Swartland
Year 10 • 4 September 2012 | Tel. 022 482 3817
DIS HEERLIKE LENTE! Plaaslike sangers Fanie Velskoen (heel links), Melindi Charle (langs hom) en John Harris (met die hoed) het Saterdagmiddag by De Jonge Café op Riebeek-Kasteel opgetree om ’n koelerige Lentedag te vier. Dit was inderdaad ’n dag om te vier aangesien Melindi en Velskoen ook verlede week onderskeidelik die nr. 1 en 2 plekke op Weskus Radio se Top 20 behaal het. Melindi en Velskoen het op 25 Julie verloof geraak. By hulle is plaaslike kunstenaar Li Nepgen en Jan Vorster, een van die besoekers. FOTO: LIZETTE SMIT
Luukse aftreeoord vir Riebeek-Wes Charlotte Lesch
RIEBEEK-WES -’n Aftreeoord en ’n versorgingsentrum vir verswakte bejaardes binne ’n natuurreservaat. Dít is beslis ’n eerste vir die Swartland.
Die ontwikkeling, Kasteelberg Natuur Landgoed, is ná ’n wagperiode van sowat ses jaar op 14 Augustus deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedgekeur, vertel Johann Buitendag van die ontwikkelingsmaatskappy, Prime Lifestyle Developments. David Ovenden, ook van Prime Lifestyle Developments, het by navraag oor waarom daar op die perseel op Riebeek-Wes vir hierdie ontwikkeling besluit is, die uitsig van sowat 25 kilometer in deursneë, uitgesonder. “Ons glo ook dat Kasteelberg Natuur Landgoed ’n kombinasie van behoeftes van Riebeek-Wes aanspreek.” Volgens Ovenden is daar wye belangstelling en ondersteuning onder die plaaslike gemeenskap, wat bevestig het dat daar ’n groot gaping vir en ’n behoefte aan aftree- en versorgingsfasiliteite vir bejaardes op RiebeekWes is. Daniel Christen van RE/MAX Eiendoms-
’n Grafiese ontwerp van die voorgestelde ontwikkeling.
agentskap op Riebeek-Wes meen die plaaslike gemeenskap ondersteun veral ’n ontwikkeling wat waarde tot die dorp sal toevoeg. “Baie inwoners was aanvanklik gekant teen die ontwikkeling, omdat ons bekommerd was oor skade wat aan die berg gerig kon word en die digtheid daarvan. Ons is egter tevrede met die aangepaste voorstel.” Dorothy Wodrich van Riebeek-Wes voel die ontwikkeling klink wonderlik op papier, maar verskil gewoonlik van die eindproduk.
FOTO: VERSKAF
Sy meen die mooi hange van die berg word al hoe meer bederf deur ontwikkelings. Volgens Christen was daar baie geleenthede vir kommentaar. Een van die aanpassings was die markverwante pryse, voeg nog ’n inwoner by. ’n Streng ontwerpersgids sal gevolg word, meen Buitendag. KUBE Architects sal ook verantwoordelik wees om renosterveld en plaaslike plantegroei soos fynbos deel van die ontwikkeling te maak.
“Die hele ontwikkeling gaan fokus op die natuur en ’n eko-vriendelike ontwikkelingsen bouplan.” Buitendag voeg by dat dit ’n natuur landgoed is en dus sal geen uitbreiding van verdere eiendom toegelaat word nie. Plaaslike boukontrakteurs sal so ver moontlik in diens geneem word en ongeskoolde arbeid sal gebruik word om alle uitheemse plantegroei te verwyder. Die eiendom sal markverwant wees en dus verkoop word teen pryse wat eiendomme op Riebeek-Wes haal. Indringerplante op die perseel sal gedurende September begin verwyder word. “Ons gaan ’n gedeelte van die perseel rehabiliteer wat heeltemal deur Port Jackson en ander uitheemse plante oorgeneem is.” Volgens Buitendag is spesialiste aangestel vir die verwydering van plantegroei, die rehabilitering daarvan en die soek-en-reddingsoperasie van diere. Cape Nature het hul volle ondersteuning vir die inisiatief bevestig. “Konstruksiewerk sal vroeg volgende jaar begin, terwyl die uiteensetting van erwe en planne van die eenhede binne die volgende twee maande plaasvind,” sê hy. Sien ook berig op bl.3.
Lees binne Swartlander word vereer
Olyfolie wen goud
Tiere wen sosiale liga
BLADSY 2
BLADSY 3
BLADSY 12
2 Swartland Gazette
Nuus - News
Dinsdag 4 September 2012
Swartlander word vereer is, is reeds vir 22 jaar sedert 1990 as vrywilliger by die Kankervereniging op strategiese bemarkings- en fondswerwingsvlak in die stryd teen kanker betrokke. Hy is ook self ’n kankersurvivor (oorwinnaar) nadat hy in Hier (van links) is Gretchen Minnaar van Kansa Weskus, Herman Aucamp, 2008 met prostaatvoorsitter van Malmesbury se Kansa RFL, Minette Burger van RFL Porter- kanker gediagnoseer ville, Jana du Plessis, een van SA se Internasionale Helde van Hoop die is. Kobus het van afgelope jaar, Johanna Stoffels, voorsitter van die RFL Vredenburg en 2009 ’n leidende rol Kobus en Anelise Smit. gespeel in die suksesKobus, wat tans die goewerneur volle aanbieding van die eerste drie Die toekennings vorm deel van die van die Kansaraad in die Wes-Kaap Kansa RLF-byeenkomste in Mosselbaai. International Relay For Life (RFL) se “Watter wonderlike voorreg was Helde van Hoop-program waardeur dit nie vir my om op grondvlak by 32 kankeroorwinnaars wêreldwyd Plaaslike Relays bekroon: ’n heerlike lewensstyl-fondsinsameerkenning kry vir hul betrokkenBy die onlangse nasionale lingsgeleentheid betrokke te raak heid by die stryd teen kanker. saamtrek van Kansa RFL in Moswaardeur die talle fasette van die Drie van die vereerde Suid-Afrikaselbaai is twee van die plaaslike stryd teen kanker bekend gestel ners is Kapenaars wat benewens KoRelays in Kansa se Suidelike Beword. bus ook Obie Woolward van Worcesigheidseenheid bekroon vir die “Die feit dat dit geskied deur midster insluit. Die derde Kapenaar wat kwaliteit van hul aanbiedinge in del van breë publieke bewusmaking nadoods vereer is, is die 18-jarige Di2011. Malmesbury se Kansa RFL en deelname aan ’n deurnag-stapgedi Coertze van George, wat vroeër is met die “Heart of Relay For leentheid waaraan ook kanker-oorvanjaar oorlede is nadat sy haar een Life”-spogtoekenning aangewys winnaars deelneem, hulle wat oorlebeen aan kanker verloor het. Die as die beste RFL-aanbieding. de is aan kanker en ander siektes op vierde Suid-Afrikaner wat vereer is, Vredenburg se Relay, saam gepaste wyse herdenk word en oud is Kedibone Bonoko van Gauteng. met Mosselbaai, het weer eens en jonk kan deelneem aan ’n verskeiKobus Smit is sedert die begin van die gesogte “Heart of Relay For denheid van pret- en plesieraktiwi2012 ’n Moorreesburger toe hy as beLife”-toekenning vir die beste teite, is nou ’n onvergeetlike deel van stuurder van Huis van Heerde Kin“Survivors”-aanbieding gekry. my menswees,” aldus Kobus. der- en Jeugsentrum aangestel is. MOORREESBURG - Kobus Smit van Moorreesburg is een van vier SuidAfrikaners wat onlangs by ’n geleentheid in Mosselbaai deur die Amerikaanse Kankervereniging en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) as Internasionale Helde van Hoop (International Heroes of Hope) vereer.
