Esprit maart digital

Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

maart 2014 betroubaar • integ riteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Lusern groei geil in Soedan >8

Drie ure betyds >3

The seven C's of successful communication >14

mpy-esprit 3 personeel-esprit 13 pitkos 16 popcorn-pretblad 18

>14

>10

>7

>9

agterstoep 20


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

dit wat reg is Suid-Afrikaners en die hele wêreld sit van 3 Maart of vasgenael voor die tv of met een oor vasgeplak teen die radio. Die rede? 'n Realiteitsprogram sonder weerga speel elke dag in die Pretoriase hooggeregshof af. Maar anders as opgemaakte en dikwels voorspelbare spel deur bekendes, akteurs, programvervaardigers en ankermense, is hierdie die harde werklikheid en hopelik die reine waarheid. Een van die eienskappe van die mens wat hom van die dier onderskei, is 'n bewussyn en vrye denke. Die mens is ook van die begin van die skepping bewus gemaak van regverdigheid. En dis juis in die saak wat tans voor ons afspeel een van die aspekte wat onder die loep gaan kom. Dié van regverdigheid. Ons hofstelsel, sou ons verwag en redeneer, sal geregtigheid laat seëvier en ons hou almal asem op vir die uitspraak. En soos die saak ontvou, hoop ons almal vir 'n regverdige einde. Die HAT verduidelik regverdigheid as "Iets wat in ooreenstemming is met dit wat reg is; regmatig, onpartydig, billik en eerlik. Dit haal ook die Bybel aan, in Ps 14:17 staan: 'Die Here is regverdig in al sy handelinge.' Die Skepper wat Sy asem in 'n geesdooie, lewelose liggaam geblaas het, het ook ander eienskappe aan die mens oorgedra. Eienskappe eie aan Hom self. Eienskappe soos empatie, wysheid, geregtigheid, regverdigheid en bo alles liefde. As 'n feilbare mens – soos alle mense – sal regter Thokozile Masipa sekerlik een van die moeilikste uitsprake moet maak. Elkeen van ons het ook ons eie opinie oor wat die waarheid kan wees. As jy die Oscar Pistorius-saak volg, hou regverdigheid in die oog, sien die waarheid raak en moenie oordeel nie. Die oordeel kom ons nie toe nie.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie.

2

die gees van ons mense

kompetisiewenners wat sê die prentjie? Lilla Grobbelaar

(Hoofklerk: Graan) se inskrywing is die een wat getrek is. Sy ontvang die boek, Nie vir Ma’s nie:

’n Kookboek vir pa’s en kinders wat deur LAPA Uitge­wers geskenk is. Besoek gerus die webwerf www.lapa.co.za vir die nuutste boeke.

tel die reëndruppels

Die korrekte aantal reëndruppels wat in die Februarie-uitgawe versteek was, was 15. Baie geluk aan Mia Oberholzer (Admin Beampte, Handel Hoopstad). Sy ontvang die boek Lawwe hond! wat deur LAPA Uitgewers geskenk is.

internasionale wafeldag

inhoud mpy-esprit Drie ure betyds 3 Kortliks 4 Pensioenfonds 5 Personeel oorgehaal tot samewerking 6 Carl Bierman gesels uit Soedan 8 Die gras is altyd groener aan die ander kant van die draad 9 Welkom by Suidwes 10 Suidwes span uit op Wesselsbron 12 Hulle harde werk word beloon 13

personeel-esprit The seven C’s of successful communication 14 Lief en leed 15 Langdienstoekennings 15

pitkos 2014 Internasionale jaar van die gesin Hou ’n piekfyn piekniek Pak ’n piekniek

16 17 17

popcorn-pretblad Uitslag van kompetisie 18 hol-spring-gooi atletiekdag 18 ’n Stroopsoet dag vir elkeen 19 Lip-lek-lekker-wafel-kompetisie 19 Wafel met karamelsous 19

agterstoep My veganwafel flop Kompetisie: wat sê die prentjie?

medewerkers

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Februarie se

Annie Modiakgotla, anniem@suidwes.co.za Corrie Marais, corriem@suidwes.co.za Annemarie Carelzen, annemariec@suidwes.co.za Elrina van Heerden, elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe, ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow, ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg, joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl, karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots, lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff, marlisdg@suidwes.co.za Marita Burger, maritab@suidwes.co.za Rebecca Legabe, rebeccal@suidwes.co.za Riekie du Preez, riekiedp@nwet.co.za Sunelle van Rooyen, sunellevr@suidwes.co.za Tania Mostert, taniam@suidwes.co.za Zelda van Reenen, zeldavr@suidwes.co.za

20 20


maatskappy-esprit

Drie ure betyds Die hele somergraanoes was geplant op genade met die bietjie reën wat wel in Desember geval het – op ’n algehele droë grondprofiel ná amper drie jaar se droogte.

Japie van Wyk van die plaas Donkerbos, Vanzylsrus, sak uit dankbaarheid op sy knieë neer. Sowat 150mm reën het geval.

D

ie week voor die World Café Workshop was waarskynlik die stresvolste sewe dae wat ek in my twee jaar by Suidwes beleef het. Soos ons almal het ek besef dat die mielieplante nie langer as hier­ die week sou kon uithou nie – omdat dit feitlik niks in Januarie gereën het nie. Die hele somergraanoes was geplant op genade met die bietjie reën wat wel in Desember geval het – op ’n algehele droë grondprofiel ná amper drie jaar se droogte. Uit die staanspoor was dit ’n groot risiko omdat daar geen reserwevog in die grond was nie en die oes 100% van opvolgreën afhanklik sou wees. Die geplante oes was weliswaar laat, maar die potensiaal het uitstekend gelyk. Soos wat Januarie gevorder het, is daar elke week reën voorspel, maar met die uitsondering van ’n paar los donderstorms het die reën eenvoudig weggebly. Om sake te vererger het ’n hittegolf oor die noordelike dele van Suid-Afrika uitgebreek en moes ons sit en kyk hoe die son die aanplantings verbrand. Dit was ’n ervaring wat ek nie sommer gou weer wil beleef nie.

