Theewaterskloof gazette 16 sept 2014

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 4 • Tuesday 16 September 2014 | Tel. 028 214 1294

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

’n Groot groep verbygangers staan en kyk na waar die polisie verlede Dinsdag die lyk van ’n onbekende vrou in Nuwestraat gevind het.

FOTO: ANNETTE THERON

Lyk gevind ná voetgangers polisie ontbied ANNETTE THERON ’n Vrou van Caledon wat verlede Saterdag vir die laaste keer lewend gesien is, se lyk is Dinsdagmiddag 9 September langs ’n brug in Nuwestraat gevind. Voetgangers wat die brug gebruik, het die polisie in kennis gestel van ’n slegte reuk wat daar in die lug hang. Die polisie het die gebied begin deursoek en het omstreeks kwart oor drie op die vrou se lyk afgekom Volgens kapt. Gerrit Botes, woordvoerder van die Caledon-polisie, is die oorledene reeds uitgeken. Haar naam kan egter

nog nie bekend gemaak word nie, omdat haar familie gister teen druktyd nog nie in kennis gestel was nie. Die vrou was ’n inwoner van Riemvasmaak in Caledon. Botes sê die vrou is Saterdagaand 6 September laas gesien. Sy was glo die aand by ’n bekende kuierplek in die dorp en het alleen huis toe gestap. Die oorsaak van haar dood is nog onbekend en die uitslae van die nadoodse ondersoek word nog deur die polisie afgewag. ’n Saak van moord word deur die Caledon-polisie ondersoek. Daar is nog geen verdagtes in die saak nie. Botes doen weer ’n dringende beroep op vroue in die gemeenskap om nie alleen op

verlate plekke te loop nie. In ’n tweede, onverwante voorval is ’n vrou dood kort nadat sy beserings aan haar gesig opgedoen het toe sy na bewering in die hospitaal ’n sigaret wou aansteek terwyl sy ’n suurstofmasker dra. Botes het egter bevestig dat Cythleen Beukman (43), volgens die nadoodse ondersoek, Dinsdagoggend aan natuurlike oorsake dood is en nié weens die brandwonde nie. Sy is Donderdag 4 September in die Caledon-hospitaal opgeneem vir tuberkulosebehandeling. Natasha Peterson, kommunikasiebeampte by die Wes-Kaapse departement van gesondheid se Overberg-distrik, het beves-

tig daar was ’n brand in die hospitaal, maar die presiese oorsaak daarvan word nog ondersoek. Botes sê vinnige reaksie van die mediese personeel het voorkom dat die vrou ernstig beseer is en dat die brand groter skade aangerig het. Marishen Beukman, die oorledene se niggie, sê die familie is diep bedroef oor haar dood en kan hulle nie vereenselwig daarmee dat sy in die hospitaal sou probeer rook nie. Beukman laat haar pa, twee susters, een broer, vier kinders en een kleinkind agter. Die begrafnis is op Saterdag 20 September in Tesselaarsdal.


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 16 September 2014

20 September ) Caledon RVK speel tuis teen Genadendal.

24 September 15 – 19 September ) National Wills Week, facilitated by Legal Aid SA in cooperation with the Law Society of South Africa. For more information contact Thelitia Fortuin on 028 212 1815.

16 September ) ACVV Caledon en sy diensvertakkings ACVV Protea Dienssentrum, Heidehof Tehuis vir Bejaardes en ACVV Tafelronde Crèche, hou om 14:30 hul jaarvergadering by die NG kerk Caledon-Wes. Vanaf 9 September sal al die finansiële state van elke vertakking ter insae wees by die ACVV Caledon-kantoor by Hoopstraat 11 vir kommentaar by die jaarvergadering. Vir enige navrae, skakel 028 212 2014.

17 – 20 September ) Agri Mega Week by Mega Park, Bredasdorp. Grootste agri-ekspo in die suide van Suid-Afrika met die fokus op Afrika, landbou en landelike gemeenskappe. Jersey en Dorper Wêreldkonferensies en SA Kampioenskap. Kaartjies: R50, R30 of R10 by www.computicket.co.za. Inligting: eventsadmin@agrimega.co.za / 021 863 0397.

) L. R. Schmidt vier 200 jaar van onderwys. Feesprogram op webwerf. Kontak A. Jellen by 079 796 0019 vir verdere besonderhede.