HOE KAN ONS HELP? Die polisie op Malmesbury het verlede week van deur tot deur op Chatsworth gaan aanklop om by inwoners uit te vind hoe hulle beter diens vir die Chatsworth-gemeenskap kan lewer. Konst. Hennie du Rand praat hier met ’n inwoner. FOTO: DERRICK YOUNG
Regstelling Die fotograaf wat die foto’s van Hoerskool Dirkie Uys-interskole aan die Gazette verskaf het vir die uitgawe van 28 Augustus, se van is verkeerd weergegee. Jeannette se korrekte van is Coetzer.
KOMBERSE VIR SLAGOFFERS: Die polisie op Moorreesburg het Donderdag (30 Augustus) vyf kombersies van die plaaslike PEP Stores ontvang. Dié komberse sal gebruik word vir slagoffers van veral verkragting, gesinsgeweld en aanranding om hulle gemaklik te maak en warm te hou. Sers. Nicolette Visagie verduidelik dat die slagoffers se klere dikwels geskeur is en daar nie altyd klere of iets om hulle te bedek, beskikbaar is nie. Die kombersies kom handig te pas wanneer die slagoffer na die hospitaal geneem word. Hier is (van links) stasiebevelvoerder lt.-kol. Andrew Williams, Andzard Mautitius van Pep Stores op Moorreesburg en sers. Nicolette Visagie, koördineerder van Victim Empowerment by dié polisiekantoor. FOTO: VERSKAF
Polisienuus uit Darling ) Bootenjins gesteel: Twee bootenjins met ’n waarde van R80 000 is verlede Woensdagnag (29 Augustus) van ’n boot in Yzerfontein gesteel. Niemand is tot dusver in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie. ) ’n Vermeende onwettige handelaar is baie drank kwyt: In ’n teenmisdaadoperasie wat Vrydagaand op Darling gehou is, is 220 Fdrank by een huis gekonfiskeer. ’n Vrou is in verband met die misdaad in hegtenis geneem, maar het nog nie in die hof verskyn nie. ) ’n Man vas op dronkbestuurklagte: ’n Man is Saterdagmiddag omstreeks 17:00 in Evita
VROUEMAAND: Die polisie op Moorreesburg en hul administratiewe personeel, in samewerking met die plaaslike verkeersdepartement en munisipale polisie, het verlede Woensdag (29 Augustus) ’n padblokkade op die dorp gehou om vroue van verskeie sosiale probleme bewus te maak. Pamflette met onderwerpe soos “Die mishandelde vrou”, “Gesinsgeweld” en “Is jy ‘n slagoffer?” is uitgedeel. Daar is ook pamflette by die plaaslike gesondheidsentrum uitgedeel. Sowat 248 vroue is deur die projek bereik. FOTO: VERSKAF
Bezuidenhout-rylaan op Darling op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem na hy waarskynlik beheer oor sy voertuig verloor het en teen ’n stopteken vasgery het. Volgens die polisie is niemand in die ongeluk beseer nie en het die voertuig geringe skade opgedoen. Volgens polisiewoordvoerder, Johnathan Filander, was Darling die afgelope naweek doodstil na verskeie teenmisdaadoperasies by drankpersele uitgevoer is. Hy waarsku egter inwoners om nie nalatig te wees nie en hul eiendom agter slot en grendel te hou.
ONWETTIGE DRANK: Die polisie het Vrydagaand op 220 F alkohol in ’n teenmisdaadoperasie by ’n huis op Darling beslag gelê. FOTO: VERSKAF
Rondloperhonde:
wie se probleem is dit? Lizette Smit CHATSWORTH - Honde wat deur die strate dwaal op soek na kos en op die oog af nie goed versorg lyk nie, word gereeld op elke dorp in die streek opgemerk. Verskeie inwoners wil weet voor wie se deur die verantwoordelikheid van rondloper honde gelê moet word en waarom die Dierebeskermingsvereniging (DBV) glo niks aan die toedrag van sake doen nie. Die senior inspekteur by die Swartland DBV, Wayne Hector, sê die verantwoordelikheid lê in die eerste plek by die mens wat ’n hond aanskaf. Die eienaar van ’n hond moet sorg dat sy dier kos kry, gesond is en gesteriliseer word. Hy sê om rondloperdiere van die straat te haal, is nie ’n DBV-funksie nie. Hector sê die definisie van ’n rondloperhond is ’n hond wat sonder leiband in die straat is en dat sulke diere geskut kan word tot die eienaar ’n bedrag betaal om die hond af te haal. Dit is die verantwoordelikheid
’n Rondloperhond op Chatsworth soek kos. Verskeie inwoners sê honde wat los rondloop, is ’n groot probleem. FOTO: LIZETTE SMIT
van die munisipale wetstoepassers om hierdie bywet toe te pas. Hector voeg by dat die Swartland nie ’n skut het nie en dat die DBV en Swartlandmunisipaliteit huidig in onderhandelinge gewikkel is om die DBV die reg te gee om as skut op te tree en ook ’n bykomende personeellid aan te stel. Intussen stel hy voor dat inwoners verantwoordelikheid neem. “Mense kan self rondloperhonde na die DBV bring, waar die diere vir sewe dae gehou sal word of, afhangende van die hond se gesondheid, dadelik uitgesit word.”
Hy sê hy is daarvan bewus dat baie mense in finansiële nood verkeer en soms nie langer hul honde kan versorg nie. Hy vra dat honde in sulke gevalle eerder na die DBV geneem word vir moontlike aanneming eerder as om die honde aan hul eie genade oor te laat. Hector sê hy sou wou sien dat sterilisasie, veral van vroulike diere, deur wetgewing verpligtend gemaak word en dat befondsing vir sterilisasie-programme bewillig word. Hy glo dat dit ’n groot verskil aan die hondebevolking en ook die gesondheid van honde sal beteken. Hector waarsku egter dat drastiese stappe soos om honde aan kettings vas te bind om hulle van die strate af te hou, as dieremishandeling beskou kan word. “Die DBV is by magte om mense voor die hof te bring wat hulle aan dieremishandeling skuldig maak, of dier na dier aanskaf net om hulle later by die DBV af te laai. In sulke gevalle kan die hof beslis dat mense nie geskik is om diere aan te hou nie.”
Dinsdag 4 September 2012
Nuus - News
Swartland Gazette 3
Gesogte aftreeoord op pad Die ontwikkeling, Kasteelberg fasiliteite in: .Sowat 12 onvervreembare erwe Natuur Landgoed teen die hange van Kasteelberg op Riebeek-Wes, van 1 500 m² groot. . Twaalf aftree-eenhede wat twee is ná ses jaar ’n realiteit. tot drie slaapkamers met ’n motorVolgens inwoners is hulle baie op- huis insluit. . Sowat 12 tot 14 kamers sal in die gewonde oor die ontwikkeling. Die perseel, bo Hoërskool Smuts versorgingseenheid vir verswakte Malan, is in 2006 by ’n privaat eie- bejaardes beskikbaar gestel word. . Die ontwikkeling sluit ook ’n 24naar gekoop. Die ontwikkeling van sowat agt hektaar sluit die volgende uur sekuriteitsdiens in.
.Mediese spesialiste op verskeie vlakke sal die mediese sentrum besoek indien nodig. .Inbly-verpleegsorg word aangebied. .Wingerd en olyfboorde vir hul eie handelsmerk, Kasteelberg Blend and Olive Oil. .Wildsbok-rehabilitasiesentrum. Die toekomstige terrein van die ontwikkeling van Kasteelberg Natuur .25% van die natuur landgoed is Landgoed. FOTO: VERSKAF aan Cape Nature geskenk.
