Seisoene Damesklub

Page 1

uitgawe #3 Die amptelike nuusbrief van Suidwes Landbou se Damesklub

Hallo,

vriendin

Die kleur van

gesondheid


aan liedjies wat topverkopers is en wat bo-aan die top 10-lyste is, dan wil ek raai dat seker 80% van daardie topverkopers handel oor temas soos: “ek is sterk” of “ek sal bo uitkom” of “ek is beteraf”, ens. Hierdie liedjies is heel moontlik topverkopers omdat hulle ook ’n mooi wysie het, maar ek is oortuig die groot rede vir hul populariteit is omdat hulle woorde ons inspireer, opbou en beter laat voel oor onsself en ons omstandighede. Veral op ’n Sondagoggend voordat ek preek en die senuwees bietjie knaag, dan speel manlief vir my so ’n goedvoelliedjie oor God se liefde en trou sommer kliphard heelpad kerk toe. Teen die tyd dat ons by die kerk kom, voel dit of ek die wêreld aan my voete het! Musiek het so ’n groot invloed op ons gemoed en denkpatroon omdat die woorde oor-en-oor herhaal word in die liedjie, maar ook omdat ons - lank nadat ons dit klaar geluister het - die woorde verder oor-en-oor herhaal. Die mooi hiervan is egter dat jou woorde net so ’n groot invloed op ander mense kan hê, as wat ’n nommer-een-treffer op radio het. Jy het ook die vermoë om mense te laat voel “ek is sterk” of “ek sal bo uitkom” of “ek het die wêreld aan my voete”. Hoe klink die liedjie wat elke dag uit jou mond kom? Die liedjie wat jy vir ander mense sing, maar ook die liedjie wat jy oor jouself sing? Carry Jewels sing in die liedjie Mad World: “The dreams in which I’m dying are the best I’ve had.” Hoe hartseer is dit nie?! Hierdie is ongelukkig ook ’n baie bekende liedjie … bloot omdat dit soveel hartseer mense se lewens en drome so goed beskryf. Is dit dalk die liedjie wat jy oor-en-oor in jou lewe herhaal? Jy kan VANDAG jou eie liedjie skryf! Jy kan VANDAG die woorde kies wat ’n invloed op jou lewe gaan hê en wat jou gaan vorm. Die Beatles sing in hulle liedjie, Dear Prudence, die volgende: “The sun is up, the sky is blue, it’s beautiful and so are you.” Jou woorde kan vandag vir iemand weer hoop gee, vir iemand weer die lig laat sien en vir iemand wys hoe kosbaar en spesiaal hulle is. En definitief een van die liedjies met die mooiste woorde wat almal van ons al op ’n stadium saggies (of dalk baie hard) gesing het, is die liedjie, You Raise Me Up: “You raise me up, so I can stand on mountains; You raise me up to walk on stormy seas; I am strong when I am on your shoulders; You raise me up to more than I can be.” Sê vir mense wat hulle in jou lewe beteken. Sê vir jou geliefdes dat hulle ondersteuning en omgee waardevol in jou lewe is en help om jou volle potensiaal te bereik. Hierdie liedjies is woorde wat een persoon vir ’n ander spesifieke persoon geskryf het. Jy het elke dag spesifieke mense wat oor jou pad gestuur word, hoe klink die liedjies wat jy vir hulle sing? Jy het die vermoë om elke dag mense se lewens te rig en te stuur en te beïnvloed deur die woorde wat jy spreek ... positief én negatief. My laaste noot: Wat sing jy vandag oor jouself? Ek hoop jy motiveer en inspireer jouself vandag tot hoër hoogtes! Ek hoop jy sing “Don’t worry, be happy” (Bobby McFerrin) of “Big girl you are beautiful” (Mika). Skryf jou eie nommer-een-treffer, inspireer die mense rondom jou en motiveer jouself! Skryf ’n liedjie wat almal oor-en-oor wil herhaal en wat hoop soos ’n onblusbare vuur sal aansteek! Tot volgende keer

Jackie Ds Jackie van Zyl deel haar hart met die Seisoene-vroue.

