Swartland Gazette 20 Sept 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 18 September 2012 | Tel. 022 482 3817

Vrolike Vrolike velde: velde: Blomtyd Blomtyd in in die die Swartland Swartland gevier! gevier!

BLOMME VIR AFRIKA: Shaquille Philander en Jessie Thompson van Laerskool Darling verwonder hulle aan die veldblom-uitstalling wat in die plaaslike gholfklubhuis gehou is. Duisende mense van regoor die land het die blommeen orgidee-skou bygewoon. Nog foto’s op bl. 8 en 14. FOTO: LIZETTE SMIT

Grondkwessie wéér geopper CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY – Die voorgestelde implementering van die wet op beperkings op grondbesit van ’n individuele boer het onlangs weer oë laat rek nadat Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, wéér die voorstel gedurende ’n beraad in KwaZulu-Natal geopper het. Volgens Agri Wes-Kaap (AWK) en Agri SuidAfrika (Agri SA) is hulle deeglik bewus van die stelling wat gemaak is. Carl Opperman, uitvoerende hoof van AWK, wat namens altwee organisasies en landbouverenigings gepraat het, het gesê albei organisasies is ten nouste betrokke in die grondbesprekingsprosesse en dien ook op ses taakspanne wat saamgestel is om die grondkwessies aan te spreek. Opperman het verduidelik die besprekings (grondbesprekingsprosesse) vind plaas in ses werksgroepe wat sekere take moet

verrig soos uitgestippel in die groenskrif. Die AWK hou deeglik rekord van wat bespreek en gedoen word in die taakspanne. “Ons kan ons landbouers die versekering gee dat Agri SA en AWK hul beste sal gee om die saak tot almal se voordeel te beredder,” het Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Malmesbury se landbouvereniging, gesê. Nkwinti, wat die stelling gemaak het dat ’n beperking op die hoeveelheid grond wat deur individuele boere besit word, geplaas sal word, het gesê dat die regering die res van die grond sal koop wat die perk oorskry. Die prys sal glo bepaal word deur ’n kommissie wat nog nie in werking is nie. Hy voeg by dat die prys nie markverwant sal wees nie. Nkwinti het voorts gesê die voorstel sal aan die regering gemaak word om die wet te implementeer. Dit sal die stelsel van grondrestitusie bespoedig en weg doen met die duur gewillige koper-gewillige-verkoper metode. “Jy kan nie een mens hê wat hope grond besit te midde van ’n land vol armoede nie. Ons werk nog aan die

besonderhede saam met die boere.” Die departement het in gebreke gebly om voor druktyd terugvoering te gee oor hoe hulle beplan om beperkings op grond te plaas. Die departement het ook nie gereageer op die Gazette se vrae wat onder meer gaan oor hoeveel hektaar grond hulle tot een eienaar wil beperk (afhangende van die tipe plaas) óf hoe die wet voedselsekuriteit in die land gaan verseker nie. Andries Theron, president van Graan SA, sê die wet sal katastrofiese gevolge inhou vir voedselsekuriteit in Suid-Afrika. “Eenhede word groter, omdat dit meer ekonomies volhoubaar is om te kan oorleef. Hoe groter jy gaan as boer, hoe meer suksesvol is jy.” Hy meen dit is ’n vryemarkstelsel. Volgens hom is dit algemene kennis dat van die kleiner plase wat in die verlede oorleef het, vandag bankrot is. Hy voeg by dat die regering eerder moet fokus op die winsgewendheid van landbou. “Tagtig persent van voedsel word deur 20% van die mense in die wêreld gemaak,” sê Schalk

Viljoen, ’n boer van die Overberg. “Boere gaan oral groter om meer volhoubaar te wees. Ons staan nie apaties teen grondhervorming nie, maar ons gaan alliansies moet skep met ander kommersiële boere.” Bertie Walters, ’n boer van Malmesbury in die Swartland, meen insetkostes raak te hoog vir ’n klein boer om te kan oorleef. Willie Theunesen, ’n boer naby Caledon, wil graag weet hoe die regering dit gaan reg kry. “Op die oomblik kan hulle nie eers myne regeer nie. Die voorstel is nie haalbaar nie. Finansiering van grond gaan al moeiliker word.” Derek Bekker van die Swartland buite Riebeek-Wes sê hy is nie te bekommerd nie. “Mense gaan maniere kry om dit te omseil. Entiteite soos trusts gaan geskep word.” “Ons wil al ons landbouers versoek om hierdie hele kwessie met kalmte dop te hou en ons georganiseerde landboustrukture te ondersteun sodat ons as ’n verenigde front ook hierdie uitdaging kan aanspreek,” voeg Van der Westhuijzen by. (Lees meer op bl. 2.)


2

News - Nuus

Swartland Gazette

Tuesday 18 September 2012

Oplossing vir rondloperhonde in sig? LIZETTE SMIT ABBOTSDALE - Die plaaswerf by Oranjefontein het verlede Maandagmiddag soos ’n slagveld gelyk na meer as 15 ganse deur vermoedelik rondloperhonde doodgebyt is. ’n Paar ganse is in so ’n mate beseer dat hulle glo later geslag moes word. Carika Bester, wat op hul familieplaas woon, sê dis nie die eerste keer dat dit gebeur nie en dat hulle al raadop is. “Die polisie kan ons nie help nie, die DBV kan ons nie help nie. Wat moet ons doen?” het sy moedeloos en met trane wat vlak lê, gevra. Sy sê dit voel asof hulle nie veilig op hul eie eiendom is nie en dat heinings nie help nie. “Maak nie saak wat ons doen nie, die honde kry inkomplek.” Bester het ’n klag by die polisie op Malmesbury gelê, maar sê sy glo nie dat daar enige resultate sal wees nie. Volgens Bester behoort die honde aan mense wat vir die afgelope ses jaar onwettig in huisies op hul grond bly. Dit is nóg ’n kwessie waar sy van mening is hul hande afgekap is en die proses om die mense van hul eiendom te verwyder te lank neem. Met ’n besoek aan die bouvallige huise op die Besters se eiendom, het die Gazette net een maer hond opgemerk. ’n Vrou wat daar bly, het gesê dié hond, wat glo aan haar behoort, word aan ’n lang ketting vasgemaak en kry genoeg kos. Sy sê al die ander honde wat saam met

hul eienaars in die huise bly, is glo heeltyd by die huis. Sy het wel twee honde uitgesonder wat sy dié oggend na bewering na die opstal op Oranjefontein sien hardloop het, maar die eienaars van die honde was volgens haar by die werk en nie bereikbaar vir kommentaar nie. Gerugte van ’n Abbotsdale-man wat glo met honde in die streek jag, kon nie bevestig word nie. Die polisie se ondersoekbeampte in dié saak, konst. Eldridge Haupt, sê die saak word ondersoek en dat hy nie op hierdie stadium kommentaar kan lewer nie. Die direkteur van beskermingsdienste by die Swartland-mnisipaliteit, Philip Humphreys, het by navraag erken dat rondloperhonde ’n groot probleem in die streek is en saamgestem dat daar meer aandag aan die probleem gegee moet word. “’n Opleidingsessie met die hulp van die Swartland Dierebeskermingsvereniging (DBV) is gereël in Darling vir 19 September om die munisipale wetstoepassers touwys te maak in die hantering van veral probleem- en rondloperhonde en -katte. “Na die opleiding en die aankoop van die nodige toerusting sal ons hopelik in ’n beter posisie wees om die rondloperhonde probleem aan te spreek,” sê hy. Wat die skut van diere betref, het die Munisipaliteit as volg geantwoord: • Hulle is tans besig om met Stad Kaapstad te onderhandel om hul skut in Atlantis te ge-

Meer as 15 ganse is in die bestek van een oggend op ’n plaas by Abbotsdale vermoedelik deur rondloperhonde doodgebyt. FOTO: LIZETTE SMIT bruik vir groot diere soos beeste, skape, bokke, perde en donkies. •Wat honde en katte betref, word die DBV op Darling as skut oorweeg, maar daar is op hierdie stadium geen finaliteit oor dié voorgestelde moontlikheid nie.

Op pad terug van Oranjefontein is drie honde gesien waar hulle oor die Klipheuwelpad hardloop en tussen die bosse in verdwyn. Met die aankoms by Gazette se kantoor het nog ’n rondloperhond in Bokomoweg byna verkeer ontwrig.

Geen bonus vir beste resultate CHARLOTTE LESCH

NOG ONDERSTEUNING VIR ROWAN: Babbel en Krabbel-bewaarskool op Malmesbury het verlede week ’n tjek aan Dirk Marais, die skoolhoof van Hoërskool Swartland, oorhandig om te help om die mediese onkostes van Rowan Hermanus, die 15-jarige seun wat sy rug tydens ’n rugbywedstryd beseer het, te verlig. Hier ontvang Marais (regs), die tjek van Marius Brink (links), die hoof van Babbel en Krabbel en sy assistent, Bonita Pieters (middel). FOTO: VERSKAF

Taakgroepe bespreek grond CHARLOTTE LESCH Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het die voorstel om ’n beperking op grond te plaas wat deur ’n individuele boere besit word, onlangs by ’n beraad in KwaZulu-Natal geopper [sien bladsy 1]. Die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Carl Opperman, het in reaksie daarop gesê albei organisasies, AWK en Agri SA, is ten nouste betrokke by die grondbesprekingsprosesse en dien ook op al ses taakspanne wat saamgestel is om die grondkwessies aan te spreek. Die

ses taakspanne waarna hy verwys, is ses subwerkgroepe wat funksioneer onder die Nasionale Verwysingswerkgroep, naamlik die kantoor van die waardeerder-generaal, grondbestuurskommissie, grondregtebestuursraad en verblyfkwessies, wetswysigings op die restitusiewet en die wet op gemeenskaplike verenigings, die 3-vlak besitregstelsel en die kommunale grond. “Elke groep se vordering hang af van die onderwerp, navorsing en onderhandelings wat daarin plaasvind.” Opperman wou hom nie uitlaat oor die gevolge wat só ’n wet vir Suid-Afrika sou inhou nie.

