Swartland Gazette 16-04-13.pdf

Page 1

Swartland

Year 11 • 16 April 2013 | Tel. 022 482 3817

Potjiekos vir meer boeke Malmesbury Lionsklub het die afgelope naweek hul jaarlikse potjiekoskompetisie aangebied ten bate van literatuur vir skoolkinders. Die geld sal aan plaasskole se biblioteke in die omgewing geskenk word. Volgens Rudi Bezuidenhout, president van die klub wat in 2009 gestig is, dryf die Lionsklub reg deur die jaar projekte wat verskeie welsynorganisasies en instansies help. Vanjaar is sowat 10 potte vir die kompetisie ingeskryf. Die klub beoog om volgende jaar ’n oornag-potjiefees aan te bied. Die wenner van die dag was Theo Hoon met sy bokboudpot. Lede van Paarl Lionsklub het ook vir Malmesbury Lionsklub kom ondersteun vir die dag. Hier (van links) is Rudolf Knoetze, Emile Weber (Paarl), Theresa en Jan van Vreden, Theuns Bester, Peter van Niekerk (Paarl), Evan Swart, Kobus Scholtz, Marina van der Merwe en Rudi Bezuidenhout (president); Francois Geldenhuys staan heel agter. FOTO: NILETA KNOETZEN

Skuldberaders ál besiger CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY – Skuldberaders in die Swartland sê hulle kon die afgelope paar maande omtrent nie voorbly met hul werk soos verbruikers aan hul deur klop weens skuld-stres nie. Hoewel verbruikers in Mei ’n daling in die petrolprys kan verwag, is dit geen geheim dat die voortgesette verhogings in brandstof-, elektrisiteit- en kospryse al meer finansiële druk op huishoudings plaas nie. Henry Kohne van Debt Inc. finansiële beraders sê wat verbruikers se skuld betref het hul kliëntebasis die afgelope tyd geweldig gegroei. “Ons maak ’n klein deel van die mark uit, maar in ons area (Malmesbury) alleen het kliënte met sowat 30% van die begin van die jaar toegeneem. Besigheid het op nasionale vlak ook baie

toegeneem met mense wat aan skuld-stres ly en vir finansiële berading kom.” Ook Ilze Allies van Debt Counsellors sê hulle kon sedert Januarie vanjaar omtrent nie voorbly nie, so besig het hulle geword. Besighede in die Swartland wat mikrolenings toestaan se drumpels is egter nie, soos dalk verwag kan word, deurgetrap met al die prysstygings nie. Finbond Micro Finance op Malmesbury sê die meeste mense doen veral aansoek vir mikrolenings wanneer salarisse uitbetaal word. Volgens hulle tel besigheid op wanneer rekeninge aan die einde van die maand betaal moet word, wat beteken dat mense nie genoeg betaal word nie. Hulle kon egter nie agterkom dat meer mense die afgelope tyd aansoek gedoen het vir mikrolenings nie. Intra Finance sê weer hulle het agtergekom mense stel nie langer belang in mikrolenings nie, maar soek “groot geld”. “Mense kan nie

meer uithou met hulle salarisse nie en soek daarom termynlenings eerder as mikrolenings,” sê een van die werknemers. Hoewel ondernemings hulle nie wou uitlaat of mikrolenings intern aan hul werknemers toegestaan word nie, sê een van die winkeleienaars op die dorp dat hy wel al aan sommige werknemers hul salarisse voorgeskiet het, maar slegs in uitsonderlike gevalle. Derek Engelbrecht, hoof van die afdeling vir kleinhandel en verbruiksgoedere by Ernst & Young, sê die stadige pas waarteen werk geskep word en die verswakking van die rand dra by tot erge finansiële spanning. Hy sê die verswakking in die waarde van die rand het prysverhogings tot gevolg vir items soos klere, speelgoed en CD’s. Hy meen lenings is ook nie meer so beskikbaar soos in die verlede nie, en daarom het verbruikers minder geld om aan nie-duursame goedere te bestee.

Volgens Engelbrecht het die finansiële druk van verbruikers natuurlik ’n negatiewe effek op die kleinhandelaar. Groei van 1,9% (teen ’n jaarkoers) in kleinhandelverkope in die eerste kwartaal dui op minder verkope, handelstoestande gaan agteruit en kleinhandelaars voel die druk op hul winsgrense. Vooruitsigte vir die res van die jaar lyk nie goed nie weens die swak rand, hoë vervoerkoste, skerp stygings in kospryse, swak ekonomiese groei wêreldwyd, swak indiensneming en ’n verlangsaming in die groei van maatskaplike toelaes. Erik Louw, voorsitter van Malmesbury Sakekamer, bevestig dat plaaslike sakelui onder geweldige druk is. Volgens hom dra loonverhogings hier in die platteland by tot verdere spanning. “Die sakekamer motiveer sakelui om positief te bly en risiko’s te beperk.” Hy sê gesonde besigheidspraktyk moet gehandhaaf word en skuld moet gesond bestuur word.


2

Swartland Gazette

News - Nuus

Tuesday 16 April 2013

Vermeende dief tref paal MALMESBURY – ’n Een-en-twintigjarige man van Durbanville wat van diefstal verdink word, het Donderdag baie aandag getrek toe hy met ’n wit Toyota teen ’n telefoonpaal gebots het.

TAFELRONDE VAS VIR LIEFDADIGHEID: Malmesbury Tafelronde is die afgelope Vrydagaand “in hegtenis geneem” as deel van hul jaarlikse fondsinsamelingsprojek vir liefdadigheid. Borgtog in die vorm van donasies word vanuit die tronk ingesamel wat aan ’n welsynsorganisasie geskenk sal word. Hier (van links) is konst. Hennie du Rand, Koch Furstenburg, Jacques Basson, Anri van Heerden, Werner van Lill, Charl Bezuidenhout, Kwas du Toit, Jaco Louw, Arthur Thomas, Gerrit Beukes en Hein Gonzales in een van Malmesbury-polisiekantoor se tronkselle. Die Tafelronde bedank al die borge wat die projek ’n sukses gemaak het. FOTO: DAVID HOWBURG

Die voorval het omstreeks 14:00 in die parkeerterrein van die poskantoor op Malmesbury plaasgevind. Volgens konst. Hennie du Rand, die plaaslike polisiewoordvoerder, bestaan die vermoede dat hy die voertuig sonder die toestemming of wete van die eienaar geneem het. Die geregistreerde eienaar kon egter nog nie opgespoor word nie. Die verdagte beweer hy is die eienaar, maar kon nie ’n ID-dokument, ’n bestuurderslisensie of ’n bevestigbare huisadres aan die polisie verskaf nie. Die man, wat oor die naweek in aanhouding was, het gister in die hof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelike gesteelde eiendom.