volg Seisoene Damesklub op Facebook

2

seisoene@suidwes.co.za

Volstoom voort Die droogte en onsekerheid wat daarmee gepaardgaan, het amper ’n ver­ lammende effek op al ons opwindende en kreatiewe planne vir die Seisoene Damesklub gehad. Die tuinboukompeti­ sie moes ongelukkig gekanselleer word as gevolg van waterbeperkings in die dorpe. Selfs op plase word tuinwater eerder as drinkwater vir vee aangewend. Maar hier is in April en daar sak skielik heerlike deurdringende reën oor die grootste gedeelte van ons bedieningsge­ bied uit – en tel ons met ’n glimlag weer ons koppe op. Hierdie uitgawe is soos altyd stampvol tuinwenke, oplossing vir swart miertjies, heerlike wildsvleisresepte en die groot winterpromosie by die Kontreiwinkels. Intussen word daar intensief beplan aan ’n heerlike kreatiwiteitsdag vir die Seisoene Damesklub wat vir Mei beplan word – meer inligting hieroor volg binnekort. As jy die Kontreiwinkels besoek, sal jy opmerk dat die winkels ’n gesigsont­ rimpeling ondergaan het. Dit is om jou koopervaring nóg beter te maak en die reeks produkte wat ons aanbied, word gereeld bygewerk om jou behoeftes aan te spreek. Die snoesige seisoen is op hande: maak solank seker daar is voldoende hout vir die kaggel en die sjerriefles is vol. Geniet die uitgawe! Deon Badenhorst (Operasionele Bestuurder: Handel)

SEISOENE is die ampte like tydskrif vir Suidwes Landbou se Damesklub. Die tydskrif verskyn elke twee maande en is by die Suidwes Kontreiwinkels beskikbaar. Rig navrae aan Deon Badenhorst (deonb@suidwes.co .za) of Sunelle van Rooyen (sunellev r@suidwes. co.za) of seisoene@su idwes.co.za 018 581 1000 Suidwes Landbou Voortrekkerstraat, Lee udoringstad Posbus 5, Leeudoring stad, Noordwes, 2640 TEL: +27 18 581 1000 FAKS: +27 18 581 109 7 TOLVRY: 0800 511 475


het onder ’n wolk van be­ kommer nis begin … die knellende droogte duur voort in baie dele van die land … die Rand hou aan val … voedselpryse bly styg … voor­ valle van rassehaat kom toe­ nemend voor … en ons reageer emosioneel hierop. Dit laat my wonder oor die manier waarop ons ons omstandighede en pro­ bleme hanteer. Neurowetenskapli kes by Yale Universiteit het gevind dat pasiënte, wat verwag om ’n elek­ triese skok te kry, se angsvlakke dieselfde is as mense wat regtig geskok word. Die navorser Eliza­ beth Phelps skryf: “Baie van ons vrese en angs word deur kom­ munikasie aangeleer. As iemand jou aansê om vir ’n hond bang te wees, reageer jou brein asof jy regtig bang is.” Met ander woorde, ons brein kan nie die verskil tussen ware en verbeelde bedreigings onderskei nie. Dit verduidelik hoekom die Nasionale Instituut van Geeste­ like Gesondheid bekendgemaak het dat amper twintig miljoen Amerikaners aan angssteurnisse ly en in Suid-Afrika lyk dinge nie veel anders nie. Iemand

wat heeltemal veilig is, maar ’n vrees het om beroof te word, ly net soveel soos iemand wat in ’n situasie leef waar die risiko van roof hoog is, of wat waarlik beroof word. Omdat ons brein nie tussen ware of verbeelde emosies onderskei nie, kan vrees ons lewens domineer en dit is net so verwoestend soos fisiese beserings.

Normale deel van die lewe Bekommernis en vrees is ’n normale deel van die lewe. Die suksesvolste en selfversekerste mense wat jy ken, ervaar dit ook. Die verskil is dat hulle weier om deur vrees beheer te word, omdat hulle weet dat wanneer dit buite beheer raak, dit jou kan verlam. Ons moenie toelaat dat ons bekommernisse ons oorweldig nie. Wanneer ’n muskiet op jou land, sê jy nie: “Ek sal nou-nou hierdie probleem hanteer nie.” Nee, jy slaan die muskiet dade­ lik dood voor dit jou kan byt! Ons moet ook so beslissend met ons bekommernisse wees. Die oomblik wat hulle opduik, moet ons hulle hanteer, maw voor jy die moesie as kankeragtig diagnoseer, laat dit eers deur ’n dokter ondersoek word. In plaas

daarvan om aan te neem dat jy nooit uit die skuld gaan kom nie, gaan raadpleeg ’n finansiële kenner.

Vrees is ’n illusie Die sielkundige Marilyn Barrick het gesê: “Meestal is vrees niks anders as ’n illusie nie. Wanneer jy dit met iemand deel, neig dit om te verdwyn.” Horace Bush­ nell het gesê: “Angs is ’n woord van ongeloof en onnodige vrees. Ons het geen reg om dit toe te laat nie. Volle geloof in God laat dit verdwyn.” Hoe dikwels sê ons nie: “Mis­ kien moet ek maar daaroor bid”, nie. Besef ons wat dit van ons sê? Dat ons nie regtig in die krag van gebed glo, of dit verstaan nie. Ons dra laste rond wat ons nie hoef te dra nie en die lewe is moeiliker omdat ons nie besef hoe kragtig gebed is nie. As ons dit besef, sal ons oor alles bid – nie as ’n laaste poging nie, maar as ’n eerste reaksie! Die Bybel sê: “Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor ...” Wanneer jy ’n probleem het: bid. Wanneer iemand jou seermaak: bid. Wan­ neer jy siek is: bid. Wanneer jy moedeloos is: bid. Jesus, wat elke

