Theewaterskloof Gazette 02-04-13.pdf

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 2 April 2013 | Tel. 028 214 1294

Hiep hiep hoera! Dié leerlinge van Swartberg Primêr het Donderdag met groot blydskap die vakansie tegemoet gehardloop. Lees op bl. 4 wat die leerlinge van Boontjieskraal en die peuters van ACVV Tafelronde Creché dié vakansie gaan doen. Die skole heropen weer op 8 April. FOTO: ANNETTE THERON

Temperature styg oor medisyne ANNETTE THERON

Gemoedere het verlede Maandag en Dinsdag hoog geloop toe ellelange rye chroniese staatspasiënte ure lank in Botrivier en Riviersonderend vir hul medikasie moes wag. Verskeie klagtes, asook ’n brief, het die Gazette bereik oor talle mense wat gewoonlik deur die loop van die oggend hul medisyne kry, dié dag tot na 14:00 daarvoor moes wag sonder dat redes vir die oponthoud aan hulle verskaf is. Pasiënte, wat almal op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het ook getuig van ongemak by jong kinders, bejaardes en diabete wat sonder kos of drinkgoed in die ry moes wag. ’n Inwoner van Botrivier sê die uitdeel van chroniese medikasie is verlede jaar verskuif van die kliniek na die Kromco-saal. “Die departement van gesondheid het aangevoer daar kan op dié wyse beter diens aan chroniese pasiënte gelewer word.” Maar sedert November verlede jaar ondervind hy dat sy volle voorskrif nie altyd aan hom beskikbaar is nie. “Die apteker het my medika-

sie verander en gesê ek moet een dosis (middagete) oorslaan.” Die voorskrif is intussen deur ’n dokter reggestel nadat die man twee stuiptrekkings-aanvalle gekry het. Op Dinsdag 26 Maart, wat as “pilledag” bekend staan, is hy reeds 06:00 na die saal waar hy derde in die ry was. “Daar was ’n fabriekwerker wat nagskof gewerk het en reeds sedert 05:00 staan en wag het.” Hy sê die apteker is gewoonlik tussen 09:00 en 10:00 daar en teen 13:00 het almal hul pille. Dinsdag het die gesondheidswerkers egter nie opgedaag nie en tussen 09:00 en 10:00 het die verpleegster van die kliniek die mense ingelig dat die apteker vertraag is. “Geen rede is verskaf nie, en toe begin die lang wag.” Hulle is weer later ingelig dat die apteker ná 14:00 daar sou wees. ’n Pakkie beskuitjies wat die pasiënt se vrou later vir hom gebring het, is met groot dankbaarheid deur ’n medepasiënt geëet. “Een tannie was so dankbaar, want sy is ’n diabeet en het gesê sy voel redelik flou omdat haar bloedsuiker so laag is.” Teen daardie tyd was tweederdes van die tussen 150 en 200 mense wat opgedaag het, na ver-

neem word reeds huis toe. “Die apteker het ná 14:00 opgedaag en verskoning gevra dat hy laat is, maar geen rede verskaf vir die vertraging nie.” ’n Ses-en-sewentigjarige inwoner sê sy was baie ontsteld, want sy moes drie keer teruggaan om haar pille te kry. “Hulle het twee maande kans om ons pille agtermekaar te kry, waarom was dit nie Dinsdag gereed vir ons nie en waarom is die diens so sleg?” Nog ’n Botrivier-inwoner sê dit het hom baie ontstel om bejaardes te sien wat so lank moes wag sonder kos en water. “Dit wil voorkom asof mense ongelukkig is oor die diens wat hulle van ’n apteker ontvang. Dit is nie die eerste keer dat mense kla oor verkeerde medikasie of geen medikasie wat ontvang word nie.” Nog ’n inwoner sê sy het Dinsdag eers 11:30 na die saal gegaan om haar medikasie te kry, met die hoop dat sy een van die laaste paar mense in die ry sou wees. Sy is weens ’n ander afspraak weer vort om later terug te kom. “Ek kon dus eers ná 15:00 my medikasie gaan haal.” Sy is net ná vyf gehelp en sê almal was verontrief, maar glo dit was ’n eenmalige ge-

beurtenis. Sy het ter verdediging van die departement van gesondheid gesê daar is baie mense wat hulle moet bedien. “Die saal is altyd volgepak. Ek dink dit moet baie stresvol vir die gesondheidswerkers wees as pasiënte so om hulle saamdrom vir hul medikasie.” Jo-Anne Otto, mediawoordvoerder van die departement van gesondheid, het by navraag gesê die klagtes met betrekking tot die voorsiening van chroniese medikasie aan die pasiënte word ondersoek. “Wilma Kamfer, direkteur van die Overbergdistrik, het reeds opdrag ontvang dat ’n ondersoek van stapel gestuur word aangesien hierdie aantygings in ’n ernstige lig beskou word.” Sy het egter bygevoeg dat die Wes-Kaapse provinsiale regering nie teen spertyd die besonderhede van die ondersoek kan deurgee nie. Sy het versoek dat daar in die volgende uitgawe van die Gazette inligting aan pasiënte deurgegee word oor wat hulle te doen staan ten opsigte van verkeerde of verouderde medikasie. – Lees die brief op bl. 6 van ’n inwoner van Riviersonderend.


2

Theewaterskloof Gazette

General - Algemeen

Tuesday 2 April 2013

Wine and dine at Caledon Casino 19 April )Hoërskool De Villiers Graaff bied ’n Barnyard-aand met Wikus van der Merwe en Munro du Toit (Idols) by Villiersdorp Skousaal om 19:00 aan. Bring u eie piekniekmandjie of bestel ’n mandjie vir twee. Navrae en bestellings by Francois by 082 334 5133.

) Die St Peter’s Anglikaanse Kerk van Botrivier beplan ’n “car boot sale” ten bate van die kerk op 20 April. Artikels wat nie meer gebruik word nie, of wit olifante, is die ideale produkte vir hierdie insameling en belangstellendes word genooi om ’n stalletjie of staanplek teen R100 te bespreek. Die verkoping sal op die kerkgronde geskied en sal van 10:00 tot 16:00 duur. Almal se ondersteuning word verwelkom. Vir meer inligting, of om ’n staanplek te bespreek, bel mev. Oliver by 082 678 7508. ) Pragtige outentieke Embuia-hangkaste, spieëltafel en laaikas is nou in die Dieresorgwinkel, in Donkinstraat langs Kontrei Printing. Alle handgemaak is van ’n gehalte wat mens nie deesdae meer sien nie. Outydse tasse, naaldwerk benodigdhede, wol, materiaal, outydse lampskerms, lekker tweedehandse leesboeke en hope meer. ) Indien iemand dalk gesien het of weet van ’n selfoon wat gesteel of opgetel is in die omgewing van Caledon Spar, kontak die Gazette se kantoor by 028 214 1294. Dit is ’n Samsung touch-screen-selfoon met ’n pienk omhulsel. Daar sal ’n beloning aangebied word. Die eienaar wil graag die sim-kaart terugkry.

Fresh and exciting wines from the awardwinning Lomond Estate in Stellenbosch will be featured at The Caledon Casino, Hotel & Spa’s Wine and Dine event on 11 April. At the April Wine & Dine, specially-selected Lomond wines will be paired with a lavish fourcourse meal expertly-developed and lovinglyprepared by Executive Chef Shaun Bruce. Live entertainment will be provided by musician and vocalist, Ike Morris. This combination, in the exquisite Overberg with The Caledon Casino’s Hotel & Spa’s famous country hospitality, makes for an evening of exceptional entertainment. The Wine and Dine events take place on the second Thursday of each month. Wines from local wine estates are suitably-paired with carefully-selected dishes. “Our monthly wine and dine events are hugely-popular with lovers of fine food and wines. We welcome a great number of repeat visitors

Lees Gazette op mobi Gazette lesers kan nou hulle gunsteling koerant vanaf ’n selfoon lees! Gaan na bolandgazette.mobi en sien die week se nuutste nuus uit ses streke in die Boland. Ons splinternuwe Mobi-werf vir selfoongebruikers sal nie net berigte uit die Swartland, Breederivier/Langeberg, Theewaterskloof, Helderberg, Stellenbosch en Drakenstein bevat nie, maar gee jou ook toegang tot video’s, fotogalerye, speletjies, musiek, die weervoorspelling en natuurlik kompetisies. Om ons afskop te vier, gee ons ’n dubbelkaartjie weg vir Huisgenoot-Skouspel se konsert wat in Julie by die Grand West-casino in die Kaap plaasvind. Skouspel is al jare die grootste Afrikaanse musiekkonsert in die land en vanjaar sal die musiek van topkunstenaars soos Elvis Blue, Emo Adams, Heinz Winckler, Kurt Darren, Nianell en Andriëtte die Kaapse gehoor vermaak. Kaartjiepryse wissel tussen net R150 en R250. Twee vertonings word aangebied, een in die middag om 12:00 en ’n aandkonsert om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. En as jy die kans wil waag om ons dubbelkaartjie te wen, gaan na bolandgazette.mobi en skryf in!

each month and are always thrilled to see new faces at the events. Each month, we feature a new wine estate, an emerging local entertainer or band and a delectable meal. “Don’t miss April’s event for a magnificent ‘tour’ of the true-to-nature wines from Lomond, and an evening of spectacular entertainment,” says the casino’s general manager, Paul Campbell. Tickets to the Wine & Dine cost R150 per person. There is also a special “taste-and-stay” package available for R849. This includes the four course meal, wine tasting, entertainment, accommodation at The Caledon Hotel and breakfast the next morning for two people. Booking is essential. Contact Joy at The Caledon Casino, Hotel & Spa for more information and to book: (028) 214 5100 or by email joy.issel@tsogosun.com. For more information on upcoming events please visit www.thecaledon.co.za

Ike Morris will present live entertainment at the next wine and dine evening on 11 April at the Caledon Casino Hotel, Spa and Entertainment.