27 September ) L.R.Schmidt Primêr Jazzaand op die skoolterrein – bring eie vleis saam. Bel A. Jellen by 079 796 0019 vir verdere besonderhede. ) Caledon-rugbyklub speel weg teen Safcol op Grabouw. ) Myddleton Anglikaanse Kerkbasaar om 9:00. Braaivleis, potjiekos, lekkergoed-tafel, poeding en koektafel. Basaar-pretloop/stap, waterglybaan en springkasteel.

4 Oktober ) VGK Caledon-basaar om 10:00. ) Caledon-rugbyklub speel tuis teen Standards.

11 Oktober ) Die 1994 matrikulante van Albert Myburgh Sekondêr in Bredasdorp hou hul 20 jaar-reünie in die Albert Myburgh-skoolsaal. Vir meer inligting bel Deidré by 082 715 1298 of Francois by 083 220 9081.

Die Overberg Fanatics-motorklub van Villiersdorp het verlede week die meisies-netbalspan van Kosie de Wet Primêr geborg om aan die proewe in die Paarl deel te neem. Enige bydraes waarmee die klub minderbevoorregte kinders kan help sal waardeer word. Kontak gerus vir Franklin Benson by 073 960 9323 of Francisco Tiemie by 079 815 1615 vir inligting.

Radio Overberg gesels saam met grotes Radio Overberg was verlede week bevoorreg om ’n radio-kongres by te woon wat aangebied is deur Maroela Media. Ons het ’n span van vier gestuur en ’n wye verskeidenheid onderwerpe is behandel. Dit was ook die ideale geleentheid om weer met die groot radiostasies idees uit te ruil en advies te kry. En Radio Overberg het beslis nie teruggestaan vir enige radiostasie nie. Radio Overberg gaan ook by Agri Mega Week wees. Kom groet ons omroepers en kom gesels gerus met ons by die buite-uitsending. Dit is nou op Saterdag 20 September.

Elke Dinsdag om 15:00 is Sandra Rossouw in die ateljee met Skoletyd. Luister gerus na wat ons jeug doen, en hoor hoe lekker gesels hulle saam. Ons is hard besig om te werk aan nuwe programme, en ons is ook besig om nuwe omroepers op te lei. Ons gee hope pryse weg, ons gaan binnekort ’n nuwe wynprogram asook ’n reisprogram aanbied. Baie welkom ook aan al ons nuwe adverteerders. Dit is beslis verblydend om te sien hoe ons radiostasie groei en ontwikkel. Bly ingeskakel by Radio Overberg.

24 September: Overberg Development Association, Shipwreck Museum, Radio Overberg 98.4 fm and Cape Agulhas Municipality to host Cape Agulhas Treasure Tracks in Bredasdorp. Based on The Amazing Race. De Heide Primary at 10:00. 082 409 0118 or http://www. sahistory.org.za/events/ 2014-cape-agulhastreasure-tracks


Tuesday 16 September 2014

News - Nuus

Slangman paraat ERIEKA ROUX Die somer met sy warm weer is om die draai en dit is gewoonlik dié tyd van die jaar dat slange begin kop uitsteek. Pofadders is die afgelope jaar op Botrivier opgemerk, maar daar word verwag dat kobras ook hul opwagting sal maak. Ao. Paul Olivier van Botrivier, wat reeds honderde ongewenste slange uit Die bekendste slangvanger in die Overberg, ao. allerlei plekke verwyder Paul Olivier, hier met sy slangvang-apparaat, is het, het ’n beroep op men- weer gereed om op te tree waar slange ’n bedreise gedoen om nie slange ging is. FOTO: ERIEKA ROUX dood te maak nie, maar hom eerder te bel. Hy het ook ver- versoek om die polisie te bel by soek dat mense nie moet probeer 028 284 9351 of op Olivier se selom slange te vang nie, “veral kin- foon by 060 503 5423. Hy woon in Myrtlestraat 4 in ders moet dit nie doen nie. Slegs kenners kan slange vang,” het hy Botrivier, waar ’n slang-kennisgewingbord te sien is. gewaarsku. Olivier is nie die enigste polisieOlivier het in die verlede al slange uit huise, ouetehuise, die beampte wat slange vang nie. In voorportaal van die Caledon-hos- Caledon is ao. Eduard Coetzee bepitaal, skole, dakke en tuine ver- skikbaar wanneer hy aan diens is. Hy kan gebel word by 028 214 3900. wyder. Hy sê slange speel ’n belangrike In Greyton en Genadendal is rerol in die natuur waar hulle molle, servis Adolf Adams beskikbaar muise en rotte vang. Enigeen wat op sy selfoon by 078 506 0647 of by probleme het met slange word die kantoor by 028 251 1000.

