Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier
Year 2 • Tuesday 2 October 2012 | Tel. 028 214 1294
’n Hollywood Afskeid Vanjaar se matriekafskeid-tema by Swartberg Sekondêr was A night in Hollywood. Die skoolsaal het op Woensdag 26 September geglinster met al die Hollywood-sterre. Van links is Vauhn Davids, Darren Hendricks, Shaun van der Heyden, Graham Willemse en Corbin Hoffman. FOTO: VERSKAF
Laekostebehuisingsprojek se wiele rol ANNETTE THERON
Verskeie laekostebehuisingsprojekte gaan eersdaags die lig in Caledon, Botrivier en Villiersdorp sien. In Caledon sal daar 220 huise gebou word; 225 huise in Villiersdorp, en 226 huise in Botrivier. Botrivier se huise sal teen Maart volgende jaar voltooi wees. Daar kan nie bevestig word wanneer die ander huise voltooi sal word nie. Die Wes-Kaapse regering ontvang toekennings vir behuising van die nasionale regering. Die provinsie, in oorleg met munisipaliteite, ken fondse aan plaaslike regerings toe. Vir 2012–13, het die Wes-Kaap R120 miljard vir munisipale infrastruktuur en menslike nedersettings toegeken. “Geen munisipale befondsing word bewillig of gebruik nie,” sê Stiffie Cronje, woordvoerder vir die Theewaterskloof-munisipaliteit. Die Theewaterskloof-munisipaliteit het sowat R38 762 000 van die provinsiale regering ontvang vir die 2012–’13 finansiële jaar. “’n Billike bedrag in vergelyking met munisipaliteite buite die metropool. Waar Theewaterskloof-munisipaliteit kan intap om meer huise te verskaf, sal dit,” het Cronjé bygevoeg.
Cronjé het gesê albei Caledon en Botrivier se behuisingsprojekte was aan Power Groep toegeken as hulle munisipale behuisingsimplementeringsagent. Die Caledon-behuisingsprojek behels 220 laekostebehuisingsgeleenthede en ’n verdere aansoek vir om en by 220 gedienste erwe. Die eerste fase behels die ontwerp van dienste, die verskuiwing van die bestaande plakkershutte na die gedeelte agter Sitesaviwa en daarna die bou van sivieledienste. Botrivier bestaan uit 226 laekostebehuisings geleenthede wat gefaseer gaan word in 45 huise in die eerste fase en 181 huise in die tweede fase. Fase een gaan eers klaar gediens word waarna die huise gebou sal word van November tot Maart 2013. Volgens Cronjé word die New Frans Informele-nedersetting ook tans gediens waarna ’n aansoek vir behuisingsubsidies (226) ingedien sal word. Cronjé sê Villiersdorp het ’n behuisingsprojek van 225 eenhede wat eers gestaak is totdat die onwettige besetters vanaf Goniwe Park, Poekom en Westside verskuif is. “Hierna sal die areas gediens word en kan die 225 huise gebou word.” Hy sê die munisipaliteit is besig met beplanning om ’n kontrakteur aan te stel om die groei
en toekoms van Villiersdorp te fasiliteer en te beplan. Sitesaviwa het ongeveer tien jaar gelede ontstaan. Twee maande gelede was daar 320 plakkershutte in Sitesaviwa en verlede Vrydag was daar 546 hutte met talle mense wat nog besig was om pale in die grond te slaan. Dus, in ’n tydperk van twee maande, is daar daagliks 4,7 plakkershutte in Sitesaviwa gebou. Die mees onlangse protes deur Sitesaviwainwoners was in Mei vanjaar nadat die Theewaterskloof-munisipaliteit plakkershutte wou afbreek wat onwettig opgerig was. Sedertien het TWK die behuisingsprojek aan die Power Groep toegeken en die beplanning is dat die projek na Oktober volstoom sal begin. Die aanduiding is dat daar na Oktober met die voorbereiding vir die installering van dienste begin sal word. Cronjé sê goedkeuring vir die opgradering van die Sitesaviwa Informele Nedersetting vir 220 gedienste erwe was vanaf die provinsiale menslike nedersettingsafdeling verkry. ’n Verdere aansoek word tans ook geformuleer vir ’n geïntegreerde residensiële ontwikkeling wat ook vir gemeenskapsfasiliteite soos winkels en kerke voorsiening maak. “Power Groep is tans besig om die munisipale ingenieursdienste te ontwerp waarna die
verskuiwing van die mense gaan volg sodat die area gediens kan word. “Intensiewe konsultasie met die geaffekteerde gemeenskap het alreeds begin en sal in die volgende paar weke voortduur. Die konsultasie sal hoofsaaklik oor die verdere onwettige oprigting van strukture, vrywillige verskuiwing van bestaande strukture, huis tipes, dorpsuitleg en munisipale dienste en begunstigdes handel. Die munisipaliteit het ook ’n tydelike beampte aangestel wat die plakkery kontroleer.” Cronjé sê die eerste fase van die behuisingsprojek behels die opgradering van Sitesaviwa se informele nedersetting en derhalwe sal die begunstigdes persone wees wat kwalifiseer vir behuisingsubsidies en wat tans daar woonagtig is, waarna begunstigdes wat tans op die Caledon-behuisingsregister verskyn deur middel van die raad se behuisingstoewysingsbeleid as begunstigdes oorweeg sal word. . Sien bladsy 2 vir meer.
