Swartland gazette 4 nov 2014

Page 1

Swartland

Cobus Edas | 082 616 0811 edas@omnicars.co.za Jaco Jooste | 079 502 7074 jaco@omnicars.co.za

Grand

i10

From: R142 900.00 • Integrated Bluetooth audio system • Fuel economy • Powerful performance • Eco-driving function • USB Mp3 and iPod connectivity X1PDCYY1-ST041114

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 12 • 4 November 2014 | Tel. 022 482 3817

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za

Jo Dolphin ondersoek bedrog

SAKP lei optog op Moorreesburg Inwoners van Moorreesburg, onder leiding van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), asook lede van Cosatu, het Vrydag aan ’n protesoptog na die Weskusdistrikmunisipaliteit se kantore op Moorreesburg deelgeneem waartydens ’n memorandum met hul griewe aan die uitvoerende burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen, oorhandig is. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Bejaarde sterf in brand VERSLAGSPAN MALMESBURY – Louis Fourie (78) is verlede Vrydagoggend dood ná ’n brand, in die gedeelte van die huis waar hy gewoon het, ontstaan het. Polisiewoordvoerder konst. Hennie du Rand het gister gesê hulle wag vir die uitslag van die forensiese ondersoek na die oorsaak van die brand, maar geen misdaad word vermoed nie. Du Rand het verduidelik die brand het uit die woonstelgedeelte van die hoofhuis waar Fourie gewoon het, ontstaan. Dit het die brandweerdienste Vrydagoggend van 02:00 tot 04:00 geneem om die brand te blus. Niemand anders is in die brand beseer nie. Steven Swart, die seun van Leon Swart aan wie die huis behoort, het gister aan die Gazette vertel dat sy suster Letitia hom gebel het om te kom help kort nadat die brand uitgebreek het.

Die brand het volgens hom omstreeks 01:30 Vrydagoggend ontstaan. Letitia het wakker geskrik toe sy iets ruik en besef die huis is aan die brand. Sy en haar seun kon vinnig genoeg uit die huis kom. Hul pa was nog by die werk toe die brand uitgebreek het. Toe Steven en sy oom daar aankom, was die woonstel klaar deur die vlamme verswelg. “My suster en haar familie het byna alles verloor, maar gelukkig niks oorgekom nie,” voeg Steven by. Mark Fourie, Louis se seun, het gisteroggend vertel van die talle oproepe en besoeke wat hulle ontvang van inwoners wat hul medelye oor die dood van sy pa betuig. Hy het Louis beskryf as ’n man altyd gehelp het waar hy kon en altyd bly was om jou te sien. Die finale begrafnisreëlings was teen druktyd nie bekend nie, maar die verrigtinge sal na verwagting eerskomende Saterdag plaasvind.

Die huis wat verlede Vrydagoggend deur ’n brand verwoes is wat die lewe van ’n bejaarde man geëis het. FOTO: LIZETTE SMIT

MALMESBURY – Die Jo-Dolphin Swartland Vereniging vir mense met gestremdhede en plaaslike tehuis vir leerders met fisieke en verstandelike gestremdhede, is die afgelope maand geruk deur beweringe van bedrog en diefstal. Anita Adams, die sentrumbestuurder wat vir die afgelope vier jaar aan die stuur van sake staan, is op 19 September deur die bestuurkomitee van Jo Dolphin geskors met volle vergoeding ná beweringe van diefstal en bedrog. Terselfdertyd is ’n kriminele saak by die polisie ingedien. Na afloop van dissiplinêre verhore, gehou op 8 en 15 Oktober in Kraaifontein, is sy onmiddellik ontslaan. Die finansierders van Jo Dolphin, waaronder die departemente van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, het ook reeds forensiese ondersoeke gedoen en dit word verwag dat hulle ook kriminele sake mag indien. Die bestuur van Jo Dolphin werk die afgelope maand onverpoos aan sy eie interne ondersoek ten einde die volle omvang van die beweerde diefstal te bepaal waarna die bestuur en individue wat hierdeur geraak word ook ’n siviele saak aanhangig mag maak. Inligting hieroor is ook aan die staatsdepartemente voorsien. Adams het na bewering op verskeie geleenthede die handtekeninge van die voorsitter, sekretaresse en tesourier vervals, vals eise is ingedien vir vergoeding en fiktiewe bankrekeninge en begunstigdes geskep. Jo Dolphin moes ’n rentevrye lening maak by die hoofkantoor ten einde verpligtinge met betrekking tot salarisse, rekeninge, vervoer en so meer na te kom. Die bestuur van Jo Dolphin het intussen verneem Adams na bewering steeds ondernemings op die dorp kontak om geld te skenk. Die bestuur van Jo Dolphin maan inwoners om onder geen omstandighede skenkings aan Adams te maak nie. Hulle nooi die publiek om enige navrae aan die voorsitter pastoor Cecil Errens by 083 248 4825 of die sekretaresse Cathy Solomons by 082 707 9973 te rig. Adams kon teen druktyd, ten spyte van herhaalde probeerslae, nie vir kommentaar bereik word nie.

Bokomoweg 16, Malmesbury

Tel: 022 487 1411 Fax: 022 487 1421

Verskaffers van Industriële-, huis- sowel as motorverwe.

Groot jaarend verkoping!!! Kom loer gerus in vir spesiale aanbiedings. Jy kan ook ’n verdere 10% ??? ?????? afslag kry met die toon van hierdie advertensie. X1PDD0BH-ST041114


2

News - Nuus

Swartland Gazette

SDF-LEDE VOLTOOI KURSUS:

Lede van Swartland Drankforum het Woensdag hul sertifikate by SAB Nuweland ontvang vir ’n drie-dag kursus wat hulle suksesvol voltooi het. Die kursus het kliëntediens-opleiding ingesluit, asook hoe om suksesvol en verantwoordelik handel te dryf in die industrie. Agter van links staan John Smith, Leigh Mitchell, Henfre Brand en Ralph Africa. Voor is A/O Pierre Burger, Marcha Peters, Melissa Pieterse en Wade-lee Hendricks.

Tuesday 4 November 2014

’n Graniet-voetstuk en gedenkplaat van die Geologiese Vereniging van Suid-Afrika is op 24 Oktober in samewerking met SANParke in die Weskus Nasionale Park amptelik onthul. Die Seeberg Kultuurerfenis Inligtingsentrum, ’n projek van die SANParke Ereveldwagters: Weskus-streek, is ook by dié geleentheid geopen. FOTO: LIANA VAN ASWEGEN

Park onthul voetstuk LIANA VAN ASWEGEN

Leerder samel geld vir kanker in RIEBEEK-KASTEEL - ’n Graad 6-leerder van die Carnegie Montesorri-skool op Riebeek-Kasteel, Keenon van Kooij, het altesaam R580 ingesamel met die verkoop van pienk strikkies vir die bewusmaking van kanker. Dié strikkies wat hy self gemaak het, was volgens die skool sy eie inisiatief gewees.

