Swartland Gazette 19 Mar 2013

Page 1

Swartland

Year 11 • 19 March 2013 | Tel. 022 482 3817

Welkome lafenis vir Tier en Ta

Die besoekende McLaren-sirkus het verlede week oud en jonk op Malmesbury vermaak. Hier koel leeutemmer, Casey McCoy, verlede Woensdagmiddag saam met Mowgli, die tier, af. FOTO: LIZETTE SMIT

Chatsworth ’n taai tameletjie CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY – Die Swartland-munisipaliteit sal maandeliks sowat R50 000 aan ’n eiendomsgroep moet bly opdok tot ’n heenkome gevind word vir 25 Chatsworth-huisgesinne wat op grond woon wat die munisipaliteit drie jaar gelede reeds aan die groep verruil het vir grond elders in Chatsworth, om ’n laekostebehuisingsprojek daar te kon staanmaak. ’n Behuisingsdrama speel hom af op dié dorpie, sowat 15 km buite Malmesbury, omdat die huisgesinne verhoed dat erwe wat van die munisipaliteit na Korjon Eiendomme oorgedra is, deur Korjon gebruik kan word. Die okkupasiehuur wat die munisipaliteit nou moet betaal, het hom sedert Maart 2012 al meer as R700 000 uit die sak gejaag. Okkupasiehuur is by ooreenkoms aan Korjon Eiendomme betaalbaar, weens die feit dat 25 van die 138 er-

we wat deel was van die ruilooreenkoms, nie binne twee jaar vakant aan Korjon afgegee kon word nie, omdat dit steeds bewoon word. Die kwessie het sy oorsprong in die vroeë 1800s toe die erwe aan Europeërs bemark is wat dit vir ’n appel en ’n ei opgeraap het. Die kopers is egter mislei en onder die indruk gebring die erwe is in Kaapstad, omdat straatname byvoorbeeld Adderleystraat was. Verskeie teleurgestelde kopers het nooit die erwe ontwikkel of betrek nie, wat dit leeg gelaat het tot Chatsworth-inwoners dit onwettig betrek het. Nou maak dié inwoners se gesinne aanspraak op die grond, omdat hulle soveel jare reeds daar woon. In 1980 het ’n private ontwikkelaar, Korjon Eiendomme die dorp as ’n geheel gekoop, behalwe vir die erwe wie se eienaars van die 1800s nie opgespoor kon word nie. Die betrokke erwe is egter in 2004 op ’n openbare veiling deur die munisipaliteit oorgeneem, nadat Chatsworth in 2000 by die munisipaliteit ingelyf is. Die er-

we en gepaardgaande dienste het die Swartland-munisipaliteit se verantwoordelikheid geword, maar dienste is nooit betaal nie. Die munisipaliteit wou dié agterstallige diensteskuld delg deur die eiendomme oor te neem. Om ’n staatsbehuisingsprojek in Chatsworth tot stand te bring wat vir 368 huisgesinne voorsiening moes maak, het die munisipaliteit in 2010 ’n ruiltransaksie met Lawrence Korte van Korjon Eiendomme aangegaan. Met dié transaksie is 138 van die erwe wat op die veiling oorgeneem is en wat oor Chatsworth heen verspreid is, verruil vir ’n aaneenlopende 10,3 hektaar grond van Korjon Eiendomme aan 7de Laan, waarop die inwoners van die 138 erwe hervestig sou word as deel van die laekostebehuisingsprojek. Die meeste van die gesinne kon geskuif word, maar die bewoners van 25 van die erwe se aansoeke om staatsbehuising te bekom, is afgekeur, wat hulle gestrand gelaat het op die Korjon-erwe. “Ons kon nie voor die behuisingsprojek be-

paal of die 25 gesinne suksesvol gaan wees nie,” sê Joggie Scholtz, munisipale bestuurder. Nog ’n inwoner is wel vir ’n 7de Laan-huis goedgekeur, maar wil nie skuif nie en ook nie sê waarom sy haar huis van die hand gewys het nie. Die meerderheid van die 25 huisgesinne is volgens een van die inwoners bereid om te trek, maar het geen ander heenkome nie. Die munisipaliteit probeer al vir ’n geruime tyd om ’n ander stuk grond langs die 7de Laanbehuisingsprojek oor te neem om behuising aan die gesinne te bied. Volgens Scholtz wil dit voorkom of die munisipaliteit die grond wel gaan bekom, wat aan die Nasionale Behuisingsontwikkelingsagentskap behoort, Dit is tans deel van groter Chatsworth, tussen die Riverlands-natuurreservaat, Riverlands en Chatsworth, en bestaan uit 766 ha waarop kleinboere sowat 30 jaar lank reeds boer. Beplanning is gedoen vir die grond, wat ’n skool, bykomende rekreasiefasiliteite asook taxistaanplekke en bushaltes sal insluit.


2

News - Nuus

Swartland Gazette

Tuesday 19 March 2013

Finansiële standaarde vir rade CHARLOTTE LESCH

Die SM het, onder leiding van Kenny Cooper, direkteur van finansiële dienste, die taak op hulself geneem om finansiële standaarde te ontwikkel wat munisipaliteite, die provinsiale tesourie en die ouditeur-generaal sal help om die finansiële vol- Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland, oorhandig aandenhoubaarheid van kings aan Alan Winde, provinsiale LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkemunisipaliteite ling en toerisme, en Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake te kan bepaal, en en ontwikkelingsbeplanning, tydens hul besoek aan die Swartland, asook R300 000 is deur vir Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester van die Swartland en Kenny die provinsiale te- Cooper, direkteur van finansiële dienste. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH sourie aan die SM doel van die ontwikkeling van finansiële beskikbaar gestel vir die projek. Inligting van alle munisipaliteite is in- standaarde verlore gaan. “Munisipaliteigesamel om hul finansiële volhoubaar- te moet eerder hul eie standaarde stel om heid te kan bepaal. ’n Gemiddeld is bepaal hul gemeenskap beter te kan dien. Om om te sien waar munisipaliteite tans op 80% te bereik is ’n proses op sy eie, maar finansiële gebied funksioneer, en ’n stan- om daar te bly, is dié instrument nodig.” Hy voeg by dat kleiner munisipaliteite daard is vasgestel wat oral kan geld en al hoe meer onder finansiële druk kom en waarna munisipaliteite kan streef. Volgens Winde kan munisipaliteite dié het beklemtoon dat die meganisme dus meganisme as ’n maatstaf gebruik. “Mu- nodig is vir dié munisipaliteite om volnisipaliteite sal kan sien hoe hulle doen houbaar te bly. Die volgende fase sal fokus op die onten wat hulle kan doen om te verbeter. “As jy jouself nie kan meet nie, kan jy wikkeling van standaarde op die gebied van dienslewering wat elektrisiteit bejouself nie bestuur nie.” Bredell beskou die daarstelling van die tref. Daarna volg die standardisering van finansiële standaarde as ’n beplannings- dienslewering van water, sanitasie en meganisme om volhoubaar te wees. Hy vullisverwydering. Joggie Scholtz, munisipale bestuurder, het ’n beroep op die media gedoen om dit duidelik te stel dat die meganisme nie ge- het afgesluit deur te sê: “The only way to bruik moet word om munisipaliteite met control our local government’s future, is mekaar te vergelyk nie, anders sal die to create it.”

MALMESBURY - Die 13de Maart was nie net die viering van die uitvoerende burgemeester van die Swartland se verjaarsdag nie, maar ook die daarstelling van finansiële standaarde vir munisipaliteite. Alan Winde, provinsiale LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, en Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het verlede Woensdag die Swartland-munisipaliteit (SM) besoek vir die aanbieding van die finansiële standaarde wat munisipaliteite sal help om hulself te meet en hul eie finansiële lewensvatbaarheid te verbeter. ’n Gebrek aan finansiële standaarde, ook op die gebied van dienslewering onder munisipaliteite, het al hoe duideliker in plaaslike regerings begin deurskemer. Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester, het in sy openingstoespraak genoem slegs vyf munisipaliteite in die WesKaap het vanjaar ’n skoon oudit gekry.