Market Day Sat: 6 Oct | 10 – 2pm
028 214 5100 | www.thecaledon.co.za
2
General - Algemeen
Theewaterskloof Gazette
Tuesday 2 October 2012
Laekostebehuising, van bl. 1 4 Oktober ) Alkoholiste Anoniem-vergadering om 19:00. NG Napier-kerksaal. Navrae Willie 082 332 8454.
5 Oktober ) Caledon Casino Sundowner oor nege putjies van 13:00 sg. Daar is slegs drie van hierdie kompetisies oor tot die einde van die jaar om te kwalifiseer vir die groot prys. Belangstellendes kan net opdaag by die klub van 13:00 af om te speel. Onthou, minimum van drie-balle (geen twee-balle).
6 Oktober ) VG Kerk Caledon hou Basaar om 10:00.
11 Oktober ) Caledon VLV vergader om 15:00 in Caledon Wes-kerksaal.
13 October
Die Gazette het met van die inwoners by Sitesaviwa gaan gesels om uit te vind waar hulle vandaan kom. Masitoe Potleko het gesê hy het in 1974 Caledon toe gekom, want sy broer het op ’n plaas gewerk en vir hom laat weet daar is vir hom ook werk. Hy het tot Februarie vanjaar op ’n plaas gewerk, maar het sy werk verloor en is tans werkloos. Sy naam is op die waglys vir laekostebehuising. Chris Kozak se gesin is een van drie wit gesinne wat ook op die waglys is vir laekostebehuising. Hy sê hy het alles verloor nadat die boer op wie se grond hy gewoon het, die plaas in die mark gesit en verkoop het. Hy het twee jaar gelede sy naam op die waglys geplaas vir ’n huis en sê dit gaan broekskeur. Sy vrou is ongeskik verklaar en hulle het twee Downsindroom-kinders. Kozak is ook tans werkloos en sê hy sukkel om werk te kry en aan die lewe te bly. Cronjé sê dis ’n algemene verskynsel in Afrika dat mense nader aan werksgeleenthede migreer. “As bure van die Kaapse Metropool is die
) Teams of four are invited to enter the X-Mas Wish Golf Fundraiser. Call Tanya Wessels on 082 551 3362. ) Heidehof-tehuis vir Bejaardes hou hul jaarlikse basaar om 09:00 in die NGkerksentrum.
Theewaterskloof nie deur hierdie verskynsel oorgesien nie. Verder het die verskynsel dat ons gemeenskappe in agterplase wonings wettig en onwettig opslaan veroorsaak dat daar heenkome vir hierdie persone verkry moes word. “Die term “inkommers” moet bevraagteken word – alle rasse volg hierdie migrasiepatrone. “Op die Santa-perseel is daar alreeds ook wit mense wat vanaf ’n plaas afgesit was wat hulself kom vestig het.” Bonginkosi Madikizela, minister van behuising in die Wes-Kaap, sê die Wes-Kaap se strategiese benadering tot die lewering van menslike nedersettings, is in lyn met die Nasionale Uitkoms vir Menslike Nedersettings. “Veral met ons fokus om te verseker dat almal wat in informele nedersettings, agterplase en oorvol families in die Wes-Kaap woon, toegang tot basiese dienste teen 31 Maart 2014 sal hê.” “Deur die verskaffing van basiese dienste, wil ons seker maak dat die begunstigdes van behuisingsprojekte ten minste vir hulle huise wag onder meer waardige voorwaardes,” het Madikizela gesê
CHANGING OF THE GUARD: After three years at the controls, Lyndsay Henderson, owner of the Shuntin Shed in Bot River, will step aside and let her competent team take over. The new station master is Tyler Hellyer, who has managed the restaurant for over two years, the conductor is Lynn Sillifant, who will run the kitchen as executive chef and kitchen head, and Mariska Dyers is the assistant and floor manager. Here (from left) are Justine Pheiffer, Mariska Dyers, Lynn Sillifant, Lyndsay Henderson, Tyler Hellyer and Veronica Kleinsmith.
18 Oktober ) Bloedskenk vanaf 15:00 in by NG-kerksentrum.
20 October ) Bredasdorp-motorklubwedren. Navrae: Derick Taljaard 082 891 1096. ) The first ever Casino Managers’ Summer Games starts with a cocktail function and a blackjack and slots tournament on the Friday evening. An 18-hole golf tournament happens at 11:00 the next day at Caledon Golf Club. The field is restricted to 15 teams (60 players). Book with Elton Onckers of Caledon Casino, Hotel & Spa on 028 214 5100. Special room rates are available for participants.
PHOTO: ANNETTE THERON
) Die NG Caledon Wes-gemeente vier 19 Oktober hul 39ste verjaardag met ’n ete om 12:00 in die kerksaal. Die koste vir volwassenes is R60, laerskoolleerlinge R30 en voorskoolse kinders gratis. Onthou om jul eie drinkgoed en glase saam te neem. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar. Vir navrae bel Hilga de Waal by 028 2121 973. ) Rainfall recorded in the last week (25 September) in the catchment areas of the Theewaterskloof, Wemmershoek, Voëlvlei, Steenbras and Berg River Dams was 24 mm, 27 mm, 32 mm, 44 mm and 63 mm respectively. The gross system storage has increased from 884 million m³ to 898m m³ (99,8%). The total increase since 1 May is 457m m³. ) Saterdag 13 Oktober om 9:00 is dit weer Heidehof se jaarlikse basaar in die NG-kerksentrum. Dié basaar is verreweg die belangrikste fondsinsameling op Heidehof se jaarkalender en die bestuur, inwoners en personeel wend elke jaar ’n grootse poging aan om te die dag ’n sukses te maak. Die bestuur en personeel van Heidehof wil die gemeenskap van Caledon, wat die basaar deur die jare so getrou ondersteun het en steeds aktief betrokke is by Heidehof, van harte bedank. Die nood is groot in die gemeenskap en Heidehof is dankbaar dat daar steeds jaarliks so ruimskoots vir die versorging van hul inwoners bygedra word.