Bigger Greyton fest deals with ‘trash’ The second annual Greyton Festival of Transition is set to take place on 20 April at the Greyton Green Park, formally known as the Greyton dumping site. After the success and attendance figures of the first festival on 4 August last year, the organisers are excited to proceed with the process of fundraising and organisation for the next festival, making it just a bit bigger and better in as many ways as possible. That means more musicians and performances, more artists and enBlack South-Eater will be one of the groups performing at trepreneurs showcased in the tranthe Greyton Festival of Transition on 20 April. sition market, and more workshops for people of all ages to learn exactly how you can transform the full Dyers, Hilton Schilder, and Steve Newman range of trash into beneficial and resilience and The Country Conquerors. If you would like to be involved with this bolstering treasures. Musicians performing this year include year’s festival in any way, please contact Black South-Easter, All in One with Errol Joseph Stodgel at joestodgel@gmail.com

TERUGBESORG: Jacques Niemand en Avril Moses het Woensdag ’n verlore selfoon by die Gazette-kantoor kom afhaal. Avril sê hy kan nie glo daar is nog mense wat so eerlik is om ander se besittings terug te besorg nie. Hy is baie dankbaar vir die egpaar wat die selfoon by die koerant ingehandig het. FOTO: ANNETTE THERON

VW Hermanus www.rolavwhermanus.co.za Tel: 028 312 6084

ONE STEP AHEAD - See page 5

LOLLOS KOM KUIER IN CALEDON: Shine in Villiersdorp hou ’n Lollos-konsert vir geldinsameling vir hul dagmoeder-projek. Lollos en Lettie sal op Saterdag 27 Julie om 10:30 by die Eureka- saal van die NG-gemeente in Hoofstraat optree. Die vertoning is propvol opwindende nuwe liedjies en aanhangers kan ook van hulle gunsteling treffers verwag. Kaartjies is R50 per persoon en ’n snoepie sal beskikbaar wees. Kaartjies is beskikbaar by Shine se kantoor by die Ou Pastorie in Hoofstraat 64, of bel Shine by 084 666 3210. Hier is Lettie, Minki, Disco en Lollos wat beloof dat al die kinders lekker gaan saamdans!


Tuesday 2 April 2013

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

3

Snapshot of crime in the Overberg ANNETTE THERON Police in the Theewaterskloof Gazette distribution area made several arrests for drug-related crime, and while only one capital crime was committed in the region in March, rape was reported to have increased in Caledon. Bredasdorp: Col. Mareé Louw of the Bredasdorp police said during March there was a decline in assault, rape and robbery. No murders were reported. “Of concern, however, are the housebreaking and theft complaints. Widespread burglaries are taking place in Bredasdorp and we cannot pinpoint a specific area. However, we are grateful for the implementation of the neighbourhood watch every weekend.” Street patrols have led to a decrease in violent crimes, and Louw appealed to residents to report all crime. “Especially drug smuggling and illegal liquor sales. People should also be vigilant and report people who appear suspicious in their neighbourhoods.” Napier: There were no major incidents in Napier during March. One housebreaking and two assault cases were reported as well as the theft of a camera. Nine drug-related cases were solved. In February Napier was awarded first position in the province for crime prevention and nationally they earned eighth position. Villiersdorp: A man was murdered on High Noon farm in Villiersdorp on 26 March. Motlatsi Phitshane (35) and the suspect, aged 27, apparently argued over a woman the victim was talking to earlier that morning. During the argument, the

suspect allegedly pulled a knife from his pocket and stabbed the victim once in the neck. The victim died on the scene. The suspect appeared in court on 26 March and applied for bail, but Const. Denzil Pietersen opposed the application. The case was postponed until 2 April for bail application. WO Sylvester de Long says they made a few arrests for drug-related, property-related and contact crime. Riviersonderend: Lieutenant Pieter du Toit says the problem with copper cable theft continues. Grabouw: Lieutenant Raldeen Atson said their biggest problem was housebreaking. “We want to ask our community to be alert and report any suspicious vehicles or people in their neighbourhood in order to prevent armed and business robberies. Genadendal/Greyton: Capt. Gustav Tamboer said there was a decrease in crime in March in all categories, except for policeinitiated crime prevention. “This is crime where the police must focus on drug-related crime, drunken driving, selling liquor without a licence and possession of illegal firearms.” He said it is clear that crime fighting initiatives are bearing fruit, but that they should continue. He attributed the decrease in crime to more than 70% of the known local burglars are behind bars, thanks to the commitment

of the neighbourhood watches, security companies and active community. “Bereaville and Voorstekraal need more attention and they will get it in this new financial year as a meeting was held in Bereaville and the neighbourhood watch structure established.” A community meeting is scheduled for Voorstekraal on 2 April at 19:30 at the Moravian hall and he is looking forward to meeting the residents. “As we are facing the end of this financial year, which ends on 31 March, new challenges lay ahead of us.” Tamboer said crime statistics for the year aren’t positive due to increases in all categories. “Although I started in November as the new station commander, I will take responsibility for the crime for the past year.” Caledon and Bot River: A media spokesperson for the police said that housebreaking remains a headache in Bot River. “We have arrested suspects and we are also busy with further investigations.” The high usage of drugs in the area played a major role in the increase of burglary and theft. Anyone with information can contact the police on 028 214 3900. All information will be treated as confidential. There has been an increase in rape in Caledon in Riemvasmaak. “This is due to the fact that there are no lights at night.” The spokesperson said they have launched an awareness campaign regarding the safety of women and children. “We went to speak to the women in Riemvasmaak last week and asked them not to walk alone at night, but rather in groups.” Follow-up programmes will be offered to the rest of the community and the dates will still be made available.

ONGELUK OP N2: Hierdie ongeluk het Donderdag digby Boontjieskraal op die N2 plaasgevind. Niemand is in die voorval beseer nie. Volgens die Caledon-polisiewoordvoerder was die mense van die Oos-Kaap op pad Kaapstad toe. Die bestuurder het skynbaar agter die stuurwiel aan die slaap geraak. “Een passasier mag moontlik harsingskudding opgedoen het,” het hy gesê. FOTO: ANNETTE THERON

Donkies is liefdevolle diere wat as afskrikmiddel dien teen jakkalse en ander ongediertes wat ’n bedreiging vir skape inhou. FOTO: VERSKAF

Dié langore is ’n groot bate Tien donkies is op soek na ’n nuwe woning. “Maar my donkies moet nie gebruik word om wors van te maak nie, en nog minder om vir leeus te voer in ’n dieretuin,” sê Coenie Visser, die eienaar van die donkies. ’n Klompie jare gelede het Visser, van die plaas Wolwekloof naby Greyton, ’n paar donkies van ’n lewe van mishandeling en swaarkry gered en saam met sy perde en alpaccas in ’n kamp laat wei. Deur die jare het Coenie nog donkies gered en na Wolwekloof toe geneem. “Na ’n paar weke van kos en liefde was die aaklige sere op hul lywe weg en was hulle spekvet,” sê Coenie. “Maar hoekom mense dink donkies is diere wat mishandel moet word, weet ek nie. Hulle maak wonderlike troeteldiere!” Hy sê die donkies, die perde en die alpaccas is beste vriende, en dit gee ’n treurmare af as hulle die donkies en alpaccas in afsonderlike kampe probeer sit. Die probleem is dat die trop vinnig groei, en Coenie het al baie van die donkies weggegee vir boere in die omgewing wat die donkies saam met die skape laat wei, enersyds, of so word altans beweer, om die skape te beskerm teen jakkalse en ander ongediertes, en andersyds om die trop skape rustiger te maak. Enigiemand wat ’n tuiste aan die donkies kan bied, bel gerus vir Coenie by 082 576 2160.


4

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 2 April 2013

Vakansie vol hasies, swem en lekker kuiers vir jonges ANNETTE THERON Die skole het Donderdag (28 Maart) gesluit en die Gazette het by leerlinge van Boontjieskraal Primêre Skool en peuters by die Tafelronde Uitsig Crèche wat gelukkig genoeg is om te kan weggaan, gaan luister wat hulle vakansieplanne is.

