Swartland Gazette 14 Aug 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 14 Augustus 2012 | Tel. 022 482 3817

Ondersoek na RVAF-trust begin

Dis nou talent!

Charlotte Lesch MALMESBURY – Beleggers in die wyle Herman Pretorius se gesekwestreerde beleggingstrust gaan glo nog lank wag voor hulle meer duidelikheid het oor waar hulle geld belê is.

Die Hokkie bokkies van Hoërskool Swartland het verlede Woensdag gewys hoe jy hokkie met besemstokke en moppe kan speel. Die spanne van Hoërskool Swartland kom die naweek teen Hoërskool Hugenote in Wellington in hul jaarlikse interskole teen mekaar te staan. Hou volgende week se Gazette dop vir meer foto’s. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Die verskanningsfonds, die Relative Value Arbitrage Fund (RVAF-trust), het die afgelope tyd groot opspraak gemaak nadat Pretorius vermoedelik eers ’n voormalige vennoot, Julian Williams, en daarna homself doodgeskiet het. Volgens rekenmeesters op Malmesbury, het die ondersoek na die beleggingstrust, RVAF, se finansiële posisie begin. “Ons het op die stadium nie genoegsame inligting beskikbaar om te kan sê hoeveel geld vanuit die Swartland daar belê is, óf hoeveel beleggers daar is nie. Dit is nog voortydig om te sê daar is geld weg of nie weg nie.” Dit word egter betwyfel of Pretorius sowat R1.8 miljard se beleggingsgeld gekry het, soos wat in hofstukke aangevoer is met die sekwestrasie van die trust. Rekenmeesterfirmas op Malmesbury het verlede week die sekwestrasiebevel teen die trust in die Wes-Kaapse Hooggeregshof teengestaan, maar hul aansoek was onsuksesvol. Die dorpe wat die meeste deur Pretorius se skema geraak word, is onder meer Malmesbury, Piketberg, Porterville, Moorreesburg, Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes. Die lys van nagenoeg 3 000 beleggers oor die wêreld is verlede Woensdag aan die betrokke partye uitgereik. Volgens ’n kenner, moet ’n makelaar, of ’n tussenganger in terme van die FAIS-wet (Finansiële Advies en Tussengangersdien-

ste) geregistreer wees en sekere vereistes nakom voor ’n kliënt se geld belê kan word. Nivdna Rajmohan, woordvoerder by FAIS, sê ’n boete is betaalbaar indien die tussenganger verkeerdelik opgetree het. “Hulle kan ook tronkstraf kry.” Rekenmeesters het by navraag gesê, in die meeste gevalle het makelaars in die Swartland die vereistes nagekom. Van die vereistes is dat ’n voldoeningsbeampte elke drie maande die makelaar se boeke moet nagaan. “Daar is glo wel gevalle waar dit nie die geval was nie,” het ’n ingeligte gesê. Beamptes van die Finansiële Diensteraad (FDR) het Maandag makelaars op Malmesbury besoek om hul boeke na te gaan. Gerugte dat tussengangers met die dood gedreig word, kon nie bevestig word nie. Een van die rekenmeesters meen beleggers is op verskeie geleenthede saam met tussengangers deur Pretorius genooi na die voorleggings van Abante Capital, sy maatskappy. Die voorsitter van die Malmesbury Sakekamer, Patrys Bester, wou hom nie uitlaat oor hoe die Pretorius–skandaal die plaaslike ekonomie gaan raak nie, weens die vroeë stadium van die ondersoek. Een van die kurators, Rynette Pieters van Independent Trustees, wat oor die trust aangestel is, het bevestig dat die trustees besig is met forensiese ondersoeke in die RVAFtrust. “Dit is nog te vroeg om te bevestig hoeveel beleggers in watter omgewing belê het,” sê Pieters. “Die FDR is wel besig om ook ondersoeke te doen en sal saam met die kurators werk om die aangeleentheid te bespoedig.” Alle navrae kan aan hul webtuiste: www.corprecover.co.za gerig word.

Lees binne Rockie sterk aan in hospitaal na besering

Aksieplan kom vir dwelms in Swartland

Schoonspruit rol rooi tapyt uit vir Matrieks

BLADSY 2

BLADSY 2

BLADSY 8


2 Swartland Gazette

Nuus - News

Dinsdag 14 Augustus 2012

Besering demp nie sy gees Charlotte Lesch MALMESBURY – “Hy is vol gees en baie sterk in sy geloof.” Só vertel Gordon Bain, wat Woensdag saam met ’n groep leerlinge van Hoërskool Swartland die beseerde Rowan Hermanus (15) by die Groote Schuur-hospitaal besoek het.

Hermanus, ’n talentvolle krieketspeler, se onderlyf is tans verlam nadat hy verlede Saterdag (4 Augustus) ’n ernstige rugbybesering opgedoen het. Hermanus, wat vir die o.15 B-span speel, het volgens toeskouers sy teenstander van Tygerberg liggies geduik toe die besering plaasgevind het. Sy sesde en sewende rugwerwel het tydens die besering gebreek waartydens die senuwee geknak het. “Hy het op die veld bly lê en gesê hy kan nie sy lyf voel nie,” het skoolhoof Dirk Marais vertel. Volgens Marais was die paramedici en nooddienste binne minute op die toneel. Hy is gestabiliseer en na Swartland-hospitaal geneem, waar hy later na Groote Schuurhospitaal oorgeplaas is. Hermanus het verlede Maandag ’n operasie ondergaan. Volgens die dokters was die operasie ’n groot sukses, maar hulle sal eers oor twee

Rowan Hermanus (15) FOTO: DAVID ENGELBRECHT

Van Rowan Hermanus se vriende en spanmaats het hom verlede Woensdag by Grootte Schuur-hospitaal gaan besoek. Van links staan Gordon Bains, wat die vervoer gereël het, André de Jager, Dean Abrahams, Zander Bain, Oom Rian, Marius Nell, Thomas Bester, Reece Box en Melvin Garish.

weke met meer sekerheid kan sê wat die resultate is. “Die dokters het gedoen wat hulle vir hom kon doen. Die res hang af van geloof en gebede,” het Marais gesê. “Die is die mees ernstige besering wat ek oor my 30 jaar in onderwys beleef het.” Volgens hom is dit ’n baie emosionele ervaring

vir die hoërskoolleerlinge. Die Chris Burger-fonds ondersteun die Hermanus-gesin met emosionele bystand, asook vervoer en verblyf. Rowland Hermanus, Rowan se pa, het aan die Gazette gesê dit is ’n baie moeilike tyd vir hulle en vra dat almal vir hul seun moet

RVAF-nie geregistreer by FDR Charlotte Lesch

MALMESBURY – Te midde van die skietery deur Wyle Herman Pretorius en sy vennoot Jullian Williams, met aanduidings tot groot verliese vir beleggers wat baie geld in sy skema belê het, het vrae opnuut opgeduik [sien berig op bladsy1]. Van die kwelpunte was of Pretorius volgens die Wet op Finansiële Advies en Tussengangersdienste (FAIS) geregistreer was. Volgens die Finansiële Diensteraad (FDR) hoef sekere beleggings nie aan hul regulasies te voldoen nie, wanneer:

. Dit ’n vennootskap is waar individue hul

geld in ’n vennootskap belê en die kapitaal gebruik vir goeie dividende. . ’n Beleggingsklub waar mense met ’n gemene belang hul geld in ’n poel gooi om ’n belegging te maak. . ’n Maatskappy gestig vir beleggingsdoeleindes waar beleggers ekwiteite verkry. ’n Trust waarin begunstigdes geld saamgooi, wat val buite die Wet op Collective Investment Schemes Control. Die FDR het na ’n ondersoek bevind dat die private ekwiteit ondersteun deur Pretorius het nie aktiwiteite ingehou wat onderdanig was aan FDR-regulasies nie. Pretorius se aktiwiteite het nie op die stadium ’n FAIS-lisensie nodig gehad nie

Mikrovliegtuig val naby Yzerfontein YZERFONTEIN - ’n Man van Tableview is ernstig beseer nadat sy vliegtuig sowat sewe kilometer buite Yzerfontein geval het. Dirk Coetzee (46) en Sarie Brits (49) het verlede Donderdag (9 Augustus) met hul mikro-vliegtuig teruggevlieg Saldanhabaai toe vanaf Atlantis toe die ongeluk plaasgevind het. Volgens Brits het hulle begin val toe die petrol opgeraak het, sê Rudi Rogers van die Nasionale Seereddingsinstituut

(NSRI), wat hulp verleen het met die soektog na die vliegtuig. Die vliegtuig het klaarblyklik met die neerkomslag ’n sandduin getref en toe tot stilstand gekom. Coetzee, wat ’n ernstige skouer- en bekken-been-besering opgedoen het, is met lugvervoer na Milnerton Mediclinic geneem, waar hy vir sy beserings behandel is. Brits, ook van Tableview, het ongedeerd van die ongeluk afgekom.

Verdagte nog op vrye voet ná moord David Engelbrecht MALMESBURY- Malmesbury SAPD is opsoek na ’n man wat die polisie kan bystaan rakende ’n moord wat die afgelope naweek op Paardeberg plaasgevind het. Konstabel Hennie du Rand vertel dat hulle Saterdagoggend om 09:00 ’n oproep ontvang het van ’n man wat in sy woning op ’n plaas in Paardeberg vasgemaak is. Volgens hom is die oorledene, Johannes Alcaster (38), vasgemaak en verwurg in sy woning gevind. Die ondersoek het tot dusver aan die lig gebring dat die oorledene en sy broer na bewering in ’n onderonsie betrokke was voor sy moord. Sy broer was glo ook die laaste persoon wat in die huis gesien is. Sy broer, wat ’n bekende gesig op Malmesbury is, is sedertdien nie weer gewaar nie. Du Rand sê dat die SAPD ’n beroep doen op die broer om hom by die polisie aan te meld en hulle te help met die ondersoek. Die publiek word ook gevra om die polisie by te staan. Enige iemand met inligting oor waar Alcaster se broer hom bevind, kan Kaptein Roos by die Malmesbury-speurtak by 082 559 4648 bel.