Die beskuldigde het met hierdie voertuig teen die lamppaal by die poskantoor op Malmesbury gebots.

ROCKING THE DAISIES FEEDS PEDAL POWER: As official greening partner of Rocking the Daisies and sponsor of “Cycle the Daisies”, Pick n Pay has chosen to donate 18 bicycles to the Darling Trust. These bicycles have been “earned” by enthusiastic visitors to Rocking the Daisies who made the effort to cycle on the Pick n Pay stationary bikes at the festival. For each 5 km cycled, Pick n Pay donated a bicycle and a helmet to children from the local school Morning Star, which had been selected by the Darling Trust. According to Ivy Johnson, trustee of The Darling Trust, these children do not have access to transport to their school. Anna Cleophas, also a trustee, was instrumental in finding the right beneficiary (Morning Star School) for this wonderful donation, said Tasha St. John-Reid, operational manager of the trust. At Rocking the Daisies Pick n Pay also sold fresh juice and smoothies, supported the waste-recycling of the festival and made it possible for a number of small businesses that produce sustainable products to sell their products. Pick n Pay will again be the official greening partner of Rocking the Daisies in 2013. On Saturday April 13 Rohland handed the bicycles over to the 18 children at Evita se Perron in Darling. PHOTOS: CHARLOTTE LESCH

FOTO: CHARLOTTE LESCH

Twins Jaywin and Jonathan both received a bicycle. Craig Bright from Rocking the Daisies /Sowing the Seeds and Bronwen Rohland, director of marketing and sustainability at Pick n Pay, handed the bicycles over to the 18 children at Evita se Perron in Darling.


Dinsdag 16 April 2013

News - Nuus

Swartland Gazette

3

WKDM-kusbestuurprogram ’n eerste KAREL WILLEMSE

SAKELUI BYEEN: Prof. Brian O’Connel, rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), het verlede week sowat 40 afgevaardigdes van die Weskus tydens ’n ontbyt by die Piekenierskloof Restaurant met ’n inspirerende praatjie geboei. Die funksie verlede Vrydag is deur die afdeling strategiese dienste van die Weskusdistriksmunisipaliteit aangebied en was daarop gemik om rolspelers die geleentheid te bied om netwerke strategies te beplan. Volgens O’Connel is een van die groot probleme die gebrek aan kommunikasie, veral tussen staatsinstellings en plaaslike gemeenskappe. Die uitvoerende burgemeester van die WKDM, Harold Cleophas, het sakeondernemings tydens sy verwelkoming genooi om met plaaslike munisipaliteite te gesels oor moontlike geleenthede in die toekoms. Van links is Earl Williams (bestuurder: strategiese dienste), prof. O’Connel, Cleophas en Henry Prins (munisipale bestuurder).

MOORREESBURG – Die opstel van ’n kusbestuurprogram vir die Weskusdistriksmunisipaliteit (WKDM), tesame met die stigting van ’n amptelike munisipale kuskomitee, was een van die mees suksesvolle stappe om uitvoering en implementering van die regering se plan om die kus te bestuur, te verseker. Só het Pierre de Villiers van Cape Nature gesê tydens die oorhandiging van die voorlopige dokument wat die program omskryf aan Charles Malherbe, omgewingsbeampte en raadslid, en André Kruger, speaker van die WKDM. WKDM is die eerste distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap wat oor so ’n kusbestuursprogram beskik met ’n munisipale kuskomitee wat spesifiek fokus op die uit-

voer van kusbestuursaangeleenthede. Die oorhandiging is gedoen tydens ’n funksie by Vensterklip buite Elandsbaai. Munisipale afgevaardigdes het ook hul konsepdokument in ontvangs geneem. Elke munisipaliteit se omstandighede vir doeltreffende kuslynbestuur is in aanmerking geneem en in aparte dokumente vervat. Daar is wel ’n oorkoepelende dokument wat die inligting oor al die munisipaliteite se kusbeheer bevat. Die voorlopige konsepdokument sal nou deur die raad bespreek word vir finalisering en daar sal ook aan die wetlike aspekte aandag verleen word. Volgens Malherbe is so ’n dokument nodig om die Weskus in lyn te bring met die Wet op Geïntegreerde Kusbestuur van (2008), wat daarop gemik is om ’n groter bydrae te lewer tot die bewaring van ons kusgebiede in die Weskus.

Verteenwoordigers van die onderskeie plaaslike munisipaliteite wat op die munisipale kuskomitee dien, met hul konsepdokument wat hulle in ontvangs geneem het tydens ’n funksie by Vensterklip, naby Elandsbaai. Agter staan Briaan Smit (Matzimaka-munisipaliteit) en Charles Malherbe (omgewingsbeampte by WKDM).) Voor sit AJ Burger (Swartland-munisipaliteit), rdl. André Kruger – voorsitter van die Weskus Distriksmunisipaliteit se kuskomitee, en AJ Booysen (Cederberg-munisipaliteit).


4

General - Algemeen

Swartland Gazette

Tuesday 16 April 2013

Brandy fest tickets up for grabs Do not miss out on the opportunity of standing a chance to win one of five double tickets for the Fine Brandy Fusion festival in Cape Town. This showcase of South African brandy and the glamorous lifestyle surrounding it, marks its Cape Town debut with the theme Celebrate liquid gold. There will be much to see, do, nose and sip for the young and trendy, sophisticates and connoisseurs eager to explore SA’s internationally admired brandy industry. Part celebration, part learning experience, the festival will reflect brandy’s refined and its lighter side, hopefully fusing together cultures and styles. The exciting format will also see high-end lifestyle brands such as Aston Martin and BMW rubbing shoulders with famous brandy houses and artisanal estate brandies. As it is seen as the perfect launch pad for new products,

speculation is rife regarding who will try and eclipse the launch of Van Ryn’s 30 Year Old AU.RA, which was the talk of the town at last year’s event. New small artisanal brandy producers have come on board with their handmade brandies up for nosing and tasting. Brandy enthusiasts can also join in the hourly master classes. These will take place on 9 and 10 May at the Cape Town Convention Centre from 17:30 to 21:30 (no entry after 21:00). R175 includes a brandy glass and coffee vouchers. Tickets are available from Computicket or at the door. No visitors under 18 will be allowed. Visit brandyfusion.co.za or email info@brandyfusion.co.za. Gazette readers who want to stand the chance of winning tickets, can send an SMS with their name, surname and “Fine Brandy” to 37173 before 23 April.

