Swartland gazette 11 junie 2013

Page 1

Swartland

Year 11 • 11 June 2013 | Tel. 022 482 3817

Dis tyd om Pa te bederf!

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Heyns­moord:

M’bury bly in kalklig LIZETTE SMIT MALMESBURY – ’n Neef van een van die aangeklaagdes in die opspraakwekkende Heyns-moord, asook twee ander mans, is verlede Woensdag vir ondervraging ingeneem ná die agtersitplek van die Peugeot waarin die vermoorde dr. Louis Heyns laas gesien is, by ’n Wesbank-skrootwerf gekry is.

Sondag is Vadersdag en baie pappas kan uitsien na ’n ekstra bietjie bederf. Hier is Heinrich Joubert en sy dogter Marguerite van Moorreesburg tussen die kanola. FOTO: HESMARIE NEL

Juan Liedeman se neef, Obadihia David (OD) Liedeman, wat as polisieman op Malmesbury gestasioneer is, het Donderdag (6 Junie) op aanklag van statutêre meineed vlugtig in die landdroshof verskyn. Hy is nie in aanhouding nie. Kol. Niels Nilsson, die stasiebevelvoerder op Malmesbury, het bevestig dat Liedeman in hegtenis geneem is en voor die hof verskyn het, en dat hy op borgtog vrygelaat is. Volgens ’n betroubare bron is meer as een familielid ondervra. Die plaaslike polisiewoordvoerder, konst. Hennie du Rand, het Vrydag gesê die plaaslike polisie is in die duister oor die spesifieke redes waarom hul kollega vir ondervraging geneem is. Volgens Du Rand was Liedeman gereeld by die skrootwerf, want hy het daar aan sy motor gewerk omdat

al die gereedskap wat hy nodig het tot sy beskikking is. Du Rand kon nie sê of daar bloed op die sitplek was nie. Slegs beamptes wie se name op die lasbrief vir deursoeking was, is op die skrootwerf toegelaat omdat die ondersoek in ’n baie sensitiewe stadium is. Die agtersitplek, ’n sleutelbewysstuk in die saak, was nog die heeltyd in die voerbak van ’n vragmotor op die skrootwerf weggesteek en kon nie met die polisie se eerste deursoeking van die perseel opgespoor word nie. Nilsson het in antwoord op vrae oor hoe dié nuutste verwikkelinge in die saak op die stasie reflekteer, gesê daar is ’n skorsing aangevra as standaardprosedure wanneer ’n lid in hegtenis geneem word. Hy sê elke saak word op eie meriete beoordeel. Hy het voorts gesê daar kan nie op grond van dié voorval sonder meer bewerings van korrupsie onder lede gemaak word sonder enige bewyse nie.


2

News - Nuus

Swartland Gazette

Tuesday 11 June 2013

Moet die skouterrein, skool verskuif word? CHARLOTTE LESCH MALMESBURY – Die vraag of Malmesbury se skouterrein én die Christelike Privaatskool Malmesbury moontlik in die toekoms van perseel moet verander nadat ’n winkelsentrum vir die streek goedgekeur is, doen tans die ronde. Die goedkeuring kom ná ’n appèlproses wat sedert 2011 sloer. Gerry Rehrl, ontwikkelaar van die Swartland-streekswinkelsentrum wat ’n gimnasium, kantore, woonkomponent en ’n private kliniek insluit, sê hy is baie bly oor die besluit. Hy voel baie goed oor die feit dat die streek se belange aandag geniet. Rehrl het by navraag gesê daar was al destyds sprake van die land-

bouvereniging se skoukomitee om ’n nuwe skouterrein verder van die dorp af te hervestig. Volgens Ben Marais, voorsitter van Malmesbury se skoukomitee, het daar intussen baie water in die see geloop. “Die grond wat ons in gedagte gehad het, is lankal verkoop.” Hy meen daar moet ook nog baie dinge gebeur voor die winkelsentrum ’n werklikheid gaan word. Volgens hom bestaan die moontlikheid dat hulle nie die grond aan die ontwikkelaar gaan verkoop nie. Die komitee hou eersdaags ’n vergadering om die nuus oor die winkelsentrum te bespreek. Willie Taylor, skoolhoof van die Christelike Privaatskool Malmesbury, sê hulle weet nog glad nie of die skool na ’n ander perseel sal moet trek nie. “Die ontwikkeling is

in beginsel nog net goedgekeur, en daar is nog lank nie met ontwikkeling begin nie,” sê Taylor. Volgens hom sal die skool trek indien dit nodig is. “Dit hang af van die ouers aangesien die skool aan die ouers behoort. Ons was maar net deel van die omgewingsimpakstudie.” Volgens Rehrl kan daar nie nou al gesê word wanneer of waar bouwerk eerste gaan begin nie. Volgens hom hang dit af van vraag en aanbod. “Die huurregister is maar nou eers geopen, daarom is geen name van winkels of enige ander huurders nog bekend nie.” Altesaam 45 000 m² word beskikbaar gestel vir kleinhandel waarvan 30 000 m² van die winkelsentrum self deel sal wees van die eerste fase. Die res word uitgemerk vir die tweede fase van die winkelsen-

’n Grafiese voorstelling van die winkelsentrum. trum se bouwerk, asook die leefstylen handelskomponente. “Die huurder sal die grootte van

VERSKAF DEUR GERRY REHRL

’n afsonderlike perseel bepaal en uiteindelik al die eenhede in totaal.”

Sekuriteit by koshuis opgeskerp MALMESBURY – Die sekuriteit by Schoonspruit Sekondêr se koshuiseenhede op Wesbank is opgeskerp ná ’n onderwyser op 28 Mei deur onbekende mans oorval, met ’n mes gedreig en beroof is. Benjamin Adams, die waarnemende skoolhoof by Schoonspruit, het by navraag gesê ’n sekuriteitsmaatskappy is danksy geldelike hulp van die Safe Schools-afdeling van die Wes-Kaapse departement van onderwys aangestel. Dié maatskappy sal na verwagting later vandeesmaand daar ontplooi word, maar intussen word die diens van veiligheidswagte gebruik. Die koshuis bestaan uit ses wooneenhede wat altesaam 135 leerlinge en ses volwassenes huisves. Adams vertel van planne om een van die eenhede te sloop, asook toekomstige verwikkelinge om die ander eenhede te verbeter. Hy wou nie daaroor uitbrei nie.

Rommel en die kopbene van diere lê gesaai op ’n oop stuk veld tussen Saamstaan en ’n kleinveeboer-nedersetting. FOTO: LIZETTE SMIT

Die koshuisgebou waar ’n onderwyser onlangs beroof is.

FOTO: VERSKAF

Moorreesburg kry nywerheidsgebied MALMESBURY – ’n Nywerheidspark word vir Moorreesburg beplan. Die Swartland Munisipaliteit het onlangs goedkeuring van die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning gekry vir die ontwikkeling van ’n voorgestelde nywerheidsgebied op Moorreesburg. Die voorgestelde ontwikkeling, wat volgens die omgewingsverslag

Swartland

soek die oulikste

bA b A

Inskrywing @ R70 per baba Skryf jou baba vandag in! Vir meer inligting skakel Natalie Tenn by 022 482 3817 of stuur ’n e-pos na natalie@swartlandgazette.co.za Reels: Werkenemers van die borge of Media24 mag nie deelneem nie.

71 nywerheidserwe behels, se aansoek is ná twee jaar uiteindelik goedgekeur. Die munisipaliteit kan nog nie bevestig wanneer bouwerk sal begin nie. Hulle is besig met interne prosesse om te bepaal wanneer ’n vooraf bekendstelling van die beperkte getal erwe as ’n eerste fase sal plaasvind om te kyk of daar belangstelling is.

GRO PR Y OT TE W SE EN!!

1ste oulike baba’s verskyn 18 Junie 2013

KOM SIT JOU PRAGTIGE TROTS IN DIE Swartland

EN STAAN 'N KANS OM HOPE PRYSE TE WEN!!! Kategorieë: 0-24 maande Die oulikste baba sal hope pryse te wen kry.

Inskrywing vorms kan afgehaal word by ons kantore. Bring asseblief 'n kopie van u kind se geboorte sertifikaat asook u ID en 'n kleurfoto. Die kompetisie gaan oor 2 maande strek, en lesers moet stem deur die naam van hul gunsteling gesiggie te sms. Die sms nommer sal in die Swartland Gazette verskyn.

Die voorgestelde nywerheidsgebied, wat langs die N7-snelweg geleë sal wees, beslaan ’n grondoppervlakte van 23,78 ha. Volgens die verslag is een van die hoogtepunte vir ’n nywerheidsgebied in die omgewing potensiële werkskepping wat ’n prioriteit is vir die munisipaliteit, het die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, by ’n vorige geleentheid gesê.

Swartl and

Die spertye vir ons uitgawe van 18 Junie het weens die langnaweek verander.

Die spertye vir die Gazette van 18 Junie is:

Advertensies: Donderdag 13 Junie om 14:00 Geklassifiseerd: Vrydag 14 Junie om 10:00 Bel ons kantoor by 022 482 3817 vir enige navrae.

