Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 4 • Tuesday 30 September 2014 | Tel. 028 214 1294

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Jong ma se dood ’n raaisel ANNETTE THERON

Almal in Caledon wonder oor die oorsaak van die dood van Cornél Groenewald (21). Haar lyk is Saterdagoggend om 08:05 deur ’n lid van die publiek in Caledon gevind. Sy het in ’n watersloot by die bruggie in Mackaystraat gelê. Dit is die tweede keer in minder as drie weke dat ’n lid van die publiek op die lyk van ’n vrou in die hartjie van Caledon afkom. Kapt. Gerrit Botes sê Groenewald het om 07:05 die oggend haar huis verlaat op pad werk toe. Sy het egter nooit by die werk opgedaag nie en is nie weer lewend gesien nie. Volgens Botes was daar nie tekens van ’n struweling of enige gemene spel nie, en hulle vermoed sy het moontlik geval. ’n Nadoodse ondersoek sal vandag uitgevoer word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Groenwald was ’n pakker by Caledon Spar sedert 11 Oktober verlede jaar. Gister het kollega Surita Fourie met rooi gehuilde oë vertel dat Cornél voor haar grootgeword het. “Ons het oorkant hulle gebly en ek gaan haar geweldig mis, veral die drukkies wat mens so gereeld gekry het. “Ek is geskok. Hoe veilig is Caledon? Wat gaan hier aan? So onskuldig – op pad werk toe . . .” Fourie sê Groenewald se vyfjarige seuntjie het ’n ouma wat vir hom baie lief is en wat vir hom daar sal wees. Michelle, Groenewald se ma, was nie vir kommentaar beskikbaar nie. Haar broer, Francois (16), ’n leerder by Hoërskool Overberg, sê hy is verbyster deur sy suster se dood. “Daar is ’n klomp bespiegelinge oor die dood van my suster, maar ons wag vir die nadoodse ondersoek om gedoen te word. “Ons het vir haar seuntjie, Miguel, vertel sy is dood en gaan nie weer terugkom nie, en hy was baie hartseer. Ek was baie lief vir my suster en gaan haar geweldig mis.” Letitia Bruintjies, een van haar beste vriendinne en medepakker by Spar, sê dit was ’n geweldige skok om van Cornél se dood te hoor. “Sy was ’n lieflike mens, altyd met ’n glimlag op haar gesig.” Bruintjies het vertel dat sy al haar lief en leed met haar gedeel het. Hulle was saam lidmate

Spar-personeel het gister kerse gebrand en inwoners het in ’n herinneringsboek boodskappe geskryf vir Cornél Groenewald. Van links is Letitia Bruintjies, Margot Muller, Bernice Daniels en Surita Fourie. FOTO: ANNETTE THERON

van die VG Kerk in Caledon en Groenewald het in die kerkkoor gesing. “Cornél was altyd vriendelik en ek sal haar glimlag nooit vergeet nie. Ek sal haar altyd onthou as ’n opgeruimde mens.” Margot Muller, ook ’n kollega by Spar, sê sy het Groenewald verlede jaar in November ontmoet. “Sy het

onmiddellik in my ouers se hart gekruip toe sy by ons kom kuier het. “Ek gaan haar glimlag die meeste mis – sy was altyd dieselfde en het altyd geglimlag.” Op Caledon RFC se Facebook-blad was die volgende boodskap Sondag geplaas: Die rugbyklub wil graag vanog-

gend sy diepste medelye betuig teenoor die familie van Cornél Groenewald (mooi, vriendelike jong dame wat werksaam was by Caledon Spar), wat grusaam verwyder is uit ons samelewing. Mag God vertroosting bring in hierdie tyd van rou. Ons simpatie gaan ook uit aan Caledon Spar (een van ons borge), VGK Bergsig-ge-

meente en al die ander instansies/organisasies waarby sy betrokke was. Mag haar vriendelike en spontane geaardheid u altyd bybly #RIPCornellGroenewald. Teen druktyd was die begrafnisreelings nog nie bekend nie. Dit sal later vandeesweek bekend gemaak word.


2

Theewaterskloof Gazette

) Hiermee wil die geldinsamelingbestuur van Disa Senior Burger Dienssentrum, Myddleton, graag die volgende borge en persone bedank vir hul vrygewigheid met sy jaarlikse lenteloop Saterdag 6 September: Mev. Basson vir die skenking van die wors en Robert Carelse vir die braai daarvan. Baie dankie – julle hulp word waardeer en dit gaan nie ongesiens verby nie. Verder, vir Camilla Balie van maatskaplike dienste, vir die aanry van die springkasteel. Dankie dat ons op jou kon staatmaak. Dan, vir Shadows en Ashley vir die verskaffing van die musiek. Ook, aan JD Henn, vir alle borge van skyfies, koeldrank, nartjies, vir die springkasteel, asook die roetebeplanning. Aan Yvonne Geduld vir die lekker braaihout en die rooster, vele dank. Laastens, baie dankie vir al die deelnemers. Op 18 Oktober word daar ’n maskerbal vir liefdadigheid in die Caledon-stadsaal deur Kansa Relay for Life aangebied. Vir kaartjies, bel vir Schunette by 072 913 5701 of Anne-Marie by 082 324 8934. ) Op 13 Oktober begin Carpe Diem Opleidingsentrum weer met opleiding in huisbestuur en tuisversorging in die Vlei View-saal in Bergsig in Caledon. Die kursus vind daagliks vanaf 08:00 tot 16:00 plaas en duur tot 4 Desember. Kursusfooi beloop R2 000 en alle handboeke is ingesluit. Sluitingsdatum vir inskrywing is 3 Oktober Inskrywingsvorms is by die Gazette beskikbaar. Vir verdere navrae, bel suster de Waal by 028 212 1138 of 071 125 4704. ) Die jaarlikse basaar en fynbosuitstalling

