Esprit de corps Jan/Feb 2015

Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

jan/feb 2015 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Dink twee keer voor jy praat >3

'n Bielie van 'n baber >11

Die omvang van die droogte in ons gebied >5

>9 mpy-esprit 3 personeel-esprit 10 pitkos 16 popcorn-pretblad 18

>3

>19

>9

agterstoep 20


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

hoe lyk die toekoms?

desember se

kompetisiewenners wat kan dit wees? Roenel van Heerden (Admin Beampte Vryburg Handel) was die eerste naam wat

uit die hoed getrek is. Dit is 'n foto van sjokolade-splinterkoekies (choc chip). Sy wen die boek Ter wille van Talita. die uitgawe se voorbladfoto is een van daardie foto's wat 'n mens nie onaangeraak laat nie. Dit lyk kompleet of Thinus Grobbelaar 'n gloeiende kristalbal in sy hand vashou. Het jy al gewens dat jy 'n betroubare kristalbal gehad om jou so 'n kykie in die toekoms te kan gee? Die huidige klimaatsomstandighede hou geen goeie onmiddellike vooruitsigte vir die landbou in nie – dit is uiters droog en die droogteskade in ons bedieningsgebied word reeds op 40% beraam. Kyk die foto's op bl 5 wat onlangs van 'n deel van ons bedie­ ningsgebied geneem is. Is dit dalk nou die tyd om na kristalballe te gryp om die sien wat die toekoms inhou? Ek dink nie so nie. Die foto het vir my 'n ander betekenis. As ons daarop staatmaak dat die Skepper belowe om ons so in sy Hand te hou, omdat Hy die toekoms reeds ken, kan ons maar ontspan. En vertrou dat daar uitkoms sal kom.

wegsteek-kompetisie Die korrekte aantal kersbome wat in die Desember-uitgawe wegge­ steek was, was 12. Baie geluk aan Magaretha van Wyk (Ontvangsbeampte), jy het mooi gekyk!

neem deel aan die

smartnet KOMPETISIE bladsy 13

Deon Badenhorst het die treffende foto van Thinus in Soedan geneem.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719 Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

medewerkers

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Carelzen – annemariec@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe – ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow – ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg – joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

inhoud mpy-esprit Dink twee keer voor jy praat 3 Kortliks 4 Bly positief in moeilike tye 5 Die omvang van die droogte in ons gebied 5 Solank daar werk is, bly ons in Soedan 6 IB is nou die vise-president van die Amtaar-projek 7 'Virgin Active' in die woestyn 7 Hond se gedagtes 8 Laat die syfers klop 8 Ben en die perdebye 8 Idrukwekkende spuit ten toon gestel 9 Padlangs met Suidwes 9 Kikker jou kamer op met kleur 9

personeel-esprit Thumbs-Up for excellent service 10 Frik die spierbom 10 Horsing around 10 Knip-knip vir terapie 10 'n Bielie van 'n baber 11 Katrol hom in 11 Ons gaan jou mis, 'Brombeer Braam' 12 Oom Frik verdien sy ruskans 12 Martiens groet na 14 jaar 12 Wys my jou muis 13 Smartie is gevind 13 Santas stop by Bothaville 14 Smartnet se bont afsluiting 14 Kersboodskap op video vasgelê 14 Lief en leed 15 Langdienstoekennings 15 Diefstal by Vryburg-depot het gevolge 15

pitkos SA kinders leef nie gesond nie Vuil voete is gesonde voete

16 17

popcorn-pretblad Kompetisie en uitslae Skool is pret

18 19

agterstoep Mý designer-kind

20


IAL • VER T

T EN D

UL RO

IK • CON FI

Vertroulikheid is bevraagteken

Hoe dit ook al sy ‑ daar was onlangs ’n paar gevalle waar die vertroulikheid van klante se inligting by Suidwes bevraagteken is en onder verdenking gekom het. Uiteraard kan ons nie bekostig dat die persepsie onder klante ontstaan dat hulle inligting by Suidwes nie 100% vertroulik hanteer word nie. Ons funk-

IAL • VER T

S

uidwes is ’n diverse Groep wat deurlopende interaksie met verskillende klante oor ’n groot deel van ons land het. Ons leen jaarliks meer as R3 biljoen aan boere, ontvang sowat 1, 2 miljoen ton graan en verskaf produksie-insette en toerusting van bykans R2 biljoen ’n jaar. Dit is bo en behalwe al die ander dienste wat ons aan talle klante lewer via Agrinet, Triomf, Nvirotek, Nwet en Terratek. Die omvang van die Groep se sakeaktiwiteite vereis dat ons feitlik almal daagliks met klante se inligting werk, waarvan sommige meer en sommige minder sensitiewe inligting is. Benewens dit verskil mense ook, en is sommige klante meer en ander minder sensitief oor hulle eie inligting.

maatskappy-esprit

NT DE

LIK • CONF U I RO

Dink twee keer voor jy praat Inligting oor klante moet vertroulik hanteer word

Ons kan nie bekostig dat die persepsie onder klante ontstaan dat hulle inligting by Suidwes nie 100% vertroulik hanteer word nie.

sioneer in ’n uiters kompeterende omgewing waar die opposisie wag om sulke gevalle uit te buit. Ongelukkig is dit ook ’n feit dat ’n ongelukkige klant baie meer vokaal oor sy ongelukkigheid is as wat ’n tevrede klant is en so word ’n storie baie vinnig versprei, selfs al is dit nie 100% die waarheid nie. Die feit is, ons kan dit nie bekostig dat daar enigsins sulke gerugte of persepsies die rondte doen nie.

Hanteer klante se inligting streng vertroulik

As ’n werknemer van Suidwes word elkeen in ’n mindere of meerdere mate vertrou met klante se persoonlike inligting. Met jou aanstelling het jy ’n aanstellingsbrief onderteken waar aanvaar word dat alle inligting in die maatskappy ten volle vertroulik hanteer sal word. Dit gebeur egter baie keer dat daar ‘onskuldig’ ’n opmerking gemaak word deurdat daar byvoorbeeld op ’n openbare funksie verwys word na ’n klant se hektare aangeplant, fasiliteit beskikbaar of graan gelewer. Hoeveel keer verwys ons nie op ’n vergade­ring of boeredag na Oom Piet wat nou al 4 000 hektaar

mielies aanplant nie - of Klaas wat vanjaar 10 000 ton mielies gelewer het nie – of Koos wat ’n fasiliteit van R20 miljoen opgeneem het nie? Selfs hierdie ‘onskuldige’ praatjies of opmerkings tydens informele gesprekke kan lei tot klante se persepsies dat inligting by Suidwes nie vertroulik hanteer word nie, maar erger nog, jou in die moeilikheid laat beland! Indien ’n klant oor so iets sou kom kla sal die maatskappy nie ’n keuse hê as om die aantyging te ondersoek en indien nodig dissiplinêre stappe te neem nie, selfs al het die persoon dit glad nie moeds­willig gedoen nie. Wees dus bedag daarop en waak daarteen om ENIGE inligting oor klante aan enige persoon te kommunikeer, veral nie in informele gesprekke nie. Lê omsigtigheid aan die dag en dink altyd twee keer voordat jy praat. Op hierdie manier bly ons as maatskappy professioneel en verhoed ons moontlike onaangenaamheid. e Louis Smit

Hoof Uitvoerende Bestuurder

januarie/februarie 2015

esprit de corps

3


<kortliks>

kortliks

Meganisasie se uitstalruimte in wording

'n Nuwe heelgoedere-afdak word op Hoopstad tussen die silo en die handelstak opgerig as uitstalruimte vir trekkers en implemente. "Instandhouding hanteer self die oprigting en die projek behoort teen die einde van April afgehandel te wees," sê Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme).

maatskappy-esprit

Groot verantwoordelikheid rus op sy skouers Wessel van der Walt is van Desember 2014 as Hoofoperasionele bestuurder by die Al-Dabbah-projek van Amtaar aangestel. Hy gaan veral fokus op kommunikasie en koördine­ ring met ander afdelings in die maatskappy. Die groot kultuur- en taalverskille vereis besondere kommunikasievermoeëns. “Wessel het homself bewys as ‘n baie goeie koördineerder en organiseerder. Ons wens hom baie geluk en baie voorspoed vir die groot taak. Daar rus nou ‘n groot verantwoordelikheid op sy skouers en hy het al ons ondersteu­ning en gebede nodig," sê Carl Bierman.

