Vegetables & Fruit - March/April 2022

Page 30

GENERAL

Appels en pere om op trots te wees

Ondanks die uitwerking van die ergste droogte oor meer as honderd jaar tussen 2015 en 2018 in die Wes-Kaap, verwag die Suid-Afrikaanse appel- en peerbedryf om te midde van gunstige reëntoestande in 2020/21 weer gesond te wees. Jan Greyling MEDEWERKER

D

ie spreekwoord lui dat ‘n vergelyking van appels met pere onwenslik is, want sake wat nie regtig vergelykbaar is nie, kan nie vergelyk word nie. Tog is veerkragtigheid ‘n gemene deler tussen Suid-Afrika se appels en pere. Die huidige geslag produsente het, soos baie van hul ouers en grootouers, vasgebyt en die steil bult van die groot droogte oorkom deur te fokus en met die genadewater van Bo. Appels en pere is deel van die groente- en vrugtebedryf wat met ‘n reële groei van 9% in reële bruto inkomste op ‘n jaargrondslag in die derde kwartaal van 2021 ‘n pronkerige landboubedryf is. Veral die Britte, Europeërs, die Midde-Ooste en die VerreOoste se vrugteliefhebbers geniet die room van die Suid-Afrikaanse kernvrugte-oes. Volgens Hortgro, Suid-Afrika se sagtevrugtebedryfsorganisasie, lei terugslae vir Italiaanse peerboere tans tot heelwat navrae vir die lewering van Suid-Afrikaanse pere aan Europa en Brittanje. Terwyl Suid-Afrikaanse appels sedert 2015 na China uitgevoer word, gaan pere ook vanjaar vir die eerste keer die Chinese se monde laat water. Die peer-protokol is teen die einde van 2021 tussen die twee lande onderteken. Volgens die Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer, word

30

pakhuisregistrasies en verifikasies nou gefinaliseer, voordat uitvoer begin.

Uitvoeruitdagings Die minister sê koördineringvergaderings word weekliks met vrugte-uitvoerders, Transnet se beplanningshoofkanoor vir haweterminale, terminaalbestuurders en verskepers gehou. “Sodoende bestuur ons skerp toenames in die oes van vrugte en verpakking. Die plan sluit beter gebruik van nagskofpersoneel en doeltreffender kommunikasie en sinchronisasie tussen agentskappe en die hawe se logistieke ketting in. Die sukses hiermee blyk uit die rekord getal vraghouers van 19 268 wat in die week wat op 13 Februarie geëindig het hanteer is.” Later in Februarie het hoë windspoed oponthoude by vraghouerterminale veroorsaak. Indien die weer verbeter sou die aantal vraghouers na verwagting verhoog het, het dr Meyer aan Groente & Vrugte gesê. Die Suid-Afrikaanse appel- en peerbedryf voorsien tans 42 756 werksgeleenthede – seisoenale arbeid word omgeskakel na ‘n ekwivalent van 12 maande. “Gegrond op ekonomiese ontleding het appel-aanplantings oor die afgelope jaar met 2,8% toegeneem tot sowat 26 000 ha. Dit sal bydra tot ‘n verwagte groei van sowat 16,3% in ton per hektaar oor die volgende tien jaar, hoofsaaklik weens hoër plantdighteid, skadunetverbouing en die verbruikersvraag na tweekleur-appels.”

VEGETABLES & FRUIT | MARCH • APRIL 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.