Theewaterskloof Gazette 6 Nov 2012

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 2 • Tuesday 6 November 2012 | Tel. 028 214 1294

Kerk vier 60 jaar in Botrivier

Die St. Peter’s Kerk van God in Botrivier het Saterdag hulle 60ste bestaansjaar gevier. Pastoor John Mitchell (voor in swart pak) sê die gemeente is 150 lede sterk en hulle kom ’n lang pad saam. Die kerk se blaasorkes het jubelend die strate van Botrivier ingevaar om dié mylpaal met die gemeenskap te deel. FOTO: ANNETTE THERON

Jong man sterf toe boom val “Gister was my aakligste verjaardag ooit,” fluister Samantha Booi. Sy het Donderdag (1 November) haar 24ste verjaardag sonder haar sielsgenoot en lewensmaat, Andries Theunissen (24), deurgebring, nadat hy in ’n fratsongeluk gesterf het.

Andries, alombekend aan vriende en familie as Arnie, is op die toneel dood toe ’n boom ongeveer 11:00 op 31 Oktober op hom geval het by die Beaumont-wynlandgoed in Botrivier. AO Kevin Abrahams van die Botrivier-polisie het by navraag bevestig dat altesaam vyf mans besig was om bome af te saag. Die boom wat hulle afgesaag het, het vasgesit aan ’n ander boom. Die oorledene en nog ’n werker het glo onder die boom gewerk. Die wind het begin waai en die boom het losgeruk en afgeval. “Paul Julius, een van Arnie se medewerkers, het die boom opgelig en hom

uitgelig,” vertel Abrahams. Caledon-ambulansdienste het Theunissen dood verklaar met hul aankoms op die toneel. Pilipinna Theunissen sê haar jongste seun was stil, met ’n goeie sin vir humor. “Maar sy suster Susara (40) het hom grootgemaak.” Sy onthou dat Susara hom as baba orals saamgevat het. “Baie mense het gedink hy is haar kind.” Susara sê daar was ’n spesiale band tussen haar en Arnie en sy gaan hom baie mis. Sy suster Lucinda sê hy was ’n opperste terggees en was lief daarvoor om hulle siele uit te trek. Adolf (35), een van Arnie se broers, sê die boom het glo op Arnie se rug geval. “Toe val hy met sy kop op ’n boomstomp en sy nek is gebreek.” ’n Hartseer Samantha sê sy en Arnie was die afgelope vyf jaar saam en hy het alles vir haar gedoen. “As ek die dag effens af was, het hy altyd probeer om my op te beur.”

Sy sê hulle het graag saam gaan hout kap agter Skurwekop in Botrivier. “Dis mos mooi daar agter die berg.” Die paartjie se seuntjie Ishaan (2) was die appel van Arnie se oog. “Arnie wou nog so baie dinge doen,” sê Samantha. Sy het onlangs begin klere verkoop aan inwoners van New France en sy vertel as Arnie die dag tuis was, het hy deurlopend kommentaar gelewer oor hoe die klere hulle pas. “Hulle het sy eerlikheid waardeer.” Sebastian Beaumont, algemene bestuurder en wynmaker by Beaumont, was nie op die plaas ten tye van die voorval nie. Hy sê dis ’n tragedie en die Beaumont-gesin betreur die voorval en simpatiseer met die familie. ’n Geregterlike doodsondersoek is ingestel om die oorsaak van sy dood te bepaal. Andries word op Sondag 10 November om 12:00 vanuit die New Life kerk in Botrivier begrawe.

Susara Alexander, Arnie se suster, was vir hom soos ’n ma. Langs haar sit Philipinna Theunissen, Arnie se ma, Samantha Booi, sy lewensmaat en Lucinda Moses, ook een van sy susters. FOTO: ANNETTE THERON


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

) Caledon rugby-klub se algemene jaarvergadering word op 8 November om 19:00 by die rugbyklubhuis gehou. ) Op Vrydag 3 November sal die Caledon-biblioteek gesluit wees. Op 7 Desember sal die biblioteek om 13:00 toemaak en weer open 10 Desember. ) Op 8 November bied Betty van Zyl ’n kwiltwerkswinkel in Riviersonderendte aan. Bel Petro by 084-392 1032 of epos petrovanrooyen31@gmail.com om jou plek te bespreek. ) Die Caledon belastingbetalers-vereniging se algemene jaarvergadering vind op 14 November om 18:00 in die NG Kerksentrum plaas. Alle belastingbetalers en die landbougemeenskap is welkom. Bel Chris van Loggerenberg by 071 688 4485 vir nadere besonderhede.

