Swartland
Year 11 • 7 May 2013 | Tel. 022 482 3817
Olyffees se beste jaar nóg LIZETTE SMIT
mense bestaan, saamwerk. Die paspoortstelsel is vanjaar weer RIEBEEKVALLEI – Die afgelope gebruik en volgens Ferreira het dit naweek se Riebeekvallei Olyffees hul stoutste verwagtinge oortref. is Saterdag deur talle inwoners as Sy stem nie saam met klagtes van die bedrywigste ooit beskryf. sommige plaaslike mense dat dit nét die vernaamste ondernemings is wat Teen 11:00 Saterdagoggend was uit die fees en veral die paspoortstelplekke soos Pulpit Rock en Allesver- sel voordeel trek nie. loren ’n miernes. “Die Vallei en sy mense het so baie Die voorsitter van die Olyffeesko- om te bied! Mense wat nie direk by mitee, Alan Zondagh, sê hy is in sy die paspoortstelsel baat nie, span hul skik met die uitstekende feesbywo- kreatiwiteit in om geld te maak. Nie ning, hoewel amptelike syfers nog nie almal hou van die besige wynlandgoebekend is nie. Hy moes Vrydagaand dere nie, sommige verkies plekke wat nog vrese van inwoners oor moontli- rustiger en uit die pad is. Sommige ke reën besweer, wat beslis ’n demper vindingryke mense omskep hul leë op die fees sou geplaas het. erwe vir die dag in parkeerplek om Dié jaarlikse fees word gehou wan- só geld te maak!” neer die olywe oesgereed of reeds ge’n Ander klagte onder Valleiers in oes is. Die sprokiesmooi Vallei word aanloop tot die fees was dat dit nie in ’n reuse-buitelugmark vir plaasli- goed genoeg bemark is nie. Ferreira ke produkte en wyne omskep, en verduidelik dat DNA Events vier wetstoepassers kyk maar anderpad maande voor die Olyffees met intenwanneer besoekers met glasies wyn siewe bemarking begin het en vandeur die strate stap. jaar sterk klem op radioblootstelling Ann Ferreira van DNA Events, die gelê het. reklamemaatskappy wat vir die be“Valleiers moet onthou ons fokus in marking van die Olyffees verant- ons bemarkingsveldtog op mense van woordelik is, sê sy buite die Vallei, skryf die fees se nie soseer plaasliwelslae aan verke mense nie. Om skeie faktore toe. die fees ekonomies “Die natuurhaalbaar vir plaasskoon van die Vallike mense te lei, die feit dat dit maak, moet die naby Kaapstad en geld van buite insy voorstede geleë kom. ’n Mens moet is en iets vir elkdie bigger picture een bied, speel ’n in ag neem.” sleutelrol.” Ferreira sê die Ferreira sê sy en Olyffees vergelyk kollega Darielle goed met die Robertson het verWacky Wine-fees – lede jaar die pas- Alan Zondagh, die voorsitter van die Olyf- die grootste wynpoortstelsel inge- feeskomitee (regs) saam met JB Joubert. fees in die land – in stel waarvolgens RobertsonFOTO: LIZETTE SMIT die besoekers vir ’n streek. enkelbedrag gratis toegang tot die “Die dinamiese mense van die Valvernaamste kelders en wynlandgoe- lei dra grootliks by tot die sukses van dere in die Vallei kan kry. die Olyffees. Moet ook nie die feeskoSy beklemtoon dat DNA Events nie mitee vergeet wat geensins finansieel alleen besluite neem nie, maar met baat nie, maar die belange van plaasdie feeskomitee, wat uit plaaslike like ondernemings op die hart dra.”
Die jaarlikse Olyffees is die afgelope naweek in die Riebeekvallei gehou met duisende mense van regoor die land wat olywe, olyfprodukte en plaaslike wyne daar geproe en gekoop het. Die afgelope Olyffees is deur baie as die besigste en mees geslaagde tot op datum beskryf. Hier proe Anel Andrag van die Riebeekvallei ’n olyf terwyl Chantelle Schoeman toekyk. Sien nog foto’s op bladsy 4. FOTO: LIZETTE SMIT
2
News - Nuus
Swartland Gazette
Darling
Groot hoeveelheid dagga gekry – Drie vroue is op 23 April met 24 pakke dagga in hul besit betrap. Die Darling-polisie in samewerking met die Swartland munisipale polisie het tydens ’n padblokkade wat by die Darling/Atlantis-oorgang gehou is, ’n taxi afgetrek waarin die vroue gereis het. Die dagga is in ’n sportsak en ’n kleiner leersakkie gekry. Die vroue was glo op pad na ’n plaas in die Darling-distrik. Sassa-kaarte gebruik in smokkelhuis – Die polisie het verlede Donderdag (2 Mei) tydens ’n besoek aan ’n bekende sjebeen op Darling beslag gelê op 50 Sassa-kaarte wat aan mense behoort wat glo ongeskiktheidstoelae ontvang. Die volgende dag toe dié mense op betaaldag moes geld kry, het hulle verklarings by die polisiestasie gaan aflê oor hul Sassa-kaarte wat kwansuis verdwyn het. Polisiewoordvoerder konst. Johnatan Filander verduidelik hoe kaarthouers hul kaarte gebruik as sekuriteit om alkohol op skuld te koop en selfs geld teen hul Sassa-kaarte leen. ’n Saak word teen die sjebeen-eienaar ondersoek wat wederregtelik in besit van dié kaarte was.
Yzerfontein
Nie eens jou motorhek is veilig nie – Twee diefstalle en ’n huisbraak is verlede week in Yzerfontein aangemeld. By een van die huise het verdagtes die elektries-aangedrewe motorhek ter waarde van R3 300 gesteel. In ’n ander geval is visgereedskap van ’n boot af gesteel en by ’n huis is elektroniese ware en kontant ter waarde van R8 900 gebuit. Niemand is in verband met dié gevalle in hegtenis geneem nie. Bel konst. Edwin Isaacs by 022 409 1300 met inligting.
Tuesday 7 May 2013
Net 5,3% gr. 3’s slaag taal CHARLOTTE LESCH ILLINGELETHU - Nuus oor skokkende slaagsyfers in vakke soos wiskunde en letterkunde het onlangs aan die lig gekom nadat die Wes-Kaapse LUR vir onderwys toegang tot Naphakade Primêr in Illingulethu geweier is. Donald Grant, die Wes-Kaapse minister van onderwys, besoek tans verskeie laer- en hoërskole in die provinsie wat deurloop onder “swak prestasies” in onder meer wiskunde en letterkunde. Volgens woordvoerder Bronagh Casey is die minister toegang deur onderwysers geweier as deel van die nasionale onderwysersvakbond Sadou se sloerstaking. “Sadou, waarvan talle opvoeders by Laerskool Naphakade lede is, probeer in sommige gevalle keer dat amptenare van die departement (van onderwys) skole besoek as deel van die go slow-veldtog,” sê Casey. Die veldtog kom nadat duisende onderwysers én ouers sowat twee weke gelede die strate ingevaar het vir beter werksomstandighede vir onderwysers. Casey voeg by dat die besoeke aan skole haarfyn beplan is en ontmoetings in samewerking met streke en skole betrokke, vooraf geskeduleer is. “Daarom het die
minister oor die laerskool se hek geklim, sodat hy met sy afgespreekte besoek kon voortgaan.” Gedurende 2012 se wiskunde- en taaltoetse het Laerskool Naphakade se gr. 3-leerlinge ’n slaagsyfer van 5,3% (slegs 5,3% van die gr. 3-leerlinge het oor die 50% behaal) in taal behaal, terwyl gr. 6-leerlinge ’n slaagsyfer van slegs 33,7% in wiskunde gekry het. Grant het aan die Gazette gesê hy sal nie die departement se toegewyde ooreenkoms om opvoedkundige uitkomste in swak presterende skole te bevorder, nalaat nie. “Die Wes-Kaapse regering beoog om lees-, skryf- en syfervaardighede te verbeter. Ek sal nie toelaat dat dié doelwit om beter geleenthede vir ons leerlinge te skep, nie bereik word deur selfsugtige optredes deur sekere rolspelers nie.” Volgens Casey is ’n omvattende wiskunde- en taal strategie daargestel om skole wat nie na wense presteer nie, te help. Die minister sal binnekort weer die skool besoek om sy ooreenkoms na te kom. Die laerskool se skoolhoof wou geen kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie. Jonovan Rustin, sekretaris van Sadou, kon nie voor druktyd reageer op die vraag of die vakbond se optrede na sy mening nadelig vir die kinders se opvoeding is nie.