Cardonay Bolsen, een van die kinders wat bederf is met lekkernye, terwyl die bedankings gedoen is.

Van links staan Mareta Stodart, Mia de Beer, die skoolhoof, Charldene Jacobs (hoof van Carneys), dr. Gert van Staden, president van die Rotariërs, Ernestine Groepies-Larey en Annerie Sheridan. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Voor van links sit die personeel in die nuwe vleuel, Anneline de Klerk, Karen Plaatjies,Elzanne Bolsen, Anna Claassens,Sindiswa Mpimpilashe en Wilma Ross. Agter staan Mareta Stodart (Rotariërs), Sharldene Jacobs (hoof) Vernon Hein (voorsitter, beheerraad), Yolanda September (kok), Jeanne-Marie de Villiers (beheerraadslid).

Crèche van krag tot krag

WESBANK – Eers word ’n crèche gebore, toe kom ’n nuwe vleuel wat volgepak word met nuwe toerusting en speelgoed vir dié skool wat jaar na jaar van krag tot krag gaan. Die crèche Badisa Carneys Educare wat in Wesbank geleë is, is vir die afgelope twee jaar volgens Mareta Stodart van Malmesbury Rotariërs van

die grond af opgebou tot waar dit nou staan. Vandag huisves die crèche 83 kinders en ’n totaal van agt personeellede nadat hulle in 2009 met slegs 40 kinders en twee opvoeders begin het. Stodart, die inisieerder van die projek, het in 2005 die nood van ’n bestaande crèche in Wesbank gesien wat met 60 kinders bedryf is uit ’n gedeelte van ’n huis,

vertel die president van die klub, dr. Gert van Staden. “Sy het die behoefte raakgesien en vanuit die droom is Carneys Educare gebore.” “As jy net glo aan wat jy droom en wat jy dink, kan jy dit bereik,” glo Van Staden. Stodart, wat beskryf word as die ystervrou van Carneys Educare, het almal se bydrae tot die sukses van die crèche bedank. “Nou is

hier beweegspasie met toerusting wat ons moet en wil gebruik.” Die skoolhoof, Shaldeen Jacobs, het ook haar dank teenoor die klub en die mense uitgespreek wat ’n bydrae gelewer het om die skool te bring waar dit vandag is. “Ons kan niks teruggee nie, maar dit is nou ons taak om die toerusting te gebruik en om terug te ploeg in die crèche se toekoms.”

VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITIES FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE DEpArtMEnt oF HEAltH post A: cEDErbErg sub-DIstrIct post b: swArtlAnD sub-DIstrIct (wEst coAst DIstrIct) Clinical Programme Co-ordinator (HAST) (2 posts) rEMunErAtIon: r 297 462 (pn-A5) pEr AnnuM sErvIcE bEnEFIts: 13tH cHEquE, EMployEr’s contrIbutIon to tHE pEnsIon FunD, HousIng and medical aid allowance. rEquIrEMEnt: MInIMuM EDucAtIonAl quAlIFIcAtIon: Basic R425 qualification (i.e. diploma/degree in nursing) or equivalent qualification that allows registration with the South African Nursing Council (SANC) as Professional Nurse. rEgIstrAtIon wItH A proFEssIonAl councIl: Current registration with SANC as a Professional Nurse. ExpErIEncE: A minimum of 7 years appropriate/recognisable experience in nursing after registration as Professional Nurse with the SANC in General Nursing. InHErEnt rEquIrEMEnts oF tHE job: Valid driver’s licence (Code B/EB) and willingness to travel. coMpEtEncIEs (knowlEDgE/ skIlls): Good interpersonal relations, leadership and communication skills (verbal and written) in at least two of the three official languages of the Western Cape. • Knowledge of the Provincial HIV/AIDS/STI/TB programmes and the Strategic Plan. • Computer literacy (MS Word, Excel and PowerPoint). • Ability to work independently and in a multi-disciplinary team. DutIEs (kEy rEsult ArEAs/outputs): Co-ordinate and effectively and efficiently manage the National and Provincial HIV/AIDS/STI/TB. • Strategic and Annual performance plans by implementing programmes. • Manage the Human and Physical Resources and control of Financial Expenditure. • Involve in training programmes in conjunction with Human Resource Development and Training. • Liaise with all role players (NPO’s, CCW’s, Health promoters, etc.), to ensure an integrated health service within the sub-district. • Monitor and evaluate programmes (HIV/AIDS/STI/TB), goals and targets including the collection, collation, validation and interpretation of statistical data. • Monthly visits to health facilities and service points to provide support and supervision and regular feedback to the facilities and service points. • Co-ordinate lay counsellors. notE: It may be expected of short-listed candidates to do a presentation and undergo a competency assessment. EnquIrIEs: post A: Ms A Parring, tel, no. (027) 482-1484 post b: Ms H van der Wysthuizen, tel. no. (022) 482-2729 plEAsE subMIt your ApplIcAtIon For tHE AttEntIon oF Mr E sAss to tHE DIstrIct director: west coast district, Private Bag X15, malmesBury, 7299. InstructIons to ApplIcAnts: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of public service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment. The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.

closing date: 3 May 2013 TBWA\H400356/E


Tuesday 16 April 2013

General - Algemeen

Swartland Gazette

5

Lions: Roer daai potjie Malmesbury Lionsklub het die afgelope Saterdag hul jaarlikse potjiekoskompetisie by die landbouskouterrein aangebied. Vanjaar word die fondsinsameling gedoen ten bate van literatuur vir kinders. ’n Hupstoot vir plaasskole se biblioteke is as vanjaar se projek geïdentifiseer. Kobus Louw (voor), een van die deelnemers, was die alleen-kok vir die hoender-, varkspek- en biltongpot. Agter (van links) staan sy ondersteuners Gert Botha, Franscois Basson en Johann Louw. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Die span van Rola Volkswagen op Malmesbury was ’n groot span met (van links) Johan Hugo, Laura van Wyk, Hugo van Wyk, Zandré Hugo, Matthys Koch, Melanie Stemmet en Mariaan Heyns .

Cloof Wynkelder van Darling, wat wyn verskaf het aan die deelnemers, het self ook ’n pot ingeskryf. Hier (van links) staan Jolene Smit, Elvino Matthyse, die hoofkok, en Ettiene Frans.

Sakelui praat oor banksake wys ’n Plaaslike raadslid het ook ’n draai by die sakekamer se ledevergadering kom maak. Hier (van links) is Hendrik du Plessis van JR Transport, rdl. Chris Hunsinger en J.R. Loubser van JR Transport.

