Swartland Gazette 23 Okt 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 23 October 2012 | Tel. 022 482 3817

Jong sportsterre van 2012 Die finalste van Supersport en Swartland Gazette se Let’s Play-kompetisie het verlede Woensdagaand in Hoërskool Swartland se OLOK-saal byeen gekom waar die algehele wenner vir die streek deur Supersport aangekondig is. Hier (van links) is Benita Malgas, Andy Huysamen, Devon Smith, Micke Smit, Renelda Scholtz, Raymond Jennings, Corin de Waal en Maré-Louisa Koegelenberg. Micke Smit is as die wenner aangewys. Berig en foto’s op bl. 5 FOTO: LIZETTE SMIT

Uitdagings én hoop vir toerisme LIZETTE SMIT

PATERNOSTER – Mense het minder geld om te spandeer wat die toerisme-mark besonder kompeterend maak, maar dit beteken plaaslike mense moet slimmer werk. Só het die Wes-Kaapse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Alan Winde, gesê tydens die Weskus se jaarlikse toerisme-prysuitdeling wat Vrydagaand op Paternoster gehou is en deur Weskus toerisme gereël word. Weskus- en Swartland-inwoners wat betrokke is by enige aspek van die toerismebedryf, kon in een van agt verskillende kategorieë inskryf of genomineer word. Tydens sy toespraak het Winde erken dit gaan nie goed met die wêreld- of plaaslike ekonomie nie en voorspel die toerismebedryf gaan die volgende drie jaar groot uitdagings ervaar. “Wat kan ons besoekers bied?” het hy gevra, en genoem die helfte van die wêreldbevolking is onder die ouderdom van 30 jaar en 8% van die wêreldbevolking gebruik die sosiale media. Dit was Vrydagaand opvallend dat slegs drie

Swartlanders onder die finaliste was. By navraag het Kiewiet van Rooyen, bestuurder van Wes-Kaap toerisme, gesê mense kan óf self vir die kompetisie inskryf óf genomineer word, maar sy sê mense is huiwerig om self in te skryf. Van Rooyen sê daar het in die verlede al baie wenners uit die Swartland gekom en die Swartland kompeteer baie goed met die Weskus, wat vanjaar met talle pryse huistoe gegaan het. Sy voeg by die kompetisie is straf en mense verskaf nie volledige inligting oor hul ondernemings of feeste wanneer hulle inskryf nie. “Dit is belangrik dat mense die inligting, foto’s en verwysings in hul portefeuljes gee wat saakmaak. Die beoordelaars kan nie elke gastehuis besoek of geleentheid bywoon nie. ’n Volledige portefeulje is baie belangrik.” Jolene Janse van Rensburg, voorsitter van die Weskus se toerisme-organisasie, wat ook die Swartland verteenwoordig, sê toerisme op Malmesbury het vanjaar beter gevaar as verlede jaar. Sy skryf dit gedeeltelik toe aan die rol wat agri-toerisme – ’n betreklik nuwe toetreder tot die toerismemark – speel. Die toerismebedryf hier is seisoenaal, met Mei tot einde Junie wat gewoonlik stiller is en die algehele sy-

fer vir die jaar beïnvloed, voeg sy by. Janse van Rensburg is van mening spesiale geleenthede en feeste kan moontlik ’n teenvoeter vir dié daling in toerismegetalle wees. Wendy Owen, wat die prysuitdeling namens die eienaar van ’n gastehuis op Yzerfontein bygewoon het, sê hulle adverteer oorsee en hoe Internet-advertensies goeie reaksie én besoekers lok. Owen sê wat die Weskus spesiaal maak is die ongereptheid van die streek en dat dit nog nie baie gekommersialiseer is nie. Lurina Fourle, mede-eienaar van ’n avontuurplaas by Velddrif, sê die ouer garde wat op die Weskus gebore is, is van mening die streek is reeds gekommersialiseer. Lucille Byrnes, die eienares van ’n gastehuis op St. Helenabaai, sê munisipaliteite moet sorg dat stadsbeplanning en die ontwikkeling van ’n dorp met mekaar tred hou. “Dit help nie as basiese dienste op ’n dorp nie by ’n groeiende aanvraag kan byhou nie.” Byrnes is ook besorg oor die moontlikheid dat die Weskus- en Swartlandstreek sy unieke karakter deur ontwikkeling of oorontwikkeling sal verloor. Steyn Fourle van Velddrif sê hy ondervind

persoonlik dit is opvallend dat meeste van die Weskusstreek se toeriste steeds uit die Weskus en Swartland kom. Hy sê besoekers van Gauteng en die Vrystaat raak maklik “verlief” op die Weskus, verhuis hierheen en besef dan hoe ongenaakbaar die streek is. “Dit sal nie oornag kommersialiseer nie, maar ek gee dit so ’n dekade voor die streek sy karakter verloor.” Nils Flaatten, algemene bestuurder van Wesgro, sê die toerismebedryf in die Wes-Kaap toon tans groei, maar dit beteken nie mense op hul gemak kan wees nie. Na aanleiding van ’n vraag of plaaslike toerisme- kantore genoeg doen om toerisme te bevorder, meen Fourle daar is genoeg bystand van toerismekantore, maar bygevoeg mense moet daarby inkoop.


2

News - Nuus

Swartland Gazette

Tuesday 23 October 2012

Niks anders as ‘’n bedrieglike skema’ CHARLOTTE LESCH MALMESBURY - “Ek kan vir niemand kwaad wees nie, behalwe vir myself. Dit het lekker gegaan en ek het wéér geld belê,” was ’n inwoner van Malmesbury se woorde aan die Gazette tydens verlede Dinsdagaand se algemene jaarvergadering van die Koring- en Skaapstudiegroepe. Chris de Jager, van De Jager Boshoff Geoktrooieerde Rekenmeestersfirma op Malmesbury, het boere en belangstellendes kom toespreek oor wyle Herman Pretorius, baasbrein agter ’n “bedrieglike beleggingskema”, soos hy daarna verwys. De Jager Boshoff en Vennote is op versoek van die kurators van die Relative Value Arbitration Fund (RVAF-trust) aangestel om Pretorius se sakebedrywighede te ondersoek en om vas te stel waar beleggers en skuldeisers se geld is. Saam met hom was mede-kurator, Rynette Pieters van Independent Trustees, een van die voorlopige likwidateurs van die gesekwestreerde RVAF-trust, en nóg twee rekenmeesters wat help met die ondersoek. Pretorius is op 26 Julie in die kantoor van die beleggings-

maatskappy, Basileus, in die Kaapse middestad dood nadat hy na bewering ’n oudkollega Julian Williams, noodlottig gewond en daarna glo selfmoord gepleeg het. Pretorius se vrou Susan en sy twee seuns is ook onlangs by die ondersoeke betrek. Daar is vasgestel dat Pretorius se vrou saam met hom die enigste begunstigdes van die Seca-trust was. De Jager het onthul hoe beleggers se geld wat in die RVAFtrust, die Abanté-trust en die Trading Alpha Trust (TAT) belê is, na die Seca-trust gekanaliseer is, en van daar na Pretorius se persoonlike rekening oorgeplaas is. ’n Verdere drie trusts is deur De Jager Boshoff geïdentifiseer, naamlik die Dourado-, Entourer- en Tablaue-trust, waarvan hul twee seuns en sy vrou begunstigdes is. Altesaam 26 entiteite, wat bestaan uit maatskappye en geslote korporasies plaaslik én in die buiteland, is bekend gemaak. Volgens die rekenmeesters se kennis, is dié entiteite die trusts van sy seuns en vrou en ander bates wat deur die Seca-trust gefinansier is. Bates wat 100% deur Pretorius se familie besit word, soos die

luukse huis in die spogbuurt Welgemoed, die vakansiehuis langs die Breederivier en bekroonde vakansiewoning op Hermanus, ’n Aston Martin van nagenoeg R1,7 miljoen en ’n Range Rover, is ingesluit by die lys van bates in ’n aansoek wat gebring is om bevries te word. Jean Pieters van Terblanche, Slabber en Pieters Prokureurs het die aansoek sowat twee weke gelede gebring. Volgens Pieters, weet hulle nog nie of die familie die aansoek gaan opponeer nie. “Sodra ’n aansoek gebring word, word dit deur die familie se prokureur in Pretoria, Etienne Naudé geopponeer.” Volgens die batelys het Pretorius deur verskeie entiteite baie geld aan luukse huise, bote, motors en aandele bestee. ’n Anton Piller-aansoek is intussen op 27 September deur die hooggeregshof toegestaan, met die doel om inligting te bekom en te beskerm wat sal help in die ondersoek na die vermiste geld van beleggers en skuldeisers. Die familie het vyf dae ná die aansoek gebring is, dít ook teengestaan. Die familie hou egter steeds vol dat hulle nie bewus was van Herman Pretorius se sakebedrywighede nie.

MALMESBURY – Voormalige Bonwit-tekstielwerkers het intussen ander posaanbiedinge gekry, maar hulle stel nie belang nie. Hulle wil bymekaar bly, sê die eienaar van ’n nuwe tekstielfabriek. Dít kom nadat die tekstielfabriek Bonwit sy takke op Malmesbury, Riebeek-Kasteel en Darling sowat twee maande gelede toegemaak het. Sowat 500 werkers het hul werk verloor. Volgens een van die werkers, het ’n engel letterlik uit die hemel gekom nadat Will Hilarides die geleentheid gebruik het om ’n nuwe tekstielfabriek op Malmesbury te open. Die fabriek, Cielo Clothing, wat “hemel” in Italiaans beteken, beoog om sowat 200 tot 250 voormalige Bonwit-werkers in diens te neem.

