Theewaterskloof Gazette 7 August 2012

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 2 • Tuesday 7 August 2012 | Tel. 028 214 1294

Nuwe pad goed op koers Die konstruksie van die Hemel-en-Aarde-pad is op skedule. Ná ses maande van dié 30 maande lange kontrak is Andries von Wageningen, die ingenieur op terrein, versigtig optimisties dat hulle wel in September 2014 sal klaarmaak. Die kontrak vir die teer van die pad is verlede jaar Desember aan Vusela Konstruksie toegeken en padwerke het in alle erns in Maart vanjaar begin. Hier staan Von Wageningen boop Shaw’s-pas waar die uitgrawing 18 m diep is om die helling uit te skakel. Die helling was vantevore 15% en die nuwe pad se helling sal 11% wees. Hulle hoop om Shaw’s-pas teen einde Desember, begin Januarie oop te stel vir verkeer. FOTO: ANNETTE THERON

Caught in a power struggle ANNETTE THERON While buying his prepaid Eskom electricity vouchers over the last month or so, a Bot River resident noticed he was being given a greatly varying number of units. He asked a local shop manager why this was so, and was told that consumers get substantially more units at the beginning of the month to encourage them to buy more units in one go. Yet consumers are also penalised when buying in bulk, as the more you buy at one time, the fewer units you get for your money. “I think it’s scandalous that Eskom, whose annual increases are already crippling us, do not make their prepaid tariff structures the same throughout the month,” the resident says. “If they insist on having such a compli-

cated tariff system, they should advertise at point-of-sale what the unit rate is on any given day – as petrol stations do.” Asked about the change in energy costs over a given month, Jolene Henn, Eskom’s communication and stakeholder manager, did not answer. She did, however, say the National Energy Regulator of South Africa (Nersa) decided to introduce an “inclining block tariff” (IBT) to residential electricity consumers in early 2010. She says Nersa’s decision was in support of government’s priority of protecting the poor. “The main feature of IBT is that it makes higher-consuming customers pay a higher rate for electricity.” Nersa had asked Eskom to implement the new tariff structure from 1 April 2010. After consideration, Eskom told Nersa that it could only implement the IBT for conventionally metered customers; it needed to find a techni-

cal solution to roll out the new structure to its prepaid customers. Eskom made all the required changes to the prepaid vending system and implemented the IBT for prepaid customers in April 2011. The tariff is divided into four consumption blocks, and each block has a higher price per kilowatt hour of energy than the preceding one. The cost is the sum of consumption per block multiplied by the energy rate or price per unit associated with each block. Block 1 (50 kWh or less) sets the low bar at 69,35c per kWh; Block 2 (51–350 kWh) is 85,60c/kWh; Block 3 (351–600 kWh) is 127,02c/kWh; and Block 4 (600 kWh and more) is 139,31c/kWh. “The higher your electricity consumption, the more you pay. We therefore urge consumers to change their consumption patterns and use electricity efficiently.” Stiffy Cronje, spokesperson for the Theewaterskloof municipality, says the munici-

pality has no sliding scales. “The monthly basic charge for a conventional meter is R41,98 (including VAT), and the cost per kWh is R1,3102 (including VAT). The cost per kWh for prepaid meters is R1,40 (including VAT).” On the ground, this makes life incredibly difficult for people like Caledon resident Annemarie Gouws. “You get so few units for your money,” she says. Her family buys R100 in electricity every week, and it doesn’t stretch very far. “Apart from having to put bread on the table, one has to be able to live. As a domestic, I only work three days per week, and we are struggling to keep our heads above water.” Gouws says her household cannot even switch on a heater during this cold spell. “It is a luxury just being able to bake bread.” She’s one of the luckier ones – she says her neighbour’s electricity was cut off last month because he did not pay his water account.


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

VGK Vrouedag Die Vroue-bediening by die VGK-gemeente in Caledon beplan op 9 Augustus ’n optog om Vrouedag te vier. Trompoppies en vroue met plakkate gaan 08:00 – 09:00 deur Bergsig loop tot by die kerk. Die Kansa-pretloop skop om 10:00 af by die kerk en die deelnemers sal van die kerk opstap in Sterlingstraat, dan links in Koalisiestraat en links by Boland Kollege af tot in Daniel Stallenbergstraat oor in Hoofweg. Vandaar weer agter om die kerk. Almal is welkom om deel te neem. Slegs ’n donasie kan ook vir Kansa gegee word. Deelnemers word aangemoedig om iets pienk te dra. Die eerste 100 deelnemers kry ’n goodiebag en medalje en die eerste drie wenners het ’n kans om lekker pryse te wen. Daarna word boeresport gehou by die kerk met Kansa en Home Base Care wat stalletjies sal aanbied. Suikertoetse en bloeddruktoetse is beskikbaar en almal is welkom om van dié diens gebruik te maak. Bel gerus vir Joline Wagenstroom by 072 112 8453 of 028 212 3700 vir navrae.