Theewaterskloof Gazette

Hof prys Napier-speurder in uitspraak ORA LAUBSCHER

steen, wat aan die roer staan van die landelike sektor by die SAPD op Napier en ook Toe daar Donderdag 4 Sepvanuit die staanspoor betroktember ná bykans drie jaar ke was en nou saamgewerk uiteindelik uitspraak gelehet met die ondersoekspan, wer en vonnisse opgelê is in het albei hul tevredenheid die saak teen die aanvallers uitgespreek met die uitvan die bejaarde rystoelgespraak en vonnisoplegging. kluisterde Lodevikus van Die aanvallers is skuldig Deventer van Napier, is die bevind op die aanklagte van gebeure wat inwoners van poging tot moord en huisdie rustige gemeenskap van braak met die doel om te roof. Napier in November 2011 geDie twee mans is sedert hulle ruk het, weer in herinnering destyds in hegtenis geneem is geroep. steeds in aanhouding en vyf Hierdie dag sal ook as ’n jaar van die vonnis van 25 besondere hoogtepunt ontjaar is opgeskort. hou word deur speurderDie pad wat geloop word konstabel Hayward Lewis vanaf die oomblik waar ’n van die SAPD op Napier. misdaad gepleeg word tot op Hy het vir bykans drie jaar die punt waar die skuldigbeonverpoosd aan die saak gewerk. “Dit is die langste saak Speurder-konstabel Hayward Lewis in sy kantoor by die SAPD vinding en vonnisoplegging waaraan ek nog deurlopend op Napier. FOTO: ORA LAUBSCHER plaasvind, is dikwels ’n lang en uitgerekte een. Vir die gewerk het.” Die feit dat hy ook deur die strafhof bedank is vir meer as ses maande mediese sorg twee lede van Napier SAPD wat hard die goeie werk, is vir hom ’n verdere ontvang. Albei sy kake was af, en hy gewerk het aan die saak, is die feit riem onder die hart. moes altesaam 134 steke ontvang dat hierdie saak suksesvol afgehan“Gedurende die aand en vroeë og- met vyf tot ses diep slote in sy kop del is bewys genoeg dat die polisie se gendure van 2 tot 3 November 2011, wat deur die skerp voorwerpe waar- ondersoekspanne nie bang is om is die bejaarde Van Deventer van die mee hy aangerand is, veroorsaak is. hard te werk om misdadigers aan die plaas Bloubokkiesfontein beroof, Dit was veral die wreedheid en ge- pen te laat ry nie. wreed aangerand en daarna vir dood welddadigheid wat desagtergelaat deur sy aanvallers.” tyds geskok het. Van Deventer, wat van ’n rystoel “Ons het gehoop op afhanklik is, is destyds per lugambu- swaar vonnisse,” het Lelans vanaf Bredasdorp na ’n stedeli- wis gesê. ke hospitaal vervoer en moes vir Lewis en ao. Mike Ek-

Renosterveld has found a ‘home’ On Saturday 6 September the Overberg Lowlands Conservation Trust (OLCT) celebrated the launch of the world’s first and only Renosterveld Research and Visitor Centre on the largest protected piece of Lowland Renosterveld in the world, located between Bredasdorp and Malgas in the Overberg. In late 2013, this flagship piece of Renosterveld was purchased by WWF-SA and the OLCT was appointed as the management authority. Subsequently, the OLCT raised over R400 000 to renovate the Haarwegskloof homestead on this reserve. The homestead has now been transformed into a stunning research and visitors centre, giving Renosterveld a home. Dirk van Papendorp, chairman of the board of trustees, said it was a little overwhelming to see so many people in support of the Trust. “The idea for a Renosterveld

Dirk van Papendorp, chairman, and Dr Odette Curtis, director, cutting the ribbon. PHOTO: HEYNÉ BRINK centre is about seven years old and our conservation partners have helped us achieve what we have. “Plans are under way to secure more land for Renosterveld conservation and the centre will enable us to host more national and international research students and undertake vital research on Renosterveld and its management. We must also use the tourist poten-

3

tial of our Renosterveld.” Renosterveld is under threat from inappropriate agricultural practices, including overgrazing, illegal ploughing of virgin land, and inappropriate fire regimes. Dr Odette Curtis, director of the OLCT, said: “In terms of pristine Renosterveld, this reserve is the largest area of Lowland Renosterveld left in the Overberg, and for that matter in the world.” The Botanical Society of South Africa awarded Curtis during the launch celebrations with the Botanical Society Flora Conservation Medal in honour of her significant contributions towards the conservation of Renosterveld. Dr Louise de Waal from the Green Girls in Africa said: “People can support this fund raising campaign by sponsoring one of the five unique, rare and endemic Renosterveld petals for R450 per year and become part of the family.”

