Swartland Gazette 20 Nov 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 20 November 2012 | Tel. 022 482 3817

Swartland­staking vir eers ontlont LIZETTE SMIT Verskeie potensiële plofbare situasies is verlede week in verskeie dorpe in die Swartland deur die polisie ontlont en teen Vrydag was dinge volgens die polisie rustig en stil en het plaaswerkers weer begin werk. Kol. Andrew Williams, die stasiebevelvoerder op Moorreesburg, sê daar was groot drama op die plaas Broodkraal ná sowat 3 500 stakende werkers buitebande aan die brand gesteek het, klippe gegooi het en polisievoertuie beskadig is. Williams sê geen polisielede is beseer nie en dat Broodkraal se werkers Vrydag weer op hul pos was. Op Skaapkraal, langs die N7 in die rigting van Kaapstad, het stakers verlede Maandagoggend vreedsaam verdaag, maar het Dinsdag ’n gedeelte van ’n land aan die brand gesteek en gedreig om ook buitebande aan die brand te steek. ’n Sterk polisieteenwoordigheid het die situasie onder beheer gebring en verhoed dat stakers die N7 versper. Nóg ’n plofbare situasie is ontlont ná stakers Woensdagmiddag in Illingelethu by-

mekaar gekom het en gedreig het om na Malmesbury op te ruk. “Hier gaan hulle dit nie regkry nie!” het polisiewoordvoerder konst. Hennie du Rand gesê. Konst. Johnatan Filander, woordvoerder op Darling, sê die Darling-streek was stil en sover sy kennis strek, was werkers elke dag op hul pos. Hy berig van gerugte van ’n man in ’n swart motor met ’n wit deur wat blykbaar mense probeer aanhits het om te staak, maar voeg by die gerugte kon nie gestaaf word nie. Gerugte en onwaar stories het verlede week soos ’n veldbrand, selfs tot in Nederland, versprei. ’n Vrou van die Suid-Afrikaanse ambassade in Nederland het Vrydag baie bekommerd die Gazette gebel om te hoor of dit waar is dat Malmesbury deur stakers omring is en niemand mag in of uit nie. Volgens haar bronne was dit net ’n kwessie van tyd voor die bloed sou vloei. Sy is gerusgestel dat dit beslis nie die geval is nie en ten spyte van plofbare situasies wat verlede week op verskeie Bolandse dorpe afgespeel het, was Malmesbury nie deur vyandiggesinde stakers omring nie.

In die Riebeek-vallei het polisie Vrydag hoë sigbaarheid gehandhaaf ná stakers Woensdag by Hermon die pad versper het. Werkers van verskeie plase in die Vallei het gestaak en gerugte van intimidasie van werkers wat nie wou staak nie, het die ronde gedoen. ’n Plaaswerker wat nie gestaak het nie en nie sy naam genoem wil hê nie uit vrees vir intimidasie deur die boer op wie se plaas hy werk, het Vrydag sy siening oor die staking gegee. Hy is van mening die werkers wat wel staak, die regte ding doen. “’n Mens kan nie lewe van die geld wat ons betaal word nie,” sê hy. Hy sê net sekere mense staak op die plaas waar hy werk. Volgens hom was almal glo Vrydag by die werk. Na aanleiding van ’n vraag of hy besef dit is die nasionale regering wat minimum lone bepaal, was sy antwoord dat boere die regering omkoop om die lae lone vas te stel. Hy is ook oortuig dat die regstelsel deur boere en ryk mense beheer word. “Ek werk hard, is elke dag op my pos. Ek wil net regverdig betaal en ordentlik behandel word.” . Lees meer op bladsy 2.

Die polisie het verlede Dinsdag seker gemaak die staking by Skaapkraal langs die N7 buite Malmesbury raak nie chaoties nie.

FOTO: LIZETTE SMIT


2

Swartland Gazette

News - Nuus

Heffing op pre paid onwettig KORINGBERG – Die R2-heffing wat ’n huiswinkeleienaar op elke elektrisiteitstransaksie hef om kwansuis die koste van papier en ink te dek, is heeltemal onwettig, aldus Eskom. ’n Inwoner van Koringberg wat nie sy naam genoem wil hê nie, het gesê Koringbergers wat koopkrag het, slegs hul Eskom-elektrisiteit van één huiswinkel op die dorp kan koop. Sou iemand weier om die heffing te betaal, weier die eienaar glo om elektrisiteit te verkoop. Hy is bekommerd dat arm mense wat nie noodwendig al hul elektrisiteit op een slag kan koop nie, maar op ’n weeklikse basis of elke paar dae, uitgebuit word. Rachel Faroa, nóg ’n inwoner, het gesê die afskaffing van die R2-heffing sal help om haar rande te rek. Bertie Rosenberg en Gertruida Moos het bevestig hoe elektrisiteit aan hulle geweier word indien die heffing nie betaal word nie. Die eienaar van die winkel op Koringberg, Eben van der Merwe, het by navraag gesê hy glo toestemming gekry het van Conlog, ’n maatskappy wat pre-paid elektrisiteitsmeters installeer, om die heffing te vra. Die tegnikus van Conlog wat verantwoordelik was vir die installering van die voorafbetaalde toerusting by die winkel en nie sy naam ge-

Onrustigheid onder boere duur voort CHARLOTTE LESCH

Rachel Faroa, Bertie Rosenberg en Gertruida Moos van Koringberg sê hulle sal bly wees as die R2-heffing op elektrisiteitaankope afgeskaf word. FOTO: LIZETTE SMIT noem wil hê nie, sê hy sou nie toestemming gee om ’n ekstra tarief te hef nie aangesien hy nie by magte is om dit te doen nie. Net Eskom kan toestem. Jolene Henn, provinsiale kommunikasie beampte, aandele bestuurder en verantwoordelik vir korporatiewe sake by Eskom in die WesKaap, sê geen Eskom-diensverskaffer word toegelaat om ekstra gelde te hef nie aangesien hulle kommissie op verkope ontvang. Sy voeg by dat Eskom dié saak verder sal ondersoek en moedig mense aan om ongemagtigde praktyke aan Eskom te rapporteer. LIZETTE SMIT

