Esprit de corps nov des '14

Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

n o v/d e s 2 0 1 4 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

ONS MAAK SKOONSKIP

Opkomende boere leer by die kenners >10

3 nasionale kampioene >3

wenners >21

>9 mpy-esprit 3 personeel-esprit 17 pitkos 26 popcorn-pretblad 28

>21

>23

>10

agterstoep 32


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

inhoud

daar lê die ding 2014 SE VOETE IS amper onder hom uit en voor jy kan sê 'krismispoeding' lê hy op sy rug. Die jaar het vir Suidwes op 'n hoogtepunt afgesluit toe nie minder nie as drie klante die hoogste toekennings in die land vir hulle onderskeie boerderypraktyke ontvang. Lees die sukses­stories van twee van die drie boere op bl 6 en 7. Elke personeellid wat met een van die drie te doen het, het op sy of haar manier bygedra tot hulle suksesse. Esprit sluit ook op 'n hoogtepunt af met die aanwysing van die wenners van ons baba- en kleuterkompetisie – daar moet iets in die Noorwes Provinsie se lug of water wees wat die kleingoed so mooi en oulik maak. Om 'n wenner te kies, was nie maklik nie maar die inwoners van die Blye Toekoms Aftreeoord het die taak meesterlik voltooi. Ons het besluit dat behalwe vir die pryse wat die wenners gaan ontvang, elke kleinding ook 'n geskenkie van Suidwes sal kry – kyk op bl 21. Geniet hierdie laaste uitgawe van die jaar, ons sien mekaar weer in Januarie. Rus goed uit en wees veilig. nici

oktober se

kompetisiewenners wat kan dit wees? Lourens Brand (Takbestuurder, Hertzogville Handel) het mooi gekyk, dit is 'n waatlemoen. Hy wen die boek, Mosaïek,

baie geluk.

wegsteek-kompetisie Die korrekte aantal roomyse wat in die Oktober-uitgawe versteek was, was 10. Baie geluk aan Mia Viljoen (Admin Beampte, Hoopstad Handel), jy het mooi gekyk!

dis lekker om te wen Phillippina Potgieter het die boek, Bobbie, uitgegee deur Human en Rosseau, gewen. Geniet die boek. Zelda van Reenen (PA: Groep HRB) kan skaars wag om haar wenboek, Ryker as Dawid, te begin lees. Sy is duidelik in haar noppies. Geniet die boek, Zelda.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719 Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

medewerkers

DIE REDAKSIE EN MEDEWERKERS van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Carelzen – annemariec@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe – ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow – ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg – joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

mpy-esprit

Uitdagings skep geleenthede 3 Kortliks 4 Suidwes spog met sy beste 5 Omring jou met mentors, glo Richard 6 Boerdery is vir positiewe mense 7 Soedan – Hier kiep-kiep 8 Suidwes Consultative Forum 9 Opkomende boere leer by die kenners 10 De Kuile-boeredag bied meer as net praatjies 11 Christiana onthaal die ouens met die bestelboeke 11 Even if you are not infected you will always be affected 12 Water is sy ding 12 Nuwe gesigte in ons midde 13 Vryburgtak gereed vir die vakansiestormloop 14 Opleiding pak boeke op vir die jaar 15 Graanleerlinge het toekoms by Suidwes 15 Besoek ons aanlyn 16

personeel-esprit Kies jou gunsteling omslag van 2014 Die jaar wat was en wat kom Hiert, jou 8-potige! Wegbreeknaweek kom op die regte tyd Sit bietjie hand by Wenners van baba en kleuterkompetisie Met Protek kan jy ook groen vingers hê Sage-program is op skedule Wys my jou muis Smartie is gevind Bou saam aan die gees-muur Dubbele geluk – dubbele vreugde Hulle haak die knoop deur Totsiens maar nie vaarwel Lief en leed

17 18 20 20 20 21 22 23 23 23 23 24 24 24 25

pitkos Krismis in 'n boks Don't make any New Year's Resolutions

26 27

popcorn-pretblad Suidwes uitblinkers om op trots te wees 28 Kompetisie en uitslae 30 Karina se mooi goedjies 31

agterstoep Sarie se wenner-Peppermint-Crispkoek en die fietsryer

32


S

oos elke jaar was 2014 vol uitdagings en geleenthede op alle gebiede, maar veral op die landboufront was ons vanjaar gekonfronteer met 'n snel-veranderde omgewing. Hoog op die agenda van uitdagings is grondhervorming, arbeids­ onrus, misdaad, swak ekonomiese omstandighede en die voortslepende droogte. Ons weet almal dat 'n boer 'n plan kan maak en dat ons voorheen ook krisisse beleef het. Telkens het die boere dan bymekaargekom en planne beraam om die potensiële bedreiging die hoof te bied. Toegegee, landbou was waarskynlik nog nooit met soveel veranderings gekonfronteer soos juis nou nie, maar die land en sy mense het kos nodig om te oorleef en derhalwe ook sy kommersiële boere. Landbou kan en sal 'n bedeling skep wat tot die langtermyn-voordeel van almal sal wees. Dit gaan egter leierskap verg met wysheid, 'n positiewe gesindheid en 'n versoenende benadering. Gelukkig is ons geseënd met goeie leiers wat al hierdie kwaliteite het. Hulle het egter die ondersteu­ ning van die individue en strukture in georganiseerde landbou nodig om te help om ook hierdie wa deur die drif te trek.

Uitdagings skep geleenthede

Soos die uitdagings kom, so kom die geleent­ hede ook, en vanjaar het verskeie boere in die Suidwes-bedieningsgebied hulle onderskei

deur uitmuntende prestasies te behaal. Pierre Vercueil, voorsitter van Suidwes se direksie, is tot President van Agri Noordwes verkies. Dit kom in 'n tyd wat Pierre 'n groot bydrae kan maak, veral weens sy onwrikbare geloof in markbeginsels en sy visionêre benadering tot landbou in Suid-Afrika.

Suidwes het drie nasionale kampioene

Dan is daar, waarskynlik vir die eerste keer in die geskiedenis van Suidwes Landbou, drie nasionale kampioene uit ons bedieningsgebied aangewys. Al drie boere is groot klante van Suidwes en ons beslis baie trots op hulle prestasies. • Sakkie van Zyl van Kingswood is as Nasionale Jongboer van die Jaar aangewys. • Jan van Zyl van Reivilo is aangewys as Voermol se Nasionale Beesboer van die Jaar. • Richard Hobson van Setlagole is aange­ wys as die Nasionale Graanboer van die Jaar. Ons wil graag aan hierdie vier mans hulde bring met hulle prestasies. Dit is lekker om te kan spog dat almal groot en lojale klante van Suidwes Landbou is. Die maatskappy het vanjaar die effek van die lae mielieprys en die algemene swak ekono­ miese omstandighede gevoel en, hoewel die verwagting is dat ons sowat 20% beter as die vorige jaar sal presteer, is die prestasie steeds

nie na wense nie. Van die afdelings en filiale in Suidwes trek swaar weens die droogte. Daarom fokus Bestuur spesifiek daarop om daardie besighede te optimaliseer. Die maatskappy is egter goed geposisioneer en sodra die klimaat normaliseer, sal ons die voordeel daarvan trek. Toewyding en harde werk is al wat nodig is om 'n sukses te maak en Suidwes is geseënd om, soos in die geval van ons klante, ook toppresteerders onder ons personeel te hê. Ons het onlangs ons jaareindfunksie gehad waar verskeie van ons personeel beloon is vir hulle uitsonderlike prestasie. Dit is hierdie individue wat 'n verskil maak wanneer dinge taaier as normaal is.

maatskappy-esprit

Uitdagings skep geleenthede

Personeel is die hartklop

Suidwes is nie 'n gebou in 'n dorp of dorpe nie, maar bestaan uit mense. Dit is die personeel wat die hartklop van die maatskappy is en die klante wat ons voortbestaan verseker. Sonder mense het die maatskappy geen kultuur, etos of waardes nie. Dit is dus vir my logies om aan al hierdie mense hulde te bring en te bedank vir hul harde werk en ondersteuning oor die afgelope 12 maande. Mag die tyd saam met julle gesinne vreugdevol en spesiaal wees. Vir die van julle wat met vakansie gaan wens ek 'n voorspoedige reis toe – kom veilig en verkwik terug vir 2015! e Louis Smit Groep HUB

Pierre Vercuiel, Sakkie van Zyl, Jan van Zyl, Richard Hobson en Louis Smit.

november/desember 2014

esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

Handel wink Deon nader

kortliks DEON BADENHORST is as Operasionele bestuurder by die Handelsdivisie aangestel.

Hy het onlangs sy MBA-graad verwerf en het homself die afgelope jaar onderskei deur sy betrokkenheid in Soedan en die Groep se Bemarkingsfunksie. Die UK het hom in hierdie lynfunksie aangestel in belang van die belegging wat die Maatskappy in Deon, deur sy studies gemaak het, asook loopbaan- en opvolgbeplanning vir die toekoms. Deon sal direk aan Patrick Nelissen rapporteer. Alle takbestuurders en ander handels­ afdelinghoofde rapporteer soos normaal ook aan Patrick. Marlis de Greeff neem waar as Menslike Hulpbronne Bestuurder.

Nuwe besigheid in Suidwes-kamp Suidwes het onlangs die beherende belang in PROTEK aangekoop. Protek is 'n bekende handelsmerk in die huis- en tuinmark wat veral op chemiese beheermiddels in klein verpakking fokus. Protek kom feitlik in elke hardewarewinkel in die land voor en sal deur Agrinet versprei word.

BD van Agrinet het sy vinger op die pols SEAN BRADSHAW is as die Besturende Direkteur van Agrinet aangestel. Hy was tot onlangs 'n bedryfs­ direkteur by Buildit/Spar en was voorheen ook by die Shoprite/Checkers- en Massmartgroepe. Sean is 'n bestuurder met sy vinger op die pols en het uitstekende ondervinding in groot- en kleinhandel.

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

Dagbestuur is Jenaan Investments se gaste by skou SUIDWES SE DAGBESTUUR het onlangs die SIAL-skou in Abu Dhabi op uitnodiging van Jenaan bygewoon. As die Landboukundige vennote van Jenaan word hierdie geleentheid jaarliks gebruik om 'n terug- en vooruitskouing van die vordering op die Soedanprojek te doen. Die Jenaanstalletjie was baie professioneel en het aandag getrek. Van links is Pierre Vercuiel (Voorsitter van die Direksie), Hansie Viljoen (Ondervoorsitter van die Direksie), Louis Smit (Groep HUB) en IB Oosthuizen (HUB: Terratek International).

Werkgroep hou pryse dop ONDER LEIDING VAN Rayner van Rooyen is 'n werkgroep gestig om die prysmededin­ gendheid van Suidwes deur­ gans te monitor met die doel om 'n databasis op te bou. Die werkgroep bestaan uit Rayner as sameroeper, Annette Neethling (Handel Aankoper) en Jaco van Niekerk (Mega­ nisasie Aankoper). Die doel met die werkgroep is om bestuursinligting te versamel deur pryse

van dieselfde produkte by Suidwes se bedryfspunte met die opposisie s'n te vergelyk. Dit sal nie alleen verseker dat Suidwes pryskompeterend op 'n mandjie produkte is nie, maar ook toesien dat Suidwesaankopers produkte teen die regte pryse aankoop. Die inligting gaan ook gereeld aan klante gekommunikeer word om wanpersepsies in die mark reg te stel.

Personeel kry geleentheid om eiendom te besit TWEE BLOKKE WOONSTELLE wat aan Suidwes behoort het, is onlangs verkoop, een aan personeel en die ander een aan 'n belegger. Dit bied personeel die geleent­heid om eiendom te besit wat mettertyd in waarde sal toeneem. Die verkoop van die woonstelle aan die belegger is onderhewig daaraan dat Suidwesperso­ neel se huurvoorwaardes dieselfde bly.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

SUIDWES HET VROEG in Desember ’n spogfunksie gehou om onder andere hulde te bring aan vier boere wat groot prestasies behaal het.