Africum-direksie hou strategiese sessie

Bestuur se kans om te ontspan

Africum se direksie het onlangs ‘n strategiese sessie by Pecan Manor naby Hartbeespoortdam gehou. Die doel van die sessie was om die sleutel prestasie-areas en gepaardgaande strategie vir die maatskappy te bepaal voordat dit aan Suidwes Beherend se direksie vir goedkeu­ring voorgelê word.

Die bestuur kry ook soms 'n ruskans en gebruik dit om 'n paar balle rond te slaan. Februarie se wenners is Louis Smit (HUB) en Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme).

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

Van links is Alan Kirchner (fassiliteerder), Derék Linde (Groep Regsadviseur), Louis Smit (HUB), Hansie Viljoen (Direkteur), Bridgitte Mathews (Direkteur), Brand Pretorius (Direkteur), dr David Mabunda (Direkteur), Pierre Vercueil (Voorsitter), Patrick Nelissen (Hoof Operasionele Beampte), Riaan de Lange (Groep Inligtingsbeampte) en George Potgieter (Groep FD).


maatskappy-esprit

Louis Smit (HUB) het onlangs 'n brief aan die Suidwesfinansierings­kliënte gestuur oor die klimaatstoestande en die invloed daarvan op hulle sowel as die maatskappy. Maak asb seker dat hierdie brief op alle kennisgewingborde by die bedryfspunte aangebring word – dit is uiters belangrik dat elke personeellid hiervan kennis dra. "Dit is belangrik om nou positief te bly en ons boere sover moontlik te ondersteun. Die omstandighede is nie in ons hande nie en ‘n moedelose en negatiewe houding gaan nie die saak verbeter nie," sê Louis.

Finansieringskliënte Suidwes Fin 9 Februarie 2015 Beste Kliënt KLIMAATSTOESTANDE afgelope ogtetoestande van die • Die hittegolf- en dro someraan de ska dverspreide paar weke het reeds wy dusent pro as u dat r vaa aan s . On graanoeste aangebring deë ter ef bes en mer dophou die situasie met groot kom n wat reë die t me g sle ver vêrder dat toestande elke dag wegbly. er as ‘n dusente egter reeds me • Suidwes finansier pro negatiewe le sië ten rip vir die po eeu en ons het groot beg at en sta ans bal u op de ghe ndi effek wat hierdie omsta oeds­ gem die u is belangrik dat kontantvloei kan hê. Dit kou bes ery erd bo in t noo ‘n ven rus het dat Suidwes u as ons ne bin en lik dit prakties moont en u sal bystaan sover vermoë is. erings­ skeidenheid van finansi • Deur die jare is ‘n ver ndighede sta om e rdi hie in t juis produkte ontwikkel wa produsent e elk , afhangende van handig te pas kan kom de. ghe ndi omsta se unieke behoef ­tes en dwes ag aanmoedig om u Sui gra u ons wil • Indien nodig tak. Hulle kon te g ydi egt vro der Fin verhoudingsbestuur kikbaar verskillende opsies bes sal verseker dat u al die g ten ssin plo gso erin nsi fina eie het vir oorweging om u beste te struktureer. in goeie en r is om u te ondersteun, Onthou dat Suidwes daa slegte tye.

maatskappy-esprit

Bly positief in moeilike tye

Die omvang van die droogte in ons gebied Christo Smit (Bestuurder Produsente Kommunikasie en Inligting) het hierdie foto's op 9 Februarie tussen Makwassie en Wesselsbron van mielie- en sonneblomlande geneem. Die hele gebied se reënval was baie wisselvallig, tot einde Februarie het daar maar om en by 200 mm geval waar die gemiddelde reënval amper 500 mm is. Die groot bekommernis is dat as die graan se reproduktiewe stadium verby is, kan al die reën in die wêreld nie die proses omkeer nie. As die stuifmeel klaar gestort is, kan dit nie weer gebeur nie, dan is dit te laat. “Mielies kom na ongeveer 70 dae in die saad, bestuiwing is ongeveer twee weke, dan is dit verby. Indien bestuiwing nie plaasgevind het nie, ontwikkel die pitte op die koppe nie. Indien dit bestuif het en die vog is te min, trek die koppe terug, droog op en geen pitte ontwikkel nie. Geen oes nie. Party plante het sommer gevrek, geen koppe en geen pitte nie!” sê Christo.

rkte

Vriendelike groete en ste

Louis Smit mpte Groep Hoof Uitvoerende Bea

januarie/februarie 2015

esprit de corps

5


< stories uit soedan >

maatskappy-esprit

soedan

Solank daar werk is, bly ons in Soedan Sommige van Suidwes se personeel kan Soedan al amper hulle tweede tuiste noem – party van die ouens is al reeds 18 maande daar. Dit is nie 'n maklike omgewing om in te werk nie en wat dit erger maak is dat die vrouens en vriendinne nooit daar gaan kuier nie.

Esprit het met Deon Badenhorst (Operasionele Bestuurder: Handel) gesels. Deon was onlangs in Soedan. Jy gaan gereeld Soedan toe, vertel ons hoe die manne die situasie daar hanteer. Die ouens se moraal is uitste­ kend, daar heers 'n gesonde spangees en samewerking. Elkeen weet wat van hom verwag word en elkeen het sy eie verantwoordelikheid soos

grondvoorbereiding, plant, hark en baal, besproeiing, beplanning en logistiek. Dink jy hulle is aangepas by die toestande daar? Ja, dis tans lente daar (36 °C). Die wintersnagte raak baie koud en dit word eers 7:30 vm lig. Almal is al gewoond aan die vreemde kos. Die manne se ka­mers is goed ingerig en na elke kuier in Suid-Afrika neem hulle iets saam om die lewe daar makliker te maak.

gebruik mag word nie, mis hulle ‘n koue bier na ‘n harde dag se werk in die hitte van 45 – 55 °C! Die ouens mis ook die sportkanaal op DSTV en smag na 'n lekker uiteet. Wat is die grootste uitdaging vir die manne daar en hoe hanteer hulle dit?

Hoe gereeld kan hulle huis toe kom?

Geduld is die wagwoord – die ander kulture voel anders oor tyd en tydsbestuur as ons. Dis ‘n groot frustrasie om te sit en wag vir ander mense wat nie 'n begrip van die dringendheid van take het nie.

Elkeen kry jaarliks vier retoer­ vliegkaartjies en 45 dae verlof.

Maak ‘n mens vriende met die plaaslike mense?

Wat mis hulle die meeste van Suid-Afrika?

