Theewaterskloof Gazette 21 August 2012

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 2 • Tuesday 21 August 2012 | Tel. 028 214 1294

OVIES BO! Ovies het Saterdag die interskole teen Hermanus gewen. Die netbal eerstespan het vir Hermies met 20–17 geklop en die rugbyspan het met 24–22 gewen. Seuns- hokkie was gelykop met 1–1 en die meisies het die hokkie met 0–3 teen Hermies verloor.FOTO: VERSKAF

Aanrandingklag teen polisie ANNETTE THERON

“My menswaardigheid is geskend.” So sê Neels Erasmus nadat hy verlede Sondag (12 Augustus) glo deur twee Caledon-polisielede aangerand is. “Ek was so verneder want hulle het, nadat hulle my aangerand het, gesê ek moet my klere uittrek. Een van die beamptes was ’n vrou.” Neels sê hy was op pad na sy ma se huis in Stasieweg toe hy deur die polisie voorgekeer is. Hy het twee moersleutels, ’n seil en ’n deurslot by hom gehad, omdat hy die slot van ’n deur by sy huis wou vervang en die moersleutels was vir ’n kraan wat hy vir iemand wou herstel. “Hulle het my oorkant Toyota in Caledon gestop en gevra waarheen ek op pad is. Ek het gesê ek is op pad huistoe. Hulle het my deursoek en gevra waar ek die goed gekry het. Ek het gesê die moersleutels is van my stiefpa vir wie ek werk. Die man het toe gevra of my stiefpa daarvan weet. Ek het ja geantwoord. Hy het my gevra om my mond oop

Erasmus het bebloed op te maak en toe ek my mond die sypaadjie gesit. Dié pooopmaak vra hy dat ek in lisieman het daarop aangedie lig moet kom staan, dring dat iemand Erasmus want dit was na 20:00 die se stiefpa bel wat bevestig aand,” vertel Erasmus. het dat hy die moersleutels Die polisieman het hom aan Erasmus geleen het. toe glo aan die keel gegryp. Die polisieman het hom “Hy het my so hard gewurg toe laat gaan en Erasmus dat ek nie kon asem kry is na sy ma toe, wat hom nie.” Erasmus het probeer onmiddellik na die Caleom die polisieman se handon-hospitaal geneem het. de van sy keel af te kry, Hy moes drie steke in die want hy het begin duiselig wond bo sy wenkbrou kry. voel. “Al wat ek daarna kan onthou, is een of twee har- Neels Erasmus beweer hy is verlede Sy oog is potblou. Volgens Erasmus is daar de houe teen my kop. Ek het week deur twee lede van die Calegevoel hoe my gesig warm don-polisie aangerand. Sy ma, Leo- kameras by Toyota en hy glo dié voorval is op film raak soos die bloed loop.” nie, gaan ’n siviele klag teen die Die polisieman het hom polisie lê. FOTO: ANNETTE THERON vasgelê. Caledon Toyota het by navraag gesê hulle beveel om sy klere uit te trek op die sypaadjie. “Ek was bang en het het wel kameras, maar sekere prosedures hom gehoorsaam. Ek moes my broek en on- moet gevolg word. “Daar sal ’n bevel deur die derklere ook aftrek en my anus vir hom polisie of ’n prokureur aan ons oorhandig moet word, aangesien dit private eiendom wys . . . in die hoofstraat van Caledon.” Intussen het nog ’n polisieman opgedaag. is.”

Erasmus se ma, Leonie, is ’n afgetrede kaptein wat vir 32 jaar vir die polisie gewerk het. “Ek is diep teleurgesteld in my mede-kollegas.” Sy was geskok en woedend toe sy haar seun sien. “Ek wonder hoe dié polisieman sou voel as sy kind so by sy huis aankom na ’n polisieondersoek?” Sy sê voorts die beweerde optrede was onmenslik en om haar seun in die openbaar te ontbloot voor ’n vroulike beampte is onaanvaarbaar. Die polisieman het ook glo sy bebloede hande aan Erasmus afgevee en hom berispe omdat sy klere bemors was met Erasmus se bloed. Kapt. Gerrit Botes van die Caledon-polisie sê ’n afskrif van die dossier van aanranding is onmiddellik na die Onafhanklike PolisieOndersoekdirektoraat (OPod) gestuur. “Ons gaan intussen voort met dissiplinêre aksie en die kriminele ondersoek is aan die gang.” Moses Dlamini, media-woordvoerder van OPod, het by navraag gesê hy kon nie bevestig of hulle reeds die dossier ontvang het nie, maar het beloof om so gou moontlik terugvoering te gee.

R50 000 bonus draw 25 auG 2012 | 5-8pm Competition rules available at www.theCaledon.Co.za or at the Club desk. terms and Conditions apply.

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za

LICENSED BY THE WESTERN CAPE GAMBLING AND RACING BOARD. NO PERSON UNDER 18 YEARS ALLOWED IN THE CASINO. WINNERS KNOW WHEN TO STOP. NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING PROGRAMME PHONE 0800 006 008 TOLL-FREE.


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Sheepdog Champs in Knysna Sheepdog handlers, trainers and enthusiasts are set for a treat at the Western Province Montego Classic Sheepdog Championship in Knysna this weekend. Serving as a run-up to the National Sheepdog Championships – which will be held from 28 to 30 September at Grootvlei farm in Caledon – the competition at Woodbourne farm on 25 and 26 August will be a good test of obedience. Sheepdog enthusiasts can also look forward to Agri Mega Week in Bredasdorp, where the Agri Mega Week 2012 Mini Trial will be held. The expo will take place from 12 to 15 September at Mega Park outside Bredasdorp. Agri Mega Week will also play

host to a training session for farm workers in sheepdog handling. From the N2 at Knysna, Woodbourne is situated towards the famous Heads in George Rex Drive; turn left into Rexford and follow the signs to Pezula, turning right at the circle, and right again into the venue. Dog owners and lovers of this unique working breed are welcome at R25 per person; pensioners and scholars pay R15. Entry enquiries for the events in Knysna and Bredasdorp, as well as the national championship in Caledon, may be directed to Pippa Phillips; send a mail to ajfp@isales.co.za, or call 083 392 1956.