Entle Hannes (9) van Boontjieskraal Primêr sê sy gaan dié vakansie by haar tannie in Johannesburg kuier. “Ek is vreeslik opgewonde want ek gaan vir die eerste keer in ’n vliegtuig vlieg en ek is glad nie bang nie.” FOTO’S: ANNETTE THERON

Justine Fourie (8) sê sy gaan by haar suster kuier in Hermanus en dan gaan hulle gewoonlik see toe om te swem.

Riaano Hans (6) van Tafelronde ACVV Uitsig Crèche sê hulle gaan see toe. “En ons gaan ook braai daar.”

Tamlin May (5) Tafelronde ACVV Uitsig Crèche het gesê hulle gaan Bredasdorp toe, om by haar ma se suster te kuier. “Ons gaan lekker daar kuier.”

Denovia Beukman (8) van Boontjieskraal Primêr sê hulle gaan by haar niggie kuier en dan in Helderstroom se swembad swem. “Ek gaan ook sjokolade-hasies kry vir Paasfees.”

Chanté Smit (6) van Tafelronde ACVV Uitsig Crèche gaan Swellendam toe om by haar ma te kuier. Sy woon by haar ouma in Uitsig en sê: “Ek is baie opgewonde om my mammie te gaan sien.”

Cassidene Frans Tafelronde ACVV Uitsig Crèche (6) het Donderdag haar sesde verjaardag gevier en gesê hulle gaan kamp dié vakansie. “Dan slaap ek in my slaapsak.”

Toekenning aan Agri Wes-Kaap By die onlangse 80e jaarlikse konferensie van die VLV-sirkel Overberg op Villiersdorp, is ’n toekenning vir leierskap aan Agri Wes-Kaap oorhandig. Die VroueLandbouvereniging van Kaapland is geaffilieer by Agri Wes-, Oos- en Noord-Kaap. In haar motivering het sirkel-president Hermien van Zyl gesê dat aangesien Villiersdorp een van die brandpunte was in die aangevuurde ontevredenheid van seisoenwerkers, die VLV-lede van die Overberg, as vennote van georganiseerde landbou, erkenning wil gee aan die landbouleierskap wat veral gedurende die afgelope maande van kritieke belang was. Sy het die landbouleiers geloof vir hul verantwoordelike uitsprake en beheersde optrede wat oral in die media hoorbaar en sigbaar was. Porchia Adams, kommunikasiebestuurder van AWK, het die toekenning in ontvangs geneem. Sy het namens AWK dank uitgespreek vir die VLV se ondersteuning en onderneem dat die belange van die totale landbousektor gedien sal word. In sy groete-boodskap en verwelkoming namens die landbougemeenskap aan die konferensiegangers, het Marinus van der Merwe, voorsitter van die EGVV, ook die voorneme van die plaaslike landbouvereniging bevestig, naamlik dat die tradisioneel goeie werksverhoudings op die plase verder uitgebou sal word.

Danté Hess (5) van Tafelronde ACVV Uitsig Crèche sê hulle gaan by sy ouma in Saldanhabaai kuier. “Dan gaan ons almal lekker saam swem in die see.”

Handelsure onveranderd vir nou Die Theewaterskloof-munisipaliteit het by ’n raadsvergadering van 20 Maart die nuwe drankverordening vir die munisipale gebied in beginsel aanvaar. Dit het volgens die munisipaliteit na aanleiding van onder meer openbare deelnameprosesse tydens wykskomiteevergaderings tot stand gekom. Die raad het voorts besluit om die verordening vir openbare insette en kommentaar te publiseer en dat alle insette en kommentaar volgens wetlike riglyne hanteer en oorweeg

sal word voor dit in die Provinsiale Koerant gepubliseer word. Ingevolge die besluit om die verordening vir openbare insette en kommentaar te publiseer, sal handelstye vir drank in terme van bestaande dranklisensievoorwaardes voorlopig onveranderd bly tot tyd en wyl die verordening in die Provinsiale Koerant gepubliseer is. Gewysigde handelsure sal dus nie op 1 April al in werking tree nie.

Night of beauties and hairy beasts

Porchia Adams (middel) ontvang ’n geskenkpakkie van Lorraine du Toit, vise-president van die sirkel Overberg, en die toekenning van Madelaine du Toit,sirkel-sameroeper vir Landbou en Tuinbou. FOTO: STERNA BOTHA

Jong mans met groot drome Chesswin Koopman (21) en Jayswon Adams (20) wil albei graag brandweermanne word. Dié twee het Donderdag by Doug Hawkins, ’n reservis van Botrivier, gaan kuier om te hoor wat hulle te doen staan om in sy voetspore te volg. Dié twee gaan in die volgende paar weke vir Doug vergesel as vrywilligers om meer ondervinding op te doen. Chesswin sê hy is gereed vir dié uitdaging en Jayswon het gesê dis ’n wonderlike geleentheid om die gemeenskap te kan dien en ook voorbereid te wees indien ’n brand iewers ontstaan. “Dan sal ek in staat wees met my nuwe kennis om die vuur te blus.”

Yhulle Swarts (5) gaan ook dié vakansie Hermanus toe. “Ek gaan swem in die see en ek is baie lief vir swem.”

to ultra modern, state of the Wine beauties meet hairy art cellars that are all combeasts when the colourful mitted to individualistic, wine community of Bot Rivquality-driven wines. Joiner sets the stage for its annuing Beaumont at this joyous al Barrels and Beards celeoccasion will be Barton, bration to toast the local Eerstehoop, Feiteiras, winemakers’ post-harvest Gabriëlskloof, Genevieve, looks and latest fruits of Goedvertrouw, Luddite, their labour on Saturday 20 Maremanna, Rivendell and April. Barrels and Beards Wildekrans. This exclusive 2013 takes place at The Old evening includes a hearty Shed at Anysbos Farm on “terroir to table” potjiekos the Swartrivier Road, Bot dinner of unique tastes and River and starts at 17:00. produce from the area, whilst Each year the laid-back cool-climate, top quality wine folk of this prized yet wines from more than eight unspoilt winelands pocket local producers will be on in the Overberg follow a tradition of “no shaving or bar- PJ Geyer from Barton Vineyards was the sale. The “boereorkes”, Die Stoepsitters, will add sakkieber visits for the duration of winner of last year’s competition. sakkie vibes to this homegthe harvest season”, only to reveal their scruffy facades during a fun-filled rown affair. A shuttle service will be available “beard parade”. And this year’s event promis- on the evening in support of responsible drinkes one big hairy hullabaloo. “We only get one ing. Tickets costs R250 per person and include a chance a year to make the best wines we can and we invite enthusiasts to come and rub complimentary barrel tasting of the latest Bot shoulders with our winemakers as we flaunt River wines, a souvenir wine glass, dinner, muour whiskers and wines,” says winemaker Se- sic entertainment and real country hospitality. For more information or to book your tickets bastian Beaumont of Beaumont Estate. The quaint Bot River Wine Route is home to an ec- contact Nicolene Heyns at nicolene@botriverlectic bouquet of conservation-conscious win- wines.co.za. Seating is limited and no kids uneries ranging from historic and time-honoured der 12 allowed.

Off-road tracks for everyone Chesswin Koopman, Doug Hawkins en Jayswon Adams van Botrivier voor die vuurwa wat in Botrivier en omliggende gebiede gebruik word om brande te blus. FOTO: ANNETTE THERON

More than 250 people are expected to compete in the next Western Cape Off Road at Botrivier Heights on Saturday 6 April. The Western Cape Off-road Club will offer three tracks – for kids, juniors and seniors with classes for two or four wheel motorcycles for boys or girls from 4 year old up to seniors in

the master class. Fitness and endurance of competitors will be tested in an exhilarating ride round the mountains. For more information, contact Clive Crouse on 082 900 1334 or visit their website www.westerncapeoffroad.co.za


Tuesday 2 April 2013

General - Algemeen

FynArts ‘a sparkling event’ HEDDA MITTNER Visitors to the Overstrand, as well as residents, can look forward to a brand new event on the South African arts calendar – Hermanus FynArts. An innovation by Hermanus Tourism, this ten-day celebration of fine visual arts, music, literature, wine and food will take place from 7 to 16 June. “It will be a blend of an arts festival and a winter school,” says Mary Faure, the chair of Hermanus Tourism and coordinator of Hermanus FynArts. The programme will present special exhibitions at art galleries in Hermanus and wine estates along the celebrated Hermanus R320 Wine Route, while the centre of town will be filled with soirees, musical recitals, high-teas and high-profile artists. The weekends will be abuzz with a variety of performances, conversations and panel discussions, and

from Monday to Friday visitors can attend one or more of the many hands-on courses and workshops that will be offered by well-known and accomplished presenters. “The latter, we believe, will make this a unique event,” says Faure. The line-up includes the voices of Italian-born Angelo Gobbato, former director of the UCT Opera School, and celebrated opera star Zanne Stapelberg; the writing of award-winning South African author Christopher Hope, who will also offer a writer’s course; sculptures by Dylan Lewis, who will exhibit his sculptures on the cliff path in front of The Marine hotel; and Guy du Toit, whose sculptures will be exhibited at Sumaridge Wine Estate. Other offerings include a day ticket for a circular route to the exhibitions and events at the Hemel-enAarde Village and wine estates, daily guided fynbos walks with members of the Botanical Society, daily lunchtime recitals in the Anglican Church between 12:00 and 13:00, daily “meet the author or art-

ist” events in bookshops and galleries, and a complimentary hop-on and hop-off Tuk-Tuk route to the central exhibitions and events. There will also be an art competition with prizes sponsored by Sansa, and the works of the 20 finalists will be displayed on the barrel heads in the Bouchard Finlayson wine cellar. “It will, in short, be a celebration of fine living,” says Faure. “And there will be no marquees, street food or road closures.” According to Faure, the objective of Hermanus FynArts is to present a sparkling event that will benefit local businesses and the tourism community. “We aim to attract discerning visitors to the town and to grow and market Hermanus as an arts destination.” Bookings opened on Monday 11 March. The programme is at www.hermanusfyn-arts.co.za. For more information, contact Faure on 084 600 7058 or send an email to fynarts@hermanus.co.za.

