Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier
Year 3 • Tuesday 5 February 2013 | Tel. 028 214 1294
Regering kondig nuwe minimumloon vir plaaswerkers aan – Bl. 3
Winkels brand Die veiligheidshekke voor die OK Minimark en drankwinkel se deure het verhoed dat oproeriges toegang tot die winkels kry.
Die OK Minimark en drankwinkel in Botrivier is Sondagnag aan die brand gesteek deur ’n groep oproeriges wat deur Botrivier beweeg het en ook spaza-winkels geplunder het.
FOTO’S: ANNIE HYDE
Nag van groot skade vir Botrivier
ANNETTE THERON
Dele van twee winkels en ’n park op Botrivier is eergisteraand aan die brand gesteek, die dorp se kragtoevoer onderbreek en talle huiswinkels geplunder in ’n voorval waarvoor niemand in dié stadium ’n verduideliking het nie. Dit is deel van die wetteloosheid, vandalisme en plundering wat volgens dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), duidelik besig is om toe te neem in Suid-Afrika. Volgens lt. Cyril Coetzee van die Caledon-polisie het kwaaddoeners Sondagnag die OK Minimark en drankwinkel op Botrivier aan die brand probeer steek. Die Minimark en drankwinkel se deur is afgebrand. “Daar is egter sekuriteitshekke by dié besighede, en dus kon die vandale nie toegang tot die perseel kry nie.” Volgens Coetzee was ’n groep jeugdiges en volwassenes verantwoordelik vir die skade. Een polisieman is beseer toe hy met ’n klip in sy gesig gegooi is.
Ao. Kevin Abrahams van die Botrivier-polisie sê die eienaar van ’n huiswinkel het hom Sondagaand omstreeks 22:30 gebel om te sê daar is mense op pad om by sy winkel in te breek. Dié winkel was een van verskeie spazaen huiswinkels in fase 2 en 3 wat daardie aand geplunder is. Daar is gespekuleer oor ’n verband tussen ’n vergadering Sondagmiddag om 17:00 op die hoek van Mandela- en Waterkantstraat, maar volgens James Pheiffer, gemeenskapsleier in Botrivier, het dit gehandel oor ongelukkigheid oor tikgebruikers in die openbare park in fase drie. Die vergadering het vreedsaam verdaag. Pheiffer sê ook hy het ’n oproep ontvang oor die plundering van die winkels. Hy het na die Midnight-winkel gegaan, die aanvallers gevra waarom hulle plunder en hulle versoek om dit staak. Hy het glo later verneem ’n groep het na die munisipale kantoor beweeg. “Met die terugbeweeg het ons gesien die speelparkie in fase drie is aan die brand gesteek deur oproeriges. Die hele dorp se krag het afgeslaan omdat elektriese bedrading wat oor die parkie loop,
aan die brand geslaan het.” Mike Jeffree, ’n inwoner van Botrivier, sê die vandalisme is deur en deur krimineel. ’n Ander inwoner sê sy is keelvol. “Dis die eerste keer dat ek ook regtig bang voel. Ek het vanoggend (4 Februarie) ná 03:00 ’n oproep van my sekuriteitsmaatskappy ontvang om te sê daar is winkels gebrand en geplunder. Dis verskriklik dat mense wat aan ons ’n diens lewer so geteiken word en hul eiendom beskadig word.” Nog ’n inwoner van Botrivier sê dis hartverskeurend. “Ek het vanoggend poskantoor toe gery en op pad terug het ek by die Minimark gestop om ’n koerant te koop. Een van die omstanders het vir my gesê hy vermoed dis glo weer die mense wat in oproer is." Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het by navraag gesê hulle het geen aansoek vir ’n betoging of optog ontvang nie en daar is geen griewe van enige Botrivier-instansie of inwoners oor dienslewering ontvang nie. Dr. Burger sê dit wil voorkom asof die voor-
val in Botrivier tipies is van die soort wetteloosheid wat die land toenemend ondervind. “Alhoewel dit in dieselfde boek voorkom, is dit om ’n verskillende rede. Daar is diensleweringprotesaksie en dan staking wat te doen het met loonverskille, en dan kry mens dié soort van vandalisme wat op die oog af geen werklike grief verteenwoordig nie. Dit is ’n suiwer vorm van misdaad.” Hy glo beskuldigings teen die polisie in situasies soos hierdie is oordrewe – diensleweringprotesaksie is gemik teen plaaslike owerhede en die polisie is in die middel. “Hulle moet aanmekaar pa staan vir goed waaraan hulle nie deel gehad het in terme van die oorsprong daarvan nie, en dan moet hulle die frustrasie en woede van groot groepe mense probeer hanteer en dit lei daartoe dat gemeenskappe hulle frustrasie op die polisie uithaal.” Hy sê daar moet gekyk word na die polisie en interne beheer, “maar dit is nie waar die oplossing lê nie; daar moet gekyk word na die strafregstelsel, maar ook na die onvermoë van plaaslike regerings om hulle rol te vervul.”