Koringtarief beskerm plaaslike produsente MALMESBURY – Groot blydskap heers onder plaaslike koringprodusente nadat ’n nuwe koringtarief van $294 per ton goedgekeur is. Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het vroeër verlede week aangekondig dat die aankooptarief van $294 per ton deur die kommissie vir internasionale handelsadministrasie goedgekeur is. Volgens Andries Theron van Moorreesburg, voorsitter van Graan SA se wintergrane-werkgroep, beteken dit ’n “minimumprys” van sowat R3 300 wat enige Suid-Afrikaanse aankoper per ton op Safex moet betaal, waarvan produsente verseker kan wees. “Ons as koringprodusente weet nou die
Aandag vuurwapen lisensiehouers Inwoners op Moorreesburg wat nog nie hul vuurwapenlisensies hernu het nie, word in terme van die Wet op Beheer van Vuurwapens verplig om ’n bevoegdheidsertifikaat en vuurwapenlisensie 90 dae voor die vervaldatum te hernu om sodoende die geldigheid van die onderskeie vuurwapenlisensie(s) te behou. Vir enige navrae in hierdie verband, bel ao. Janine Weideman of Yolandé Senekal by 022 433 8679 of 022 433 8681.
prys kan nie laer as R3 300 per ton daal nie. As produsent kan ons nou produseer.” Die organisasie het verlede jaar om ’n tariefbeskermingsvlak van $324 per ton aansoek gedoen. “Ten spyte van die laer tarief is ons steeds dankbaar oor die verhoging. Dit gaan beslis ’n gunstige impak op die plaaslike mark se mededingendheid hê,” vertel Theron. Hy voeg by lande soos Rusland produseer baie koring wat teen ’n goedkoper prys ingevoer kan word. “Indien die meulenaars besluit om ingevoerde koring teen ’n goedkoper prys te koop, is daar ’n sekere bedrag ter sprake wat inbetaal moet word.” Jannie de Villiers, hoof uitvoerende be-
ampte, sê in ’n verklaring die tarief is verhoog vanaf $215 per ton. Die tarief is vroeër vanjaar op die organisasie Graan SA se jaarlikse kongres bestempel as ’n stap wat die plaaslike bedryf mededingender kan maak. Verder kan dit die invoer van laergraadkoring wat met plaaslike hoëgraadse koring gemeng word, beperk. Die organisasie sê sowat 50% van die land se koringverbruik word tans ingevoer. Die tarief sal Suid-Afrika se afhanklikheid van buitelandse voorsiening verminder. Theron voeg by dit is baie belangrik vir die verbruiker om te weet dat dit geen invloed op die huidige broodpryse sal hê nie.
Namibiëjagters moet opskud met permitte
Mense wat beplan om gedurende die jagseisoen – Mei tot Augustus – Namibië toe te gaan, word gemaan om so spoedig moontlik afsprake vir hul jagpermitte by Malmesbury SAPD te reël weens die hoë werklading van dié kantoor en polisielede wat nie noodwendig op kantoor is nie. Die volgende dokumente moet ’n aansoek
vergesel: identiteitsdokument, vuurwapenlisensie en jaguitnodiging. Bel Julienne Hoogbaard by 022 482 7553 vir ’n afspraak. Mense wat sonder ’n afspraak opdaag, kan die risiko loop om langer te wag as wat nodig is. Aansoeke vir jagpermitte moet ten minste twee weke voor die jagdatum verwerk word.
Dinsdag 7 Mei 2013
News - Nuus
Drama toe mans gered word YZERFONTEIN - Drie mans het onlangs ’n noue ontkoming gehad ná twee van hulle deur ’n brander van die hawemuur afgeslaan is en ’n derde man – wat hulle probeer help het – òòk in die moeilikheid beland het. Hierdie reddingsdrama het op Saterdag 27 April, skuins voor 14:00 en ten aanskoue van verskeie ooggetuies, afgespeel. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Yzerfonteintak, First Choice mediese beamptes, Atlantic mediese dienste en die Wes-Kaapse nooddienste was gou op die toneel ná ’n NSRI-vrywilliger hulle gekontak en die situasie gerapporteer het. Julian Venter (31) van Yzerfontein en Andries Prinsloo (53) van Plattekloof was met die aankoms van die reddingsdienste, vasgevang tussen die dolosse langs die hawemuur. Johannes Vraagom, wat die mans probeer help het en deur nog ’n brander van die hawemuur afgeslaan is, kon op daardie stadium nie tussen die dolosse – waar hy vermoedelik beland
het – gesien word nie. ’n Privaat visserboot en ’n kommersiële visserboot het van die see se kant af met die reddingspoging gehelp. Venter en Prinsloo is met behulp van toue wat deur omstanders wat deur NSRI-redders ondersteun is, na veiligheid gebring en vir hul beserings behandel. Vraagom is diep tussen die dolosse ontdek en met behulp van een van die bote na veiligheid gebring. Craig Lambinon, die mediawoordvoerder vir die NSRI, sê al drie mans was teen 15:00 weer veilig. Venter is vir gebreekte ribbes, subnormale liggaamstemperatuur, kneusplekke en snymerke op sy rug, arm en bors behandel. Prinsloo is vir moontlike rugbeserings, harsingskudding, ’n oogbesering en subnormale liggaamstemperatuur behandel en Vraagom is vir ’n enkel en heupbesering behandel. Die mans is in ’n ernstige, maar stabiele toestand gehospitaliseer.
Swartland Gazette
Motoris sien nie trein raak nie DARLING – ’n Man van Durbanville het wonderbaarlik die dood vrygespring ná hy by die spoorwegkruising by Darling Kelders in ’n trein vasgery het. Die wit bakkie waarin hy gery het, is ’n wrak, maar volgens ooggetuies en die polisie het die man geen beserings opgedoen nie en het hy glo ná die tyd nog grappies gemaak. Die bestuurder het glo nie die trein gesien nie. In ’n onverwante ongeluk Dinsdagoggend naby die kwekery op die N7, is niemand ernstig beseer ná twee voertuie in mekaar vasgery het nie.