Alan Winde en Tijmen van Essen bestudeer hul toekennings. Í

MENS WAFFLE TOPS

29

69

SPECIALS!! MENS HOODED JACKETS

LADIES LEGGINGS

11

95

19

FROM

besluit deur die departement van omgewingsake en ontwikkeling teëgestaan en geappelleer. Volgens Aziel Gangerdine, woordvoerder vir die departement van omgewingsake, het net een party wat geraak word sy appèl teengestaan. Rehrl sê hy is op 26 Februarie in kennis gestel oor die verandering en dat die minister van kultuursake en sport nou die proses sal hanteer. Volgens Daniel Johnson, woordvoerder van Meyer, nader die appèlproses sy einde en moet ’n besluit in terme van die Nasionale Omgewingsbestuurswet-regulasies binne 90 dae ná ontvangs van alle relevante inligting geneem word. Dit sluit verklarings, ondersteunende dokumente en verslae in wat die minister sal help met die besluitneming. Die departement kon nie aan die Gazette bevestig wanneer die besluit geneem sal word nie, maar beoog om dit binne die volgende drie maande bekend te maak. Pullen sê amptenare van die departement van omgewingsake wat deel van die proses was, het die minister ingelig oor die agtergrond en inhoud van die appèl.

EASTER HOLIDAY

95

INFANT HOODED TOPS

MALMESBURY – Die appèlproses wat spruit uit die afkeuring van die voorgestelde ontwikkeling van die Swartland Streekswinkelsentrum op Malmesbury berus nou dr. Ivan Meyer, provinsiale LUR vir kultuursake en sport. Dít kom nadat die LUR vir laaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, hom aan die begin van die jaar aan die proses onttrek het, sê sy woordvoerder, Peter Pullen. “Hy het onttrek, omdat hy voorheen die uitvoerende burgemeester van die Swartland was toe die ontwikkeling van die voorgestelde winkelsentrum vir die eerste keer in 2008 bekend gemaak is.” Bredell woon steeds in Malmesbury. Die premier het die magtiging aan Meyer oorgedra. Die winkelsentrum – wat altesaam 69 winkels en restaurante sou insluit, asook ’n private kliniek – is op ’n gedeelte van ’n plaas by Malmesbury voorgestel. Die voorgestelde beplanning van die winkelsentrum is op 13 Junie 2011 deur die provinsiale regering afgekeur. Die ontwikkelaar, Gerry Rehrl, het in Julie 2011 die

EGGCITING

LADIES STRIPE JERSEYS

95

Uitsluitsel oor winkelsentrum

59

95

95 LADIES ¾ SLEEVE

CARDIGANS

KIDS GUM BOOTS

69

95

39

95

BOYS ASSORTED LONG SLEEVE TEE’S

19

95

LADIES SKIRTS

59

95

PLENTY MORE SPECIALS IN-STORE!!

PLENTY EASTER SPECIALS

DON’T MISS OUT!

ATLANTIS BELLVILLE MIDDESTAD MALL CAPE TOWN GATESVILLE GOLDEN ACRE

021 447 4725 021 021 021 021

949 465 637 418

7639 2835 2416 3439

GRABOUW KHAYELITSHA MALMESBURY MITCHELLS PLAIN PAARL

021 021 022 021 021

859 364 487 391 872

3811 5928 2532 5001 0712

PROMENADE VREDENBURG WORCESTER HEAD OFFICE & FACTORY SHOP

021 376 3719 022 715 3303 023 342 4754 021 447 4725


Dinsdag 19 Maart 2013

News - Nuus

Proefbuisbaba van wonderwerke LIZETTE SMIT MALMESBURY - Dertien jaar ná sy haar laat steriliseer het, het Adele Storm op 4 Maart ’n babaseuntjie ryker geword. Ryk Storm is ook die eerste proefbuisbaba wat in die Swartland-hospitaal gebore is. Adele (39) sê toe sy en haar man, Ryk sr. (22), ’n jaar gelede getrou het, het hy haar drie kinders – onderskeidelik 16, 15 en 13 jaar oud – as sy eie aanvaar, maar sy het opgelet dat hy dalk tóg sy eie kind sou wou hê. Adele en Ryk sr. het deeglike navorsing gedoen en ontdek dat Adele moontlik deur middel van ’n prosedure wat in vitro-bevrugting (IVF) genoem word, weer kon swanger word. Met hierdie prosedure – wat hulle tussen R30 000 en R40 000 uit die sak sou jaag, géén waarborge nie maar talle potensiële komplikasies inhou, het die paartjie besluit hulle sal tog net één keer probeer. Adele vertel hoe die daaglikse hormoon-inspuitings wat haar man haar moes toedien om haar eierselle “ryp” te maak, haar buitengewoon buierig gemaak het. “Ek het nie myself herken nie, maar deur dit alles was Ryk geduldig en ondersteunend.” Ná ’n sonar getoon het dat haar eierselle ryp is, is dit geoes en met ’n skenking van Ryk se spermselle, is die eierselle bevrug en in proefbuise in ’n voedingryke oplossing gelaat om te ontwikkel. Adele sê net voor die bevrugte eierselle (sigote) embrio’s raak – gewoonlik tussen twee en vyf dae ná bevrugting – is twee in haar baarmoeder teruggeplaas. Een van die embrio’s het met die eerste probeerslag suksesvol aan die plasenta geheg, iets wat Adele sê volgens medici by die Fertiliteitskliniek in Lansdowne, Kaapstad, die eerste wonderwerk was. Ná drie senutergende maande kon die paartjie uiteindelik ontspan. Die volgende stap was om ’n dokter te kry wat bereid was om die keisersnit vir hierdie

hoërisiko-swangerskap te doen. Die tweede wonderwerk, volgens Adele, was toe ’n plaaslike dokter, wat nie sy naam genoem wil hê nie, uiteindelik ingestem het. Wat die keisersnit potensieel nóg gevaarliker gemaak het, was die feit dat dit Adele se vierde sou wees. Die derde wonderwerk was dat alles seepglad verloop het – ten spyte van soveel wat met die keisersnit verkeerd kon gegaan het. Ryk het by geboorte 4,1 kg geweeg en is die toonbeeld van ’n gesonde, rustige baba. Die vierde wonderwerk, sê Adelde, was sy goeie geboortegewig aangesien sy verneem het dat proefbuisbabas dikwels ondergewig is, wat Die trotse nuwe mamma Adele Storm sê klein Ryk is ’n baie rustige baba. later tot ander probleme kan FOTO: LIZETTE SMIT lei. “Ons het hom nog skaars hoor huil,” het Adele Louise Brown wat in 1978 in Engeland gebore verlede week gesê terwyl sy dolverlief en geluk- is. Sedertdien is miljoene proefbuisbabas regkig na haar jongste seun kyk. Die eerste proefbuisbaba wat gebore is, was oor die wêreld gebore.

