1813 JF
Swartland
Year 11 • 14 May 2013 | Tel. 022 482 3817
IN DIENS VAN DIE SIEKES: Verpleegpersoneel by die Swartland-hospitaal op Malmesbury het gister Internasionale Verpleërdag herdenk deur kerse aan te steek en weer hul diensgelofte af te lê. Hier lei die adjunkbestuurder van die verpleegafdeling, Pearl Robyn (aan die bopunt van die tafel) haar personeel in die seremonie. Die eerste noodgevalle is ook in die nuwe ongevalle-afdeling behandel. FOTO: LIZETTE SMIT
Nuwe ongevalleafdeling open
LIZETTE SMIT MALMESBURY - Die langverwagte, nuut aangeboude ongevalle-afdeling by die Swartland-hospitaal het gister, op Internasionale Verpleërdag, oopgemaak. Die eerste noodgeval is voor middagete behandel. Dié ongevalle-afdeling vervang die ou ongevalle-afdeling wat binnekort in ’n 14 bed-saal vir pasiënte omskep sal word. Pearl Robyn, die adjunkbestuurder van verpleging (matrone) by die Swartland-hospitaal, sê ongevalle neem gemiddeld met sowat 500 mense per kwartaal toe. Na verwagting sal die nuwe ongevalle-afdeling sowat 1 800 mense per maand en meer as
2 000 mense oor Desember behandel, wat volgens Robyn dieselfde aantal is as wat die ou afdeling hanteer het, maar met beter toerusting en met meer privaatheid vir pasiënte. Robyn sê daar is beslis ’n toename in wat sy lewenstylsiektes noem. Gevalle van diabetes, en pasiënte wat insulien-afhanklik is, neem toe in die Swartland, met hartaanvalle en hartprobleme kort op sy hakke. Alkoholverwante noodgevalle soos messteke en aanrandings kom veral oor naweke voor en toenemend op Sondae. Mense wat nie hul MIV- en TB-medikasie gereeld gebruik nie en dan mediese komplikasies as gevolg daarvan ondervind, is ook aan die toeneem. Verkragtings wat hier behandel word, onder mans sowel as vroue, is laag, met gemiddeld
sowat 12 gevalle per maand. Buiten die mediese dokters wat in die ongevalle-eenheid aan diens is, is daar vier verpleegpersoneel gedurende die dag en drie gedurende die nag aan diens. Internasionale verpleërdag – wat op Sondag, 12 Mei geval het – is gister deur trotse verpleegsters gevier. Die tema van vanjaar se verpleërdag is om die gesondheidsgaping te oorbrug, met klem op die vermindering van sterftes onder kinders, die verbetering van gesondheidsorg vir moeders met pasgebore babas en die vermindering van die voorkoms van gevalle van MIV. Robyn sê verpleging is ’n roeping en nie vir almal bedoel nie. “’n Mens moet passievol wees oor diens vir jou medemens.”
Sy vertel van ’n jong leerlingverpleegster wat opgemerk het dat daar disgusting goed (verwysend na bloed en menslike ontlasting wat dikwels deur verpleegpersoneel skoongemaak moet word) in hospitale gebeur, maar hoe sy ten spyte daarvan baie van haar beroep hou. Robyn voeg by dat die werk van ’n verpleegster dikwels uitdagende werk is. By die Swartland-hospitaal is daar gemiddeld 27 verpleegpersoneel per skof aan diens. Die boodskap wat dr. André Stoffels, die superintendent van die Swartland-hospitaal, in sy afwesigheid aan die verpleegpersoneel gelaat het, sluit ’n aanhaling van Mahatma Gandhi in wat gesê het die beste manier om jouself te vind, is in diens van ander.
2
News - Nuus
Swartland Gazette
Tuesday 14 May 2013
Swartland gou Pienk land vir kankerstryd CHARLOTTE LESCH MALMESBURY – Bewusmaking rondom kanker vind jaarliks gedurende Oktober plaas. Vanjaar wil inwoner Marieta Botha van Malmesbury egter sien dat alle inwoners sover moontlik by die bewusmaking van die siekte betrokke raak. Sy wil elke boom, pot, pilaar of ingang van die Swartland met pienk materiaal toegedraai sien. En dít alles vir kanker. Die inisiatief kom nadat Marieta verlede jaar Oktober deur ’n pienkgelapte Graaff-Reinet gery het. Pienk Bome vir Pauline is ’n niewinsgewende organisasie wat op nasionale en internasionale vlak op dorpe en in stede geld vir kanker insamel en ’n bewustheid van die siekte skep. Die geld word op die betrokke dorpe aangewend vir mense wie se lewe deur kanker geraak word. Graaff-Reinet se bome het verlede
jaar op 19 Oktober die eerste keer behoorlik in pienk gepronk. Marieta het dadelik die inisiatief geneem om die projek na die Swartland te bring. Sy meen byna elkeen ken of weet van ’n kankerlyer, kankeroorwinnaar of iemand wat dood is weens die siekte. Stigter Carol-Ann van Jaarsveld, wat familielede aan kanker verloor het, saam met mededirekteur Adri van Nieuwenhuizen, wat ’n kankeroorwinnaar is, beskryf Pienk Bome vir Pauline as ’n toeganklike en prettige manier waaraan almal kan deelneem om bewustheid te skep en geld in te samel. Hul leuse lui nie verniet “Alle mense – Alle kanker” nie. Materiaal kan teen ’n minimale bedrag geborg word, terwyl dit teen R20 aan die publiek verkoop kan word. Die organisasie spog met ’n meter lap waarvoor verlede jaar tot R10 000 op Graaff-Reinet betaal is. Daar is reeds vir 300 m materiaal vanuit
Waar het die projek begin?
GRAAFF-REINET SPOG MET HONDERDE BOME, TOEGEDRAAI IN PIENK VIR KANKER: Die bome op Graaff-Reinet pronk elkeen met ’n pienk kombers as deel van die Pienk Bome vir Pauline-kankerprojek. FOTO: VERSKAF Yzerfontein geborg om te sorg dat die kusdorp heeltemal pienk sal wees. Inwoners, ondernemings en skole word daarom aangemoedig om deel te word van die projek om seker te maak jou dorp se bome, die bome en potte op jou stoep en tuin of skool se ingang steek nie af by ander nie. Oor die 50 dorpe in Suid-Afrika, vyf in Namibië en twee in die buiteland, het reeds die uitdaging aanvaar. Altesaam 80% van die geld wat in-
gesamel is, word op die dorp self aangewend, terwyl 20% aan Pienk Bome vir Pauline gaan. Marieta voeg by dat bome vir die res van die maand in pienk getooi sal wees. Alle materiaal word ná die tyd aan minderbevoorregte inwoners geskenk. Die afsnydatum om as borg betrokke te raak met ’n materiaalbestelling, is 27 Mei. Vir meer inligting, borgskappe en bestellings van materiaal, bel Marieta by 022 482 4037 of
Die organisasie Pienk Bome vir Pauline is gestig deur Carol-Ann van Jaarsveld wat ’n ma en ’n ouma met die naam Pauline aan kanker afgestaan het. Die kleur pienk is gekies omdat dit lentebloeisels verteenwoordig en daarom ’n nuwe lewe vier – of dit nou van ’n kankeroorwinnaar of een in die hemel is. Die bome van haar tuisdorp is verlede jaar op 19 Oktober met pienk lap toegedraai om geld in te samel en bewusmaking rondom die siekte te skep. “Nuwe lewe kan in my land, Suid-Afrika, groei en na ander lande oorspoel, want elkeen van ons is, het of ken ’n Pauline,’’ sê Van Jaarsveld. 082 937 3830. Hou die Swartland Gazette dop vir die jongste nuus oor die projek tot en met Oktober. Vir meer inligting, besoek www.bolandgazette.co.za.