Van Kooij het die strikkies gedurende die geldinsamelingsgeleentheid op 22 Oktober by die Wicked Treats Bakkery op Riebeek-Katseel verkoop. Tony en Liesel Purnell het by dié geleentheid ook R5 667 vir die plaaslike kanker-fonds, die Franza Truter Fonds, ingesamel.

Altus Venter Cell: 082 920 0780

Epos: altusventer17@gmail.com BA SPRAAK EN GEHOOR

A J VENTER DIENSTE

EPOS: audiologywc@gmail.com

CK 95/04042/23 • VAT: 4230111538

WEBSITE: www.hearingwestcoast.com

ELEKTRIESE ONDERHOUD LOODGIETERSWERK ELEKTRIESE HEININGS AIRCONS / GEYSERS / STOWE BESPROEIING - SPILPUNTE POMPMOTORS

GEHOOR EVALUERING, GEHOORAPPARATE, HERSTELWERK EN DIENS VAN APPARATE, GEHOORAPPARAAT TOEBEHORE, GEHOORAPPARAAT BATTERYE, GEHOORBESKERMING, SWEM PROPPE, WIRELESS KONNEKSIE. Vredenburg: Suite 9, Weskus Dokters kamers, Vredenburg, 7380 Tel: 022 713 4996 • Faks: 022 713 1594

Malmesbury: Hugenotestraat 28, Malmesbury, 7300 Tel: 022 482 1912 • Faks: 022 482 1913

COC SERTIFIKATE (HUIS TOETSE)

X1PDFA95-ST041114

WESKUS NASIONALE PARK – ’n Granietvoetstuk en gedenkplaat van die Geologiese Vereniging van Suid-Afrika is op 24 Oktober hier in samewerking met SANParke amptelik onthul. Die geleentheid is ook deur afgevaardigdes van die Geologiese Vereniging van SA, die Suid-Afrikaanse Stigting VOC en die Gemeenskapskas van die Wes-Kaap bygewoon. Die Seeberg-gedenkplaat op sy granietvoetstuk is die laaste in ’n reeks van 10 wat deur die Geologiese Vereniging van Suid-Afrika in die Wes-Kaap en Karoo aangebring is by plekke van geologiese belang. Volgens Coenie de Beer, ’n spesialiswetenskaplike by die Raad vir Geowetenskap, is dié sogenaamde geoterreine sedert 1990 deur ’n komitee van die raad se Wes-Kaapse tak geidentifiseer. “Hierdie geoterreine is gekies vir hul potensiaal om as ’n opvoedingsgeleentheid vir die algemene publiek te dien oor die geologiese aspekte van die landskap en algemene wetenskaplike kwessies ,” sê De Beer. Volgens hom is die vernaamste rede vir die

oprigting van die Seeberg-gedenkplaat om die oorsprong van die graniet van die Weskus-gebied en die evolusie van die meer onlangse Langebaan-strandmeer uit te lig. “Die graniet is sowat 540 miljoen jaar gelede in die aardkors ingeplaas toe warm as ook in die atmosfeer vrygestel is, lae vulkaniese rots gevorm het en op Langebaan Skiereiland blootgestel is. “Op Seeberg bevat die graniet talle wit gekristalliseerde rotsvormende minerale. Dié het tydens die stadige afkoeling van die magma op ’n diepte van ’n paar kilometer gekristalliseer.” Die harde rotsbodem van die gebied is met ’n reeks van 120 000-jaar-oue verkalkte sandduine bedek, waarin dr. Dave Roberts van die Raad vir Geowetenskap by Kraalbaai, menslike voetspore ontdek het. Gedurende die laaste Ystydperk-maksimum, toe die omvang van die ys op die pole veel meer as vandag was, het die seevlak tot ’n vlak van 130 m laer gedaal as wat dit vandag is. “Was dit nie vir die rotsbodem nie, sou die strandmeer hoog en droog gelaat gewees het, baie kilometers oos van waar die strand vandag is,” sê De Beer.

X1PAX1K9-ST141014

INKOMSTE-GENERERENDE FABRIEKE

INKOMSTE-GENERERENDE EIENDOM

Lae onderhoud (facebrick) vol geplaveide parkeerings area Bestaande uit 11 eenhede. 1525.25 vk/m met 446 vk/m kantoor spasie.

'n Uitstekende Beleggingsgeleentheid vir die Natuurliefhebber of Boer.

VOLLE VERHUURDE FABRIEK BLOK IN MALMESBURY INDUSTRIELE AREA. MALMESBURY DIE NUWE “HOTSPOT” VAN DIE WESKAAP.

VEILING: DINSDAG 18 NOVEMBER 2014 @ 11H00 Vir volledige inligting en besigtiging besoek webtuiste www.african-estates.com VERWYSING: JBL093

4.1 ha eiendom met waterregte van Clanwilliam Waterverbruikersvereniging. 0.7 ha onder professioneel-opgerigte tonnels met besproeing - ideaal vir groenteboerdery. Groot 300m2 skuur / fabriek. 3-fase krag. Ruim 400m2 moderne woonhuis met6 slaapkamers, 2 en suite, patio, tuine en pragtige uitsigte. VAT transaksie.

4.7 ha EIENDOM - CLANWILLIAM AGTERPAD VEILING: DONDERDAG 20 NOVEMBER 2014 @ 11:00 OP DIE PERSEEL Vir volledige inligting en besigtiging besoek webtuiste www.african-estates.com VERWYSING: JBL092

X1PD5KWW-ST041114


Dinsdag 4 November 2014

News - Nuus

Swartland Gazette

3

Gewilde inwoner sterf in botsing op Klipheuwelpad LIZETTE SMIT

Masonwabe Sokoyi, provinsiale verteenwoordiger van SAKP, het die memorandum aan die protesgangers en die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, voorgelees voor dit aan hom oorhandig is. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Inwoners ruk op na burgemeester met griewe CHARLOTTE LESCH MOORREESBURG - Inwoners van Moorreesburg het Vrydagoggend aan ’n optog deelgeneem om ’n memorandum aan die uitvoerende burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen, te oorhandig. Die protesoptog, onder leiding van die SuidAfrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), het vreedsaam verloop. Die oorhandiging het by die kantoor van die Weskus Distriksmunisipaliteit plaasgevind.

Die memorandum het onder meer hul griewe oor dienslewering ingesluit. Skoon water word geëis, asook ordentlike behuising, water en sanitasie vir plaasbewoners. Die memorandum sê verder dat inwoners nie ten gunste is van die munisipaliteit se voorgestelde behuisingsprojek vir 2020 nie. Volgens die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, sal daar binne 14 dae kommentaar gelewer word nadat die griewe aan die burgemeesterskomitee voorgelê is vir oorweging. Een persoon is vroegoggend met ’n vuurwapen aangekeer en in hegtenis geneem.