Swartland Gazette

3


Swartland Gazette

People - Mense

Tuesday 19 March 2013

Skilder wil hom aan mense voorstel CHARLOTTE LESCH RIEBEEK-KASTEEL Die kunsgalery, The Little Gallery in Johannesburg, het die voorreg gehad om die bekroonde kunstenaar André van Vuuren se werk vir die eerste keer in die ’70s uit te stal. Vyftig uitstallings wêreldwyd later, kry die Swartland se eie kunsdorp, Riebeek-Kasteel die geleentheid om sy eerste solo-uitstalling in 22 jaar in die Wes-Kaap aan te bied. Van Vuuren wat eers vir die lugredery, BOAC, Van Vuuren berei voor vir sy uitstalling, Picking up Threads, wat tans op die voorganger van Bri- Riebeek-Kasteel te sien is. tish Airways gewerk het, het al op skool besef hy wil skilder. “Ek het toe al geweet my brein werk abstrak.” Sy beste dag was volgens hom, die dag toe hy bedank het om sy droom as kunstenaar uit te leef. “En nooit weer vir ’n baas te werk nie,” skerts hy. Sy uitstalling, Picking Up Threads, het verlede week in The Gallery op Riebeek-Kasteel geopen. Van Vuuren sê hy wil homself met dié uitstalling, wat sy persoonlike versameling is, voorstel aan die mense. “Ek wil vir die mense wys waar my kop vir die afgelope 20 jaar was. “Deur my loopbaan, het ek jare spandeer om die visuele kunste te ontdek, die natuur en die mensdom te bestudeer en die dilemma wat die mens in die gesig staar soos hy stadig sy greep verloor op dit wat sy bestaan in die brose wêreld bedreig.” Die nuwe skilderye wat ook by die uitstalling te sien is, is almal vanuit sy ateljee op Riebeek-Kasteel geskilder. Sy eie ateljee sal ook vir die duur van die uitstalling oop wees vir besoekers. André van Vuuren in The Gallery in Hoofstraat op RieHy en sy vrou het na 65 in Johannesburg beek-Kasteel waar sy kunswerke tans uitgestal word. hulself drie jaar terug hier in die Vallei kom FOTO’S: CHARLOTTE LESCH vestig en kyk nie vir een oomblik terug nie. “Ons lewe is nou eintlik besiger as ooit, hier punt, maar het nooit ’n einde nie. Sy skilderye is so baie om te doen en almal wil gedurig kom ontwikkeling in ’n orde. “’n Mens is nooit op sy eie uitsonderlik nie, maar eerder as ’n gekuier.” Van Vuuren sê hy het nog nie ’n hoogtepunt, heel,” verduidelik hy. “As ek opgewonde is oor ’n skildery, kan ek behalwe vir sy bedanking, in sy lewe beleef het nie. “Ek wag steeds daarvoor. Eintlik is ’n 2,7 m by 1,8 m binne ’n dag voltooi. As ek nie gaan sit en ’n ding begin en klaar maak elke uitstalling ’n hoogtepunt op sy eie.” Van Vuuren vertel hoe ’n uitstalling vooruit nie, is daar te veel ander idees wat inkom wat nie daar hoort nie.” beplan moet word. Van Vuuren verduidelik dat hy nie met ’n Die uitstallings neem egter sy eie formaat en denke aan soos dit ontwikkel. “’n Uitstal- idee begin skilder nie, maar eerder met ’n geling verander deur die ontwikkeling daar- voel. “Ek sien nie net ’n boom nie, maar eerder van.” Volgens hom, kan dit voorkom of sy werk die weerkaatsing daarvan. Ek kry ’n gevoel, soms rondspring van abstrak, landskap tot soos koelte of dreigend eerder as visueel.” Die uitstalling het op 15 Maart in The Gallemense, maar dit loop inderwaarheid na aan ry in Hoofstraat, Riebeek-Kasteel geopen en mekaar. Hy sê verder al sy werk is op pad na ’n eind- sal tot 7 April duur.

R269.00 inc VAT

R1 429.00 inc VAT

www.tomcat.co.za [49980A]

4


Tuesday 19 March 2013

General - Algemeen

Swartland Gazette

)Die Swartland-atletiekklub nooi alle belangstellendes en atlete om elke Dinsdag om 18:00 by die parkie in Toscastraat op Malmesbury byeen te kom vir ’n tydtoets langs ’n vasgestelde roete.

19 Maart Hier (van links) is Erik Louw, Margot Kemp, Lizl Coetzee, Wessel Badenhorst, Werner Schreiber, Johan Viljoen, Rico Kruger, Oddette Boshoff, Patrys Bester en Johan Coetzee en Rudolf Knoetzen, die nuwe bestuur van Malmesbury Sakekamer.

Bedrieglike skema deurmekaar

MALMESBURY - “Die beleggingskandaal is ’n deurmekaar spul.”

Só beskryf Chris de Jager van BGR De Jager Boshoff die ondersoek na die beleggings van die omstrede wyle Herman Pretorius. De Jager het verlede Dinsdag sakelui kom toespreek oor die nasionale minister van finansies se begrotingsrede wat op 27 Februarie aangekondig is, die belastingwetgewing en verwikkelinge in die Herman Pretorius-skandaal. Hy sê die beleggingskema is inderdaad ’n “piramide-skema par exellence”. “Beleggers is in baie gevalle onder ’n wanindruk geplaas oor waar hulle hul geld belê het. Van die beleggers het gedink hulle belê in een entiteit, terwyl hulle geld egter in ’n ander entiteit gelê het. Dus is beleggers onseker teen wie en waarteen eise ingestel behoort te word.” Die hele beleggingskema met al sy entiteite behoort volgens De Jager, eerder as een groot bedrieglike skema beskou te word, om die dilemma te beredder. De Jager noem dat daar aansoek gedoen sal word om Pretorius se nalatenskap as ’n bedrieglike skema te verklaar, sodat die eisers teen een poel kan eis, maar beskou dit as ’n groot uitdaging. “Dit gaan nie maklik wees nie.” De Jager vermoed dat Pretorius se gesin die aansoek ook sal opponeer. Hy noem dat elke entiteit sy eie stel proku-

Van links staan Chris de Jager van BGR De Jager Boshoff, wat die hoofspreker van die aand was, saam met Odette Boshoff, Raiël le Roux van Raiël en Karen en Patrys Bester van Bester en Vennote. Patrys Bester en Bosshoff dien ook op die bestuur van die nuwe bestuur van Malmesbury Sakekamer. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

reurs en likwidateurs het. “As die aansoek gebring word om alles in een poel te gooi, sal alle partye geakkommodeer moet word. Die sekwestrasie van Pretorius se persoonlike boedel is ook deur die hof goedgekeur, wat toegang tot sy persoonlike bankstate en dokumente beteken en vir meer duidelikheid in die ondersoek sal sorg. Intussen het Pretorius se vrou, Susan, ’n skikking voorgestel om ’n verband op haar huis uit te neem om die huis te kan behou. De Jager twyfel of die skikking sal slaag, omdat sy moontlik ook gesekwestreer sal word. “Die twee groot uitdagings is om toegang te kry tot al die oorsese bronne (waarvan die nuutste gerugte van entiteite uit Malta kom), asook om alles as een groot bedrieglike skema te verklaar. De Jager het op navraag oor wat van die makelaars gaan word wat kliënte se geld by Pretorius se Relative Value Arbitrage Fund (RVAF)-trust belê het, gesê daar is nog te veel onduidelikhede voordat hulle weet. “Die ander vraag wat nog nie beantwoord sal kan word nie, is hoe beleggers geraak sal word wat wel winste uit die beleggingskema gemaak het.” De Jager sê Pretorius se bates sal nie eers vir die helfte van hul waarde op ’n ope veiling verhaal word nie Hy voeg by die kurators kry baie druk van die hof om die ondersoek af te handel, maar De Jager sê dit gaan nog minstens ses maande duur, indien nie langer nie.

Werner Schreiber van FNB en Willie von Abo, handelaarshoof by Hyundai Malmesbury.

)Die maandelikse gebedsessie vir pastore, predikante en geestelike leiers word om 09:30 by die Calvynse Protestanse kerk by Proteasirkel, Wesbank gehou. Bel ds. M. Adams by 076 799 0315 vir meer inligting.