Ons manne het baie goeie verhoudings met meeste van die ander bestuurders en middelbestuur. Hulle het ook

Omdat daar geen alkohol

uitstekende verhoudings met die Fillipyne wat as plaaswerkers, veral trekkerdrywers, aangestel is. Ons ouens is vriendelik met almal en groet almal elke dag – dis nie normaal vir daardie mense nie. Ander het baie respek vir ons ouens omdat hulle resultate kan sien – ons laat die dinge gebeur. Saans kom drink die ander mense by ons manne koffie onder die lapa. IB het al vriende gemaak met mense in Khartoem en by die Suid-Afrikaanse Ambassade. Hoe lank gaan die projek nog aangaan? Vir 'n onbeperkte tyd – solank daar werk is, is Suidwes betrokke. 'n Nuwe projek van 200 000 ha word tans ondersoek in die Suide van Soedan en sake lyk baie belowend.

Grasboere van die Soedan Van links is Carel Bierman, Wessel van der Walt, Johan Pretorius, Louis Lategaan, IB Oosthuizen, Thinus Grobbelaar, Gerald Dunhin en Deon Badenhorst.

'n Groen land is 'n verrassende gesig in die dorre woestyn.

6

die gees van ons mense

Agter van links is Wessel van der Walt en IB Oosthuizen. Voor sit Thinus Grobbelaar en Louis Lategan saam met een van die Fillipynse werkers (heel links) wat die Suidwesmanne in die kantoor help.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

IB is nou die vise-president van die Amtaar-projek IB Oosthuizen bly steeds 'n werknemer van Suidwes, maar sy pligte skuif nou grootliks na die Soedan-projek. Hy is die oorhoofse landboubestuurder van die Al Dabbah-projek waar hy in beheer van 'n projekspan is wat nuwe geleenthede ondersoek. IB gee steeds baie tegniese raad en is tans besig met begrotings, vooruitskattings en die optimalisering van opbrengs van gewasse. Dit is maar moeilik om familie daar te ontvang en daar is min om te doen in die area waar hy woon. IB verkies om in Suid-Afrika by sy gesin te kom kuier. Links is IB Oosthuizen in sy gemaklike kantoor. Heel links is die woonstelblok in Khartoem waar IB woon, daar is geen vullisverwydering nie en in 'n stad met 7.5 miljoen inwoners, kan dit nogal 'n gemors afgee.

'Virgin Active' in die woestyn

'n Nuwe woonplek vir die bestuur is onlangs opgerig. Nou moet hulle nog net bome plant en 'n lapa bou, dan lyk dit sommer gou soos 'n oase.

Khartoem is die hoofstad en tweede grootste stad in Soedan. Dit is geleë waar die Wit Nyl en Blou Nyl saamvloei. Die interessante gebou is die Corinthia Hotel op die ower van die Nylrivier.

Toe Richard Branson van Virgin Active 'weier' om 'n gim by die Amtaarprojek vir ons manne in te rig, toe maak ons ouens hulle eie plan. Die apparaat is nou nie vergelykbaar met die blink toerusting in die Virgin Activegims of ons eie gim in Leeudo­ ringstad nie, maar dit werk net so goed. Die ouens glo ook dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves, daarom oefen hulle gereeld. Dit wys jou – 'n boer maak altyd 'n plan!

januarie/februarie 2015

esprit de corps

7


maatskappy-esprit

Hond se gedagtes

betrokke Petro Vermeulen (Hoofklerk: Krediteure) het die foto geneem waar haar wederhelf, Piet Vermeulen (NWET), besig is om 'opleiding' aan Ounooitjie te gee. Hulle reken teen die tyd wat Piet aftree, sal sy al goed opgelei wees. Zelda van Reenen (PA vir Groep Hoofregsoffisier) het die oulike foto ingestuur.

Laat die syfers klop

Suidwes deel sy kundigheid op boeredag

Dintshi Jankkie, Leerling Takbestuurder, spreek boere toe en vertel meer oor Suidwes se reeks landbouprodukte by 'n inligtingsessie wat tydens die Lekwateemane-boeredag gehou is.

Boy groet

Mario Wolvaardt, regs, (Bestuurder – Me­ganisasie) groet Boy du Preez (Tegniese Diensbestuurder – Mega­ nisasie). Boy verlaat Suidwes aan die einde van Januarie. Hy gaan in Reitz gevestig wees.

Ben en die perdebye

TYDENS BEGROTINGSTYD KONSENTREER die rekenmeesters so dat hulle nie eers die kop optel nie. Ludi van Heerden, bedryfsrekenmeester: Handel, konsentreer dat dit bars en kom nie eers agter dat Riekie du Preez, opleidingsbeampte, hom afneem nie. Die ander is ook salig onbewus van die fotograaf wat hulle kiek.

Ben Jacobs, plaagbeheerbeampte, is Suidwes se klim-en-klouter ekspert, wat so amper-amper sy rieme styfgeloop het met die beroking van 'n sinksilo op een van ons boere se plase.

Chris Kotzé, plaagbeheerdienste, vertel: "Dit was 'n snikhete dag toe ons die sinksilo gaan berook het. Ben was so halfpad teen die silo op, toe hy kennis maak met ’n swerm vyandige perdebye. Die res is, soos hulle sê, histeriese geskiedenis ... Gelukkig het hy lig daarvan afgekom – hy het net twee vuurwarm steekplekke ontvang. Die res van ons 'versigtiges' het die petalje gadegeslaan en deur die lagbuie darem vir Ben ook 'n bietjie jammer gevoel."

8

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

Indrukwekkende spuit ten toon gestel

Padlangs met Suidwes Die N12-gebruikers kan sien hulle is in Suidwes-wêreld. "Ons het 22 borde op die N12 tussen Wolmaransstad en Christiana geplant met die produsente en hulle plase se name daarop," vertel Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme).

maatskappy-esprit

'n Leersame boeredag is op die plaas Robert Victor wat aan Carel Hatting in Wesselsbron behoort, gehou. Suidwes Meganisasie het die Miller Nitro 5240-spuit gedemonstreer. "Wat die boere weereens beïndruk het, is die unieke hidrouliese suspensie van die spuit wat die boom en kajuit baie stabiel hou al ry hy oor ruwe terrein asook sy grondvryhoogte van 1.8m. Hy is ook toegerus met outostuur. Beslis eie in sy soort," sê Piet Delport (Bemarker Heelgoedere).

Kikker jou kamer op met kleur Ons weet almal dat die maklikste en goedkoopste manier om jou huis op te kikker, is om die mure te verf. Die verfgogga is juis steeds onder personeel aan die woeker – as ons kyk hoe mense hulle meubels omtower in pragstukke. Dit is juis een van die redes hoekom Jack's Paint werkswinkels aanbied – om personeel toe te rus om klante van professionele raad te voorsien. Jack's Paint het 'n verfopleidingwerkswinkel vir personeel in Januarie in die Vryburg Fin-opleidingsaal aangebied. "Hierdie is die eerste Jack's Paint-opleidingsessie vanjaar. In April sal daar ’n opvolgsessie gehou word waar Modules 3 & 4 behandel gaan word. Die uitstekende opleidingsessies verskaf waardevolle inligting aan personeel. Woon sover moontlik die sessies by – dit is baie makliker om produkte te verkoop waarvan jy kennis dra," sê Annette Neethling (Produkbestuurder).