Só lyk die bakkie ná dit met ’n trein naby Darling Kelders kennis gemaak het.
OPERATION RED PRAYER BOX: The international, inter-denominational House of Prayer in Malmesbury has launched their prayer-box project. Wherever you see a red postbox in the Swartland area, you know there are people praying there. Place your prayer request in the red postbox if you are not able to join in prayer. Write your prayer request and pop it in the postbox. You do not have to put your name on the request. With the red prayer boxes are Pastor Josh Mutere, Linda Maree, Ronald van der Merwe, Ulanda Petersen and Pastor Ken Pattison. PHOTO: SUPPLIED
Brandweerdag gevier “Ek is bewus van die moeilike om- is geen waarborge, as enige brandbeLANGEBAAN – Die Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) het Saterdag standighede waarin brandweerperso- stryder sy of haar huis verlaat, dat hy op Internasionale Brandweerdag by neel soms hul plig moet uitvoer. Daar of sy veilig sal terugkeer nie. Dit is ’n diens waarin baie Klub Mykonos gasheer lang ure gewerk moet gespeel. word.” Brandbestryders van Van die senior oor die Wes-Kaap het brandweerbeamptes daaraan deelgeneem. het tydens die geHierdie dag, 4 Mei, leentheid die Gebed word algemeen aanvaar vir ’n Brandbestryas die dag waarop brandder en die name van bestryders van oor die personeel wat vanwêreld vir hul onbaatjaar aan diens gesterf sugtige diens vereer het, voorgelees. word. Dit is die eerste Die klok, ’n simkeer in 1999 gevier ná bool van die brandbebrandbestryders in Ausstryders, is ter nagetralië hul lewe verloor dagtenis aan die oorhet. ledenes gelui. Die uitvoerende burgeVan die inwoners meester van die WDM, het die geleentheid Harold Cleophas, het die gekry om te sien wat brandweerpersoneel gebrandweerpersoneel loof vir hul diens. Hy het hulle geprys vir hul dap- Brandbestryders lewer by Klub Mykonos op Langebaan ’n demonstrasie hoe in sekere situasies doen. per, doelgerigte optrede. om iemand wat vasgekeer is na veiligheid te bring.
FOTO: VERSKAF
3
4
News - Nuus
Swartland Gazette
Dinsdag 7 Mei 2013
Olyffees-jolyt in die Riebeeks
Die Bredasdorp-sanger Luan vermaak besoekers by Allesverloren terwyl “danseresse” wat vir dié liedjie uit die gehoor gewerf is, hom met hul passies ondersteun.
Die jaarlikse Olyffees wat in die Riebeekvallei gehou is, het duisende mense van oor die land getrek. Hier skink Suzanne van Wyk (agter die toonbank) vir een van die besoekers ’n glasie wyn om te proe.
Tydens die Olyffees was daar stalletjies met plaaslike produkte vir elke smaak onder die son.
FOTO’S: LIZETTE SMIT
Juliana Hollies en Juandré Baartman van Riebeek-Wes het tydens die Olyffees by Allesverloren diens gedoen.
Olyffees-vervoer – trekkers met waens – was die voorkeurmiddel van vervoer vir besoekers wat nie kans gesien het om te stap nie.
Guillaume van Niekerk en Mildred Mentoor het elkeen Allesverloren-geskenkpakke gewen.
Die drie wenners van geskenkpakke ter waarde van R1 000 in die Gazette en Allesverloren se kompetisie is Mattheus Swarts, Gwyneth Berger en Hennie Graaff.
WYNLANDGOED BELOON: Die Cloof-wynlandgoed buite Darling is tydens die pmr.africa-toekennings wat in Saldanhabaai gehou is, vir hul uitstekende bydrae tot die landbousektor vereer. Hierdie toekennings word gegee aan ondernemings wat gedurende die afgelope jaar die plaaslike ekonomie gestimuleer het en bygedra het tot groei in die Weskus-streek. Hier is Ettiene Frans van Cloof, wat die toekenning ontvang het, saam met Francois Schippers, die burgemeester van Saldanhabaai-munisipaliteit. FOTO: VERSKAF
Esme wéér beste in die Kaap MALMESBURY - Esme van Reenen, vir die afgelope 35 jaar ’n plaaslike konsultant vir ’n bekende skoonheidsonderneming se velsorg- en skoonheidsprodukte is weer as die top konsultant in die Kaapse streek bekroon. Die swierige toekenningsfunksie is op 27 April by die Clock Towers in die Waterfront in Kaapstad gehou. Saam met 14 ander wenners wen sy vanjaar ’n vakansie in Zambië. Sy het verlede jaar die vierde plek landswyd uit ’n totaal van 55 000 konsultante behaal en die gesogte platinum-status bereik. “Sonder my kliënt-vriendinne sou dit onmoontlik wees vir my om so suksesvol te wees, dus kom al die dank hulle toe,” was Van Reenen se kommentaar oor haar prestasie.
Esme van Reenen
FOTO: VERSKAF
Dinsdag 7 Mei 2013
News - Nuus
Swartland Gazette
From China to Paris in aid of Goedgedacht children This year Tony Smyth, a good friend of The Goedgedacht Trust, along with fellow Brit Malcolm Lister, will embark on the adventure of a lifetime as they take on the famous Peking to Paris Rally. This is no ordinary rally and is certainly not taken on lightly. On 28 May Tony and Malcolm will set off from Peking in their 1960s Rover P4 100, which will take them on a journey across some of the World’s harshest and most spectacular terrains travelling from China, across Mongolia, Russia, Ukraine, Slovakia, Austria, Switzerland and finally finishing in Paris, France. Tony and Malcolm are not just doing this for the thrill of the adventure – they have also set themselves the ambitious task of raising close to half
Tony poses with Bertie, his 1960s Rover
a million rand for the rural children of South Africa through the Cape based charity The Goedgedacht Trust, for their Path Out of Poverty (Pop) programme. “My wife Pippa and I have been visiting Goedgedacht in the Riebeek Valley for the last 15 years and for each of the past six, we have stayed on the farm for three to four months,” Smyth explains. “Pippa has been raising funds for their pre-school since it opened and we are always deeply moved by the dedication of all those involved in making the Path Out of Poverty programme such a huge success in giving so many rural children a real chance in life.” “When I was invited, out of the blue, to participate in this great adventure, I could think of nothing better than to try to raise money to sup-
PHOTO: SUPLIED
port a project so dear to Pippa and I.” To help Tony and Malcolm achieve their goal of reaching Paris and raising the much needed funding, the determined team are asking the public to join them on their adventure by sponsoring R400 towards an olive tree, which will be planted on the farm in Riebeeks River, just outside Malmesbury. Each sponsored tree will be planted in the Goedgedacht Olive Peace Grove, where a special Peking to Paris board will be erected, naming each individual who has supported the initiative. The olive trees, which form part of the charity’s selfsustainability model, allow them to produce olives, olive oils and salad dressings, which are sold in Pick n Pay stores across the country. By the end of the trip the Trust hopes to have 1 200 olive trees sponsored, which will give them much needed revenue to continue supporting the rural children of South Africa for many years to come. As a former Pop “graduate”, the programme’s director, Ingrid Lestrade, is particularly excited that Tony has chosen this project to support. “There is such excitement at Goedgedacht about this race amongst all the Pop children. We are going to follow them every step of the journey and cheer them on until they finally get to Paris.” If you wish to support Tony and Malcolm and the children of Goedgedacht, please visit www.goedgedacht.org/pekingtoparis.