Good Green Oil wins SA gold award RIEBEEK KASTEEL - The Good Green Oil, a locally produced olive oil, won gold in the SA Olive Awards in Paarl recently. The Gazette spoke to Ian Carnegie, the owner of Indigo Ridge where the olive oil is produced for this awardwinning olive oil. How did it happen that you started to make olive oil? While living in the UK we got our hands on a Farmer’s Weekly and read an article by Gerrie Duvenage of Morgenster about growing olives and producing olive oil. That piqued our interest. On a visit to France, we saw the olive groves and decided that this is was the opportunity that we were looking for when we returned to SA – we knew we wanted to come back to farm in some way as we wanted the lifestyle for us and our young family. I am from a farming background, went to
The Carnegies of Indigo Ridge: Sophie and Ian with Megan (left), Isabella (at the back) and Riley (right).
Weston Agricultural School in Kwazulu-Natal, but ended up working in IT in both Joburg, London and Scotland. On our return to SA in 2003 we bought the land in Riebeek Kasteel (we fell in love with the Valley) and began the development of the farm. We developed the farm from scratch (the land was old wheat fields). We planted 5 ha of olive trees which con-
sisted of olive tree varieties specially selected for their high quality and aromatic oils. At the same time we planted 3ha of Shiraz wine grapes. Two years later we planted another 5 ha of olive trees and 5 ha of Chardonnay wine grapes. We harvested our first olive crop in 2007 although all the olives went to Morgenster. We sold out first olive oil under the Good Green Oil label in 2009. To what do you ascribe your success? Perseverance, belief in what we are doing, and the quality of whatever we do is paramount (this applies to both the farm and schools) If you could do anything else, what would it be? Drive into the middle of Africa and farm! As long as it was close to the beach. What are you most proud of? Each other!
Het jy ‘n goeie storie? Kontak die Gazette by 022 482 3817
4 Swartland Gazette
Algemeen - General
Dinsdag 4 September 2012
Gaan groen en wen MALMESBURY – Munisipale rekeninge oor die pos kan binnekort tot ’n minimum afgeskaal word nadat die Swartland-munisipaliteit voorgestel het dat rekeninge via e-posse af gelewer word.
Hier (van links) is Donovan Sias, Karl Williams (projekbestuurder), Ronwyn Agulhas en Phumzile Matiwane by plaaslike inwoners en kinders. FOTO: VERSKAF
Oud en jonk in Darling ruim saam op Inwoners van Darling-Oos het onlangs saamgespan om ’n skoonmaak-projek op die been te bring. Karl Williams, ’n plaaslike inwoner van Darling-Oos, het met diĂŠ inisiatief vorendag gekom deur inwoners te kry om rommel tussen die erwe op te tel. Volgens Swartland-munisipaliteit se nuwe raadslid, Michael Rangasamy, is die parkies op Darling ook in ’n toestand. “Ons wil graag ’n nuwe en netjieser parkie vir Dar-
Volgens Kenny Cooper, direkteur van finansiÍle dienste, kan die munisipaliteit sowat R108 000 spaar as hulle 3 000 munisipale rekeninge elektronies sou aanstuur. Die kostes wat gepaard gaan met die pos van diensterekeninge sluit onder meer die aankoop van posseÍls en koeverte in, asook aflewering- en drukkostes. Daarom het die munisipaliteit met die inisiatief na vore gekom om ’n kompeti-
sie, naamlik Gaan Groen, saam met die elektroniese lewering van rekeninge van stapel te stuur om inwoners betrokke te kry by die projek. ’n Pamflet oor die projek is aan elke huishouding gegee waarop ingeteken kan word vir die kompetisie. Indien kliÍnte hul pos-adresse daarop invul en kinders jonger as graad 7 die prente inkleur en hul vorms by die munisipaliteit aflewer, kan groot pryse gewen word. Drie pryse vir afslag op diensterekeninge – onderskeidelik R3 000, R2 000 en ’n R1 000 is op die spel – asook drie Blackberry Curve-selfone vir die kinders. Die trekking vind kwartaalliks plaas.
ling-Oos kry waarop inwoners trots kan wees.� Die munisipaliteit het reeds hul versoek goedgekeur om ’n stuk grond vir ’n moontlike parkie te laat skraap. “Ons gaan probeer om skenkings in te samel vir nuwe speel-apparate.� Rangasamy vertel dat die inwoners baie gewillig is om te help met die opruim van hul omgewing. “Ons soek net ’n veilige en skoon speelplek vir die kinders.�
Pretdag by Benefit Enduro Raceday Kom geniet ’n familiedag by Melkbosstrand se 4 x 4-roete met stalletjies, vierwiel- en veldmotorfietse op 15 September. Die dag word aangebied ter stywing van die Dirkie de Villiers Beenmurgoorplantingsfonds. Koste: R150 vir ’n wedrenjaer, R40 vir volwassenes en R20 vir kinders. Rig alle navrae aan Elana de Villiers by 0072 419 0402 of e-pos na elanadevilliers@gmail.com.
Hierdie kwartaal kry die volgende mense afslag op hule rekenings: Van links is Walter Alexander Killops (R1 000-afslag), Kenny Cooper, direkteur: finansiĂŤle dienste en die inisieerder van die projek, Petrus Johan van der Merwe (R2 000-afslag) en P.F. Loubser (R3 000-afslag). FOTO: VERSKAF
8QORFN \RXU IXWXUH
Die gelukkige wenners van die Blackberry Curve-selfone is (agter van links) Angela Lombard (wenner), Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester, Kenny Cooper, raadslid Maude Goliath, uitvoerende onderburgemeester; en (voor) Marvin Frans en Isabella van der Vyfer. FOTO: VERSKAF
$SSO\ 1RZ
College 1,000th graduate milestone Level 4 students increase 131% 1,136 subject distinctions in 2011 Top electrical student in Western Cape
SMS-WENNERS: In die tweede SMS-kompetisie wat saam met De Oude Stoep restaurant op Moorreesburg se eerste verjaardag geval het, kon lesers CDs deur Fanie Velskoen en Melindi Charle, wat ook diĂŠ aand daar opgetree het, wen. Bo is Jolida du Preez met die Fanie Velskoen CD wat sy gewen het. Die ander wenners is Willie Walters, Evan Persens, Jaco Kotze, Yvonne Scheepers en Elize Mouton. FOTO: LIZETTE SMIT
Die Swartland Gazette het in die uitgawe van 28 Augustus twee SMS-kompetisies met heerlike pryse geloods. Ciske Dippenaar is een van die wenners van ’n dubbelkaartjie na die Bravo! Mykonosfees wat einde September op Langebaan gehou sal word. Die ander wenners van dubbelkaartjies wat hul kaartjies by die Gazette-kantoor gaan afhaal het, is Helen Allers, Nina van der Westhuizen, Daniel Wickham, Marlene Jooste en Elma Marais. FOTO: LIZETTE SMIT