) Caledon Dieresorg is weer dringend op soek na donasies vir hulle winkel in Donkinstraat (langs Kontrei Printing). Enigiets is welkom , maar daar is veral groot aanvraag vir beddegoed, gordyne en kombuisware. Hulle het nou weer voorraad van hondedip, ontwurmingspille en R10-sakkies honde pille.Gaan loer gerus in, daar is iets vir almal – ’n ware outydse snuffel winkel. Dieresorg wil almal bedank wat reeds skenkings gemaak het. ) Villiersdorp Cellar’s next Slowmarket will be held on Saturday 11 August from 09:00 till 13:00 on the grass-area in front of Kelkiewyn Restaurant (weather permit-

Nuwe inkoopsentrum soek ’n naam

Alle leerlinge in Theewaterskloof, Napier en Bredasdorp word uitgenooi om deel te neem aan die Gazette en Harry Viljoen Eiendomme se kompetisie Gee die inkopiesentrum ’n naam. Een gelukkige leerling en hy of sy skool kan wegstap met ’n kontantprys van R10 000 as hulle

ting), otherwise in the Tractor Museum. Fresh produce, baked bread, pannekoek, flowers, olives, cheese, coffee, jams and many others will be on offer. Handmade clothes, Alpaca products and art products will also be on sale. Caren on 028-840 1120 or kelkiewyn@vilko.co.za for a stall. ) Die Unisa-bus sal Caledon-biblioteek Woensdag 8 Augustus vanaf 11:00 tot 14:00 besoek. Op 23 Augustus, gaan die Caledonbiblioteek in die middag gesluit wees. Vanaf 17 tot 21 September sal die Caledon –biblioteek ook gesluit wees. ) Die skilderkuns en kunshandwerk van verskeie Villiersdorp-kunstenaars word in die Hugo Naude Kunsgallery in Russel straat 11 in Worcester (023 342 5802) uitgestal. Die uitstalling open 5 September en sal vir ’n tydperk van ses weke te sien wees. ’n Groot verskeidenheid kuns en handwerk word uitgestal. Vir verdere navrae, bel Mabel Booyens by 082 492 4170. ) Riviersonderend is holding its first

naam gekies word. Die leerling wat as wenner aangewys word, sal met R5 000 in kontant wegloop en die skool waar die leerling onderrig word, sal ’n verdere R5 000 ontvang. Dink aan ’n gepaste naam vir die inkopiesentrum met Pick n Pay as ankerhuurder. Danie Viljoen, besturende direkteur van Harry Viljoen Eiendomme, het gesê hulle hoop om

Quilt Exhibition from 23 to 26 August. The club will also be celebrating its fourth birthday. The exhibition will be held in the NG Church hall on Thursday and Friday from 10:00 to 18:00, on Saturday from 09:00 to 15:00 and on Sunday from 10:00 to 15:00. Call Petro at 0843921032, Alna at 0728445906 or Irmgard at 0823355972. ) Heidehof Tehuis vir Bejaardes se tweedehandse winkel is oop op pensioendae. Daar is ietsie van alles – tweedehandse klere, linne en goeie winskopies. Vir meer inligting bel Heidehof by 028 214 1755. ) As deel van ’n graad 10-skoolprojek, is ’n groepie van ses leerlinge van Hoërskool Overberg besig om speelgoed bymekaar te maak vir Caledon Hospitaal se kindersaal wat as ’n skenking aan hul oorhandig sal word. Speelgoed geskik vir kleuters en wat maklik ontsmet kan word, word nog benodig, asook legkaarte en boeke. Bel Susan Hoffman by 028 212 2081.

BELANGRIKE KENNISGEWING

Onderwys

KEN DIE FEITE OOR TUISONDERRIG

VESTIGING EN REGISTRASIE VAN ’N ONAFHANKLIKE SKOOL

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement vestig die aandag van alle ouers en lede van die publiek op die volgende:

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement vestig die aandag van alle ouers, leerders en lede van die publiek op die volgende:

Enige ouer wat sy of haar kind van skoolgaande ouderdom tuis wil onderrig, moet eers goedkeuring by die Hoof van die Wes-Kaap Onderwysdepartement verkry.

Geen persoon mag ’n onafhanklike skool vestig of instandhou of leerders inskryf by so ’n skool sonder ’n sertifikaat van registrasie van die Wes-Kaape Onderwysdepartement (WKOD) nie.

Aansoeke moet teen 30 September van die jaar gerig word, voor die aanvang van die nuwe skooljaar.

Ouers word aangemoedig om eers vas te stel of ’n Onafhanklike Skool geregistreer is voordat hul kind daar geregistreer word.

Goedkeuring moet per leerfase verkry word: Grondslagfase (Graad 1-3), Intermediêre Fase (Graad 4-6) of Senior Fase (Graad 7-9).

’n Goedgekeurde kurrikulum in lyn met die Nasionale Kurrikulumverklaring moet gevolg word.

Aansoeke vir die registrasie van ’n onafhaklike skool moet aan die WKOD voorgelê word, via ’n onderrigdistrikskantoor, teen 30 Junie van die jaar voor die skool van voorneme is om in werking te tree.

Vir registrasiedoeleindes moet die skool voldoen aan akkomodasie-, onderrig-, en bestuursvereistes soos voorgeskryf in die beleid vir registrasie.

’n Minimum van 20 potensiële leerders word vir registrasie vereis.

Onderwysers wat aangestel is by ’n onafhanklike skool moet toepaslik gekwalifiseer en geregistreer wees by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO).

Enige persoon wat ’n ongeregistreerde onafhanklike skool bedryf is skuldig aan ’n misdryf en dit is strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf.

Tuesday 7 August 2012

Leerders wat met hul studie ná Graad 9 wil voortgaan moet die Graad 9-uitgangeksamen skryf én slaag by ’n openbare- of geregistreerde onafhanklike skool.

Leerders wat die Verdere Onderrig en Opleidingsfase (Graad 10-12) wil voltooi, moet by ’n openbare- of geregistreerde onafhanklike skool inskryf.

Die vereistes soos uiteengesit in die Beleid vir die Registrasie van Leerders vir Tuisonderrig is van toepassing.

Vir verdere inligting, kontak Deon Louw by tel. nr. 021 467-2653.