Die Caledon-polisie waarsku inwoners om versigtig te wees wanneer hulle hul voertuie sluit. Kapt. Gerrit Botes, woordvoerder van die Caledon-polisie, sê daar was die afgelope twee weke ’n vlaag diefstalle vanuit motorvoertuie in Caledon. “Ons vra die publiek om seker te maak dat hul voertuie wel gesluit is wanneer hulle die alarm aktiveer.” Afstandbeheer-toestelle van ander voertuie word glo gebruik om met alarm-seine in te meng en sodoende te verhoed dat motors sluit. Die man in die foto word deur die Caledon-polisie gesoek en kan die polisie moontlik help in ’n ondersoek na soortgelyke diefstalsake. Indien enigiemand hom herken of weet waar hy hom bevind, bel kapt. Botes by 082 469 1015.


4

Theewaterskloof Gazette

Letters - Briewe

Dinsdag 16 September 2014

Dié rugbyhelde steeds sonder Bok-kleure Die volgende spelers was in die verlede benadeel deur apartheid in Springbok Rugby sonder om “hul kleure te kry”. Ek wil begin met die ramkat-skrumskakel van City Suburban Saru in Kaapstad, Cassiem Jabaar. Dié skraal, bebaarde speler was ’n derduiwel agter die skrum. Hy was in ’n klas van sy eie, en het ’n geweldige lang aangee gehad. Sy speelstyl was soos dié van wyle Dok Danie Craven. Ook moet ons nie vergeet van die ysterperd van Saldanha nie, Green Vigo. ’n Klassieke vleuel, met ’n gevaarlike afstamp, en wanneer hy dit kon regkry, was dit reguit pale toe. ’n Wêreldgehalte speler op sy beste. Oor hy nie ’n Springboktrui oor sy kop kon trek nie, is hy bitter Engeland toe, en het vir Ortagio gaan speel. Maar tydens sy loopbaan in Suid-Afrika word hy in 1974 gekies vir die Protea Federasiespan teen die Leeus van die Britse Eilande. Hulle speel in Athlone Stadion in Kaapstad onder kaptein Daggie Dyers, wat haker gespeel het.

Die volgende speler wat ek wil noem, was John Noble, wat ’n skitterende vleuel was. Hy was van Blakes in Stellenbosch, en gekies vir die uitnodigingspan teen Frankryk op Nuweland in 1976. Daardie dag druk hy ’n geskiedkundige drie terwyl ek oor die draadloos luister hier in Caledon. Toe hy oor die doellyn blits kon jy nie eers die omroeper hoor nie, pandemonium het losgebars onder die toeskouers. Daar was ook twee Oos-Kaap-spelers, albei flanke, onder name Morgan Cuse en Tjotse Tjotsobé. Hulle twee was ’n kopseer vir enige span waarteen hulle uitgedraf het, twee gevaarlike baldraers. Hulle het vir die Luiperds gespeel en ook in die uitnodigingspan in 1976, soos hierbo genoem. Hierdie spelers was die produk van wyle Cuthbert Lorrisson, president van die Federasie, wat hul raakgesien het. Dis hartseer, maar weens die destydse apartheid kon die Rugbyraad hul nie die nodige erkenning gee nie.

GERALD MAY, Caledon

Hilton Seekoei van Genadendal het hierdie foto aan die Gazette gestuur nadat hy op dié ongewone wit akkerboomblaar by die Sendingmuseum op Genadendal afgekom het. As iemand dalk inligting oor hierdie tipe boom het, kontak hom by hiltonseek@gmail.com. FOTO: HILTON SEEKOEI