9 September - AGS Corpus Christi Malmesbury Die oggenddiens is om 09:30: Drie soort gelowiges met die aanddiens om 18:00: Geloof wat deurdra. Navrae: 073 447 2902 3-7 September - Kuns Expo Ons nooi almal vriendelik uit om saam te kom kuier by die Kuns Expo op Moorreesburg by die Koringmuseum en biblioteek om 9:00 tot 17:00. Vir meer inligting en om sessies te bespreek, bel Ferina by 083 658 3212. 5 September - Vleisfees Boeredag Kom luister na praatjies deur kenners, kyk na ’n praktiese demonstrasie en geniet ’n ete op Droërugplaas buite Malmesbury. Registrasiefooi is R70. Skakel vir René Stoch vandag nog om te bespreek by 082 897 6225. 8 September - Apostoliese Geloof Sending AGS Riebeek-Wes bied Saterdag ’n maskerbal teen R 100 per persoon aan. Die Sondagdiens volg om 10:00 die oggend op 9 September met die tema: Die driehoekige seën van God. Navrae: 083 745 9117. 7 tot 9 September - Danie Botha by De Ark Spreker, gospelsanger en evangelis Danie Botha sal by De Ark op Koringberg optree. Bel Ina Lambrechts by 082 434 5447 vir nadere besonderhede. 9 September – Korrektiewe Kerk Die diens vind om 09:30 by die AGS Kerk Wesbank plaas, met die tema uit Spreuke 14 vers 25: Betroubare getuie red lewens. Navrae: Richard by 082 760 9312 12 September - Praatjie by Museum Daniel Cristen sal van 19:00 af ’n praatjie oor die Rooikat (Lynx) by die Malmesbury Museum gee. Toegang is R50 en sluit ’n vingerete in. Skakel Lynn om te bespreek by 022 482 2332 tussen 09:00 en 14:00 of 072 753 0740. 19 September - Staffie-skou Alle opreggeteelde staffies van die ouderdom van 4 maande af kan ingeskryf word vir dié skou by Jagtershof- sportgronde in Kuilsrivier. Rosette en pryse om te wen. Inskrywings is van 11:00 tot 12:00. Beoordeling is om 12:30. Navrae by Stella by 078 432 9454 of staffieclub@gmail.com 26 September - Cansa West Coast Symposium Join us at the Buffelsfontein Nature resort from 09:30 for 10:00 till 14:30 for talks and lunch. Registration fee is R30. RSVP before 14 September at 022 482 1111 or lhugo@cansa.org.za. 29 September - Galjoen-derby Baie pryse is weer op die spel by vanjaar se Galjoen-derby wat op Yzerfontein gehou sal word. Inskrywingsgeld is R150 en sluit ’n gholfhemp in. Kontak Gawie Steyn vir meer inligting by 083 379 6044 of epos gsteyn@wcaccess.co.za 29 September - Markdag Markdag word op die Museum Terrein op Moorreesburg aangebied en begin om 08:00. Inskrywingsfooi is R30.00. Kom koop en/of verkoop enige item Navrae: 022 433 1072 / 082 574 0357
Darling Wildflower Show You are invited to the Darling Wildflower show weekend from Friday 14 to Sunday 16 September. It promises to be exceptional this year due to the wonderful rain of winter. The main hall at the Darling Sports Club will reflect landscapes of flowers from the Strandveld, Sandveld, Renosterveld and Wetland areas, constructed by volunteers and members of the Darling Wildflower Society with assistance from Eskom. View breath-taking displays whilst listening to live classical guitar performances. Lectures will be given by the following guest speakers: Johan Visagie, conservation manager of Dassen Island Nature Reserve and Carol Olivier, who will talk about their research of jackass penguins; Anton Poe, who will speak on pollinators; and Gerald Wingate, chairperson of the Tygerberg Bird Club, who will talk on birds of the West Coast. Saturday 15 September features a wine festival showcasing the wines of the West Coast. There will be live music throughout the day and a show by Freddy Nest. Sunday 16 September is family day, with food, stalls and pony rides. Tickets can be bought at the gate or through Computicket.
6 Swartland Gazette
Menings - Opinions
Dinsdag 4 September 2012
Lesse uit die Olimpiese Spele Pastoor Piet Smit
Beplanning
Die beplande aftree-oord vir meer gegoede senior burgers wat in die Riebeek-Vallei beplan word, beloof om ’n plek te wees waar diegene wat vir hul skemerjare voorsiening gemaak het, dit in gemak sal kan deurbring. Die meeste mense dink nie graag aan hul aftrede nie en laat na om daarvoor te beplan, terwyl selfs iets soos om ’n gesonde leefstyl te handhaaf, beplanning vir die toekoms is omdat dit ’n meer sorgvrye aftrede tot gevolg kan hê. Selfs diegene wat dit nie finansieël breed het nie, kan steeds beplan. Beplanning is ’n belangrike deel van byna elke aspek van die lewe. Of dit ’n matriekafskeid, die volgende werkdag of ’n luilekker vakansie is: beplanning is die sleutel tot sukses. Om tot aksie oor te gaan wanneer die beplanning gefinaliseer is, is natuurlik die volgende belangrike stap. Selfs met genoegsame beplanning is dit egter moeilik om vooruit te gaan of ’n gemaklike leefstyl te handhaaf as dié wat die hef in die hand het, skynbaar daarop uit is om gewone mense te melk vir elke sent wat hulle het. Kospryse, petrolpryse en boere se grondbelasting styg in so ’n mate dat selfs die beste planne van geen waarde is as die waarde van geld toenemend minder word nie. Dit laat ’n mens wonder of regerings- en munisipale instansies werklik die langtermyngevolge van hul planne en besluite op elke vlak van die samelewing in gedagte hou.
BOOMPLANTMAAND: Junior stadsraadslid, Hanno du Plessis van Hoërskool Swartland, plant een van die bome by Laerskool Naphakade ter viering van Boomplantmaand. Jnr. raadslid, Masixo Vuba van Hoërskool Naphakade, help om die boom in posisie te hou. Volgens jr raadslid, Elche Schoeman van Hoërskool Dirkie Uys, wil hulle die jeug aanmoedig om bome te plant en te versorg gedurende September. FOTO: CHARLOTTE LESCH
Daar is vele lesse te leer uit die afgelope Olimpiese Spele van 2012: Gee jou beste tot die einde. Michael Phelps, die swemsensasie van Amerika, het die meeste medaljes by Olimpiese Spele deur die jare gewen in die swemafdeling. Dus 19 medaljes in totaal. Hy het sedert 2 000 nooit verloor in die 200 m vlinderslag vir mans nie. Maar hierdie keer het iets verrassends gebeur. Miskien was hy oorgerus en het sy hand nie vinnig genoeg die rant geraak nie. Ons Suid-Afrikaanse Chad le Clos se hand was 0,05 sekondes vinniger as die van Michael Phelps net omdat laasgenoemde ietsie verslap het. Vra vir Michael Phelps wat beteken 0,05 sekondes in sy lewe … Dit het van hom ’n verloorder gemaak, maar van Chad le Clos die wenner. Mat. 24:13 – “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Dis nie hoe ons wegspring wat tel nie. Dis nie hoe jy in die middel van die wedloop vaar nie. Maar hoe jy eindig! Vele kinders van die Here het aan die einde van hul lewe afvallig geraak, lou geraak, verwêrelds, omgedraai en weggeraak! Daarom: Laat elke sekonde van jou lewe tel! Doen altyd net jou beste op alle terreine van jou lewe!