Suidwes spog met sy beste

"WAT IS ONS AS boere se taak vandag? Dit is om ons deel in die voedselwaardeketting vol te staan sodat verbruikers voedsel teen die beste prys kan kry,” so het Pierre Vercueil, Voorsitter van Suidwes se Direksie by dié spogfunksie gesê. Louis Smit (Groep HUB)het trofees oorhandig aan Sakkie van Zyl van Kingswood, hy is aangewys as 2014 Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar, aan Richard Hobson van Setlagole as Graan SA se Graanprodusent van die Jaar, Jan van Zyl van Reivilo as Voermol se Nasionale Beesboer van die Jaar en ook aan Pierre Vercueil wat as president van Agri Noordwes aangewys is. Pierre het ook verwys na ’n

studie wat gewys het dat kos in Suid-Afrika van die goedkoopste ter wêreld is. “Dit is ’n feit wat ons baie meer behoort te verkondig, veral in politieke kringe,” het hy gesê. Hy het kortliks verwys na die karakter van elkeen van die drie Boer van die Jaar wenners. “Jan van Zyl en sy vrou Irma het hulle merk in die veebedryf gemaak en wanneer mense van vee praat, praat hulle van Kroonvee, die naam van hulle boerdery. Jan vertel altyd dat hy en sy twee seuns eintlik met gras boer,” het Pierre vertel. “Vir Richard Hobson ken ek al van kleintyd af, ons boer in die selfde omgewing. Hy was ’n mannetjie van so vier jaar oud, toe is hy al op die trekkers doenig,

niemand het ooit gewonder wat Richard gaan doen as hy groot is nie. Baie mense praat oor nuwe tegnologie, maar die doen van nuwe tegnologie is nie so maklik soos die praat daaroor nie, maar Richard doen dit met oorgawe en entoesiasme,” het hy oor dié Graanboer van die Jaar gesê. “Ek onthou vir Sakkie van sy skooldae af waar ek hulle raakgeloop het toe hy vir Stellaland krieket gespeel het. Ek onthou hoe sy pa, Fanie al om die veld geloop het – Sakkie het heeltyd geweet sy pa is daar , want Fanie het nooit ophou praat nie. Sakkie is maar vir vier en ’n half jaar terug op die plaas en het reeds hierdie toekenning ontvang – hy is ’n besondere gebalanseerde jong-

Jan van Zyl en sy vrou Irma maak hulle merk in die veebedryf.

Dit was ’n gesellige kuier om die mooi opgemaakte tafels – van die Direkteure van Suidwes kuier saam tydens die ete wat by Suidwes se hoofkantoor gehou is.

man wat net so goed in sport as in die akademie doen,” het Pierre oor Sakkie gesê. Pierre het afgesluit en gesê dat hy moed kry omdat hy by soveel jong manne hoor dat hulle kans sien om ’n lewe uit landbou te maak. “Ons jong boere gaan landbou nog ver neem. Suidwes sal in die waardeketting bly om hierdie boeresakemanne by te staan en ons sien uit na wanneer dié jong manne by Suidwes se Direksie e aansluit.”

Die trofees met hulle besondere ontwerp spesiaal gemaak vir die geleentheid.

november/desember 2014

esprit de corps

5


maatskappy-esprit

SA Graan se Graanprodusent van die Jaar

sukses

Omring jou met mentors, glo Richard

Richard en Paula Hobson is 'n gedugte span in die boerdery, sy hanteer die finansies. Hulle het twee dogters, Megan (6) en Nicole (3).

6

die gees van ons mense

Ons Eie het op Richard Hobson, SA Graan se Graanprodusent van die Jaar, se plaas Nonen Ranch by Setlagole gaan kuier. Richard het ’n lang verbintenis met Suidwes – hy was onder andere in 2010 Terratek se Presisieboer van die Jaar. Hy was ook in 2009 Agri Noordwes en Toyota se Jongboer van die Jaar.

“EK MOES MAAR ARM druk om Richard te oortuig dat ek ’n oggend van sy tyd wil opneem vir ’n kuier op sy plaas. Hy is midde-in planttyd en het nie baie tyd vir enige iets anders nie. Ek verstaan egter nou, na ek die omvang van sy plantproses eerstehands beleef het, wat hy bedoel as hy sê hy het nie tyd nie. Richard glo hy moet sy voete in die land by die plantery hê as hy dit reg wil doen. En hier is nou ’n man wat weet hoe om dinge reg te doen,” vertel Jedrie Harmse, redakteur van Ons Eie. Nonen Ranch-boerdery is deel van die groter familiebesigheid, die Botselo-groep. Die goep behoort aan Carey Hobson, sy broer Adrian en Carey se seuns Garth en Richard. Richard is verantwoordelik vir die boerdery. Die Botselo-groep bestaan uit Botselo-carriers – ’n vervoer­ besigheid, die Botselo-meule, Botselo-Grain, wat opberging doen en graanverhandeling hanteer en dan Nonen Ranch, die boerdery. Hulle het ook ’n wildvertakking en ’n lodge wat die waardeketting voltooi. Botselo is ’n Tshwana woord wat ’lewe’ beteken. Richard is die derde genderasie Hobsons wat op die grond hier by Setlagole boer. Suidwes se assessors het onlangs by die Botselo-meule opleiding aan die werknemers gegee. (esprit Oktober 2014) “Richard het van kleins af net een plan gehad en dit was om te boer, ’ek het nie nodig gehad om ’n kopdokter te gaan sien om te weet wat ek met my lewe wil doen nie – boerdery is van kleintyd af al my passie’,” sê Jedrie. Oor presisieboerdery het Richard al heelwat in die media en ander forums te sê gehad en is van mening dat mense die term verkeerd verstaan. “Mense dink dat presisieboerdery oor tegnologie gaan en dat dit boer­ dery met groot, duur masjinerie

behels. Dit gaan egter oor die optimale benutting van hulpbronne en die tegnologie is maar net werktuie wat gebruik word om hierdie doelwit te bereik,” is sy oortuiging. Vir hom is daar vyf baie belangrike punte in boerdery: die grond, die chemie, navigasie­ tegnologie, stroperdata en meganisasie. Die tegnologie is duur en daarom speel ekonomie van skaal 'n geweldige rol in die tipe boerdery. Dit is ook die rede waarom groter boerderye al groter word en kleiner boerderye verdwyn – jou vaste koste bly dieselfde of jy groot of klein boer. Hulle plant op sowat nege plase wat oor ’n afstand van ’n honderd kilometer strek. Daar was altyd 80 mense by die operasie betrokke en hierdie mense en al die toerusting moet van plaas na plaas trek in die plantseisoen. Deur die kleiner trekkers te vervang en na massahante­ ring van saad en kunsmis oor te skakel, is daar nou net 20 mense betrokke. Nou het hulle die voordeel van al die besparings aan tyd en geld wat daarmee gepaard gaan. Richard is opreg beskeie wanneer hy oor sy sukses uitgevra word. “Ek kan nie arrogant wees nie, ek het al te veel verkeerde besluite geneem wat my duur te staan gekom het. Ek het vroeg al geleer dat ek baie tekorte het en dat daar baie dinge is wat ek nie goed kan doen nie en daarom moet ek my omring met die regte mense. Ek werk regtig hard daaraan om verhoudinge met die regte mense te kweek, met kundiges wat my kan help om die regte besluite te neem.” Hy vertel dat ’n mens die gemiddeld is van die vyf mense waarmee jy die meeste omgaan – dit is dus belangrik om jou met mentors te omring. “Sukses het baie met leiserskap te doen, maar jy moet ook ’n spanspeler wees,” is Richard se filosofie. e


Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar

maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Net ’n paar kilometer anderkant die Bamboesspruit, 35 km uit Wolmaransstad, draai jy links af na Kingswood om by Rietfontein te kom waar Sakkie van Zyl boer. Hy is vanjaar Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar en Ons Eie het by hom gaan kuier om te sien wat dié jong man so besonders maak.

Boerdery is vir positiewe mense NA NET ’N PAAR minute in Sakkie van Zyl se geselskap verstaan jy hoekom hy na net sowat drie jaar in die boerdery die toekenning as Toyota SA/ Agri SA se Jongboer van die Jaar verdien. Sy entoesiasme, nie net vir boerdery nie, maar vir die lewe, sleep jou gou-gou saam. “Boerdery is nie vir mense met ’n negatiewe uitkyk op die lewe nie. Ek weet alles is nie maanskyn en rose nie, en ons kan nie bekostig om ’stupid’ te wees nie, dit is met nugter denke en ’n positiewe gesindheid dat ons die uitda­ gings in die landbou sal oorkom,” is sy filosofie. Sakkie is nou 34 en die jaar toe hy terugkom plaas toe om na sy studies en vyf jaar se werk in die korporatiewe landbou te begin boer, reën dit die jaar só dat ’alles versuip’. Die 2010/11-seisoen was besonder nat – Sakkie praat van ’die vloed’. “Ons het by die 1 200 mm reën gehad. Ons moes met die hand oes, want jy kon nie met ’n stroper in die lande kom nie. Voertuie het eenvoudig vasgeval.

Dit was ook die laaste van die reën, want die volgende seisoen kom die lang droogte. “My tweede seisoen op die plaas reën dit weinig, maar danksy oorgenoeg grondvog van die vorige seisoen, het ons ’n uitstekende oes. Maar toe is die water op, en die volgende twee jaar reën dit bitter min hier in Kingswood se omgewing,” vertel hy. Toe die droogte hulle eie voorrade uitgeput het, moes hulle begin soek na alternatiewe weiding. Gelukkig het sy verloofde se pa, wat naby Warden in die Vrystaat boer, ’n goeie jaar gehad en aangebied om hulle met weiding te help. “Jy kom voor moeilike keuses te staan in sulke omstandighede. Ons het besluit om op ons teelkudde te fokus. So trek ek met die beeste die 400 km Warden toe,” vertel Sakkie. “Dit was onder die omstandighede beter om die beeste na die voer te neem as om die voer na die beeste toe te bring.” Sakkie vertel dat van die plaaswerkers verbaas was oor die klomp beeste wat op die plaas

aankom. Een van hulle voormanne vertel toe die storie dat dit die beeste is wat Sakkie uitsit vir lobolla wat hy aan die man op Warden moet betaal om met sy dogter te mag trou. Die werkers was van mening dat dit darem ’n baie ruim lobolla is om vir een vrou te betaal. “Ons lag vandag nog oor dié grappie en wanneer iemand na dié kudde verwys, word daar steeds van Sakkie se lobolla-beeste gepraat.” Sakkie is die vyfde Van Zyl wat op hierdie stuk grond boer. “Toe my oupa op die plaas was, en my pa nog op skool, moes Pa na skool in die middag met die trekkertjie ’n stuk land ploeg. Dan het Oupa die volgende oggend met die hand gesaai en vanmiddag moes Pa weer die volgende stuk ploeg. My voorgeslagte het oor jare geboer om hierdie boerdery te maak wat dit vandag is. Dit vat ’n enorme lang tyd om ’n boerdery van die grond af op te bou totdat dit selfversorgend is. Hier is bae mense se sweet oor baie jare in hierdie grond in,” vertel Sakkie. e

Sakkie se getroue hond, Mauser, is gek na bakkiery. "Jy moet hom met kos van die bakkie af lok," sê Sakkie.

Sakkie se lobollabeeste wat hy 400 km agter weiding aan vervoer het. Sy verloof­ de se pa het in die droogtetyd voer vir Sakkie se beeste gehad.

november/desember 2014

esprit de corps

7


< stories uit soedan > Carl Bierman gesels uit Soedan

maatskappy-esprit

soedan

Hier kiep-kiep

’n Onlangse besoek aan ’n hoenderplaas het ons vebaas oor die vordering wat hier in Soedan gemaak is om meer veilige voedsel te produseer. Die plaas se naam is “Nile poulty” en is slegs so 80 km van die Al-Dabbah projek af. Die plaas meng sy rantsoene self en gebruik sorghum i.p.v. mielies. Tans word daar minder as 100 000 ton mielies in Soedan geproduseer. Die vordering op die gebied van hoender boerdery is om die minste sê, indrukwekkend en aangesien ons hoender porsies hier op die projek ook van hierdie plaas af kom weet ons dat dit onder baie higiëniese toestande geslag en verpak word.

Die voeraanleg gaan nog uitbrei en is slegs in die beginfase van produksie. Inlas: Die perseel waar die kuikens gevoer word kon nie besoek word nie uit vrees vir siektes. Ons kon darem die foto van die aanleg afneem.

Alle besoekers en werkers dra jasse en maskers om besmetting van die eiers te voorkom.

Die slagpale word nog nie konstant gebruik nie en ons kon ongelukkig nie die slagproses sien nie.

Die bestuur van die aanleg verduidelik die prosesse baie vriendelik – maar hulle Engels is gebroke en ons Arabies is ook maar swak.

