Swartland Gazette 23 April 2013

Page 1

Swartland

Year 11 • 23 April 2013 | Tel. 022 482 3817

BIKERS DOEN DIT VIR LIEFDADIGHEID: Motorfietsryers van die Swartland en so ver as die Weskus het Saterdag ’n braaidag vir liefdadigheid op Moorreesburg bygewoon. Een van die hoogtepunte van die dag was die groeprit toe motorfietsryers op hul blink ysterperde vir sowat ’n halfuur deur dié rustige plattelandse dorpie gebrul het.

Brullend deur Moorreesburg

FOTO: LIZETTE SMIT

Nóg ’n Riebeek­ontwikkeling?

CHARLOTTE LESCH

RIEBEEK-WES – Riebeekvalleiers is blykbaar gekant teen die moontlikheid van nóg ’n ontwikkeling teen die hange van Kasteelberg. Verskeie inwoners van Riebeek-Wes meen die ontwikkeling is nie goed beplan nie en is nie lewensvatbaar nie. Daar is tot dusver ’n aansoek by die Swartland-munisipaliteit ingedien vir die hersonering – na ’n residensiële area – van sowat 50 hektaar plaasgrond teen Kasteelberg, en ’n omvangbepaling (scoping) gedoen. Die ontwikkeling word sedert 2005 beplan, maar is volgens die omgewingskonsultant in ’n baie vroeë stadium. Die moontlikheid van ’n aftreeoord en laerskool, waarna plaaslike inwoners graag verwys, is ook net terloops genoem en nie eers op die planne nie, sê Eloise Costandius van CCA Environmental. Sou die ontwikkeling deurgevoer word, sal dit 310 erwe reg bokant Ongegund Village (PPC Village) insluit. Die Riebeekvallei het in die afgelape paar jaar ’n skielike oplewing in nuwe ontwikkelings gesien. Die jongste waaroor die Gazette berig het, is die beplande Kasteelberg Natuur Landgoed, ’n aftreeoord en versorgingsentrum vir verswakte bejaardes binne ’n natuurreser-

vaat, wat óók teen die hange van Kasteelberg op Riebeek-Wes beplan word. Daniel Christen, eienaar van Riebeek Valley Real Estate, twyfel of die grootte van die beplande ontwikkeling, of berglandgoed soos daar ook na verwys word, se huise voldoende is. Christen sê erwe van 200 m² (die grootte van ’n Hop-huis se erf) word beplan. “Mense wat na die platteland trek, soek nie erwe kleiner as ten minste 500 m² nie.” Hy het Ongegund Village as voorbeeld gebruik: Dié residensiële area is groter as die nuwe ontwikkeling s’n, maar slegs 75 erwe is daarop uitgelê. Verder is daar reeds baie oop spasies in Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes self, al is daar infrastruktuur. Christen meen die berglandgoed, wat nie op dié infrastruktuur soos winkels kan staatmaak nie, sal moeilik kompeteer. Hy sê die ontwikkeling sou minder negatief ontvang word indien die ontwikkelaars (Ongegund Trust – nié verwant aan Ongegund Village nie) ’n meer luukse ontwikkeling met minder erwe oorweeg het. Hy voeg by daar is wel ’n behoefte aan ’n aftreeoord met ’n versorgingsentrum vir verswakte bejaardes, maar in die dorpe self. Twee inwoners van Ongegund Village met wie die Gazette gepraat het, het ook gesê hulle is vir verskeie redes teen die ontwikkeling gekant. Dorothy Wodrich, ’n jarelange inwoner

van Riebeek-Wes, beskou nóg ’n moontlike ontwikkeling en aftreeoord as absurd. “Ons dorp kan skaars die aftreeoord wat basies reg langs Ongegund Village beplan word, bekostig.” Costandius van CCA Environmental, wat in 2010 as omgewingspraktisyn aangestel is om die omvangbepalings- en omgewingsimpakproses te voltooi, het dit by navraag duidelik gestel dat geen finale besluit oor die ontwikkeling en wat oorweeg word, nog gemaak is nie. “As die omgewingsimpakstudie gedoen word, sal ons sien of daar regtig ’n behoefte vir ’n aftreeoord en laerskool is, asook die tipe ontwikkeling.” Oor of daar ’n behoefte aan residensiële uitbreiding op Riebeek-Wes bestaan, het sy gesê uit die baie navrae deur belangstellendes gedurende vroeë ontwikkelings op die dorp, het dit so voorgekom. Die beplanningsproses van die berglandgoed is aanvanklik kort ná die indiening van hul hersoneringsaansoek in 2006 tot stilstand gebring nadat teenkanting van talle plaaslike mense ontvang is. Besware is hoofsaaklik gemaak teen probleme wat infrastruktuur en munisipale dienste betref, asook die potensiële verandering wat die ontwikkeling aan die karakter van die dorp mag bring. ’n Nuwe stedelike randgebied is sedert die aansoek vir Ongegund Village afgebaken en die beplanningsproses vir die nuwe ontwikke-

’n Illustrasie van waar die voorgestelde ontwikkeling op Riebeek-Wes geleë sal wees. CCA ENVIRONMENTAL ling kon toe voortgaan nadat besware opgelos is. ’n Finale omvangbepalingsverslag is in November 2007 deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedgekeur. Planne is vir eers op ys geplaas, terwyl probleme wat munisipale dienste en die stedelike randgebied betref, aandag moes geniet. Die voorgestelde omvangsverslag is intussen vrygestel en tot 27 Mei beskikbaar vir kommentaar by die Riebeek-Wes-biblioteek en Alan Zondagh Rugby Performance Centre.


2

News - Nuus

Swartland Gazette

Tuesday 23 April 2013

Loslopende beeste veroorsaak botsing op N7 CHARLOTTE LESCH MALMESBURY – Beeste wat weer op die N7-deurpad naby Malmesbury los rondgeloop het, het verlede Sondagnag ’n ongeluk veroorsaak. Volgens Herald Erentze, inwoner van Wesbank, kon die ongeluk egter baie erger gewees het. “Ek, die bestuurder, en drie passasiers het Sondagnag om 02:00 vanuit Kaapstad terug huis toe gekeer toe my voertuig teen ’n bees op die N7 gebots het,” sê Erentze. Die ongeluk het ná die afdraai na Abbotsdale-Wes in die rigting van Malmesbury plaasgevind. Volgens die bestuurder was daar aankomende voertuie wat hom gedwing het om sy helder ligte te demp, wat veroorsaak het dat hy nie die bees betyds gesien het nie. Hoewel Erentze sowat 100 km per uur gery het, sê die Malmesbury-polisielede hulle is verbaas geen insittendes het beserings opgedoen nie.