Musiekfees op Greyton André van der Merwe, dirigent van die gewilde Suid-Afrikaanse Jeugkoor, het verlede week die aansien van die jaarlikse Greyton Genadendal Classics for All Fees ’n yslike hupstoot gegee toe hy die gesogte toekenning van beste en gewildste aanbieder op KykNet se feesprogram, Fiesta, verower het. Van der Merwe, ook die dirigent van Hoërskool Stellenberg se Meisieskoor en die Stellenbosse Universiteitskoor, wat verlede jaar onderskeidelik die eerste en tweede plekke in die wêreld-koorkompetisie in die VSA gewen het, was die aanbieder van die program oor die Greyton Genadendal musiekfees op die weeklikse program oor feeste in die land op die program Fiesta. Hy het hom so goed van sy taak gekwyt dat hy landswyd die meeste stemme onder die publiek op hom verenig het. Dit is egter nie die enigste goeie nuus wat die klassieke musiekfees gekry het nie. MTN het pas aangekondig dat hy vanjaar se fees weer Die jaarlikse Greyton Genadendal Classic for All fees vind gaan borg. vanaf Vrydag 31 Mei tot Sondag 2 Junie plaas. André “Dis elke jaar maar ’n naelbyt affê- van der Merwe, wat sopas ’n toekenning as die beste re om te sien of ’n mens ’n borg kan aanbieder verower het, het verlede jaar as dirigent van kry, en MTN se borg is ’n yslike ver- die jeugkoor by die fees opgetree. ligting”, se Coenie Visser, die hoofbegin om met kunstenaars te onderhandel, organiseerder van die fees. Visser het ook gister aangekondig dat en vanjaar se fees beloof net so n sukses vanjaar se fees vanaf Vrydag 31 Mei tot Son- te wees soos die agt feeste wat ons reeds dag 2 Junie sal plaasvind. “Daar is reeds aangebied het”, se Visser.

Theewaterskloof Gazette

BEAUMONT PORT STOMP: Wine lovers flocked to Bot River on Friday 15 March to join in the fun at Beaumont Wines’ annual Port Stomp. Here winemaker Sebastian Beaumont gives guests the lowdown on how to stomp the grapes. Eager to do the job well, the guests kicked off their shoes and got right down and dirty, stomping away to the beat of energetic music. It was a good way to earn their dinner, and all that hard work was rewarded by a scrumptious meal in the barrel cellar. PHOTOS: HEDDA MITTNER

Guests arrived from all over the Western Cape to experience real Bot River hospitality. Here Diana Coetzee from Somerset West and Annemarie van Aswegen from Cape Town get a gentle foot massage as they stomp the newly harvested grapes.

5


6

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 2 April 2013

Bejaardes, diabete en chroniese pasiënte word benadeel in Riviersonderend

Chroniese medikasie

Die uitdeel van chroniese medikasie wat nie glad verloop het nie, was verlede week ’n groot besprekingspunt onder inwoners van Botrivier en Riviersonderend. Hulle is met talle onbeantwoorde vrae gelaat, maar die kwellendste vraag is waarom verskeie bewerings al gemaak is van ’n apteker wat die voorskrifte vir medikasie van pasiënte verander het? Oningeligte besluite van dié aard kan lewensgevaarlik wees en is onverantwoordelik om die minste te sê. Die departement van gesondheid is tans besig om dié voorval te ondersoek. Hopelik sal dit ’n spoedige proses wees wat met die grootste erns bejeën word sodat die nodige maatreëls in plek gestel kan word om te verseker dat dié voorval homself nie weer herhaal nie.

Op Maandag 18 Maart moes pille vir staatspasiënte op Riviersonderend gegee word. Party mense is nuut op die dorp en dit sou hulle eerste keer wees om pille te gaan haal. Hulle het gehoor hulle moet na die VGkerksaal gaan, dat die pille vroegoggend uitgedeel sou word en dat hulle so om en by tussen 7:30 en 8:00 daar moes wees. Toe die mense daar kom was die hek nog gesluit en moes die mense in die straat staan. Nog mense het gekom en om 7:30 het ’n klein seuntjie die hek kom oopsluit. Ná hulle ’n lang tyd gesit het, het daar ’n suster en ’n vrou van die kliniek gekom en gesê die mense wat die pille bring sal eers 10:00 se kant daar wees. Dit het egter nie gebeur nie en dit het 11:00, 12:00, 13:00 en 14:00 geword. Die mense het ongeduldig geword en die klein kindertjies was al moeg en honger. Teen ongeveer 14:20 het die mense eers daar aangekom. Hulle het toe vir die mense gesê hulle moet die VG-kerksaal verlaat, omdat die skool die saal vir die namiddag bespreek het, blykbaar vir na-ure-studieklasse. Die mense was ongelukkig, want hulle moes buite onder die groot boom sit net ná daar ’n bui reën geval het. Daar was toe reeds sowat 100 mense. Bejaardes, diabete, chroniese siek mense, kinders en mense wat moeilik geloop het met krukke. Ná nog 20 minute kry hulle nie tafels om op te werk nie en besluit toe dat die mense gemeenskapsaal toe moet beweeg, wat ±

’n ½ km ver is, maar SASSA was daar besig met herregistrasie nadat ’n oproep gedoen is na die gemeenskapsaal. Die mense sê toe dat hulle maar terug kliniek toe moet gaan. Op daardie stadium was daar toe reeds ’n massa mense. Die kliniek is ook hopeloos te klein om almal te akkommodeer, maar die mense gaan toe kliniek toe. Toe hulle daar kom, was daar reeds totale chaos. Mense wat eerste by die kliniek was, het geval onder die laastes wat gehelp moes word. Die mense het mekaar verwyt en beledig. Selfs ’n gemeenskapswerker het daar onwelvoeglik opgetree en die mense kom insê omdat haar kind deel was van die mense wat die mense van pille moet voorsien. Daar was toe reeds ’n hele paar mense wat nie goed gevoel het nie en wat dors was en heeldag nie geëet het of medikasie op tyd geneem het nie. Mense het al begin bewerig en naar voel en het hewige hoofpyne begin ontwikkel. Die mense het eers rondom 15:30 hul pille gekry en ’n persoon het glo inmekaargesak by die kliniek. Van die mense se pille was nie daar nie en ’n vrou van Napier moes die heeldag daar wag.

DAVID OWIES, Riviersonderend

The allegations are being investigated, the results of which will be published in the next edition of the newspaper. – Jo-Anne Otto, Principal Communications Officer, Western Cape Government Health Department

Gebruik van Bergsigsportgronde (Erf 2847 Caledon) Die Bergsig sportgronde behoort aan Swartberg-sportkomitee wat bestaan uit die twee Swartberg-skole. Dit is dus privaat eiendom wat nie gebruik of betree mag word sonder die eienaar se toestemming nie. Ons is in die proses om die grond te verkoop en derhalwe sal geen aansoeke om gebruik of verhuring van die grond op die stadium oorweeg word nie. Enige gebruik of betreding van die grond is onwettig en die skuldiges sal vervolg word.

EUGENE SONN, voorsitter

Lebanon sê dankie Ek wil graag die sakelui van Villiersdorp hartlik bedank vir die ruim skenkings wat daartoe bygedra het dat rugbytruie vir Lebanon in Grabouw se kinders gekoop kon word. Die rugbyseisoen het Saterdag geopen en ons het die eerste wedstryd teen Norah-plaas gewen. Dié rugbytruie help om by te dra tot die kinders se spangees. Nogmaals dankie vir die goedhartigheid.

JAN FARO, Grabouw

Herman, write on! Dear Herman, “Gulp” not. Interest in your column is certainly NOT flagging. I am sick to death at the focus on food and even more food. “Eat,drink and be merry for tomorrow we die?” Certainly. We are all well on our way to exactly that . . . because of our obsession with food.And eating far too much food. Barely a magazine,or newspaper,which doesn’t laud food. Ways to cook it, ways to eat it, where to eat it and why to eat it. Look at what is happening to the average South African’s weight. Mega people with mega problems. It seems as if we are close behind America’s national problem with obesity. I only pick up the Gazette to read your column. A sheer delight of insight, tales, historical information and precious anecdotes. Please do not let them tether you to food and personalities. I wonder exactly how, they reached this conclusion that “interest is flagging”? Be assured, not in your writing. Pen on. Kindest regards.