So breek die laaste week van Januarie aan. Dit was, volgens die kenners, die laaste week om die oes te red. Voorspellings van goeie neerslae was vir Maandag tot Woens­dag op al wat webwerf is, gemaak. (Nodeloos om te sê ek het elke dag elke erkende web­werf bestudeer sodat die hoop nie beskaam nie!) Dit is geskiedenis dat daar WEER bitter min reën was, ten spyte van die gunstige voor­spellings. Ek onthou dat ek Woensdagmiddag, 29 Januarie, gaan kyk het of die saal gereed is vir die volgende dag se werkwinkel en die hitte in die saal was bykans ondraaglik. Ek het nog vir Sunelle van Rooyen gesê dat ons gaan sukkel om 250 mense se aandag te hou in hierdie omstandighede. Daardie aand het die weervoorspeller egter gepraat van heelwat koeler temperature vir Donderdag en Vrydag met reën … Baie van ons het seker gedink: “Ja, sure. Hulle sê dit al vir ’n maand lank, en niks gebeur nie." Maar toe gebeur dit: Na al die bid­ure, gebede en verootmoedigingsgeleent­ hede vir reën, maak die Vader die sluise van die hemel op 30 Januarie wawyd oop!

Sagte, wydverspreide reën het feitlik oor die hele gebied vir minstens ’n week uitgesak. Dit was letterlik manna uit die hemel, en NET betyds. Almal is dalk nie heeltemal daarvan bewus nie, maar die reën het ’n waarskynlike ramp afgeweer. Nóg so ’n swak oes soos die vorige jaar sou baie boere in die moeilikheid laat beland het, wat uiteraard ’n baie negatiewe effek op Suidwes sou hê. Wat verder merkwaardig is, is hoe ongelooflik die gewasse herstel het. Mielies wat reeds gelyk het of dit vrek, het die volgende week geil, groen en gesond in die lande gestaan! Dit was ’n belewenis om oral in die veld waterpoele te sien en die strome te sien vloei. Die veld het ook goed herstel en hoewel dit reeds laat in die seisoen is behoort die winterweiding heelwat beter as verlede jaar te wees. Indien ons goeie opvolgreën kry, verwag ons steeds ’n normale oes. Ons wil graag ons dankbaarheid teenoor ons Skepper betuig vir die uitkoms. Louis Smit Besturende Direkteur

maart 2014

e esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

Lusern groei geil in die woestyn

kortliks

Dramatiese omeswaai

So lyk die lusern tans Dis hoe die lusern op 27 Februarie in Soedan gelyk het. Die stand en opbrengs is bo verwagting goed en daar word met groot afwagting uitgesien na die eerste snysel wat vir middel Maart beplan word. Die amptelike opening van die Amtaar perseel word vir 7 Mei beplan en van Suidwes se direkteure sal dit bywoon.

Van 'n potensiële ramp het die milde reën wat in Februarie geval het die situasie sodanig omgeswaai dat daar nou 'n bogemiddelde oes verwag word. In sommige areas word daar selfs van rekordoeste gepraat. Die jongste nie-amptelike oesskatting het van 1.2m ton tot 1.6m ton in die tradisionele Suidwes gebied opgeskuif. Reën was waarskynlik nog nooit so betyds en tydig nie!

Finansiële resultate lyk goed

"Die nuwe oefenmasjiene wat onlangs in die gym installeer is, is nie vir sissies nie," sê Deon Badenhorst (Bestuurder: Menslike Hulpbronne). Elkeen kan nou met sespak-maagspiere spog – geen verskonings nie, die masjiene is juis vir maagoefeninge bedoel.

Terratek en AgriCapital het 'n boeredag naby Warden bygewoon en hulle produkte en dienste aan die boere van die omgewing bekend gestel. Van links is Johan Kleynhans en Koos van den Berg, verhoudingsbestuur­ ders by AgriCapital, en Jason Sparrow (Senior Grond en Agronomie Spesialis) by Terratek.

4

die die gees geesvan vanons onsmense mense

Die stand van die Groep se finansiële resultate lyk baie goed, ten spyte van die droogte. Die Groep is vir die jaar tot datum ver voor begroting en die verwagting is dat ons die jaar met minstens 10 % bo begroting sal afsluit.


maatskappy-esprit

< pensioenfonds >

maatskappy-esprit

maart 2014

esprit de corps

5


strategie

Die kunswerk van dag 1 beeld Suidwes uit as ’n ambulans wat spoed vermeerder deur die landboulandskap oppad Afrika in.

Personeel oorgehaal tot samewerking "Die reaksie van personeel ná die werkwinkel was oorwe­gend positief," sê Louis Smit (BD). "Ons sien uit na die toepassing van wat personeel daar geleer het. Dit gaan Suidwes net nog meer vaartbelyn en doeltreffend maak om ons klante met professionele dienste en produkte te voorsien." 'n Meningsopname is onder die personeellede wat die werkwinkel bygewoon het gedoen. Hier is sommige van die opmerkings: • Ek dink dat hierdie die beste manier was om die visie en strategie van Suidwes aan ons oor te dra. • Dit het ons meer insig gegee rondom besluite wat die direksie neem. • Ons moet 'n spangevoel kweek tussen afdelings sodat

6

die gees van ons mense

Suidwes as 'n eenheid kan funksioneer en bemark kan word.

Links: Piet Matheatau, Johannes Ntsitsi, Thomas Mbimbene en Ben Lubbe sit koppe bymekaar gedurende ’n sessie waar groepe nuwe innoverende idees moes bedink waarmee Suidwes in die toekoms besigheid kan uitbrei.

• Dit was goed om die bestuur en direkteure daar te sien. • 'n Aantal mense het gevoel dat die kursus in Afrikaans aangebied moes word, sodat hulle dit beter kon verstaan. • Voorstelle dat die groepe dalk kleiner moet wees, is ontvang. • Heelwat mense het gevoel dat dit nie oor die maandeinde aangebied moes word nie. • Soos in enige maatskappy is daar ook negatiewe persepsies wat aangespreek moet word – 'n onafhanklike forum sal beslis 'n positiewe effek hê. • 'n Geleentheid soos hierdie gee aan elkeen kans om hulle menings te lug.