MSS, ’n sekuriteitsmaatskappy op Malmesbury, se span se volstruisnekpot het hand aan hand gegaan met soetpatat. Hier (van links) is Johan Kruger, Ronél Gertenbach, Christo Haughton, Toinette Le Roux en Frans Niemann. (Afwesig: Philip Geldenhuys).

Plaaslike kok, Joshua van Zijl, en Debbie Kearns het die deelnemers se potte kom beoordeel. Die wenners is dieselfde aand aangewys.

Add the

finishing touches Linear 6 Bar Towel Rail

R232.00 4841POLS

Toilet Paper Holder

R1 979.00 LIN06SPSPTS

R213.00 4801POLS

EXCLUSIVE

Single Towel Rail

These Bathroom Butler products are exclusive to ON TAP.

R335.00 4872POLS

www.tomcat.co.za [49980E]

Open Towel Ring

www.ontap.co.za

OPEN DAY 9 to 11 May 2013 Weekdays: 09:00 – 16:00 Saturday: 09:00 – 15:00

Multipurpose Hall Cape Town Campus Keizersgracht, Cape Town

www.cput.ac.za

ENQUIRIES: Suzelle Koch I 021 959 6609 Marilyn Cloete I 021 959 6228

Malmesbury Sakekamer se ledevergadering het verlede Dinsdagaand by die Laerskool Swartlandsportsentrum plaasgevind waar Werner Schreiber van FNB vir lede en besoekers meer vertel het oor kwalifiserende vereistes vir kredietaansoeke by banke en bankkoste en Fleur Lerwill oor boedelbeplanning en sakeversekering gepraat het. Hier (van links) staan Werner Schreiber van FNB, Fleur Lerwil, Erik Louw, voorsitter van die sakekamer, en Hennie Weideman, skoolhoof van Laerskool Swartland.

Besoekers het ook hul opwagting by die sakekamer se ledevergadering gemaak. Hier (van links) is Charl van Heerden, Gesie Louw, Sonja van Heerden, Marianne Nel en Wilhelm Louw.


6

Leader - Hoofartikel

Swartland Gazette

Tuesday 16 April 2013

16 April

Armes trek noustrop Dit is alombekend dat huishoudings finansieel swaarkry weens voortdurende prysstygings ten opsigte van kos, brandstof en elektrisiteit. Tog is daar ander wat baie swaarder kry as diegene wat wel ’n voertuig besit maar kla oor brandstofpryse. Sommige leerlinge van die Morning Starskool naby Darling, nes baie ander leerlinge wat uit armoedige omstandighede kom, stap elke dag, twee keer per dag, meer as 20 km ver om by die skool en weer by die huis te kom. Wanneer dit sleg gaan met die plaaslike ekonomie, gaan dit nóg slegter met die armstes onder ons. Hulle is ook dikwels die sektor van die samelewing wat afhanklik is van borgskappe van sakelui wat skoene of fietse aan hulpbehoewendes skenk. Indien kleinhandelaars bekommerd is oor hul winsgrens wanneer plaaslike verbruikers se begrotings hul verhoed om meer geld uit te gee, heers daar ook groot kommer dat die volgende generasie kinders ook skenkings van skoolskoene kan verbeur en kaalvoet die langpad skooltoe moet aandurf. Dit gaan swaar met diegene wat wel ’n inkomste verdien. Dit gaan egter nóg swaarder met diegene wat nie hierdie voorreg geniet nie.

DANKIE VIR DIE PAASEIERS: Leerlinge van die Preprimêre Skool Esterhof op Riebeek-Kasteel bedank mnr. en mev. Lewies, Gasner, Wildskut, PPC en Friendly Grocers op Riebeek-Kasteel, asook Old Mutual op Malmesbury, Riebeek Wynkelder, Meiring Primêr en die VGK-kerk op Riebeek-Kasteel vir hul ondersteuning en die uitdeel van Paaseiers voor die Paasnaweek. FOTO: VERSKAF

19 April

Ná sy opstanding PASTOOR PIET SMIT •Ef. 4:10 (1983 vertaling) – “Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met Sy teenwoordigheid te vul.” •Ef. 4:10 (Contemporary English Version) – “…so that He would fill the whole universe.” Een van die geseënde gevolge van Jesus se op-

standing is dat Hy nou alomteenwoordig is. Nou kan almal Hom vind en gered word op enige plek en enige tyd. As daar nou nood is, hoef ons nie deur die prosesse te gaan soos Martha en Maria in Joh. 11 nie. Hul broer Lasarus het siek geword en nadat hulle alles gedoen het wat hulle menslik kon, het hul besef dat daar nog net een plan oor is en dit is om vir Jesus iewers in Israel te gaan soek. In die tussentyd sterf Lasarus en kom Jesus vier dae te laat daar aan. (Gelukkig het Jesus hom opgewek.) Hoe wonderlik dat ná sy opstandig kan almal, oral vir Jesus aanbid. Hy sê dit in Mat. 18:20 – “Want waar twee of drie in my Naam vergader; daar is Ek in hul midde.” 1 Kor. 1:2 – “almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep”. Die lied: “Op berge en op dale en oraloor is God ...” is regtig die waarheid!

Die rosynebedryf is wêreldwyd gesond KONTAK ONS Redaksie Charlotte Lesch T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: charlotte.lesch@media24.com Lizette Smit T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: lizette.smit@media24.com

Advertensies Carol de Jager T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: carol.dejager@media24.com Geklassifiseerd en admin Natalie Tenn T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: natalie@swartlandgazette.co.za Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titels wat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliks in Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Yzerfontein versprei.

) Geldinsameling vir die Malmesbury-museum met Lambert Vorster as gasspreker. Verrigtinge begin om 19:00 en kaartjies kos R50 per persoon. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom by 022 482 2332, weeksdae tussen 09:00 en 14:00, of by 072 753 0740 voor 19:00. ) Dit is weer tyd om jou mooi te tooi, want Kaap Agri nooi jou vriendelik uit na ’n heerlike vrouedag waar jy meer kan leer oor tuinbou, heerlik kan eet en saam kan lag by Eensgezind, Durbanville, om 09:00. Registrasie is van 08:00 af. Gassprekers en kunstenaars: Tanya Visser (Tuinier/Gardener-tydskrif), Jan Tolken (Efekto) en Sarah Theron. Kaartjies is beskikbaar teen R150 per persoon by Vicky Botes, 022 482 8119 (Malmesbury Agrimark).