 Dourado Trust: Wesizwe-aandele, BMW-motor, belange in ses ander maatskappye  Entourer Trust: Wesizwe-aandele, Volkswagen-motor, belange in 5 ander entiteite  Tableau Trust: Wesizwe-aandele, belange in 9 ander entiteite  Hentig 1803: Hermanus-huis 

 Susan Pretorius: Welgemoed-huis

 Hentig 1758: Durbanville-erf; Wesizwe-aandele (65 250)

 Manta Media: Intellektuele eiendom

 Zelpy 4005: huise in Higgovale  en Claremont

 Herman Pretorius: Land Rover, Aston Martin , Bayliner-boot, Wesizweaandele, meubels in Welgemoed-huis, belang in Thebe-makelaars  BVI Investments 1467: $10 000 in Mauritius  Hentig 2093: PSG-aandele

 Rapitrade 670: Intellektuele eiendom

 Capensis Investments: Malgas-huis en meubels

 Recyclotech: Intellektuele eiendom

 Slipnot Investments 174: Riverside Place-kantore

 Seca Trust: Wesizwe-aandele, kontant in bank, belange in 19 entiteite, Range Rover, Polo-voertuig.

 Biotrace: Wesizwe- en PSG-aandele

 Meubels en toerusting in Abantekantore. Grafika24

Bendeverwante geweld vasgevat

Voormalige Bonwit­ werkers staan saam

CHARLOTTE LESCH

Bates van Pretorius wat opgespoor is

Volgens Hilarides is daar reeds sowat 100 werkers aangestel. “Twee produksielyne wat deel van fase een is, hardloop reeds van verlede week af. Nog twee produksielyne word beplan,” het Hilarides aan die Gazette gesê. Cielo Clothing maak tans klere vir Foschini, maar daar is sprake van ’n kontrak met nóg twee kettingwinkels, waarvan een Woolworths is. Hilarades, ’n bedryfsingenieur wat as kind op ’n plaas buite Kalbaskraal gebly het, het voorheen vir Seardel Apparel, eienaar van Bonwit gewerk. “Ek ken die werkers en weet wat hulle kan doen. Nou kan ek hulle aanstel volgens hul talent en wat hulle voorheen gedoen het. Voormalige werkers van Bonwit-Darling het intussen werk gekry by ’n ander tekstielfabriek wat op die dorp oopgemaak het.

MALMESBURY - Die plaaslike polisie gaan volgens polisiewoordvoerder, konst. Hennie du Rand, hul werkswyse verander om bendegeweld wat dikwels met dwelmhandel gepaardgaan, en volgens hom nou sporadies erger word, die hoof te bied. Hierdie uitlating kom na Enslin Julies, alias Ninja, verlede Dinsdagaand omstreeks 21:00 ses keer in sy huis in Wesbank geskiet is. Die ooggetuie is tans onder beskerming van die polisie. Die verdagte, wat positief met die moord verbind word, is dieselfde nag laat deur die polisie aangekeer, hoewel geen vuurwapen by hom ge-

kry is nie. Hy het Vrydag in die hof verskyn en word vir sy eie beskerming in die Allandale-gevangenis aangehou. Du Rand sê die bendegeweld word hoofsaaklik aangevuur deur mense wat van Atlantis, Vredenburg en Athlone kom en gebiede op Malmesbury vir dwelmhandel wil afbaken, dikwels met geweldadige gevolge. Du Rand voeg by dat die polisie elke klagte as belangrik en ernstig beskou en ook meer gesteld is op hul persoonlike veiligheid om moontlike ongevalle in polisiegeledere te voorkom, in die lig van dié gebeure.

POLISIE BESEER: Konst. Craig Martinus van die Darlingpolisie het op 17 Oktober ernstige beenbreuke opgedoen na hy dié aand deur ’n motor raakgery is terwyl hy en ’n kollega, konst. Joswin Davids, ’n man wat langs die pad gestap het, deursoek het. Die polisievoertuig is ook tydens die ongeluk beskadig. Polisiewoordvoerder, konst. Jonathan Filander, sê die lede het op die Weskuspad naby die Suurfonteinplaas binne die geel lyn met die polisievoertuig se neus in die rigting van aankomende verkeer geparkeer toe ’n motor vir Martinus getref. Martinus het Donderdag ’n noodoperasie by Mediclinic Milnerton ondergaan. Davids is nie beseer nie en die insittendes van die motor het net ligte beserings opgedoen. FOTO: JOHATHAN FILANDER

Perlemoen tydens patrollie gekry

Die geboue wat ingerig gaan word vir die kleremakers.

Bewaar dié nommers Moorreesburg SAPD doen ’n beroep op die publiek om die reeksnommers van die volgende items op ’n veilige plek te bewaar sodat dit hul taak om gesteelde eiendom moontlik terug te vind, sal vergemaklik: hoëtroustelle, televisie, selfone, videomasjiene, DVD spelers, juweliersware soos horlosies wat reeksnommers het, mikrogolfoonde, rekenaars en rekenaarskerms. Enige ander items wat oor reeksnommers beskik, kan ook by die lys gevoeg word.

FOTO: CHARLOTTE LESCH

Opregte dank Ons innige en opregte dankbaarheid vir al die gebede, boodskappe van bemoediging, blomme en slaapplek tydens ons groot verlies. Liefde, Frits en Molly Meintjies

GANZEKRAAL - Tydens ’n roetine patrollie deur Malmesbury Security Officers (MSO), ’n sekuriteitmaatskappy met basiskantoor op Malmesbury, is 427 perlemoene en ses krewe deur hulle in die Ganzekraal-omgewing ontdek. Die eienaar van MSO, Gert de Jager, vertel hoe vier verdagtes die sakke waarin die perle-

Vrou verkrag DARLING - ’n Vrou (21) is Sondagoggend omstreeks 04:30 na bewering deur ’n man (31) verkrag wat aan haar bekend is. Polisiewoordvoerder Jonathan Filander sê die vrou is glo deur die man met ’n mes gedreig waarna hy haar op ’n nabygeleë skoolgrond verkrag het. Die verdagte het gister (Maandag) op aanklagte wat met die voorval verband hou, in die landdroshof op Malmesbury verskyn.

moen en kreef was, op die plek gelos en die veld ingehardloop het na hulle die sekuriteitsvoertuig opgemerk het. Die departement van seevisserye en die Darling polisie was gou op die toneel waarna departement seevisserye se beamptes die perlemoen met ’n geskatte straatwaarde van R115 500 verwyder het.


Tuesday 23 October 2012

News - Nuus

Swartland Gazette

3

Regstelling Jacques Swanepoel (regs) saam met (van links) medewenner, George Eskander, Angelo Marcelli van die Internasionale Grafonomiese Vereniging (IGV), Sebastian OImpedovo, voorsitter van die internasionale konferensie, en Rejean Plamondon (IGV).. FOTO: VERSKAF

Handtekeningnavorser wen prys STELLENBOSCH – Het jy nodig om vas te stel of die handtekening op ’n tjek of kontrak die ware Jakob is of nie? ’n Oudleerling van Hoërskool Swartland, Jacques Swanepoel, mag dalk net kan help met hierdie dilemma. Swanepoel is tans besig met navorsing hieroor as deel van sy doktorale studies in toegepaste wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hy ontwikkel spesifieke algoritmes – ’n stel reëls vir berekeninge of oplossings van probleme – wat gebruik kan word om statiese handskrif-verifikasie te vergemaklik. Dit vorm deel van sy doktorale proefskrif wat hy hoop om teen die einde van 2013 te voltooi. “Die eindproduk sal ’n stel algoritmes saam met ’n verifikasie-raamwerk en -protokol wees,” vertel hy. “’n Mens sou nog verder, indien nodig, ’n kommersiële sagtewarepakket daarvoor kon ontwikkel.” Dit sal van groot waarde wees, onder meer in die bankwese, waar dit nodig is om eers vas te stel of ’n hand-

tekening op ’n tjek of kredietkaartstrokie eg is voordat uitbetalings gemaak mag word. “Die navorsing is gemik op die bankwese, maar enige getekende dokumente soos kontrakte is ook ter sprake,” voeg Swanepoel by, wat benewens ’n doktorale student ook ’n junior lektor in rekenaarvaardigheid aan die US is. Hy het onlangs in Italië ’n toekenning vir sy navorsing ontvang by ’n internasionale konferensie oor handskrifherkenning, die International Conference on Frontiers in Handwriting Recognition. Hy het die Internasionale Grafonomiese Vereniging se toekenning vir die beste voordrag deur ’n student ontvang. Dit was een van vier toekennings wat aan studente en gevestigde navorsers tydens die konferensie gemaak is. Grafonomie hou verband met handskrifontleding, -herkenning en -produksie. Die titel van sy wenpraatjie was Writer-specific Dissimilarity Normalisation for Improved Writer-independent Off-line Signature Verification.

Hy verduidelik dat die term off-line by handskrifontleding verwys na “tradisionele pen-op-papier handtekeninge” wat met ’n skandeerder gedigitaliseer word. Sogenaamde on-line-handtekeninge word met ’n digitale pen op ’n tablet gemaak. Sy navorsing het nie om dowe neute ’n toekenning ontvang nie. Hy het dit reeds getoets aan die hand van Dolfing se datastel – ’n databasis met 1 530 egte handtekeninge en 3 000 vervalste weergawes – en gevind dat sy stelsel telkens beter daartoe in staat is om die ware Jakob uit te wys as enige ander bestaande stelsel. Dié oudleerling van Hoërskool Swartland op Malmesbury werk reeds sedert sy honneursdae in die veld van handskrifontleding. Sy MSc-projek het ook op handtekeningverifikasie gefokus. Swanepoel onderneem sy doktorale navorsing onder leiding van dr. Hanno Coetzer van die afdeling toegepaste wiskunde in die departement wiskundige wetenskappe (wiskunde, toegepaste wiskunde, rekenaarwetenskap) aan US.