Kopbene, rommel en vleisetende hoenders LIZETTE SMIT MALMESBURY – ’n Oop stuk veld op die grens van Saamstaan en ’n informele kleinboer-nedersetting ’n paar meter verder lê besaai met tientalle kopbene van diere asook rommel. Selfs op ’n koue sonskyndag in die winter word ’n mens begroet deur die reuk van kleinvee en mis. Inwoners van Arendstraat in Saamstaan met wie die Gazette gesels het, sê die reuk en vlieë word ondraaglik in die somer. Ricardo Pienaar sê hy wil nie net kla nie, maar het ook verskeie voorstelle vir oplossings en is selfs bereid om deel van die oplossing te wees, veral as dit teen betaling kan geskied. Pienaar sê baie mense stort hul vullis in die veld en dat die munisipaliteit glo nie meer mense stuur om dit skoon te maak nie. ’n Vrou stem saam dat die weeklikse vullisverwydering nie meer plaasvind nie. Pienaar neem nie die munisipaliteit kwalik nie, maar stel voor dat twee of drie strategies geplaaste houers moontlik die oplossing kan wees. “Mense kan dan die vullis in die houers eerder as op die grond sit en dan sal dit makliker verwyder kan word.” By navraag het die Swartland Munisipaliteit gesê die tipe vullis wat gestort word, blyk hoofsaaklik bourommel (en nie huishoudelike vullis nie) te wees, wat vereis dat ’n laaigraaf ingespan moet word vir die verwydering daarvan. “Die aanbring van vullishouers op hierdie terrein word tans nie as die aangewese oplossing beskou vir die probleem nie.” Die munisipaliteit het die afgelope twee maande glo las gehad met ’n laaigraaf wat buite werking was, maar hoop om die probleme

wat ervaar is, binnekort te kan aanspreek. Intussen is alternatiewe reëlings getref om die rommel te laat verwyder. Die kleinboer-kwessie geniet tans voorkeuraandag en daar is reeds met wetlike prosesse ’n aanvang geneem om uiteindelik die terrein te laat ontruim. Pienaar glo grensdrade sal verhoed dat rondloperhonde die kleinveeboere se varke en bokke byt en andersom. Pienaar is van mening die rede vir die talle kopbene wat die veld vol lê, is omdat die kleinveeboere self slag, maar dit kon nie bewys word nie. Die ware rede vir die veld wat met kopbene besaai lê, is toe minder onheilspellend. ’n Betroubare bron het gesê die kopbene is van ’n spesifieke huis afkomstig. Die eienaar van dié huis was nie beskikbaar vir kommentaar nie, maar sy vrou was bereid om te praat op voorwaarde dat haar naam nie genoem word nie. Sy vertel dat hulle die kopbene by ’n speelskool in Illingelethu gaan haal wat dit op hul beurt by ’n plaaslike slagplaas kry of koop. Die personeel by die speelskool sny die vleis van die kopbene af om dit in disse vir die kinders te gebruik. Die kopbene word vir die honde op die werf gaargemaak. Twee jong hoendertjies was op daardie tydstip besig om ’n kopbeen kaal te pik. ’n Man wat toevallig daar verby geloop het, het spottenderwys opgemerk hoe goed hoenders daaruit sien wat beesvleis eet. Die vrou van die erf sê hulle los die kopbene op ’n sentrale punt, maar dat honger honde in die buurt die kopbene die hele wêreld vol dra. Intussen rus die familiehond tevrede in die son terwyl die hoenders nóg vleis soek.


News - Nuus

Sensus: dorpsyfers bekend MALMESBURY – Die Sensus 2011syfers op dorpsvlak is uiteindelik bekend. Die verdubbeling van die bevolking op streeksvlak het reeds getoon dat die Swartland teen ’n geweldige spoed groei. Die gebied wat die meeste inwoners in die Swartland huisves (sowat 32 000 mense), val buite die dorpsgrense . Illingelethu en Saamstaan, wat weer binne die dorpsgrense val, huisves altesaam 13 671 inwoners. Moorreesburg is volgende met 12 877 inwoners. Wesbank is nie ver agter nie, met 11861 inwoners. Malmesbury staan tans op 10 365 inwoners. Die munisipaliteit kon hom nie voor druktyd oor die moontlike rede agter die drastiese groei uitlaat nie. Volgens die syfers wil dit egter voorkom of die meeste inwoners van ’n

dorp tussen die ouderdom van 0–9 jaar val. Dit blyk of daar nie nou al rede tot kommer is wat die beskikbaarheid van skole betref nie. Die departement van onderwys meen hulle het nog nie probleme met migrasie of groei onder gesinne by skole ervaar nie, maar hou drastiese bevolkingsgroei wel in gedagte. “In baie gevalle migreer mense gedurende Desember-vakansies, wat laat inskrywings teweegbring en dus baie druk op die departement plaas,” sê woordvoerder Bronagh Casey. Die Swartland het tans 50 openbare skole met een spesiale skool en twee private skole. Altesaam 18 930 leerlinge tussen gr. R en gr. 12 het in 2013 van die OosKaap na die Wes-Kaap migreer en altesaam 23 376 (gr. R–gr. 12) leerlinge het van alle provinsies na die Wes-

Kaap gekom. Sowat 44% leerlinge kom slegs uit die Oos-Kaap. Die departement van gesondheid het reeds ’n paar jaar voor die onlangse sensus-opnames voorsiening begin maak vir groeiende getalle. Die nuwe dag-kliniek op Wesbank wat volgens die departement ontwerp is om baie pasiënte te akkommodeer, se deure het verlede jaar geopen. . Nog interessante feite: Afrikaanssprekendes blyk steeds die oorhand in al die dorpe te hê. Moorreesburg het nog die meeste Afrikaanssprekendes met 11 583. Die gebied waaruit die rykste inwoners kom wat meer as R204 000 per maand verdien, is Malmesbury. Illingelethu het die grootste werkloosheidsyfer met 1 907 mense wat sonder werk sit. Die meeste inwoners wat steeds die emmerstelsel as toiletgeriewe gebruik, is Riverlands met 66 inwoners.

LITTLE MISS WORLD EN MALMESBURY SUPERSPAR GOOI HUL GEWIG AGTER TEKKIE TAX: Malmesbury Superspar het vanjaar hul kant gebring deur geld in te samel vir Tekkie Tax. Dit is ’n jaarlikse geldinsamelingsprojek vir talle welsynsorganisasies (diere, kinders, gemeenskapswelstand, mense met gestremdhede en opvoeding). Superspar het verlede Vrydag groen veters teen R30 verkoop en saam met Alucci Möller (Little Miss World 2013) plakkers teen R10 verkoop om geld in te samel vir die projek.

Swartland Gazette

3

Ondersteun die optog Die polisie op Moorreesburg en die GPF nooi die jeug en alle belangstellendes om deel te wees van ’n optog wat op 15 Junie om 10:00 van Sibanye Square (informele nedersetting) sal begin. Die doel van die optog is die bewusmaking van dwelmmisbruik, verkragting en gesinsge-

weld in die gemeenskap. Almal word ook genooi om op Jeugdag (16 Junie) om 15:00 na motiveringspraatjies deur kerkleiers by Rosenhof-sportgronde te luister. Bel Pastoor Desmond Pypers by 084 772 6538 of Aletta by 072 577 7453 vir nadere besonderhede.

2313 JF

Dinsdag 11 Junie 2013

Sedert 1954 Since

esbury Nuwe Malm

66 7 4 2 8 4 2 2 0 vir verkope 022 482 4766 • salesm@lategans.co.za • www.lategans.co.za

Jou langtermyn betonvennoot

7 Days Family

Piet Retiefstraat 17, Malmesbury • Tel: 022 482 3711

BESIGHEIDSURE: OOP TUSSEN 07:00 & 21:00 Hoeveelhede kan beperk word, Geen handelaars. Terwyl voorraad hou.

7 DAYS SAVERITE SPOG MET ’N NUWE SLAGHUIS EN TOP GEHALTE VLEIS TEEN DIE BESTE PRYSE! Lamb Pakke p/kg

Pork Packs p/kg

R59,99

R29,99

Lam A2 Heel/half

Chicken Thighs 10 kg

COMBO 7kg Aartappels + Butternut + Skorsies+ Lemoen Pocket

Econo Koekmeel 2.5 kg

R10,99

R14,99

Fusion 1L

R39,99 p/kg Bees Kookvleis

Chicken Leg Quarters

R210

10kg box Komkommer

R29,99 p/kg

2 vir R10

Green Beans

Pampoen

R12,99 p/kg

R3,99 p/kg

R1,99

KOO Baked Beans 410g

R5,99

R5,75

R49,99 p/kg R189,99 Skaap C1/2 Heel/Half

Nestle Mini Tex & Bar One (elk)

Kook Olie 750 ml

KOO Sweet corn 410g

R90

Mushrooms punnets

Lemoene per sak

Golden Choice White Sugar 2.5kg

Glenryck Minced Pilchards 410g

R19,75

Ricoffy 750g

2 vir R20

2 vir R20

Melk Sakkie 1 lt

Mrs Balls Chutney 470g

Nice Rice 2kg

R6,99 R12,99

R2,99

R6,99

R45,95

R8,99 R14,99

Nik Naks Chips 150g Knorr Sop (elk)

Benji Hondekos

R5,99 R51,95

Saverite Lemon Creams / Marie Biskuitjies 150g

R2,99 Twinsaver Toiletpapier Econo 10’s

R27,99

Dankie aan almal vir die massiewe ondersteuning, ons het reeds 39% gegroei vanaf Januarie 2012. Hierdie lae pryse is om u te bedank! ONS GROEI STEEDS!