FLEUR DU TOIT

AUTUMN FALLS SOFTLY: Autumn is upon us with all the colours of the rainbow. “All this beauty just before going into deep sleep over winter,” says Klaus Ottersbach, who sent us a reminder of the beauty that surrounds us. This picture was taken at Kaimansgat, the entrance to High Noon farm in Villiersdorp............................................................................................... FOTO: KLAUS OTTERSBACH

Rubriek

Wees maar op jou hoede as ’n politikus jou vir ete nooi

My moed sak in my skoene as ek oor al die goed lees wat daarbuite aangaan. Dit blyk nou dat “president” Bozizo eintlik die vark in die SAR-verhaal is en dat ons hom verkeerdelik opgesaal het. En as selfs die Franse dit sê, moet jy maar weet dis waar. Ons moet egter ons Prez se mistykie met grootmoedigheid beoordeel. Die nimlike JZ se besluit om Bozizo te hulp te snel is gebaseer op gesonde oordeel en sy insig in die diepste roersele van die mensesiel: die SAR-ou is klaarblyklik die eerlikheid en goedigheid vanself; ’n mens merk dit sommer aan sy innemende, saggeaarde gesig. As ’n mens nog verder bevestiging wil soek vir sy edelmoedigheid en ingebore deernis, hoef jy nie verder te kyk as sy garage nie – propvol van die soort rygoed wat enige dominee met trots kan besit. Ek hoop ons plaaslike verspreiders kan hierdie soort publisiteit uitbuit om nog baie meer van hulle uitnemende produkte aan ons eie onbaatsugtige en mensliewende politici te verkoop.

Poetien stap ook nou in die Kaap rond en JZ het hom daar verwelkom. Ek dink nogal al die onderhandelinge en die uitruil van inligting tussen hulle twee kan uiters waardevol wees. (Net gou eers ’n lawwe storietjie: twee sakemanne loop mekaar raak. Hoe’s sake? Goed, behalwe een se fabriek is deur ’n oorstroming verwoes; gelukkig darem goed verseker gewees. Denkpouse. Ander een: hoe stig ’n mens nou weer ’n oorstroming?) Denkbeeldige vraag van JZ aan Poetien: “Geagte president, ek wil graag weet hoekom so baie van jou lastige opponente en joernaliste sommer so skielik aan natuurlike oorsake sterf. Kan jy my vertel?” Ek verneem “Ongesonde lewens styl” is glo VP se gebruiklike antwoord op hierdie soort vraag. Ons eie ongesonde aangeleerde lewens styl, veral ons eetgewoontes, het dieselfde soort dodelike effek. Die hospitale behandel al hoe meer mense vir die gevolge van hulle voorliefde vir toenemende hoeveelhede kits-

kos, diervet, verfynde stysel en suiker. Dit beteken natuurlik dat die klinieke se tariewe voortdurend verhoog moet word om die prys van hierdie epidemie (en natuurlik die dokters se legitieme aanspraak op hulle eie lywige sny van die koek) te akkommodeer. My raad is die volgende: as jy in die politiek is, en ’n opponent nooi jou skielik vir ’n spog ete, wees tog in Hemelsnaam versigtig oor wat (en hoeveel) vir jou opgedis word. Van kos gepraat: moes op ’n stadium oor restourante skryf en is as ietwat krities ervaar. Ek kom ’n slag in wyle Beulah Lombard se Scotch Coffee Shop te lande met my jongste, toe ’n knapie van so drie. Hy het destyds die gewoonte gehad om ongewenste kos in sy kies weg te steek, veral as hy gedwing word om dit in te sluk. Ek merk toe hy bêre ’n stukkie iets weg wat

nie na sy smaak is nie en laat hom dit uitspoeg op sy bord. Net op daardie oomblik stap Beulah toe verby en merk so droogweg op: “Ek kan sommer sien hy is ’n kosskrywer se kind…” fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 2 April 2013

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

Regulasies geld net in sekere areas in TWK

Victory: A story for Easter Unlike their more dogmatic counterparts, some modern-day theologians proclaim one sin more pernicious than all others thrown together. They claim the ultimate source of evil, the well from which all iniquity issues, is pride. They say the clergy of the day in the New Testament times had an unseemly high opinion of themselves, considering themselves the most important individuals in society. In a body of men so important in their own eyes, trouble was bound to erupt sooner or later. It would start when one began regarding himself more important than the others. This sinful notion was so contagious that it spread like wild fire and soon gave rise to a subtle, but nonetheless bitter rivalry for an imaginary position of importance way above others. This rivalry caused endless headaches for hosts and spokespersons at feasts, festivals and state celebrations. To be seated next to or as close to a dignitary as decency permitted, was a most sought-after privilege, a challenge which, if met, was a public assertion of one’s degree of importance. So you can imagine the tussle for places amongst them when the host invited his guests to take their seats. Consider particularly his painful embarrassment if it had slipped his mind to warn his secretary in time to be exceedingly selective of the clergy, their last disgraceful riot for seats still fresh in the mind. At one grand state celebration, one rabbi Benjamin cleverly outmanoeuvred all other rivals for a position of glaring prominence. When the governor had welcomed the guests – first having had to harness all his diplomatic skills to restore order after an extra tumultuous rush for eye-catching seats – he found to his dismay that the rabbi had had the temerity to squeeze in between him and his wife, occupying almost his entire seat. An alert, quick-thinking commander of the guard immediately signalled a slave to hurriedly bring the governor another chair, averting a potentially ugly scene. But the governor had turned pale and through thin lips coldly requested the rabbi to make room for the extra chair. He had no desire sitting on the rabbi’s lap. For the greater part of the evening he could not without great effort and in a loud voice communicate with his wife. So he broodingly kept to himself, his indignation growing by the minute. Having always been wary of the clergy due to their reputed access to an all powerful Deity, he now felt he had been too easily intimidated by the arrogant rabbi and should have kicked him out into the street where he belonged. Throughout the festivities, some aspiring pharisees and scribes, dark green with jealousy, watched rabbi Benjamin with cold eyes, others viewed him with scarcely concealed hatred while a few cursed him under their breath as Satan personified. He, though, gloried in what he knew they were thinking and enjoyed himself more than ever, his reputation enhanced beyond belief and his importance acknowledged without challenge by their reactions. Smugly contented with his achievements of the evening, rabbi Benjamin was now strolling home feeling deeply satisfied with himself. Life had never been so good. He chuckled frequently as he kept evoking pleasant images of his rivals simmering in helpless envy and spitting fire in piled up frustration. With his stature inflated beyond his wildest expectations, he mentally began composing a quaint little speech he hoped would convey the full impact of his glorious triumph to his wife. So preoccupied in his joyous reveries he was that only after the second crushing blow did he realise he was being brutally attacked by two rough-necks. Savagely beating him with clubs he desperately tried to ward them off but instinctively realising without divine intervention he had no chance of survival. Battered and bruised with vicious blows raining on him, he sagged to the ground just as two men and a woman came rushing towards him, scaring off the two ruffians who still had time to rob him of his valuables and most of his robes, leaving him partly naked. He was barely but still alive, thank the Lord, and immensely grateful to-

wards his unknown rescuers, so much so that his undignified nakedness could not even embarrass him at all. He drifted in and out of unconsciousness, his vision blurred and his speech incoherent, but intensely happy to be with sympathetic humans. They carried him into a house across the street where the woman, Rachel, tenderly washed and dressed his wounds clumsily assisted by the two men, Peter and John. All the while they comforted him, reassuring him everything would soon be alright again. But again he slipped into unconsciousness and when he came to, he heard the man Peter praying by his side, supplicating the Almighty to have mercy on his afflicted child and please restore his health. The man, John was humbly kneeling at his feet, the woman standing with bowed head beside him. Overcome by sudden emotion he quickly closed his swollen eyes again not wanting them to see his tears of gratitude. Later that evening they carried him on a makeshift stretcher to his house, Rachel walking beside it, holding his hand. By now he had recognised the woman. She was none other than the one the Jewish Council had indicted with transgressing the seventh commandment and on his impassioned insistence, had sentenced to death by mandatory stoning. And he could now place the two men as well. They were followers of that socalled Prophet whose brilliant intervention, he had to admit, had saved her life but had caused him untold humiliation in the eyes of the crowd that day. Oh, how often had he not denounced this heretic Preacher and his followers! But now this remarkable turn of events! Why these pangs of self-reproach as though he had wilfully committed indiscretions? Had he not merely fulfilled his duty by upholding religious law and traditions? Was the Lord about to visit him with what might turn out his worst nightmare? They left him in the care of his wife after informing her what had befallen him and promised to call again. And please no, they objected, the Lord would not look kindly upon them if they accepted money for, what she called, their unselfish, brave deed. That would take away all their personal joy of having assisted a fellow traveller in trouble and soiled their gratitude towards their Heavenly Father for all his blessings. Their task done, they said goodbye and left. Like the good woman she was, his wife took over his care and steadily nursed him back to his own self. During his recovery, the three visited him regularly as promised, often individually, sometimes together. He and the two man had long conversations and his wife could often hear them discussing abstruse points of religion. He also grew increasingly curious to know more about their Preacher and they keenly obliged, imparting the gist of his novel teachings and everything personal about Him as well. It stirred his curiosity and interest even more. Soon he was anticipating their visits and moved by their obvious love for the Master, he began judging Him with intrigued but sympathetic understanding. He was not surprised that none of his fellow clergy ever called upon him. Sure, they must have learned of the assault on him, but could not stomach his continued association with the followers of that Man. Even allowing them into his home. The shame of it! When he was again sound in body and soul he left his house several times on unscheduled, and what he termed, urgent unfinished business. The two men mostly accompanied him and his wife noticed that when he returned he seemed more fulfilled, contented but somewhat more reserved. And he more often withdrew for long periods of lone meditation. And no, he never boasted to his wife with what he had regarded as achievements at the governor’s feast that evening, nor did he tell her of a far greater personal triumph when he, with Peter and John in attendance, had in tears and on his knees, pathetically begged the forgiveness of Rachel, the adulteress.