Dit is in die rosynebedryf se belang om duidelik te sê dat die los praatjies oor chaos in die bedryf en oorskotte in die mark nie feitelik korrek is nie. Die wêreldmark is gesond en daar heers ’n vraag na die goeie gehalte Suid-Afrikaanse rosyne teen goeie pryse. Weens arbeidsonrus en vinnig stygende insetkostes is finansieringsinstellings nie bereid om aan verpakkers al die finansiering te verskaf om ’n uitsonderlike groot oes kontant in te koop nie. Plaaslike verpakkers beskik nie oor voldoende waarborge nie. Dit beteken dat as produsente aandring op volledige betaling vir hulle hele oes, ’n laer prys onmiddellik betaal moet word of slegs ’n gedeelte van die oes onmiddellik gekoop kan word. Die pryse wat verpakkers bereid was om in 2011 en 2012 vir rosyne te betaal was baie goed

omdat die oes weens reëns en vloede klein was. Pryse het onnatuurlik vinnig gestyg. Dit was dus ’n verkopersmark. Vanjaar is die oes groot en dus is dit ’n kopersmark. Dit moet verwag word dat as pryse baie vinnig gestyg het dit effens sal afkom om ’n regstelling te bewerkstellig. Daar is reeds lank gewaarsku dat die balans tussen die verskillende tipes rosyne gehandhaaf moet word om die markgeleenthede oor die lang termyn ten beste te benut. Die punt is wel nou bereik waar sekere rosynetipes se prys steeds standhou, terwyl andere blyk ’n plafon te bereik het. Die mark moet nie verwar word met gerugte wat tot plaaslike produsente se nadeel oor die langer termyn sal strek nie.

JOHANNES FOURIE, Voorsitter van Droëvrugte Tegniese Dienste (DTD)

Maatskaplike Ontwikkeling in nuwe kantoor Die departement van maatskaplike ontwikkeling se kantoor op Malmesbury se nuwe adres is nou by Bokomoweg 20, bo Kekkel & Kraai. Die departement lewer elke Dinsdag en Woens-

dag vanaf 08:00 tot 15:00 dienste in Illingelethu. Kontaknommers by die nuwe kantoor is 022 482 2934 of 022 482 3669 en die faksnommer is 022 482 3691.

Olyffees: Skryf in en wen Drie gelukkige Gazette-lesers kan elk by vanjaar se Olyffees op 4 en 5 Mei ’n Allesverloren-geskenkpak wen. Om in aanmerking te kom vir die gelukstrekking wat op 4 Mei by die Allesverloren-tent sal plaasvind, moet jy jou naam, van en “Olywe” teen 30 April na 37173 SMS (SMS’e kos R1,50). Lesers kry die geleentheid om elke week vir die kompetisie in te skryf. Vyf finaliste sal dan weekliks tot en met die aanbreek van die Olyffees gekies word, wie se name dan in die hoed gegooi sal word. So, moet nie die kans laat verbygaan nie en SMS nou. Pryse kan slegs opgeëis word indien finaliste om 12:00 by die Allesverloren-tent teenwoordig is.

)Die Riebeeck Vallei Spesiale Skool hou ’n markdag op Vrydag, 19 April 2013 vanaf 9 uur tot 12 uur. Daar sal produkte verkoop word wat deur die leerlinge self gemaak is, asook lekker eetgoed. Kom en geniet die dag saam met ons. Vir verdere navrae skakel 022 461 2241 )Do not miss out on the launch of the West Coast Business Networking Breakfast on Friday at 08:30–10:00. The launch will take place at Moyo Blouberg at Eden on the Bay, Big Bay, Cape Town at R65 per . Bookings: info@shiftone.co.za )Malmesbury Skou Boemelaarsdans om 19:00 by die skousaal teen R55 per persoon. Kos ingesluit. Kontantkroeg beskikbaar. Drag: Bergie/ boemelaar. Geld is ten bate van. nuwe perdestalle. Bel Philip by 082 895 6477 vir navrae.

20 April )Die Swartland Charity Bike Run se braai- en potjieskos-oorslaap word by die Moorreesburg-skougronde gehou. Toegang is R40 en gratis vir kinders. Wapens: R15, bel Francois Kitshoff by 083 956 0606, Trudie Smal by 079 369 1276 of Erhardt Koch by 082 898 1026 vir meer inligting. )The next Malmesbury Aglow Meeting is at the House of Prayer, Malmesbury, commencing at 16:00. The speaker will be Rita Manshon, the area district president. All are welcome. Refreshments will be served. Enquiries: Elaine Walker 072 590 6636. )’n Skoonheidskompetisie word by die eetsaal by die Medium A-gevangenis op Malmesbury gehou as geldinsamelingsgeleentheid vir talentvolle dansers Melanie Oosterwyk en Charl Cuttings. Die kompetisie en dansvertoning begin 18:30 vir 19:00 en kos R80 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 16. Kontak René Oosterwyk by 022 482 7706 of Estelle Cuttings by 022 486 4042 vir meer inligting of om te bespreek.

22 April )Interkerklike Vrouevereniging word om 19:30 by die Baptiste Kerk op Malmesbury gehou. Kontak Matilda vir enige navrae by 022 486 4134.

27 April )NG Swartland-Noord-gemeente hou basaar om 08:30 op die kerkterrein. Vars vleis, groente en gebak, plus nog vele meer kan na uitgesien word. ’n Boere-ontbyt, middagete en ’n teetuin word aangebied. Skakel 022 482 1407 vir navrae. )Die AGS Piketberg-gemeente bied vir die derde agtereenvolgende jaar sy kore-kompetisie in die landbousaal op Piketberg aan. Alle kerken jeugkore, asook groepe (van 4 tot 12 lede) kan inskryf vir die wisseltrofees wat vir die 1ste, 2de en 3de plekke uitgeloof sal word. Bel pastoor C. Koelenberg by 072 255 3102 of Nick Scheepers by 072 270 7003 vir nadere besonderhede. Inskrywings sluit op Maandag 8 April.

Dank vir dokumente ’n Verskeidenheid van olyf-produkte is by Allesverloren Wynlandgoed tydens vanjaar se Olyffees beskikbaar.FOTO:VERSKAF

Nogmaals baie dankie vir die berig wat die Gazette geplaas het oor my ID-dokument en bestuurslisensie. Ek waardeer dit opreg.