OPRUIMINGSUITVERKOPING VAN VLOER VERTOONMODELLE
NOU AAN BY PAARL-TAK ! WOENSDAG 15 TOT SONDAG 19 MEI 2013 – TERWYL VOORRAAD HOU
13% AFSLAG
OP ALLE VERTOONMODELLE !
OPS SLEG KUD S5D ‘ AE ! Fi f i r s rt s t c o m serv e, ed’
ALLE VLOER VERTOONMODELLE VAN MEUBELS, KOMBUISTOESTELLE, WE DAAES BEDDENS & OUDIOVISUELE MMOET DIT NR ISLOO IE NIE ! P PRODUKTE MOET HUIS KRY !
Geen reservering van voorraad • Slegs uitgepakte vertoon / demo items • Miele Groot Kombuistoestelle uitgesluit • Sommige items mag effens beskadig wees • Volle waarborg • Terme en Voorwaardes geld
Fluff
Fluff is 'n vroulike kat met 'n dik sagte pels. Sy is dadelik beskikbaar vir aaneming by Swartland DBV. Liefie is 'n jong hondjie wat nog mooi geleer kan word. Sy is spelerig en soek baie aandag. Sy is omtrent 5 maande oud en sal 'n goeie troeteldier maak vir mense wat 'n jong hondjie soek om saam met hulle te groei.
Liefie
OOP 7 DAE ‘N WEEK | AFLEWERINGSDIENS BESKIKBAAR | VOLDOENDE GRATIS PARKERING Krediet beskikbaar (Voorwaardes & TV LISENSIE & ID bepalings geld) - Ons aanvaar al die BENODIG MET vernaamste kredietkaarte, AANKOOP VAN ‘n RCS, Kaapse verbruikers/ TV, PLASMA, LCD b-Smart-kaarte (geen heffings) of LED BF & W - Alle pryse sluit BTW in.
SLEGS BY
PAARL-TAK 021 871 1552
Vir meer inligting skakel gerus die kennels of gaan besoek virFluff en Liefie om hulle beter te leer ken. Jou plaaslike DBV is in Darling op die Yzerfontein pad. 022 492 2781
Dinsdag 14 Mei 2013
News - Nuus
Swartland Gazette
3
Kleinveeboere en Trust stamp koppe oor grond LIZETTE SMIT ABBOTSDALE – Kleinveeboere is ontsteld nadat hulle in kennis gestel is dat hul vee nie meer sonder die uitdruklike toestemming van die eienaar van erf 373 daar mag wei nie.
Hawemuur gaan beveilig word CHRIS LIEBENBERG YZERFONTEIN – Die Swartlandmunisipaliteit het aangekondig dat die hawemuur by dié vakansiedorp voortaan veiliger sal wees. ’n Betroubare inligtingsbron van die munisipaliteit sê kwotasies is reeds bekom vir toerusting wat eersdaags by die ingang tot die hawemuur vir dié doel aangewend sal word. Toegang tot die hawemuur sal
voortaan volgens heersende seetoestande beheer word. Dit volg ná ’n voorval op 27 April toe twee mans gedurende onstuimige seetoestande op die hawemuur geloop en deur ’n oorspoelbrander afgeslaan is. ’n Derde man wat die twee probeer help het, is ook van die hawemuur afgespoel en het in die moeilikheid beland. Die mans en die reddingswerkers het ernstige beserings opgedoen en van hulle is in die hospitaal opgeneem.
Afbakeningskomitee maak nuwe voorstelle Malmesbury – “Ons moet weg beweeg van munisipale of politieke grense, maar eerder afbakeningsgrense voorstel wat wetenskaplik benader is.” Só sê Duimpie Bayley, voorsitter van die afbakeningskomitee van die Wyn- en Spiritusraad (SAWIS). Bayley, saam met nog komiteelede (wat bestaan uit ’n tegniese komitee) het verlede Dinsdag wynprodusente van die Swartland-omgewing by Swartland Wynkelder op Malmesbury kom toespreek oor die nuwe afbakening van wynstreke binne die Wyn van Oorsprong-stelsel, in opdrag van SAWIS. ’n Oorkoepelende kusstreek wat sal bestaan uit ’n Kaap Weskus, Kaap Kus en Kaap Suid-Kus, is onder meer voorgestel. Hulle het dit duidelik gemaak dat afbakeningsgrense baie belangrik is, omdat die streek wat op die etiket aangebring word die verbruiker verseker dat die druiwe wel uit daardie streek kom. So beskerm dit ook die wynkelder of produsent.
Die voorgestelde grense is volgens wetenskaplike benaderings vasgestel deur te kyk na die wynstyl, natuurlike grense soos riviere en bergreekse, en die data van die maritieme effek van die Atlantiese oseaan, wat die verskil tussen dag- en nag temperature is. Hoewel ander faktore ook ’n rol speel, sê grondboukundige Heindrich Sloms die verskil tussen dag- en nag temperature het ’n enorme effek op die wyn se styl. Hy verduidelik verder dat die dagen nag temperature verder van die kus verder verskil. Die maksimum verskil tussen die temperature vir die oorkoepelende kusstreek is op 15°C vasgestel. Volgens dié voorstel kan Piketberg en Porterville se wynprodusente moontlik nie meer in die toekoms aanspraak maak op die Kaap Weskusstreek nie. Die Swartland is wel ingedeel in die Kaap Weskusstreek. Die amptelike grense is nog nie vasgestel nie en tans word slegs konsultasiesessies met die verskillende wynprodusente onderneem.
grond voorlopig vir ’n maksimum van vyf jaar deur die boere gehuur kon word teen R2 000 per maand. Siebritz sê die kleinveeboere was tevrede met hierdie voorstel. Slabber sê sy kliënt het vir meer as ’n jaar probeer om ’n ooreenkoms met die kleinveeboere te finaliseer en het verskeie modelle voorgestel, maar het tot op datum geen terugvoering van die kleinveeboere ontvang nie totdat hulle in Februarie 2012 die kleinveeboere per brief ingelig het dat die Pieter Visser Trust teen die huurooreenkoms besluit het en die grond te koop aangebied word teen R3,2 miljoen, BTW uitgesluit. Die boere sê hulle is nie by magte om hierdie bedrag te betaal nie. Siebritz is van mening dat die grond aan die mense van Abbotsdale behoort en sê hulle sal vir hul erfdeel baklei, al sal hulle nie nou die vrugte daarvan pluk nie.