oggend en elke aand laat gebid het, het gesê: “...alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.” (Markus 11:24 NLV). Bid daaroor en deel jou vrese met God. Die Bybel sê: “U be­ waar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedag­ tes op U gerig is.” Ons bekom­ mernisse oor die toekoms kom nie van God af nie. Gee jou angs en bekommernisse aan Hom oor, en los dit daar! Het jy al ooit gesien hoe ’n span in die Olimpiese Spele roei? Hulle kan nie die eindstreep sien nie omdat hulle met hulle rûe daarnatoe sit – hulle hou net hulle oë op hulle kaptein. Hy rig hulle. Hy motiveer hulle. Hy skree: “Roei, roei, roei!” Hy gee hulle ’n ritme en hou hulle op koers. Ons moet ook so ons oë op Jesus hou. Lewe vir vandag. God het belowe om daagliks in jou be­ hoeftes te voorsien, nie weekliks of jaarliks nie. Hy sal vir jou gee wat jy nodig het - wanneer jy dit nodig het!

JasMyn

3


Borrie is die gemaalde wortel van Curcuma longa, wat aan die gemmerplant verwant is. Dit word in Nederland geelwortel of koenjit genoem, waar dit gebruik word vir Indonesiese geregte. Dit is gewoonlik ’n vaste bestanddeel van kerrie, waaraan dit die geel kleur verleen. Die spesery se smaak is effens bitter.

Die kleur van

gesondheid D

ie meeste Suid-Afrikaners assosieer speserye met geurige plaaslike geregte, soos bobotie, biltong en kerrie. As kinders het baie mense geleer dat speserye eintlik ongesond is, maar dat ’n mens dit noodged­ wonge gebruik om kos te geur of te preserveer. Nuwe navorsing oor sekere speserye het egter aan die lig gebring dat sommige van daarvan uitstaande gesondheidsvoordele bied. Een van die bekendste speserye is die geel poeier wat ons as borrie ken. Vandag is dit bekend dat borrie nie net voedsel kleur en geur nie, maar dat dit ook baie heilsaam is vir mense wat sukkel met slegte spysvertering en wat te veel maagsuur afskei. Die lys voordele van borrie is indrukwekkend,

4

Die blom van die plante is wit of pienk en die plant het groot wye blare. Borriepoeier word van die wortelstokke gemaak deur dit te kook en dan in warm oonde te droog. Daarna word dit tot poeier fyngestamp of gemaal. In Indië word die borrieplant se blare in soet geregte gebruik en ook om rys te geur. Borrie groei wild in die woude van Suid en Suid-oos Asië.

maar hoe werk dit nou eintlik? Borrie is propvol potassium, yster, Vitamien B en Curcumin. Dit is laasgenoemde bestanddeel wat aan borrie sy kragtige anti-inflamatoriese en helende krag gee. Laboratorium­ studies het ook getoon dat Curcumin anti-tumor eienskappe het. Curcumin reguleer die chemiese boodskappers in die liggaam wat ontsteking veroorsaak en is daarom doeltreffend om outoimmuun versteurings soos rumatoïede artritis teen te werk. Hierdie navorsing is in 2007 in die mediese joernaal, Advances in Ex­ perimental Medicine and Biology, gepubliseer. In antieke beskawings is borrie ge­ bruik om die lewer te beskerm wat die liggaam van gifstowwe moet reinig.


Organiese misstof O

die beste vir tuine

rganiese bemesting is die oudste vorm van plantvoeding en word vandag nog net so ywerig deur tuiniers gebruik. Een van die eerste op­ dragte van Jan van Riebeeck, nadat hy in 1652 by die Kaap aan wal gestap het, was juis aan ene kpl Marcus Robbejert om die perdestalle twee tot drie keer per week skoon te maak en die hooi en perdemis as bemesting aan die kompanjietuine te verskaf. Organiese kunsmis bevor­ der die aktiwiteite van mikro-­ orga nismes i n d ie g rond. Op hulle beurt breek dit die plantvoedings­elemente af so­ dat dit vir die plante beskikbaar is. Gereelde bemesting met ’n organiese kunsmis versterk die selwande van plante wat daartoe lei dat die plante minder water benodig en ook baie meer gehard is teen uiterste temperature. Wet 36 van 1947 Gwano Pellets: N 21 g/kg, P 32.5 g/kg, K 27.6 g/kg, Zn 2000 mg/kg, Cu 70 mg/kg, Mo 4500 mg/kg, Fe 2200 mg/kg, B 1200 mg/kg, Mn 1000 mg/kg, C 350 g/kg, Groep 2 misstof, Reg nr B4904; Flower Power: N 48 g/kg, P 10 g/kg, K 36 g/kg, Zn 61 mg/kg, Cu 17 mg/kg, Mo 22 mg/ kg, Fe 869 mg/kg, B 256 mg/kg, Mn 212 mg/kg, B4652, Groep 2 misstof; Gro Green: N 39 g/kg, P 10 g/kg, K 40 g/kg, Zn 61 mg/kg, Cu 17 mg/kg, Mo 22 mg/kg, Fe 869 mg/kg, B 256 mg/kg, Mn 212 mg/kg, B4655.