Ek en Koos, my hond
Net meer as ’n jaar gelede het ek gelees as ’n mens lojaliteit verwag, jy ’n hond moet kry. Die redenasie is dat honde jou nie, soos naastes of geliefdes, in die steek sal laat nie. Ek het vir Koos, die teef, haar naam gegee voor ek geweet het sy is ’n meisiehond en omdat sy as baba met nog blou ogies, soos ’n regte Koos gelyk het. Vandag is sy ’n elegante windhond-tipe; as basterbrakke as elegant beskryf kan word. En sy ís lojaal. En bedorwe. En ek is nie seker of sy weet dat sy ’n hond is nie. Die eenjarige Koos is deel van die gesin. Koos slaap elke aand saam met my onder die komberse met haar kop op die kussing – soos ’n mens. Sy snork soos ’n mens en maak snaakse geluidjies met haar mond wanneer sy droom. Koos verstaan nie wanneer iemand sê “Buite!” nie. Sy sal bloot na die stomme, oningeligte mens wat haar met ’n brak ver-
war, kyk asof hy of sy Grieks praat. Koos doen nie hondetruuks nie en gee nie poot om kos te kry nie. Ek en my dogter verwag dat Koos enige dag haar eerste woorde gaan sê. Die eerste woorde sal moontlik wees, “Wanneer gaan ons stap?” of “Hoekom gee julle my hondekos vir aandete?” Ek stem saam dat dit hartseer is vir ’n volwasse vrou om so ’n hegte vriendskap met ’n hond te hê. Ek het dit weer eens besef
Van waar rekening vir leë erwe? Op die nuutste munisipale rekenings vir die twee erwe, is daar op elke rekening ’n debiet vir R 94,36. Die debiet word gespesifiseer as water besk.pmt. Die water besk pmt kom egter twee keer voor op elke rekening. Die gewone debiet vir water besk is dus daarop plus ‘n tweede bedrag vir R 94,36 onder dieselfde hofie. By navraag is daar deur die munisipaliteit aan my gese dat dit vir vullisverwydering is. Dit beteken dat die eienaars van leë erwe in die Swartland nou vir vullisverwydering moet betaal vir ’n leë erf! Die erwe word nie skoongemaak nie, daar is dus geen vullisverwydering nie. Huisvullis is nie hier ter sprake nie aangesien daar nog niks gebou is nie. Verder het niemand enige kennisgewing voor die tyd ontvang van die besluit nie. Of dit wettig is volgens die munisipale ordenansie, weet ek nie. Moontlik het Swartland self die besluit geneem. Die persepsie wat ons het, is dat daar op die manier nog meer voorsiening gemaak word vir ander kostes wat nie verhaal kan word nie.. Johan van Onselen Swartland Munisipaliteit antwoord: 1. Die Raad het op 23 Junie 2011 ’n konsep Afvalbestuursverordening aanvaar, wat voorsiening maak vir die heffing van ’n beskikbaarheidstarief ten aansien van leë erwe. Hierdie verordening is hierna vir publieke deelname geadverteer, in sowel die plaaslike media en op die munisipale webtuiste. Die finale Afvalbestuursverordening is op 24 November 2011 (nadat daar geen publieke
kommentaar ontvang is nie) deur die Raad bekragtig en op 15 Desember 2011 in die Provinsiale Koerant afgekondig/gepromulgeer vir implementering. 2. Die tarief van R94,36 as vullisbeskikbaarheidsheffing is op 29 Maart 2012 deur die raad aanvaar as deel van sy tariewe toepaslik op die 2012/13 finansiële jaar. Ingevolge wetlike vereistes, was die publiek deur middel van ’n kennisgewing, wat hierna in die plaaslike media en op die webtuiste geplaas is, versoek om kommentaar en/of besware in te dien op die voorgestelde tariewe vir 2012/13. Die tariewe is hierna by ’n vergadering gehou op 31 Mei 2012, finaal deur die raad vir implementering goedgekeur as deel van sy 2012/13 begroting, wat met ingang 1 Julie 2012 in werking getree het. 3. Munisipale rade word deur die Grondwet die reg verleen om enige bevoegdheid uit te oefen met betrekking tot ’n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende verrigting van sy funksies, wat insluit die magte om tariewe en/of heffings te mag bepaal ten aansien van enige/alle dienste wat hy aan die publiek lewer uit hoofde van sy funksies in terme van die grondwet. 4. Rede/rasionaal vir die vullisbeskikbaarheidsheffing: Dieselfde beginsel wat geld by die verhaling van die water-, rioolen elektrisiteitsbeskikbaarheid t.o.v. leë erwe, geld ook ten opsigte van vullisverwyde-
toe ek een Saterdagoggend my oë oopmaak en ’n slapende hondegesiggie die eerste ding is wat ek op die kussing langs myne sien. Hartseer, maar dis hoe dit is. Sielkundiges sal natuurlik ’n galadag met my hê. Verbeel jou al die moontlike afwykings wat hulle sal kan bewys dié dat ek verkies om my tyd in dierekringe eerder as mensekringe te spandeer. “...behoefte aan veilige verhoudinge waar verwagtinge beperk is.” Hulle sê dit asof dit ’n slegte ding is! En wat is fout met beperkte verwagtinge? Ons mense is geneig om al die lewe uit mekaar te druk tot daar niks oor is nie en dan ewe teleurgesteld wil weet wat fout gegaan het. Ek en Koos se verwagtinge van mekaar is inderdaad beperk: gereelde staptogte en ek wat vir haar kos koop. *Slegs mense met Koos-tipe neigings sal in aanmerking vir vriendskap kom...butt sniffing not included..
ring, waar daar ’n verpligting op die munisipaliteit is om die infrastruktuur vir hierdie dienste beskikbaar te stel. Hieruit volg dat ten minste die vaste koste verbonde aan sodanige diens verhaal moet word om die volhoubaarheid van die diens te verseker. Of die munisipaliteit een erf of ’n 100 erwe in ’n nuwe ontwikkeling van ’n diens moet voorsien, die vaste koste verbonde aan die verskaffing en instandhouding van die infrastruktuur bly onveranderd, ongeag of daardie erwe beboud of onbeboud is. Vaste koste uitgawes verbonde aan die vullisverwyderingsdiens behels waardevermindering op die vragmotors, onderhoud- en bedryfskostes van die betrokke vragmotors, personeeluitgawes en administratiewe koste. Of die verbruiker fisies van die diens gebruik maak al dan nie, is nie hier ter sake nie. Soos reeds gemeld, geld dieselfde beginsel ten aansien van al die ander beskikbaarheidsheffings. 5. Die skoonmaak van erwe speel nie ’n rol by die vullisbeskikbaarheidheffing nie. Die verantwoordelikheid berus op elke eienaar om sy erf skoon te hou, en ’n ander verordening reguleer hierdie kwessie. Daar word jaarliks inspeksie gehou en, waar nodig, word eienaars aangeskryf om hul eiendomme op te ruim. Sou hulle versuim, gaan die munisipaliteit op tender uit om die erwe te laat skoonmaak, vir die koste van die betrokke eienaars. 6. Daar is wel per abuis ’n administratiewe fout begaan met die omskrywing van die vullisbeskikbaarheidsheffing op die diensterekening, wat as waterbeskikbaarheidstarief aangetoon word. Ons bied verskoning aan vir hierdie fout. Dit is intussen reggestel en sal in die volgende diensterekening korrek reflekteer.