Tuesday 21 August 2012

TROTS OP UITSLAE: Ivan Kapot (51), ’n petroljoggie by Total La Boutique in Caledon, het Vrydag sy matriekuitslae ontvang. Ivan studeer tans deur ABET (Adult Based Education and Training) in Caledon. Hy het vier van sy ses vakke geslaag en was oorstelp met sy Afrikaans eerste taal HG en reis en toerisme-uitslae. “Ek hoop dat my maatskappy my ’n geleentheid sal gun sodra ek my matriek kwalifikasie behaal, maar my kop staan in die rigting van reis en toerisme.” FOTO: ANNETTE THERON

) Dieresorg se Snuffelwinkel in Donkinstraat,het nuwe voorraad. Daar is Overberg Hoërskool en laerskoolklere. Grys broeke, skoolbaadjies, hemde en dasse in goeie toestand en spotgoedkoop. ) The Child Welfare of Grabouw invites residents of Melrose Place, Pineview, Beverly Hills, Safcol, Axola Naledi, Slang Park, Hillside and Darkside for a community meeting. More details about a programme called “Eye on the Child” will be provided at the meeting held at Past Johannes’s Church in Melrose at 19:00 on the 28 August. ) Die Villiersdorp Sakekamer hou Saterdag 15 September ’n funksie by die Hoërskool De Villiers Graaf-skoolsaal om ’n eretoekenning aan Eniel Viljoen te gee, asook die toekenning aan die sakeman van die jaar, ’n spesiale toekenning vir uitsonderlike prestasie en verskeie sport toekennings. Die eregas is minister Donald Grant en die gasspreker Piet Badenhorst, voorsitter Suid-Afrikaanse Handelsinstituut. Kaartjies R150. Bespreek voor 11 Sep-

GAZETTE-PRYS IDEALE GESKENK: Caledon-inwoner Werner Gertse, hier by die ou hawe op Hermanus, was die Gazette-groep se wenner van die www.bolandgazette.co.za kompetisie. Hy en sy verloofde het voorverlede naweek kwaliteit-tyd by die Quarters Hotel in Hermanus spandeer en het dit baie geniet. Hy vertel: “Ek kom gereeld Hermanus toe, maar vir die eerste keer het ek soos ’n regte toeris gevoel. Die hotel is tops, diens is fluks en die personeel baie behulpsaam. Alles wat ek nodig gehad het was binne my bereik. Lekker voor die televisie met ’n film, lugversorger aan en ’n uitsig om oor huistoe te skryf. Ek en my verloofde is pas ’n jaar bymekaar so dit was ’n baie lekker geskenk om dit te vier.”

tember by Lusy 0 82 926 5019 of Boytjie 082 870 6677. ) A quarterly General Meeting of the Villiersdorp Residents and Ratepayers Association (VRRA) will take place Tuesday 28 August at 19:00 in the Church Hall of St Augustine’s Church (die Klip Kerk) Victoria St. Villiersdorp. Important issues affecting the town will be addressed so please support this. All are welcome. ) Swartberg Primary School presents an Old Timers function in their school hall on Friday 31 August from 8 ‘till late. Walk down memory lane with singing and dancing from the 70s and 80s. Guest stars Deon Kleynhans and the Restless Children will be entertaining the guests. Own drinks and platters. Lucky draws to be won. Tickets R50 available at the school. 0 028 212 1927. ) Caledon-biblioteek is 23 Augustusin die middag gesluit. Van 17 tot 21 September sal die Caledon –biblioteek ook gesluit wees. ) Die skilderkuns en kunshandwerk van verskeie Villiersdorpkunstenaars word uitgestal in die Hugo Naude Kuns Gallery inRussel straat 11, Worcester (023 342 5802). Dit open 5 September vir ’n tydperk van ses weke. ’n Groot

verskeidenheid van kuns en handwerk sal uitgestal word. Vir verdere navrae, bel Mabel Booyens by 082 492 4170. ) Towdah Ministries verskaf binnekort gratis rekenaaropleiding aan werkloses. Kursusgangers sal ná voltooiing van dié basiese rekenaarkursus ’n sertifikaat ontvang. Kontak gerus vir past. George Rhode by 072 442 0491. ) Riviersonderend is holding its first Quilt Exhibition 23 – 26 August. The club will also be celebrating their fourth birthday. The exhibition will be held in the NG Kerk hall on Thursday and Friday 10:00 to 18:00, on Saturday 09:00 to 15:00 and on Sunday 10:00 to 15:00. You can contact Petro at 0843921032, Alna at 0728445906 or Irmgard at 0823355972 for further information. ) Heidehof Tehuis vir Bejaardes se tweedehandse winkel is oop op pensioendae. Daar is ietsie wat alles – tweedehandse klere, linne en goeie winskopies. Vir meer inligting bel Heidehof by 028 214 1755. ) Bel die Theewaterskloof Gazette se nuusredakteur, Annette Theron by 028 214 1294 met nuusgebeure of e-pos haar by kontreinuus@com2000.co.za.

31 Augustus

23 Augustus ) Alkoholiste Anoniem vergadering om 19:00. NG-kerksaal Napier. Navrae Willie 082 332 8454 ) Villiersdorp gesondheid en welsyn komitee verkiesing. Om 1900 in die VGK saal. Navrae Carli Loubser 072 738 4646 of Maeve Le Roux 072 530 5902

23-26 Augustus ) KwilteRSEnd Kwilt Uitstalling : Die kwiltklub is vier jaar jonk en is baie opgewonde om hul kwilts te wys. Uitstalling in NG-kerksaal 10:00 tot 18:00 Donderdag en Vrydag; 09:00 tot 15:00 Saterdag; en 10:00 tot 15:00 Sondag. Petro 084 392 1032, Alna 072 844 5906, Irmgard 082 335 5972.