8

die gees van ons mense

Die verpakking en verkoeling word hier gedoen. Die vloere en werkareas is silwerskoon en alles hier verloop seepglad.

Die temperatuur in die vrieskamers soos hierdie een is -40° C.

Hierdie eiers moet nog net een dag in die broeimasjien wees voor die kuikens uitbroei.


maatskappy-esprit

What and who is the Consultative Forum? IT IS A COMMITTEE THAT is prescribed in the Employment Equity Act and represents the whole company. The main focus of the forum is the reaching of the EE targets and goals which are reported to Department of Labour annually. It includes reporting on further studies, recruitment and promotion of personnel, also learnerships and training grants received from AgriSeta. The representatives are appointed every two years after a nomination and election process.

The current representatives are: NWet

Vacant

Silo Bamboesspruit:

David Senatle

Silo Wolmaransstad:

Emmanuel Tlhagaswane

Mechanisation:

Josef Modise

Silo Christiana:

Jimmy Jasson

Suidwes Fin:

Genevieve McEntee

Silo Hoopstad:

Walter Booysen

Central Office:

Elias Modise

Silo Amalia:

Hiram George

Retail Leeudoringstad:

Ishmael Selebalo

• T he representatives must ensure that the information that is given at the quarterly meetings is communicated to the rest of the company. Management also assists with getting the message to the personnel by putting it on the agenda of the Management meetings (BK) • The representatives represent the employees and will put matters on the agenda for the next meeting.

The management team that forms part of the Consultative Forum: Louis Smit – Group CEO

At the meeting of 4 Augustus 2014 the following was on the agenda: • Elias Modise ’s new position and Joseph Modise ’s contract extension • Feedback on further studies for 2014 • Feedback on the learnership programs • Voetspore (employee training program) • Trainee branch managers training program

• Feedback was given about the planned “Voetspore program” for job levels 5 – 11. • Feedback was given on the changes in the Employment Equity Act. • Feedback on the training of the Trainee Branch Managers. • The Suidwes policy on promotions also needs to be reviewed.

• EE Targets & Goals 2014/2015 – change in legislation • Appointment summary (Apr 2014 – Jul 2014) • Recruitment – strong focus on internal placements and advertisements

The next meeting is scheduled for February 2015.

Summary of feedback given: FUTHER STUDIES FOR 2014 Advance Management Program (12 months program) Employees

Black

White

4

2

2

Fundamental Management Program (6 months program) Employees

Black

White

17

10

7

Appointments: April – June 2014 Job Grade

Applications Received

Vacancies

White

Black

5-8

262

24

5

19

9 - 13

136

23

19

8

14 - 18

62

9

8

1

Deon Badenhorst – Operational manager in training

19 - 26

2

1

1

Marlis de Greeff – Manager: Admin and Employment Equity

Total

57

33

George Potgieter – Group CFO Patrick Nelissen – Group COO & CEO: Retail Martin Ehlers– CEO Suidwes Fin Anton Jordaan – CEO Grain Derek Linde – Group CLO

maatskappy-esprit

Suidwes Consultative Forum

28

Sello Sekgejane is the secretary of the Forum

november/desember 2014

esprit de corps

9


maatskappy-esprit

kennis

Opkomende boere leer by die kenners 'N UITERS LEERSAME INLIGTINGSDAG vir opkomende boere is baie goed bygewoon en die program wat aangebied is, was propvol interessante en toepaslike lesings. Die lesings is in drie tale aangebied en die seremoniemeester, Mnr Monchusi van die Departement van Landbou het die verloop van die dag uitstekend bestuur. Theo Gerber (Takbestuurder Christiana Handel) het die verwelkoming gedoen en elkeen het hoendervleis gekry toe die boere en plaaswerkers die verrigtinge met ’n gewyde lied en gebed in Tswana open. Die lesings was insiggewend en die volgende punte was deeglik bespreek: • Die belangrikheid van die gebruik van die korrekte olie en brandstof in enjins – Willie Coetzer (Engen) • Die versorging van voertuigbande – Hennie Stevens (Christiana Bande) • Goeie funksionele kleredrag – Hantie Marais (Ruggedwear)

Dawie Malan van BP Implemente (in die wit hemp) demonstreer bekostigbare implemente.

10

die gees van ons mense

• Dossering en behandeling van beeste, skape en bokke – Piet Mooi (Antrovet) • Veesiektes wat tans beheer moet word – Mnr Monchusi (Departement van Landbou) • Die immunisering van diere – Aubrey Dladla (OBP)

Opkomende boere luister aandagtig na 'n speker op die inligtingsdag was spesiaal vir hulle gereël is.

• Die beheer en voorkoming van gronderosie – Frans (Virbac) • Die hoeveelheid en tipe voer en water wat diere per dag moet kry – Jan Coetzee (Voer­mol) • Die energiebesparende stoofplaat is aan die gaste gedemonstreer – Garreth (Snappy Chef) • Die voordele van elektriese heinings – Jaco Burger (Gallagher) • Bekostigbare implemente – Dawie Malan (BP Implemente) Sunelle van Rooyen

Bemarkingskoördineerder

Jaco Burger van Gallagher demonstreer die voordele van elektriese heinings aan 'n opkomende boer.

Piet Mooi van Antrovet bespreek die dossering en behandeling van vee, hy was ook een van die organiseerders van die inligtingsdag.

Mnr Monchusi van die Departement van Landbou raak 'n belangrike punt aan, naamlik die beheer van veesiektes. Hy was ook die seremoniemeester.

Theo Gerber (Takbestuurder Christiana Handel) open die inligtingsdag en verwelkom die gaste.


maatskappy-esprit

De Kuile-boeredag bied meer as net praatjies maatskappy-esprit

In die klein skuur op Barney Vorster se plaas luister die 75 boere na die sprekers by die De Kuile-boeredag.

SUIDWES WAS EEN VAN die hoofborge by die De Kuile-boeredag wat op Barney Vorster se plaas by Boetsap gehou is. "Dit was 'n perfekte dag, die son het liggies deur die blaarryke reusebome geskyn met ’n klein stroompie wat tussen die bome deur gekronkel het. In 'n klein skuur in die pragtige omgewing het die bedrywighede van die dag plaasgevind het. 'n Groep van 75 boere het gekom om te leer, te beplan en die toekoms te bespreek," vertel Simone de Villiers (Takbestuurder Reivilo). Patrick Nelissen (Groep HOB & HUB: Handel) het die sukses van die Suidwesgroep en Suidwes Landbou se drome en visie met die boere gedeel. "Ons het darem nie die hele dag net in 'n stoor gesit nie, daar was ook pretaktiwiteite waaraan die boere deelgeneem het soos die skatting van die gewig van ’n bulkalf vandie Braunvieh Kristalle-stoetery. Pryse is geborg deur Cipla en Excide. ’n Nuwe voermenger is deur Siloking gedemonstreer en die ander verskaffers wat uitgestal het, was Lafarge, Remitto, Molatek, Feedpro, SA Feedphos en Gallagher." "Die dag is afgesluit met ’n heerlike steak-braai met die wonderlikste slaaie en brode wat die boervrouens gemaak het. Met afloop van die dag was die boere gevul met stof tot nadenke en boerderylus! Nog ’n sukses vir Suidwes," sê Simone.

Siloking se nuwe voermenger is gedemonstreer.

Exide het die prys geskenk vir die gewigskatting van die bulkalf.

Christiana onthaal die ouens met die bestelboeke Net so voor aartappelplanttyd in November het Christiana Handel en Onderdele die plaasvoormanne – die ouens met die bestelboeke – onthaal. "Ek en Jan de Meyer (Bestuurder: Onderdele) het besluit om dié manne tydens so 'n geleentheid te bedank vir die besigheid wat hulle met ons doen," vertel Theo Gerber (Takbestuurder). "Die tak het oopgebly sodat die voormanne deur die winkel

kon stap – hulle kry maar min die geleentheid omdat bestellings gewoonlik telefonies gedoen word. Elke voorman het ’n klein geskenkie ontvang en terwyl ons dit aan die uitdeel was, vra een van die 'ou hande' of hy iets kan sê. Ek was benoud dat hy verkeerde goed oor Suidwes sou kwytraak, maar het hom steeds aan die woord gestel ... Hy het Onderdele en Handel se diens lof toegeswaai en veral vir Jan by uit-

gesonder oor die moeite wat hy doen om skaars of spesiale onderdele vir die aartappelboere in die hande te kry. Dié klant het ons so gevlei dat ek bekommerd was die ander gaste gaan dink ek het hom voorgesê. Ons is egter baie dankbaar vir sy mooi woorde, want ons probeer hard om goeie diens te lewer en weet nie altyd of dit raakgesien word nie," sê Theo.

november/desember 2014

esprit de corps

11


maatskappy-esprit

betrokke

Even if you are not infected you

will always be affected

Banners are put up during December to support the fight against HIV/Aids, creating awareness for the illness.

HIV/AIDS IS OF GREAT concern for any employer in South Africa as it is estimated that more than 5 million people are infected with the HIV virus. As part of the support Suidwes gives to its employees we display these banners each year in December. Throughout the year training is given to staff about HIV/Aids. It is imperative for employees to expand their knowledge about the disease and personnel are encouraged to know their HIV status and treatment options.

Healthy lifestyle

Suidwes also encourages a healthy lifestyle that includes the following: • Eat a variety of foods that include vegetables and fruit • Exercise regularly • Use alcohol moderately • Keep thoughts positive and create a supportive environment • Minimize tension • Participate in recreational activities

12

die gees van ons mense

Suidwes has a clear policy regarding HIV/Aids that protects and assists the employee infected with HIV/Aids. "We have a committee responsible for creating awareness and supplying information and knowledge about HIV/Aids and related illnesses. Programmes focusing inter alia on sexuality, sexual harrassment, attitude towards infected people and basic first aid procedures are run by this commitee.

Bothaville Handel verwelkom klante met dié tref­ fende Kersboomuitstalling.

Water is sy ding

Contact Marlis de Greeff to discuss any of these matters. marlisdg@suidwes.co.za or (018) 581 1063

For more information contact the HIV helpline at 0800012322 . Information is also available from clinics and hospitals. “Even if you are not infected, you will always be affected” Give support where you can.

DR HENDRIK JC SMITH (links op die foto) het vanaf 29 tot 31 Oktober besoek afgelê by Terratek. Hy is ’n spesialis-omgewingsgrondkundige wat ook betrokke was by die opstel van die riglyne vir die kwaliteit van besproeiingswater in Suid-Afrikaanse landbou. Dr Smith sal as adviseur betrokke wees by NviroTek en Terratek met betrekking tot die ontwikkeling van omgewingsverwante grond- en waterontledingsdien­ste en die uitrol van Amerikaanse tegnologie om gesondheid van grond te bepaal. Ons verwelkom hom in ons span en glo ons gaan nog baie hoogtes saam bereik. Dr Hendrik kan gekontak word by business@nviroteklabs.co.za


maatskappy-esprit

SUIDWES SE NUWE DIREKTEUR, Bridgitte Mathews, het die personeelbekendstellingsprogram op 4 November saam met ander nuwelinge (foto's regs) deurloop. Marlis de Greeff (Bestuurder Administrasie & Diensbillikheid) het haar daarna na die silo op Leeudoringstad geneem waar Danny Viljoen (Aflosbeampte) haar touwys gemaak het. Marlis vertel dat Bridgitte dit so geniet het dat sy selfs met die hysbak na die bokant van die silo is en die heeltyd vrae gevra het. Bo gekom, is daar geposeer vir 'n foto. "Voordat ons die foto geneem het sê sy skielik: 'Knock-Knock?'

Ek vra 'Wie’s daar?' Sy antwoord: 'Esmé!' Ek vra: 'Esmé wie? Bridgitte antwoord: 'Es my hare reg?" Die silopersoneel het behoorlik geskater vir haar humorsin," vertel Marlis. "Ons is daarna na die handelstak waar sy geïnteresseerd rondgekyk het terwyl ons steeds uitvra. Dit was werklik ’n heerlike ervaring om saam met haar te beweeg. Sy het ongelooflike energie en is baie nuuskierig. Na die rond­ wys het sy gesê dat sy finansies en syfers verstaan, maar nou 'n beter begrip van die landbouomgewing het." sê Marlis. BRIDGITTE MATHEWS is aangestel as ’n Nie-uitvoerende, Onafhanklike Direkteur van die Suidwes Beherend en Africum-rade. Sy sal ook optree as die Voorsitter van die Groep se Oudit, Risiko en IT-komitee. Brigitte maak geskiedenis deurdat sy die eerste swart dame is wat op die raad van Suidwes aangestel is. Sy verwerf haar Geoktrooieerde Rekenmeester-kwalifikasie by die Randse Afrikaanse Universiteit in 2006 en is tans ’n finansiële konsultant. Sy is vyf tale magtig, onder andere Frans.