Soos in die verlede, sal daar heerlike tuisgebak, vleis, pannekoek, basaarpoeding en ’n interessante snuffeltafel wees. Indien daar enige wit olifante in u huis is, skenk dit gerus vir Heidehof se snuffeltafel. Heidehof nooi almal uit na hul basaar. ) By die Caledon Kontreifees het kinders die kans gehad om kunstig te wees en kuns saam te snoer en pragtige kunswerkte te maak. Hierdie kunswerke word nou vir ’n onbepaalde tydperk in die voorportaal van die munisipaliteit asook die dorpskantoor se lokaal uitgestal. Gaan kyk gerus. ) Greyton Rose Fair invites you to bid for an original painting by Derric van Rensburg. This year Greyton Rose Fair is conducting a blind auction to raise funds for the building of a children’s play park in Greyton. Renowned (and generous) landscape artist Derric van Rensburg has donated a superb painting (valued at R12 000), which will be auctioned through the website of Chrizenda Gunter Attorneys. Visit www.gunterlaw.co.za/art.php to view the painting, review the bidding process and place your bid. ) Caledon-dieresorg se Snuffelwinkel in Donkinstraat langs Kontrei Printing is dringend op soek na kombuisware, beddegoed, gordyne en klere. Enige iets wat kan uitgegooi word maar steeds bruikbaar is, is welkom. Die items kan by die perseel afgelewer word. Dieresorg is dankbaar vir skenkings reeds ontvang. ) Kontak die Theewaterskloof Gazette se nuusredakteur, Annette Theron by 028 214-1294 met nuusgebeure of e-pos haar by kontreinuus@com2000.co.za.
Correction Last week Gazette incorrectly stated that St Augustine’s Anglican Church in Victoria Street had for the past few years opened its doors to its congregation, the Villiersdorp community and visitors for prayer and contemplation from 14:00 to 16:00. In fact, the service happens between 16:00 and 18:00 every Wednesday. Anyone is welcome to spend time in the beautiful church and garden for prayer and stillness. Gareth Hickling (028 840 1060) will be present. There is a prayer book at the door in which you may write any special prayer requests or needs you may have.
Tuesday 2 October 2012
News - Nuus
Bonusse vir amptenare?
Nadat ANC-LPP Pierre Uys onlangs vir Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, gevra het wat die beleid en riglyne van sy departement is met betrekking tot prestasiebonusse wat betaal word aan munisipale bestuurders en hoof finansiële-beamptes, het die Gazette gaan uitvind of Theewaterskloof-munisipaliteit prestasie-bonusse ontvang.
Volgens Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, is prestasiebonusse ter waarde van R678 311,51 aan die munisipale bestuurder en direkteure van Theewaterskloof-munisipaliteit vir die finansiële jaar 2010-2011 uitbetaal. Cronjé het by navraag gesê die munisipale bestuurder en direkteure se diensooreenkoms maak voorsiening vir ’n prestasie-evaluering en die moontlike vergoeding volgens die ooreenkoms. ’n Behoorlike evalueringsproses word gevolg waarna ’n aanbeveling oor die betaal van
bonusse aan die raad vir oorweging voorgelê word. “Theewaterskloof-munisipaliteit is aan prestasiebestuurregulasies onderworpe en TWK bepaal elke jaar spesifieke meetbare prestasiekriteria wat maandeliks gemonitor word. Die munisipale bestuurder en direkteure sluit jaarliks prestasie-ooreenkomste en slegs die munisipale bestuurder en direkteure se ooreenkomste maak vir prestasiebonusse voorsiening.” Cronjé het voorts gesê die prestasiebestuurstelsel word slegs gebruik om ’n korporatiewe evaluering te bereken, “met ander woorde dit gaan oor ’n munisipale prestasie en nie oor individuele prestasies nie”. Bredell het in antwoord hierop gesê die departement plaaslike regering het nie ’n beleid wat prestasiebonusse reguleer nie. Hy het egter ’n omsendskrywe uitgestuur waarin munisipaliteite aangemoedig is om nie prestasiebonusse te betaal aan werknemers wat aan prestasiebestuursregulasies onderworpe is nie.
WATER WORKS: The Theewaterskloof dam has been overflowing since Saturday. This overflow is beneficial to the area next to the riverbank – it can help to remove sediment between cobbles, freeing up space for certain organisms. Larger floods can clear away dense undergrowth, and if the water makes its way over the riverbank, it can replenish adjacent marshes. PHOTO: SUPPLIED
FYNBOS VIR NUWE PAD: “Dis ons doel om die fynbos weer te rehabiliteer,” sê Dirk Scott, omgewingsbeheerkonsultant van Gillaume Nel. Hy is verantwoordelik vir die tydelike kwekery tydens die opgradering van die Hemel-en-Aarde pad. Daar is 40 000 fynbossteggies wat besig is om wortel te skiet sodat dit weer teruggeplaas kan word in die natuur. Adriaan Hanekom van Caledon Fynbos Kwekery help met die wortelskietproses. Van links is Dirk Scott en Gerhard de Jager van Gillaume Nel en langs hulle staan Andries von Wageningen, die ingenieur op die terrein. Volgens Von Wageningen hou hulle steeds by skedule en behoort Shaw’s-pas teen einde Desember, begin Januarie oopgestel te word vir verkeer. FOTO: ANNETTE THERON
Elderly woman murdered
A 55-year-old woman was murdered in Villiersdorp late last week. Nothukela Veronica Klaas, who lived at Poekom in Goniwe Park, Villiersdorp, was last seen on Friday evening. On Sunday at 13:40, her body was found near Poekom, behind bushes. She had a knife wound on her left hand and injuries to her head.