AC STANDER, Malmesbury


Tuesday 16 April 2013

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

7


8

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

CALLING ALL ENTREPRENEURS

GOT WHAT IT TAKES TO BE A CELL C DEALER? CELL C INVITES YOU TO TAKE UP A GREAT BUSINESS OPPORTUNITY IN THIS REGION. LL CELL C POSTPAID SE TO R LE EA D A S A SIGN UP ND SERVICES, A TS C U D O R P ID A AND/OR PREP : AND BENEFIT FROM resale ucts purchased for od pr C ll Ce l al on s • Discount • Annuity income

JHB 41150

APPLICANTS MUST: ll C sign a contract with Ce to s es fi fie ali qu at th y tit penses • Be a legal en ent and operating ex tm es inv l tia ini e th r e to cove ce nc an fina • Have the fin

CONTACT: • Gauteng North, Mpumalanga, Limpopo: Melanie Raitt 084 174 5000 • Gauteng South: Sean van der Westhuizen 011 324 8000 • Free State, North West and Northern Cape: Dirk van der Walt 084 777 8205 • KZN: Dino Naicker 031 570 6000 • Eastern Cape: Rob Ermes 084 567 5555 • Western Cape: Francois van Zyl 021 935 7000

Tuesday 16 April 2013


Tuesday 16 April 2013

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

PLUS EARN POINTS

WEEKLY WINNERS Product has been styled for photography

1799 PnP no nameTM Large Eggs 18s

44

27

99

Bulk Stewing Beef (Bone in)

16

13

99

per kg

99

per kg

County Fair Fresh Whole Riverside Chicken

18

79

Nola Lite Dressing 780g or Mayonnaise 750g

PnP no nameTM Viennas (Chicken, Red or Smoked) 500g

10

49

95

Each

Each

Each

Glenryck Pilchards Assorted 400g/425g

Brookes Oros Orange Squash 2 litre

Each

124

99 per pack

Pampers Active Baby Value Pack Disposable Nappies Mini 72s, Midi 62s, Maxi 54s, Maxi Plus 48s, Junior 44s or Extra Large 40s

ND AY 2 D BIRTH

99 39 1 Each

Johnnie Walker Red Label Whisky 750ml

75

99 Each

Wellington VO Brandy 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age off 18 18. Drink Responsibly.

GET DOUBLE POINTS

ON YOUR WHOLE SHOP ON BOTH 20TH & 21ST APRIL. Print your voucher at the kiosk

Always there for you PRICES VALID 16 - 21 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES AND HYPERS IN WESTERN CAPE ONLY

EXCLUDING BEAUFORT WEST, GEORGE, JEFFREYS BAY, KNYSNA, MOSSEL BAY, OUDTSHOORN, PLETTENBERG BAY, NAMIBIA, EXPRESS AND DAILY STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores. LIQUOR NOT FOR SALE ON SUNDAYS EXCLUDING CANAL WALK.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88

(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177066B_E

9


10

Geklassifiseerd

Swartland Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 23

Gelukwensing Congratulations

Dagsorg (kinders) Day Care (children)

24/7 CASH for Cakkie or Car. Just sms or phone 072 620 1126.

34

Spyseniering Catering RAAI wie word 17 op die 17 April 2013. Baie geluk Arren. Gods rykste seën en alles wat mooi is vorentoe. Liefde Mammie en uncle Joe. Sloan Christopher Sanö Caleb Dehahn. Baie geluk met jou 1ste verjaarsdag. Met liefde van : Atta en familie.

08 Sterfgevalle Death Notices

VIR bestellings van samoosas, springrolls, rotis, koek ens. Skakel 022 486 4933.

36

Kindervermaak Children’s Entertainment

11

In Memoriam AMON JOHN ECLISS (Gitman) 7/11/1973 15/04/2012 Jou eerste jaar weg van ons af. Jy sal nog baie gemis word. Van , ma, suster, 2 seuns , broer, kleinkind en familie.

TJ'S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa: 082 497 3383.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 105

Binnenshuisdienste Home Services Interior

Huise te Koop Houses for Sale

145

Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

CK BLINDS - Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394.

CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. Chris 082 554 2754.

Motorfietse te Koop/te Huur Motorcycles for Sale/to Hire MOTORBIKE for sale Yamaha Virgo, 400cc 1989 model, 32 kilo's Contact: 073 617 5351.

159

Motors te Koop Vehicles for Sale MERCEDES BENZ C230 Out, 2006, wit, swartleer, VDG, een eienaar, 123 000 km. Soos nuut. R139 500. Skakel: 083 4646 960. TOYOTA COROLLA 1.6 GL, 1990 model, ligblou, R25 000. Skakel 083 4646 960. TOYOTA COROLLA 1.6 groen, 1990, outomaties. Engine in goeie toestand, R25 000. Skakel: 078 472 1839

43

Persoonlike Dienste Personal Services

1141

Algemene HASIMO BOARDING Dienste CATTERY - Exclusive General Services Holiday accomodation for cats. Quality care and personal attention. Individual runs. To book, phone Daléne @ MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDS-HEKKE 072 525 0725. Installeer en herstel alle tipes deure, asook "automation". Skakel Derick by 082 804 4550/ (022) 487 2394.

TE KOOP FOR SALE

1151

Skoonmaakdienste Cleaning Services

Algemeen Miscellaneous BLANKETS - Bulk Buyers 2nd Quality - R89 ea. Contact 082 687 3403. KAS vir studeerkamer/ informele area. 3mLx2m H. Puik toestand. Glasvesel bad + stortdeure. Skakel 072 264 1641, Malmesbury.

EIENDOMME PROPERTIES

Eiendomme te Koop Property for Sale HUIS TE KOOP Begoniastraat 69, Wesbank. Prys: R100 000. Skakel Ettiene by 082 777 4031.

166

MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

TITUS EIENDOMME Wesbank - Ruim 3 Slpk huis, badk, aparte toilet, ooppl sit/eetk/komb R3 500. Skakel 082 780 1380 / 022 486 5219. WOONHUIS te huur op plaas, 7 km vanaf Malmesbury. Huur R4 000 p/m water en ligte ingesluit. Skakel: 083 233 8300.

198

Sakepersele Te Koop Business Premises for Sale VIDEOWINKEL te koop, Malmesbury. Skakel 083 447 0252 / 072 266 8722.

Wesbank - R480 000 Ruim 2 Slpk huis, moderne komb, i.g.k in kamers, ruim sit/eetk, badk, aparte toilet. Goeie area. Wesbank - Ruim erf in goeie area, R128 000 Skakel 082 780 1380 / 022 486 5219.

171

1 Slaapkamer woonstel te huur - Moorreesburg Dadelik beskikbaar Verkieslik afgetreede persone, Skakel 072 904 8089. 2 SLAAPKAMER, 2 badkamer woonstel te huur in sekuriteits kompleks, volledige kombuis, sit/eetkamer, balkon en toesluit motorhuis. Skakel Gerhard by 082 456 7073 of epos gerhard.stander @chep.com 2Slaapkamer woonhuis Wesbank, Onmiddellik beskikbaar. Stil area. Skakel 072 214 3389 / 083 664 2213. KORINGBERG Rustige, veilige woonplek vir afgetredes en jongmense. Skakel 022 433 3333 / 082 810 5686.