General - Algemeen van Stanford-gemeente is besig om ’n fees vir die hele gemeenskap te word. Vanjaar word dit op 4 Oktober gehou en is daar naas die basaar ook verskeie kattebak-verkopings om mense van buite te betrek. Talle interessanthede sal te koop aangebied word. Die deure na die saal open 10:00 met gebak, poeding en vars vleis, maar besoekers kan van vroeg af reeds ontbyt by die kafee koop, of iets te drinke by die teetuin. ’n Potjiekoskompetisie en lekker musiek in die gees van Erfenismaand rond die prentjie af. Daar is ’n trofee en groot pryse (waaronder ’n slagskaap) op die spel in die kompetisie. Vir reels en inskrywingsvorms (R100 per inskrywing) bel die kerkkantoor by 028 341 0966/028 341 0681 of Carlien by 072 337 1544. ) Die bekende kinderskrywer Niki Daly besoek Caledon-biblioteek Maandag 6 Oktober 9:30 tot 12:00. Stories word vertel uit sy boek met ’n geleentheid vir vrae en antwoorde. Dit sluit ook ’n knip-en-plak oggend in. ) Die ACVV Caledon Protea Dienssentrum bied op 1 Oktober ’n oggendtee met musiek aan in Caledon Wes-kerksaal. Anneke van Loggerenberg en haar musiekleerlinge sal ’n program lewer en die Dienssenttrum sal ’n heerlike tee aanbied. Kaartjies teen R20 is by die Protea Dienssentrum beskikbaar op Maandae tot Donderdae vanaf 8:00 tot 13:00. ) Die Volkskerk van Afrika vier oor die naweek van 10-12 Oktober sy 90ste bestaansjaar. Op Vrydag, 10 Oktober, word daar ’n Youth Rally om 19:30 aangebied vir alle jongmense. Saterdag 11 Oktober is daar ’n Debutante Dinee om 19:30 by Emil Weder Sekondêre skool en Sondag 12 Oktober om 09:00 die oggend sal daar ’n feesdiens aangebied word in Volksweg, Genadendal. Die prediker vir die oggend is prof. Nico Koopman, dekaan, fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosh. Navrae: Lisma 073 895 0088; Mnr Arendse 072 526 7504; ds. Robyn 082 683 7899.

Radio Overberg by alle feeste Lente is in die lug, en vir ons was dit uit en uit die afskop van ’n voorspoedige lente. Radio Overberg het baie trots die dorp verteenwoordig by Agri Megaweek. Ons was Saterdagoggend vanaf 09:00 in volle glorie op die terrein vir die hele dag. Sharon Brink, Heyne Brink en Hannes Smal het musiek gemaak en uitgesaai, die luisteraars het kom groet, en met die lekkerste musiek het Radio Overberg Gazebo baie aftrek geniet. Die een hoogtepunt van die dag was toe Chester Williams en sy gesin kom groet het. Verlede Woensdag het ons dieselfde gedoen met Braaidag, en Radio Overberg het ook Saterdag die Elim-fees gaan ondersteun. Natuurlik sou niks hiervan moontlik gewees het sonder ons borge nie, en Anre’s Funerals was weer eerste op die toneel om te help.

Woensdag 1 Oktober gesels Rudi de Waal met Steve Hofmeyr. Steve het ’n nuwe CD vrygestel, en Rudi gaan om 14:30 met Steve gesels oor sy musiek. Radio Overberg gaan ook ’n CD of twee weggee. Moet ook nie Rudi se weeklikse resep mis nie. Dis liplekker luistergenot elke Woensdag met Rudi se “Mengelmoes Jolyt” van 13:15 tot 15:45.. Radio Overberg is jou Radiostasie vir Inspirasie.

Chester Williams en sy gesin met Marné Joubert, stasiebestuurder van Radio Overberg op Saterdag 20 September by Agri Megaweek.

Tuesday 30 September 2014 die Pink Trees for Pauline-inisiatief wat pas afgeskop het op Bredasdorp. Skakel met Theresa by 083 584 2382, ook met vrouehetvlerke op Facebook.

10 Oktober 1 Oktober ) ACVV Caledon Protea Dienssentrum oggendtee met musiek. Anneke van Loggerenberg en haar musiekleerlinge sal ’n program in Caledon-Wes kerksaal aanbied. Navrae oor kaartjies 028 212 1407.

2 Oktober ) VLV Openbare sakevergadering om 15:00 in NG kerk Caledon-Wes. Navrae Retha Skein 028 212 1432.

4 Oktober )VGK Caledon Basaar om 10:00. Caledon-rugbyklub speel tuiswedstryd teen Standards. )Stanford Gemeentefees. Basaar en fynbos-uitstalling. Vir navrae skakel die kerkkantoor by 028 341 0966/ 028 341 0681. )Daar word op Saterdag 4 Oktober in die NG kerksaal op Bredasdorp ’n “Vroue het Vlerke” Vrouedag gehou van 08:30 tot 11:00, waarna daar ’n Mammo Mark van 11:00 tot en met 17:00 sal wees. Tydens die oggendsessie tree drie sprekers op wat onderskeidelik bydraes sal lewer rondom liggaam, siel en gees. Geld word onder meer ingesamel ten bate van

) Volkskerk van Afrika negentigste bestaansjaar Feesnaweek. Youth Rally om 19:30. Navrae Lisma 073 895 0088 / mnr Arendse 072 526 7504 / Ds Robyn 082 683 7899.

11 Oktober ) Die 1994-matrikulante van Albert Myburgh Sekondêr in Bredasdorp hou hul 20-jaar-reünie in die Albert Myburgh skoolsaal. Vir meer inligting kontak Deidré by 082 715 1298 of Francois by 083 220 9081. )Volkskerk van Afrika Debutante-dinee om 19:30 by Emil Weder Sekondêre Skool. Navrae Lisma 073 895 0088 / mnr Arendse 072 526 7504 / Ds Robyn 082 683 7899.

12 Oktober )Volkskerk van Afrika Feesdiens om 09:00 in Volksweg, Genadendal. Prediker: Prof. Nico Koopman, dekaan fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch. Navrae Lisma 073 895 0088 / mnr Arendse 072 526 7504 / Ds Robyn 082 683 7899.