Vir verdere inligting, kontak Saul Philander by tel. nr. 021 467-2580. Human Communications C94744A

volgende jaar teen einde Maart hulle deure in Caledon oop te maak vir besigheid. Viljoen het gesê hulle groep is trots om in Caledon te belê en oor tien jaar moet die dorp kan sê dié inkopiesentrum is’n bate. Hy het ook gesê dis’n wonderlike stuk grond vir dié tipe ontwikkeling. Name vir die Mall moet fokus op’n kombinasie van plaaslike historiese, kulturele en geografiese aspekte wat betrekking het

op Caledon. Probeer om nie meer as drie woorde te gebruik nie. SMS jou naamkeuse na 33765.’n SMS kos R1,50. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Dinsdag 29 Januarie 2013.

Wen R5 000

vir jou en jou skool in kompetisie om ‘n naam te kry vir nuwe mall

072 530 5902.

23-26 Augustus

9 Augustus ) Nasionale Vrouedag ) Alkoholiste Anoniem vergadering om 19:00. NG-kerksaal Napier. Navrae Willie 082 332 8454

11 August ) Hemel & Aarde Fun Runs. Entries will aid to a fundraise for Hermanus Groenberg Jukskei Club to send their junior team to Kroonstad. 12km – 08:30; 6km – 08:35. Jako Botes 083 549 8678 / Carina Botha 076 681 1920

) KwilteRSEnd Kwilt Uitstalling: Die kwiltklub is vier jaar jonk! Hulle is baie opgewonde om die kwilts te wys wat hulle in dié vier jaar gemaak het. Die kwilts word uitgestal in die NG-kerksaal om 10:00–18:00 Donderdag en Vrydag, 9:00–15:00 Saterdag, 10:00–15:00 Sondag. Navrae by Petro 084 392 1032, Alna 072 844 5906, Irmgard 082 335 5972.

24 Augustus ) Steak-ete – Caledon Gholfklub. Kaartjies by gholfklub.

25 Augustus ) Pret & Basaar-dag by Huis Klippedrift, Napier vanaf 08:00. Vir navrae, skakel 028 423 3862.

14 Augustus

31 Augustus

Riviersonderend se gesondheid- en welsynkomitee verkiesing om 19h00 te Riviersonderend-gemeenskapsaal

Preprimêre Stoordans. Kaartjies by skool of Babilon’s beskikbaar. Navrae Anne-Marie Kriel 082 324 8934

16 Augustus

1 September

Bloedskenk vanaf 15:00 in NGK-sentrum ) Villiersdorp se gesondheid en -welsynkomitee verkiesing 19h00 in die VGK-saal. Navrae: Maeve Le Roux by

) ATKV-Op die plek rus-manne-ontbyt. Herleef die bosoorlog met spreker: genl Roeland de Vries. Kaartjies by Franceska 083 351 3030 en Riana by Caledon Toyota.


Tuesday 7 August 2012

News - Nuus

Bikers Against Fracking rev it up in Nieu-Bethesda Joining around 200 protesters fighting the proposal to frack for shale gas in the Karoo, seven local activists headed to NieuBethesda under the banner of Bikers Against Fracking (BAF) on World Anti-Fracking Day. “Our mission is simple,” says Bot River’s Nick Yell, who founded the BAF movement. “We want all South African bikers to boycott Shell now. This is because Shell forms the vanguard of the pro-fracking lobby in the Karoo.” The government is due to make a decision around whether to grant shale gas exploration permits in a few weeks’ time, but Yell questions whether their judgement will be objective. “From recent reports in the Sunday Times, it’s become apparent that the ANC’s Batho Batho Trust owns 51% of Thebe Investments, a black economic empowerment partner of Shell’s. How can the ANC objectively deliberate on what’s best for the Karoo, its people, and South Africa as a whole if they stand to benefit financially from fracking in the Karoo? “Surely the government an’t be allowed to be both judge and jury on this critical matter?” Fracking stands for “hydraulic fracturing”; the tech-

nique, if the go-ahead were to be given, would be used to mine natural gas in the shale beds buried deep beneath the Karoo’s surface. Each well drilled, of which companies like Shell propose many thousands in the Karoo, would require 20 million litres of water, 200 000 litres of chemicals (many of which, such as benzene, are highly toxic), 150 000 kilograms of sand, and 2 000 diesel-burning trucks to deliver it all. Environmentalists are deeply concerned about the effects that pollutants from fracking will have on the surrounding earth, water and air for Karoo farmers and other communities. Professor Gerrit van Tonder of the University of the Free State recently

warned that fracking in the Karoo could lead to one of the biggest water pollution problems the world has seen. “Now we are 100% certain there will be trouble,” Van Tonder is quoted in an article by Cape Times environment writer Melanie Gosling, who wrote that it has been established that the underground water in the Karoo basin flows upwards – meaning it would carry the hazardous fracking chemicals with it to pollute the freshwater aquifers higher up. The Department of Mineral Resources is due to present its technical report to cabinet this month, after which cabinet will make its decision on whether or not to lift the moratorium and allow exploratory drilling.

Bikers Against Fracking members (from left) Nick Yell (founder), Johan Hamman, Eric Stroebel, Nico Grobler, Graham Black and Stan Harris take a stand in Nieu-Bethesda on World Anti-Fracking Day on 28 July. PHOTO: CHRIS MARAIS

Water worries The Villiersdorp Residents and Ratepayers’ Association (VRRA), asked why winter water is brown and hard, says fynbos is behind it all. “This is the result of straining through fynbos and other vegetation,” says John Glibbery, VRRA chairperson. “The water is acidic, and this affects the treatment process.” He says the hardness can be adjusted with calcium carbonate, the colour removed with chemicals and filtration, and the acidity altered. But the VRRA (using committee members who are experts in water treatment), he says, has identified that the treatment process for dam and river water is inadequate; processing to remove the colouration is not done, and equipment is deficient, he says. Peter Sinclair, a VRRA committee member with experience in the control of water treatment plants, says the water is aggressive and corrosive – which “may be the reason for so many water leaks”. Theewaterskloof Municipality spokesperson Stiffie Cronjé, says water samples are taken throughout Theewaterskloof and analysed by an independent laboratory; the test results are posted on the Department of Water Affairs website. “Due to extensive vegetation in the water catchment area of Villiersdorp, the water has more colour than elsewhere. The dye has no adverse effect.” The municipality ensures the water falls within biological and chemical guidelines around health, Cronjé says. He claims no water-related problems have been reported in Villiersdorp. Glibbery, however, says the water quality is below that prescribed in SANS 241 of 2006, and that the VRRA is working with the town manager to resolve the problem. For the full report, email smsjag@telkomsa.net.