1793

Motorhuise/Stoorplekke Gesoek Garages/Storage Wanted/Available PERDESTALLE (vier beskikbaar) te huur. Uitstekende versorging. Skakel 083 683 4810 of 022 481 3266. Werkswinkel / Stoorplek Moorreesburg te huur. 240m , 60 amp, 3 Fase krag, R5 400 + Btw. Skakel 082 875 5842.

164

Huise te Huur Houses to Let Frederiks Cleaning services. Skoonmaak van kantore, huise, toilete en vloere. Gratis Kwotasies. Skakel 078 561 2467.

TITUS EIENDOMME Wesbank - R650 000 Netjiese 3 Slpk huis in goeie area met ruim onderdak braai area. Groot mh.Groot erf netjies omhein.

Woonstelle te Huur Flats to Let

146 BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand: 083265 5161.

71

MARTIN NATALEY 16/04/2013 is dit jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Dit maak seer maar ek be-rus daarby. Alles gebeur met 'n doel. As ek na Kaylin kyk sien ek jou in haar. Altyd lief vir jou. Van: Mammie en Kaylin.

167

MOTORS VEHICLES

CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaar-digers ASPATAT PARTYTJIES: van alle soorte blindings, Springkastele, asook enige herstelwerk & waterglybane, veran-derings. Derick & kindertafeltjies & -stoeltjies Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394. te huur. Kontak: 084 607 5658. BOETIE EN SUSSIE SPRINGKASTELE Waterglybane en verskeidenheid spring-kastele te huur. Kontak Nelia 073 610 2810.

Smith Willem (Smiley) 25/11/1944 - 11/04/2013 Het sag heengegaan op die ouderdom van 69 jaar. Ons gaan jou mis, maar gun jou die ewige rus. Troosdiens: Donderdag 18/4/13 Protea Flat G2 om 19:30. Begrafnis: Saterdag 20/4/13. Besigtiging om 09:00 10:00 by NG Kerk Saal.

NISSAN UD 290 Waterpomp te koop, R2 900. Skakel: 082 581 3248.

Tuesday 16 April 2013

BESIGHEID BUSINESS 197

Sakepersele Te Huur Business Premises to Let

JOBS

400

Betrekkings Gevra Jobs Wanted BENODIG 5 dae huishulp Sober gewoontes. Salaris R2 800 p/m. Onmiddellik beskikbaar. Skakel: 022 485 7013. Bottle Store supervisor needed in Malmesbury asap. Supervisor duties include: Supervising of Bottle Store staff. Dealing with the staff and clients. Stock control. Acting as a cashier. Cash ups as generated by the cashiers for the day. Capturing of daily cash up takings and generating of required reports on a daily basis. Previous experience essential. Must be computer literate, trustworthy and reliable. CV can be mailed to thomas@versailleswines. co.za or fax to 086 502 1482. If you do not hear from us within 2 weeks your application was not successful. I AM a lady 30 years old looking for domestic work. Contact Beauty at 078 854 4366. INSTALLEERDER van motorhuisdeure en diefwering verlang. Vorige ondervinding sal in u guns tel. Skakel 022 482 3092. Jong dame is opsoek na inslaap werk in Moorreesburg. Kan goed kinders oppas, huiswerk doen. Skakel Tanya : 076 780 3036 / 076 040 8139. JONG, hardwerkende, betroubare dame is opsoek na skoonmaak of basiese admin werk. Woonagtig op Malmesbury. Goeie ondervinding en hoogs aanbeveel deur hui-dige werkgewer. Skakel: 082 318 5586. Plaasbestuurder: ervaring in melkery, koring, wingerd, trekker - instandhouding en kan sweis. 071 196 4532. JSC 6X1 4912

MALMESBURY Kommersiële Perseel, 200m . Onmiddellik beskikbaar, R7 000pm excl vat,Geleë te Voortrekkerweg, agter Northmec. Ideaal vir kantore of besigheid. To view call Carlo 082 920 4586. Vir meer inligting skakel G Buhr 082 328 2211. Werkswinkel Moorreesburg,100m , prepaid krag R2 200 + Btw. Skakel: 082 875 5842.

022 487 3267


Dinsdag 16 April 2013

General - Algemeen

DOMINOES VIR VREDE: Ná die stakings op plase in die Wes-Kaap laat verlede jaar en vroeër vanjaar, het die polisie op Malmesbury op 6 April ’n domino-toernooi op Truter de Kock se plaas, De Grendel, gehou om te help om samewerkingsverhoudinge tussen plaaswerkers, boere en die polisie te bou. Sowat 50 plaaswerkers het die toernooi bygewoon en dit is die manne van Bakenfontein wat uiteindelik die toernooi gewen het. Kapt. Jonathan Larey, bevelvoerder van die plaassektor, het gesê na aanleiding van die reuse sukses van die toernooi, hy dit so gou as moontlik na omliggende plase wil uitbrei. Hier sê ’n paar plaaswerkers mekaar die stryd aan. SPORTDAG BY DIRKIE UYS: Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Saterdag ’n sportdag gehou waar verskeie Bolandse skole mekaar in vriendskaplike wedstryde gepak het. Hier is Hilmaré van der Ross van HDU se o.19-netbalspan besig met ’n afgooi in ’n wedstryd teen La Rochelle van Stellenbosch. HDU het dié wedstryd met 18-11 gewen. FOTO: CHENAY ADONIS

BOLAND-ATLETE SKITTER BY NASIONALE ATLETIEKBYEENKOMS: Hierdie uitblinker-atlete (van links) Rize Baron, JamieLee de Bruyn, Amy Roman en Lorna van Zweel is hier saam met hul afrigter, Ilke Pilaar. Die leerlinge is van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool op Riebeek-Wes. Tussen hulle het hulle altesaam ses medaljes huistoe gebring. Die atlete het deelgeneem aan ’n nasionale atletiekbyeenkoms in Oos-Londen as deel van die Boland se atletiekspan.