17 Oktober )Nick Stevens tree op in NG kerksaal, Greyton. Kaartjies is te koop by 1854 Restaurant in Greyton en sluit ’n vingerete in. Bring eie verversings. Kontak 072 306 4168 of 028 254 9639 vir navrae of besprekings.

Elgin-trompoppies skitter by Boland-kampioenskap Die Elgin-trompoppiespan het Vrydag 12 September aan die Boland-kampioenskap by die Dal Josafat-stadion in die Paarl deelgeneem. Die meisies het weereens gewys dat daar rekening gehou moet word met Elgin. Die span het ’n eerste plek behaal in die vlaggroep-afdeling en ook onderskeidelik tweede en derde plek in die “Pom, non-propgroep”, “Small drill” en “Large Drill”, en het die “Squad” en “Display”-afdelings gewen. Alhoewel daar strawwe kompetisie vir die meisies was, het Elgin ’n tweede plek te behaal. Die Elgin Drummies is met algehele tweede plek as die Champ of Champs 2014 by die provinsiale kampioenskap bekroon. By dié geleentheid is twee van die meisies vereer met Boland-kleure en sal ook die Wes-Kaap se provinsiale span op nasionale vlak ver- Die meisies van teenwoordig. Merencia Willson en Chamiel Visagie is albei van Dennegeur Boerdery. Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar wat dié plaas se trompoppies provinsiale kleure oplewer. Die slagspreuk vir die jong trompoppies is: “One Team – One Soul – One Goal”. Verskeie skole van regoor die land neem aan die prestige-sport deel.

Met harde werk en deursettingsvermoë kan hulle provinsiale kleure en later ook Suid-Afrikaanse kleure (SAMCA) of Proteakleure verwerf, waarna hulle Suid-Afrika kan verteenwoordig by internasionale byeenkomste. Nie al die kinders is finansieel so goed daaraan toe nie en daarom rig die groep graag ’n versoek aan plaaslike sakelui om in hulle te belê deur skenkings.

Elgin-trompoppies. Hulle benodig dringend ondersteuning vir die aankoop van nuwe uniforms en sweetpakke, sowel as vervoer en akkommodasie vir die nasionale kompetisie wat van 3 tot 11 Oktober in die Vygieskraal in Kaapstad sal plaasvind. Om die trompoppies te ondersteun, stuur ’n e-pos aan 2 elgin.drummies@gmail.com of skakel 2 079 504 1371.


Tuesday 30 September 2014

News - Nuus

Stock theft, burglary on the rise ANNETTE THERON The annual police statistics released on 19 September show that stock theft, burglary at non-residential premises and drug-related crime have risen most over the past year in the Theewaterskloof region, Bredasdorp and Napier. Between April last year and March this year, stock theft has gone up by 36,5% (74 to 101 cases), burglaries at non-residential premises increased 18,9% from 370 to 459 incidents and drug-related crime spiked 16,9% from 1804 to 2108. Common robbery is up by 13,8% and burglary at residential premises increased 8,7% from 1119 to 2335, with Bredasdorp and Grabouw heading up the table with an increase of 29,8% and 24%. Non-residential burglaries in Grabouw peaked at 33,8%. Murder is up 3,3% from 61 to 63 and the area with the highest murder percentage was Grabouw, with an increase of 69,5% from 23 in 2013 to 39 reported murders in 2014. Drug-related crime remains a headache

in the region with an increase of 16,9%. The highest individual towns were Genadendal and Bredasdorp, which both showed an increase of over 47% – Bredasdorp from 133 to 196 and Genadendal 122 to 180. Caledon showed an increase of 9,5% from 577 to 632, Grabouw 1% from 236 to 238, Riviersonderend increased to 29,9% from 254 to 330 and Villiersdorp is up 19,6% from 337 to 403. Napier is the only town to reflect a decrease of 12,4% from 145 to 129. Total sexual crimes in the region is down 8% from 244 to 226 reported incidents. Grabouw however showed an increase of 2,9% from 34 to 35, Napier increased 66,7% from 6 to 10 and Riversonderend spiked at 122% from 9 to 20 committed crimes. Caledon showed a decrease of 72,2% from 62 to 36 and Genadendal is down 5,5% from 19 to 18. Lt. Col. Mareé Louw, station commandor of Bredasdorp, said she is happy that murder and rape statistics were down for 2012/2013, “but unfortunately we sit with a problem with assaults – robbery and sexual assault went up this year.” Louw says robberies are mostly repeat offenders

FynBloem broadens its horizon FynBloem, a protea-growing and bouquet production facility near Riviersonderend, was recently showcased as a prime example of DanishSouth African cooperation when it was visited by a Danish parliamentary delegation on 24 September. The event, which included a short video on FynBloem’s Corporate Social Responsibility activities The delegation from Denmark with Fynbloem employees and Chris Punt, fourth from and a tour of the the right in the back row. bouquet production facility, was also attended by the Theewa- and development, which equipped the leaderterskloof Mayor Chris Punt, and councillors ship team for the fast growth of the company. Beyers, CEO of FynBloem, said that being Martie Koegelenberg and Karo Tiemie. The partnership between local farmer Bey- able to harvest 52 weeks of the year, combined ers Beyers and Laurits Larsen of Denmark, with a state-of-the-art pack house and a posiwas forged in 2009 with the aim to be the best tive environmental footprint, make Fynand most reliable supplier of quality proteas Bloem the leader in the industry. “The UK is currently our biggest market. for export overseas. To date, FynBloem is the biggest investment While they experienced a growth in the cutin the Proteaceae industry, with support from flower industry of only 2,5%, we as Cape Fynthe Industrial Development Corporation of bos are growing at 32% year-on-year. This South Africa and the Danish Investment Fund clearly shows that we are delivering the right for Developing Countries. Larsen, director, product to our customers and this paints a thanked the Danish business-to-business pro- very positive picture for the future of fynbos, gramme for their investment in staff training both locally and internationally.”