Inbraak by Nedbank word ondersoek David Engelbrecht MALMESBURY- ’n Inbraak wat Vrydagaand by Nedbank teen ongeveer 20:00 plaasgevind het, word volgens polisiewoordvoerder, konstabel Hennie du Rand, nou ondersoek. Volgens Du Rand het Malmesbury SAPD ’n oproep ontvang van ’n alarm wat by die Nedbank-gebou in Hillstraat geaktiveer is. ’n Eenheid is ontbied na die perseel en Du Rand het verduidelik dat hulle nie die per-

seel wettig kon betree nie. "Die eenheid het rondom die perseel ondersoek ingestel en gevind dat daar geen ongerymdhede was nie.” Werknemers van Nedbank het egter Saterdagoggend in verbinding met die polisie getree toe vermoed is dat daar by die perseel ingebreek is. Du Rand vertel dat ’n stukkende venster aan die agterkant van die gebou toegang aan die verdagte toegang verleen het. “Sover kan ons bevestig dat geen geld

Koop plaaslike suiwelprodukte ’n ERNSTIGE beroep word op verbruikers gedoen om seker te maak dat hulle suiwelprodukte koop wat van Suid-Afrikaanse oorsprong is. Volgens mnr. Bertus de Jongh, hoof- uitvoerende beampte van die Melkprodusenteorganisasie (MPO), het dié organisasie die afgelope paar maande verskeie versoeke by die owerhede ingedien om ondersoek in te stel na ingevoerde suiwelprodukte wat nie aan Suid-Afrikaanse vereistes voldoen het nie. Die owerhede moes optree teen verskeie

invoerders nadat bevind is dat die inhoud en-of die etikettering van ingevoerde suiwelprodukte nie aan Suid-Afrikaanse vereistes voldoen nie. ’n Voorbeeld hiervan is ’n ingevoerde produk wat plantaardige vette bevat en verkeerdelik as Deense fetakaas geëtiketteer en verkoop is. De Jongh sê dat die MPO die saak in ’n baie ernstige lig beskou aangesien verbruikers mislei word en sulke substandaardprodukte die bedryf skade kan berokken. Verbruikers word gemaan om etikette

gesteel is nie. Daar is egter klein besittings van die werknemers wie se kantore nie gesluit was nie, gesteel,” het Du Rand gesê. ’n Saak van diefstal word ondersoek en videomateriaal is van die kameras binne die bank verkry. “Hierdie materiaal sal gebruik word om die skuldige te help identifiseer,” het hy Du Rand. Hy wou nie verder oor die saak uitwy nie en het gesê die polisie wag op die uitslae van die ondersoek. van suiwelprodukte noukeurig na te gaan om te verseker dat dit nie ander bestanddele soos plantaardige vette bevat nie en afkomstig van Suid-Afrikaanse verwerkers is. Ingevolge die nuwe etiketteringsregulasies moet die bestanddele van elke produk en die land van oorsprong in detail op die etiket daarvan verskyn. Die MPO en sy moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, monitor alle suiwelinvoere op ’n maandelikse grondslag en identifiseer sodoende verdagte besendings wat aan die owerhede oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede.

bid. “Rowan is baie positief en vol gees,” het Bain gesê. Volgens hom, was dit ’n baie traumatiese besoek vir sy vriende en spanmaats. Hermanus lê steeds in traksie, maar die dokters is hoopvol dat hy weer sal kan loop.

Nuwe aksieplan teen dwelms in raad se visier David Engelbrecht

MALMESBURY- “Ons weet daar is ’n groot probleem met dwelms in die Swartland. Daarom gaan ons met ’n oop gemoed na hierdie plan moet kyk.” So het Joggie Scholtz, munisipale bestuurder, by die portefeuljekomiteevergadering op 8 Augustus vertel oor die beplande Dwelm-aksiekomitee vir die Swartland. Dick Smith van die Wes-Kaapse owerheid het met die raadslede en amptenare kom gesels oor hierdie plan. Hy het aan die raadslede beklemtoon dat die Wes-Kaap steeds ’n groot probleem ervaar ten opsigte van dwelms- en drankmisbruik en die misdade wat daaruit voortspruit. “Volgens Sars kos dit reeds R5 biljoen per jaar om hierdie probleem aan te spreek. Dit gaan ons egter meer uit die sak jaag om niks aan die probleem te doen, as wat as ons iets doen,” verduidelik Smith. In Smith se voorlegging noem hy dat hierdie plan baie veranderinge en verskuiwings aan huidige wetgewing gaan voorstel, en dat die plaaslike sfeer van die regering saam met hierdie komitee sal moet fokus op die kerngebiede waar dwelms en dwelmverwante misdade floreer. Hierdie plan sal ook volgens hom nou gepaard gaan met die nasionale plan om die regering ook meer te betrek om probleme vroeër raak te sien. “Waarop dit neerkom is dat hierdie dwelm-aksiekomitee hand-aan-hand met die plaaslike owerhede gaan saamwerk op ’n plaaslike vlak om dwelmmisbruik te beveg. Ons filosofie is dat daar altyd ’n beskikbaarheid van dwelms sal wees, maar as ons die vraag kan verminder kan dit klaar ’n verskil maak. “As ons al die verskillende owerhede – van die polisie tot by maatskaplike dienste – kan kry om hul dienste saam te span in hierdie komitee, sal dit deel vorm van die ons meesterplan om dwelms teen te staan.” Scholtz het egter uitgewys dat hierdie plan gaan staatmaak op finansiële ondersteuning van die munisipaliteit en dat dit ’n onbefondsde mandaat sal wees. “Die impak van dwelms en die sosiale probleme is ’n wesentlike een. As hierdie plan op ’n gekoördineerde basis kan plaasvind, waar ons dalk die wykskomitees kan inspan om te help, kan ons ’n forum skep waarby dit goed kan inval. “Ons sal beslis op amptenaarsvlak moet praat hieroor en dit net vorentoe vat van hier af.”


Dinsdag 14 Augustus 2012

Pen en papier weer leerlinge se voorland David Engelbrecht MALMESBURY- Basta met die elektroniese leerlinglisensietoetse.

Voortaan sal die handgeskrewe toetse weer deur die Malmesbury en Moorreesburg se toetsstasies in gebruik geneem word. Phillip Humphries, direkteur van ontwikkelings- en beskermingsdienste by die Swartlandmunisipaliteit, het die gerugte wat nou al ’n tydjie rondloop aan die Gazette bevestig. “Na verskeie klagtes van die publiek het ons besluit om hierdie elektroniese leerlinglisensietoetse af te skaf vir eers,” vertel Humphries. Volgens hom, was hierdie nuwe stelsel slegs ’n proeflopie gewees, en ook ’n eerste in die provinsie, met ’n stelsel in Malmesbury en een in Moorreesburg. Die Gazette het reeds op verskeie geleenthede berig (27 Maart: “Nou gaan jy leer!”) dat hierdie toets baie moeiliker gaan wees. Enrico Hendricks van Tasima, die fasiliteringsonderneming vir hierdie stelsel, het reeds in Maart vertel dat hierdie stelsel die nadeel sal hê dat meer eksamengangers sal druip. Humphries het gesê dat talle

Swartland Gazette 3

Nuus - News

faktore in ag geneem moes word voor die beslissing gemaak is om dit af te skaf. “Daar was te veel mense wat gedruip het. As jy kyk na die syfers en selfs die laaste paar maande se syfers, sal jy sien dit is skokkend.” Luidens munisipale verslae, het sowat 128 eksamenkandidate in Junie gedruip by die Malmesbury-toetsstasie en sowat 34 by die Moorreesburg toetsstasie. “Hierdie databasis van vrae bestaan uit ’n 1 000 verskeidenheid vrae wat gevra kan word. Meeste van die mense wat gekla het, het gekla oor vrae wat in die toets voorgekom het en nie in die K53-handleiding was nie. Dit het tot groot ongelukkigheid gelei,” verduidelik Humphries. Hy het ook vertel dat die toetsstasies redelik baie geld verloor het in die tydperk, juis omdat mense verkies het om elders hul toets te gaan skryf en dat dit grootliks bygedra het tot die besluit om hierdie stelsel te staak. “Omdat hierdie ’n loodsprojek was vir die Swartland, is dit te verstane dat daar probleme sou wees. “Vir nou staak ons dit, maar as alle stasies in Suid-Afrika verplig word om hierdie stelsel te gebruik, dan sal ons maar weer inval.”