Inbrake: buurtwag kan help CHRIS LIEBENBERG YZERFONTEIN – Verskeie voorvalle van inbrake het die afgelope weke hier voorgekom. Buddy de Beer, voorsitter van die Yzerfontein-buurtwag, sê ’n patrolliediens van 18 buurtwaglede (onder wie ses vroue) het die dorp in samewerking met plaaslike munisipale amptenare, ’n veiligheidsmaatskappy, asook die polisie van
Vredenburg en Darling onder leiding van kol. Jackie von Litzenburg gedurende die nag van 9 en 10 Mei gepatrolleer. Verdagte mense is opgemerk en agtervolg. Hulle het in ’n nabygeleë oop veld tussen digte bosse verdwyn. Gesteelde eiendom soos platskermtelevisies, skootrekenaars, kameras en selfs ’n buiteboordmotor van ’n skiboot, asook ander items wat maklik gedra kan word,
is tussen die bosse gekry. Die gesteelde goedere is vermoedelik daar gelaat vir ’n voertuig om dit later te kom haal. De Beer sê kommunikasie tydens sulke operasies is van uiterste belang. Tweerigtingradio’s word benodig vir meer doeltreffende resultate, en daar is reeds aansoek gedoen vir ’n lisensie. Hy doen ’n beroep op inwoners om lede van die buurtwag te word.
1913 JF
Toegang tot die hawemuur by Yzerfontein sal voortaan beheer word.
Dié kleinveeboere is van mening dat die huidige eienaars van die grond ’n mondelinge ooreenkoms, wat in 2010 gemaak is, verbreek het. Erf 373 behoort aan die Pieter Visser Trust nadat dit volgens die kleinveeboere wederregtelik deur die Anglikaanse kerk aan hulle verkoop is. Volgens die kleinveeboere is die grond in ’n trust aan die mense van Abbotsdale onder toesig van die Anglikaanse kerk geplaas en het die Anglikaanse kerk nie die reg om die grond sonder insae van die
inwoners te verkoop nie. Volgens Cobus Slabber, prokureur vir die Pieter Visser Trust, is dié grond nou privaatgrond en wettiglik deur middel van ’n tenderproses van die Anglikaanse kerk gekoop. Die twis is dus tussen die kleinveeboere en die kerk en nie met die Pieter Visser Trust nie. In die soeke na die feite in verband met die Abbotsdale-grond en veral die betwiste erf 373, het die Gazette telkemale voor dooiemansdeur gekom en is die sogenaamde feite al dieper in die anale van die geskiedenis begrawe. Volgens dokumentasie en e-posse wat deur die ondervoorsitter van die kleinveeboerevereniging, Brian Siebritz, verskaf is, blyk dit dat daar in November 2010 sprake van ’n huurooreenkoms tussen die Pieter Visser Trust en die kleinveeboere was waarin die 168 ha
EINA VIR GESONDHEID: Kwandiwe Quba word ingeënt teen masels, terwyl Sthandile Bomvan hom troos en ’n grappie met Hildegard van Rhyn (links) en Stiena Pietersen (middel) van die departement van gesondheid deel. Die Rotariërs se Gesinsgesondheidsdag het verlede Vrydag by Badisa Carneys Educare op Wesbank plaasgevind, waartydens al die kleuters van die crèche en lede van die gemeenskap vir inentings teen masels, polio en tering kon gaan, asook bloedtoetste en MIV-toetse kon laat doen. FOTO: CHARLOTTE LESCH
Sedert 1954 Since
esbury lm a M e w u N
6 6 7 4 2 8 4 2 02 erkope vir v 022 482 4766 • salesm@lategans.co.za • www.lategans.co.za
Jou langtermyn betonvennoot
Liza-Mari Lategan
Swartl and
Rekeningkundige Dienste
DUIWE WAAR JY KYK: Dié American Show Racer van Nico Esterhuizen was een van die wenners in sy kategorie by die jaarlikse Jongduifkampioenskapskou op 11 Mei in Malmesbury se stadsaal, aangebied deur die WP Nasionale Sierduif-vereniging. Daar was 22 vertoners en 51 rasse. 255 duiwe het die saal vol gepronk. Die wenners in die onderskeie kategorieë het deurgedring tot die nasionale kampioenskap in Junie in Athlone.
Aandag alle Besighede Vir gemoedsrus oor die publikasie wat u as adverteerder gebruik, is dit goed om te weet dat die ABC Raad elke kwartaal 'n sertifikaat uitreik aan die Swartland Gazette, ’n Media24 produk, om te bevestig dat ons WEL 15850 koerante weekliks druk en dat dit WEL versprei
word in Malmesbury, Moorreesburg, Riebeek Wes, Riebeek Kasteel, Piketberg, Porterville, Darling en Yzerfontein. Selfs die boere in die omgewing ontvang weekliks die Swartland Gazette in hul SA Poskantoor bussies.
Om enige advertensies in die Swartland Gazette te plaas, kontak my, Carol de Jager, by 022 482 3817 of carol.dejager@media24.com
Meer as net rekeningkunde - ’n passie Die sukses van enige besigheid is baie afhanklik van intydse, akkurate en volledige finansiële inligting. Is jy dalk die afgelope paar maande met die volgende gekonfronteer: - Banke benodig bestuurstate van jou besigheid maar jy het nie? - Banke benodig jou nuutste finansiële state maar dit is nog nie beskikbaar nie? - Belastingbeplanning is een groot kopseer en 'n geskarrel voor die sperdatum? - Vir jou gerief sal jy graag die konsultant by jou perseel wil ontvang? - Jy benodig iemand om jou maandelikse inligting te verwerk? - Jy benodig hulp met stelsel implementering - Jou rekenmeester ervaar gereeld frustrasies met rekonsiliasies en allokasies?