Kom besoek Caledon-museum Kleinman se brief aan sy ma – ’n historiese oorsig September 2014 Liewe Ma, Ek skryf ma vinig, want ek wiet ma lees nooit stadig nie. Ek bly lekir hier in Caledon – di mensi hier is onsetend vrienlik. En al die historiesi geboui. Wat is ’n historiesi gebou? He Ma? Ek wonder wie het almal hier in die virlede gewoon en giwerk? Hulle woon nou seker almal op aner pleki. Waar sal dit wees? He Ma? Di mense lyk almal net bai besig – wonder wat hule amal doen. Hulle sê vir my hulle het amper nie tyd nie. Ek het my horlosi ongelukkig by die huis vergiet – sal dit ma kry as ek weer daarlangs kom. Gebruik nou maar die mooi sonsopkomste en -ondergange saans vir tyd – ek onthou hule het dit iewers in die virlede ‘Afrikatyd’ genoem. Gebruik die boere dit ook? He Ma? Ook groei hier sulke mooi geel blommetjies in die omgewing. Wens ek kon vir Ma daarvan pluk – ma die boere is baie kwaai as mens daarvan pluk. Dan is hier ook ’n casino op die dorp – baie gelikige dorp – nou kry hulle seker baie besoekers wat hier kom bad en dobel? wat is ’n casino? He Ma? Dan is hie ook baie spietkops – hule is amal baie vrienlike mense – wys my waar ek mag ry en nie mag ry nie. Wat is ’n spietkop? He Ma? Dan is hier ook twee museums? Wat is ’n museum? He Ma? Die een is glo ’n hysmuseum (wat is dit?) en die ander ’n vry-mesillaaslosie. Ma kan maar self dink wat daar aangaan. Groete. Lief vi Ma. Ma se groot seun, Kleinman. Indien u nie die inhoud van hierdie brief kan verstaan nie, is u welkom om (soos Kleinman) die Caledon-museum op weeksdae tussen 08:30 en 15:30 te besoek vir meer inligting. Toegang is R5 vir volwassenes en R2 vir kinders.

Rubriek

‘Die Lem’ se vooruitsigte lyk skielik rooskleuriger

My vrese dat die klag wat teen ’n paar skole gelê is oor hulle bevoorregting van ’n bepaalde geloof groot spanning sou skep, het toe nie (of nog nie) gebeur nie. Daar was wel protestasies uit sekere hoeke, maar dit was te verwagte en was uiteindelik verbasend beheers en verstandig. Dit laat my weer dink aan die geboorte van ons “nuwe” demokrasie en hoe betreklik vreedsaam dit uiteindelik plaasgevind het. Ek dink toe aan die opmerking van ’n Kanadese staatkundige destyds, naamlik dat ons redding die feit was dat al die partye ’n min of meer Christelike siening van sake gehad het. Hierin lê geen bevoorregting van ’n bepaalde godsdiens, slegs die insig dat sake anders kon verloop het as al die protagoniste verdeel was in sê maar drie ewe sterk gelowe, elk met ’n ander siening van sake en ’n totale en onverdraagsame oortuiging van sy eie voorrang. Van verdraagsaamheid gepraat: ek ry vanoggend stadig in die sandpaadjie hoofpad toe

af, om die sonnige dag ’n rukkie langer te geniet. Om die eerste draai kry ek toe ’n hoephoep wat ywerig en sistematies besig is om die middelmannetjie te ontgin met sy lang, skerp snawel. Feitlik elke pik in die grassies het skynbaar iets opgelewer en die kleurryke skepsel het hom so ingeleef in sy brekfis dat hy my skaars opgemerk het. Ek het die bakkie toe maar stadig nader aan hom laat rol soos hy die pad af beweeg, maar ta het hom nie laat wegjaag nie. Uiteindelik was hy so naby die voorkant van die bakkie dat ek hom nie meer deur die voorruit kon sien nie en toe hy wel opvlieg was ek verlig dat ek hom nie raakgery het nie. ’n Swaelstert-byevanger op die draad langs die pad het die hele besigheid afkeurend aanskou en self dadelik opgevlieg toe ek vyf treë van hom af was. Ek kon hierdie pikswart kêrel met sy netjiese manelpak se gedagtes omtrent lees: “Vraatsige hoep-hoep, ’n mens kan sommer sien aan sy kleredrag hy’s ’n hanswors, nie ’n versigtige en verstan-

dige ouderling soos ek nie.” Die nimlike Oscar se vooruitsigte lyk skielik rooskleuriger as wat enigeen sou kon voorspel. Die liewe regter het seker self seuns, maar haar besluit dat “Die Lem” die wêreld voorlopig weer vryelik gaan bewandel gee my koue rillings. Kan net dink hoe die arme Steenkamps moet voel, seker baie soos die Lotze destyds. Hoop tog net ’n wapenverbod is deel van Ozzie se voorwaardes vir vryheid. “Huigelary is die Engelse siekte” (my vertaling van “Hypocrisy is the English disease”) en ek kan sien hoe Mister Hansen dit in Nieu-Seeland aanwend met sy uitsprake oor jong Pollard se vermeende deugde om ons histeriese Heyneke te sus voor die onvermydelike uitslag in Saterdag se toets. Ek moet erken ek sou

niks gewed het op Roger of Novak se gelyktydige uitklits uit die VSA-Ope nie. Ons Bokke se sistemiese onvermoë om drieë te druk of selfs skrums te oorheers, het Saterdag beter gelyk. Maar ’n wen bly ons steeds ontwyk. – fouriejh@mweb.co.za


Dinsdag 16 September 2014

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

5

Dwarf bull aims at world title

Die vroue van Business4Women’s Network Kaap Agulhas.