MALMESBURY - Die Swartland-munisipaliteit is een van net twee munisipaliteite in die Wes-Kaap wat ’n skoon oudit ontvang het ná vier agtereenvolgende ongekwalifiseerde oudits. Geen prestasiebonusse is egter vir die afgelope vyf jaar uitbetaal nie. Prestasiebonusse van altesame R2 313 988,88 is aan munisipale bestuurders van Wes-Kaapse munisipaliteite uitbetaal nadat finansiële verslae vir die boekjaar van 2010-2011 ingedien is. Finansiële hoofde is met ’n totaal van R1 707 301,16 beloon. Dié syfers is onlangs in Die Burger bekend gemaak nadat Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, deur ’n lid van die provinsiale wetgewer gevra is wat die beleid rondom prestasiebonusse is. Dít kom nadat bonusse van astronomiese bedrae aan munisipale bestuurders en finansiële hoofde uitbetaal is, ongeag powere finansiële oudits. Volgens Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland-munisipaliteit, het die wesenlike kwessie rondom die uitbetaling van prestasiebonusse nie deurgekom nie. Hy is van mening dat die voordele rondom geen bonusse, gemis word. Volgens hom is werknemers baie meer innoverend wanneer geld nie die doelwit is nie, maar wel die verbetering van uitkomste en in die geval, ’n skoon oudit. “Ons wil hê die werknemers moet passievol wees oor hul munisipaliteit en hul werk.” Scholtz het op navraag van die ouditeur-generaal gesê die prestasie van ’n skoon oudit kan

gebaseer word op leierskap en goeie bestuur binne die munisipaliteit. Hy het vertel hoe hulle die boekjaar aangepak het met die einde in sig. Munisipale prestasiestelsels (MPS) is ook toegepas wat bygedra het tot resultate. “Ook om nie net gehoor te gee aan opdragte nie, maar om te verbeter.” Dié munisipaliteit wou die regte ding doen en die regte ding hier was om weg te doen met prestasiebonusse. Bonusse is reeds in die boekjaar van 2005-2006 geskrap. Bredell het onlangs by navraag in die wetgewer gesê die departement van plaaslike regering het nie ’n beleid wat prestasiebonusse reguleer nie. Die departement moedig wel munisipaliteite aan om nie prestasiebonusse aan werknemers uit te betaal as hulle nie aan prestasiebestuursregulasies voldoen het nie. Volgens Peter Pullen, woordvoerder van Bredell, bepaal die munisipaliteite self of bonusse uitbetaal gaan word. Scholtz is sedert gister (17 September) in Mosselbaai om ’n voorlegging te doen oor die beste praktyke vir die verbetering van munisipale oudit verslae. Henry Prins, munisipale bestuurder by die Weskus-distriksmunisipaliteit (WKDM), wat ook ’n skoon oudit ontvang het, het hom vergesel na die byeenkoms waartydens gekyk word na die oudit van munisipale verslae. WKDM het wel ook prestasiebonusse ontvang, hoewel hulle aansienlik minder is as dié van ander munisipaliteite wat nie kan spog met ’n skoon oudit nie. Verteenwoordigers van munisipaliteite oor die hele Wes-Kaap sal teenwoordig wees.

Moorreesburg GPF byeen Die Polisie Gemeenskapsforum (GPF) op Moorreesburg sal op Dinsdag 18 September om 19:00 ’n gemeenskapsvergadering by Koringberg se munisipale kantore hou. Die forum wil graag inligting deurgee oor onder meer beplande projekte en misdaad.

Almal is welkom. Vir navrae skakel konst. Pitsoyame by 022 433 8672 of 079 894 1815 of lt/kol. Williams by 022 433 8680 tussen 07:00 en 16:00. U teenwoordigheid kan help om misdaad in ons dorp aan te spreek en te verminder.

Fondse vir kankerpasiëntjie Man in hegtenis ná roof Kyra Williams (2) van Malmesbury is op die ouderdom van een jaar met kanker in haar linkeroog gediagnoseer. Die oog is in tussen verwyder. Kyra is sedertdien in en uit Tygerberg- en Rooikruis-hospitaal vir behandeling. Intussen is kanker ook agter haar regteroog gediagnoseer. Dokters by Tygerberg-hospitaal wil ’n pros-

tese van ’n plastiekoog laat inplant, maar Kyra se ouers beskik nie oor die nodige fondse vir hierdie operasie nie. Chemoterapie is intussen gestaak, maar kanker agter haar regteroog word steeds behandel. Enige donasies of borge vir die operasie sal waardeer word. Bel asseblief Zenobia Monnies by 073 232 1781 indien u finansiële steun wil verleen.

MALMESBURY - Die plaaslike polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof en poging tot roof ná vier gewapende mans verlede Donderdagaand na bewering ’n spaza-winkel van geld, lugtyd, sigarette, ’n selfoon en sowat R5 000 kontant beroof het. Die verdagtes het nie daarin geslaag toe hulle later dieselfde aand glo nog ’n winkel probeer beroof het nie.

Die polisie is na die eerste misdaadtoneel ontbied en het die voertuig van die verdagtes in die nabyheid opgemerk. ’n Jaagtog het gevolg waartydens drie van die verdagtes op die vlug geslaan het en net een man in hegtenis geneem is. Die winkeleienaar is tydens die rooftog aangerand en is in die Swartland-hospitaal vir behandeling opgeneem.


Tuesday 18 September 2012

News - Nuus

Swartland Gazette

3

Jan Nero kyk nou net vorentoe LIZETTE SMIT

RIEBEEK-KASTEEL - Vra vir Jan Nero hoe hy sy besoek in Londen ervaar het, terg hy: “Ek het heeltemal niks gesien nie, maar baie gehoor.” Nero is ’n siggestremde atleet wat in die Suid-Afrikaanse paralimpiese span opgeneem is wat verlede week na ’n suksesvolle byeenkoms, na Suid-Afrika teruggekeer het. Hoewel Nero nie ’n podiumposisie behaal het nie, het hy ’n helde-ontvangs in sy tuisdorp gekry. Nero sê hy is trots op homself, maar dat hy reeds beplan en wil voorberei vir nasionale en wêreldkampioenskappe vir gestremdes wat volgende jaar sal plaasvind. “’n Mens moet net vorentoe kyk,” sê hy. Philicus Olivier, ’n inwoner wat gehelp het om die verwelkomingsgeselligheid vir Nero te reël, het gesê Nero is ’n voorbeeld van hoop vir die plaaslike gemeenskap en van wat bereik kan word as ’n mens in jouself glo.

:Jan Nero is by die ingang tot Esterhof in Riebeek-Kasteel deur sy eie verwelkomingskomitee ontvang. FOTO’s: LIZETTE SMIT

Klink ’n glasie op die Sauvignon Blanc se Top 10 MALMESBURY - Tien uitstaande Sauvignon Blanc-wyne is verlede week vereer by die bekendmaking van die uitslae van die 2012 FNB Top 10 Sauvignon Blanc-kompetisie. Groote Post van die Swartland het behoorlik uitgeblink. Die kompetisie, aangebied deur die Sauvignon Blanc Belange Groep van Suid-Afrika (SBIG) en finansieel ondersteun deur FNB, vier die kwaliteit, diversiteit en streeksverskeidenheid van hierdie witwyn kultivar.Vyf ervare beoordelaars het die 195 deelne-

mende wyne (in vergelyking met 169 in 2011) geproe om eerstens die Top 20 te kies en daarna dié groep na ’n eksklusiewe groep van tien te verklein. Die 2012 wenners (7 van die 2012-oesjaar en 3 van 2011) wat op 13 September aangekondig is, is: Clos Malverne 2011, De Morgenzon DMZ 2012, Diemersdal MM Louw 2011 (gehout), Driehoek 2012, Du Toitskloof 2012, Groote Post 2012, Lomond Pincushion 2011, Neethlingshof Single Vineyard 2012, Simonsig Sunbird 2012 en Virgin Earth Pepper Tree 2012.

Hier is (agter van links): Joseph Gertse (Virgin Earth), Hannes Meyer (Simonsig), Thys Louw (Diemersdal), Nick Pentz (Groote Post), De Wet Viljoen (Neethlingshof), Kobus Gerber (Lomond), Shawn Thomson (Du Toitskloof); (voor) Wendy Appelbaum (De Morgenzon), Charl du Toit (Driehoek) en Suzanne Coetzee (Clos Malverne). Foto: Miguel Chan

Hendrik Joubert van Kasteelberg Motors (regs), wat vir paralimpiese atleet Jan Nero reeds vir die afgelope 14 jaar borg, oorhandig ’n kontantprys aan Nero. Nero sê hy gaan die geld gebruik om met sy groot liefde, Winnie Junies, te trou.


4

General - Algemeen

Swartland Gazette

Tuesday 18 September 2012

Landbouchemie in perspektief CHARLOTTE LESCH

Besoekers kom elke jaar van regoor Suid-Afrika om die Rocking the Daisies musiekfees op die Cloof wynlandgoed buite Darling by te woon. FOTO: JONX PILLEMER

Rock tussen veldblomme DARLING - Dis ’n plek waar enige iemand wat jonk van gees is met ’n liefde vir musiek, die natuur en om gesellig in die geselskap van duisende interessante mense te verkeer, sal tuis voel. Die 49M Rocking the Daisies musiekfees word van 4 tot 7 Oktober vir die sewende agtereenvolgende jaar by die Cloof-wynlandgoed buite Darling aangebied. Rocking the Daisies is alles wat ’n mens van ’n musiekfees verwag en meer. Die klem op natuurbewaring is oral te bespeur met spesiale herwinningshouers op die terrein en die geleentheid wat besoekers het om die fees per voet of fiets te bereik teen ’n verlaagde prys. Dié kaartjies is natuurlike lankal uitverkoop! By die Daisies se feesterrein kan besoekers van vroeg tot baie laat luister na Suid-Afrikaanse musiektalent by die Main Stage, tradisionele musiek van regoor die wêreld by die Nuworld Beat Barn of die Electro-tent besoek waar platejoggies wys wat in hulle steek.