Tuesday 6 November 2012

Celebrate the harvest at Caledon Oesfees The Caledon Casino, Hotel & Spa is celebrating the Overberg’s harvest time with a two-day harvest festival, Die Caledon Oesfees, on 14 and 15 December.

“The harvest period is a time of great celebration in the Overberg as we hail the end of a season of hard work and acknowledge our region’s agricultural bounty. Our harvest festival is an opportunity for our community to come together to give thanks, share the spoils of the season, and have some fun,” says Paul Campbell, director of operations and complex general manager. There’s a superb line-up of fantastic live entertainment, awesome food, activities for children, and an array of stalls selling locally-produced arts, crafts and treats. Die Caledon Oesfees kicks off on the Friday night with the Oesfees Ball featuring Andriette Norman, a highly-talented young songstress, who made a name for herself as the runner-up in the 2007 SA Idols competition. The Caledon Hotel’s food and beverage team have a sumptuous buffet planned and after the meal, the dance floor will be opened to guests to dance the night away. Tickets for the dinner dance cost R250 per person. On Saturday 15 December the hotel’s gardens will be heaving with friends and families who are expected to flock there to see some of their favourite Afrikaans artists perform. Among them is award-winning singer-songwriter, Kurt Darren and the KD Band. Other local artists performing at the event include Adam, Cheree, Monique, Wynand and Southbound. Gates open at 10:00, with the festivities lasting well into the evening. The very entertaining Dugald Pieterse, will

be the MC. Entrance costs R100 each for people over the age of 18, while youngsters between 13 and 17 years pay R50. There is no cover charge for children under 13 years old. Tickets are available from Computicket. For more details go to www.thecaledon.co.za or call 028 514 5100.

Hier is Pastoor Gert Visser en sy vrou Marlene in die splinternuwe kerkgebou.FOTO:ANNETTETHERON

Nuwe tuiste

Cheree will be one of many performers at the Caledon Oesfees.

15 November

) Bloedskenk van 15:00 af in NG-kerksentrum.

23 November

8 November

) Caledon Rugby se algemene jaarvergadering om 19:00 by Rugby-klubhuis. ) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:00 by die NG Kerksaal Napier. Navrae: Willie 082 332 8454. ) Caledon VLV vergader by Weskerk om 15:00. Bel Retha Skein by 028 212 1432.

Die Caledon Christen-gemeente sal voortaan as die Caledon Christen-sentrum bekend staan en boonop het hulle ’n groter gebou betrek. Dié gemeente, wat in Junie 2010 begin het in die ou Caledon drankwinkel-perseel, het so gegroei dat hulle noodgedwonge die skuif moes maak na New Cross-straat. Die eienaar van dié gebou is die welbekende Leon van Wyk wat Auto Electrical vandaar bedryf het. “Die gemeente het met ’n wonderlike eensgesindheid saamgespan om die perseel voor te berei om dit ‘kerkbaar’ te maak,” sê Gert en Marlene Visser, wat die gemeente bedien. “En die eindresultaat sal elkeen wat weet hoe dit daar gelyk het, verstom.” Past. Gert en Marlene Visser is saam met hul gemeente opgewonde oor die nuwe seisoen wat voorlê, en baie dankbaarheid vir dit wat die Here gedoen het die afgelope 30 maande en hulle Sondag-oggenddienste om 09:40 met kinderkerk tydens die diens, het reeds begin. Die kerk open amptelik Sondag 11 November om 18:30. Past. Terblanche van Overberg Christen-sentrum in Bredasdorp is gasspreker. Vrydag 23 November 19:00 wys ’n film oor Israel.

) Greyton Primêr Langarmdans van 20:00 af in die skoolsaal met Five Stars Dance Band, om hul dertigste bestaansjaar te vier . Navrae Lillian Cloete 084 238 3344.

30 November – 2 Desember ) Grabouw RVK hou beker-uitdeling om 19:00 te Hoërskool Grabouw-saal. Band: Brown Suga Entertainment. R60 per persoon.

Make your way to Elgin, Vyeboom and Bot River during the weekend of 3 and 4 November and 10 and 11 November. There will be 25 open gardens to enjoy. The Elgin Wine Guild are launching a new wine route, which they have named the Elegantly Elgin Wine Route; they are using the open gardens weekends to focus on Sauvignon Blanc, a cultivar for which the Elgin valley has become famous. For more information about all the activities, pay a visit to www.thecapecountymeander.co.za

Document drive The Department of Home Affairs will be visiting the library in Bredasdorp on Thursday 8 November from 10:00 to 14:00 to offer residents the opportunity to obtain their birth certificates and ID documents. Contact the department on 0800 601 190.