24 Augustus ) Steak Ete – Caledon-gholfklub. Kaartjies by Gholfklub.

25 Augustus ) Pret & Basaar Dag by Huis Klippedrift, Napier vanaf 08:00. Vir navrae, skakel 028-423 3862.

) Preprimêr Stoordans. Kaartjies by skool of Babilon’s . 0 Anne-Marie Kriel 082 324 8934. ) Swartberg Primary “Old Timers” function in school hall, 20:00 ‘till late. Guest stars Deon Kleynhans and the Restless Children. Information and tickets at the school on 028 212 1927

1 September ) ATKV-Op die plek rus-manne-ontbyt. Herleef Bosoorlog met genl. Roeland de Vries. Kaartjies by Franceska 083 351 3030 en Riana, Caledon Toyota. ) Bredasdorp-motorklubwedren oefenlopie. Navrae: Derick Taljaard 082 891 1096

6 September ) Caledon VLV vergader by Wes-kerk om 15:00. Kontak Retha Skein 028- 212 1432.

7-9 September ) Caledon Country Fair

12 – 15 September ) Agri Mega Week 2012 – Agri Mega Park, R319, Swellendamweg, Bredasdorp, Overberg, Wes-Kaap Landbou Ekspo & Indaba vir die kleingraan-, suiwel-, vee- en wolbedrywe. Bel 028 424 2890


Tuesday 21 August 2012

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

3

Full steam ahead for Bot Barley quotas bypassed River station development ANNETTE THERON The Bot River station development has been put out to tender, calling for a consortium or suitably qualified firm to develop a precinct plan for the project. In the spatial development framework (SDF) the Theewaterskloof Municipality developed in 2010, it highlighted the Bot River station as a special project. The role players in this, in addition to the municipality, are the national Department of Rural Development and Land Reform, as well as the Department of Economic Development and Planning. The project’s focus will be on heritage, and will take the local community’s input into consideration through ongoing consultation, says Noel Hunt, who attended a briefing session on the matter on Tuesday 7 August in his capacity as a member of the Bot River Aesthetics Committee. His main concern is that the heritage of the building be preserved, and that the community be adequately included in the process. Indeed, the area around the station has been identified as a heritage precinct, as Stiffie Cronjé, spokesperson for the Theewaterskloof Municipality, explains. “Heritage policies have been developed as part of the SDF.” Planning of further details is still required for the station precinct, he says, “and should address the proposed developments and implementation of the precinct”. On the cards are land-use controls to protect and promote heritage values within the precinct and works to enhance

the heritage character of the area. Options to market the Bot Rivier station as a heritage destination will also be investigated. In addition, consideration will be given to proposals for the preservation and restoration of conservationworthy buildings; the preservation of trees and vegetation, as well as the widths of streets and sidewalks, and features – such as street lights – that may contribute to the heritage character of the area; development proposals for the promotion of culture and recreation; and development proposals for all land uses that fall within the precinct. Cronjé says a precinct plan – such as is required by this project – should take into account all of the issues affecting an area, including its buildings and spaces, land uses, activities and transport. An essential aspect of the precinct planning process is feedback from the community on how the area should evolve. The precinct planning process requires consultation with the community, which includes residents, businesses and the development industry, to determine the best outcome for the area. Proposals for this important development must be in by 24 August, and the project is expected to be completed in a period of 10 months, effective from the date of the appointment of a service provider. Applicants have been invited to submit their precinct plan – sticking to this 10month deadline – to the Department of Rural Development and Land Reform at Private Bag 833, Pretoria 001, for the attention of Sunday Ogunronbi. The contact person for technical enquiries is Leona Bruiners on 021 481 8260.

Since enraged Overberg farmers said they were told too late by South African Breweries (SAB) that quotas would be placed on certain barley varieties (as reported by Gazette last week), SAB has taken a conciliatory stance on the matter. Asked why SAB needed to import barley with the same features as the local SSG564 variety instead of using local barley, John Stenslunde, general manager of SAB Maltings in Caledon, says SAB uses SSG564, along with Erica and Nemesia, to make up malt blends for their brewers. “Too much Erica in a blend has been shown to increase brewing process times, and SSG564 has been used to negate this. We have, however, conducted trials relating to the predicted tonnages, and so have made the decision not to import any barley to make up the shortfall.” He says SAB will buy what has been planted, plus 10 000 tonnes of Nemesia to counter the surplus Erica and act as a substitute for imports the company has traditionally brought in each year. So, in effect, the quota issue is a moot point. Asked whether he believes there is effective communication between SAB, the Grain Society and farmers around planting, Stenslunde says farmers choose individually which varieties to plant, but must do so with the right information. “This is an issue we will be working on with the industry. Our annual total tonnage mandate has been 160 000 tonnes plus a 10% overrun should farmers get better yields in a year, and is constrained by malting and storage capacity. “It must be noted, however, that every year at harvest SAB and industry representatives come together to understand quality and tonnage issues, and to deal with them to the benefit of the local industry.” He says SAB remains committed to the local industry. “The performance of the local varieties and farmers has been exceptional, and we are working with stakeholders now to ensure the issue of varieties and total tonnage is better managed in future.”

Overberg High makes about-turn on fees ANNETTE THERON A divorced mother has lashed out at a local school after her son was denied access due to outstanding fees. The school has readmitted him, following an enquiry by the Gazette. Natasha du Plessis says she was furious on Wednesday when Overberg High School told her that her son wouldn’t be welcome there until his fees had been settled. Du Plessis says the outstanding payment results from a clause in her divorce settlement agreement. Although she explained her situation to the school’s administrative assistant, she says, and is working towards paying her debt off, she was nonetheless sued for the outstanding amount.

“The administrative assistant at the school told me that my son would be denied admission because of outstanding school fees,” Du Plessis says, “and that she would bring this matter to the attention of the school governing board.” Du Plessis says she felt humiliated because this was not said to her in private, but in front of personnel, pupils and the school secretary. Bronagh Casey, spokesperson for education MEC Donald Grant, says a school’s governing body is responsible for determining its admission policy. However, she pointed out section 5 of the SA Schools Act, which states that no pupil may be refused admission to a public school on the grounds that his or her parent is unable to pay or has not paid the school fees de-

termined by the governing body. The Gazette contacted the school for comment, and was told by principal Eddie Labuschagne that the matter had been reported to the Overberg district office’s Helene van Zyl, the education department’s local circuit team manager. Van Zyl told this paper that the matter would be resolved. And indeed, on Friday morning Du Plessis received a call from Van Zyl, who told her that her son would be allowed to return to school. Van Zyl also told her that arrangements would be made to settle the account, and to assist with school fees next year. Du Plessis says she is exceptionally grateful to the Overberg District Office for helping her resolve the matter.