Die Suid-Afrikaanse kampioen touspringer, Sibu Sodo, sal by vanjaar se Greyton Roosfees optree .
3
In flow
Flower Power by 21ste Roosfees Greyton vier vanjaar die mondigwording van sy gewilde jaarlikse Roosfees, wat op 27 en 28 Oktober plaasvind. Vanjaar se fees-tema is Flower Power en daar heers reeds groot opgewondenheid oor die vermaak wat vanjaar aangebied word. Behalwe die uitstalling van rose, besoeke aan van die dorp se mooiste roostuine en die gewilde vlooimark wat jaarliks honderde besoekers van oraloor lok, is daar ’n allegaartjie van vermaak wat in almal se smaak sal val. Van die hoogtepunte sluit in vermaak wat feesgangers terugneem na die tydperk van Flower Power, soos ’n huldeblyk aan die musiek van die Beatles, ’n fondue-ete en ’n konsert van rock and roll musiek van die ’60s. Ander vermaak sluit in ’n teetuin, ’n Duitse mark met oompah-orkes, ’n jazz-vertoning, ’n maanlig piekniek, ’n teater-ete en vir die kinders ’n spesiale kunsuitstalling en ’n vertoning van die SA kampioentouspringer, Sibu Sodo. Restaurante in die dorp bied spesiale etes aan, party in die tema van die vyftiger en sestiger jare. Vir meer inligting oor die program besoek www.greytontourism.com of bel die Toerisme kantoor by 028 254 9414
Theewaterskloof Gazette
It is suspected that she was raped. The outcome of the postmortem examination will confirm if this is the case. No-one has yet been arrested for this crime, and the investigation continues. The investigating officer is Constable Riaan Baardman. If anybody has any information that could be useful in his investigations, please call him on 028 840 8018.
4
Leader - Hoofartikel
Theewaterskloof Gazette
Tuesday 2 October 2012
Onderteken asseblief jou brief
Pay your respects This week – from 1 to 7 October – we celebrate our elderly. Far too often we hear of the abuse and neglect of our senior citizens. We should be grateful to older people for their contributions and capabilities. We urge everyone, especially the youth, to reach out this week and visit local old age homes – or simply to tell your grandparents how much they mean to you. So spoil your grandparents this coming Sunday on National Grandparents Day and make an effort to learn more about them. We at Gazette wish all the elders in our community a happy Week of Older Persons.
Hoewel lesersbriewe aan die redakteur verwelkom word, word briefskrywers herinner dat alle inhoud wat in die Gazette gepubliseer word, aan die Suid-Afrikaanse Perskode en die beginsels van billike en regverdige kommentaar moet voldoen. Plasing bly dus onderhewig aan die oordeel van die redakteur, wat dit op grond van dié kode en beginsels evalueer. Briewe kan ook slegs gepubliseer word
Sterkte matrieks! As jy met jou skoolloopbaan begin lê ’n lang tyd voor Hoe baie jare gaan jy tog van huiswerk hoor? Maar die matrieks het aan die einde daarvan gekom So baie jare maak slim En hulle is nie meer dom Maar ’n ander toekoms lê nou voor En daarvan moet hulle mos nou weer hoor Vir baie jare moet hulle nou gaan werk Om ’n lewe te maak Dis darem ’n belangrike saak Maar maak ’n groot sukses daarvan Ons almal weet mos julle kan Voorspoed matrieks!
as die skrywer se volledige naam en kontakbesonderhede verskaf word. Skrywers wat ’n skuilnaam wil gebruik, moet asseblief meld waarom hulle die skuilnaam verkies, maar moet steeds vir ons aandag hul volle naam en kontakbesonderhede verskaf. Ons bedank graag al ons lesers vir hul belangstelling en deurlopende ondersteuning. – Red.
Proudly South African In our most recent poll, 60% of Gazette’s online readers said they are not proudly South African, because the country is plagued with crime and corruption. Twenty percent said they are indeed proud to be South African, because SA is a great country; the remaining 20% said they are mostly proud to be South African, but added that there is scope for improvement.
Pitkos – Deel in Lewe van oorvloed Joh. 10:10 sê Jesus Christus het Sy lewe vir ons afgelê sodat ons lewe en oorvloed kan hê. Wat is die lewe waarvan hier gepraat word? Dit is nie maar net ’n kwessie van om elke dag te lewe omdat ons asemhaal nie. Hierdie lewe spreek eerstens van die Ewige Lewe saam met Christus en tweedens ’n lewe van oorvloed in Christus. Dus ’n lewe van oorwinning, van voorsiening, van goeie gesondheid, van vrede, vreugde en blydskap en vele meer. Ons kan op materiële sowel as op geestelike gebied ’n lewe van oorvloed hê. Die Here maak nooit ’n belofte en kom dit nie na nie. Elke belofte het egter ’n voorwaarde en as ons getrou die Woord van God gehoorsaam, dan is dit moontlik om ’n lewe van oorvloed te hê. Die Bybel is vol voorbeelde van mense wat ’n oorvloedige lewe gehad het omdat hul God se Woord geglo het en dit gehoorsaam het. Baie van die ellende in mense se lewens is die direkte gevolg van hul kleingelowigheid of hul ongehoorsaamheid aan die Woord. Mag u elke dag God se guns ervaar en ’n lewe van oorvloed hê. Seënwense vir die week. Past Gert Visser, Caledon Christen Gemeente
Mrs Video returns Mrs Video sat down and studied her Bucket List and realised it was the video store she sorely missed. Kung Fu Panda had come knocking at her door, stayed for dinner, and when he left her heart was sore. As he had promised, Mister Bean dropped in; they played backgammon and drank some gin. She sat around, had tea and scones, became bored and in desperation decided to call Harrison Ford. But Indiana Jones had long ago hung up his whip; The Kingdom of the Crystal Skull had been his final trip. She sat down and listened to The King’s Speech, had some more tea and ate a peach. What she needed was a Total Recall – which she got and now she’s Walking Tall.