Tuesday 6 November 2012

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

3

O’berg’s air quality plan

Hier is die groep agente besig om in Uitsig rommel op te tel. Daar is verlede week verkeerdelik berig dat een van die mense op die foto ’n bosslaper is. FOTO: JAPIE ROUX

Projek poog om werk te skep vir talle werkloses

The Grail Centre Trust (GCT) van Kleinmond het ’n vennootskap met die Independent Development Trust (IDT) gesluit om betekenisvolle werk vir 100 werkloses in die streek te skep. Die IDT is gekoppel aan die regering se Expand Public Works-programme. Die GCT is werksaam in Kleinmond, Mount Pleasant, Botrivier, Hawston en Uitsig in Caledon en die 100 werksgeleenthede is oor al hierdie gebiede versprei. In Uitsig het 16 Change Agents uit die program van die GCT die geleentheid gekry om as navorsers werkservaring te verkry en is tans besig om behoefte bepaling in die gemeenskap te doen. Die doel hiervan is om die spesifieke prioriteitsareas van die gemeenskap te identifiseer en te bepaal hoe die program dit kan aanspreek om die gemeenskap ’n beter plek te maak. Hulle werk alreeds as vrywilligers in die program en is tans besig met die leierskapsopleidingsprogram van die GCT.

DAMESKRING VIER 45 JAAR VAN DIENSLEWERING: Caledon se Dameskring het onlangs hulle 45ste bestaansjaar gevier. Fana de Wet, die voorsitter, sê hulle is ’n kultuurorganisasie met ’n passie vir hul taal, hul land, hul gemeenskap en hul God. Hulle het onlangs ’n mat en ’n mikrogolfoond aan die nuwe vleuel van Caledon se provinsiale hospitaal geskenk. FOTO: ANNETTE THERON

Hierdie groepie Change Agents doen dan gedurende dié tyd vrywillige werk by instansies in die Caledon-gebied by Uitsig-crèche, Sinobuntu- crèche, Tafelronde Herberg en Sonskyn-kleuterskool. Hierdie groep vroue was ook onlangs verantwoordelik vir die skoonmaak van slote en strate in en om Uitsig. Die groep het intussen begin met ’n nuwe projek genaamd Siyazondla wat beteken “ons voed onsself”. Hulle is besig met groentetuine in agterplase, asook by Sonkyn Kleuterskool waar die groente uit hul tuin gebruik word vir hul sopkombuis,waaruit behoeftige kinders van Uitsig gevoed word. Die agente sny ook ou buitebande in die vorm van blompotte wat hulle verkoop om bykomende geld in te samel vir die aankoop van kos vir die behoeftige kinders Enige skenkings soos saad,kunsmis asook sop bestanddele is baie welkom. Bel Sarie Flippies, die leier in die Caledongebied, by 072 362 4660 vir nadere inligting.

The Overberg District Municipality (ODM) will implement a new air quality management plan from the start of 2013. The plan aims to ensure municipal areas achieve the prescribed air quality standards. It is currently in draft form, with the public able to comment on the document by 21 November. The plan was presented at the Overberg Integrated Conservation Group meeting, held in Bredasdorp on 24 October. Air quality refers to noise and odour, addressing sources of air pollution. The draft plan highlights specific sources of pollution in the Overberg, such as industrial operations in Gansbaai and Hermanus, agricultural activities such as crop burning, vehicle emissions and biomass burning, including veld fires. Air quality monitoring undertaken in 2006 in the Overberg found pollution levels to be low and well within the thresholds required by national government. Sulphur dioxide levels were, however, higher in Gansbaai and Bot River, while nitrogen dioxide values were higher in Zwelihle, Hermanus. Through the air quality management plan, the Overberg District Municipality is hoping to address the lack of skills in the

field of air quality management at municipal level. Already the ODM has appointed an Interim Air Quality Officer, who has appointed an air quality management committee. It is hoped the plan will also effectively divide roles and responsibilities between local and district municipalities, which the draft plan claims is currently not clearly understood. An air quality forum will also be established to facilitate proper communication between municipalities, provincial government, business and industry, as well as other interested and affected parties. Any comments regarding the air quality management plan can be sent to the following municipal officials before 21 November: ) Riaan du Toit: 0 028 425 1157 2 rdutoit@odm.org.za ) Erik de Bondt: 0 028 425 1157; 2 edebondt@odm.org.za (Cape Agulhas) ) Marais Swart: 028 514 5800; 2 mswart@odm.org.za (Swellendam) ) Bulelwa Mtakati: 028 212 1120; 2 bmtakati@odm.org.za (Theewaterskloof) ) Neville Dreyer: 028 313 1243; 2 ndreyer@odm.org.za (Overstrand).