Tuesday 20 November 2012

Onrustigheid onder boere in die WesKaap weens stakings oor loongeskille, duur steeds voort. Plaaswerkers op De Doorns het twee weke gelede begin staak ná hulle ’n daaglikse loon van R150 en beter werkstoestande geeis het. Dié staking het verlede week na ander dorpe, veral in die Boland, uitgekring. Onrus het die afgelope twee weke in 14 gebiede oor die provinsie uitgebreek, sê lt.kol. André Traut, provinsiale polisie woordvoerder. Volgens Traut is twee mense deur die afgelope arbeidsgeweld noodlottig gewond. Stakings het wéér vroeg gisteroggend op Robertson uitgebreek, ongeag ’n ooreenkoms met werkersorganisasies om stakings vir die volgende twee weke stop te sit terwyl die onderhandelingsproses oor moontlike verhogings van daglone plaasvind. Die toneel waar bande aan die brand gesteek is, is egter vinnig opgeruim, sê ’n plaaslike inwoner, Marlise Meyer. Palesa Mokomele, woordvoerder vir die minister van landbou, bosbou en vissery, Tina Joemat-Pettersson, kon nie bevestig of ’n loonverhoging van R80 oorweeg word nie. Sy sê wel ’n komitee vir werksomstandighede sal die minister van arbeid, Mildred Oliphant, raadpleeg of lone in die landbousektor vasgestel moet word. “Samesprekings sal vandeesweek Donderdag plaasvind,” sê Mokomele. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) sal as bemiddelaar optree. Of die boere die verhogings kan bekostig, hang van die individu af, sê Johan Montgomery, ’n streeksverteenwoordiger van Agri Wes-Kaap. “Jaarlikse salarisverhogings word gewoonlik gegee gebaseer op ’n suksesvolle oes en inflasiekoers. Die posvlak en verantwoordelikhede van die werknemer kom ook ter sprake.” Volgens Porchia Adams, woordvoerder vir Agri Wes-Kaap, is salarisverhogings ’n

ooreenkoms tussen die produsent en sy werknemer. “Produsente moet volgens wetgewing by die sektorale vasstelling hou en die minimumloon as basis gebruik.” Agri Wes-Kaap is besig om inligting van boere in te samel om die omvang van die skade te bepaal. Die totale skade kon teen druktyd nog nie bevestig word nie. Carl Opperman, die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, hou vol dat produsente en plaaswerkers direk en per plaas hul individuele arbeidsgeskille moet bespreek en werkbare oplossings vind. “Agri WesKaap is absoluut verbind tot die normalisering van ons landbougebiede en doen ’n ernstige beroep op die regering om wet en orde te handhaaf. Die taktiek van intimidasie, geweld en vrees is ’n duidelike aanduiding van die manier waarop vakbondleiers te werk gaan.” Pieter du Toit, die besturende direkteur van die Du Toit-Agrigroep, het skade van R30 miljoen bevestig. Hy doen ’n beroep op die regering om die landbougemeenskap te beskerm met “doeltreffende polisie- en sekuriteitsmagte”. Dié groep het intussen self sekuriteit op hul plase in die omgewing van Ceres aangestel. Die organisasie, die Koalisie vir Plaaswerker Verteenwoordigers wat onder andere Women on Farms Project, Sikhula Sonke, Mawubuye en Cosatu insluit, het gesê hulle gee die regering tot 4 Desember om te voldoen aan die plaaswerkers se eis van R150 per dag se loonverhogings. “As hulle dit nie doen nie, sal 4 Desember die versterking van protesaksie aanskou,” sê die organisasie se woordvoerder, Billy Xabela. Die Wes-Kaapse Rampbestuur het gesê hulle bly op ’n gereedheidsgrondslag. Ceres, Op die Berg (Ceres), Citrusdal, Bonnievale, Montagu, Ashton en Prince Alfred Hamlet word veral dopgehou en deurlopende koördinering met plaaslike owerhede vind plaas. Sprake van stakings in Montagu, Bonnievale en Prince Alfred Hamlet vir vandeesweek doen die ronde.


Tuesday 20 November 2012

News - Nuus

Swaeltjie raak lewens CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY - Drie swaeltjies het uit hul nes geval. Die een is op slag dood, die ander is deur die hond opgeraap. Frikkie het egter ’n tweede kans op die lewe gekry nadat Johannes van der Merwe hom betyds kon red. Dit is egter te danke aan sy vrou, Petro dat Frikkie twee weke langer gelewe het. Petro, van Malmesbury, het dit haar taak gemaak om Frikkie, ’n Palm Windswael van Afrika, aan die lewe te hou. Kenners meen die kanse vir dié swaeltjie om langer as ’n dag tussen mense te oorleef, is baie skraal. Frikkie het eers ná 15 dae sag heengegaan. Petro, wat al baie voëls gehad het, het onmiddellik die swaeltjies nagevors om seker te maak sy gee hom die beste kans moontlik om te bly lewe. Die swaeltjie, wat volgens kenners pieperig van aard is, is elke twee ure deur sy mens-ma gevoer. Die voël is ’n proteïen-vreter enFrikkie se maaltye het bestaan uit eier en ProNutro. Frikkie is ná elke voeding deur Petro skoongemaak, omdat higiëne noodsaaklik is. “Hy mors nes ’n baba.” Sy is was wel verlig dat die soort voëls deur die nag slaap. Sy hok moes ook te alle tye skoon wees, omdat hulle baie vatbaar vir siektes is. Dié voël loop nie soos ander nie, maar doen alles in vlug, wat Petro se werk baie bemoeilik het. “Die voëltjies kan nie opstyg nie, maar begin van ’n sekere hoogte af vlieg. Hy hang eerder aan voorwerpe en sit glad nie. Ek is gesê om ’n waslap in die hok te hang waaraan hy vasgeklou het.” Die Van der Merwes het Frikkie na

Die voëltjie het diep in sy mens-ma se hart gekruip. ’n rugbyveld geneem, sodat hy kon oefen om te vlieg. Deur haar navorsing het sy gehoor van swaeltjies se neste wat gedurig afgebreek word omdat dit baie morsig kan wees. “Dié swaeltjies is nog nie bedreig nie, maar is sterk op pad as mense aanhou om die neste af te breek.” Sy hoop haar reddingspoging bring groter bewustheid onder diegene oor hoe kwesbaar dié voël is. “Ons het almal gehoop vir ’n beter einde, maar ek glo alles gebeur met ’n rede. Dit is regtig ’n baie spesiale spesie van swaeltjies en dit was wonderlik om op die manier nog meer te leer oor die wonderlike natuur wat regtigwaar sommer hier in en om ons huise en tuine is.” ’n Kenner van World of Birds in Houtbaai sê dat hulle nog net twee suksesverhale van Palm Windswael-

FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Petro van der Merwe, die mens-ma van Frikkie die Palm Windswael, is besig om hom met haar mond te voer. tjies gehad het wat terug in die natuur gerehabiliteer is. Dié toevlugsoord haal hul hoed vir Petro af wat kans gesien het om die swaeltjie te versorg.