SKIM DU PLESSIS, Caledon

Ek werk al agt jaar lank op ’n baie klein skaal aan voertuie by die huis sonder dat dit enige iemand pla. Nou skielik kla iemand en die munisipaliteit sê ek mag net aan my eie voertuie werk. My huis is 50 m vanaf ’n onderneming wat die heeldag sweis, kap en grind. Dit raas tien keer harder as motor herstelwerk, so as dit niemand pla nie, hoe kan ek? Hierby gesê wil ek net byvoeg dat indien so ’n reël op my geforseer word moet dit reg deur die bank geskied en nie net in sekere gedeeltes van die dorp nie. Die ander kwessie is blykbaar my een hond wat oormatig blaf. Hy blaf net vir persone wat in die vroeë oggend ure rondsluip in die strate om te keer dat hulle op my eiendom kom om te steel of dit te beskadig. Daar was al hoeveel keer by my gesteel en by ander mense in die omgewing. So moet ek nou my hond tot niet maak of binne

die huis sit en skade ly? Kan daar nie eerder ’n plan gemaak word met die persone wat sonder rede in die nag rondloop wat die oorsaak van blaffende honde is nie? Ek voel as die munisipaliteit sulke reëls wil hê dan moet hulle darem die omgewing se toestande ook verbeter, veral in Riviersonderend wat industriële besighede oral tussen woonhuise oor die hele dorp het. Ter slotsom, ek voel dat die klagte teen my persoonlik gemik is.

SHAUN PUNSHON, Riviersonderend

Stiffie Cronjé, media-woordvoerder van Theewaterskloof-munisipaliteit het by navraag gesê die owerheid gaan nie in die media met persone debat voer nie.“Beswaardes is welkom om klagtes of navrae direk met die munisipaliteit op te neem.”

Burgemeester oor begroting Raadsheer Chris Punt, uitvoerende burgemeester van TWK-munisipaliteit, het Donderdag 28 Maart tydens sy konsep-begrotingstoespraak by die raadsvergadering gesê TWK is ’n arm owerheid as dit met ander vergelyk word en die soeke na finansiële volhoubaarheid het die owerheid se vernaamste prioriteit geword. Die konsepbegroting het tot stand gekom teen die agtergrond van omvattende uitdagings en bedreigings. Hy het gesê die tariewe is bereken aan die hand van die tariefbeleid, wat voorsiening maak vir vlakke van dienste en volhoubaarheid. Ekonomiese en finansiële aanwysings en die koste van dienslewering is benut om ’n sinvolle koste verhalings-tarief te bepaal. “Dit is gedoen teen die agtergrond van die nasionale en plaaslike ekonomie (CPI Desember 2012 = 5,7%), die petrol (16%) en diesel (10%) verhogings in 2012; rentekoerse van 8,5% in Januarie 2013; verhogings in grootmaataankope wat hoër is as inflasie (Overberg Water met 37% en Eskom met 10%), asook die voortgesette onderhoud en opgradering van ou infrastruktuur; salarisverhogings van 10%; beperkte inkomstebasis; ondersteuning vir deernis-huishoudings en onbefondste mandate.” Punt het voorts gesê totale kapitale uitgawes beloop R75 344m en begrote items sluit in behuising: R29,5m, elektrisiteit: R2,179m, waterverspreiding: R7,746m, sport en rekreasie: R3,270m, riool: R23,535m en paaie: R4,399m. Bedryfsinkomste groei met 4,5%, vergeleke met die begroting vir 2012-13. Die groei in operasionele inkomste behels onder meer eiendoms-

belasting: 20,3%; diensfooie: 9.1%; agentskapinkomste: 5%; operasionele toekennings (grants): 6.2%. Die totale uitgawes vir 2013–’14 groei met 10,8%. Hy het gesê die groei in uitgawekategorieë behels onder meer: personeelverwante-koste van 11,2%; die vergoeding van raadslede teen 8%; en waardevermindering en bate-vervreemding teen 33,9%. Grootmaat aankope was 14,9% en gekontrakteerde dienste 10,8%. “Die begroting vir kapitale uitgawes is 22,7% minder as die allokasie vir die 2012–’13 boekjaar,” aldus Punt. “In die lig van die GOP se publieke deelnameprosesse, is ek van mening dat gemeenskapsdeelname in die ontwikkeling en samestelling van die GOP die mate van gemeenskapsdeelname in dié begroting weerspieël word.” Hy is in die algemeen tevrede dat die munisipaliteit uit sy pad gegaan het om die gemeenskap betrokke te maak voordat daar begin is om die konsep GOP en begroting te finaliseer. “Die toevoeging van die Schutte-opname verseker dat die GOP-prosesse wat gevolg is een van die mees substantiewe en volledige is wat ons ooit gedoen het. “Ek is egter bekommerd dat komponente van die gemeenskappe ’n gulde geleentheid laat glip het om proaktief by die GOP-proses betrokke te raak. Die gemeenskappe sal slegs hulself kan blameer indien hulle behoeftes en voorkeure nie in die finale prioriteitslyste opgeneem word nie.” Die voortgesette vandalisme verlede jaar het die munisipaliteit R800 000 uit die sak gejaag.


8

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 2 April 2013

Wolmark sluit laer Die wolmark het redelik glansloos op dié week (27 Maart) se veiling in Port Elizabeth vertoon en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,2% teruggesak tot R111,72/kg (skoon). Die aanwyser is steeds op ’n hoë vlak en is nou 28% hoër as die openingsveiling en 9% bokant dieselfde veiling verlede seisoen. Die rand het redelik bestendig vertoon, maar was 0,9% swakker teenoor die Amerikaanse dollar as op die vorige veiling twee weke gelede. Dit was ’n redelike groot veiling met 13 475 bale waarvan 99% ver-

koop is. Die pryse van feitlik alle lang wol het gedaal, maar die fyner tipes het die grootste dalings aangeteken. Die gemiddelde skoonwolpryse van enkele lang, kam woltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 18 mikron daal met 1,8% tot R122,26/kg, 19 mikron verswak met 2,4% tot R118,39/ kg, 20 mikron was 1% goedkoper op R113,35/kg, 21 mikron daal met 1,1% tot R111,72/kg en 22 mikron verswak met 0,7% en sluit op R112,11/kg. Geen veiling is vir volgende week geskeduleer nie. Veilings hervat weer op 10 April wanneer sowat 12 000 bale onder die hamer sal kom.

Die storie van Houwhoek Die Houwhoek-berge was in die ou dae inderwaarheid selfs moeiliker om met ossewaens oor te sukkel as Hottentots-Hollandkloof. Dit lê digby en oos van laasgenoemde en die pas is kort ná Sir Lowryspas gebou. Houwhoek is ook al Houthoek, Houhoek, Haue Hoek, Houhoeck en Houdhoek gespel en verskeie verklarings word gegee. Lichtenstein het gesê weens die lengte en ruheid van die pas, moes die diere ’n ruskans kry en die waens vasgehou word. G.S. Nienamer beweer die Hessekwas het daar geboer. “Hou(w)” is die Khoikhoi-woord vir bees. Houwhoek beteken volgens hom “bees(te)hoek”. Volgens Willem van Putten, onder koop man van die kompanjie, verwys die naam na “ter houw komen” (om te rus) na die steiltes van die pas. Houwhoek Inn staan op die plek waar die ou tolhek tydens VOC-bewind was. Die grondvloer van die herberg is in 1779 gebou en die boonste vloer in 1861. Dit was die heel eerste koets-herberg en is nou die oudste bestaande gelisensieerde hotel (1834) in Suid-Afrika. Dis geleë onder eeu-oue

akkerbome en een van die grootste bloekombome in die land staan voor die deur. Die bloekom is in die tyd van die Beyerse geplant, blykbaar met die geboorte van hul dogter Maria. Sy was met Walter McFarlane getroud en hulle het in Hermanus ’n belangrike rol gespeel. Walter het die eerste hotelle saam met swaer Valentine Beyers gebou. Die Kaapse Wapad het reg voor die ou herberg geloop en alle perderuiters, poskoetse, ossewaens en perdekarre het daar aangedoen. Burchell het in 1811 reeds ’n herberg in die “Groote Houwhoekpas” aangetref waar ’n Hollander voorrade en losies verskaf het. Lady Lucie Duff Gordon het in 1861 by die hotelletjie naby die Houwhoekpas aangedoen op pad na Caledon. Dit was ’n klein geboutjie met kleimure — half herberg, half plaashuis. Sy het getwyfel of sy moet ingaan, maar binne was dit silwerskoon. Dit het grondvloere gehad. Die Duitse egpaar Beyers was die eienaars. Een dogter het bedien, ’n ander het vlieë met ’n tak gejaag. In die kamer was ’n groot bed met mooi kussings. Die kinders kon nie meer Duits praat nie, maar het