Philip Humphreys, direkteur van beskermingsdienste by die Swartland-munisipaliteit, het by navraag gesê die loslopende diere op die N7 bly maar ’n probleem. “Die Swartland-munisipaliteit het ’n ooreenkoms met Stad Kaapstad aangegaan sodat die loslopende diere op die N7 en in die res van die Swartland na hul skut in Atlantis kan gaan. Die Swartland-munisipaliteit het ook ’n diensverskaffer aangestel om die loslopende diere na die Atlantisskut te vervoer. Sodra die munisipaliteit of die munisipale polisie gekontak word, sal die diensverskaffer gestuur word om die diere na die skut te vervoer.” Ashley Williams, wat verantwoordelik is om ongelukstonele op paaie skoon te maak, sê die bees het geen brandmerk of identifikasie van die eienaar opgehad nie. “Diere word gewoonlik in so ’n geval uitgebrand, maar in dié geval is die bees geslag, omdat hulle baie vinnig op die toneel was.” Volgens Humphreys is skutfooie deesdae baie hoog en sal dit eienaars baie geld uit

die sak jaag. Perde, beeste, varke, skape, bokke, donkies, volstruise en enige ander dier (honde en katte uitgesluit) kos R627 eenmalig per dier en R120 per dag. “Tien bokke wat geskut word vir vyf dae, sal R6 270 kos (R627 x 10 diere). Voeg ’n verdere R6 000 (R120 x 10 diere x 5 dae) by die bedrag, dan kos die eienaar se 10 loslopende diere hom uiteindelik R12 270.” Humphreys het nie voor druktyd op navrae geantwoord oor of daar na ander alternatiewe gekyk word nie, soos ’n ander loopplek vir die diere, verder weg van die N7. Hy sê patrollies word onderneem om die probleem aan te spreek. Motoriste word gevra om versigtig te bestuur en op die uitkyk te wees vir loslopende diere. Sou sulke diere opgemerk word, moet die munisipale polisie dringend gekontak word. Bel die volgende noodnommers indien diere op die snelweg gewaar word: 022 487 9400 / 022 487 9479 / 022 487 9411.

Dit is hoe die voertuig van Herald Erntze lyk nadat die bees op die N7 getref is. FOTO: VERSKAF

Gevangenes se kunswerk uitgestal MALMESBURY – Die gemeenskapsaal van Korrektiewe Dienste op Malmesbury was verlede Donderdag stampvol kunswerke wat gewissel het van beeldhouwerk, skilderye en pottebakkery tot digkuns. Die kunsuitstalling op Malmesbury het bestaan uit kunswerk deur gevangenes van reg oor die provinsie en vorm deel van ’n provinsiale kunskompetisie vir gevangenes. ’n Wenner is uit elke streek gekies, wat deurgedring het tot op nasionale vlak. “Die nasionale kompetisie vind gedurende Mei in Goodwood plaas,” sê die assistentdirekteur van die departement, Theuns Spangenberg. “Sommige gevangenisse bied kunsklasse aan waaruit kunswerk spruit. Ander kunswerk kom uit informele situasies waar ’n gevangene ’n kunswerk skep vanuit sy tronksel met dit wat hy beskikbaar het,” sê Spangenberg. Victor Harley, een van die beoordelaars, was aangenaam verras met die gevangenes se werk toe hy die vorige dag die saal ingestap het en pragtige skilderye van landskappe, wild, die see, portretstudies en meer gesien het. “Gegewe hul omstandighede, is dit ongelooflik.”

Twee beoordelaars was Donderdag tydens die provinsiale kunskompetisie vir gevangenes se uitstalling by die plaaslike gevangenis op Malmesbury teenwoordig. Victor Harley en Lindy du Toit staan by die wenners se kunswerk vanuit die verskillende streke in die Wes-Kaap. Mtoti Mzongwana en Bok Skepe van die Nyanga-kunsontwikkelingsentrum en Angela James het help beoordeel. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Van skilderye tot beeldhouwerk was verlede week in die departement van korrektiewe dienste se saal op Malmesbury te sien.

Dienste by tehuis Uitgebreide dienste is nou by die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury beskikbaar. Die tehuis is 1 April geregistreer as versorgingseenheid vir pasiënte (wat lid is van ’n mediese fonds) ná operasies. Nou kan individue wat ’n operasie ondergaan het, in Aandskemering se versorgingseenheid kom aansterk. Die tehuis beskik oor ’n sterk opgeleide komponent van drie geregistreerde verpleegkundiges, vier ingeskrewe verpleegkundiges en tien assistent-verpleegsters wat almal by die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad geregistreer is. Die personeel word verder versterk deur 22 verpleeghulpe. Die tehuis funksioneer onder streng handleidings en wette rakende mediese sorg, medikasiebeheer en die hantering van pasiëntsorgplanne.


Dinsdag 23 April 2013

News - Nuus

Swartland Gazette

3

Boere: ‘gronddiewe’ of ‘kosvoorsieners’? CHARLOTTE LESCH

beeld as gronddiewe drasties moet verander na een van voedselvoorsieners. Hy sê geMALMESBURY – “Die meorganiseerde landbou breek dia moet meer positiewe nie tot die openbare mening nuus na vore bring, want en tot die besluitnemers wat daar is baie positiewe dinbeïnvloed móét word, deur ge wat gebeur in die landnie. bou.” Hy sê verder dat dit nie help om met jou eie mark te praat Só sê Truter de Kock, een nie. “Nooi vir ’n slag ’n joernavan die boere wat verlede lis van die Sowetan of die Son Maandagaand tydens Malom te sien wat regtig op jul mesbury Landbouvereniging se algemene jaarverga- Max du Preez is hier by Uys van der West- plase aangaan.” Du Preez sê die nuwe naam dering teenwoordig was toe huijzen, voormalige voorsitter van MalMax du Preez ’n volgepakte mesbury Landbouvereniging wat na twee vir openbare betrekkinge is saal boere oor die rol van die jaar sy voorsitterskap aan Liam Viljoen persepsie-bestuur. Hy meen media en landbou kom toe- oorhandig het. Du Preez was die gasspre- boere het ’n persepsie-bespreek het. ker by die vereniging se algemene jaar- stuurder nodig om die bedryf Du Preez, bekende politie- vergadering. FOTO: CHARLOTTE LESCH se beeld te verander. Volgens Michiel Smuts (jr.) ke kommentator, skrywer en outeur, het sy toespraak begin deur te sê hy wat as boer in noue samewerking is met georgais bly hy is nie vandag ’n boer nie, en het die be- niseerde landbou, kom die poging om die beeld dryf as edel beskryf. “Julle dra al die witmense te verander al lank aan. “Dit is al lankal op die se skuld. Boere het die slaansakke vir opportu- agenda om die persepsie om te swaai, so dis redeniste geword oor die emosionele grondkwessie.” lik in lyn met wat Du Preez gesê het. Landbou Verskeie boere wat die vergadering bygewoon is bewus daarvan (dat hul beeld moet verander).” De Kock sê dit word egter al moeiliker vir die het, het saam met hierdie stelling gestem. Du Preez, nuwe inwoner van Riebeek-Kasteel, boere gemaak om positief te bly, maar stem saam het die boodskap duidelik gestel dat boere se dat boere harder moet probeer om ’n positiewe