2
Theewaterskloof Gazette
General - Algemeen
Tuesday 5 February 2013
A bellyful of laughs 7 Februarie
) VLV Kuns & Handvlyt-vergadering om 15:00 by NG Kerk Caledon-Wes. Navrae: Retha Skein, 028 2121432. ) Victoria Dienssentrum Genadendal-uitstappie see toe. Navrae: 028 251 8182.
9 Februarie
) Caledon RVK speel ’n vriendskaplike wedstryd weg teen Genadendal.
14 February
) KwilteRSEnd Quilt Academy: Marie Peacey workshop on Sri Lankan appliqué in the Church Hall. Phone Petro on 084 392 1032 or Carool on 028 514 2951.
15 Februarie
) Swartberg Primêre Skool: Romantic Evening in skoolsaal. Navrae: 028 212 1927.
16 Februarie
) Greyton Primêr Valentynsdans met Paddy Damon om 20:00 in Greyton Primêr-skoolsaal Kontakpersoon: Lilian Cloete, 028 254 9943. ) Caledon RVK speel ’n vriendskaplike wedstryd tuis teen Grabouw. .
The Caledon Casino, Hotel & Spa has just what the doctor ordered for those who need a little light-hearted fun. On Saturday 30 March, five of the country’s top Afrikaans comedians will take to the stage at The Caledon Hotel for the laugh-a-minute spectacular Gemengde Vrugte. The comedy line-up includes Kobus Galloway, Jurie Prins, Francois van As, Schalk Bezuidenhout and Werner Smit. All recognised funnymen in their own right, they will each perform their own 15-minute stand-up session, promising to take the audience on a quick and clever, energetic comedy journey. Kobus Galloway is one of five comedians who will perform “We are continuing our tradition of pro- at the Caledon Casino Hotel & Spa on 30 March. viding quality entertainment in 2013,” The comedy event, which will kick off at says Paul Campbell, complex manager at The Caledon Casino Hotel & Spa. “Gemengde 20:00, will be preceded by a cocktail function Vrugte is a fun collaboration, tinged with un- in The Caledon Hotel’s lounge bar at 19:00. mistakably Afrikaans humour. We look for- Tickets, sold at R100 per person, are available ward to hosting these five hilarious charac- at the hotel’s reception desk. Places are limited so early booking is recommended. ters in March.”
TAKING THE PLUNGE: Jamie Minus from Botriver and Tamsyn Ess from Grabouw have known each other since Grade One and declared their mutual love six years ago. On 17 December 2012 they said “I do” at the Elgin Grabouw Country Club.
Cooking with the Quinns Following the popularity of recent TV cooking shows, a Caledon couple has been inspired to invite local food lovers to meet at their home to share in the making of popular meals. The series of presentations kicks off on Friday 15 February at 18:00. Peter and Dianne Quinn, who own an accommodation establishment in town, have been involved in several restaurants through the years. The Terrace in Greyton was a popular restaurant in the early 2000s, where Peter’s freshly cooked fish, steaks and pasta dishes were a big drawcard. They will be assisted in the cooking workshops by Brasler van Schoor, also a keen cook. Phone them on 028 212 3832 or 083 789 4282.
Peter Quinn and Brasler van Schoor making pasta.
TYD VIR AVONTUUR: SA Forest Adventures se tak by die Caledon Casino Hotel & Spa het op 18 Januarie ’n groep internasionale besoekers van Electrolux verwelkom. Hier is die twee eienaars, Clinton Lerm (links) en Christo van Jaarsveldt, by Mary Anne Fourie, Lerm se verloofde. Hulle het die Electrolux-span laat bontstaan in ’n spanbousessie gebaseer op die kookprogram Ready Steady Cook. FOTO: ANNETTE THERON
VW Hermanus www.rolavwhermanus.co.za Tel: 028 312 6084
ONE STEP AHEAD - See page 5
Tuesday 5 February 2013
News - Nuus
Theewaterskloof Gazette
3
Boere begroet R105-minimumloon met berusting VERSLAGSPAN Boere moet van 1 Maart af hul werkers minstens R105 per dag betaal. Dit is 52% meer as wat boere tans voorgeskryf word om te betaal. Die nasionale minister van arbeid, Mildred Oliphant, het gister dié nuwe minimumloon vir plaaswerkers aangekondig nadat stakings vir ’n minimum-dagloon van R150 die Wes-Kaap sedert November verlede jaar sporadies onder erge geweld en vandalisme laat deurloop het. Boere het die aankondiging met berusting begroet, terwyl plaaswerkerverteenwoordigers nie teen druktyd vir kommentaar bereik kon word nie. Willie Smal, ’n boer van Hammansdal in Caledon, sê hy het geen probleem met ’n minimumloon van R105 nie. “Trouens, ons mense kry meer as dit.” Smal meen ook daar is ’n groot verskil tussen die permanente plaaswerker en seisoenwerker. “Met die plaaswerker het ons nie ’n probleem nie, maar dit is die seisoenwerker wat inkom van elders wat hierdie belaglike eise van R150 per dag stel. Dié mense se produktiwiteit en effektiwiteit regverdig nie die bedrag nie.”