Suidwes Handel wil graag bekend staan as die grootste verskaffer van verf in die Noordwes Provinsie, daarom word omvattende opleiding aan personeel verskaf. Johan Lambrechts, Anel Louw, Mandie Hofmann, Cornelia Bester, Richard (Jack’s Paint), Paul Motata, Gerald Taylor, Kenneth Rhenoster, Samuael Sedumedi en Josef Sokeng woon die verfopleidingwerkswinkel by.

januarie/februarie 2015

esprit de corps

9


personeel-esprit

Horsing around uitmuntend

Thumbs-Up for excellent service Rise to the challenge

"In our Vryburg animal feed store, we are constantly working to improve our efficiencies to ensure that the service we give our customers is world-class. We will not settle for anything less than excellence. We know that our customers have little time when they come to town and knowing this, we want to give them the best shopping experience that they can have in Vryburg. When they leave our premises it must be with a pleasant and relaxed feeling." says Robbie Dawes, branch manager, Vryburg. Robbie also challenges his staff: "To One of Vryburg's regular customers, Mrs our Vryburg staff, I am looking Butler, gives Vryburg animal feed store a for Thumbs-Ups from customThumbs–Up because of the good quality service that she always receives from ers and clients for good service. them. When we get the Thumbs-Up, I will spunte inkels, bedryf kw take take your er w e, or st takke, wees Esprit nooi alle urg te doen – photo and send yb Vr as e fd el dies er en laat w le l ee en silo's uit om on it to esprit for rs wat pe e goeie diens bliseer. pu n publication.” ka t bewus van di di s dat on

This is why it’s called a ponytail! Elizma Kemp, Vryburg Handel, shows off her own beautiful long hair while horsing around with one of the exhibitions of the outdoor section.

arvan so weet Esprit da

Frik die spierbom Meganisasie-onderdele op Bloemhof se manne laat jou duidelik verstaan dat sodra jy die stadium bereik dat jy voel jy is baie sterk moet jy begin dink aan aftrede. Bennie Crafford (links) 'bewonder' Oom Frik Venter (Bestuurder, Bloemhof) se spiere. Cobus van Vuuren (Bedryfs­ rekenmeester) het die foto ingestuur.

10

die gees van ons mense

Knip-knip vir terapie As jy ’n passie vir plante het, huiwer jy nie om gou uit die kantoor te spring vir ’n 10 minute-snoeisessie nie. Malie Schuld het gesien die roosbome het aandag nodig en toe met die snoeiskêr ingeklim. Is dit dalk terapeuties!? "Ek het haar toevallig deur een van my kantoorvensters gewaar en kon nie help om die kamera te gryp en 'n foto te neem nie," sê Sunelle van Rooyen, Bemarkingskoördineerder.


personeel-esprit

personeel-esprit

'n Bielie van 'n baber Riaan Jacobs (Onderdele Bothaville) het vir amper 'n halfuur gestoei om diĂŠ reusebaber in die boot waarvan hulle gevang het, te kry. "Ek het die vis in September verlede jaar uit die Vaalrivier naby Leeudoringstad getrek. Dit het die skaal op 29kg laat kreun," vertel Riaan. Riaan het 'n karpfillet as aas gebruik en die visstok is 'n sesvoet Sensation Tiger Edition met 'n Shimano Torium 20-katrol. Hy het 13kg lyn gebruik. Riaan se seun, Chappies, is net so 'n danige hengelaar, kyk sy vangste hieronder. Dis duidelik dat pa en seun die sport terdeĂŤ geniet.

Riaan Jacobs se seun, Chappies, is ook 'n gesoute hengelaar. Die vis wat hy hier links vashou, het hy in 2012 gevang, 'n meneer van 'n karp wat die skaal op 18.4kg getrek het.

Katrol hom in

Raykie van Rooyen (Sunelle en Rayner) se seun spog met die vis wat hy self gevang het.

Riaan Jacobs se bielie van 'n baber weeg 29 kg.

januarie/februarie 2015

esprit de corps

11


personeel-esprit

Braam van der Merwe en sy kollegas kuier vir oulaas saam. Kloksgewys van links na regs is Brenda Pretorius, Braam van der Merwe, Lezelle van Zyl, Talita Verwey, Analie Kotze en Jeanine Saunderson.

ons paaie skei

Braam van der Merwe se afskeidspartytjie is verlede maand gehou. En al was hy onder sommige kollegas as 'n brombeer bekend, het hy 'n sagte plek in almal se harte. Braam is die spreekwoordelike brombeer met die sagte hart vertel sy kollegas. "Toe ons vandeesmaand van hom afskeid geneem het, het ons eers besef hoe baie ons hom gaan mis." "Ek onthou hoe bang ek vir hom was en my soms sommer vererg het as hy nie groet nie en net so onderaf brom. Of hy vra jou of jy sy dokter is dat jy wil weet hoe dit met hom gaan. Ek besef ek het hom te gou geoordeel. Toe ek Braam regtig leer ken het, het ek besef dat hy eintlik ’n baie klein hartjie het," vertel Sunelle

Oom Frik verdien sy ruskans

Wat is 'n afskeidspartytjie sonder 'n braai? Die braaiers is Cobus van Vuuren (links) en Ludi van Heerden.

Ons gaan jou mis, 'Brombeer' Braam van Rooyen, bemarkingskoördineerder. "Ek het hom eers by die worldcafe-werkwinkel rêrig leer ken en ek moet bieg dat ek hom vreeslik baie geniet het. Ek kon hom selfs oortuig dat een van sy voornemens moet insluit om vriendeliker in die gange te wees, want dit is eintlik sy ware persoonlikheid. Hy het my gereeld herinner aan my eie voornemens en uitgevra of ek nog daarby hou. Braam is 'n mens wat

baie besorg oor ander is." Sy se hart se punt is sy twee bullterriër-kinders. Hy kook selfs vir hulle kos en sy liefde vir diere is opmerklik. "Hy is ’n liewe mens en ek gaan sy gebrom baie mis," sê Sunelle. "In my oë is Braam 'n skaam man met 'n sagte en oop hart wat altyd bygedra het as daar nood was. Braam het my baie dinge in die lewe geleer – ek sal hom mis," sê 'n ander kollega.

Oom Frik Venter en Joseph Thesebe diep in gesprek.

OOM FRIK VENTER het 'n vroeë afskeidsgeskenk gekry vir sy 29 jaar diens aan Suidwes. OC Vermeulen, takbestuurder, Bloemhof Handel sê oom Frik is 'n pligsgeSmiley Jacobs oorhandig oom troue werknemer met 'n lekker Frik se geskenk aan hom. humorsin wat heerlike staaltjies van die verlede kan vertel.

Bloemhoftakpersoneel kuier saam met oom Frik in die winkel.

Martiens groet na 14 jaar

Martiens Bokadie (regs voor) van Strydpoort tree na 14 jaar by Suidwes af. Dries van der Linde, Sr Silobestuurder Wolmaransstad (agter, tweede van links) het namens die personeel ’n afskeidsgeskenk aan hom oorhandig. Martiens se vrou, Leah, en die personeel van Strydpoort het die geleentheid bygewoon.

12

die gees van ons mense

“MARTIENS BOKADIE se werk as monster­ nemer by die silo, is 'n baie belangrike aspek in die graanbedryf. (Vir die wat nie weet nie, 'n monsternemer neem monsters van al die graan wat produsente aflewer en dan weer van die graan wat uit die silo gelaai word.) Dit is 'n werk wat met presisie gedoen moet word, want as die proses nie korrek uitgevoer word nie, kan die vog en graad van die graan verkeerd bepaal word wat finansiële

implikasies inhou. Sy werk was altyd netjies en hy het dit met trots gedoen. Martiens is maar 'n stillerige ou wat hard kon werk," sê Dries. Martiens gaan rustig by die huis bly saam met sy vrou Leah. Hy het vier seuns en twee dogters en spog ook met vier kleinkinders. Martiens sê hy wil graag vir hom 'n paar beeste aanskaf om hom besig te hou. Ons wens Martiens alle voorspoed toe met sy aftrede.


personeel-esprit

Wys my jou muis Beantwoord die volgende maklike vraag:

Is die Sage ERP X3-program ’n Internasionale program wat vir Suidwes aangepas word of word dit spesifiek vir Suidwes ontwikkel? Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek word, wen 'n rekenaarmuis. Stuur jou antwoord na SMARTNETKOMPETISIE esprit.kompetisie@gmail.com Onthou om jou naam, van en kontakbesonderhede in te sluit.