8 Swartland Gazette
Jeug - Youth DARLING SE WP GIMNASTE: Agter van links is Ricco Swanepoel, Chantelle van der Westhuizen, Marita Rossouw, Hanno Swanepoel, Ruan Visser; (voor), Meagan May en Sean Kriel van Darling. Hulle het 24 Augustus aan die WP gimnastiek-uitdunne deelgeneem en die kwalifiserende punt behaal om op 1 en 2 Oktober aan die SA kampioenskappe in Pretoria deel te neem. FOTO: VERSKAF GIMNASTIEK-PRESTEERDERS: Kinders van die Moorreesburg Akro Gimnastiekklub het op 24 Augustus aan die Westelike Provinsiale Akro gimnastiek-uitdunne deelgeneem. Die volgende gimnaste het die WPspan gehaal en sal die provinsie verteenwoordig by die SuidAfrikaanse kampioenskappe wat op 1 en 2 Oktober in Pretoria Centurion gehou word (voor van links): Kim Veloen, Charlie-lea Spencer, Sonique Williams; Carla van Zyl; (agter, onder) Jasmin Lewis, Sydney Crow; (bo) Marné van Schalkwyk en Adriane Crow. Nelmarie Lourens en Stephanie Eksteen was afwesig. FOTO: VERSKAF
Dinsdag 4 September 2012
WAT WIL EK WORD? Die polisie op Moorreesburg in samewerking met plaaslike rolspelers soos wyksraadlid Desmond Filander, Lionel Wilson, Dave Cornelius van die Weskus Distriksdiensteraad en Lumeca Adams van die Koringbedryf Museum het verlede Dinsdag ’n loopbaanuitstalling gereël waar verskeie kolleges en universiteite aan deelgeneem het. Dit is bygewoon deur leerlinge van Hoërskool Dirkie Uys, Wesbank Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr en Laurie Hugo asook heelwat volwassenes. Bo vind leerlinge meer uit oor die loopbaan van hul keuse. FOTO: VERSKAF
WP GIMNASTE: Bo is die gimnaste wat op 24 Augustus aan die WP-uitdunne deelgeneem het en die kwalifiserende punt behaal het om deur te dring na die SA Kampioenskappe op 1 en 2 Oktober in Pretoria. Almal is gimnaste van Malmesbury Akro Gimnastiekklub. Hul afrigter is Natashia Bekker. Hier is (agter van links): Jacques Olivier, Wouter Bester, Carien Bester, Marno Crafford, Cornel Hanekom, Jorine Bester en Martinette Hanekom; (middel) Jana Nel, Janke de Beer, Albert Bester, Sanri Cloete en Paula-mari Gerber; (voor) Johanè Steyn, Hein Louw, Ludri le Roux, Rumadrè Lawrence, Antoinette Malherbe en Yvonne Bester. FOTO: VERSKAF
Wonder net oor polisie-klagtes Die voorblad berig van die Gazette, gedateer 21 Augustus met betrekking tot beweringe van polisielede op Moorreesburg, verdien kommentaar. Mnr. McKrieling (King) bestempel homself as ’n gemeenskapsleier, maar hy tree inderdaad nie soos een op nie. Sy optrede is eerder soos dié van ’n gegriefde mens, wat nie die reëls en etiek van ’n raadslid wou aanvaar nie, en nou fout soek by organisasies, soos die polisie in die dorp. Sy beweringe is vaag en sonder substansie en hy hoop seker dat oningeligte mense dit sal glo met die oog op ’n volgende verkiesing. As die beweringe waar is, is dit mos baie maklik om ’n verklaring te verstrek aan die stasiebevelvoerder op Moorreesburg, of Opod, met vermelding van die datum, tyd en plek van die vergrype en die name van getuies. Die bewerings kan dan ondersoek word, en indien daar skuldiges is, kan daar teen hul opgetree word. Dit blyk egter dat mnr. McKrieling nie van hierdie georganiseerde werkwyse hou nie, maar om eerder met ongetoetse beweringe “van die straat af” na die media te gaan. Goeie raad aan mnr McKrieling is om die polisie met rus te laat sodat hulle hul werk kan doen sonder sy inmenging, sodat Moorreesburg ’n veilige plek vir die inwoners kan wees. McKrieling wou by navraag nie kommentaar op hierdie brief lewer nie, maar het vorige beweringe herhaal dat die polisie op Moorreesburg klagtes vanuit die gemeenskap ignoreer en hul lede ten alle koste beskerm.
Opinion poll: Local is lekker Online readers of the Boland Gazette voted unanimously that they prefer to shop at local businesses. The question in last week’s online opinion poll was “Do you support local businesses?” All voters (100%) said: “Yes, local is lekker.” No votes were cast for options “No, chain stores has more variety” or “I only buy specific items from local businesses”
Dinsdag 4 September 2012
1 2 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys Welkom. Goedkeuring in 5 min. 021 696 0676. SOEK jy Geld? Ek kan Help.R1000-R100000, 5min,pre-approval, Sameday pay-out. Fiona:0824222271
DYSON STEPHANUS Begrafnis vind plaas Saterdag 8/9/12 om 13:00 by huis Zinnialaan 24. Kerkdiens: 14:00 AGS.
CHERRY REBEKKA 22/9/1954 - 29/8/2012 Begrafnis Saterdag 8/9/12, Pinster kerk van God, Kalbaskraal. Huisdiens: 08:30, Kerkdiens: 10:00.
Green Jacqueline (Delport) Aan 'n geliefde suster,dogter en ma. Jou 1ste verjaarsdag weg van ons 31/8/12. Mis jou baie. Ons berus ons daarin dat jy veilig is in God se hande. Van: Ouers, Kinders en Susters. Schalkwyk Jayte- Lee Jou 1ste verjaarsdag weg van jou niggies. Maxine, Clevelynd & Lushay.
MARTINS ABRAM 17/4/1962 - 25/8/2012 Begrafnis Saterdag 8/9/12, Volle Evangelie Kerk, Malmesbury. Huisdiens: 08:00, Kerkdiens: 10:00.
KYK net wie word 94! Ouma Getruida. Baie geluk. Gods rykste seëninge. Ons is baie lief vir ouma. Van: Junies Familie.
RAAI wie is 40? 7 Sept 2012. Mag God jou bewaar. Hy is die een wat jou genade, gesondheid gegee het. So wees lief vir hom. Veels geluk. Van: André & Kinders.
DYERS ANDRE My geliefde seun op 01/9/2012 is jy tragies van ons af weggeneem. Dit was die wil van ons Hemelse Vader. Ons gaan jou mis, maar gun jou die ewige rus.Van: jou ma, suster, broers, familie & vriende.
Theunis Johanna (Nee Ockhuys) - Stil heengegaan op 30 Augustus en los 'n leemte in ons harte. Ons mis jou alreeds, maar weet dat jy veilig is by Jesus. Va n T h e u n i s e n Ockhuys familie. Troosdiens - Woensdag 19:30 VGK Riverlands. Begrafnisdiens by huis - Saterdag 8 Sept 2012 10:00. Diens by kerk 11:00.
AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse. BOU toerusting, beton vibrators (poker+ wurm) Kragopwekkers, plaat kompakteerders, steier raamwerke, ensv. Skakel 022 482 3842. KOMPOS- Skoon voerkraal mis/geen onkruid per sak/vragte. Billike pryse. 076 942 22 90. OIL COOLED Electric Welder. Complete with accessories. Mounted u n t r o l l e y, R 6 5 0 . Contact 022 487 1944. VIR bestellings van samoosas, springrolls, rotis, koek ens. Skakel 022 486 4933.
Schalkwyk Jayte- Lee Aan my geliefde seun. Vandag 4/9/12 is dit jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Die vermisting is baie groot. Van: Mammie, Ouma en Griffon. KYK wie is 1 Lee-Ché Morris ! Baie geluk met jou 1ste verjaarsdag. Jy is ons Lente baba, netso mooi soos die veld blommetjies. Van: Mammie, Daddy, Ouma, Nanny’s en die ander Familie.
RAPID (Safe) Fat-loss Reduced cravings and hunger. Lose cellulite, muscle firming, anti aging benefits. TLC for weightloss. Contact Nora at 082 826 1729
LUTEA PARFUUM 146 geure om te bemark! Uitstekende kom-missie! 083 655 0445/madrigrobbelaar @gmail.com/www.lutea perfurme.co.za
3 SLAAPKAMER woonstel in Badenhof 145 m², R3 630 per maand. Skakel Anthea by 022 482 1101.
AAN ALLE beide bakkies en motors eienaars voertuie word gesoek vir kontant. Lopend of nie-lopend. Ons doen ook bank aflosse. Skakel of Sms: 079 544 2824. AAN ALMAL AANBEVEEL! Kontant dadelik! Alle voertuie, alle modelle, nie lopende voertuie welkom. Skakel of Sms: 078 930 0278. AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse. TOYOTA Camry 3L Auto, wit, baie netjies, R29 500. Skakel: 083 4646 960. TOYOTA COROLLA 1.6, netjies, R16 500. Skakel 083 4646 960.
RAAI wie word 21? 5 Sept 2012. Baie geluk met die mylpaal wat jy behaal het. Gods rykste seën vorentoe. Van: Pa,Ma,Nanna, Kirstie,Bronwyne, Brian en Andrea.
Swartland Gazette 9
Betrekkings - Vacancies
Arendse Collin Peter 4/09/1952 - 7/01/2011 Vandag vier jy jou 60ste verjaarsdag in die Hemel. Ek mis jou. Rus in vrede Collin. Vrou Jenny en peetkinders.