Swartland Gazette

3

Malmesbury kry ’n nuwe gesig MALMESBURY - ’n Nuwe gesig word vir die plattelandse dorp, Malmesbury beplan. Só sê Ilse Groenewald, ’n beampte by Malmesbury-toerismekantoor. “Ons wil Malmesbury bemark as ’n buitelug en ’n historiese dorp.” Die dorp met karakter, wat die projek se leuse sal wees, sal verdeel word in twee bene: Die buitelug-aktiwiteite én die historiese deel van die dorp. Een van die voorbeelde wat genoem is om die historiese sy te verfraai, is om die geskiedenis van straatname onder elke naambord aan te bring. Groenewald erken dit is ’n uitdaging wat voorlê. Bladsy-lange lyste van buitelug-aktiwiteite, akkommodasie en geskiedkundige monumente is onder meer saamgestel om die projek van die been af te bring.

’n Foto van hoe Malmesbury-stadsaal jare terug gelyk het en hoe dit vandag lyk. FOTO: VERSKAF


4

Swartland Gazette

People - Mense PLAASLIKE TOERISMEBEAMPTES OPGELEI: Toerismebeamptes van die Swartland en die Weskus (op die foto) het van 8 tot 10 November ’n opleidingskursus in Kaapstad bygewoon. Dít kom ná die Weskus Streekstoerisme-organisasie (Weskus STO) ’n ooreenkoms met Kaapstad Toerisme gesluit het om nouer saam te werk. Die opleidingskursus, wat jaarliks plaasvind, is vir die eerste keer in Kaapstad aangebied. FOTO: VERSKAF

Tuesday 20 November 2012

Riebeek­vrou (51) gaan meer leer oor alternatiewe medisyne en skete gesond te maak. Mediese koste word al duurder en vir baie mense het die tyd aangebreek om daardie hoof- en maag- en oorpyn, verkoue, snytjies, sere en droë vel, self gesond te maak met medisyne vanuit jou tuin. Wat motiveer jou om op ’n Jy sien kans vir ’n splinternuouderdom wat baie mense we uitdaging. Wat behels dit? wil rustig raak, iets nuuts Waarom juis hierdie rigting? aan te pak? Met die ontwikkeling van die My grootste motivering was velsorg-reeks wat die Olive Boutimy sterk geloof in ’n Opperweque verkoop wat hoofsaaklik van se wat my bystaan in alles wat Extra Virgin Olyfolie gemaak ek aanpak, en die talle vroue word, moes ons baie navorsing wie se pad myne oor die jare doen oor die gebruik van olyfolie heen gekruis het, vroue in hul op die gesig en lyf. Ek het besluit goue jare (50 en ouer) asook ’n om die produkte te verryk met esvrou wat haar graad verwerf sensiële olies - anders sal jy soos het op 70-jarige leeftyd. Sy het ’n slaaitjie ruik wanneer jy die promy geleer as vroue is ons geneig dukte aan jou lyf smeer. Baie beom ons hele lewe lank as ma, langrik ook was die gebruik van es- Juliana Meredith sensiële olies wat geskik is vir verFOTO: VERSKAF huisvrou, vrou en beroepsvrou te werk, met geen plan vir wanwagtende moeders, jong kinders neer ons kinders nie meer in die huis is nie en ouer mense. My belangstelling in plantolies en die medi- en ons dalk nie meer ons beroep kan vervul sinale waarde van plante en kruie het daar nie. Die oomblik dat ek besluit om weer te stuontstaan. Ek het my eerste internasionale deer – hoewel ’n bietjie angswekkend –, was kursus in kruiemedisyne in 2006 aangepak die uitdaging opwindend en ek voel sommer wat twee jaar geduur het en nog ’n kursus in 10 jaar jonger, lus om nog 50 jaar lank te werk 2009 gedoen. Dit was genoeg om my belangstel- en ’n verskil in mense se lewens te maak. Wat is op jou bucket list? ling nóg verder aan te wakker om ’n meer inEk wil nog leer om ’n helikopter te vlieg.Ek tensiewe kursus aan te pak wat deur die Universiteit van Wes-Kaap aangebied word – die is ’n baie entoesiastiese kok en wil graag ’n enigste kursus van sy soort in Alternatiewe ses maande kos-toer deur Europa aanpak. Ek Medisyne in Suid-Afrika. Dit is ’n vyf-jaar in- gaan nog ’n spesiale, jaarlikse byeenkoms in tensiewe graadkursus. My motivering is ge- die Swartland begin, net vir die vrou. Wat is jou lewensfilosofie? baseer op die feit dat in elke mens se tuin, onIndien ’n mens ’n projek belangrik genoeg geag van die grootte van jou tuin of jou begroting om nuwe plante aan te koop, daar plante ag om dit aan te pak, moet jy dit doen dit met is wat aangewend kan word om basiese pyne absolute oorgawe en passie. RIEBEEK KASTEEL - Die mede-eienaar van die gewilde Olive Boutique, Juliana Meredith (51), gaan binnekort ’n intensiewe graad-kursus in alternatiewe medisyne aan te pak.