Bo: Hier is die groep wie se tekening op dag een aangewys is as die kunswerk wat die maatskappy se doelwitte die beste uitgebeeld het. ’n Kunstenaar van Custormer Diagnostics het hulle konsep gedurende die middagsessie in ’n ware kunswerk omskep.


maatskappy-esprit

< strategiese werkwinkel>

Resultate van die menigopname wat na die afloop van die werkwinkel onder personeel gemaak is toon hoe hulle dit ervaar het. Veld opsomming vir 0030 Het jy die dag insiggewend gevind? Antwoord Telling Ja (Y) 137 Nee (N) 7 Geen antwoord 0 Nie vertoon 5

Persentasie 91,95% 4,70% 0.00% 3,36%

maatskappy-esprit

Laat die grafieke praat

Ja (137) Nee (7) Nie vertoon (5)

Veld opsomming vir 0080 Is dit belangrik om personeel te betrek by die strategie? Antwoord Telling Persentasie Ja (Y) 146 97,99% Nee (N) 3 2,01% Geen antwoord 0 0,00% Nie vertoon 0 0,00% Ja (146) Nee (3)

Veld opsomming vir 0040 Is jy van mening dat ons meer sulke geleenthede moet reĂŤl? Antwoord Telling Persentasie Ja (Y) 129 86,58% Nee (N) 15 10,07% Geen antwoord 0 0,00% Nie vertoon 5 3,36% Ja (129) Nee (15) Nie vertoon (5)

Veld opsomming vir 0070 Verstaan jy die strategie an die maatskappy beter na die dag? Antwoord Telling Persentasie Ja (Y) 141 94,63% Nee (N) 3 2,01% Geen antwoord 0 0,00% Nie vertoon 5 3,36% Ja (141) Nee (3) Nie vertoon (5)

Veld opsomming vir 0050 Het jy kollegas ontmoet wat jy nie geken het nie? Antwoord Telling Persentasie Ja (Y) 144 96,64% Nee (N) 0 10,07% Geen antwoord 0 0,00% Nie vertoon 5 3,36% Ja (144) Nee (5)

maart 2014

esprit de corps

7


Carl Bierman gesels uit Soedan

stories uit soedan esprit

Die ontdekking van die put

Leersakke word gebruik om die water uit die put te skep. Op die hoop is die toue en leersakke wat hulle gebruik sigbaar.

Onder in die gat blink die water. Dit is seker vir menige dorstige mens en dier ’n groot verligting om van die water te drink in die warm woestyn.

Van ’n afstand is slegs die houte sigbaar waarmee die water uitgetrek word.

<soedan>

maatskappy-esprit

Vir hierdie ou kameel was die vars water te ver.

In die woestyn is toegang tot water lewensbelangrik. "Ons hier op die Amtaarprojek het al gewoond geraak aan die Bedoeïne wat oral met hulle kamele en bokke te sien is. Ons het tog gewonder waar hulle water kry. Omdat hulle geen Engels verstaan nie, kon ons hulle ook nie vra nie," vertel Carl.
 Dis toe dat ons die put “ontdek”, dit is op een van die beplande lande waarop lusern geplant sou word. Die put is so besonders eie aan die plek dat ons almal ons oorredingsvermoë gebruik het om die put teen die stootskrapers te beskerm. Die bestuur van Amtaar het ’n ooreenkoms met die Bedoeïne aangegaan dat daar vir hulle nuwe gate geboor sal word op plekke buite die projek. Die gat is sorgvuldig toegemaak om te keer dat sand en klippe in die put beland. Die put is letterlik op die vlakte en geen mens sou kon dink dat die water redelik na aan die oppervlak lê nie.
Die put is met die hand gegrawe en met groot moeite met klip uitgevoer. Dit is nie moontlik om te bepaal hoe lank die put al hier is nie, maar ons vermoed dis al baie oud. Miskien kan ons die put-omgewing as ’n lewende museum benut. Van die versteende boomstompe en ander klippe wat uniek aan die omgewing is, kan ook op die terrein uitgestal word. Ons ontvang baie gaste en dit kan voordelig wees vir die beeld van die projek. Mense soos die voorsitter van die Jenaangroep en ander gee om vir die omgewing en is bewaringsbewus.

Groen is die land van Soedan "Die Amtaarprojek in Soedan vorder baie goed. Die 400 ha lusern wat aangeplant is, lyk uitstekend," sê Louis Smit (besturende direkteur) na sy onlangse besoek. "Daar is reeds sowat 2000 ha se besproeiings­ infrastruktuur opgerig. Ons is baie trots op ons manne daar."

8

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

Besoek gerus die Soedan-blog en gesels met die manne daar.

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

Die onafwendbare het gebeur – en ons het bewyse daarvoor. Die gras ís groener aan die ander kant. Die mense van Soedan se donkies en kamele is altyd op soek na groener weivelde. Die afgelope ruk was daar gedurig diere in die lusernlande. Eers het ons hulle self probeer verjaag, maar dis ’n onbegonne taak. Soos die lusern mooier raak het hulle net meer en meer geword. Ons het toe maar die polisiemag se hulp ingeroep.

Maar kameel se kind laat nie vir hom jaag of voorsê nie. Die kamele wou hulle nie laat vang nie en het na die oop hekke van die sokkerveld gehardloop (of galop 'n kameel?). Die arbeiders moes hardloop om voor die kamele by die hek te kom. Hulle word nou tydelik op die sokkerveld 'ingehok'. Ons sal nou maar moet sorg dat hulle kos en water het tot hulle eienaars hulle kom haal. In teenstelling hiermee lyk die lusern tog net heerlik vir ’n kameel.

'n Oase van 'n ander aard. Kamele neem ewe kordaat die lusernland met jong saailinge in.

maatskappy-esprit

Die gras is altyd groener aan die ander kant van die draad

Dit is ondenkbaar dat die kamele kos vind om te eet in so 'n dorre woestyn. Tog oorleef hulle al dekades hier. Regs: Die polisie se hulp is ingeroep om die kamele tot op die omheinde sokkerveld te jaag. Die kamele het maar teësinnig 'saamgewerk'.