20 Maart )Die Aussies se ondersteunersklub vergadering by Babo’s Sportsbar in Akasialaan, winkel 4 om 19:00. Bel John Smit by 082 762 3689 vir meer inligting. )Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika op Riebeek-Wes hou ’n biduur om 19:00. Navrae: 083 745 9117.

21 March )The draft Swartland Social Development Policy and Strategy will be presented at a workshop in the Town Hall, Malmesbury. Participants will get the opportunity to give inputs and to ask questions. There will also be presentations that will give feedback on some local economic development initiatives of the Swartland. For more information call Marguerite Holtzhausen or Michelle Morris on 022 487 9400.

24, 25 en 26 Maart )Profetiese getuienis, evangelis is past. Attie Smit, dienstye is 18:00 op 24 Maart, 19:00 op 25 Maart en 19:00 op 26 Maart; bel Charlotte Beukes by 022 482 2469 vir meer inligting.

)AGS Corpus Christi Malmesbury se oggenddiens (Lofprysing en Aanbidding) om 09:30, en aanddiens (Die Loofhuttefees) om 18:30. Navrae: 073 447 2902 )AGS Riebeek-Wes-diens om 10:00 met pastoor Clifton Fredericks. Navrae: 083 745 9117.

25 Maart )’n Musiekaand met plaaslike kunstenaars word Maandag om 19:00 aangebied by die NG Swartland-Noord. Kaartjies R25 per persoon (verversings ingesluit) by Johanna Smit, Loubserstraat 4. Skakel 022 482 3651 of 082 979 2814. Kom geniet ’n lekker saamkuier-geleentheid!

26 Maart )Belangstellendes word genooi om na ’n Bybeltoespraak by die Koninkryksaal van Jehova se getuies te kom luister by Silwerboomstraat, Wesbank op Malmesbury om 18:45 vir Afrikaanssprekendes en 20:00 vir Engelssprekendes. Bel Clive 083 746 6402.

6 April )Fire and Water – a tribute to our legends konsert by De Ark musiekwerf in Riebeek-Kasteel vanaf 19:00 vir 19:30. Kaartjies is R100 elk; bring eie piekniekmandjie en drinkgoed. E-pos fromthetopre@telkomsa.net of nicoleric@telkomsa.net of skakel 083 475 9395 of 082 853 4377 vir meer inligting en om te bespreek.

27 April )Die AGS Piketberg-gemeente bied vir die derde agtereenvolgende jaar hul korekompetisie in die landbousaal op Piketberg aan. Alle kerken jeugkore asook groepe (vanaf 4 tot 12 lede) kan inskryf vir die wisseltrofees wat vir die 1ste, 2de en 3de plekke uitgeloof sal word. Algehele wenners en Best-dressed-wisseltrofees word ook uitgeloof. Bel past. C Koelenberg by 072 255 3102 of Nick Scheepers by 072 270 7003 vir verdere besonderhede. Inskrywings sluit op Maandag, 8 April.

Fire and Water - Wen kaartjies met die Gazette RIEBEEK KASTEEL – Die nostalgiese treffers van Cat Stevens, Tina Turner, Boz Scaggs en JJ Cale sal op 6 April nuwe lewe gegee word deur plaaslike talentvolle kunstenaars in die gewilde Fire and Water-konsert.

Fanie Velskoen sing bekende treffers van Cat Stevens tydens een van die gewilde Fire and Watervertonings

5

Fanie Velskoen, Melindi Charle, Greg Wadeley en Mark Johnstone sal gaste by De Ark Musiekwerf op Riebeek-Kasteel vermaak in wat beloof om ’n onvergeetlike aand te wees. Kaartjies is R100 elk en gaste kan hul eie piekniekmandjie en drinkgoed saamneem. Epos fromthetopre@telkomsa.net of nicoleric@telkomsa.net om plek te bespreek of skakel 083 475 9395 of 082 853 4377. Twee gelukkige Gazette-lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die Fire and Water-vertoning wen. SMS jou naam, van en die antwoord op ’n eenvoudige vraag teen Donderdag, 28 Maart teen 12:00 na 37173 (SMS’e kos R1,50 elk). Vraag wat jy moet beantwoord: Waar in Riebeek-Kasteel sal die Fire and Water-konsert gehou word?


6

Leader - Hoofartikel

Swartland Gazette

Tuesday 19 March 2013

Moenie moed opgee nie, probeer weer

Leer by kinders Die onselfsugtigheid van kinders kan volwassenes soms waardevolle lewenslesse leer. Kyk ’n mens na die 7-jarige Schani Pixie Charle van Riebeek-Wes, hang jou mond omtrent oop oor haar onselfsugtige geaardheid. Haar onbaatsugtige liefde vir mens en dier het Charle oortuig dat sy geen speelgoed vir geskenke op haar verjaarsdag wil hê nie, maar kos vir die diere in haar sorg. Sy wil eendag president word om die wêreld te help. Wanneer ’n mens so ’n leiersposisie as loopbaan in gedagte het, spreek dit boekdele oor iemand se persoonlikheid. Sy wil 90% van haar tyd, geld en denke aan ander opoffer. As alle leiers maar net dink aan ander, sou belastingbetalers se geld baie meer waarde kon toevoeg tot noodsaaklike kwessies wat aandag verg – soos behuising, eerder as die president van Suid-Afrika se Nkandla-landgoed. Behuising bly ’n voortslepende stryd met die plaaslike munisipaliteite. Belastingbetalers wil sien wat vir hulle met hul geld gedoen word. Belastingbetalersverenigings kom al minder voor of verdwyn, hoewel die betalers al meer te sê het. Net soos rondloperdiere, sal belasting nooit verdwyn nie. Daarom behoort daar meer Schani Pixie’s te wees wat organisasies stig met ’n doel voor oë en om ’n stem te gee vir dít wat nodig is.

KONTAK ONS Redaksie Charlotte Lesch T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: charlotte.lesch@media24.com

Lizette Smit T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: lizette.smit@media24.com Advertensies Carol de Jager T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: carol.dejager@media24.com Geklassifiseerd en admin Natalie Tenn T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: natalie@swartlandgazette.co.za

Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titels wat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliks in Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Yzerfontein versprei.

PASTOOR PIET SMIT

PRETLOOP: Hele families het verlede Donderdagmiddag aan die ACVV Speelkasteel se jaarlikse pretloop deelgeneem. Die pretloop is afgesluit met ’n geldinsamelingsete waarvoor deelnemers vooraf kon kaartjies koop. FOTO: LIZETTE SMIT

Skryf plaaswerkers in vir dié kompetisie “Die landboubedryf is soos ’n ketting: dis net so sterk soos sy swakste skakel en daarom is dit uiters belangrik dat elke skakel in hierdie belangrike ketting na waarde geag word. En nes ’n ketting geen bo- of onderpunt het nie, is almal betrokke in die landboubedryf in die Swartland ewe belangrik.” Só sê Zakkie Bester, ondervoorsitter van die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete, wat die waardevolle en belangrike bydrae wat plaaswerkers tot die volhoubaarheid en groei van die landbou in Suid-Afrika lewer, beklemtoon. Hy doen ’n beroep op plaaseienaars om hul werkers vir vanjaar se Plaaswerker van die Jaar-kompetisie in te skryf. Daar word in tien kategorieë meegeding en uit hierdie tien wenners word die topplaaswerker van die jaar vir die streek aangewys. Die kompetisie is oop vir alle plaaswerkers en hulle kan genomineer word deur hul werkgewers, die bestuur of plaaskomitee of mede-werknemers. ’n Paneel bestaande uit kundige beoordelaars sal die beslissing oor die wenner van elke kategorie maak. Inskrywings sluit 10 Mei. Vir nadere besonderhede, kontak die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete-kantoor by 022 487 1133 of stuur e-pos na swartlandinfo@ westc.co.za.