HUISHULP soek dringend 3dae /volweek werk. Verwysings Skakel 071 950 1551. Zimbabwe lady age 26 looking for a job as a domestic work. Contact 078 641 4047.
AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.
AFSAAG van bome. Verwydering van tuinvullis, bourommel, snoei van struike en bome. Skakel Leon 082 753 8341. ASPATAT PARTYTJIE S: Springkastele, waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies te huur. Kontak 084 607 5658. BENODIG u 'n koek vir spesiale geleenthede? Kinderverjaarsdae koeke en koeke vir elke g e l e e n t h e i d . Kleinkoekies,beskuit, platters ensv. Skakel my gerus: 0763656116. BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand 083265 5161. BOETIE EN SUSSIE SPRINGKASTELE Waterglybane en verskeidenheid springkastele te huur. Kontak Nelia 073 610 2810. CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaardigers van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & veranderings. Derick & Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394. 13298-u/c CK BLINDS Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394. CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom geakkrediteer. Chris 082 554 2754. DIE NUTSMAN. Sweis, hout, loodgieter, verf, hoë drukspuit van dakwerke en alle herstelwerk. Skakel 076 104 7068. GILLIES Appliances Repairs: Stoves, fridge,Freezes,washing mach, microwaves, tumbledryers, air conditioners & Geysers.072 630 7405. J O R R A ' S TUINDIENSTE - Sny van grasperke groot of klein. Skoonmaak van plotte / erwe of fabrieksareas. Skoonmaak van beddings, gooi van kompos plus verkoop van kompos. Skakel 082 753 8341.
KLEIN BESIGHEDE: Skakel 'n voltydse Boekhouer uit en bespaar op Rekenkundige uitgawes Debiteure,Krediteure, Bank Rekonsiliasies, Grootboekrekeninge, B T W, B e s t u u r s t a t e . Ontleding van finansiële state @ R65/uur. Pastel Boekhouding. 073 423 8849. MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615. MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDSHEKKE Installeer en herstel alle tipes deure, asook "automation". Skakel Derick by 082 804 4550/ (022) 487 2394. OORTREK van Pooltafels en uithuur van digitale jukeboxe vir funksies. Skakel: 082 873 3352. ROLL-ON LAWN te koop. Verkoop of lê van gras. Skakel 082 753 8341.
T J ' S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa 082 497 3383. TOP kwaliteit "vibracrete". Verkoop van pale plus "slabs". Oprigting van mure. Beste pryse. Skakel 082 753 8341. VERHURING van linne, breekgoed, ensv. Skakel Maria by: 084 626 9404.
VIR Professionele Finansiële Advies i.v.m Lewens,ongeskiktheid en gevreesde siektedekking, Studiepolisse, Medium tot langtermyn beleggings, Aftredebeplanning (Annuiteite), Boedelbeplanning & Mediese fondse. Skakel vir Brahm Lategan by 083 410 9302 of e-pos: brahm.lategan@gmail. com vir 'n afspraak.
10 Swartland Gazette
Betrekkings - Vacancies
Wedvlug van Kimberley Duiwe wedvluguitslae na Malmesbury. Laaste van Riebeek Vallei kolom - spoed, in meters Duiweklub - Kimberley p/minuut (mpm) 1. Mentoor Hokke 951.8980 1. G Horn 956.265 2. G Horn 938.945 3. C Basson 929.981 4. G Horn 925.299 5. G Horn 923.704 6. F Meintjies en seuns 915.221 7. F Meintjies en seuns 905.524 8. G Williams 905.365 9. G Horn 898.609 10.G Williams 895.376
Kimberley klub wedvlug duiwe uitslae 1. Yt en tuis 957.0440 2. HMO Smit en seun 1 938.1242 3. Frans Jooste 935.6873 4. Frans Jooste 931.1742 5. JH Mouton 925.3329 6. Frikkie en Johan 918.6546 7. HMO Smit en seun 908.3026 8. Yt en tuis 902.3384 9. Frikkie en Johan 900.8511 10. Frans Jooste 899.5700
vacancy bulletin
2. Janco Lofts 947.4158 3. Janco Lofts 914.0170 4. Mentoor Hokke 909.5930 5. Truter Hokke 902.0739 6. Janco Lofts 901.8036 7. Mentoor Hokke 867.1866 8. Truter Hokke 857.2530 9. Janco Lofts 849.6145 10. Truter Hokke 837.9116 11. Truter Hokke 826.5790 12. Mentoor Hokke 820.1936
Dinsdag 4 September 2012
Malmesbury District Union: uitslae van Hanover af 1.Whim Arendse 2.Larry Paulus 3.Conner Abrahams 4.S.Zimri 5.Whim Arendse 6.Leighton Paulus 7.Whim Arendse 8.Manuell lofts Club Derby: Leighton Paulus Hanover Derby wenner: Larry Paulus GIMNASTIEK: Leerlinge van Laerskool Swartland op Malmesbury het Saterdag aan die WP Provinsiale gimnastiekkampioenskappe deelgeneem en Almal hul WP-kleure gekry. Hulle gaan op 1 en 2 Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat in Pretoria gehou sal word, deelneem.
eXciting oPPortunities for Persons Who Want to maKe a Difference
DEPARTMENT OF HEALTH WEsT COAsT DisTRiCT OFFiCE, MALMEsbuRy
Chief Personnel Officer (HR Planning and Establishment Administration) REMuNERATiON: R 198 975 PER ANNuM sERviCE bENEFiTs: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance. REquiREMENTs: MiNiMuM EDuCATiONAL quALiFiCATiON: Senior Certificate (or equivalent). ExPERiENCE: • Extensive experience in HR Planning and Establishment administration • Extensive PERSAL knowledge and experience. iNHERENT REquiREMENT OF THE jOb: Valid driver’s licence and willingness to travel. COMPETENCiEs (kNOWLEDgE/skiLLs): • Advanced report writing and analytical skills • Good interpersonal and organisational skills • Computer literacy (MS Word, Excel, PowerPoint) • Good communication skills (written and verbal) in at least two of the three official languages of the Western Cape. DuTiEs (kEy REsuLT AREAs/OuTPuTs): • Responsible for effective HR Planning, Establishment Control and Compensation Management processes within the District • Administration and maintenance of an effective post establishment within the parameters of the approved post structure and the Approved Post List as well as compilation of accurate establishment reports and statistics • Interpret administrative directives and policy pertaining to Employment Practices and provide training, support and guidance to HRM staff and line managers • Responsible to maintain and report on integrated HR Information and provide input to the District Health Expenditure Review Instrument • Assist in conducting an environmental scan and situational analysis of external and internal factors that may affect capacity of Human Resources functioning within the District • Assist in identifying priority HR issues and gaps in supply and demand as well as in the monitoring and evaluation of HR Planning processes • Render a general administrative support service to supervisor and colleagues. NOTE: Shortlisted candidates will be subjected to a practical test. ENquiRiEs: Mr E Sass: 022 487-9339 Please submit your aPPlication for the attention of mr e sass to the District Director: West coast District, Private bag X15, malmesbury 7299.
iNsTRuCTiONs TO APPLiCANTs: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.capegateway.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. Applications without the afore-mentioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
P Os i T i v E A b O u T P E O P L E W i T H D i sA b i L i T i E s
The Western Cape Government is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
Closing Date 28 september 2012 Human Communications C95352E
SWARTLAND PRESTEER: Swartland Laerskool het die afgelope twee weke puik op die sportveld vertoon. Swartland klop Outeniqua se eerste spanne (o.13A rugby, netbal, hokkie). Ook die gholf- en skaakspanne tree as oorwinnaars uit die stryd. Swartland het ook Goodwood-Park se o.13A-spanne en dus al die bekers op dié dag gewen. Bo is die vier kapteins met die bekers (van links): Van der Bijl Blake (rugby o.13A), Cloë Gouws (netbal o.13A), Emma Louw (hokkie o.13 A) en Beyers Strydom (hokkie o.13 A). FOTO: LIZETTE SMIT
Dinsdag 4 September 2012
Sport News
Swartland Gazette 11
HDU trotse kleinskole-kampioen MOORREESBURG – Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se o.19A-rugbyspan is die nuwe kampioen van die gewilde rugbytoernooi, Die Burger-rugbykompetisie vir hoërskole se afdeling vir klein skole en die Wes-Kaap se nuwe streekswenner ná hulle al drie rondes gewen het.