KERMIS BY BADISA CARNEYS EDUCARE: Badisa Carneys Educare in Saamstaan op Wesbank het die afgelope Woensdag sy eerste Kermis aangebied. Die dag was ’n reusesukses. Goeie ondersteuning vanuit die gemeenskap, asook mooi weer, het bygedra tot die sukses van die dag. Wilma Ross (assistent by Carneys) het die kinders se gesigte geverf. KERMISGANGERS: Twee Carneys-kleuters, Deshaan Zass en Angelo Rosant, lyk heel tuis in hul nuwe kermismondering.
DIE KERMISTAFEL: Die kermis het wye ondersteuning vanuit die gemeenskap ontvang.
5
6
Swartland Gazette
Leader - Hoofartikel
Tuesday 7 May 2013
Vertrou op die Here nie net vir die hede
Die see is gevaarlik As daar één ding is wat mense wat by of naby die see grootword leer, is dat dit voordelig vir jou gesondheid is om ’n gesonde respek vir die see te hê. Die see is niemand se speelmaat nie en dit kan jou skielik en sonder waarskuwing vat. Die drie mans wat op Yzerfontein deur branders van die hawemuur geslaan is en tussen die dolosse beland het, laat ’n mens opnuut besef hoe maklik ongelukke kan gebeur en dat ’n onskuldige wandeling op ’n hawemuur tot ernstige beserings of selfs die dood kan lei. ’n Eerlike visserman sal erken dat die see nooit onderskat moet word nie. ’n Mens lees gereeld van ongelukke ter see of langs die see wat klink asof dit vermy kon word, maar heimlik weet ons van die kere wat ons ook dalk té laks langs die water was en tydelik vergeet het van die moontlike gevare wat die see inhou. Ons ontspan by die see, baie mense maak ’n bestaan uit die see, ons het soutwater in ons bloed, maar ons moet ook onthou om versigtig te wees. In hierdie geval is die ou gesegde “eerder bang Jan as dooie Jan” altyd van toepassing. Laat die nagmerrie-ondervinding van die mans wat deur branders van die hawemuur afgeslaan is, ons weer herinner aan ons plek in die natuur wanneer ons voor die onvoorspelbare oseaan staan.
KONTAK ONS Redaksie Charlotte Lesch T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: charlotte.lesch@media24.com Lizette Smit T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: lizette.smit@media24.com Advertensies Carol de Jager T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: carol.dejager@media24.com Geklassifiseerd en admin Natalie Tenn T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: natalie@swartlandgazette.co.za Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titels wat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliks in Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Yzerfontein versprei.
PASTOOR PIET SMIT
BEWUSMAKING VIR MOORREESBURG SAPD BLY PRIORITEIT: Moorreesburg SAPD gaan steeds voort met hul bewusmakingsveldtogte. Verlede Dinsdag het sersant Nicolette Visagie vroue by die New Life Apostolic House op Moorreesburg gaan toespreek. Sy het die vroue vertel dat mans ook slagoffers van gesinsgeweld is en dat hulle nou meer as ooit na vore kom om dit aan te meld. Pamflette en kennisgewings is aan elkeen uitgedeel, wat onder meer handel oor die regte prosedures om ’n interdik teen iemand te kry.
Rondlopervee oorsaak van baie ellende Meer as 50% van ons daaglikse padongelukke word veroorsaak deur “human error”, volgens voertuigverskeringsmaatskappye, maar wie beskerm die padgebruiker? Rondlopervee veroorsaak nie net lewensverliese nie – jy is hond gelukkig om lig daarvan af te kom, maar die eienaars van rondlopervee kom skotvry. Hoekom? Niemand weet aan wie die vee behoort nie. Nog ’n human error? In ’n onlangse uitgawe van die Gazette (23 April 2013) is berig oor die ongeluk van Herald Erentze op die N7 naby Malmesbury wat veroorsaak is deur vee wat die pad kruis. Die bestuurder kom lig daarvan af – met ander woorde, hy lewe. Sy voertuig is onherstelbaar beskadig. Hy is ’n pensioenaris. Die geld wat die assuransie uitbetaal, kan nie ’n ander motor van dieselfde kapasiteit koop nie. Hy is
daagliks van sy vervoer afhanklik en nou is hy gestrand. Wie neem nou aanspreeklikheid vir die skade wat hy ly? Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur en op die uitkyk te wees vir loslopende diere. Jy kan hoe versigtig bestuur, jou sig word definitief belemmer, veral deur die ligte van aankomende vervoer en mistige weerstoestande wat voorkom. Swartland-munisipaliteit het wel gereël met Stad Kaapstad om diere in hul skut te hou en noodnommers gepubliseer om te bel as jy diere sien rondloop, maar nêrens is ’n bordjie wat aandui dat jy op die uitkyk moet wees vir vee nie, nie van Kaapstad se kant of van die teenoorgestelde kant nie. Trek maar net skouers op en noem dit ook ’n human error.
BUURMAN, Malmesbury
The Bollinger Exceptional Wine Service Award once again on the menu for 2013 Entries for the first round of the Bollinger Exceptional Wine Service Award are now open. Candidates are urged to enter soon as entries close on 31 May.
The winner of the coveted award will be announced in November. To enter The Bollinger Exceptional Wine Service Award go to: http://www.wineserviceaward.co.za.
KLIPFONTEIN-MANNETJIE WORD 19: Steven Burger (middel) het onlangs sy 19de verjaarsdag saam met vriende op Klipfontein buite Malmesbury, na wat verneem word, ordentlik gevier. Hier is hy saam met vriende SJ Steyn (links) en JJ Mulder. FOTO: VERSKAF
Mig. 6:9 – “Die stem van die Here roep tot die stad, dit is heilsaam om u Naam te vrees.” Ons kan die Here vertrou vir tydelik omstandighede. Vir die daaglikse brood en botter, verkoop van jou huis, die eksamen wat jy moet skryf, die koop van die regte motor, jou kind se skoolgeld, die veilige rit na die stad en terug, jou optrede by die landbouvereniging, ’n werk, die regte vrou of man . . . Maar hoor wat leer die Woord in 1 Kor. 15:19 – “As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.” Dus, hoe wonderlik dit ook mag wees dat ons die Here kan vertrou vir tydelike dinge, is dit nie die hoofsaak nie. Die hoofsaak: Om God te vertrou vir die redding van jou siel! Liewe vriend, het jy al dáár gekom? Kan jy van so ’n dag getuig dat jy die Here Jesus gekies het as jou Redder en Verlosser? Gebed: Here Jesus, toe U op die kruishout vir die ganse mensdom gesterf het, het U ook vir my gesterf. Ek neem dit aan as ’n vry geskenk en ek volg U na. Amen.
