Theewaterskloof Gazette 22 Jan 2013

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 22 January 2013 | Tel. 028 214 1294

OPGEWONDE: Daar was Woensdag (16 Januarie) nie ’n traan in sig by Botrivier Primêr se gr. 1-leerlinge nie. “Dis omdat die oorgrote meerderheid reeds laasjaar gr. R by die skool voltooi het,” het Leana Beukes gesê. Heel regs staan Annika Kritzinger, Willa October en Leana Beukes, wat vanjaar die gr. 1-leerlinge sal onderrig. FOTO: ANNETTE THERON

V’dorp­onrus tref sakelui hard ANNETTE THERON Die vinnige optrede van die privaat brandweerdiens en ander helpers op Villiersdorp het waarskynlik voorkom dat al 20 000 vrugtekratte by die Betko-pakstoor op dié dorp uitbrand. Volgens ao. Sylvester de Long van die polisie is brand verlede Donderdag (17 Januarie) by die pakstoor gestig met die doel om al die kratte te verbrand, maar net sowat 900 kratte het in die slag gebly. Boytjie Fyfer, voorsitter van die Villiersdorp-sakekamer, sê die plaaslike polisie doen alles in hul vermoë om die geweld op die dorp te hanteer, maar meen hul teenwoordigheid is nie voldoende nie. “Die oproermakers doen net wat hulle wil. Hulle versper paaie, intimideer plaaslike inwoners, maak rassistiese opmerkings, dreig die plaaslike inwoners met die dood en om inwoners se huise af te brand.”

Hy vind dit onaanvaarbaar en betreur die skade. “Houtrelings wat deur ’n besigheidsman aan die munisipaliteit geskenk is om die dorp te verfraai, is afgebreek en aan die brand gesteek.” Fyfer se bakkie is ook met klippe bestook en die agterruit stukkend gegooi. “Ek sien ’n duister 2013,” sê ’n ander sake-eienaar. “Kyk hoe lank sloer die mynstakings. Ek voorspel die boere gaan begin meganiseer. Rentekoerse is laag en hulle het nie hierdie van die werkers nodig nie. Hulle gaan ’n ander plan maak en waar gaan die plaaswerkers dan heen?” Die eienaar voel moedeloos en sê die huidige swak ekonomie dra by tot die kommer. “Hier word nie gepraat en onderhandel nie – reg word in eie hande geneem en die skade is groot. Hoe gaan ons dit ooit verhaal? Die impak van die geweld op Villiersdorp kring ook uit na ander dorpe. “Omdat ek in Worcester bly en op Caledon kom werk, affekteer die staking my geweldig,” sê ’n sake-eienaar van Caledon. “Daar was al situasies waar

ek by Villiersdorp moes omdraai en nie Caledon toe kon ry nie. My voorraad word beïnvloed aangesien drywers nie voorraad kan aflewer nie. My werksmense moes ook al uit my bakkie spring en weghardloop, want die betogers wou ons met klippe bestook.” ’n Inwoner van Villiersdorp vra: “Wat van ons demokratiese reg om in ’n vry, demokratiese land te mag leef? Ek is gefrustreerd. Hierdie staking het niks met ons te doen nie.” Nog ’n inwoner meen die staking gaan eintlik oor vakbonde wat “’n vinger in die pie” wil hê. “Die werklose massas staak onder die vaandel van ‘plaaswerkers’. Al wie swaarkry is die werklike werkers wat nie werk toe kan gaan nie. Dis alles politiek van die fat cats.” Samuel de Koker, visepresident van die Black Association for the Wine and Spirits Industry (Bawsi), sê dít is ongegrond. “Die boere besef dat hulle nou met ingeligte werkers sit wat hulle arbeidswette ken. Die boere is verskriklik bang omdat hulle nou met meer gelet-

terde plaaswerkers te doen het.” De Koker sê ook húlle betreur die vandalisme, “maar daar is ongelukkig ’n kriminele element wat die situasie uitbuit en die besighede plunder”. Hy meen uitsprake dat dit nie plaaswerkers is wat staak nie, is die negatiewe uitkyk van desperate boere. “Hulle gryp na enige strooihalms om ons te diskrediteer.” “Ons weet daar is ’n groot werkloosheidsyfer in die land. Die boere moet dit nie gebruik om te sê werklose mense intimideer die mense wat werk nie, want hoe kan die boere onderskei tussen ’n werklose en ’n werker? Dis skoon bog! “Dis ’n oorlog in die kleine, want boere besef nie dis ’n nuwe Suid-Afrika en dat werkers hulle regte het nie. Lees nog ’n berig op bl. 3. ) Op ons webwerf: Kyk na beeldmateriaal van Protea Drankwinkel wat tydens die Villiersdorp-onrus besteel is, en kyk na tonele uit Robertson in ’n nuwe foto-galery.