Die poskantoor op Malmesbury is verlede Dinsdagaand net voor toemaaktyd deur ’n onbekende man beroof. FOTO: LIZETTE SMIT

Poskantoordief slaan wéér toe

MALMESBURY - ’n Man wat deur die polisie gesoek word in verband met sewe rooftogte by poskantore in die suidelike en noordelike voorstede van Kaapstad, het op 16 April hiér toegeslaan. Konst. Hennie du Rand, die plaaslike polisiewoordvoerder, sê dié man, wie se identiteit tot dusver onbekend is, het verlede Dinsdagaand skuins voor toemaaktyd by die poskantoor ingegaan en het volgens werknemers by die poskantoor gesê hy wil lugtyd koop. Hy het ’n vuurwapen uitgehaal en met sowat R8 000 die

gebou verlaat. Hy het glo gedreig dat hy die personeel sal skiet indien hulle hom sou volg. Niemand is tydens dié of enige van die ander poskantoor-rooftogte waarmee hy die afgelope jaar verbind word, beseer nie. Du Rand sê die verdagte se modus operandi is volgens inligting altyd dieselfde deurdat hy skuins voor toemaaktyd toeslaan. Dit is onbekend of hy met ’n voertuig of dalk te voet op die vlug geslaan het. Enigiemand met inligting kan ao. Trevor Smit by 022 482 2761 bel.

beeld te skep en wyer mediadekking te kry, soos in die Sowetan. Du Preez het boere gemaan om op te hou kla en nie net ’n argument te wen nie, maar eerder ’n plan te maak “soos net ’n boer kan” en ’n strategie te ontwikkel hoe boere hul kinders en hul grond kan beveilig om aan te hou met boer. “Ons moet ’n gebalanseerde begrip hê van politiek en wie regtig die mag het. Dit is beter om jul opponente ore aan te sit en self ’n plan te maak.” Een van die boere by die vergadering, Peter Steyn, sê hoewel hy nie met alles wat Du Preez sê saamstem nie, boere langtermyn moet dink en nie daarop konsentreer om nou die geveg te wen nie. “Hy stel ’n ander punt uit ervaring en kenniswaaraanonsnieblootgestelwordnie.Ons is te geïsoleerd in ons omgewing. Ons moet uit die boks dink om oplossings te kry.” Janus le Roux meen die boere sal, soos Du Preez dit uitlig, iets meer positief moet doen om die regte boodskap oor boere uit te kry. “Ons moet ook meer doen om die klem op kosvoorsiening te lê.”

Lucille Botha, ’n joernalis van Landbouweekblad, gesels met Max du Preez.


4

People - Mense

Swartland Gazette

Tuesday 23 April 2013

Besigheid het nou ’n nuwe netwerk CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY – Uit met die oue en in met die nuwe. Die voormalige Business Link het ’n splinter nuwe baadjie, naamlik die Swartland Besigheidsnetwerk. Die nuwe konsep het verlede Donderdagaand baie belangstelling onder sakelui in die Hoërskool Swartland se Olok-saal geniet. Nora Marais, voormalige koördineerder van Business Link, sê dié konsep dek ’n wyer veld en sal blootstelling aan ’n groter gehoor bied. Die nuwe konsep is op die been

gebring ná ’n samewerkingsooreenkoms met Rudolf Knoetzen van Voiceconnect. Met haar vernuf om met mense te werk en te netwerk en Knoetzen se kennis op die gebied van sosiale media, is Swartland Besigheidsnetwerk gebore, vertel Marais. “Die nuwe konsep bied nou die geleentheid om meer mense te bereik.” Lede se besighede kan nou ook toegang tot ’n groter gehoor geniet. Marais voeg by dat hulle ook buite die Swartland wil uitbrei om op die ou einde ’n platform te skep waar die hele Wes-Kaap kan netwerk.

Van links staan Christo Smit van Built It, Karen Bester van Bester en Vennote en Anet Souris van Copytype FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Nora Morais, koördineerder van Business Link, het ’n ooreenkoms met Rudolf Knoetzen van Voiceconnect, ook eienaar van die webwerf, atMalmesbury Business Directory, gesluit om die Swartland Besigheidsnetwerk op die been te bring.

Jacques Chade van Kaap Agri en Sarel Visser van Figure in ligte luim oor ’n drankie terwyl hulle die besigheidsvooruitsigte bespreek voor die afskop van die verrigtinge.

Linda van Tonder van Earth Angel, Carol de Jager van die Swartland Gazette, Wilna en Marius Smuts van Body Stress Release, en Debbie Swart van SuperSpar.

NUWE BESTUUR VIR MALMESBURY LANDBOUVERENIGING: Dié nuwe bestuur is verlede Maandagaand by Malmesbury Landbouvereniging se algemene jaarvergadering verkies (agter van links): Derick Becker, Peter Steyn, Michiel Smuts (jr.), Truter de Kock, Charl Hamman en Pieter Dreyer; (voor) Erna Thiart (sekretaresse), Bennie Lambrechts, (ondervoorsitter), Liam Viljoen (nuut verkose voorsitter), John Dürr, Philip Geldenhuys en Nina Slabber. (Afwesig: Lodewyk Lesch) FOTO: CHARLOTTE LESCH

WARMUP WARM WITH THESE GREAT

PRICES

AUTUMN FASHION FOR THE WHOLE FAMILY!

LADIES LONG SLEEVE TEE’S

39

95

MENS BEANIES

LADIES BERETS

9

10

95

95

10

95

LADIES STOCKINGS

19

LADIES BLAZERS

95

LADIES FUR BOOTS

89

95

MENS SCARVES

129

95

LADIES POLONECKS

29

95

LADIES PUMPS

49

95

BIGGER BOYS MENS LONG SLEEVE ASSORTED TEE’S LONG SLEEVE GOLFERS

49

39

19

95

MENS LONG SLEEVE TEE’S

95

95

BIGGER BOYS TRACKPANTS

INFANT JERSEYS

19

95

KIDS RAINBOOTS

29

95

PLENTY MORE SPECIALS INSTORE

EACH

LADIES SLEEPWEAR NOW INSTORE! ATLANTIS

021 572 4381

BELLVILLE MIDDESTAD MALL

021 949 7639

CAPE TOWN

021 465 2835

GATESVILLE

021 637 2416

MALMESBURY

022 487 2532

VREDENBURG

022 715 3303

GOLDEN ACRE

021 418 3439

MITCHELLS PLAIN

021 391 5001

WORCESTER

023 342 4754

GRABOUW

021 859 3811

PAARL

021 872 0712

KHAYELITSHA

021 364 5928

PROMENADE

021 376 3719

HEAD OFFICE & FACTORY SHOP

021 447 4725


Tuesday 23 April 2013

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

5


6

Swartland Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 23 April 2013

MADIBA: Jeug besoek oudpresident Nelson Mandela se huis voor sy vrylating uit die “Victor Verster” Gevangenis. FOTO: VERSKAF