GERHARD DE BRUYN
GRAHAM HENDRICKS
MATRIEKS SE SPESIALE AAND: By Hoërskool Bredasdorp see skemerkelkie voor die matriekafskeid, op 25 September, is (van links) Anelda Brand, Christi van Lill, Suné Swart, Sonette Coetsee, Marcél Teixeira, Marco Teixeira, Nicholas Jordaan en Pierre Swanepoel. FOTO: VERSKAF
Rubriek
Stygende koste van noodsaaklike dienste vreet aftreegeldjies DIE inkommers in die kusdorpie naby waar ek baie van my tyd deurbring (ek weerhou die naam om nie die plaaslike inwoners se vreedsame bestaan nog verder te ontwrig nie), se getalle styg by die dag. Baie mense begin nou besef dat die platteland ’n gawe plek is om te werk, danksy die gebrek aan verkeersknope, die skoon lug en relatief min misdaad (lg. natuurlik net as jy perlemoensmokkel en dronkbestuur nie as verkeerd beskou nie). Die inkommers word ook al hoe jonger. Hulle is nie meer net pensioenarisse nie, maar toenemend werkendes wat die voordele van moderne mobiele kommunikasiemiddele ten volle benut. Selfs ouerige mense moet ook deesdae die een of ander bywerkie doen om kop bo water te hou weens statiese of dalende opbrengste uit
hul aftreegeldjies en die steil stygende pryse van noodsaaklike dienste, veral mediese sorg. Ek lees in die koerant die baas van een van die voorste mediese fondse is besorg dat hulle tariewe teen 11% per jaar moet styg om te oorleef. Met die amptelike inflasiekoers op 5,6% vermoed ek die fondsman is meer bekommerd oor die gesondheid van sy klinieke as dié van sy arme verbruikers, maar hy het tog ’n waarheid beet. Een van die grootste struikelblokke, lyk dit vir my, lê egter in die mediese bedryf se verwagtinge en skattings van hul waarde in rand en sent. Terloops, ekonome praat van “kartelle” en “monopolieë”, maar sluit nooit die reg- en mediese bedrywe daarby in nie. Vir my ongeoefende oog lyk dit
egter dat enige bedryf wat beperkte toegang tot die mark en universele prysbepaling beoefen onder bogemelde kategorieë tuishoort. Wat staan ons te doen? Die regering is “bewus” van die probleem, maar omdat politici hulle salarisse en voordele jaarliks aanpas om alle stygings te akkommodeer, lyk hulle erns met die hervorming van die mediese bedryf maar bra effentjies en nie dringend nie. Ditto die regsbedryf: dis goed en wel as die owerhede nou oor regstariewe begin kla, maar baie regsmense het die afgelope paar jaar (legitiem natuurlik) verstommende bedrae staatsgeld in hulle sakke gesteek met al die hofsake, ondersoekkomitees en dies meer wat uit die Staatskas betaal word, skynbaar sonder dat diegene wat die tesourietjeks teken ooit na die bedrae kyk. Die aankondiging dat R30-mil-
joen bestee gaan word om die Marikana-tragedie te ondersoek, is maar ’n beskeie voorbeeld van hierdie soort verkwisting. Genoeg gekla. Ek skryf hierdie woorde in ’n restaurant – soos ek joernaliste dit toenemend sien doen – seker om die worstelende mensdom se donker gedagtes (JuJu as president, die weduwee Pettersson as minister van finansies) te verdryf. Hier dus, vir u lering en afleiding, liewe lesers: Fourie se Voed- en Heilsame Roereierresep • Pluk ’n handjievol vars kruie (tiemie, roosmaryn, vinkel, basiel, salie, ens.). • Braai liggies in ’n teelepel olyfolie met ’n knippie seesout, rooipe-
per, komyn, koljander en salie • Smeer ’n dun lagie Marmite op ’n snytjie rogbrood. •Breek ’n eier in die pan en roer net genoeg om te meng tot dit stol. •Skep op die brood en begin die dag op ’n gesonde noot. fouriejh@mweb.co.za
Tuesday 2 October 2012
General - Algemeen
Theewaterskloof Gazette
5
Wolprys ietwat swakker Die wolmark was effens swakker op vandeesweek (26 September) se in Port Elizabeth-veiling en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 0,8% teruggesak tot R88,09/kg (skoon). Dit is in navolging van die Australiese mark waar die aanwyser met 0,6% verswak het. Pryse het aanvanklik redelik skerp teruggesak, maar later in die oggend meer momentum begin kry, veral toe die mededinging vir mediumwol begin toeneem het. Die pryse vir die fyner vagwoltipes was dié week ook beter. Die gemiddelde koers van die rand was feit-
lik onveranderd teenoor die Amerikaanse dollar, maar was 1% sterker teenoor die euro. Altesame 5 697 bale is aangebied waarvan 99% verkoop is. Die gemiddelde skoonwolpryse van lang kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 18 mikron was 1,5% goedkoper op R98,26/kg, 19 mikron was onveranderd op R96,43/kg, 20 mikron was 2,6% laer op R90,25/kg, 21 mikron daal met 2,1% tot R88,72/kg en 22 mikron verswak met 3,1% om op R86,83/kg te sluit. Sowat 8 500 bale sal volgende week aangebied word.
