Vegetables & Fruit - March/April 2022

Page 22

BRASSICAS

Loop katvoet vir dikvoetsiekte ‘n Verhoging in die pH van grond is die enigste doeltreffende oplossing om koolgewasse volhoubaar in grond te verbou waarin Plasmodiophora brassicae nie sal ontkiem nie. Jan Greyling MEDEWERKER

V

ir ongunstige dikvoetsiekte-toestande waarin koolplante steeds sal floreer moet die water-pH-toets van die grondmonster minstens 7,2 tot 7,3 wees – dit is hoër as wat vir die meeste gewasse aanbeveel word, maar sal nie die kool se eie potensiaal demp nie. Slegs gereelde grondmonsters sal die teenwoordigheid van veilige pH-vlakke, wat reuse verliese kan voorkom, verskaf. Grond-pH neig om van nature oor tyd geleidelik af te neem. Slegs wanneer die toetsuitslag ‘n veilige water-pH wys, sal koolgewasse weer veilig gevestig kan word. Hoewel beide ‘n water-pH en ‘n KCl-pH neutraal is by 7,0, is die water-pHmeting altyd minder suur as die KCl-pH-lesing, wat misleidend kan wees vir veilige brassica-verbouing. Sou ‘n produsent enige van die kruisblomgewasse (Brassicaceae) in grond wil produseer waar dikvoetsiekte reeds voorkom, is die enigste oplossing om die grond se pH doelgerig te verstel. Dit is hoofsaaklik van toepassing vir kool, blomkool, brokkoli, brusselse spruitjies en radys- en mosterd-

22

soorte, wat kanola insluit. Hoe suurder die grond, hoe meer onstuitbaar sal die teenwoordigheid van dikvoetsiekte wees. Die patogeen wat dikvoetsiekte veroorsaak kom regoor die wêreld voor. Dit kom egter net in sekere dele van Suid-Afrika voor, aangesien hoë temperature en lae reënvalstreke nie gunstig is daarvoor nie. Die identifisering van dikvoetsiekte en die benaming daarvan as P. brassicae is reeds in 1875 deur ‘n Russiese wetenskaplike, Mikhail Woronin, gedoen. “Dit is in wese ‘n oerswam,” vertel Francois Barnard, koolgewas-spesialis. “Woronin se werk is gedoen ten tye van die verlies van ‘n reuse koolaanplanting buite St Petersburg in Rusland. Bykans ses eeue voor dit is daar reeds in Europa na dikvoetsiekte verwys. Dr. Mariette Truter, senior navorser: gewasbeskerming by die LNR-kampus vir Groente, Industriële en Medisinale Plante, sê hulle weet nie wat die omvang van ekonomiese skade weens dikvoetsiekte is nie. Internasionaal, soos saadmaatskappye bevestig, is oesverliese gemiddeld 10% tot 15%, maar in toestande wat die siekte bevorder kan dit tot 50% en meer wees. NA BLADSY 24

VEGETABLES & FRUIT | MARCH • APRIL 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.