DIENSLEWERING: Werknemers van besighede in Theewaterskloof het verlede week twee heeldagsessies bygewoon wat op goeie dienslewering fokus. Dié opleiding word deur die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme gefinansier en deur TWK-munisipaliteit ondersteun. Die sessies is by die munisipaliteit deur Alistair Cyster van KG Business aangebied. Lizette Kok, TWK-toerismebeampte, het gesê die belangrikste doelwit met die opleiding is goeie dienslewering van toerismeprodukte op The Cape Country Meander. Ná afloop en voltooiing van die kursus, ontvang almal ’n sertifikaat. Heel links agter staan Lizette Kok en Alistair Cyster by die werknemers wat die kursus bygewoon het. FOTO: ANNETTE THERON

Theewaterskloof Gazette

3

8 hurt in crash

Eight people were injured in an accident near the Van Brakel Stoor turnoff between Stanford and Riviersonderend at midday on 28 July. “Two people” – aged 17 and 41 – “were taken to hospital, and both are stable,” says Captain FC van Wyk, provincial police spokesperson. Two of the people involved are from Argentina. Somerset West resident Lindie Odendaal and her boyfriend, the first motorists on the scene, said one car was carrying a family of four from Somerset West. “Apparently the Argentinian driver told bystanders he’d had an altercation and veered into the wrong lane. “A little boy had a broken arm, and their baby girl broke her leg. The mother and father suffered minor injuries.” She says the police and ambulance arrived within 30 minutes of her call, and were “extremely professional and helpful”.

HOME SWEET HOME: Provincial Human Settlements MEC Bonginkosi Madikizela handed over a house to Matthews Ken and his daughters, Vergenie and Mariska, on 2 August in Simunye. Over 180 houses were completed in Bredasdorp at the end of June as part of the development’s second phase. The handover was part of the MEC’s housing roadshow, which kicked off in Grabouw and Villiersdorp on 31 July.


4

Leader - Hoofartikel

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 7 August 2012

Van die redakteur:

Onderteken asseblief u brief

The day of the warrior women Women’s Day this coming Thursday commemorates 9 August 1956, when over 20 000 women of every age and race participated in a landmark march against the pass laws of apartheid. They marched together towards the Union Buildings in Pretoria; after dropping off a petition with more than 100 000 signatures at Prime Minister J G Strijdom’s offices, they stood in silence for 30 minutes. This year, the focus on Women’s Day in Theewaterskloof is on health and wellness. Several role players have come together to offer women and children the opportunity to be tested for tuberculosis, HIV/Aids and pregnancy. There will also be a focus on safety and security during a programme presented in Grabouw. Happy Women’s day to all our readers.

Hoewel lesersbriewe aan die redakteur altyd verwelkom word, word briefskrywers herinner dat alle inhoud wat in die Gazette gepubliseer word, aan die SuidAfrikaanse Perskode en die beginsels van billike en regverdige kommentaar moet voldoen. Plasing bly dus onderhewig aan die oordeel van die redakteur, wat dit op grond van dié kode en beginsels moet evalueer.

Briewe kan ook slegs gepubliseer word as die skrywer se volledige naam en kontakbesonderhede verskaf word. Skrywers wat ’n skuilnaam wil gebruik, moet asseblief meld waarom hulle die skuilnaam verkies, maar moet steeds vir ons aandag hul volle naam en kontakbesonderhede verskaf. Ons bedank graag al ons lesers vir hul belangstelling en deurlopende ondersteuning.

Hoeveel medaljes gaan Span SA huis toe bring? Met die Olimpiese koors wat hoog loop onder Suid-Afrikaners, het die Gazette hierdie week vir die aanlynlesers gevra hoeveel medaljes hulle dink Span SA huis toe gaan bring. Die uitslag van die antwoorde was: • 0% glo dat Span SA 12 medaljes huis toe gaan bring soos voorspel deur sportamptenare. • 67% glo dat span SA ses medaljes huis toe gaan bring. • 33% glo dat ons swemmers en atlete ’n kans het om vier medaljes huis toe te bring. • 0% glo dan Span SA slegs een medalje gaan terug bring.

Win a stay at the Golden Valley The competition on www.bolandgazette.co.za this week is for those wanting a getaway. Worcester’s Golden Valley Casino is offering a one-night mid-week stay for two adults, with breakfast, at its Golden Valley Lodge. The casino, in the picturesque Breede Valley, has 220 slot machines and six tables. Its popular Winners Action Bar offers live entertainment, and Kuipers Restaurant serves delicious homestyle meals. The 98-room lodge offers comfortable accommodation in spacious, tastefully decorated rooms, and a breakfast dining area. It also boasts beauty spa Body Divine. Seewww.suninternational.com;call 023 348 7200. ) Robertson’s Viljoensdrift farm and winery offers one online reader the chance to win a boat trip for two on the Breede River. Visit Viljoensdrift for a taste of its distinctive wines, a relaxed river cruise, a deli taste adventure, a gourmet picnic on the river bank, and a shopping spree with a vintage twist. See www.viljoensdrift.co.za; call 023 615 1901.