SEUN SE GRAAD IS PA SE GESKENK: Kevin Leslie Jullies van Caledon (middel) het op Donderdag 20 September sy graad in teologie by die Universiteit van Wes-Kaapland ontvang. Sy pa Davy sê dit was die grootste verjaardaggeskenk ooit, want hy het op Vrydag 21 September sy 51ste verjaardag gevier. Sy ma Magrietha sê hy was die enigste student wat dié graad ontvang het. FOTO: VERSKAF VOËLVERSKRIKKERS: Die gr. 9-leerlinge van Botrivier Primêr het aan Wildekrans se voelverskrikker-kompetisie deelgeneem. Hier (van links) is Ashley Eksteen, Anathesia Olckers, hoofdogter, Benica Pienaar, Ernest Lakay, Garreth Malinka en Miché Matalie wat vir Wimpie gemaak het. Hy gaan in die wingerd opgesit word om te keer dat die voëls die druiwekorrels stukkend pik. FOTO: ANNETTE THERON
OUMA SE TROTS: Elishama en Elichai Jullies is op 29 Mei in Wynberg gebore. Hul trotse ouma, Magrietha Jullies van Caledon, sê dis die derde tweeling in haar familie. Haar susters is identiese tweelinge, en haar een suster het ook die lewe aan identiese tweelingdogtertjies geskenk. FOTO: VERSKAF
Update your documents Thanks to an agreement between the Department of Home Affairs and the Cape Agulhas Municipality, Home Affairs officials will pay a visit to Bredasdorp every Thursday, as far as possible, in a bid to help people keep their vital personal documentation up to date. Officials from the Department of Home Affairs will also be visiting the community hall in Kleinmond today (Tuesday 2 Octo-
ber) to offer residents the opportunity to obtain their birth certificates and identity documents. On Thursday, they will be at the library in Bredasdorp, and the next day they’ll be found at the municipal office in Grabouw from 09:00 to 14:30. During their visits to Kleinmond and Bredasdorp, the Officials will offering their help from 10:00 to 14:00. Call Home Affairs on 0800 601 190.
Train a young person The Theewaterskloof Municipality is calling on local product owners to give a young person the chance to thrive. Lizette Kok, senior administrator for tourism and marketing at the Theewaterskloof Municipality, says the Department of Work and Skills has presented an opportunity to have 20 young people placed in subsidised employment in the area. “Participants will receive one week of training and induction, and R1 200 per month as a salary contribution,” says Kok. It would be expected of product owners to provide their new employee with on-the-job
training, an additional stipend to meet the minimum wage scale and, if possible, future absorption into permanent employment. The candidates will be between ages of 18 to 35, with their highest qualification equivalent to matric. All human resources issues, including induction into the workplace, discipline and follow-up interviews, will be conducted by the Department of Work and Skills of the Theewaterskloof Municipality. If you are interested in participating in this programme as a host employer, please let Lizette know no later than 3 October. You can contact her on 028 214 3300.
vacancy bulletin eXciting oPPortunities for Persons Who Want to maKe a Difference
DEPARTMENT OF HEALTH CALEDON HOsPiTAL, THEEwATERskLOOF sub-DisTRiCT (OvERbERg DisTRiCT)
Food service Aid REMuNERATiON: R 63 798 PER ANNuM sERviCE bENEFiTs: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance. REquiREMENTs: MiNiMuM REquiREMENT: Basic literacy. ExPERiENCE: • Previous work experience in cleaning procedures and any aspect of food preparation. iNHERENT REquiREMENT OF THE jOb: Ability to work shifts (weekends and public holidays). COMPETENCiEs (kNOwLEDgE/skiLLs): • Ability to prepare food according to standardised recipes • Proficient in at least two of the three official languages of the Western Cape. DuTiEs (kEy REsuLT AREAs/OuTPuTs): • Assist with the receipt and storage of food supplies • Maintain general hygiene in the food service unit • Prepare normal and special diets • Dish up and distribute meals • Maintain safety measures of apparatus and equipment. ENquiRiEs: Ms C Langley: 028 212-1070 Please submit your aPPlication for the attention of ms n ntsete the District Director: overberg District, Private bag X07, caleDon 7230. iNsTRuCTiONs TO APPLiCANTs: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.capegateway.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. Applications without the afore-mentioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
P O s i T i v E A b O u T P E O P L E w i T H D i sA b i L i T i E s
The Western Cape Government is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
Closing Date 26 October 2012 Human Communications C95677E
6
General - Algemeen
Theewaterskloof Gazette
Tuesday 2 October 2012
Photos galore Entries are pouring in for the Theewaterskloof Gazette’s photo competition. One lucky reader stands the chance to win a case of wine generously sponsored by the Bot River Winemakers Association. Send us your photo in 300kb to kontreinuus@com2000.co.za and tell us what prompted you to take the picture.
CANOLA IN VOLLE BLOM: Lucille Herbst van Caledon het hierdie foto van die canola op Gabriëlskloof ingestuur vir die Gazette se foto-kompetisie. Sy sê die helder kleure het haar inspireer om die foto te neem.