4

News - Nuus

Swartland Gazette

Dinsdag 11 Junie 2013

Bemarking nog broodnodig

Materiaal is op pad

CHARLOTTE LESCH

CHARLOTTE LESCH

gestel word wat meer gereeld die webblad sal opdateer en vir Facebook verMALMESBURY - Altesaam antwoordelik sal wees 5 000 SMS’e oor die land is sodat Basson meer tyd het ontvang om ’n wynreeks te vir haar en Hugo, die wynbemark, wat ’n plaaslike maker, se baba. wynkelder se “stoutste verCloof-wynlandgoed buite wagtinge oortref het”. Darling konsentreer veral Riebeek Kelders het soop sosiale media, sê bemarwat drie maande terug ’n kingsbestuurder, Fatiema SMS-kompetisie bekend George. Sy meen besighede gestel om blootstelling bereik ’n wyer mark en kry rondom hul Montino-wynbeslis goeie terugvoering. reeks te skep. Al wat deelVolgens haar is bemarking nemers moes doen om vir nog noodsaaklik en kan een van die aanloklike prydaar nie nie op ’n gereelde se in aanmerking te kom, kliëntebasis staatgemaak was om per SMS in te skryf nadat ’n bottel Montino- Pieter Hanekom van Malmesbury word nie. Sommige wynlandgoedewyn gekoop is. Pieter Hane- was die gelukkige wenner van Riekom van Malmesbury en beek Wynkelder se Montino-wyn- re volg weer ’n hele ander Lindie Bouwer van Brac- reeks se SMS-kompetisie. Hy het bemarkingsroete bloot omkenfell was vanjaar die ge- R15 000 gewen. By hom is Lindie dat daar nie genoeg wyn is lukkige wenners van die Bouwer wat kombuiskaste uit die ge- nie. Delana Sadie van The Sadie Family Wines sê hulgroot prys ter waarde van lukkige trekking losgeslaan het. le het ’n beperkte voorraad R15 000. Alta Saayman, bemarkingsbestuurder wyn en hul bemarking is nie gerig op die van Riebeek Kelders en die Montino-wyn- breë publiek nie. “Ons gebruik direkte komreeks, is verheug oor die sukses van die kom- munikasie met ons kliënte deur middel van petisie. “Ek is bly dat soveel mense bewus e-posse. Ons het ook nie ’n proelokaal nie. is van die Montino-handelsmerk.” Volgens Ons gaan nog volgens die ou manier van Saayman is bemarking deur wynkelders word of mouth te werk.” Feeste waar wynkelders alles uithaal en nog baie belangrik en word daar deurlopend wys, sluit in die onlangse Olyffees in Rienuwe bemarkingstrategieë uitgedink. Familie-wynlandgoedere soos Annex- beek-vallei. Vanjaar vier The Swartland ReKloof Wines en Padstal beweer tegnologie is volution hul vierde jaar op 8 en 9 November die toekoms wat bemarking betref. “Vandat op Riebeek-Kasteel om só ook die streek te ons die webblad het, kan ons die verskil in bemark. Riebeek Kelders, Kloovenburg Viverkope en belangstelling sien,” sê Miwette neyards, Org de Rac, AnnexKloof, Babylon’s Basson, bemarkinsgbestuurder van die Pad- Peak en Swartland Wynkelder het ook onstal en die wynkelder. Sy vertel hoe sosiale langs aan Namibië se jaarlikse Toerisme-ekwebblaaie soos Instagram baie reaksie gelok spo deelgeneem om hul wyne oor die grens het. ’n Nuwe bemarker gaan binnekort aan- te help bemark..

MALMESBURY - Altesaam 3065 m pienk materiaal is vir Malmesbury bespreek. So vertel Marieta Botha, koördineerder van die projek, Pienk Bome vir Pauline. Borge het ook gesorg dat Yzerfontein 300m het om bome mee toe te draai. Die spertyd vir borgskappe het verlede week verstryk. Die materiaal kom eersdaags op Malmesbury aan, gereed om verkoop te word. Die materiaal wat 150 cm breed is en teen slegs R20 per meter gekoop kan word, sal op 17 en 18 Oktober om al wat ’n boom is op die Swartlandse sypaadjies pronk. Altesaam 80% van die geld wat ingesamel word, gaan vir Kansa om die kankerpasiënte in die streek te help en bewusmaking rondom die siekte te skep. Ondernemings, skole, kerke en verenigings wat hul gewig agter hierdie projek wil ingooi, kan sommer nou al iemand aanstel wat vir die bestelling van ’n spesifieke hoeveelheid materiaal verantwoordelik wil wees. Só sal ’n spesifieke getal bome op ’n dorp geidentifiseer of gereserveer word vir 17 en 18 Oktober. Van die palms op Voortrekkerstraat se middelman is reeds bespreek. Onderhandelings is aan die gang met elke onderneming in De Bron-winkelsentrum om

vir elke boom op die parkeerarea en binne die sentrum ’n pienk jassie aan te trek. Ondernemings se logo kan ook op die boom aangebring word óf die naam van ’n kankerlyer of -slagoffer ter ere van wie die boom in pienk toegedraai gaan word. Prokureursfirmas wat wil deelneem en meer as net hul kantoor se ingang wil versier, kan byvoorbeeld die bome voor die hof toedraai. Skole kan weer sorg vir hul eie terrein. Daar is so baie opsies. ’n Klaskamer kan sekerlik ook R20 bymekaar skraap vir een boom. Kom nou, dis vir ’n goeie saak! Wees trots op jou dorp wat kanker-bewusmaking en -navorsing ondersteun. Maak ’n aantekening om betyds materiaal te bestel. Hou die Gazette dop vir datums.Vir meer inligting bel gerus vir Marieta by 082 937 3830.

MOORREESBURGSE KORINGBOERE (EDMS) BPK SE VERSEKERINGAFDELING VERWERF SANTAM TOEKENNING Die Versekeringsafdeling van Moorreesburgse Koringboere (Edms) Bpk het die afgelope jaar puik presteer deur een van die SANTAM toekennings in die versekeringsbedryf in die Wes-Kaap en Boland streke te verower. SANTAM, die versekeringsreus van Suid-Afrika, se jaarlikse prestige toekenningsgeleentheid het op 24 April 2013 by die Val de Vie Landgoed in die Paarl plaasgevind. Tydens hierdie spoggeleentheid word daar erkenning gegee aan die prestasies van makelarye in die Wes-Kaap en Boland Areas wat onder 'n aantal dienskantore in die Wes-Kaap en Boland areas resorteer. Die beoordeling vind plaas op grond van die groei en winsgewendheid van die vorige jaar. Moorreesburgse Koringboere se versekeringsafdeling, met 'n versekerings-kantoor op Moorreesburg, het puik presteer deur die Brons toekenning te verwerf in die Malmesbury

streek. Dit is beslis 'n prestasie om op trots te wees. MKB se versekeringsafdeling (nou deel van die OverbergAgri Groep) diens hoofsaaklik die Landbousektor, Privaat Individue, Besighede en Kommersiële instansies. Die produkreeks wat die afdeling bemark, bestaan hoofsaaklik uit korttermynversekering, oesversekering, mediese fondse en voorsorg-fondse vir werknemers in die landbou.MKB beskik oor goedopgeleide en toegewyde versekeringspersoneel wat ten volle geakkrediteer is in terme van die FAIS wetgewing. Voorkeur dienslewering aan polishouers geniet die hoogste prioriteit. Vir enige versekeringsbehoeftes, skakel gerus met enige van die bemarkingspersoneel by die Moorreesburg kantoor op 022 433 8300.

BALLERINAS: Die ballerinas (agter van links) Mane Visser, Danel Visser en Danielle Thompson en (voor) Linda van Wyk, Marlena Walters en Hanne Louw van Laerskool Swartland op Malmesbury het onlangs aan die Paarl Vallei Eistedfodd deelgeneem. In die groepdans vir 7–8 jaar, het hulle die silwermedalje (70–74%) ontvang. Adele Immelman is die afrigter. FOTO: VERSKAF

OVERBERG AGRI BEDRYWE (EDMS) BPK SE VERSEKERINGAFDELING AANGEWYS AS SANTAM SE LANDBOU MAKELAAR VAN DIE JAAR IN DIE WES-KAAP Die Versekeringsafdeling van OVERBERG AGRI BEDRYWE (EDMS) BPK het die afgelope jaar puik presteer deur drie van die vernaamste SANTAM toekennings in die versekeringsbedryf in die Wes-Kaap en Boland streke te verower.

Dawie Visser 072 119 4547

Santa Mouton 022 433 8340

Yvonne Tolmay 081 024 7432

Hannelie de Klerk 022 433 8398

Harriet Carstens 082 928 8695

SANTAM, die versekeringsreus van Suid-Afrika, se jaarlikse prestige toekenningsgeleentheid het op 24 April 2013 by die Val de Vie Landgoed in die Paarl plaasgevind. Tydens hierdie spoggeleentheid word daar erkenning gegee aan die prestasies van makelarye in die Wes-Kaap en Boland Areas wat onder ‘n aantal dienskantore in die Wes-Kaap en Boland areas resorteer. Die beoordeling vind plaas op grond van die groei en winsgewendheid van die vorige jaar. Overberg Agri Versekering, met takke op Bredasdorp, Caledon en in die Paarl, het puik presteer deur die twee belangrikste toekennings te verwerf, naamlik die Diamant toekenning vir die Algehele Streekswenner in die Boland, asook die toekenning vir die Wes-Kaap Landbou Makelary van die jaar. In die Hermanus streek was Overberg Agri ook die wenner met ‘n Goue toekenning.

Versekeringspersoneel van Overberg Agri en Moorreesburgse Koringboere (Deel van Overberg Agri) tydens die Santam Toekenningsgeleentheid Van links af: Albert Myburgh (Overberg Agri), Yvonne Tolmay (MKB), Harriet Carstens (MKB), Abri Dickason (Overberg Agri), Bertus Kloppers (Santam), Arthur Janson (Overberg Agri), CM Augustyn (Overberg Agri)

Dieselfde prestasies is ook twee jaar gelede behaal. Dit is beslis prestasies om op trots te wees. Overberg Agri se versekeringsafdeling diens hoofsaaklik die Landbousektor, Privaat Individue, Besighede en Kommersiële instansies. Die produkreeks wat die afdeling bemark, bestaan hoofsaaklik uit korttermynversekering, oesversekering, mediese fondse en voorsorgfondse vir werknemers in die landbou. Overberg Agri beskik oor goedopgeleide en toegewyde versekeringspersoneel wat ten volle geakkrediteer is in terme van die FAIS wetgewing. Voorkeur dienslewering aan polishouers geniet die hoogste prioriteit. Vir enige versekeringsbehoeftes, skakel gerus met enige van die bemarkingspersoneel by die verskillende versekeringskantore. Bredasdorp: 028 424 41120, Caledon: 028 214 3800 of Paarl: 021 872 1455