MALMESBURY – Wilhelm Botha (38) is Saterdag 6 Oktober en nie Sondag 7 Oktober soos wat in die uitgawe van 16 Oktober berig is nie, omstreeks 10:30 dood nadat hy in ’n motorfietsongeluk op die R44 buite Stellenbosch betrokke was. Volgens ooggetuies van ’n naby-

geleë plaas, het Botha se motorfiets met ’n vragmotor gebots. Volgens die Stellenbosch-polisie is ’n saak van strafbare manslag hangend teen die vragmotorbestuurder. Botha word oorleef deur sy vrou, twee seuns, ouers (woonagtig op Malmesbury) en sy twee susters.


4

News - Nuus

Swartland Gazette

Tuesday 23 October 2012

Weskus­toerisme huldig sy staatmakers

(Sien storie op bladsy 1) Die kos wat by die Paternoster Lodge voorgesit is, was uit die boonste rakke. Hier help Hillary Morris haarself aan die lekkernye terwyl Lucille Byrnes toe nog besluit. Ashley Amon is links op die foto. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Alan Winde (heel links), gesels met Marius Koen en Marlene van Zyl, albei raadslede by die Weskus-distriksmunispaliteit.

Lorraine Cornelius en Lydia Jansen het die toekennings ontvang vir die beste toerisme geleentheid vir 2012, die Snoek en Patat-fees, wat jaarliks op Goedverwacht naby Porterville gehou word.

STEP

INTO

Ilze Groenewald en Felicia Hefke het ook die toerisme toekenningsaand bygewoon.

SUMMER

& STEP INTO TRADERS FOR THE LOWEST PRICES LADIES STRAW HATS

LADIES ASSORTED PRINTED DRESSES

GIRLS HATS

19

95

69

95

LADIES PRINTED T-SHIRTS

9

95

LADIES CAMI WITH BRA INSET

29

39

EACH

LADIES HARLEM PANTS

95

19

14

95

95

95

LADIES SANDALS

19

95

EACH

BOYS GOLFERS

19

BIG BOYS & GIRLS SKINNY JEANS

95

EACH

74

PRE BOYS ASSORTED VEST SETS

UNBELIEVABLE

SPECIALS

OPEN SUNDAYS PHONE TO ENQUIRE

BELLVILLE MIDDESTAD MALL CAPE TOWN GATESVILLE GOLDEN ACRE

021 021 021 021

949 465 637 418

7639 2835 2416 3439

GRABOUW KHAYELITSHA MALMESBURY MITCHELLS PLAIN PAARL

021 021 022 021 021

859 364 487 391 872

) Blokkompetisie: Johan Smuts van Kersfontein buite Malmesbury het die WKG-wisseltrofee ontvang as wenner van 2012 se blokkompetisie. ) Mees ekonomiese opbrengs: Hennie Eksteen van die plaas Harmonie buite Malmesbury het weereens op dié gebied uitgestyg en ontvang die Kynoch MEO-wisseltrofee as 2012 se wenner. Eksteen het verlede jaar ook met dié gesogte toekenning weggestap.

Skaapboer van die jaar

95

COME SEE INSTORE FOR MORE

Nico Adonis (links) en Comien Erwee is hard aan die werk om die middelman in Kerkstraat op Moorreesburg te verfraai. FOTO: VERSKAF

Proewedag­wenners in koringstudie

PRE GIRLS KNIT SHORTS

ASSORTED COLOURS & PRINTS

FROM

MOORREESBURG - ’n Span van Moorreesburg het reeds in Julie vanjaar tot die Droom SA Projek in samewerking met Theuns Coetzee, toegetree. Die Moorreesburg Droomprojek vorder goed en het reeds verskeie besighede wat daarby ingekoop het. Gedurende die week van 22 tot 26 Oktober sal bome in Moorreesburg geplant word met die hulp van Swartland-munisipaliteit en verskeie besighede wat elk ’n boom aanneem om te versorg. Nico Adonis is die eerste vrywilliger wat by die toerismekantoor aangeklop het om sy gewig by hierdie projek in te gooi. Kontak gerus vir Annelize by 022 433 1072 indien u sou belangstel om ook by hierdie projek betrokke te raak.

PRE BOYS MUSCLE HUGGERS

29

LADIES STUDDED LEGGINGS

EACH

Droomprojek goed op dreef

PRE GIRLS STRAPPY VESTS

95

LADIES ASSORTED SARONGS

MENS HATS

’n Welbekende in toerismekringe, Kiewiet van Rooyen, gesels met een van die gaste.

3811 5928 2532 5001 0712

PROMENADE VREDENBURG WORCESTER HEAD OFFICE & FACTORY SHOP

021 376 3719 022 715 3303 023 342 4754 021 447 4725

Erika Hanekom, skaapboer van die plaas Renosterbos buite Malmesbury, is onlangs deur SA Stamboek Diereverbeteringsvereniging aangewys as Suid-Afrika se skaapboer van die jaar. Die prestasie word amptelik dié week in Bloemfontein bekend gemaak.

NWKV­Voorsitter Peter Steyn van die plaas Silwermyn buite Malmesbury is aangewys as die nuwe voorsitter vir die Nasionale Wolgroeiers-vereniging (NWKV).


Tuesday 23 October 2012

News - Nuus

Swartland Gazette

5

Micke wen Let’s Play 2012 LIZETTE SMIT

MALMESBURY - Die kompetisie om as die algehele wenner vir die Swartland-streek se Gazette en Supersport se Let’s Play-wenner aangewys te word, was vanjaar besonder sterk. Indien dit moontlik sou wees dat vyf maand-finaliste die prys kon deel, sou dit almal se werk vergemaklik, maar uiteindelik kon daar slegs één wenner wees en Micke Smit het verlede Woensdagaand met die louere weggestap. Die doel van die Let’s Play kompetisie wat jaarliks deur Supersport in samewerking met Media24 se Boland koerantgroep geloods word, is om sport onder jong mense aan te moedig. Die kompetisie fokus op die veelsydigheid van atlete, goeie sportmanskap en natuurlik uitmuntende prestasies, al die eienskappe waaraan Micke voldoen. Micke het vanjaar uitsonderlik in atletiek, swem, hokkie en netbal presteer, met verskeie re-

kords wat sy verbeter het. Elke maand van Januarie tot Oktober word ’n finalis uit genomineerde kandidate van verskillende skole in die streek gekies wat outomaties deurdring tot die jaareindfunksie, wanneer Supersport die algehele wenner vir die streek kies. Die funksie vir die Swartland-streek is vanjaar in die OLOK-saal by Hoërskool Swartland op Malmesbury gehou en is bygewoon deur die finaliste, hul ouers en afrigters. Neil Papier, ’n legende in die Boland se rugbykringe wat al 150 keer vir Boland uitgedraf het, was die gasspreker wat onder meer die finaliste aangemoedig het om nie ’n verloor kop toe te vat nie. Die redaksionele uitgewer van die Gazette-groep koerante, Annelien Dean, het die prys, wat ’n R500 Woolworths-geskenkbewys, ’n iPod en ’n Glidersonbril ter waarde van R600 insluit, namens Supersport aan Micke oorhandig. Dean het Micke ’n verdienstelike wenner genoem.

Die afrigters wat die funksie bygewoon het, het elk ’n sporthemp met komplimente van Supersport ontvang. Hier is Chris Jennings wat ’n hemp names Raymond se afrigter ontvang, Lindie Larey (Benita se afrigter), Randal Larey (Devon se afrigter), Philip de Waal (Corin se afrigter) en Johann Harmse (Micke se afrigter).

Die gasspreker by Let’s Play se gala-aand, Boland rugby-legende Neil Papier, wat oorspronklik van Darling is, knoop hier ’n geselsie aan met Supersport se Eduard Rosenstrauch.

SPAAR op onnodige boeterentes en regskostes! BESKERM jou bates soos jou eiendom en voertuig! KONSOLIDEER jou skuld in een bekostigbare paaiement GEEN VONNIS TEEN JOU NAAM!!!

022 482 3873 www.debtinc.co

Kelder Kantoor, Sanlam Gebou, Hillsstraat, Malmesbury

Die Let’s Play finaliste vir 2012 is (van links) Benita Malgas, Andy Huysamen, Devon Smith, Micke Smit, Renelda Scholtz, Raymond Jennings, Corin de Waal en Maré-Louisa Koegelenberg. Januarie se wenner, Ezra Geldenhuys, het nie die funksie bygewoon nie.

Micke, mikrofoon in die hand, het haar eerste buiging voor ’n televisiekamera gemaak om Februarie se finalis, Renelda Scholtz, haar ma Reinette Scholtz en Karin Smit te vermaak.

Benita Malgas en Johan en Lilian Apollis geniet die vingerete wat deur plaaslike spysenierder, Lynn Visser, voorberei is.

sms “ HELP1 ” na 35075

Die algehele wenner vir die Swartland-streek se Let’s Play-kompetisie, Micke Smit, saam met haar ma, Karin Smit. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Kameraman Peter Voight van Supersport het onderhoude met elke finalis gevoer. Hier vertel Maré-Louisa Koegelenberg die land meer oor haar sportprestasies.


6

General - Algemeen

Swartland Gazette

Tuesday 23 October 2012

Aartappels, aartappels, net waar jy kyk! CHARLOTTE LESCH PORTERVILLE - Die meeste aartappel-liefhebbers ken die Sandveld-aartappel. Min weet egter dat die Sandveld die enigste streek in die land is wat alle kultivars produseer wat in die nuwe aartappelkultivar-klassifikasiestelsel vervat is. In die vervolg sal ’n mens weet watter aartappel vir watter dis gekoop word. Aartappels van verskillende kleure, geure en grootte is verlede week deur aartappel-entoesiaste, nuuskieriges, kopers, handelaars en uitvoerders aan gepeusel en beskou. Aartappel Suid-Afrika het Donderdag (17 Oktober) vir die eerste keer ’n Sandveld Aartappel promosie-dag by die organiese wynplaas, Org de Rac buite Piketberg aangebied. Volgens Terence Brown, streeksbestuurder, was die dag ’n groot sukses. Joost Engelbrecht, president van Aartappel SA, vertel dat aartappels 87% van die boerderybesigheid in die Sandveld uitmaak. Daar is verlede jaar 6818 hektare aangeplant met totale oes van 30,7 miljoen 10 kg sakkies. Opbrengste per hektaar wissel tussen 38 - 46 ton gemiddeld, afhangende van die klimaat.