Tuesday 20 November 2012

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

5


6

Leader - Hoofartikel

Swartland Gazette

Tuesday 20 November 2012

Waarheen vlug ek? Daar’s maar net Een

Loongeskille Spanning tussen plaaswerkers en boere oor die afgelope loongeskille loop hoog. Daglone van R150 word geëis. Hoewel verhogings van meer as 50% waarskynlik nie haalbaar is nie, kan werkgewers looneise in die huidige klimaat – waar lewenskostes byna daagliks styg – te wagte wees. Veral wanneer die basiese lewenstoestande van sommige plaaswerkers baie swak is. Lone word egter saam met die boer se jaarlikse begroting uitgewerk en laat nie noodwendig ruimte vir skielike verhogings nie. Die regering en werkersorganisasies maan die boere om beter na hul mense te kyk, en met goeie reg. Daar moet egter ook begrip wees vir dié boer wat wel sy verantwoordelikhede nakom. Volgens Agri Wes-Kaap, is salarisverhogings ’n ooreenkoms tussen die produsent en sy werknemer. Verhogings word ook deels gebaseer op die werker se posvlak en verantwoordelikhede, met die minimum loon wat as basis gebruik word. Subsidies vir lone kan gerus van die regering se kant af oorweeg word. Die landbousektor is ’n integrale deel van die land se ekonomie en voedselsekuriteit is hoog op die prioriteitslys. Die plaaslike ekonomie het weens die protesaksie oor die minimum loon die afgelope twee weke ’n geweldige knou gekry weens vrugte wat nie uitgevoer is nie. Selfs die plaaslike mark het ook deurgeloop weens vrugte wat nie betyds die mark gehaal het nie. Stakings vind deesdae al hoe meer plaas in verskeie sektore. Is dit nie miskien tyd om die huidige raamwerk vir arbeidsverhoudinge in die land te heroorweeg nie?

PASTOOR PIET SMIT

VLV SLUIT AF: Die Vroue Landbouvereniging van Malmesbury (VLV) het verlede week Woensdag hul afsluiting vir die jaar by Janno’s Restaurant op Malmesbury met ’n heerlike ontbyt gevier. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Druk oral en van alle kante af! Die ekonomie druk … druk by die werk, ens. ‘n Skoolhoof sê: “Dit was maar woeste dae met humeure op full blast.” Voel jy ook soos Dawid in Ps. 55:7 – “Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly.” Die vraag is net waarheen vlug mens? Waar sal jy ’n skuilplek vind, waar hulle (die dinge wat druk) jou nie sal vind nie? Die antwoord: Daar is geen plek op die aarde, of in die heelal, waar jy jou sal kan wegsteek. Iewers gaan hulle jou kry? Die beste plek omheen te vlug is na die Here toe. Jy kan met al jou behoeftes en probleme na Hom vlug. Jesus nooi ons immers (Mat. 11:28): - “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Die wegkruipplek is dus nie ’n plek nie, maar ’n Persoon: In Christus. • 2 Kor. 5:17 – “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” • Ps. 91:1 – “Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.”

Rubriek

Gaan baklei met die werklike skuldiges Spanning oor die afgelope stakings onder plaaswerkers in die Wes-Kaap loop ongetwyfeld hoog. Boere kan maar net ’n sug van verligting gee as stakings oor loongeskille nog nie op hul plaas uitgebreek het nie. Miljoene rande se skade is op die spel soos vrugtekratte en pakstore wat in die middel van oestyd afgebrand word óf jare oue wingerde wat verwoes is. Lewens is hier op die spel soos stakings hand uit ruk. Vergewe my tog as ek bly is ek is met ’n saaiboer getroud. Maar ek wil nie te vinnig praat nie. Verhogings van meer as 50% word geëis. Ek stem honderd persent saam dat R70 per dag hopeloos te min is. Maar watter werkgewer in die wêreld kan vandag met een resessie na die ander bekostig om hul werkers se salarisse met meer as die helfte te verhoog? Dit gaan die landbousektor in hierdie streek byna R1,5 miljoen per maand meer uit die sak jaag as ’n R10 bygevoeg word. Dalk moet subsidies van die staat oorweeg word om die lewenskwaliteit van plaaswerkers te verhoog. Ek wonder of die stakers weet wie die minimum lone vir die landbou sektor afteken.

Haar naam is Mildred Oliphant, nasionale minister van arbeid, wat oorsee was terwyl stakers hier verwoesting gesaai het. Moes sy nie onmiddellik ’n vlug direk na De Doorns bespreek het nie? Dít is immers sy wat die finale sê het. Die minister het aan die begin van die jaar nog, ongeag stygende lewenskostes, die minimumloon met 9,3% verhoog na R1 503,90 vir ’n maand. Ek sê weer dit is baie min ja. Maar baklei met die regering. Nie die boer nie. Met al die skade wat aangerig is, sal daar dalk nie eers meer geld oor wees om werkers te bekostig nie. Dit mag nou wel net in die Swartland wees, maar ek kom vir die afgelope paar jaar gedurig op verskillende plase waar die boere mooi na hulle mense omsien. As daar so baie

boere in een streek is wat goed na hulle plaaswerkers omsien, moet dieselfde sekerlik vir ander streke geld. Tog staar ek my nie blind teen die boer wat nie eers die menslikheid het om ’n ordentlike toilet vir sy mense te bou nie. Ongelukkig kring die stakings wyer uit as wat dit behoort. Die stakings affekteer nie net boere en plase nie, maar ander besighede word ook tot stilstand geruk. Dus ly die plaaslike ekonomie nou daaronder. Die hele Robertson was feitlik gesluit weens oproer. Nadat Cosatu Wes-Kaap hul gewig agter die stakings gegooi het, doen gerugte die ronde dat dit deel van die ANC se strategie is om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak nadat Marius Fransman, provinsiale leier van die ANC, saam met Tony Ehrenreich, sekretaris van Cosatu, plaaswerkers aangepor het om aan te hou staak tot hulle kry wat hulle wil hê. Was dit nie nou die dag wat hy nog om die premierskap meegeding het nie? Pres. Jacob Zuma het eers ná twee weke sy stilswye verbreek. Geen wonder ’n mosie van wantroue in hom is voorgestel nie. Sy stilswye is als behalwe ’n voorbeeld van leierskap. Hoeveel mense moet nog hul lewe verloor voor die regering daadwerklik ingryp.