Ek bied die volgende dienste: - Opstel van bestuurstate en bestuurverslae - Opstel van finansiële state - Belastingbeplanning en administrasie (voltooiing en indiening van opgawes) - Verwerking van maandelikse inligting op Pastel - Bystand aan huidige rekenmeester met rekeningkundige kwessies - Voltooiing en indiening van BTW opgawes - Voltooiing en indiening van LBS opgawes - Hantering van trustadministrasie - Inkomstebelasting berekeninge - Rekeningkundige konsultasie dienste
Liza-Mari Lategan | Geoktrooieerde Rekenmeester (SA) Voortrekkerweg 161, Malmesbury 082 825 2087 | liza-mari.lategan@telkomsa.net
4
Leader - Hoofartikel
Swartland Gazette
Tuesday 14 May 2013
Rugbystewels uit, spykerhakke aan Pinkster - ’n tyd om die Here te soek
Help hulle Dit is verblydend om te weet mense gee nog om. Misdaadsyfers mag dalk sloer wat afname betref, maar liefdadigheid kry beslis die oorhand wanneer dit by toename kom. Swartland Gazette bevat dié week ’n hele aantal artikels oor bydraes vir liefdadigheid. ’n Plaaslike rugbyklub reik uit na ’n behoeftige gemeenskap; organisasies besoek leerlinge om hul wêreldkennis te verbreed; en ’n inwoner reik uit na kankerlyers in nood. Liefdadigheid en welwillendheid is beslis nie ’n nuwe ding nie. Pogings vir liefdadigheid bestaan sedert die ontstaan van behoeftes wat aandag moes geniet, soos hongersnood. Dit wil voorkom of die pogings vermeerder. Miskien is dit omdat behoeftes groter word, omdat die bevolking groei en die staatskas nie groot genoeg is om die nodige gapings te oorbrug nie. Ongelukkig loop liefdadigheid soms deur onder kritiek wat eerlikheid betref, maar hoe dit ook al sy, liefdadigheid is broodnodig. Ondersteun diegene wat omgee en die inisiatief neem om ’n verskil te maak. Ons gemeenskappe kan nie meer sonder hulle nie.
KONTAK ONS Redaksie Charlotte Lesch T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: charlotte.lesch@media24.com Lizette Smit T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: lizette.smit@media24.com Advertensies Carol de Jager T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: carol.dejager@media24.com Geklassifiseerd en admin Natalie Tenn T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: natalie@swartlandgazette.co.za Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titels wat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliks in Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Yzerfontein versprei.
PASTOOR PIET SMIT
MEJUFFROUE BLOUES WYS HULLE KAN DIE HAKSKOEN TROTSEER: Die Bloues Rugbyklub van Malmesbury het die afgelope Saterdagaand ’n skoonheidskompetisie van ’n ander aard aangebied. Die rugbyspelers het hul kuitspiere behoorlik gebult met hakskoene wat baie gewaag was. Markhum Larey het die beoordelaars – Reme Levember, Denzil Holloway, Janno Vermaak en Brenda Visser-Brand – se voete onder hulle uitgeslaan toe sy beurt op die loopplank kom. Hy is as Mejuffrou Bloues gekroon.
Mat. 5:6 – “Salig is dié wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.” Pinkster is ’n tyd om die Here te soek. Ou past. Koos Niemand het vir my vertel hoe hulle destyds op die plaas kerk gehou het. Daar is gepreek en aanbid soveel as wat hulle kon. Daarna het die gesinne saam geëet en dan was dit veronderstel om slaaptyd te wees op ’n Sondagmiddag. As kind het hy egter weggesluip om met sy karretjies te speel. Terwyl hy daar op die agterstoep speel, hoor hy deur die kamervenster hoe bid twee mense saam. Dan verskuif hy na die kafhoop. Maar as hy daar kom, dan hoor hy iemand het klaar die plek vir homself toegeëien – iemand wat ernstig bid. Hy vat sy karretjies na die waenhuis toe, maar net as hy wil begin speel, hoor hy hoe bid iemand daar. Ek onthou sy woorde so goed aan my: “My broeder, dat daar op die hele plaaswerf nie ’n plekkie vir my was om met my karretjies te speel op ’n Sondagmiddag nie, so bid en soek die mense die Here!”
Organisasies los leesvoetspoor Ronald McDonald het ook ’n draai by St. Michaels Primêr se skoolhoof, Rhona Josias, gaan maak. Links staan Regardt van der Merwe van Gifts for Life Academy, ’n niewinsgewende organisasie.
MALMESBURY – Geestelike, fisieke en verstandelike gesondheid is vir dié hanswors belangrik. Ronald McDonald was beslis nie hier vir die uitdeel van kitsmaaltye nie. Die niewinsgewende organisasies The Offering Village en Gifts for Life Academy het in samewerking met Ronald McDonald skole in die omgewing van Malmesbury op 23 April besoek om die voordele van lees met die leerlinge te deel. Regardt van der Merwe van Gifts for Life Academy verduidelik die inisiatief kom ná daar ’n behoefte by leerlinge raakgesien is om hul kennis te verbreed en om die belangrikheid van basiese vaardighede soos lees by hulle aan te wakker. “Ons wil onder meer basiese vaardighede soos lees en navorsing terugbring na die kinders omdat die meeste nie meer buite speel nie, maar eerder binne die huis op die rekenaar of selfoon. “Die leerlinge van St. Michaels Primêr, Liebenberg Primêr en Laerskool Naphakade was behoorlik in vervoering met Ronald McDonald,” sê Van der Merwe van die Gifts for Life Academy. “Die hanswors reis mos gedurig om die wê-
Ronald McDonald keer leerlinge by Liebenberg Primêr op Wesbank voor om ’n laaste interessante feit met hulle te deel. reld wat beteken dat hy ’n wye algemene kennis van verskeie dinge het. Hy het dit onder meer reggekry om inligting oor sekere talente uit sommige leerlinge te trek waarvan die onderwysers nie eens bewus was nie.” Desiree Maree van The Offering Village meen die projek is nou maar eers net aan die begin. “Ons wil ook skoolvakansies benut om
choices and ways to defend yourself from an attacker. Then they will practise the tactical moves learned the previous week and some new ones. Time: 12:00 – 13:30.
19 May 15 Mei ) Die gewilde plaaslike sanger Emile Smit tree vanaf 19:00 vir 19:15 in die stadsaal op Malmesbury op. Dubbelkaartjies is R150 wat ’n CD insluit of R100 ’n enkelkaartjie plus ’n CD. Bel James by 076 897 9651 om te bespreek. Kaartjies is ook by die deur te koop.
18 Mei ) Speelkasteel hou ’n dans in Laerskool Swartland op Malmesbury se skoolsaal vanaf 18:30 vir 19:00. Die koste is R75 en die tema is “jou gunstelingsport”. Die groep 10 Rand 50 maak musiek vir die aand en Michael Gilman is die gaskunstenaar. Bring eie eet- en drinkgoed, glase en borde. Gelukkige R5-trekkings sal gehou word. Bel Elrien by 022 487 9100 vir meer inligting of om te bespreek. ) Figure, the “women only” gym, presents Stop Violence against Women project. Guest speaker on effective weapons and different
) SA’s Got Talent fundraising live concert will be held from 19:00 in the Jehovah Hall in Malmesbury. Adults: R20, children: R10. Phone Michael on 078 253 5459 for more information.