“that we have arrested and after a month or two they are released and it is a vicious circle. We had a challenging time with property-related crime – repeat offenders and drug abusers remain a headache.” Capt. Gerrit Botes, spokesperson for Caledon police said the crime statistics is a true reflection of crime in the area. “The increase of 5,3% in assaults is mostly domestic violence-related and alcohol plays a big role.” Botes says unemployment is a major contributing factor to housebreaking and theft in the area. Botes appeals to second-hand dealers not to buy any items without proper documentation or identification and to the public not to buy items cheaply from any person on the street. He also urges home owners to properly mark all their valuable items. Botes says several stock theft arrests were as a direct result of unemployment in the area, although there were also arrests from outside the area. “The increase in drug-related crime is a sign that the SAPS do regular operations on drug outlets and that more arrests have been made.” Botes thanks the public for its vigilance in giving information to the SAPS.

Theewaterskloof Gazette

3

Beslag op perlemoen ANNETTE THERON Die Caledon-polisie het Woensdag 24 September beslag gelê op 5 948 perlemoen met ’n straatwaarde van R520 000. Volgens ’n woordvoerder van die Caledon-polisie het die polisie ’n verdagte wit bakkie opgemerk en afgetrek op die N2. ’n Saak van besit van perlemoen is geopen. Een verdagte het Vrydag 26 September in die Caledon-hof verskyn.


4

Leader - Hoofartikel

Theewaterskloof Gazette

Caledon library personnel showed their support for the Pink Trees for Pauline initiative. From left are Gerhard van Wyk, Helene Viljoen and Yolanda Julies.

Mammomark gehou vir stryd teen kanker ’n Vrouedag en Mammomark word op Saterdag 4 Oktober deur Vroue het Vlerke in die NG kerk Bredasdorp se saal gehou, ten bate van Pienk Bome vir Pauline en die stryd teen kanker. Die Vrouedag vind van 08:30 tot 11:00 plaas en kos R70 (toegang na die mark ingesluit). Die mark vind direk daarna, van 11:00 tot 17:00, plaas en toegang kos R20. Besoekers word gevra om iets pienks te dra. Afgesien van oorgenoeg pienk lap wat te koop aangebied sal word, kan besoekers ook uitsien na allerhande bederf-kopies vir vroue, vars kruie, vintage-klere, vars koffie, soesji, vars soetgoed, allerlei ander eetgoed (ook gesondes, soos slaai) en ’n kinderhoekie en ponie-ritte. Daar sal ook ’n gesondheidshoekie, gratis borsondersoeke en openbare gesondheidsdienste wees, asook bragrootte-metings wat vroue kan help om dalk vir die eerste keer presies die regte grootte bra te kies. Vir kaartjies en verdere navrae, bel Theresa by 083 584 2382.

Tuesday 30 September 2014

Oktobermaand is tradisioneel Borskankermaand – die maand waarin ondersteuners van die stryd teen borskanker ook pienk strikkies aanspeld. Pink Trees for Paulinerolspelers op Bredasdorp het reeds hulle 2014-veldtog van stapel gestuur en bome by die ingang tot die dorp, vanaf Swellendam, staan reeds getooi in pienk. Die rolle pienk lap word tans gesny, waarna dit verkoop word en om bome in die dorp gedraai word. Bredasdorp is een van 96 dorpe wat hierdie jaar weer deelneem aan die inligtings- en geldinsamelingsveldtog. In 2013 het 55 dorpe deelgeneem, wat beteken dat die inisiatief besig is om momentum te kry. Vir lappe, bel Amy Neethling by 082 958 9753 of Beulah Erasmus by 082 485 6519 FOTO: ORA LAUBSCHER

Bredasdorpers jag erfenisskatte ORA LAUBSCHER

tyd voltooi. Hulle het as Survivor hotshots ingeskryf. Dit was ’n strawwe Hulle kommentaar het skattejagtog deur die gewissel tussen “heerlik”, dorp vir elk van die 48 “fantasties maar tough” spanne van vier wat inen “lekker en opwindend”. geskryf het. Dié manne is oorgehaal vir Die Erfenis-skattejag nog so ’n Erfenisdagresies kan beskryf word as ’n volgende jaar. mengsel van die twee Die kommentaar van die baie gewilde televisieander deelnemers – die reekse Amazing Race jongste was 10 en die ouden Survivor. Dit was ’n resies teen Hier is hulle – die wenners van die 2014 Erfenisresies ste amper 70 – was ewe potyd van een erfenister- op Bredasdorp. Van links is spanleier Ivan Mentoor, Na- sitief, alhoewel nie almal rein na die volgende en than Dyk, brandweerleier Raven Reyneke en Roane Vywer. gedink het dit was ewe lekleidrade moes telkens FOTO: ORA LAUBSCHER ker om bulte te klim en om so moeg te word nie. ontsyfer word alvorens Die yskoue koeldrank waardeelnemers na die volgende punt glad nie ’n plat dorp nie! Die wenners was die span wat mee hulle by die eindpunt verkon vertrek. Daar aangekom, moes hulle die Werk vir Vuur-manne ver- welkom is en die heerlike erfenis eers sekere uitdagings afhandel teenwoordig het en hulle het heel braaivleis het egter alles die en daarbenewens is Bredasdorp eerste die strawwe wedloop teen moeite werd gemaak.

Dorie Abrahamse met die pofadder wat Chester gepik het. FOTO: JUANITA SHEPHERD

Reuse-pofadder in Strandveld JUANITA SHEPHERD Op 17 September op die plaas Voëlvlei, waar Deon en Katinka Lourens woon, het ’n reuse-pofadder by hulle voorstoep opgeseil. Die dapper Chester, ’n Engelse bulhond, het sy mense teen hierdie groot gevaar probeer beskerm. Chester het sy lewe ingeboet deur sy heldhaftige optrede. Die pofadder het Chester in die gesig en binne-in sy mond gepik. Die Strandveld is bekend vir pofadders, maar inwoners wat al vir baie jare in die Strandveld bly sê hulle het nog nooit so ’n reuse-pofadder gesien nie. Dorie Abrahamse, die huishulp, het die slang se kop verbrysel. Dit is die tweede bulhond wat hierdie familie binne 12 maande verloor het as gevolg van ’n pofadder-byt. Deon en Katinka het verskeie perde van hulle kinders daar op stal. Anja, hul jongste, is ’n bekende ruiter.