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 22 January 2013

G’n tranedal in Overberg se skole ) Die bekendstelling van Carol Mangiagalli se kunsboek vind op 1 Februarie om 11:00 in die Caledon-biblioteek plaas. ’n Versameling van Carol se kunswerke is saamgevat in hierdie boek, en word uitgegee deur Penny Dobbie Gallery in Kaapstad. Die bekendstelling van die boek is ’n groot hoogtepunt in haar kunsloopbaan en hierdie boek hoort op elke kunsliefhebber se rak. Bel Carol by 028 212 3351 vir nadere besonderhede. ) Die jaarlikse Kansa Relay for Life vind op 23 en 24 Februarie by Hoërskool Overberg se sportterrein plaas. Die organiseerders beplan vanjaar ’n talentkompetisie met groot pryse. Al wat jy nodig het om deel te neem, is ’n begeleidingsnit op CD of ’n musiekinstrument. Bel vir Jacques Ungerer by 084 688 9295 vir verdere besonderhede. Die sluitingsdatum is 16 Februarie. ) The Big Blues Music Festival in Kleinmond on 1 and 2 March is a unique event owned and coordinated by the Hangklip-Kleinmond Tourism Bureau, with the aim of promoting their beautiful coast. General festival facilities include a 1 050 m² marquee for shade, safe parking, a buddy bus to get visitors safely home, a kiddies club, accommodation specials, shops, galleries and restaurants in the trendy Kleinmond Harbour Road. The full main stage line-up is available on the website www.bigblues.co.za. Ticket prices vary from R130 to R250 per person and are available from Computicket.

ANNETTE THERON Dit wou voorkom asof daar vanjaar minder trane was by talle skole in die Overberg en Bertram Loriston, direkteur van die Overberg-onderwysdistrik, meen dis omdat leerlinge wat gr. R voltooi

het, emosioneel beter voorberei is. Die getal gr. 1-leerlinge wat vanjaar by Overberg se skole ingeskryf het, kan nog nie bekendgemaak word nie, aangesien die inligting eers na tien skooldae deur die Overberg-onderwysdistrik beskikbaar gestel sal word.

Juffrou Maria Molfert was in haar noppies met haar groep gr. 1-leerlinge, want daar was nie ’n traan in sig nie. FOTO: ANNETTE THERON

Juffrou Joss Sauls van die Sonskyn-kleuterskool het vir Rovediah Joy (links) en Elvericia Adolf baie drukkies gegee toe die verlange na hulle ma Woensdagoggend te groot word.

Zahn Grobbelaar met haar groepie Engelse gr. 1-leerlinge, op hulle heel eerste skooldag by Laerskool Bredasdorp.

The circus is coming 7 – 10 March RAMfest at Circle of Dreams, Riviersonderend. Full line-up and details available at http:// www.facebook.com/events/349699058431388

16 Maart ) NG Kerk Greyton hou basaar. Begin om 09:30 in Kerksaal. Navrae: Anet by 0 082 872 0600

Ladies and gentlemen and children of all ages, the McLaren Circus is coming to Caledon! The circus will be held at the botanical gardens on 28 and 29 January. Show times are 15:00 and 19:00 daily. The circus has assembled a cast from across the globe, resulting in an all-new international cast and beautiful ani- Two lucky readers stand the chance to win mals. two double tickets to the circus. SMS your reply For years, McLaren to 33675. Each SMS costs R1,50. ‘What is Circus has been travel- the name of the circus coming to Caledon?” ling as a one-stop fun, family circus with a colourful acts, costumes and treasured exarray of charismatic circus otic animals.

Volgens Marius Koekemoer, skoolhoof van Ovies Primêre Skool, het slegs een van die 70 gr. 1-leerlinge gehuil. “Hulle is te pragtig!”

Chrizell Roodt is die nuwe gr. 1-onderwyseres by The Glebe Primêre Skool in Myddleton. Sy het vir ses jaar deeltyds deur Unisa studeer ten einde haar droom te verwesenlik om tot die onderwys toe te tree.