FOTO: ORA LAUBSCHER

Een jaar oud ORA LAUBSCHER Business4Women’s Network Kaap Agulhas het op Donderdag 4 September feestelik haar eerste bestaansjaar gevier. Hierdie besondere byeenkoms is op dieselfde plek gehou waar die heel eerste netwerkbyeenkoms ’n jaar gelede katvoet met al die voelers uit van stapel gestuur is. Sedert 2013 se eerste byeenkoms by die Red Windmill plaasrestaurant, het die netwerk eenvoudig van krag tot krag gegaan en gegroei namate die vroue die waarde van die “netwerkgedagte” met ’n praatjie oor ’n relevante onderwerp as bonus by elke byeenkoms, begin raaksien het. Vroue kom gereeld van so ver as Hermanus en Stanford om te deel in die verrigtinge en pret. Die stigter van die netwerk,

Anita Timewell, was aangedaan toe sy die vroue wat hierdie keer die hele restaurant volgesit het en soos spreekwoordelike spreeus gekwetter het, welkom geheet het. Sy het vertel van haar droom om ’n vrouenetwerk in die streek op die been te bring om aan vroue wat klein besighede bedryf, die geleentheid te bied om “te netwerk” en op ’n sinvolle manier informeel kennis te maak en gedagtes uit te ruil. Die groei van die netwerk het egter haar stoutste verwagtinge oortref. Die middag is afgesluit met ’n prettige dansdemonstrasie, klingelende klokkies en al, in die tuin voor die restaurant, waaraan lede onder die wakende oog van dansinstruktrise Adel Dreyer deelgeneem het. Business4Women’s Network se volgende vergadering vind plaas op 2 Oktober op Napier.

’n Koppie vir Kansa ERIEKA ROUX Koppie-vir-Kansa-dag is verlede Sondag by die St Petersaal op Botrivier gehou. Die doel van hierdie spesiale dag, wat onder leiding van Peggy Moses en ’n groep vrywillige helpers gehou is, was om geld in te samel vir die Kankervereniging). Dié dag is goed ondersteun deur mans en vroue van Botrivier wat ’n sagte plekkie het vir

kankerlyers en pogings ondersteun om geld vir die vereniging in te samel. Moses is baie betrokke en samel ook geld in deur middel van donasies. Sy is deur die kankervereniging vereer met ’n toekenning vir haar bydrae. Sommige van die ondersteuners wat die dag bygewoon het, is self ook kankerpasiënte. Truna Odendal van Botrivier was die gasspreker wat gepraat het oor geneeskundige plante.

“ ‘n Koppie tee vir julle?” vra Gail Slingers (agter), ’n vrywillige helper tydens die Koppievir-Kansa-dag wat verlede Sondag op Botrivier gehou is. Van links is Delaine Esau, Katrina en Willem Skermand. FOTO’S: ERIEKA ROUX

Kansa-vrywilligers geniet almal ’n koppie vir Kansa.

A dwarf bull, which is hardly 80 cm in height, aims to get into the Guinness Book of World Records next week during the Agri Mega Week 2014 from Wednesday 17 to Saturday 20 September, when it is challenging the current record holder to become the shortest cattle specimen older than 12 months in the world. This tiny animal with big dreams is a cross between Dexter breed and the Zebu breed. According to the owner, Otto Steinhofel from Diep Kloof near Malgas, this dwarf bull is 27 months old already but currently it measures at 82,4 cm to the shoulder. Steinhofel says that he has been trying purposefully to breed cattle smaller for the past 12 years.

“Currently there is a Dexter cow in India which holds the record for the shortest cattle specimen older than a year at 84,9 cm while another cow from India which measures at 84 cm also wants to take an attempt at the record,” says Steinhofel. The World Guinness Book of Records told Steinhofel that his challenge will be for the shortest cattle specimen in the world. “I received an official challenge number from them and now we have to wait and see if we can break the record with this small bull which, at 12 months, only measured 71 cm” Agri Mega Week tickets can be purchased at Checkers, at www.computicket.co.za, or at the gates.