20 Mei ) Malmesbury Sakekamer se ledevergadering skuif na Maandag 20 Mei. Die geleentheid waartydens die Swartland-munisipaliteit aan die woord is, vind steeds om 19:00 vir 19:00 in die stadsaal plaas. Bespreek voor 16 Mei by 022 482 1060. Diegene wat reeds bespreek en betaal het en nie die geleentheid kan bywoon nie se geld sal teruggegee word.
22 Mei ) Swartland Drankforum: die algemene forumvergadering vind om 14:00 by die Blouesklubhuis op Malmesbury plaas. Bel Johann Kieser by 083 581 8151 vir navrae.
Ronald McDonald spreek leerlinge by Laerskool Naphakade toe. leerlinge op sekere gebiede te ontwikkel.” Van der Merwe en Maree het na die skole teruggekeer vir terugvoer en ongelooflike resultate ontdek. “Kinders het byvoorbeeld meer tyd in die plaaslike biblioteke begin deurbring.”
Schoonspruit hou groot reünie MALMESBURY – Alle huidige en oudSchoonspruiters word hartlik uitgenooi na die informele reünie wat Saterdag 18 Mei op die Wesbank-sportterrein sal plaasvind. Die reünie sal saamval met die jaarlikse winter-interskole – beter bekend as die Classic Clashes – tussen Schoonspruit en Hoërskool Piketberg en die hekke maak reeds om 09:00 oop. Daar word versoek dat alle Schoonspruit-ondersteuners geel vir die dag sal dra. Die bes geklede ondersteuner en paartjie of gesin sal tydens die reünie aangewys word. Daar word beplan om ’n groepfoto van alle Schoonspruiters en ondersteuners op die B-veld te neem. Toegang is R10 en R10 per motor. Die aand om 19:00 vind ’n formele funksie in die skoolsaal plaas. Die koste is R100 wat ’n ete insluit. Vir navrae in verband met die reünie bel Faiek Abrahams by 082 423 4848 of stuur ’n e-pos na faiek@iburst.co.za. Vir navrae oor die rugby of netbal bel Raynard (Vos) de Jager by 078 736 4411.
Tuesday 14 May 2013
Advertisement - Advertensie
Swartland Gazette
5
6
Geklassifiseerd
Swartland Gazette
Tuesday 14 May 2013
BETREKKING
Besige tandheelkunde praktyk opsoek na hardwerkende jong dame om posisie van algemene assistent te vul. E-pos volledige CV na: tandarts@malmesbury.co.za Sluitingsdatum: 27 Mei 2013 voor 13:00. Suksesvolle kandidate sal teen 31 Mei 2013 gekontak word.
PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES
105
23 Dagsorg (kinders) Day Care (children)
07 Gelukwensing Congratulations
KLEIN PARADYS NASORG -Naby Laerskool Swartland. Vakansiesorg, middagete, veilig. 082 831 0981.
34
Spyseniering Catering VIR bestellings van samoosas, springrolls, rotis, koek ens. Skakel 022 486 4933. KYK wie word 1! 14 Mei 2013. Tony Welkom. Baie geluk. Met liefde van: Roselina grootmaak ma.
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES
36
Kindervermaak Children’s Entertainment
Binnenshuisdienste Home Services Interior BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand: 083265 5161. CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaar-digers van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & veran-derings. Derick & Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394. CK BLINDS - Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394.
ASPATAT PARTYTJIES: Springkastele, CK SOLAR - Installeer waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. te huur. Kontak: Chris 082 554 2754. 084 607 5658.
RAAI WIE IS 60? Baie geluk met die mylpaal. Mag God u vele jare uitspaar. Geniet die dag.
BOETIE EN SUSSIE SPRINGKASTELE Waterglybane en verskeidenheid spring-kastele te huur. Kontak Nelia 073 610 2810. TJ'S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa: 082 497 3383.
43
11
In Memoriam
Persoonlike Dienste Personal Services HASIMO BOARDING CATTERY - Exclusive Holiday accomodation for cats. Quality care and personal attention. Individual runs. To book, phone Daléne @ 072 525 0725.
Abraham Johnson "ABE" Sag het jy ons verlaat. Die 17/5/2013 is dit reeds 1 jaar wat jy ons verlaat het. En 23/4/2013 was jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Woorde kan nie beskryf hoe baie ons jou mis nie. En ons sal altyd onthou wat jy vir ons beteken het. Gedagte dat jy verlos is van jou pyn en lyding en veilig is by ons Hemelse Vader is 'n vertroosting. Die vermisting groot, maar ons houvas aan al die mooi herinneringe. Ons is ontsettend lief vir jou. Van Grace, kinders en kleinkinders.
NERO MARIA - Dit is die eerste moedersdag weg van ons. Jou plek is leeg en die vermisting nog groot. Van: Toes, Shaun en kleinkinders.
TE KOOP FOR SALE
1141
Algemene Dienste General Services Veertigste (40ste) Verjaardag van Justine Velsorg produkte. Baie spesiale Aanbeidinge. Kontak Esme van Reenen by 022 482 2324 / 083 233 9841.
1146
Teëlwerk/Vloere Tiling/Flooring Skuur en behandel van houtvloere. Skakel Philip 082 261 0770 / 021 556 6363 / www.woodstripper.co.za
MOTORS VEHICLES
Algemeen Miscellaneous Bargain Wendy's Sinkhuise, Wendy huise, Nuclear huise & DIY Panele.Skakel : 082 713 0747.
73
Diere en Voëls Pets and Livestock Jack Russels kortbeen. Pragtig gesond. Gebore 8 Maart,ingeënt & ontwurm. 1 Tefie R450, 3 Reuns R500 elk. Skakel 022 486 4735 of 078 469 9071.
163
400
Betrekkings Gevra Jobs Wanted
Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.
159
Motors te Koop Vehicles for Sale Mercedes Benz C270, CDI, 2002. Wit, grysleer, 260 000 km. Baie netjies. R78 000. Skakel 083 4646 960.
BIED JOU:
• ‘n Snel beginprogram om geld te verdien • Behoefde gehalte-produkte • Wye reeks produkte vir velsorg, geur, persoonlike sorg en grimering • Prestige beloningserkennings en aanmoedigingsprogram • Die kans om onafhanklik te word Konsultant of Sakeleier:
SMS jou naam en waar jy woon na 084 655 1983
Eiendomme te Huur Property to Let Wykland Eiendomme Mal-mesbury. R2 250 1Slpk w/stel - 1/6/13. R3 350 - 2 Slpk w/stel 1/6/13. R4 100 - 2 Slpk huis in veiligheidskompleks ,Emh - 1/6/13. R4 000 - 2 Slpk huis, Emh - 1/7/13. Skakel 022 487 1484 / 5.
AGENTS WANTED Fast Selling winter products. Contact 082 687 3403.
MUST HAVE CERTIFICATES AND CONTACTABLE REFERENCES EMAIL CV TO KATHYRAATH@TELKOMSA.. NET OR FAX TO 086 609 3169
171
Woonstelle te Huur Flats to Let Eenslaapkamer w/s @ R2 300 p/m. Beskikbaar vanaf 1 Junie. Skakel 081 8300 720.