Die donkie is 'n wonderlike ding – behalwe as hy in 'n jong lusernland staan.

maart 2014

esprit de corps

9


nuwe kollegas

Welkom by Suidwes Welkom by die Suidwes-span aan al die nuwe wenners! Ja, julle is almal wenners omdat julle uitgesoek is tussen al die ander aansoekers vir julle poste. Soos ons Besturende Direkteur, Louis Smit, sê "Hierdie is maar die begin van jou reis, ons gaan jou uitdaag om vorentoe altyd beter as die gemiddeld te presteer omdat ons weet jy kan." Hier by Suidwes is dit egter nie nodig dat jy dit alleen vermag

nie, want ons het reeds die omgewing geskep sodat jy binne spanverband kan floreer en pre­s­ teer sodat jy in jou loopbaan kan groei tot voordeel van jou gesin asook die aandeelhouers en die klante van die maatskappy. Jy gaan goed aanpas in die Suidwes Groep as jy hier inval met 'n positiewe gesindheid, betrokkenheid en 'n innoverende ingesteldheid. Met hierdie eienskappe gaan jy 'n sukses maak

van jou loopbaan by Suidwes ongeag die moeilikheidsgraad van enige taak wat aan jou toe­vertrou word. "Dit gaan net van jouself afhang hoe aangenaam jy die reis by ons gaan vind – by Suidwes werk ons slim, speel ons genoeg en geniet ons elke dag die voorreg om te lewe en te kan werk," het Louis gesê.

- Integriteit, - billikheid, - betroubaarheid, - lojaliteit, - eerbaarheid, - respek, - konsekwentheid, en - etiek.

Vryburg

Marius Halgryn Stoorbestuurder Vryburg Handel

Jestine Arendse Kassiere Vryburg Handel

Elizma Kemp Kassiere Vryburg Handel

Leeudoringstad

Johan Rothman Kontrak Admin Bestuurder AgriCapital Leeudoringstad

10

MAAK SUIDWES SE WAARDES JOU EIE:

die gees van ons mense

Irene Collen Verkoopsassistent – Vryburg Handel

Makwassie

Magdaleen van den Berg Kassiere Leeudoringstad Handel

Annemarie Carelzen Sekretaresse Korporatief Leeudoringstad

Renier Maré Stoorvoorman Makwassie Handel


kollegas

Gerda van Staden Kassiere Stella Handel

Reivilo

Martin Stander Kassiere Reivilo Handel

Wolmaransstad

Patrick Magano Verkoopsassistent Wolmaransstad Handel

Jan de Klerk Werktuigkundige Stella Meganisasie Werkswinkel

Gerhard van Rhyn Verkoopsassistent Boshof Handel

Bultfontein

Auret Basson Bemarker in Beheer Bultfontein Meganisasie Onderdele

Potchefstroom

Riaan de Lange Chief Information Officer Potchefstroom

Christiana

maatskappy-esprit

Boshof

Stella

Angelique Minders Kassiere Christiana Handel

Bothaville

Charmaine van Zyl Admin Beampte Bultfontein Handel

Ladybrand

Louise Gibson Klerk Ladybrand Meganisasie Onderdele

Quintin Etsabeth Bemarker in Beheer Bothaville Meganisasie Onderdele

Hoopstad

Mia Oberholzer Admin Beampte Hoopstad Handel

maart 2014

esprit de corps

11


Suidwes span uit op Wesselsbron

betrokke

'n Suksesvolle boeredag is op die plaas, Erfenis, Wesselsbron gehou. Die dag is deur drie plaaslike boereverenigings, Mooiveld, De Hoop en Losdorings gereël. Suidwes was deur Robert Paver (Meganisasie), Werner Gouws (Handel), Danie Venter en Martin Ehlers (Fin) en Jason Sparrow (Terratek) verteenwoordig.

Sonneblom-seisoen!

Johan Botes (Suidwes) en Chips Botha van Agricol rek behoorlik om die groot plant regop te hou.

12

die gees van ons mense

Brenda Pretorius (hoofklerk, Meganisasie) het dié foto van 'n reusesonneblomplant ingestuur. "Chips Botha van Agricol het met die plant kom spog," vertel sy. Dit kom van die plaas The Orchard van Israel Mothlabane, 'n opkomende boer in die Wesselsbrondistrik .

Mnr SG Greyling van die plaas Middelpan het met sy sonne­blomplant by Meganisasie op Wesselsbron kom spog. Piet van Wyk (bestuurder) wys daarop dat die plant 7 spruite en 14 koppe gevorm het. "Dit kom baie selde voor," sê Piet.


presteer-esprit

personeel-esprit

Hulle harde werk word beloon

TWINTIG SLIMKOPPE TESAME: Agter van links is Hiram George, Sheri Botha, Sylvia Taljaard, Simone Bosch, Walter Booysen, Kobus Moolman, Wolf Wolmarans en Lizel Namane. Tweede ry van agter is Melani Badenhorst, Cornelia Bester, Joseph Rasego, Julia Kambinda en Elsabe McCarthy. Tweede ry van voor is Dinah Mothibedi, Rebecca Legabe, Portia Mogoeng, Melon Jood en Mellory Niewenhoudt. Voor is Bertus Pretorius, Elias Modise, Eben Nel en Haarmans Madibo. Dié twintig slimkoppe het rede om breed te glimlag. Hulle het onlangs met trots hulle diplomas van die Potchefstroomse Besigheidskool ontvang. Die besigheidskool van Noord-Wes Universiteit het internasionale akkreditasie en die programme wat aangebied word, is baie gesog en word hoog aangeslaan. Die kursusse wat die studente o.a. deurloop het, is: Die Fundamental Management Program – hier word intreevlak­ bestuur behandel en Suidwes het 16 kandidate gehad. Eben Nel (werktuigkundige, Schweizer-Reneke) was die sterstudent en het die sertifikaat Cum Laude geslaag.