This perfectly formed dwarf bull will be exhibited at the main entrance of the BKB Livestock Centre during Agri Mega Week from Wednesday 17 to Saturday 20 September where it will be evaluated to see if he qualifies as the shortest bull in the world.

Wilna en dogter vertel van kanker-oorwinning YVONNE PRETORIUS Sestig vroue het Donderdag 4 September die jaarlikse VLV Koppie vir Kansa-tee bygewoon waartydens Wilna Snyman, of soos baie van ons haar sal onthou, as Madel van 7de Laan, se dogter Lize van der Walt, haar lewensverhaal met die gaste gedeel het. Beide Wilna en Lize is kankeroorwinnaars. Terwyl Lize haar storie vertel, het sy ook geskil-

der. ’n Persentasie van die opbrengs van hierdie skildery sal aan Kansa geskenk word. Belinda Splash het ’n interessante praatjie gelewer oor die verligting van pyn van kankerpasiënte deur massering. Sandra Venter, spa-bestuurder by die Caledon Hotel Casino en Spa, het al die vroue bederf met ’n geskenkie. Toeks Matthee was die gelukkige wenner van ’n spa-behandeling. Die middag is afgesluit met tee en eetgoed.

Sandra Venter, spa-bestuurder, Caledon Hotel Casino & Spa, Maryke Malone, Kansa-verteenwoordiger, Wilna Snyman, Lize van der Walt, Belinda Splash, terapeut, en Retha Skein, voorsitter Caledon VLV. FOTO: YVONNE PRETORIUS


6

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

PERSOONLIKE DIENSTE

KRUIEKENNER

TE KOOP

1435

1015

STERFGEVALLE

Dinsdag 16 September 2014

GESOEK OM TE KOOP

KINDERVERMAAK

1005

1675

1405

GESOEK om te koopDringend. Enkel hangkas. Skakel 028 212 2497

SPRINGKASTELE te huur. Skakel Virginia 082 321 4395.

15.09.2014 Daddy se eerste verjaardag weg van ons. Die wonde is steeds rou, maar herinneringe leef voort vir altyd. Mammie, Zanté, Sharon, Ethan Ray & Denwill.

FUNKSIES & KONFERENSIES

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1425

PADSTAL/RESTAURANT,DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Skakel 028 214 1475.

TE HUUR 1820

BEGRAFNISDIENSTE 1025

DOVES-Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Pleinstr; 028 212 3054. 09 Argonst, Hermanus Business Park, 028 313 1741. Kleinmond: 27 Main Rd, 028 271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028 384 3344. Bredasdorp: Overberg Sentrum shop 12, 087 630 2011.

REGSDIENSTE 1440

FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998/028 212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange.

KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap. Skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum 083 551 5406 alle ure. BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

HUISHULP soek werk vir 2 of 3 dae / week. Bereid om te kook, baie hardwerkend en betroubaar. Kontak 083 318 7818 vir verwysings.


Tuesday 16 September 2014

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

Hulle blink uit in landloop

Die 2015-leerderraad van Hoërskool Overberg luister aandagtig na ’n praatjie deur hul skoolhoof, Eddie Labuschagne. Die hoofleiers sal by die prysuitdeling op 16 Oktober bekend gemaak word.

Chess teams battle it out On 30 August Kingsway Christian School held a big chess tournament at their school in Grabouw. Numerous schools from all over, such as Logos from Robertson and Young Eagles from Somerset West, attended. Teams played five rounds each. There was a very good vibe in the air and everyone had a great time. Each player received a small gift for participating, and all winners received a gift voucher.

From left are Francois Brand (who received gold) Jana van Vuuren (silver) and Wade Louw (bronze). They are all learners at Kingsway Christian School.

Pieter van Wyk en Clinton Solomons, leerders aan De Rust Futura Akademie in Grabouw, is opgeneem in die Boland-landloopspan, wat op Saterdag 30 Augustus deelgeneem het aan die We-Kaap-skolelandloopbyeenkoms in George. Pieter het gedurende die seisoen stelselmatig met elke wedloop verbeter, en het kwalifiserende plekke behaal in die junior mans (o. 19)-afdeling. Hy het sodanig verbeter dat hy by die Boland-kampioenskap ’n algehele vierde plek behaal het. Clinton neem deel in die seuns o. 15-afdeling en het gemengde suksesse behaal gedurende die seisoen. Hy het sodanig gevorder dat hy by die Boland-kampioenskap ’n algehele sesde plek verower het, selfs nadat hy laat weggespring het.