Caledon-GPF wil diens uitbrei Die Caledon Gemeenskapspolisiëringsforum wil ’n sub-forum op die been bring in Myddleton. Die vergadering sal op 7 Augustus om 19:00 by die gemeenskapsaal plaasvind. Almal is welkom om dit by te woon. Alle inwoners van Tesselaarsdal word uitgenooi om 21 Augustus om 19:00 by die gemeenskapsaal na ’n praatjie oor dwelms, huisbrake en smokkelhuise te kom luister. Navrae kan aan ao. Hennie Engelbrecht by 028 214 3900 gerig word.

WILDE WONDERS: Those of Wildekrans wine estate near Bot River have reason to raise their wine glasses and celebrate, after Wildekrans won a Terroir Award last week. Terroir has been the buzzword among wine lovers for several years now; the basic concept is to discover wines that best reflect the terroir in which they are produced. Wildekrans won the Novare Trophy for SA Terroir Top Wine Estate. The Wildekrans Chenin Blanc Barrel Selection 2010 was among the five top-scoring wines in the competition, as well as winner in the Walker Bay district, while another Wildekrans wine received an above-average rating. Seen here (from left) are William Wilkinson (winemaker), Amanda Harlow (owner) and Braam Gericke (viticulturist and farm manager) with their awards.

Rubriek

Iets gebeur as die bergies Tafelberg toe gaan . . .

LEI DE GRIFFIER Onlangs vat ’n jarelange vriend en sy familie pad Australië toe. Kort ná hul aankoms daar bel hy my in die aand. Ek hoor vlak verlange in sy stem – so vlak soos sy vrou se trane toe sy hallo sê. Hy vra dwingend dat ons kom kuier – bied aan om die vliegtuigkaartjies te koop. Hy sê hy het vir my die ideale pos gevind. As ek wil, is die pos myne. Daar is geen misdaad nie sê hy en hulle slaap met oop vensters en deure. Goed so, dink ek, net jammer jou hart is so stukkend verlang. Ek grap en sê hy soek maatjies vir die eensaamheid; dat hy pelle wil invoer. Ek sal lieg as ek sê ek het nie sy aanbod oorweeg om tasse te pak

nie. Daar is immers meer as genoeg redes om dié land en sy vrot te groet. Die Vrydagaand ry ek en my vrou Waterfront toe. Ek doen wat ek en my verlangende vriend as studente gedoen het. Blits Kaapstad van die N2 binne, skiet in Millstraat op na Oranjestraat. Aan die bopunt van die stad woerts ek links in Breëstraat af en vind my weg na die Waterfront. Bederf uself en ry daardie idilliese roete dokke toe. Regs is ’n onophoudelike panoramiese blik oor die prentjiesmooi hawe en sy bote. Aanvanklik ry jy teen die Ses verby en later is die kunsskool regs en pragtige eksentrieke Labia links. Verder regs staan die rysige beligte Tafelberg sonder

kleed en vriendelik. Net voor die opdraai na Breëstraat, swenk Koningin Victoriastraat links af en soms ry ek dit. ’n Nou paadjie neem jou verby die planetarium, die ou argiefgebou, die YMCA-gebou, en die hooggeregshof. Regs van die pad lê die geheimsinnige Tuine diep in onpeilbare gedagtes versonke. Gewoonlik draai ek terug, anders ry ek in Adderleystraat verby die Katedraal, die Kultuur-Historiese Museum se hoofgebou, die Kasteel wat ’n entjie instaan, die stasie, die standbeelde, Artscape, tot in die dokke. In die NuMetro “movie” ons en daarna lê ons weg aan sushi wat blitsig deur vaardige Chinesehande berei en op die draaiband geplaas word. Die Genesis Char-

donnay is so volrond van lekker soos die Kaap. Later sit ons by die opelug-amfiteater; net ver genoeg om mekaar goed te hoor. “Bly of gly,” vra ek. “Wat dink jy – kan jy sonder die Kaap?” vra sy. Sy sing saggies in my oor: “Van Hunks het weer sy pyp gestop. Tafelberg se hoed is op; en die bergies begin al huis se kant toe staan. Groenpunt-toring knip sy oog, die Suidoos maak so ’n wye boog; en die Waalpad help jou as jy huis toe gaan . . .” “Jy is gemeen,” eggo ek ons babadogter. “Vertel my weer van die Kaap,” vra sy; “vertel hoe julle vriende geword het”. “Ek het verknog geraak aan hier omdat Cats en Phantom in die

Kunstekaap beter is as in haar Majesteit se Theatre naby Piccadilly’s in Londen. Ek het jare terug hier gewerk en in die mistieke “Toiletrolle” teen die berg gewoon. Híér het ons as jonges, Switserse fondue geëet en laatnag wyn by Groot Constantia se taphuis gaan drink. “Een aand het ek teen die berg opgekyk, diep gekyk: verby die materie tot in die misterie van die stapels klip en rots se oë. En ’n engel het gekom en vir my gesê ek het my hart op die Kaap verloor.” Ons pak die terugrit met gemoedsrus aan. By die huis gekom, is dit lank na middernag. Ek bel my vriend en hy sê hy werskaf in die tuin. “Ek dink jy moet terugkom, huis toe,” sê ek.


Tuesday 7 August 2012

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

5

Fair day for a fair start Villiersdorp se strewe

It was a beautiful sunny morning on 24 July when Fair Start was opened in Genadendal.