Sluitingsdatum vir inskrywings: 10 Maart 2015

Elke afdeling kry sy beurt by Sage Na ’n stil periode oor die feestye is die implementerings­ projek van die SAGE ERP X3oplossing vir Suidwes weer in volle swang. Die oplossing is verdeel in vier werkstrome nl.: • Korporatiewe Finansies • Handel • Graan en Finansiële dienste Wat die Korporatiewe Finansies en Handel-werkstrome aanbetref is die projekspan besig om die stelselkonfigurasie se dokumentasie te finaliseer. Die opstelling van die stelsel kan begin sodra die dokumente voltooi is. By die Graan en Finansiële dienste-werkstrome is die projekspan besig om die konseptuele ontwerp van die stelsel te finaliseer. Sodra die take voltooi is sal die span voortgaan met die konfigurasiedokumentasie en stelselopstelling. Meer inligting aangaande die verskillende 'go-live'-datums sal gegee word sodra die projekplan finaal afgehandel is.

Wenner Die antwoord op die vraag: 'Watter maatskappy is verantwoordelik vir die ontwikkeling van die Smartnet stelsel?'

personeel-esprit

smartnet KOMPETISIE

Wen 'n rekenaarmuis

DATACENTRIX Die wenner van die rekenaarmuis in die Nov/Des-Smartnetkompetisie is Teresa Enslin (Hoofklerk, SuidwesFin Hoopstad. Baie geluk!

Vind die Smartie en wen 'n prys Hou jou oë oop vir die 'verlore' Smarties! Hulle raak van tyd tot tyd weg – wie weet, dalk spoor jy dit op.

Patrick Nelissen (regs) wens Hannes Heroldt geluk met sy vonds.

Alta van Zyl (links) het die verlore Smartie opgespoor en ontvang hier haar beloning van Riekie du Preez.

Martin Ehlers (regs) spoor 'n Smartie-boksie in die opleidingslokaal tydens die FIN BKvergadering op. Hy ontvang sy beloning van Riekie du Preez.

januarie/februarie 2015

esprit de corps

13


personeel-esprit

Santas stop by Bothaville

Tydens 'n personeelvergadering het Louis Smit, HUB, sy kersboodskap van positiwiteit en hoop vir die nuwe jaar aan personeel gegee, dit is op video vasgelê en is aan die bedryfs­punte gestuur om tydens vergade­rings te speel.

spesiale tye

Personeel vergader in die tuin by Hoofkantoor vir Louis Smit, HUB, se kersboodskap in Desember.

Kersboodskap op video vasgelê Louis Lategan en sy vrou is spesiaal verwelkom, Louis werk in Soedan op die Amtaarprojek.

Die Bothaville-Santas hou Kerspartytjie by die tak. Agter: Nico Coetzee (stoorvoorman) en Marie de Jager (aankoper) Middel: Lazarus Semetse (rakversorger), Monica Tatsanyane (skoonmaker), Ansie Britz (Meg Snr-klerk), Anel Rothman (Suidwes Fin-klerk), Elias Mlangeni (NHSA-onderdeleverkope) en David Baleti (NHSA-onderdeleverkope) Voor: Jan Kleynhans (Dooie voorraadstoor), Benno Fourie (Meg-bemarker), Chris Tait (takbestuurder), Riaan Jacobs (Meg-bemarker in beheer), Leon du Preez (winkelbestuurder) en Dirk Jansen (NHSA-onderdeleverkope) Inlas: Lenè Wilbers is die vroue-Santa wat die geskenke uitdeel.

Smartnet se bont afsluiting

Handel sê koebaai vir die jaar Handel sluit die jaar op ’n gepaste wyse saam af.

Die projekspan van Smartnet kuier gesellig by die jaarafsluiting. "Hierdie span het binne ’n paar maande ongelooflik baie vermag," sê Sunelle van Rooyen. "Natuurlik het ons nie die Smarties vergeet nie - so 'n lekker bontspul in een pakkie!" Voor: Elna Marais, Sunelle van Rooyen, Riekie du Preez en Nicolize Coetzee Middel: Johan Norte, Suzette Ehlers, Aninda Schonken, Louis Botha en Andrid Geldenhuys Agter: Nico Smit, Willem Boshoff, Braam Koekemoer en Riaan de Lange

14

die gees van ons mense

Links van voor is Marion Fouche, Ronel de Beer, Maritsa Carelzen, Annette Neethling en Ludie van Heerden. Regs van voor sit Dalene Lubbe, Simone Bosch, Alta van Zyl en Petie Marais.


Ervaar die gees van ons mense Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Fouché (PA: Besturende direkteur) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemarief@suidwes.co.za

Ons is bly saam met: • Bennie Enslin (Graanhanteerder Kruising Bunker) en Teresa van Coller (Hoofklerk Fin Hoopstad) is op Vrydag 5 Desember 2014 getroud. • Ben Jacobs (Plaagbeheer Wolmaransstad) en sy vrou, wat uitgevind het dat hulle ’n bondeltjie vreugde ryker gaan word. • Debbie Engelbrecht (Groep Finansiële Bestuurder) wat verloof geraak het op 20 Desember 2014. Mag jy en Marius baie gelukkig wees. • Yvonne Pieterse (Ontvangsdame Hoofkantoor) en Eric Geels (Elektrisiën: Instandhouding) wat verloof geraak het. • Jean en Marina Mollentze (Rekenmeester: Finans Hoofkantoor) se dogtertjie is op Donderdag, 29 Januarie 2015 gebore. • Nicodemus Moreetsi (Algemene werker te Bloemhof) en sy vrou Maria Mogapi, het ’n seuntjie ryker geword.

• Theo Delport (Direkteur) se seun Piet was in ’n onsuksesvolle plaasaanval. Almal is gelukkig veilig. • Selina Letsogo (Junior Klerk Leeudo­ ringstad Handel) het ’n operasie gekry. • Johan (Migdol Silo) en Karin Kruger (Migdol Handel) het hulle ongebore baba verloor. • Gerrie Lindeque (Bemarker Delmas) was in die hospitaal met nierstene. • Die familie van Peet Struwig (Suidwesfin Lewensversekeringsadviseur Wolmaransstad) het afskeid geneem na hy sy geveg met kanker verloor het. • Melanie Nel (Beampte Voorraadbe­ stuur en Kontrakte: Graanfinansiering) se moeder was in die Algemene Hospitaal in Potchefstroom opgeneem.

Julle is in ons gedagtes: • Jullian Veldschoen (Jr SAFEX Makelaar). se vrou is ernstig siek met kanker in die Kroonstadhospitaal.

• Ons medelye met die familie van Petrus Thlanya (Handlanger te Werks­ winkel Clocolan) se afsterwe.

• Piet Oldewage (Sr Bestuurder Graanadministrasie). se dogter, Stephanie, is in die Klerksdorp-hospitaal opgeneem vir toetse.

• Gerrit Meyer (Werktuigkundige Schweizer-Reneke) se pa is oorlede.

• Petie Marais (Bestuurder: Insetbemar­ king) het vir toetse gegaan in Pretoria.