Teresa van Coller (Hoofklerk SuidwesFin Hoopstad)

Nico Coetzee (Stoorvoorman Bothaville)

Jullian Schoeman (Jnr Safexmakelaar)

Franjo Viljoen (Rekenmeester)

Piet Selepe (Bemarker Leeu­ doringstad)

Danie Havenga (Werktuigkun­ dige Clocolan)

Sam van Jaarsveld (Vakman Werkswinkel Bothaville)

Alida Koster (Admin Beampte Wesselsbron)

maatskappy-esprit

Nuwe gesigte in ons midde

Bridgitte gaan gesels-gesels tot bo

LEEUDORINGSTAD-SILO ONTVANG ONS NUWE DIREKTEUR, BRIDGITTE MATHEWS. Van links is Pierre Wessels (Asst Silobestuurder), Gerhard Viljoen (Leerling), Ruth Mothibedi (Algemene werker), Bridgitte Mathews (Direkteur) en Danny Viljoen (Aflosbeampte).

november/desember 2014

esprit de corps

13


maatskappy-esprit

Vryburgtak gereed vir die vakansiestormloop

spogwinkel 14

Vryburg Handel het onlangs sy groot opening gehad wat met 'n pragtige funksie afgeskop het. Takbestuurder Robbie Dawes het sy personeel geprys vir hulle harde werk en bydraes om van Vryburg 'n spogtak te maak. Die rakke is vol, die produkreekse aangevul en die personeel gereed vir die vakansiestormloop. Gaan loer gerus in as jy weer in daardie koers gaan.

Robbie Dawes oorhandig ’n sertifikaat van waardering aan Dalene Lubbe om dankie te sê vir haar en haar debiteure-afdeling vir hulle bydrae tot sukses.

Die gaste is bederf met heerlike eet- en drinkgoed terwyl hulle na die sprekers geluister het.

Die pragtige leerhandsakke maak uitstekende kersgeskenke.

Wanneer laas het jy sulke netjiese rakke gesien? Elke produk op sy plek.

Alles wat jy nodig het om die buitelug op 'n perd se rug te geniet is hier te kry.

Rakke vol pakkies saad van alles soorte moedig mens aan om te begin tuinmaak.

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

< opleiding >

Marlis de Greeff gee 'n oorsig van die gebeure by opleiding: • Opleiding sluit af met die laaste Voetspore-program vir die jaar waar Deon Badenhorst en Riekie du Preez hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het.

• Die 15 FMP-studente is besig om hulle laaste eksamen te skryf. • Die vier AMP-studente se eksamen is reeds afgehandel. • Simone Bosch verwerf haar AMP-kwalifikasie met lof.

Graanleerlinge het toekoms by Suidwes

SUIDWES STEL JAARLIKS LEERLINGE wat opleiding by die maatskappy ontvang het aan in onderskeie divisies. So behaal die maatskappy ook sy diensbillikheidteikens (employment

equity targets) en verseker dat die opleidingstandaard van die personeel hoog bly. behaal. Die leerlinge van 2014 is spesifiek opgelei in die Graanbedryf. Verskeie eenheidstaandaarde van die

• Ons begin volgende jaar weer nuwe leerlinge werf vir Handel, Meganisasie, Graan en SuidwesFin. Ons wil graag die skole in die dorpe betrek by die proses met die oogmerk om leerlinge te kontak wat sou belangstel in 'n loopbaan by Suidwes.

maatskappy-esprit

Opleiding pak boeke op vir die jaar

'n Merkding in elke hand

Graanbedryf wat geregistreer is by die AgriSeta word gebruik om die leerlinge se kennis te toets. Die leerlinge moet hulle praktiese en teoretiese toetse slaag om die kursus te voltooi. Die assessering van die leerlinge vind maandeliks plaas by Schweizer-Reneke-silo waar die moderator, Marlis de Greef, en die span Graan-assessors byeenkom om die leerlinge “vas” te vat. Daar word darem nie net altyd eksamen geskryf nie, daar is tyd vir ontspan waar ons heerlik saamkuier om die kostafels. Riekie du Preez

Beampte: Opleiding

JOHAN LABUSCHAGNE, een van ons assessors, konsentreer so hard dat hy sommer met twee penne gelyktydig merk.

november/desember 2014

esprit de corps

15


maatskappy-esprit

Besoek ons aanlyn

dinamies 16

Die nuwe Suidwes-webblad is modern en maklik navigeerbaar. Die tuisblad (bo) bied die besoeker wye opsies en elke divisie het sy eie bladsy(e). Kontakbesonderhede is net een klik ver. Die webblad beskik oor 'n goeie soek-platform (search engine) waar interskakeling tussen verskillend verwante onderwerpe gedoen word.

Suidwes Landbou spog met ’n splinternuwe webblad. Die voorkoms van die webblad weerspieël die dinamiese en moderne styl van die maatskappy sonder om die landbou-aanslag in te boet. Aangesien klante, verskaffers en ander landboumaatskappye die webblad gereeld besoek sal nuus oor gebeure in ons omgewing en invloedsfeer voortdurend bygehou word. Die webblad is op van die heel nuutste platforms geskep en maak navigasie deur die webblad byna intuïtief om dit selfs vir ongeletterde swerwers maklik te maak. Daar is heelwat skakels na verwante bedrywe wat die besoeker wyer toegang tot die landboubedryf in Suid-Afrika gee. Daar sal gereeld poste geadverteer word wat werkgeleent­ hede by Suisdwes en sy filiale sal bekendstel. Spesiale aanbiedinge van Suidwes Handel sal prominent vertoon word om klante die voordeel te gee. Dit is ook maklik

om by die regte personeellid uit te kom met volledige lyste van kontakdetail vir al die silo’s, handelstakke, werkwinkels en finansiële adviseurs wat regstaan om ons klante te bedien. Lees ook Suidwes se lyfblad Ons Eie asook die personeelblad Esprit aanlyn. Die webblad is so ontwerp dat dit outomaties aanpas by die toestel waarmee die besoeker aanteken. Of die besoeker dus sy selfoon, tablet of rekenaar gebruik is dit ewe maklik om deur die webblad te toer en vinnig te kry waarna jy soek. Die nuwe webblad is deur Chillidesign ontwikkel wat die blad ook in stand sal hou. Sunelle van Rooyen is die kontakpersoon vir inligting wat op die webblad gevoeg word. Gaan loer gerus na hierdie moderne, dinamiese en professionele beeld wat die maatskappy uitdra by www.suidwes.co.za

Ontmoet die Suidwes BK

Suidwes se raadsmanne

Die Bestuurskomitee het 'n paar gesigte bygekry. Agter van links is Derèk Linde (Groep HRB), Deon Badenhorst (Operasionele Bestuurder), Martin Ehlers (HUB: Finansie­ring), Patrick Nelissen (Groep HOB & HUB: Handel), Riaan de Lange (Groep HIB) Mario Wolvaardt (HUB: Meganisasie) en Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme). Voor is George Potgieter (Groep HFB), Louis Smit (Groep HUB), Debbie Engelbrecht (Groep Finansiële Bestuurder) en Anton Jordaan (HUB: Graan)

Suidwes Direksie Agter van links is George Potgieter (Groep HFB), André Botha, Gert Malherbe, Louis Smit (Groep HUB), Theo Delport, Koos le Roux en Frans Marx. Voor is Piet Delport, Hansie Viljoen (Ondervoorsitter), Pierre Vercuiel (Voorsitter) en Bridgitte Mathews.

die gees van ons mense


personeel-esprit

personeel-esprit

Kies jou gunsteling omslag van 2014 Van watter omslag hou jy die meeste? Ons maak 'n vinnige opname van die gewildste omslag van die jaar. Kies die drie waarvan jy die meeste hou en stuur jou antwoord aan OMSLAG by esprit.kompetisie@gmail.com Merk jou keuses: 1,2 en 3 en die maand waarin die omslag verskyn het. bv. 1 - Maart, 2 - Junie, 3 - Oktober

Januarie/Februarie

Maart

April

Mei

Junie

Julie

Augustus

September

Oktober

November/Desember

november/desember 2014

esprit de corps

17


personeel-esprit

belewenis

Die jaar wat was en wat kom As die lewe goed is As ons so luister na kollegas se leefstylhoogtepunte is hier ’n paar murg-en-beenwaag­halse.

Elke jaar lees mens in pu­ blikasies hier rondom die end van die oujaar en die begin van ’n nuwe jaar dat ons terugkyk en vorentoe kyk en elke jaar irriteer dit my omdat dit al so oor en oor gedoen is. Maar nou moet ek toegee, daar is tog iets in die lug of in die water wat selfs vir my saamsleep om te wonder oor dinge – dit is ’n onontsnapbare behoefte om stil te staan en te kyk of jy nog daar is, of jy nog deelneem in die regte baan. So besluit ons om die perso­ neel uit te vra oor die proses – wat het vanjaar als met jou gebeur en wat verwag jy volgende jaar? En die antwoorde is uiteenlopend soos die mense van Suidwes. Baie hoogepunte het om familie en gesinslewe gedraai, ander was weer leefstylhoogtepunte en natuurlik, soos van gemotiveerde personeel verwag kan word - werk.

18

die gees van ons mense

Gesin en familie bly nommer een HESTER PRETORIUS (Admin­bestuurder) vertel van haar hartsbegeerte om haar 17 maande-oue kleinkind, Markus, wat saam met sy ouers in Australië bly, te kon ontmoet. In Januarie laat weet haar dogter dat hulle in SA kom kuier, maar ondanks al haar gesoebat, hou hulle vol dat daar eenvoudig te veel papierwerk is om die klein mannetjie saam te bring. Nodeloos om te sê Hester was moedeloos en teleurgesteld. “Maar op die lughawe, staan ek en wag vir hulle en daar kom my dogter met die bondeltjie in haar arms aangestap – die oomblik was te groot, ek het in trane uitgebars en ek het die voorreg gehad om hom vir drie volle weke by my te kon hê". TERESA VAN COLLER (Hoofklerk by Fin op Hoopstad) vertel dat sy vir 13 jaar al smag na kinders van haar eie. Dit is dus verstaanbaar dat die hoogtepunt van haar lewe aangebreek het met die geboorte van ’n tweeling in Maart! Vir 2015 sien sy uit na haar nuwe lewe, want sy en Bennie Enslin (Hoopstad-silo) trou eindelik vandeesmaand. DALENE LUBBE (Kredietbestuurder by Maandrekeninge) is in die wolke oor haar seun se prestasie met binnens­ huise krieket. Hy is ge­kies om vir die Noordwes-span te speel en vir die KOSH-krieketspan. Sy sê hy is saam met vyf van hulle skool se seuns genooi vir KOSH-proewe en kry toe sowaar span. Vir volgende jaar sal dit ’n hoogtepunt wees as haar oudste matriek goed slaag om hom ’n goeie wegspring in die lewe vorentoe te gee.

LOUIS SMIT vertel dat hy die vinnigste rollercoaster in die wêreld gery het - die Formula Rossi by Ferrari World in Abu Dhabi. “Ek het my seun hoor praat oor die Formula Rossi en dat hy dit graag sou wou doen, maar ek het nooit veel aandag daaraan gegee nie. Toe hy hoor ek gaan Abu Dhabi toe het my byna ge­ dwing om dit te gaan doen. Absoluut die moeite werd! Jy ry in ’n kar wat soos ’n Ferrari lyk en tot 200km per uur versnel in minder as vier sekondes! Dit trek nogal G's – awesome!” vertel Louis. ANDRID GELDENHUYS se hoogtepunt was die Bruce Springsteen Rock-konsert in Johannesburg wat hy saam met sy familie gaan kyk het. “Ons het papnat gereën, maar dit was oor en oor die moeite werd. Dit is nou een konsert wat ek bitter graag wou sien, maar gedink het ek sal dit net oorsee kan beleef.” DEON BADENHORST sien uit daarna om volgende jaar saam met ’n paar Suidwespersoneelhede en Trudie, sy vrou, die Argus-fietstoer aan te pak. Lekker oefen Deon!


personeel-esprit

personeel-esprit

Werk is 'n groot deel van ons lewe MARINDA ROETS het rede om in die wolke te wees – sy het werk daarvan gemaak om haar beter te kwalifiseer en nie net ondervinding as kwalifikasie te hê nie. Sy het by die ABKS op Potchef­ stroom Universiteit ingeskryf vir ’n diploma in sakebestuur en wou bitter graag darem een onderskeiding behaal. So doen sy dit toe vanjaar, maar kry nie net ’n onderskeiding in Bemar­ king nie, maar is ookgewys as die student wat die beste in die klas gevaar het – “en dit op 50,” lag sy. Volgende jaar wil sy die beste in haar werk wees wat sy kan. “My eerste seisoen hier by Fin was maar deurmekaar, maar ek dink ek het nou my voete gevind en sien uit na die nuwe seisoen. En dalk sommer die Hoër Diploma in Sakebestuur aanpak ...?