Misdaad word ál makliker

Misdaad in Suid-Afrika is, hoewel nuus, lankal niks nuuts meer nie. Dit wil egter voorkom of dit makliker word om ’n misdaad soos diefstal te pleeg. Die sosiale netwerk, Facebook, het gister gegons soos inwoners hul misnoeë uitspreek nadat sommige die afgelope naweek onder misdaad deurgeloop het. ’n Boer se lone vir sy werkers is byvoorbeeld helder oordag uit sy voertuig gesteel. Nóg ’n inwoner vertel van hul slegte ervaring toe daar by hul huis ingebreek is. Die poskantoor op Malmesbury – wat omtrent in die middel van die dorp geleë is, omring word deur ondernemings met baie voete en duidelik sigbaar is – was die afgelope paar weke drie keer die teiken vir rowers gewees. Atlantis, wat feitlik aan die Swartland grens, praat amper elke dag oor nóg ’n moord wat daar plaasgevind het. Bekampingsveldtogte teen misdaad word meer, maar neem misdaad regtig af? Plattelandse inwoners wat deur misdaad geraak word, besef eers ná ’n voorval hul dorp is nie meer veilig nie. Die bobbejaan moet nooit agter die berg gehaal word nie. Plattelanders moet egter wel meer paraat wees as hulle volgende keer geld op dieselfde tyd van die dag by die bank gaan inbetaal. Misdadigers moet die boodskap kry dat inwoners bewus is van hulle.

Dis voordelig om die Here te dien PASTOOR PIET SMIT

CYM breek weg op invloedryke toer Op Saterdag 13 April, het die jeug van die VGK Malmesbury (CYM-Christen Youth Movement) die Drakenstein Korrektiewe Jeugsentrum besoek. Volgens Elna Titus, een van die leiers, word die jeug gedurig blootgestel aan groepsdruk, bendegeweld, drank en dwelmmisbruik, vroeë skoolverlating, ongewenste tienerswangerskappe, ens. Daarom is daar gedurende die eerste kwartaal gefokus op hierdie areas en was dit gepas om die Jeugsentrum by die Drakenstein korrektiewe sentrum te besoek. Drie gevangenes het hul stories met die jeugmaats gedeel. Hulle het vertel van hul lewe, hoe hulle grootgeword het en wat veroorsaak het dat hulle in die gevangenis beland het. Die jeuggroep is ook gewaarsku om gehoorsaam aan hul ouers te wees, hul skoolloopbane te voltooi en altyd betrokke te wees by positiewe dinge. Die jong mense is ook deur die gevangenis se

jeug-orkes vermaak. Die hoogtepunt van die dag was die besoek aan oudpresident Nelson Mandela se huis voor sy vrylating uit die Victor Verster-gevangenis. Vir al die jeugmaats was dit ’n groot eer en ’n wonderlike ervaring wat hulle altyd sal bybly. Matrone Marriette het tereg opgemerk “om te dink Madiba het in hierdie stoel waar ek nou sit, TV gesit en kyk. Ek kan dit mos nie vergeet nie”. Die middag is afgesluit met ’n Streetwise Two-maaltyd vir elkeen by KFC. Volgens Kristoff Isaacs was die dag ’n groot sukses en het dit soos hy dit noem,“sy doel gedien”. Die bestuur wil alle ouers hartlik bedank vir hul betrokkenheid en positiewe bydraes. Die CYM kom elke Vrydagaand om 19:00 by die VGK-saal bymekaar. U kan gerus kom inloer. U is meer as welkom.

Miga 6:9 – “Die stem van die Here roep tot die stad ... dit is heilsaam om u Naam te vrees.” Ek glo dit is in elke opsig voordelig om die Here Jesus te ken as Verlosser en Saligmaker; Hom te volg en te dien. Die welbekende Psalm 1:1 se woorde in die Ou Vertaling is baie sterk: “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose …” ’n Prediker maak die bewering op ’n geestelike televisiekanaal dat dit die beste gaan in lande waar die Here gedien word. Hy verwys na Engeland en die VSA wat deur al die jare die Here dien en sendelinge uitgestuur het na die res van die wêreld om die evangelieboodskap te verkondig. Vervolgens wys hy daarop dat dit juis hierdie lande is wat die grootste ontdekkings en uitvindings deur al die eeue gemaak het. Geeneen van die ander lande waar die Here nie gedien word nie, selfs nie Japan en China, kan met groot ontdekkings spog nie. Hulle is groot bemarkers en het verbeter op die ontdekkings van die Engelse en die Amerikaners, maar self was hulle nie die uitvinders nie.

JEFFREY ARENDSE, MALMESBURY

KONTAK ONS Redaksie Charlotte Lesch T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: charlotte.lesch@media24.com Lizette Smit T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: lizette.smit@media24.com

FEETJIES EN KABOUTERS VAN KAMMALAND: Ouers en vriende van Kammaland-speelskool op Malmesbury het Saterdagaand hul jaarlikse geldinsamelingdans in Laerskool Swartland se saal gehou. Hier is van links, Jolandi Vermeulen, Marené Kemp, Han-Mari Lamprecht en Lizette Batt uitgevat as die vriendelike feetjies vir dié aand.

Advertensies Carol de Jager T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: carol.dejager@media24.com Geklassifiseerd en admin Natalie Tenn T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: natalie@swartlandgazette.co.za Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titels wat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliks in Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Yzerfontein versprei.

REIS DEUR DIE WOESTYN: Die museum op Malmesbury het Dinsdagaand behoorlik uit sy nate gebars van mense wat wou luister na Lambert Vorster se vertelling van sy onlangse toer deur die westelike woestyn van Egipte. ’n Skyfievertoning van die unieke natuurskoon en interessante inwoners van Egipte het gesorg vir ’n onvergeetlike aand. Hier gesels Vorster met ’n paar vroue wat die praatjie bygewoon het. FOTO: LIZETTE SMIT

SUPERSPAR VERRAS MET KOEK: Malmesbury Superspar het verlede Donderdag vir Swartland-hospitaal se kindersaal ’n koek geneem ter viering van al die kinderpasiënte se verjaardag. Van links staan Suzette Plaatjies, Debbie Swart, suster Kosolo Mandisa en Rolene Albertyn. FOTO: VERSKAF