Aangepaste garskwotas vang boere onkant Boere is warm onder die kraag omdat hulle glo te laat oor die garskwotas vir vanjaar se oes ingelig is. Boere is 17 Julie per SMS deur die Garsbedryfkomitee (GBK) ingelig van die garskwotas wat op sekere garskultivars ingestel is. Leon Groenewald, voorsitter van die GBK, het by navraag gesê dat die groot probleem binne die beperkte garskwotas ontstaan het omdat daar te min SSG 564 aangeplant is en te veel Erika. “SSG 564 het ’n tekort van 9 000 ton en derhalwe ’n surplus op Erika tot gevolg gehad. Hiermee saam het Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) beplan om gars met dieselfde brou eienskappe as SSG 564 in te voer, in plaas van om plaaslike gars te gebruik.” Hy sê die moutgars-kontraktering het Vrydag 27 Julie geëindig, om te bepaal wat die potensiële oes is in vergelyking met die mandaat wat SAB verskaf het. “Ná ek daarvan in kennis gestel is deur die agent (Unigrain) wat die kontraktering met individuele produsente behartig het, het ek my geskeduleerde vergadering Vrydagoggend met SAB gehad ten opsigte van kultivarbeperking en moontlike surplusse.” Hy het bygevoeg SAB het hom Donderdag ingelig hulle sal die tekort op SSG 564 aanvul met Erika en ten opsigte van die moont-

like surplus ’n ekstra 9 700 ton Nemesia inneem. “Noudat dit bekend is dat SAB beperkings plaas op kultivars as sodanig en nie meer ’n mandaat gee wat betref die totale tonnemaat nie, sal die inligting spoedig gekommunikeer word met die produsente.” ’n Boer van Caledon sê die GBV het in die verlede vir ’n prys vir die gars met SAB onderhandel. Volgens dié boer het die GBV laasjaar ’n nuwe stelsel infaseer – die garsprys word nou afgelei van die koringprys. “Die koringprys is op die oomblik baie hoog as gevolg van die droogte in Amerika..” Die boer sê voorts SAB mag

glad nie met die boere kommunikeer nie, behalwe deur GBV. “So het SAB glo vir die GBV gesê daar gaan kwotas wees, maar dis nooit gekommunikeer na die boere nie.” Dié boer sê as hy in Maart hiervan bewus was, kon hy op daardie stadium nog besluit het wat om te plant. “Ons sou R2 950 per ton ontvang het van SAB. Nou gaan ons R1 920 per ton by die voermark kry. Nou werk dit so, die kopers weet nooit hoeveel voer is in die mark nie. Nou weet hulle alreeds daar gaan 30 000 ton wees – ons het geen kaarte teen ons bors nie en die voermark gaan 30 000 ton uitstekende voer kry.”


4 Swartland Gazette

Mense - People

Ontmoet ’n Swartlander Vir haar is dit Anet Lambrechts die mense se (26), oorspronkvriendelikheid. lik van Montagu, “Beslis ook die het gedurende natuurskoon en Mei vanjaar ’n mooi weivelde. pos as onderwyAs jy nie hier seres by die Laergebly het nie, skool Swartland waar sou jy aanvaar. Nadat graag wou bly? sy onderwys op “Kom ons sê Wellington stumaar Montagu. deer het, het sy Dit is tog my Londen gaan verken. Anet het Anet Lambrechts tweede hart se haar eerste pos as FOTO: CHARLOTTE punt.” As jy drie onderwyseres op LESCH mense vir ete Moorreesburg by Laerskool Dirkie Uys geneem kon nooi, (hede of verlede), voor sy Malmesbury haar nu- wie sou dit wees? “Natuurlik vir Gawie, we tuiste gemaak het. Die Gazette het ’n bietjie (haar man met wie sy onlangs meer oor Anet gaan uitvind. getrou het|), Ashton KutSom jouself in een sin op? cher...dan kan ek seker nie Anet was kort en kragtig. meer vir Gawie nooi nie,” Sy beskryf haarself as ’n per- skerts sy. “En sommer vir Ansoon wat positief ingestel is. gelina Jolie.” Wat is die beste raad wat Wat is jou gunsteling resjy al ooit gegee/ontvang taurant? “Kom ons hou dit local. Car- het? “Moet nie aan ander doen delli’s,” roep sy uit. Wat maak Malmesbury wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.” vir jou spesiaal?

Dinsdag 14 Augustus 2012

Ontmoet ’n sakeman -en vrou Wilna en Marius Smuts, oorspronklik van Durbanville, het sowat nege maande terug Malmesbury as hul nuwe tuiste en ook dié van hul besigheid, ’n Body Stress Release Clinic, praktyk, gekies.

Die Smuts-egpaar is albei Body Stress Release-praktisyns. Dit is ’n prosedure wat die liggaam help met die verligting van ondermeer spier, -hoof, -rug en nekpyne, asook seer skouers of krampe. Volgens Wilna en Marius is die liggaam ’n wonderlike meganisme wat homself genees. “Die mens vergeet soms die verantwoordelikheid wat hy teenoor sy liggaam het. So word die liggaam oorlaai met stres. BSR bevorder dus die natuurlike herstelvermoeë van die liggaam wat die prosedure van genesing aanhelp.” Die Gazette het ’n bietjie meer oor Wilna en Marius gaan uitvind. Ons wou die volgende by hulle weet: Vertel ons meer van julleself? Wat doen julle vir pret? Ek het vroeër jare in ’n bank gewerk en toe by die skietklub in Durbanville uitgehelp voor ons Ladysmith toe is vir die BRS-opleiding,” vertel Wilna. Sy werk graag in die

Wilna en Marius Smuts

tuin, terwyl Marius skiet en lees as stokperdjies geniet. Hy was eers ’n werktuigkundige. "Ons het ook pret met die mense waarmee ons werk.” Wat geniet julle die meeste van julle onderneming? “Om mense te help en die hoop in hulle oë te sien van ’n beter lewenskwaliteit.”

Wat is die missie of visie vir julle onderneming? Om mense te help en bewus te maak van hoe wonderlik die liggaam is. Ook die verantwoordelikheid wat die mens teenoor sy liggaam het. Die liggaam is konstant onder stres en moet nes ’n voertuig gediens word," vertel hulle. Wat maak jul besigheid anders as ander ondernemings in die Swartland-gebied? Ons is die enigste praktyk in die Swartland. Dit is ook nie ’n besigheid waar jy iets kom koop en met die produk in ’n sakkie terug huistoe keer nie. Ons wil dit ook nie ’n besigheid noem nie, want ons geniet ons werk so baie.” Volgens Wilna val die besigheid in ’n hele ander kategorie as ander besighede in die Swartland en kan daarom nie vergelyk word nie. Watter advies kan julle vir ’n ander sakeman of vrou gee? “Ons is nie eintlik sakemanne nie.” Wat waardeer julle die meeste van die gemeenskap? Die Smuts-egpaar is dit eens dat Malmesbury ’n baie lekker dorp is. “Dit is ’n halfuurdorp, want jy is net ’n halfuur weg van die stad en die see,” sê Marius. Volgens hulle is die inwoners ook almal baie vriendelik.

Weskus Distriksmunisipaliteit Die Weskus Distriksmunisipaliteit streef daarna om ’n dinamiese en doeltreffende diens aan die gemeenskap in sy regsgebied te lewer. As ’n Diensbillikheidwerkgewer, bied ons tans hierdie werkgeleenthede aan toepaslik gekwalifiseerde en ervare individue. DEPARTEMENT ADMINISTRASIE & GEMEENSKAPSDIENSTE AFDELING: MUNISIPALE OMGEWINGSGESONDHEID

LEKKER KOPPIE TEE: Die VLV-Malmesbury het op 8 Augustus hul maandelikse vergadering gehou. In die gees van Nasionale Orgaanskenkmaand het Sakkie du Plessis vir die vroue meer kom vertel van sy ervaring met orgaanskenking. Van links is Erina Myburgh, Nelia Kirsch, Huibre Retief, Natalie Bonthuys. FOTO’S: DAVID ENGELBRECHT

KANTOORHOOF: OMGEWINGSGESONDHEID (2 POSTE) MOORREESBURG & VREDENBURG

Salaris: R 206 321 – R 267 818 per jaar (TASK-gradering 13) (Verw.: MHS2 & MHS21) Vereistes: • 3-jaar tersiêre kwalifikasie vir Omgewingsgesondheidspraktisyns of gelykwaardig • Registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as ’n Omgewingsgesondheidspraktisyn • Kode B bestuurslisensie • Moet in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap kan kommunikeer • Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede • Bestuursvaardighede • Vermoë om onafhanklik en doeltreffend te werk • Rekenaargeletterd (MS Word/Excel/PowerPoint) • 5 jaar toepaslike ondervinding. Pligte: • Bestuur ’n Omgewingsgesondheidskantoor in ’n subdistrik deur die Senior Bestuurder: Munisipale Omgewingsgesondheid behulpsaam te wees met begroting, beplanning, organisering, implementering, monitering, beheer en evaluering van omgewingsgesondheidsdienste ten einde ’n doeltreffende en effektiewe omgewingsgesondheidsdiens te verseker.

SENIOR LUGKWALITEITSBEHEERBEAMPTE (1 POS) VREDENBURG

Salaris: R 183 255 – R 237 878 per jaar (TASK-gradering 12) (Verw.: MHS 30) Vereistes: • Nasionale Diploma in Openbare Gesondheid of Omgewingsgesondheidspraktyk of gelykwaardig • ’n Kwalifikasie en/of ondervinding op die gebied van Luggehaltebestuur en omgewingsbesoedelingsbeheer word aanbeveel • ’n Kwalifikasie in Omgewingsnakoming en -toepassing vir benoeming ingevolge omgewingswetgewing (NEMA) • Registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as ’n Omgewingsgesondheidspraktisyn • Kode B bestuurslisensie • Moet in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap kan kommunikeer • Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede • Bestuurs-, konseptuele en tegniese vaardighede • Vermoë om onafhanklik en doeltreffend te werk • Rekenaargeletterd (MS Word/Excel/PowerPoint) • 5 jaar ondervinding op die gebied van luggehaltebeheer. Pligte: • Implementeer beleide, statutêre vereistes en programme wat ontwerp is om bewustheid te skep en omgewingsrisiko’s te verminder • Implementeer planne, wetgewing, beleide en werkprosedures in daaglikse uitvoering van pligte om teikens verwant aan sleutelprestasie-aanwysers en areas wat op luggehalte en geraasbeheer betrekking het • Verseker deur middel van aktiewe betrokkenheid en deelname aan bewusmakingsinisiatiewe, opvoedkundige programme en publieke werkgroepe en forums dat sleutelprestasie-areas bereik word en dat die belangrike uitkomste, soos suksesvolle koördinering, verspreiding van inligting, uitvoering van moniterings- en ondersoekprosesse, identifisering van bedreigings verwant aan lug- en ander omgewingskwessies en planne om hierdie bedreigings aan te spreek, behoorlik uitgevoer word ten einde te verseker dat luggehaltebestuur en -beheer volgehou word in die regsgebied van die Weskus Distriksmunisipaliteit.