LOUIS SMIT (HUB) vertel dat sy ontmoeting met die baie bekende sakeman, Brand Pretorius, vir hom ’n werkshoogtepunt was. “Brand is ’n besonderse mens en ons gaan nog baie van hom leer terwyl hy op die direksie dien.” Vir volgende jaar is Louis se versugting na ’n normale reënseisoen, of dalk effens beter as normaal sodat die maatskappy net vir ’n slag op al sy silinders kan vuur. “As ons ’n goeie reënjaar kry gaan die maatskappy goed presteer omdat al die besighede reg gestruktureer is,” se hy. ANDRID GELDENHUYS sien uit daarna dat hulle suksesvol lewendig kan gaan met die nuwe ERP-stelsel. “Dit sal vir my ’n hoogtepunt wees na al die bloedsweet en harde werk.”

DEON BADENHORST het in sy pos as Bestuurder: Menslike Hulpbronne heelwat werks­ hoogtepunte gehad in 2014. Hy het sy MBA-graad gevang en kon die spesiale dag saam met sy ge­ sin beleef, hy het Soedan drie keer besoek en een keer sy beursie met alle reisdokumente, selfoon en dollars in die woestyn tussen Khartoem en Al Dabbah verloor. Verder is die Voetspore-program suksesvol geloods en afgehandel en tydens die bekendstelling van Smartnet kon personeel van hulle sorge vergeet en frustrasies op die dromme uithaal. “My betrokkenheid by Menslike Hulpbronne die laaste vyf jaar was die hoog­ tepunt van my loopbaan en my span se deelname en ondersteu­ ning was ’n voorreg om te beleef. My verwagting vir volgende jaar

is om ’n verskil te kan maak aan die winsgewendheid van die Handelsdivisie, waar ek as Bestuurder aangestel is en dan hoop ek saam met Louis vir ’n beter landboujaar met voldoende reën op die regte tyd.” BEN LUBBE vertel van die suksesse wat hulle afdeling in 2014 beleef het, met ’n klomp nuwe projekte wat suksesvol afgehandel is. Hy vertel van die groot stoor wat op Hoopstad opgerig is asook die heelgoedereuitstalstruktuur wat byna voltooi is en die opgradering van verskeie handelstakke. Die nuwe jaar hou vir Ben verskeie nuwe uitdagings in met ’n nuwe pos, maar hy sê hy sien kans vir al die nuwe dinge met sy span mense en sy gesin se ondersteuning. e

november/desember 2014

esprit de corps

19


personeel-esprit

beleef

Hiert, jou 8-potige! Toe Debbie Engelbrecht (Groep Finansiële Bestuurder) weer sien, sit sy pens en pootjies op haar kantoorstoel. Sy het ’n prys by die Tuinboudagfunksie gewen en terwyl sy ewe tevrede haar pryse uitpak spring 'n spinnekop uit een van die sakkies. Jaydene de Jager het die foto net op die regte tyd geneem. Vir harde werk en syfers het Debbie nie ’n bang haar op haar kop nie, maar spinnekoppe is ’n ander storie! Zelda van Reenen PA vir Groep HRB

MIKE KAPP ontvang namens sy kollegas 'n sertifikaat van Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme). Robbie Daves (Takbestuurder Vryburg Handel) het die toekenning gemaak vir die besondere goeie werk wat Mike Kapp, Willem Smango, Morné van der Walt, Maruis van der Merwe en Daniel Mohakane gedoen het met die bou en installering van die kabeltolle asook die skerms by Jack's Paint op Vryburg.

Wegbreeknaweek kom op die regte tyd Sit bietjie hand by

DALENE LUBBE (tweede van links) is die gelukkige wenner van 'n prys in 'n kompetisie wat Ruggedwear gehou het waar iemand 'n naweek weg na Hannah Lodge kon wen. Links is Hantie Marais, Dalene Lubbe, Annetjie Marx en Bruce Witherspoon.

20

die gees van ons mense

AS DIE OUDITEURE ONS besoek, gaan dit gewoonlik met vrees en bewing gepaard, maar by Menslike Hulpbronne bring hul darem so af en toe ook ’n glimlag. Cornel de Villiers het vir Lanelle Loots ’n ekstra hand kom gee met die inligting wat sy van die mikrofilm moes trek.


personeel-esprit

ONS IS AANGENAAM VERRAS met al die inskrywings vir die babaen kleuterkompetisie, 67 kleingoed is ingeskryf! Riekie du Preez (Opleidingsbeampte) het die koördinering van die kompetisie hanteer en sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt. "Dankie aan al die mammas, pappas, oumas, ooms en tannies wat foto’s ingestuur het. Daar is soveel pragtige kindertjies ingeskryf en ons het besluit om die beoordeling so objektief as moontlik te hou. Ons het dié moeilike taak aan die senior inwoners van Blye Toekoms Aftreeoord in Leeudoringstad toevertrou," vertel Riekie. Na ’n paar dae se gestoei en gewonder en oor-en-oor-kyk het hulle die sowat 22 beoordelaars hulle keuses bekend gemaak. Die foto's van die kinders is op borde aangebring en genommer.

Die tannies kon toe in die vier kategorieë hulle keuses maak. "Baie dankie aan die borge wat die pryse geskenk het, dit word opreg waardeer," sê Riekie. Suidwes gaan vir elke kind wat ingeskryf het, 'n geskenkie gee, die babas kry elk 'n borslappie en die kleuters 'n t-hempie wat spesiaal vir hulle gemaak is. (Kyk voorbeelde hiernaas.)

In elke kategorie is twee wenners gekies, een seuntjie en een dogtertjie. Baie geluk aan die kleingoed.

0 - 6 maande

Jacquestjie Carelzen kleinseun van Boy en Ina du Preez, geluk ook aan Tannie Annemarie Fouchè

personeel-esprit

Opvreetbaar oulik

... en die wenners is ...

Danelle Maree - Carlien Pretorius is die tannie van die pragtige dogtertjie

6 - 12 maande

Rico Welman – Kleinseun van Johan en Liesie Welman

Miané van Tonder – Kleindogter van Alna McIntyre

1 - 2 jaar

Dis nie aldag 'n maklike taak om die wenners uit soveel pragtige kleingoed aan te wys nie.

Markus Angel – AgterkleinLeanie Pretorius – Dogterseun van Oumagrootjie Hester tjie van Annemarie Pretorius Pretorius

2-3 jaar

Die moeilike taak om die wenners in elke kategorie aan te wys het op die skouers van die senior inwoners van Blye Toekoms Aftreeoord gerus. Foto's van die inskrywings is op borde geplak vir die beoordeling.

Janco van Dyk – Kleinseun van Tienie en Lena Van Dyk

Anke du Preez – Kleindogter van Riekie en Piet du Preez

november/desember 2014

esprit de corps

21


greon vingers

Met Protek kan jy ook groen vingers hê TOE DIT BEMARKING EN HANDEL by die Sentrale kantoor se beurt was om die tuinboudag aan te bied het hulle geen moeite ontsien nie en die tuin by die kafeteria pragtig versier met Suidwessambrele en houttafels om ’n tuingevoel te gee. Met aankoms het almal ’n heerlike bakkie vrugteslaai, koeldrank en geskenkpakkie van ProTek ontvang. Daar was selfs saailinge te koop. Die spreker van Protek was Shane Ferreira wat bygestaan is deur 'n entoesiastiese span mense. Keer op keer moes hulle hulleself inhou om nie op te spring met nog meer inligting nie. Ek is seker hulle kon ons vir ure lank besig hou. Dit is duidelik dat tuinbou hulle passie en lewe is. Die kennis wat hierdie sprekers gehad het, het almal se monde laat oophang. Gedurende Shane se praatjie oor verskillende Protekmiddels het ’n heerlike bui reën uitgesak. Ons was huiwerig om na binne te beweeg omdat ons mense hier in die Noordwes maar min reën sien. Die volgende oomblik het 'n haelbui uitgesak en ons kon net betyds almal in die gebou kry. Die Protekspan het selfs aangebied om na mense se hui­se te gaan om raad te gee as hulle tuinprobleme nie opgelos word nie. Die dames kon pryse wen deur vrae wat deur Protek gevra is, reg te beantwoord. Baie geluk aan Annette Neethling, Annetjie Marx, Maritsa Carelzen, Alta van Zyl en Simoné Bosch met ’n puik funksie. Sunelle van Rooyen

Bemarkingskoördineerder

22

personeel-esprit

die gees van ons mense

Petri Botha verduidelik 'n tegniese punt van tuinmaak.

Debbie Engelbrecht

Jaydene de Jager (links) en Annette Neethling

Alta van Zyl, Annette Neethling en Maritsa Carelzen is deel van die span wat die suksesvolle tuinboudag gereël het.

Susan Booyens

Lezelle van Zyl

Elrina van Heerden en Annette Neethling

Nita Botha

Annette Neethling saam met die Protekspan - Welma Jurgens, Petri Botha, Annette Neethling, Shane Ferreira en Pauline Swanepoel.

Susan du Preez en Annette Neethling


personeel-esprit

Wys my jou muis Neem deel aan die Smartnetkompetisie en staan 'n kans om 'n rekenaarmuis te wen

Beantwoord die volgende vraag: Watter maatskappy is verantwoordelik vir die ontwikkeling van die Smartnet stelsel? Is dit: 1. DataPerfect 2. Datacentrix 3. Auto.I.T.

personeel-esprit

Die ontwikkeling van die Sageprogram verloop volgens beplanning. Handel en Korporatief het terugvoer gekry en daar moes deeglik deur die dokumente gewerk word. Op 8 – 10 Desember is Handel se inligting weer bespreek en op 11 en 12 Desember is Korporatief se inligting bespreek. Die beplanning is dat daar vroeg in Januarie funksies beskikbaar sal wees wat getoets moet word. Almal moet goed uitrus gedurende Desember want die groot taak lê voor.

smartnet KOMPETISIE

Sage-program is op skedule

Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek word, wen 'n rekenaarmuis. Stuur jou antwoord na SMARTNETKOMPETISIE esprit.kompetisie@gmail.com Onthou om jou naam, van en kontakbesonderhede in te sluit.

Sluitingsdatum vir inskrywings: 10 Januarie 2015

Riekie du Preez

Beampte: Opleiding

Smartie is gevind

Bou saam aan die gees-muur

ONS STEEK ELKE VRYDAG die Smartie in ’n kantoor weg en Amanda Steyn (Krediteure) het hom gevind – sy ontvang 'n beloning daarvoor. Smartie loop rond en wil graag elkeen se dag opvrolik en beter maak.