Tuesday 22 January 2013

News - Nuus

Oproer oor huise­tekort

Inwoners van Riviersonderend tydens die protes aksie. heid het ’n groep inwoners van Joe Slovosquare in Riviersonderend verlede jaar van ’n afgeleë gebied na ’n gebied verskuif wat meer geredelike toegang tot dienste soos water en sanitasie het.” Cronjé sê voorts die munisipaliteit voer tans gesprekke oor die moontlikheid om die Ou Inry-gebied in Riviersonderend by ’n privaat eienaar te koop met die doel om sowat 200 gedienste huise daarop te bou. “Sodra die onderhandelinge, prosesse en planne gefinaliseer is, sal die projek vir befondsing aan provinsie voorgelê word. “Wat die versoekskrif van Riviersonderend se inwoners betref, het die munisipaliteit per brief aan hulle terugvoer verskaf. Die owerheid kan nie die 800 gesinne verifieer nie, maar kan bevestig dat daar 619 name op Riviersonderend se behuisingswaglys is.” Cronjé sê voorts: “Gegewe die tekort aan fondse om die behuisingsnood aan te spreek, het die gemeenskappe waarskynlik rede tot ongemak, maar is die tekort aan befondsing ’n saak wat by die provinsiale en nasionale regering berus. Die munisipaliteit hou die nasionale en provinsiale regerings deurlopend op hoogte van gemeenskappe se behuisingsgriewe en -behoeftes en poog voortdurend om addisionele fondse vir behuising te beding.”

3

Intimidasie-gerugte ontken ANNETTE THERON

Ongeveer 300 mense het op 11 Januarie by ’n protesaksie in Riviersonderend hulle misnoeë uitgespreek oor behuising. Teeroppervlaktes van verskeie strate is in die optog beskadig. ’n Memorandum is aan die Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK) oorhandig. “Daar is beweer dat ons jare laas huise in Riviersonderend gebou het en die mense wou weet wat tans beplan word,” sê Stiffie Cronjé, woordvoerder van die munisipaliteit. Volgens Cronjé is behuising nie ’n munisipale mandaat nie, maar ’n nasionale en provinsiale bevoegdheid. “Munisipaliteite het nie bevoegdheid om geld vir behuising te genereer nie en ontvang bloot nasionale toekennings via die provinsie. Die munisipaliteit het geen werklike sê oor die hoeveelheid geld wat dit ontvang nie en tree hoogstens as agent vir die regering op om te verseker dat projekte ontwikkel en geïmplementeer word. Indien TWKmunisipaliteit ’n groter behuisingstoekenning gehad het sou dit meer projekte én dus huise gefasiliteer het.” “TWK het vanjaar ’n behuisingstoekenning van R38 miljoen ontvang en in terme van die behoefte is dit ’n druppel in die emmer. Met die beskikbare fondse moet projekondersoeke, -beplanning en -ontwikkeling gedoen word; moet projekte goedgekeur word; en moet diensinfrastruktuur geskep en topstrukture (huise) opgerig word.” Met die implementering van behuisingsfondse word klem gelê op projekte wat gereed is om geïmplementeer te word asook projekte wat reeds aan die gang is en voltooi moet word. “Gebiede met die grootste nood aan behuising kry voorkeur en in dié verband is dit nodig om kennis te neem van die lys van huisbehoewendes in TWK: Grabouw 3 646, Villiersdorp 2 139, Caledon 1 613, Riviersonderend 619 en Botrivier 550.” Hy sê die meerderheid van projekte is tans gefokus om die behuisingsnood in Rooidakke en Pineview (Grabouw), Villiersdorp en Side Saviwa in Caledon te verlig. “Die munisipaliteit is bewus van die behuisingsbehoefte in Riviersonderend en is deurlopend besig om oplossings en veral fondse te beding. Die ower-

Theewaterskloof Gazette

As plaaswerkers nie geïntimideer is om van plase af weg te bly nie, sou 90 tot 95% van hulle gaan werk het. Dít is volgens ’n bron, wat ter wille van veiligheid anoniem wil bly, wat op hoogte is van landbou-onrus in die Villiersdorp-omgewing. Hy sê feitlik al die plase in die streek is deur intimidasie geraak omdat werkers nie uit die dorp uit na plase kon gaan nie, hoewel hulle glo sou wóú werk. Net vier plase se werkers het volgens hom self besluit om te staak, en dié het vreedsaam onderhandel. Maar Samuel de Koker, visepresident van Bawsi, sê hy stem glad nie daarmee saam nie. “Al wat Bawusa (’n sambreelliggaam waaronder Bawsi ook resorteer) vra, is plaaswerkers se ondersteuning. Ons intimideer en dwing nie mense om te staak nie. “En hoe kan die boere onderskei tussen ’n werklose en ’n werker? Dis skoon bog!” Die anonieme bron met wie die Gazette gepraat het, sê die onrus het só verloop: ) 14 Januarie: ’n Groep van 20 tot 40 Bawusa-ondersteuners het om 04:00 begin dans en sing. Die groep het geleidelik groter geword tot sowat 300 teen 10:00. “Geen persoon is toegelaat om werk toe te gaan nie en dié wat wel by nabygeleë pakstore hul brood wou verdien, moes uitsluip en ook weer terugsluip werk toe.” Protea Drankwinkel is geplunder, die padoppervlak beskadig, straatligte op pad