Winston Churchill, ’n voormalige eerste minister van Engeland, dien ons tot inspirasie om nie moed op te gee nie. Hy druip graad 6. Hy verloor elke verkiesing waaraan hy deelneem totdat hy op 62-jarige ouderdom eerste minister word. Hy skryf: “Never give in, never give in, never, never, never – in nothing, great or small, large or petty – never give in except to convictions of honour and good sense. Never, never, never, never give up.” So terloops, die bekende Henry Ford wat die ontwerper is van die eerste Ford-motor, was vyf keer bankrot voordat hy geslaag het. (Ons probleem: ons is so bang om te misluk, dat ons nie wil waag nie. Geloof bevat altyd ’n element van waag.) Het jy misluk? Dalk as huweliksmaat, as vader in jou huis, of as moeder van jou kinders, as opvoeder, as getuie van Jesus, in jou stryd teen die sonde, ens. Doen wat Josia gedoen het ná die mislukking by Ai. Staan op en probeer nog ’n keer! Gal. 6:9 – “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” Gebed: Here ek kom na U. Help my om weer op te staan na mislukking en gee my die krag om weer te probeer. In Jesus se Naam, amen!

St. Thomas nooi ’n ieder en elk na ‘afskeid’ van ou skoolgebou U is seker almal bewus van die nuwe skoolgeboue wat opgerig word. Die beoogde oorhandiging is 28 Maart met die groot trek wat gedurende die vakansie plaasvind. Daarna sal die “ou skoolgebou” gesloop word. Met dit verdwyn ’n baken van hoop vir baie en tog sal die herinneringe bly voortbestaan in ons harte en gedagtes. Ons wil graag op ’n waardige wyse afskeid neem van die geboue wat soveel herinneringe vir baie hou. Die reëlings vir die “afskeid” van die skoolgeboue is as volg: •Donderdag, 21 Maart (publieke vakansiedag) om 11:00 word ’n dankdiens gehou. •Daarna word die eerste gebou gesloop. •U kry kans om vir oulaas na u klaskamer te gaan. •Foto’s sal geneem word. •Koop ’n baksteen teen R10 as herinnering.

•Die geleentheid is ook daar om te kuier met ou vriende. •U kan u piekniekmandjie bring en uitkamp: die skool verskaf tafels/stoele. •U kan ’n braaibordjie koop teen R40. Kontak net die skool vandag nog om ’n bestelling te plaas. •’n Nie-verpligte sagte kollekte sal waardeer word en sal gebruik word vir die aanskaf van gordyne vir die nuwe saal. •U kan ook die geleentheid gebruik om die nuwe skool te besigtig. Baie dankie vir u ondersteuning oor die jare. Wees deel van ’n era wat ten einde loop en ’n nuwe begin – dit gebeur net een keer in ’n leeftyd. Hoop om u te ontvang. Die uwe, Michael de Kock, Skoolhoof.

Verlore items gesoek Indien enigiemand ’n identiteitsdokument en/ of bestuurslisensie van AC Stander optel, kan die items asseblief by die plaaslike SAPD ingedien word?

AC STANDER,Malmesbury

Lovely puppies up for adoption Thank you so much for putting an article in the local newspaper. I have 25 dogs that are looking to be adopted. My dogs don’t all live in kennels – they are a pack together, which means good social skills. Ages vary from 8 weeks to 5 years. They are also social with cats and really love people. I have four black labrador-cross puppies, four boys and two girls that are 11 weeks old, very happy little characters, beautiful dogs. I also have three German Shepherd-cross girls age 11 weeks. These puppies are from the Dag and Nag-farm, where I work with the community. I take the puppies and then sterilise the mother

dogs. If I don’t take the puppies they have about a 10% chance of growing up, so many dogs die. I have been doing this for four years. I don’t have much, but whatever I have I will give to the dogs. Should anyone want to help, dog food is always something I need and please visit my website at read the stories of the dogs I had to work with in Malmesbury. I have many more stories, but I am so busy trying to keep the dogs safe. It’s very hard without a fence. I thank you so much for taking the time to help us, it really has been a very hard battle.

NATASHA THEUNISSEN Dogs Deserve Better Rehabilitation Centre

German Shepard puppies

Black labrador puppies


Tuesday 19 March 2013

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

7


8

Swartland Gazette

Advertisement - Advertensie

Tuesday 19 March 2013


Tuesday 19 March 2013

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

9


10

Swartland Gazette

Schools - Skole

Tuesday 19 March 2013

Riebeek-Vallei-skool presteer in atletiek

TOP ATLETE: Riebeeck Vallei Spesiale Skool se atlete het 35 medaljes by die Boland LSEN (Leerders met Spesiale Onderwys Behoeftes) Atletiek Byeenkoms verower. Altesaam 11 goue medaljes, vyf silwer en vyf brons medaljes is by die Wes-Kaapse byeenkoms verower. Ons is baie trots op hierdie leerlinge! FOTO’S: VERSKAF

TOP ATLETE:Vier atlete van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool op Riebeek-Wes sal van 20–22 Maart in Oos Londen aan die Nasionale Hoërskole se LSEN Atletiek-byeenkoms deelneem. Hier (van links) is Lorna van Zweel, Jamie-Lee de Bruyn (in die Eenheidsklas vir verstandelik gestremde leerlinge), Rize Baron en Amy Roman.

BOLAND-ATLETE: Claudia Rhoode, Johan Laubscher en Anushka Odendaal van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die Boland-atletiekspan opgeneem.

FLINK GEDINK: Hoërskool Dirkie Uys se Wes-Bolandse skaakspelers het op 9 Maart aan die Boland-proewe deelgeneem. Van links is Johandré Meyer, Barend Mostert, Grant Meyer en Hardus Dippenaar. Afwesig: Frederick Louw.

BOLAND-SKAAKSPELERS: Hierdie jong skaakspelers van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is gedurende die naweek van 9 Maart in die Boland-skaakspan opgeneem. Hulle is (voor van links) Caitlin Matthews, Anja Nel en Christiaan Bester; (middel) Enrique Marais en Juan Kitshoff; (agter) Wouter Bester, Christiaan Mostert en LeeMarvin van Aarde.

SKOOL HOU KERMIS: Lea Schreider (7) en Amére Coetzee (3) baljaar op die springkasteel tydens Saterdag se kermis by Laerskool Swartland.

Lara Cotter gly by die waterval af en geniet haar gate uit. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

TENNISSTERRE: Margerite Hartung en Ané en Corin de Waal van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het onlangs aan twee WP mini-tennistoernooie deelgeneem waarin hulle uitstekend gevaar het. Corin het in albei toernooie as wenner in die o.16-enkelsafdeling uitgetree.


Tuesday 19 March 2013

General - Algemeen

Swartland Gazette

11

Pixie wil die wêreld red! LIZETTE SMIT RIEBEEK-KASTEEL – Vir haar sewende verjaarsdag het Schani Pixie Charle gesê sy wil nie geskenke hê nie, maar dat maatjies net honde- of katkos moet bring wat sy aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) sal gee. Melindi Charle, Schani se ma, sê haar dogter is dieremal en het selfs

Wayne Hector van die Swartland DBV ontvang die dierekos in plaas van geskenke wat Schani Pixie gevra het haar maatjies vir haar sewende verjaarsdag moet koop.

onlangs uit haar eie besluit dat sy vegetaries wil wees. Die Sylvester-projek – Schani se breinkind – is gestig sodat die wildekat-bevolking in die Riebeekvallei onder beheer gebring kan word en ook om die katte te versorg. Melindi sê hulle vang elke Vrydag wilde katte wat hulle laat regmaak, versorg en dan poog om in goeie huise te plaas. Daar is tans elf katte in die Charle-

Schani Pixie by ’n paar van die katte wat sy met haar ma se hulp versorg.