Eva te ruste gelê danksy hulp Eva Smit (60) van Caledon is Vrydagoggend begrawe nadat haar liggaam vir meer as twee maande by ’n plaaslike begrafnisondernemer gelê het. Haar lewensmaat Hannes Gous en dogter, Clarissa Kok, kon nie die nodige geld bymekaarmaak om vir haar begrafnis te betaal nie. Maar Hannes en Clarissa het nie moed opgegee nie en by verskeie mense en instansies gaan aanklop om hulp. Kallie Papier, raadslid van wyk 3, het gehelp met reëlings tref. Die gat is Donderdag by die Chavonne-begraafplaas gegrawe en Anré Begrafnisdienste het die hysmasjien vir die kis voorsien; Danie Tobias van Tobias Begrafnisondernemers die kis, en Pastoor Daniel September van die Emmanuel Pinkster-gemeente het reeds ’n week gelede R500 na die Gazette se kantoor gebring as bydrae tot die begrafnis.

Van links is Hannes Gous, Clarissa Kok, Apostel Jacques Brinkhuys van die New Revival in Christ Ministries-gemeente wat die diens waargeneem het en Kallie Papier langs die oop graf van Eva Smit. FOTO: ANNETTE THERON


4

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 6 November 2012

Pitkos - Vrede

Die vroue van Voorstekraal en Genadendal is ware voorvatters

Meld ‘sport’ aan Die geweldige toename in die aantal honde wat geteel en aangehou word vir hondegevegte is ’n groot bekommernis vir Caledon Dieresorg. Om hierdie euwel in ons gemeenskap die hoof te bied, loof Caledon Dieresorg ’n beloning van R1 000 uit aan enige persoon wat inligting kan verskaf rakende hondegevegte wat lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van persone wat hulle skuldig maak aan hierdie misdryf. Volgens artikel 2A van die Wet op Dierebeskerming, 71 van 1962, kan enige persoon wat hom/haar skuldig maak aan bogenoemde oortreding ’n boete en/of gevangenisstraf van ten minste twee jaar opgelê word. Help Caledon Dieresorg om hierdie wrede “sport” uit te roei. Hulle kan dit nie doen sonder die hulp van die publiek nie. Caledon Dieresorg kan gebel word by 078 109 8372. Enige inligting wat deur die publiek verskaf word sal as streng vertroulik hanteer word.

Die missie en visie van die vroue van Voorstekraal en Genadendal is om hul gemeenskap te ontwikkel en om die belange van hul gemeenskap op die hart te dra en behoeftes in gemeenskap aan te spreek. Dié groep vroue is tans besig met kunsen handwerk-items wat hulle self maak van herwinbare materiaal. Hulle is ook doenig met blom- en groente-

tuine en hulle gaan aansoek doen vir die finansiering van hul projekte en beoog ook om te registreer as ’n niewinsgewende organisasie ten einde projekte van stapel te stuur in die gemeenskap. Die vroue is positief en wil graag ’n bydrae in hul gemeenskap lewer. Die Gazette wil hulle graag alle sterkte toewens met hul planne vorentoe.

Die woord van God praat baie oor vrede. As daar een ding is wat elke mens begeer, dan is dit vrede en niemand wil in onvrede met sy naaste lewe nie. Wanneer daar nie vrede is nie, is daar ongelukkigheid, hartseer en bitterheid. Jesus Christus het gesê: Salig is die vredemakers, want hulle sal die aarde beërwe.” Ware vrede kry ons egter net deur geloof in God. (Rom. 5:1) Die wêreld se dinge gee miskien tydelike vrede, maar Fil. 4:7 sê God gee “vrede wat alle verstand te bowe gaan.” Hierdie vrede is werklik wonderbaar, dit hou jou rustig wanneer die storms woed. Deur in vrede te lewe met myself en ander, skep ek die geleentheid om goeie verhoudings te bou. 1 Pet. 3:11 sê ons moet die vrede soek en dit najaag. Wanneer ek vrede het met God, sal vrees verdwyn en ware vrede word deel van my lewe wanneer ek ’n wedergebore kind van God word, wanneer ek Jesus Christus aanneem as my Saligmaker en Verlosser. Jer. 29:11 sê: Die Here weet watter gedagtes Hy aangaande ons koester: gedagtes nie van onheil nie, maar van vrede en van ’n hoopvolle toekoms. Vrede vir julle.