SAB’s maltings premises in Caledon.


4

Leader - Hoofartikel

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 21 August 2012

Frustrasie oor munisipale kommunikasie

Restraint This week allegations of police brutality reared their ugly head in Caledon while national debate is taken up by the police’s action last week at the Lonmin platinum mine in Rustenberg, in which over 30 strikers died. National Police Commissioner Riah Phiyega admitted on a radio talk show last week that the police need to return to their “service” as opposed to “force” orientation. It is a fact that civilians fear the police - maybe even more so than criminals. In a violent and criminal South African society the restraint of the police must be sorely tested. The mother of the Caledon man, who this week alleges police brutality, states that she served in the police for 32 years, working mainly with child molesters and abusers. “And even though I felt like killing them with my bare hands at times, I never lifted a finger. It is not part of the code of conduct.” Perhaps certain officers should revisit this paragraph from the SAPS code of conduct: “I commit to uphold and protect the fundamental rights of every person; act in a manner that is impartial, courteous, honest, respectful, transparent and accountable…”

Vroeg in Mei vanjaar was die watertoevoer in Botrivier enkele ure onderbreek vanweë noodsaaklike instandhouding en herstel van die waterpypleiding. Met die herstel van die watertoevoer, was die waterdruk vir eers abnormaal hoog. Dit het gelei tot skade aan van die inwoners se warmsilinders (geisers). Ek het ook skade gelei en moes my geiser se klep vervang. Die totale koste het R680 beloop en my versekering dek nie hierdie tipe skade nie. Ek het later verneem dat die Theewaterskloof-munisipaliteit erken het dat die abnormale waterdruk dalk skade kon veroorsaak het en bereid sou wees om inwoners vir skade te vergoed. Op 22 Mei het ek ’n brief aan die finansiële afdeling gerig en by die plaaslike kantoor ingehandig. Tot op hede het ek geen reaksie gehad nie, nie eens ’n ontvangserkenning van my skrywe nie, ten spyte van opvolgskrywes (per faks) wat op 9 Junie en 29 Julie aan ’n spesifieke persoon gerig nie. So iets

laat groot frustrasie. Behandel TWK-munisipaliteit alle inwoners so? Ek het geleer dat jy ontvangs erken van korrespondensie en terselfdertyd of later terugvoer verskaf, al is die antwoord dalk nie wat die briefskrywer graag wil hoor nie. Om net die korrespondensie te ignoreer, is bloot onbedagsaam. Dit laat my dink aan die onlangse betogings. Ek sal nooit wetteloosheid en vandalisme goedpraat nie, maar het die betogers dalk voorheen hulle lot êrens bekla en is hulle (ook) bloot geïgnoreer?

BRESLER VAN BLERK

Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van Theewaterskloof-munisipaliteit, het by navraag gesê: “TWK-munisipaliteit het geen kommentaar op die skrywe nie. “Die skrywer is welkom om die aangeleentheid direk met die kantoor van die munisipale bestuurder op te neem.”

Goeie ondersteuning spoor goeie diens aan Graag wil ek net die publiek bedank vir hul ondersteuning die afgelope vier maande. Villiersdorp Automark het 38 voertuie verkoop in minder as vier maande, wat ’n rekord is vir die besigheid vir die afgelope paar jare. Dankie ook aan die kliënte wat ons werkswin-

kel en parte-afdeling so goed ondersteun het. Verder waardeer ons u volgehoue ondersteuning by die brandstof-afdeling. Ons wil net die beste diens te alle tye aan u verskaf.

NICO HERBST EN PERSONEEL, Villiersdorp Automark

Senior citizens are tops! Senior citizens are constantly being criticised for every conceivable deficiency of the modern world, real or imaginary. We know we take responsibility for all we have done and do not blame others. However, upon reflection, we would like to point out that it was not the senior citizens who took: The melody out of music, The pride out of appearance, The courtesy out of driving, The romance out of love, The commitment out of marriage, The responsibility out of parenthood, The togetherness out of the family, The learning out of education, The service out of patriotism, The Golden Rule from rulers, The nativity scene out of cities, The civility out of behaviour, The refinement out of language, The dedication out of employment, The prudence out of spending, The ambition out of achievement or God out of government and school. And we certainly are not the ones who eliminated patience and tolerance from personal relationships and interactions with others. Yes, I’m a senior citizen. I’m the life of the party even if it lasts until 20:00. I’m very good at opening childproof caps with a hammer. I’m awake many hours before my body allows me to get up. I’m smiling all the time because I can’t hear a thing you’re saying. I’m sure everything I can’t find is in a safe secure place, somewhere. I’m wrinkled, saggy, lumpy and that’s just my left leg. I’m beginning to realise that aging is not for wimps. Yes, I’m a senior citizen and I think I am having the time of my life!

MARIE SWEETNAM

THE TASTE OF GOOD DEEDS: Caledon Animal Welfare volunteers braved the winter chill to set up a pancake and home-baked goods stall at the monthly Caledon Millstone Market. Seen here (from left) are Nico Louw, Alet du Plessis, Riëtte and Annmarie Steyn. In front are young supporters Auke and Miané Steyn. The team thanks everyone for their support, and invites people to call them on 078 109 8372 with any queries. PHOTO: HELGA SCHÖFMANN