Ope brief om hulp vir behoeftiges Baie van ons kan weer warm aantrek met ons mooi truie en jasse, lekker voor verwarmers sit of onder dik komberse slaap ná ons lekker geëet het aan die sop of aandete. Ek noem dit omdat daar baie huishoudings is waar kinders honger gaan slaap met ’n dun kombersie en soggens kaalvoet en met kortmouhempies skool toe gaan. Daar is selfs gevalle waar ouers honger gaan slaap sodat hul kinders die laaste stukkie brood kon eet. Om hierdie rede steek ek die hand uit na diegene wat bereid is om deel te wil wees om hierdie mense se lewens te verbeter, hoe gering ook al. Enige iemand met ou of nuwe klere vir mans, vroue, meisies of seuns, of komberse, mussies, kinderhandskoene en bederfbare voedsel, kan dit na die kantoor by die munisipaliteit op Piketberg bring of aflewer by Calendulastraat 23 of by die LB Wernich-biblioteek op Piketberg. Dit sal in die hele Bergrivier versprei word. Dankie vir diegene wat altyd in die gemeenskap help en weer sal help.
RAY VAN ROOY, Piketberg
PLAASLIKE SANGER BEKOOR BESOEKERS: Die talentvolle Emile Smit van Malmesbury het Saterdag tydens die jaarlikse Olyffees in die Riebeekvallei besoekers by Allesverloren vermaak met sy vertolking van bekende Afrikaanse en Engelse treffers. Hier sing hy ’n liedjie van Neil Diamond wat behoorlik die gehoor se voete laat jeuk het. FOTO: LIZETTE SMIT
Tuesday 7 May 2013
General - Algemeen
7 Mei )’n Inligtingsessie vir wyndruifprodusente en wynkelders wat handel oor wat produsente op die etikette van sy of haar wyn mag aanbring begin om 09:00 by die Swartland-wynkelder buite Malmesbury. Die kontakpersoon is Jackie Cupido by 021 807 5704. )Kinderboeke word by Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg uitgestal en te koop aangebied van 14:00 – 15:00 en op 8 Mei van 08:00 – 15:00. Kontak die skool by 022 433 1082 vir meer inligting.
8 May )Listen to a talk by Mary Tait, the granddaughter of General JC Smuts, at the museum in Malmesbury. The talk starts at 19:00 and will cost R50, which includes homemade soup and sherry. Phone Lyn Marais at 022 482 2332 before 12:00 for more information or to book for the event. )Swartland besigheidsnetwerk vergader by Janno’s by die De Bron-sentrum op Malmesbury om 07:30. Kom luister na Lianne Smuts wat sal praat oor eerste indrukke tel. R80 vir lede en R120 vir nie-lede. Bespreek voor of op 6 Mei. Navrae by Nora Marais by nora@atmalmesbury.co.za
11 May )Figure, the women only gym, has a Stop Violence Against Women project.They will discuss situation awareness, how to avoid being in the wrong place at the wrong time and then practise some tactical moves on getting away from an attacker. At no cost from 12:00 till 13:30. The sessions will be presented by Kevin Coney from Run/Walk for life.
12 Mei )AGS Corpus Christi Malmesbury: Sondagoggenddiens is om 09:30. Gospelsangeres, Riana van Wyk tree op. Aanddiens is om 18:30. Tema: Die Ware Held. Navrae: 073 447 2902
20 Mei )Malmesbury Sakekamer se ledevergadering skuif na Maandag 20 Mei. Die geleentheid waartydens die Swartland-munisipaliteit aan die woord is, vind steeds om 19:00 vir 19:00 in die stadsaal plaas. Bespreek voor 16 Mei by 022 482 1060. Diegene wat reeds bespreek en betaal het en nie die geleentheid kan bywoon nie se geld sal teruggegee word.
SIERPERD-PRINSES: Marlize Louw (gr. 10) van Hoërskool Swartland op Malmesbury het die naweek van 12 en 13 April aan die Clanwilliam Landbouskou se Vlaamperd en Sierperd-skou-afdelings deelgeneem. Sy is bekroon as die reserwe-kampioen in die Siertuigklas en as kampioen in die Driegangklas in die senior afdelings. FOTO: LIZETTE SMIT
Swartland Gazette
7
8
General - Algemeen
Swartland Gazette
Tuesday 7 May 2013
PRETLOOP LOK TALLE: Die Wingerdlootjie-speelskool op Malmesbury het op Werkersdag 1 Mei ’n geldinsamelingspretloopbydieDriehoekpadgehou.Hier staan Wingerdlootjie-personeel (van links) Marijke Titus, Lisl Sias, Sedtlees Cloete en Glenay Solomons by van die pryse wat op dié dag deur deelnemers gewen kon word. FOTO’S: LIZETTE SMIT
SLIM SKAAKSPELERS: Sussies Anke en Carli Claassen van Laerskool Swartland op Malmesbury het op 19 April aan die Wes-Kaap skole se geslote skaaktoernooi deelgeneem. Anke het in die o.12-afdeling gespeel, vyf wedstryde gewen en een gelykop gespeel en daarmee die goue medalje in haar ouderdomsgroep gewen. Carli, wat in gr. R is en onlangs ses jaar oud geword het, het in die o.8-afdeling meegeding, twee wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Sy eindig in die tweede plek met ’n silwermedalje. FOTO: LIZETTE SMIT
Hanré (Klaasvakie), Reinardt en Du Toit Pieterse het ook die Driehoekpad aangedurf.
Le-Mischka van Dalen het bont en vrolik gekombineer met ’n titseltjie vroulikheid en kleur met ’n string rooi krale om die nek.
Deelnemers is aangemoedig om kreatief aan te trek vir die pretloop. Hier is die Wilde Weste Lootjies, ook bekend as Franko en Stefan von Wielligh en Steyn Joubert.