Rob Louw, die uitvoerende hoof van die Kaapstad Mark, het vertel dat ’n totaal van 8 miljoen aartappels, waarvan Sandveld-aartappels ’n derde uitmaak, jaarliks deur sy mark se deure gaan. Isabella Niehaus het ’n kookdemonstrasie met verskillende kultivars aangebied, terwyl die Vroue Landbouvereniging van Piketberg talle disse met aartappels gemaak het, wat aan gaste uitgedeel is.

Lof aan die Aartappel... . ’n Stapelvoedsel. .Dra by tot genesing. .Die sap van rou aartappels kan gebruik word om maagsere te genees en gewrigsontsteking te verlig. .Aartappelpap op ’n verstuite spier en geskeurde ligament kan help met genesing. .Gerasperde aartappels help vir brandwonde en vriesbrand. .’n Warm aartappel wat geplaas word op seer gewrigte verlig pyn.

Leerlinge van Hoërskool Piketberg het vir die afgelope week gebak en gebrou met Sandveld-aartappels. Die wenners is by die Sandveld Aartappel-bemarkingsdag aangekondig. Hier (van links) is Hoërskool Porterville se gr. 10 verbruikerstudie-onderwyseres, Grace Dippenaar, Grace Powrie, die wenner van die kook- en bakkompetisie wat ’n aartappel-roomys gemaak het, die derde pryswenners, Jo-mari Jooste en Karla Conradie vir hul hartjiehappies en Jakobi Burger, ook in derde plek vir haar Hashbrown. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Leerlinge van Middeldeurvlei Primêr op Pikertberg het verlede week ook net aartappel-mannetjies gemaak. Hier (van links) is die top vier aartappel-kunstenaars, Petrie Kok, Berdine Bester (onderwyseres), Andrea Esterhuis, Elmarie Coetzee (onderwyseres), Berendina Goedeman en John Heyns, wenner van die dag. Hier (van links) sit Dawida Voges, Wilandria Rosenleft, Erina van der Merwe, Bianca Jordaan en 2de pryswenners, Elzaan Snyders en Andrea Beukes wat ’n marmer aartappelkoek gebak het.

Rob Louw (regs), uitvoerende hoof van die Kaapstad Mark, asook hoofborg vir die Sandveld Aartappeldag, het R2000 aan die Vroue Landbouvereniging van Piketberg geskenk. Rina Richter, VLV-voorsitter ontvang hier die tjek met groot dankbaarheid.

Terence Brown, streeksbestuurder vir Aartappels SuidAfrika, saam met sy vrou Nicoline van Piketberg. Die Brown-egpaar het gesorg vir ’n suksesvolle Aartappelfees.

Hier is (agter van links) Jannie Basson van Zandrug Boerdery, Johann Laubscher van Tuber Tek en Tinus Gouws van Avalanche Potatoes; (voor) Joey Engelbrecht, eggenote van Aartappel SA se president, Joos Engelbrecht van Lamberstbay Potatoes en Pieter Laubscher van JH Laubscher Broers.

Rockies wys hul talent MALMESBURY – Ter viering van die 100-jarige bestaan van Hoërskool Swartland op Malmesbury se skoolgebou, het daar verlede week verskeie fees-aktiwiteite by die skool plaasgevind wat onder meer ’n toneelfees ingesluit het. Klaskamers is in verhoë omskep waar talentvolle Rockies hul talente ten toon kon stel. Kort profiele is oral in die gang opgeplak wat die talent van onder andere Magical Megan, Curwin can en Pauline wat “panache” het, geadverteer is. Teen ’n geringe toegangsfooi kon inwoners meegevoer word na ander wêrelde wat die siel, of die magie, voed.

Nina Riek, een van die mimiekkunstenaars, verwelkom besoekers by die toneelfees. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Rossouw Koen demonstreer hoe hy sy kunstalent beoefen. Die personeelkamer is vir die toneelfees in ’n koffiewinkel, die Koffie en Kekkel, omskep. Janke Calitz, Inalise du Plooy en Nasreen Skippers geniet ’n koppie koffie so tussen die toneelopvoerings.

Alretha Labuschagne by een van haar spesiale kunswerke.

REGS: Danny Stofberg, die man wat dié aand vir die versorging van ligte en klank verantwoordelik was, doen ’n voor-produksie-klanktoets.

Die Rockie-akteurs en -aktrises maak reg om die 15 minute lange toneelstuk, ’n Laaitie moet ’n pa hê, op te voer. Dit was een van die items by die fees.


Tuesday 23 October 2012

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

7


8

Leader - Hoofartikel

Swartland Gazette

Tuesday 23 October 2012

Veranderlikes of die onveranderlike

Toerisme bo! Die belangrikheid van toerisme en die noodsaaklikheid van ’n toerisme-ekonomie is wéér die afgelope Vrydagaand by die Weskus se jaarlikse toerismetoekenningseremonie op Paternoster benadruk. Alan Winde, provinsiale LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het beklemtoon mense moet slimmer te werk gaan in dié hoogs kompeterende mark, want toerisme en die ekonomie loop hand aan hand. Dit word ook nie verniet die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme genoem nie. Sy hoofdoelwit is juis om geleenthede vir besighede en landsburgers te skep vir plaaslike ekonomiese groei en om werkskepping aan te moedig. Dit is moeilik om toerisme op ’n dorp wat nie heel jaar lank ’n aantreklikheid bied nie, volhoubaar te maak. Dit hang egter nie net af van die mense in die bedryf af nie – die plaaslike inwoners kan ook indirek ’n bydrae tot die ekonomie lewer. ’n Gemeenskap soos Malmesbury, waar die ekonomie grootliks gedryf word deur sakelui en diegene wat deur die dorp ry, behoort hulpbronne soos die Malmesbury-skou en geel canola-lande in te span om die dorp te bemark om uiteindelik die vrugte daarvan te pluk.

PASTOOR PIET SMIT

MUURVERF-PROJEK ’N GROOT SUKSES: Die Swartland Dierebeskermingsvereniging (DBV) het gedurende die afgelope skoolvakansie ’n muurverf-projek van stapel gestuur om die saai ingangsmuur op te knap en plaaslike kinders besig te hou. Kinders kon hul eie boodskap op die muur verf om mense weer bewus te maak van dierebeskerming. Die kinders het ook die geleentheid gekry om met die diere te stap en te speel. DBV-beamptes het hulle meer vertel oor die versorging van diere en dat dieremishandeling onwettig is en gerapporteer moet word. Die DBV het skenkings vir toebroodjies uit die gemeenskap ontvang en vir sommige van die kinders was dit hulle enigste maaltyd vir die dag. Verf is deur Painter Choice op Malmesbury geskenk en die DBV wil net vir almal wat die dag moontlik gemaak het, harlik bedank. FOTO: VERSKAF

2 Kor. 4:18 – “...omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” Dit maak ’n mens sommer so ‘n bietjie vies as jy moet hoor dat die goed wat ons al die jare as waarheid aanvaar het, nou nie meer korrek is nie. ) Vir jare het ons almal geglo dat botter is nie goed vir jou nie. Nou, is botter weer beter as margarien. ) Hoeveel jare was dieetkundiges dit eens: “Bly weg van koffie.” Die nuutste is dat koffie werk Alzheimer’s teë en 3 tot 4 koppies koffie word selfs voorgeskryf. ) My ma het my geleer ’n mens drink nie iets saam met jou ete nie. Maar nou hoor ons jy moet water drink terwyl jy eet. Wat is nou regtig die waarheid en wanneer verander die goed weer? Hierdie dinge moet ons net weer laat besef: Genoemde dinge is veranderlikes. Daar is net die één Onveranderlike en dit is die Here en Sy Woord. Heb. 13:8 – “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” Op die Here en wat Hy sê, kan ons ons hele lewe met vrymoedigheid bou.

Rubriek

Ek kyk ook Boer soek ’n Vrou Waar is die dae toe Tolla is Tops, Oh Schucks...It’s Schuster of die kinderprogram, Z, omtrent die enigste vorm van realiteit-televisie was? Gisteraand adverteer hulle weer die volgende reeks van SA’s Got Talent. Dít nadat ’n uittreksel van The X-Factor (Amerika) op die lug verskyn het. Belangstellendes kan solank inskryf vir die volgende Masterchef SA. Vanjaar se SA Idols is ook afgehandel en die volgende reeks word sekerlik weer beplan. Die meeste voorafgenoemde plaaslike realiteit-televisieprogramme van vandag het hulle oorsprong uit ander lande wat die saadjie geplant het. Dit raak net te veel en afgesaag. Iets wat egter uniek aan ons land is (ek het dit ge-Google), is die trefferreeks, Boer Soek ’n Vrou. Mense mag sê wat hulle wil en dit mag nou wel nóg ’n realiteitsreeks wees, maar die program was ’n treffer van dag een af. In die stad én op die platteland.

Beste koffieshop Ek skryf die briefie omdat ek die beste koffieshop, “Die Kontreispens” in Malmesbury, wil prys vir hul wonderlike diens, heerlike kos en vriendelike eienaar en personeel. Ek weet nie of jy al daar geeet het nie, maar hul kos is sóóó lekker, baie, en goed voorberei met ’n heerlike huislike atmosfeer wat daar heers. Die pryse is ook baie billik. Ek dink hulle verdien dit om geprys te word. Ek glo nie daar is nog ’n eetplek wat by hulle kan kers vashou nie. Ek wou maar net vir julle dit sê; ek hoop hulle sal nog baie lank in Malmesbury wees. Dit is ons afsaalplek as ons moet gaan vir besigheid. Ons woon op Darling en moet soms lank wag vir die volgende afspraak en dan sit ons sit daar. Julle moet ’n lekker dag hê. Ons geniet ook die Swartland Gazette met al die nuus.