IN DIE INGANGSPORTAAL by die Sentrale Kantoor is daar deesdae 'n muur staangemaak. Esprit het Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) daaroor uitgevra. "Dit is opgesit om ’n positiewe gesindheid onder die Suidwespersoneel te bewerk­ stellig. Ons wil hiermee wys dat elkeen belangrik is en dat Suidwes regtig moeite vir sy personeel doen. Ons kan almal saam pret hê

en ons kan almal lekker saamwerk. Elke afdeling werk so goed in spanne saam met geleenthede soos die Loslitdag, Movember en die Jaareindgeselligheid dat ons dit net iewers moes vasvang. Die personeel kry die foto's op rekenaar maar sien dit nie elke dag soos wat ons dit nou op die muur sien nie. Die bord vertoon foto's van al die takke, silo's en werks­winkels," vertel Sunelle.

november/desember 2014

esprit de corps

23


personeel-esprit

spesiale tye

Dubbele geluk – dubbele vreugde AS ’N BABATJIE BESLUIT dis tyd, dan is dit tyd. Die kleine Amy en Jason het op 17 Maart vanjaar besluit hulle is uitgekuier en wou graag die wêreld daar buite beleef. Op 33 weke maak hulle toe hulle luide verskyning. Ongelukkig moes hulle die eerste drie weke in die Neonatale Intensiewe sorg-eenheid deurbring. Klein Jason (2.1 kg) het asemha­lingsprobleme ondervind en is vir die eerste week aan ’n ventilator gekoppel. Amy het die skaal op ’n skamele 1.8 kg laat stilstaan. Die twee trotse ouers is Theresa van Coller (Suidwesfin Hoopstad) en Bennie Enslin (Hoopstad-silo). Mamma Theresa het ’n week later as gevolg van bloedverlies ’n terugslag beleef, maar twee eenhede bloed later was die kleur weer terug in haar wange. Na ’n senutergende drie weke se baklei en stoei om sterker te word, was dit eindelik tyd vir Mamma en die twee om huis toe te gaan. Uiteindelik kon Bennie sy gesin tuis verwelkom. Die tweetjies is nou al nege maande oud, hulle lag en gesels en is baie gesond en het sover al hulle mylpale bereik. Karina van Zyl

Stelselsekuriteit / Admin beampte

Hulle haak die knoop deur

Schalk Pienaar (vorige besturende direkteur) en Dailena Hattingh (NviroTek) is onlangs getroud. Baie geluk!

Corné du Preez, dogter van Boy (Mega­ nsiasie) en Ina du Preez (Graan), is in September met Wessel van der Merwe getroud.

Totsiens maar nie vaarwel

MOVEMBER Menslike Hulpbronne neem jolig afskeid van Deon Badenhorst.

Die manne van Leeudoringstad-silo spog met hulle met hulle mo’s. Agter is Pierrie Wessels (Assistent Silobestuurder), Danny Viljoen (aflosbeampte) en Gerrard Viljoen (leerling). Voor is Attie Louw (Silobestuurder).

24

die gees van ons mense

"DIT IS HARTSEER vir ons as Menslike Hulpbronne om afskeid van so ’n energieke persoon in die afdeling soos Deon Badenhorst te neem. Hy was ons steunpilaar en leier en gaan ons hom baie mis," sê Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder). "Ons het Vrydag 28 November afskeid van Deon geneem deur hom op 'n verrassingsreis te neem. Ons het die pad Klerksdorp toe gevat. Op die eerste deel van die “roadtrip” het ons elkeen 'n heerlike pakkie met padkos gekry. Dit het jolig gegaan in die bussie wat ons Klerksdorp toe geneem het. Deon het natuurlik nog geen idee gehad van wat ons gaan doen nie. In Klerksdorp aangekom, is ons na Mugg & Bean toe en ’n heerlike stuk koek en koffie geniet. Ons plan was om die nuwe fliek 'Leading Lady' te sien, maar moes tevrede wees om 'Horrible Bosses' te kyk omdat die projektor stukkend was. Dit was in elk geval 'n heerlike komedie van drie baie dom ouens en ons het geskater soos ons gelag het. 'n Vroliker afskeid van 'n bestuurder kon jy beswaarlik kry! Ons wens Deon alle sterkte en voorspoedig toe met sy nuwe werk by Handel en weet sommer dat hy ’n reusesukses daarvan gaan maak." vertel Sunelle.


lief & leed

Dogtertjies sag en fyn...

Ervaar die gees van ons mense

Ons is bly saam met: • Cecil Gresse (Snr Rekenmeester: Graan) is in Oktober met Christi Janse van Rensburg getroud. • Piet Oldewage (Snr Bestuurder: Graanadministrasie) en sy vrou Annamarie, se kleinseun is in November gebore. Julle is in ons gedagtes: • Marlise Wessels (Snr-klerk Werkswinkel Hoopstad) het haar baba agv Duitse Masels verloor. • Estelle van Wyk (Kredietkontroleur Graan) se broer, Ferdie Campher (oud Suidwes-werknemer), is oorlede. • Israel Seleke (Leerling te Leeudoringstad Silo), se suster is oorlede.

• Thys Visagie (Snr Assist. Silobestuurder te Hallatshope), se oudste suster is oorlede. • Peet Struwig (Lewensadviseur te Wolmaransstad), is in die hospitaal opgeneem vir mediese toetse. • Stefan van Huyssteen (Admin Bestuurder: Sentrale Kantoor) se vrou Theresa is oorlede. • Hannetjie Snyman (Admin Klerk: Reivilo), se kleinseun Divan Pretorius is oorlede. • Sunelle van Rooyen (Bemarkings Koördineerder), was opgeneem in die hospitaal. • Ria Lotz (Jnr. Rekenmeester: Graan) het ’n operasie aan albei haar oë ondergaan.

personeel-esprit

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Fouché (PA: Besturende direkteur) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemariec@suidwes.co.za

Mark en Marietta Khan se dogtertjie, Ronel Jeanette.

Met leedwese Ons simpatie gaan uit na Hannetjie Snyman (Admin Klerk: Reivilo), haar kleinseun Divan Pretorius is tragies oorlede.

langdienstoekennings november/desember

langdienstoekennings november/desember 5 Jaar • Mev PJ Swart (Christiana Kredietkantoor) • Mnr PJ Moolman (Wolmaransstad onderdele) • Mnr CA Gresse (Silos Hoofkantoor) • Mnr MS Monnakgotu (Korporatiewe Bemarking) • Mev M Nel (Graan) • Mev KL van Zyl (Inbelsentrum) • Mnr M van der Walt (Ing Instandhou­ ding) • Mnr PN Tsoeute (Wesselsbron Handel) 10 Jaar • Mnr JO Fale (Tosca Handel) • Mnr P Ellis (Wolmaransstad Werkswinkel)

• Mev AJ McIntyre (Migdol Onderdele) • Mev SMM Hoffmann (Christiana Handel) • Mev N van Rensburg (Makwassie Handel) 15 Jaar • Mnr KA Melamu (Migdol Handel) 20 Jaar • Mnr M Molebala (Wolmaransstad Handel) 25 Jaar • Mev R Scholtz (Tosca Handel) • Mev J Steyn (Hoopstad-silo) • Mnr TS Maine (Wesstreek Veevoer Depot)

5 jaar Charmaine Jacobs (Hoofklerk: Krediteure) ontvang die Menslike Hulpbronne Investerings­ programsertifikaat van Johnny Brown (Rekenmeester: Krediteure).

Jonnny Brown (Rekenmeester: Krediteure) oorhandig Charné Bothma (Hoofklerk: Betalings) se Menslike Hulpbronne Investe-ringsprogramsertifikaat.

Riana le Roux (Hoofklerk: Eise) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Jonnny Brown (Rekenmeester: Krediteure).

Werner en Jacqueline Kotze se dogtertjie, Coleen.

35 jaar

Ismael Selebalo (Stoorvoorman) ontvang sy 35-jaar dienssertifikaat van Ryno Rall (Takbestuurder Leeudoringstad).

20 jaar 20 jaar

Annetjie Marx (Admin Beampte) ontvang haar 20-jaar dienssertifikaat van Ryno Rall (Takbestuurder Leeudoringstad).

Alta Fouche (Hoofklerk: Krediteure) ontvang haar 20-jaar dienssertifikaat van Jonnny Brown (Rekenmeester: Krediteure).

15 jaar

10 jaar Abel Melamu (Vurkhyserdrywer) ontvang sy 15-jaar dienssertifikaat van en Jan Nell (Bestuurder).

Marius vd Merwe (Instandhou­ ding, Leeudoringstad) ontvang sy 10-jaar diens-sertifikaat van Ben Lubbe.

5 jaar

5 jaar Georgina Mohlabakoe (Hoopstad silo) ontvang haar 5 jaar-dienssertifikaat van John Modisadife (Assistant silobestuurder).

5 jaar

Johan Scott (Insetbemarker) ontvang sy 5 jaar-dienssertifikaat van OC Vermeulen (Takbestuurder Bloemhof).

november/desember 2014

Hester Pretorius (Adminbestuurder) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Martin Ehlers (HUB: Finansiering).

5 jaar Anize Hoffman (Bamboesspruit Admin Beampte) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Hanro Steenekamp (Takbestuurder Bamboesspruit). esprit de corps

25


sielskos

Krismis in ’n boks MEESTE VAN ONS GEE graag en ons gee veral graag oor die Kers­ tyd, maar daar is dalk ’n beter manier van gee, so dink Marionette Venter, ’n maatskap­ like werker en algemene be­stuur­­der by Echo Jeugontwik­ keling in Pretoria. Esprit het haar gaan vra wat behoeftiges regtig nodig het. Sy is vir die afgelope ses jaar werksaam met tieners en jongmense by Echo Jeugbediening. (Sien die kassie hierby oor die werk wat Echo doen.) "Met kersfees om die draai, raak ek weer opnuut bewus van die vele kontraste in hierdie mooi land, tussen hulle wat het en hulle wat nie het nie. Ek kan nie help om te wonder of die feestyd vir sommige mense minder seer sou wees, as dit dalk nie so oordadig was nie? Want sien, die wêreld wys vir die wat nie het nie, presies wat hulle mis in dié seisoen. Die feestyd is verseker nie vir almal ’n fees nie. Dit laat my wonder of ons dan die feesseisoen moet kanselleer ter wille van hulle sonder verwagting? Of is dit genoeg as ons uit ons eie oorvloed begin gee en uitdeel om die feesseisoen vir minderbevoorregtes meer draaglik te maak? Ek weet dat daar landwyd, en sekerlik wêreldwyd, verskeie projekte en pogings is om Kersfees op een of ander manier spesiaal

26

die gees van ons mense

te maak vir behoeftige mense. Ek dink dit is fantasties en skiet dit geensins af nie, maar tog veroorsaak hierdie inisiatiewe ’n baie groot dilemma in my gemoed," sê Marionette. Sy vertel dat sy nou die dag ’n paar vurige e-posse op ’n netwerkforum lees waaraan sy behoort. Die doel met die forum is om kerspartytjies te koördineer sodat een behoeftige ouetehuis of kinderhuis nie drie of vier partytjies kry en ’n ander een niks nie. Die rede vir die debat was veral van toepassing op behoef­ tige bejaardes wat met ’n karige pensioen oor die weg moet kom. Gedurende die feestyd word baie van hulle oorlaai met kospakkies, vars produkte en geskenke, tot die mate van vermorsing. Gedurende die res van die jaar kry hierdie bejaardes egter dikwels só swaar dat hulle selfs skaars een ete per dag kan bekostig. "Die vraag is nou, is dit nie meer sinvol om vir so ’n oom of tannie, elke maand ’n klein kospakkie te gee in stede van die oordadigheid met Kersfees nie? Is dit nie beter om daardie oom of tannie op Kersdag na jou huis toe te nooi en te bederf, nie net met ’n heerlike ete nie, maar met liefde, geselskap, vriendskap en bowenal die geskenk van nie alleenwees nie." "Dieselfde geld vir kinderhuise, behoeftige kleuterskole en plakkerskampbewoners. Is

die geskenk van 'jou tyd' nie baie meer werd nie? Nou kan ons redeneer dat om as groep vriende, as gesin, as gemeente of as werkskollegas saam te kom en ’n klompie skoenboksies te pak ook ’n gee van my tyd is. Dit is inderdaad so. En dis waardevol en dit maak ’n verskil. Ek wil geen van hierdie projekte afskiet nie, want dit is fantastiese projekte," sê sy. "Waaroor ek wonder is, wat van die res van die jaar? Gee eerder jou Kersfeesgeskenk gedurende die jaar. Ek praat nie van duisende rande nie, maar dink net wat ’n verskil gaan dit aan ’n behoeftige bejaarde se lewe maak as sy elke maand ’n buisie tandepaste en ’n botteljie room present kry en dit nie uit haar karige pensioentjie hoef te koop nie. Of ’n pakkie koekies en ’n pakkie tee. Uit jou sak, beteken dit R30. Vir haar beteken dit die luukse van ’n koppie tee mét ’n koekie daarby. Of, om regtig te belê in ’n behoeftige jongmens se toekoms deur by te dra tot verdere studies. Ek is betrokke by ’n tienerbediening waar baie van hierdie jongmense die potensiaal het om verder te leer, maar weens karige finansies dit nie kan doen nie. Soms kry ons vir hulle beurse, maar vervoer, skyfbehoeftes en algemene leefkoste bly dan ’n uitdaging. Wat ’n geskenk kan dit nie wees om so ’n jongmens se studies te betaal nie. Of om selfs

net maandeliks so ’n jongmens se vervoergeld te betaal of te ondersteun met toiletware of skryfbehoeftes. Dan maak ons mos regtig ’n verskil wat langer as een ete duur?" Kersfees is en moet ’n tyd wees van gee en nogmaals gee. Maar dalk moet ons kreatief begin dink oor hoe ons gee en wat ons gee. En dalk moet ons gee nie beperk wees tot Kersfees nie. Marionette daag jou uit om hierdie Kersfees kreatief en alternatief te wees in hoe jy gee.