PROMOSIE
Strategieë noodsaaklik vir Predikantsluisbeheer Predikantsluis (Bromus diandrus) bly soos in die verlede een van die onkruide wat jaarliks die Wes-Kaapse koringbedryf kniehalter. Dié onkruid is een van die grasse wat weens die aaneenlopende aanwending van geregistreerde onkruiddoders in dieselfde chemiese groep reeds tekens van bestandheid toon en gevolglik kan dit slegs met uiters kundige beplanning nog beheer word. Tans is die enigste werklike effektiewe strategie om ’n kombinasie van meganiese en chemiese beheer toe te pas of wisselbou te oorweeg. Geïntegreerde beheer van onkruid is nie ’n nuutjie in die Wes-Kaap nie, met die aanwending van tenkmengsels ’n praktyk wat veral die afgelope paar seisoene al hoe meer posgevat het. Enersyds omdat verskillende onkruiddoders eenvoudig individuele onkruide beter beheer, en andersyds as ’n teenweerstandstrategie vir die genoemde weerstandbiedende onkruid wat ’n al groter probleem word. Predikantsluis word die afgelope 14 jaar baie effektief met Monitor® beheer indien die ak-
tiefgroeiende onkruid voor die vierblaarstadium gespuit word. ’n Tenkmengsel van Monitor en Derby® 175 SC word ingespan om sowel Predikantsluis as Gousblom en Kiesieblaar te beheer. Weerstandbiedende Raaigras word met ’n tenkmengsel van Monitor en Crew 330 CS™ beheer waar met presisieplanters geplant word. Crew is ’n vooropkoms-onkruiddoder met trifluralin as aktiewe bestanddeel, met beheerde vrystelling. Een van die mees effektiewe weerstandstrategieë, wat toenemend by die bespuitingsprogram ingeskakel word as gevolg van die sukses wat daarmee behaal word, is ’n voorplantbespuiting met Roundup® Turbo (L 7166) of Roundup Max®‚ ’n hoëlading, wateroplosbare, korrelformulasie Roundup, met ’n hoër konsentrasie Glifosaat(680g/kg). Die gebruik van een van dié twee nie-selektiewe onkruiddoders is noodsaaklik waar hoë infestasies Predikantsluis voorkom en ook waar kleiner populasies reeds bewese weerstand toon. Albei produkte bevat die TranSorb™ benattertegnologie wat reeds binne twee uur reënvas is en klaarspeel met hardnek-
kige onkruide. Predikantsluis-weerstand is ’n groot bedreiging vir die Wes-Kaapse koringbedryf en gevolglik is ’n beheerprogram vir Bromus een van die koringboer se grootste prioriteite. Bromus is ’n grasonkruid wat deur min onkruiddoders beheer word in die koringfase. Dit laat ’n geweldige groot saadbank agter (tot 500 sade per plant), is uiters medededingend in winterverbouings-toestande in gewasse met ’n lae saaidigtheid, en omdat die sade vir tot 15 jaar dormant kan bly, kan dit ernstige oesverliese veroorsaak. Tenkmengsels is nie iets wat langs die spuit uitgedink kan word nie. Dit verg deeglike beplanning saam met ’n onkruiddoder-spesialis anders kan ’n boerepatent ’n duur eksperiment word. Die Monitor®-etiket bevat volledige inligting oor die dosisse vir tenkmengsels en moet geraadpleeg word voor gebruik. Die korrekte meng-prosedure vir tenkmengsels moet, soos op die etiket aangedui, gevolg word. Dit is noodsaaklik dat die teikenonkruid behoorlik met die onkruiddoder bedek word, of oor die totale oppervlak waar die onkruid beheer moet word, ingewerk word. Baie hoë onkruid-
druk (Predikantsluis) tydens bespuiting, lei tot onvoldoende bedekking van die teiken-onkruid en het tot gevolg dat hergroei plaasvind en nuwe onkruid ontkiem – dié verskynsel word veral in stroperbane waargeneem. Om die risiko van weerstandbiedendheid te bestuur, is dié bestuurspraktyke noodsaaklik: •’n Rekordhoudingstelsel van die onkruiddoders wat op ’n land gebruik is. •’n Onkruidbeheerprogram met teenweerstandstrategieë – wat wisselbou, hooimaak voor saadstorting en ander praktyke insluit. •Monitering van die doeltreffendheid van die program en die notulering van afwykings. •Hou by die voorgeskrewe aanbevelings en toedieningshoeveelhede. Onkruidbestuur is ’n gespesialiseerde aksie, en as daar twyfel bestaan oor produkte of toediening, bel Hannes Schoeman van Monsanto by 082 388 0316 vir raad oor effektiewe en ekonomiese aanwending van Monitor of Roundupprodukte vir die beheer van Predikantsluis. Monitor en Roundup-produkte word in die Wes-Kaap versprei deur Nexus AG, Nulandis, Terason, Viking Bemarking en Wenkem SA.
Tuesday 7 May 2013
Advertisement - Advertensie
Swartland Gazette
PLUS EARN POINTS
WEEKLY WINNERS BUY ANY 2 FOR
54
68
99
R
Bulk Tenderised Steak
1399
Each
SAVE 5.00
NOW ONLY
Product has been styled for photography
NOW ONLY
Rainbow Frozen Chicken 4 Drums & 4 Thighs or Drumsticks 1.5kg
per kg
BUY ANY 4 FOR
20
R
SAVE 3.00
950
65
99
Russian Bear Vodka 750ml
SAVE 5.60
Maggi 2 Minute Noodles Assorted
NOW ONLY
Wild Island Dairy Blend Concentrate Assorted 1 litre
14499
Each
SAVE 2.00
NestlĂŠ Cremora Regular or Lite 1kg
NOW ONLY
BUY ANY 2 FOR NOW ONLY
NOW ONLY
Stork Bake Margarine Brick 500g
2699
9499
per pack
SAVE 20.00
Cuddlers Midi 52s, Maxi 50s, Maxi Plus 48s or Junior 44s
CASE PRICE
per case
SAVE 15.00
Castle Lite Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Always there for you PRICES VALID 7 - 12 MAY 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES AND HYPERS IN WESTERN CAPE ONLY
EXCLUDING BEAUFORT WEST, GEORGE, JEFFREYS BAY, KNYSNA, MOSSEL BAY, OUDTSHOORN, PLETTENBERG BAY, NAMIBIA, EXPRESS AND DAILY STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores. LIQUOR NOT FOR SALE ON SUNDAYS EXCLUDING CANAL WALK.
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
1177993B_E 39x8
9
10
Geklassifiseerd
Swartland Gazette
43
07 Gelukwensing Congratulations
1141
Persoonlike Dienste Personal Services
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES Killian Chelse Saronah 08/05/2007 - 18/11/2011 In liefdevolle herinneringe aan ons dogter en sussie. Jou plek is leeg en die vermisting nog groot. Van: Mammie, Heinie en sussies.
HASIMO BOARDING CATTERY - Exclusive Holiday accomodation for cats. Quality care and personal attention. Individual runs. To book, phone Daléne @ 072 525 0725.
TE KOOP FOR SALE
Algemene Dienste General Services MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDS-HEKKE Installeer en herstel alle tipes deure, asook "automation". Skakel Derick by 082 804 4550/ (022) 487 2394. Veertigste (40ste) Verjaardag van Justin Velsorg produkte. Baie spesiale Aanbeidinge. Kontak Esme van Reenen by 022 482 2324 / 083 233 9841.
1146 71
Algemeen Miscellaneous Bargain Wendy's Sinkhuise, Wendy huise, Nuclear huise & DIY Panele.Skakel : 082 713 0747.
BAIE geluk Maurichia (Risa/ Tietie) Fredericks met jou B.E.D graad wat jy ontvang het. Ons is so trots op jou. Van: Ma, Pa, broers en skoonsusters.
KYK wie word 50 op 6 Mei 2013! Baie geluk. God's rykste seëninge en goeie gesondheid word u toegewens. Liefde: Charmaine & Clayton.
WENDYHUIS 3 x 6 te koop , R10 000 o.h.b. Goeie toestand. Skakel 078 336 5765.
SKIPPERS REGINA 03/12/1960 - 15/12/2011 Dit is alweer die 2de Moedersdag weg van ons. Die verlange is steeds groot, maar ons berus ons daarin. Spesiaal Moedersdag is. Die vermisting groot met trane in ons oë. Van: Albertus, Ricardo, Elaine en kleinkinders.
PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 23 Dagsorg (kinders) Day Care (children)
RAAI wie word 21? Op 11 Mei 2013. Baie geluk met die mylpaal wat jy bereik het. Van jou: Ma, Nita, Elroy, Johnty en Glin.
KLEIN PARADYS NASORG -Naby Laerskool Swartland. Vakansiesorg, middagete, veilig. 082 831 0981.
36 11
In Memoriam
Kindervermaak Children’s Entertainment
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 105
Binnenshuisdienste Home Services Interior BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand: 083265 5161. BLINDS and SHUTTERS Goeie kwaliteit blindings nou bekostigbaar vir almal. Vir gratis kwotasie. Skakel Elsa: 0832339586. CEGE SMIT BLINDS TRADING AS JS BLINDS - Vervaar-digers van alle soorte blindings, asook enige herstelwerk & veran-derings. Derick & Nelia 082 788 7210 / (022) 487 2394. CK BLINDS - Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948/ 072 126 2394.