CECILE VISAGIE

So laat ek maar nou namens almal praat wat elke week voor die kassie inskuif om te kyk wat die boere die week aanvang. Julle is mal daaroor! Die boere verskil van jaar tot jaar. Party jare is daar mooier boere en verliefde meisies as ander, wat die spesifieke seisoen net nóg meer aantrekliker maak om te kyk. Soos ander realiteitsprogramme, het dié een ook ’n bietjie vervelig geraak. Maar vanjaar kan die vervaardigers hulself ’n klop op die skouers gee. In die plattelandse gemeenskap is dit veral ’n gunsteling op die kassie. Die boerekykers spot liefs met die hopelose boere wat sukkel om liefde te vind. Of dit nou is omdat hul plaas afgesonder is van beskawing en of hulle net te lui is en hulp by ’n televisieprogram gaan soek. Maar ’n program word nie gemis nie. Persoonlik dink ek die meeste boere en meisies skryf in vir die grap en baie het onder die top 10 beland nadat ’n weddenskap

geneem is. Hier op die platteland kan jy net nie help om skaam te kry vir die arme boere nie, want jy is self ’n boer of boer-se-vrou en weet waaroor dit gaan op die plaas. Ek het my al telkemale ingedink hoe my man sou optree as hy meisies na die plaas moes nooi. Toe die eerste seisoen van Boer Soek ’n Vrou vyf jaar gelede begin het, was ek sonder ’n televisiekamera, ook daardie meisie wat op die vierwielfiets rondgery is en dinge van die plaas deur ’n boer, uiteindelik my man, gewys is. Die feit van die saak bly staan. Mense hou van stories met ’n gelukkige einde. Dit is net nog beter as daar liefde aan die einde gevind word.

Die doef­kadoef van klein voetjies Ek luister na die doef-kadoef van klein voetjies wat op ons houtvloere aangestap kom, en glimlag toe ek weer eens besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees. Dis wanneer jy jou seëninge begin tel, dat jy besef hoe geseënd jy in werklikheid is. Op 27 Oktober 2011 is ons babadogtertjie Addelé (toe 14 maande oud) gediagnoseer met ’n vinniggroeiende breingewas (Astroscytoma), wat op 10 November 2011 tydens ’n riskante operasie grotendeels verwyder is. Aangesien die mediese span nie die hele tumor ten volle kon verwyder nie, ontvang sy tans ’n protokol chemoterapie tot, voorlopig, Mei 2013, om die oorblywende deel van die gewas finaal uit te wis. Haar onkoloog, prof. Alan Davidson van die Rooi Kruis-kinderhospitaal, is baie beïndruk met haar vordering en ons is baie optimisties dat sy hierdie die hoof sal bied. Vanjaar was vir ons ’n groot jaar met baie spesiale mylpyle. Hierdie dogtertjie wat dokters gesê het moontlik kan sterf tydens of ná haar operasie, of nie sal kan loop of praat nie weens die ligging van

haar gewas, het net voor haar twee- heid, emosionele ondersteuning en de verjaardag begin loop en sy vrygewigheid. Elke belangstellenpraat en sing sonder ophou. Van- de gesprek, die etes wat aan ons dag is Addelé ’n sprankelende, le- voorsien is gedurende die hospiwendige dogtertjie met ’n sterk wil taaldae en finansiële bydraes word van haar eie en ’n eetlus waarmee opreg waardeer. Die fondse wat vir Addelé ingesasy ons behoorlik uit die huis eet. Vir hierdie vordering kom eer- mel is, stel ons in staat om vir haar stens alle dank en ere ons Hemelse die beste moontlike behandeling te Vader toe, wat reeds die genesing kan gee. Behalwe die chemoterapie, ontvang Addelé ook in haar liggaampie weekliks fisioterapie (om volmaak voltooi het haar te help om die geen ons daagliks van bruik in haar linkerhand onbeskryflike vrede, terug te kry en om die logeloof en genade voorpery te bemeester). Daarsien. God was getrou benewens gebruik sy ’n en het vir Addelé aan reeks natuurlike aanvulons teruggegee. Hy lings tydens haar chemowas ons veilige vesterapie rusperiodes en is ting in die laagste van op ’n spesiale dieet wat tye en deel ook nou in Addelé Jonker hierdie ongelooflike FOTO: VERSKAF haar immuniteit versterk en haar liggaampie vreugde van Sy prinsessie wat besig is om volkome ge- opbou. Hoewel haar behandelingspaadsond te raak. Ek glo Hy glimlag jie nog lank nie sy einde bereik het breed! Verder wil ons ook hierdie ge- nie, is ons moedig in hierdie maraleentheid benut om ons opregte ton van haar lewe en baklei daardie dankbaarheid teenoor die gemeen- klein lyfie moedig teen elke aanskap van Moorreesburg en Mal- slag van hierdie “skurk” wat haar mesbury uit te spreek vir hul ein- wou steel. CHRISTINE JONKER, Moorreesburg delose gebede, liefde, openhartig-


Tuesday 23 October 2012

Oktober )Wesbank-funksies: 26 Oktober - bekeruitdeling Enige navrae: Ettiene Lategan by 083 745 7794, Ewald Liedeman by 082 494 4900 of William Isaacs by 082 836 4108. )Interkerklike koffiekroeg se laaste byeenkoms begin om 19:30 by die St. Thomas Anglikaanse Kerk. Almal welkom. Kontak Johan Smit by 082 781 9794 vir meer inligting.

25 Oktober )Moorreesburg GPF hou jaarlikse vergadering, nuwe voorsitter sal gekies word, vergadering in die stadsaal van Moorreesburgse stadsaal om 18:00. U teenwoordigheid is noodsaaklik. Meer inligting by polisiestasie by 022 433 8680.

26 Oktober ) Darling Museum: Annemie Lourens, ’n kenner op die gebied van stamboomnavorsing, bied die A-Z van genealogie aan. Deure open om 19:00. Koste: Vriende van die museum; (R50) belangstellendes (R60). Navrae: Dianne by 022 492 3361. )Brass-On Concert by touring brass band from Germany at Moravian Church Mamre at 19:00. Adults: R40; children: R5. Refreshments for sale. In aid of Darling Music for All. Tickets from Juliet: 022 492 3085 / 084 410 7380.

27 Oktober ) Markdag en ’n kattebakverkoping word van 08:00 tot 14:00 op die museumterrein op Moorreesburg gehou. Inskrywingsfooie is R30. Kontak Annelize by 022 433 1072 of 082 574 0357 vir meer inligting. )Tina’s Dazzling events presents Jazz evening at the Rock it Café. R50 entry fee, snacks and drinks. Tickets: Tina on 081 270 9974. )Aandskemering hou basaar van 09:00 Saterdagoggend; kom koop vleis, vars groente, pannekoek, naaldwerk, tweedehandse boeke en baie meer. Wegneemetes beskikbaar op 26 Oktober, bestellings daarvoor sluit 24 Oktober. Navrae: Janette Slabber by 022 482 3039. )Nariah Mission Mininstries bied aan Craft en Handwerk-uitstalling op Darling. Navrae: 082 306 1748. )Malmesbury Plaasmark begin om 09:00 -13:00 in die Landbousaal. Navrae: Elmarie by 083 256 2527. )Die jaarlikse orkes-kompetisie vir die ACSA; Church lads and girls brigade (Diocese of Saldanha Bay) vind van 09:00 af by die Wesbank- sportgronde plaas. Almal welkom.

28 Oktober )Die AGS Kerk op Riebeek-Wes se kerkdiens begin om 10:00; spesiale prediker sal optree. Navrae: past. Fredericks by 083 745 9117. Almal welkom.

1 tot 3 November )Tulbagh-skou, baie om te sien en te doen; skakel Elsa by 023 2300 189 vir meer inligting.

10 November )Good Hopes RVK jaar-eindfunksie om 18:00 in die Riebeek-Wes-stadsaal. Kaartjies is R100 Navrae by Maurice Markus by 083 650 6273.

3 November )Die Weskusstreek se veerpyltjievereniging se algemene jaarvergadering 10:00 in die WKDM se opleidingsaal op Moorreesburg. Skakel Amanda Muller by 084 5103 520 of Lionel Johnson 083 394 0098 vir meer inligting.

8 November )Darling se gemeenskapspolisieforum vergader om 19:30 in die Darling-gemeenskapsaal. Navrae kan gerig word aan die plaaslike polisiestasie by: 022 492 2314. )Business Link-byeenkoms by OLOK-sportsentrum, Hoërskool Swartland. Spreker: Gerhard Olivier. R80 vir lede; R100 vir nie-lede; uitstallers vir lede is gratis; R100 vir nie-lede. Tyd: 07:30 – ontbyt plus spreker. Betaling plus bevestiging van bespreking teen 14:00 op Dinsdag, 6 November. Navrae by 082 826 1729.

General - Algemeen

Swartland Gazette

9


10

General - Algemeen

Swartland Gazette

Tuesday 23 October 2012

CPM se graad R’s hou hul lyfies model

Die Christelike Privaatskool Malmesbury het Saterdag (20 Oktober) hulle jaarlikse Gr. R-modeparade in Malmesbury se stadsaal aangebied. Ouers, oudleerlinge en nuuskieriges het gesorg vir ’n stampvol saal. Henriette Smit het vir ’n vierde jaar verantwoordelikheid vir die versiering van die saal aanvaar. “Sy het haar weer behoorlik oortref,” het Nelia Kirsch, mede-eienaar van Pick n Pay Malmesbury, die hoofborg van die dag, gesê. Chrizette Vlok en Zonje Jordaan het die spesiale dag bygewoon. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

JG en Natalia Steyn

Nuwe mediese studiebeurs

Nina Janse van Rensburg, ’n meisietjie in gr. R by CPM het pragtig gelyk in haar blou rokkie van die Naartjie.