Rubriek

Populistiese ‘leiers’ wat spiere bult skep virtuele dinamiet

LEI DE GRIFFIER “1 minuut; 18 lyke.” So berig Die Burger verlede week ná die polisie 18 tot 20 mense by Lonmin se Marikana-platinummyn, naby Rustenburg in die Noordwes Provinsie, doodgeskiet het. Uiteindelik is 34 mense dood en baie meer beseer. Wat ’n ongelooflike tragedie en duistere moment in dié land se geskiedenis. Verlede week se tonele het sterk ooreenkomste met soortgelyke insidente wat alledaags in apartheid-Suid-Afrika was. Vir baie mense voel dit inderdaad weer soos in die dae toe ’n amperse burgeroorlog die land wou verswelg. Vir baie mense voel dit dat hulle nie vry is nie; ten minste nie van geweld nie en dat hulle teikens geword het waarna geweldenaars na

willekeur skiet. Die gebeure is die gevolg van vakbondgevegte en bevestig hoe diabolies invloedryk vakbonde geword het en hoe hulle die sosiale orde aan flarde ruk. Niks kan die hartseer van dié situasie verwater nie, maar SuidAfrikaners wat hieroor geskok is en wonder waar dit skielik uitdop, lewe met oogklappe aan. Dié tragedie broei lankal; dit het bloot ’n plek gesoek om te gebeur. Dit was ’n enorme en etterige pitseer wat een of ander tyd sou oopbars. Dit was onafwendbaar. Soos dit gewoonte geword het, word die polisie veroordeel. Nie totaal onvanpas nie, want vir jare dreig die wetstoepassers om kop te verloor. Tóg is dit dié keer ’n bietjie anders: dae voor die tragiese gebeure is twee polisiemanne brutaal deur vermeende vakbond-

stakers vermoor; is hulle doodgekap. Die oorledenes se wapens is gebuit en waarskynlik in die bloedige geveg teen die polisie gebruik toe hulle fisies slaags geraak het. Die presiese oorsaak van dié tragedie sal hopelik deur ’n kommissie van ondersoek bepaal word, maar as gerugte waar is dat ’n groep oproeriges die polisie met pangas en assegaaie bestorm het, moet die vreesaanjaendheid daarvan in gedagte gehou word. Daar moet in gedagte gehou word dat die polisiemanne mense is, vleesen-bloed-mense, en mense met vrese. As dit werklik ’n geval was van skiet of sterf, is dit moeilik om die polisie op slag te veroordeel. Die mense wat glo die polisie bestorm het, is nie weerloos nie en het in voorafgaande dae, tydens gewelddadige konfrontasies tus-

sen die vakbonde, grafies aangetoon dat ’n moorddadige gees by die myn heers. Baie mense en groeperinge moet lesse uit die tragedie leer. Voor in die koor is die regering en vakbonde wat móét verstaan dat massa-aksies gevolge het; dikwels bloedige gevolge. Die vakbonde moet vir seker die aard van hul protesbedrywighede herdink. Die polisie het lesse om te leer. Só ook populistiese “leiers” wat gemoedere opjaag. Dit is nie die eerste maal dat proteste wat met vakbonde te make het, in geweld en anargie eindig nie. Dit is inderdaad vreemd dat gister se situasie nie al tevore gebeur het nie. Suid-Afrika het ’n land van proteste geword. Nie ’n dag gaan om sonder gewelddadige stakings iewers in die land nie. Tans word

die Wes-Kaap deur gewelddadige proteste geteister en dui baie daarop dat leiers van die protesmakers geweld openlik aanblaas. Opmerkings soos, “Ons sal die plek onregeerbaar maak” en “As julle nie aan ons eise gehoor gee nie, gaan julle éérs boet,” het alledaags geword. Populistiese “leiers” wat spiere bult, skep virtuele dinamiet en dien dikwels as beide die ontsteker én die lont. Dit is tyd dat dié wat geweld aanjaag vir skade en beserings verantwoordelik gehou word. As boosdoeners onder protesteerders nie vasgevat word nie, gaan dít wat in Marikana gebeur het, ’n algemene gesig word. Geweld het ’n gewoonte om homself te herhaal en noudat dit ontaard het, is die kanse goed dat dit meer en meer gaan gebeur.


Tuesday 21 August 2012

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

5

Getting into the spirit of things

A twist of tastes was served at the Caledon Casino, Hotel & Spa’s recent monthly wine and dine.

REKENAARKURSUSSE: Towdah Ministries van Caledon spits hulle nie net toe op kerk-aktiwiteite nie maar doen ook opheffings- en gemeenskapswerk. Benewens die sopkombuise waar daar weekliks op Caledon en Myddleton sop uitgedeel word aan kinders, het hulle in die verlede rekenaarprogramme vir werklose belangstellendes aangebied. Volgens pastoor George Rhode is hulle nou weer gereed om soortgelyke kursusse aan te bied wat op 27 Augustus ’n aanvang sal neem. “Sonder rekenaar- vaardigheid is ’n werk haas onmoontlik.” Ons wil die werkloses bemagtig. Die opleiding is gratis en belangstellendes ouer as 18 jaar kan my gerus kontak by 072 44 20491. “Die rekenaarkursusse word deur ’n kundige, Matthew Sonn aangebied en hy word bygestaan deur George Rhode by Towdah Ministries se kerksaal in Bergsig regoor die ou kliniek. Dié kursus sal op Dinsdae en Donderdae aangebied word. Na voltooiing van die kursus sal kursusgangers ’n sertifikaat ontvang. FOTO: VERSKAF

Working with Distell liquor brands, the evening kicked off with a Piscotini cocktail made with Collison’s White Gold Brandy paired with appetizers of melon and Parma ham rounds with wild rocket and pine nut pesto, smoked salmon and chive crème fraîche accompanied by a lemon and Peppadew salsa. The evening’s gastronomic delights were paired with two superb Nederburg wines and intro-

duced with a fine brandy tasting with Klipdrift Premium, Klipdrift Gold and Van Ryns 10-year vintage. The brandies were delicately paired with local chocolatier Von Gesau’s handmade truffles. “The buzz from the diners proved that this recipe for wine and food pairing has become a signature event where guests are educated and old myths busted,” a spokesperson says. “From chicken roulade for starters and deconstructed beef Wellington for mains to brandy tart and coffee for dessert, the full house spoke for itself.”