Vind jou vreugde nie in aardse dinge nie Filippense 4:4: “Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal, verbly julle!” Paulus moedig ons in hierdie skrifgedeelte aan om ons blydskap in die Here te kry. As jy as wedergebore Christen nie waak nie, sal Satan probeer om jou te oortuig dat jou vreugde/ blydskap in baie ander dinge lê behalwe in Christus. Wanneer my daaglikse vreugde veroorsaak word deur sekere dinge wat in my lewe gebeur, dan word daardie dinge my fokus, met ander woorde dit word my god. As geld my gelukkig maak en geen geld my ongelukkig maak, dan het geld my god geword. Sommige mense leef van een hoogtepunt na ’n ander hoogtepunt en dit verskaf vir hulle vreugde. Wanneer hierdie hoogtepunte skielik min

Rubriek

My flenter-hand wonder bo wonder gered

’n Ongeluk is per definisie onvoorspelbaar, behalwe vir mense van verhewe geestelikheid soos eerw. Joshua van Nigerië, wat glo die neerskiet van die Maleisiese straler oor die Oekraïene voorspel het, maar dit ongelukkig nie kon doen vir die ineenstorting van sy eie losieshuis nie. Nogal ironies dat dit juis hy moes wees, naamgenoot van die Bybelse Joshua, voor wie die mure van Jerigo ineengestort het, en toe tot in alle ewigheid verdoem is. Was self onlangs die slagoffer van so ’n onvoorsiene gebeurlikheid, waarin my regterhand vasgevang is tussen die skerp kant van ’n motordeur en ’n baksteenmuur. Die rede vir my roekelose optrede was heel altruïsties, naamlik om te keer dat ’n motor onbestuur in ’n afrit aan’t loop gaan. Die beloning vir my refleksaksie om die hand te probeer uitruk was egter dat pinkie en sy maat groot oppervlakke vel saam met lappe vleis en bekers vol bloed verloor het. Dit alles veroorsaak toe dat ek vir die eerste keer in jarre weer ’n kliënt van die mediese bedryf moes word. Elke keer wat ek opnuut daar uitkom ( laaste soortgelyke geval was so 20 jaar gelede) word

ek opnuut beïndruk deur twee aspekte: die indrukwekkende professionaliteit, wat slegs getemper word deur die prys. Aangekom by die plaaslike arts moes ek my flenterhand, tot dan gekamoefleer binne ’n plastieksak vol ysblokkies, ontbloot op ’n spierwit doekie, waarop die jong verpleeghulp toe ten aansigte van al die bloed, flardes vleis en vel, onmiddellik flou val. Sy het egter gou herstel en was erg verleë oor haar “swakte”; ek probeer haar toe gerusstel deur haar te vertel van prof. Chris Barnard wat by sy eerste lykskouing ook flou geval het, waarop sy professor hom getroos het deur te sê dat slegs dié met verbeelding ooit flou val. Die arts self het my storie uitdrukkingloos aangehoor. Ek probeer toe om haar op te beur met ’n ander anekdote, oor die 16de eeuse Vlaamse arts Andreas Vesalius (eintlik maar Andries Wessels...) wat die gebruik van sy tyd om snywonde met ’n gloeiende yster te behandel probeer omseil het. “Ek het die wonde

maar met ’n bietjie terpentyn skoongemaak en die Liewe Heer het hulle genees.” My arts het dié staaltjie ook stilswyend aangehoor, alhoewel ek tog gedink het sy behoort dit mutatis mutandis met Betadine eerder as terpentyn ook waardeer het. Hoe ook al – my wonde het tot die verbasing van die arts en myself gou genees en dit sonder gebruik van die aangebode penisillien. Ek het my ander teorie met haar gedeel, naamlik dat O-positiewe skepsels soos ek afstammelinge van die eerste, rateltaaie homo sapiens was, toegerus met onkreukbare immuunstelsels en die vermoë om grootliks sonder dokters en medisyne te oorleef. Die rekening wat ek toe kry was ook op sy manier ’n kunswerk, met elke item (waarvan daar onthutsend baie was: anderhalf A4-velle), vanaf die R350 bybetaling vir nauurse diens (negeuur op ’n Saterdagoggend) enduit noukeurig aangeteken is met prys en BTW: R1 765,22. – fouriejh@mweb.co.za

raak, dan verval so ’n persoon maklik in depressie. Sommige lewe net vir Vrydae, want die naweek se af-tye en “lekker dinge” is die enigste bron van vreugde in hul lewens. As ons egter Jesus Christus as Verlosser aangeneem het en Hom ons Bron van vreugde gemaak het, dan verflou die ander tot minder belangrik. Daar is geen groter vreugde as dié in Christus nie. Die feit dat God my siel gered het en my van ’n ewige hel verlos het en my sondes met Sy bloed weggewas het, is genoeg rede om daagliks die blydskap van die Here te ervaar. Goddelike blydskap is beskerming vir die mens. (Neh. 8:11). Mag jy ’n vreugdevolle week ervaar!

PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

Slegte diens by Napier-kliniek Met ’n onlangse besoek aan die Napier-kliniek was ek baie teleurgesteld oor hoe besoeke en afsprake hier hanteer word. Ek as pasiënt van die Napier-kliniek het Dinsdag gegaan vir ’n afspraak. Ek het ’n hele halfuur daar gesit voor ek by die ontvangs en deur ’n suster gehelp kon word. Ek kon hoor hoe die hoofsuster noem wat soek ons in die kliniek. Baie teleurgesteld het ek haar gekonfronteer en gesê dat dit ’n gemeenskapskliniek is: Sy het my aangespreek asof ek ’n dier en niks in haar oë is nie. Diens wat gelewer word is swak.

TELEURGESTELDE INWONER, Napier

Natasha Peterson, communications officer for the Overberg district, said Western Cape Government Health is aware of the complaint and will contact the client and investigate the matter. “We are striving towards a person-centred approach to healthcare and therefore we have put several feedback methods in place. We urge patients and visitors to send a “Please call me” to 079 769 1207 or make use of the feedback boxes at our faciliteis to communicate any compliments, complaints or comments they may have.