JP Truter, ook in gr. R het op die verhoog met sy spiere gespog in ’n uitrusting van Pick n Pay-klerewinkel.

Simon Olding en Hanlê Hill

Corli de Clerq getooi in rooi.

Die A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds is verlede week tydens ’n spoggeleentheid gestig. Dié fonds sal deur Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut bestuur en geadministreer word. “Deur die A.G. Visser Geneeskundestudiefonds wil Helpende Hand vir ’n behoeftige student wat die potensiaal het om in die veld van geneeskunde te studeer, die geleentheid bied om dié toekomspad te kan volg,” sê dr. Danie Brink, die uitvoerende hoof van Helpende Hand. “Dié stap sal ook ’n bydrae lewer om ons land se tekort aan opgeleide geneeskundiges te verminder.” Soos A.G. Visser, begaafde mediese dokter, digter en kunstenaar, het prof. Oppell Greeff, hoof van die departement farmakologie aan die universiteit van Pretoria, uit behoeftige omstandighede gekom en ’n suksesvolle mediese loopbaan gevolg. Prof. Greeff het die gehoor aangemoedig om self beurse te stig of tot fondse soos die A.G. Visser-studiefonds by te dra. Hy het vertel van die rol wat ’n studielening vir hom as ’n behoeftige jong student gespeel het. Vanjaar fokus Helpende Hand op die uitbou van die beursplatform sodat nog meer voornemende studente die geleentheid kan kry om hulle te bekwaam om uiteindelik ’n bydrae tot die ekonomie en hul eie families te kan lewer. Die Afrikaanse Beursinstituut is in 2003 gestig Afrikaanse studente finansieel te ondersteun en het sedertdien tot 74 beurse gegroei. Vanjaar is R7 miljoen se beurslenings aan 529 behoeftige studente toegeken. Altesame 2 500 studente is al só gehelp. Om deel te word van die Afrikaanse Beursinstituut kontak Dinah Theron by 012 644 4428, of by dinah@helpendehand.co.za. Aansoeke is oop tussen 1 Mei – 31 Oktober 2012 vir studiehulp in 2013. Besoek www.helpendehand.co.za vir aansoekvorms of kontak Melani Gerber by 012 644 4428 of melani@helpendehand.co.za.

Fees van geskenkidees by Simondium Besoekers aan die jaarlikse Feesidees- mark by Simondium Country Lodge, in samewerking met Idees-tydskrif, kan vanjaar ’n extravaganza van geskenkidees ontdek. Van 31 Oktober tot 4 November sal die grasieuse gastehuis en omliggende tuine omskep word in ’n betowerende geskenkemark met skitterende idees vir enige geleentheid. Meer as 120 uitstallers het reeds hulle deelname bevestig en bied ’n skatkis van eksklusiewe geskenke wat wissel van mode-artikels tot dekoritems, snuisterye, skoonheidsprodukte en badkamerbederfies asook kombuisbybehore met ’n verskil en selfs blomme en plante. Die Feesidees-mark bied inspirerende geskenkidees geskik vir enige viering van Kersfees tot Paasfees, verjaarsdae tot trougeskenke, om jou geskenke-kas aan te vul. Smulpape kan hulle verlustig in die deli-afdeling wat vanjaar selfs meer verleidelike peuselgoed aanbied. Elke kraampie is ’n fynproewersdroom met olywe, soetgoed soos toffies en nougat, kleinkoekies en beskuit, ingemaakte lekkernye en konfyte, sensuele sjokolades asook aarbeie, bobaas vyeprodukte en tradisionele biltong. Die tuin is ’n absolute lushof en gaste kan by die teetuin of onder die lowergroen eikebome uitspan om ’n glasie wyn te klink of ’n salige koppie tee saam met verversings te geniet.

Daar word selfs spesiale voorsiening vir kinders gemaak, sodat hulle kunstig en kreatief besig gehou word, terwyl ouers die mark geniet. Verskeie kunswerkwinkels word tydens die mark aangebied om feesgangers te inspireer om hulle eie handgemaakte geskenke te skep. Dekor ghoeroe Marlize Lotz van Just for Kicks Craft Club bied daagliks etlike sessies aan waar ywerige doen-dit-self entoesiaste kan leer om dekoratiewe meesterstukke uit gips, papier en materiaal te maak, hoe om T-hempmateriaal in weefstof te omskep vir fatsoenlike tafelmatjies en ook om hoogs-moderne Perspex-armbande met decoupage, kolverf en faux silwerblad-verfeffekte te versier. Die twee-uur sessies kos R200 per persoon en sluit materiaal, toerusting en verversings in. Besprekings kan direk by info@justforkicks.co.za gemaak word. Toegang tot Feesidees is gratis vir alle kursusgangers. Die Simondium Country Lodge is geleë op die R45 tussen Paarl en Franschhoek. Kom kuier koop-koop saam met heerlike kos, wyne en musiek. Openingstye is Woensdag tot Saterdag van 09h00 tot 17h30 en Sondag van 09h00 – 16h00. Ingang kos R20 vir volwassenes, gratis toegang vir kinders. Gratis parkering en sekuriteit beskikbaar. Vir meer inligting, kliek op www.festiveideas.co.za of bel 021 874 1046.

Daar is iets vir elkeen by die Feesideesmark.

FOTO: VERSKAF

DARLING ONDERSTEUN SAAM BORSKANKERMAAND: ’n Groep vroue van Darling het verlede maand op 21 September ’n bus na Kaapstad geneem om die Pink Lunch te gaan ondersteun. Dié jaarlikse middagete, met die tema Mad Hatter Style, is vanjaar by die The Bay Hotel aangebied ter ondersteuning van borskanker en om geld in te samel vir die pad na genesing. Nina Monda van Monda PR, Publicity & Events op Darling, verantwoordelik vir die organisering van die Pink Lunch, sê R99 800 is deur die veiling ingesamel, asook sowat R12 500 deur nóg ’n veiling en byna R4 000 met die verkoop van lootjiekaartjies. Die hoogtepunt was die Darling induglence weekend package-inisiatief wat gedurende die veiling R10 000 ingesamel het. “Ons is inderdaad baie bly oor die suksesvolle dag.” FOTO: VERSKAF


Tuesday 23 October 2012

Advertisement - Advertensie

Swartland Gazette

11


11

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES

Mnr & Mev van Rooyen Baie geluk met julle 11de huweliksherdenking. God rykste seëning vir die jare nog vorentoe. Met liefde: jou vrou Elizabeth, kinders Natalie & Charissa en skoonsuster Olivia.

07 Gelukwensing Congratulations

Hoop Helen Ingrid 11/09/1968 - 26/10/2011 Een jaar van ons weggeneem. Dit voel nog soos gister. Mooi herinneringe sal altyd bu ons bly, veral jou lag. Van jou skoonma en Hoop skoonsusters & swaers.

Hoop Helen Ingrid 11/09/1968 - 26/10/2011 Openbaring 21:4"En Hy sal elke traan van hul oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie" 26 Okt 2012 is dit jou eerste jaar weg van ons. Die vermisting is nog groot, maar ons sal altyd jou mooi herinneringe onthou. Van jou man Benito en kinders Lynn en Hingis.

Dankbetuigings Thanks

08 Sterfgevalle Death Notices

34

105

Binnenshuisdienste Home Services Interior

Spyseniering Catering

BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk VIR bestellings van van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie samoosas, springrolls, Bredenhand: rotis, koek ens. Skakel 083265 5161. 022 486 4933. CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaar-digers 36 van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & Kindervermaak veran-derings. Derick & Children’s Nelia 082 788 7210 / Entertainment (022) 487 2394.

Malmesbury Super Spar Baie dankie vir jul bydrae tot die sukses van ons. Oom Karoolus & Lentdag!

CK BLINDS - Verskaffers ASPATAT PARTYTJIES: van blindings, sonkappies Springkastele, en Pergolas. Doen waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394. te huur. Kontak: 084 607 5658. CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers BOETIE EN SUSSIE en swembaddens. SPRINGKASTELE Eskom geakkrediteer. Waterglybane en verskeidenheid spring-kastele te Chris 082 554 2754. huur. Kontak Nelia 073 610 2810. 108 TJ'S SPRINGKASTELE Geld/lenings Springkastele en Money/Loans waterglybaan te huur. Kontak Theresa: 1 2 10 CASH LOANS Le082 497 3383. nings tot R200 000. Swartlys Welkom. Goedkeuring in 5 min. 021 696 43 0676.

Persoonlike Dienste Personal Services

Enige iemand wat Tuindienste benodig en verfwerk teen goedkoop prys. Skakel Tinus by 078 527 5944 24uur beskikb.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES

MOTORS VEHICLES 145

Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy AAN ALLE beide bakkies en motors eienaars voertuie word gesoek vir kontant. Lopend of nie lopend. Ons doen ook bank aflosse. Skakel of Sms: 079 544 2824. AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.

TE KOOP FOR SALE

Op Soek Na . . . In Search Of . . .

'n Ouerige Dame is opsoek na 'n woonstel of huis te huur in die Wesbank area. Skakel 082 558 9221.

23 Dagsorg (kinders) Day Care (children)

VOETSPOORTJIES Ons sal u Baba versorg met baie liefde vanaf 1 mnd.Kan baba bad, kliniek toeneem vir opvolg besoeke. Dankie aan al die ouers wat reeds hul vertroue in ons plaas. Gerty Dutoit, 3 West s t r, M a l m e s b u r y. Kontakno: 083 505 3441.