Van links is Helena Visser, Amanda Walters en Rita Kruger.

Van links is Wena Tolke en Elsabé Bestbier.

Helena Visser, Elrika Lesch, Regina Neethling, Kathy Steenkamp.

Van links is Mariana Brand en Tertia Bredenkamp.

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2012 om 15:00. Benewens die vermelde salaris vir die permanente poste en onderhewig aan sekere voorwaardes, bied die Distriksmunisipaliteit mededingende byvoordele soos behuisingsubsidie, 13de tjek, lidmaatskap van aftree- en mediese fonds. Die voorgeskrewe aansoekvorms is gedurende kantoorure beskikbaar by Me. P. Boer by 022 433-8400 of op die webwerf by www.westcoastdm.co.za/vacancies.html. Voltooide aansoekvorms, vergesel van omvattende CV’s en gewaarmerkte afskrifte van diplomas/ sertifikate/ registrasies en bestuurslisensies moet gestuur word aan Weskus Distriksmunisipaliteit, Menslike Hulpbronne: Werwing en Keuring, Posbus 242, Moorreesburg 7310. Let Wel: Die Raad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoeke per faks of e-pos sal aanvaar word nie. CV’s sal nie aan kandidate terugbesorg word nie. Gunswerwing sal ’n kandidaat diskwalifiseer. Sou geen terugvoering binne 60 dae van die sluitingsdatum van hierdie kantoor ontvang word nie, kan kandidate aanvaar dat hul aansoek onsuksesvol was.

MUNISIPALE BESTUURDER Weskus Distriksmunisipaliteit Posbus 242, Moorreesburg 7310 www.humanjobs.co.za

Human Communications (Cape) C95196A


Dinsdag 14 Augustus 2012

Swartland Gazette 5

Nuus - News

‘Maak daai verskil wanneer jy sterf’ – word ’n orgaanskenker David Engelbrecht MALMESBURY- Luidens die Organ Donor Foundation kan een orgaanskenker, sewe lewens red. Hierdie kragtige statistieke is ook deel van die nuwe veldtog om mense meer bewus te maak oor die wonderwerk wat orgaanskenkers verrig, veral ook in Augustus wat bekend is as Nasionale Orgaanskenkersmaand.

In die gees van Nasionale Orgaanskenkersmaand, het die Vroue Lanbou-vereniging van Malmesbury Woensdag 8 Augustus, ’n praatjie gehou oor orgaanskenking. Die spreker van die oggend, Sakkie van der Westhuizen, het sy ondervinding gedeel en het veral klem gelê op die feit dat daar baie meer bewusmaking nodig is rakende orgaanskenking asook die minder-bekende Oorplantingspele: die olimpiese spele wat slegs mense wat oorplantings ontvang het aan kan deelneem. Van der Westhuizen, ’n bestuurder op die Broodkraal-landgoed, het in 2006 ’n nieroor-

sportspeler was dit geweldig planting ontvang, nadat volfrustrerend aangesien sy siekte skaalse nierversaking by hom hom platgetrek het en hy ’n niergediagnoseer is. oorplanting moes kry. Hy vertel dat die paktyd van Die realiteit van hoe lank hy tafeldruiwe op die plaas altyd ’n op die waglys kan wees vir ’n stresvolle tydperk van die jaar nier het hom in die gesig gestaar. is. Hy was destyds ook nie bewus Dit was egter nie lank nie, en hy van die feit dat daar ’n probleem ontvang sy eerste oproep. was nie, maar hy het net die heel“Tog, soos die lewe nou maar tyd moeg gevoel. draaie gooi, het ek toe op daardie “Dit was weer eens paktyd en stadium brongitis gehad en kon dit was soos elke jaar waar jy tot die dood toe moeg is, maar jy rus Sakkie van der West- toe nie die nier ontvang nie.” Dit was egter nie veel langer vinnig uit.” Toe dit egter ná pak- huizen vertel dat ortyd kom, het hy vir sy vrou ver- gaanskenking mense nie, en op 15 Desember 2006, kry tel hy kort regtig ’n vakansie ná se lewens onherroep- hy die oproep dat hy binne twee uur in die Kaap moes wees en reg dié paktyd en dat hy alewig moeg lik kan verander. bly. Dit was ook in hierdie tyd FOTO: VERSKAF vir sy oorplanting. “Nou, ons bly in Piketberg, en om binne amper dat sy polis afgekeur is. Hy het vir ’n mediese ondersoek gegaan, twee uur van Piketberg tot in Christiaan Barwaarna sy dokter hom meegedeel het dat hy nard te kom, wil gedoen wees!” Van der Westhuizen het sy nier ontvang volskaalse nierversaking het. Hierdie nuus het hom geweldig getref.Tog, van ’n jong seun van Port Elizabeth wat dood vertel Van der Westhuizen, het hy nie in sak is in ’n ongeluk. Van der Westhuizen is danksy sy nuwe oren as gaan lê nie. Volgens hierdie gesoute Liezel Spangenberg van Infinity Nail Creation (links) en Marietjie RouxSpangenberg van Infinity Circle Group.

VOORDELE VAN SOSIALE MEDIA BEKYK: Juliane Vorster (links), die gasspreker by die Business Link-byeenkoms en eienaar van GROdynamix, het meer kom vertel van sosiale netwerke en hoe dit vir jou besigheid kan werk. Die byeenkoms het verlede Woensdag in die Oloksaal plaasgevind en het weggespring met ’n heerlike ontbyt. Nora Marais, voorsitter van Business Link, staan langs Vorster. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Roeleen (links) en Marietha Malan van Universal College Outcomes.

Herman Meyeren van Hometree en Madelein Jacobs van Madelein Hair and Scincare.

Loraine en Gerhard Malan van Water Purifier

gaan, weer terug op die sportveld en is ook deel van die Nasionale Oorplantingspele wat vanjaar in Durban gehou sal word. Hierdie Spele word juis gehou vir atlete wat oorplantings ontvang het, en vanweë hul medikasie en hoë kortisoonvlakke nie aan die Olimpiese of Paralimpiese Spele mag deelneem nie. “Hierdie span is soos een groot familie. Met die vorige wêreldspele was ons sowat 40 lede in die span en ons het amper 40 medaljes teruggebring huis toe. Tog word die Oorplantingspele swak bemark en nie gereeld erken in die media nie.” Op die vraag of hulle nie fisiek gestrem word deur sport nie, antwoord hy dat daar wel sekere beperkings is, maar dat daar egter met sport min, tot relatief geen beperkings is. Sy boodskap vir almal is dat orgaanskenking mense se lewens onherroeplik verander. Hy moedig ook almal aan om meer betrokke te raak by orgaanskenking, juis omdat dit ’n noodsituasie in Suid-Afrika is. “Maak daai verskil wanneer jy dood is.”


6 Swartland Gazette

Menings - Opinions

Dinsdag 14 Augustus 2012

Bevry van sondebewustheid Pastoor Piet Smit

Dink mooi! Baie mense vind hulle dikwels op ’n kruispad wanneer dit kom by beleggings. Baie redeneer dit is wyser om jou geld iewers te belê waar jy dit kan sien, soos in eiendom. Ander neem hul geld eerder na ’n makelaar wat elke dag met beleggings werk en meer weet wat tans op die aandelebeurs aangaan. In talle gevalle is daar ’n middelman wat ’n beleggingsfonds vir sy kliënt se geld bestuur. Soos wyle Herman Pretorius se RVAFtrust (Relative Value Arbitrage Fund). Dit blyk nou dat hierdie beleggingsfonds nie juis die veiligste plek was om in te belê nie. Dié wat ’n paar miljoen daar belê het, het miskien nog ’n paar oor. Dit is egter diegene wat onder die middel-inkomsteklas tel wat die meeste in só ’n geval ly. Die spreekwoord lui mos nie verniet: “Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie”. Is dit net die middelman se skuld en verdien hy om gestraf te word? Of het hy dalk nie die regte vrae gevra nie en iewers belangrike besonderhede misgekyk wat hom outomaties vryskeld? Die feit bly staan dat die kliënt gewoonlik sy makelaar vertrou. Tog is dit deels die belegger se verantwoordelikheid om meer oor ’n sekere beleggingsfonds uit te vind, want dit is sy geld. Wanneer daar gepraat word van meer as ’n 100%-opbrengs, moet rooi ligte reeds flikker. Waar moet jy dan jou geld belê? Die Finansiële Diensteraad kan gerus ’n openbare inligtingstuk bekend stel waarvolgens die belegger kan werk nadat duisende nou wéér in ’n slaggat getrap het.