Tuesday 30 September 2014

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

5

Boskloof woeker met bye, veldblomme en woorde

tel ’n storie op ’n manier wat sy fyn humorsin uitlig en hy kan ’n ding mooi raaksien en raaksê. Die boek is vol weggesteekte vonkel-vertellings. Een so ’n vertelling (op bl. 79) is oor hoe hy sy vrou, Met sy kamtig-ampteliChrista Müller, ontmoet ke aftrede in 2002 het hy sy het toe hy destyds by die saai- en skaapboerdery en KWV in die Paarl gewerk melkery laat vaar en hom het en gehoor het Hoërtoegespits op veldblomme skool Gimnasium se Xhoen byeboerdery. En ook sa-juffrou bied aandklasse tyd gemaak vir ’n ander leaan. wenstaak – om Boskloof se Thys se kennis oor die familiegeskiedenis deur al kontrei se geskiedenis is die moederlyne tot by bo alle twyfel. Sy liefde vir volksplanting/binnekoms die streek, en vir Boskloof, in Afrika neer te pen. Die verskyning van sy By die boekbekendstelling is van links Thys de Villiers, Jan van is duidelik. Die feit dat omboek Boskloof – ’n Over- Brakel en Piet van Deventer. FOTO: ANNELIZE MOUTON trent die hele kontrei se boere opgedaag het, en sy bergplaas, is onlangs saam met al wat ’n boer is in die kontrei gief. Tien besoeke aan die Aktekan- buurman van Appelsdrift spesiaal en familie gevier by die bekende toor, Suid-Afrikaanse Biblioteek en sy kuier in New York kortgeknip het Kartografie. Tien besoeke aan die om die geleentheid by te woon, plaaswinkel, Van Brakelstoor. Die navorsing en skryf (tik-tik met Caledon-museum. Tien besoeke aan spreek boekdele. Met die boek sê Thys is sy storie twee vingers) was ’n taak van vas- verskillende biblioteke. Honderde nou voltooi. “Selfs al was Boskloof byt. “Boskloof is nou nie in gemeen- ure se opleeswerk. “Maar daar is soveel mooi stories nie die oudste plaas nie, selfs al kon skapsbesit of besonder bekend soos ’n Groot Constantia of ’n Vergelegen in ons buurt. Meeste is nie opgeskryf hy nie op die eerste binnenshuise nie. Gevolglik moet die man wat on- nie; dit is oorvertellinge wat behoue swembad aan die Kaap of die beste derneem om die herkoms van ’n en- moet bly,” verduidelik Thys sy vol- boer in Suid-Afrika aanspraak maak nie; en selfs al het hy nie die kele plaas (en nie eens onder die ver- gehoue passie. Die boek handel oor die vroeë fa- oudste meulrat of die hoogste konnaamste in die streek nie) op te teken, seker sy kop laat lees? Of hoe?” milies van die area, oor Karnmelks- sentrasie Ericas nie, sou ek steeds rivier, Boschvallei, Berggrond, die nie hierdie stukkie aarde vir enige sê Thys in die inleiding. Thys se navorsing is asembene- versnippering (Overbergse lenings- ander wou verruil nie.” Die boek gee mens opnuut waardemend en ’n bewys van deursettings- plase wat onderverdeel is) en naring vir die geslagte van families wat vermoë soos dié van die voorgeslag- tuurlik Boskloof en sy mense. Wat dié boek so lekker leesbaar die kontrei bewaar, en onthou mens te wat hul in die kontrei kom vestig maak, al is mens onvertroud met die weer die rûens vol lusern en geel cahet. Veertig tot 60 besoeke aan die Ar- area, is hoe dit geskryf is. Thys ver- nola gebeur nie net sommer so nie. Thys de Villiers is die derde De Villiers-geslag wat op Boskloof boer – een van die oudste plase in die Overberg tussen Stanford en Napier.

Shine trakteer ’n ieder en ’n elk Die Shine-ontwikkelingsprojek lewer maatskaplike ontwikkelingsdienste op 34 plase wat lede is in die Villiersdorp/Vyeboom-omgewing. Dié program bevorder die vermoëns en selfbeeld van mense deur middel van ontwikkelingsprogramme. Die oogmerk is om gesonde gemeenskappe te kweek wat beter sosiale en ekonomiese bydraes kan lewer.

In Augustus was dit tyd om 330 Shine-jeugdiges te bederf met ’n jolige musiekkonsert. Kunstenaars soos Afrikaans Ruk, Maddy en die UCK Dansgroep (van SA’s Got Talent) het die gehoor op hul voete gehad. In ware Shine-tradisie was die aand ’n prettige en opbouende geleentheid waar heerlik saamgekuier is. Op Saterdag 6 September het Shine oudergewoonte die skoner geslag bederf met sy jaarlikse Vrouedag. Daar is heerlik saam gekuier, gesmul aan lekkernye, gespog met mooi geskenke en kreatiwiteit is gevier met die handwerkprojek van die oggend. Karien Schoeman (spelterapeut van Wellington) het ’n briljante ouerskappraatjie gelewer. Die oggend is op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n optrede deur die immergewilde komediant Wayne McKay. Daar sal nog lank gegons word oor hierdie lekkerlag-geleentheid.

Hier staan die sirkelbestuur tydens die bekendstelling van die gedenkblikkie en vertoon trots die trofeë wat saamgekom het van Upington af.