NutriGreen is Protek se reeks organiese en organies-gebaseerde korrelmisstof wat onlangs vrygestel is. Die NutriGreen-reeks word van verkomposteerde hoendermis, wat met koolstof verryk is, vervaardig. Die produkte bevat nie patogene, parasiete of onkruid­saad nie. Stadige vrystelling Een van die eienskappe van organiese mis­ stof is dat voedingstowwe stadig vryge­ stel word. Die ekstra koolstof verbeter die verbinding van die voedingselemente met tuingrond en verhoed dat die misstof in die grond afsak (loog). Hoewel die misstof ’n

Voeding vir plantbeddings

NutriGreen Gwano Pellets is ’n 100% organiese algemene misstof en kan in blombeddings, groente- en kruietuine en ook op grasperke toegedien word. Dit is ’n ideale voedingstof vir bome, struike en blom- en vrugdraende plante.

lang werking in die grond het, blus die kor­ rels vinnig wanneer dit natgemaak word en sal dus nie deur ’n grassnyer opgetel word nie. Omdat die koolstof in die korrel geformuleer word, vlek dit nie jou vel nie – die kinders en troetel­diere sal dus ook nie jou meubels en vloere besmeer nie! NutriGreen Gwano Pellets, Gro Green en Flower Power bevat stikstof, fosfaat en ka­ lium – die drie belangrikste plantvoedings­ elemente. Sommige van die ander mikroelemente, wat plante vir gesonde groei benodig, soos yster, mangaan, koper, sink en boor, kom ook in die produkte voor.

Blomkrag vir plante

Almal hou van kleur in die tuin en wil graag hê dat hul rose en blomme so lank moontlik blom. NutriGreen Flower Power is ook organies-gebasseerd en word onder andere met kalium verryk wat blom- en vrugvorming bevorder. Dit is ideaal vir rose, blomplante, vrugtebome en groente.

Of jy nou ’n “groen” tuinier is of nie, die NutriGreen-reeks is die ideale voeding vir jou hele tuin!

Gesonde groen blare

Sowat 80% van alle tuine bestaan uit grasperke en loofplante en die enigste manier om te verseker dat hierdie plante welig groei en pragtige groen blare het, is om ’n stikstofryke kunsmis toe te dien. NutriGreen Gro Green is ’n organies-gebaseerde misstof wat onder andere met stikstof verryk is om nuwe blaargroei te stimuleer.

Geregistreer deur FarmWorx (Edms) Bpk, reg no 2012/092415/07, Posbus 645, Heidelberg, 1438, tel no (011) 812 9800. Versprei deur: Protek, ’n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za.

5


Plant nou somergroente Goeie keuses om in die somer te saai, is soetrissies en tamaties. Starke Ayres California Wondersoetrissiesaad produseer pragtige soet blokagtige rissies wat van groen na rooi verkleur wanneer dit ryp is. Plant die saad in die lente of somer 1cm diep. Hulle neem 14-18 dae om te ontkiem en is gereed vir oes ná 75-80 dae. Dié plante groei beter in areas wat volson kry.

gesondheid grond uit

Starke Ayres Baster Tamatie STAR 9003-saad produseer buitengewone lekker, diep­rooi vrugte met ’n lang raklewe. Ontkieming vind plaas na 7-14 dae en kan na 80-90 dae geoes word. Plant dit in die lente of in die somer en dié plante groei beter in areas wat volson kry.

let op Dit is beter om, indien moontlik, saad eers in saailaaie te saai en dan die saailinge uit te plant.

uit die

6

(stink Afrikaner) en Nasturtiums (kappertjies) tussen die rye groente te plant. Marigolds werk teen plae soos plantluise en muskiete, terwyl Nasturtiums plante teen witvlieë, plantluise en verskillende kewers beskerm. Hier is ’n klompie wenke om jou groentetuin van die grond af te kry en jou gesin met gesond­ heid uit die grond uit te voed. Geniet die tuinmaak!