Abri Dickason

Arthur Janson

CM Augustyn

Albert Myburgh

Thomas Hickman

082 388 0036

072 786 6423

072 580 7403

082 567 7841

082 456 1822


Dinsdag 11 Junie 2013

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

5


6

Leader - Hoofartikel

Swartland Gazette

Tuesday 11 June 2013

PASTOOR PIET SMIT

Vertroue in polisie Ná ’n lid van die plaaslike polisie verlede week in die hof verskyn het, kom die SAPD se verhouding met die landsburgers wat hy dien, opnuut in die kollig. Vir inwoners om die polisie in hul grootste noodsituasies te vertrou, is openheid van onskatbare waarde en ononderhandelbaar. Talle hoëprofielsake die afgelope jaar of wat het bewys hoe mense se menings gevorm word deur wat oor die sake geskryf word, op nuuskanale daaroor uitgesaai word en op sosiale netwerke versprei word. Só word menings ook oor die polisie gevorm. Ongelukkig is dit wel so dat mense graag enkele voorvalle aanhaal om te veralgemeen oor die polisie wat sus is en so werk, maar in die meeste gevalle is dit hopelik werklik ’n paar vrot appels wat soveel skade aan die polisie se beeld rig. Hoe dit ook al sy, in die tegnologie-gedrewe samelewing waarin ons vandag leef, waar kommunikasie, opinie en ongeverifieerde feite nie deur enige hekwagters gesif word voor dit verder versprei word nie, is openheid die enigste manier om beeld te bou. Dit maak nie saak wat die feite oor die plaaslike voorval is nie – die gemeenskap is geregtig op openheid oor hoe klein of hoe groot die probleme op eie bodem is. Doen die polisie alles in sy vermoë om sulke voorvalle geïsoleerd te hou? Dis al wat inwoners wil hoor. Solank die gemeenskap vertroue kan hê in die inligting wat die polisie aan hulle deurgee, kan landsburgers en hul beskermers voortgaan om in ’n sinvolle verhouding saam te leef.

KONTAK ONS Redaksie Charlotte Lesch T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: charlotte.lesch@media24.com Lizette Smit T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: lizette.smit@media24.com

Advertensies Carol de Jager T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: carol.dejager@media24.com

YS OP JOU STOEP: Melani Cullum het hierdie foto gestuur wat voorverlede Sondag (2 Junie) op die plaas De Hoop buite Malmesbury geneem is. Sy sê die kinders én grootmense was so opgewonde oor die ys en sneeu wat oral ná die storm gelê het dat hulle sowat ’n uur buite in die koue baljaar het. Sy sê dit was ongelooflik om te aanskou. Die Cullum-familie het ook ’n sneeuman gemaak wat glo eers die Dinsdag begin smelt het. FOTO: MELANI CULLUM

Persoonlike ervaring verander opinie Ek lees oral in ons plaaslike en selfs nasionale pers dat Malmesbury se plaaslike bestuur so goed presteer. As ek die res van die land se munisipale getjommel in ag neem moet ek saam stem. ’n Mens se finale opinie word egter eers gevorm deur persoonlike ondervinding. Dis nou waar die “pawpaw die fan” tref. Gedurende Mei tot vandag (5/6/13), vyf weke later, het ek reeds vier keer ’n waterlek in Piketbergweg aangemeld. Elke keer is ek verseker die einde is in sig. Wel my sig is seker beroerd want nog is dit den einde niet. Hier word nou ’n opinie gevorm en dit verg soms baie goeie rubrieke alvorens ’n opinie weer terugswaai. Ek hoop die stroompie se nek word afgeswaai voor die opgaardamme leegloop.

JACQUES KOEGELENBERG,Malmesbury

Kommentaar namens die munisipale bestuurder: Die munisipaliteit kan bevestig dat die be-

Geklassifiseerd en admin Natalie Tenn T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: natalie@swartlandgazette.co.za

trokke lekkasies wel by vier geleenthede (synde op 16 Mei, 28 Mei, 29 Mei asook 6 Junie 2013) deur dieselfde klaer gerapporteer was. In al vier gevalle het die munisipale loodgieters wel op die klagtes gereageer. Probleme word tans ondervind om hierdie en soortgelyke lekkasies in en om Glen Lily te stop. Die probleem hou met tegniese redes verband, waaronder die wisselende waterdruk van die aanjaagpompstasie in Tafelzicht, wat vererger word weens die feit dat daar tans geen waterverbruik in Glen Lily is nie. Die kwessie is met die betrokke raadgewende ingenieur bespreek en die aanbring van drukverlagingskleppe word tans oorweeg as interim oplossing totdat daar genoegsame waterverbruik in Glen Lily is. In kort, die probleem geniet aandag. Waar ons wel gefaal het, was om telkens in reaksie op die betrokke klagtes weer aan die klaer terugvoering te bied. Ons bied verskoning aan hiervoor.

SWARTLAND BESIGHEIDSNETWERK KOM BYEEN: Margaret Hirsch (links), hoof operasionele bestuurder van Hirsch’s het verlede Woensdag besoekers en lede van Swartland Besigheidsnetwerk kom toespreek. Hirsch was in 2012 sakevrou van die jaar en is beskou as die invloedrykste sakevrou in 2010 en 2011. By haar is Adi Phillips van die Sunflower Fund, saam met Phillips se vennoot, Chris Moir.

Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titels wat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliks in Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Yzerfontein versprei.

FOTO: VERSKAF

’n Man vertel hoe hy by geleentheid gewroeg het met dit wat vir Asaf in Ps. 73 gepla het, naamlik die oënskynlike voorspoed van diegene wat nie die Here dien nie en hoe swaar dit soms gaan met hulle wat aan die Here behoort. In daardie stadium sukkel hy met kroniese brongitis. Kyk hy na vele ander mense wat hy ken; hulle sukkel nie met long probleme nie, maar dit rook soos skoorstene. Hy bid en vra vir die Here: “Here, hoe werk dit?” Hy ervaar hoe die Here hom lei na Ps. 73:17 – “Totdat ek ... op hulle einde gelet het.” Die eenvoudige antwoord is dieselfde as wat Asaf moes leer. Moenie so let op dit wat hulle in hierdie kortstondige lewe beleef nie. Dis gou verby en dan is al hulle voorspoed daarmee heen. As hulle buite Christus sterf, is hulle verewig verlore (Luk. 16:23; Open. 20:15)! Om net op hierdie lewe te hoop, is baie dwaas, want hierdie lewe is net ’n asemtog en dis verby (1 Kor. 15:19). Die hiernamaals saam met die Here in die hemel sal ewig en volmaak wees. Dís die plek waarheen ons as kinders van God op pad heen is.

Wesbank het te min koopkragpunte Ek wil namens talle mense in Wesbank, Malmesbury, kapsie maak teen die swak dienslewering van die munisipaliteit ten opsigte van koopkrag. Daar is ’n paar duisend mense wat in Wesbank bly en baie maak gebruik van munisipale koopkrag. Dit is pateties dat daar slegs twee punte in Wesbank is waar krag gekoop kan word. Die punte is ver van party huise en sluit albei om 13:00 Sondagmiddae. Dus is daar eers weer Maandag krag in Wesbank te koop. Almal is nie so gelukkig om ’n voertuig te besit om gou na die sakekern van die dorp te ry om krag te gaan koop nie. Vir dié wat moet stap, is dit ’n hele paar kilometer dorp toe én terug. Baie inwoners is bejaard en sukkel reeds om kop bo water te hou met die huidige swak ekonomie. Is ons munisipaliteite dan so ver agter by die res van die wêreld dat daar in 2013 nie eens met ’n innoverende oplossing vorendag gekom kan word nie? Of moet ons maar nou weer wag tot ’n ander land met iets op die mark kom sodat ons dit dan net weer kan copy soos wat met baie van die realiteitsreekse op televisie gebeur? Ek dink dis tyd dat die munisipaliteit ernstige aandag aan die probleem skenk en indien hulle op dié brief reageer soek ek nie simpele antwoorde of verduidelikings nie want ek is nie ’n leek nie. Ek wil weet teen wanneer die probleem opgelos sal wees. Verskaf net ’n datum. Dankie.

MENDL LATEGAN (NDIP. SIVIELE INGENIEURSWESE) Wesbank, Malmesbury

Kommentaar van Swartland Munisipaliteit: Aangesien die klaer nie met ’n “verduideliking” tevrede sal wees nie, lewer die munisipaliteit bondig kommentaar: Met die oopstel en bedryf van koopkragpunte is die koste-implikasies wat dit vir die munisipaliteit (en dus sy belastingbetalers) inhou, die deurslaggewende faktor. Hierbenewens word ook vereis dat die perseel as sakeperseel, gesoneer moet wees en dat die diens dus nie vanuit ’n residensiële area gelewer kan word nie. Die klaer word genooi om met die finansiële dienste departement te skakel om aan te dui waar presies die behoefte homself voordoen, sodat ’n behoorlike ondersoek gedoen kan word.

Dogs looking for a loving home I have two female German Shepherd cross dogs at Dogs Deserve Better. They are around five months old and looking for a loving home. I also have two female and one male puppy 10 weeks old. All my dogs have had their first vaccine and have been dewormed. You can contact me to meet these wonderful, healthy rescued dogs. Fill in an adoption form which is followed by a house check. Adoption fee is R350.00. I want all my rescued dogs and

puppies to get a second chance in life and to be adopted by true animal lovers. They have to become a member of your family, and a rescued dog is always grateful and loving. With the adoption fee I try to sterilise the female dogs in the community. I have another 37 other dogs and puppies looking to be adopted. If anyone in Malmesbury would like to help me with volunteer work, walking the dogs, bathing the dogs, or fix the property to make it safe for the dogs, please contact me. I

work alone and I need all the help I can get. A big thanks to Pick n Pay for sponsoring chicken skins and to Alex for the donation of dog food, 40 m fencing, some paint and collecting goods from Cape Town for me as my car is to small. I need dog food all the time. Please help the dogs in Malmesbury, they are also members of the community. They deserve better.