le in. Richard Krige, eienaar van Boontjieskraal, sê hulle berus hulle by die wetgewing van die minister. Hy is egter van mening dat wetlike aftrekkings nou ’n rol gaan begin speel – “die koste om mense werk toe te vervoer, die ektras buiten die minimumloon of hoër as die minimumloon. “Ek dink landbouers gaan begin waardes koppel aan die addisionele voordele wat hulle vir hul werkers gee en dit sal so aangedui word op hulle betaalstrokies.” Krige sê landbouers het ’n Plaaswerker-protesaksie is hopelik nou iets van die verlede met die aankondi- hegte verhouding met hulle ging gister dat lone verhoog word na R105 per dag. FOTO: ANNETTE THERON werkers. “Ons leef naby aan ons Hy meen vrugteboere se plukkers kan baie mense en ons doen baie welsynwerk wat geld meer as R150 per dag verdien as hulle per krat kos, maar dit sal voortaan in berekening gebring betaal word, “maar hulle doen net die mini- word.” “Die nuwe minimumloon is meer as wat ons mum”. Hy sê ook die byvoordele wat plaaswerkers gehoop het,” sê Porchia Adams, woordvoerder op plase kry, sluit subsidies op hulle kragreke- vir Agri Wes-Kaap. Die drastiese styging in toetreevlaklone gaan ning, rantsoene, huisvesting en vervoer van en na die hospitaal en dokters en kraam-byvoorde- volgens die organisasie ’n effek hê op die ander
Munisipaliteit verduidelik ‘vuil’ water ANNETTE THERON Klagtes oor “vuil” water in Caledon is niks nuuts nie. Die Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK) sê inwoners kla sedert 2009 aansienlik meer hieroor, hoewel die probleem van water wat vuil lyk lank reeds bestaan. “Sover ons kon vasstel was daar minstens die laaste 25 jaar klagtes in hierdie verband,” sê Stan Wallace, munisipale bestuurder. Pogings om die oorsaak te vind, was onsuksesvol en ’n ernstige soektog is nou van stapel gestuur. Wallace sê Caledon word tans vanaf die Overberg-watersuiweringsaanleg by Mariasdal langs die Sonderendrivier van water voorsien. “Hierdie water word tot in TWK-reservoirs gepomp, vanwaar dit versprei word deur ’n stelsel van ander reservoirs, pompe en pypnetwerke.”
VERMIS: Die Riviersonderendpolisie soek na Johannes Andreas wat sedert 20 Desember verlede jaar vermis word. Andreas was voor sy verdwyning geklee in ’n oranje T-hemp, blou denimbroek en swart insteekskoene. Enigeen met inligting kan sers. Lucky Maluleke bel by 028 261 8040.
Volgens Wallace het die dorp se water lank gelede uit die Basil Newmark-dam gekom en dit word vertel dat ook water uit die warmwaterbron van tyd tot tyd gebruik is om die water in Caledon aan te vul. “Dit is dus moontlik dat daar nog van die ou aansluitings tussen die verskillende netwerke bestaan wat die oorsaak kan wees van die vuil water wat soms in sekere gedeeltes van die dorp voorkom.” Wallace sê TWK het ’n spesialis aangestel om die spesifieke karaktertrekke van elke moontlike waterbron te identifiseer en inwoners word versoek om die dorpskantoor by die eerste tekens van water met ’n vuil voorkoms te bel by 028 214 3365. “Ons bied weer eens ons verskoning vir die ongerief aan en vertrou dat ons op u samewerking kan staatmaak om die verskynsel behoorlik aan te spreek.” Die munisipaliteit verseker inwoners dat die water drinkbaar is en net ’n “vuil” kleur het.