PAST GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

Katte kattemaai op vrou se werf Daar is die afgelope week ’n kat in my agterplaas met drie klein katjies. Dié ma-kat terroriseer my hond en ek het die plaaslike Dieresorg gebel en vir hulp gevra, maar hulle het gesê ek moet die katte vaskeer en hulle sal die katte dan kom haal. Die drie klein katjies is gesaai oor my agterplaas en as iemand my help, sal ek hulle seker kan vang. Ek soek net hulp. Moontlik kan die eienaar van die katte my kontak?

SANET VAN DEVENTER, Caledon, 073 1776 268

Claire Barthus, die koördineerder van die groep vroue, staan in die middel agter.

FOTO: JOHANNA STUART-MALAPPA

BEGAAFDE SEUN SOEK BORG VIR KAMPIOENSKAPPE: Hy is ’n seun met hope talent, maar as hy nie binnekort ’n borg kry vir die SA Junior-kampioenskappe nie, gaan sy drome dalk nie waar word nie. Nathan Magerman is onlangs vir die kampioenskappe in skaak gekies, wat tussen 15 en 21 Desember in Kaapstad gaan plaasvind. Sy ma, Erna, vertel dat skaak nie ’n goedkoop sport is nie en dat die koste van die toernooi ongeveer R5 000 beloop. Enigeen wat ’n bydrae wil lewer, word gevra om Erna dringend te kontak by 076 081 1137.

Onderteken asseblief jou brief Hoewel lesersbriewe aan die redakteur verwelkom word, word briefskrywers herinner dat alle inhoud wat in die Gazette gepubliseer word, aan die Suid-Afrikaanse Perskode en die beginsels van billike en regverdige kommentaar moet voldoen. Plasing bly dus onderhewig aan die oordeel van die redakteur, wat dit op grond van dié kode en beginsels evalueer. Briewe kan ook slegs gepubliseer word as die skrywer se volledige naam en kontakbesonderhede verskaf word. Skrywers wat ’n skuilnaam wil gebruik, moet asseblief meld waarom hulle die skuilnaam verkies, maar moet steeds vir ons aandag hulle volle naam en kontakbesonderhede verskaf. Ons bedank graag al ons lesers vir hul belangstelling en deurlopende ondersteuning.

RED.

Column

It is the pain that is dental, my friend . . .

A friend of German origin who was born over there near the end of WW II thinks his wonky teeth may be due to the lack of essential nutrients and minerals in his early post-war diet. His innate frugality, I guess, is also the result of his wartime upbringing. Like all imaginative people, he hates going to the dentist. He tells me about his instinctive aversion and I concur by quoting him a little bit of (now-forgotten) Ogden Nash: Some pains are physical Some pains mental But worst of all Is the pain that is dental. He recently told me that he was planning to visit his dentist “just for a quote”. I applauded his mature decision and wished him success. Knowing the state of his teeth though, my heart went out to him. Saw him again recently. “So did you go for

your quote?” He nodded “Yes”. “Let me guess,” I said, “price of a small car?” “No,” he mumbled, “big car…”. And there is the dentists’ dilemma – they operate in the same environment as the medics, but they critically lack the power of life and death of the latter. Sadly, people just don’t die of their teeth (not directly, at any rate). So while the doctors are cheerfully hiking their charges, the dentists are, er, stuck in a hole – their art is just more at the mercy of market forces. For many people, economics is a matter of painful choices about spending scarce resources, and I imagine people faced with the need for a better car or extensive dentistry but not both, will opt for the first, private transport being what it is over here. A lot of what we do as humans and how we do it, derives from our expectations and if these are not met, we become miserable. I believe of

all the professions, dentists have the highest incidence of suicide, probably the result of unmet expectations and the ghastly daily grind of peering down the gullet of a wide-awake patient who glares back at you. Of course human expectations are relative, not absolute. This insight helps explain the behaviour of the super-rich, for instance. It seems incomprehensible to us bottom feeders that people who have every conceivable amenity and commodity could ever feel anything but wildly euphoric. But no, apparently just the thought of one of your peers having a car/house/wife/bank account more remarkable than your own is so ghastly that it will goad you onto new pinnacles of avarice or dump you into troughs of despair. So dear reader, the next time a vast new 4x4 or flashy German sedan passes you, look at the invariably glum face of the driver and let your

heart go out to him/her in pity. And pity the poor Porsche owners too, who always seem to be driving around alone. Doing the sort of things that made you able to afford the beast probably also made you the kind of person noone wants to drive with. fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 6 November 2012