NATASHA THEUNISSEN, Dogs Deserve Better

One of the puppies that is up for adoption. PHOTO: PHOTOGRAPHER


Tuesday 11 June 2013

General - Algemeen

Swartland Gazette

Skaak- en leesprojek skop af in Goedverwacht GOEDVERWACHT ’n Skaak- en leesprojek het pas op Goedverwacht buite Piketberg afgeskop. Die projek, wat gemik is op die bevordering van skaaken leesvaardighede onder die plaaslike kinders, het begin deur ’n inisiatief wat deur die liefdadigheidsorganisasie wbC van stapel gestuur is. Sowat 32 baie opgewonde kinders het op 25 Mei bymekaar gekom om die projek te

ondersteun wat deur spelers en lesers van gr. 1 bygewoon is. Ashley Hartzenberg, van die Maties-skaakgroep op Stellenbosch, het die leiding geneem en die kinders die basiese reëls van die spel geleer. ’n Groot opgewondenheid het onder die kinders posgevat. Aan die begin van die dag kon net sowat ses kinders skaak speel, maar danksy hulp het elkeen aan die einde van die dag geweet hoe die

spel min of meer werk. Die organisasie wbC vertrou dat hierdie inisiatief sal groei en beplan ook om by die Weskus Skaakunie aan te sluit en aan toernooie te begin deel neem. Die organisasie soek nog boeke om die projek te bevorder. Enigiemand wat belang stel om deel te word van die projek, kan vir Gerhard & Shawné Esau bel by 081 2700 155 of 081 362 3065.

Treat your dad to a 21 Piece Bucket this Father’s Day. Malmesbury (022) 487 1271

JY EN JOU LIGGAAM: Die Moorreesburg-polisie, in samewerking met die departement maatskaplike ontwikkeling en Renette Louw (agter, heel regs met die pet), het tydens nasionale Kinderbeskermingsweek praatjies by skole in die Moorreesburg-distrik aangebied. Hier is hulle by die laerskool op Koringberg waar die kinders geluister het na wat hulle te doen staan wanneer iemand aan hulle vat op ’n wyse wat hulle ongemaklik laat voel. Heel agter hou kinders plakkate oor dwelms vas en voor staan kinders met pamflette wat kinderregte bekend stel en bevorder. FOTO: VERSKAF

Swartland

Spertye vir geklasifiseerde advertensies is Maandae 12:00 Tel: 022 482 3817 Faks: 022 482 3818

FEIT

1 in 3 troeteldiere raak vermis en sonder identifikasie kom 90% van hulle nooit weer na hulle tuiste terug nie.

FEIT Alle fasiliteite wat diere in neem sal die honde skandeer wat inkom om te soek vir ’n microchip. Dis belangrik om te weet dat microchipping ’n baie belangrike vorm van indentifikasie is - dit is ’n klein inspuiting vir die dier wat sy lewe kan red. Geen narkose is nodig nie, vat net ’n paar sekondes en hou geen negatiewe nagevolge in vir jou dier nie. Die chip is omtrent so groot soos ’n ryskorrel. Indien jy ’n dier aanneem by die Swartland DBV ontvang hy/sy so ’n chip om seker te maak dat ons hom/haar na sy eienaar kan terug besorg.

Vir meer inligting skakel gerus jou plaaslike DBV in Darling op die Yzerfontein pad. 022 492 2781

7


8

General - Algemeen

Swartland Gazette

Tuesday 11 June 2013

Iets heel anders vir Jeugdag

DARLING OUTREACH FOUNDATION KUIER BY KINDERS EN MA’S: Die Darling Outreach Foundation het Kinderbeskermingsweek gevier deur kleuterskole te besoek, poppekas te hou en die kinders te leer omhulself te beskerm deur “nee” te sê, te skreeu, weg te hardloop en iemand te gaan vertel. Darling Outreach het ook moeders uitgenooi en hulle bewus gemaak van hul verantwoordelikhede ten opsigte van hul kinders. Cynthia Slingers was die spreker by dié geleentheid. Hier is die mammas wat die bewusmakingsdag bygewoon het saam met Louise Barends, die maatskaplike werker by Outreach (heel voor met blou mussie) en Cynthia Slingers, die spreker (voor, regs).

Dr. Bjorn Swigelaar poseer saam met pasiënt Brentley Joubert vir ’n foto tydens die mediese besnydingsprosedure in die Swartland-hospitaal. FOTO: VERSKAF Brentley Joubert (23) van Moorreesburg het gedink dit sal ’n goeie ding wees om vanjaar iets betekenisvols vir Jeugdag (17 Junie) te doen. Hy het besluit om die manlike besnyding te laat doen en sodoende verantwoordelikheid vir sy gesondheid te aanvaar. Volgens ’n persverklaring van die WesKaapse departement van gesondheid verminder besnyding die kanse van MIV-infeksie met tot 60%. Dit, het Brentley besluit, is genoeg rede om dié klein operasie te laat doen. Brentley sê hy het nooit van al die voordele van besnyding geweet nie en ná hy uitgevind het dat dit ook gratis is, het hy sy dokter se oordeel vertrou en dadelik ’n afspraak gemaak. Die meeste mans is bang om hulle te laat besny omdat hulle verwag dit sal pynlik

wees. Hoewel daar met enige mediese prosedure ’n bietjie ongemak vir ’n paar weke sal wees, is die besnyding self heeltemal pynloos. Slegs die gedeelte wat besny word, word met plaaslike narkose behandel. Soos ’n mens op die foto kan sien, het Brentley klaarblyklik geen pyn gehad nie. Hy was tydens sy besnyding ten volle bewus van wat om hom gebeur en het met mediese personeel in die operasiesaal gesels. Dr. Bjorn Swigelaar het ook tydens die besnyding met Brentley gesels en al sy vrae daaroor beantwoord. Brentley raai enigeen aan om besnyding te oorweeg, nie net vir hul eie veiligheid en higiëne nie, maar ook vir die veiligheid van hul metgesel. Die prosedure is tans heeltemal gratis. Besoek gerus die kliniek op jou dorp om ’n afspraak te maak.

Het jy geweet...

WAARDERING VIR HUL DIENSTE: Clive van der Merwe (regs), die leier van die Nuwe Apostoliese kerk op Darling, het onlangs ’n sertifikaat van waardering aan die Darling Outreach Foundation oorhandig vir die goeie diens wat hulle in die Darling-gemeenskap verrig. Die kerk het ook skryfbehoeftes geskenk. Hier is Louise Barends, die maatskaplike werker by Darling Outreach (middel) en ’n vrywillige werker, Guswill Cleophas (links).

Manlike besnyding verminder risiko van MIV Dr. André Stoffels, superintendent van Swartland-hospitaal, sê besnydenis verminder nie die kans om positief te toets nie, maar wel die risiko om MIV op te doen. Die volgende redes word aangevoer: 1. Die voorhuid het ’n magdom teikenselle wat baie vatbaar is vir MIV-infeksie. 2. Die onderkant van die voorhuid is vatbaar vir klein of mikroskeurtjies wat dan toegang bied tot die MI-virus wat gedurende seksuele omgang oorgedra kan word. 3. Ná besnydenis verdik die vel van die penis (keratiniseer) en word dan ’n doeltref-

fende versperring tot MIV-infeksie, soos die res van die liggaamsvel. Ander voordele van besnydenis is die voorkoming van oordrag van ander seksueel oordraagbare siektes, asook die voorkoming van ander infeksies soos blaasinfeksie in kinders. Dit verminder dus die poel van MIV-positiewe mans en dus minder man-tot-vrouoordrag. “Die hele idee is dat ons openlik hieroor kan praat om mense bewus te maak van die voordele. Dis nie nodig om skaam te wees nie."

Altesaam 92% van ons lesers verkies advertensiepamflette in hul koerant eerder as in die posbus.* Swartland

Volgens navorsing deur Ask Afrika in November 2011. Bel ons gerus as jy jou klaar gedrukte advertensieblad by ons wil invoeg by 022 482 3817.

RE AD IT, LI VE IT


Tuesday 11 June 2013

General - Algemeen

Swartland Gazette

9

Wicus terug by Mykonos Die talentvolle Wicus van der Merwe is vanaf 29 Junie vir die tweede keer terug by Klub Mykonos op Langebaan ná sy uiters suksesvolle konsert verlede jaar in Maart. Konsertgangers kan ’n lewendige vertoning verwag met nuwe én ou treffers soos

“Hie’ komme ding”, “Die Boesmanland se Hanetjie-keurspel”, “Die Hanetjie”, “Boesmanland” en “Rebecca”. Wicus, die seun van wyle Tolla van der Merwe, is ook bekend vir sy ondeunde sin vir humor en het sy eerste CD in 2004 bekendgestel. Die vertoning begin om 19:30 by Myko-

nos se Athene Konferensiesentrum. Kaartjies kos R85 en is beskikbaar by Klub Mykonos se ontvangs. Skakel 022 707 7000 vir meer inligting. Mykonos Casino se bemarkingsbestuurder, Natasha Brand, moedig mense aan om vroegtydig te bespreek om teleurstelling te vermy.