34
1141
Spyseniering Catering
FAMILIEKENNISGEWINGS
Ian Herbst,een van die veeartse in Caledon, ry as gevolg van sy werk baie rond tussen die plase in die distrik en hy het op hierdie mooi toneel afgekom op die Shaws Pass pad naby die afdraaipad na Tesselaarsdal. Die huise in die agtergrond vorm deel van Uitsig in Caledon.
O V E R B E R G C A T E R ING/HIRING. Demperstraat 10, Caledon. Te huur: Breekgoed, messegoed, glasware, linne, stoeloortreksels, bykomstighede. Skakel Egbert 082 789 7260.
11
Algemene Dienste General Services
Ginny Hickling from Villiersdorp says a hike up the mountains in the late afternoon near the Elandskloofdam, near Villiersdorp, revealed this scene of tranquil beauty.
A U T O E L E C T R I C A L DIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. LEE'S WELDING Gates, burglar bars and braai drums. All steel and welding jobs etc. Call 078 275 1781 / 028-212 3744.
In Memoriam ROSELINE MICHELLE JANUARIE 02/10/2012. Reeds 'n jaar van ons afweg en dit voel nog soos gister, maar ons dink aan Mammie. Mis jou baie, Yasmeen & Morgan.
101
17 Begrafnisdienste Funeral Services
N O R M A N K E N N I T H THYSSEN Thinking of you on your first birthday away from us, on 3 October 2012. We miss you, but will cherish special memories and keep you in our hearts forever. Your Wife, Thyssen, Joemath, Adams & Dyk families.
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES
D O V E S . B e g r a f n i s dienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Her-manus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.
Attorney’s Services FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998 of 028-212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange.
108
Geld/lenings Money/Loans 12 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel 021-696 0676.
PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES P A D S T A L / R E S T A U RANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028214 1475.
113
te Huur/to Hire K R A G G E R E E D S K A P . Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.
EIENDOMME PROPERTIES STORAGE. Secure and dry units from R299 pm. Best prices. Transport available. Call De Wet 082 439 9704.
MEDICAL
Mediese fonds
TO LET: 320m Office space at 8 Haw Street, Caledon. Call Xpert Property Administration 028-313 0132/082 870 5704.
vanaf slegs
171
Woonstelle te Huur Flats to Let LIEFLIKE ongemeubileerde 1 slaapkamer w o o n s t e l m e t ingeboudekaste. Sentraal geleë. R2600. Skakel 028212 2135 / 083 286 8775. T E N V O L L E TOEGERUS en gemeubileerde een-slaapkamer woonstel te huur binne loopafstand van die Cale-don casino en hospitaal. R2500 per maand. Skakel 082 415 4851 of 072 707 4900 vir navrae.
SCHEME
R750 per maand
*
* 1ste kind R320 p.m.; daarna R60 p.m. vir elke addisionele kind
0861 564 6669
www.genesismedical.co.za
Kontak: Marius Jacobs CFP® Caledon 028 214 1110/4 Sel: 083 553 2735 Hazel Hugo Villiersdorp 028 840 0288 Sel: 072 832 4282 Goedgekeurde finansiële diensteverskaffer FSB 9633
Tuesday 2 October 2012
General - Algemeen
Fate of rhino on display VANESSA DAVE Applewood Preparatory invited Sheraine van Wyk from Eco Schools to give a presentation on Rhinos to the Senior Phase of the school. The Junior Phase also learnt all about rhinos and how they need to look after them. The whole school then came together to place a cross on a rhino display representing all the rhinos that have been poached since the beginning of this year – an alarming 381 rhinos. This display will be placed in the foyer of the school to help create an awareness of the current state of our rhinos. They will be hosting an art auction at the end of this year hoping
to raise enough funds to contribute towards the Rhino Campaign that Eco Schools is running to help save the rhinos.
Benedikt Blomendahl and Wynand Viljoen with the rhino display. PHOTO: SUPPLIED
WISKUNDE OLIMPIADE 2012: Carlton Hopley en Wilbur Witbooi, onderskeidelik in gr. 6 en gr. 7 by De Heide Primêr, het deelgeneem aan die Overberg Onderwysdistrik se Wiskunde Olimpiade. Carlton Hopley het derde geëindig in die kompetisie. Die skool is baie trots op hulle. FOTO: VERSKAF
HELDERSIG-KOSHUIS EET GESONDER: Heldersig Koshuis op Bredasdorp is een van drie koshuise in die Wes-Kaap wat ingekoop het om gesonder te eet. ’n Nuwe kookboek, Cooking from the Heart, is deur Pharma Dynamics uitgegee wat resepte vir gesonder en goedkoper etes bevat. Reinette Els (senior huishoudingstoesighouer van Heldersig-koshuis) en Franceska Shelley (dieetkundige) gaan dié nuwe uitdaging van stapel stuur. Hoërskool Bredasdorp daag ander koshuise uit om hul voorbeeld te volg. Van links is Joan Perold, Franceska Shelley, Reinette Els en Willie Stoman (superintendent Heldersig-koshuis). FOTO: VERSKAF
LENTEBAL: Gr. 8-leerlinge van Hoërskool Bredasdorp het hul eerste Lentebal terdeë geniet. Hier (van links) is Stacy-Lee Davids (Mej Lente 2012), Urchwin Shuma, Duneshia Bogenhagen, Kim Pietersen, Hadwinn Valentine en Jami Dyers. FOTO: VERSKAF
Theewaterskloof Gazette
7