na Goniwepark deur kinders met slingervelle uitgegooi en brand gestig op drie plase om Villiersdorp. Maandagaand het betogers winkels in die informele nedersetting beroof. ) 15 Januarie: Die dag het betreklik rustig begin, maar dreigemente het die ronde gedoen dat taxi’s groepe mense na plase sal vervoer om werkendes te intimideer en brand te stig. Twee plase in Vyeboom se boorde en velde is aan die brand gesteek. ) 16 Januarie: Intimidasie en aanhitsing het glo voortgeduur. Brandstigting by Betko, met die doel om sowat 20 000 kratte af te brand, is vinnig in die kiem gesmoor en net sowat 900 kratte is beskadig. De Koker sê die skade in die dorp is deur “kriminele elemente” aangerig en dat die vakbonde altyd vir hul lede sê om nie geweld te pleeg nie. Hy ontken ook dat vakbonde ’n militante, dreigende houding inneem en sê hulle lei mense bloot op om hul regte uit te oefen, vryheid van assosiasie te geniet en aan vakbonde te behoort. “Die boere behoort aan verenigings en hulle stel konsultante aan om van hulle plaaswerkers ontslae te raak. Waarom kan die plaaswerker nie aan ’n vakbond behoort nie? Ons kom nie oorlog maak op die plase nie; ons wil werkers bewus maak van hul werkerregte.” De Koker sê daar is aansoek gedoen om Woensdag vreedsame optogte te hou, onder meer op Villiersdorp.


4

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 22 January 2013

Open letter to TWK municipal and housing manager – ‘tenderpreneuring?’

Gedwonge protes inhibeer vryheid Die plaaswerker-protesaksie sloer steeds voort en dit lyk nie of daar einde in sig is nie. Iets sal gedoen moet word om dié plofbare situasie te ontlont. Moontlik kan die hulp van die weermag ingeroep word, of dalk kan ’n arbiter alle rolspelers aanspoor om om ’n tafel te sit en hande te vat. Dit skemer sterk deur dat inwoners van Villiersdorp meen dis nie hulle protesaksie nie. Daar is soveel mense wat nie die protesaksie wil hê nie, omdat hulle vrees vir hulle familie en vriende se veiligheid. Aan die einde van die dag is dit elke inwoner se reg om in ’n vry en demokratiese land te mag leef en inwoners is van mening dat dié voorreg hulle ontneem word.

With reference to “Notes and Resolutions” of the meeting between the Theewaterskloof Municipality and the Bot River Residents Association (BRA) on 31 August 2012: Point 1 Housing: The municipality requested until 4 September 2012 to answer the question. On 4 September the information was conveniently never provided. After failing to provide the answers, the same questions were asked of the provincial MEC for Human Settlements at a later meeting, who instructed the municipality to provide the answer. He also guaranteed the funding for the houses. Clearly the municipality was in possession of the information as at 4 September. It is impossible that they were not, because it has been established that the municipality negotiates with certain contractors to do the work and does not offer the work on public tender. I leave the reasoning for this to others to argue why this is so. My question is why you as at 4 September chose not to answer the question – you surely had knowledge of the fact that the social housing contracts were not subjected to public tender and have not been for several years – why did you try to hide this fact? Have you perhaps not complied with all the Municipal Services Act requirements? Is there a possibility of some “tenderpreneuring” going on under our noses? The mayor

is very proud of your “housing” delivery record and performance, according to the TWK newsletters. Why were these contractors dropped in favour of a new one? The same document indicates that 45 houses would be built by December 2012 – at the time of writing this letter nothing has happened in terms of construction. In the light of the current high unemployment rate, especially in the construction sector, why was this contract not negotiated with a TWK-based contractor? I fail to understand the reasoning behind a contract of this magnitude not being subjected to public tender, by the TWK municipality, especially in the current economy. I believe you owe the people of TWK and specifically Bot River and Caledon social housing beneficiaries a public explanation as the amount involved represents almost 50% of this year’s TWK capital expenditure budget.