Wat is dit:

Ná ’n leser ’n paar weke gelede ’n snaakse tamatie hier by die Gazette se kantoor aangebring het, het een van ons advertensieverteenwoordigers, Carol Visser, dié suurlemoen by die kantoor aangebring. FOTO: DAVID ENGELBRECHT

Mense koppel dikwels die dinge wat met hulle verkeerd gaan of breek, aan God se straf. Die kanse dat dit oor jou sonde is dat die Here jou straf wanneer jou motor breek, is baie skraal. Dis bloot omdat dit ’n tydelike ding is wat een of ander tyd moet onklaar raak of breek. Dit het niks met God se straf te doen nie. Rom. 2:4 praat van die Here se “rykdom van goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid”. Ons lees van God se goedheid en hoe Hy eintlik soek om te seën in Jak. 1:17 – “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte.” God se straf is vir hulle wat weier om Sy Seun aan te neem wat vir hulle aan die kruis gesterf het. Sy straf sal voltrek word in die hiernamaals wanneer genoemdes in die hel gewerp sal word (Open. 20:15). Sondebewustheid maak dat soveel kinders van die Here, God se liefde en integriteit in twyfel trek wanneer dinge verkeerd gaan. Dit moet die aller laaste ding wees om die Here die skuld te gee! Dink aan die woorde van Jes. 54:15 – “As hulle ook die aanval begin – dit is nie uit My nie;”

Dis ’n WP-graanwurm Dis ’n mier. Dis ’n kewer. Nee dis ’n wurm en nogals die WP-graanwurm. Waar het jy nou al ooit van so iets gehoor? Gewoonlik raak ’n Kapenaar trots wanneer iets met WP assosieer word. Hoekom dan al die trotste motoriste wat spog met hul WP-nommerplate, ongeag die woord Baby wat dit vooraf gaan. Maar ’n wurm, en veral dié wurm, is geen graanprodusent se trots nie. Die meeste van ons beskou hierdie tyd van die jaar gewoonlik die mooiste van die Swartland, met die canola op sy geelste en die koring op sy groenste, met ’n blou skynsel nadat die kunsmis gesaai is. Min weet egter dat van die boere eers sake met ’n sekere wurm moet uitstryk voor dié pragtyd kan aanbreek. Dit is einde Junie. Skoonouers toer daar doer in Suid-Wes. Ons seun van sowat drie maande is perdfris en gesond en die verwagting van ’n goeie oes is in sig soos koringplante bont staan. Pappa kan nie meer trots wees nie. Tot ’n lelike ding sy kop begin uitsteek.

Kaal kolle verskyn op verskeie koringlande in die omgewing van Malmesbury. Koringplante en weiding begin stuk vir stuk verdwyn. Dit is omtrent ’n kopkrapper. Die een boer en gif rep na die ander word gebel vir raad, of eerder hoop, tot ’n oplossing gevind word. Alle lewende organisme wat moontlik die oorsaak kon wees, is reeds doodgespuit. My man gaan verder en krap onder die grond rond. Dis toe dat hy die vieslike wurm, naamlik die WP-graanwurm ontdek. Dié een werk van onder af. ’n Boer het dit nou die dag beskryf as

Huis van Heerde is baie dankbaar Geagte Huis van Heerde vriende Baie dankie vir die skenking van die klere wat Huis van Heerde van die Swartland Gazette ontvang het. Ons kan dit baie goed benut en kan u verseker van ons opregte waardering vir u bydrae. Ons is baie geseën om vriende te hê wat soveel omgee. Een van ons groot uitdagings met die kinders wat ons hier versorg, waarvan 95% uit voorheen benadeelde en tans arm gesinne kom, is om aan hulle so ver moontlik ’n gebalanseerde daaglikse dieet te voorsien. Daarbenewens is ons verantwoordelik vir die totale berading, versorging, slaapplek en kleding van die 56 kinders waarvoor ons geregistreer is. Ons ontvang van die departement van maatskaplike dienste ’n 64%-subsidie, maar ons is verantwoordelik vir die res van die fondse om die instelling – wat sy bestaan in 1918 gehad het – suksesvol te bedryf. Ten einde ons in staat stel om ons boeke te laat klop is ons grootliks afhanklik van goedgesinde besighede en individue wat gratis skenkings van vleis, gekraakte eiers, brood, groente, vrugte en ander lewensmiddele gee. Waar moontlik, word kontak tussen die kinders en hul ouers bewerkstellig. Ons doelwit is om ’n kind binne twee jaar weer by sy/haar ouers of familie terug te besorg. Ons kinders en personeel is te alle tye afhanklik van gebede en ondersteuning. Elke bydrae is van onskatbare waarde.

die WP-snywurm, want hy sny in jou wins in. Daar was ’n tyd dat ek nie minder kon omgee wat op koringlande gebeur nie. Nou weet ek ’n bietjie meer en ek weet nie wat die ergste is nie: die kaal kolle of die vraagtekens op my man se gesig. Al wat ek as ’n boer se vrou kan doen, is om hom by te staan. Deur dik en dun, of dit nou ’n dik wurm of ’n dun oes gaan wees. Dit is nou maar een maal so. Baie vroue boer net so hard saam met hul mans. Sommige voer fisiese take uit, terwyl die meerderheid hul taak op psigiese vlak verrig. Op die ou einde word ’n plan beredder. Van die kaal kolle herstel, terwyl ander toegegroei word deur die plante wat gered kon word. Vooruitsigte lyk vir sommige beter as ander en die Kapenaars ry Sondae deur die mooi landerye en skree “WP jou lekker ding”. Onbewus van die duiwel wat ’n tydjie terug nog daar onder gedraai het.

ek u hartlik bedank vir u goedhartigheid. Mag God u ryklik seën. Indien u dalk telefonies in verbinding wil tree, kan u my kontak by die volgende nommer: 022 486 6441. C. Adams

Nogmaals dankie vir ieder en elk se betrokkenheid by Huis van Heerde. I van Niekerk

Hoërskool Swartland Another chance to win One more night for two is up for grabs in the sê dankie vir Gazette’s website kick-off competition sesuksesvolle ARTHSS ries.This week The Caledon Hotel offers one

Ons wil graag hiermee almal bedank vir hul aandeel ten opsigte van die publisiteit, foto’s en sukses agter die skool se ARTHSS-funksie in Junie vanjaar. Ons kan met trots sê dat hierdie funksie ’n groot sukses was. U lojaliteit en ondersteuning teenoor ons skool word opreg waardeer. Nogmaals baie dankie. Mnr. DJ Marais

night’s mid-week accommodation for two in one of its deluxe rooms. The prize is valued at R599 and excludes breakfast and full access to the mineral springs. The Caledon Hotel, part of the well-known The Caledon Casino, Hotel and Spa resort, offers accommodation options ranging from superior and deluxe rooms to luxury suites. Most of the rooms command spectacular views of the Klein Swartberg Mountains and are set amidst lush landscaped gardens. Guests can also treat themselves to the many luxuries available at the resort, ranging from relaxing in the original Victorian bath house, therapeutic massages or a calming stay in the invigoration pools. Op Vrydag 3 Augustus, het ’n onbekende welVisit www.thecaledoncasino.co.za. doener my ryklik geseën terwyl ek inkopies To enter the online competition, visit by Malmesbury Spar gedoen het. Graag wil www.bolandgazette.co.za.

Dankie aan weldoener


Dinsdag 14 Augustus 2012

BORRELENDE SAKEKAMER-FUNKSIE: Elsabé Eldrich, gasspreker by verlede Dinsdagaand (7 Augustus) se Sakekamer-geleentheid, het omtrent gesorg vir hope vermaak. Die Sakekamer het ’n vroueaand in Laerskool Swartland se skoolsaal aangebied met die fokus op Vrouemaand. Eldrich, wat al oor die 30 jaar as spreker by geleenthede optree, het dorpenaars behoorlik laat lag met haar praatjie. Met die ekonomie wat effens aan die kortste end trek, het Eldrich sakelui op haar prettige manier moed ingepraat vir die res van die jaar wat voorlê. “Dit was ’n goeie tonic met die ekonomie wat bietjie af is,” het Lizl Coetsee van Blom Gogga gesê. Van links staan Johanna le Roux, Lizl Coetsee, Maresa Langeveldt, Elsabé Eldrich,Jeanne-Marie de Villiers, Alet Ras en Patricia Taljaard. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Sake - Business

Gesie Louw, Hübre van der Merwe, Annebelle van der Merwe en Coenie de Beer.

Franscois de Villiers, Janus le Roux, George Retief, Schalk Langeveldt en Johann Louw. F

Voor sit Hannelie Grobler, Jeanene Nel, Mia Saayman met Tamsen van Hinsbergen, Theresa van Vreden, Janet Wiid, Lizbé Geldenhuys, Cathy Hempel en Mariëtte Janse van Rensburg.

Mareaize de Kock, Fanie Basson, Paula Basson, Boy Viljoen, Karin Viljoen en Wilma Rossouw.

Swartland Gazette 7

Eldrich besig om handtekeninge uit te deel.

Daleen Griebenauw, Lene Roelof en Johan Conradie.


8 Swartland Gazette

Jeug - Youth

Dinsdag 14 Augustus 2012

Agter van links is Willize Lategan, Kayla Olivier en Philliza van Breda. In die middel van links sit Kelsey du Preez, Reeva Larey en Inge van der Westhuizen.

Van links is Henri Mentoor Cruze Adams en Zuhaim de Villiers.