gesin se sorg. Ongelukkig is party van die katte reeds so verswak wanneer hulle gered word, dat hulle nie oorleef nie. Die geld vir die Sylvester-projek kom hoofsaaklik uit Melindi se eie welsynorganisasie, die Butterflyprojek wat in 2001 gestig is. Ander donasies kom van die Wesland-dierekliniek en Langebaan Animal Care asook van vrygewige inwoners. Melindi sê die Sylvester-projek het begin toe hulle wilde katte in ’n oop stuk veld agter die preprimêre skool wat Schani in Vredenburg bygewoon het, begin kosgee het. Daar is mettertyd foto’s van die sowat 50 katte geneem, hulle is geïdentifiseer en gesteriliseer. Sylvester is die eerste katjie wat Schani gevang en huis toe geneem het. Vandag is Sylvester vet en gesond en deel van die Charle-vroue se gesin van sewe katte. Melindi sê Schani wil president word omdat sy baie wette oor dierebeskerming wil verander. Sy wil weet wat sy ná skool moet studeer om president te word. “Sy gee verskriklik om vir die planeet, herwin alles, jy mag nie rommel strooi nie, en praat en bid daagliks tot God oor al haar sorge oor die

Schani Pixie waarsku ’n maatjie om stil te bly sodat Melindi, haar ma, kan konsentreer om al die diere en dieregesiggies versigtig van die verjaarsdagkoek af te haal sonder om hulle per ongeluk “seer te maak”. FOTO: LIZETTE SMIT wêreld – veral die honde wat in China geët word, het haar op!” Schani wil niks gebruik wat aandui dis in China gemaak nie en sy maak seker dat haar ma ook dié reël volg. Wolwe is die begin en einde van Schani se bestaan. Melindi vertel hoe Schani by die jetty oor die dam by hul huis saans staan en tjank soos ’n wolf omdat sy glo sy op dié manier met wolwe regoor die wêreld kan kommunikeer. Schani is ’n skaam, teruggetrokke kind en dit wil voorkom asof sy nie verstaan wat dan só anders is as sy meer gesteld is oor die welsyn van

ATKV-snoekbraai by Riebeek-Wes

Theuniskraal wink Fietsrygeesdriftiges kan môreoggend (Woensdag) vroeg hul weg baan na Theuniskraal, aangesien deelnemers aan die Absa Cape Epic-bergfietsren daardie dag op dié plaas vertoef. Die jaarlikse Absa Cape Epicwedren, wat oor agt uitmergelende dae strek, neem deelnemers van oral ter wêreld deur sowat 700 km van die Wes-Kaap se natuurskoon en oor indrukwekkende bergpasse. Die wedren word vanjaar vir die tiende keer gehou. Dit begin op 17 Maart op die Meerendallandgoed in Durbanville en ein-

dig op 24 Maart op Lourensford in Somerset-Wes. Theuniskraal, in die Tulbagh-vallei, is gekies as die tweede van drie waterstilhouplekke vir die dag. Die eerste fietsryers word omstreeks 09:00 verwag. Theuniskraal is ook die vernaamste uitkykpunt vir toeskouers langs daardie dag se roete en die laaste plek om ryers aan te moedig. Daar is baie op die landgoed te doen. Die proesentrum is immergewild. Die gesellighede duur van 08:00 tot 15:00. Bel die landgoed by 023 230 0687 of besoek info@tkl.co.za.

diere as om haar kamer vol speelgoed te pak nie. Volgens Melindi was Schani van kleins af gesteld op die welsyn van mens én dier en skryf dit gedeeltelik toe aan die voorbeeld wat sy aan haar dogter stel deur die welsynorganisasies waarby sy self betrokke is en die Butterfly-projek wat sy bestuur en koördineer. “Dit was eintlik ’n natuurlike proses vir Schani Pixie om haar eie welsynprojek op die been te bring. Sy het vanself daarheen gegravitate,” sê Melindi. “En buitendien, as ons hulle nie help nie, wie sal?”

’n Paar van die ATKV-manne gesels oor koeitjies, kalfies en gemsbokke. Tian en Johan Lamprecht, Kobus Taljaard en Bertie Kotzé geniet ’n koel herfsaand met ’n drankie in die hand.

Lede van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het Vrydagaand (8 Maart) hul jaarlikse snoekbraai op De Gift-plaas buite RiebeekWes gehou. Hier gesels (van links) Jeanette Kotzé, Santie Lotz, Ann-Doree en Maré-Louisa Koegelenberg om ’n gesellige vuurtjie. FOTO’S:

LIZETTE SMIT

Die Theuniskraal-wynlandgoed.

Ané van Santen (7) glimlag senuweeagtig vir die fotograaf terwyl ’n gemsbok in die agtergrond wei. Sy het later kordaat opgemerk dat haar broer in die verlede só ’n bok geskiet het – dalk om as waarskuwing vir die bok te dien.


12

General - Algemeen

Swartland Gazette

Malmesbury se sakelui pak mekaar op die rolbalbaan

Philip en Michelle Schieve en Adele en Chris Janse van Rensburg het vir Jack’s Paint and Hardware verteenwoordig.

ALMAL KAN ROLBAL SPEEL: Die sakelui se rolbaltoernooi het verlede week op die rolbalbane op Malmesbury plaasgevind. Verskeie ondernemings het hierdie geldinsamelingsprojek ondersteun waar ’n aanleg vir rolbal nie ’n voorvereiste was nie. Hier is die Rola-groep – wat ook die amptelike borg van Malmesbury Rolbalklub se hemde is – saam met veteraan rolbalspeler, Cecile Gouws. Die finale ronde het gisteraand (Maandag) plaasgevind. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Tuesday 19 March 2013

Support Library Week in Darling Darling’s most famous citizen, Tannie Evita Bezuidenhout, together with the Western Cape MEC for Cultural Affairs and Sport, Dr Ivan Meyer, and the mayor of Swartland Municipality, Alderman Tijmen van Essen, officially launched South African Library Week 2013 on Friday at the Darling North Municipal Library in Darling. Speaking at the launch, “Tannie Evita” urged those present to promote a culture of reading. In her famously forthright manner she said: “Reading and knowledge is a human rights issue. Value added Tax (VAT) on books is a crime. How can we have VAT on books?” she asked. “ I do, however, hate the term ‘previously disadvantaged’. We are only disadvantaged if we do not acquire knowledge. Knowledge is acquired through reading and discovering new ideas. Use the books

you have and ask for more. So to the youth I say, grab the future and run with it,” she added. According to Dr Meyer, the Western Cape government will continue to improve the quality of the library service it delivers to citizens of the Western Cape. “The Western Cape government will be allocating R188 million towards enhancing the province’s 351 library service points and wheelie-wagon project in the 2013/2014 financial year.” Dr Meyer handed over a donation of books to the Early Learning Project as well as the Parental Learning Project, which are both run under the auspices of the Darling Trust. Libraries throughout the province will be running activities in keeping with the theme “Educate Yourself @ Your Library” as part of Library Week 2013.

Hes-Maré Duminy, Kassandra Gutzmer, Leani Albertyn en Monique Diener is ’n paar lede van die De Jager Boshoff-span. Lede van die Malmesbury Rolbalklub is (van links) Marie Brink, Martin Louw, Cecile Gouws en Nicky van der Westhuizen.

Dr. Ivan Meyer, minister of Cultural Affairs and Sport on the left with Anna Cleophas, Tasha St. John-Reid form the Darling Trust, and key-note speaker Evita Bezuidenhout


Tuesday 19 March 2013

General - Algemeen

Swartland Gazette

13

Burgemeester word 63

GEELSPAN WEN GEMEENSKAPS-ATLETIEK: Die Geelhuis (Hopland) se span is Saterdag as wenners gekroon by die jaarlikse Gemeenskaps-atletiekbyeenkoms wat by die Gene Louw-stadion op Moorreesburg gehou is. FOTO’S: CHENAY ADONIS

“Ant Kimmetjie” van die geelspan het die 100 m-stap vir die Meesters Dames gewen.