Getuie nie meer seker van ‘feite’ nie LIZETTE SMIT MALMESBURY - Lucian Stevens se frustrasie was verlede week duidelik ná die prokureur vir die verdediging die talle verskille tussen sy getuienis voor die hof en verklarings uitgelig het. Hy het gesukkel om van dié verskille te verduidelik. Die kruisverhoor van Stevens, ’n staatsgetuie, het verlede Woensdag hervat in die saak waar Richard Mzola aangekla word van die moord op Sue Flight in haar huis op Darling in Oktober 2012. Stevens is aanvanklik ook in hegtenis geneem ná die voorval, maar die aanklagte teen hom is vroeër vanjaar deur die staat teruggetrek. Benewens die aanvanklike verklaring wat deur Stevens met sy inhegtenisneming afgelê is, is ’n aanvullende verklaring vroeer vanjaar deur hom afgelê. Helena Brink, die prokureur vir die verdediging, het ver-

skeie verskille in dié verklarings in Stevens se getuienis voor die hof uitgelig. Stevens se verduideliking was óf die polisiebeampte het verkeerd geskryf óf hy kon nie meer die besonderhede onthou nie; hy was “uit” met datums óf hy het sekere inligting nie gegee nie omdat niemand hom gevra het nie en dit hom later bygeval het. Hy het erken hy het insae in die ander staatsgetuies se verklarings gehad. In die kruisondervraging het Stevens gereeld vlugtig in Mzola se rigting gekyk waar hy in die beskuldigdebank besig was om aantekeninge te maak van wat gesê word. Oor die volgorde en tye van gebeure en besonderhede van gesteelde items, waaroor Stevens aanvanklik seker geklink, het hy Woensdag met kruisondervraging lank geswyg voor hy huiwerig en saggies geantwoord het. Die saak is uitgestel tot 12 Desember vir verdere verhoor.

ker vir my ’n duisend keer gesê hy is lief vir my en boodskappe gestuur met MALMESBURY - “Hy hartjies en soentjies op,” was vir ’n kort tydjie vir sê Deleen. my geleen,” het Deleen Ná sy die nuus van die Kotze verlede Vrydag geongeluk gekry het, het sy sê ná haar eggenoot en gehaar man op sy selfoon liefde inwoner, Frikkie probeer bel, maar geen Kotze (42), Dinsdag 28 Okantwoord gekry nie. Met tober in ’n motorongeluk haar aankoms by die dood is. plaaslike polisiekantoor, Die ongeluk het volis sy die nuus van sy dood gens inligting van die pomeegedeel. lisie omstreeks 11:00 die “Die ironie is dat ek die oggend op die Klipheuafgelope ses of sewe maanwel/Durbanvillepad gede gewéét het hy sal in ’n beur toe Frikkie met sy ongeluk sterf. Wat ook al vragmotor in die agterkant van ’n ander vrag- Frikkie en Deleen Kotze FOTO: FACEBOOK gebeur het om sy aandag van die pad af te trek, is motor vasgery het. Hy is nie meer belangrik nie. Dit was sy dag om te op die toneel dood verklaar. Deleen het vertel hoe sy en Frikkie byna vier sterf,” het Deleen hartseer vertel. Sy sê Frikkie sal onthou word as ’n omgeegoeie jare saam was waarvan hulle meer as twee jaar getroud was. Hulle het elk twee kinders uit mens, besig, maar met tyd vir almal. Iemand wat altyd mense ondersteun het en ’n groot impak vorige huwelike. Die nuus van sy dood was vir haar en die kin- op die mense om hom gehad het. “Hy het ’n groot liefde vir mense gehad.” ders ’n geweldige skok, hoewel sy sê almal nou Die roudiens is vanoggend om 10:00 by die Nurustiger is. “Hy het die oggend voor hy gaan werk het se- we Apostoliese Kerk in Wesbank.

Plek van veilige hawe nodig ná tronk CHARLOTTE LESCH MALMESBURY – Malmesbury-polisie wil ’n verskil maak in hul geveg teen misdaad wat uit bende-aktiwiteit spruit. Hulle meen egter sekere rolspelers en belangriker nog, die gemeenskap, is nodig om dit te bewerkstellig. Malmesbury-polisiestasie het die afgelope Woensdag verskeie departemente, organisasies en die publiek uitgenooi na die stadsaal om spesifiek te praat oor hoe die vorming van bendes en aktiwiteite daar rondom stop gesit kan word. Kol. Zeno Phillips sê dit gebeur dikwels dat mense wanneer hulle uit die tronk vrygelaat word, hulle bendes vorm of deel raak van bendes. “Die probleem is dat daar geen stelsels in plek is waarheen ’n voormalige gevangene kan gaan nie.” Hy sê vrygelate gevangenes word baie

keer deur die gemeenskap en familie verwerp. Dit is dán wanneer hulle bendes vorm of by een aansluit as ’n veilige hawe, verduidelik hy. ’n Verteenwoordiger van die departement van korrektiewe dienste, het bevestig baie van die gevangenes is binne ’n maand weer terug in die tronk omdat hulle deur hul families verwerp word, ongeag goeie rehabilitasieprogramme. Konst. Hennie du Rand sê daar moet ondersteuningstrukture in plek gestel word vir dié mense. Phillips sê egter die probleem is die gebrek aan beskikbare hulpbronne. Korrektiewe dienste erken dis wel ’n groot uitdaging, maar dat die ouers hier ’n groter rol moet speel. Die polisie is tans in gesprekvoering met sekere rolspelers oor na-skoolse aktiwite om groeiende bende-aktiwiteite te stuit.

‘Drenkeling’ se liggaam steeds gesoek DARLING - Die polisie se duikeenheid en vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gister hul soektog voortgesit na die liggaam van ’n inwoner wat vermoedelik Sondagmiddag op Yzerfontein verdrink het. Volgens ’n persverklaring van die NSRI het die man in die see by Strand Kombuis gaan swem terwyl sy familie hom van die strand dopgehou het. Hulle het glo bekommerd ge-

raak toe hulle hom nie meer kon sien nie, maar was onder die indruk dat hulle hom later wel gesien het. Dié swemmer was toe nie hul familielid nie, maar iemand anders. Kapt. Deon Petersen, die stasiebevelvoerder, het gesê dat hulle nie die naam van die persoon bekend kan maak nie, aangesien die liggaam nog nie gevind is nie. Die polisie ondersoek ’n voorlopige saak van verdrinking.