Hollands of Engels gepraat. Aandete, bed en ontbyt het nege sjielings (90c) gekos. In die ou dae was daar nie ’n winkel op Botrivier (Kompagnies Drift) nie en die naaste winkel van Rooiheuvel, Kompagnies Drift en omliggende plase af, was by Houwhoek. Dit het aan George Aspinall se pa behoort. Die Houwhoek Inn het ’n paar jaar aan Wattie en Tissie McFarlane behoort voordat hulle Hermanus toe verhuis het. Die trein van Kaapstad na Caledon het presies om 1230 by Houwhoek gestop en die passasiers kans gegee om by die Inn te gaan eet. In die vroeg 1900’s het die trein gereeld vir middagete daar stilgehou, sodat passasiers hulle ete by die herberg kon nuttig. Regters van die rondgaande hof op Caledon het ook gereeld by die Houwhoek Inn tuisgegaan. Eienaars het oor die jare die tradisie van ’n landelike atmosfeer voortgesit. Deesdae word heelwat konferensies daar gehuisves, selfs tot 150 persone op ’n keer. Daar is 39 dubbelkamers en een villa. ’n Mens kan hulle ook op internet vind op houwhoekinn.active3.com

Mousse made from Easter eggs Wondering what to do with all those left over Easter eggs? Break them up and use them for this delicious and decadent chocolate mousse recipe. Ingredients: 200 g chocolate Easter eggs, broken into pieces 30 g butter, cut into pieces 4 eggs 30 g granulated white sugar tsp lemon juice Method: Melt the chocolate in a pot, place over another pot with boiling water. Add the butter, one piece at a time. When melted, put the chocolate aside and allow to cool until it is

lukewarm. Separate egg whites from egg yolks. Add a little lemon juice to the egg whites and beat until stiff. When firm, add the sugar to the whites and beat for another 30 seconds. Add yolks to the melted chocolate and stir. Add the stiffly beaten egg whites into the chocolate, quarter by quarter, and stir gently from bottom to top. Pour into individual glasses and leave it to the refrigerator for 3 hours before serving. Source: french-food.com

Decadent chocolate mousse

PHOTO: FRENCH-FOOD.COM


Tuesday 2 April 2013

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

9

Skitterende jong sportsterre gesoek

SKOPBOKS: Robin Dunbar, Chesley Lake en Tanya Gertze van Hoërskool Bredasdorp het uitstekend gevaar by die onlangse interklub Boland amateur skopbokskampioenskap.

AS jy ’n talentvolle jong sportster is, kan die jaar 2013 vir jou ’n baie opwindende jaar word. SuperSport, tesame met die Gazette isopsoeknaplaaslikejongsportsterre. Die kompetisie word al ’n paar jaar met groot sukses in samewerking met verskeie Bolandse koerante aangebied en nou sal jong Gazette-lesers nie meer uit mis nie. Hoe werk dit? Elke skool in die distrik – laer- én hoerskole–krydiegeleentheidomtotOktober elke maand ’n sportster vir die kompetisie te nomineer. Die Gazette en SuperSport se beoordelaars kies dan elke maand ’n wenner. Goeie prestasies, maar ook veelsydigheid, sal in jou guns tel. Swem, karate, tennis, netbal, atletiek alles maak saak.

Elke maand se wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak met komplimente van SuperSport, en ’n onderhoud en foto met die wenner verskyn in die Gazette. Aan die einde van die jaar word ’n algehele wenner of sportster van die jaar, uit die maand-wenners gekies en by ’n heerlike geselligheid aangekondig. En ja, dié geselligheid word vir SuperSport opgeneem, so werk solank aan daardie glimlag. Hoe nou gemaak? Dis maklik om in te skryf. As jou skool nie uit hul eie so gaaf is nie, vra dat hulle jou of ’n pel nomineer met ’n kort opsomming van jou onlangse prestasies, asook jou kontakbesonderhede en dié van ’n onderwyser of afrigter. Die Gazette sal die maand-wenner

kontak en ’n onderhoud reël. Nominasies vir Maart, wat jou onlangse prestasies asook kontakbesonderhede van jou en ’n onderwyser insluit, moet die Gazette teen 3 April bereik. Sluitingsdatums vir elke nuwe maand sal deur die loop van die jaar aangekondig word, maar onthou dat nominasies nie na die volgende maand oorgedra sal word nie, dus moet sportsterre wat nie in ’n vorige maand gewen het nie, wéér genomineer word. Hulle sê mos “aanhouer wen”. Stuur onmiddellik die inskrywings na kontreinuus@- com2000.co.za. En indien jy na dié berig nog nie presies weet wat aangaan nie, bel 028 214 1294. Let’s Play!

Op Donderdag 21 Maart het Johan Smal, links, en Thinus van Zyl aan die o.13 Boland-krieketproewe in die Paarl deelgeneem. Altesaam 44 krieketspelers uit die hele Bolandstreek – insluitende Suid-Boland, waarvan Johan en Thinus altwee deel is – is genooi om aan die finale proewe deel te neem. Daar is vier spanne gekies en twee krieketwedstryde (50 beurte) is gespeel. Hulle het altwee baie goed gevaar. Johan het besonders goed gevaar en altesaam 110 lopies aangeteken tydens die 50 beurte wat hulle gekolf het. Die uitslae van die proewe sal eers in die eerste week van die nuwe kwartaal beskikbaar wees.

CHESS: Congratulations are in order for (from the left) Jandré Engelbrecht, Kyle Steele and Adrian Swartz from Bredasdorp High, who were selected for the South Boland Chess team.

VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITIES FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE DEpArtMEnt oF HEAltH ovErbErg DIstrIct oFFIcE (ovErbErg DIstrIct) Senior Administrative Officer: Supply Chain Management rEMunErAtIon: r 212 106 pEr AnnuM sErvIcE bEnEFIts: 13tH cHEquE, EMployEr’s contrIbutIon to tHE pEnsIon FunD, HousIng AnD MEDIcAl AID AllowAncE. rEquIrEMEnts: MInIMuM EDucAtIonAl quAlIFIcAtIon: Senior Certificate (or equivalent) with Mathematics and/or Accountancy as a passed subject or Senior Certificate (or equivalent) with experience/ competencies that focuses on the Key Performance Areas (KPA’s) of the post. ExpErIEncE: Extensive experience in a Supply Chain Management environment. InHErEnt rEquIrEMEnts oF tHE job: Valid (Code EB) driver’s licence. • Prepared to work extra hours and willing to travel. coMpEtEncIEs (knowlEDgE/skIlls): Knowledge of the PFMA, National and Provincial Treasury Regulations and Accounting Officer’s System of the Department. • Computer literacy (MS Word and Excel). • Excellent (verbal and written) communication skills in at least two of the three official languages of the Western Cape.

TENNIS4JESUS: Hoërskool Bredasdorp se trots by die onlangse Tennis4JesusToernooi is (van links) agter Dérik Theron, Carlie Carinus, JP Terblanche (organiseerder en afrigter), Justin van der Westhuizen en Louwrens Coetzer; (voor) Debbie Cloete, Marné Wessels, Sumari de Wet, Elmarie Viljoen, Theresa Meyer, Ruyan Theron en die hulpafrigter.

DutIEs (kEy rEsult ArEAs/outputs): Demand and acquisition management. • Asset management. • Inventory Management. • Provide input into the AFS/IFS on district level. • Manage contracts on district level. • Compile and manage bids on district level. • Ensure financial compliance and regularity. • Manage Supply Chain section of the District Office. • Ensure correct use of accounting classification codes. notE: Short-listed candidates will be subjected to a practical test. EnquIrIEs: Mr AP Niekerk, tel. no. (028) 212-1512 plEAsE subMIt your ApplIcAtIon For tHE AttEntIon oF Ms A brIts to tHE DIrEctor: ovErbErg DIstrIct, prIvAtE bAg x07, cAlEDon, 7230.

InstructIons to ApplIcAnts: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of public service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.

BOLAND-ATLETE: Hierdie leerlinge van Ovies is opgeneem in die Boland-atletiekspan. Agter: Deuston Oliver, Janco Geldenhuys, Udén van Wyk en Gerhard Venter.Voor staan Annamari Burger, Liné Els, Stephanie van Rooyen, Nadine Manuels en Martelize Jordaan. FOTO: VERSKAF

The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.

closing date: 26 April 2013 TBWA\H400332/E


10

Classifieds

Theewaterskloof Gazette

81

FAMILIEKENNISGEWINGS 17

Tuinbou Garden Services

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 34

TE KOOP FOR SALE 71

Begrafnisdienste Funeral Services

Spyseniering Catering

Algemeen Miscellaneous

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. 09 Argon St, Hermanus Business Park, 028-313 1741. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

OVERBERG CATERING/HIRING. Demperstraat 10, Caledon. Te huur: Breek-goed, messegoed, glasware, linne, stoel-oortreksels, bykom-stighede. Skakel Egbert 082 789 7260. PADSTAL/RESTAURANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.