SPOGGERIG VERBY: Rowan Adams (18) van Hoërskool Simonstad het die vorige naweek sy matriekafskeid gehad. Adams, oorspronklik van Malmesbury en met ouers wat steeds op die dorp woon, was uitgevat in ’n deftige vloot uniform. Langs hom staan sy metgesel, Logan Williams. FOTO: RE-ANNE KLASEN
TENNISTYD: Die 2012 / 2013 tennisseisoen het Donderdagmiddag afgeskop met ’n kragmeting tussen Malmesbury tennisklub se juniorspelers en besoekers van Boland Landbouskool. Bo wag D’Niel Rossouw en Johannes le Roux die bal in. FOTO: LIZETTE SMIT
Die span het die eerste ronde van die toernooi by Worcester Gimnasium teen Hawston Sekondêr op 8 Augustus 19–7 gewen. Die tweede ronde is 15 Augustus by Paarl Gimnasium gespeel teen Bellville-Suid, die WP se kleinskole-verteenwoordiger. Die telling was 27– 22. Met dié oorwinnings is HDU as die nuwe kampioen vir die afdeling vir klein skole van die Boland aangewys. Die o. 19-A-span het die afgelope naweek puik hardlooprugby gedurende die finaal teen Ndzondelelo Sekondêr (Oos-Kaap se klein skolespan) by Hoërskool Outeniqua op George uitgevoer. Hulle het ’n reuse-oorwinning van 51–3 behaal.
VIR ROWAN: Wesbank-rugbyklub se Facebookblad het verlede week hul ondersteuners aangemoedig om Vrydag (31 Augustus) ’n rugbytrui ter ondersteuning van die 15-jarige Rowan Hermanus van Malmesbury te dra. Rowan het sy rug tydens ’n rugbywedstryd beseer. Hulle het ook ander rugbyklubs aangemoedig om hul ondersteuners te vra om dieselfde te doen. Die klubs van Wesbank, Saldanha en Moorreesburg het almal gehelp met die fondsinsameling. Vredenburg-rugbyklub beplan om eerskomende Vrydag hul eie fondsinsameling te hou. Bo is Candice Skippers, ’n Wesbank-ondersteuner, met haar trui. FOTO: VERSKAF
LSS O.9A-SEUNSHOKKIESPAN: Die hokkie bokkies van Laerskool Swartland het dié seisoen hul opponente omtrent in die stof laat byt en kan trots wees op pragtige uitslae. Wentellings was as volg: Paarl Noord-Eind 3–2; Worcester-Oos 5–1, Dirkie Uys 9–0 en Curro Privaatskool 13–1. Die mannetjies en hul afrigter glimlag breed. Agter staan: SJ Kotzé, Leona Dreyer (afrigter), Ruben Tarratt. Middel: Gideon Laubsher, George Eksteen, Daniël Beukes. Voor: Tiaano Walters en Jacobus Slabber. FOTO: VERSKAF
EAGLES 31 JAAR OUD: Die Flying Eagles rugbyspan van Malmesbury vier vanjaar hul 31ste bestaansjaar. Hier is die trotse spelers saam met hul bestuur en afrigters. FOTO: DERRICK YOUNG
Die trotse wenspan is (agter van links): Johandré Hector, Craig Mentoor, Eric Bester, Kobus Kotze, Alec Dick, Brandin Kriel en Jody Jacobs; (middel) Flippie Jacobs, John-Lee Persens, Dirk de Jager, Marcel Wagener, Stefan Mostert, Seun Louw, Devarn Beukes en Jason Marcus; (voor) Pierre du Preez, Wian van Schalkwyk, mnr. Stephan Basson, Du Toit Maree (kaptein), Johan Jacobs, JP Kotze (onderkaptein) en Bradley Merrick. FOTO: VERSKAF
GHOLF-KOMPETISIE: Die 30ste Boeredag-gholf kompetisie is by Moorreesburg gholfklub gehou en ’n vol veld het om die skild, vleis, hoenders, patats, wortels en lemoene meegeding. Oom Piet Rautenbach het die skild geskenk en sy seun Pieter, skenk jaarliks die speenvarkie wat opgeveil word vir fondse. Koos Smith en Gawie Gouws het vir die 28ste jaar saamgespeel en die kanse dat iemand anders hul rekord gaan verbeter, is uiters skraal. Hier is (van links) Piet Rautenbach (borg van die skild), Piet Grobbelaar en Marius de Bruyn wat gewen het met 49 punte en Fredi Linder (president). FOTO: VERSKAF
Swartland
Sedert 1954 Since
Swartland se betonvennoot ( 021-873-1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za
Year 10 • 4 September 2012 | Tel. 022 482 3817
Tiere sweet bloed vir tweekuns Martin Pepler
MOORREESBURG – Wat ’n skouspel! Daar maak die Tiere toe amok en wen albei die finale van die Boland sosiale liga (BSL) se kompetisie.
Die Tiere en Nuwerus 2 het mekaar Saterdag behoorlik vasgevat. Met ’n swaarder Nuwerus-pak wat aanvanklik gedomineer het, moes die Tiere se tweede span met die oorskiet tevrede wees. Maar die oorskiet wat bewerkstellig was deur “balsteler”Nico Bester, is telkemale in ’n feesmaal van punte vir die Tiere omskep. In die tweede helfte het die Tiere meer balbesit gekry danksy onder meer Gielie Bester se lynstaanspel en beter voorspelerspel. Dit het veroorsaak dat die agterlyn kon baljaar met neefs Pierrie en Peet Smit aan die voorpunt van sake. Die eindtelling was 39–17 in die guns van die Tiere met Nico Bester wat as man van die wedstryd aangewys is. Met hierdie oorwinning was die tafel gedek vir die hoofwedstryd tussen die Tiere se eerste span en die Calvilliers. Dit was gou duidelik dat die Calvilliers hul huiswerk gedoen het en die huidige kampioene (Tiere) geen beweegruimte gegee het nie. Met beide spanne se eenderse speelstyle het die wedstryd baie wipplank gery met die
Gielie Bester van die Moorreesburg Tiere se tweede span, beur deur Nuwerus se verdediging om nader aan die pale te kom. FOTO’S: HESMARIE NEL
WENNERS! Die Tiere op Moorreesburg het verlede Saterdag (1 September) as die algehele wenners uit die Boland sosiale liga se kompetisie getree.
skoppers wat die telbord aan die rol gehou het. Coenie Koch wat in sy laaste wedstryd (of so sê hy) gespeel het, was kookwater met sy steeklopies. Die Tiere het twee puik drieë gedruk (Chris Joubert en Ryno Olivier) wat voortge-
vloei het uit ’n paar dryfmaalbewegings met ’n ywerige Lambert van der Westhuizen aan die spits. Die Calvilliers het egter terug geveg en druk ook ’n prag drie. Die Tiere het kop gehou en Ryno Olivier, wat altesaam 16 punte aangeteken het, het
’n strafdoel deur die pale geklits om die Tiere met 21–17 te laat seëvier. Frikkie Barnard is aangewys as man van die wedstryd. Tydens ’n prysuitdeling wat ná die wedstryde gehou is, is Louis de Jager aangewys as agterspeler en speler van die jaar.