BID INVITATION THE ELECTORAL COMMISSION (IEC) INVITES SUITABLY QUALIFIED SERVICE PROVIDERS TO SUPPLY THE COMMISSION WITH GOODS/SERVICES AS LISTED BELOW. BID DOCUMENTS MAY BE DOWNLOADED FROM THE ELECTORAL COMMISSION’S WEBSITE AT www.elections.org.za. BID DOCUMENTS MUST BE DEPOSITED IN THE TENDER BOX IN THE FOYER OF THE ELECTORAL COMMISSION’S OFFICE AS INDICATED IN THE BID SCHEDULE BELOW BEFORE THE CLOSING DATE AND TIME. TENDER TENDER NUMBER

SERVICE REQUIREMENT

ENQUIRIES

BID BRIEFING DATE AT 11H00 AND PLACE OF BRIEFING

CLOSING DATE AT 11H00 AND PLACE OF CLOSURE

IEC/WC-02/2013

Office accommodation - Swartland (Malmesbury) In order of 133m²

Technical enquiries: Luyudu Ntusi (021) 910-5719 Karen Arendse (022) 487-9400

24 April 2013 Malmesbury Municipal Building, 1 Kerk Street, Malmesbury

03 May 2013 Malmesbury Municipal Building, 1 Kerk Street, Malmesbury

BIDS RECEIVED WILL BE EVALUATED IN RESPECT OF THE EVALUATION CRITERIA AS SET OUT IN THE BID DOCUMENTATION AND THE 80/20 SCORING PRINCIPLE AS PROVIDED FOR IN THE PREFERENTIAL PROCUREMENT REGULATIONS, 2011. SERVICE PROVIDERS ARE GENERALLY ENCOURAGED TO PARTICIPATE IN BIDS OF THE ELECTORAL COMMISSION BY REGISTERING (IF NOT REGISTERED) AS A POTENTIAL SERVICE PROVIDERS AT www.elections.org.za IMPORTANT: NO LATE BIDS OR SUBMISSIONS WILL BE ACCEPTED!!! ENQUIRIES – PROCUREMENT BID PROCEDURES: MR VINCENT QWABE MS LINDIWE DLAMINI TEL: (012) 622-5700 TEL: (012) 622-5700 TEL: (012) 622-5576 TEL: (012) 622-5462

ePROCUREMENT MS MAVIS LOUW TEL: (012) 622-5550

Swartland Gazette

11

ROLA VIER HUL 50STE BESTAANSJAAR: Carl Niehaus, die handelaarshoof van Rola Volkswagen op Malmesbury, help Mariska Ruiters, die diensadviseur om die koek te sny ter viering van hul 50ste bestaansjaar. Niehaus het sy werknemers bedank vir hul bydrae tot die sukses van die besigheid oor die jare. “Ons wil graag ook aan al ons kliënte baie dankie sê vir die ondersteuning. Rola Volkswagen Malmesbury is hier om ’n diens van hoë gehalte aan al ons kliënte te bied en ook met hierdie diens langtermynverhoudinge op te bou.” FOTO: CHARLOTTE LESCH


Swartland

Year 11 • 16 April 2013 | Tel. 022 482 3817

Hopefield maak Moorreesburg behoorlik skrik

KAREL WILLEMSE

HOPEFIELD – ’n Skitterende terugvegpoging van Hopefield diep in die tweede helfte het gemaak dat Hopefield 15 onbeantwoorde punte teen Moorreesburg (Samoa) opgestapel het om met 22(7)-20 (10) te seëvier. Kort ná die tweede helfte hervat het, het Moorreesburg ’n vinnige 10 punte by sy rustydtelling gevoeg om gemaklik met 20-7 voor te loop. Die Samouers moes gedink het die wedstryd is in die sakkie en het hul voet van die pedaal af gehaal. Aan die anderkant het die Hopefielders in daardie stadium sekerlik gedink hul eerste wen is besig om deur hul vingers te glip. Tot die afrigter besluit het om sy plaasvervangers op te stuur en daar verander die gang van die hele

wedstryd. Ná hulle tweede drie het Hopefield besef hulle kan wen en met groter ywer begin gespeel. Ná ’n tweede verdoelde drie was die telling met enkele minute oor 1920 in die guns van die Samoa. Daar sal nog lank bespiegel word oor waar dit verkeerd gegaan het vir die Samouers. En daar sal seker net soveel opinies wees oor die laaste strafskop wat aan Hopefield toegeken is. Een van Moorreesburg se spelers is disnis geloop deur ’n speler van Hopefield lank ná die fluitjie geblaas het vir ’n strafskop. Dis vreemd dat die skeidsregter ’n grensregter gaan raadpleeg het, terwyl die voorval voor eersgenoemde gebeur het. Albei spanne wou hul eerste kragmeting op ’n hoë noot begin. Die eerste helfte was beslis ’n voel-voel affêre. Hopefield het eers ná 20 minute in Moorreesburg se gebied gekom.

Daarenteen kon Samoa met ál die balbesit en gebiedsvoordeel net nie die verdediging van die tuisspan vroeg genoeg beproef nie. Eers kort voor rustyd kon Jovan Willemse (agtsteman) die doellyn oorsteek. Moorreesburg se lynstaanwerk benodig nog heelwat skaafwerk. Al drie die losvoorspelers Ashley Amon (flank), Janeill Carolus (flank) en Willemse het die bal goed gedra en die voordeellyn met reëlmaat oorgesteek, maar die ondersteuning by die afbreekpunte het nog gehaper. Hopefield het ’n gedugte span en hul terugvegpoging behoort hulle tot groter hoogtes dié seisoen aan te spoor. Puntemakers: Moorreesburg: (20) drieë: Willemse en Bevon Anthony; Doelskop: Tiaan Lesch (losskakel); Strafskop: Lesch (2). Hopefield: (22) drieë (3); doelskoppe(2) en ’n strafskop.

Jovan Willemse (agtsteman) van Moorreesburg, skuif oor die doellyn vir die eerste drie van die seisoen vir die Samouers.

Club rugby boosts offender rehabilitation

WESBANK VERLOOR NET-NET: Edwin Moller, beter bekend as Roller van Wesbank Rugbyklub se C-span, gee die bal vir een van sy spanmaats aan na ’n skrum. Wesbank het Saterdag 23-22 verloor teen Saldanahbaai. Wesbank se eerste span het 26-21 gewen.

MALMESBURY – Offenders at Medium A played their first rugby game for Bloues on Friday 8 April against Wagenmakers Valley on the Bloues rugby field. Bloues won the game 13-10. “Rehabilitation is a societal responsibility, as stipulated in the white paper of Correctional Services,” says Sabelo Mzanywa, the area commissioner of West Coast management area of DCS, “and MRFC, known as Bloues, stepped up when the call was made.” The purpose behind this year-long contract between Malmesbury DCS and Bloues, signed by Bloues president, Henfre Brand, is to create an opportunity for external participation of offenders of Medium A as members of Bloues. This will allow offenders an opportunity to develop their technical and social skills, but also to compete on professional level in the Boland rugby union club league. It will ultimately contribute towards their path of rehabilitation.

The “new” Bloues rugby team (in blue jerseys), consisting of civilians and offenders, play here against Wagenmakers Valley rugby team.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.