This brand new communitydriven project offers education, help and support to both children and their moms. It is hoped that it will also reach out to children and parents in the nearby farming community soon. The non-profit organisation was ushered in by Sister Lynn Croakham, following a speech by

founder Dr Richard Erskine and a prayer by Dr Isaac Balie. If you are willing to give some of your time or experience to help the project or make soup occasionally, please contact Judith Balie on 078 315 8558 or Hazel Erskine on 072 230 0584. Educational toys and materials are also required, and those at Fair Start would be deeply grateful if anybody would be willing to donate a minibus or bakkie for transport to the farms.

Hazel and Richard Erskine at the opening ceremony of Fair Start in Genadendal.

WELKOME SKENKING: Tafelronde Herberg in Bergsig het verlede Saterdag ’n tjek ter waarde van R10 000 van Bond of Brothers ontvang. Hier is Iandre van der Berg van Nedbank, Devon Mitchell, Vanessa Papier, Margaret van de Linde en Dorothea (Tafelronde) en Amanda Smith. FOTO: YVETTE VERMEULEN

Joeylene Carelse from Caledon received the Mediclinic Western Cape region floating trophy diploma in midwifery on 16 July at the University of Stellenbosch. This trophy is awarded to the student with the highest combined marks for theory and practice. Joeylene currently works at the Hermanus Mediclinic.

Streef u na vooruitgang en gemeenskapsontwikkeling? Dra u die gemeenskap se belange op die hart? Dan moet u die Villiersdorp gesondheid en welsynskomitee se verkiesing op 16 Augustus om 19:00 in die VGK Kerksaal bywoon. Die doel van ’n gesondheid- en welsynskomitee is om die algehele gesondheid en welsyn van ’n betrokke gemeenskap sowel as die omliggende areas te bevorder deur die skakeling met die relevante owerhede asook deur gemeenskaps betrokkenheid. Vir meer besonderhede kontak gerus vir Carli Loubser by 072 738 4646 of Maeve Le Roux by 072 530 5902.

VAKANSIE-UITSTALLING Die Overbergse kunsgroep, The Works, het onlangs ’n suksesvolle kunsuitstalling by die Caledon-biblioteek gehou en sodoende kinders tydens die skoolvakansie betrek as deel van die biblioteek se vakansieprogram. ’n Kompetisie is van die kunswerke is gehou en hier is die wenners van Michaela Messias en Peter de Vos saam met bibliotekaresse Yolanda Julies en Carol Mangiagalli van The Works wat ook een van die uitstallers en beoordelaars was. FOTO: VERSKAF RIVIERSONDEREND VIR KANSA: Saterdagoggend 14 Julie het die gholfers van Riviersonderend die reën en koue weer trotseer om deel te neem aan die Kansa /Sanlam gholfreeks en Vrydag 13 Julie het die mense van Riviersonderend ’n Shavathon gehou. Die wenners van die gholfdag was Leonard Solomens, Andre Botes en H.J. Human. ’n Bedrag van R1 400 is ingesamel wat aan Kansa oorhandig is. Op die foto is inwoners van Riviersonderend wat tydens die Shavathon hare geskeer en laat kleur het. FOTO: VERSKAF

GROOT GESKENK: Barend Swart van Caledon Tafelronde het Woensdag vleispakke aan Japsnoetjies ter waarde van R5 000 geskenk. Die eienaar Natasha du Plessis is diep dankbaar vir die skenking. Indien daar instansies is wat items benodig, kan ’n skriftelike aansoek gestuur word aan Posbus 26, Caledon. Heel links is Barend Swart en langs hom staan Natasha. FOTO: ANNETTE THERON


6

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 7 August 2012 ’N BAIE SPESIALE VERJAARDAG: Tannie Sophie Abrahams het op Dinsdag 3 Julie haar 90ste verjaardag by Heidehof gevier. Phyllida de Bruin, ’n verpleegster by Heidehof, bewonder dié tannie vir haar humorsin. Tannie Sophie sê ’n gesonde leefstyl en harde werk het bygedra tot dié mylpaal. Foto: Yvette Vermeulen

BAIE SPESIALE MYLPAAL: Bettie Coetzee (voor) het onlangs haar 80ste verjaarsdag saam met haar familie en vriende gevier. Hier is Bettie omring deur haar kinders. FOTO: VERSKAF

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Her-manus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

ASHNE MACKENZIE "Klein Pousie" Ons sonstraaltjie is skielik van ons weggeneem. Liewe Jesus het sy mooiste blommetjie kom pluk. Mamma Lezaan & Pappa Andre. Roudiens: Woens. 8 Aug te Swartberg Primer. Begrafnis Sat. 11 Aug te Genadendal.

PA D S TA L / R E S TA U RANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028214 1475. OVERBERG CATERING/HIRING. Demperstraat 10, Caledon. Te huur: Breekgoed, messegoed, glasware, linne, stoeloortreksels, bykomstighede. Skakel Egbert 082 789 7260.

AUTO ELECTRICALDIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276.

KYK WIE'S 21! CYRIL COETZEE 07/08/2012. God's rykste seën op jou mondigwording. Bly altyd so 'n goeie voorbeeld vir ander. Met liefde Ma, Pa, suster & broer.

STEWARD CUPIDO Vrydag 10 Augustus vier jy jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Ons weet daar waar jy is, is jy gelukkig, net soos jy kan wees. Ons mis jou, maar al die mooi herinneringe en jou goeie sin vir humor maak die seer en verlange draaglik. Sal altyd in liefde aan jou dink. Trudy, kinders, kleinkinders & Ashwyn

12 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel 021-696 0676.

K R A G G E R E E D S K A P. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

VERDIEN EKSTRA GELD met of sonder rek e n a a r. D a t a w e r k e r s word benodig. verdien tot R1440.00 per dag. Sms jou naam en adres na 078 009 9002 vir meer inligting.