Die Middle Management Program fokus op operasionele bestuur­ sake en daar is 9 suksesvolle kandidate – Simone Bosch (aankoopassistent) slaag hierdie program Cum Laude. By die Advanced Management Program is die fokus op strategie en hier het Bertus Pretorius (Graanverkryger) uitgeblink. "Ek haal my hoed af vir elke persoon wat kans sien om 'n voldag werk in te sit en nog na-ure te studeer. Baie geluk aan elkeen," sê Marlis de Greeff (bestuurder: administrasie & diensbillikheid).

maart 2014

esprit de corps

13


The seven C's of successful communication

kommunikeer

AS jy as Afrikaans- of Engelssprekende die woorde in kleur kan lees en verstaan, is jy een van die min mense wat ’n Afrika-taal magtig is. Ons leef in ’n tyd waar kommunikasie op ’n legio maniere moontlik is. As jy as bestuurder of personeellid met jou kollegas in hulle eie taal kan kommunikeer, sal dit moontlike misverstande uit die weg ruim. Die vraag is egter waar begin jy? Tyd vir aandklasse of ’n aanlyntaalkursus is daar gewoon nie. Om ’n inheemse taal te leer kan intimide­ rend wees en baie mense afskrik. Daar is gelukkig ’n nuwe toep ('app') ontwikkel waar jy eenvoudig van jou tablet of slimfoon frases kan aanleer. Twee professore van die Universiteit van Kaapstad het dié uitdaging aanvaar en ’n gratis toep ontwikkel waarmee ’n Afrika-taal aangeleer kan word. ’n Mens leer basiese Xhosa, Noord- en Suid-Sotho, Tswana en Zoeloe hiermee. Hulle noem die toep Lala – dit staan vir 'Learn an African Language Apps'. Die projek het begin toe die een professor verlede jaar by die universiteit se somerskool ’n klas aangebied het waarin sy mense basiese Xhosa geleer het. Sy het besef dat dit moeilik is om ander tale te leer en dat mense geïntimideerd voel, veral as hulle met baie lesse en werk gekonfronteer word. Van die lesse is reeds op CD opgeneem. Dit gee die Engelse frase eerste en dan die ander taal. Die toep is maklik om te gebruik omdat ’n mens die frase eers in Engels lees en hoor, en dit daarna in die Afrika-taal lees en hoor. Sodoende leer ’n mens ook die regte uitspraak en sien hoe dit geskryf word. In die aanvanklike app is net 50 frases wat ’n mens in die alledaagse lewe gebruik. • Om dit gratis op ’n Android-foon of tablet af te laai, besoek die Samsung-app-winkel, die Google Play-app-winkel, of gaan na http://goo.gl/oXem6D e *Hello, Hoe gaan dit? Dankie. Mooi loop. Laat dit goed gaan.

14

die gees van ons mense

Take a moment to think of how often you communicate with people during your day. You write emails, facilitate meetings, participate in conference calls, debate with your colleagues … the list goes on. We sometimes spend almost our entire day communicating. But are we communicating in the clearest, most effective way? This is why the 7 C's of Communication are helpful. The 7 C's provide a checklist for making sure that your meetings, emails, conference calls, reports and presentations are well constructed and clear – so your listener gets your message.

According to the 7 C's, communication needs to be: Clear, concise, concrete, correct, coherent, complete and courteous 1. Clear – When writing or speaking to someone, be clear about your message. What is your purpose in communicating with this person? If you're not sure, then the listener won't be sure either. To be clear, try to minimise the number of ideas in each sentence. Make sure that it's easy for your reader or listener to understand your meaning. People shouldn't have to "read between the lines" and make assumptions on their own to understand what you're trying to say. 2. Concise – When you're concise in your communication, you stick to the point and keep it brief. Your readers do not want to read six sentences when you could communicate your message in three. Are there any adjectives or "filler words" that you can delete? You can often eliminate words like "for instance," "you see," "definitely," "kind of," "literally," "basically," or "I mean."

Are there any unnecessary sentences? Have you repeated the point several times, in different ways?

3. Concrete – When your message is concrete, then your reader or listener has a clear picture of what you're telling them. Your message should be understandable and not too abstract. 4. Correct – When your communication is correct, it fits your audience. And correct communication is also error-free communication. • Do the technical terms you use fit your audience's level of education or knowledge? • Have you checked your writing for grammatical errors? Remember, spell checkers won't catch everything. 5. Coherent - When your communication is coherent, it is logical. All points are connected and relevant to the main topic, and the tone and flow of the text is consistent. 6. Complete – In a complete message, listeners have everything they need to be informed and, if applicable, take action. Does your message include a "call to action", so that your listener or reader clearly knows what you want them to do? Have you included all relevant information – contact names, dates, times, locations, and so on? 7. Courteous – Courteous communication is

friendly, open, and honest. There are no hidden insults or passive-aggressive tones. You keep your reader's viewpoint in mind, and you're empathetic to their needs. e

And then there is the unspoken communication ...


lief & leed Ervaar die gees van ons mense

Knoop deurgehaak

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Carelzen (PA:Besturende direkteur) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemariec@suidwes.co.za Ons is saam met julle bly • Martiné Nel (Junior Klerk Finansiering, Hoofkantoor) en Ian Vermeulen (NWET) is in die huwelik bevestig. Ons glo en vertrou dat julle huwelik geseën sal wees. Julle is in ons gedagtes • Hendrik Seiphetlo (Silo-operateur: Bloemhof) was in die hospitaal met longontsteking. • Paul Fourie (Hulp-silo-operateur: Bloemhof) se vrou is in die hospitaal opgeneem en moet gedurende Maart verdere toetse ondergaan. • Troffel Johansen (Asst-Silobestuurder: Bloemhof) was vir sy tweede heupvervanging. • Marie de Jager (Handel: Bothaville) se ma het ’n hartaanval gehad en sterk tans tuis aan. • Lanelle Loots (Menslike Hulpbronne, Hoofkantoor) se baba is vroeggebore. Hy is tans in die hospitaal. • Riana Blignaut (Admin Beampte: Schweizer-Reneke Handel) se skoonma

Baie geluk, julle!