RAIM

NDI S

TRADING

C O M PA N Y TEL: 022 486 4880 FAX:022 486 4886

ABBATOIR STRAAT 16 MALMESBURY

Valid from 05 Nov. - 12 Nov. 2014 • CASH & CARRY ONLY 3kg Nola Mayonnaise

Niknaks baler bags 20g x 50

R71.99

R29.99

R15.50

Sasko Combo

Combo

700g Sasko White Bread

each

(10kg Sasko Cake Flour, 10kg White Star & 10kg Spekko Rice)

R209.95 p/combo

X1PDK20D-ST041114

each

(2L Sungold Cooking Oil & 2kg Allsome rice)

R40.00

p/combo

Lux Bath Soap

100g x 4 VALUE PACK

each

R8.99

each

X1PDB1XM-ST041114


4

Swartland Gazette

News - Nuus

Ouers moet versigtig weer oor wat hulle sê

Oop kaarte speel is ’n goeie begin Bedrog beteken nie net dat geld gesteel word nie, maar ook dat vertroue verbreek is. Die gevolge van bedrog kring gewoonlik baie verder uit as wat voorspel kan word en raak meer lewens as wat verwag word. Wanneer beweringe van bedrog kop uitsteek by ’n organisasie soos die Jo Dolphin-sentrum vir leerders met fisieke en verstandelike gestremdhede, is dit asof die vertrouensbreuk ’n graad erger is. Uit gesprekke met die bestuur is die skok byna tasbaar, dat iemand wat hulle vertrou het skynbaar op ’n gewetenlose manier geld kon steel en handtekeninge kon vervals. Dit is skokkend om te dink dat iemand met voorbedagde rade geld by individue en ondernemings sou vra, wat dié ondernemings glo vir ’n goeie doel aangewend sal word, net om in iemand se eie sak te beland. In ’n tyd waar die behoefte so groot is en daar mense is wat steeds bereid is om minderbevoorregtes finansieel by te staan, laat dié soort bedrog ’n bitter smaak in die mond. Hoe kan mens vir seker weet geld wat geskenk word sal inderdaad vir die doel aangewend word waarvoor dit belowe word? Dit sal moontlik ’n lang pad wees vir die bestuur van Jo Dolphin om mense se vertroue terug te wen, maar deur nie die bedrog onder die mat te vee nie, die vermeende bedrieër te vervolg en oop kaarte met die gemeenskap te speel, is beslis ’n goeie begin.

Tuesday 4 November 2014

PASTOOR PIET SMIT

DISSIPLINE BEGIN BY DIE HUIS: ’n Esterhof-inwoner het onlangs ’n inisiatief begin om kinders te motiveer om te sorg dat die straat waarin hulle woon, skoon bly. Die kinders wat aan die inisiatief deelgeneem het, het dit glo baie geniet en skoonmaaksessies vind deesdae soms twee keer ’n week plaas. Die weldoener, wat anoniem wil bly, meen dat jy eers by jou eie huis moet begin skoon maak voordat daar gekla word oor die area wat vol vullis lê. Die inwoner hoop dat die inisiatief ander inwoners in die Swartland sal motiveer om ook te sorg dat die strate waarin hulle bly, skoon bly. “Kinders sal gewillig wees om agter hulself op te ruim as hulle reg benader word,” meen die organiseerder. Hier is van die jong inwoners elk met ’n besem of emmer in die hand, gereed om die vullis op te ruim.

BOETIE EN SUSSIE DOEN DIT WEER: Zoë en Riley Brown van Liebenberg Primêr op Malmesbury het weer vanjaar uitstekend presteer. Zoë - met ’n skinkbord vol bekers - is as die algehele topstudent vir 2014 aangewys en Riley het die eerste plek in gr. 2 behaal.

Negatiewe uitsprake van ouers kan maak dat hul kinders nie die Here sal dien nie (Spr. 21:18). ’n Pastoor vertel dat toe hy in Bloemfontein was, het baie studente sy kerk besoek. Een van hulle het pragtig tot bekering gekom en wou hom ook laat doop. Maar die kind se pa was bitter ontevrede oor die besluit van sy seun en gesê: “My seun kan liewer ’n dronklap word, voordat hy ’n ‘Apostolie’ word.” Die seun het klaar gestudeer; in Bloemfontein begin werk en hy en die pastoor het later kontak verloor. Op ’n dag lui die pastoor se foon: “Pastoor, ek wend my vandag tot jou. My seun het ’n geweldige drankprobleem. Sy vrou is besig om van hom te skei en hy kan moontlik ook sy werk verloor. Jy was nog al een na wie se kerk my seun destyds gegaan het. Sal jy hom nie maar gaan sien en kyk wat jy kan uitrig nie, asseblief.” Die pastoor vertel, al wat hy vir die man kon sê, was: “Maar oom, dit was jou wens vir jou seun.” “Wat bedoel jy, pastoor?” “Oom, jy het gesê, hy kan liewer ’n dronklap word, voordat hy ’n ‘Apostolie’ word. Nou het hy geword wat jy verkies het.”

TOP PRESTEERDER: Milandrie Timotheus (10) van Liebenberg Primêr op Malmesbury, is onlangs uitgewys as die leerder met die beste akademiese prestasie in gr. 4 en haar klas. Sy het by die skool se toekenningsgeleentheid die wisseltrofeë vir wiskunde en Afrikaans sowel as die Skoolhoof Akademiese-wisseltrofee ontvang. Milandrie het ook ’n sertifikaat ontvang nadat sy spesiale goud by die Eisteddfod ontvang het, asook vir haar deelname in die Nasionale Taal Bonanza op Citrusdal.

Leerders sê dankie vir ‘tweede kans’

SKOONHEDE: Die kleuterskool, Little Darlings, het onlangs hul Mnr.- en Mej. Little Darlings-kompetisie

gehou. Die peuter, junior en senior-leerders het aan die kompetisie deelgeneem. Hier is Marlene Adams (links) en met die skoolhoof Josephine Hector by die senior-leerders.

Eienaar van afgebrande huis sê dankie Leon Swart, die eienaar van die huis wat vroeg Vrydagoggend afgebrand het, bedank sy seun, swaer Gideon Ellis en al die noodpersoneel vir

hulle hulp. Louis Fourie is in die brand oorlede. Enige bydraes sal baie waardeer word. Kontak gerus vir Leon by 078 165 5919.

STELLENBOSCH – Drie leerders van Malmesbury was deel van ’n groep van 99 SciMathUSstudente wat in 2014 dié oorbruggingsjaar by die Universiteit Stellenbosch (US) voltooi het. Prof. Maureen Robinson, dekaan van die fakulteit opvoedkunde by die US, het die SciMathUS-studente by ’n onlangse afsluitingsgeleentheid toegespreek. “Ek het al gesien hoe anders die lewe kan wees vir mense met ’n goeie opvoeding. Vir hulle is daar moontlikhede en hoop,” het sy gesê. Die suksesvolle SciMathUS-program (Science and Mathematics at the University of Stellenbosch) bied talentvolle en belowende matriekleerders uit opvoedkundig benadeelde omstandighede en wat nie matrikulasievrystelling verwerf het nie of wat nie voldoende presteer het om vir keuringsprogramme toegelaat te word nie, ’n tweede kans om hul punte in wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde te verbeter. Meer as 650 aansoeke is vir 2014 ontvang. Charlene Butler, Maquinitte Krynauw en Courtney Spogter van Malmesbury was bevoorreg om die kursus by te woon. Voornemende studente kan van nou af aansoek doen om in 2015 deel van SciMathUS te wees. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 23 Januarie. Skakel 021 808 3032 vir meer inligting.