By die Lemon Tree-teater kan feesgangers van alles ontsnap vir komiese vermaak of na honderde verskillende kortflieks kyk in die Shnit Cinema. By die Mainstay Beach-kroeg (langs die plaasdam, ingevoerde wit seesand en al!) kan ’n mens jou verbeel dat jy op ’n eksotiese tropiese eiland vakansie hou. Kunsuitstallings, wyn proe by die Cloof Kelder en ’n groot verskeidenheid kosstalletjies sorg dat elke sintuig gelukkig gehou word. Bankfasiliteite is op die terrein beskikbaar sodat feesgangers nooit die partytjie hoef te verlaat nie. Vir feesgangers en musiekliefhebbers wat nie lief is vir koue of geen storte nie, en vroue wat perfek gegrimeerde gesiggies en gestileerde hare hoog op hul lys van prioriteite stel, is daar die Heartbreak Motel en Daisy Tent waar gemak en bederf die wagwoorde is. Besoek die Rocking the Daisies se webblad by rockingthedaisies.com vir meer inligting.

MALMESBURY -Landbouchemie, ’n aktuele maar ernstige sakie, is omtrent ’n netelige onderwerp, sê landboukundige en streeksbestuurder van Nulandis, Frik Potgieter. Potgieter, ook voormalige Landboukundige van die Jaar in die Wes-Kaap, was verlede week Woensdag die hoofspreker by die Malmesbury Vroue Landbouvereniging (VLV) se maandelikse byeenkoms. Sy tema, “Landbouchemie in Perspektief”, het gegaan oor die persepsie wat mense oor landbouchemikalieë (gif) het, maar ook die geskiedenis daarvan, wat die situasie tans is, die uitdagings van die bedryf en toekomstige verwikkelinge. “Persepsie word beïnvloed deur die invalshoek. In die geval van landbouchemie, word dit uit die hoek van die vervaardiger, die verbruiker (boer) en die eindverbruiker (ons) beskou.” Potgieter sê die persepsie wat die mens oor landbouchemikalieë het, is gewoonlik die teendeel. “Die waarheid word gewoonlik in die teendeel bewys.” Die kopbeen wat met landbouchemie geassosieer word, is nie noodwendig waar nie. Hy meen die redes wat organisasies gebruik om die gebruik van landbouchemikalieë, asook die uitvoer en die invoer daarvan te probeer stopsit, is gewoonlik gegrond op onkunde.“Landbouchemiese metodes is veilig, mits dit korrek gebruik word.” Potgieter vertel dat ’n produk eers oor ’n tydperk van nege jaar ontstaan nadat dit deur ’n ontwikkelingsproses gegaan het. Hy voeg by dat indien landbouchemikalieë heeltemal onttrek word, voedselproduksie met 50% sal afneem. Soos die bevolking tans groei, sal die vraag na voedsel vermeerder. Dus is die onttrekking van chemikalieë op landbouprodukte nie ’n opsie nie. Hy vertel van die eerste kleinskaalse boerdery wat 6000 vC in Egipte voorgekom het. Die eerste vorm van inseken swamdoders was swael wat 2000vC in Mesopotamië (Irak) gebruik is. Arseen, lood en kwik wat in die 15de eeu ontdek is, het ’n redelike impak op die bedryf gehad. Die gevreesde DDT (dichlorodiphenyltrichloroethane), is in 1847 deur Paul Hermann Muller ontdek, maar is in 1939 vir die eerste keer as ’n insekdoder gebruik. Muller is eers ’n eeu later met ’n Nobelprys vereer nadat DDT gebruik is om die

epidemie tifuskoors in die Tweede Wêreldoorlog te stuit. DDT is in 1972 verban nadat daar vermoed is die insekdoder veroorsaak kanker. Suid-Afrika het dit ook verban tot 1999 toe daar ontdek is dit is een van die mees effektiewe maniere om malariadraende muskiete uit te Dehlia Esterhuyse van Swartland Apteek het die tema ‘Sonbrand wis. en lyfrome’ geborg en Frik Potgieter, een van die sprekers van NulanVan die eerste dis was die hoofspreker van die dag. Hy het gepraat oor Landboucheonkruiddoders mie in persfektief. Foto: Charlotte Lesch soos 2,4-D, Triasiene en Roundup (Glyphosate) word steeds vandag gebruik en as effektief en skadeloos beskou, sê hy. Die omset van landbouchemikalieë in Suid-Afrika is sowat R4 000 miljoen. Potgieter voeg by dat die totale wêreld-omset van landbouchemikalieë nie eers so groot soos die handelsmerk Nestlé is nie. Dis steeds groot. “Die uitdagings is ’n redelike hek om oor te kom,” vertel Potgieter. Van die grootste uitdagings is voedselsekuriteit, veiligheid, bekostigbaarheid, om die persepsie van landbou- Helna van der Spuy en Joan Harmse. : chemie om te swaai, vervalsing, weerstand en die politiek. Potgieter het sy praatjie afgesluit deur na die pad vorentoe te verwys. Volgens hom word daagliks aan alternatiewe tegnieke gewerk, byvoorbeeld paringsontwrigting en die sintese (namaaksel) van ’n feronoom. Swamme word deesdae gebruik om swamme dood te maak en predatore word gekweek om insekte dood te maak om net ’n paar te noem. “Die feit bly staan: as jy honger is, is daar Frik Potgieter en sy vrou Magda (middel), net een uitweg.” saam met Hannalize Louw (regs).

Linza Louw en Anice Visser

Leone Louw en Lila Cloete

Ontmoet ’n Swartlander Adri van Aswegen-Janse van Vuuren is ’n kunstenaar van Yzerfontein. Sy het in Vereeniging groot geword en het in die laat 1980s deeltyds begin skilder. Sedert sy in die Weskus woon, skilder sy egter gereeld. Sy het kunskursusse by Unisa gevolg en het ook kwalifikasies in maatskaplike werk en kommunikasie. Sy het ’n meestersgraad in kommunikasie in Potchefstroom verwerf. Adri glo kuns laat jou toe om te sê wat jy nie andersins met woorde kan sê nie. Sy voeg by dat kuns ’n terapeutiese middel is wat persoonlike groei bewerkstellig. Sy glo dat elke mens kreatief is en dat dit slegs ontgin moet word. Sy woon graag kunswerkswinkels by en bied kunsklasse op Darling aan. As jy nie by kuns betrokke was nie, wat sou jy wou doen? Gemeenskapswerk. Wat is jou gunstelingrestaurant? Die Rooi Granaat. Wat maak Yzerfontein vir jou spesiaal?

Adri met drie skeppings wat deur haar leerlinge gemaak is.

FOTO: DOMINIQUE WINTER

Die mooi Skepping. Ek voel naby aan God hier en om langs die see te stap is ’n goddelike ervaring. As jy nie op Yzerfontein gebly het nie, waar wil jy woon? Ek is baie gelukkig waar ek nou is. Ek dink ek is waar ek moet wees. As jy drie mense kon nooi vir ete, wie sou dit wees? Ek het meer as drie. Chagall, my ma wie ek al op ’n baie jong ouderdom verloor het, Henry Nouwen

vir die diep geestelike insigte wat hy gehad het, Victor Franco en ook vir die Here Jesus Christus. Wat is die beste raad wat jy al ooit gegee of ontvang het? Om die Here in Sy volheid te ken, omdat Hy vreeslike liefde en genade gee. Is daar ’n dag wat jy nooit sal vergeet nie? Die dag toe ek amper verdrink het. Ek was in my middel twintigs.


Tuesday 18 September 2012

General - Algemeen

Gwyneth en David Berger

Swartland Gazette

Foto’s: Lizette Smit

Trevor Rinkwest en Annemarie Meyer

Dié Rooikat het harte gesteel LIZETTE SMIT

Hier is Nedbank Malmesbury se personeel (van links): Richard Langeveldt, Beatrice Phillips, Cinta Van Schalkwyk, Johan Van Zyl, Erna Storm, Karin Sorensen en Bonita Nuweland. FOTO: DOMINIQUE WINTER

Nedbank hou makietie Malmesbury – Kliënte sowel as nie-kliente van Nedbank Malmesbury en Darling het verlede Woensdag 12 September ’n kliënteforum bygewoon by die Herehuis te Loedolfstraat, Malmesbury. Die geleentheid was baie goed bygewoon. ’n Geskenk is oorhandig aan Chris de Jager wat dié bank reeds sedert 1952 ondersteun.

Hier poseer Nedbank Darling saam met kliënte. (Voor): Drie kliënte van Darling: Faiz Willemburg, Roscoe Du Preez, Faried Willemburg en langs hulle is Jan Cronje (deel van die Nedbankpersoneel); (Agter): Eloise Aylward, Jan Farmer, Adri October en Nita Julius.

Chris De Jager en Amina Saliem. Mnr. De Jager is ’n kliënt sedert 1952. Richard Langeveldt, Johan Van Zyl en Cinta Van Schalkwyk.

Johan Robertson en Nita Julius. Meneer Robertson is een van die gaste wat ’n n geskenk ontvang het.

Johan Van Zyl, Amina Saliem, Maud Goliath (uitvoerende onderburgermeester van Malmesbury), Nita Julius en Jan Harrison

MALMESBURY - Besoekers aan die plaaslike museum het verlede Woensdagaand kennis gemaak met natuurliefhebber David Christen en Tetha, die Rooikat. Christen het deur middel van ’n praatjie en twee kort dokumentêre films wat hy self gemaak het, mense vertel van sy besonderse verhouding met Tetha en daardeur vooroordele en mites omtrent die Rooikat probeer weerlê. Christen het vertel hoe hy vir weke aanmekaar dié kat in die natuur gevolg het. “Soms het ek haar gevolg en ander kere het sy vir my gevolg.” het hy gesê. “Ek het hope geduld wat ek in ’n groot sak by Agri gekoop het,” het hy geterg. Staaltjies oor die lewe en tragiese dood van Tetha het mense ooglopend aangegryp en tydens die vrae en antwoord-sessie was daar ook ’n vraag oor hoe dit met Tetha se kleintjies gaan. Christen het gesê daar is nie genoeg inligting oor die Rooikat beskikbaar nie en dat mense gewoonlik dit haat wat hulle nie verstaan nie. Hy het mense egter aangemoedig om nader aan die natuur te leef. Hy het ook die wanbalans in die natuur wat deur mense veroorsaak is beklemtoon en hoe ons daardeur ons eie probleme skep. “Die natuur is edel, diere is edel. By diere

Gasspreker David Christen saam met Marius van Zyl.