FOTO: LIZETTE SMIT

DAG IN DIE LEWE VAN ’N MATIE: Tamryn Adonis en Maquinitte Krynauw van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury was deel van ’n groep voornemende studente wat die Universiteit Stellenbosch Donderdag 18 April besoek het as deel van die Sentrum vir Voornemende Studente se jaarlikse Dag in die Lewe van ’n Matie-geleentheid. Hulle het saam met die groep beweeg wat inligtingsessies oor die Fakulteite Natuurwetenskappe, Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, AgriWetenskappe en Ingenieurswese bygewoon het, en is tydens ’n praktiese sessie deur dr. Gareth Arnott, dr. Delia Hayes en dr. Katherine de Villiers-Chen van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap gewys hoe om waterstofjel (polivinielalkohol) voor te berei. Die Dag in die Lewe van ’n Matie-geleentheid is ’n opvolg op die US se gratis loopbaanassesseringprojek, Careers@Maties,wat van stapel gestuur is om leerders vanuit voorheen benadeelde skoolgemeenskappe beter voor te berei op verdere studies en hulle te ondersteun om hul loopbaanideale te bereik. FOTO: PIA NäNNY


Tuesday 23 April 2013

Olyffees: SMS nou As jy verlede week vergeet het om in te skryf vir Allesverloren se Olyffees-kompetisie, het jy dié week nog ’n kans. Ja, ’n splinternuwe ronde inskrywings open vandag en vyf gelukkige finaliste wie se name vandeesweek getrek word, sal saam met verlede en volgende week se finaliste die kans staan om een van drie geskenkpakke te wen. Die wenners van die geskenkpakke sal Saterdag 4 Mei om 12:00 in ’n gelukstrekking by die optree-tent aangewys word uit die 15 finaliste wat deur die Swartland Gazette ingeskryf het. Onthou dat die wenners teenwoordig moet wees om die prys te ontvang. Die geskenkpakke is ter waarde van R1000 en sluit ‘n aliminiumraam-koelsak, Allesverloren-wyn en allerlei nekkernye in. SMS Olywe, jou naam en van teen Dinsdag 30 April na 37173. SMS’e kos R1,50.

27 April ) Die NG Swartland-Noord-gemeente hou om 08:30 basaar op die kerk se terrein. Vars vleis, groente en gebak, plus nog veel meer sal beskikbaar wees. ’n Boere-ontbyt, middagete en ’n teetuin word aangebied. Skakel 022 482 1407 vir navrae. ) Die AGS Piketberg-gemeente bied vir die derde agtereenvolgende jaar sy korekompetisie in die landbousaal op Piketberg aan. Alle kerk- en jeugkore, asook groepe (van 4 tot 12 lede) kan inskryf vir die wisseltrofees wat vir die 1ste, 2de en 3de plekke uitgeloof sal word. Bel pastoor C. Koelenberg by 072 255 3102 of Nick Scheepers by 072 270 7003 vir verdere besonderhede. Inskrywings sluit op Maandag. ) Rugbydag by Wesbank-sportterrein, asook die Vodacom-beker-rugbywedstryd tussen Boland Kavaliers en die O.P.. Hekke maak om 09:00 oop. Toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Bel Maurice Markus by 083 650 6273 of Aubrey Engelbrecht by 073 1978 918 vir meer inligting. ) Die maandelikse boot sale en markdag word by die Koringmuseum-terrein op Moorreesburg van 08:00 – 12:00 gehou. Die kosteis R30 per stalletjie. Bel Annelize by 022 433 1072 vir meer inligting. ) Pentacost House of Prayer Ministries bied om 19:00 ’n musiek-en-sang-aand by Esterhof Premier-saal op Riebeek-Kasteel aan. Bel Jan Geduld by 072 972 6293 vir meer inligting.

28 April ) Cloof Wine Estate presents: Sunday lunch with winetasting and fun activities. R195 per person and R80 for children between 3 and 12 years for a three-cource buffet. Booking is essential with Julene on 022 492 2839 or 083 412 7443 before 27 April.

30 April ) Aandskemering Tehuis vir Bejaardes hou 09:00 ’n straatmark voor die tehuis om ontslae te raak van artikels waarvoor hulle nie meer nut het nie, soos: gasstowe en tweedehandse meubels, elektriese ware, linne, klere en kombuisgereedskap. Almal is welkom. Daar sal ook allerlei stalletjies met ’n verskeidenheid van verversings wees. Skakel 022 482 1466 vir navrae.

4 en 5 Mei ) Olyffees in Riebeek-Vallei van 09:00 – 17:00. Bel Derek of Susan by 022 448 1368 vir meer inligting.

18 Mei ) Die VG Kerk Riebeek-Wes bied ’n vertoning deur die bekende gospelgroep, DUMISANI, aan. Vir navrae, bel Hywel Appolis by 082 843 5505.

General - Algemeen

Swartland Gazette

7


8

Swartland Gazette

Promosie - Promotion

New at Cloof Wine Estate: Sunday lunches Cloof Wine Estate is pleased to announce that its tasting room and kitchen are now open on the last Sunday of each month. For only R195 per person and R80 for children between three and 12 years, the estate offers a leisurely three-course buffet-style lunch. Everything is homemade and all the ingredients, where possible, are locally sourced. At each event you will be able to taste and learn about Cloof’s award-winning wines. This is a family occasion and various games, such as horseshoe and boule, will be part of the activities. In addition to their regular Sunday lunches, the estate will be hosting special events, the first being Mother’s Day. All wines will be available at cellar door prices. Your table will be available at 11:00 and your lunch will be served at 12:30. Remember, booking is essential and the cut-off date is 27 April. Phone Julene on 022 492 2893 or send an email to julene@cloof.co.za.

Tuesday 23 April 2013

Everything bridal at Grand West Casino FAB, the Cape’s most renowned bridal show, is held for the second time round at the beautiful and luxurious Market Hall at GrandWest Casino. FAB Bridal Expo is set to take place on 4 and 5 May and will once again offer those who are planning their wedding (or even a special event or birthday party) access to everything they need for their special day. FAB brings together service providers and products from across the Cape and puts visitors in touch with the various experts they need in order to plan their wedding. Highly experienced and creative experts in their different fields, ranging from venues, dresses, caterers and shoes to even those needed to plan a honey-

moon or a special get-away, will be available over the two-day period to answer questions, assist with queries, or be of general assistance to visitors. Not only will visitors be able to see a wide selection of static displays of stunning gowns by most of Cape Town’s well known and up-and-coming designers, but FAB-goers will also get the opportunity to see and experience different designs on the ramp during the three daily fashion shows at 10:30, 13:00 and 15:00. Parking for the full day is R10. For more information on the Bridal Expo, contact the organisers on 021 910 2779 / 084 596 1753 or email us desiree@donatoevents.co.za or visit the Facebook page: FAB Bridal Expo and the website Donato Events.

Win with FAB Bridal Expo 2013 Ten Swartland Gazette readers each stand a chance of winning an entry ticket each to the value of R60 to the FAB Bridal Expo! Tickets also include the daily fashion shows. All you need to do, is contact the organisers, Donato Events, on 021 910 2779 on Wednesday 24 April 2013 between 10:00 and 10:30, and answer the following easy question:

What is the name of the bridal show that is showcased in the beautiful Market Hall at the Grand West Casino? The first ten readers to phone in will each receive a ticket. Those who are not so lucky will be able to purchase tickets at the entrance to the show on any of the two show days. Show hours are: Saturday 4 May, 09:00 – 17:00. Sunday 5 May, 09:00 – 16:00.