GARTH CHAIT, Bot River

Stiffie Cronjé, media representative of TWK Municipality, says the enquiry can be sent to TWK Municipality directly: “We have an open channel of communication with the public and do not want to conduct enquiries through the press. An agreement regarding several discussion points was entered into between the municipality and BRA. A good working relationship as a basis for the future was achieved.”

Maak reg vir Relay Liewe “Relayers” Alle voorspoed vir 2013. Mag dit gevul wees met hope seëninge, vreugde en liefde vir ons naaste. Dit is alweer “relay”-tyd en die dag kruip nou vinnig nader, so hiermee wil ek u hartlik uitnooi na die Cansa Relay For Life Caledon 2013 by Hoërskool Overberg sportveld op 23 en 24 Februarie. Ek wil u net hartlik bedank vir die ondersteuning die vorige jare en ek glo dat ons weer hierdie jaar op u ondersteuning kan staat maak. Die registrasiefooi is R500. Die verrigtinge die aand sal onder andere ’n talentkompetisie inhou, hope aktiwiteite vir oud en jonk en stalletjies vir elke smaak. Die Luminaria-seremonie is soos gewoonlik die hoogte punt van die aand se verrigtinge. Om die seremonie so kragtig moontlik te maak wil ek u tog vra om ’n sakkie te koop, dit te versier en terug te besorg, sodat dit uitgestal kan word. Vir enige verdere inligting bel: Maryka Philander (spanne): 076 1996 947 Jeneve Swart (lumaria-sakkies): 083 7161 677 Jacques Ungerer (talentkompetisie): 084 688 9295

MARYKA PHILANDER, Caledon

Bou van saal begin Theewaterskloof-munisipaliteit het sopas bekend gemaak dat daar met die bou van die veelbesproke Victoria-saal begin sal word in Ian Toerienweg op Maandag 21 Januarie. Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van TWK, sê die bouer het aangedui dat die saal teen 13 Mei voltooi gaan wees. Die ou Victoria-saal, wat voorheen gebruik is vir die jaarlikse Caledon Veldblommeskou, Kersmark en munisipale funksies, is in 2011 op veiling verkoop aan Harry Viljoen Eiendomme, wat tans besig is met die bou van die nuwe inkopiesentrum op Caledon.

Bruno is ’n 18 maand oue reun. Dié jong BullmastifBoerboel-kruis se eienaar is net voor Kersfees oorlede en hy mis hom ontsettend baie en hoop nou om ’n liefdevolle huis te kry. Hy belowe om die beste waghond ooit te wees in ruil vir baie drukkies en soentjies. As enigiemand kan help, bel vir Vanya Schöfmann by 083-3669177. FOTO: ANNETTE THERON

Column

No mean commission for a local boy to paint the princess

Well done to Paul Emslie, our local boy from Franschhoek, for being asked to paint Mrs Kate Windsor (I forget the exact nature of her title: we Hugen’ous were turned into hereditary republicans a long time ago by Louis XIV). Those with long memories will feel a slight twinge for the handsomely bearded painter, because the fame of some other Royal painters has not always been of the right kind. Emslie’s biggest achievement, I think, lies not so much in the realm of painting, as in what it must have taken to land the job. Granted, with Lucian Freud terminally out of the running (not only for the “realism” he perpetrated on Queen Elizabeth II), Hockney seriously wealthy elsewhere and Damien Hirst (RA) being somewhat, shall we say, unreliable as a potential painter of royals, Emslie’s getting the nod must have been a bit easier. And what a nod! I can see it in my mind’s eye: the Royal Rolls discreetly dropping off a note at the Emslie residence, later ferry-

ing the painter to Windsor Castle, a liveried doorman ushering him to the breakfast room to sip tea with the lovely Kate (reportedly a bit hollow-cheeked: could it be . . .?), Mum-in-Law and the corgis. Paul has of course been quietly garnering a very solid reputation over there for his hypnotically realistic representations of African wildlife, and although the Royals are known to prefer real art (“One does not care for smudgy things”), few could have predicted this astonishing coup. As for the view that Emslie’s recent works could have been reproduced by any photographer with PhotoShop, I can honestly say I for one could not. One former royal painter – an Italian chappie called Anigoni – to land a similar job is now mainly remembered for having disfigured British offices and middle-class parlours across five continents with his sugary rendering of Elizabeth II in 1956, before disappearing with the loot. I’m sure though that our Emslie will sur-