Bianka van der Westhuizen, John McGregor en Gavin Stark. is daar geen haat, gierigheid of leuens nie. Hulle lewe instinktief en maak gebruik van geleenthede wat opduik. Dis nie die plek van diere in die natuur wat bevraagteken moet word nie, maar dié van mense.”

5


6

Letters - Briewe

Swartland Gazette

Tuesday 18 September 2012

Lesse uit die Olimpiese Spele 3

Antwoorde is nodig Die verskil tussen ’n argument en ’n debat is dat mense wat argumenteer, gewoonlik glo dat nét hulle reg is. Dikwels is hulle ook van mening dat ander mense ook soos hulle moet dink of glo. Aan die ander kant glo mense wat in ’n debat gewikkel raak dat hul redenasie geldig is, maar terselfdertyd het hulle ook ’n oop gemoed vir die sienswyse en redenasies van ander mense het, veral in die lig van nuwe feite. Dit is dus wenslik om eerder ’n debat te voer as om te argumenteer, omdat ’n argument geen ruimte vir nuwe inligting of ’n meer ingeligte sienswyse laat nie. Dit is kommerwekkend hoeveel mense wegskram van ’n debat. By ’n praatjie by die museum oor die Rooikat, stel ’n boer met ’n Rooikat-probleem op sy plaas belang in oplossings omdat hy nie die rooikatte wil doodmaak nie, net sy skape wil lewendig hou. Die spreker sê egter hy stel nie belang om die gesprek verder te voer nie. Vra reguit vrae oor landboukwessies en die antwoorde is dikwels niks minder nie as ’n belediging vir die intelligensie nie. Dalk is dit omdat eerlike antwoorde nog vrae, moontlik vrae wat kan krap, tot gevolg kan hê. Ook vrae aan die polisie en ander regeringsinstansies word beantwoord met afgewaterde, politiek korrekte antwoorde wat nie bevredig of enigsins as antwoorde beskou kan word nie. Daar word gereeld ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om saam te werk en hande te vat. Ons wil, maar ons wil ook eerlike antwoorde hê, selfs al sou dit tot debat lei.

PASTOOR PIET SMIT

KERSBOOM VAN VREUGDE: Die kersboom van vreugde sal van einde September af weer by Boland Superspar op Piketberg opgesit word met behoeftige leerlinge van Steynville Primêr se name daaraan. Op die papier sal ’n kind se naam, ouderdom en wat hy of sy graag vir Kersfees wil hê, geskryf staan. Goedhartiges kan een of meer name afhaal en ’n geskenk koop, toedraai en in die mandjie by Boland Superspar gaan plaas met die kind se naam op. Die geskenk sal aan dié betrokke kind deur Kersvader self oorhandig word op ’n Kerspartytjie wat op 20 Desember gehou sal word. Mense wat nie in Piketberg woon nie, maar graag ’n geskenk wil borg, kan vir Ray van Rooy kontak by 083 657 9615. FOTO: VERSKAF

Moenie dat terugslae in die lewe jou terughou nie. Oscar Pistorius, die blade runner, het wêreldbekend geword. Hy is gebore sonder een van die twee beenpype tussen die knie en die enkel in albei bene. Op 11 maande is sy bene tussen sy knieë en sy enkels geamputeer. Dit moes vir sy ouers wat groot sport-entoesiaste is, ’n baie pynlike ervaring gewees het. Oscar kon maklik deur die lewe gegaan het met die volgende gesindheid: •Ag, ek is nou sonder my bene, so ek kan niks doen nie. •Ek sal tog nooit kan deelneem aan sport nie. •Ag, ek is maar vir niks goed nie. Hy het egter met kunsbene begin deelneem aan sport en ná jare se pogings uiteindelik daarin geslaag om aan die 2012 Olimpiese Spele deel te neem – die eerste persoon met albei bene wat geamputeer is. Sy sportslagspreuk is: “You’re not disabled by disabilities, you are able by the abilities you have.” Kom my vriend, moenie dat jou tekortkoming jou terughou nie. Kyk na die baie wat jy wel het wat tot jou voordeel tel! Filp. 4:13 – “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

Rubriek

As ek vir een dag president kon wees Ek wil nie regtig president vir die dag wees nie, maar diktator van die hele wêreld aangesien niemand in so ’n geval my besluite mag veto nie en ek reeds belangrike besluite geneem het wat ek sal implimenteer. Die dag waarop ek besluit het om diktator vir die dag te wees is 1 Oktober omdat die lente simbolies is van ’n nuwe begin, maar September nog te koud is om opgewonde te raak oor wêreldveranderinge. Ek sal my dag begin deur aan te kondig dat slegs mense wat deur Nataniël goedgekeur word of Nataniël self, troues of enige deftige geleenthede mag beplan en organiseer. Ek sal beveel dat daar geen nuwe babas gebore mag word tot die duisende wesies in die wêreld almal liefdevolle huise gekry het en omdat die twee en ’n halwe kinders wat elke getroude paartjie voel hulle geregtig op is, ’n etiese kwessie geword het. Sosiale media en selfone sal nooit, ooit weer toegelaat word nie sodat mense kan onthou hoe om te kommunikeer, kreatief te wees en in die hier en nou te lewe.

Ten spyte van die feit dat natuurlike hulpbronne op ons planeet nog nie uitgeput is nie, sal daar van 1 Oktober af slegs van son-, wind en spierkrag gebruik gemaak word. Op hierdie wyse sal baie gesondheidsprobleme dalk ook opgelos word. Dit sal verpligtend word vir mense om hul eie groente te kweek, tot in blompotte as ruimte beperk is. Mense wat dwelms soos tik vervaardig en verkoop, sal na lande uitgevoer word waar fanatiese gelowiges ’n gepaste straf vir hulle mag uitdink. NASA sal verplig word om al hul vertroulike dokumente bekend te maak, omdat ek

heimlik glo die Men in Black-flieks nie so vergesog is nie. Mense sal spesiale hartmonitor gedoentetjies moet dra wat ’n irriterende geluid maak sodra hul hartklop versnel omdat hulle leuens vertel. Geen leuens sal toegelaat word nie! Selfs die alledaagse “hoe gaan dit?” en ek met die aanvaarde, standaard “goed” reageer wanneer ek eintlik teleurgesteld, hartseer, woedend of ’n bietjie hangover­ig voel, sal ’n alarm tot gevolg hê. Ek stem saam die aarde sal vir ’n week of wat, tot mense geleer het om die waarheid te praat, ’n raserige plek wees, maar dis vir ons almal se beswil. Mense wat troeteldiere wil aanhou of, na al die wesies huise gekry het, wil babas maak, sal eers ’n volledige sielkundige evaluasie moet ondergaan omdat nie almal wat diere wil aanhou of babas kan maak, dit behoort te doen nie. Komediante, sommige skrywers en musikante sal spesiale eer en status geniet ná ek hulle as die redders van die mensdom sal aanwys omdat hulle ons laat lag en hoop gee – die beste medisyne wat daar is!

Wye wurmaanslag

PASOP VIR KATTE: Hierdie informele verkeersteken in ’n straat in Riebeek-Kasteel waarsku motoriste om op die uitkyk te wees vir katte en ook om spoed te verminder. Voornemende leerlingbestuurders hoef nie bekommerd te wees dat hierdie spesifieke teken in die leerlinghandboek is nie! FOTO: LIZETTE SMIT

Net in reaksie op die artikel wat in die Swartland Gazette van 14 Augustus 2012 verskyn het, geskryf deur Charlotte Lesch. Die WP-graanwurm waarna sy verwys, is tereg ’n groot probleem in die sin dat dit sporadies groot gedeeltes van ’n graanland totaal kan vernietig. Die volwasse stadium van hierdie potensiële plaag is die welbekende wingerdkalander ( Eremnus cerealis). Dit is egter slegs die onvolwasse stadium van hierdie graanwurm wat vir die graanboer ’n probleem veroorsaak. Tradisioneel is die saad behandel (gepoeier) met ’n produk (Ghamma BHC) net voor saaityd. Hierdie behandeling was baie effektief. Die produk is egter ’n paar jaar gelede verban en tot op hede is daar nog geen alternatief vir die probleem geregistreer nie. Hierdie boosdoener is egter nie die enigste kalant wat ons grane laat les op sê nie. Daar is ook nog die Sandveld graanwurm (Pseudapophylia smaragdipennis); swart mieliekewer (Heteronychus arator); klein valsdraadwurms (Gonocephalum spp); groot valsdraadwurms (Somaticus spp) en spookwurm (Metahepialus xenoctenis). Voorwaar ’n redelike aanslag wat die boer en sy landbouchemiese adviseur die hoof moet bied en hier verwys ons slegs na die probleme ONDER die grond.

FRIK POTGIETER

KERK VERJAAR: Die Nuwe Apostoliese Kerk op Malmesbury herdenk vanjaar 35 jaar in hierdie historiese gebou. Alle lof en eer aan ons Hemelse Vader wat die gemeente bo ons verwagting geseën het. Die dienstye is Woensdae om 19:30 en Sondae om 09:00. Kontak gerus die gemeenteleier, Michael Garisch, by 083 233 6440 vir enige navrae. FOTO: VERSKAF

Opinion Poll: money for the homeless The question put forward last week to the online readers of the Boland Gazette was, do you give money to homeless people? 67% of online readers voted No, because it discouraged them to find work, 33% said they only give when they feel it is needed. No one voted yes.