langdienstoekennings is oorlede na ’n lang stryd teen kanker. • Naudé Maree (Takbestuurder: Schweizer-Reneke) se dogter, Marunè Maree, was vir ’n voetoperasie. • Phillippina Potgieter (Senior klerk: Bloemhof-silo) se broer is oorlede aan ‘n hartaanval. • Piet Oldewage (Bestuurder: Graanadministrasie) se vrou, Annamarie, het ‘n operasie ondergaan. • Melanie van der Linde (SAFEX Makelaar) het ‘n operasie ondergaan. Ons groet ’n kollega • Dit is met leedwese dat ons verneem het van Hennie Bester (Asst-silobestuurder: Kameel) se tragiese afsterwe op 27 Februarie. Dit is vir die graanspan ‘n groot verlies, want Hennie was ‘n geliefde kollega, wat op sy eie stil manier sy werk met onderskeiding gedoen het. Hennie het vir meer as 38 jaar vir Suidwes gewerk. Ons gebede gaan uit aan Rina, hulle dogter Annemarie, en die res van die familie, in hierdie moeilike tyd.

langdienstoekennings Maart 5 Jaar • Mnr CH Ingram (Hoopstad Onderdele) • Mev LMB Rankin (Hoopstad Werkswinkel) • Mnr MM Tshofela (Leeudoringstadsilo) • Mnr GW Badenhorst (Menslike Hulpbronne) • Mnr MD Matshogo (NviroTek) • Mev A Heymans (Wolmaransstad versekering)

personeel-esprit

Martiné Nel (Junior klerk Finansiering) en Ian Vermeulen (NWET) het ’n baie oorspronklike troukar gehad.

Benno Fourie (Bemarker Meganisasie) is 5 jaar by Suidwes. Baie geluk.

Johannes Batlhaping (Vurkhyserdrywer) en John Nieuwoudt (Bestuurder). Vryburg Veevoerdepot.

Lettie Mokoroane (???)

Big Boy Goabape (Vurkhyserdrywer) en John Nieuwoudt (Bestuurder). Vryburg Veevoerdepot.

Lukas Serebolo (Algemene werker) en John Nieuwoudt (Bestuurder). Vryburg Veevoerdepot.

• Mnr M Groep (Hertzogville-silo)

10 Jaar • Mnr MA Wolvaardt (HUB Meganisasie) • Mnr MF Mosinki (Leeudoringstadsilo)

20 Jaar • Mnr PJ Labuschagne (SchweizerReneke-silo) • Mev M van der Linde (Makelaar)

Michael Matheatau (Silo-operateur, Kingswood-silo) is 15 jaar by Suidwes.

Lizzy Mahole (Algemene werker, Kingswood-silo) is 25 jaar by Suidwes.

maart 2014

esprit de corps

15


pitkos

maatskappy-esprit

gesin “Family is the special tie, you can feel inside your heart. Family is the love and care, that stops you from growing apart. Family can help you, when you’re struggling with pain. Family will always love you, even when you are insane! Family are your best friends, and will always show you the way. No matter what happens, your family will always stay.” By Candice Monaghan

SOOS DAKLOSES, is die mens lewenslank op soek na ‘n tuiste, langs uitdraai- en slinger paaie, ’n hawe waar hy kan vasmeer om te rus, op soek na veiligheid, na iemand vir wie hy die moeite werd is, wat van hom hou, wat hom menslike warmte en liefde kan bied, wat hom kan huisves, waar hy kan “behoort”. Kinders, van babadae af, het dieselfde begeerte en behoefte en die gesin is die eerste plek in ‘n mens se lewe waar jy hierdie geborgenheid behoort te ervaar.

16

die gees van ons mense

2014 Internasionale jaar van die gesin Dit is vanjaar die internasionale jaar van die gesin, daarom staan ons stil by die waarde van die gesin. Van die grondlegging van die wêreld af was gesinne die boublokke van die samelewing; morele waardes was veronderstel om die sement te wees. Die wêreld soos ons dit vandag ken, het verval in chaos, wetteloosheid en liefdeloosheid. Wie se skuld is dit? Is die wêreld nie maar ‘n heenwys na die toestand in die gesin nie: na die morele waardes wat binne die gesin heers en die gesindhede wat binne die gesin uitgeleef word nie? Jip, dis ongelukkig so. Ouers se invloed bepaal grootliks die standaard van die morele optrede van elke kind en dit word hoofsaaklik in die huis vasgelê. Vandaar word dit uitgeleef na buite, die wêreld in. En die voor-

beeld word eerder nagevolg as leë woorde en opdragte en vooraf goed deurdagte preke . . . Ons tyd word vandag opgeslurp deur werk, sepies, flieks, realiteitsprogramme, selfone, tablette, ‘i-pads, i-phones’ en ‘I’. Dit lyk en voel asof die lewe vandag al vinniger verbygaan en ongelukkig sluit dit ook die spoed in waarteen ons kinders grootword. Binne die volgende paar jaar is jou kind dalk op die randjie van pre-tienerjare en jou tiener op die rand van volwassenheid en gereed om die huis te verlaat. Vra jouself die vraag af: het jy genoeg tyd aan jou kind spandeer? Sal jou kinders aangename herinneringe hê aan gesinsamehorigheid wat hulle aan jou sal bly anker? Wanneer jou kinders uit die huis is, sal hulle enige rede hê om hulle broers en susters of julle, hulle ouers, nog te besoek en lief

te hê? Het jou kinders geliefd en gekoester gevoel in jou huis, het jy jou kinders se mooi, sowel as hulle slegte eienskappe aanvaar en hulle liefgehad ten spyte van . . . Vir die struktuur van die gesin om in die regte wêreld te werk, moet daar opofferings gemaak word: tyd saam deurbring, samehorigheid en die vaslê van morele waardes. ‘n Bitter hoë prys in vandag se lewe. As ouers en hoofde van ons huise beteken dit die proses moet by ons begin. Ons kinders is die samelewing van môre, die eindproduk van ons voorbeeld en keuses vandag. Daar sal altyd beter werk, hoër posisies, meer gimnasiums en oefengroepe, en beter geleenthede wees vir ons eie groei en verryking, maar die uurglas vir ons kinders en gesin loop leeg – vinnig en vir altyd.