Skakel vir Natalie Tenn by 022 482 3817 om u besigheid die nodige bloodstelling te gee in hierdie spasie!
KORINGBERG Rustige, veilige woonplek vir afgetredes en jongmense. Skakel 022 433 3333 / 082 810 5686. SENTRAAL 1slpk w/stel,oopplkomb,sitk, enkel jong mense. R1980+dept. Geen troeteldiere. Skakel: 022 482 2676. K/u
1794
Dr HASSAN Expert in solving life's problems - Financial problems & Bad Debts - Marriage & Divorce problems - Lucky oils to win Lotto, Casino, Contracts - Protection of Homes, Body & Business - Cleaning of Bad Luck for Good luck - Sexual problems for Men & Women - Prison Court cases & unfishined jobs
Call Now! 072 994 6088 / 078 146 9359 PRO-JOBS RECRUITMENT WE NEED CV FOR THE FOLLOWING: SECURITY OFFICER GRADE A – D
P a y a f t e r S u c c e s s
PASSER & DRAAIER ’n Gevestigde Grondverskuiwings besigheid in die Citrusdal area, beskik oor ’n Loopbaangeleentheid vir ’n Passer en Draaier.
VEREISTES:
• Ten minste 5 jaar ondervinding • Sober gewoontes • Ondervinding in Swieswerk • Toepaslike kwalifikasies Ons bied aan die regte kandidaat ’n mededingende salaris en aangename werksomstandighede. Geskikte kandidaat moet so gou moontlik diens aanvaar. CV’s kan gestuur word na: allandale@kingsley.co.za of gefaks word na 022 921 2922
Verblyf Gesoek Accommodation Wanted
Swartland
OPSOEK na plaashuis om te huur met 1 - 5 hektaar kamp. Skakel vir Pieter by 078 500 4303. JSC 6X1 4912
Kontak my gerus vir alle betrekkinge wat u besigheid in die Swartland Gazette wil plaas.
BESIGHEID BUSINESS 197
145 71
EIENDOMME PROPERTIES
JOBS
AFRIKA GENESER Hy lees handpalms en is ’n fotuinverteller wat jou Toekoms voorspel en al jou drome uitlê, met heilige Water om te genees, oplossings te bring, te beskerm. En te adviseer oor liefde, gebroke huwelike, verlies van werk, teëspoed, kwaadwillige vloeke, hofsake en finansies, Lotto en casino's. 95 Voortrekkerweg, Malmesbury Yusuf: 071 937 7114 / Aisha: 071 727 0460 Dek die hele Wes-Kaap area
Sakepersele Te Huur Business Premises to Let
022 487 3267
Industriële / stoor / spasie te huur. 540m of 270m , 3 Fase krag, Veilig, maklike toegang, billike huur. Skakel 083 256 8188. MALMESBURY Kommersiële Perseel, 200m . Onmiddellik beskikbaar, R7 000pm excl vat,Geleë te Voortrekkerweg, agter Northmec. Ideaal vir kantore of besigheid. To view call Carlo 082 920 4586. Vir meer inligting skakel G Buhr 082 328 2211.
DR SHEIKH MIJJA
HERBAL CLINIC
Lost lovers same day! Sexual problem Court case & work! Luck in casino, lotto, problems. Consultation Fee R100 Spell for money Spell for love Call for appointment: 072 244 5991 072 979 5658 / 078 031 0049 Corner of Biccard & Markstreet
1713 JF
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES
MAMA AISHA
TOYOTA CAMRY 300 SEi, 1994 model. Outomaties, 24cam ,V6, goudkleurig. R28 000. Skakel 071 869 2448.
Inligting kan per Epos, Faks of Telefonies gedoen word.
Natalie Tenn
022 482 3817 022 482 3818 / 086 214 6235 natalie@swartlandgazette.co.za
Dinsdag 14 Mei 2013
General - Algemeen STREEK-HOKKIE: Thys Kitshoff van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is opgeneem in die Pinotage-streek hokkiespan wat van 8 tot 11 Mei in Port Elizabeth aan ’n toernooi deelgeneem het.
FLINKVOETIGE DANSERS: Hierdie leerlinge van Hoërskool Swartland op Malmesbury neem dansklasse by Ceaghan se Dansskool en het onlangs aan ’n kompetisie deelgeneem waar hulle teen dansskole in die Weskusstreek meegeding het: Anneeka Sulaiman (spesiale afdeling, eerste); Jude Johnson (junior vlak, tweede (afwesig)); Melanie Oosterwyk (Jeugvlak 4, derde) en Micheala Timotheus (jeug-beginner-afdeling, derde). FOTO: LIZETTE SMIT
A quality meat supplier has an opportunity for a Food Safety Manager.
Kennis geskied hiermee ingevolge paragraaf 4.7 van die artikel 8 soneringskemaregulasies van Ordonnansie 15 van 1985, dat 'n aansoek ontvang is vir 'n vergunningsgebruik op gedeelte 48 van plaas Broodkraal no. 154, Afdeling M a l m e s b u r y, g e l e ë ± 1 0 k m n o o r d v a n Koringberg. Aansoek word gedoen om 'n gedeelte (±100m²) van die bestaande plaasgebou in 'n plaaswinkel te omskep.
Apply online at www.fhbc.co.za under CAREERS or phone Anél van Deventer at 021 864 5180. Applications close 31 May 2013.
Verdere besonderhede is gedurende gewone kantoorure (weeksdae) by Departement Ontwikkelingsdienste, die kantoor van die Bestuurder: Beplanning, Boubeheer en Waardasies, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury beskikbaar.
MUNISIPALE KANTORE PRIVAATSAK X52 MALMESBURY, 7299
J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder
17 MEI 2013
WET OP OPHEFFING VAN BEPERKINGS, 1967 (WET 84 VAN 1967) ASOOK VOORGESTELDE HERSONERING VAN ERWE 409-423, 448-455 EN 601 RIEBEEK-WES, STRAATSLUITING EN WYSIGING VAN SWARTLAND RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK Kragtens artikel 3(6) van bostaande Wet word hiermee kennis gegee dat die onderstaande aansoek ontvang is en ter insae lê by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Swartland Munisipaliteit, en enige navrae kan gerig word aan die Bestuurder: Beplanning en Ontwikkeling, Kerkstraat, Privaatsak X52, Malmesbury, swartlandmun@swartland.org.za, telefoon: 022 487 9400, faks: 022 487 9440. Die aansoek lê ook ter insae by die Kantoor van die Direkteur, Grondbestuur: Streek 2, Provinsiale Regering van die Wes-Kaap, by Kamer 604, Dorpstraat 1, Kaapstad, vanaf 08:00 – 12:30 en 13:00 – 15:30 (Maandag tot Vrydag). Telefoniese navrae in hierdie verband kan gerig word aan 021 483 8332 en die Direktoraat se faksnommer is 021 483 3098. Enige besware, met die volledige redes daarvoor, moet skriftelik by die kantoor van die bogenoemde Direkteur: Grondbestuur: Streek 2, Privaatsak X9086, Kaapstad, 8000 met `n afskrif aan die bogenoemde Munisipale Bestuurder, ingedien word op of voor 10 Junie 2013 met vermelding van bogenoemde Wet en die beswaarmaker se erfnommer. Enige kommentaar wat na die voorgemelde sluitingsdatum ontvang word, mag moontlik nie in ag geneem word nie. Aard van aansoek: Opheffing van beperkende titelvoorwaarde van toepassing op erwe 409-423, 448-455 en 601, Stasiestraat wat aansluit by Ondergeskikte pad Nr. 1158, in die rigting van Gouda, Riebeek-Wes, ten einde die eienaar in staat te stel om die eiendomme aan te wend vir landboudoeleindes (om tonnels te grawe ten einde saailinge en groente te kweek). Daar is bestaande dienste op die eiendomme nl. elektrisiteit en water.