2 0 0 D O H N E B O E R O O I E e n wisselooilammers te koop. 3 Maande wol. Sommige reeds dragtig. Skakel Hannes by 082 788 3222 of hannes@solek.co.za. BOTRIVIER: Huis te koop op erf 2011. Erf grootte 323m². Skakel 079 624 7595

2005 PEUGEOT 307 1.6XR, ABS, lugsakke, ens. Diensrekord met slegs 162000 km. R55 000 onka. Skakel 082 889 2941.

LEE'S WELDING Gates, burglar bars and braai drums. All steel and welding jobs etc. Call 078 275 1781 / 028-212 3744.

TO LET: 320m² Office space at 8 Haw Street, Caledon. Call Xpert Property Administration 028-313 0132/082 870 5704. AVAILABLE FOR RENT - 3 Bedroom flat to share. Fully furnished flat, 2 rooms available in flat for 1 person only. R2000 per month e x c l u d i n g e l e c t r i c i t y. Available immediately. Call Carmen 076 304 0687. STORAGE. Secure and dry units from R299 pm. Best prices. Transport available. Call De Wet 082 439 9704.


Tuesday 7 August 2012

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

RUGBYSPELERS REIK UIT: Gedurende die laaste naweek van die tweede kwartaal

het 12 lede van die Hoërskool Bredasdorp Overberg Agri/Santam Landbou o.19rugbyspan saam met die Josua-leerders en hul afrigter, Arthur Janson, uitgereik in die Kaap en Strand-omgewing. Die leerlinge het hulle deernis met hul medemens bewys deur onder meer ’n vertoning by die Alzheimer-groep by ’n ouetehuis te gee en ’n ete met haweloses in die Strand-omgewing te deel. Hulle is dit egter eens dat hul besoek aan die Alta du Toit-sentrum die hoogtepunt van hul dag was. Daarna is die groep na Stikland-hospitaal waar hulle aandete aan die inwoners bedien het. Die dag is afgesluit met aandete en ’n geestelike program by ’n nagskuiling. Tydens nabetragting was dit baie duidelik dat hierdie groep diep geraak is deur die seer en nood van mense en dat hulle baie dankbaar is vir al die voorregte wat hul geniet. Werner Maree (links) en Kriel Groenewald (gr.-12 leerlinge) saam met twee inwonertjies van die Alta du Toit-sentrum.

JONGES SIT AAN BY BYBELSE TAFEL: Die Grondslagfase van Rûens Kollege het die tweede kwartaal afgesluit met ’n heerlike Bybelse ete vir gr. R tot gr. 3. Elkeen moes soos ’n karakter in die Bybel se tyd aantrek. ’n Lang tafel is gedek met slegs kosse wat in die Bybelse tyd geëet was soos neute, bakbrood en druiwesap. Die kinders het op die grond gesit en elke juffrou het ’n kort boodskappie oor die vrugte van die gees vertel. FOTO: VERSKAF

RÛENS SE GRAAD R’S VERMAAK BEJAARDES: Juffrou Anina Theron en die gr. R-klas van Rûens Kollege het verlede week die ouetehuis gaan besoek. Hulle moes elkeen ’n bossie blomme vir die bejaardes neem en mooi liedjies gaan sing. Party was maar baie skaam, maar toe die kuier lank genoeg raak, het die tonge los gekom. Hulle kon ook ietsie vertel van die skool en die plaaslewe en die oumas en oupas het met groot oë geluister. Baie dankie aan Tannie Karen Dickason wat hul so welkom laat voel het en met soveel liefde ontvang het. Die klompie het die dag sommer baie geniet. FOTO: VERSKAF

BELOWENDE AKTEUR: Monn-Lee Geduld van Hoërskool Overberg het op 27 Julie tydens die Speech and Drama Eisteddfod ’n goue medalje verower en cum laude verwerf vir sy gedig My broken Family deur Samantha Price. Monn-Lee wat ook in Koesterklanke ’n Oskar verower het vir sy toneelspel, is uitgenooi na die Prestige Konsert van die Overstrand Kunste op 19 Augustus. Daar sal hy weer optree en sy prys van R500 ontvang. Hou hierdie jong talent dop. FOTO: VERSKAF

MENEER WOUTER VERJAAR:Vrydag 20 Julie het Wouter Niehaus sy verjaarsdag saam met Rûens Kollege-personeel en -leerlinge gevier. Van vroeg af is sy Pajero ingewag. Met blink ogies en groot glimlagte is hy geluk gewens. Ná ’n lekker laaaaang pouse was almal tevrede en dit eens dat Wouter verjaardag vir seker Vrydag se hoogtepunt was. “Meneer Wouter, baie dankie vir al jou liefde aan Rûens se leerlinge en dat jy hulle lei deur jou voorbeeld, deur net so ’n groot hart soos Dawid te hê. FOTO: VERSKAF

7

RÛENS SE RUGBY CHALLENGE VIR BULLETJIES: Die o.7- spanne van Rûens Kollege, Bredasdorp, Hermanus en Ashton het Saterdag 14 Julie teen mekaar gespeel. Die dag was bitter koud en die klein mannetjies was baie dapper om met kaalvoet vroeg-vroeg op die nat veld rugby te speel. Miskien het die ouers langs die veld dit dalk meer geniet as die o.7-sterre van die toekoms, want daar was ’n paar harde duikslae en trane. Die o.7-spannetjie van Bredasdorp was onoorwonne vir die dag en hulle het dan ook met die prys weggestap. In Rûens Kollege se o.7 span het Joubert Swart die prys gekry vir die beste vordering. Attie du Toit het die aanmoedigingsprys gekry en Rico Lakey die prys vir die beste speler van die dag. Agter is Attie du Toit en Rico Lakey en voor is Joubert Swart FOTO: VERSKAF