Lentebal op Bredasdorp Dié mooi Bredasdorpblomme by Hoërskool Bredasdorp se jaarlikse lentebal is (agter van links) Jenna Pratt, Maret Blom, Kayla Struthers,Charmaine Clayton, Debbie Cloete, Joadrie van Dyk en Marizanne Pfeil; (voor) Nikola Uys, Suné Swart en Elanie van Schalkwyk. FOTO: VERSKAF
TAALWENNERS: Die Bredasdorpers wat as Klusterwenners vir die Taal-afdeling van die Overberg Bonanza aangewys is, is (agter van links) Donnay van Vuuren, Stephanie Quickfall en Sasha-Lee Owen. Voor van links is Nicole Teixeira, Marissa Badenhorst, Tracy-Lee Bieding en Sharné van Vuuren. FOTO: VERSKAF
Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier
Year 2 • Dinsdag 2 Oktober 2012 | Tel. 028 214 1294
Bergfiets-klub in Caledon Corné Barnard, die eienaar van Rockhoper Adventures, sê hy het in Januarie verlede jaar die klub gestig omdat fietsry so gewild geword het onder kinders as gevolg van die Spur-skole- liga. Maar ook omdat baie ouers na hom toe gekom het en gevra het of hy nie hulle kinders kan leer fietsry nie. “So ek help met padwaardigheid,bergfiets-renvaardighede, hoe om na jou fiets om te sien, en ook om mede padgebruikers in ag te neem,” vertel Corné Hulle woon twee keer per kwartaal fietsrenne by en Corné vertel trots dat twee van die Rockhopper-klublede algehele eerste en tweede plekke behaal het in die onlangse Staalwater Challenge oor 10 km in Caledon. Die kinders word twee keer per week afgerig en indien u belangstel om by so ’n klub aan te sluit, kontak gerus vir Corné by 083 235 9612. Hy kan ook per e-pos bereik word op inDie klublede van Rockhopper Adventures in Greyton. FOTO: VERSKAF fo@rockhopperadventures.co.za Rockhopper Adventures het reeds met groot sukses ’n jeugklub vir bergfietsliefhebbers op die been gebring in Greyton en wil nou ook ’n klub in Caledon op die been bring.
BOLAND-RUGBY: Jereldo Johannes, gr. 6-leerling van De Heide Primêr, is opgeneem in die Boland o.12 rugbyspan. Hy het die eerste naweek van die September-vakansie op Riversdal aan die o.12-Kustoernooi deelneem FOTO: VERSKAF
Jacques van Zyl van Caledon het eerste plek behaal in die Idea Fruit bergfiets-ren op 2 September. FOTO: VERSKAF
Wines2Whales supports Bot River Education Foundation The annual Contego Wines2Whales (W2W) MTB Adventure and Race in November will again support the Bot River Education Foundation (BEF). The BEF is a voluntary association that was established in 2005 with the aim of motivating students in the Bot River community to study in the fields of engineering, accounting and medicine. Currently 40 students are enrolled in the 2012 BEF mentorship programme, of which 29 are at school
PAUL STAP VIR LUCA: Paul Steyn het 26 September van Caledon na Botrivier gestap as deel van sy 800 km staptog van Port Elizabeth na Kaapstad. Hier staan Paul in die middel langs lt. Cyril Coetzee (regs) van die Caledon-polisie en ander polisie-lede wat saamgestap het. Paul het op 13-jarige ouderdom sy been verloor en ’n trust van stapel gestuur ter bewusmaking van die koste verbonde aan prostese. Hy stap tans om fondse in te samel vir Luca Viljoen wat in 2008 gebore is sonder ’n regterbeen. Luca se prostese moet elke ses tot agt maande aangepas of vervang word. Lees gerus meer op www.paulsteynfoundation.org.za. FOTO: YVETTE VERMEULEN
and 11 at university. Says Anthony Hess, BEF coordinator, “We are very excited by the possibilities of this educational initiative, and thrilled by the support given by Wines2Whales. This partnership definitely brings us closer to our vision, which is to facilitate tertiary education to at least one high school student in every family in Bot River.” The Contego W2W organisers further support and endorse the eighth annual Bot River Van der Stel Pass MTB Challenge, taking place on Saturday 27 October. During this – the annual fundraising event for the BEF – mountain bikers can choose from a 60 km, 37 km and 15 km race. The Cultural Historic Race, a 21 km, 10 km and 5 km run or walk, takes place on the same day. The Contego Wines2Whales MTB Adventure will take place from 2 to 4 November, with the race taking place from 9 to 11 November. Starting in the Winelands of Somerset West, riders will cross 13 wineries, 26 private farms and 6 mountains, moving along historic roads and mountain passes, before finishing within sight of the whales of Hermanus. For further information on the BEF or the Botrivier Van der Stel Pass Challenge, contact Anthony Hess on 083 773 2574 or email anthess02@gmail.com. To find out more about the W2W MTB Adventure and Race, call 076 118 0874, email entries@wines2whales.com, or pay a visit to www.wines2whales.co.za.
Posduifnuus Caledon Wedvlug vanaf Britstown 22 September 1. D. King, 2. M. Otto, 3. M. Otto, 4. G. Hoffman, 5. M. Otto, 6. D. King, 7. J. Marias, 8. J. Marias, 9. T. de Bruyn 10. D. King. Villiersdorp Wedvlug vanaf Klerksdorp 22 September 1. A.P Lingenfelder, 2. T. dos Santos, 3. S.de Kock. Wedvlug vanaf Britstown 22 September 1. S. de Kock, 2. A.P Lingenfelder, 3.A.P Lingenfelder; 4. A.P Lingenfelder; 5. A.P Lingenfelder.