Goedverwacht sê dankie

Speedsters in Skool Street a danger

Graag sê Goedverwacht Sondagskool baie dankie aan die volgende borge wat hul ondersteun het met hul jaarlikse “Walk For Jesus” wat plaasgevind het op Saterdag, 13 Oktober 2012: ) Dr. B.F. Smit, dr. S. Scheepers, Potgieter Transport; ) Intaba, Univeg – Piketko, Wood Logic; ) ATKV, De Berge Gastehuis, Winkelshoek Wynkelders; ) Boland Superspar, Hardus Minnaar, Porterville Spar; ) Joeye Van Der Merwe – Porterville, Liebco ) Fox Bouers , Lions Klub – Porterville, Bergrivier Munisipaliteit, Pierre Smit – Riviera Boerdery; ) Alle individuele borge wat te veel is om te noem. Dit was verblydend om te sien dat julle die belange van ons kinders in die Bergrivier-area op die hart dra. Weereens baie dankie dat julle kinders se harte kon verbly en gelukkig maak. Weet net hulle almal het dit so waardeer en het die dag terdeë geniet, danksy u.

Skool Street is not a racetrack. To all the drivers who seem to think it is, there are animals such as cats that cross the street and children who dart out after a ball.

GERHARD & SHAWNÉ ESAU, Porterville

Please reduce your speed. You will still get to your destination. Have consideration for animal lovers.

MR AND MRS BOTHË, Malmesbury

Honde-eienaars: hou tog by die reëls! As hondeliefhebbers vind ons dit algaande moeiliker om soggens met ons honde in Malmesbury te gaan stap. 1. Daar is loslopende honde in die strate of hulle spring oor drade of die hekke is nie toegemaak nie 2. As die honde wel agter ’n muur is, is die muurtjie so laag dat ons bang is die honde spring oor die muur 3. Sondag 11 November voel ons om ons honde te treat om hulle na die driehoekpad te neem, sodat hulle ’n lekker lang pad kan stap. Toe ons egter 7:20 by die driehoekpad stop, het ’n ander hondeliefhebber ons voorgespring, nie dat dit ’n groot probleem sou wees

nie. Gelukkig sien ons dat die probleem kan groter word, want onder die bord dat honde aan ’n leiband gehou moet word, maak hy sy hond los om vry rond te loop. Weg is ons voornemens om lekker met ons honde te stap. Gelukkig het ons dit gesien voor ons begin stap het, weet nie hoe die ontmoeting in die driehoekpad sou wees as ons ’n tydjie later gestop het nie. As ek reg onthou is daardie bord opgesit om die mense ook daar te beskerm nadat ’n vrou daar aangeval is. Sal dit nie lekker wees as almal wat honde aanhou ander ook in ag kan neem nie. Ons hondevriende het ook hulle oefening nodig.

HONDELIEFHEBBER(SKUILNAAM)Malmesbury


Tuesday 20 November 2012

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

7


8

Classifieds

Swartland Gazette

38

11

Huurdienste Hiring Services

In Memoriam

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES

ROCK-IT CAFÉ Venue for hire for Birthdays & Special occasions. Catering avail & CoOrdinating avail. Contact Tina 081 270 9974 / 073 388 5472.

07 Gelukwensing Congratulations

Alferenzo Timotheus Baie geluk met prestasie as Top Student van 2011 by Boston Kollege wat jy verwerf het in Information Technology (IT).Van jou trotse ouers, Pieter, Christina, broer Preston en Familie asook jou trotse skool Wesbank Sekonder waar jy 2010 gematrikuleer het.

VIND nuwe rigting en leef jou potensiaal! Strategieë vir sukses in lewe en werk. Kontak Nora vir 'n Gratis kontaksessie. 082 826 1729 (Dipl. Life Coach, UK).

TE KOOP FOR SALE 71

Algemeen Miscellaneous

Sosiaal en Ontspanning Social and Recreational

HEALTH WALKER. V O E T S P O O R T J I E S Goeie toestand, R400. O n s k a n k i n d e r s Skakel Eta 083 395 5327. akkomodeer gedurende kleuterskool vakansie. Gerty Dutoit, 3 West 73 s t r, M a l m e s b u r y. Diere en Voëls Kontakno:0835053441. Pets and Livestock

33 Anastasia Stephanie Farmer - Baie geluk met jou mondigwording op 13/11/2012. Van Mammie en Familie.

Skoonheid en Gesondheid Beauty and Health Verloor Gewig Vinnig! Veilig en maklik. Speel klaar met 'maagvet', selluliet en plooie. Behou spiertonus + lyk jonger. Nora by - 022 482 3300/ 082 826 1729.

34

Spyseniering Catering KYK wie word 1 op 21 Nov'12. Liane. Gelukkige verjaarsdag en Gods rykste seëninge. Van: mammie, daddy en peetma (Rozanne).

08 Sterfgevalle Death Notices

Van Wyk Abraham -Appie 07/4/1965 - 07/11/2012 Rus in vrede. Ons mis jou alreeds. Van: Trevor & Alvona. Tip Top Skoene Checkers Malmesbury.

VIR bestellings van samoosas, springrolls, rotis, koek ens. Skakel 022 486 4933.

36

Kindervermaak Children’s Entertainment

Geld/lenings Money/Loans

Persoonlike Dienste Personal Services

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 26

CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. Chris 082 554 2754.

160

Voertuie te Koop onder R20 000 Vehicles for Sale under R20 000 OPEL KADETT 1.3, wit, 1990, R12 500. Skakel 083 464 6960.

108

43 SIMMERS GEORGE 28/6/1968 - 19/11/2011 Vandag 'n jaar is alreeds verby, maar die hartseer raak nie minder en die verlange al groter. Jy leef egter in ons harte. Mammie, Shanté, Albie, Sandra, Carl, Charlene & Ralph.

CK BLINDS - Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394.

ALL LOANS UP TO R250 000. Blacklisted & Garnishee welcome. Contact: 072 389 2512. Soek jy geld /Konsolidasie R1 000 - R100 000. Swartlys,Garnishees welkom, 5 min Pre-Appoval. Fiona 082 422 2271.

1141

Algemene Dienste General Services GARAGE DOORS & Automation. Contact: 076 523 0306. Ilingle Lethu Construction cc Willem Lewis (Vernie) 073 648 4730 Bou & Pleister, Elektries, Teëlwerk, loodgieter,Huis dakke & Paving.