MINISTER EN BURGEMEESTER WENS MEKAAR GELUK: Anton Bredell, provinsiale minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning wens Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester van die Swartland-munisipaliteit by die oorhandiging van die finale verslag wat finansiële standaarde vir munisipaliteite bepaal, geluk met sy 63ste verjaarsdag op 13 Maart. Van Essen het Bredell terselfdetyd geluk gewens met sy inswering op 14 Maart as die waarnemende premier van die Wes-Kaap. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland-munisipaliteit, laat Van Essen hier drink aan ’n pienk melkskommel wat spesiaal vir hom laat maak is weens sy groot voorliefde vir hierdie drankie.

KOM ONS SPOOR TB VROEG OP EN HANTEER ONS GESONDHEID BETER TESAME

Hoes jy langer as 2 weke? Of ervaar jy die volgende? Nagsweet Borspyne Uithoes van bloed Gebrek aan eetlus Gewigsverlies Voel moeg en swak

Ter ondersteuning van Wêreld-TB-dag op 24 Maart 2013, sorg dat jy vir TB getoets word. As jy enige van die bogenoemde simptome ervaar. Gaan na jou naaste kliniek vir ’n gratis TB-toets en kom ons pas jou gesondheid beter tesame op.


14

Geklassifiseerd

Swartland Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES

TJ'S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa: 082 497 3383.

TE KOOP FOR SALE

07 Gelukwensing Congratulations

71

Algemeen Miscellaneous IPHONE 4, Splinternuut in boks, R4 500 te koop. Skakel: 082 582 4448. Johanna van Harte Veels geluk op mammie se 82ste verjaarsdag mag daar nog vele wees. Met baie liefde kinders, kleinkinders & agterklein kinders.

YARD SALE - Saterdag 23 Maart 2013 vanaf 08:00 word goedere uitgepak te Jasmynstr 20 oorkant Vrolike Vinkies. Embuia Gable top slaapkamer stel, sitkamer stel, eetkamer stel en vele linne en breekgoedere is te koop. Vir enige navrae skakel 082 727 7433.

1141

JSC 6X1 4912

Algemene Dienste General Services

AG Training and Accreditation Solutions Vir alle drukwerk, tikwerk, CV voorbereiding, stuur van fakse, skandeer (scaning) epos, laminering, internet, naslaan en skool take. Loer gerus in- Hoek van Akasia/Aster straat, Wesbank, Malmesbury (Oorkant Platteklip Drankwinkel, agter Munisipale Polisie) Tel: 022 125 0010 - Faks 086 692 1099. Enige iemand wat tuindienste benodig. Skakel Tinus by 078 527 5944. Ek is die goedkoopste in die dorp. MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDS-HEKKE Installeer en herstel alle tipes deure, asook "automation". Skakel Derick by 082 804 4550/ (022) 487 2394.

RAAI wie is 50? 20 Maart 2013. Geluk met jou verjaarsdag. Met liefde van jou ma Jennifer, Issie en Maxwell.

12 Dankbetuigings Thanks

Koekie Das wil graag vir John Williams baie baie dankie sê vir die groot geskenk op haar verjaarsdag in Spur.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 34

Spyseniering Catering VIR bestellings van samoosas, springrolls, rotis, koek ens. Skakel 022 486 4933.

36

Kindervermaak Children’s Entertainment

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 105

Binnenshuisdienste Home Services Interior BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand: 083265 5161. CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaar-digers van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & veran-derings. Derick & Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394. CK BLINDS - Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394. CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. Chris 082 554 2754.

108

Geld/lenings Money/Loans

ASPATAT PARTYTJIES: Springkastele, waterglybane, Need Cash!!! Visit 1 Stop kindertafeltjies & -stoeltjies Finance today. 5% Interest, all you need: 3 te huur. Kontak: months bank statement, 084 607 5658. newest payslip, I.D book, proof of address. Contact BOETIE EN SUSSIE us: 8B Rainierstreet, MalSPRINGKASTELE mesbury. Tel: Waterglybane en verskei022 487 3984, Cellno: denheid spring-kastele te 078 340 6158. Come now huur. Kontak Nelia 073 610 and receive immediate 2810. respone.

1151

Skoonmaakdienste Cleaning Services MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

EIENDOMME PROPERTIES 166

Huise te Huur Houses to Let

MOTORS VEHICLES

145

Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy

022 487 3267

2Slaapkamer woonhuis Wesbank, 1 April beskikbaar. Stil area. Skakel 072 214 3389 / 083 664 2213. RUIM 3 slaapkamer woonhuis met dubbel motorh, R6 800 pm. Skakel 022 482 3993 TITUS EIENDOMME Wesbank - R4 300 pm. Netjiese 3 Slpk huis in goeie area, 2 badk, oopplan sit/eet/komb,mh. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 082 780 1380 / 022 486 5219.

171

Woonstelle te Huur Flats to Let Tweeslaapkamer woonstel (geen kinders) R3 100 pm. Skakel 022 482 3993.

BESIGHEID BUSINESS 197

24/7 CASH for Bakkie or Car. sms or phone: 072 620 1126.

Tuesday 19 March 2013

Sakepersele Te Huur Business Premises to Let MALMESBURY Kommersiële Perseel, 200m . Onmiddellik beskikbaar, R7 000pm excl vat,Geleë te Voortrekkerweg, agter Northmec. Ideaal vir kantore of besigheid. To view call Carlo 082 920 4586. Vir meer inligting skakel G Buhr 082 328 2211.

MOENIE EERS PROBEER NIE! Die bestuur van ’n restaurant in Riebeek-Wes is ernstig oor die bewaring van hul pizzadeegresep. By die pizza-oond is ’n kennisgewing wat klante vra om nie vir Nosiphiwe Sotyantya te probeer omkoop, afpers of by haar vlerk te sleep sodat sy dié gesogte resep gee nie. FOTO: LIZETTE SMIT

Malmesbury fabriek te huur. 2 470m your (indeelbaar). Industriële Just fabriek in Abattoir straat. R20 / m uitgesluit BTW. Skakel Elton by 082 498 1417 / elton@safcom.co.za

AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

JOBS

160

Voertuie te Koop onder R20 000 Vehicles for Sale under R20 000 NISSAN BANTAM 1.3 5-Spoed, Swart, netjies. R18 500. Skakel: 083 4646 960.

400

Betrekkings Gevra Jobs Wanted AFLOS KROEGDAME/ MAN met sober gewoontes. Gesoek!!! Skakel: 082 762 3689 na 5 nm.

WESBANK NETBAL SÊ DANKIE: Die Wesbank Netbalklub wil graag vir Rocky’s Gim and Fitness Centre op Malmesbury dankie sê vir alle fiksheidsoefenprogramme wat hulle aanbied om die klubspelers wedstryd-gereed te kry. Die klub waardeer en geniet hierdie programme baie.


Dinsdag 19 Maart 2013

Geklassifiseerd

KNORTJORRE OP MALMESBURY: De Wet Brits (links) en Jaco Engelbrecht, wat altesaam al ses jaar knortjorre ry, doen die laaste verstellings voordat die tydren begin wat die afgelope naweek plaasgevind het.