Echo is 'n gemeenskap Echo is ’n alternatiewe omgeegemeenskap vir tieners en jongmense sonder enige ondersteuningsisteme. Tieners en jongmense van verskillende kulture, agtergronde en met verskillende probleme, woon saam in een van die agt Echo-huise. Die Echo-filososfie is om ’n gemeenskap te wees waar gebroke tieners en jongmense heling kan vind. Hoewel hulle programme, berading en kampe aanbied, is dit veel meer as net ’n program. Echo is ’n gemeenskap. Hulle uitdaging is om vir die jongmense wat by hulle woon iemand te wees en nie iets nie. Gaan besoek gerus Echo se webwerf om meer oor hierdie besonderse aksie onder die ’verlore’ jeug te leer. Dalk is dit die plek waar jy kan gee – uit jou hart uit. www.echoyouth.co.za info@echoyouth.co.za


pitkos

Don't make any

New Year's Resolutions

THE ONE THING, I am sure, that most people have in common, is making New Year’s resolutions. That list of actions, improvements, changes and good intentions that we make after the plates that held cholesterolpacked, cream-topped Christmas lunches are packed neatly in the dishwasher. And while the after-taste of sweet desert wine paired with Swiss chocolate and creamy Gorgonzola lingers, we make THAT decision - again. 2015 is going to be the year of healthy fat-free food, lots of exercise in the great

outdoors, climbing stairs in stead of riding elevators, drinking 10 glasses of purified water, working smarter – not harder, learning a new language, the list goes on … Maybe 2015 should be the year that we do not make New Year’s resolutions. We all know that it is only the super- motivated, superfocused, super-determined humans that can, at the end of each year, say: “I have kept my resolutions, I have succeeded!” Oh, please. Maybe 2015 should be the year that we make New Month resolutions. Way, way better than the drag list of last year. Stay with me, it would become clear that this is the way to go. The traditional list of New Year’s resolutions normally consists of ten items, right? Self-help websites, magazines and e-newsletters proclaim that ’magical’ number: ten. Now, if you make one resolution at the beginning of each month, you already have improved by 20%, a year having 12 months when I last counted.

Okay, down to business. The key to New Month Resolution is obvious, as you only have the four odd weeks to stick to the Resolution of the Month, your goal is reached much quicker and according to the human sciences gurus, people thrive on instant gratification. So. Choose only one Resolution to focus on per month. Make your resolution an easy one to start off with and choose one that co-incides with the month. Here are a few suggestions: • January – eat only fruit that are in season • February – make Valentine’s cards in stead of buying them • March – try out a new coffee shop • April - plant tulips • May – have a picnic under a tree • June – throw out your old magazines • July – invite friends for a halfChristmas dinner and sprinkle the table with fake snow

• August – tidy up your desk • September – wear a flower in your hair when you go out • October – Celebrate Rocktober – listen to at least one old and one new rock song • November – buy a new pair of scissors and chuck out the blunt one • December – buy a box of Smarties eat only the red ones Voila! One year, twelve resolutions, done and dusted. All you have to do now, is brag about your achievements at the Christmas dinner – when you over indulge yet again – at least you do not have to feel guilty about another year’s unfulfilled resolutions.

Wenke vir ’n veilige vakansie DIT GAAN NIE ALTYD oor die bestemming nie, dit gaan ook oor die reis. En die belangrik­ ste deel van die reis is om jou bestemming veilig te bereik. Kersfees en die Desember­ vakansie is byna hier. Dis ’n tyd wanneer baie mense weggaan vir ’n lekker gesinsvakansie. 'n Paar wenke om in gedagte te hou voor jy die langpad aandurf:

Gaan jou voertuig na Dis altyd ’n goeie idee om jou voertuig te laat nagaan voor jy ’n lang rit onderneem. Beplan jou roete Maak seker jou roete is deeglik beplan. Laai jou GPS en tik jou bestemming in. Hou inspeksie Hou voor jy vertrek inspeksie. Kyk of al jou voertuig se ligte werk – die kopligte, remligte, agterligte en rigtingaanwysers. Gaan die windskerm vir krakies en kepe na en maak seker die ruitveërs is in ’n goeie toestand. Maak die watertenk vol, gaan die olie- en remvloeistofvlakke na en inspekteer die toestand van al die

bande – ook daardie belangrike spaarwiel – en gereedskap. Onthou die tolhekke Maak seker jy weet waar die tolhekke op jou roete is en hoeveel dit jou sal kos. As jy nie met ’n krediet- of debietkaart betaal nie, maak seker jy het genoeg kontant en die regte kleingeld sodat jy tyd by die hekke kan bespaar. Beplan jou rusplekke Vind uit waar die vulstasies en rusplekke langs die pad is sodat jy kan beplan waar jy gaan stilhou. Dis belangrik om te beplan waar jy brandstof gaan ingooi, waar die kinders hul bene kan rek, waar jy verversings kan koop en waar jy ’n bietjie kan rus.

Moegheid is een van die grootste redes van sterftes op die pad. Rus elke 200 km of minstens elke twee uur van bestuur. Moenie bestuur as jy moeg is nie. Gehoorsaam die wette Wette verander nie net omdat jy vakansie hou nie. Dieselfde padreëls geld, soos om sober te bestuur, altyd sitplekgordels te dra en die spoedgrens te gehoorsaam. Dra altyd jou sitplekgordel Selfs al ry jy ’n kort afstand af, en ongeag of jy voor of agter sit, dis noodsaaklik om jou sitplekgordel te dra. Dis nie net die wet nie, dit kan ook jou lewe red. Bron: Outomobiel-assosiasie van Suid-Afrika (AA)

november/desember 2014

esprit de corps

27


Suidwes uitblinkers om op trots te wees

wees trots

Een van die voordele om deel van die Suidwesfamilie te wees, is om in jou kollegas se voorspoed te deel. Om saam bly te wees as julle kinders en familielede presteer. Esprit 'spog' so bietjie namens elke ouer.

Alwyn van Heerden, seun van Ludi (Bedryfsrekenmeester Sentrale kantoor) en Elrina van Heerden (Admin Beampte Graan Silo's Hoofkantoor). Hy behaal erekleure in rugby 0/14. Hulle span was Luidperdswenners en ontvang die beeldtrofee vir kwart-finaal.

Conrad Badenhorst skoonseun van Petie en Heleen van der Merwe (Takbestuurder Boshof) het sy Meesters-graad met 68% in Landbou-ekonomie behaal. Hy is getroud met Elmarie wat die jaar haar Saipa-klerkskap as Rekenmeester doen.

Carlien Badenhorst, dogter van Trudie (Assistent Groepse­ kretaris) en Deon Badenhorst (Bestuurder: Menslike Hulpbronne) ontvang verskeie vakpryse, asook toekennings vir Redenaars, Leierskap en Akademiese Erekleure

Henri Botes seun van Johan (Stoorvoorman, wesselsbron) en Nelia Botes het die volgende prestasie behaal by die Vrystaat jagters vereniging: Twee trofees: Algehele junior wenner vir die jaar Algehele junior wenner 0/12 Sertifikaat: 1ste vir .22 1ste vir 223 jag geweer 3de plek vir posliga met R250

George (Instandhouding Schweizer-Reneke) en Monica Champion se kinders het die volgende prestasies behaal. Johan (graad 10) se gemiddeld is 94.8 Leila (graad 8) se gemiddeld is 88 Hein (graad 4) se gemiddeld 91.4

28

die gees van ons mense

Annemi van der Colf (graad 7),dogter van Mari (Admin Beampte Menslike Hulpbronne) en Kobus van der Colf ontvang die volgende prestasies: Beste presteerder in Skeppende Kunste en engels. Beste opstel in Afrikaans. Bo 90% behaal in Skillspro-eksamen. Sertifikaat vir prestasie in Afrikaans. Deelname aan Avontuurklub en Redenaars. Leerlingraad 2014 Jané van der Colf, (graad 5) ontvang die volgende prestasies: Netbal: Best Schools Area wenners 0/11A. Netbal: Span wat die verste gevorder het in die liga 0/11A. Akademiese prestasie bo 80%. Dis hoe Danita Kruger die begin van die jaar ingegaan het. Vol onsekerheid en half opgewonde maar weet ook nie wat die jaar gaan inhou nie. Gelukkig het Danita dit oorleef en die jaar deurgekom. Wildehondepanskool het hulle prysuitdeling gehad en nou is hulle klaar met gewone klere, wat hulle ruil vir die laerskool uniform. Op die foto staan sy saam met haar juffrou en haar beste maatjie wat volgende jaar saam met haar die groot skool gaan aandurf. Beanca Jacobs (graad 4) dogter van Ben (Plaagbeheerbeampte Wolmaransstad) en Francien Jacobs, het die volgende prestasies behaal: Beste prestasie in Natuurwetenskap, Afrikaans en Engels 93.4%. Beste Akademiese presteerder in Gr4 met 90.1%. Prestasie 80% of meer per leerarea +80% gemiddeld, Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensvaardigheid, Sosiale Wetenskap, Natuurwetenskap en Tegnologie. Sy behaal ook ’n sport toekenning vir Netbal. Die span het die toekenning behaal vir Noordwes platteland klein skole Wenners 0/10.

Lihan Dunhin seun van Bettie (Bestuurder Verhandeling: Graan Sentrale Kantoor) en Gerald Dunhin (Snr Grondbooroperateur) hy het akademiese toekennings ontvang vir Afrikaans, Engels en Wiskunde.

Ilzaan Müller (graad 5) dogter van Ilze (Beampte kontrakte Graan) en Chris Müller ontvang ’n toekenning vir Natuurwetenskap. Haar boetie Sebastiaan (graad 2) het ’n toekenning behaal vir Wiskunde. Karin (Aankoper Migdol Handel) en Johan Kruger (Assistent bestuurder, Silo Migdol), ouers van Danita, op haar gradeplegtigheid. Jean-Pierre Lubbe seun van Dalene Lubbe (Kredietbestuur: Maand­ rekeninge) ontvang die volgende prestasies:

Noordwes Indoor Krieket Kleure – het aan die SA-toernooi in April deelgeneem. Kaptein van o/11 Krieketspan wat die ligawenners was en derde in Noordwes. Jean-Pierre is verkies tot die KOSH-krieketspan. Hy is aangewys as die beste krieketkolwer vir die jaar in die skool (in die laaste sewe wedstryde het hy 213 lopies aangeteken en was slegs een keer uitgevang in die sewe wedstryde). Hy het ook 'n toekenning vir akademiese prestasie ontvang.


Haar ouboet Oelof Kotze, leerling van Hoërskool Wolmaransstad, behaal die volgende: Spesiale Prestasiesertifikaat: Rugby o/15-span van die jaar waar hy die kaptein ook was. Prestasietoekennings vir tennis derdespan, streekliga-wenners asook Noordwes-naaswenners en hy was 'n Graad 9-VLR. Eretoekenning vir krieket: Lid van Noordwes o/15span. Spesiale prestasiesertifikaat: Rugby – Beste vordering deur die jaar.

Mari

Michelle du Plessis (25) het ook drie jaar gelede haar BPhysT. Graad verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Martin Coetzee seun van Elani en Martin (Kasier by Reivilo) is gekies as hoofseun van Wildehondepan en 100% skool bywoning- graad 6.

Nelmari Theron, dogter van Mario Theron (Rekenmeester Safex Graan) en Mariana Theron (Bedryfsrekenmeester Fin), is in Graad 1 in Laerskool Leeudoringstad en het die volgende prestasies behaal: Beste Presteerder in Lewensvaardigheid, Afrikaans en Wiskunde. Beste Akademiese Presteerder in Graad 1.