BENUT DIE LAASTE paar warm dae ten volle en geniet ’n heerlike ete in die buitelug saam met jou gesin. Maak dit ’n spanpoging waar elkeen sy gunstelingkossies in die mandjie kan pak. Wat pak jy in jou mandjie? eetgerei borde servette plastiekglase piekniekkombers kos en drinkgoed plastieksakke vir vuil eetgerei “Hou dit eenvoudig en hanteerbaar, maar doen moeite met jou geregte en aanbieding.” sê

pitkos

Hou ’n piekfyn piekniek Corlane Lewis, restauranteur en kreatiewe koskenner van Cafe du Soleil in Pretoria. Niemand wil op ’n ou stukkende kombers hulleself neervly nie. Pak jou kos in mooi houers wat jy met kleefplastiek toemaak eerder as dowwe plastiek en roomysbakke. Maak die piekniek prettig en mooi. Al skakel ’n mens ook eetgerei heeltemal uit, kan jy tog nie sonder glase en servette piekniek hou nie. Probeer om alle kos so te maak dat dit met die hand hanteer kan word. Bedien dit op stokkies en hou by kos wat nie olierig is nie. Gebruik jou kreatiwiteit en ontwerp ’n smullekker piekniekete.

Pak ’n piekniek

Corlane gee ’n paar heerlike en vinnige koshappie-idees vir ’n piekniekmandjie: • As jy nie broodjies wil maak nie, koop enige pakkie soutbeskuitjies soos (salticrax/ bacon kips, melba toast) en kry kaaswiggies, koue vleis, kersietamaties, olywe, komkommer, vir vingerhappies. • Gevulde doppies met tuna, spek, aspersie, spinasie, salm, maaskaas, hoender, sampioene, ham, ens. • Ham balletjies, mini-frikkadelle, hoenderboudjies, hoendervlerkies, samosas, springrolls, steakstrips, hoenderstrips, cheese grillers, klein pizzas, tunatertjies/wieletjies/poffertjies, maalvleis-/hoenderpasteitjies, mini-souttertjies, mini-vetkoekies, lepelsteeltjies, biltong-happies, weense worsies op tandestokkies met uitjies, spek met kersie/dadels, kaasstrooitjies, sout muffin, mielie en spek poffertjies, reënboogbroodjies, skilferkors

pizza’s/wieletjies, bullybeef poffertjies, kaasvierkantjies, tamboesies, sampioenhappies, deegjassies, kersie-tamaties, provitas of cream crackers met verskillende smere, lang repies komkommer/wortel, verskilende stukkies kase, chillie bites, stukkies droë wors, gekerfde biltong, mini spinasietertjies, koue vleis opgerol met tandestokkies en stukkie aspersie in, gehalveerde eiers, gekrummelde sampioene, russian in wieletjies gesny, agurkies in lang repies gesny, peppadews gevul met fetakaas, bacon happies, tortilla’s/pannekoek, wraps gevul en in klein stukkies gesny, stukkies koue boerewors, rooster broodjies in vierkante gesny. Pak kaasborde met verskillende kase bv roomkaas, feta, cheddar, en spuit sweet chillie sous oor die kaas, ek gebruik enige soutkoekie saam met dit. En onthou, al reën dit kan julle nog steeds piekniek hou onder dak in julle eie huis.

maart 2014

esprit de corps

17


hol-spring-gooi atletiekdag wegsteekkompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoeveel keer hierdie sonneblom in esprit verskyn (hierdie een uitgesluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Prinses Talia en die Draak wat deur NB Uitgewers geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel Sonneblomme? Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 28 Maart 2014

wat sê die prentjie? wen-inskrywing “Kyk, ek het niks in my mond.” Lilla Grobbelaar (Hoofklerk Graan). Baie geluk! Die boek Nie vir Ma’s nie. ’n Kookboek vir pa’s en kinders sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is nog 'n paar inskrywings wat ontvang is: “Ketscheeeeeeeeeeeeee Garfield? You’re alive?” “Mooi seuntjie, lyk my die tandemuis is weer op pad!” Estelle van Wyk (Kredietkontroleur: Graan Logistieke) "O tweet! Mother of Christmas Mouse. Past, present and future!" Marion Fouché (Hoofklerk: Posdienste) O, what a night? Marí van der Colf (Admin Beampte: Menslike Hulpbronne)

18

Die korrekte aantal reëndruppels wat in die Feb-uitgawe versteek was, was 15. Baie geluk aan Mia Oberholzer (Admin Beampte, Handel Hoopstad). Die boek Lawwe Hond sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die reëndruppels weggesteek was, of jy hulle kan raaksien. Reëndruppels, bls: 1, 5, 6 (2), 7, 9, 10, 11, diekykgees van ons mense 14, 15, 17, 18 (2), 19, 20.

Een en almal het deelgeneem aan die onlangse atletiekbyeenkoms van die Clocolan Laerskool. Die rooi- en blouspan het soos ware kampioene in goeie gees aan al die items deelgeneem. Die rooispan het onder luide gejuig met die louere weggestap.


popcorn

’n Stroopsoet dag vir elkeen Internasionale Wafeldag, dit is 'n tradisionele fees wat op 25 Maart in Swede gevier word. Die dag is baie spesiaal omdat dit die begin van die lente aankondig en wafels word dan graag geëet. In die VSA word ’n soortgelyke fees op 24 Augustus gevier – dit is gemik op die herdenking van die patentering van die eerste Amerikaanse wafelyster.

Lekker feite • Die woord "waffel" kom uit die Nederlands en dit beteken "wafer." • In die laat 1800's het Thomas Jefferson ’n wafelyster uit Frankryk na die VSA geneem. • Sedert die Waffle House se stigting in 1955 in Avondale Estates, Georgia, het die Waffle House meer as 500 miljoen wafels verkoop. • Maurice Vermersch in New York verkoop sy vrou se sagte Brussel Wafels by die 1964 World's Fair. Hy het sy wafels "Belgiese wafels" genoem. • Daar is verskeie vorme van wafels - Amerikaanse, Belgiese, Skandinawiese, Liège, Hong Kongse, en die Nederlandse stroopwafels. • As jy te veel wafeldeeg aangemaak het, kan jy die oorskiet vries en verhit in die wafelyster of oond.