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 2 • Dinsdag 7 Augustus 2012 | Tel. 028 214 1294

Caledon bobaas Bakleiers Caledon Gholfklub is weer die kampioen van die Baklei-liga nadat hy op 4 Augustus in die eindstryd met Swellendam afgereken het. Ofskoon die besoekers sterk teenstand gelewer het, was dit die tuisbaanvoordeel wat op die einde in die Caledonners se guns getel het. Onder aanvoering van spankaptein Johan Langenhoven, het die verdedigende kampioen ’n foutlose vertoning gelewer deur die eindstryd met ’n telling van 3–0 te wen. Die liga word jaarliks beslis op ’n beterbal putjiespel-formaat tussen die spanne van Caledon, Swellendam, Riviersonderend, Bredasdorp, Bonnievale en Montagu. Caledon en Swellendam het vanjaar vir die eindstryd gekwalifiseer nadat die twee klubs die meeste punte opge- Die Baklei-span van Caledon Gholfklub het hul titel suksesvol verdedig stapel het gedurende die wed- toe hul in die eindstryd met die span van Swellendam afgereken stryde wat van Februarie tot het. Die span (agter van links) is Poen van der Westhuizen, Piet Le Julie op ’n rondomtalie-basis Riche en Dana Steenkamp, met Dawie Burger, Johan Langenhoven tussen die deelnemende klubs (kaptein) en Vasie Smal wat voor sit. gespeel is. FOTO: VERSKAF In die eerste wedstryd het Vasie Smal en stryd beklink met ’n telling van 3 en 1 en in Dana Steenkamp in ’n eensydige stryd geseë- die proses seker gemaak dat die span vir die vier met ’n telling van 7 en 6, terwyl Piet Le vierde keer in die afgelope vyf jaar die Jos Riche en Poen van der Westhuizen die span van Eeden-trofee verower. se tweede punt ingesamel het met hul oorwinGedurende die seisoen het Hennie Johanning van vier en twee. Johan Langenhoven nes en Rennie Ludik ook die span verteenen Dawie Burger het daarna die laaste wed- woordig.

HOKKIE TEEN HERMANUS: Laerskool Bredasdorp se o.13A-meisiehokkiespan het baie goed gespeel teen Laerskool Hermanus, maar kon ongelukkig nie ’n doel aanteken nie. Die telling was steeds 0 – 0 toe die eindfluitjie blaas. Hier is die span in aksie. FOTO: VERSKAF

FRANCOIS IN SA SKOLESPAN: Francois Esterhuyzen van Hoërskool Overberg, is gekies vir die SA Skolespan. Die Ovies is baie trots op dié groot gr. 11-leerling wat nog die hele seisoen sy hart uitgespeel het. Sy trotse ma, Elize Beukes sê hy het ’n mikpunt in die lewe en hy streef daarna. “Vir my is dit ’n hoogtepunt om na sy rugbywedstryde te gaan kyk, want hy speel nie net met sy verstand nie, maar ook met sy hele hart en gee absoluut 100%.” Sy vertel dat hy altyd bid voordat hy op die veld gaan en die Here vra om met hom te wees en ook as hy klaar is om dankie te sê. Sy wens is om eendag vir die Springbokke uit te draf en ’n sukses van sy lewe te maak. Francois is een van 28 leerlinge wat gekies is op grond van hul vertonings by vanjaar se Cravenweek in Port Elizabeth. Die span sal kragte meet met Frankryk (10 Augustus, Wellington), Wallis (14 Augustus, George) en Engeland (18 Augustus). Hier is Francois (met die bal) in aksie tydens Cravenweek in Port Elizabeth.

Bredasdorp klop Engelse span Op Maandag 23 Julie het die Overberg Agri/ Santam Landbou o.19A-span van Hoërskool Bredasdorp teen ’n Engelse toerspan, Kingswood College van Tauntan (Engeland), op die rugbyveld kragte gemeet. Ná ’n harde stryd is die wedstryd in die guns van die Bredasdorpers beklink. Hulle het die Engelse met 28–6 op hul neuse laat kyk. Drieë is gedruk deur Tiaan Lambrechts, Jan-Hendrik Wiehman (2) en Chiswinn Ahrends. Wesley Thomas het met twee strafskoppe en een doelskop geslaag. Tydens ’n geslaagde onthaal ná afloop van

die wedstryd, is Kingswood se nr. 7-flank aangewys as Man of the Match. Willem van Schalkwyk, Bredasdorp-agsteman, is deur die Engelse span as plaaslike Man of the Match aangewys. Die skool is dankbaar vir elke gasouer wat bereid was om die spelers te huisves. Die interaksie tussen Bredasdorp en oorsese leerlinge is van onskatbare waarde. William Matthys, adjunkhoof van die skool, verdien beslis ’n pluimpie vir sy organisering en die passie waarmee hy hierdie ontmoeting behartig het.

PK Pratt en Tiaan Lambrecths kuier gesellig saam met die Kingswood College toerspan tydens die onthaal in Hoërskool Bredasdorp se klubhuis.

Wesley Thomas, losskakel van HSB, met ’n suksesvolle doelskop teen Kingswood College.

FOTO: VERSKAF

FOTO: VERSKAF

BESTE VOET VOOR: Lize-Marié Fourie was die doelwagter van die Boland Shiraz o.18 meisieshokkiespan wat aan die nasionale hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem het. FOTO: VERSKAF

Villiersdorp Posduifnuus Wedvlug vanaf Strydenburg op 28 Julie 1. S. De Kock; 2. T.dos Santos; 3. S. de Kock; 4. S.de Kock; 5. S.de Kock.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.