vive the Royal Appointment to paint many more stunning closeups of zebras. To change the subject: our region’s leading Afrikaans daily reports a host of muggings, deaths, accidents, dismemberments, convoluted medical treatments and the like, suffered, it seems, by a disproportionate number of professional sportsmen, soap stars, musos and film actresses. Dangerous job, being in the public eye, what? Another intriguing snippet: Elton John (65) has fathered a second son, gestated, it says, by a “surrogate” mum???? I still seethe at the mangled tortoises and snakes on our roads. They try to fight back, poor things: I know of at least one mountain tortoise that flipped the car trying to squash it and my friend Piet Walvis tells me about one that derailed a train. This hero was wandering down a track

where shunting was being done. As the train approached the switch, the shunter too late saw the tortoise hiding between the tracks. When he tried to throw the levers the tortoise jammed them, sending the full goods train down the embankment. Banzai! fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 22 January 2013

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

5

Eddie Labuschagne, skoolhoof van Ovies, en Kobus van Dyk en Lourens du Plessis.

Leerlinge reg vir universiteit ANNETTE THERON

On site at the bath house are, from the left, Cedric Poggenpoel, site supervisor; Mary Patrick, site director; Mtandazo Mikelisa and Richard Lane, site crew; Paul Campbell, casino manager and Mpakamo Sasa, also a crew member. PHOTO: ANNETTE THERON

Site in need of funds The remnants of a bath house, dating back to the seventeenth century, are located on the grounds of the Caledon Casino Hotel & Spa. It is a piece of time that cannot be forgotten and it has been covered for 30 years. Mary Patrick, a resident archaeologist from the University of Cape Town, and her team are busy uncovering this historic site in order to find the original structural footprint. Work has been under way for quite some time to find the internal layers of the

bath house. Patrick says that in the long run they want to build a glass replica over this historic site, displaying VOC currency, ceramics and everyday items people used during that era, to put on display for visitors. The project has been funded by the casino, but sadly, funds are running out and a benefactor is needed to continue with this historical dig. Pearce says she wants to realise her dream of taking visitors for a walk through history. Phone Patrick on 021-685 1658 for further information.

Local support for market

Naomi and Jurie Beukes from Caledon, who got married this past weekend, were among visitors at a previous community market.

The Caledon Community Market will take place again on Saturday 26 January in the parking area between the Caledon Post Office and Town Hall from 09:00 to 12:00. Anyone interested in joining the market can call Helga Schöfmann on 084 460 9897. This market has been put in place to encourage the community to support local brands and local crafters, artists, bakers, seamstresses, jams and preserves makers, bead workers, potters, chefs, vegetable or fruit growers to bring their produce to sell. Application forms are also available from Weronica at the Caledon Tourism Office. She can be called on 028-212 3282.

Tel: 023 347 3987/ 023 342 6581

GET THE COOLEST ROOF THIS SUMMER THERMOSHIELD 20L NLY O NOW

R890

Hoërskool Overberg se gr. 12’s wat ’n A-gemiddelde tydens die eindeksamen behaal het, het feitlik almal met hulle tersiêre studies begin. Drie Ovies het ’n A-gemiddelde tydens die afgelope matriekeksamen behaal. Lourens du Plessis, die toppresteerder en Dux-leerling van die Ovies, het ’n 89,5%-gemiddeld behaal. Hy beklee ook die vierde plek op die meriete-vakranglys van die Wes-Kaap vir fisiese wetenskap. Lourens se droom is om ’n ortopeed te word en hy gaan dus medies studeer en so volg in sy ouers se voetspore, wat albei op Kleinmond praktiseer. Du Plessis het Vrydag na Bloemfontein vertrek waar hy sal studeer. Die Gazette wou by hom hoor watter praktiese advies hy met vanjaar se matrieks wil deel ten einde sukses te behaal. “Ek sou sê die een helfte is hard werk en die ander helfte is baie bid. My skoolloopbaan by Ovies was die beste tyd sover in my lewe.” Du Plessis sal graag wil terugkom platteland toe om hier te kom werk.