Weskus Distriksmunisipaliteit Weskus Distriksmunisipaliteit streef daarna om ’n dinamiese en doeltreffende diens aan die gemeenskap binne sy jurisdiksiegebied te lewer. As ’n Diens­ billikheidswerkgewer, bied ons tans hierdie poste aan individue met die toepaslike kwalifikasies en ervaring:

Departement: Finansiële Dienste

Eerste Klerk

(Kassiere, Ganzekraal Oord) (Verw: GR2) Vereistes: • Graad 12 met toepaslike berekeningsvaardighede • ’n geldige Kode B­bestuurslisensie • aandag aan uitleg • verslaglewerings­ en organise­ ringsvaardighede • die vermoë om onafhanklik te funksioneer • rekenaar­ geletterdheid (MS Word/Excel) • kommunikasievaardighede in twee van die drie amptelike tale van die Wes­Kaap • goeie administratiewe, tik­ en kontanthanteringsvaardighede • goeie interpersoonlike vaardighede • 1 jaar toepaslike ondervinding. Pligte: Verrig funksies/take met betrekking tot die lewering van ’n admini­ stratiewe en kassier­ondersteuningsfunksie by Ganzekraal Oord. Administreer aktiwiteite by die Oord; bevestig en administreer besprekings; beantwoord die telefoon; doen tikwerk; ontvang inkomste vanaf die publiek en reik kwitansies uit; vorder gelde, poswissels, kontant en tjeks in. Verantwoordelik om kwitansies te administreer en daagliks inkomstetransaksies te balanseer om ’n effektiewe administratiewe en kassier­ondersteuningsdiens te verseker. Salaris: R98 603 – R127 989 per jaar (TASK­gradering 7)

Toesighouer/Drywer (Ganzekraal Oord) (Verw: GR5)

Vereistes: • Graad 12 • ’n geldige Kode B­bestuurslisensie • toesig­ houdingsvaardighede • goeie interpersoonlike vaardighede • beplannings­, messelaars­ en instandhoudingsvaardighede • goeie bestuurs­ en verslag­ doeningsvaardighede • kommunikasievaardighede in twee van die drie amptelike tale van die Wes­Kaap • goeie tegniese, skryf­ en berekenings­ vaardighede • aandag aan uitleg • ten minste 2 jaar relevante werks­ ervaring. Pligte: Tree op as drywer en toesighouer te Ganzekraal Oord om die terrein instand te hou; gaan munisipale toerusting vooraf na; verseker ’n kwaliteit­ skoonmaak en ­tuindiens, sowel as ­masjieninstandhouding. Salaris: R81 599 – R105 872 per jaar (TASK­gradering 6) Sluitingsdatum: 5 April 2013 om 15:00 Benewens die salarisse vermeld vir die permanente posisies en onderhewig aan sekere voorwaardes, bied die Distriksmunisipaliteit aan werknemers mededingende byvoordele, soos ’n behuisingsubsidie, ’n 13de tjek, lidmaatskap van ’n pensioen-/aftree- en mediese hulpfonds. Voorgeskrewe aansoekvorms is gedurende kantoorure beskikbaar by Me PS Boer/B Petersen by 022 433 8400 of op die webtuiste by www.westcoastdm.co.za/vacancies.html Voltooide aansoekvorms, vergesel van omvattende CV's, gesertifiseerde afskrifte van diplomas/ sertifikate/registrasies en bestuurslisensies, moet gerig word aan Weskus Distriksmunisipaliteit, Menslike Hulpbronne: Werwing en Keuring, Posbus 242, Moorreesburg 7310. Let wel: Die Raad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoeke per faks of e-pos sal aanvaar word nie. CV’s sal nie aan kandidate terugbesorg word nie. Gunswerwing sal kandidate diskwalifiseer. Indien geen terugvoering binne 60 dae na die sluitingsdatum vanaf hierdie kantoor ontvang is nie, kan aanvaar word dat ’n aansoek onsuksesvol was.

109594SWARTLANDGAZETTE/REVISED www.ayandambanga.co.za

Swartland Gazette

15


Swartland

Year 11 • 19 Maart 2013 | Tel. 022 482 3817

Twee atlete van formaat MALMESBURY - Dit kón nie anders nie. As die maand-prys vir die SuperSport en Gazette se Let’s Play kompetisie gedeel kon word, sou Micke Smit en Renelda Scholtz dit gedeel het, maar hierdie atlete is elk wenners in eie reg. Lesers sal dalk onthou dat Micke verlede jaar as die algehele wenner van die Swartland se Let’s Play-kompetisie aangewys is terwyl Renelda die wenner was vir Februarie. Vanjaar het hulle nie op hulle laat wag nie en laat hulle hulself behoorlik in die tweekamp-item geld. Micke (14) sê die tweekamp

bestaan uit 1000 m hardloop en 100 m swem. Hulle het albei tydens die onlangse tweekamp-byeenkoms wat in die Paarl gehou is, die eerste plekke in hul onderskeie ouderdomsgroepe behaal. Met hierdie prestasie het hulle deurgedring na die SA-kampioenskap wat op 21 en 22 Maart in Oudtshoorn gehou word. Renelda (16) het ook verlede Vrydag (15 Maart) aan die vlak 3 nasionale swemkampioenskap in Durban deelgeneem. Iets wat sy erken ’n besonderse prestasie is. Micke en Renelda sê hulle oefen elke dag en moet hul dieet fyn dophou. “Niks chocolates nie. Net gesonde kos.”

Micke Smit is Februarie se Let’s Play wenner en Renelda Scholtz het vir Maart-maand met die louere weggestap.

Weskus-netbal se ster skyn helder AMALIA VAN NIEKERK

Marieta Coetzee (links) ontvang haar toekenning van IIse Hayes, die goue medaljewenner by die Londen Paralimpiese Spele van 2012.

Marieta Coetzee het oor die jare sinoniem geraak met Weskus Netbalunie. Vurige afrigter van die suksesvolle Vredenburg-klub, drilsersant, wedstrydsekretaresse en passievolle werker vir netbal in die breë. Marieta is een van die stigterslede en hooforganiseerders van die jaarlikse Visfabrieke-toernooi te Velddrif, en ’n bekende gesig by die departement van sport en kultuursake se streekskantoor in Vredenburg. Aan die einde van 2012 het die jarelange inspanning, toewyding en opoffering vir Marieta in ’n segetog ontplooi. By die Weskus Netbalunie se beker-uitdelingsfunksie het sy die gesogte trofee vir Sportpersoonlikheid van die jaar ontvang – min wetend dat dít maar net die begin was. By die Weskus Sport-toekennings

op 1 Februarie by Longacres-landgoed in Langebaan, het Marieta ook ’n toekenning ontvang vir lewenslange bydrae tot netbal as een van die stigterslede van die visfabrieketoernooi. Ook het sy weggestap met toekennings vir die Vrywilliger van die Jaar, Sport Administrateur van die Jaar en die Sport Gemeenskapsbouer van die Jaar. Nog ’n groot eer het haar te beurt geval om genomineer te word vir Wes-Kaap Sport-toekenings wat gehou is op 1 Maart by die spoggerige Lord Charles Hotel in SomersetWes. Sy is genomineer in die Vrywilliger van die Jaar-afdeling en ook daar het sy met die louere weggestap, ten spyte van die intimiderende omgewing van professionele sportfederasies en nasionale sportsterre wat ook daar teenwoordig was.

FOTO:

LIZETTE SMIT

Malmesbury eindig tennis op ’n hoë noot MALMESBURY – Dit het die Paarl se A-span Saterdag bloedsweet gekos om die vasberade tuisspan tot oorgawe te dwing. Die besoekers het uiteindelik die kragmeting met vyf wed-

stryde teenoor drie gewen en sodoende die Groot Uitdaag-ligatitel verower. Vir Malmesbury het Kim Titus se enkelspel en die kombinasie van David Isaacs en Emci Dippenaar goeie oorwinnings behaal. As gemengde paar het laasgenoemde die onderskeiding dat hulle ál hul ligawedstryde gewen het. Die B-span behaal op Somerset-Wes ’n weghol-oorwinning van agt wedstryde teenoor nul teen Rekreasie. Eersterivier moes hul wedstryd teen Malmesbury se C-span prysgee.

Braam Isaacs

FOTO: CHARLOTTE LESCH


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.