Tuesday 23 April 2013

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

PLUS EARN POINTS

WINNERS

THIS WEEK’S

PnP no name Frozen Chicken Braaipak 2kg TM

Product has been styled for photography

Each

Kellogg’s Corn Flakes 750g

74

Harrier Whisky 750ml

1989

1799

3899

per kg

2599 99

3999 Bulk Beef Mince

94

99

Captain Morgan Spiced Gold 750ml

95

he Age of 18. Dri Alcohol Not for Sale to Persons Under the Drink Responsibly.

Each

First Choice Salted Butter 500g

Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 15s

Tastic Parboiled Rice 2kg

NOW ONLY

3249

00

per pack

SAVE 20.00

Cuddlers Disposable Nappies Bulk Pack Midi 52s, Maxi 50s, Maxi Plus 48s or Junior 44s

Always there for you PRICES VALID 23 - 28 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES AND HYPERS IN WESTERN CAPE ONLY

EXCLUDING BEAUFORT WEST, GEORGE, JEFFREYS BAY, KNYSNA, MOSSEL BAY, OUDTSHOORN, PLETTENBERG BAY, NAMIBIA, EXPRESS AND DAILY STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores. LIQUOR NOT FOR SALE ON SUNDAYS EXCLUDING CANAL WALK.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88

(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177106B_E

9


10

Classifieds

Swartland Gazette

11

36

In Memoriam

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES

ASPATAT PARTYTJIES: Springkastele, CK BLINDS - Verskaffers waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé te huur. Kontak: 022 487 3948/ 084 607 5658. 072 126 2394.

07 Gelukwensing Congratulations

Kyk wie word 1 jaar oud op 28 April! Baie geluk Thorique met jou eerste verjaarsdag. Liefde: Hendriks & Adams familie

Abrahams Marian (Poppie) - 24/4/2013 is dit ma se 4de verjaarsdag weg van ons. Dit maak seer maar ons berus daarby. Alles gebeur met 'n doel. Ons sal lief bly vir ma. Van: Johan, Lilian en kinders. Petersen Stephanus (Fanie)-24/4/73 -2/1/2009 More sal dit jou 5de verjaarsdag weg wees. Hoe meerder die jare , hoe groter die vermisting. Van: Mammie, 3 broers, 2 susters en kinders.

Kyk wie word 1 jaar oud op 28 April! Baie geluk Thorique met jou eerste verjaarsdag. Liefde: Hendriks & Adams familie

Kyk wie word 80 op 23 April! Baie geluk. Gods rykste seëninge en goeie gesondheid word u toegewens. Liefde:Adams & Hendriks familie.

RAAI wie word 1 op die 24 April 2013? Baie geluk Ashleen. Van: Ashley, Lezane en familie.

WILLEMSE LEON 11/12/1983 - 24/4/2011 Woensdag 24/4/13 is dit 2 jaar wat jy skeilik van ons weggeneem is. Die gemis en verlange is groot, maar ons berus in God se wil. Ons koester net daardie mooi herinneringe en ons sal jou altyd in ons harte onthou. Van: Ousus, Ouma, Dawid, Crusa en Ryan. Woensdag is dit jou 2de jaar wat jy van ons af weggeneem is. Die vermisting is nog baie groot, maar berus ons daarin. Rus sag. Mammie, Suster, Broers en Uzair.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 21 Op Soek Na . . . In Search Of . . .

Opsoek na weiding te huur vir ± 50 Kalwers. Skakel Petrus Mulder by 076 795 2438.

34

Spyseniering Catering RAAI wie word 1 op 28 April 2013? Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: Mammie, Daddy, Ouma, Oupa en Ouma grootjie en familie.

Kindervermaak Children’s Entertainment

CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaar-digers van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & veran-derings. Derick & Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394.

VIR bestellings van samoosas, springrolls, rotis, koek ens. Skakel 022 486 4933.

BOETIE EN SUSSIE SPRINGKASTELE Waterglybane en verskeidenheid spring-kastele te huur. Kontak Nelia 073 610 2810. TJ'S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa: 082 497 3383.

43

Persoonlike Dienste Personal Services HASIMO BOARDING CATTERY - Exclusive Holiday accomodation for cats. Quality care and personal attention. Individual runs. To book, phone Daléne @ 072 525 0725.

TE KOOP FOR SALE 71

Algemeen Miscellaneous DOVER STOWE !!! Skakel 073 376 4126. Heerlike boerewors geen soja, goeie vleis @ R60 per kg, Biltong @ R160 per kg, Droë Wors @ R140 per kg, Chilli Bites @ R180 per kg, Shin beperkte voorraad @ R45 per kg. Word gemaak in Riebeek Wes onder die hoogste higiëniese standaarde moontlik. Lewer af in Malmesbury, daagliks. Skakel: 071 846 7915.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 105

Binnenshuisdienste Home Services Interior BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand: 083265 5161.

159

Motors te Koop Vehicles for Sale MAZDA MIDGE 323, Sedan 1300, 1997 te koop. Skakel 072 065 7072 na 17:00.

Sakepersele Te Huur Business Premises to Let

1141

Desiree Hartney. BA, HonsBA Vertaling (Stell) Professionele taalversorging / vertaling van verskeidenheid dokumente. Sowel Afrikaans as Engels. Skakel 073 398 0492 of epos: desireehartney @yahoo.com

1146

Teëlwerk/Vloere Tiling/Flooring

BESIGHEID BUSINESS 197

CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. Chris 082 554 2754.

Algemene Dienste General Services

Tuesday 23 April 2013

RIVERLANDS - Volvo V40, 2.0L, 1999 model, Fullhouse, R33 000 neg. RWC. 239 000 km. Service history. New tyre & battery. 076 031 8236.

160

Voertuie te Koop onder R20 000 Vehicles for Sale under R20 000

MALMESBURY Kommersiële Perseel, 200m . Onmiddellik beskikbaar, R7 000pm excl vat,Geleë te Voortrekkerweg, agter Northmec. Ideaal vir kantore of besigheid. To view call Carlo 082 920 4586. Vir meer inligting skakel G Buhr 082 328 2211. Werkswinkel Moorreesburg,100m , prepaid krag R2 200 + Btw. Skakel: 082 875 5842.

TOYOTA CRESSIDA 2.0 1986, wit. R13 500. Skakel 083 464 6960.