Vyf-en-tagtig kersies vir VLV Kaapland Die vyf-en-tagtigste bestaansjaar van die Vrouelandbouvereniging van Kaapland is vanaf 19 tot 21 Augustus tydens die organisasie se jaarkongres in Upington op elke moontlike manier gevier. ’n Splinternuwe trofee is bekendgestel vir die sirkel wat die meeste punte behaal in die naaldwerkafdeling (borduur-, hekel-, brei-, en masjienwerk) en sirkel Overberg was die eerste ontvanger daarvan. Dit was die somtotaal van ’n eerste plek wat verower is deur Pam Donkin van Bredasdorp vir naaldwerk, asook ’n derde plek vir knoopwerk, ’n tweede plek wat deur Hermien van Zyl van Kleinmond verower is vir breiwerk en ’n derde plek vir Marie Spamer van Bredasdorp vir weefwerk. Corrie Fourie van die Jongensklip-tak was vierde met

haar gehekelde sak en vyfde met haar knoopwerk, terwyl Ninnie du Toit van Kleinmond ’n sesde plek behaal het met haar borduurwerk. In die kunste- en handvlyt-afdeling het Berta Koekemoer van Hermanus die sirkel se naam hoog gehou met ’n vierde plek vir fotografie en ’n vyfde plek vir haar Fleur et Skoen-inskrywing. Erika Lubbe, VLVK-president vir nege jaar, het uitgetree. Die nuutverkose VLVK-president is Karien van Schalkwyk (née De Kock). Sy lei vir VLVK ’n nuwe tydvak in. 70% van die lede is rekenaargeletterd, die webwerf en die takke se Facebook-blaaie is baie gewild en kinders oorsee verplig lede om te Google en te Skype om op hoogte te bly met nuwe ervarings.


6

Classifieds

Theewaterskloof Gazette

GELUKWENSINGS

FAMILIEKENNISGEWINGS

1030

KRUIEKENNER

REGSDIENSTE

1435

1005

TE KOOP

RAAI WIE'S 1? BJORN-RAY JACQUES 4/10/2014 Jy is die vonkel in ons lewe! Van Mammie, Daddy, Boeta, Ouma, Auswin, Donaldon, Cheslin & Marco

ELEKTRONIES & DIGITAAL 1625

COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577. ALLERLEI 1655

COT R150, Garage deur R600, Sitkamerstel R1200, Bar R500, 2 Banke R200, Mazda enjin & gearbox B3 R6500, Enkelbed kopstukke R800. Skakel 072 466 6900

IN MEMORIAM 1015

BEGRAFNISDIENSTE 1025

DOVES-BegrafnisdienSTANLEY CLIVE JULIES ste/Funeral Services. 28.09.2013 Giving comfort. Taking 'n Jaar van hartseer is care. Caledon: 18 Pleinstr; verby, maar in ons harte 028 212 3054. 09 Argonst, sal jy met liefde bly voort- Hermanus Business Park, leef. Rus sag. Van Ma en 028 313 1741. Kleinmond: Julies familie. 27 Main Rd, 028 271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028 384 3344. Bredasdorp: Overberg Sentrum shop 12, 087 630 2011.

VEELS GELUK met jou 2de verjaarsdag Q'nicia Van Wyk op 28.09.2014. Liefde Mommy, Mamma, Ouma, Daddy, Ouma Hana en Nana PERSOONLIKE DIENSTE

KINDERVERMAAK 1405

SPRINGKASTELE te huur. Skakel Virginia 082 321 4395. FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

PADSTAL/RESTAURANT,DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Skakel 028 214 1475.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1440

FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998/028 212 3206 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange. Hawstraat 6, Caledon.

STERFGEVALLE

STANLEY CLIVE JULIES 28.09.2013 'n Jaar is reeds verby wat jy weg is van ons. Die gemis is nog groot. Mooi herinneringe sal ons altyd bybly. Ons gun jou die rus. Ashwell, Sharon & kinders

Tuesday 30 September 2014

TE HUUR 1820

KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap. Skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum 083 551 5406 alle ure.


Dinsdag 30 September 2014

Agter van links is Eddie Labuschagne, skoolhoof, Voné Lourens, Coden Fouldien en Bertus Neethling, Wimpybestuurder. Voor staan Mari Groenewald, Ken Sinclair, Wimpy-eienaar en Steffani Magerman.

Ovie-noodhulp kry hupstoot Danksy ’n ruim skenking van Ken Sinclair van Caledon Wimpy is die noodhulpspan van Hoërskool Overberg nou goed toegerus vir die groot en belangrike taak wat hulle deur die jaar by sportgeleenthede moet verrig. Die span vir 2015 bestaan uit 21 leerders wat verantwoordelik is vir noodhulpdiens by tuiswedstryde. Die skenking van weerbestande baadjies sal in gure weersomstandighede beslis hul taak vergemaklik. Leerders kry jaarliks die geleentheid om ’n noodhulpkursus by te woon wat deur opgeleide instrukteurs aangebied word. Hierdie opleiding, saam met die praktiese kennis wat hulle opdoen onder die toesig van volwasse noodhulpwerkers en geneeshere, wat ook vrywillige diens verrig, is vir hulle van onskatbare waarde. Die leerders werk in skofte en kan dus ook aan die sport van hul keuse deelneem. Die Ovies is dankbaar vir die ruim skenking en sal die baadjies met trots dra.

Drie klein Ovies van Laerskool Overberg het onlangs pragtig op sport- en akademiese gebied presteer. Van links is Werner Brand, wenner van die o. 11-seuns Meestertennistoernooi wat in Somerset-Wes gehou is, Jessica Hess, wenner van die o.10-meisies Meestertennistoernooi en Jadon Churchman, wenner van die Overberg Engelse spelkompetisie.

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

7


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 4 • Dinsdag 30 September 2014 | Tel. 028 214 1294

Nicholas Stegmann is a Gr. 7 learner at Applewood Preparatory who represented South Africa in the European water-skiing championship last month. Twentyone countries were involved with more than 100 competitors. Nicholas took part in the u. 14 category and is now ranked sixteenth in the Euopean and African slalom listing. He is, however, only u. 13 and is ranked fourth in this age group.

Laerskool Overberg het onlangs hulle jaarlikse o. 13-sporttoer na die Suid-Kaap (George) onderneem. Klein Ovies het aan Laerskool Blanco se Top Gearsportnaweek deelgeneem. Alle wedstryde het op Hoërskool Outeniqua se sportterrein plaasgevind. Agt-en-sestig klein Ovies het 21 wedstryde (hokkie, rugby en netbal) gedurende die sportnaweek gespeel. Die o. 13B-netbalspan en die o. 13A-rugbyspan het al hulle wedstryde gewen. Die leerders het ook verskeie besienswaardighede in die omgewing besoek.