Tuesday 18 September 2012

17 September - MalmesburyVolwasse Onderrigskool Alle studente wat gr. 12 moet voltooi, kan om 19:30 by Schoonspruit Sekondêr aanmeld. Alle navrae: T. Worship: 072 2255 090. 18 September - Boekbekendstelling Die skrywer Jeanne Els stel om 18:00 vir 18:30 haar boek Samba by Café Merlot, Het Vlock Kasteel op Riebeek-Kasteel bekend. Koste: R40. Navrae: Elize Parker by 083 749 0919 of Gerhard van Aardt by 078 022 3458. 22 September - Church meeting The Gazette Aglow international will be having a meeting at 16:00 at the Methodist church hall. The speaker will be Alta Edwards. Contact Linda Maree at 072 142 2311. 22 September - Sangaand Almal is uitgenooi na die sangaand in die gemeenskapsaal op Darling. Verrigtinge begin om 19:00; toegang: R10 en R5 vir kinders. Navrae by past. Floors Sass by 073 469 7760. 23 September - Kerkdienste ) Die AGS kerk op Riebeek-Wes se oggenddiens is om 10:00 en die tema sal wees “’n Kind bly ’n kind” . Die prediker is past. C. Fredericks; bel hom by 083 745 9117. ) Corpus Christi Malmesbury Die oggenddiens begin om 09:30 met die tema “Sielsverbintenisse”. Die aanddiens is om 18:30 Prediker: Roderick Onverwacht Navrae: 073 447 2902. 26 September - Cansa West Coast Symposium Join us at the Buffelsfontein Nature resort from 09:30 for 10:00 to 14:30 for talks and lunch. Registration fee: R30. RSVP before 14 September at 022 482 1111 or lhugo@cansa.org.za. 29 September - Familiedag Esterhof pre-primêre skool op Riebeek-Kasteel hou ’n familiedag met verskeie stalletjies en aktiwiteite vir die hele gesin. Skakel Desire Wildskut by 076 615 9928 vir meer inligting. 29 September - Galjoen-derby Baie pryse is op die spel by vanjaar se Galjoen-derby op Yzerfontein. Inskrywingsgeld is R150 en sluit ’n gholfhemp in. Kontak Gawie Steyn vir meer inligting by 083 379 6044 of epos gsteyn@wcaccess.co.za 29 September - Markdag Markdag word op die Museum-terrein op Moorreesburg aangebied en begin om 08:00. Inskrywingsfooi: R30. Kom koop en/of verkoop enige item. Navrae: 022 433 1072 / 082 574 0357.

30 September - Wesbank Netbalklub

Daar word beoog om in Januarie 2013 ’n Wesbank netbalklub te stig. Enige belangstellendes kan vir Lilian skakel by 073 914 5052 of 076 384 1496 voor of op 30 September. 4 -7 Oktober - Rocking the Daisies Rocking the Daisies word weer vanjaar by die Cloof-wynlandgoed buite Darling aangebied. Besoek die webblad by rockingthedaisies.com vir meer inligting en hoe om kaartjies te bekom.

Stem vir die Swartland Die Weskus Toerisme-toekennings vind vanjaar vir die sesde keer plaas. Dié toonaangewende vorm van erkenning sal gesogte toekennings word vir toerisme-instansies wat uitstekende besigheidspraktyk, hoë diensvlakke en gemeenskapsbevordering nastreef. Die Swartland het sy eie toerisme-instansies en aantreklikhede, onder meer die Darling Blommeskou, die Swartland-landbouskou, restaurante en talle gesogte wynlandgoedere met internasionale erkenning om net ’n paar op te noem, waarop plaaslike inwoners kan trots wees. Inskrywings word nou ingewag vir enige van die kategorieë. Voltooi ’n nominasievorm en stuur dit aan Dave Cornelius, Weskus Streek Toerisme-organisasie, Posbus 242, Moorreesburg, 7380; of bel 022 433 8518, faks 86 692 6113 of e-pos na dcornelius@wcdm.co.za Bel Carlen Vorster, die streekstoerismebeampte van die Kaap Weskus/Swartland, by 022 487 2987 vir nominasievorms. Vorms is ook beskikbaar by die plaaslike toerismekantoor op Malmesbury. Nominasies moet die beoordelaars bereik teen nie later as 25 September.

General - Algemeen

Swartland Gazette

7


8

General - Algemeen

Swartland Gazette

Tuesday 18 September 2012

HET JY AL DIE BLOMME GESIEN?: Leerlinge van Laerskool Darling het verlede Vrydag die geleentheid gekry om die veldblommeuitstalling te besigtig. Hier herken van die seuns sommige van die plante. FOTO: LIZETTE SMIT

’n Orgidee vir elke voorkeur

HIER IS ONS HAASBEKKIE: Amy Arendse is verlede week aangewys as die wenner van Swartland Gazette se Haasbekkie-kompetisie. Hier is (agter van links) die borge van die pryse: Amy Klopper (Pick’n ’n Pay), Mondray Jack (Edgars); (middel) Yolaine Swanepoel (Pick ’n Pay), Jay-Dee Arendse (Waltons) en Marinda Nel (Seven Daysa); (voor) Helezeen Arendse, ma van Amy (middel). Natelie Tenn (regs voor) van die Swartland Gazette het die pryse aan haar oorhandig. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Die gewilde orgidee-skou is ook die afgelope naweek net buite Darling by die Duckitt-kwekery gehou. Hier is die uitstallings wat besoekers aan die orgidee-skou in die eerste uitstallingsvertrek begroet het.

Beskerm jou teen die son MALMESBURY - “Gebruik jou sonskermroom.” Só meen Deidré de Kock van Cipla, die grootste farmaseutiese maatskappy in die wêreld. Met die somer wat om die draai lê, het De Kock gedurende verlede week se maandelikse byeenkoms van Malmesbury Vroue Landbouvereniging (VLV), ’n bietjie meer kom vertel oor sonskermroom en hoe belangrik dit is om sonblok te gebruik. Sy meen as jy minstens elke dag sonskermroom aan jou gesig, jou bors en jou rug smeer, jy steeds baie goed sal lyk op jou oudag. “Daar is te veel vroue en óók mans wat vandag met ’n krokodil vel rondloop van te veel in die son lê. As jy nog jonk is, weet jy nie van beter nie en lê jy ure in die son, maar dit is nie goed vir jou nie.” Volgens De Kock, volg Suid-Afrika ook deesdae Europese voorskrifte wat ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) betref. “Jy kry nie meer room met ’n SBF hoër as 50 nie. Baie sal

redeneer dat ’n faktor van byvoorbeeld ’n 100 baie beter is as een van 50 of laer.” De Kock verduidelik dat die inisiatief na vore gekom het met die idee om meer as een keer ’n dag, indien jy heeldag aan sonlig sou blootgestel word, jou met sonskermroom te bedek. “Dié regulasies moedig mense aan om gereeld sonskermroom aan te smeer, omdat ’n room met ’n SBF van ’n 100 een keer per dag jou nie sal beskerm nie.” De Kock voeg by dat Suid-Afrika baie streng voorskrifte volg wanneer dit by sonskermroom kom. Sy het besoekers verseker dat daar van die beste produkte in die mark plaaslik beskikbaar is en dit nie nodig sal wees om te verbrand nie. Sy het ook die belangrikheid beklemtoon van rome wat weerstand bied aan ultravioletstrale (UVB) én die veroudering weens ultravioletstrale (UVA). Volgens haar het Cipla ’n sonskermroom met die hoogste UVA in Suid-Afrika, dus 42.3.

FOTO’S:LIZETTE SMIT

Hermien Anthony en Minette Fourie het al die pad van Brackenfell gekom om hulle in die groot verskeidenheid orgideë te verlustig

Orgideë van alle groottes, soorte en pryse word by die skou verkoop en daar was geen gebrek aan kopers nie!

Veldblomskou Regs: Plaaslike kunstenaar Helena Mommen sê haar kunswerke verkoop gewoonlik baie goed by die Veldblomskou en dat buitelandse besoekers haar die meeste ondersteun.

Links: Marné en PieterPaul Pienaar van Darling verkoop olyfprodukte wat Marné persoonlik vervaardig. Pieter-Paul is nog nie van veel hulp met die vervaardigingsproses en hy kan ook nog nie kleingeld aan besoekers gee nie, maar hy het ’n aansteeklike glimlag sodra ’n mens die kamera wegpak!

Die jaarlikse Darling-blommeskou het die afgelope naweek besoekers en uitstallers van regoor die land gelok. Hier is broers Pieter en Johan Bothma van Moorreesburg met van die blomme wat hulle aan besoekers verkoop.

Dominique Winter glimlag vir die fotograaf saam met ’n oulike melkkoei. Dominique is ook ’n vryskut joernalis by die Gazette.



10

Schools - Skole

Swartland Gazette

EISTEDDFOD-WENNERS: Die volgende leerlinge van die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) het hul trofeë as die Wes-Boland Eisteddfod-trofeewenners op 14 September op Vredenburg ontvang. CPM is ook saam met Topolino Privaatskool van Vredenburg vereer met die trofee vir klein skole wat die meeste trofeë ingesamel het. Hier is (agter van links): Tess Derrick-Sleigh (gr. 6), Kayla Vermaak (gr.7), Léke Buys (gr. 5); (voor) J.P Truter (gr. R) en Brigitte Buys (gr. 2). Marijke Meijer (gr. R) was afwesig. FOTO: CHARLOTTE LESCH

SLIMKOPPE: Tien leerlinge van die Christelike Privaatskool Malmesbury het besonder goed gevaar in die laaste ronde van die AMESA Wiskunde-uitdaging wat op 5 September by die Laerskool Swartland geskryf is. Hier (agter van links): Andru Serdyn, De Beer Pretorius, Ross van der Westhuizen, James Howard en Cobus Lourens; (voor) Juan-Jacques Schep, Karel Botha, Zeek Lategan, Maarten Slabber en Nash van der Westhuizen.