Li-ann is aangewys as beste presteerder in haar graad 2 en 100% skool bywoning. Marunè Maree, dogter van Naudé (Takbestuurder Schweizer-Reneke Handel) en Erika Maree ontvang die volgende prestasies:

Driesha Joubert, Rientjie Joubert (Handel SchweizerReneke), se middelkind, is net soos ousus Roane ook ’n slimkop en spog met ’n goue toekening vir akademie.

Toekenings vir streeksatletiek, werpskyf en gewigstoot. Akademiese toekening vir ’n gemiddeld bo 80%, sy is ook verkies tot die VLR van Laerskool Schweizer-Reneke.

Roane Joubert, oudste dogter van Rientjie Joubert is ’n slimkop wat al die afgelope vier jaar in ’n ry akademiese toekenings losslaan. Hierdie jaar het sy 'n silwertoekenning vir akademie ontvang en ’n prys vir diens gelewer op die leerlingraad van Laerskool Schweizer-Reneke. Sy was ook in die Hokkie Plattelander-wenspan.

Lee-anne Opperman,'n Graad 4-leerling in Laerskool Schweizer-Reneke, is die dogter van Piet (Instandhouding) en Magda Opperman. Sy het akademiese kleure ontvang vir haar gemiddeld van 80.72%.

Michelle

Mari du Plessis (22) dogter van Johan (CEO van AgriCapital) en Riana du Plessis (Departementshoof Opvoedkundige Leiding by Mpumalanga onderwys), het vanjaar haar BPhysT. (Fisioterapie) graad voltooi aan die Universiteit van Pretoria.

Drieckus van Heerden, seun van Ludi (Bedryfsrekenmeester) en Elrina van Heerden (Admin Beampte Graan) is ’n Graad 5-leerling van Laerskool Leeudoringstad. Drieckus behaal toekennings vir Wiskunde en Engels.

popcorn

Azelle Kotze, dogter van Oelof en Lorraine Kotze (Beheerbeampte Voorraadbestuur Graan), is in Graad 5 in Leeudoringstad Laerskool. Sy behaal toekenings vir Engels, Wiskunde, Sosiale Wetenskap, Natuurwetenskap en Tegnologie. Haar gemiddeld is 82,6%.

Monique Pretorius dogter van Martin en Anne-Marie Pretorius (Aankoper) het hulle konsertaand gehad. Hulle het ook sertifikate gekry vir hulle gradeplegtigheid, bevorder van graad R na Graad 1.

Sonica

André van Rensburg, seun van Peet van Rensburg (Misgunst bunker), is vir die Suid-Vrystaat platteland se o/18 krieketspan gekies. Hy is 15 jaar oud. René Theron dogter van Rina en Sollie Theron (Aankoper, Suidwes Handel) graad 7 leerling by Christiana, behaal kleure in netbal asook ’n toekenning vir uitstaande Leierskap, VLR.

Sonica Kotze dogter van Yolande (AgriCapital Middelburg) en Jaco Kotze (Nedbank Middelburg). Sonica is tans in matriek, en het silwer erekleure vir akademie verwerf, asook die beker vir beste student in Afrikaans, wat sy met Jana Kruger deel. Sonica gaan volgende jaar studeer om ’n rekenmeester te word, en het werk gekry by ’n plaaslike boekhouer wat haar ’n beurs gegee het om deur hulle te studeer, en voltyds daar te werk.

november/desember 2014

esprit de corps

29


Skitter sterre, maanlig skyn. Op hierdie dag gebore ’n kindjie klein. Die Kersboom skitter. Ons ogies blink. ’n Beter dag as hierdie, is moeilik om te dink!

Soek die verskille

Stywe lyne Dis skoolvakansie en tyd vir die manne, groot en klein, om lyn nat te maak. As jy 'n kranige hengelaar is, neem 'n foto van jou vangs en stuur dit aan esprit by ccomc@mweb.co.za

Onthou jou naam en ouers se kontakbesonderhede by te sit. Volwassenes kan natuurlik ook foto's van hulle vangste stuur. Hoeveel verskille kan jy kry? Die eerste korrekte antwoord wat getrek word, wen die boek Daar’s ’n Trikeratops op die Trampolien met die komplimente van Human & Rousseau Uitgewers. Stuur jou antwoord na: esprit.kompetisie@gmail.com. Merk in die onderwerplyn: Soek die verskille. Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 10 Januarie 2015

wegsteek-kompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoeveel keer hierdie kersboom in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Lotta se lewe, Konyne by dosyne wat deur Human & Rousseau geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel kersbome Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 10 Januarie 2015

wat kan dit wees?

wenner

Die regte antwoord van die prentjie is waatlemoen. Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek is, is Lourens Brand (Takbestuurder, Suid­ wes Hertzogville). Baie geluk! Die boek Mosaïek, sal binnekort aan jou gestuur word. Die korrekte aantal roomyse wat in die Oktober-uitgawe versteek was, was 10. Baie geluk aan Mia Viljoen (Admin Beampte, Hoopstad Handel) Die boek Kovad Adonai sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die roomyse weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Bls 1, 7(2), 8(2), 10, 11,16, 22 (2), 24

30

die gees van ons mense

Verbind die nommers Verbind die kolletjies met die regte nommers en kyk wat kruip weg op die prentjie. Kleur die prentjie dan sommer ook in.


goedjies

'n Sneeuwêreld in ’n bottetjie (Benodig ouertoesig)

Benodigdhede

Klein glasbotteltjie met 'n deksel wat stewig pas Super glue Water Gliserien Blinkertjies Klein plastiekornamentjies Lint

Metode • Met mamma of pappa se hulp, plak die plastiek ornamentjie aan die binnekant van die botteltjie se

popcorn

karina se

Jy hoef nie dié vakansie verveeld rond te sit nie, hier is 'n paar oulike idees waarmee jy jou kan besig hou.

maak dit sommer maklik deksel met die Super glue vas. Laat dit eers goed droog word. • Gooi ’n knypie blinkertjies in die botteltjie • Gooi twee eetlepels gliserien in die botteltjie en vul die res van die botteltjie met water. Moenie tot oorlopens toe volmaak nie. • Draai nou die dekseltjie baie styf vas. • Jy kan nou met gom en lint die dekseltjie wat die bodem is versier. • Siedaar, jou sneeuwêreld is klaar!

Kerskrans Sneeuman-kersboomversierings Benodigdhede

Roomysstokkies van hout Verf Gom Swart karton Lint Ogies Knope

Metode • Verf jou roomysstokkie wit vir die lyfie van die sneeuman. • Plak 3 knopies aan die lyfie. • Sny ’n eenvoudige hoedjie uit swart karton en plak dit aan die bokant van die roomysstokkie. • Plak 2 ogies op die stokkie. • Teken ’n mond en ’n neus. Jy kan ook ’n langwerpige oranje driehoek uit karton sny vir ’n wortelneus.

Benodigdhede

Gewone papierbord Skêr Gom Afval stukkies kersgeskenktoedraaipapier Sterretjies, blinkertjies, knope en krale Lint

Metode • Neem die papier bord en sny die binnedeel met die skêr uit • Draai nou die bord om sodat die binnekant na onder wys. • Sny jou afval stukkies papier in dieselfde lengtes. • Smeer die papierbord nou met gom en plak die stukkies geskenkpapier oral op die rand. Maak die rand van die bord lekker vol . • Plak sterretjies, blinkertjies, knope of krale vir ekstra detail.

• Plak ’n vrolike stukkie lint om die sneeuman se nek.

• Wanneer die bord mooi versier is, kan die stukkies papier al in die rondte eweredig gesny word ofdit kan net so gelos word.

• Druk ’n gaatjie aan die bokant van die sneeuman se kop en trek ’n lint daardeur sodat jou sneeuman aan jou kersboom kan hang!

• Hang nou jou papierbord-kerskrans met ’n mooi helder strik aan die muur of deur vir ’n kreatiewe kersversiering. Karina van Zyl (Stelselsekuriteit/Admin beampte)

november/desember 2014

esprit de corps

31


agterstoep

kompetisie wat kan dit wees?

Sarie se wenner-PeppermintCrisp-koek en die fietsryer deur Matsie Oliver Illustrasie Yolandé van Zyl

T

en minste is my middelklaslewe nooit oninteressant nie. Ek sou graag rustig en verveeld deur hierdie Vrydag wou drentel, maar soms beskaam die hoop. Die dag het net ná middernag begin met die kleinste yorkie wat waak en blaf tussen die hope handsakke (my hope en hope handsakke gereed vir Kersmarkte). ’n Roepblaffie. Later ’n bevelsblaffie. Toe sommer net ’n bleddie geblaf sonder ophou. Tot ek opstaan en kratte wegskuif, die nuwe Mollie-bulldog uitsmyt voor sy die yorkie en ’n paar handsakke opvreet, en ek ’n rot kry. Platgedruk tussen ’n rak en ’n krat. Daarna gaan alles goed tot opstaantyd. Alles gaan goed tot die Ridder en die Tiener wegry. Ek laai my motor vir werk: handsak, rekenaarsak, ’n sak met twee tafeldoeke en ’n Carol Boyeskoekspaan, en Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek. Laasgenoemde op die passasiersitplek van die wit motor. Toe begin die opwinding weer. Twintig meter van die huis af ruik ek rook. Ek draai die venster oop om vas te stel waar dit vandaan kom. Onnodig, want die rook borrel by die instrumentpaneel uit, ja, die instrumentpaneel van die wit motor met Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek wat my kollegas teetyd moet eet. Ek stop dadelik die motor, skakel af, vlieg uit, red Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek en gaan staan op ’n veilige afstand en wag vir die motor om te ontplof. Gelukkig is die gebeure toe nie só interessant nie. Ek sit maar die koek op iemand se breë tuinmuur neer, laai my handsak, rekenaarsak en sak met twee tafeldoeke en ’n Carol Boyes-koekspaan uit, vat weer Sarie se wenner-PeppermintCrisp-koek en loop huis toe. Toe ek soos ’n pakdonkie voor my hek staan, is ek dankbaar die straat is verlate, buiten vir ’n enkele fietsryer. Maak die hek oop en Mollie storm uit en jaag die fietsryer tot by die volgende hoek. Ek gooi die sakke neer, maar nie Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek nie, en ek kan nie eintlik agterna hardloop nie. Ek kry nie eens soveel uit soos Bileam van ouds se donkie nie. Die vreesbevange fietsryer kon toe vinniger ry as wat Mollie kon hol. Hy sou selfs nóg vinniger kon ry as hy nie so gevloek en geskree het nie. Toe hy opdraande draai in Darlingstraat, besluit Mollie sy gaan nie opdraande hol nie, nie eens agter ’n fietsryer aan nie, en sy draf hoogs in haar skik met haar dapperheid terug na my toe. Sien jy? sê sy, Sien jy hoe beskerm ek jou selfs teen fietsryers? Wow, ek is ’n brawe hond, kan ek ’n stukkie van Sarie se wenner-Peppermint-Crispkoek kry? (Ek wou die fietsryer om vergifnis vra, maar hy was WEG. Ek hoop hy vergewe my en Mollie in die lig van die drama wat ons al sedert middernag gehad het. Ek sal vir hom Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek maak as hy ons vergewe.) Om ’n lang storie nou kort te maak: Ek het my hele pakkaas en Sarie se wenner-PeppermintCrisp-koek in die Ridder se ampsmotor gelaai, met ’n brandblusser teruggeloop na die wit motor toe, en hom behoedsaam aangeskakel en huis toe geneem. Toe die rook weer begin borrel, het ek die motortjie afgeskakel en geruisloos tot in die motorhuis laat rol. Die Ridder dink daar was ’n kortsluiting in die aansluiter. My oorwoë mening is dat daar iewers iets aan die brand geraak het, maar wat weet ek nou? My kollegas dink Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek is die lekkerste wat hulle nog ooit geproe het. e

32

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Kan jy raai wat die prentjie is? Die persoon wat eerste reg raai wen die boek Ter wille van Talita wat deur Lux Verbi Uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 10 Januarie 2015 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die Januarie-uitgawe.

Hierdie nuwe verhaal deur Helena Hugo is die storie van die Van den Heevers, ’n gesin wat aan die Weskus naby Lambertsbaai woon. Hulle hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie. Dit lyk asof hy sy vrou en kinders met ’n ysterhand regeer. Theuns is ’n streng gelowige wat sy dogters teen slegte invloede en seerkry wil beskerm, min wetend dat hy dit te ver voer en sy vrou en dogters die kans ontneem om te groei en te kan ontwikkel. Alle boeke van Lux Verbi is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.luxverbi.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.