Omdat die saad van verskil­ lende groentesoorte op verskil­ lende dieptes en verskillende binnery­spasiëring geplant moet word, is dit belangrik om die inligting op die agterkant van die saadpakkie te bestudeer voordat jy plant. Met die buitengewoon droë en hoë temperature wat ons tans ervaar, is insekte ’n groot pro­ bleem. Twee kragtige produkte wat hierdie lastige plae beheer, is

Kombat Malathion en Kombat Aphids. Kombat Malathion sal jou saailinge teen insekte soos blaaspootjie, dopluise, pam­ poenvlieë en witluise beskerm. Kombat Aphids werk uitste­ kend teen plantluise, miere, Astylus en witvlieë.

Berei die grond voor

Wees waterwys

Saai die saad

Grys water

Spit die grond om met ’n tuinvurk en -graaf tot ’n diepte van 20-25cm. Die meeste groentesoorte benodig volson (6 ure sonlig per dag), kies dus jou bedding goed. Hark die grond om ’n egalige saadbed te vorm. As die grond baie hard is, maak die bedding goed nat en laat oornag staan.

Skep ’n rand rondom die bedding om gronderosie te voorkom wanneer jou bedding natgemaak word. Jy kan jou groentetuin in houers, geboude blombakke, houtkratte, ens maak.

Kompos verbeter die grond se waterhouvermoë en struktuur. Hark Nutrifeed liggies in die grond in. Dit is ’n gebalanseerde algemene plantvoedsel vir plante, struike, groente en vrugtebome. Saai die groentesaad volgens die aanwysings op die saadpakkie.

Onthou dat pas geplante saad klam gehou moet word , en dit moet dus ge­ reeld natgegooi word, as gevolg van die tekort aan reën, moet jy water bespa­ ring in gedagte hou. Die beste manier om dit te doen, is om ’grys water’ te gebruik. Grys water is reeds gebruikte water uit jou badkamer se wasbakke, storte, baddens, en ook jou wasmasjien.

roente uit jou eie groente­ tuin smaak nie net beter nie, dit is ook gesonder omdat dit vars is, en dit is makliker as wat jy dink om ’n voedsame groentetuin aan te lê. Om suksesvol groente te ver­ bou, hang af van hoe goed jy die grond voorberei voordat jy die eerste saad saai. Groente beno­ dig vrugbare grond met goeie struktuur wat vry van klippe en kluite is.

Die natuurlike manier ’n Natuurlike manier om insek­ te af te weer, is om Marigolds


PLAASVEILIGHEID Die SMS-Alert stelsel word landswyd deur plaasveiligheidsen buurtwaggroepe gebruik. Dit verleen hulp aan families in nood, tydens inbrake en aanvalle. Installasies is maklik en vinnig.

SELFOON VERSTERKERS

Stel NWET op die proef.

Vir diegene wat met selfoonopvangs by die huis of op die plaas sukkel, bied NWET ’n verbeterde tegnologie aan wat daardie onbereikbare sones kan versterk. Dit is bekostig-­­ baar en maklik om te installeer.

Stel NWET op die proef.

Laat tegnologie vir jou werk internet en sekuriteitskameras

Monitor jou huis of besigheid soos ’BIG BROTHER’. Met NWET se internet-sekuriteitskameras kan jy van enige plek af met jou selfoon of tablet jou eiendom sien. ’n Wye reeks produkte en saamgestelde pakette is beskikbaar vir jou behoeftes.

Stel NWET op die proef.

INTERNET KONNEKSIE Met NWET se bekostigbare Internet pakette, bly hulle die eerste keuse in die mark. ’n Wye reeks pakette is beskikbaar wat sakpas vir enige individu en besigheid saamgestel kan word. Hulle satellietopsies kan lands­ wyd geïnstalleer word en kliënte geniet die gerief van breëband Internet tuis.

NWET se uitgebreide produkreeks bly die eenstop oplossing.

7


Ken jou gif B

aie is al gesê oor die ge­ bruik en die misbruik van chemikalieë om peste te bestry. Alle plaagdoders moet giftig wees om onkruid, plae en insekte effektief te kan beheer. Dit beteken egter nie dat jou tuin onder die peste hoef deur te loop nie. Efekto het ’n reeks uitstekende produkte vir die be­ heer van ongewenste indringers. "Alle produkte is potensieel gevaarlik, maar as dit reg voor­ berei en gespuit word, word die gevaar vir mens en dier groot­ liks uitgeskakel. Alle middels word deur die Departement van Landbou (volgens Wet 36 van 1947) getoets om die impak op omgewing, mens, voëls, visse en diere te bepaal," sê Trevor Gouws van Efekto. Sulke toetse is uiters belang­ rik om die dodelikheid daarvan vir mens en dier te bepaal en word as ’n LD-getal (lethal dose) uitgedruk. Dit is die milligram gif per kilogram liggaamsgewig

8

nodig om iets dood te maak. "Insekdoders word volgens die gewig van ’n insek geformuleer," sê Trevor. K leu rko de s op E fe k t o produkte verteenwoordig die soort plaag/pes waarvoor dit vervaardig is: • Insekdoders: ligblou • Swamdoders: mosterd • Onkruiddoders: pers • Organiese produkte: oranje

Insekdoders werk op drie maniere Kontak: Die middel dood in­ sekte as hulle in kontak daarmee kom. Spuit direk op die insek of op die oppervlakke waaroor dit beweeg. Maag: Insekte vrek as hulle be­ handelde plantdele vreet. Sistemies: Die gif word deur die plantsisteem opgeneem en beweeg deur die plant – plant­ luise suig die vergiftigde plantsap en vrek.