General - Algemeen

Barrels of fun at Bot River Barrel race Several wineries, as well as the Bot River hotel and Shuntin’ Shed competed in the fifth annual Bot River Barrel Race. This year saw the venue change from the Bot River station to the Bot River square with food stalls and live music. The winning team that walked away with a new wine barrel to the value of R7 500 was Paardenkloof Estate, with Anysbos in second place, Gabriëlskloof third and Shuntin’ Shed fourth.

ON YOUR MARKS: Jouniery Jonkers from Beaumont gets ready to roll against Wildekrans. PHOTOS: ANNETTE THERON

Peter Finlayson, winemaker at Bouchard Finlayson, rolled for Team Armstrong. The Shuntin’ Shed beat them to the finishing line.

Franco Burger rolls for team Genevieve.

Agste Stelpas Die agste jaarlikse Botrivier van der Stelpasuitdaag het vanjaar 1 620 inskrywings gelok. Anthony Hess, die organiseerder, sê hy is weer eens in sy noppies met die opkoms en veral vir die ondersteuning van die Botrivier-gemeenskap. Die volgende Botrivier van der Stelpas-uitdaag sal op 26 Oktober 2013 plaasvind.

Chris Punt, Theewaterskloof-burgemeester en Anthony Hess, organiseerder van die Botrivier van der Stelpas-uitdaag. FOTO: ANNETTE THERON

OUDSTE DEELNEMER: Oom Carel Smit (90) van Botrivier, was die oudste deelnemer aan die Botrivier van der Stelpas-uitdaag en het die 10 km-ren in ’n tyd van 1 uur en 30 minute voltooi. Hy sê dis sy honde en goeie vrou wat hom so fiks hou. Celia van Blerk het die ren in 1 uur en 20 minute voltooi. FOTO: ANNETTE THERON

FIKSE VROUENS: Annie Hyde (links) en Celia van Blerk, albei van Botrivier, het aan die 10 km-item deelgeneem. FOTO: ANNETTE THERON

WEDNESDAY

BUFFET

R99

00

7 & 28 Nov

Bookings Essential: 028 214 5338 The Caledon Casino, Hotel and Spa www.thecaledon.co.za

Theewaterskloof Gazette

LOCAL IS LEKKER: Miriam Cornelius was just one of several spectators who enjoyed the fifth annual Barrel Race. She also competed in the 5 kilometre run in the Bot River van der Stel Pass Challenge and this was her second year of competing. “I gladly support the Bot River Education Foundation as it is instrumental in changing the lives of our local youth for the better.” With her are Beyonce Bekkers (8) and Kaitlin Nysen (6).

The excitement at the Bot River Barrel Race proved too much for little Klara Schoonraad (3), granddaughter of Johan Heyns from Anysbos. She promptly fell asleep on top of a wine barrel.

5


6

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

RAAI WIE WAS 1?

FAMILIEKENNISGEWINGS

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Hermanus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

07

108

Geld/lenings Money/Loans

TE KOOP FOR SALE 73

Gelukwensing Congratulations

TEJANA V.D SCHYFF 04/11/2012. Gods rykste seën. Alle eer aan Hom wie jou eerste jaar deurgedra het. Jy's 'n ligstraaltjie in ons lewe. Lief vir jou van Mammie, Mamma, Ousus, Uncle & Plaatjies gesin.

17 CONGRATULATIONS Rouxlé Swarts 21 06/11/2012. Our daughter and sister happy 21st birthday. May your day be blessed and filled with happiness, love and laughter. Have a awesome day. Stay as sweet as you are. 1 Cor 13. From Mommy Carmen, "Pappie" Isaac (sakkie), brother Carlo & Family.

Begrafnisdienste Funeral Services

Anré BEGRAFNISDIENSTE Tel: 086 722 7706 (24hrs) 3 Pleinstraat Caledon, 11 Argonstraat Hermanus, 26 Hoofweg Riviersonderend, Hoofweg Grabouw, 65 Hoofweg Gansbaai, George Viljoenweg Hawston, 5 Voortrekkerstraat Ceres, Spar Sentrum Kleinmond. 24 UUR DIENS MET TROTS

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES FOREVER MEMORIES. Kontak Sharon Burger vir alle foto-albums en scrapbooking toebehore. Tel. 028-212 2631/083 293 5301. PADSTAL/RESTAURANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.