Seen here (from left) are Shaun Bruce (Caledon Casino Hotel & Spa’s executive chef), Timmy van de Rheede (Distell sales manager), Joy Issel (Caledon Casino food and beverage manager), Pierre Schelhase (Distell brandy ambassador) and Casper Pieters (sous-chef at the Caledon). PHOTO: HELGA SCHÖFMANN

Nuwe wolseisoen open op teleurstellende noot Die eerste veiling van die nuwe wolverkoopseisoen in Port Elizabeth het 15 Augustus op ’n teleurstellende noot geopen toe wolpryse teruggesak en Cape Wools se Merino-aanwyser met 7,2% vergeleke met die vorige seisoen verswak het en op R87,37/kg (skoon) gesluit het. Dié daling, hoewel nie onverwags nie, was in navolging van die Australiese mark waar pryse ook skerp gedaal het te midde van onsekerheid, moeilike vraagtoestande weens die krisis in die euro-sone en verwagte lae groei in die wêreldekonomie. Daarbenewens was die rand ook 2,5% sterker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die gemiddelde koers van die vorige veiling. Dit was ’n groot veiling met

12 778 bale wat aangebied is, waarvan net 88% verkoop is. ’n Redelike groot persentasie van wol wat aangebied is, is weens die laer pryse teruggehou. Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 18 mikron daal met 7,4% tot R99,91/ kg, 19 mikron verswak met 10,3% tot R95,15/kg, 20 mikron was 8,2% goedkoper op R92,16/ kg, 21 mikron daal met 7,9% tot R91,30/kg en 22 mikron verswak met 8,6% om op R92,17/kg te sluit. Geen veiling is vir volgende week geskeduleer nie. Veilings hervat weer op 29 Augustus. Dit is nog onbekend hoeveel bale aangebied sal word omdat die onlangse sneeu en reën in baie gebiede skeer vertraag het.

Elvis Blue in B’River Elvis Blue – who won Idols SA 2010, only to follow his victory up with a platinum album in late 2011 – has set himself apart as an exceptional performer of live music. Now, the Bot River Hotel is proud to announce that Elvis Blue will be performing at the

hotel later today (Thursday 22 August). Head over to the venue for a fun-filled evening, set to kick off at 19:30. Limited tickets are available, so contact the Bot River Hotel at info@bothot.co.za or on 071 987 9226 as soon as possible.

TAFELRONDE SAMESYN: Caledon Tafelronde het Vrydag 3 Augustus eetgerei aan Tafelonde Herberg geskenk. Links agter staan Wynand Myburgh, Barnie Smal en Milne Badenhorst en voor sit Danel Badenhorst by die inwoners van die herberg. FOTO: VERSKAF

Kansa beplan volgende jaar se Relay Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Relay For Life sal volgende jaar op 23 en 24 Februarie in Caledon plaasvind. Almal in die gemeenskap kry die geleentheid om deel te neem. Dié gebeurtenis verteenwoordig hoop – dat diegene wat die stryd teen kanker verloor het nooit vergeet sal word nie, en dat diegene wat kanker in die gestig staar, ondersteun sal word om die kanker die hoof te bied. Die Relay For Life is ’n fondsinsamelingsprojek van Kansa en ’n deur-

nag-spangeleentheid wat veral fokus op oorwinnaars, bewusmaking van kanker en ook die baie belangrike fondse insamel wat benodig word vir die stryd teen kanker. Die Relay For Life is ’n gemeenskapsgedrewe projek en word deur vrywilligers bedryf. Spanne bestaan uit 10 tot 15 persone. Spanne bring tente en slaapsakke saam en kan uitspan, maar ten minste een lid van die span moet te alle tye om die baan stap. Die hoogtepunt van die Relay for Life is die luminaria-seremonie, waar

die sakkies wat versier is met ’n geliefde se naam, rondom die baan geplaas word. Die voorsitter van die Relay-komitee vir 2012–’13 is Myrna Pretorius. Die komitee doen ’n beroep op die gemeenskap om aan te sluit by Relay for Life en deel te word van die komitee of subkomitee. Hulle kort dringend nog komiteelede om hulle te help om die 2013 Relay suksesvol aan te bied. Bel Karin Brand by 079 306 1042 of Myrna Pretorius by 072 588 9052 vir verdere inligting.

Dinner T h e a t re

Larry Soffer - Magician & Ill usionist

Saturday 25 August R200 per person including dinner Venue: Swartberg, at The Caledon Hotel Tickets available at The Caledon Hotel Reception Desk Doors open at 7pm and the show starts at 8h30pm

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za


6

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 21 August 2012

Leeslus geprikkel

LEIERS IS SLAGGEREED: Die matriekraad van 2012 wat verantwoordelik was vir die organisering van die Aurumaand, met die tema Bredasdorp-army in ligte luim. Agter van links is Elroy Koeberg, Marcé Teixeira, Doreen Heyns, Mariska van Zyl, Willem van Schalkwyk en Jean Rossouw Voor is Leighton Visagie, Jason Buys, Anneke Snyman, Rulani Visser, Nadia van Eeden en Gerius Moelich. Jandré Binneman was afwesig. FOTO: VERSKAF

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Hermanus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

DIANA PETRONELLA SAULS (neé De Beer) 21/07/39-15/08/12. Ons neem afskeid van 'n geliefde Moeder, Ouma en Tante. Van Vera, Leroy en De Brooks familie. Begrafnis 25 Aug om 09:00 by die huis, 1ste Laan en 10:00 vanuit die Anglikaanse Kerk, Caledon.

12 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel 021-696 0676. OVERBERG CATERING/HIRING. Demperstraat 10, Caledon. Te huur: Breekgoed, messegoed, glasware, linne, stoeloortreksels, bykomstighede. Skakel Egbert 082 789 7260.

Die bibliotekaresse van Laerskool Overberg, Mariana van Deventer, het Donderdag 16 Augustus en Vrydag 17 Augustus ’n boekuitstalling by die skool gereel om lees by die leerlinge aan te moedig. Vir Donderdag het sy ook die bekende kinderboekskrywer, Carina Diedericks-Hugo, gereël om ’n praatjie vir gr. 1 tot 7- leerlinge te lewer oor hoe ’n mens ’n boek skryf en die belangrikheid van lees. Diedericks-Hugo het ook ’n storie van een van haar boeke wat sy geskryf het, vertel. By die spannendste deel van die verhaal het sy gestop en die leerlinge uitgedaag om die boek te gaan lees. Opgewonde leerlinge het Mariana daarna in die biblioteek oorval om hulle name op ’n waglys te plaas om die boek uit te neem sodat hulle die geheim kon ontrafel.

PA D S TA L / R E S TA U RANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028214 1475.

KYK WIE'S 1!