Ant Vanish-korrels beheer miere effektief voordat hulle strukture binnedring. Gebruik ’n lepel of dra handskoene tydens toediening. Miere het ’n baie goed-ontwikkelde reuksintuig en die reuk van sweet, olies ens, wat op die vel voorkom, mag verhoed dat die miere die lokaas sal inneem. Die korrels word na die nes gedra. Die middel werk stadig en mieraktiwiteit sal 5-7 dae na toediening afneem.

Efekto het ’n maklik uitkenbare kleurkodestelsel vir hulle plaagbeheerprodukte. Die verpakking het verskillende kleuraanduidings vir die doel van die produk. Dit maak die keuse van produkte baie maklik. • Insekdoders – ligblou • Swamdoders – mosterd • Onkruiddoders – pers • Natuurlike beskerming bied (organiese produkte) – oranje


Die groot verskeidenheid soor­ te verf wat deesdae beskikbaar is, is genoeg om enig­­iemand kleur­ vol deurmekaar te maak. Die verf­soorte wat egter die meeste gebruik word, is glans-, 'egg­ shell'- en onderlaagverf. Jack’s Paint gee raad oor die gebruike van die verskillende soorte verf.

glansverf

Gebruik glansverf op metaal, afwerkings en houtartikels wat binneshuis gebruik word. Dit gee hout ’n hoë-glans, geharde afwerking met geen sigbare kwashale. Hierdie verf is nou ook in ’n waterbasisverf beskikbaar met nie-drup eienskappe. Dit is stoom- en waterbestand en kan op gipsplafonne en -afwerkings gebruik word.

eggshell

'Eggshell' verwys gewoonlik

na verf met ’n oliebasis wat ’n lae glansafwerking het. Dit is geskik om binnemure en hout­ werk, wat gereeld skoongemaak moet word, te verf. Gebruik die verf vir kombuise, badkamers, metaal, gips en pleisterbord.

onderlaag

Bykans alle ongeverfde opper­ vlakke moet eers met ’n onder­ laag geseël word voordat dit geverf word. Die onderlaag beskerm ook die oppervlak en verskaf ’n basis waaraan die verf sal kleef. Onderlae wat op verskillende oppervlakke soos hout, metaal, gips, teëls en Supa­ wood gebruik word, is in olie- en waterbasisverwe beskikbaar. Die waterbasisonderlae word vinnig droog en die skoonmaak van kwaste is baie makliker as met oliebasisverwe. Dit is belangrik

Voor jy met ’n verfprojek begin, maak seker dat jy die korrekte verf gebruik.

om die korrekte onderlaag vir elke projek te gebruik om die beste afwerking te kry. Jack’s Paint het al bogenoemde

verfsoorte beskikbaar in ’n wye reeks kleure. Besoek die webwerf by www.jackspaint.co.za om jou verfkopseer te verlig.

vir lugklere e it u b t e ear h reekse Ruggedw ns nuwe O . k a a m s l elkeen se treiwinke n o K ’n y ort b is binnek ar. beskikba naby jou

9


10


Wildsvleis is spogvleis Wildvleis vergelyk nogal goed met bees- of skaapvleis - dit bevat min of meer dieselfde voedingstowwe, soos proteïen, yster, en B-vitamiene, maar dit bevat minder kilojoules en vet, asook effens minder choleste­ rol. ’n Mens sal dus aansienlik minder energie en vet inneem met wildsvleis, wat natuurlik voordelig vir gesondheid is.

Gestopte bloukaaswildsfilet

’n minute in Laat 15-20 s r: lu a p a , g g so 0 0 e per 5 ildsvleis • Maak w te oond by 160 °C to r wanneer die aa voorverhit ie vleis is g itte, soos rib minute. D issn le v r ie a nog 15-20 Ta helder is. et word. vleissappe emaak mo rg a a g r e sal lang oeg eer as gen : Daar is m svleis, so ild is w le t sv e d m il ats maak • Geur w a m erbesw lik e k n a m eranys, je st r, geure wat e d orrels, n at, peperk mer, kolja soos gem eutmuska n kruid. s, lie si jie a lt b e a n ,n erblare e ri u sies, tiemie lo l, e ff per, kno wonderpe