Tuesday 4 November 2014

6 November ) Darling-GPF se algemene jaarvergadering vind om 19:30 by die Focus-gemeenskapsaal plaas. 022 492 3745. ) Die Dorings rugbyklub hou hul jaarlikse bekeruitdeling in die landbousaal op Malmesbury. Kaartjies kos R70 en die geleentheid begin om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by raadslede Klasie, Audrey en Tinus. Ondersteuners word gevra om rooi, wit en blou klere aan te trek. Navrae by Klasie Pieters by 073 937 0785 of 073 680 1388.

8 November ) Die ACVV Dienssentrum op Malmesbury hou markdag in die NG Kerksaal. Stalletjies kos R50. Navrae by 022 482 2245.

14 tot 16 November ) Die eerste Saron Bergwaterfees word by die Saron-sportgronde gehou. ’n Restaurant, biertent, mini-karnaval, talle stalletjies en aktiwiteite word beplan vir besoekers. Navrae by Chalrine Scholtz by 072 722 3268 of epos chalrine.scholtz@gmail.com.

19 November ) Die algemene jaarvergadering van Jo Dolphin begin om 18:00 in die komiteesaal van die Wesbank-gemeenskapsaal. Alle belangstellendes is baie welkom. Navrae by Jacques Swarts by 082 826 6810.

27 November ) Kom geniet ’n gesellige oggend ten bate van Aandskemering om 09:00 vir 09:30 by Allesverloren. ’n Ligte ete en baie verrassings ingesluit. Kaartjies kan teen R200 elk by Elrika Lesch by 083 414 7023 bespreek word.

30 November ) Groote Post Country Market at the Groote Post Winery, Darling from 10:00 until 15:00. Contact: Eldré Strydom at 082 877 6677 or email eldre@iloveyzer.co.za.

Kerkdienste Die AGS Riebeek-Wes biduur 5 November begin om 19:00. Die Sondag-erediens op 9 November begin om 10:30 en die tema is Pasop. Navrae by past. Clifton Fredericks by 076 158 5471. ) Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits en die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae tot Donderdae vanaf 08:00 tot 14:00) ) Malmesbury Methodist Church of SA St Thomas Street, Malmesbury. 09:15 Sunday Worship Service; 08:30 Sunday school (except during school holidays) Midweek activities: 19:00 Tuesday prayer meeting at the Church; 19:00 Wednesday Bible Study – Wesbank 022 486 6087; 19:30 Wednesday Bible Study – Malmesbury 082 890 5433. Enquiries with Rev John Beck at 022 482 3623. ) Ags Corpus Christi Malmesbry se Sondagoggenddiens vind om 09:30 op 9 November plaas met die tema Wegraping. Die aanddiens is om 18:30. Navrae: 073 447 2902 ) ’n Spesiale diens word 9 November in die St. Thomas-skoolsaal gehou. Die tema is Oorwin jou pyn en die diens begin om 17:30. Navrae by Warren by 079 187 7775 of 072 540 6785. ) Food Bank Malmesbury would like to invite everybody to their Gospel Event on Sunday 9 November from 12:00 until 15:00 at the Thusong Centre in Ilingelethu. There will be drinks and snacks as well as some of the nicest choirs from the region. Participate in the choir beating auction or just enjoy the gorgeous sound. R8 Adults, R2 Children (under the age of 15).

News - Nuus

Swartland Gazette

5


GELUKWENSINGS 1030

STERFGEVALLE

1005

Thomas, Christo (Pikkie) Geb: 24/09/1978 Gest: 28/10/2014

Gedenkdiens vind plaas op Vrydag 7 November 2014 om 10:30 vanuit NG Kerk Moedergemeente Malmesbury.

MILANDRI 01/11/2014 Baie geluk met jou verjaarsdag. Vir 10 jaar het God jou aan ons toevertrou. Mag jy altyd blom en straal soos nou. Mag jou jare vorentoe voorspoedig wees. Gods rykste seën op jou lewe. Met liefde: Dadda, Mammie, Letha & Langley.

Rus saggies ons seun, broer en oom. Chris, Ria, Carina, Mia en Zoe. X1PDRRTM-ST041114

FAMILIEKENNISGEWINGS

PROF BABA ALI MUSSA Here is the specialist from East Africa with strong and powerful muthi specialities. • Bring back lost lover only 30mins • Stop cheating on you. • Male enlargement and strong in bed. Only 1hr. • Woza Woza Muthi for business and selling properties fast. • Achalume Muthi to win millions of money and any compitition and lotto/casinos fast. • To delete your loan and be free. • Short buys to bring money in account and house. • To borrow magic stick in 2 weeks test it before you borrow it. • Borrow magic wallet to make you rich. Only 1 hr. aand Chitaka oil to get money in your wallet easy. I finish all unfinished jobs left by other herbalists. Only 2 hr. My job is 100% gauranteed. For more info please call Mussa: 072 680 5929.

SAAMRYGELEENTHEDE IN MEMORIAM

1441

1015

RAAI WIE WORD 1 OP 02/11/14! Ryan-Li, baie geluk. Van Mammie, Oupa en Ouma. JOHN JACOBUS HOWPERSOONLIKE BURG (JOHNY) DIENSTE 4 Oktober 2015 vandag presies 1 jaar gelede skielik opgeroep vir hoër SPYSENIERING diens. Daar gaan nie ‘n dag & LOKALE verby wat ons aan jou dink 1401 nie, maar ons weet jy is VIR BESTELLINGS veilige in Jesus se hande. GEBORE: 04/11/1963 Samoosas, springrolls, OORLEDE: 04/08/2014 Rus in vrede tot God ons Pasteie ensv.022 486 4933. weer bymekaar bring. Jou eerste verjaarsdag Van jou velangende vrou, weg van ons. Die vermisting is nog baie, maar ons Evelyn, kinders en kleinkinders. KINDERVERMAAK weet jy is op 'n veilige plek. Van jou suster, Chri1405 SARIE FAROA (BAWA) stina en gesin. ASPATAT PARTYTJIES: Reeds 1 jaar van ons gesSpringkastele, waterglykei. My skoon suster, jou bane, kindertafeltjies & voetstappe en bemoedigende woorde is weg ewn stoeltjies te huur. Kontak: jou stem is stil. Die leemte 084 607 5658. in ons harte sal altyd daar bly. VanL Johanna (Skoonsuster), Lynn, Daniëlle, KRUIEKENNER Lehaygon en Jaygon. 1435

DANKBETUIGINGS 1020

'N GROOT WOORD van HIERDIE JAAR is dit 10 dank Nataniel Peters jaar wat jy vir ons vooruit (ambulabs) en sy span vir uitmentende diens met gegaan het. Ons mis jou baie. Sal altyd lief wees vir Cee-Jay se siekte. ook vir dr Erasmus van Swartland jou. Van vroulief Elsie, Hospitaal. Julle is tops. kinders, kleinkinders en Faroa Familie. agterkleinkinders.