loonvlakke van beter besoldigde poste op plase. “Die totale loonrekeing vir landbou in die land was reeds R14 miljard en gaan met hierdie aankondiging skerp styg. “Die verhoogde minimumloon gaan ’n baie groter effek hê op arbeidsintensiewe vertakkings soos die vrugte- en groentebedrywe.” Adams meen produsente gaan te midde van ander stygende kostes soos brandstof, wateren elektrisiteitstariewe en nou die verhoogde lone wat oor ’n maand in werking tree, moet herbesin oor ekonomiese oorlewing binne hierdie beperkende raamwerk. Nosey Pieterse, verteenwoordiger van Bawsi, Bawusa en plaaswerkers in die algemeen, was nie gister teen druktyd beskikbaar vir kommentaar oor die nuwe loonvasstelling nie. Hoewel Cosatu die aankondiging van die nuwe minimumloon verwelkom, sal hulle voortgaan met onderhandelinge namens die plaaswerkers. “Die nuwe minimumloon is beslis ’n stap in die regte rigting. Maar navorsing het bewys dat mense nie hulself kan onderhou met minder as ’n R150 per dag nie. “Daarom sal ons oor die volgende 12 maande voortgaan om hoër lone by boere aan te moedig,” sê Cosatu se sekretaris-generaal in die Wes-Kaap, Tony Ehrenreich
4
Theewaterskloof Gazette
Leader - Hoofartikel
Tuesday 5 February 2013
Many have pleaded for closure of dam
Lewenskostes Die petrolprys word vandeesweek wéér met ’n verdere 41c per liter verhoog. Nog petrolskokke wag glo in Maart en April. Soos bankrekeninge krimp, klim die gemiddelde Suid-Afrikaner se skuld. Volgens berigte word meer skuld egter nie net toegeskryf aan verhoogde lewenskostes nie. Ongeag verbruikers wat al hoe swaarder trek, word sente tog nie twee keer omgedraai nie. Só beweer ’n ekonoom in die Mail & Guardian in ’n berig verlede week. Daarvolgens raak die gemiddelde verbruiker by die dag al hoe meer spandabelrig. Kan dit regtig die geval wees, of sukkel mense om van hul gewone spandabele giere af te wyk? Is dit nie net die waarde van luukshede wat ook geklim het nie? ’n Gasstoof word byvoorbeeld deesdae as ’n luukse stoof gekenmerk en kos baie duurder as ’n elektriese stoof. Tog koop al hoe meer verbruikers een, omdat gas se prys eerder daal as styg en op langtermyn die verbruiker se sak beter gaan pas. Indien Eskom tog daarin slaag om tariewe met die gevreesde 16% te verhoog, sal skuld natuurlik klim, want vandag se verbruiker gaan nie sommer elektriese toebehore soos ’n haardroër prysgee nie. Inteendeel, as die verbruiker se haardroër of voedselverwerker die gees gee, word ’n beter een teen ’n hoër prys gekoop om hopelik langer te hou. Iewers gaan Suid-Afrikaners, asook verbruikers in ander resessie-geteisterde lande, anders moet begin dink of bankrotskap en armoede gaan oor ’n wyer spektrum aan die orde van die dag wees.
It is with great sympathy and regret that I looked at the photo of a grieving father, David Ghlabo (“Youngest son drowns in dam”, Gazette 29 January). Regret? Yes, because this tragedy could perhaps have been avoided if only the powers that be would listen! For years the Bot River Ratepayers Association, the Neighbourhood Watch, various other organisations as well as private individuals have been pleading, directly or indirectly, to the ward committee for this eyesore to be demolished. The water in the dam
is putrid, not fit for human consumption or any form of life and it is not the first time that a child has drowned there. The security to keep children and vagrants out of the area is non-existent, despite the fact that, a few years ago, the municipality spent thousands to fence it. An aerial view shows what a large percentage of the total area of the village it covers. This could house a community centre, a park for the children and other sport facilities – and avoid tragedies like these!
JOHAN VAN NIEKERK, Bot River
Tyd om in te haal – ‘goalposts keep on shifting’ Hello mense. Awê my ma se kinnes. Bewe julle nog? Aag nee wat, jammer, nou klink ek nes Oubaas van die Laan. Jinne, maar ons het darem lanklaas gesels nè? Die nuwe “mall” is amper gereed om ingewy te word, JZ was toe weer gekies as president van die ANC en Barack weer ingesweer as president van daardie groot kapitalistiese land in die weste – die land waar die laaities hul broeke op hul boude dra, die land van hips-hops en ander volksvreemde verskynsels. Ek sien Nkandla is pal in die nuus, maar die minister verseker ons dat ons glad nie hoef te worrie nie. Alles is klopdisselboom, volgens
die dierbare min. Nxesi. Daar klink ek alweer nes Oubaas. Mag ’n mens nog “Oubaas” sê? JZ het mos gesê dis nie reg om jou hond veearts toe te neem nie. Dis ook verkeerd, of dwaas, om jou Fluffy vir “walkies” te neem. So ’n mens moet maar op jou hoede wees. FNB moes ook toe les opsê omdat hulle die arme onskuldige bloedjies vir hulle “propaganda” gebruik het. Ja nee wat, dis ’n heel nuwe wêreld en soos die bekende Engelsman sou sê: “The goalposts keep on shifting all the time.” Volgende keer gesels ons oor rugby. Dis alweer amper sulke tyd. Groete.