LOANS up to R15 000 No ITC checks. Blacklisted Welcome. Monthly Payers only! For more info send a please call me or call 082 430 6025 or 0762452681. Soek jy geld /Konsolidasie R1 000 - R100 000. Blacklisted welcome. Sameday payout. Fiona 082 422 2271.

Motors te Koop Vehicles for Sale FORD BANTAM 1300, 2011. As motor gebruik, 38 000 km. Lugreëlaar, radioband, kragstuur & Kappie, R105 000. Skakel 073 703 4588. Danie Kritzinger.

160

Voertuie te Koop onder R20 000 Vehicles for Sale under R20 000

H.O.P Huis te koop in Abbotsdale, Prys: R60 000. Skakel 079 213 0565 / 083 862 1937. TITUS EIENDOMME Wesbank - R530 000, 4 Slpk, 2 badk, sit/eetk, komb, onderdak braai area, waskamer. Netjies omhein. In goeie area. Skakel 082 780 1380 / 022 486 5219.

172

Woonstelle te Koop Flats for Sale G R A N N Y F L AT, Wesbank, onmiddellik beskikbaar. Stil area. Skakel 072 214 3389 / 083 664 2213.

BESIGHEID BUSINESS 194

Sake Geleenthede Business Opportunities 100% Sukses Gewaarborg. Verdien tot R80 per dag. In jou eie tyd met of sonder rekenaar. Vir volledige inligting Sms jou naam en adres na: 078 009 9002.

MERCEDES - BENZ E220. Handrat, 1994, Silwer, Netjies, R19 500. Skakel 083 464 6960.

JOBS EIENDOMME PROPERTIES

400

Betrekkings Gevra Jobs Wanted

5 Poste Beskikbaar A.g.v uitbreiding het ons 5 poste geskep in ons Verkope/Bemarking afdeling. Geskikte Kandidate moet: Kantoor met 2 vertrekke te Afrikaans eerste Taal wees, Wil groei na huur naby Landdroshof, Verkoopsbestuur, Dit geMalmesbury, R2 200 per niet om met mense te maand. Beskikbaar 1 Nowerk, Bereid wees om in vember 2012. Skakel 083 en om die Wes-Kaap te 438 9735. reis, Anders wees. Ons Bied: Vaste inkomste van R7 500 (kontrak ingesluit), Volledige opleiding 165 (met sertifikaat), Vervoer Erwe te Koop (vir werk doeleindes), Groei geleenthede, WinsPlots for Sale deling, Maatskappy Voordele. Skakel een van my assistente vir 'n ERF te koop - Dalsig moontlike onderhoud op Malmesbury. Privaat 021 911 2108 (vra vir verkoper. 400m @ Maxine). R135 000. Skakel: 082 849 8075. BESIGHEID is opsoek na 'n Stripper/ Assembler en 'n 166 Panelbeater. Skakel Huise te Huur 073 364 1279.

163

21

RICARDO SYSTER. 22/12/86 - 15/10/12. Diens: Ou Jehovah Kerk om 10:00, 27/10/12.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

Huise te Koop Houses for Sale

159

12

KYK wie word 21? 24 Okt 2012. Samantha Carolus. Baie geluk met jou mondigwording. Bly die dogter wat jy is. Ons is baie lief vir jou. Alle seën word jou toegewens. Van die Carolus gesin.

Skoonheid en Gesondheid Beauty and Health Verloor Gewig Vinnig! Veilig en maklik. Speel klaar met 'maagvet', selluliet en plooie. Behou spiertonus + lyk jonger. Nora by - 022 482 330 / 082 826 1729.

06 Troudagvierings Wedding Anniversary

167

33

In Memoriam

71

Algemeen Miscellaneous Ses sitplek swart leer sitkamerstel - R6 000, Hall Stand - R2 000, Naaimasjien Kabinet R4 000 o.n.a, 3x Laai lessenaar (1600x900) R1 000, Vertoon/ drankkas,geleentheids tafels, leeslamp, gasbraai eenheid, Hot Wheel gasbraai, gasbottel, Stap/rugsak, masseerkussing, staanwaaier en vele meer. Skakel eienaar: 022 482 3609. VARS Appelkose te koop. Ons neem weer bestellings vir appelkose R40 per karton. Skakel Rita 084 616 0089 / 022 482 2141.

1141

Algemene Dienste General Services GARAGE DOORS & Automation. Contact: 076 523 0306. MAAK van honde hokke klein, groot en ekstra groot. Lewer af. Deurstoppers, poppe & worshonde. Skakel 073 518 4358 / 078 336 5765 / 022 482 2322. OORTREK van Pooltafels en uithuur van digitale jukeboxe vir funksies. Skakel: 082 873 3352.

1151

Skoonmaakdienste Cleaning Services MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

Eiendomme te Huur Property to Let

Houses to Let

TITUS EIENDOMME Wesbank - R1 300 pm, 1Slpk woonstel, krag inge-sluit. Beskik 1 Nov 2012. Skakel 082 780 1380 / 022 486 5219.

Curtain Connection is opsoek na 'n ervare naaldwerker. Aansoeke kan by Markstr 6, Malmesbury afgelewer word of skakel 022 482 2334.


Tuesday 23 October 2012

General - Algemeen

Swartland Gazette

13

Diensverskaffer van die jaar MALMESBURY - Nadat nominasie vir die 2012 Diensverskaffer van die Jaar van die begin van die jaar ingestroom het, is die top 15 diensverskaffers bekend gemaak. Die groot besighede is: RSA Agri Makelaars, Rola Motors, Malmesbury Superspar, JB’s Nissan en Agrimark Malmesbury. Medium besighede: Build it, Geard Apteek, Maracor, Kekkel

en Kraai en Speedy. Klein besighede: IC Ink, Handwerk Hoekie, Die Courant, Swartland Apteek, Battery Centre. Die 2012-diensverskaffer van die jaar sal op 2 November by die sakekamer se jaareindfunksie bekend gemaak word. Vir meer inligting, besoek Malmesbury Sakekamer se webblad by www.sakekamer.co.za/diens-stemming en stem.

VYFDE WALK FOR JESUS ’N GROOT SUKSES:Sondagskole van Piketberg, Wittewater, Porterville, Eendekuil, Clanwilliam en Velddrif het op 13 Oktober aan die jaarlikse Walk for Jesus deelgeneem. Sowat 1 000 mense wat sowat 650 kinders insluit, het hierdie staptog meegemaak. Met die hulp van skenkings en borge was die organiseerders daartoe in staat om die kinders van ontbyt, middagete en ’n lekkergoeden vrugtepakkie te voorsien. Volgens organiseerders is die doel van dié staptog onder meer ook om eenheid onder Sondagskole van verskillende denominasies te bewerkstellig. FOTO: VERSKAF SKOOLHOOF KOM KUIER: Naphakade Primêr in Illingelethu op Malmesbury het Vrydag besoek ontvang van Tim Gilson, skoolhoof van die hoërskool in Malmesbury, Engeland. Dit was Gilson se eerste besoek aan Suid-Afrika en hy sê die doel daarvan was om waar te neem en meer te leer. Hier is Gilson (agter middel), Flora Xaba, (links) en die skoolhoof van Naphakade, Martin Bocks (regs) saam met ’n groepie leerlinge wat ’n tradisionele dans uitgevoer het. FOTO: LIZETTE SMIT

MOONTLIK BESTE DANSPAAR: Jayden Jacobus van Malmesbury en sy dansmaat Kerishnee Cornelissen van die Paarl, is gekies om Donovan Forbes se dansskool op Wellington, die komende naweek (27 Oktober) by ’n toekenningsseremonie op Kuilsrivier te verteenwoordig. Jacobus en Cornelissen staan ’n kans om as die Beste Danspaar van die Jaar aangewys te word. FOTO: VERSKAF

LAASTE DAG: Esna van der Merwe (links) en Marli Coetzer, twee matrieks van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg, groet op hul laaste amptelike skooldag vir Louwtjie Smit, die waarnemende skoolhoof.


14

Schools - Skole

Swartland Gazette

Tuesday 23 October 2012

HSS Leiers: Die seniorraad vir 2013 van Hoërskool Swartland op Malmesbury is onlangs bekend gemaak. Hier (van links) is Lunga Swelindawo (hoofseun), Suné Botha (hoofmeisie), Estelle Smit (onderhoofmeisie) en Hanru du Plessis (onderhoofseun). FOTO: LIZETTE SMIT

TENNIS: Ané de Waal van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het deelgeneem aan die Vrystaat Key-health-tennistoernooi waar sy die meisies o.10-enkel- en -dubbeltitels wen. FOTO: VERSKAF

GHOLFSTER BELOON VIR SY TALENT: Alwyn Zaayman jr. is op 14 Oktober by die Boland Junior Gholfkampioenskappe se amptelike prysuitdeling vir volgehoue goeie gholfspel deur die seisoen met die volgende trofeë beloon: Beste Boland jr. o.17-speler en Beste Boland jr. houe-gemiddelde oor alle rondes (sien trofee in foto). Zaayman het ook reeds twee keer vanjaar vir die Boland o.19-span in die driehoekige toernooi op Riversdal en die seshoekige toernooi in Somerset-Wes gespeel en is onlangs weer vir die Boland o.19 IPT-span gekies wat van 9 tot 14 Desember by die Paarl-gholfklub aan die jaarlikse inter-provinsiale toernooi gaan deelneem. . FOTO: VERSKAF

LAASTE SKOOLDAG: Die matriek-leerlinge van Schoonspruit Sekondêr het verlede Dinsdag met gemengde gevoelens, maar kreatief geklee, hul laaste amptelike skooldag bygewoon voor die eindeksamen begin. Hier is Johnika Smith, Chantal Arendse, Sharnell Maarman, Jamile Sedeman, Zandré McCaw en Sasha-Lee Engelbrecht. FOTO: LIZETTE SMIT

KINDERS LEER MEER OOR BRANDGEVAAR: Die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, in samewerking met die provinsiale rampbestuursentrum het verlede week kort toneelstukke opgevoer om kinders oor brandgevare en vloede bewus te maak. Die stukke is op Chatsworth, Kalbaskraal en Malmesbury opgevoer. Hier geniet ’n groepie kinders van Illingelethu op Malmesbury die opvoering terdeë.