PROFESSOR SOLOMON, KONING VAN KRUIE Solomon, nooi almal met volgende probleme wat oplossing gesoek het sonder sukses. Het jou lewensmaat jou gelos of skei vir iemand anders soek jy hom/haar terug. Het jou geliefde 'n affair, wil jy hom/haar net vir jouself hê. As die man/vrou van jou drome aanhoudend ontglip. Manlike geslag probleme. Eksamen en werskonderhoude. Ondervind jy probleme by die werk met baas of kollegas. Is jy gefire? Soek jy jou werk terug. Help met finansiële probleme. Ondervind jy probleme in jou verhouding. Help ook met enige verslawing. Help met Casino, lotto en perde. Voortrekkerweg 95, oorkant Edgars. Kontak 074 515 5690 X1PCQH2R-ST281014

MAAMA SUZAN - For all problems, Lostlovers, Sexual, Courtcases and work, Casino, Lotto, Luck, Financial, Cleaning, Protection and divorce problems. Call for Appointment 078 785 1400. 95 Voortrekker Road,Opposite Edgars, Malmesbury.

MAMA FATUMAH

Same Day Results * Love Spells * Sexual Problems * Bring Back lost lover * Unfinished Job from the other doctors. *Love Powder * Pension Delay * Financial Problems * Short Boys to bring whatever you want Call for Appointment BELLVILLE Call: 072 012 0746 / 021 948 3738

LIFT CLUB REQUIRED from Bellville/Brackenfell/Kraaifontein Area to Malmesbury. Weekdays from Monday – Friday 8:00-17:00. Please contact Sharee Reitz on 072 927 4823.

LENINGS 1445

LENINGS:tot R200 000. Konsolidasie. Dieselfde dag uitbetaling. Skakel Fiona 084 222 271.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP

LANDBOU

SKOONMAAKDIENSTE

ANDER DIERE 2220

1805

MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik skoonmaak & Ontsmetting van matte en bekleedsel. Droog ± 30 min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

TUIN & BESPROEIING

HASIMO BOARDING CATTERY - Exclusive Holiday accomodation for Cats. Quality care and personal attention. Individual runs. To book, phone Daléne @ 072 525 0725.

1625

COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577.

ALLERLEI 1655

Antieke Ornamente te koop. Riebeeck - Wes. Skakel 022 461 2796.

DADELIKE KONTANT vir u bakkie of motor. Skakel, SMS of whatsapp na 084 844 00 00. (nie lopende bakkies & motors welkom). EIENDOMME

1825

ROLL-ON LAWN Gratis Aflewering! Gratis Kwotasie! SNY van bome en stryke. Gratis Verwydering! BOUROMMEL, tuinvullis verwydering! Skakel 072 800 9963.

DIENSTE 2420

SAKEPERSELE 3215

MALMESBURY - Commercial Property to Rent. Address: Cnr. Piet Retief & Loedolf, ERF 1695 Unit 5. Details: 2 Storey premises, Approx 58m2, R2 800 p/m (Ex. VAT) Contact Gustav on 022 713 2221 or mail rentals@swemmer.co.za.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand 083 265 5161.

TE HUUR 3205

MALMESBURY: Eenmanswoonstel te huur, R2 200 p/m. Onmiddellik beskikbaar. Kontak Petro Coetzee by 083 557 1305 of petro256@telkomsa.net of Genine Swart by 022 482 1123, Basson & Louw litigasie@bassonlouw.co.za

CEGE SMIT BLINDS Trading as JS BLINDS Vervaardigers van alle soorte blindings,asook enige herstelwerk & veranderings. Derick & Nelia 082 788 7210 / 022 487 2394.

ALGEMEEN 3680

Die JUSTINE verkoops geleentheid. Wil jy graag van die huis af werk? Jy kan met 'n JUSTINE loopbaan! Verkoop tissue oil, parfuum, grimering en velsorg produkte. Gratis opleiding beskikbaar. SMS Naam, kontakbesonderhede en area na Harriet 078 918 0101. HAARKAPSTER dringend gesoek. Vereistes: Kort & lang hare, uitblaas. Vir meer inligting kontak: 073 073 9034. HONEY JEWELLERY Sales Consultants required. Earn up to 45%. Call: 084 409 0901 or email: msivrath@gmail.com. LUTEA PARFUUM - Is jy ‘n selfgemotiveerde bemarker en Parfuum jou passie!! Nou is jou geleentheid om deel te word van ‘n “multi million dollar” bedryf! Skakel Madri of SMS jou e-pos adres na 083 655 0445.

Trekker Bestuurder (Operateur)

CK BLINDS - Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948 072 126 2394.

Gevestigde Maatskappy soek dringend ‘n Trekker Bestuurder Vereistes

1. Moet goed opgevoed wees. 2. Moet in besit wees van 'n geldige rybewys. 3. Ten minste 5 jaar algemene Boerdery ondervinding.

A J VENTER DIENSTE Elektriese Onderhoud, Loodgieterswerk, Elektriese Heinings, Aircons/Geysers/Stowe, Besproeiing - Spilpunte, Pompmotors. Skakel Altus Venter 082 9200 780 altusventer17 @gmail.com

Diens aanvaarding onmiddellik Salaris Onderhandelbaar Epos jou CV na flaxfarmer.cjvr@gmail.com Vir enige Navrae kontak 079 799 1168 X1PCPHLH-ST281014

MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDS-HEKKE Installeer en herstel alle tipes deure, asook " automation". Skakel Derick by 082 804 4550/ (022) 487 2394.

LOODGIETERS 1855

BRAAI-KAGGELHOUT Portjackson hout, 1 000 stukke @ R600. Gratis aflewering. 072 800 9963.

AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank flosse.

SAKE

1845

ELEKTRONIES & DIGITAAL

3600

3075

ALLERLEI TE KOOP

BETREKKINGS

HANS DIE LOODGIETER!!! Gekwalifiseer. Uitstekende werk. Gratis kwotasie. 074 192 9804.

Pak van 50 ou Koerante VERVOER & @ R25 en Ongedrukte BERGING koerantpapier rolle @ R30 1870 per rol te koop by Swartland Gazette kantoor Swartland Miniof skakel Natalie by Movers Meubelvervoer. 022 482 3817. Clint 074 381 1111.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP 3025

24/7 CASH FOR your Bakkie or Car. Just SMS or phone 072 620 1126.