“A waffle is like a pancake with a syrup trap.” Mitch Hedberg

Lip-lek-lekker-wafelkompetisie Stuur vir ons 'n lip-lek-lekker-wafel-resep en jy staan die kans om die resepteboek, 200 beskuit & biscotti resepte, geskenk deur LAPA Uitgewers, te wen. Stuur jou resep aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Lip-lek-

lekker-wafel-resep

Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 28 Maart 2014

wafel met karamelsous Bestanddele: 2 k meel 2 t bakpoeier knippie sout 2 t suiker 2 k warm melk 2 eiers, geskei 1 e gesmelte botter Metode: • Skakel jou wafelmasjien aan en spuit met kossproei. • Sif al die droë bestanddele saam in ’n bak. • Klits die eierwitte in ’n ander bak tot stywe punte vorm. • Meng dan die res van die nat

bestanddele asook die eiergele in nog ’n aparte bak. • Meng die nat en droë bestanddele saam en vou laastens die eierwitte by die mengsel in. KARAMELSOUS 1 k suiker 1 e botter 2½ k melk 2 t vlapoeier sout vanielje geursel.

mmmm

Maak alles aan en verhit oor lae hitte tot effe dik. Gebruik oor wafels, dis heerlik!

maart 2014

esprit de corps

19


agterstoep

kompetisie wat sê die prentjie?

My veganwafel flop...

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

M

y liefste vegan-broer en sy blonde vrou, San, het uit Engeland by my gekuier die afgelope naweek. My pa was ook daar, laat ons maar tot tyd en wyl ‘n sluier trek oor die saga van die tannie. Ek weet nie hoe lank ek nog my nabyste familie se skandes hier gaan verswyg nie – hulle moet op stuk van sake weet ek gaan oor hulle skryf as hulle goed doen waaroor ek kan skryf. Terug by die vegan: Hy eet nie vleis nie. Dis nog maklik. Ek het bowendien liewers ‘n broer wat nie vleis eet nie as ‘n Chinese broer wat sy lippe aflek as hy die yorkies sien. Hy drink ook nie melk nie. Eet nie kaas nie. Eiers is ‘n produk van diere se lyding. (Ek verkies self om nie aan batteryhoenders te dink as ek Essie se Onsinkbare Sewe-eier-koek bak nie.) Ek moet onthou om nie gelatien te gebruik as hy kom eet nie. Ek het op ‘n redelik gevorderde ouderdom eers geleer dit word van hoewe of so iets gemaak. Daaraan dink ek ook nie as ek Mike’s Kitchen se kaaskoek maak nie. Die broertjie is so maer soos ‘n kraai, ‘n mens sou nooit glo ons is familie as dit nie daarvoor was dat ek en hy en my erfgenaam presies eenders lyk nie. Voor die broer kom, laat weet hy: asseblief, hy is so lus vir ‘n wafel en ‘n peperment crisp-tert hy kan iets oorkom. Ek is heel gewillig om ‘n wafel en ‘n tert te maak. Boonop het Milla vertel van internasionale wafeldag en ek is self min of meer altyd lus vir ‘n wafel. Met alles wat daarmee gepaardgaan. Maar ‘n veganwafel? Twee jaar gelede voor die broer en San kom kuier het, het ek eierplaasvervanger gekoop by ‘n gesondheidswinkel. ‘n Reusemislukking. Hierdie keer het ek die internet van bo tot onder deurgesnuffel vir ‘n veganwafelresep. Daar is duisende. Die een wat ek toe kies, verg druiwepitolie, organiese lemoensap, klipgemaalde volkoringmeel, koeksoda, een of ander Oosterse asyn waarvan niemand in my vriendekring al ooit gehoor het nie. ‘n Amerikaanse resep. ‘n Groot resep, seker genoeg vir 20 wafels. Die Amerikaner wat die resep op die internet geplaas het, swymel oor die heerlikheid. Daarby koop ek toe Orley Whip (teen my non-veganbeginsels) en ek maak ‘n sous van appelliefies. Vrydagmiddag toe die gaste land, staan my twee wafelpanne al opgewarm. (Ja, ek het twee wafelpanne. Ek sou drie gehad het as ek nie verlede jaar enetjie ooreis het nie. Almal het tog twee of drie wafelpanne, dan nie? ‘n Mens het tog mos nie net een teekoppie nie?) Die veganwafels was ‘n reuseflop. Hulle het nie krakerig geword nie, hulle het so slap gebly soos ‘n outydse depressielyer se handdruk. Vasgesit. Bleek gebly. Veral slap gebly. My broertjie het een afgewurg met Orley Whip en appelliefiesous en toe terstond oorgeskakel na die Kook-en-Geniet-wafels met al die eiers en melk en ‘n skeutjie brandewyn en ‘n knippie kaneel. Baie slim vir ‘n vegan, het hy nie gevra wat daar in is nie en ek het nie gesê nie. Net onmiddellik besluit die vegan-peperment-crisp-tert gaan nie die lig sien nie en vir ons ‘n volroom, opregte ene gemaak. As enigiemand weet wat ‘n mens met bestanddele soos Orley Whip, rysmelk, sojamelk en vegankitspoeding kan maak, laat my weet. Solank dit net nie vegan smaak nie. (Die orige veganwafelbeslag? Weggegooi. Die yorkies het nie eens daaraan geruik nie.) e

20

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Kan jy aan 'n snaakse byskrif dink vir die prentjie? Die oulike byskrif wenner wen die boek - Hekel vir die lekker wat deur LAPA Uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 28 Maart 2014 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die April-uitgawe.

Al die ontwerpe word volledig met volkleurfoto's, diagramme en noodsaaklike hekelinligting toegelig. Hekeldraad wat algemeen in Suid-Afrika beskikbaar is, word gebruik. Interessante variasies bied aan die hekelentoesias kreatiewe opsies om elke skepping uniek te maak. Die moeilikheidsgraad word by elke patroon aangedui en die wye verskeidenheid bied aan die beginner sowel as die gevorderde persoon genoegsame keuses. Alle boeke van LAPA Uitgewers is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.lapa.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.