Namens die Smartnetspan wil ons aan ’n baie verliefde Debbie Engelbrecht geluk sê met haar verlowing. Ons kan sommer sien hoe gelukkig jy is. Geniet die tyd wat voorlê met die beplanning van die troue. Riekie du Preez Beampte: Opleiding

• Salome Pieterse (Beampte: Aandele en Administrasie) se 7 jarige kleindogter het seergekry toe ’n elektroniese hek op haar geval het.

• Lanelle Loots (Hoofklerk: Posdienste Hoofkantoor) se pa is oorlede.

langdienstoekennings Januarie/Februarie 5 Jaar

• Mnr CW Raymond (Hoopstadonderdele) • Mev HC van Heerden (Silo's Hoofkantoor) • Mej C de Bruyn (Handel Christiana) • Mnr MR April (Handel Bloemhof) • Mnr PA Moeng (SchweizerReneke-silo) • Me ME Mohibidu (Vryburgsilo) • Mev HR Jacobs (Handel Bloemhof) • Mnr M Nelson (Handel Reivilo)

20 Jaar

• Mnr SM Mabankwe (Bamboesspruitsilo) 25 Jaar

• Mnr PW Nagel (Admin Triomf) • Mej KJ Bingwa (Migdolsilo) • Mnr FH Kamffer (Vryburg-heelgoedere) • Mnr MF Kgosamang (WesstreekVeevoerdepot) • 30 Jaar

10 Jaar

• Mnr MD Mofutsane (Handel Wolmaransstad) • Mnr ZJ van Wyk (Werkswinkel Hoopstad) • Mnr RA Meko (Handel Stella) • Mnr SF Seleke (Migdolsilo) • Mev W Barnard (Handel Wolmaransstad) • Mnr A Olivier (Handel Bultfontein) • Mej P Steyn (Handel Leeudoringstad)

• Mnr HA Nieuwoudt (Hertzogvillesilo) • Mej MCP Koekemoer (Handel Finans Krediteure) • Mej E Makae (Makwassiesilo) • Mnr JP Lidderd (Kingswoodsilo) 35 Jaar

• Mnr LP van Wyk (Wolmaransstadwerkswinkel)

• Sunelle van Rooyen (Bemarkings Koördineerder te Hoofkantoor) was in die hospitaal vir ’n operasie.

• Marietjie Pretorius (Admin dame Leeudoringstad Silo) het ’n operasie gekry.

• Lezelle van Zyl (Admin Bestuurder Hoofkantoor) se ma was in ’n motor ongeluk en sy sterk tans aan.

• Rita Scholtz (Verkoopsassistent Tosca Handel) was in die Vryburg-Privaat hospitaal opgeneem.

• Marie de Jager (Aankoper Handel Bothaville) was in Bloemfontein in die hospitaal vir behandeling en toetse.

• Venessa Oldewage (Versekerings Adviseur te Leeudoringstad) se man se oupa, is oorlede.

• Petie (Bestuurder: Insetbemarking Hoofkantoor) en Elna Marais (Winkelbestuurder te Wolmaransstad) se moeder is oorlede.

Welkom klein lyfies

o-

Verloof & verlief

personeel-esprit

u l m, k n

lief & leed

Jean en Marina Mollentze se dogtertjie

Nicodemus Moreetsi en Maria Mogapi se seuntjie

Emmanuel Tlhagaswane (Wolmaransstad) ontvang sy 10-jaar dienssertifikaat van Dries van der Linde (Snr Silobestuurder Wolmaransstad)

Marius van der Merwe (Instandhouding Leeudoringstad) ontvang sy 10-jaar diens­sertifikaat van Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme)

David Senokoane (Algemene werker Christiana) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Willie Botha (Silobestuurder Hoopstad)

Diefstal by Vryburg-depot het gevolge Die volgende personeellede is ontslaan asgevolg van hulle betrokkenheid by diefstal by ons Vryburgtak. Naam

Personeelnommer

Jare diens

Hendrik H Phutiyagae

506436

9

Solly TS Maine

400234

25

Lazarus TL Tities

943076

2

Hennie H Kewitlhetse

945667

2

Bigboy B Gaobape

900555

9

Isak I Magabe

910299

2

januarie/februarie 2015

esprit de corps

15


Te veel kitskos en televisie kyk en te min buite speel het veroorsaak dat kinders se gesondheid en welstand in die algemeen afneem, volgens ’n onlangse landwye opname deur Discovery Vitality.

grootword 16

SA kinders lewe nie gesond nie STUDIES HET GETOON dat daar minder kinders honger gaan slaap, en meer is fisiek aktief by die skool, maar dit is in die algemeen nie naastenby genoeg om kinders te help om beter te eet en meer te oefen nie. In die algemeen het Suid-Afrika beweeg van ’n C- in 2010 na ’n D-gradering in 2014. Meer as die helfte van kinders het nie toegang tot speeltoerusting of ontspanningsgeriewe nie. Kinders bring meer tyd deur voor ’n skerm, klein en groot. Kinders kyk op weeksdae amper drie uur televisie en naweke selfs meer. Volgens die navorsing het minder as 60 persent van Suid-Afrikaners voedselsekerheid. Armoede en stygende kospryse is ’n struikelblok vir gesonde eetgewoontes. Kitskos en gaskoeldrankinname neem ont-stellend baie toe. Meer as twee derdes van adoles-sente eet minstens drie keer per week kitskos, en as ’n geheel

drink Suid-Afrikaners meer as drie keer die wêreldgemiddelde van sekere gaskoeldranke. Selfs in gesinne met beperkte hulpbronne koop kinders kos by die skool se snoepie of by informele handelaars. Min snoepies bied gesonde keuses. Die getal vetsugtige mense het ook van 2010 toegeneem: 27 persent van meisies en 9 persent van seuns tussen 15 en 17 is oorgewig of vetsugtig. Suid-Afrika beklee die gesamentlike laaste plek wat betref sittende gedrag, naby die laaste plek wat betref skole se ondersteuning van ’n gesonde leefstyl en in die middel wat betref deelname aan georganiseerde sport, algehele bedrywigheidsvlakke, aktiewe vervoer en gemeenskapsondersteuning. Suid-Afrika beklee ’n hoë plek op die lys wat betref regeringstrategieë om ’n gesonde leefstyl by kinders te bevorder. Dit dui op ’n gaping tussen beleid en implementering. Nie-oordraagbare

die gees van ons mense

siektes veroorsaak meer as ’n derde van sterftes in Suid-Afrika, met ’n noemenswaardige toename in die risikofaktore vir onaktiwiteit en vetsug. Hierdie neigings is nie net onder volwassenes nie. “Kinders word toenemend geraak deur chroniese leefstylsiektes, dus is dit dringend nodig dat fisieke onaktiwiteit en vetsug onder jongmense ook voorkom moet word,” sê dr. Craig Nossel, die hoof van Vitality Wellness by Discovery, een van die dokument se borge. Patrone van toenemende vetsugtigheid en onaktiwiteit in die stedelike Suid-Afrikaanse jeug het gelei tot die skokkende voorspelling dat kinders wat in 2000 en later gebore is, vir die eerste keer in dekades, ’n korter lewensverwagting as hul ouers sal hê. Daar word geskat daar is amper 19 miljoen kinders in Suid-Afrika. “Wat duidelik is van vanjaar se Healthy Active Kids South Africa Report Card is dat ouers nou tot aksie moet oorgaan.