CHLOE GEORGIA BARRY 22/08/11. Veels geluk aan ons klein sonstraaltjie. Die Hemelse Vader het jou nou vir 1 jaar uitgespaar om saam met ons te wees. Mag jy vir altyd blom soos nou. Ons is baie lief vir jou. Mammie & Pappa

ERF TE KOOP: Daniël Stallenbergstraat 4, Bergsig Caledon. Vir verdere inligting skakel 072 994 8938. FIETS R80; 2 Stuk sitkamerstel R750; Spieëlkas R 500; Kopstuk R250; TV R400; Toiletpot R250; Gasstoof R550; Stootwaentjie R350; Baymarine R300; Garage deur o p e n e r R 9 0 0 ; Kombuisstel R350. Skakel 072 466 6900.

Gates, burglar bars and braai drums. All steel and welding jobs etc. Call 078 275 1781 / 028-212 3744.

AUTO ELECTRICALDIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. LEE'S WELDING

Van links is Nicola Rust, Lynn Fisher, Carina Diedericks-Hugo, Anró Beukes en Karli Barnard. FOTO: VERSKAF

K R A G G E R E E D S K A P. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

STORAGE. Secure and dry units from R299 pm. Best prices. Transport available. Call De Wet 082 439 9704. THE GABLES 113 Kusweg, Strand, reg langs see. Bekostigbare selfsorg akkommodasie. Senior dames vanaf 50 jaar. Permanent / semi huur. Opsie om te deel (met vriendin). Skakel Melanie 083 758 3841.

TO LET: 320m² Office space at 8 Haw Street, Caledon. Call Xpert Property Administration 028-313 0132/082 870 5704.

Hiermee vra ek Margaret Marsh onverskoning vir Kallie Papier vir die dinge wat ek in die publiek van hom gesê het.


Tuesday 21 August 2012

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

Where there’s a will, there’s a way ANNETTE THERON Samantha Booi (24), from New France in Bot River, is only too familiar with the daily struggle of simply being able to put food on the table. Up until January this year she was a waitress at a local restaurant, but the restaurant closed its doors and she thought her world would fall apart. She managed to secure a three-month contract picking apples, but has been jobless since May. However, thanks to an alliance she has formed with a local with a lot of love to give, she isn’t without hope. “My whole life has been full of ups and downs,” says Samantha. “On 30 July, my world changed for the better,

though, when I met Hester Hawkins. I secured a cleaning job, but arrived early and this wonderful woman saw me standing shivering in the cold, and invited me into her home for a warm cup of coffee.” These two women forged an immediate bond. Hester has always had a heart for community work, and says she has now found her calling. Samantha also has a heart for her fellow man, even though she lives in a tiny, humble home and has very few earthly possessions. “As long as my two-year-old son Ishan does not go to bed hungry, I am happy,” she says, wiping away a tear. But the smile quickly returns when she enthuses about the new project she and Hester have embarked upon. Hester used to be the owner of Lady Chic

Boutique at the Bot River railway station, and is a very thrifty shopper. She has made it her mission to collect everything from beds to socks to pass on to Samantha, who in turn sells the items to the residents of New France. They sell items for only R2, R5 and R10. “It is not my intention to make money,” says Samantha. “I only want to be able to buy food.” Hester nods in agreement. “Yes, she is building up a kitty to buy more items, and I am administering the money.” These two angels of Bot River would appreciate any donations, suggesting that perhaps there are hotel or guest house owners who have old linen and towels to give away. Right now they need warm clothes and shoes. Hester Hawkins is willing to collect, and can be called on 028 284 9008 or 084 781 1983.

Samantha Booi (holding Ishan) and Hester Hawkins have initiated an novel project in Bot River . PHOTO: ANNETTE THERON

BOEKE EN SJOKOLADE: Caledon-biblioteek het 9 Augustus alle vrouens wat die biblioteek besoek het, met sjokoladestafies bederf. Bibliotekaresse Yolanda Julies, (agter in die middel) en Helene Viljoen, assistent, heel links, hier by van hulle vroulike besoekers. FOTO: VERSKAF

Gasvroue by die geleentheid

FOTO: VERSKAF

Vroue van die Bybel op Vrouedag FRANCOIS ABRAHAMS Bredasdorp was in rep en roer met die viering van Vrouedag op Donderdag 9 Augustus. Die Liefdesnessie Dienssentrum, onder leiding van Lien Kies, en organiseerders Lettie en Claire Hess, het hulself uitstekend van hul taak gekwyt om die belangrike rol van die vrou te huldig en het sodoende die vroue van Bredasdorp herinner dat vroue ’n spesiale en kardinale rol te speel het in die gemeenskap van Bredasdorp. Die tema vir die geleentheid was ’n Kykie in die lewe van Vroue van die Bybel en daar is op vroue soos onder meer Eva, Rut, Dorkas, Joggebed en die Vrou by die Put gefokus. Eerwaarde. Ulric Groenewald van die Anglikaanse Kerk, het die verrigtinge geopen en het Handelinge 9:36 as teks voorgehou. Deur die tema van vroue in die Bybel is vroue aangemoedig om onder meer die wêreld te wys wat menslikheid is, om gasvry te wees te midde van die groot druk wat die beroepslewe aan ’n vrou stel, en om hul talente ten toon te stel. Carmen Pedro, een van Suidpunt Idols se naaswenners,het die gehoor bekoor

met Wind beneath my wings. Meeste van die vroue wat teenwoordig was, was volgens drag uit die Bybel geklee. ’n Gelukkige prystrekking het plaasgevind waarin Aureshia Coert die prys losgeslaan het. Die tafels is volgens die agtergrond van verskillende vroue in die Bybel verfraai en die slang en vrugte het ook hul opwagting gemaak by Eva se tafel. Ander attraksies op die tafels was onder meer die water wat die Vrou by die Put voorstel, asook mandjies vir die moeder van Moses, Joggebed, se tafel. Die innerlike van die vroue is versterk met voedsel uit die dae van die Bybel, soos onder meer brood, sop en vis. Die dienssentrum se bestuurder, mev. Kies en Carmen Pedro is ná afloop van die verrigtinge deur een van Radio Overberg se omroepers gevra om die gemeenskap in te lig oor die agtergrond van dié geleentheid. Dis juis met hierdie Bybelse agtergrond dat elke vrou herinner moet word aan haar innerlike skoonheid, haar eenvoud, en haar verkose rol deur God, om sodoende ’n Godvresende vrou te wees in hierdie samelewing waar mans min erkenning gee aan die ondersteunende rol wat die vrou speel

VARS GESIGTE: Babilon’s in Hawstraat is onder nuwe bestuur. Dié dinamiese span vroue sorg dat die dorp altyd van vars groente en vrugte voorsien word teen sakpaspryse. Van links is Hannie Morgan, Issabel Erasmus (nuwe eienaar), Lynette Solomons, Dina Coert, Rosaline bergh, Zelna October en Jackie Louw.