Dinsdag 4 November 2014

Geklassifiseerd

7

Swartland Gazette

MOUNT ROYAL GOLF EST VACANT STAND

Anne Pienaar Gedenk (VGK) Primêr

MALMESBURY TUES 11 NOV 2014 at 11:00 at

Graad R WKOD-gesubsidieerde kontrakpos

DECEASED ESTATE

76 BURTON HILL AVE

Stand 9648 Malmesbury: 700m² Vacant stand in well sought after golf estate. Excellent security. Auctioneers note: For more, please visit www.omniland.co.za. Conditions: FICA Documents required. 10% Deposit with fall of hammer. Ratification within 14 days. Guarantees within 30 days. Instructor The Executor Est Late PJM de Waal Master’s Ref: 4041/2012 STITUTE

S.A

. IN

RS

804 2978 / 082 960 1881 OMNILAND 012www.omniland.co.za

OF

EE

Die kandidaat moet beskik oor die die volgende kwalifikasies: • Onderwysopleiding en ondervinding • Minimum vereiste: Onderwysdiploma • B.Ed Graad sal in u guns tel • Kennis van CAPS • Tweetalig (Afrikaans en Engels) • Goeie interpersoonlike vaardighede • Goeie kommunikasievaardighede • Rekenaargeletterd • Goeie leierseienskappe • Moet onder druk kan werk

A U CT I O

N

² 0m 0 7

Tydperk: 1 Januarie – 31 Maart 2015 (Kontrak onderhewig aan verlenging)

VACANCIES West Coast Further Education and Training College has the following Support vacancy. This is a one year performance based College Council contract position.

Aansoeke moet die volgende insluit: • CV en relevante verwysings • Aansoekbrief • Afskrif van ID-dokument • Gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies • Ten minste een getuigskrif

Project Manager Engineering (NSF) (Ref no: WCC 83/14) Atlantis Campus, Atlantis R250 029 + 37% (in lieu of benefits) per annum Purpose: Responsible for the execution of all engineering and related design training Occupational Programmes as required by the college. Minimum Requirements: three year related education qualification as artisan; assessor and moderator training experience; four years' experience in similar position. Key Performance areas: Direct and manage the execution of engineering projects; maintain a strategic focus for projects to ensure a balance between the immediate project needs and long term goals of the college; utilize project management methodologies, systems and tools as defined by the college; comply with college rules and policies and follow professional practice; develop and implement recovery plans for off-schedule and unanticipated occurrences; prepare management reports and presentations; recommend new processes where needed to improve quality, cost or delivery; maintain awareness of safety and environmental requirements. Skills: Good report writing, budget management, managerial, communication and partnership management skills; computer literacy. Abilities: Ability to function effectively in a construction related training environment and manage staff to ensure desired outcomes of training projects. Knowledge: Learnership, apprenticeship and accredited skills programme knowledge of the manufacturing and engineering sector.

Slegs e-pos of faksaansoeke word aanvaar. Rig u aansoek aan: Die Voorsitter van die Beheerliggaam e-pos na: admin@annepienaarps.wcape.school.za of faks na 086 402 5135 Sluitingsdatum vir aansoeke is 14 November 2014 om 13h00.

Storeman – (NSF) (Ref no: WCC 84/14) Atlantis Campus, Atlantis R 87 330 per annum + 37% (in lieu of benefits) per annum

Munisipaliteit Municipality Umasipale

KENNISGEWING 44/2014/2015

Recruitment / Placement Administrator (Ref no: WCC 86/14) Central Office, Malmesbury R 123 738 + 37% (in lieu of benefits) per annum

VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN ERF 110, MALMESBURY

Aansoek word ook gedoen ingevolge artikel 15(1)(a)(i) van Ordonnansie 15 van 1985 ten einde af te wyk van die syboulyn van toepassing op die oostelike grens vanaf 3m na 0m. Verdere besonderhede is gedurende gewone kantoorure (weeksdae) by Departement Ontwikkelingsdienste, die kantoor van die Bestuurder : Beplanning, Boubeheer en Waardasies, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury beskikbaar. E n i g e k o m m e n t a a r, h e t s y b e s w a a r o f ondersteuning, kan skriftelik by die ondergetekende ingedien word nie later nie as 8 Desember 2014 om 17:00. J J SCHOLTZ MUNISIPALE BESTUURDER MUNISIPALE KANTOOR PRIVAATSAK X52 MALMESBURY 7 November 2014

SW

Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 17(1) van Ordonnansie 15 van 1985 dat ‘n aansoek ontvang is vir die hersonering van erf 110 (groot 761m²) geleë te Smutsstraat, Malmesbury vanaf enkelresidensiële sone 1 na sakesone 1. Die doel van die aansoek is om die bestaande woonhuis in ‘n sakesperseel te omskep.

D

TLA

Minimum requirements: Grade 12 / NCV L4; construction or electrical experience advantageous; familiar with engineering sector; administration experience of at least one year advantageous; Skills: attention to detail; assertive; excellent administration skills; ability to work under pressure; computer literate; responsible, trustworthy and reliable. Key performance areas: Control and manage operations of storeroom; stock management; record keeping; filing; submission of monthly reports.

AR

N

AR

N

SW

D

X1PDRV2H-ST041114

TLA

Munisipaliteit Municipality Umasipale

KENNISGEWING 45/2014/2015

VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK OP ERF 254, MALMESBURY

Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 7, Hoofstuk 14.4.1 van die Swartland Geïntegreerde Soneringskemaregulasies dat ‘n aansoek ontvang is vir ‘n vergunningsgebruik op erf 254 (groot ±1036m²), Malmesbury. Die eiendom is geleë h/v Reservoir- en Dirkie Uysstraat, Malmesbury en die doel van die aansoek is om ‘n tuisberoep in die vorm van ‘n teetuin op ‘n gedeelte (±48m²) van die eiendom te akkommodeer. Verdere besonderhede is gedurende gewone kantoorure (weeksdae) by Departement Ontwikkelingsdienste, die kantoor van die Bestuurder : Beplanning, Boubeheer en Waardasies, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury beskikbaar. E n i g e k o m m e n t a a r, h e t s y b e s w a a r o f ondersteuning, kan skriftelik by die ondergetekende ingedien word nie later nie as 8 Desember 2014 om 17:00. J J SCHOLTZ MUNISIPALE BESTUURDER MUNISIPALE KANTOOR PRIVAATSAK X52 MALMESBURY 7 November 2014

X1PDKUN9-ST041114

Minimum requirements: National diploma in business related field (or equivalent qualification); appropriate experience, specifically the placing of students; knowledge of placement programmes; initiative; service orientated; proficient in MS Office packages. Skills: good communication, interpersonal, presentation and networking skills. Key performance areas: Ensure student placement targets are met; monitor and identify opportunities for placement; negotiate employment opportunities with employers; promote jobseekers for vacancies; co-ordinate and implement job readiness programmes; administrative duties relating to employment contractual and legislative requirements; maintain and report statistics related to employment placement services; liaise with employers, community groups and other agencies to facilitate positive and effective relationships; coordinate and implement job shadowing programmes for all Level 4 learners and related staff; co-ordinate internal and external internship programme. Lecturer: Accounting/CFS (Ref no: WCC 88/14) Atlantis Campus, Atlantis R 198 888 plus 37% (in lieu of benefits) per annum Minimum requirements: Grade 12 plus three year teaching diploma in commerce or HDE or degree in commercial education; assessor and moderator training advantageous; four years' teaching experience strongly recommended; computer literacy and the ability to use IT effectively for learning; classroom management and associated administrative duties; effective communication and interpersonal skills; ability to develop appropriate programmes to meet needs and requirements; able to adapt and be flexible towards different student needs; ability to speak, read and write in English. Key performance areas: Teaching accounting and computerised financial management systems; teaching and assessment of students; set tests and assignments; mark scripts and prepare mark sheets; prepare portfolio of assessments and files. Knowledge: Familiar with accounting packages, the FET Sector and OBE terms of assessment and moderation standards.