Kennis geskied ook hiermee ingevolge artikel 17(1) van Ordonnansie 15 van 1985 dat ‘n aansoek ontvang is vir die hersonering van erwe 409-423, 448-455 en 601 (totale groote 40,001ha), geleë te Stasieweg, Riebeek Kasteel vanaf residensiële sone I na landbousone II ten einde kweekhuise op te rig vir die kweek van saailinge en groente. Aansoek word ook ingevolge artikel 137(2) van Ordonnansie 20 van 1974 gedoen vir die sluiting van die gedeeltes strate (onbeboude strate) tussen die bogenoemde erwe (groot ±11,986ha) asook die hersonering van die gedeeltes strate (groot ±11,986ha) ingevolge artikel 17 van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf vervoersone II na landbousone II. Erwe 409-423, 488-455,457 en 601 en die betrokke gedeeltes straatsluitings word aangebied vir konsolidasie. Verder word aansoek gedoen ingevolge sub-artikel 2(4) van Regulasie 796, soos uitgevaardig kragtens artikel 120 van die Wet op Plaaslike Regering : Munisipale Stelselswet, 2000 (Wet 32 van 2000), vir die wysiging van die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk van Swartland Munisipaliteit met betrekking tot die wysiging van die stedelike randgebied van Riebeek Wes, ten einde die bogenoemde gekonsolideerde gedeelte uit te sluit uit die stedelike randgebied. Verdere besonderhede rakende die aansoek is gedurende gewone kantoorure (weeksdae) by Departement Ontwikkelingsdienste, die kantoor van die Bestuurder: Beplanning, Boubeheer en Waardasies, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury beskikbaar. Enige kommentaar, hetsy beswaar of ondersteuning, kan skriftelik by die ondergetekende ingedien word nie later nie as 10 Junie 2013 om 17:00.
17 MEI 2013
DIE WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN LANDBOU: EKSTERNE BEURSE 2013 Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sal omvattende beurse toeken aan aansoekers wat kwalifiseer en hulle studies voortsit of van plan is om dit te doen in kritieke skaars vaardighede in Landbou in die 2013 akademiese jaar. Die beurse sal boeke, akkommodasie en maaltye dek waar van toepassing. Vroue en mense met gestremdhede word aangemoedig om aansoek te doen. Die Departement se diensbillikheidsteikens sal in gedagte gehou word en voorkeur sal gegee word aan toegewysde groepe.
KENNISGEWING 103/2012/2013
MUNISIPALE KANTOOR PRIVAATSAKG X52 MALMESBURY, 7299
BELANGRIKE KENNISGEWING
Enige kommentaar, hetsy beswaar of ondersteuning, kan skriftelik by die ondergetekende ingedien word nie later nie as 18 Junie 2013 om 17:00.
MUNISIPALITEIT SWARTLAND
Aansoeker C K Rumboll & Vennote:
Kennisgewings & Betrekkings
KENNISGEWING 106/2012/2013 VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK OP GEDEELTE 48 VAN PLAAS BROODKRAAL NO. 154, AFDELING MALMESBURY
• Minimum requirements are a National Diploma in Food Technology with 2 years' experience in the food industry or equivalent • Good interpersonal skills • Bilingual (English/Afrikaans) • Committed • Passionate • Good flexibility • Sense of urgency • Ability to train/coach • Computer literate (MS Word & Excel) • Leadership • Loyalty • Good health is essential.
7
SWARTLAND MUNISIPALITEIT
FOOD SAFETY MANAGER MALMESBURY
Swartland Gazette
J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder
STUDIERIGTINGS
AANTAL BEURSE
INGENIEURSWESE: Bio-hulpbroningenieurswese (Landbouingenieurswese) Siviele Ingenieurswese
2
VEEARTSENYKUNDE: B.Veeartsenykunde (BVSc) Veeartseny Tegnologie
2
LANDBOUWETENSKAP: 4-jaar 4-jaar 4-jaar 4-jaar
3
kwalifikasie/Agronomie kwalifikasie/Tuinbou kwalifikasie/Grondwetenskap kwalifikasie/Pomologie
LANDBOUEKONOMIE: Makro-ekonomie (Internasionale Handel, Ekonometrie en Modelleerwerk) Hulpbronekonomie Produksie-ekonomie/Plaasbestuur Agroprosessering
3
Vereistes 1. Aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees. 2. Aansoekers moet tans geregistreer wees by ’n Hoër Onderwys-inrigting en ’n kwalifikasie voltooi in een van die bogenoemde studierigtings en moet geen finansiële bystand ontvang nie. 3. Aansoekers moet die betrokke beursvorm voltooi wat op ons webtuiste beskikbaar is by: www.elsenburg.com 4. Suksesvolle kandidate sal in kennis gestel word nadat die Departementele Beurskomitee die keuringsproses gefinaliseer het. Indien jy nie binne twee maande na die sluitingsdatum vir die aansoeke van die Departement hoor nie, beskou jou aansoek as onsuksesvol. 5. Alle voltooide beursaansoekvorms saam met gewaarmerkte kopieë van ID en sertifikate/prestasieuitslae moet na die volgende adres gestuur word: Die Direkteur: Me R Wentzel Direktoraat: Operasionele Ondersteuningsdienste Wes-Kaapse Departement van Landbou Privaatsak X1 ELSENBURG 7607
Vir verdere navrae, kontak asseblief: Mnr John Constable by (021) 808-5044
LW: Die Wes-Kaapse Departement van Landbou behou hom die reg voor om die totale aantal beurstoekennings vir die akademiese jaar te bepaal volgens die totale begroting wat beskikbaar is.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2013 TBWA\P39601\A
1913 JF
Swartland
Sedert 1954 Since
Swartland se betonvennoot 021 873 1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za
Year 11 • 14 Mei 2013 | Tel. 022 482 3817
Naweeknetbal lewer spel uit die boonste rakke AMALIA VAN NIEKERK MOORREESBURG - Netbalspelers en toeskouers het die afgelope naweek weer opgetrek vir die weeklikse ligawedstryde. In die A1-liga het Porterville A gemengde sukses gehad. Hulle het die week afgeskop met ’n pragoorwinning oor die Moorreesburg Tiere Dinsdagaand (43-28), maar moes die knie buig voor Vredenburg A Saterdag ná ’n baie spannende wedstryd (36-24).