Skoonmaakdienste Cleaning Services MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

100

Kamers te Huur Rooms to Let SIDEPART of house to rent. 3 Bedrooms, Parking, R3 945 per month including water bill. Available from 14 December 2012. Phone Ben 081 271 2347.

105

Binnenshuisdienste Home Services Interior

ASPATAT PARTYTJIES: Springkastele, waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! te huur. Kontak: Vervaardig & herstelwerk 084 607 5658. van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie BOETIE EN SUSSIE Bredenhand: SPRINGKASTELE 083265 5161. Waterglybane en verskeidenheid spring-kastele te huur. Kontak Nelia 073 610 CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS 2810. BLINDS - Vervaar-digers van alle soorte blindings, TJ'S SPRINGKASTELE asook enige herstelwerk & Springkastele en veran-derings. Derick & waterglybaan te huur. Nelia 082 788 7210 / Kontak Theresa: (022) 487 2394. 082 497 3383.

167

Huise te Koop Houses for Sale TITUS EIENDOMME Wesbank - R680 000 Netjiese 3Slpk huis in goeie area,kombuis met kassies, sitk, badk, mh. Ruim onderdak braai area. Netjies omhein met mure en hekke, o.h.b. Skakel 082 780 1380 / 022 486 5219.

171

Woonstelle te Huur Flats to Let 2 SLPK Woonstel, Pauritahof,Malmesbury, R3 350 pm + Dep. Skakel Andre by: 083 302 9269.

MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDS-HEKKE Installeer en herstel alle tipes deure, asook "automation".

C H I N E S E S H A R P E I Skakel Derick by 082 804 puppies. Pedigreed - 4550/ (022) 487 2394. R900 each. Contact 082 489 6508. 1151

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

EIENDOMME PROPERTIES

BESIGHEID BUSINESS 194

Sake Geleenthede Business Opportunities JUSTINE VELSORG Verdien ekstra geld, verkoop Justine. Sms naam en area na: 084 655 1983.

MOTORS VEHICLES

JOBS

145

Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

154

Voertuie te Koop onder R50 000 Vehicles for Sale under R50 000 MAZDA RUSTLER 1300 Bakkie met kappie, 2000 model, 208 715 km, R30 000. Skakel: 078 800 1649.

400

Betrekkings Gevra Jobs Wanted Cloof Wine Estate Pty Ltd Darling - Requires the services of a Credit Controller with their own transport. A matric qualification with Maths, English, Afrikaans and Accounting is essential as is the ability to reconcile customer accounts, post bank receipts and ask for money when due. Two to three years experience in a similar position would be a recommendation. Please email your abbreviated CV to dave@cloof.co.za or fax to 022 492 3261.

Tuesday 20 November 2012


Tuesday 20 November 2012

General - Algemeen

Swartland Gazette

9

SA se uitvalsyfer kommerwekkend LIZETTE SMIT Nuwe kommer oor Suid-Afrika se gehalte van onderwys en opvoeding het posgevat na die Wêreld Ekonomiese Forum die land se onderwys in September as 132ste uit 144 lande geplaas het. Dr. Elsabe Pepler, ’n lektor in kommunikasie en mediastudies wat by verskeie tersiêre instansies betrokke is, is van mening ’n hoë uitvalsyferprobleem op skool begin. “Om mee te begin, het ons ’n oorlaaide en ontoegeruste skoolsisteem met groot klasse, ongekwalifiseerde en ongemotiveerde onderwysers, en die nuwe generasie se verslawing aan tegnologie en die sosiale media wat alles tot leerprobleme aanleiding gee. Sommige navorsers verwys selfs na ’n ‘herbe-

) House of prayer: Sunday at 10:00 and 17:00, Bible study; every second Sunday morning breaking of bread; Contact Pastor Ken at 083 498 2990 or Pastor Josh at 071 987 2625. Dominantly English, but all are welcome.

20 November ) Pastore en predikante in Malmesbury en omgewing is welkom om by Sofar-kerk in Rainierstr. 18D van 09:30 af vir ’n tyd van gebed te vergader. Bel pastoor De Waal Esterhuizen by 083 950 7317 vir enige nadere besonderhede.

drading van die brein’ as gevolg van die media en tegnologie.” Oor die uitvalsyfer in skole in die Swartland het Dirk Marais en CP van der Merwe, van onderskeidelik Hoërskool Swartland en Schoonspruit Sekondêre Skool, gesê die persentasies in dié skole klein is. Die redes vir skoliere wat uitval is onder meer dwelms, huishoudelike probleme en leerlinge wat op laerskool vasgeval het en gevolglik baie ouer as hul klasmaats is. Reginald Kortje, skoolhoof vanWesbank Sekondêre Skool, sê die uitvalsyfer daar is kommerwekkend. Hy sê dat leerlinge wat ouer as hul klasmaats is omdat hulle ’n graad of twee op laerskool moes herhaal, ’n groot rede hiervoor is. Hierdie leerlinge sukkel volgens hom met die tempo van die werk en kan nie byhou nie. Pepler sê die grootste rede vir die

uitval op universiteite is steeds dat nuwe studente nie toegerus is vir die eise van tersiêre studie nie. Volgens haar sê studente dat hulle nie genoeg inligting het om ’n kursus of beroep mee te kies nie, en sodra die gekose kursus vervelig of te uitdagend is of nie die individu pas nie, word uitval ’n werklikheid. Pepler sê studente sukkel veral met kreatiewe denke of om uit die boks te dink en tydsbestuur. “Ons land het jongmense wat krities kan dink en sterk kreatiewe studente en leiers in die toekoms kan word, desperaat nodig. Karakterformasie en waarde-ontwikkeling is noodsaakliker as ooit.” Sy waarsku dat SA binne ’n paar jaar dalk die laaste op die lys van die WEF kan wees – wat enorme implikasies vir die samelewing kan inhou.

24 November

3 Maart 2013 op die A-veld van Hoërskool Swartland. Die vertoning word aangebied om fondse in te samel vir RFL 2013. Kaartjies beskikbaar by: KANSA kantoor: 022 482 1111, Herman Aucamp: 083 519 9575.