BRONS MEDALJES: Hierdie leerlinge van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het brons toekennings (60 tot 69%) by die Wes-Boland Eisteddfod gekry. FOTO: VERSKAF

Tuesday 18 September 2012

SILWER: Hierdie leerlinge van Laerskool Dirkie Uys van Moorreesburg het silwer toekennings (70 tot 79%) by die Wes-Boland Eisteddfod gekry. FOTO: VERSKAF

BRONS VIR KARI: Kari van den Berg wat in Gr. R by Laerskool Dirkie Uys is, het by die AkroGimnastiek ’n brons medalje ontvang. FOTO: VERSKAF

CUM LAUDE: Hierdie leerlinge van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het almal Cum Laude-toekennings (90% en meer) by die Wes-Boland Eisteddfod gekry. FOTO: VERSKAF

MUSIEKSTUDENTE: ’n Paar van die talentvolle musikante wat by Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg se Musiekakademie-lesse neem. FOTO: VERSKAF

LYNDANSERS: Hierdie kinders van Darling het op 18 Augustus hul lyndanstoekennings ontvang. Hulle is (agter van links) Shannon Lindt, Lucrisa Barends, Levorna De Villiers, Machay Warnick, Charlyn Willemse, Suné Titus wat ook by die Darling Outreach Foundation betrokke is; (voor) Meagan May, Sarah Vorster en Zia Dercksen. Al dié dansers het ’n brons-toekenning ontvang. FOTO: VERSKAF


Tuesday 18 September 2012

Schools - Skole

Swartland Gazette

11

Skool spog met T-hemde DOMINIQUE WINTER Malmesbury – Old Mutual het verlede Donderdag T-hemde aan Weltevreden Primêr buite Riebeek-Kasteel geskenk tydens ’n sportdag waar verskeie landelike skole op Wesbank-sportgronde teen mekaar meegeding het. Steed Claassen, bestuurder van Old Mutual, het gesê hulle was op soek na ’n behoeftige landelike skool waar finansiÍle steun verlang word. Daar is toe op Weltevreden Primêr besluit. Die organiseerder van die dag, Ronel Beukes, wat ook in beheer is van sport en kultuur aan die Weskus, het gesê diÊ sportdag is aangebied om leerlinge van landelike skole uit minderbevoorregte gemeenskappe die geleentheid te gee om die basiese vaardighede van netbal en rugby aan te leer. Sy voeg by dat daar ook op skaakontwikkeling gefokus is. Vriendskaplike rugbywedstryde is gespeel en ’n netbal-werksessie is ook aangebied deur Christine Love (onderwyser van Wesbank Sekondêr), Cathy Fredericks en JoyMorris (sportbeamptes).

Weltevreden PrimĂŞr se rugbyspan saam met (heel agter van links) Salome van Rooi, Anni Fransman en Steed Claassen, bestuurder van Old Mutual Malmesbury. Foto: Dominique Winter

Die netbalspan van Weltevreden PrimĂŞr saam met Cecelia Kotze (voor links), Anni Fransman (voor regs) en Steed Claassen (agter heel regs).

Steed Claassen oorhandig ’n T-hemp aan Conwin Wildskutt.

Ronel Beukes leer die leerlinge skaak speel.

IN HARMONIE: Die senior koor van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het op die jaarlikse Wes-Boland Eisteddfod 85% (goud) verwerf. Hulle ontvang eerskomende Vrydagaand die trofee by die Prestige-aand op Vredenburg. Hierdie toekenning word met Laerskool Swartland op Malmesbury gedeel.

GIMNASTIEK-PRESTEERDERS: Magdel Coetzee (links agter) het op 1 September in Durban deelgeneem aan die ritmiese gimnastiek SA kampioenskappe vir “High Performanceâ€?-vlakke, waar sy silwer medaljes vir lint en knuppels en brons vir die bal verwerf het en sĂł die algehele tweede plek in SA in die pre-junior Olimpiese afdeling behaal. Agter middel en regs is Suzette van Rooyen (vlak 6 o.13) en Janneke Slabber (vlak 5 o.15) wat by die Boland Ritmiese Gimnastiek-toernooi tweede plekke behaal het en Boland by die S.A kampioenskappe sal verteenwoordig. Fränzel Basson (voor links) het ’n brons medalje en Marlizaan Coetzee (voor regs) het ’n goue medalje by die Boland Ritmiese Gimnastiek behaal. FOTO: VERSKAF

SKAAPLEIERS:Hierdie leerlinge van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het op 5 September aan die Jeugskou deelgeneem en as volg presteer:Agter: Hanno Mostert (gr.7) 4de plek; Danielle Kitzhoff (gr.4) 2de plek;Voor: Hannes Mostert (gr.4) 1ste plek en Marius Kotze (gr.4) 3de plek. Afwesig: Willie Hannekom (gr.7) 3de plek. FOTO: VERSKAF

8QORFN \RXU IXWXUH

$SSO\ 1RZ

College 1,000th graduate milestone Level 4 students increase 131% 1,136 subject distinctions in 2011 Top electrical student in Western Cape


43

Persoonlike Dienste Personal Services

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 06 Troudagvierings Wedding Anniversary

RAAI word 21? 20/09/2012. Veels geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Liefde: Mammie, Pappie, Charissa en tannie Oliver.

September Affeliena Op 20/9/12 is mammie alreeds 18jr weg van ons en vier mammie se 60ste verjaarsdag in die Hemel. Die vermisting is nog groot, maar ons het berus daarin. Baie liefde van: jou kinders, kleinkinders en agterkleinkind.

08 Sterfgevalle Death Notices

Mnr & Mev Bester Gelukkige 25ste huweliksherdenking. Alle liefde,geluk & voorspoed vorentoe. Van julle kinders.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES

07

CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. Chris 082 554 2754.

VIR Professionele Finansiële Advies i.v.m Lewens,ongeskiktheid en gevreesde siektedekking, Studiepolisse, Medium tot langtermyn belegg i n g s , Aftredebeplanning ( A n n u i t e i t e ) , Boedelbeplanning & Mediese fondse. Skakel vir Brahm Lategan by 083 410 9302 of e-pos: brahm.lategan@gmail. com vir 'n afspraak.

Gelukwensing Congratulations

TE KOOP FOR SALE

33

KYK wie word 21? Sebastiaan op 22/9/12. Baie geluk jou mondigwording. Van: Dada,Ma,Leichen,Melly Francois,Jandre,Koekie & Annoeska.

HUMPHREYS SYBIL FRANKLIN 18/05/1942-13/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag 22/9/12. Huisdiens is o m 1 0 : 0 0 t e Smithstraat. Kerkdiens om 11:00 by VGK Kerk te Darling.

Skoonheid en Gesondheid Beauty and Health

RAPID (Safe) Fat-loss Reduced cravings and hunger. Lose cellulite, muscle firming, anti aging benefits. nora@tlcforwellbeing. com / 082 826 1729.

Kindervermaak Children’s Entertainment

In Memoriam KYK wie word 49!!! Hendrik Barendse (Klaase) Oudste seun van wyle Mr & Mev Klaase. Baie , baie geluk met die groot dag op 23 Sept 2012. Van jou suster Cecilia, 9 broers, 21 kleinkinders & die Barendse Familie. Geniet jou dag!!!

ADAMS MARTIN Op 14 Sept 2012 was jy 'n jaar van ons weggeneem.Vermisting nogsteeds groot. Va n : H e l e n , S t e l l a , Miena en hulle kinders. RAAI wie word 21? op 21 Sept 2012. Baie geluk Janice, mammie se pragtige dogter. Lekker verjaar. Van: Mammie, Linéve, ouma Anna & Familie.

ASPATAT PARTYTJIE S: Springkastele, waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies te huur. Kontak 084 607 5658.

BOETIE EN SUSSIE SPRINGKASTELE Waterglybane en verskeidenheid springkastele te huur. Kontak Nelia 073 610 2810.

T J ' S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa 082 497 3383.

Algemeen Miscellaneous BOU toerusting, beton vibrators (poker+ wurm) Kragopwekkers, plaat kompakteerders, steier raamwerke, ensv. Skakel 022 482 3842. PORT JACKSON te koop in Moorreesburg. Groot stukke, R300 per 1000, aflewering ingesluit. Skakel Albertus 072 383 4942.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 105

Binnenshuisdienste Home Services Interior BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand 083265 5161. CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaardigers van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & veranderings. Derick & Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394. 13298-u/c

MOTORS VEHICLES

EIENDOMME PROPERTIES 167

143

Motoronderdele Parts & Accessories

Huise te Koop Houses for Sale

108

Geld/lenings Money/Loans 1 2 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys Welkom. Goedkeuring in 5 min. 021 696 0676.

APPROVAL NOW!!! Aff. Loans - R150 000. Cash sameday. Govt. & b/listed. 021 949 8566 / Kim: 083 457 5453 Shirley: 083 665 1002.

AWAITING PENSION/ Provident Fund? Imm. Cash. Sms Kim 083 665 1002 / 021 949 8566

71

36

11

CK BLINDS Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394.

SOEK jy Geld? Ek kan Help.R1000-R100000, 5min,pre-approval, Sameday pay-out. Fiona:0824222271

1141

Algemene Dienste General Services

DIE NUTSMAN. Sweis, hout, loodgieter, verf, hoë drukspuit van dakwerke en alle herstelwerk. Skakel 076 104 7068.

OORTREK van Pooltafels en uithuur van digitale jukeboxe vir funksies. Skakel: 082 873 3352.

VIR enige klere herstelwerk, brei/ hekelwerk. Bestellings vir koeksister - enige hoeveelheid. Skakel 079 517 2554.

1151

TOYOTA - 18R + Toyota - 2E - Heads. W - L Crank + Dieselpomp. Skakel 078 379 0766.

145

Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

156

JOBS

Voertuie te Ruil/ Gesoek Vehicles to Swop/ Wanted AAN ALLE beide bakkies en motors eienaars voertuie word gesoek vir kontant. Lopend of nie lopend. Ons doen ook bank aflosse. Skakel of Sms: 079 544 2824. AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

159

Motors te Koop Vehicles for Sale AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse. TO Y O TA C o r o l l a 1982. Padwaardigsertifikaart, R25 000. Skakel 083 635 7514.

Skoonmaakdienste Cleaning Services 160 MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

IDEALE gesins woning in gesogte area. Malmesbury huis te koop,R1 980 000. Pragtige Noordliggende 4 Slpk huis (493m²) met 2½ badk. 4 Motorh, ruim sonnige oopplan sit/eetk en tvkamer met 5 lugreëlaars. Die huis moet gesien word om te waardeer. Skakel Gordon Bain by: 082 783 0889.

Voertuie te Koop onder R20 000 Vehicles for Sale under R20 000 TOYOTA COROLLA 1.6, netjies, R16 500. Skakel 083 4646 960.

400

Betrekkings Gevra Jobs Wanted LOOKING for security officers / PSIRA reg / Good English speaking and be able to write/ W a g e s a b o v e manpower fee structure / Only the best need to apply. Fax CV to: 086 602 5899. SOEK jy ekstra inkomste - AVON het baie voordele WAARVOOR WAG - Hier is jou kans. Wees deel van 'n wenspan. Skakel Helene 082 334 5029.