34

Spyseniering Catering OVERBERG CATERING/HIRING. Demperstraat 10, Caledon. Te huur: Breekgoed, messegoed, glasware, linne, stoeloortreksels, bykomstighede. Skakel Egbert 082 789 7260.

Diere en Voëls Pets and Livestock DOBERMAN AND DALMASIAN looking for new home on a plot or farm. Both male, sterilised, 4 years old, good natured and very friendly with children. Contact Lynette 079 153 5650 / lynettesteyn65@gmail.com

12 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel 021-696 0676.

Tuesday 6 November 2012

CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028-212 1775 / 082 969 0975. DIENS VAN NAAIMASJIENE by Caledon Stoffeerders, Laingstraat 14 op Vrydag 09 November 2012. Navrae 028-212 2088/083 306 6280.

113

te Huur/to Hire KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

1141

Algemene Dienste General Services

EIENDOMME PROPERTIES STORAGE. Secure and dry units from R299 pm. Best prices. Transport available. Call De Wet 082 439 9704.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 101

Attorney’s Services FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998 of 028-212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange.

AUTO ELECTRICAL-DIETLOF'S. Gespes-ialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276.

LUGGEHALTEBESTUURSPLAN Kennis geskied hiermee van ’n Konsepluggehaltebestuursplan wat ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Luggehalte 39/2004 vir die Overberg Distriksmunisipaliteit geformuleer is. Die Plan bied ’n uiteensetting van wat gedoen sal word om die voorgeskrewe luggehaltestandaard te bereik. Die gemeenskap word genooi om kommentaar op die Konsepluggehaltebestuursplan aan die Munisipaliteit te lewer deur hulle kommentaar te rig aan die Waarnemende Direkteur: Gemeenskapsdienste, mnr WA du Toit, op of voor Woensdag, 21 November 2012 by die volgende adres: Langstraat 26, Bredasdorp of faks: (028) 425-1014. Die Konsepluggehaltebestuursplan is ter insae beskikbaar gedurende kantoorure (Maandag tot Donderdag vanaf 08:00-16:30 en Vrydag vanaf 08:0016:00) by die munisipale kantore op Swellendam, Caledon, Hermanus en Bredasdorp. Kommentaar moet behoorlik op skrif gemotiveer word en teen nie later nie as Vrydag, 21 November 2012 ingedien word. Persone wat nie kan lees of skryf nie, kan hulle kommentaar mondeliks lewer by die munisipale kantore, Langstraat 26, Bredasdorp, waar me AJ Thompson hulle sal bystaan om hulle kommentaar op skrif te stel. Die Konsepluggehaltebestuursplan kan ook by www.odm.org.za besigtig word. MP du Plessis - Munisipale Bestuurder Privaatsak X22, Langstraat 26, Bredasdorp 7280 Faks: (028) 425-1014 Arina Wilson 93074


Tuesday 6 November 2012

General - Algemeen

Bianca de Waal, OMO Eco-schools’ representative, is joined by some pupils of Applewood Preparatory with their projects.

Applewood’s big award

Applewood Preparatory School in Grabouw is among three schools in the country to be selected as a winner of the Greener, cleaner, smarter, better OMO Auto Liquids challenge. The winning schools each received R30 000 worth of equipment towards the upgrading of school facilities. Schools had the opportunity to pledge their support to a greener and cleaner world by submitting an ecological portfolio which demonstrates how a particular school project is positively impacting the environment. Following a stringent adjudication process by a panel of judges in conjunction with an environmental specialist, three SA schools emerged as winners with Applewood Preparatory School being among the list. Applewood Preparatory School subscribes to an integrated approach to education in en-

LIEFDADIGHEID:De Heide Primêr was ook betrokke by die Santa Shoe Box-projek. Hulle het altesaam 62 skoenbokse ingesamel en aan Sarie Momsen, ’n agent van die projek, oorhandig. FOTO: VERSKAF

suring that an eco-lifestyle is built into the curriculum. The school often has inter-class recycling challenges where the proceeds are donated to a non-profit organisation. The proceeds from a recent newspaper and book collection went towards animal anticruelty while clothes were distributed to underprivileged communities for the winter season. The school’s Save our Rhinos campaign is an initiative that is close to the hearts of the pupils. Through their Art with a Heart campaign, the school’s art department produce some of the most creative works of art which will be sold at an exhibition to be held at the end of the year. Each piece of art will have a hidden heart within the work. The proceeds from the exhibition will go towards the Rhino Foundation. As the works of art are being created, the children are encouraged to take note of their environment by recycling, reusing and upcycling.