ASPATAT PARTYTJIES: Springkastele, waterglybane, kindertafeltjies & -stoeltjies CK SOLAR - Installeer sonpanele vir geisers en swembaddens. Eskom te huur. Kontak: geakkrediteer. 084 607 5658. Chris 082 554 2754.
FRANS MARIA 07/05/1952 - 11/07/2011 Dit is reeds mamma se 2de verjaarsdag en moedersdag weg van ons. Vermisting is nog groot. Liefde: Ousus, Daphne, kinders en kleinkinders.
BOETIE EN SUSSIE SPRINGKASTELE Waterglybane en verskeidenheid spring-kastele te huur. Kontak Nelia 073 610 2810. TJ'S SPRINGKASTELE Springkastele en waterglybaan te huur. Kontak Theresa: 082 497 3383.
Tuesday 7 May 2013
108
Geld/lenings Money/Loans Konsolidasie! Lening! R10000 - R120 000, 5min,pre-approval, Sameday pay-out. Blacklisted Welcome. Fiona:0824222271.
Teëlwerk/Vloere Tiling/Flooring Skuur en behandel van houtvloere. Skakel Philip 082 261 0770 / 021 556 6363 / www.woodstripper.co.za
BESIGHEID BUSINESS 197
Sakepersele Te Huur Business Premises to Let MALMESBURY Kommersiële Perseel, 200m . Onmiddellik beskikbaar, R7 000pm excl vat,Geleë te Voortrekkerweg, agter Northmec. Ideaal vir kantore of besigheid. To view call Carlo 082 920 4586. Vir meer inligting skakel G Buhr 082 328 2211.
JOBS
1151
Skoonmaakdienste Cleaning Services MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik Skoonmaak & Ontsmetting van Matte en Bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.
MOTORS VEHICLES 145
Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank Aflosse.
EIENDOMME PROPERTIES 168
Woonplek te Deel Accommodation to Share KAMER te huur in Woonhuis in Wesbank. 022 486 5125 / 083 617 2928.
171
Woonstelle te Huur Flats to Let 2 SLAAPKAMER, 2 badkamer woonstel te huur in Swartland hof. 'n Sekuriteits kompleks, volledige kombuis, sit/eetkamer, balkon en toesluit motorhuis. R4 100 p/m. Skakel Gerhard by 082 456 7073 of epos gerhard.stander @chep.com
400
Betrekkings Gevra Jobs Wanted HULP verlang by Honde Kennel en Telery. Lief vir honde? Ons voorsien verblyf, sekere etes, ensv. Werk behels - honde speel, kennels beheer, puppies grootmaak. Wat selfs in nagte laat opstaan om hulle te voed. Ons almal werk saam. Drie maande kontrakte met langtermyn opsie. Stuur CV na faks: 0880224857310 / epos: digiprofs@telkomsa.net
JSC 6X1 4912
022 487 3267
Dinsdag 7 Mei 2013
General - Algemeen
Swartland Gazette
11
Avontuurlustige Karien is April se Let’s Play wenner
SOOS VISSE IN DIE WATER: Wiaan van Reenen, Wihan Erasmus, Jana Nel en Guillaume Louw van Laerskool Swartland op Malmesbury het op 27 April aan die Triaq-swemgala in Kaapstad deelgeneem en is in die Boland-swemspan opgeneem. FOTO: LIZETTE SMIT
MALMESBURY – Karien Wiid (16) van Hoërskool Swartland op Malmesbury is onlangs gekies om vir die SATF (South African Tug of War Federation) in Harare, Zimbabwe haar land tydens die Afrika-toutrekkampioenskap te verteenwoordig. Sy het in die 540 kg vroue-span en ook in die 600 kg gemengde A-span getrek. Albei dié spanne het met goud huis toe gekom. Karien is danksy hierdie uitsonderlike prestasie gekies as die Swartland Gazette en Supersport se Let’s Play wenner vir April. Hierdie borrelende en vol-lewe meisiekind beskou toutrek as ’n uitdaging en hou daarvan dat dit iets heeltemal anders is as die gewone sportsoorte wat by skole aangebied word. Sy geniet toutrek geweldig en beskryf hoe die “toutrek-familie” haar van dag een af laat welkom laat het. “Ons is kompeterend op die tou, maar van die veld af kuier almal lekker saam.” Karien sê toutrek is steeds ’n uitdaging en sy leer gereeld nuwe tegnieke. Sy erken dat toutrek ook fisiek uitdagend is en dat sy steeds sukkel met ’n laerug-besering wat sy vier jaar gelede opgedoen het. Sy volg nie ’n spesifieke dieet om haar gewig net reg te hou nie en eet net minder en kleiner porsies. Voor ’n groot kompetisie sny sy so vêr moontlik soetgoed, gaskoeldrank en vette uit om nie oor die gewig vir ’n spesifieke toutrekafdeling te wees nie. Karien se toutrek-droom is om Suid-Afrika oorsee by wêreldkampioenskapstoernooi te
INVITATION TO TENDER SUPPLY AND DELIVERY OF SAND YWERIGE KRIEKETSPELERS: Roche du Plooy, Gregory Langeveldt en Marc Jo de Bruin van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool op Riebeek-Wes is gekies vir die Boland-krieketspan vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes (LSEN). FOTO: VERSKAF
TENDER: DH2013/01
Pretoria Portland Cement (PPC) invites suppliers who meet the criteria to tender for the supply and delivery of sand to its De Hoek factory situated at Piketberg in the Western Cape. Only suppliers in possession of a valid mining licence or permit, issued for the class of mine required for the purpose of this tender and issued in terms of legislation, will be considered. Applicable sand qualities as stipulated in the tender document will strictly apply. Tender Documents may be obtained from the Reception at the De Hoek Factory. No documents may be requested or will be supplied by fax or electronic mail. Documents must be collected by the tenderer or a representative of the tenderer.
SPORTSTERRE: Anmar Brand en Jana Relihan van Laerskool Swartland op Malmesbury is in die o.12 WesBoland-netbalspan opgeneem. Jana het ook vir haar ’n plek in die o.13 Boland-hokkiespan oop gespeel. FOTO: LIZETTE SMIT
Closing date for submission of tenders is 17 May 2013 at 12:00. No late submissions will be accepted.
BELOWENDE RUGBYSPELERS: Erik Lambrecht en Marinus de Jager van Laerskool Swartland op Malmesbury is in die o.13 Wes-Boland-rugbyspan opgeneem. FOTO: LIZETTE SMIT
For any enquiries contact Johan Steyn on 022 913 8359. 112166
www.ayandambanga.co.za
Karien Wiid, Supersport en Swartland Gazette se Let’s Play wenner vir April. FOTO: LIZETTE SMIT verteenwoordig. “Ek sal daarvan hou om na verskillende plekke te toer, nuwe plekke te sien en nuwe mense te ontmoet.”
Swartland
Year 11 • 7 Mei 2013 | Tel. 022 482 3817
Droom bewaarheid vir netbal aan die Weskus AMALIA VAN NIEKERK MOORREESBURG – ’n Droom is verwesenlik vir die Weskus-netbalunie toe die nuut opgegradeerde bane by die Gene Louw-stadion in Moorreesburg amptelik Saterdag geopen is.