FANIE LANTAND, Ou Krokkies-afrigter
Dankie vir hulp aan Gena se kinders Namens die span wat die vier vakansiefunksies in Genadendal aangebied het, wil ons Willie Small (Hammansdal-plaas), Louis Jordaan (Caledon Spar), Ailsa van Wyk (Caledon Casino), Wimpies Hardware en Vilko in Greyton graag hartlik bedank vir hul bydrae tot ons vakansieprogram. Altesaam 576 kinders het die vier funksies bygewoon en ons kon almal voorsien van kos en koeldrank by elke geleentheid. Ons is opreg dankbaar.
PROFESSOR ROLAND GRASER EN RICHARD ISAACS, Genandendal
Wees bedag op hondevergiftigers Ek is baie hartseer oor die dood van Jingo, my getroue hond van die afgelope drie jaar. Verlede Dinsdagaand (22 Januarie) het iemand Jingo vergiftig omdat hy so op en wakker is. As iemand probeer het om op my perseel te kom, het hy vreeslik geblaf en die hek met sy lewe beskerm. Ek weet nie hoe Jingo vergiftig is nie, maar die veearts het bevestig dat hy iets baie giftig ingekry het. Ek wil dus net ander Botrivier-inwoners waarsku om op die uitkyk te wees vir sulke ongerymdhede.
INGRID ADAMS, Cherry Grove, Botrivier
RAADOP MET GEMORS: Maria Diedericks, die opsigter by die ACVV Uitsig Tafelrondecrèche op Caledon, is woedend omdat inwoners hulle rommel op die skoolterrein stort. Sy sê dis nou reeds ’n jaar lank wat sy elke oggend die gemors moet optel. “Hierdie week was dit ou vleisbene, ’n mes en ’n gebreekte bierbottel.” Sy het al gebruikte kondome, daggapype, sanitêre doekies, skoene, vroue-onderklere en vuil weggooidoeke opgetel. FOTO: ANNETTE THERON
Column
It’s not paying tax that infuriates, it’s how it is spent
Battling with tax forms fills me with cold, impotent rage. It’s not that I mind paying for everything that the state begrudges me, it is just that so much of my money now goes in to the pockets of politicians and their lawyers. Not directly, I must add: It is first washed by the fiscus. The Press tells me about the billions spent on cases involving politicians and civil servants: R20 million here, R30 million there. It sometimes leads to legal proceedings, but the strike rate is low. Litigation is great fun for lawyers, because they know in advance that their payment is guaranteed. For the client though, litigation is like a ride in a locked taxi: the destination is unknown, the meter is running and the journey long and circuitous. The system suffers the odd hiccup, but wise legal minds make sure that their clients do not spend their own money in court. So, when peccadilloes like fraud, tax evasion, tender fiddling, murder and such are committed by politicians and their officials in the line of
duty, all bills will be paid. When the occasional minnow sometimes steps on the toes of the big fish though, he/she may get hooked. Weep, dear reader, for Julius, who (after due process of course) will pay dearly for his hubris. Even for the big bugs, legal outcomes sometimes go awry, especially if the ungrateful public starts viewing their residential improvements, overseas holidays, BIG Xmas presents and the like as private affairs and therefore fit to be scrutinised as such. The American satirist Ambrose Bierce had an uncomfortable way of looking at things: He defined a lawyer as “...someone skilled in circumventing the law”. Of course, lawyers, as sworn officers of the courts, enjoy immunity in their various efforts to keep their clients on the street. And when the time comes, they appeal. (Another Biercism: “Appeal – a second throw of the dice”). In nature, things are also tough, but the fight stays clean. I recently wanted to eradi-
cate some wild asparagus bushes barring my access to the new dam. After digging up as many of their rhizomes as possible, I made a fire on top of them. All was well for a few weeks. Then they put up new shoots. Remember, they had lost all their foliage and had not put up any green shoots to supply them with fuel since the fire. Every few days though, they shot up a hopeful little spear and I lopped it off. Once, after a previous veld fire, I had gathered a bunch of the sweet, wild shoots and ate them with relish. A week later I treated some guests to another bunch of fresh spears. At the first bite though, they recoiled in disgust – seems that during the intervening week the clever plant had used the sunshine to manufacture and
load its shoots with bitter tannin, a cute evolutionary trick to ward off grazers, starved by their loss of habitat and with nothing else to eat but asparagus. fouriejh@mweb.co.za
Tuesday 5 February 2013
News - Nuus
Bekers ingeryg
Theewaterskloof Gazette
Agulhas tourism booms
Laerskool Bredasdorp se geelspan het skoonskip gemaak by die interhuis-atletiekbyeenkoms en het die punte-, gees- en deelname-beker verower. Hier juig die dirigente uitbundig. Henry Pratt, verantwoordelik vir die sport-portefeulje by Laerskool Bredasdorp se beheerliggaam, het die bekers aan hulle oorhandig. Die skool bedank almal wat hul ondersteuning op die genotvolle dag gegee het. FOTO: VERSKAF Skole in Theewaterskloof, Bredasdorp en Napier het verlede week hul kleure-atletiekbyeenkomste gehou en te oordeel aan die foto’s wat deur die Gazette ontvang is, was daar volop gees en opwinding. Talle rekords is geslaan en verbeter.