Baie ouers in Suid-Afrika blyk uit voeling met hul kinders se dieetpraktyke te wees, insluitend hoe sakgeld bestee word. Daar was ook verbasend lae betrokkenheid in skoolsportgeleenthede omdat ouers sukkel met ’n balans tussen werk en persoonlike lewe,” het Vicky gesê. Terwyl daar opwindende en belowende projekte in Suid-Afrika is, soos “oop strate”, parkresies, ’n aantal skoolsportaktiwiteite, asook groot beleggings in skoolsportaktiwiteite deur die regering, is daar nog ’n lang pad vorentoe. Die Scientific Advisory Group het die volgende voorgestel: • Kinders in primêre skool moet liefs jaarliks geweeg en gemeet word tesame met ’n jaarlikse fiksheidsassessering. • Onderwysers moet opleiding en ondersteuning kry om fisieke aktiwiteit te bevorder en fisieke opvoeding te onderrig. Skole se snoepies moet nasio-

nale riglyne kry en skole wat daaraan voldoen, moet erkenning kry. • Die regering moet beleidsgewys optree teen die bemarking van ongesonde kosse en versoete drankies aan kinders. • Ouers, gemeenskappe en nieregeringsorganisasies moet hulle beywer vir veilige strate en gelyke toegang tot gesonde kos, parke en ontspannings-ruimte • Inter-sektorale vennootskappe tussen regeringsdepartemente en nieregeringsorganisasies en die privaat sektor om die gapings in implementering te verklein. Die Scientific Advisory Group van die Healthy Active Kids South Africa Report Card en hul borge, Discovery Vitality en die Instituut vir Sportwetenskap van Suid-Afrika, vra alle Suid-Afrikaners om op elke moontlike manier ’n gesonder toekoms vir ons kinders en jeug te probeer skep. Vitality Wellness, Discovery


pitkos

Vuil voete is gesonde voete ONWETEND VERWOES ons ons kinders se voete. Kinders word nie gebore om skoene te dra nie. Hul voetbeentjies is sag en word maklik saamgepers sonder dat hulle pyn voel en permanente skade word so aangerig. Tussen die ouderdom 7 en 12 jaar vind daar baie en vinnige groei plaas. Skoene is nie nodig vir goeie voetontwikkeling nie. Bykans 99% van pasgebore babas het perfekte, normale voete, maar op ses jaar sal reeds 60% van hulle wat skoen dra, voetprobleme ontwikkel. Al ooit ’n baba gesien wat met handskoene kruip? Hoekom is almal altyd so bekommerd oor die koue voete?

Kommunikasie tussen brein en voete Daar is konstante kom-

munikasie tussen die brein en die voete. Die senuwee-eindpunte in die voetsole gee terugvoer na die brein oor die oppervlak waarop geloop word, sodat die regte gewigsverplasing met elke tree kan plaasvind. Skoene verander en verdof daardie terugvoer, wat ook die kind se balans en funksie beïnvloed.

Kindervoete en sweet

Aktiewe kinders se voete sweet altyd en dit is normaal. Dit is die natuur se manier om van afvalstowwe ontslae te raak en terselfdertyd die liggaam af te koel. Voete wat in skoene is, is oorverhit en die sweet kan nie verdamp nie. Dit veroorsaak dat afvalstowwe ophoop en op die voet ontbind. Daarom is ’n kaalvoetkind se vuil, droë voete “skoner” en gesonder.

Kindervoete en skoene

Skoene is nie nodig vir ondersteuning en ontwikkeling van die voetbrug in ’n normale groeiende voet nie. Kinders wat kaalvoet loop, het sterker voete met meer beweeglikheid, buigsaamheid en gekoördineerde voetspiere met ’n goeie balans. Het ons samelewing en veral ouers so blind geraak vir wat natuurlik en gemaklik is vir kinders? Is ons meer bekommerd oor hul voorkoms en wat ander sal sê as oor wat gesond, gemaklik en natuurlik is? Ons wil almal hê ons kinders moet normaal ontwikkel, gelukkig en gesond wees. Is dit nie die beste manier om te leer en die lewe te geniet nie?

Voetfeite Daar is 26 voetbeentjies, 33 gewrigte en meer as 100 ligamente en spiere in elke voet. In ’n paar voete is daar ongeveer 250 000 sweetkliere wat elke dag 500 ml sweet produseer. Die sole van jou voete bevat meer sweetkliere en sensitiewe senuwee-eindpunte per vierkante sentimeter as enige ander deel van jou liggaam. Die gemiddelde mens gee tussen 8 000 en 10 000 tree per dag, loop 115 000 myl in ’n leeftyd en ’n afstand van vier keer om die aarde. Die meeste skoene, wanneer dit op ’n plat oppervlak geplaas word, se toongedeelte lig op na bo en raak nie die tafel nie. ’n Natuurlike voet se tone rus almal op die grond om die “grypfunksie” te kan verrig. In skoene is die tone 5° – 20° opgelig en kan nie hul natuurlike gryp-aksie verrig nie. Die meeste voetspiere se senings heg aan die tone en kry dit dus geen oefening nie – wat lei tot verswakte voete en ander probleme in die liggaam. Gaan toets jou peperduur hardloopskoene of tekkies – kyk of die hele sool die tafel raak. Die normale voet buig omtrent 54° by die bal van die voet met elke tree. Die meeste skoene buig 30% – 80% minder by die bal van die voet, of glad nie, weens die harde en soliede sool. ’n Stywe of smal goedpassende skoen verhoed die natuurlike uitsit van die voet met elke gewigdraende tree. Dit beïnvloed balans en natuurlike normale loop. ’n Kaal voet se hak is op 180°-vlak, met liggaamsgewig gelyk gedeel tussen die hak en die bal van die voet. In ’n skoen met ’n hak (enige hoogte) verskuif die liggaamsgewig na die bal van die voet en die Achilles-tendon en kuitspiere verkort.

januarie/februarie 2015

esprit de corps

17


Soek die verskille - wenner

Soek die verskille

Tien klein paddatjies Tien klein paddatjies kom sit in ’n kring, bring julle boekies en laat ons sing. Maak julle bekkies wawyd oop en sing vir my so soet soos stroop. Kwak-kwak-kwak, Kwek-kwek-kwek, Tien klein paddatjies maak my gek!

Hoeveel verskille kan jy kry? Die eerste korrekte antwoord wat getrek word, wen die boek Groen Ham en eiers - Dr Seuss met die komplimente van Human en Rousseau Uitgewers. Stuur jou antwoord na: esprit. kompetisie@gmail.com. Merk in die onderwerplyn: Soek die verskille. Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 10 Maart 2015

wegsteek-kompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Die maand is die wegkruipplek­ke goed gekies ... Tel hoeveel keer hierdie suigstokkie in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Brei saam met Vrouekeur wat deur Lapa Uitgewers geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel suigstokkies Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 10 Maart 2015

wat kan dit wees?

wenner

Die regte antwoord van die prentjie is sjokoladesplinter- koekies. Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek is, is dié van Roenel van Heerden (Admin Beampte Vryburg Handel) Baie geluk! Die boek Ter wille van Talita, sal binnekort aan jou gestuur word. Die korrekte aantal kersbome wat in die November/Desember-uitgawe versteek was, was 12 Baie geluk aan Magaretha van Wyk (Beampte Ontvangs) Die boek Lotta se lewe sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die kersbome weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Bls 5, 8, 12, 14(2), 17, 20, 21, 23, 24, 29, 32

18

die gees van ons mense

Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek is, is dié van Dalene Lubbe (Kredietbestuurder: Maandrekeninge) Baie geluk jy wen die boek Daar’s ’n Trikeratops op die Trampolien met die komplimente van Human & Rousseau Uitgewers. Jou boek sal spoedig aan jou gestuur word.

Lekker op die plaas? Trek die syfers na en kleur dan sommer ook die prentjie in.


popcorn

Skool is pret Nog ’n nuwe jaar het aangebreek vir kinders wat vir die eerste keer groot skool toe gaan. Ons weet hulle gaan baie pret hê in die skool.