Tuesday 18 September 2012

Classifieds

Swartland Gazette

13

Young Stars van Nieuwoudtville het die prys gewen vir die span wat die verste gereis het. Hulle het ’n stel merkers ontvang – hier ingespan as hoedjies wat hulle vir oefeninge by hul klub kan gebruik. FOTO: VERSKAF

Netbal vir ’n beter toekoms saam AMALIA VAN NIEKERK Netbal vir ’n beter toekoms saam. Dit was die leuse vir ’n baie besonderse Weskus netbaltoernooi wat op 8 September by die netbalbane van Hoërskool Piketberg plaasgevind het. Meer as 150 deelnemers het van sover as Nieuwoudtville gereis om hierdie dag van “uit-diemaag-uit-lag”-pret by te woon. Die toernooi is elke jaar ’n hoogtepunt op die Weskus Netbalunie se kalender, en dit is ’n projek wat saam met die departement van kultuursake en sport aangebied word. Op dié dag word netbal in die suiwerste vorm geniet – sonder wenmotief, sonder tellingkaarte – met baie nuwe vriendskappe wat gesmee word. By registrasie het spelers ’n nommer getrek wat bepaal het in watter span hulle vir die dag sou speel. Geïnspireer deur die onlangse Olimpiese Spele, is die spanne vanjaar vernoem na die top 16 medaljewenners in Lon-

den. Spelers van oor klub- en ligagrense is saamgevoeg, en spelers is ook aangemoedig om in posisies te speel wat vir hulle totaal onbekend was. Mans wat vanjaar vir die eerste keer in die liga meegeding het, het ook deelgeneem. Hul besondere veerkrag, raak kwinkslae en ongelooflike netbaltalent het telkemale dawerende applous uitgelok. Klubs is ook aangemoedig om aspirant-skeidsregters te nomineer om op dié dag vir die eerste keer die fluitjie te blaas. Tussendeur al die pret, is spanne en individue egter ook die geleentheid gebied om hul spanwerk en doelvaardighede op die proef te stel. Buiten die waterbottels en kospakkies wat die deelnemers ontvang het, was daar ook fantastiese pryse wat ná afloop van die toernooi uitgedeel is. Die jongste en oudste spelers in elke span het ook elk ’n geskenkie ontvang. Dit het almal net weer eens laat besef dat netbal ’n sport is wat deur almal geniet kan word – jonk of oud, man of vrou. Solank jy ’n bal kan vang, is jy welkom!

Duiweklub-uitslae Abbotsdale-duiweklub:Victoria-Wes Abbotsdale-duiweklub: Victoria-Wes: 1.Leighton Paulus 2.Larry Paulus 3.Cupido Siebritz

4.Conner Abrahams 5.Larry Paulus 6.Whim Arendse 7.Whim Arendse 8.Whim Arendse

Wedvlug van Boshoff na Malmesbury Hiermee die uitslag vir die duiwe wedvlug van Boshoff na Malmesbury. Die laaste kolom is die spoed, in meters per minuut (mpm): 1. G Williams 1 507,363 2. G Horn 1 502,207 3. F Meintjies en seuns 1 482,921

4. J Steenkamp 1 476,466 5. F Meintjies en seuns 1 476,299 6. G Williams 1 463,375 7. J Steenkamp 1 461,237 8. F Meintjies en seuns 1 455,202 9. J Steenkamp 1 446,193 10. G Horn 1 444.027.

Uitslae van Riebeek-Vallei Wedvlugklub van Boshoff af op 15 September: 1. Persens Hokke – 1 492,4525 2. Truter Hokke – 1 486,4985 3. Janco Lofts – 1 475,7670 4. Janco Lofts – 1 460,3658 5. Janco Lofts – 1 454,6784

6. Truter Hokke – 1 435,8803 7. Adams Hokke – 1 407,3545 8. Mentoor Hokke – 1 404,4742 9. Janco Lofts – 1 382,9227 10.Mentoor Hokke –1 382,6575 11. Janco Lofts – 1 363.2766 12.Mentoor Hokke –1 329.7481

ORPC duiwe wedvluguitslae van Victoria-Wes na Malmesbury 1. 2. 3. 4. 5.

Manuel Lofts K. Edas Manuel Lofts Manuel Lofts Manuel Lofts

6. Manuel Lofts 7. Manuel Lofts 8. S. Sheldon 9. BG. Lofts 10. S. Zimri


14

General - Algemeen

Swartland Gazette

Tuesday 18 September 2012

Alle paaie lei na Mamre-lentefees LIZETTE SMIT MAMRE - Twee heuwels en ’n klipgooi vêr van Darling, lê ’n skilderagtige dorpie weggesteek wat een maal elke jaar uit sy nate bars met besoekers. Die rede vir hierdie jaarlikse toeloop van mense is die Lentefees, wanneer Mamre omskep word in fantasie-wêreld met plattelandse gasvryheid, veldblomme, kore en opera.

Jeanette Moses, Yvonne Johannes en Dawn Petersen is die vroue wat vir die veldblom-uitstalling verantwoordelik was. Hulle sê hulle het sedert verlede Dinsdag aan die uitstalling gewerk en inwoners kon ná afloop van die fees van die blomme huis toe neem.

Plaaslike mans braai ter voorbereiding van die duisende besoekers wat hulle verwag. Van links is John Adams, Andreas Julies, John Damon en Hardenberg.

Fredna Prius en Judy Petersen ontspan in een van die teekamers waar besoekers aan die Lentefees die innerlike kon versterk.

Plaaslike kunstenaar Ben Moses het die illustrasies op die Lentefees-pamflet gedoen en was hoopvol om al sy kuns tydens die fees te verkoop.

Groot tekens aan weerskante van die paaie wat tot in die dorp lei, verwelkom die besoekers aan Mamre. FOTO’S: LIZETTE SMIT

IMPORTANT NOTICE WE’RE GIVING WOMEN FREE CONTRACEPTIVES. CHOOSE ONE THAT SUITS YOU AND LET’S MAKE WOMEN’S HEALTH BETTER TOGETHER. • The Pill must be taken every day at the same time. • Taking the Injection means nobody knows you are using a Family Planning method. • An Intra-Uterine Contraceptive Device (IUCD) lasts for 10 years and can be removed when you want to become pregnant. • Men and women can get a Sterilisation if they do not want any more children. • Emergency Contraception must be taken as soon after unprotected sex as possible, but within 5 days. These methods stop you from having unwanted pregnancies. To protect yourself from sexually transmitted infections (STI’s) such as HIV you must use a condom each and every time you have sex. There are male and female condoms. Contraceptives are available for free from the clinic. Enquiries: Sithembiso Magubane: Tel: 021 483-2904 or www.westerncape.gov.za

Human Communications C94904

Blommekenner, veldwagter en mensekenner, Bertie Jacoman, sê sy hande staan vir niks verkeerd nie. Hier het hy met die veldblomme-uitstalling in die tent agter hom gehelp.

Alifeyo Chavula, oorspronklik van Malawi, by die blomme en plante wat hy aan besoekers verkoop.


Tuesday 18 September 2012

Sport

Swartland Gazette

15

Landbouvereniging hou skietdag SKIETDAG ’N GROOT SUKSES: Riebeek-Kasteel se Landbouvereniging het Saterdag 15 September hul jaarlikse skietdag buite Riebeek-Kasteel op die plaas Swartdam aangebied. Hier is Johan Vlok aan die beurt om die vlakvark mooi uit die boom te bekyk voor hy sy eerste skoot vuur. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Van links staan Marli de Jager, Gert Borchards, Meent Borchards en Bernard Kotzé by van die teikens. Heinrich en Ruben Brink hou die oormobbe nader.

West Coast District Municipality

NOTICE IDP PROCESS PLAN 2013/2014 Notice is hereby given in terms of Section 21 of the Local Government: Municipal Finance Management Act (Act 56 of 2003) and Section 28 of the Local Government: Municipal Systems Act (Act 32 of 2000), that the Municipality’s IDP Process Plan with respect to the first review of the new five year Integrated Development Plan 2012-16 and the compilation of the three year draft budget (2013/2014, 2014/2015 and 2015/2016) is available for perusal.

JE van der Merwe en Albert Laubser het die skietdag ondersteun.

Henré Vlok saam met sy oupa Mauritus Coetzee.

The West Coast District Municipality’s IDP Process Plan is available for perusal in the following Municipal Offices: • Bergrivier Municipal Offices • Cederberg Municipal Offices • Matzikama Municipal Offices • Saldanha Municipal Offices • Swartland Municipal Offices.

Lodewyk Lesch, die in konsentrasie.

Enquiries/comments in this regard must be in writing and submitted by 12:00 on 15 October 2012 to the Municipal Manager at the address below. Any person who is unable to read or write can approach the municipalities mentioned above to assist them in the formulation of comments in writing. Alternatively, they can contact Mr Earl Williams at the West Coast District Municipality on tel. 022 433-8400 to assist them in compiling their comments.

KENNISGEWING GOP PROSESPLAN 2013/14 Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 21 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) en Artikel 28 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000), dat die Munisipaliteit se GOP Prosesplan ten opsigte van die eerste hersiening van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2012-16 en die opstel van die drie-jaar konsep begroting (2013/2014, 2014/2015 en 2015/2016) ter besigting beskikbaar is.

CPM HOU 4X4 EN AVONTUURDAG:Die Christelike Privaatskool Malmesbury het Saterdag 15 September ’n pretdag op die plaas Dassenheuwel van Kobus en Lida Lesch buite Malmesbury aangebied. Pieter Lesch wys sy skietvernuf met ’n pyl-en-boog. FOTO’S: LIDA LESCH

Die Weskus Distriksmunisipaliteit se GOP Prosesplan is beskikbaar ter besigtiging by die volgende Munisipale kantore: • Bergrivier Munisipale Kantoor • Cederberg Munisipale Kantoor • Matzikama Munisipale Kantoor • Saldanhabaai Munisipale Kantoor • Swartland Munisipale Kantoor.

KLEIDUIFKSUT: Die kleiduif was ’n groot trekpleister. Matt Relihan, kleiduif-instrukteur, staan André de Jager by.

OUDLEERLINGE DEEL IN DIE PRET: Van links staan Jana Jordaan, André Lesch, Rabie van Zyl, André de Jager, Jac de Clercq en GW Strydom, oudleerlinge van CPM wat nie wou uit mis op dié dag nie.