SINKPLATE vanaf R25 per meter. Dennehout buite deure R350. Dennehout vensterrame 900 x 900mm met glas R250. Skakel 028212 1571 of 083 534 0130.

113

te Huur/to Hire KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

1141

Algemene Dienste General Services

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 101

Attorney’s Services FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998 of 028-212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange.

AUTO ELECTRICAL-DIETLOF'S. Gespes-ialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervin-ding. Ook verskaffers van professionele weer-stasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. DIENS VAN NAAIMASJIENE by Caledon Stoffeerders, Laingstraat 14 op Vrydag 5 April 2013. Navrae 028-212 2088/083 306 6280.

Tuesday 2 April 2013


Dinsdag 2 April 2013

General - Algemeen

Awards for top school On 14 March Overberg High School received the following awards: . Excellence of outcomes in mathematics: grade 9; . Improvement in performance: language: grade 9 (schools with enrolment of 600 learners or more); . Improvement in performance: mathematics grade 9 (schools with enrolment of 600 learners or more) and . Improvement in performance: mathematics grade 9 (schools with enrolment of 600 learners or more).

At the back are Eddie Labuschagne (principal); Hanneke Strydom; Barbara Milne; Linda Bester; and Thys Bester (senior vice-principal). In the middle are Annamari Burger; Sabine Kritzinger; Erika Palmer; Rachelle du Toit and Angelique Edwards and in front is Gerhard Swart and Stella Augustyn.

Rûens se gr. 3’s en 6’e stel standaard Verlede week Woensdag is Rûens Kollege vereer met ’n toekenning vir hul prestasies in die 2012 Nasionale Sistemiese toetse. Heila le Roux en Tanya Joubert (direksie lid) het die toekenning namens die skool ontvang. Die skool is baie trots op hulle gr. 3 en 6 leerlinge van 2012 wat tydens die WKOD se sistemiese toetse puik presteer het. Alle skole word in hul kring geposisioneer volgens hul slaagsyfer. Die toetsing self word hanteer soos gr. 12-eksamens en deur eksterne eksaminators nagesien. Rûens se gr. 3-groepie het, ten spyte van die feit dat

hul drie juffrouens in een jaar gehad het uitstekend gevaar en in hul kring van 40 skole, ’n vierde plek (84,6% slaagsyfer) in wiskunde en ’n tweede plek (84,6%-slaagsyfer) in tale behaal. Die gr. 6groep het ’n eerste plek (90,9%-slaagsyfer) in tale en ’n eerste plek (100%-slaagsyfer) in wiskunde in die kring te behaal. Die WKOD se toekenning was gebaseer op die gemiddelde persentasie van die gr. 3 en 6 klasse gekombineerd. Baie geluk aan die klasse van Heila Le Roux (wiskunde), Ansu Rossouw (Afrikaans) en Nandi Odendal (gr. 3).

Agter is van links Heila le Roux, Ansu Rossouw en voor is Nandi Odendal.

Theewaterskloof Gazette

11


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 3 • Dinsdag 2 April 2013 | Tel. 028 214 1294

Kleinmond win Badenhorst open The Badenhorst Open All Day Bowls Tournament took place in perfect weather on Tuesday 21 March at Caledon Bowls Club. The winning team was from Kleinmond, skipped by Wynand Neethling. Second place went to the Caledon

team of Gavie du Toit, Peter Quinn, David Pillay and Lat Lategan. Third place was won by the Police team from Cape Town. The tournament is sponsored annually By Arno Badenhorst of Arccon Electrical, Milne Badenhorst, the JMB group and James Badenhorst.

HSB se rugbytoernooi wil groter Hoërskool Bredasdorp (HSB) het op 20 en 21 Maart ’n o.15Arugbytoernooi by die Glaskasteel aangebied. Die deelnemende skole was Hoërskole Langenhoven, Stellenbosch, Bredasdorp en Worcester Gim. HSB klop Hoërskool Langenhoven van Riversdal met 39-5. Worcester Gim wen teen Hoërskool Stellenbosch met 48-5 en Hoërskool Stellenbosch klop Hoërskool Langenhoven 5-0. Worcester Gimnasium klop HSB 34-5. Dankie aan elke deelnemende skool vir die positiewe gees waarin hulle die wedstryde gespeel het. Die skool beoog om die toernooi in 2014 te vergroot na agt deelnemende skole.

Hier is Cristopher Hannie oppad om ’n drie te druk in die wedstryd tyssen HSB en Worcester Gimnasium. Bredasdorp-spelers in die losskrum is Hadwin Valentine, Inus Brook, Wikus Smit en John Human. Die skeidsregter is Déan Kleynhans. Agter is Helmuth Miskey.

Overberg o.19 en o.21 steeds op die wenpad

From left are the Kleinmond team of Kallie de Kock, Wynand Neethling (skip), Roy Galloway and Chris Barnard. In front is Arno Badenhorst.

BOOK YOUR ANCIENT

HAND&FEET PAMPER NOW

Die Boland Rugbyunie se Overberg o.19 en o.21 span is ná twee wedstryde steeds onoorwonne en is tans besig om in ’n hegte eenheid saamgesnoer te word deur hul onderskeie afrigting-spanne. In hul eerste wedstryd op 8 Maart op Caledon het hulle te staan gekom teen die Langeberg-streek. Die Overberg o.19-span het hul opponente van die Langeberg-streek in ’n tawwe stryd geklop met 22-15. Die Overberg o.19-span het drie drieë aangeteken, die blitsige vleuel van Gansbaai, Rudewaan September (twee drieë) en Alexander Siegelaar (Grabouw) was die driedrukkers terwyl Immanuel Pietersen (Hoërskool Albert Myburgh) en Michael Arends (Struisbaai RVK) die res van die punte met hul skopskoen aangeteken het. Die o.21-span het egter bewys dat enigiets wat die o.19 kan doen hulle

op kan verbeter en het Langeberg van die veld af gespeel en ’n weghol oorwinning van 53-5 behaal deur ses drieë te druk. In die tweede wedstryd het die span van Overberg te staan gekom teen die Breërivier-streek wat die 2012-kampioene was. Van meet af het die Overberg o.19 gewys dat hulle nie die lang pad na Worcester gereis het om te gaan verloor nie. Immanuel Pietersen het twee strafskoppe oor geklits waarna Riano Volmink (Albert Myburgh) oor geduik het vir ’n drie. Kort voor rustyd het die kaptein van die o.19span, Fabian Constable (Grabouw) oor geduik vir ’n drie wat verdoel is deur Immanuel Pietersen. Met die rustydtelling 18-3 in die guns van die span van Overberg het die besoekers ná rustyd voortgebou op hul goeie vertoning toe Rudewaan September (vleuel) agter die

pale gaan kuier het en Immanuel Pietersen die ekstra twee punte bygevoeg het. Vyf minute voor die einde van die wedstryd het die tuisspan ’n drie gedruk om die eindtelling te laat krimp na 25-10 vir die span van die Overberg. Die Overberg o.21 het ook hul segetog voortgesit met ’n goeie oorwinning van 25-8 teen die Breërivier o.21-span. Die bestuurspan van die Overberg o.19-span en o.21-span, Searle Benjamin (Emil Weder Sekondêr), Lofdy Visagie (Groenberg Sekondêr), Charlton Smith (Genadendal Sportklub), Tyrone Weits (Albert Myburgh Sekondêr), Denver August (Black Leaves Rugbyklub) en Billy Horne (Safcol United) is tereg trots op die vertonings wat die span tot dusver opgelewer het. Die volgende wedstryd vind plaas op 6 April by die CPUT-sportvelde in Wellington.

60min | R340

Includes a Free paraffin wax Access to Aqua Spa facilities Valid 1 – 30 April 2013

GIFT ERS & VOUCH ERS CH E-VOU bl e av ai la

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za

*Subject to availability. Terms and Conditions Apply.

Charl Janson, gr. 7-leerling van Laerskool Bredasdorp, was ’n lid van die Weskaap-span wat op 15 en 16 Maart in die DP de Villiersstadion in Sasolburg aan die SA atletiekkampioenskappe deelgeneem het. Hy het by beide die Boland- en Weskaap-byeenkomste die hoogspring vir seuns o.13 gewen. Charl het ’n skitterende hoogte van 1,72 m gespring, slegs twee sentimeter laer as die SA-rekord. Dit het aan hom die tweede plek en silwermedalje besorg, met dieselfde hoogte as die wenner. Die skool wil ook vir Philip Kleynhans van Rûens Kollege gelukwens met die bronsmedalje wat hy by dieselfde byeenkoms vir gewigstoot seuns o.10 verower het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.