Wildspastei

Liefhebbers van wilds­ pastei het sekerlik hulle gunsteling resepte. Hierdie een het ’n lekker kinkel! Genoeg vir 4-6 mense Bereiding: 25 minute Gaarmaaktyd: 3 uur

Die geheim van hierdie heerlike gereg is die marinade waarin die vleis ’n paar dae lank lê en die smaaklike bloukaasvulsel! Genoeg vir 6 mense Bereiding: 20 minute Staantyd: 1-2 dae Gaarmaaktyd: 1 uur

BESTANDDELE

1 groot wildsrugfilet (sowat 1,5 kg) MARINADE 50 ml sojasous 80 ml (1/3 k) olyfolie 30 ml (2 e) suurlemoensap 3 knoffelhuisies, gekap sout en vars gemaalde swartpeper

Sny alle sigbare sening van die filet af en vlek dit netjies oop. Plaas in ’n glasbak. MARINADE Meng al die marinadebestanddele en giet dit oor die vleis. Marineer 1-2 dae in die yskas. VULSEL 1. Verhit die botter in ’n pan en soteer die grasuie daarin tot sag. Voeg die sampioene by, verhoog die temperatuur en braai tot die vloeistof verminder het. 2. Voeg die knoffel by en braai verder tot die sampioene begin verbruin. Skep die mengsel uit en laat afkoel. 3. Roer die bloukaas in en geur

VULSEL 50 ml botter 2 grasuie, gekap 100 g knopiesampioene, in skywe gesny 2 knoffelhuisies, fyn gekap 200 g bloukaas, gekrummel sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 10 ml (2 t) gelatien 300-500 g spekrepe

met sout en peper. 4. Voorverhit die oond tot 180 °C. Dreineer die vleis en klad droog met handdoekpapier. Geur met sout en peper. 5. Sprinkel die gelatien oor die oopgevlekte vleis en smeer die vulsel oor. 6. Rangskik die spekrepe oorvleuelend oor die vleisrol en steek met peuselstokkies of sosatiepenne vas, of bind dit vas met tou. 7. Plaas die vleis op ’n rak bo-oor ’n oondbraaipan en rooster 15 minute per 500 g, plus 15 minute ekstra. Laat 15-20 minute op ’n warm plek rus voor dit gesny word. 8. Sit die filet saam met ’n sam­ pioensous voor.

SPESERYMENGSEL 2 ml (½ t) kerriepoeier 5 ml (1 t) paprika 5 ml (1 t) fyn koljander 1 ml (¼ t) fyn naeltjies 2 ml (½ t) sout

700 g wildsvleis, in blokkies gesny 500 ml warm vleisaftreksel

VLEIS 30 ml (2 e) sonneblomolie 2 middelslag-uie, gekap 2 knoffelhuisies, gekap 120 g spekvleis, in blokkies gesny METODE Spuit ’n 30 cm-pasteipan met kleefwerende sproei. Speserymengsel Meng al die bestanddele. Vleis 1. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel en spekvleis by en roerbraai tot die spek­ vleis bros is. Sit eenkant. 2. Braai die wildsvleis bietjie vir bietjie vir 2-3 minute of tot goudbruin. Voeg die spese­rymengsel by terwyl die vleis braai. Gooi ’n bietjie aftreksel by om te voorkom dat dit vassit.

KORS 160 ml (⅔ k) melk 80 ml (⅓ k) sonneblomolie 1 eier 250 ml (1 k) koekmeel 10 ml (2 t) bakpoeier 5 ml (1 t) paprika 2 ml (½ t) sout 5 ml (1 t) gemengde droë kruie 3. Verminder die hitte en sit al die vleis, uie en spekvleis terug in die kastrol. Voeg die aftreksel by en laat stadig prut vir 2-2½ uur of tot die vleis uitmekaarval. Skep dit in die voorbereide pasteipan en laat afkoel. 4. Voorverhit die oond tot 180 °C. Kors 1. Klits die melk, olie en eier saam. Sif die meel, bakpoeier, paprika en sout saam en voeg die kruie by. Voeg die melkmengsel by en meng tot ’n gladde, sagte deeg. 2. Skep die deeg oor die vleis en bak 30 minute of tot die kors goudbruin is.