Marni Redelinghuys, senter van Porterville, is in albei hierdie wedstryde aangewys as haar span se staatmaker. Dolphines A en Langebaan A het ná hul titaniese gelykopstryd teen mekaar verlede week, hierdie week hul wedstryde teen Wesbank A en Tiere B oortuigend gewen in die A2-liga. Ten spyte van topspel deur Benita Malgas van Wesbank op verdediging, kon Martha Cloeta van Dolphines nie gestuit word nie en uitgeblink met puik doelwerk. In die B1-liga het Porterville B en Vredenburg C wegholoorwin-
Die C1-liga hetR oortuigende oorwinnings deur Young Citerians en Siyadoba se A-spanne opgelewer. Albei spanne se hulpdoele, Porcia Titus (Young Citerians) en Masadie Slinger (Siyadoba), het die telbord aan die tik gehou. Ten spyte van Bernadine Titus se uithaler vertoning vir Sitrus A, moes hulle terugstaan vir ’n gemotiveerde Riebeek United A met Joslin Farao wat uitgeblink het op verdediging. In die D-liga was die wedstryd tussen Riebeek United B en Siyadoba B spannend met net een doel wat op die verskil was tussen wen of verloor.
nings behaal in hul wedstryde teen Wesbank B en Citrusdal B onderskeidelik. Langebaan B het hul bure van Saldanha Munisipaliteit A afgestof met 59-18 in hul B2-ligawedstryd, met goeie kompetisie onder die pale tussen Nikki Swart (HV Langebaan) en Hannashree Naidoo (HD Saldanha) – albei hul spanne se spelers van die wedstryd. West Point A se “dream team” wen vêr met 65-16 teen Penguins A, met die jonge Miche-Le Jooste wat ’n stervertoning lewer vir West Point op hulpdoel.
WESBANK RUGBYKLUB STEUN LIEFDADIGHEID: Die klub het vanjaar weer geld ingesamel vir liefdadigheid. Die bevoordeeldes wat geld ontvang het, was Goue Jare Dienssentrum, Rowan Hermanus – leerling van Hoërskool Swartland wat verlede jaar ’n rugbybesering opgedoen het – en die Wesbank Netbalklub. Agter van links staan die uitvoerende bestuur van Wesbank Rugbyklub, André Adams (sekretaris), Johnathan Bredenkamp, Ewald Liedeman, Japie Liedeman (president), Martin Boks (ondervoorsitter), Edmond Pietersen, Etienne Lategan (voorsitter) en Eduann Howburg. Voor sit Nelly Mentoor (voorsitter van die Goue Jare Dienssentrum), Antie Tilly Rolan, Rowan en Priscilla Hermanus, Elisma Lategan en Lillian Malgas (voorsitter van Wesbank Netbalklub).
KNORTJOR-FINAAL: Die Knortjor-klub het die afgelope naweek hul laaste tydren vir die seisoen gehad. Die volgende seisoen open weer in September vanjaar. Jean Visser is as die sportman van die jaar gekroon. Van links staan Fanie Venter (3de), Henning Burger (1ste) en Melt De Wet (2de) wat in die 405-afdeling gewen het. FOTO: CHARLOTTE LESCH
7 Days Family
Piet Retiefstraat 17, Malmesbury • Tel: 022 482 3711
BESIGHEIDSURE: OOP TUSSEN 07:00 & 21:00 Hoeveelhede kan beperk word, Geen handelaars. Terwyl voorraad hou.
DAYS SAVERITE MET 'N NUWE SLAGHUIS EN TOP VLEIS TEEN DIEDIE BESTE 7 DAYS SPOG SAVERITE SPOG MET ’N NUWE SLAGHUIS ENGEHALTE TOP GEHALTE VLEIS TEEN BESTEPRYSE! PRYSE! Chicken Braai Packs
Skaap C1/2 Heel/Half
Oxtail
Pork Packs
R49,99 p/kg R39,99 p/kg
R27,99 p/kg R49,99 p/kg R27,99 p/kg
Beef Lean Mince
Chicken Leg Quarters
Pork Chops, Loin & Rashers
R44,99 p/kg
R39,99 p/kg
Chicken Drumsticks
R199,99 10kg box
Oukraal wors
BBQ Braaiwors
Lamb Chops Loin/Dikrib/ Boud
Chicken Thighs 10 kg
R189,99
Skaap Boud Heel
Special Chargriller wors
Nulaid Pullet eiers - tray
R29,99
2 vir R10
Tamaties 1kg prepack
R8,99
Patat / Sweet Potato
R5,99 p/kg
R39,99 p/kg
Komkommer
2 vir R10
Butternut Pocket
Skorsie/ Gem squash Pocket
R19,99
R29,99
Mushrooms 250g punnet
Green Beans
R10,99
R12,99 p/kg
R29,99 p/kg Pynappel
2 vir R10
Apples 1 kg Pre pack
R5,99 p/kg Pampoen
R3,99 p/kg
Golden Choice White Sugar 2.5kg
GROCERIES
FRESH PRODUCE
Lettuce
R49,99 p/kg
Lamb Braai Pack
Rump/Sirloin Steak
Pork Texan Steak
R69,99 p/kg R49,99 p/kg R55,99 p/kg R79,99 p/kg R35,99 p/kg 30
R27,99 p/kg
Beef Silverside / Topside Goulash / Stirfry
R54,99 p/kg R55,99 p/kg
T-Bone + Club Steak (Combo's)
COOLDRINKS
Lam A2 Heel/half
R19,75
Weetbix 450g
R13,99
Jive 2L
R9,99
Golden Choice White Sugar 1kg
R8,99
Nola Mayo 750g
R15,99 Baby Soft 200 Toiletpapier 4’s
R12,95
Sparletta 2L
R9,99
All Gold Tomato Sauce 700ml
R13,99 D'Lite Botter 500g
Fusion 1L
R5,99
Kook Olie 750 ml
R10,99 2L
R28,95 Ricoffy 750g
R49,99 R6,99 Revlon Aquamarine Shampoo 500ml
R9,99
Ricoffy 250g
R23,99 Shield Roll On 50ml
R9,99
Dankie aan almal vir die massiewe ondersteuning, ons het reeds 39% gegroei vanaf Januarie 2012. Hierdie lae pryse is om u te bedank! ONS GROEI STEEDS!