Wicus van der Merwe

FOTO: VERSKAF

Opwindende entrepeneurskompetisie vir hoërskole bekend gestel Die probleem van werkloosheid onder die jeug neem oor die wêreld toe. Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) is meer as 75 miljoen jongmense oor die wêreld op soek na werk. Solidariteit Helpende Hand verstaan die werklikheid van beperkte werkgeleenthede waarmee jongmense te doen kry. Juis daarom het Helpende Hand ’n unieke entrepreneurskompetisie vir leerlinge op 28 Mei bekend gestel. Die kompetisie behels dat deelnemers ’n sake- en bemarkingsplan vir hul beplande besighede opstel. Deelnemers sal met behulp van opleidingsvideo’s gelei word om dié planne op te stel en sodoende die geleentheid kry om hul besigheid ’n finansiële hupstoot te gee. Ná registrasie kry die deelnemers toegang tot die eerste ses opleidingsvideo’s wat fokus op die opstel van ’n goeie sake-

plan. Sakeplanne word dan voorgelê, waarna 50 deelnemers landwyd deurdring na die tweede ronde van die kompetisie. Tydens hierdie ronde sal die deelnemers met behulp van die volgende reeks van ses video’s leer hoe om ’n bemarkingsplan saam te stel. Die tien beste kandidate kry dan die geleentheid om hul volledige sake-idee aan ’n paneel voor te lê, waarna die wenners aangekondig sal word. “Deur ons unieke entrepreneursopleiding wil ons elkeen die geleentheid bied om ’n entrepreneursingesteldheid te ontwikkel, hul vaardighede op te skerp en meer oor die sakewêreld te leer,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. “Met die aanleer van entrepreneursvaardighede vanaf ’n vroeë ouderdom sal jongmense beter toegerus wees om

die toekoms aan te pak. Hierdie vaardighede sal ook verseker dat ’n agterdeur oop is as dinge in die werkplek skeefloop.” Die prysgeld beloop altesaam R50 000. Die wenner ontvang R15 000 om in sy of haar beplande besigheid te belê. Die leerling se skool ontvang ook R15 000 om vir entrepreneursontwikkeling aan te wend. Die kompetisie word vir graad 8 tot 12leerlinge aangebied en is heeltemal gratis. Die sluitingsdatum vir deelname is 5 Julie. Belangstellende leerlinge kan op die webwerf by www.helpendehand.co.za of http://www.helpendehand.co.za registreer. Vir meer inligting, bel Karin Venter by 012 644 4390 of stuur ’n e-pos na karin@helpendehand.co.za of mailto:karin@helpendehand.co.za.

STERRE: Hilmary Papier (links) en Ezra Paulse, senior rekenmeesters van die begrotingskantoor by die Swartland-munisipaliteit, is voor verlede week gedurende ’n spesiale raadsvergadering saam met Kenny Cooper (middel), direkteur van finansiele dienste, uitgesonder vir hul harde werk aan die begroting vir 2013/2014 tot 2015/2016. FOTO: CHARLOTTE LESCH

BESTE IN DIE BOLAND: Die o.16A-netbalspan van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het die Boland Top-skole-netbalkompetisie op 1 Junie in Stellenbosch gewen. Hulle het afgereken met die o.16-spanne van Paarl Gim, Worcester Gim, Vredendal en Hermanus en is dus die top o.16-netbalspan in die Boland. Hulle gaan nou uitspeel teen die wenners van WP en SWD om die Wes-Kaapse wenners te bepaal. Op die foto is (van voor na agter) Anja Bester, Thana Kitshoff, Herlouise Skippers, Stephany McKrieling, Jaclyn Engelbrecht, Lenka de Waal en Anushka Odendaal. FOTO: GHIDA VISSER

!PROJECT X.2 PARTY!

SATURDAY 22.06.13 cc R50 p.p FREE SHOTS! MECHANICAL BULL!

LUMO PARTY

FRIDAY 28.06.13 cc R20 p.p

MID-YEAR BASH

SATURDAY 29.06.13 cc R70 p.p !! ALL DRINKS R8!!

Klub is oop elke Woensdag (free entry) en Vrydag (cc R20) tussen 26/06/13 en 13/07/13

ENERGIE DOELTREFFEND OMGEWINGSVRIENDELIK DUURSAAM EN STYLVOL KOSTE EFFEKTIEF SON PANELE: Setsolar vervaardig hul eie son panele deur slegs gewaarborgde en gesertifiseerde materiale te gebruik. Ons panele voldoen aan die industrie standaarde vir die verbruikersveiligheid en betroubaarheid. STELSEL ONTWERP: Setsolar stelsel ontwerp kan volgens jou smaak en aanvraag ontwerp word. Ons het alles vanaf LED ligte tot wind turbines tot omsetters

WATER VERHITTINGSTELSEL: Wanneer jy elektrisiteit wil bespaar is dit die beste plek om te begin. Setsolar het ’n wye reeks produkte wat elke vereiste kan akkommodeer.

TIGER SOEK ’N HUIS: Die Dierehospitaal op Moorreesburg soek ’n goeie huis vir Tiger, ’n ongesteriliseerde reun. Tiger is baie liefdevol en saggeaard. Skakel vir Sonja by 022 433 4883 vir meer inligting.FOTO: VERSKAF

UNIT 8, NO 98B, BOFORS CIRCLE, EPPING 2 CAPE TOWN. TEL: 021 535 1978 | 021 535 1741 ADMIN FAX: 021 534 0233 SALES FAX: 021 534 5730 WWW.SETSOLAR.CO.ZA | INFO@SETSOLAR.CO.ZA

ONS P ANEL E KOM MET ’N 20 JA AR WAAR BORG


10

General - Algemeen

Swartland Gazette

Tuesday 11 June 2013

1

FINANCE

CASH LOANS

SHORT TERM LOANS @ 5% INTEREST & R50 SERVICE FEE YOU NEED: Id * Latest Payslip * 2 Months Bank Statements * Mun. Account

IMMEDIATE APPROVAL

SEE HOW MUCH YOU QUALIFY FOR BY SIMPLY CALLING US NOW!!

OPEN: Mon - Fri 08:00 - 17:00 • Sat 08:00 - 13:00

VISIT US TODAY!!

MALMESBURY: Rainierstraat 8 • Tel: 022 487 3984 & Fax: 022 487 3992

07 Gelukwensing Congratulations

AAN Pastoor Charles Davids. Dankie liewe Jesus vir 'n wonderlike gemeentevader. 'n Inspirerende leier en 'n bidder met die geloof soos 'n Daniël. 'n Geseënde vadersdag aan al ons vaders. Van die gebedskring van die Gemeenskapskerk Malmesbury.

RAAI wie word 21? Op die 14/06/2013. Geluk met jou mondigwording. Van: Mammie, Pappie, Kaylim, Rochelle & Marcwin.

11

In Memoriam

ROCK IT CAFE - Venue for Hire, Catering, Event Co-ordinating. Tina 0722885472/0733840841

43

Persoonlike Dienste Personal Services

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES

HASIMO BOARDING CATTERY - Exclusive Holiday accomodation for cats. Quality care and personal attention. Individual runs. To book, phone Daléne @ 072 525 0725. LASH Extensions - R350 Skakel vir afspraak en gee die kode "8suid" om te kwalifiseer en ontvang R50 Afslag! Sammy-Jo 072 596 0047.

Persoonlik/Personal

HYPNOSIS CENTRE Kan help met ophou rook, gewig verlies, stress. Skakel Elsie & Chris Britz Tel: 021 975 3620 www.hypnotists.co.za

34

Spyseniering Catering VIR bestellings van samoosas, springrolls, rotis, koek ens. Skakel 022 486 4933.

36

RAAI wie word 21? Op 15/06/2013. Baie geluk met julle twee se 21ste verjaarsdag. Ons is trots op julle. Van: Mammie en Daddy.

RAAI wie word 21? Op 15/6/2013 Baie geluk met julle mondigwording.

Opsoek na Bantam Rooskamp hoender met wit obulle. Ook opsoek na gas geyser. Skakel: 022 783 0962.

MOTORS VEHICLES 145

22

RAAI wie is 21 vandag? 11/06/13. Baie geluk met jou mondigwording. Van: Mammie, Daddy, Tracey, Cherise & Marius.

Skoonmaakdienste Cleaning Services MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

Rosenberg Johannes 6/7/1992 -11/6/2011 Twee jaar van ons geskei, vermisting is nog groot. Van: Ma, Pa, 2 Broers (Gurt)Suster & Vriende.

BAIE geluk Mekyle met jou 3de verjaarsdag vandag! Liefde: Mamma, Oupa, Ouma en Peetouers.

Diere en Voëls Pets and Livestock

105

Binnenshuisdienste Home Services Interior BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand: 083265 5161.

TE KOOP FOR SALE

CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaar-digers van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & veran-derings. Derick & Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394.

Algemeen Miscellaneous

CK BLINDS - Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394.

71

Bargain Wendy's Sinkhuise, Wendy huise, Nuclear huise & DIY Panele.Skakel : 082 713 0747. BIX SOUND - 16 jaar in bedryf! Musiek vir alle geleenthede. Skakel vir gratis kwotasie 073 528 1229 / 082 582 4466.

Kindervermaak Children’s Entertainment

Filing Cabinet, staal met 4 laaie in uitstekende toestand en hangleêrs ingesluit R500. Groot son-sambreel vierkantig. Hotel-tipe van hout met ASPATAT PARTYTJIES: materiaal skerm. Voetstuk Springkastele, uitgesluit R450. Baie waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies netjiese toestand. Skakel 082 879 8409. Piketberg. te huur. Kontak: 084 607 5658. IDEALE VADERSDAG geskenk. 3 Vlak opvoubaBOETIE EN SUSSIE re rooster stander. Geskik SPRINGKASTELE vir vleis, wors, hoender en Waterglybane en verskeivis. Skakel Pietie by denheid spring-kastele te 083 458 4055. huur. Kontak Nelia 073 610 2810. TJ'S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa: 082 497 3383.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

Tweedehandse Rekenaar: Celeron, Microsoft Office, Windows XP. Prys onderhandelbaar vanaf R1 000. Skakel Anja by 083 238 5559.

CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. Chris 082 554 2754.

1141

Algemene Dienste General Services Uli's - Charter Services 14 Seater with trailer. Call 076 742 0154 / 022 482 2714 / wjulrich01@gmail.com

BIED JOU:

• ‘n Snel beginprogram om geld te verdien • Behoefde gehalte-produkte • Wye reeks produkte vir velsorg, geur, persoonlike sorg en grimering • Prestige beloningserkennings en aanmoedigingsprogram • Die kans om onafhanklik te word Konsultant of Sakeleier:

SMS jou naam en waar jy woon na 084 655 1983

Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy AANBOD!!! Koop alle voertuie en bakkies vir kontant. Betaal beste pryse. Skakel 082 766 9716. AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

151

Driving Schools Learners Licence Classes Swartland High School Tuesdays 6 - 7 pm. Schoonspruit Sec School Tuesdays 7:15 - 8:30 pm. R150 for all lessons. Lessons in English & Afrikaans. Contact Gerswin 079 729 0288 Cell / WhatsApp 072 316 7078 or Aubrey BBM Pin 25B6B5F6. Sharon Driving School Malmesbury,Code: B EB (08). Skakel 082 859 4832 of 022 482 4481.