during December, despite it being renovated. Coughlan says Cape Agulhas Tourism is working with Agulhas National Park to gain a more accurate figure on visits to Africa’s most southernmost tip. “Not all visitors want to climb the lighthouse. Our current statistics are based on ticket sales and visitors to the L’Agulhas office, but we need to get a much more accurate indication of visitors,” says Coughlan. “Cape Agulhas Tourism is in the process of renovating and upgrading its three visitor centres to ensure they have the highest quality of information and resources available. New information, specific brochures on Heuningberg, Grootberg, the lighthouse and blue cranes, have been printed.” New street and regional maps have been created; the photograph database increased by thousands of images, the website (www.discovercapeagulhas.co.za) and Facebook (Discover Cape Agulhas) pages are updated daily and the provincial website (www.tourismcapetown.co.za) will, in future, be managed directly by CAT staff. Cape Town Tourism’s official site (www.capetown.travel) will also be used to promote the attractions and stories of Cape Agulhas.
Cape Agulhas enjoyed an increase in visitor numbers in the 2012-2013 festive season, says Cape Agulhas Tourism CEO Alison Coughlan. “Ninety percent of Cape Agulhas Tourism’s members have reported an increase in business, with the other 10% reporting the same interest as in the previous year.” She says visitor stays were generally as long as in the 2011-2012 season, but spend was slightly higher. “Businesses also reported more international visitors during a traditionally domestic season.” Coughlan says most visitors found “the friendly people” to be their favourite part of the visit. Guests also appreciated the beautiful beaches, crime-free and peaceful environment, good weather, harbours and variety of accommodation and activity options. On the downside, slow restaurant service, the closure of the lighthouse museum and restaurant, and uncontrolled fireworks were noted as some of the region’s drawbacks. Visitors to the L’Agulhas visitor centre and Shipwreck museum increased by 18% and 28% respectively. The lighthouse staircase was climbed by more than 5 000 people
Hier is die blouspan-dirigente van Laerskool Bredasdorp ná afloop van die optog voor die paviljoen.
FOTO: VERSKAF
Next to the Casino
Laerskool Bredasdorp se geelspan-dirigente by hul span voor die begin van die atletiekbyeenkoms.
FOTO: VERSKAF
Elanie van Schalkwyk het die hoogspring-rekord vir meisies o.17 na 1,55 m verbeter by Hoërskool Bredasdorp se jaarlikse kleuresportbyeenkoms. FOTO: VERSKAF
OPEN 24/7
•
FREE WI-FI
THE CALEDON CASINO, HOTEL, SPA AND ENTERTAINMENT WWW.THECALEDON.CO.ZA
VW Hermanus
Tel: 028 313 6084 Cell: 082 903 2854 Gateway Centre, Cnr Main & Mimosa Street, Hermanus www.rolavwhermanus.co.za
“WATCH THIS SPACE ! “ See 4th February!
ERNO COREEJES - NUWE handelaarshoof van VW ROLA HERMANUS.
5
6
General - Algemeen
Theewaterskloof Gazette
17
FAMILIEKENNISGEWINGS 07 Gelukwensing Congratulations
Begrafnisdienste Funeral Services
DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Hermanus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.
PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES PADSTAL/RESTAURANT, DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.
RAAI WIE'S 2? HOGAN SNYDERS 10/02/2013. Wense vir 'n spesiale 2de 34 verjaarsdag vir 'n wonderSpyseniering like klein seuntjie met hope Catering geluk en glimlaggies. Met liefde op jou verjaarsdag GABBIANO RESTAUMamma, Dadda & Viv. RANT CALEDON. Conference room 16-20 people for birthdays / meetings etc. Call 028-212 3671 for more information.
OV E R B E R G C AT E R ING/HIRING. Demperstraat 10, Caledon. Te huur: Breekgoed, messegoed, glasware, linne, stoeloortreksels, bykomstighede. Skakel Egbert 082 789 7260.