resepte: huisgenoot digitaal, 10 jan 2013

11


Die Bernina staan waar hy staan Dames, lanklaas gesels – ek is bly om nog vriendelike

gesigte te sien met die droogte en alles. Die droogte het hier by ons ook ingevaar. Bestes het ons nou almal aan die water spaar. “Al kan ons elkeen net 'n klein bietjie spaar – julle weet, as elke huis in ons dorp net ’n klein bietjie spaar, dan spaar die dorp ’n lot water.” So nou spaar ons water. Ek is al versigtig om te veel te piepie – Bestes hou als dop. Van een moeilikheid na ’n ander – Bos het hierdie vreeslike remoerige off­road motorfiets. Julle meisies sal dalk nie die ding ken nie, maar dié Honda 500R is in die ou dae deur die weermag se spes-magte in die bosoorlog gebruik. Nie die spesifieke een waarmee Bos die buurt wakker raas nie, die soort. Bos se fiets het hy op die internet gekoop. Dit het 'n oorlog van sy eie aan die Boshoffront veroorsaak. Bos kon glad nie verstaan hoe 'n vrou dan nie kan sien hoe groot dié ’bargain’ is nie. "Sakman, die bike was voorberei vir die Dakar Ralley! Daai ouens weet hoe om alles uit 'n masjien te kry en so kry ek daai monster vir 'n appel en 'n ei opgetel. Die ou by wie ek dit gekoop het, het homself op dag twee van die Dakar uit die race uit geval," vertel Bos met eerbiedigheid in sy stem. Natuurlik kan Sus nie diesefde waarde aan die 'wrakstuk' heg nie en na Bos weke in die motorhuis aan die 'lot skrootyster' bestee het, vind sy eers uit watse geraas die ding maak. "Dit sal die dodo uit die dode opwek," stoom sy na twee weke steeds. Ek is net bly Sus weet nie presies wat die fiets gekos het nie. Bos het my nie eens reguit daaroor geantwoord nie, so, ek is redelik seker dat die prys wat Sus gehoor het dalk 'n nulletjie minder het as die prys wat in die beseerde Dakar-renjaer se sak geland het. Nou werk dit so: Bos moet sy eie bike 'steel' as hy 'n draai wil ry. Hy stoot hom skelm twee blokke weg voor hy opklim en ry. En hy kan ook nie die fiets elke keer voor dieselfde huis aan die gang kry nie, want die die Besters in Ysterhoutstraat het al met regstappe gedreig. Ai tog, dit is swaar as ’n ou jou stokperdjie so skelm moet doen oor jy en jou vrou nie daai kop in die een mus kan kry nie. Ek onthou nog hoe ek probeer het om Bestes te laat verstaan dat die loodsoldaatjies en miniatuur slagvelde wat ek bou eintlik ’n ’kunsvorm’ is. Sy’t nooit so gesê nie, maar ek weet sy kon nie verstaan dat ’n volwasse man met verantwoordelikhede vir ure met klein mannetjies kon ’speel’ nie. Maar die navorsing om die figuurtjies lewensgetrou en geskiedkundig akkuraat te hou en die verfwerk daarna, voer my weg na ver lande en vervloeë veldslae. “Ek gee nie om of hy die lood kou of die verf snuif nie, die mannetjies hou hom kalm en dan snork hy nie in die huis rond soos ’n bul met seer dingeses nie,” het ek haar eendag per ongeluk aan ’n vriendin hoor fluister. Ek het ook eendag gesien dat sy op haar i-pad gaan ’search’ het opsoek na ’n spesifieke reeks wat ek nie in die hande kon kry nie. As ek kon, sou ek daai dag vir haar haar eie klein eilandjie gekoop het. Toe weet ek, al verstaan sy nie regtig nie, is sy lief genoeg vir my om my, my nukke en vreemde belangstellings en al te aanvaar. Ek het ook gou geleer dat die Bernina staan waar hy staan, want hy staan waar hy staan. Daar is nie plek vir ’n slagveld rondom die Bernina nie, en ek is lief genoeg vir haar om nie te neuk oor waar die Bernina staan nie. Groetnis Sakkie

12

1475

080051

rt e klubkaa ersoonlik p u lag op jo t fs e a M t 50% er jy vir to nthede! e le e kwalifise g amesklub D e w e si ekslu

As jy by die Seisoene Damesklub aansluit, ontvang jy ’n unieke geskenk (eenmalig) ter waarde van R200**. Kry jou inskrywingsvorm by die Suidwes Kontreiwinkels of stuur ’n e-pos aan seisoene@suidwes.co.za.

Vir net R150 per jaar ontvang jy ’n eksklu­siewe klubkaart wat jou toegang bied tot die volgende: • ’n Gratis tweemaandelikse Seisoene-tydskrif propvol interessante artikels, wenke, prak­ tiese raad en wyshede. • Gereelde afslagkoepons* op uitgesoekte produkte, beskikbaar by Suidwes Kontrei­ winkels. • Opwindende kompetisies met groot pryse. • Tot 50% afslag op die re­gistrasiegeld vir eksklusiewe Seisoene Damesklub­geleenthede soos praatjies, modeparades, tuinboudae en veel meer. * Afslagkoepons is onderhewig aan die beskikbaarheid van voorraad. ** Slegs een geskenk per lid. Lede wat by die bekenstellingsgeleentheid ’n geskenk ontvang het, kwalifiseer nie weer nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.