Mega-sportnaweek en ‘fest’ wag op Overberg Die Mega Sport Classic (MSC)-naweek vanaf Vrydag 17 tot Sondag 19 Oktober is ’n nuutjie vir die Kaap Agulhas-streek, maar hierdie groot sportsaamtrek se hartklop is die oubekende, gewilde en gevestigde Voet van Afrika-marathon. Die sportnaweek by Mega Park, Bredasdorp,is gepak met hardloop-, stap-, atletiek- en bergfiets-uitdagings en ontwikkeling met die 38ste Voet van Afrika-marathon as die hoogtepunt. Die wedloop staan alombekend as die taaiste marathon met die warmste hart. Vir hierdie gesinsportnaweek, wat ook die eerste Mega SportXmultisportekspo en ’n Oktoberfest met ’n oempa-orkes insluit, span AMG kragte saam met Hoërskool Bredasdorp vir ’n BHS Top10-atletiekbyeenkoms, met sowat 1 000 atlete van bykans 40 hoërskole en ’n verskeidenheid laerskole. Vir bergfietsryers regoor die provinsie, aangrensende dorpe en by deelnemende skole wag daar op Sondag 19 Oktober die eerste Voet van Afrika MTB-uitdaag oor 60 km,

30 km en 15 km. Die Voet van Afrika Skole en alle ander jongmense in die WesKaap word genooi om nou reeds op die MSC Youth Madness Facebook-blad aan te meld en in te skryf vir die naweek lange jeugsportprogram wat afrigting, toernooie en pryse sal insluit. MSC Youth Madness sal onder meer ook pa-en-seun “chip en putt”, ’n X Games-buitelugspele met ’n skaatsplankpark saam met die professionele skaatsplankryer, Chris van der Deelnemers Merwe, en afrigting en toernooie in bykans elke sportdissipline aanbied. Atlete kan uitsien na 42,2 km-, 21,1 km- en 10 km-roetes deur van die mooiste, natuurskoonroetes in Suid-Afrika. Volgens Esther Möller, projekbestuurder, open die SportX om 14:00 Vrydag 17 Oktober en duur tot Son-

aan Voet van Afrika sweet dit uit. dag 19 Oktober om 15:00. Die Hoërskool Bredasdorp HSB se Top 10 Atletiek vir laerskole begin die Vrydag om 12:00 by die skool se baan, waarna die Pienk Toonjie-pretdraf en -stap vir mense en honde om 18:00 begin. Saterdagoggend om 06:00 begin die Voet van Afrika-marathon by

Mierkraal en kort daarna die 21,1 km en die 10 km by Mega Park, voordat die skoot klap vir die Hoerskole Top 10 om 08:00 by die Hoërskool Bredasdorp se baan. Alle atlete, pretlopers, fietsryers en ouers van skoolatlete word genooi na die heel eerste Mega Oktoberfest vanaf 18:30 Saterdagaand op Mega Park. Om lang rye te voorkom kan kaartjies vooraf gekoop word. Sondagoggend vanaf 07:30 spring die bergfietryers by Mega park weg vir die 60km, 30km

en 15km. Volgens Esther is die Pienk Toontjie, ten bate van Pink Trees for Pauline, vir alle skole, die hele gesin, werkspanne, kerkspanne, bure en sportklubs. Dit val saam met ’n Toontjie-hondestap, ten bate van die Vereniging teen Wreedheid teenoor Diere.

Kom sluit aan by rolbalklub

Gavie du Toit (president), Jos van der Westhuizen en Pietie van Lille met die gesogte trofee. FOTO: YVONNE PRETORIUS

Saterdag 20 September was die opening van die rolbalseisoen en soos in die verlede is die dag geborg deur die Yamouyanis-familie. Pietie van Lille en Jos van der Westhuizen was die uiteindelike wenners met Riaan Els en Petula Fortuin in die tweede plek. Met die afskop van die nuwe seisoen is dit nou die aangewese tyd om by die rolbalklub te kom aansluit. Bel gerus vir Yvonne Pretorius by 082 8511 866 vir enige verdere navrae.

Deuston Oliver van Hoërskool Overberg is verkies tot die Boland o. 18-sewesspan. Hulle gaan op 6 en 7 Oktober in Kemptonpark deelneem aan die interprovinsiale toernooi.

Alle navrae, inskrywings en kaartjies by www.megasportclassic.co.za Voet van Afrika-padwedloopinskrywings – 42,2 km, 21,1 km, 10 km en die Toontjie by www.topevents. co.za, Total Sports Bredasdorp en toonaangewende sportwinkels in Kaapstad. Navrae by Esther by 028 424 2890 . Top10-skoleatletiekinskrywings by joleenva@gmail.com. Navrae by Christopher by 082 820 1033. Voet van Afrika Bergfiets Uitdaag – 60 km, 30 km, 15 km en kinderwedren by www.dirtopia.co.za. Navrae by Naas by 072 071 3092. Uitstallers by SportX (sportklubs, sporttoerusting, fiksheid, oefenklere, aanvullings, gesondheid, fietse, skaatsplanke, hengeltoerusting, jag, gesondheidskos, kosstalletjies, wyntuin) kan Esther by 028 424 2890 bel. Mega Oktoberfest-kaartjies beskikbaar by ww.megasportclassic. co.za. Alle items eindig binnenshuis by Mega Park en toegang vir die naweek is gratis. Inskrywingsgeld en toegang word egter vir aktiwiteite van keuse betaal.

Anika Venter represented Applewood Preparatory School and Helderberg Gymnastic Connection Club as part of the WP team at the SAGF gymnastics competition (South Zones) in Kuilsriver on 30 August. She’s the proud winner of gold for four gymnastic routines including vault, bar, beam and floor. This competition is the highest level she could compete in for her gymnastic level. They can only compete on national level once they are on level 4.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.