Pieter van Wyk en Clinton Solomons.

7


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 4 • Dinsdag 16 September 2014 | Tel. 028 214 1294

Rugbynaweek skop met gedenkdiens vir Pikkas af Die Caledon- en Black Leaves-rugbyklubs het op Saterdag 8 September skuins voor 12:00 saamgetrek by die ongelukstoneel om ’n kruis op te rig ter nagedagtenis aan Justin “Pikkas” Wildschut. John Nicol Adams van Caledon het die kort seremonie gelei en die Gansbaaiers het ook ’n paar woorde as besoekende span gelewer. Terug op die veld was die verbasing groot toe die hoofafrigter Elvan Verhoog en eerstespan-hulpafrigter Alex Kleinsmith saam met die derde span litte losgemaak en opgewarm het. Agterna het dit geblyk hulle het net uitgedraf vir die gedenkwedstryd vir Pikkas en het nie weer hul terugkeer gemaak nie. Die derde span het effe swaar getrek teen sy opponente, maar het sy man goed gestaan en verloor met 6-8. Die tweede span se wedstryd het vir meer opwinding gesorg met goeie samespel en die losskakel Rico Adolf wat die wedstryd dikteer het met sy

skopvoet. Jarred Klink en die res van die lostrio het uitgeblink en die veteraan Richard “Wolfie” Damon het weereens gewys ervaring word nie gekoop nie en die tweede span wen 17-7. Voor die aanvang van die eerstespanwedstryd het die brigade eers ’n passievolle item of twee gelewer voordat Raynaldo Brikkels op sy perd ’n ererondte om die veld gedoen het. Al drie Justin se kinders – Raynaldo, Domonique en Zhiley-Blaine – het gespog in hul geel Caledon-rugbyondersteunerhempies wat die klub aan hulle oorhandig het en Black Leaves het ’n nommer 12 trui aan Raynaldo oorhandig op die veld. Met groot afwagting en adrenalien wat toe reeds gepomp het, het die twee eerste spanne uit die kleedkamer in gelid gestap tot op middellyn waar almal ’n minuut stilte gehandhaaf het as laaste eerbetoon. Duiwe is ook gedurende die seremonie losgelaat. Toe die fluitjie die wedstryd afskop het baie ondersteuners nog besig om

hul asem terug te kry toe Caledon ’n drie gaan druk het. Black Leaves het teruggeslaan en die telling was 17 elk ná 55 minute met Caledon wat eenvoudig net na ’n ander rat oorgeskakel het en nog drie drieë (ses in totaal) gaan druk het om die eindtelling 34-17 te maak. Hanno Moore en Carl Swarts het ’n goeie wedstryd voorlangs gehad met die immergroen Enrico “Guppies” Lamont wat in die agterlyn uitgeblink het. ’n Goeie wedstryd is in goeie gees gespeel en die dag is suksesvol afgesluit met vyf punte vir Caledon op die punteleer. Die eerste span het met ’n ererondte die toeskouers en ondersteuners bedank vir die dag opgedra aan Pikkas. Caledon-rugbyklub se bestuur bedank ook die Black Leaves-rugbyklub wat die dag gedeel het, asook die getroue ondersteuners vir hul bywoning en ondersteuning elke Saterdag. Die klub rig ook ’n dankie aan elkeen wat die gedenkplakkaat en -boek geteken het.

Rûens Kollege het Saterdag 16 Augustus aan die Curro Seweskompetisie op Hermanus deelgeneem. Hier is die span saam met hul afrigter, Nico Burger, nadat hulle die Bowl-kompetisie gewen het.

The Caledon Coaching Clinic took place on Wednesday 3 September at the Overberg Primary Sports Field. Along with the professional coaches, the DHL Western Province backs were in attendance. The LR Schmidt, Berea Primary, Swartberg, Ovies, Gansbaai, Greyton and Kosie de Wet Schools from the Overberg area attended the clinic and got to meet and interact with their favourite players. PHOTO: AILSA VAN WYK

Caledon Posduifnuus Wedvlug vanaf Kimberley: 1. M. Otto. 2. M. Otto. 3. J. Marais 4. F.F. Louis en Seun 5. M. Otto Wedvlug vanaf Kimberley: OPE 1. M. Otto 2. M. Otto 3. F.F. Louis en Seun 4. M. Otto 5. F.F. Louis en Seun


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.