Schoonspruit Sekondêr het op Woensdagaand, 8 Augustus hul matriekafskeid gehou. Weelderige pakke en asemrowende rokke was orals te sien en het gesorg vir ’n aand van swier en glans. Van links is Emile Smit, Sergio Rooms en Wintley Selaledie. FOTO’S: DAVID HOUBURG

Brittaneë Elias, Gray-Lee Carolse, Trichia Papier, Saskia McGuire en Zilke Adams.

Sasha-Lee Atkins, Haylene Phillips, Jo-Ann Stemmer, Chaney September.

15 Augustus – Swartland Toerisme hou algemene jaarvergadering. Belangstellendes word genooi om die jaarvergadering by te woon wat om 15:00 by die Buffelsfontein Wild- en Natuurreservaat gehou sal word. Bevestig bywoning teen 1 Augustus by Carlen Vorster by 083 688 3005 of swartland@cornergate.com. 17 Augustus – Moorreesburg Lions Club Hoenderbraai Die Moorreesburg Lions Club hou hul jaarlikse hoenderbraai op 17 Augustus. ’n Halwe hoender, slaai en ’n bun kos R30. Kontak vir Anton Roux by 082 824 7882 in verband met navrae of kaartjies. 18 Augustus - Volle Evangelie Kerk Malmesbury Die Volle Evangelie Kerk in Malmesbury se vroue bediening bied op 18 Augustus om 15:00 ’n diens

Chaney September, Carlin Warwick, Laureen Appolis, Eveleen Adams.

aan. Kontak gerus vir Pauline Mesani by 071 295 1777 of Bedine Peters by 071 432 3603. 24 Augustus - Fire and Water Tribute to legends Fire and Water- A tribute to our legends - Voorvertoning en daarna ’n dans. Tina Turner, Cat Stevens, J.J Cale en Boz Scaggs word vertolk deur Melindi Charle, Fanie Veldskoen, Mark Johnstone en Greg Wadeley. Hierdie vertoning vind plaas op 24 Augustus by Die Hut in Moorreesburg. Die tyd is 19:00 vir 19:30. Vir kaartjies, skakel gerus vir Antionette by 022 433 3154 of besoek De Oude Stoep. Hierdie

is ook ter viering van De Oude Stoep se eerste verjaarsdag. Kaartjies beloop ’n koste van R60 ’n dubbelkaartjie en R30 ’n enkelkaartjie. Etes vooraf bespreekbaar by De Oude Stoep. 25 Augustus – Markdag op Moorreesburg. Kom loer wat jy by die kattebakverkoping en markdag by die museumterrein op Moorreesburg kan koop. Die inskrywingsgeld is R30. Bel Annelize by 022 433 1072 of 082 574 0357 vir meer inligting. 26 Augustus - Mother and Daughter High Tea ’n Ma- en Dogter tee sal om 16:00 by Wesbank Sekondêr gehou word. Die gaskunstenaars wat gaan optree is Voices for Christ. Dit kos R50 per kaartjie en sal in die skoolsaal plaasvind. Vir meer inligting kontak vir C. Love by 079 499 7719.


Dinsdag 14 Augustus 2012

HUIS te koop in Wesbank. 3 Slpk met i.g.k, dubbel mh, dubbele erf + Servant Quarter, R500 000 o.h.b. Skakel eienaars 071 671 2411. 1 2 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys Welkom. Goedkeuring in 5 min. 021 696 0676.

RYGELEENTHEID aangebied: Malmesbury na Kaapstad CBD en terug.Ure:07:00 - 15:30 Verkieslik iemand met eie vervoer. Skakel: 084 671 8983.

RAAI wie word 60 Marthinus Daniëls 17/08/2012. Baie dankie vir alles wat u vir ons deur die jare gedoen het. God's rykste seën op u 60ste verjaarsdag. Geniet u dag. Van u vrou Rachel, kinders en kleinkinders.

Saamrygeleentheid gesoek vanaf Bellville n a M a l m e s b u r y. Maandae - Donderdae vanaf 08:00 tot 17:00 Skakel Bernice 083 243 5251.

SOEK jy Geld? Ek kan Help.R1000-R100000, 5min,pre-approval, Sameday pay-out. Fiona:0824222271

GELUK Rodwin met jou 21ste. Geniet jou dag. Liefde neefs & nig-gies.

GELUKKIGE 1ste verjaarsdag Chloé Julies op 18/08/2012. Gods rykste seën. Van: M a m m i e , D a d d y, Carlynn, Kesha & Nanna.

Sharp William Thomas - 9/8/1950 08/08/2012. Verassing privaat.

SYSTER STEFANUS 22/1/1937 - 12/8/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Sondag 19 Augustus 2012 te Jakkalsfontein.

SOLOMONS PIETER 19/8/12 3 Jaar van my weggeneem. Dit voel nog soos gister.Mooi herinneringe sal altyd by my bly. Soms nog met'n traan. Jou vrou Minnie.

MAKE your dream a reality by selling JUSTINE. Consultants needed in your area. Fantastic earnings o p p o r t u n i t y. S m s Name, Contact Details and Area to: 084 625 0007.

AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

BOLTNEY RUDOLPH 2/11/1925 - 12/8/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag 18/8/2012. Huisdiens om 08:00. Kerkdiens om 10:00 te St Micheals Kerk, Abbotsdale.

AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

CLEOPHAS HENDRIK 14/8/1946 - 29/10/2011 Vandag 14 Aug 2012 is dit jou 1ste verjaarsdag asook mamma Emmie se 10de jaar weg van ons. Die vermisting is groot, maar wat God gedoen het is welgedaan. Van jou vrou Rina en kinders Johnathan, Riaan en Jo-ann.

GELUK Rodwin met jou mondig wording die 15/08/2012. Ons wens vir jou net die beste vorente. Liefde Ma en familie.

Swartland Gazette 9

Betrekkings - Vacancies

LATEGAN GRIETHA "Poppie" 29/9/1958 09/08/2012 - Begrafnis vind plaas op Saterdag 18 Augustus 2012 om 14h00 by die Ou Apostoliese Kerk te Malmesbury. Besigtiging by die huis te Tintinkie Str 68 om 12h30.

B A A L E L E VAT O R Baal stapelaar vir klein bale, hidroliese aandrywing, op wiele, maximum hys hoogte 6,2m, glybaan 9,2m lank. Kontak Pieter 022 482 1216 / 083 234 1509 (Malmesbury). DRIE PUNT Skraper, 2,4 meter. Skakel Pieter 083 234 1509 / 072 432 8979. KOMPOS- Skoon voerkraal mis/geen onkruid per sak/vragte. Billike pryse. 076 942 22 90. VIR bestellings van samoosas, springrolls, rotis, koek ens. Skakel 022 486 4933.

DAMONSE WAYNE RANDOLPH - 6/12/67 16/8/08 - Niks kan jou plek neem, maar die mooi herinneringe vul elke dag die leemtes. Daddy, Mammie, Judy & Portia hul eggenote en gesinne.

BUSINESS for Sale Coffee shop/takeaway for sale in Moorreesburg, plenty potential urgent sale reduced to R48 000 as owners relocating end August. Tel: 083 633 3632, E m a i l : radie@pcnetmail.co.za

PIKETBERG Onvoltooide Huis, 450m², Prys R120 000. Besigtig enige tyd te Suikerkant 13, Piketberg. Skakel Salim 082 771 6199.

AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse. AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

KAMER te huur in Woonhuis in Wesbank. 022 486 5125 / 083 617 2928.

AFSAAG van bome. Verwydering van tuinvullis, bourommel, snoei van struike en bome. Skakel Leon 082 753 8341.

TOP EIENDOMME R7 000.00 pm - 3 Slpk, 2 badk, oopplan komb / leefarea, diefwering, dmh, alarmstelsel, koopkrag, beskikb 18/9/2012. Skakel kantoor: 022 487 3818.

ASPATAT PARTYTJIE S: Springkastele, waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies te huur. Kontak 084 607 5658.

AAN ALLE bakkies en motors eienaars voertuie word gesoek vir kontant. Lopend of nie-lopend. Ons doen ook bank aflosse. Skakel of Sms: 079 544 2824. AAN ALLE bakkies en motors eienaars voertuie word gesoek vir kontant. Lopend of nie-lopend. Ons doen ook bank aflosse. Skakel of Sms: 079 544 2824. AAN ALMAL AANBEVEEL! Kontant dadelik! Alle voertuie, alle modelle, nie lopende voertuie welkom. Skakel of Sms: 078 930 0278. AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse. AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse. VEHICLE for sale - Fiat Uno Cento 1998 model good condition urgent sale R19 800. Te: 083 633 3632, Email: radie@pcnetmail.co.za

BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand 083265 5161. BOETIE EN SUSSIE SPRINGKASTELE Waterglybane en verskeidenheid springkastele te huur. Kontak Nelia 073 610 2810. CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaardigers van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & veranderings. Derick & Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394. 13298-u/c CK BLINDS Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394. CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. Chris 082 554 2754. DIE TUIN GURU'S Sny van gras, Afmaak van bome. Verwydering van vullis. Billike pryse. Skakel 084 677 4488. DIGITALE Jukebokse Verhurings vir funksies en sosiale geleenthede. Vanaf R600. Skakel 082 873 3352. Pooltafels Oortrek Blad en kussings vanaf R750. Skakel: 082 873 3352

J O R R A ' S TUINDIENSTE - Sny van grasperke groot of klein. Skoonmaak van plotte / erwe of fabrieksareas. Skoonmaak van beddings, gooi van kompos plus verkoop van kompos. Skakel 082 753 8341. MAAK van honde hokke klein, groot en ekstra groot. Lewer af. Deurstoppers, poppe & worshonde. Skakel 073 518 4358 / 078 336 5765 / 022 482 2322. POTJIEKOS - Vir alle geleenthede vanaf 40 tot 200 persone.Skakel 083 956 0606 / 072 431 4222. ROLL-ON LAWN te koop. Verkoop of lê van gras. Skakel 082 753 8341. SAND BLASTING Sandstraal nou gedoen b y B e n d r o d , fabriekstraat 6, Malmesbury. Skakel Pieter Roux, 083 234 1509 / 072 432 8979. T J ' S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa 082 497 3383. TOP kwaliteit "vibracrete". Verkoop van pale plus "slabs". Oprigting van mure. Beste pryse. Skakel 082 753 8341.