Verteenwoordigers van al die netbalklubs in die Weskus gooi elk ’n bal in die lug as simbool vir die opening van die nuwe Gene Louw-netbalbane. Voor is (met die mikrofoon) Madelein Horn (Weskus Netbal – president), Patrick Claassen (Moorreesburg Sportforum), Cornelius Malgas (hoof, Vredenburg-streekkantoor), adv. Lyndon Bouah (hoofdirekteur van sport, Wes-Kaap), Ronel Johnathan (Vredenburg-streekkantoor), Agnetha Jeftha en Charlton Nieuwoudt (Vredenburg-streekkantoor)
Die pragtige nuwe bane was die resultaat van jare se harde werk, smeek en vasbyt deur die Weskus Netbal-bestuur, veral deur die president, Madelein Horn. Dit was ’n groot oomblik in 2012 vir Weskus-netbal toe R200 000 deur die Wes-Kaapse minister verantwoordelik vir sport, dr. Ivan Meyer, bewillig is vir die opgradering van die netbalgeriewe op Moorreesburg. Die inwyding van dié bane is in pas met die
minister se droom vir ’n netbalrewolusie in die Wes-Kaap hierdie jaar. By implikasie is dit ook tot groot voordeel van die Moorreesburg-tennisklub wat ook by dié opgradering gaan baat. Advokaat Lyndon Bouah, die hoofdirekteur van sport in die Wes-Kaap, Cornelius Malgas, hoof van die Vredenburg-streekkantoor, en Patrick Claassen van die Moorreesburgsportforum was van die eregaste teenwoordig en ook verantwoordelik vir die knip van die linte vir die seremoniële opening van die bane. Talle ander verteenwoordigers van die Vredenburg-streekkantoor, sowel as die Kaapstad-hoofkantoor, het ook die dag ondersteun. Nog ’n groot hoogtepunt was die onthulling van die Weskus Netbal
Kuierkos Kookboek wat nou te koop is by netbalklubs regoor die Weskus. Die geld gaan direk aangewend word vir die Weskus vroue- en mans-netbalspanne wat die streek by die SA kampioenskapstoernooi in Augustus sal verteenwoordig. Die netbal op die dag was van hoë gehalte met naelkou-wedstryde wat die skare op hul voete gehad het. Hoogtepunte was die wedstryde tussen Langebaan en Dolphins se vroue A-spanne, en die wedstryd tussen die mans van Wesbank en Vredenburg Sosiale Akademie. Die mans het vir groot opwinding gesorg met vertonings van ongelooflike veerkrag, spoed en vaardigheid. Vier splinternuwe klubs het ook vir die eerste keer hul staal gewys met baie positiewe uitslae in feitlik al hul wedstryde.
Jaarlikse jongduifskou
M’burg swoeg vir wen KAREL WILLEMSE MOORREESBURG – Die Samouers moes Saterdag hard sweet voor hul tuisskare om ’n verwoede Piketberg (Rhino’s) tot oorgawe te dwing. Moorreesburg het met 27(22) oor Piketberg 20(10) geseëvier. ’n Groot skare het die wedstryd tussen dié twee buurdorpe bygewoon. Albei spanne was op soek na hul eerste oorwinning vir die seisoen. Piketberg het hom goed van sy taak gekwyt en hulle kan trots wees op hul verdediging wat hulle deurentyd in die wedstryd gehou het. Aan Moorreesburg se kant was daar talle geleenthede om punte aan te teken, maar die afronding het ont-
Jevon Willemse, Samoa se agsteman, maak net-net Saterdag nie die doellyn nie.
breek. Sergio Oktober (flank), is na ’n goeie lopie van oor die 40 meter kort voor die doelpale platgetrek. Jovan Willemse (agsteman) is van sy tweede drie ontneem toe hy kort gedruk het. Willemse het egter 60 meter ver gedraf vir sy eerste drie ná hy skitterend deur die verdediging gebars het. Die agsteman het ’n besige middag beleef en het Rhino’s hoofbrekens besorg. Hy is goed bygestaan deur Oktober en die ander losvoorspeler en kaptein Janeill Carolus. Agterlangs het Ruan van Rooy (vleuel) en Hannes Morris (losskakel) albei hul terugkeer met goeie spel gevier. Vir Piketberg het veral losskakel Carlo George hulle binne trefafstand gehou. ’n Goed geplaaste grondskop van hom het die vleuel Ashwin Titimani in die hoekie laat oor duik. Puntemakers vir Moorreesburg: drieë – Morris, Van Rooy, Carolus en Willemse; doelskoppe – Morris 3, skepskop – Morris. Piketberg: drieë 3, doelskop en strafskop. Ander uitslae: Moorreesburg C (18), Rhino’s (3) Moorreesburg B (8) Rhino’s (14).
Riaan van den Heever (met die bal) van die Moorreesburg Tiere kies koers doellyn toe. FOTO: HESMARIE NEL
Tiere maak skoonskip MARTIN PEPLER MOORREESBURG – Die Boland sosiale liga (BSL) waarin die 2011 en 2012 kampioen, die Moorreesburg Tiere speel, is al goed op dreef en die vierde ronde is 27 April op die Gene Louw-rugbyvelde gespeel. Albei die Tiere se spanne het skoonskip gemaak teen ’n tradisioneel sterk Calvilliers klub. Tiere se tweede span (ook laasjaar se ligawenners) het korte mette gemaak met die opposisie in ’n wegholoorwinning van 81-19. Die terugkeer van oud-Tiere-skrumskakel Evan Groenewald op 38-jarige ouderdom was ’n openbaring vir die jonger spelers. Die man van die wedstryd was Herman Swanepoel wat met sy skopvoet uitge-
blink het en slegs een skop pale toe gemis het. Ander uitblinkers was die neefs Peet en Pierrie Smit. Calvilliers se eerste span, wat tot dusvêr die seisoen onoorwonne was met hulle sterk pak voorspelers, het die pap dik probeer aanmaak, maar die Tiere het egter vuur met vuur beveg en stelselmatig die oorhand gekry. Dit het daartoe gelei dat die agterspelers meer kon baljaar en nuweling Donavon du Toit op senter telkemale sy man geklop het en ook beloon is as agterspeler van die dag. Voorlangs het Werner (Proppie) Truter en Jacobus Wium goed gespeel, maar Francois (Wortel) Rossouw is beloon vir sy inklimspel en as voorspeler van die dag aangewys. Tiere wen 31-20.
Die Westelike Provinsie se Sierduifklub hou op Saterdag 11 Mei hul jaarlikse Jongduif-Kampioenskapskou in die stadsaal op Malmesbury. Besoekers kan uitsien na 22 vertoners, 51 rasse en sowat 255 duiwe wat vertoon sal word. Toegang is gratis. Besigtiging is vanaf 10:00 tot 14:30 en bring die kinders saam! Bel vir Cassie Carstens by 082 670 2228 of 022 482 1788 vir meer inligting.
Laaste knortjor byeenkoms Die Swartland Oval Karting hou eerskomende Saterdag (11 Mei) hul laaste byeenkoms vir die 2012–’13-seisoen. Kom ondersteun gerus. Toegang is R20 vir volwassenes en R10 per kind. Wedrenne begin om 17:00. Bel Johan Britz by 072 181 3567 vir meer inligting.