)MDU (duiwe organisasie) hou om 15:00 ’n jongduif-veiling in die ORPC duiwe klubhuis in Wesbank op Malmesbury. Die wedvlug word volgende jaar vanaf Victoria-Wes gevlieg. Almal is welkom om ’n duif te koop, maar slegs entoesiaste van Malmesbury, Moorreesburg, Abbotsdale en Atlantis mag aan die wedvlug deelneem. Bel Kenneth Edas by 072 202 0922 of 022 433 8000 vir nadere besonderhede.

27 November

) Malmesbury biblioteek bied ’n gesellige kuieroggend met skrywer Alta Cloete vanaf 10:00 aan. Koste is R10 en plek moet by die biblioteek bespreek word by 022 487 9439.

)Kersmark in Seepunt Stadsaal vanaf 27 November - 15 Desember (Sondae gesluit). Kom ondersteun uitstallers, ook vanuit Malmesbury by Seepunt Kersmark by h/v Main en Three Anchor Bay-weg, Seepunt. Tye: 10:00 19:00. Gratis toegang, parkering en sekuriteit. Een betaalpunt. Restaurant met Chef Ruan aan die stuur. Handgemaakte artikels, gebak, kersgeskenke, biltong, glasware uit die Paarl en Barrydale. Mandjies en ware deur blindes gemaak, houtprodukte, ens. Navrae: 083 623 1342.

23 November

29 November

)Church Lads & Girls Brigade Regiment (Diocese of Saldanha Bay) presents a Snack Dance; Venue: West Bank Civic Centre; Band: All Sounds; cover charge: R50 per person; 19:30 until late. Phone Col. Osborne Arendse at 082 480 6925 for more information.

)Die “Launch” van KANSA Malmesbury Relay For Life met Pieter Naude, (broer van die sangeres Juanita du Plessis) ook ’n kanker-oorwinnaar en plaaslike kunstenaars, Micheal Gilman, Monique Basson, Anya Botha en Tanja Myburgh. Relay For Life vind weer plaas op 2 &

21 November

30 November )Laaste optrede van kunstenaars in De Bron Klein Teater vir die jaar en ons eindig met Rooi Kersfees deur Danie Niehaus. Bring eie eetgoed en drinkgoed vanaf 19:00 en vertoning begin 20:00. Kaartjies by Superfoto - De Bron by 022 482 1241 of M4 Events by 022 487 2000. )Riebeek Valley’s got talent. Inskrywingsgeld is R20 en sluit op 28 November. Konsert in die VGK-kerksaal op Riebeek-Wes begin om 19:30. Toegang: (R10) volwassenes: R5 (kinders). Groot pryse te wen. Bel Darrell by 073 371 2680 of Farren by 083 695 7031.

8 Desember )Sportdag op Wesbank netbalbane. Enige netbalklubs wat belangstel om deel van die dag te wees kan vir Lilian Apollis of Joy bel by 076 384 1496 of 071 754 3424. Alle klubs moet voor of op 4 Desember registreer.

15 Desember )Red Corners RVK-prysuitdeling in die Wesbank Gemeenskapsaal om 18:00. Toegang is R80 per persoon. Bel Anorica Pieters by 022 486 4595 vir nadere besonderhede en om te bespreek.

Harvest Intern

Riebeek West January 2013 to end April 2013 If you have a wine making qualification and at least 2 years’ harvest experience, Spier Wines would like you to join their team for the 2013 harvest. Working at a winery in Riebeek West, the successful candidate will be responsible for grape intake, fermentation control as well as all administrative duties and processes associated with the 2013 grape harvest. Applicants must have their own car. To apply, please send a CV to richardnk@spier.co.za. Applications close on 26 November 2012.

www.ayandambanga.co.za 109640


10

Schools - Skole

Swartland Gazette

Tuesday 20 November 2012

TOPNETBALSPELER: Die Boland sportunie het vir Chloë Gouws van Laerskool Swartland op Malmesbury as die laerskool netbalspeler van die jaar aangewys.

MUSIKALE TALENT: Die leerlinge van Laerskool Swartland op Malmesbury het vanjaar aan die Unisa-eksamen vir musiek (blokfluit en klavier) deelgeneem en uitstekend gevaar. Sewe het die eksamen met lof geslaag (meer as 80%) en vyf met eervolle vermelding (meer as 70%). Hier (agter van links) is Henry Hardcastle, Anika de Beer, Chloë Gouws, Doné Botha en Kaylynn Stallenberg; (middel) Okkie Becker, Marlene Kellerman, Talisha van Niekerk, Liza Eksteen en Celize Versfeld; (voor) Erich Engelbrecht, Johann Bredell en Cara Bester. FOTO: VERSKAF

KERK HOU GHOLFDAG: Die NG kerk op Moorreesburg het weer eens ’n besonder suksesvolle gholfdag ten bate van die Getuienis na Buite-fonds gehou. Pryse wat gewissel het van vleis tot heerlike gebak was op die spel. Die kompetisie is in die American Scrambleformaat aangebied en die wenspan het met ’n telling van 60 gewen. Hier (van links) is Erika van Niekerk, Samie Loubscher en sy twee seuns, Stefan en Johan, met Marieta Olivier, die organiseerder van die gholfdag. FOTO: VERSKAF

BOETIES EN SUSSIE PRESTEER OP DANSVLOER: Charl (links), Erin (middel) en Jaen Cuttings (regs) het op 3 November uitstekend gevaar by die Fedansa Wes-Kaap Kampioenskappe se Latynse dans-afdeling in Kayalitsha. Charl (o.16) en Jaen (o. 14) het albei ’n eerste plek verower, terwyl Erin tweede gekom het. FOTO: VERSKAF

SPORTVROUE VAN DIE JAAR: Kyle Geldenhuys en Chloë Gouws van Laerskool Swartland op Malmesbury deel vanjaar die toekenning vir sportvrou van die jaar. FOTO: VERSKAF