Aandag alle veerpyltjie-entoesiaste! Veerpyltjiespelers en belangstellendes uit die volgende streke in die Swartland kan by die streek se ligaklub aansluit: Abbotsdale, Chatsworth, Darling, Dassen Eiland, Illingelethu, Kalbaskraal, Koringberg, Gazette, RiebeekKasteel, Riebeek-Wes, Grotto Baai en Yzerfon-

HuntEx die eerste keer in die Kaap Kapenaars hoef nie meer Gauteng toe te reis om ’n jagskou by te woon nie. Die gewilde jag- en sportskietskou, HuntEx, kom vir die eerste keer vanaf 21–24 September Kaap toe. Die skou, wat ’n verskeidenheid aktiwiteite insluit, vind op Nelson Wynlandgoed op die R44 tussen Paarl en Wellington plaas. Buiten die uitstallings van bekende wapenhandelaars en jagtoerusting, kan daar uitgesien word na die skietaktiwiteite wat tussen die bome en wingerde op die landgoed plaasvind. Daar sal ook demonstrasies met jaghonde en valke gereël word deur die betrokke verenigings en hul lede. Boogskiet-, windbuks-, kleiduif- en senterslag-geweerskietbane is naby die uitstal areas uitgelê en goedgekeur deur die owerhede. Besoekers kan hul vaardighede toets deur deskundiges touwys gemaak word. Verskeie kompetisies word aangebied. Die beste skut op die dag het ’n kans om ’n .243jaggeweer met ’n teleskoop los te slaan. Toegangskaartjies na HuntEx-Kaap word by die hekke verkoop en pryse wissel van R60 tot R30, insluitend ’n 50%-korting vir lede van geakkrediteerde jagtersverenigings. Kinders onder 10 jaar word gratis toegelaat. Veilige parkering is beskikbaar teen R10 per voertuig. Besoek www.huntex.net inligting. Vir verdere navrae bel Deon Erasmus by 082 552 3319 of Adriaan Woudstra by 083 383 9417.

tein. Belangstellendes kan vir Sue-Anne van Jaarsveld, die voorsitter van die Swartland Veerpyltjievereniging voor 20 September kontak by 0 082 7797 799; e-pos: sueannevj@mobileemail.vodafonesa.co.za of faks: 022 461 8091.

Navrae/kommentaar in hierdie verband moet skriftelik ingehandig word teen 12:00 op 15 Oktober 2012 aan die Munisipale Bestuurder by onderstaande adres. Persone wat nie kan lees of skryf nie kan die bogenoemde munisipaliteite kontak om hulle te help om skriftelik kommentaar te lewer. Alternatiewelik kan mnr Earl Williams by die Weskus Distriksmunisipaliteit op tel. 022 433-8400 gekontak word om hulp te verleen met die samestelling van hul kommentaar.

MUNISIPALE BESTUURDER Weskus Distriksmunisipaliteit Posbus 242, Moorreesburg 7310 www.humanjobs.co.za

Human Communications (Cape) C95361


Swartland

Sedert 1954 Since

Swartland se betonvennoot ( 021-873-1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za

Year 10 • 18 September 2012 | Tel. 022 482 3817

Gemengde welslae

Hier is die Wesbank-legendes wat Saterdag die jong manne die stryd aangesê het.

FOTO’S: DERRICK YOUNG

‘Ou manne’ leer jonges ’n les MALMESBURY - Enige rugbywedstryd waar die “ou manne” die jong manne die stryd aansê, beloof om vol verrassings te wees. Met dit in gedagte, het die bestuur van die Wesbank-rugbyklub dit goed gedink om Saterdag nie slegs rugby vir honderde ondersteuners aan te bied nie, maar om ook ’n prettige familiedag by die sportgronde in Alfastraat op Wesbank te hou. Die “ou” Wesbank-legendes het in, wat as ’n spannende wedstryd beskryf kan word, die eerstespan van Wesbank so byna ’n rugbyles geleer met die eindtelling ’n skrale 32–34 in die guns van die eerste span. Gerugte van Wesbank-rugbylegendes met allerlei lyfsere kon teen druktyd nie bevestig word nie. Twee voorwedstryde is ook Saterdag tussen Abbotsdale en Wesbank gespeel waarin Abbotsdale een wedstryd gewen en die ander verloor het.

Saterdag se rugby het vir ’n paar benoude én ligte oomblikke gesorg.

Kinders kon na hartelus baljaar terwyl die grootmense rugby kyk.

Brian September en Gregory Solomons, albei Wesbank-ondersteuners, vat ’n blaaskans tussen die wedstryde.

Sportlui, daar ís ’n lewe na sport Sport het deesdae op alle vlakke professionele status. Die uittog van SuidAfrikaanse rugbyspelers om in lande soos Japan te speel, beklemtoon hierdie stelling. Weekliks lees ons van leerlinge wat reeds op hoërskool geoormerk word as toekomstige professionele sportmanne en vroue. So ook is die rugby spelers van plaaslike rugbyklubs huishoudelike name en baie keer die besprekingspunt wanneer toeskouers en rugbykenners hul menings uitspreek. Hierdie spelers is immers helde en rolmodelle in hul gemeenskappe. Maar sien ons die groter prentjie? Ja, kinders moet van jongs af aangemoedig word om een of ander sportsoort te beoefen. Dit is een van die beste katalisators van ’n gebalanseerde lewe. Dit is eers wanneer die seun of meisie hoërskool toe gaan dat mens, met goeie oordeel kan bepaal of hy of sy oor die potensiaal beskik om dit as

beroepsportman of -vrou kan maak. Potensiaal is maar een van die noodsaaklike bestanddele vir die wensresep. Dikwels sien ons hoe beserings, politiek en verbroude kanse sportsterre kniehalter om hul drome te bereik. Dan, soos Naas Botha altyd sê, moet jy iets hê om op terug te val. Kom ons neem klubrugby as voorbeeld. In die afgelope dekade het rugby op klubvlak ’n metamorfose ondergaan. Dit is glad nie vreemd vir spelers om tot R1 000 per wedstryd te verdien nie. Spelers van Grasvallei gaan speel vir Appelberg omdat hul

daar ’n geldjie kan verdien. Daar is absoluut niks daarmee verkeerd nie, maar is die tendens volhoubaar? Is klubrugby en R1 000 per wedstryd my alfa en omega? Uittrede uit sport is almal se voorland. Die dag wat jy besluit om jou stewels op te hang sal jy soos al jou voorgangers net ’n vae herinnering wees. Mense sal nou en dan verwys na jou dartellopies van ouds en dat jy die eerste speler was om die Wynlandspan te haal. Die spel gaan aan. So is dit elke sportman en vrou se plig om ’n gebalanseerde lewe te lei. Langs die kantlyn moet jy ook ’n wedstrydplan hê, die plan van die lewe. Net soos jy daagliks jou sportvaardighede opskerp, so ook is jy self verantwoordelik vir jou persoonlike ontwikkeling. Jou familie en werk is net so belangrik soos die laaste strafskop in die doodsnikke van die wedstryde. Indien jy more die spel vaarwel roep het jy ’n plan van aksie?

MALMESBURY – Tydens ’n groot uitdaag-ligawedstryd op Malmesbury het die mans A-tennisspan nie ’n gelukkige Saterdag teen die Maties beleef nie. Ongedwonge foute het onder meer daartoe bygedra dat die besoekers vyf van die ses wedstryde gewen het. Daarenteen behaal die vroue A-span ’n weghol-oorwinning oor Durbanville. Die Swartlanders wen al hul wedstryde in skoon stelle. Tydens ’n taai stryd op SomersetWes verloor die B-span net-net met 3 wedstryde teenoor 2 teen Rekreasie. Op Malmesbury: Mans A verloor teen Maties A 5 wedstryde teenoor 1: Braam Isaacs v F.O’Kennedy 4/6, 3/6; David Isaacs v W.Lategan 4/6, 6/4, 6/7; Dmitri Marais v T.Franken 1/6, 3/6; Kristoff Isaacs v S.Bezuidenhout 3/6, 6/7; Braam Isaacs & David Isaacs v F.O’Kennedy & W.Lategan 3/6, 2/6; Dmitri Marais & Kristoff Isaacs k T.Franken & S.Bezuidenhout 3/6, 6/2, 7/6. Vroue A wen Durbanville 5 wedstryde teenoor 0: Kim Titus k L.Pienaar 6/0, 6/0; Melanie Stemmet k T.Visser 6/4, 6/2; Annette de Wet & Marietjie de Kock k V.Wessels & E.Swanepoel

Kim Titus van Malmesbury in aksie op die tennisbaan. FOTO: DERRICK YOUNG 6/1, 6/1; Kim Titus & Melanie Stemmet k V.Wessels & E.Swanepoel 7/5, 6/1; Annette de Wet & Marietjie de Kock k L.Pienaar & T.Visser 6/4, 6/3. Op Somerset-Wes: Mans B verloor teen Rekreasie B 2 wedstryde teenoor 3: Divan Robertson k E.Broeksma 6/3, 6/1; Dirk Lategan v H.van Heerden 1/6, 1/6; Daryl Blom & Alwyn Burger v T.Oosthuizen & M.Kidd 6/7, 0/6;Divan Robertson & Dirk Lategan k T.Oosthuizen & M.Kidd 6/4, 6/3; Daryl Blom & Alwyn Burger v E.Broeksma & H.van Heerden 0/6, 3/6.

DANSERS VAN FORMAAT: Olivia Bruintjies van Riverlands en haar dansmaat, Lincoln Smith, het tydens die onlangse World Trialskompetisie wat in Gauteng gehou is, eerste in die volwasse afdeling van die kampioenskap geëindig. Altesaam 11 pare het in dié afdeling meegeding. Bruintjies en Smith is ook opgeneem in die WP-span wat eerskomende naweek in Kimberley sal meeding. Die dansers van elke provinsie moet ’n dansproduksie bestaande uit baldans sowel as Latyns-Amerikaanse-danse uitvoer. Die WP het die afgelope twee jaar as die wenners uit dié kompetisie getree en oefen tans hard om hul titel te verdedig. FOTO: VERSKAF


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.