Theewaterskloof Gazette

7

SANTA SHOEBOX: Leerlinge van Klein Ovies het hulle harte oopgemaak en 160 skoendose gevul met geskenke vir minderbevoorregte kinders. Marienteau Maree het Donderdag die bokse by die Santa Shoebox-projek organiseerders afgelewer. FOTO: ANNETTE THERON Die gr. 1-leerlinge van Klein Ovies het almal Woensdag 31 Oktober soos seerowers aangetrek. Hulle juffrou, Marianteau Maree (heel agter) sê hulle volgende leesboek handel oor seerowers. Dit was ook juffrou Zani Nel(regs) se tweede Ovies-verjaardag en sy was heel in haar noppies met die tema.

FOTO: ANNETTE THERON


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 2 • Dinsdag 6 November 2012 | Tel. 028 214 1294

Milnerton takes Newmark Shield Caledon golf club hosted the annual playing of the Newmark Shield golf tournament on Saturday 27 October 2012. It was the 87th playing of the event, making it the oldest team strokeplay golf tournament in South Africa. Teams from the Boland and Western Province golf unions compete annually over 36 holes for the Shield, which was donated in 1925 by the late mayor of Caledon, Basil Newmark. This year the tournament attracted ten entries with clubs from Bredasdorp, Ceres, Hermanus, Kleinmond, Milnerton, Mowbray, Parow and Somerset-West joining the local Caledon team, as well as a mixed Barbarian team.

The team from Milnerton golf club won the event comfortably with a gross score of 445. It was only the third time in the history of the club, after they also won it in 1978 and 2007. This was primarily due to the efforts of team captain, Cameron Johnston (+1 handicap), who was the only player out of all the competitors who finished with a score of under par. His scores of 70 and 73 bettered the course par by 3 strokes. Coming in second was the team from Somerset-West golf club with a score of 463 and in third was the team from Mowbray golf club with 466. The local team from Caledon golf club finished fourth on a score of 473. The event was graciously sponsored by Caledon Toyota.

The team of Milnerton golf club won the Newmark Shield. The representatives for the club is Gino Belfoire, Greg Buchanan, Cameron Johnston and Darren Dunlap.

GOUE BY TENNISTOERNOOI: Jan-Daniël Neethling, graad 7-leerling van Laerskool Bredasdorp, het Boland verlede naweek by die Boland Interpro-tennistoernooi in die Paarl verteenwoordig. Boland het die goue medalje verower.

Gholfers veg weer vir kalkoen Die derde jaarlikse Caltex Kalkoen-gholfkompetisie is in samewerking met MTN op Vrydag 26 Oktober by Caledon-gholfklub aangebied. Hierdie kompetisie, wat tradisioneel oor nege putjies beslis word, se gewildheid neem elke jaar toe en as bewys daarvan het 40 spelers vanjaar ingeskryf. Danny Theron (13-voorgee) se telling van 23 punte het aan hom die kalkoen besorg, terwyl Maurits van Rooyen (16-voorgee) tweede geëindig het met 22 punte. Edwin Marthinus (11-voorgee) se 21 punte het aan hom die derde plek besorg. Die borge, Ariel en Stella Hugo van Caltex Caledon en Juan Esterhuizen van MTN, het ook die dag en die verrigtinge bygewoon. By die prysuitdeling het hulle ook ’n tjek aan Marius MacKenzie oorhandig, verteenwoordiger van Swartberg Sekondêre Skool, as bydrae tot die aankoop van rugbytruie vir die leerlinge. Die dag is daarna afgesluit met die tradisionele “steak-aand” wat gesorg het vir groot vermaak.

Danny Theron (middel) ontvang die prys as wenner van Ariel en Stella Hugo, eienaars van Caltex Caledon.

Caledon-posduifklub uitslae Wedvlug van 21 Bloemhof Ope op 27 Oktober 2012: 1.P. du Toit; 2. P. du Toit; 3. D. King; 4.D. King; 5. J. Marias; 6. M. Otto; 7. D. King; 8.D. King; 9. M. Otto; 10.P. du Toit.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.