TE KOOP FOR SALE
Tuesday 5 February 2013
113
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 101
Attorney’s Services
te Huur/to Hire KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.
EIENDOMME PROPERTIES
VERLOOFDE PAARTJIE soek verblyf in Caledon. Sober gewoontes, nierokers. Eenslaapkamer woonstel met water en elektrisiteit ingesluit. Geen probleem om deposito te be taal. Vanaf 1 Maart of spoedig moontlik. Skakel Pierre Barkley by 082 441 8004.
1141
Algemene Dienste General Services
JOBS
71
Algemeen Miscellaneous
TUISVERSORGING met 10jaar ondervinding by Kidbrooke Place. Besit 'n kode 8 lisensie. Onmiddellik beskikbaar. Vir meer inligting skakel Susan by 071 418 3867 / 028-212 2094.
SINKPLATE vanaf R25 per meter. Dennehout buite deure R350. Dennehout vensterrame 900 x 900mm met glas R250. Skakel 028 212 1571 of 083 534 0130 HEALTH WALKER en 'n groot skryftafel met ses laaie in goeie toestand te koop. Skakel 028-212 1621.
HUIS TE HUUR + WOONSTEL OF VIR KANTORE. Beskikbaar vanaf 1 Maart 2013. Cathcartstraat, Caledon. R4500 p.m. elektrisiteit uitgesluit. Skakel 082 444 4960.
72
Bote en Toerusting Boats & Equipment TWO SEATER PADDLE BOATS for sale. R9 990 each. Call Nico 084 837 5374. www. avantimarine.co.za
AUTO ELECTRICAL-DIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028-212 1775 / 082 969 0975.
Dinsdag 5 Februarie 2013
Schools - Skole NUWE GRAAD R’E: Altesame 45 gr. R-leerlinge het vanjaar by L.R. Schmidt Primêr aangesluit. Hazel Windvogel, die gr. R-leier, is opgewonde om die nuwe gr. R’e skoolgereed te kry vir 2014. Lucretia Groenewald en Geraldine Gillion sal tydelik vir Candice Baatjies instaan terwyl sy met kraamverlof is. OVIES OP DIE OOP SEE: ’n Groep toerismeleerlinge van Hoërskool Overberg het verlede naweek ’n Sinfonia-vaart “na nêrens” beleef. Die groep van 24 gr. 11- en 12-leerlinge kon nie wag dat die weeldeskip die hawe Vrydagmiddag (25 Januarie) verlaat nie. Later die aand was ’n paar effe groen om die kiewe, ongeag seesiekpille. Saterdagoggend vroeg het die kaptein aangekondig die skip sou weens ’n sterk suidoostewind wat vir Sondag voorspel is, en toegang tot die hawe sou verhoed, terugvaar. Die siekes het vinnig herstel en die dag in die kalm waters van die hawe baie geniet, soveel so dat sommige reeds hul plek vir volgende jaar wil bespreek.
TOP-OVIES: Dié leerlinge van Hoërskool Overberg het die topposisies behaal op hul onderskeie graadgroepe se akademiese merietelyste. Van links is Sumaré Prinsloo (gr. 9), Juandré de Bruyn (gr. 8), Pieter Edwards (gr. 11) en Carla Zondagh (gr. 10).
Theewaterskloof Gazette
7
B’dorp eer presteerders Hoërskool Bredasdorp het op 16 Januarie tydens ’n glansgeleentheid in die klubhuis sy leerlinge vereer wat verlede jaar akademies presteer het. Joleen van Aardt, departementshoof: akademie, het die aand georganiseer. Die gr. 12-klas van 2012 het volgens die skool uitstekend in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen presteer. Hoërskool Bredasdorp het 99 matrikulante ingeskryf, Agter, van links is Leandra Geldenhuys, Willie Stoman, Willem van Schalkwat ’n klasgemiddelde van wyk, Marcél Teixeira, Neil Mathee en Sonja Meyer. Voor is Marinda Stoman. 62,2% behaal het. Daar was 91 Die res van die gr. 12-leerlinge met A-gemiddelde het reeds na tersiêre A-vakgemiddelde en die instellings vertrek. slaagsyfer was 99%. Die topkandidaat was Marcél Teixeira met US), Lize-Marié Fourie (82,8% met 6 vak-A’s; ’n gemiddelde van 87,5% (6 vak-A’s). Marcél BRek., US), Neil Mathee (82,3% met 7 vak-A’s; gaan hom as ’n ingenieur bekwaam by die Uni- BSc, US), Pierre Swanepoel (82,1% met 5 vak-A’s; ingenieurswese, US) en Leandra Gelversiteit van Kaapstad. A-simbole is ook behaal deur Willem van denhuys (81,5%met 6 vak-A’s; ingenieurswese, Schalkwyk (85,5% met 6 vak-A’s; studeer BRek US). Muriel Snyders spog ook met 6 vak-A’s en aan die Universiteit Stellenbosch (US)), Gerius Moelich (83,1% met 4 vak-A’s; ingenieurswese, ’n gemiddelde van 79,3%.
Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier
Year 3 • Dinsdag 5 Februarie 2013 | Tel. 028 214 1294
Caledon-gholfkaptein se span klop presidentspan Die Caledon-gholfklub het op Saterdag 26 Januarie die nuwe seisoen op ’n hoë noot afgeskop toe die jaarlikse openingsdag by die klub aangebied is. Hierdie kompetisie word tradisioneel gehou tussen ’n span wat die klubkaptein verteenwoordig en een wat die klub-president verteenwoordig. Altesame 32 spelers het vir dié dag ingeskryf wat op ’n beterbal-stableford-formaat beslis is. Die spelers het almal gelyktydig afgeslaan by verskillende putjies. Die stryd was fel en uitstekende tellings is aangeteken, met Dirkie Groenewald en Brian Fewell wat skitterende spel gelewer het om 50 punte aan te teken. Groenewald in besonder het uitgeblink met ’n bruto-telling van 71 houe, wat die baansyfer met twee houe klop. Wat sy prestasie soveel meer uitsonderlik maak, is dat hy vanaf ’n 11voorgee speel en sy telling is gevolglik 13 nettohoue beter as sy voorgee. Johan Koekemoer en Juan Esterhuizen het die tweede plek behaal met ’n telling van 46 punte terwyl Lynton January en Anton Booysen ook dieselfde telling kon aanteken. Hulle het egter op die uittel verloor. Die spelers van die kaptein se span het met die louere weggestap nadat hulle met 5.5 punte teenoor 3.5 baas was oor die presidentspan. Die dag is oudergewoonte deur Raka Wyne geborg.
BOLAND-KRIEKET: Johan Smal het die afgelope Desembervakansie as lid van die o.12-Boland-krieketspan deelgeneem aan die o.13-toernooi in Worcester, aangesien daar nie ’n o.12-toernooi is nie. Die span het teen WP, OP en talle uitnodigingspanne gespeel. Die o.12-span het algeheel sesde geëindig.
Ariel Hugo, kaptein van die Caledon-gholfklub (links), ontvang die openingsdagtrofee van ’n afgehaalde Henry Metcalf, president van die Caledon-gholfklub, nadat dié se span nie die mas kon opkom op die openingsdag nie.
CALEDONNER LAAT VELDFIETS KREUN: Wilhelm Schonfeldt (18) van Heuningneskloof in Caledon is ’n kranige veldfietsryer en het pas verneem dat WP-kleure deur Motorsport Suid-Afrika (MSA) aan hom toegeken is vir sy uitsonderlike prestasies in 2012. Hy het eers in Junie 2010 kompeterend begin deelneem en het in 2012 aan die MSA-streeksveldfietskampioenskap vir motorfietse in die 200cc-klas deelgeneem. Hy het ook die klubkampioenskap van WPATV in 2012 gewen. WPATV bied die MSA-streekskampioenskap vir veldmotorfietse in die Wes-Kaap aan. Veldmotorfietse van enige kapasiteit neem deel. Wilhelm, wat verlede jaar aan die Olyfkrans Kollege in Swellendam gematrikuleer het, word geborg deur Helderberg Yamaha. Hy gaan volgende aan die 2013 Nasionale Veldfietskampioenskap deelneem.
Karatekas kry geel gordels Albert Myburgh Primêr se karatekas het uitstekend gevaar by die Samurai Karateklub-gradering wat in Desember verlede jaar by die klub se hoofkwartier in Northpine, Brackenfell plaasgevind het. Shunay Rossouw en Corlia Apollis van Albert Myburgh, sowel as Evandre Wentzel van die vaardigheidskool op Napier, het al drie hul geel gordels verwerf. By die Samurai-hoofkwartier se jaarlikse prysuitdeling op 15 Desember het dié drie ook uitgeblink. Shunay is as student van die Sensei Dennis Bogenhagen, Evandre Wentzel, Shunay Rossouw, Corlia jaar aangewys en Corlia as Apollis en Sempai Duneshia Bogenhagen. die student met die beste vordering, en Evandre het die bywoningstro- gen sê dat al die karatekas baie hard gewerk fee gewen vir die Bredasdorp-klub. het. “Dié wat egter tot die einde vasgebyt het, Sensei Dennis en Sempai Duneshia Bogen- het uiteindelik die vrugte gepluk. Baie dankie hagen was by met die ontvangs van die trofeë. aan Kenneth Dunsdon en personeel vir hul byHulle is baie trots op die lede. Sensei Bogenha- stand en dat hulle ons projek ondersteun.”