VIR Professionele Finansiële Advies i.v.m Lewens,ongeskiktheid en gevreesde siektedekking, Studiepolisse, Medium tot langtermyn belegg i n g s , Aftredebeplanning ( A n n u i t e i t e ) , Boedelbeplanning & Mediese fondse. Skakel vir Brahm Lategan by 083 410 9302 of e-pos: brahm.lategan@gmail. com vir 'n afspraak. VOETSPOORTJIES Ons sal u Baba versorg met baie liefde vanaf 1 mnd.Kan baba bad, kliniek toeneem vir opvolg besoeke. Dankie aan al die ouers wat reeds hul vertroue in ons plaas. Gerty Dutoit, 3 West s t r, M a l m e s b u r y. Kontakno: 083 505 3441.


10 Swartland Gazette

SUIWELBEES-KAMPIOEN: Johan Dürr, ’n leerling aan die Laerskool Swartland, het die afgelope Junie-skoolvakansie sy staal gewys toe hy aan die Jeugskou Wes-Kaapproewe deelgeneem het. Dürr het eerste plek in die junior-junior-afdeling vir suiwelbeeste behaal. Hy sal vanaf 31 September tot 3 Oktober as deel van die WesKaapse span, aan die SA Kampioenskappe op Clanwilliam deelneem. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Betrekkings - Vacancies

EISTEDDFOD-UITBLINKER: Suzaan Beukes van Laerskool Swartland het ’n uitmuntende 90% behaal nadat sy gedurende Mei haar Unisa Gr. 3 klaviereksamen afgelê het. Beukes is met hierdie besonderse prestasie op die ererol van Unisa geplaas. Tydens die afgelope Wes-Boland Eisteddfod, het Beukes ’n klavierkonsert gelewer wat ’n Barok, Klassieke en Moderne stuk insluit. Sy het vir al drie stukke Cum Laude verwerf en vir die algehele konsert ’n gemiddelde Cum Laude verwerf. FOTO: CHARLOTTE LESCH UBUNTU-UITREIK: Mac Dixon (links), gemeenskapswerker, saam met Ami Greeff (middel) en Pat Dixon (regs), beide vrywilligers van Piketberg Animal Welfare (PAW), het na die gemeenskap uitgereik op Vrouedag in die gees van ubuntu met pakkies honde- en katkos, asook ’n inligtingspamflet oor troeteldierversorging. PAW bedank graag die gemeenskap en besoekers vir hulle lojale ondersteuning. FOTO: VERSKAF

TOP SKAAKPRESTEERDERS: Skaakspelers van Hoërskool Dirkie Uys het onlangs aan die Boland Top Schools-skaaktoernooi deelgeneem. Hulle het 2de in die seuns o.17-afdeling geëindig, en het dieselfde aantal wedstrydpunte as die wenners (Boys High) verwerf. Die spelers het na die Wes-Kaap Top Schools-toernooi deurgedring, wat volgende naweek (17 Augustus) plaasvind. Die merkwaardige span bestaan uit een Gr. 11-leerder, drie Gr. 10’s en twee Gr. 8’s.Voor van links staan Barend Mostert, Anton Koch en Neil Faasen, met Johandré Meyer, Christian Rust en Hardus Dippenaar in die agterry. FOTO: VERSKAF

MYLPAAL: GW Burger het nou sy eerste formele sertifikaat van Trans Africa Aviation vir sy vlieëniersopleiding ontvang. Dit lui: “For legally piloting a plane, and taking the first, most important step towards obtaining a pilots license.” ‘n Pragtige mylpaal. :

JEUGSKOU-KAMPIOEN: Rossouw Koen van Hoërskool Swartland op Malmesbury het gedurende die afgelope Junie-vakansie aan die senior melkbokafdeling van die WP kampioenskappe se Jeugskou wat op Clanwilliam gehou is, deelgeneem. Hy is in die Wes-Kaapspan opgeneem wat gedurende die Septembervakansie aan die SA’s, wat ook op Clanwilliam gehou sal word, deelneem. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Dinsdag 14 Augustus 2012

BIO-SCIENCE OLIMPIADE: Nege leerders het vanjaar aan die Natuurwetenskap Olimpiade vir graad 8 en 9 deelgeneem. Almal het sertifikate ontvang vir deelname maar ons wil graag vir Jorine Bester baie geluk wens met die brons sertifikaat wat sy verwerf het.

G’N KEER AAN DIÉ FIETSRYER: Raymond Jennings van Hoërskool Swartland op Malmesbury het vanaf 25 tot 28 Junie aan die Oudtshoorn Jeugfees vir die WP skole fietsryspan deelgeneem. Hy het aan ’n 104km-item deelgeneem waar hy 9de gekom het; in die Kermesse-item het hy in die laaste rondte 14de gekom; in die 25km “Cross Country” bergfietswedren het hy vierde gekom en in ’n 43km bergfietswedren het hy ten spyte van ’n pap wiel oor die laaste 10km, die 9de plek behaal. Hy het tydens die jeugfees die algehele vyfde plek uit 62 junior deelnemers behaal. Raymond het ook deelgeneem aan die proewe vir die WP-span om aan die Interprovinsiale Baan Grand Prix deel te neem wat vanaf 18 tot 19 Augustus in Bellville sal plaasvind. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Suzaan Nel van Hoërskool Swartland op Malmesbury is opgeneem in die o.16 Wes-Kaapspan wat ’n goue medalje verower het tydens die SA netbaltoernooi waaraan hulle deelgeneem het. FOTO: CHARLOTTE LESCH

LANDLOPERS PRESTEER: Annereen Malan (links) het op 28 Julie 2de plek in die Boland Landloop-byeenkoms se 4km-wedloop op Robertson behaal, terwyl Allison de Wet 1ste gekom het.

GIMNASTE SKITTER: Akro-gimnaste aan die Laerskool Swartland het op 28 Julie hul slag gewys op Langebaan. Van links staan Rumadré Lawrence (drie goue medaljes), Sagren Papier (goud en silwer), Marné Visser (silwer), Adèle Abrahams (silwer), Daniel Visser (silwer en brons), Jana du Plessis (goud en silwer), Chloë Lottering (silwer), Johané Steyn (goud, silwer en brons) en Jana Nel (drie goue medaljes). FOTO: CHARLOTTE LESCH


Dinsdag 14 Augustus 2012

Swartland Gazette 11

Sport News

Jeugweek in Goedverwacht

Die organiseerders wil graag hul dank uitspreek vir ’n suksesvolle Jeugweek, wat van 2 tot 6 Julie op Goedverwacht gehou is. Volgens die organiseerders, Gerhard en Shawné Esau was daar groot belangstelling onder die jeug en is die week goed ondersteun deur gaste van so ver as Limpopo. Die getal kinders wat deelgeneem het aan die jeugweek, het dié van 2011 oortref, met ’n totaal van 977 kinders wat deel was van 2012 se program. Programme het elke dag van 10:00 tot 13:00 geduur. ’n MIV/vigsprogram, onder leiding van

Spesiale goud vir Vrolike Vinkies Kleuterskool: Sestien graad R-leerlinge aan

die Vrolike Vinkies Kleuterskool in Malmesbury, het op Donderdag 2 Augustus aan die Swartland Kultuurvereniging se Nasionale Dans Eisteddfod deelgeneem. Die eerste groep, Birthday Celebrations, het Spesiale Goud ontvang. Die tweede groep, Let’s Dance, het ook Spesiale Goud gekry. Hier is (agter van links): Me. Daphne Moses, Bronché Basson, Keletso Foksi, Vinnecia Owies, Mihle Ntantiso, Shenique Titus, Natassja Tities, Logan Adams, Gift Tom en me. Vivienne Messina (hoof en graad R-opvoeder); (middel) die Let’s Dance-groepie met Jaydee Pieterse, Zachary April, Janine Mrwetyana en Tracey-Lee Pietersen; (voor) Chuma Ngozi, Cameron Manuel, Jo-Marie Kewana en Jaymore Brown. FOTO: DAVID ENGELBRECHT

Bel ons gerus Kontak gerus ons verslaggewers, Lizette Smit en Charlotte Lesch met nuuswenke by 022 482 3817. Indien jy graag ’n bydrae in die Gazette wil plaas, stuur gerus ’n e-pos na lizette.smit@media24.com of charlotte.lesch@media24.co m. Ons sien uit daarna om van julle te hoor.

Doreen White van die Vredenburg MIV/ vigskliniek het die program op die eerste dag gelei. Voorberg Korrektiewe Dienste was die volgende dag aan die beurt en het die jeug bewus gemaak van dwelmmisbruik en die gevare daarvan. Die Loopbane-uitstalling het op die Woensdag plaasgevind, ’n gesondheidsdag is aangebied deur Reagan Forbes van Sport Science Wellness, Porterville oor die belangrikheid van gesonde eet- en gebalanseerde gewoontes en Cape Nature /Natuurbewaring het ook ’n program oor biodiversiteit aangebied.