Tuesday 20 November 2012

General - Algemeen

Swartland Gazette

11

Swartland ryk aan endemiese voëlspesies YZERFONTEIN - Suid-Afrika word gelys as een van die top voëlkyk-bestemmings in die wêreld en die Swartland kan met tot 250 voëlspesies op sy pas gestigte roete spog. Sowat 960 van die bestaande 10 000 voëlspesies kom in Suider-Afrika voor. Van die 960 spesies is sowat 170 endemies of naby endemies, waarvan 56 op die nuut gestigte Swartland Voëlroete gevind word. Dit was die boodskap van prof. Peter Ryan van die Percy Fitzpatrick Instituut van Afrika Voëlkunde by die Universiteit van Kaapstad. Ryan was die gasspreker by die opening van die Swartland Voëlroete en het gesê voëlkykers van regoor die wêreld kom na Suid-Afrika om die groot verskeidenheid van voëls te bewonder. Volgens hom wil hulle voëls eie aan SuidAfrika sien wat nie oorsee gevind word nie, soos onder meer tarentale, muisvoëls en suikerbekkies. Ryan het genoem dat die Swartland baie gelukkig is om met ’n kwart van die endemiese spesies in Suider-Afrika te spog en het Swartland Toerisme geluk gewens met die inisiatief en stigting van die roete. Die Swartland Voëlroete begin sowat 50 km buite Kaapstad en sluit die dorpe, Darling, Yzerfontein, Malmesbury, Moorreesburg, Koringberg, Riebeek Wes en Riebeek Kasteel in. Vrywilligers en drie voëlkykers in die streek, Pat McKay, Fiona Hellmann en Arnold van der Westhuizen het hard gewerk om in net agt maande 14 roetes in die streek te identifiseer en uit te lê. Volledige kaarte en opsommings

van die roetes is op die Swartland Toerisme webtuiste te vind. Dié kaarte gee ’n duidelike aanduiding van natuurreservate, staproetes, skuilhutte, ’n oorsiglys en ander toerisme-besienswaardighede. Volgens Carlen Vorster, toerisme-beampHier is (agter van links) prof. Peter Ryan en Arnold van der Westhuizen; (voor) Henriëtta te van die Swartland, Don King en Mike en Gail Walters het ook die ge- Bester (voorsitter van die Kaapse Weskus Swartland-toerisme), Tijmen van Essen neem voëlkyk as stok- leentheid bygewoon. (burgemeester van die Swartland-munisipaliteit), Carlen Vorster en Fiona Hellman. perdjie toe en ontvang Suid-Afrika jaarliks tussen 21 000 en 40 000 voëlkykers. Na raming is daar ook tussen 13 000 en 24 000 voëlkykers in Suid-Afrika, en is dit ’n mark wat nie langer geïgnoreer kan word nie. “Die Swartland het ’n diverse landskap wat strek van kus, fynbos, renosterveld, graanvlaktes, wingerd en olyfboorde. Dit is hoofsaaklik ook die rede waarom ons met 250 spesies op ons roete kan spog. Ons hoop die roete sal ’n bydrae lewer tot die bewusmaking en bewaring van ons bedreigde renosterveld.” Volgens Vorster toon navorsing dat voëlkykers langer in ’n gebied vertoef as die gemiddelde toeris en lede voordeel uit die roete sal trek. Opvoedkundige praatjies by skole en ’n beginners-voëlkykkursus word binnekort in die Swartland aangebied om die roete te bevorder. Vir meer inligting, besoek die webwerf: http:// www.swartlandtourism.co.za/birds.htm Arnold van der Westhuizen, Fiona Hellmann, Linza Louw en Mia Louw FOTO’S: VERSKAF


Swartland

Year 10 • 20 November 2012 | Tel. 022 482 3817

Dans­skouspel! LIZETTE SMIT MALMESBURY – Talentvolle jong dansers is Saterdagaand tydens ’n prysuitdeling en dans vir die afgelope jaar se harde werk beloon en het ook die geleentheid gekry om hul talent ten toon te stel en te wys waarom hulle so uitstekend vaar by kompetisies. Ceaghan se dansskool extravaganza is in die Malmesbury-stadsaal gehou en bygewoon deur gaste

asook familie van die dansers van sover as Worcester. Dansers van verskillende grade van vordering het perfek gekoördineerde passies in beide die baldans en Latyns-Amerikaanse-dansdissipline gedoen. Dit was opmerklik hoe Ceaghan Goliath, eienaar en dansinstrukteur, met ’n trotse glimlag van tevredenheid sy dansers dopgehou het. Hierdie jong dansers is toegewyd en gedissiplineerd.

Die dansers wat elk ’n trofee vir hul prestasies ontvang het, is (van links) Jaen Cuttings, Raquel Juries, Ashman Maarman, Miscke Barlow, Le-Keitha Ringquest, Malcolm Goliath en Nicole Williams. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Jerome Titus, Nicolene Titus, Claud Arendse en Caramia Arendse is ’n paar van die gaste wat die dansvertonings terdeë geniet het. BO: Mécha Goliath, Nicole Liedeman en Gawie Adams het ook die jong dansers ondersteun. LINKS: Die Goliath-gesin werk hard om Ceaghan se dansskool ’n groot sukses te maak. Van links is Mark, Maude, Celestine en Ceaghan Goliath.

Cycling track training camp soon Cycling South Africa’s coaching commission will be hosting a track training camp for squad selection for athletes for the 2013 National junior team in Cape Town from 10th to 16th December 2012. The track training camp will also be used as an entrance and exit strategy for the 2013 Cycling SA/SSISA (Sport Science Institute of South Africa) talent identification camps. An open invitation to attend this track cycling training camp is extended to all cyclists who will be eligible to participate in the junior age category next year. The focus will be twofold: team sprint and

team pursuit. BMX, mountain bike, and road endurance cyclists are therefore encouraged to take part. Other cyclists who would like to attend may make written application to do so. The cost to attend the training camp, which will be held at the Bellville Velodrome, is R1 000 per cyclist. For any further information on cycling SA’s coaching commission talent identification programme, please visit http://coaching.cyclingsa.com/content/46, or contact Roger Bouton: e-mail Inngoodhands@mweb.co.za, or call 041 372 1963 or 082 801 0044.

Jong dansers wys wat in hul steek.

Drie volwasse paartjies het probeer doen wat die kinders skynbaar moeiteloos regkry in ’n “Strictly Come Dancing” -kompetisie, kompleet met vooraf video-opnames van hoe hulle dink hulle sal vaar. Anet de Beer en Denwin Johnson het uiteindelik die kompetisie gewen. “Ons het geoefen dat die sweet ons afgeloop het,” het Anet oor hul voorbereiding gesê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.