Kobus van Dyk gaan B.Sc Agric studeer aan Universiteit Stellenbosch (US) en Bennie Pretorius, wat ongelukkig afwesig was met die neem van die foto, gaan ook by Maties ’n ingenieursgraad doen. Hoërskool Overberg spog met 72 vak-A’s en prestasies in landbouwetenskap en meganiese tegnologie. Johan Kershoff is agtste in die Wes-Kaap vir landbou en Stefan van Wyk en Storm Coughlan derde in meganiese tegnologie. Hul klasmaat, Wilhelm Cronjé, beklee die tiende plek. Die drie toppresteerders by De Villiers Graaff in Villiersdorp is Gregor Coetzee, Carryl-Anne Ferreira en Johann van Eeden. Nie een van hulle kon vir kommentaar bereik word nie. Die drie toppresteerders van Hoërskool Bredasdorp is Marcél Teixeira, Willem van Schalkwyk en Gerius Moelich. Van Schalkwyk het met ’n gemiddelde persentasie van 85.5% geslaag. “Die belangrikste is om tyd in te sit en nie net op akademie te fokus nie, maar op ’n stokperdjie of sport, of ontspan saam met jou vriende, dat jou kop kan skoonkom.” Van Schalkwyk gaan B.Rek by US studeer.


6

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 22 January 2013

171

Woonstelle te Huur Flats to Let

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

FAMILIEKENNISGEWINGS 17

VERPLEEGSTER MET 20 JAAR ondervinding van gestremdes beskikbaar vir tuisversorging. Onmiddellik beskikbaar. Vir meer besonderhede skakel Mev van Rooyen by 072 469 5630.

Geld/lenings Money/Loans

DOVES. Begrafnis-dienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Her-manus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES PADSTAL/RESTAURANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.

12 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeu-ring in 5 min. Skakel 021-696 0676.

113

te Huur/to Hire

TE KOOP FOR SALE

KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

1141

71

Algemeen Miscellaneous VLEISSAAG MET MINCER maar Meat-magic te koop. R1500. Skakel 072 899 7631.

72

Bote en Toerusting Boats & Equipment TWO SEATER PADDLE BOATS for sale. R9 990 each. Call Nico 084 837 5374. www. avantimarine.co.za

Algemene Dienste General Services

AUTO ELECTRICAL-DIETLOF'S. Gespes-ialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervin-ding. Ook verskaffers van professionele weer-stasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276.

Geklassifiseerd E: shantley.fortuin@media24.com

108 Begrafnisdienste Funeral Services

JOBS

CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028-212 1775 / 082 969 0975.

EIENDOMME PROPERTIES 3 VERTREK HUIS TE KOOP IN BERGSIG. Vir verdere navae skakel Nateley 083 894 2682 of Colin 071 162 7346.

10 OFFICES with walk-in safe and double reception area to let in Haw Street, Caledon. Contact Xpert Property on 028-313 0132/082 870 5704.

T: 028 214 1294


Dinsdag 22 Januarie 2013

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

ONDERWYSERS STUDEER SUKSESVOL: Kenneth Dunsdon, Vallance Meyer en Wynoma January, almal onderwysers by Albert Myburgh Sekondêr, het hul gevorderde onderwyssertifikaat (GOS) in skoolbestuur en leierskap aan die Universiteit Stellenbosch ontvang. Die voorsitter en beheerliggaam van die skool wens hulle alle sterkte toe met die uitdagings wat op hulle wag.

NUWE ONDERWYSERS: Laerskool Overberg het vanjaar vier nuwe onderwysers bygekry. Voor (van links) is Jacques Vos (gr. 6), Lalindei Keller (gr. 4), Danielle Reyneke (gr. 5) en Neena Kellerman (gr. 3). Hulle is verwelkom deur ses gr. 1-leerlinge: (van links agter) Danél Coetzee, Kihara Daniels, Jacobus Erasmus, Christiaan Malherbe, Amber Adams en Lin-Mari Petley. FOTO: VERSKAF

PALMIET-KUIER: Die Ovie-personeel het die nuwe skooljaar ingelui met ’n besoek aan die Palmiet-kragstasie. Van links is Bo du Preez, Thian Linde, Eddie Labuschagne, Ronél Meyer, Thys Bester, Vivienne Cleophas en Sabine Kritzinger.

MUSIKAAL: Dié leerlinge van Laerskool Overberg het pragtig in die Unisa-musiekeksamens presteer – Leon Calitz (slaag met eervolle vermelding, klavier graad 3), Lientjie van Niekerk (slaag met lof, klavier graad 2), Lara Burger (slaag met lof, klavier graad 3) en Lize Burger (slaag met lof, klavier graad 1).

Kuier saam Caledon Rapportryers bied eerskomende Vrydag (25 Januarie) ’n skuursokkie aan. Dit sal plaasvind op die plaas Eureka van Arina Linde. Die aand sal om 19:30 afskop met lewendige musiek deur Jacques G, wat sal sorg dat jeukende voete op die dansbaan bly. Daar sal ook genoeg warm kole wees. Gaste word dus genooi om gerus hul eie eet- en drinkgoed saam te bring. Kaartjies is R60 per persoon en te koop by CWAS Midas.