Swartland

Sedert 1954 Since

Swartland se betonvennoot ( 021-873-1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za

Year 10 • 14 Augustus 2012 | Tel. 022 482 3817

Weskus verwelkom WesKaap se netbalspanne so geskryf is dat die gesoute beamptes nie by die toernooi betrokke mag wees nie. Dit is ’n belangrike ontwikkeling van vaardighede vir die toekoms van netbal. Spelers uit die KlubontwikkelingsDie Wes-Kaap Inprogram van die deterstreek Ontwikkepartement van kullingstoernooi sal tuursake en sport is plaasvind by die perook in hierdie spanseel van die Weskusne opgeneem. skool te Saldanha en Weskus het nie beloof om opwindenminder nie as elf spede netbal op te lewer. lers wat uit dié proSpanne van WP, Boland, Sentraal-Bo- Die bestuur nooi almal uit: (agter van links) Elserine Schutte (skeidsreg- gram tot die twee land, en SWD – elk ters), Marieta Coetzee (wedstryde), Barbara-Ann Carstens (wedstryd-as- ontwikkelingspanmet 2 spanne – gaan sistent), Esta Visagie (skakelbeampte), Nadine Scherman (ontwikkeling), ne verkies is. Die saam met twee plaas- Suzette Visser (afrigters), Hanchen Mouton (tesourier), Madelein Horn toernooi word grootlike spanne van die (president); (voor) Amalia van Niekerk (transformasie), Liezl Dreyden liks finansieël onWeskus deelneem. (visepresident), Louween Bok (sekretaresse). Afwesig: Mardine Cleophas dersteun deur die deDit is ’n baie unie- (administrasie) FOTO: VERSKAF partement van kultuursake en sport. ke toernooi aangesien dit oor alle grense heen transfor- wat nog nooit voorheen nasionale en Ander borge het ook bydraes gemaak masie en ontwikkeling omhels. Dit internasionale netbal-ondervinding om van dié toernooi ’n spoggeleentheid te maak. is die eerste keer dat die eer vir die opgedoen het nie. Weskus Netbalunie wil graag eniSpelers moet jonger as 30 jaar oud hou van so ’n toernooi die Weskus te beurt val. Dit kom op ’n tyd met Wes- wees en mag ook nog nooit voorheen ge belangstellendes – mans, vroue; kus Netbal wat in 2012 ongekende vir volwaardige provinsiale spanne oud en jonk – nooi om hierdie besongroei beleef. Sowat 150 deelnemers gespeel het nie. Spelers word toege- derse naweek van netbal saam met laat om vir net drie jaar aan hierdie hulle te kom deel. Spel begin op Vryword verwag. Die toernooi bevorder die ontwik- toernooi deel te neem. Beamptes dagmiddag om 15:30, en vervat weer keling van jong opkomende sterre word ook ontwikkel deurdat die reëls Saterdagoggend om 08:00. Op 24-25 Augustus verwelkom die Weskus Netbalunie die onderskeie netbalfederasies van die WesKaap by die Weskus.

Duiwe-uitslae vlug op 9 Augustus van Leeu-GamHier volg die duiwe-uitslae van die Augustus: ka na Malmesbury: 1. BG Lofts: 1043.962 ORPC-klub van Britstown na Mal1. J. Steenkamp: 1282.749 2. K. Edas: 1032.9024 mesbury op 4 Augusutus: 2. G. Williams: 1279.518 3. Manuel Lofts: 1032.8034 1. K. Edas: 1189.8452 3. G. Williams: 1278.386 4. S. Zimri: 1029.383 2. Manuel Lofts: 1184.9476 4. E. Kotze: 1274.785 5. K. Edas: 1023.6949 3. RC. Liedeman: 1162.0601 5. J. Steenkamp: 1270.772 6. BG Lofts: 1017.7485 4. K. Edas: 1142.4676 6. M. Hill: 1265.963 7. Manuel Lofts: 997.4421 5. Manuel Lofts: 1117.7292 7. E. Kotze: 1248.785 8. Manuel Lofts: 992.6739 6. S. Zimri: 1103.9551 8. G. Horn: 1244.328 9. K. Edas: 987.1017 7. RC. Liedeman: 1065.1124 9. M. Hill: 1241.242 10. S. Zimri: 981.826 8. Manuel Lofts: 1060.4674 10. F. Meintjies en Seuns: Hier volg die Malmesbury PosHier volg die ORPC-klub van Drie Susters na Malmesbury op 12 duifklub se uitslae van hul wed- 1236.898

Die spanne van Never Despair en Abbotsdale het Saterdag op ’n modderige en nat veld teen mekaar te staan gekom. Hier word Farrel Erasmus van Abbotsdale behoorlik getakel vir die bal.FOTO: CHARLOTTE LESCH

Never Despair trek ’n James Bond op Abbotsdale Johann Maarman As jy na ’n James Bond-fliek kyk, is daar tye dat jy wonder of 007 dit gaan maak. Net sodra jou hart ontsteld wil raak, ontsnap Bond uit die kake van die dood en aan die einde is hy gewoonlik aan die vry onder die lakens. Never Despair moes Saterdag teen Abbotsdale ’n James Bond trek om buurmanne in ’n klipharde wedstryd met 15-13 te klop. Kyk, Abbotsdale het verdien om die wedstryd te wen, want hul ’n bul-agttal het Never Despair in die modder gestoot. Hulle het twee keer Spairs se doellyn oorgesteek met goeie dryfwerk. In die lynstane het Abbotsdale ook teen die einde woes gerank en dit was die lanseerplek vir hul volgehoue aanvalle. Hier moet die naam van Johan Liedeman genoem word. Hy was yster op die aanval.

Tog was dit Spairs se eie James Bond in die persoon van Sherwyn Dyason wat al Spairs se punte in die eerste helfte aangeteken het deur drie strafskoppe deur die mikke te jaag. Abbotsdale het geantwoord met ’n strafskop wat telling teen rustyd, 9-6 gemaak het. Kort ná rustyd het Abbotsdale teruggeslaan met ’n drie (9-8). Toe is dit weer Spairs se 007 wat sy span laat asemhaal het met ’n strafskop. Abbotsdale se fut was nog lank nie uit nie en het Spairs laat hik met ’n onvervyfde drie om met 13-12 voor te loop. In die laaste minuut is Abbotsdale gestraf en dit was 007 wat Abbotsdale se harte gebreek het. Abbotsdale was dikmond oor die strafskop, maar Spairs was in ekstase en Dyason is skouerhoog van die veld gedra. Soos in ’n regte Bond-moewie, Die another day!

Sport in Suid Afrika is mos perdfris Met die Olimpiese Spele agter die rug kan ons as ’n nasie voorwaar trots wees op ons atlete. Die Suid-Afrikaanse-span het vriend en vyand verras met hul prestasies in Londen vanjaar. Ons roeiers (goud), Chad Le Clos (goud en silwer), Cameron van den Burgh (goud en wêreldrekord), Bridgette Hartley (brons) en Caster Simenya (silwer) het met medaljes huiswaarts gekeer en die negatiwiteit rondom die land se Olimpiese vermoëns vir goed begrawe. Ander hoogtepunte was: . Oscar Pistorius wat die eerste parapleeg word om aan die Olimpiese Spele deel te neem; . Anaso Jobodwana wat kwalifiseer vir die 200 m finaal; . Annette Viljoen wat vierde plek in die spiesgooi-finaal behaal; . Burry Stander met sy vyfde plek in die bergfiets-finaal. In ander items maak ons ook ons stem dik. In die 2012 Super Rugby-seisoen het

sowel die Haaie as die Stormers beïndruk. Die Haaie het ná ’n rukkerige begin SuidAfrika in die finaal van die kompetisie verteenwoordig. Hoewel die Chiefs hul behoorlik laat les op sê het, het die Haaie tog met lof uit die stryd getree. Ná afloop van die poelwedstryde het die Stormers die algehele eerste plek op die punteleer beklee. Die span van die Kaap kon ongelukkig nie die pyp in die semi-finaal rook nie, maar hul prestasies in 2012 is iets waarop hul ondersteuners trots kan wees. Die Springbokke se veldtog in die Rugby Championship-toernooi, voorheen TriNations, begin Saterdag teen die Argentyne in Kaapstad. Hulle sal die aspirasies en drome van die nasie, om ten minste een beker in 2012 te wen, op hul skouers dra. Met die wêreldkampioene en Super Rugby-kampioene, Nieu-Seeland, weer op hul beste, sal die Bokke hul storie moet ken.Dit beloof om ’n vuurwarm kompetisie te wees en Heyneke Meyer sal hoop om sy goeie begin as afrigter voort te sit. Soos die En-

gelsman sê: “Only time will tell”. Die Proteas is ook op pad om hul as die nommer een toetskrieket-span in die wêreld te vestig. Graeme Smith en sy manne is tans 1–0 voor in die toetsreeks teen Engeland – huidige voorste toetsspan. Met nog een toets om te speel is die reeks op ’n mespunt gebalanseer. Die kolfvertonings van Hashim Amla en Jacques Kallis in die eerste toets was voorwaar iets om oor huis toe te skryf. Amla se 311 lopies, nie uit nie, was een van die beste kolfbeurte wat ek in ’n lang tyd gesien het. In die proses het hy ook AB De Villiers se rekord vir die meeste lopies in ’n kolfbeurt, 278 lopies teen Pakistan, verbeter. Ernie Els is weer op die wenpad. Die eerste keer in tien jaar het hy weer sukses geproe. Die Big Easy het skitterend terug geveg om sy vierde Major titel te wen. Suid-Afrikaners kan vir eers breed glimlag – sport in die land is beslis gesond.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.