Sollie en Rina Theron (Aankoper, Handel Christiana) se dogter René is hierdie jaar in Graad 8. Eilana Kotzé, (links) en Andrea van der Merwe (regs) is vir die eerste keer kleuterskool toe. Hulle is in die Skilpadjieklas in Leeutjieland in Leeudoringstad. Analie sê Eilana was so oorweldig en opgewonde en het sommer dadelik na haar juffrou (Elmarie Coetzee) gehardloop en haar armpies om haar nek gegooi en daar is Analie en haar man Manus vergete. "Eintlik goed, want hierdie mamma wou net huil," sê sy. Eilana is Analie Kotzé (Finansiële en Administratiewe Beampte Terratek) se dogtertjie en Andrea is Marius van der Merwe (Instandhouding) se meisiekind.

Cornay Botes, seun van Natasha Botes (Jr Rekenmees­ ter: Graan) is Graad 8 toe by Hoërskool Bothaville. Hy dra 'n baie spesiale broek op sy eerste dag na sy nuwe skool toe ...

Hendriët, Freek en Helene Jacobs (Bloemhof Handel) se laatlammetjie, is gereed vir haar eerste dag in die groot skool.

maak die regte skuif

Jason en Ilse Sparrow (Hoofklerk : Versekering) se seuntjie Daniël (3 jaar) gaan Leeutjielandkleuterskool toe. "Hy was baie bly om saam met die maatjies te kan speel," sê Ilse.

Ané en Fredricht Saunderson het in Januarie aan die Junior Skaakkampioenskap in Kimberley deelgeneem. Hoewel Ané o/8 is, het sy in haar boetie se 0/12-span gespeel. Sy het een van haar sewe wedstryde gewen, maar moenie dink dié o/8 het die spel sommer prysgegee nie – haar spel het gewissel van een uur na een uur twintig minute per spel. Ané is in haar ouderdomsgroep onder die top 10 wat genooi word om in April aan die geslote Junior Kampioenskap deel te neem. Wie weet, dalk het ons ’n Junior Springbok op hande. Fredricht het op sy beurt vier uit sy sewe wedstryde gewen. Hulle is Jeanine Saunderson se kroos.

Bo: Monique Pretorius is nie min trots op haar skool- en sportdrag nie. Sy was in graad R in Hartswater Laerskool en die oorgaan na graad 1 toe, was maklik, sê haar ma, Anna-Marie Pretorius (Aankoper). Freek en Smiley Jacobs (Handel Bloemhof), se dogter Henriëtte is Graad 1 toe. Pa was bietjie hartseer om sy meisiekind te sien skool toe gaan want toe besef hy weer sy word nou groot. Smiley sê sy was rustig want dit is haar 4de kind wat skool toe is. Henriëtte self was nie in trane nie, maar ook nie juis regtig uit haar nate om by die skool afgelaai te word nie.

januarie/februarie 2015

esprit de corps

19


agterstoep

kompetisie

M´y designer-kind

wat kan dit wees?

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

E

k skryf vir die skool ’n brief om te kla. My kind is in matriek en hy word tot trane deur ’n piepkleine, bloedjonge juffrou geboelie. Nie dat ek dit heeltemal só in die brief sê nie. Ek ken groot dubbelsinnige woorde en slim konstruksies, en gebruik dit as wapen. Soos argwaan en dit blyk dat. Toe gooi ek “sielkundige” ook iewers in. Nee, sê die Ridder toe hy die brief lees omdat ek hoop hy sal my volkome ondersteun en my aanpor. En op die ou end, as die skoolhoof die ouers inroep, die geveg oorneem. Haal sielkundige uit, sê die Ridder. Dit laat hom soos ’n designer-kind klink. Ek haal die sielkundige uit. Broei oor die brief. Besluit die brief gaan na die juffrou toe, na die standerdhoof toe, na die twee adjunkhoofde toe en, omdat die Olivers niks half doen nie, na die skoolhoof toe. Iewers kry ek die insig dat dit passief-aggressief sou wees om die brief ook na die sekretaresse toe te stuur om só te sorg dat almal die gruverhaal hoor – ek haal die sekretaresse van die lys af. Die Olivers is nie passief-aggressief nie, hulle is aggressief-aggressief, maar net as dit nodig is en ons jongman-kind beskerm moet word. Gelukkig gebeur dit nie dikwels nie. Ek het laas toe die Matrikulant in graad 4 was ’n juffrou gebyt. Die Ridder sê dis nie van lafhartigheid dat ek honde het nie: ek aanvaar verantwoordelikheid en byt boosdoeners sommer self. Broei oor die brief. Ná ’n hele onproduktiewe oggend sit ek die sielkundige terug in die brief. Die Ridder is baie beter met mense as ek en sy intuïsie laat ons nie dikwels in die steek nie, maar nou WIL ek hê die juffrou moet weet my kind is ’n designer-kind, verdeksels. Ek het met hom op en af gery babamassering toe. Stimuleergroepies toe tot ek nie meer die ander ma’s en babas se bypassende Mad Dog/Mad Puppy-uitrustings kon sluk nie. Kindermusiek toe. Arbeidsterapeut toe. Swemles en perdry toe. Wiskunde en kuns toe. Drama toe met ’n halfgepermde kop en ’n mantel tot die hele dorp se eindelose vermaak. Eindeloos na goedgekeurde maatjies toe en soms Kaap toe en een keer Londen toe. En toe, die afgelope hoeveel jare al, na sy persoonlike sielkundige engel toe teen ’n fooi wat die mediese fonds se oë laat traan. Hy IS verdeksels ’n designer-kind. (Ek hoor Annie-vriendin in my ore: Elke ma dink haar krummel is ’n koek.) Weliswaar is my Matrikulant ’n designer-kind wat eindeloos voor die TV lê, eenkeer 33% op sy rapport gekry het, so lui is soos ’n diepseevis, skool haat, ’n oranje en pienk broek kerk toe wil aantrek, sy skooldas verloor en nog nooit eens klaskaptein was nie. Voor die eerste matriekkwartaal ’n maand oud is, het hy sy skooltas verloor. Hy rol sy oë hemelwaarts, deesdae selfs vir sy hond, asof hy nooit as baba gemasseer is nie. Maar die juffrou moet weet hy is nog steeds ’n designer-kind. Mý designer-kind. As sy hom nou so moedeloos maak dat hy wéér deur die sielkundige moed ingepraat moet word, gaan ek haar e by die mediese fonds aangee.

20

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Kan jy raai wat die prentjie is? Die eerste korrekte antwoord wat ons trek, wen die boek Kinders van die duine wat deur Kejafa Uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 10 Maart 2015 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die Maart-uitgawe.

Hierdie boek is die resultaat van 'n behoefte om hulde te bring aan die Boesmans van die Kalahari asook om stories uit my bewaringslewe oor te vertel aan vriende en families. Dit gee die boek 'n styl van "bedstories met slapenstyd" wat ek vir my kinders sou vertel het wanneer ek van die veld af teruggekom het. As navorser moes ek ook die unieke wetenskaplike geheime wat in die Kalahari opgesluit is, probeer ontrafel. Verder moet ek aan die leser verduidelik onder watter unieke toestande die Boesmans aan die suidpunt van Afrika oorleef het. Die faktore wat bygedra het dat ek die voorreg gehad het om in die Kalahari navorsing te kon doen, kan byvoorbeeld nie verduidelik word sonder die geskiedkundige agtergrond van die gebied nie. Alle boeke van Kejafa is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.kejafa.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.