JOBS

Skuur en behandel van houtvloere. Skakel Philip 082 261 0770 / 021 556 6363 / www.woodstripper.co.za

1151

Skoonmaakdienste Cleaning Services MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

EIENDOMME PROPERTIES 166

Huise te Huur Houses to Let

400

Betrekkings Gevra Jobs Wanted SOEK jy ekstra inkomste AVON het baie voordele WAARVOOR WAG Hier is jou kans. Wees deel van 'n wenspan. Skakel Helene: 082 334 5029. JSC 6X1 4912

MOTORS VEHICLES 145

Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy 24/7 CASH for your Bakkie or Car. Just sms or phone 072 620 1126. AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

SIERSTEEN HUIS te huur - R4 000. 3 Slpk,2 badk, sti/eetk, komb, aparte sitk, motorafdak vir 6 motors, alarmstelsel, netjies omhein. In goeie area. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 083 504 3031 of 073 098 5789.

1793

Motorhuise/Stoorplekke Gesoek Garages/Storage Wanted/Available Werkswinkel / Stoorplek Moorreesburg te huur. 240m , 60 amp, 3 Fase krag, R5 400 + Btw. Skakel 082 875 5842.

1794 146

Motorfietse te Koop/te Huur Motorcycles for Sale/to Hire MOTORBIKE for sale Yamaha Virgo,R16 000 400cc 1989 model, 32 kilo's Contact: 073 617 5351.

Verblyf Gesoek Accommodation Wanted

Enkelpersoon is opsoek na woonstel of plaashuis om te huur. Dringend! Skakel Petrus Mulder 076 795 2438.

022 487 3267


Dinsdag 23 April 2013

Schools - Skole

Swartland Gazette

11

WAT SAL EK GAAN STUDEER?: Hoërskoolleerders van die Swartland is verlede Woensdag na Hoërskool Swartland se jaarlikse loopbaanuitstalling genooi. Pieter Smit, direkteur van Durbanville Kollege, vertel hier aan leerders van HSS meer oor die kursusse wat hulle aanbied. FOTO: CHARLOTTE LESCH

SKOOL WEN GROOT MET VOLHOUBARE VOEDSELPRODUKSIE: Bennie Haarhoff van die Wes-Kaapse voedingskema oorhandig ’n tjek van R7 500 as ’n derde prys aan Gert Coetzee, landbou-opvoeder van Riebeeck Vallei Spesiale Skool. Die skool het ’n derde plek in die Nasionale Skole Voedingskema-program vir volhoubare voedselproduksie behaal. Coetzee en sy landbou-leerlinge het ’n tuin met groente, wingerd en olyfbome aangelê om in aanmerking te kon kom as ’n finalis. Die kinders is beloon met heerlike burgers en skyfies vir hul harde werk in die program.

SÊ KAAS: Die opname van ’n splinternuwe TV-reeks, Van Taalmonument tot Voortrekkermonument, wat die oorsprong van Afrikaans verken, het sowat twee weke terug in die Paarl afgeskop. Leerlinge van Laerskool Dirkie Uys verskyn in die eerste van 13 episodes wat in 2014 op kykNET gebeeldsaai word. Alan Hayward, mederegisseur van dié TV-reeks saam met Blacky Swart, het besluit om die Swartlanders deel te maak van hul eerste opname gedurende ’n skooluitstappie na die Taalmonument. Hier is leerlinge van LDU saam met aanbieder Annelize Andrews.

FOTO: LOUISE VAN WYK

Piketberg beloon spelers

Weskus Distriksmunisipaliteit KENNISGEWING

Krieketspelers wat vir die Piketberg krieketklub speel, sal op Vrydagaand 26 April vir hul prestasies in die Allan Boesak-saal beloon word tydens die jaarlikse prysuitdeling. Die drag sal semiformeel wees en ondersteuners kan vanaf is 19:30 vir 20:00 teen R60 per persoon die aand bywoon. Skakel vir Ray van Rooy by 083 657 9615 of Manno Fortuin by 083 327 3147 vir meer inligting of om te bespreek.

REGISTRASIE OP VERSKAFFERSDATABASIS Die Weskus Distriksmunisipaliteit, nooi hiermee alle voornemende, toepaslik gekwalifiseerde en ervare diensverskaffers wat nie by die Weskus Distriksmunisipaliteit geregistreer is nie, om as verskaffers op die Raad se databasis te registreer. Die doel van die databasis is om aan die huidige wetgewing rakende Voorkeurverkryging en Wydgebaseerde Swart Ekonomiese Bemag­ tiging te voldoen. Registrasie is verpligtend vir alle verskaffers en diensverskaffers wat met die Weskus Distriksmunisipaliteit wil besigheid doen. Die Weskus Distriksmunisipaliteit sal aansoekers behulpsaam wees met die voltooiing van registrasievorms. Aansoekers moet besigheidsbesonderhede en verwante dokumentasie voorsien. Registrasie op die databasis is gratis en sal verseker dat daar aan die vereistes en beleide van die Munisipaliteit voldoen word. Hoe om te registreer Registrasievorms kan van die Raad se webwerf afgelaai word by www.westcoastdm.co.za of by Weskus Distriksmunisipaliteit se kantore te Langstraat 58, Moorreesburg 7310 afgehaal word. Nadere inligting rakende die registrasieproses Vir hulp rakende die voltooiing van die registrasievorm of meer inligting oor die Weskus Distriksmunisipaliteit se Verskaffers­ databasis, skakel die Voorsieningskanaalbestuureenheid by 022 433 8400. Munisipale Bestuurder Weskus Distriksmunisipaliteit Posbus 242 Moorreesburg 7310 www.ayandambanga.co.za 112003

West Coast District Municipality Weskus Distriksmunisipaliteit NOTICES/KENNISGEWINGS

SPECIAL COUNCIL MEETING TUESDAY, 7 MAY 2013

SPESIALE RAADSVERGADERING DINSDAG, 7 MEI 2013

Notice is hereby given in terms of Section 19(b) of the Local Government: Municipal Systems Act, Act 32 of 2000, that a Special Council Meeting will be held on Tuesday, 7 May 2013 at 12:00 in the Council Chambers of the West Coast District Municipality, 58 Long Street, Moorreesburg. The following documents are tabled: • Draft Integrated Development Plan (IDP) 2012 - 2016: Review 1 • Draft three-year budget • Medium-term Revenue and Expenditure Framework (MTREF) 2013/2014-2015/2016. For any enquiries in this regard, please contact Mr J Koekemoer (Budget) and Mr FE Williams (IDP) during office hours on tel. 022 433 8400. MUNICIPAL MANAGER West Coast District Municipality 58 Long Street / PO Box 242 Moorreesburg 7310

Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 19(b) van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet,Wet 32 van 2000, dat ’n Spesiale Raadsvergadering op Dinsdag, 7 Mei 2013 om 12:00 in die Raadsaal van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Langstraat 58, Moorreesburg, sal plaasvind. Die volgende dokumente word voorgehou: • Konsep- Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2012 - 2016: 1ste Hersiening • Konsep- driejaar begroting • Mediumtermyn Inkomste- en Uitgawe Raamwerk (MTIUR) 2013/2014-2015/2016. Vir enige verdere navrae in hierdie verband, kontak asseblief mnre J Koekemoer (Begroting) en FEWilliams (GOP) by tel. 022 433 8400 gedurende kantoorure.