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 2 • Dinsdag 21 Augustus 2012 | Tel. 028 214 1294

Veelsydige uitblinker

SWARTBERG DRAF UIT: Die 0.19A-rugbyspan van Swartberg Sekondêr het Dinsdag 14 Augustus uitgedraf teen De Rust Futura van Grabouw. Dit was die laaste keer dat hulle onder dié skool se vaandel sport sou beoefen en hulle het dit boonop gedoen deur De Rust met 24–12 te klop. Die skool het vir hulle dié wedstryd gereël as blyk van waardering vir die jare wat die manne sport namens en vir die skool beoefen het en hoewel daar van die spelers was wat nie aktief rugby gespeel het dié jaar nie, is dit weer eens bewys dat Swartberg Sekondêr beslis sporttalent het. FOTO: ANDRÉ DE BRUYN

Lize-Mari Burger,’n gr. 7-leerling van Laerskool Bredasdorp, is ’n veelsydige leerling wat in verskeie sportsoorte en ook op akademiese gebied uitblink. Sy is vanjaar tot die Bredasdorp Leerlingraad verkies en is ook een van die akademiese uitblinkers in haar klas. Lize-Mari was kaptein van haar kleurgroep by die Interhuis-atletiekbyeenkoms en het die Suid-Bolandspan gehaal wat by Dal Josafat in die Paarl aan die Boland-kampioenskap deelgeneem het. Sy het aan twee items deelgeneem, die gewigstoot en diskus, en het ’n derde plek in diskus behaal. Sy is in die Bolandspan opgeneem wat in Oudtshoorn aan ’n byeenkoms teen WP en SWD deelgeneem het. Lize-Mari is doelwagter van Laerskool Bredasdorp se o.13A-hokkiespan, asook verdediger van die o.13A-netbalspan. Sy het vanjaar die Suid-Boland-netbalspan gehaal. Sy kry reeds agt jaar swem-afrigting, is tans lid van die Vineyard-swemklub en het haar klub by verskeie galas verteenwoordig. Sy het baie goed gevaar by Laerskool Bredasdorp se swemgala en is as Victrix Ludorum aangewys. Sy het ook gekwalifiseer om aan die Nasionale Vlak 1-swemkampioenskap in Oos-Londen deel te neem, waar sy in die vryslag- en rugslag-items in aksie was. Volgens Lize-Mari geniet sy dit om aan so ’n verskeidenheid sportsoorte deel te neem, want, sê sy, “Dit hou my besig!” Sy hou ook daarvan om saam met haar maats te oefen en as sy regtig moet kies, sal swem die gunsteling wees.

Lize-Mari Burger

FOTO: VERSKAF

Rossouw is klubkampioen

TOPSPELERS: By Laerskool Bredasdorp se Sportdag teen Laerskool Volschenk is daar weer vir elke span ’n speler van die wedstryd aangewys. Daniël Brand van Rola Toyota Bredasdorp het by ’n saalbyeenkoms ‘n kontantprys aan elkeen van dié leerlinge oorhandig. Die skool is dankbaar vir Rola Toyota Bredasdorp vir dié aansporing vir hul leerlinge. Hier (agter tweede van links) is Werner van Huyssteen, skoolhoof en heel regs is Daniël Brand. FOTO: VERSKAf

Morne Rossouw, 4-voorgee-speler, is Caledon Gholfklub se nuwe klubkampioen nadat hy op Saterdag 18 Augustus met ’n veld vol gedugte teenstand af kon reken. Ná afloop van die oggend se 18 putjies het Rossouw ’n voorsprong van drie houe geniet teenoor die verdedigende kampioen, Eduard Coetzee, asook Marshall Benjamin. Hy het bestendige spel opgelewer oor die middag se 18 putjies en het uiteindelik met ses houe geseëvier. Sy rondte-tellings van 75 en 75 het bestaan uit 24 syfers, vier voëltjies en agt brouhoue. Coetzee het tweede geëindig met rondte-tellings van 78 en 78. Rossouw was ook in 2010 die klubkampioen. In die B-afdeling vir spelers met ’n voor-

gee 10 tot 15 het Dirkie Groenewald geseëvier en met 7 houe gewen. Braham Harris, 16-voorgee, was die wenner in die C-afdeling wat slegs oor 18 putjies beslis is. Sy rondte-telling van 90 klop die verdedigende kampioen, Johan Langenhoven, met een hou. Die kampioenskappe is vir die derde agtereenvolgende jaar deur Caledon Spar geborg. Die volledige uitslae was as volg: A-afdeling: Morne Rossouw – 150 (75; 75); Eduard Coetzee – 156 (78; 78); Marshall Benjamin (78; 79). B-afdeling: Dirkie Groenewald – 169; Christo Simons – 176; Lynton January – 179. C-afdeling: Braham Harris – 90; Johan Langenhoven – 91; Jeremy Prins – 95.

Die afdeling-wenners in Caledon Gholfklub se klubkampioenskappe was (van links) Braham Harris (C-afdeling), Dirkie Groenewald (B-afdeling) en Morne Rossouw (A-afdeling). Hul trofeë is deur Martin Barnard (regs), verteenwoordiger van die borg, Caledon Spar, aan hulle oorhandig. FOTO: VERSKAF

Villiersdorp-posduifuitslae Villiersdorp Posduifklub se wedvlug van Leeu-Gamka op Donderdag 9 Augustus. (North Boland Homing Union): 1. T.Dos Santos; 2. T.Dos Santos; 3. Allie Kotze; 4. A.P. Lingenfelder; 5. Allie Kotze Wedvlug Leeu-Gamka: 1. T.Dos Santos; 2. T.Dos Santos; 3. A.P Lingenfelder; 4. T.Dos Santos; 5. Blackie & Elton.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.