TOP-SPORTVROU: Annereen Malan van Hoerskool Swartland is by die skool se jaarlikse prysuitdeling as die sportvrou vir 2012 aangewys. FOTO: LIZETTE SMIT

TOPSPORTMAN: Johan du Toit van Hoërskool Swartland op Malmesbury is tydens die jaarlikse prysuitdeling as sportman van die jaar aangewys. FOTO: LIZETTE SMIT


Tuesday 23 October 2012

General - Algemeen

Swartland Gazette

15

NAGTEGAALSTEMME: Nadia van Staden, Anya Botha en Tanya Myburgh het gedurende die afgelope skoolvakansie aan SATECH se nasionale ronde in Johannesburg deelgeneem waar hulle die volgende medaljes ontvang het. Anya: sang - 4 goud en 2 dubbelgoud (sy is weer gekies vir die AMTC-span wat in Orlando, Florida in die VSA gaan meeding); Tanja: sang - 2 silwer en 2 goud, en vir klaviersolo – 1 dubbelgoud; en Nadia: vir sang - 1 brons en 3 silwer. FOTO: LIZETTE SMIT

ONTMOET DIE PREFEKTE: Hoërskool Swartland het onlangs hul seniorraad en verteenwoordigende raad van leerlinge vir 2013 bekend gestel. Hulle is seuns (in alfabetiese volgorde) Valentino Basson, Johan du Toit, Hanru du Plessis, Wiaan Engelbrecht, Curwan Gouws, FC louw, Stiaan Louw, Michael Roberts, D’Niel Rossouw, Lunga Swelindawo en Zandré van Heerdern. Die meisies is Annamart Basson, Suné Botha, Monique Basson, Erica Bruwer, Jade du Toit, Magdél Spangenberg, Anien van Stadesn, Nadia van Staden, Estelle Smit, Jessica Vermaak en Elzanne Zwiegelaar. Verteenwoordigers vir gr. 11 is Stéphan Borman, Tiaan Nell, Niel van Zyl, Jana Eksteen, Suzaan Nel en Anna-Mart Steyn. Verteenwoordigers vir gr. 10 is Deoné Burger, Marnus Steenkamp en Annelize Steyn. Die verteenwoordigers vir gr. 9 Heike du Plessis, Charlie Gerber en Comine van Zyl. FOTO: LIZETTE SMIT PRYSWENNERS: By die jaarlikse prysuitdeling wat onlangs by Wesbank Sekondêr op Malmesbury gehou is, is (van links) Xavia September, Amy-Rose Koopman, Charmaine Jansen, Bronwyn Cullum en Kayla Kortje as die toppresteerders in wiskunde geletterheid aangewys. By hulle (heel links) is skoolhoof Reginald Kortje en (heel regs) gasspreker vir die aand, dr. Renaldo Kortje. FOTO’S: DAVID HOWBURG

Die wiskunde-slimkoppe van Wesbank Sekondêr vir 2012 is (van links) Zene Damonse, Chante Simpson, Laycan van Diemel, Tiffany Civero en Tasmin Franse. By hulle is (heel links) skoolhoof Reginald Kortje en (heel regs) gasspreker tydens die prysuitdeling, dr. Renaldo Kortje.

NUWE BESTUUR: Die nuwe bestuur van die Moorreesburg rugbyvoetbalklub vir die 2013-seisoen is op 9 Oktober verkies. Voor (van links) is Eva Morris (addisionele lid), Wilfred Amon (onder-voorsitter), Julie Robyn (ere-president), Leon Smit (voorsitter) en Sarah Lesch (addisioneel); (agter) Aubrey Engelbrecht (hulp-sekretaris), David McKrieling (wedstryd-sekretaris), Abri Adonis (tesourier) en Nigel Gurah (sekretaris). Dave Cornelius (trustee) en Heinrich Ontong (hulp-tesourier) was afwesig. Voornemende spelers of borge kan David bel by 022 433 1543 of 072 209 6556.FOTO: VERSKAF

JONG RENJAER WYS SY STAAL IN KZN: Wernich van der Walt (Estana Quad Racing) op sy Yamaha YFZ450 vierwielmotorfiets het onlangs ’n 3de plek verower by die Mvoti Barkbuster Junior Nasionale kampioenskap in Greytown (KZN). Dit was Van der Walt, ’n leerling aan Hoerskool Swartland, se eerste seisoen by dié kampioenskappe.

VAKATURE BULLETIN O P W I N D E N D E G E L E E N T H E D E V I R P E R S O N E WAT ’ N V E R S K I L W I L M A A K

DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE Lisensie-inspekteur, Weskusstreek VERGOEDING: R 198 975 per jaar (Salarisvlak 8) Verwysingsnommer: TPW 101/2012 Aansoeke moet aanlyn ingedien word by www.westerncape.gov.za/jobs Die Wes-Kaapse Regering word gelei deur die beginsels van Diensbillikheid. Gestremde kandidate word aangemoedig om aansoek te doen en ’n aanduiding in hierdie verband sal waardeer word.

Sluitingsdatum: 5 November 2012 TBWA\P300005/A


Swartland

Year 10 • 23 Oktober 2012 | Tel. 022 482 3817

Tennis ry weer wipplank MALMESBURY – Die relegasie-spook is ietwat verdryf nadat Malmesbury se mans A-span in die groot uitdaagtennisliga ’n klinkende oorwinning oor Kuilsrivier behaal het. Die Swartlanders wen met vier wedstryde teen twee.

WESBANK HOU GHOLFDAG: Die Wesbank-rugbyklub het Saterdag hul jaarlikse gholf-pretdag by Malmesbury se gholfbaan gehou. Ondersteuners het die dag baie geniet. Hier is Agwel Coetzee in aksie. FOTO’S: DERRICK YOUNG

Donovan Visser se perfekte swaai.

Die vroue A-span het egter met drie wedstryde teen twee vasgeval teen Rekreasie van Somerset-Wes. In Stellenbosch het die mans se C-span hul onoorwonne status teen Bottelary prysgegee.Hulle het verloor in ’n naelbytstryd met drie wedstryde teen twee. In Somerset-Wes was die wedstrydtelling tussen die mans B-span en Country Club een elk toe spel gestaak moes word as gevolg van reën. Eerskomende Saterdag reis die mans B-span na Wellington en die vrouespan na Stellenbosch om teen Van der Stel kragte te meet.

Demi Rose in aksie.

FOTO: CHARLOTTE LESCH

Groot stryd wag Saterdag in Haaitenk HEINRICH ROBERTSON Die Curriebeker bereik die komende naweek kookpunt wanneer die Haaie en die WP mekaar in die finaal op Kingspark pak. Die Haaie het die Blou Bulle in gure weersomstandighede oortuigend met 20-3 geklop. Die span van Durban was in elke faset baas en dit was veral die tweestryd tussen die losskakels waar die Haaie behoorlik koning gekraai het. Patrick Lambie het sy eweknie Morné Steyn in alle aspekte van die spel oorskadu en ’n duidelik boodskap aan Heyneke en Kie gestuur. Op Coca Cola-park het die Westelike Provinsie in die laaste minuut die spreekwoordelike haas uit die hoed gepluk toe hul met ’n skitterende rolmaalbeweging die wendrie druk. Die span van die Kaap verdien beslis om in die finaal te speel. Allister Coetzee en sy WP span het dié jaar gewys dat hulle oorgehaal is om die spook, wat die span vir 11 jaar jaag, behoorlik af te skud. Die Leeus was uit die staanspoor

vol planne en Elton Jantjies het sy voorspelers met slim spel op die voorvoet gehou. Elton het egter sy skopstewels, ná sy onderhandelinge met die WP, in die Kaap agtergelaat. Sy verbroude skoppe pale toe sal die Leeus-ondersteuners nog lank met ’n bitter smaak in die mond laat, maar daar is geen twyfel dat die seun op die hoogste vlak hoort nie. Vir die Westelike Provinsie was dit meer as ’n suksesvolle seisoen. Jongelinge soos Marchel Brache, Damian de Allende en Scarra Ntubeni het naam gemaak. Hopelik blink hulle weer uit in die Streeptruie in 2013, en nie by die Cheetahs of Blou Bulle nie. Wat die naweek se finaal betref, moet jy hare op jou tande het om geld op die uitslag te plaas. Indien die weer saamspeel, gaan hardlooprug-

by aan die orde van die dag wees. Die stryd tussen Paul Jordaan en Juan De Jongh is een waarop rugbykenners lank reeds wag. De Jongh het die huidige Bok-senter Jaco Taute op sy neus laat kyk met sy kenmerkende aftrap en dartel-lopies, maar Jordaan sal beslis ’n ander benadering verg. John Plumtree behoort nie veel aan sy span te torring nie, maar Allister Coetzee gaan beslis oorweeg om Joe Pietersen op heelagter te kies en Gio Aplon na vleuel te skuif. Hoewel Pietersen aanvanklik gesukkel het met sy skoppe pale toe, was hy bedrieglik met bal in die hand, en sy drie in die linkerhoek het die WP weer in die prentjie gebring. Ek gaan nie ’n voorspelling waag nie. Soos my vriend Ashwin Willemse sou sê, “Mag die beste span wen.”

BOLAND RUGBY: Hannes Morris, wat vir die Moorreesburg rugbyvoetbalklub speel, is ná ’n reeks proewe in die Boland Kavaliers-oefenspan opgeneem wat van 22 tot 26 Oktober in die Boland-stadion sal oefen. FOTO: VERSKAF


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.