburgemeester,

Martin Smuts, bygewoon. Conrad Sidego, uitvoerende burgemeester, was die gasspreker. Die kransleggingseremonie vir Herinneringsdag is vir die eerste keer sedert 1994 weer op Stellenbosch gehou. “Ek waardeer die feit dat ons vereer word. “Ons het baie opgeoffer,” sê Christie Jooste (94), ’n oorlogsveteraan en afgetrede wapensmid wat in 1941 en 1942 in die Tweede Wêreldoorlog gedien het. “Ek het by die weermag aangesluit en dit was my eie besluit. “Dié besluit het ek geneem omdat dit in die beste belang van die gemeenskap was,” sê Jooste.


Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 16 • Dinsdag 18 November 2014 | Tel. 021 853 0211

Prysuitdeling: Die Blakes-netbalklub het onlangs erkenning aan hul spelers

vir hul toewyding en sportmanskap gedurende die jaar gegee. Johny Michaels, president van Blakes, wens die speler van die jaar, Farren Christians, geluk.

TROTS: Van links is Nathalie Bezuidenhout, wat aangewys is as die imees toegewyde

speler, Vanita Pietersen, die mees belowende speler en Gailyne Baartman, die beste junior speler. FOTO’S: DAAN WILLIAMS

Raakvat-rugby: Die Blakes-rugbyklub het ook ’n raak-rugbyspan. Links is Gerald Jaars, ’n bestuurslid, Lionel Fredericks ontvang ’n sertifikaat namens Aldon Greef (beste raakvat-rugbyspeler), Quam Eyman (meeste drieë aangeteken), Gerado Jaars (mees belowende speler), en Ronwine Fredericks (mees toegewyde speler).

Jeug neem aan groot KWDM-sokkertoernooi deel Die Mayoral Cup is onlangs by die Idasvallei-sportterrein gehou. Die toernooi, wat deur die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) geïmplementeer is, dien om jeugsokker te bevorder en op ’n volhoubare manier te ondersteun. Mlungisi Bushwana, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het gesê: “Ons streek is geseën met talentvolle jong sokkerspelers en as ’n streek het ons ’n mandaat om talent te identifiseer en te koester. “Ons ondersteun die program tot die uiterste en ons bemoedig die ontwikkeling van die jeug deur grondvlak-sokkerontwikkelingfases.” Twaalf spanne het aan die toernooi deelgeneem. Ses o. 13- en o. 15-spanne van Drakenstein-, Witzenberg-, Langeberg- en Breedevallei-distrikte het in die toernooi teen mekaar te staan gekom.

Die spanne van die verskeie distrikte wat deelgeneem het aan die toernooi met raadslid Ruth Arnolds (KWDM), raadslid Xoliswa Mdemka (KWDM), Ivan Levendal en Claude Schroeder (uitvoerende direkteur: gemeenskapsontwikkeling en beplanningsdienste, KWDM). FOTO: WILMOT AFRICA


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.