Instructions to applicants: All applicants must submit a covering letter, comprehensive CV, certified copies (not older than three months) of qualifications; ID and where applicable, a certified copy of a driver's license. Applications without this documentation will not be considered. Applications must be forwarded as follows: Hand delivered to the West Coast College Central Office, Clicks Building, 1st Floor, 48 Voortrekker Road, Malmesbury, 7300; or fax: 086 599 2009; or email: careers@westcoastcollege.co.za. Attention: Ms Alice Arosi. Closing date: 14 November 2014 @ 16:00. No late applications will be accepted. Applicants who do not receive any response within three weeks of the closing date, should consider their applications as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for an interview on a date, time and place as determined by the college. West Coast College is an equal opportunities employer and is guided by the principles of Employment Equity. X1PDK1P1-ST041114

X1PDKUVH-ST041114

CALL FOR APPLICATIONS FOR COMMUNITY PROJECTS VERSOEK VIR AANSOEKE VAN GEMEENSKAPSPROJEKTE West Coast District Munisipaliteit

N

TLA

Munisipaliteit Municipality Umasipale

SW

SW

AR

Swartland Munisipaliteit

Bergrivier Munisipaliteit

Saldanha Bay Munisipaliteit

West Coast District Munisipaliteit

D

Saldanha Bay Munisipaliteit

AR

N

Bergrivier Munisipaliteit

D

Swartland Munisipaliteit

TLA

Munisipaliteit Municipality Umasipale

The Cape West Coast Biosphere Reserve, in collaboration with the WWF, TMF and your local Municipality invites you to apply for funding of community based projects focused on small farmers practicing sustainable agriculture or conservation agriculture that entails integration of conservation into small-scale agriculture thereby employing best practice methods. Each project will receive a maximum of R20 000. The deadline for applications is Friday 28 November 2014.

Die Kaapse Weskus Biosfeer Reservaat, in samewerking met die WWF, TMF en u plaaslike Munisiplaiteit rig I versoek vir aansoeke van projekte vir klein gemeenskapsgebaseerde projekte, spesifiek klein boerderye wat beste bestuur praktyke toepas. Elke projek gaan befondsing van maksimum R20 000 ontvang. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 28 November 2014.

If you are interested in applying, please use the details below to acquire an application form

Indien u belangstel om aansoek te doen vir befondsing is die aansoekvorm beskikbaar

000001-ST041114


Swartland

Sedert 1954 Since

022 482 4766 • salesm@lategans.co.za • www.lategans.co.za X1PDJR75-ST041114

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 12 • 4 November 2014 | Tel. 022 482

3817

Wesbank-rugbyklub vereer sy bestes

SPORT

Braam Isaacs in aksie in een van sy enkelspelwedstryde. FOTO: LIZETTE SMIT Wesbank-rugbyklub op Malmesbury het verlede Vrydag hul jaarlikse bekeruitdeling gehou om presteerders op die rugbyveld vir die afgelope seisoen op gepaste wyse te vereer. Rodwell Jonkers (regs) ontvang die trofee vir die speler van die jaar van Albi Coetzee, mede-eienaar van Superspar op die dorp en een van die klub se borge. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Jacques Malan (links) oorhandig die trofee vir sportman van die jaar aan Arno Hendriks. Hendriks het ook die beker vir mees toegewyde speler ontvang. Malan het by die bekeruitdeling ’n tjek van R25 000 aan Wesbank -rugbyklub namens OK MInimark, Wesbank se hoofborg, oorhandig.

Nicolas Nudwa (regs) het die trofee vir die speler met die beste vordering van Maude Goliath ontvang.

Alwyn Liebenberg (links) ontvang die afrigterstoekenning van Denna Koopman.

Martin Bocks is hier by Rodwell Jonkers (regs), wat die bekers vir die beste agterspeler vir die eerste span en beste vertoning deur ’n jong speler ontvang het.

Denzell Adams (links) het die bekers vir uitstaande vertoning deur ’n senior speler en beste voorspeler vir die eerste span ontvang. Langs hom is Brian September.

Skaakmat op tennisbaan MALMESBURY – Nadat die mans A-span slegs een van sy vier enkelspelwedstryde teen Durbanville kon wen, het die Swartlanders met ’n verwoede terugvegpoging gekom en die oorblywende twee dubbelspelwedstryde gewen. Wedstrydtelling: drie elk asook die telling vir stelle was gelykop sewe elk. Hopelik kan die span van Braam Isaacs hierop voortbou in sy oorblywende twee wedstryde, en sodoende relegasie in die Groot Uitdaag-ligakompetisie vryspring. In ’n oggendwedstryd klop die vroue se B-span vir Vlottenburg met drie wedstryde teen twee. Die A-spanvroue verloor teen Paarl met vier wedstryde teenoor een in wedstryde wat ook op Malmesbury beslis is. Die mans B-span val onverwags vas teen Vlottenburg op Stellenbosch met ’n telling van vyf teen nul.

Krieketuitslae

Riaan April, Leighton Mcquire, Edwill Solomons het die bekers vir onderskeidelik die mees veelsydige speler, beste voorspeler en beste agterspeler vir die tweede span gekry.

Chrislyn van Schalkwyk het die meeste drieë in die 2014-seisoen gedruk en word met ’n beker vir sy harde werk vereer.

WELLINGTON - Malmesbury-krieketklub (MKK) het Saterdag teen Bergrivier-krieketklub op Wellington gespeel. Bergrivier het eerste gekolf en ’n telling van 292/5 aangeteken. MKK se beste boulers was Johan Leander met 2/43 en Fernando Arendse met 2/49. MKK kon toe net ’n skrale 123/10 bymekaar

skraap. Beste kolwers vir MKK was Edgar Pietersen met 18 lopies en Keith Bruintjies met 42 lopies. MKK het die wedstryd met 119 lopies verloor. MKK kom die komende Saterdag teen Darling te staan in wat beloof om ’n opwindende derbywedstryd te wees. Die wedstryd begin om 10:00 op Darling.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.