Het jy nuus? Het jy nuus vir Theewaterskloof Gazette? Of weet jy van ’n inwoner wat besonder goed presteer, of van iemand wat ’n buitengewone storie het om te vertel? Stuur gerus jou wenk na annette. theron@media24. com, of bel ons kantoor op Caledon by 028 214 1294. Ons hoor graag van ons lesers.

O V E R B E R G D I S T R I C T M U N I C I PA L I T Y THE MANAGEMENT: NON-PROFIT OR NON-GOVERMENTAL ORGANISATION FOR ATTENTION: THE NGO/NPO’S CHAIRMAN

INVITATION TO GLOBAL FUND BRIEFING SESSION: PROPOSAL CALL The Department of Health, Provincial Government of the Western Cape in partnership with Global Fund, aims to strengthen its collaboration with Non-Profit Organisations (NPO’s), through the creation of formalised partnerships for the delivery of various Community Based Response programs. The department is conducting formalised evaluations of all funded NPO Partnerships that are delivering services. Project proposals submitted are expected to be rendered within the respective Sub-Districts. NPO’s are encouraged to where possible, work within the identified Sub-District boundaries of the district as indicated below: District

Sub-District

Responsible person

Contact details

Overberg district

Theewaterskloof

Magilo Clarke

028 212-1070

Overstrand

Gerty Smit

028 316-1487

Swellendam

Yunis Adams

028 424-1705

Cape Agulhas

Yunis Adams

028 424-1705

All Non-Profit Organisations complying with the Non-Profit Organisations Act (No. 71 of 1997), the Fundraising Act (No. 107 of 1978), as amended and section 21 of the Companies Act (No. 61 of 1973) as amended and who are prepared to deliver the following services are requested to submit a business proposal complying with the following services: • To strengthen community based response to the HIV (and TB) epidemics through the development and implementation of local support projects by community based organisations within 5 specific focus areas: 1. 2. 3. 4. 5.

Promotion of food security Provision of community-based care to orphans and vulnerable children Provision of emergency accommodation for children, women, the frail and the terminally ill Job creation and income generation Life skills and youth work targeting youth out of school

The Department of Health, Overberg District reserves the right to set program specific targets, in accordance with its Annual Performance Plan for 2013/14. All NPO’s intending to submit proposals are hereby requested to attend the Compulsory Information/Briefing session. This session will inform you of all the requirements for submission of the proposals and will take place as follows: District

Venue

Date

Overberg district

Caledon Town Hall

25 January 2013 12:00-15:00

The contract period will be available from 1 April 2013 - 30 September 2013, with a possible extension of contract after 30 September 2013. The closing date for submission of documents will be: 22 February 2013 at 14:00 at Overberg district office, Caledon Hospital Grounds, N2 Highway, Caledon 7230. Human Communications C96377


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 3 • Dinsdag 22 Januarie 2013 | Tel. 028 214 1294

Goeie gees heers by Ovies se kleure­atletiekdag ANNETTE THERON Puik vertonings is Vrydag (18 Januarie) by Hoërskool Overberg gelewer toe leerlinge in hul massas en met goeie gees aan die skool se kleure-atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die Rooispan het die Blouspan met 21 punte geklop om as die algehele wenners uit die stryd te tree.

Albert Augustyn, Elizka van Heerden, Tiffany du Plessis en Monet van Deventer sê hulle het almal hard geoefen vir die kleure-atletiekbyeenkoms. Elizka was egter bekommerd omdat sy haar been twee keer moes laat insmeer vir krampe.

Sportafrigter Deidre Michaels was trots op haar atlete se prestasies. Hier (van links) is Annari Jordaan, Tracy-Lee van der Schyff, Martelize Jordaan, Deidre Michaels, Uwin Vertuim en Benedict Booysen.

Roderick Hendricks (o.19) seil oor die lat in die hoogspring-item.

Adan Daniels tydens sy poging in die o.15-spiesgooi-item.

Hier (van links) is Annaré Prinsloo, Arina Linde en Annelie Swart (voor), wat Vrydag die pannekoektafel by die kleure-atletiekbyeenkoms beman het.

Die o.19-meisies wag vir die skoot om te klap vir die wegspring van die 800 m.

Market Day Sat: 2 feb 2013 | 10 – 2pm

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.