SENTRAAL 1slpk w/stel,oopplkomb,sitk, enkel jong mense. R1980+dept. Geen troeteldiere. Skakel: 022 482 2676. K/u

Verblyf Gesoek Accommodation Wanted Van Rooyen Familie is opsoek na 'n verblyf om te huur. HOP huis of huurhuis. Skakel 073 104 0366.

197

Sakepersele Te Huur Business Premises to Let Industriële / stoor / spasie te huur. 260m en groter 3 Fase krag, Veilig, maklike toegang, billike huur. Skakel 083 256 8188. MALMESBURY Kommersiële Perseel, 200m . Onmiddellik beskikbaar, R7 000pm excl vat,Geleë te Voortrekkerweg, agter Northmec. Ideaal vir kantore of besigheid. To view call Carlo 082 920 4586. Vir meer inligting skakel G Buhr 082 328 2211. WINKEL te huur in De Bron Sentrum 64m . Skakel Peter by 084 643 2358.

JOBS

AUDI A3, 1999 model. Blou. Netjies. R35 000. Skakel 083 4646 960.

400

Betrekkings Gevra Jobs Wanted

Woonstelle te Huur Flats to Let KORINGBERG Rustige, veilige woonplek vir afgetredes en jongmense. Skakel 022 433 3333 / 082 810 5686.

105 Voortrekkerstreet, Malmesbury Call 022 482 3852 or send a please call me to 081 587 2624 *Terms & conditions apply

JSC 6X1 4912

Jong hardwerkende dame is opsoek na werk. Kan goed kinders oppas, huiswerk doen. Skakel Tanya : 076 780 3036 / 076 040 8139. Teach English In Thailand Relocation cost apply. linda@teachnet.co.za

GERBER MEUBEL VERVAARDIGERS BK HOOGSTRAAT 15 / POSBUS 626 / MALMESBURY C: 082 411 0773 / F: 022 482 3023 / E: gerbershawn@gmail.com

BESIGHEID BUSINESS

Motors te Koop Vehicles for Sale

171

Monthly income earners only Bring alongs: Latest payslip, ID Book, 3 Month bank statements.

1794

159

EIENDOMME PROPERTIES

LOANS UP TO R15 000

022 487 3267

Vervaardiging en instalasie van ingeboude kaste & Whitewashed meubels.

Dr HASSAN Expert in solving life's problems - Financial problems & Bad Debts - Marriage & Divorce problems - Lucky oils to win Lotto, Casino, Contracts - Protection of Homes, Body & Business - Cleaning of Bad Luck for Good luck - Sexual problems for Men & Women - Prison Court cases & unfishined jobs

Call Now! 072 994 6088 / 078 146 9359

P a y a f t e r S u c c e s s

KANTOOR RUIMTE TE HUUR 80vkm teen R4000 per maand +BTW Uitstekende ligging en veilige parkering

2113 JF

Huurdienste Hiring Services

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES

1151

73

Kantoor te Huur 5x2 2113

38

Kontak Flippie Brandt by 082 899 4071 vir meer inligting

MAMA AISHA AFRIKA GENESER Hy lees handpalms en is ’n fotuinverteller wat jou Toekoms voorspel en al jou drome uitlê, met heilige Water om te genees, oplossings te bring, te beskerm. En te adviseer oor liefde, gebroke huwelike, verlies van werk, teëspoed, kwaadwillige vloeke, hofsake en finansies, Lotto en casino's. 95 Voortrekkerweg, Malmesbury Yusuf: 071 937 7114 / Aisha: 071 727 0460 Dek die hele Wes-Kaap area

NEW HORIZON WENDY HOUSES

SPECIAL!

3m x 6m R5 800 3m x 9m R7 500

INCLUDES: TOILET, HAND BASIN & SINK

Deposit: R1 500 Installment: R300 CALL: PAUL 078 757 0925


Dinsdag 11 Junie 2013

General - Algemeen

Swartland Gazette

11

13 Junie ) Die Swartland-fotografieklub vergader om 18:30 by die NG Noord se kerksaal op Malmesbury. Alle fotograwe, aspirant fotograwe en belangstellendes is welkom. Bel vir Koos van Wyk by 082 475 5936 vir meer inligting.

14 Junie ) Esterhof Preprimêr hou ’n langarmdansparty in die Riebeek-Kasteel-gemeenskapsaal. Kaartjies is R70. Bel Desiré Wildskut met enige navrae of om te bespreek by 076 615 9928. Hamburgers, skyfies en worsrolletjies sal te koop aangebied word.

15 Junie ) Malmesbury Aglow meeting at the House of Prayer from 15:00. The speaker is Abraham Pasineni. All welcome. Refreshments will be served. Enquiries: Elaine Walker on 072 590 6636.

19 Junie ) Aandskemering ACVV-tehuis vir bejaardes bied ’n bingo-aand in samewerking met die Malmesbury-rolbalklub en die Malmesbury Rotariërs aan as deel van ’n geldinsamelingsprojek. Plek: Die klubhuis van die Malmesbury-rolbalklub. Tyd: 19:15. Koste: R100 p.p. Prys sluit ’n ete in van sop, brood en konfyte, asook vyf rondes bingo. Nog rondes kan gespeel word teen R10 p.p. Pryse: Tydens die bingospel sal kontantpryse gewen kan word. Kroeg: Die rolbalklub het ’n kontantkroeg beskikbaar. Vir kaartjies en verdere inligting, bel Casper Dreyer by 082 682 8877. ) ’n Nuwe voorsitter, ondervoorsitter en projekbestuurder sal tydens die Riebeek-Wes GPFvergadering gekies word. Die vergadering begin om 19:00 in die stadsaal. Navrae: Anna by 072 023 0832.

29 Junie ) Hannah-Louise Parker bied ’n Divas One Night Only in Jan Fiskaalstraat 27 om 18:00. Malmesbury se eie kabaretgroep en Cover Girls sal gaste op hul voete hou met lekker vermaak. Kaartjies: Hannah-Louise Parker by 073 529 1938. )Bootsale / Markdag by die museumterrein op Moorreesburg. Tyd: 08:00 - 12:00 Inskrywingsfooi: R30 per stalletjie Kom koop of verkoop enige items, of kom snuffel rond tussen tuisgebak, handgemaak, ou-en nuwe klere, huisraad en nog vele meer. Kom kuier saam met ons in die mooi Moorreesburg met sy vriendelike mense en wonderlike atmosfeer. Kontak Annelize Cordon @ 022 433 1072 / 082 574 0357

Organisasie help boere Die Kaap Weskus-biosfeer bied aan om alle uitheemse plantegroei, soos die wet dit vereis, teen sy eie onkoste van boere se grond te verwyder. Dit sluit egter net boere in met plase wat binne die biosfeer val in. Dorpe binne die Swartland wat deel is van die Kaap Weskus-biosfeer is Malmesbury, Darling, Yzerfontein en Moorreesburg. ’n Inligtingsaand word beplan om boere meer oor die projek te vertel. Vir meer inligting oor die geleentheid, bel Danelle van Daalen by 082 482 9457.

ONS DARLING! Darling se rugby-ondersteuners het reën en koue trotseer om hul span op Malmesbury te ondersteun. Darling het Saterdag vir Never Despair by Wesbank se sportgronde te midde van gereelde, deurdringende buie gepak. FOTO: LIZETTE SMIT

SWARTLAND MUNICIPALITY

SWARTLAND MUNICIPALITY

NOTICE 124/2012/2013

Notice 122/2012/2013

PROPOSED SUBDIVISION AND DEPARTURE OF ERF 855, YZERFONTEIN

Adoption of – (1) Integrated Development Plan (2) Property Rates and other tariffs i.r.o. the 2012/2013 financial year

Notice is hereby given in terms of section 24(1) of Ordinance 15 of 1985 that an application has been received for the subdivision of erf 855 (722m² in extent), situated c/o Main and Buitenkant Street, Yzerfontein into a remainder (±422m²) and portion A (±300m²). Application is also made for a departure in terms of section 15(1)(a)(i) of Ordinance 15 in order to depart from the 2m side building line (eastern boundary) to ±1m due to the subdivision line on the remainder of erf 855. Further application is made in order to depart from the minimum erf size for Yzerfontein from 600m² to ±422m² and ±300m² respectively. Further particulars are available during office hours (weekdays) at the Department Development Services, office of the Manager: Planning, Building Control and Valuations, Municipal Office, Church Street, Malmesbury. Any comments whether an objection or support, may be lodged in writing with the undersigned not later than 15 July 2013 at 17:00. MUNICIPAL OFFICE PRIVATE BAG X52 MALMESBURY, 7299

J J SCHOLTZ Municipal Manager

14 JUNE 2013

BETREKKING AANGEBIED H&H Trok & Trekker te Wellington het tans ‘n vakature vir ‘n Verkoopspersoon / Yard Bestuurder as jy Vragmotor en meganiese kennis het, faks asseblief jou CV na 021 873 3673 of e-pos na hhtruckspares@mweb.co.za

At a meeting held on 30 May 2013, the Council of Swartland Municipality passed resolutions: (1)

in respect of the five year Integrated Development Plan (2012-2017) for the Swartland municipal area:

The Integrated Development Plan as amended by the Council on 30 May 2013 is currently available as a downloadable pdf file on the Municipality’s website (www.swartland.org.za) or on CD at the office of the Strategic Manager, Municipal Office Building, Church Street, Malmesbury. As from 11 June 2013 paper copies will be available (only for perusal) during office hours at the municipal offices and libraries in Malmesbury, Moorreesburg, Chatsworth, Darling, Yzerfontein, Riebeek West and Riebeek Kasteel. For further information or to obtain a CD, contact Leon Fourie at 022 487 9400. (2)

in respect of the fees, charges and tariffs to be levied in respect of municipal services to be rendered during the 2013/2014 financial year, specifically referring to the property tax rates, namely –

(i)

that a residential property tax rate, in respect of all areas within the Swartland Municipality, be determined at 0.005732 c/R;

(ii)

that the property tax rates for Jakkalsfontein and Grotto Bay be calculated at 25% (0.001433 c/R) of the residential rate;

(iii)

that the basis of calculation of property tax rates for farmers be calculated at 25% (0.001376 c/R) of the residential rate;

(iv)

that the rate for businesses, also in the agricultural sector and for government properties is determined at 0.006666 c/R;

(v)

that pensioners who qualify in terms of Council's policy, be subsidised to an amount equal to 40% on the property valuation, calculated at 60% (0.003439 c/R) of the standard rate;

(vi) that any registered owner (excluding the owners of Jakkalsfontein, Grotto Bay and agricultural properties) of a residential property, who turns the age of 65 in the relevant financial year of the council, i.e. from 1 July to 30 June, or who is older that the said age, shall be granted a rebate, in addition to the rebate of R15 000,00 in terms of the Local Government: Municipal Property Rates Act, Act 6 of 2004, to an amount equal to the tax payable on the first R200 000 of the valuation of such property provided that the said owner occupies such property and apply for such rebate; (vii) that any registered owner in terms of the Credit Control and Debt Collection Policy of Council of a residential property, who turns the age of 65 in the relevant financial year of the council, i.e. from 1 July to 30 June, or who is older that the said age, shall be granted a rebate, in addition to the rebate of R15 000,00 in terms of the Local Government: Municipal Property Rates Act, Act 6 of 2004, to an amount equal to the tax payable on the first R100 000 of the valuation of such property provided that the said owner occupies such property and apply for such rebate. The above determinations will come into operation as from 1 July 2013. Enquiries i.r.o. the tariff determinations may be directed to Ms Elsabé van der Merwe at tel 022-487 9400. Copies of the above-mentioned resolutions are available in terms of the Local Government: Municipal Systems Act, Act 32 of 2000 and the Municipal Property Rates Act, Act 6 of 2004 for public inspection during normal office hours at the municipal offices and libraries in Malmesbury, Moorreesburg, Darling, Yzerfontein, Riebeek West, Riebeek Kasteel and Chatsworth. Persons who cannot read or write, may contact ms Nicolette Brand during normal office hours for assistance as regards the contents of the above-mentioned documents. MUNICIPAL OFFICE PRIVATE BAG X52 MALMESBURY, 7299 11 JUNE 2013

J J SCHOLTZ Municipal Manager


2313 JF

Swartland

Sedert 1954 Since

Swartland se betonvennoot 021 873 1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za

Year 11 • 11 Junie 2013 | Tel. 022 482 3817

Morne Du Plessis participated in the 2012 PPC Cement Riebeeck Bergmarathon.

Get ready for the 28th PPC Cement Riebeeck Bergmarathon Athletes, families and corporates are gearing themselves up for the annual PPC Cement Riebeeck Bergmarathon, taking place on 3 August. Set in the picturesque backdrop of the Riebeek Valley, the race has something to offer for all fitness levels. The popular race attracts local and international participants and is a Comrades qualifier. Avid athletes are encouraged to enter the 42.2 km marathon and walkers are invited to participate in the 21.1 km half-marathon. For novices, there is a 10 km run/walk and a leisurely 5 km fun run for families. If you are not a running enthusiast, seize the opportunity to get away from the bustling city and enjoy the tranquil surroundings. It has become an important event on the athletics calendar. The event is endorsed by Championship and was awarded Best Event Category in 2012 by Boland Athletics. Morné du Plessis, former Springbok rugby player, participated in last

year’s 10 km race. “My last race was almost 20 years ago and I could not have picked a better start for my come back. The friendly atmosphere, wonderful running weather and beautiful country side made the pains and groans of old age disappear with the joy of participating. On top of this my family all joined in and along with so many people from all walks of life and communities we had the best time. I would recommend this running experience to all who love the outdoors and exercise,” Du Plessis said. General manager at PPC Riebeeck factory, Johan Vorster said, “PPC is committed to positive changes to our communities and this initiative bears testimony to our long-standing social commitment, especially in areas of operation. The race is a serious marathon, but also a time for families to spend quality time together and enjoy the great outdoors.” To book your spot at the race, visit www.championchip.co.za . Entries close on 22 July.

Moorreesburg weer terug op die wenpad

LANGEBAAN – Die eerste wegwen van die seisoen vir die Samouers het Saterdag opgemaak vir die koue en nat omstandighede waarin die kragmeting tussen Langebaan en Moorreesburg plaasgevind het. Die span van Moorreesburg het in dié moeilike omstandighede die span van Langebaan met 20(9)- 17(12) geklop. Van sprankelende hardlooprugby was daar nie veel sprake nie. Die nat weer het gemaak dat die spel hoofsaaklik tussen die twee pakke voorspelers beslis is. Hier het veral Moorreesburg se agttal hul man behoorlik gestaan en onder die spreekwoordelike kombers gespeel. Die voorspelers het geweldige druk op die tuisspan gesit met sy rolmaalbewegings en Langebaan kon net nie ’n teenvoeter daarvoor vind nie. Die druk wat deur dié bewegings op die tuisspan geplaas is, het veroorsaak dat hulle onnodige strafskoppe afgestaan het.

Ruan van Rooyen (vleuel) van Samoa het vier strafskoppe deur die pale gejaag om te sorg dat die besoekers heeltyd in die prentjie bly. Die tuisspan se twee drieë het albei gekom as gevolg van foute aan die kant van die besoekers. Die eerste drie is afgestorm en die tweede het gekom toe ’n poel water op die veld verhoed het dat die bal doodgeskop word. Elrico Isaacs (senter) van Samoa het hul enigste drie gedruk ná ’n goeie beweging langs die agterlyn af. Puntemakers: Samoa – (20) drie: Isaacs: strafskoppe Van Rooy 4; skepskop Hannes Morris (losskakel). Langebaan – (17) twee doele en ’n strafskop. Moorreesburg B (8) – Langebaan (17). Moorreesburg C (17) – Langebaan (0). Eerskomende naweek kom Moorreesburg teen Never Despair te staan op Moorreesburg.

GELYKOP: Never Despair en Darling het mekaar Saterdag op Wesbank se rugbyvelde vir ’n Boland Superliga-Wes wedstryd gepak. Na ’n taai wedstryd in gietende reën het die spanne gelykop met ’n telling van 9 elk gespeel. Hier sak Never Despair (rooi en swart) en Darling (swart en wit) se eerste spanne vir die eerste skrum van die wedstryd.FOTO: LIZETTE

SMIT

Saak wéér uitgestel MALMESBURY – Die saak waarin twee rugbyklubs van die Boland-liga moet voorkom, is weer uitgestel en sal volgens Boland Rugby Unie se mediawoordvoerder vanaand gehoor word. Die Mamre en Hillcrestspanne is tydelik geskors ná ’n skeidsregter glo tydens ’n wedstryd op 18 Mei op Mamre met die vuiste bygedam is. Al die spanne wat in die Superliga-Wes meeding word direk deur hierdie toedrag van sake geraak. Plaaslike gunstelinge Never Despair en Abbotsdale moes albei al wedstryde uitsit in afwagting op dié uitspraak. Ashley Arendse, die skakelbeampte vir die Abbotsdale rugbyklub, het verlede Donderdag ná die nuus oor die uitstel van die datum aangekondig is, gesê daar is gemengde gevoelens oor die nuus en die kansellasie van hul wedstryd teen Mamre wat Saterdag sou plaasvind. “Dis gedeeltelik goeie nuus omdat ons spelers ’n ruskans kry, veral ná daar baie beserings in die wedstryd teen Never Despair (25 Mei) opgedoen is.” Hy verduidelik dat dit terselfdertyd vir Abbotsdale in ’n moeilike posisie plaas omdat die wedstryde op ’n manier ingehaal sal moet word. Dit kan glo beteken dat daar in die tweede ronde drie wedstryde weg gespeel moet word wat ’n verlies aan inkomste vir die klub sal beteken. Arendse was versigtig om nie pessimisties voor te kom nie en is vol vertroue dat Boland hulle tydens die tweede ronde tegemoet sal kom, veral wat wegspeelwedstryde betref.

NUWE VERE VIR TWEEDE SPAN: Never Despair pronk trots na afloop van hul wedstryd teen Darling Saterdag wat hulle met ’n telling van 15-6 gewen het. Die ander rede vir hul vreugde is die nuwe wedstrydtruie wat Atuba konstruksie geborg het. Atuba het ook die nuwe, pas voltooide St. Thomasskool in Wesbank gebou.FOTO: LIZETTE SMIT

Duiwe-uitslae vanaf Laingsburg Die uitslae van Abbotsdale se duiweklub van die afgelope naweek, is bekend. 1. Tol Barendse 2. Ivan Persence 3. Ivan Persence 4. Paulus Lofts 5. Paulus Lofts

6. Paulus Lofts 7. Ivan Persence 8. Ivan Persence 9. Conner Abrahams 10. Paulus Lofts 11. Abrahams Lofts 12. Paulus Lofts

BAIE INSKRYWINGS VIR AMARIDER: Die bergfietsresies Amarider wat jaarliks in die omgewing van Malmesbury plaasvind, het vanjaar altesaam 550 inskrywings vir die 50 sowel as die 100 Milers gehad. Stefan Ihlenfedlt het vanjaar eerste oor die wenstreep gery en die wedren in 05:59:12 kafgedraf. Johann Rabie van Malmesbury het tweede geëindig in ’n tyd van 05:59:41. FOTO: WWW.OAKPICS.COM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.