Reference: 4/2/1; 13/1/B

MUNISIPALE BESTUURDER Weskus Distriksmunisipaliteit Langstraat 58 / Posbus 242 Moorreesburg 7310 Verwysing: 4/2/1; 13/1/B 111936SWRTLNDGZT / WSLNDR

www.ayandambanga.co.za

DANSPAARTJIE IS TOPS: Nicole Williams en Ashman Maarman het op 13 April aan hul eerste Pre-Danskampioenskaptoernooi in Retreat deelgeneem en ’n tweede plek behaal. Hulle het binne twee jaar vandat hulle begin saam dans het, vanaf junior 1 vlak 1 gevorder tot Prekampioene. Dit wil gedoen wees! FOTO: VERSKAF


Swartland

Year 11 • 23 April 2013 | Tel. 022 482 3817

St. Helenabaai beklink wen net­net KAREL WILLEMSE St. HELENABAAI – ’n Skeidsregter in ’n rugbywedstryd moet fisiek sowel as verstandelik fiks wees. As jy nie is nie, kan dit jou duur te staan kom, soos die skeidsregter in Saterdag se kragmeting tussen St. Helenabaai en Moorreesburg (Samoa) uitgevind het. Die kragmeting het byna ontspoor en albei spanne moet geloof word dat hulle koelkop gebly het. St. Helenabaai het die stryd met 17(7)-14(7) gewen. Moorreesburg, met sy erg gelapte span, het goed gedoen om die tuisspan in toom te hou tot halftyd toe. Met sewe van sy ge-

reelde eerstespan spelers langs die kantlyn, kon afrigter Noël Gouws van Moorreesburg nie vir ’n groter wedstryd van sy oorblywende senior spelers vra nie. Quinton Farmer (senter), Carl Adams (skrumskakel), Jórin Mitchell (Pyp) (agsteman) en Sergio Oktober (Soutie) (losvoorspeler), het die jonger spelers gewys hoe sake in die eerstespan werk. Veral Farmer het die oog gevang met goeie spel op die aanval en verdediging. Die swaarder voorspelers van St. Helena het hulle teen rostvaste verdediging van die besoekers vasgeloop. St. Helena was eerste op die telbord met ’n doel. Samoa se Giovanni Toontjies (senter) het sake gelyk gemaak na goeie opvolgwerk deur Warren Key-

ster (vleuel). Korrelwerk na die pale in die sterk wind was nie maklik nie en skoppers aan albei kante het met maklike strafskoppe gemis. Ná die tweede helfte het Samoa, met die wind van agter, St. Helena onder druk geplaas. Goeie verdediging deur die rooi-en-witspan, het die Samouers van hul doellyn gehou. ’n Fout aan die kant van St. Helena het tot Oktober se drie gelei. Kort hierna het St. Helena die agterstand uitgewis. Met die telling 14 elk en tien minute speeltyd oor was die tafel gedek vir ’n interessante einde. ’n Strafskop waaroor die skeidsregter eers moes koukus met sy twee grensregters voor hy ’n beslissing kon maak, het tot groot ongelukkigheid gelei. Die 3

GHOLFKLUB VIER 100-JARIGE BESTAAN: Moorreesburg Gholfklub se 100ste verjaarsdag is die afgelope naweek behoorlik gevier met ’n skemerkelkie Vrydagaand en ’n vriendskaplike gholfdag Saterdag wat deur mense van so ver as George en Langebaan bygewoon is. Hier is van links, Fredi Linder (president van die gholfklub), Palla Joubert (getroue lid), Bertus Smit (ook die wenner van die Walliser senior ope) en Altu van den Berg (klubkaptein) by die gedenkplaat wat die trots van dié gholfklub is. FOTO: LIZETTE SMIT

Groot pryse by M’burg-gholf Die Moorreesburg Sanlam Kanker Gholf uitdaagreeks vind 4 Mei by die Moorreesburg gholfklub plaas. Sanlam is die grootste borg vir die dag en Ernie Els-wyne sal ook opgeveil word. Sanlam borg vanjaar uitstekende pryse vir die mans en dames asook ’n paar sokkies vir elke speler.

Onthou om dié dag in te skryf vir die tweedaagse Ernie Els gholf-ervaring wat ook op die spel is. Kom neem deel en help ons om die geveg teen kanker in Suid-Afrika te lei. Kontak Hester Smit by 022 482 111 of Neels Nieuwenhuis by Sanlam Moorreesburg by 079 607 8663 vir meer inligting.

punte is toe aan St. Helena toegeken. Moorreesburg het ná die inskop verwoed aangeval en die kaptein van die dag, André Sheldon (stut), is oor die doellyn vir die wendrie. Die skeidsregter het beslis dit is nie ’n drie nie en het die eindfluitjie geblaas. Dit het die St. Helenabaaiers ’n rukkie geneem om die veld te verlaat en hulle was ooglopend nie opgewonde oor hulle wen nie. Moorreesburg (14): drieë: Toontjies en Oktober. doelskoppe: Heinrich Manuel (losskakel) en OB van Rooy (vleuel). St. Helenabaai (17):drieë: 2; doelskoppe 2; en strafskop. Ander uitslae: St. Helenabaai II (25), Moorreesburg II (10). St. Helenabaai III (10), Moorreesburg III (7)

Sergio Oktober draf oor die doellyn vir sy drie onder die pale teen St. Helenabaai, nadat hy die bal onderskep het.

VOORLAASTE KNORTJOR-BYEENKOMS: Ná die week se reën was die knortjorbaan op Malmesbury in ’n uitstekende toestand, veral aangesien die baan tans behandel word om die oppervlakte harder en minder stowwerig te maak. Die gevolg is dat die baan nie tydens die byeenkoms natgespuit hoef te word nie. Hier jaag die jongste groep, sommige so jonk as ses jaar oud en skaars baksteenhoogte, om die baan. Die laaste byeenkoms van die seisoen is op 11 Mei. Die prysuitdelingsfunksie sal op 1 Junie in die Paarl gehou word. FOTO: LIZETTE SMIT

Nog ander rugby-uitslae In die Premierliga van die Boland rugbyunie het Wesbank Saterdag met ’n telling van 15-23 teen Roses United verloor ná ’n rustydtelling van 15-3 in Roses se guns. In die Superliga-Wes liga waarin die meeste van die Swartland se spanne meeding, is die uitslae as volg: Darling 46 - Langebaan 12 Hillcrest United 10 - Never Despair 8. Abbotsdale 28 - Hopefield 11. St. Helenabaai 17 - Moorreesburg 4. Mamre 45 - Piketberg 32.

TITANIESE STRYD: Brandon Nel van Never Despair se derde span baklei vir balbesit teen Hillcrest United. Never Despair wen dié wedstryd met ’n telling van 21-7. Die B-span wen 15-5 en die A-span verloor net-net met 8-10. FOTO: DERRICK YOUNG


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.